__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1

1

Jaargang 27 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2020

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Vry ten spyte van Lockdown

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Troufoto’s...pp4,6 Beanies for Babies...p8 VLV-maskers...pp20,21 Huis AJL-Nuus...p22 20 Jaar Gelede...p24 Lockdown Aktiwiteite…pp28, 29,30 Trippe Trappe Maatjies...p31 Covid-19 Inligting...p32 Premier Liga vir PKK...p34

Quality Motorcycle & Quad Supplier

Ousus Milienke, Mia en klein Gerrit de Vries vier Paasfees op die koppie bo Steenebrug, waar hulle woon. Dié kruis is deur die afgelope seisoen se werkers by die damwal opgerig, waar hulle op Sondae gaan sing en bid het. Foto: Mandi de Vries


2

Redaksioneel

Vyf Jaar Gelede...

Dankie vir die Kuier Waarvoor ek baie dankbaar is, behalwe 'n duisend ander dinge, is om gewoond te wees om van die huis af te werk. Ons word dikwels gevra waar ons kantoor is, en dan moet ek bieg, dis eintlik oral. Oral waar ek en Barbie en ons fone is, net daar! Soms besig met 'n oproep, moet ek vinnig die pot van die stoofplaat haal. Met my wasgoed in 'n nat bondel, kry ek gou gedagte vir 'n storie.....en dan verloop twee ure voor die huishoudelike taak hervat. Die Piketberger se "vergaderings" en beplanning geskied al vir jare via whatsapp. Met 'n personeel van twee met 'n uitstekende verstandhouding, is dit heeltemal voldoende. Voor Lockdown kon ons net-net ons April uitgawe laat verskyn, op 26 Maart. Volgens plan sou Lockdown net-net verby wees vir ons Mei uitgawe (hierdie een) om te verskyn. Wel, Lockdown is nie verby nie en dit het gemaak dat ons anders moes dink. Ek hoop jy lees lekker aan ons internet koerant en beskou dit as 'n virtuele (nuwe buzz woord) kuier. Vir my was dit 'n fees om van al die wonderlike dinge kennis te neem waarmee ons lesers hulle besig hou. Dit voel of ek by elkeen gekuier het. Dankie vir die kuier, ons drink weer op 'n ander dag tee, wanneer dit veiliger is.

Don’t forget to be awesome. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Vyf jaar gelede tydens beurtkrag moes die uitleg van Die Piketberger by gaslig gedoen word….min het ons geweet wat ons hierdie jaar gaan tref…. ’n splinternuwe uitdaging. Foto: Barbie Breunissen


3


4

Twee Juffrouens dans-dans die toekoms in

Nico Bester en Junanri Richter het op 20 Maart by Groenrivier getrou. Foto: Jacki White Dié twee het net geweet… Weens die omstandighede moes hulle getalle sny na 100 gaste. Hulle bedank alle gaste wat die troue kon bywoon asook almal wat hulle plekke opgegee het om die troue steeds te kon laat plaasvind binne die beperkinge. Nico en Junanri het mekaar vroeg in 2018 ontmoet by Laerskool Dirkie Uys se Gr R-dans. Dit was pas nadat sy ‘n pos by Laerskool Dirkie Uys aanvaar het. Ná die eerste dans saam het dié twee geweet...en geen probleem vir hulle metgeselle nie. Junanri was saam met broer Gawie en Nico het ‘n getroude vriendin vergesel, wie se man moes werk.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Flat to Let - Aurora Beautiful flat to let in Aurora, just a half hour from Piketberg. Available immediately, brand new in a new house in the safe, friendly and charming village of Aurora. Tastefully furnished and decorated, fully equipped, just bring yourself. Suit a single person. Comprises three rooms: bed-sitter, bathroom and kitchenette-dinette. Property is fully fenced, locked gate. Own private entrance and security gate. On site parking. One small pet allowed. Views onto mountains and meadows with sheep and cows. Beautiful garden under development. Your own garden if you wish. Call Ingrid on 076 334 0790 or John on 084 088 6303.

AJ Mouton en Elzanne Boshoff se troue op 25 Maart het totaal anders verloop as beplan, maar dié mooi geleentheid by Sandveld Resort, op die Moutons se plaas, is net weer ‘n bewys dat die liefde alles oorwin. Foto: Corné Visser Studio AJ en Elzanne het mekaar vroeg in 2018 by die Jaarafskop op Klipfonteinplaas ontmoet, toe albei alleen daar was, en hulle deur gemeenskaplike vriende, Erick en Elana (de Beer) Engelbrecht, aan mekaar voorgestel is. Dié twee het net geweet... Elzanne vertel... 4 April 2020 - Dit was die dag waaraan ons so lank beplan het om ewige trou aan mekaar te beloof, maar wat as gevolg van omstandighede in die wêreldwye Covid-19 pandemie, ons gedwing het om moeilike besluite te neem. Na elke toespraak deur President Cyril Ramaphosa, moes ons nuwe planne beraam vir wie wys ons weg, want slegs 100 persone mag ‘n openbare byeenkoms bywoon, en daarvoor moet ons nog ’n permit ook hê. Op Maandag 23 Maart kondig die President aan dat die land in totale "lockdown" gaan vanaf Donderdag om middernag..... Ons was verstom... Ons eerste gedagte was: Ons sal NIE kan trou NIE...... Ons spesiale dag sou nie meer kon gebeur soos ons wou hê nie. Dis toe dat wonderwerke begin gebeur. Ons kontak onmiddellik ons dominee, Ds Martin Goosen, wat ons sou trou en vra: "Wat nou?" Sy gerusstellende antwoord was dat hy sommer plaas toe kom en ons hier kom trou.... Net so. Ons het 'n nuwe troudag! 25 Maart 2020. Skoonsus Lize-Anne reël blomme vanaf Citrusdal. Skoonma Annalize reël die venue en verversings. 'n Fotograaf, Corné Visser, word vinnig gereël. Haar talente strek tot by ongelooflike mooi hare doen en toor met grimering. Swaer Schalk reël die musiek.....Ma Alma bring my rok vanaf Moorreesburg, wat ek gelukkig al Sondag in die Kaap gaan haal het. En my een strooimeisie, Razelle Hanekom, kom dadelik deur om te help met alles. Op die grasperk van die Sandveld Country Resort lê ons ons troubeloftes af voor ons naby familie. Ons is 17 mense. Die dag was PERFEK met die mooiste uitsig van berge en omring met groen sitrusboorde. In hierdie tyd ervaar ons God se genade wat ons kalm hou deur alles. Dit is wel moontlik om 'n troue binne twee dae te reël danksy almal se hulp en bystand van familie en vriende.


5

Bedsokkies vir Bejaardes Piketberg Vrouediens brei bedsokkies/slaapsokkies vir die bejaardes van Steinkopf Huis vir Bejaardes en Huis vir Volwasse Gestremde Persone onder die vaandel van Badisa. Omdat die Noord-Kaap steeds swaar kry onder die wurggreep van die droogte, raak dit moeilik vir Steinkopf se omgewing om hulle te ondersteun. Dit is die rede hoekom Piketberg Vrouediens betrokke is. Hieronder is ‘n maklike patroon om te volg. Sokkiebreiers kan Marina Grobbelaar kontak by 082 865 9783 / 022 913 1045 om reëlings te tref.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 Gebruik dubbeldraad met 4mm naalde. Stel 40 steke op Brei 28 rye regs Verminder met 20 steke Brei 20 rye op oorblywende steke Vermeerder met 20 steke Brei weer 28 rye regs Heg af en werk vas soos prentjie bo. Versier met gebreide/gehekelde blommetjies.

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Anderson & Nel Prokureurs & Eiendomme - Hoofstraat 38 Piketberg Winskoop van die Jaar R1 150 000.00

Lieflike 3 slaapkamer huis geleë te Piketberg bo-dorp. Twee slaapkamers het lugverkoeling. Hoofslaapkamer met en-suite. Ingeboude kaste in al drie slaapkamers. Kombuis en oopplan leefarea. Onderdak buitebraai. Dubbel motorhuis.

Skakel Gerhard Kruger 083 270 6714 of 022 913 1132


6

Boer kry sy Vrou

Sheila’s Patchwork Quilt

Sheila Bradnick joined Kuns, Koek 'n Klets recently which inspired her to work on her patchwork quilt. Her motherin-law, who passed away a few years ago, had started this project and had made a lot of the hexagon shapes and had many off cuts of fabric left over from their dressmaking days back in the 60’s, so this is a good legacy.

Japie Cronje en Retha Eksteen is op 14 Maart in die NGKerk Eendekuil in die huwelik bevestig. Die onthaal is gehou by Die Vlei, Citrusdal. Retha, boerenooi van Piketberg, het die oog van Japie, ’n boerseun van Albertinia, gevang waar albei van hulle studente op Stellenbosch was. Retha is die dogter van Pieter en Rianna Eksteen. Japie is die seun van Japie en Adri Cronje van Albertinia.

Sheila likes meeting new people and she is beginning to improve her 'baie min' Afrikaans. She also works as a volunteer with Katinka Morrison and her team at the animal outreach sterilisation days and selling second hand clothes on Saturdays to raise funds for that. Photo’s: Sheila Bradnick

Foto: Debbie Lourens

Sheila Bradnick

NG Kerk Nuus Skakel Sondae om 9:30 in vir 'n erediens uitsending op Youtube onder NGK Piketberg.

Skype konsultasies ook beskikbaar

Gemeente koskas: April: Wyke SH, SG, ND Mei: Wyke NB, NC, SE Die Skriba, Reinet Jonker, is weeksoggende beskikbaar by 084 702 0027 of ngkpiketberg@pcnetmail.co.za


7


8

Beanies for Babies

Pat Kuhn with the 95 beanies for babies. Photo: Gerry Kuhn Pat Kuhn has given tiny little beanies to the Radie Kotze Hospital for the last two years after Dr Pieter Bruwer asked her to, after she had given beanies to the kids and teachers at Mother Pearl Créche. Last year she gave 26 beanies to the clinic but then she remembered that our clinic goes to other clinics in places around Piketberg so she started knitting 125 beanies right through winter, spring and summer. A few weeks ago she gave 20 beanies, mostly tiny for premature and newborn babies, to the hospital and last week she gave 95 beanies to the nursing sisters at the clinic. She has thanked God and Jesus for letting her give all her knitted beanies to babies and little kids with so much love and pleasure. Thanks for all the Piketberger newsletters over our nearly 23 years in Piketberg. With love from Pat – Gerry and I have been happily married for 51 years by the way!!

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

073 811 6565 28 Die Trek, Piketberg

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Die wêreld is tans in ‘n groot gesondheidskrisis as gevolg van die Coronavirus. Baie van ons daaglikse doen en late is tot stilstand gebring. Met die skryf van hierdie berig is ons reeds op dag 24 van ons landwye inperking. Die regering, by name President Ramaphosa se aankondiging van die verlengde inperkingstyd, is in belang van ons almal. Raadsheer Ons is geskape om te leef en rond te Ray van Rooy beweeg en is nie gewoond daaraan om binnenshuis te wees nie. Baie se bekommernis is waar kry ons vanaand kos, baie is bekommerd oor hul werk, baie is bekommerd oor hul kinders se opvoeding en baie is bekommerd oor hul bejaarde ouers. My vraag aan u is, is dit nie die geleentheid om ons verhouding met God te laat dieper groei en na mekaar uit te reik nie. Lees Ps 23:4, want ek glo God het ’n doel met alles. Kom ons gee gehoor aan die President se aankondiging van die inperking oor wat ons mag doen en nie mag doen nie. Daar is mense wat dink dat hierdie virus hulle nooit sal raak nie. Die virus is ‘n werklikheid. Dit is hier rondom ons in ander munisipale gebiede. Ons as Piketberg is nog gelukkig, kom ons hou dit so. Bly asseblief by u huise en beweeg net uit wanneer dit noodsaaklik is, soos om winkel toe te gaan, hospitaal of kliniek toe of na ’n intieme begrafnis. Moenie onnodig rond beweeg nie, moenie u kinders winkel toe stuur nie en moenie by vriende of familie in Piketberg gaan kuier nie. Kom ons wees gehoorsame burgers. Hiermee my opregte dank aan ons polisielede, verkeersbeamptes en wetstoepassingsbeamptes wat aan die voorpunt is om ons gemeenskap teen die virus te beskerm. Hulle stel hulle eie lewens in gevaar en los hul families agter om ons te beskerm. Die gemeenskap waardeer wat julle doen. Ek wil ook alle gesondheidswerkers bedank wat daagliks in kontak is met pasiënte en gemeenskapslede om ons te beskerm. Hulle is die naaste aan die virus deur hul skakeling. Kom ons bid ook vir hulle, aangesien hulle lewens in gevaar is. Ek wil graag namens die gemeenskap die munisipale werkers hartlik bedank wat essensiële dienste moet lewer. Dankie vir die opoffering om die water-, elektrisiteit-, riool- en vullisverwyderingsdienste te laat voortgaan. My slotgedagte is aan almal in Piketberg wat geld in sy/ haar sak het en kos in hul kaste het. Daar is baie huishoudings wat saans sonder kos gaan slaap omrede hulle nie mag werk nie of hul toelae reeds opgebruik is. Kom ons reik uit na mense wat honger is, deur kospakkies te skenk. U kan ook donasies skenk aan die Burgemeestersfonds wat deur die nie-regerings organisasies sal werk. U kan my kontak by 083 657 9615 vir meer inligting om betrokke te raak by die uitreik na diegene in nood. Kom ons maak ons oop vir God sodat Hy deur ons kan werk om mekaar in hierdie moeilike tyd te ondersteun. Hou uself, u familie, kinders en bejaarde ouers veilig.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


9


10 Lockdown deur Berenice Scheepers

Ek wonder oor die dinge wat belangrik was wat in ‘n rekordtyd belaglik onbelangrik geraak het.

Roger het ‘n pioneering spirit. Sekuriteitsman Michael het dit van dag een af oor hom gesê. Wanneer ons die hoeveelste keer moet hek toe met die Cruiser agter die hond aan: “He wants to run wild and free.” Tongklikkerige irritasie met ons onvermoë om dit te sien en nog erger: dit te aanvaar. Raas en dreig help min met Roger. Hy glip wanneer die geleentheid hom voordoen.

The forgotten festivals at the end of the effort, they all speak silence now.

Seker maar soos sy huismense. Ewig en altyd op soek na nuwe wye vlaktes en ongelyke paaie.

En ek wonder elke liewe aand teen skemer wat my ma sou sê van al hierdie dinge.

En skielik lyk die wêreld woes en vreemd.

“Jy sal seker sê ek is mal,” sê ek vir my suster. “Maar as Roger so by die venster sit maak dit ‘n weerlose kleinverlang in my siel los. En die verlange raak groter en groter. Daar is iets in die lug en iets aan sy kyk wat hy deel en oordra aan my eie sintuie. Op die vreemdste van vreemde maniere. Veral nou in hierdie tyd. En as ek Roger se oë sien, dan dink ek aan pa.” “Nee jy is nie mal nie,” verseker sy my via whatsapp. Sy verlang seker ook.

Die Cape Namibia Route kronkel die afgelope weke verlangend en in ongeloof sonder kuierverkeer noorde toe. Juis in hierdie tyd wat daar iets kamperigs in die lug is. Roger sit ure aaneen by die baywindow die stilte en bekyk. As ek by hom gaan sit bekyk ek ook maar die dinge. Met my glas whisky wat ek waardeer soos mens net iets waardeer wat jy weet iewers kan opraak. Die afgelope 17 dae brand daar elke aand ‘n vuur in die kombuishert. Troosvlamme. Ek wonder wat die hond dink, waarna sy oë soek tot lank na donker. Die hase dalk, of die bokkie. Ek vermoed hy kyk anderkant en by Wheatfields se grense verby. Ek vermoed hy sien raak waaroor ek wonder. Soos oor Jan van Nice. Hoe lyk Jan en Maria in hierdie tyd. Huil die mure en die tafels so sonder klank en kos. Oor die Andrea Bocelli lied wat ‘n pasiënt in hierdie tyd vir Sam in perfekte Italiaans sing terwyl wagkamermense sit en wonder oor Covid-19. Want sadness ken nie kortpaaie nie en laat hulle wat geduld het, asseblief nog ‘n kleinklein rukkie wag. Ek wonder oor Lidia en Oleg en ‘n bietjie dag gelede se kuier in Rusland. Hoe lyk dit nou op die Rooiplein waar ons op 1 Januarie nog uitbundig nuwejaar gevier het saam met duisende en duisende Russe. De laaste mens op daai plein in die oomblik snoesig toegewikkel in 2020 se vooruitsigte. Want have a heart: wie sou kon raai. Ek wonder oor die meer as 50 000 toeskouers by Roger en Rafa se vertoonwedstryd op 7 Februarie in die Kaapstad Stadion. Hoe op dees aarde sou iemand toe kon raai.

Piketberg Animal Outreach Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Ek wonder oor vanjaar se Junievakansie in Zimbabwe by al die lekker damme. Masuma. Deteema. Robins. Ngeshla. ‘n Jaar gelede reeds bespreek. Mos op ons bucket list nou al hoe lank. Want wie wie wie sou tog kon raai.

Iewers speel iemand vanaand Because He Lives oor ‘n luidspreker. Op die rooi strepieskussing kry Roger sy sit. Die klanke trek oor die dakke van die huise duskant afsondering, die huise vol afwesigheid en die huise in afwagting. Tot doer by elkeen wat wil luister. Laat dié wat ore het, asseblief luister. Die note vind nie onmiddellike of volkome rus in die lappe grond oorkant die N7 nie. Ek het ‘n sterk vermoede die note gaan bly hang in die Swartlandlug tot die virus gaan lê het.


11


12

Nagmaal Tydens Lockdown

Aimee, JJ en Christoff Swart vier Paasfees. Foto’s: Marizca Swart


13

Kosskenking Ontvang Piketberg Animal Outreach het ‘n skenking van Shoprite, Piketberg ontvang. Pakkies is opgemaak en die kos is by die Trajektekamp uitgedeel tydens Lockdown. Terselfdetyd het Badisa kospakkies aan gesinne uitgedeel.

Die skenking van Shoprite, Piketberg.

Spesiale Versoek

Die pragtige helpertjies, Mila en Emma Visser, help kospakkies opmaak uit die skenking van kos vanaf Shoprite, Piketberg. Foto’s: Katinka Morrison

Die diere in die woonbuurt kry baie swaar, hulle eienaars het nie eers kos vir hulself nie. Diereliefhebbers wat kos wil skenk, kan dit by die spreekkamers te Hoofstraat 60 afgee. Die vrywilligers sal dit van daar af met behulp van wetstoepassers by die honger diere kry. Baie dankie.


14

Op die rakke van die Biblioteek... Deur Water en Vuur deur Karin Combrinck

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

(Soos voor Covid-19 bepaal)

Karin Combrinck het deeglike navorsing gedoen vir haar boek. Die leser raak gou vasgevang deur die karakters se intensiewe soektog na wat die waarheid is. Haar taalgebruik en beskrywings is uitstekend. Sy begin sommer op bl.1 met: Tafelberg se kop is beneweld soos Van Hunks en die duiwel om die oorhand spook. Bespreking deur Op bl. 50 sit sy by die gastehuis in die Marié Grobbelaar Paarl onder ‘n boom en kyk boontoe “na die flitsende lampies sonlig deur die blare”. Prof. Jennifer Grant kom terug Suid-Afrika toe ná haar studieverlof in London. Op die vliegtuig lees sy die brief van tannie Rosa wat baie onrustig is, want sy kry nie haar broer in die hande nie. In Kaapstad gaan kuier sy vir haar bipolêre, afgetrede chemikus pa, Casper Luttigh (85), maar toe sy by haar pa se huis aankom, moes sy hoor hy het spoorloos verdwyn. Penelope, haar pa se tweede vrou, sê haar pa was drie maande gelede kafee toe en het nooit weer teruggekom nie. Jennifer vra hulp by ’n privaatspeurder, Fiona Farquhar. Sy vra vir Fiona om vir eers nie met Penelope oor die saak te praat nie, want “sy kan hom so diep wegsluit dat niemand hom weer sal kry nie”... Min wetende... Penelope het Casper sonder enige mediese gronde laat sertifiseer, deur die polisie laat arresteer en vir 24 uur in ‘n sel laat aanhou. By die hospitaal het hul agtergekom hy is ontwater en het inwendige bloeding. Toe Fiona dit hoor het sy net daar besluit sy gaan die saak neem en agter die waarheid kom, kom wat wil. Van hier af bou die spanning op en raak die verhaal baie interessant tot en met die klimaks in hoofstuk 60. In die afloop tot by hoofstuk 63 vind die ontknoping plaas en al die los drade word saamgevat. Morele aspekte wat in hierdie “voelgoed” boek bespreek word, is beroepsgerigtheid, kinderloosheid, 'n huwelik op die rand van egskeiding, geloof, bejaarde-mishandeling en bipolêre depressie. Die titel, Deur Water en Vuur, suggereer ‘n proses van loutering en die deurlopende tema in die roman is dié van verlies en genesing. Die lees van hierdie spannende speur-/avontuur-/liefdesverhaal was ’n goeie en opbouende ervaring.

Piketberg Museum (in die Sinagoge) Kerkstraat

Leeskring Datums en Boeke vir 2020 13 Mei: Die Verevrou - Jan van Tonder 10 Junie: Sewe op pad na Hirosjima Christiaan Johannes Strydom 15 Julie: Stof - Alettie van den Heever 19 Augustus: Die Kind uit die Wingerd - Helene de Kock 16 September: Weerklink van 'n Wanklank Pieter Dirk Uys 21 Oktober: Die Dao van Daan van der Walt Lodewyk G du Plessis


15

Ons kantoor is gesluit tydens die staat van inperking.


16

Maak jou tuin mooi

Pyn (vir almal wat iemand oor die grootwater het)

Lede van die Blom- en Tuinbouklub hou hulle besig met tuinwerk. Dit is nou ‘n goeie tyd om plante wat jy kan verdeel uit te haal, te verdeel en weer te plant. Laat weet jou vriende wat lief is vir tuinmaak, as jy plante oor het na die verdeling en sit dit vir hulle uit op die sypaadjie. Knip alle dooie blare en takke af en maak jou tuin netjies. Gelukkig het ons nou tyd om alle onkruid uit ons beddings en grasperke te verwyder. Geniet die buitelug. Daar sal nie 6 Mei ‘n Blom- en Tuinbouvergadering wees nie, as gevolg van die onsekerheid oor die verlenging van die “Lockdown” tydperk.

Ek moes jou nooit laat gaan nie. Wat het my besiel? Ondeurdag Onverskillig Onbekwaam Ek moes nugter verantwoordelik ouerlik suinig jou hier hou. Ek moes jou nooit laat gaan nie. Ek moes jou nooit laat gaan nie Nou sleep lang lang lang wit slierte van verlange na jou toe Slierte van afstand Slierte van gemis Slierte van pyn Slierte wat slap en nat en koud oor die oseaan hang. Slierte uit my binne-hart-se -punt tot vêr in die vêr-verland. Ek moes jou nooit laat gaan nie. Dit klink so goed, so naby, so maklik, so algemeen. Almal gaan. Maar ek moes jou nooit laat gaan nie. Want jy is nie almal nie En nou is jy nie hier nie! Dit is nie maklik nie Dit is nie naby nie Dit is nie goed nie – nie vir my nie. Sal jy my gryse stem eendag nog ken? Sal ek jou lewe verstaan van nuwe woorde en plekke en liefdes? Sal my hart dit kan uitstaan tot eendag toe? Nou sit ek en kyk na hierdie rooi glas wyn wat ons eens gedeel het. Beoordeel het, veroordeel het, geniet het, verpes het. En ek waardeer die ligte hoofpyn wat die dieper pyn afknou.

By die Morrisons kon niemand nou die dag in die tuin stap nie, want buite was dit nat en koud. Foto’s: Katinka Morrison

Dokter se pleegkind Villiers Morrison pas hulle nuutste pleegkind op.

Laurika sing half-vrolik: “KOM ONS KLINK 'N ROOI GLASIE WYN OP ONS SKETE EN PYN EN GEE ONS OOR AAN DIE NOSTALGIE” Ons geselsies is lig en vrolik en haastig vol drome en hoop Met foto’s van vreemde strande en dorpe en veilige strate. Maar my hart droog uit op my hopie selfjammer pyn. Ek moes jou nooit laat gaan nie. -Papa 2010

Bokse vir Boervroue VLV samel steeds bokse in vir boervroue in die Noord-Kaap! Enige nie-bederfbare produkte wat in ‘n skoenboks/wynboks kan pas, vir ‘n lekker verrassing, toegedraai in koerantpapier met ‘n lint om. Kontak Nicoline Brown 082 4770 665 vir meer inligting en ook waar om af te lewer.


17


18


19


20

Operasie Maskers - VLV Nuus In slegs 14dae het ‘n paar vlytige dames nagenoeg 300 gesigmaskers gemaak. Jansie Truter het ‘n unieke patroon volgens spesifikasies ontwerp en Piketberg VLV-dames het aangebied om behulpsaam te wees met die maak daarvan vir die Mediese Sentrum. Dames het al hul beskikbare lap in hierdie inperkingstyd gebruik en pragtige lapmaskers gemaak. Die gedagte is om soveel maskers vir die breë publiek beskikbaar te stel vir die komende winterseisoen. Meimaand se VLV Kuns- en Handvlytwerkswinkel is gekanselleer, maar lede sal op hoogte gehou word van ‘n alternatiewe byeenkoms later in die jaar. Lede en publiek word herinner aan BADISA se versoek vir gevriesde sop. Daar is altyd ‘n groot behoefte aan sop in die wintermaande. Enige houers kan gebruik word. ‘n Sakkie in ‘n houer kan ook gebruik word. Vir enige navrae kontak Nicoline Brown 082 477 0665. Jansie Truter besig met Operasie Masker.

Ilse Hanekom se voorbeeld. Lenie Otto het ekstra maskers gemaak om te verkoop.

Magda le Roux met haar masker vorbeeld.

Alida Walters het 50 lapmaskers gemaak. Links: Rosa Lategan skenk 30 maskers aan Huis AJ Liebenberg se Siekeboeg personeel.

Nicoline Brown met die maskers wat sy gemaak het. Foto’s verskaf


21

COVID19 Toetsing

Sarie du Toit besig om maskers te maak. Links - Die maskers wat Lenie Otto gemaak het om te verkoop.

Die span van Gesondheid wat ‘screening’ en toetsing in Piketberg gedoen het vanaf 15 tot 17 April. Foto verskaf

Huis AJL se gemaskerde personeel


22

Huis AJ Liebenberg onder Lockdown Liewe gemeenskap In Huis AJ Liebenberg het die grendeltyd reeds op 16 Maart begin toe ons ons hekke vir verwante en vrywilligers moes sluit, so daar is reeds ‘n maand verby. Soms dink ek hierdie tyd is moeiliker vir die verwante en vrywilligers wat ons gereeld besoek het, as vir ons inwoners. Dit verg natuurlik meer van elke personeellid in hierdie tyd om in die inwoners se fisiese, emosionele en geestelike behoeftes te voorsien. Ek is trots op elkeen wat hier werk, wat met so ‘n positiewe, diensbare gesindheid na die werksplek kom. Ons het vir mekaar gesê dat ons bevoorreg is om deel te wees van ‘n essensiële diens om vir weerlose ouer persone iets te kan beteken. Ons personeel dra reeds die afgelope drie weke maskers om die inwoners te probeer beskerm. Baie dankie aan Johanna Langeveldt, Marina Grobbelaar en Elsabé Liebenberg van die ACVV wat vinnig ingespring het en binne twee dae vir al die personeel maskers gemaak het (daar was en is steeds geen maskers beskikbaar van die staatsinstansies nie). Sedertdien het Rosa Lategan nog maskers gemaak vir al die verpleegpersoneel en ons is innig dankbaar daarvoor. Die maskers bly steeds vir die inwoners iets om aan gewoond te raak. Soms lag hulle vir personeel se koddige gedaantes, maar almal weet dit is in hul beste belang. Ons is een groot huishouding, so die normale prosesse soos in enige huishouding gaan steeds aan – ons gesin is net bietjie groter – 79 persone. Daar word twee keer per week vir die inwoners inkopies gedoen. Baie dankie aan Superspar Boland vir die opmaak van ons bestellings, dit help ons baie in terme van tyd en blootstelling. Ons weekprogram gaan voort soos normaal en verskuilde talente word tussen die personeel ontdek. Ons het al ‘n paar haarkappers ontdek en Maandae word hare geknip en gedoen. Ons het nog nie probeer ‘perm’ nie! Verder het ons al saam gebraai, speel speletjies, brei saam, bou legkaarte en speel ‘Rummicup’. Daar word ook verjaardae gevier en ons moes ongelukkig afskeid neem van twee inwoners wat in hierdie tyd oorlede is. Op ‘n geestelike vlak, het ons personeel ook ingeskakel en ons het saam met baie gelowiges vir ‘n hele week uit Ps 91 voorgelees en gebid. André, ons admin beampte, hanteer die Bybelstudie op Dinsdae. ‘n Hartlike dank aan Ds Martin Goosen wat gereël het dat ons inwoners op Paas Vrydag die diens op TV kon volg en saam Nagmaal kon geniet. Ons kan net getuig van die Here se goedheid vir ons in hierdie tyd. Ons weet daar gaan baie gebede uit vir ons en ons ervaar ‘n bonatuurlike krag óm ons, elke dag. Baie dankie ook vir die volgende skenkings. Ek noem nie name nie, omdat sekere donateurs gevra het om nie bekendgemaak te word nie: Proteas, Hot Cross buns, Paaseiers, aartappels, appels, butternuts, toiletware en vleis. Ons is innig dankbaar hiervoor. Ten slotte nooi ons enigeen uit om vir ons ‘n persoonlike videoboodskap aan te stuur. Ons sal dit vir betrokke inwoners wys of met al die inwoners deel op TV. U kan dit stuur na manager@hajl.co.za Baie liefde van al ons inwoners en personeel. Annake Bester

Foto’s: Vanessa de Villiers


23


24

Piketberger op die Web

Liewe leser, As dit jou eerste keer is dat jy Die Piketberger op die internet (moet) lees, laat hoor asseblief van jou via facebook of whatsapp na 079 496 2719 . Hoe het jy dit ervaar? Verkies jy dit bo die gedrukte weergawe? Ons hoor graag van u.

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Toiletware vir Steinkopf

Aangesien die Noord-Kaap steeds gebuk gaan onder die knellende droogte, is dit nie moontlik vir gemeenskappe om hulle eie mense te ondersteun nie. NG Kerk Piketberg se Vrouediens gaan op 'n eenmalige basis betrokke raak by die Huis vir Bejaardes en Huis vir Volwasse Gestremde Persone in Steinkopf, wat onder Badisa resorteer. Die insameling behels toiletware (seep, tandepasta), handdoeke en waslappe. Die bedsokkies waarvan elders in die koerant gepraat word, is spesiaal vir vlytige breiers en dien as 'n ekstra bederf vir die inwoners van Steinkopf. Kontak Marina Grobbelaar by 082 865 9783 / 022 913 1045 indien u toiletware, handdoeke, waslappe of kontant wil skenk.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

20 Jaar gelede - Mei 2000 Voorblad: PKKK-embleem op KKNK-standaard. Lelanie Smit, ‘n matriekleerder aan PHS het vir die Piketberg Kontinentale Kos Karnaval ‘n treffende embleem ontwerp en op die gras voor die pawiljoen aangebring. Rugbykliniek gehou te Piket-Bo-Berg. Vroue Rubriek gesels met Suzaan Smit. Eendekuil gemeente sê dankie met feesete in die vorm van ‘n huweliksonthaal. Michiel en Franslien Visser doop hul eerstelingdogtertjie, Andrea, in Franslien se oorlede ma se dooprok. Nico van der Westhuizen en Karlita Morrison vaar goed in een van die uitdunne van die groot Geminisangkompetisie. Piketberg Rolbalklub hou Vrugtefees. Akademie vir skoolgereedheid amptelik geopen. Groot planne vir plaaslike tennisklub. Winnie Grobbelaar ontvang eerste prys by VLV Sirkel Weskus Konferensie te Citrusdal vir haar inskrywing van ses gehekelde drupmatjies vir glase. Vroue rugbyspanne sorg vir groot vermaak by PHS se Kontinentale Koskarnaval. Ben Olivier is opgeneem in die o/12 Boland Krieketspan. Ben, Hennie van Zyl en Philip Matthee het die onoorwonne Wes-Boland o/12 span in al hul wedstryde verteenwoordig. Erlank van Zyl, Carel Mouton en Stephan Smit het die Wes-Boland o/11 span verteenwoordig. ADVERTENSIES: Boland Spar - Wen-’n-Uno kompetisie skop af. Gesoek: Tweedehandse Oefenfiets vir ±R100.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net • • • • •

• • • • • • •

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


25

Lockdown Garden Pots Debbie Victor decided to try and make her own garden pots because the nurseries are closed. The method she followed was to use a cloth that has been soaked in cement and will be turned out once dried. Debbie it looks like your method was a success. –Red.

Versamel alle plastiekdoppies en brood tags om later af te gee by die Openbare Biblioteek of by LB Wernich


26

Gebruikte Voertuie 2020 Ford Ecosport 1.0 Titanium 6000km R290 000 2020 Ranger 2.2 S/Cab XLS 4X4 AT 16000km R419 900 2019 Ford Ranger 3.2 manual DC XLT 14000km R469 000

2019 Ranger 2.0 DC AT 16000km R475 000

69

2017 Toyota Hilux 2.4 GRD 4X4 LWB 114 800km R289 900 2018 Ranger 2.2 Supercab XL Manual 86000km R279 900

2016 Ecosport 1.0 Titanium 69000km R199 900 PETRO BURNETT

KALLA LIGTHART

Verkoopskonsultant

Verkoopskonsultant

081-310-2878

084-514-2418


27


28

Lockdown Aktiwiteite

Foto’s: Marinette Nelson

Tyd om te leer macramé vleg, klippe skilder en papier maché doen.

Dries van der Westhuizen en neef Henrico Jonker bak.

Anjané van Niekerk bak koekies en doen kuns. Foto's: Simoné van Niekerk Hannie Esterhuizen se poppies.

Ann Vat made hand puppets for her grandchildren, three of whom came to South Africa from England to celebrate her birthday and they could not get to Piketberg because of lockdown. So she hasn’t seen them at all and they are being repatriated this week. Big tears from her and the hand puppets. Photo supplied

Foto's: Esther Pretorius Hennie Pretorius wil gedurende die inperkingstyd net boer en span sy sussies, Elna en Elize, in.


29

Lockdown Aktiwiteite

Esmari en Anri Lambrechts werk lappies vir ‘n lappies tafeldoek en kamp in hul agterplaas saam met boetie Henco en geniet die buitelug en gesinstyd.

Behalwe vir skoolwerk en huishou werkies, leer Annamarie Gerber haar kinders hoe om te bak, koring te maal en doen sy pottebakkery.

Foto’s: Gerda Lambrechts

Michiel en Ella oefen skyfskiet op die plaas.

Michiel en Ella Visser bak plaatkoekies. Foto’s: Carla Visser

Die Van Schalkwyks hou piekniek in die veld.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


30

Lockdown Aktiwiteite

Jac, Marietha en Daniel Goosen geniet ‘n tee’tjie op hul dak. Foto: Martin Goosen

Katinka Morrison se breispan. Regs is die klaar gebreide sloop. Foto’s: Katinka Morrison

Party inwoners kamp agterop hul bakkie in die buitelug. Foto verskaf

Anri, Henco en Esmari Lambrechts het ‘n reënboog geteken wat ons herinner aan God se belofte.

Phienie Badenhorst maak bedlampe uit PVCpyp.

Esmari, Anri en Henco Lambrechts maak ‘n kruis wat ons herinner aan die Kruisiging en skryf woorde op rivierklippe. Foto’s: Gerda Lambrechts


31

Trippe Trappe maatjies besig in “Lockdown”

April/Mei Hulp vir HvH

Al is dit “lockdown” is die personeel van Trippe Trappe Kleuterskool druk besig met beplanning van lessies en aktiwiteite vir die kleuters vir die res van die jaar. Aangesien hulle soos ‘n hegte familie is het hulle dit goed gedink om op hoogte te bly van wat die kleuters doen gedurende hierdie tydperk. Dit was so lekker om te sien almal is besig om praktiese takies in en om die huis te doen, te speel en ook hul vaardighede te verbeter. Hou so aan maatjies.

Die Kinderhuis op Moorreesburg, Huis van Heerde, is ook ge-"lock", met al 70 kinders veilig aan die binnekant! Dit opsigself stel hoë eise aan die personeel. Om alles vlot te laat verloop in so 'n groot huishouding waar ouderdomme wissel vanaf 'n 10 maande-oue baba en haar 3-jarige boetie tot 18-jarige tieners, is sekerlik nie 'n grap nie. Skoolwerk wat op datum gehou moet word en magies wat gevul moet word, is groot uitdagings wat aangespreek moet word. Met ontoereikende staatsubsidies verg dit besonder goeie beplanning om die boeke te laat klop. Indien dit vir jou enigsins moontlik is om 'n geldelike bydrae te maak om die Kinderhuis se las ligter te help maak, kan jy dit inbetaal by NG Kerk Piketberg, ABSA Tjekrek 404 868 5927, Takkode 334 211 (NB: Met verwysing "Kinderhuis") Kontak Marina Grobbelaar 082 865 9783 / 022 913 1045 indien jy bruikbare winterklere vir hulle kan skenk. Dit is op die oomblik 'n behoefte. Laat ons nooit vergeet om hierdie kinders en personeel 'n spesiale plekkie op ons gebedslys te gee nie.

Foto’s: Laurette Burger soos verskaf deur die Trippe Trappe ouers

Eco Bricks Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek,ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.


32 Bergrivier Munisipaliteit verskaf hierdie praktiese riglyne aan inwoners wat positief getoets is vir die COVID-19 virus Inwoners wat positief getoets is moet in self-isolasie bly en hierdie riglyne is om persone wat noodsaaklike dienste en huishoudelike vullis hanteer te beskerm. Hierdie riglyne is volgens die nasionale raamwerk opgestel en kan op kort kennisgewing gewysig word. RIGLYNE Alle afval items (bv. sneesdoekies, handskoene, maskers en wegdoenbare lappe) wat in kontak was met persone wat positief getoets of vermoed dat hulle wel die virus het moet in ‘n aparte swartsak geplaas word en nie saam met die normale huishoudelike afval hanteer word nie. Wanneer die swartsak vol is, moet dit toegeknoop word en in ‘n tweede groensak geplaas word. Hierdie groensak moet ook deeglik geseël word om te verhoed dat enige afval kan uitval. (Bergrivier Munisipaliteit sal ekstra sakke gratis aan hierdie huishoudings voorsien.) Hierdie dubbel vullissak moet vir vyf dae in direkte sonlig gestoor word om die virus te vernietig. Maak asseblief seker dat wanneer die sak op u perseel gestoor word dat dit nie in kontak met diere en ander persone sal kom nie. Nadat u die sakke hanteer het ontsmet u hande met ‘n goedgekeurde ontsmettingsmiddel of was dit met seep en lopende water vir 20 sekondes. Inwoners word gevra om nie kontak te maak met personeel wat die vullis verwyder nie en handhaaf ‘n veilige afstand van ten minste twee meter met die werker. Indien moontlik, word verder versoek dat die dubbelsak vir ‘n verdere week op die perseel gestoor word en dan saam met die normale huishoudelike afval op sypaadjies geplaas word op dae wanneer vullis in u gebied verwyder word. Probeer om dit so na as moontlik aan die tyd uit te sit as wanneer die voertuig normaalweg u vullis verwyder en dat diere ook nie die sakke kan oopskeur nie. Huishoudings waar hierdie reëlings geïmplementeer word, word ook versoek om nie aan die twee-sak herwinningsprojek van Bergrivier Munisipaliteit deel te neem nie en eerder alle vullis in swartsakke sal plaas. Indien u spesiale behoeftes het dat die munisipaliteit die dubbelsak moet verwyder, kan u ook ons kontak by die volgende nommers: Velddrif/Dwarskersbos/Aurora André Petersen 083 272 3791 Piketberg/Redelinghuys Jakkie Strümpher 083 655 4567 Porterville/Eendekuil Rassie Bothma 083 272 4119

NATIONAL COMMAND CENTRE

Covid 19 statistics @ 20 April


33

20 Jaar gelede - Mei 2000

‘n Goeie oefenlopie vir alle matrikulante met die oog op enige toekomstige eksamen! Vertaal die volgende in Engels: Soos in die tyd van die Voortrekkers, het ek en my swaer Jan ystervarke en muishonde gaan jag met ‘n dubbelloop haelgeweer. Uiteindelik sien my swaer Jan ‘n muishond, sit ‘n patroon in die loop, lê aan, trek los en daar lê die muishond bene in die lug. Net toe ons nader kom, ruik ons hoe die muishond stink en hardloop dadelik weg. My voet haak toe vas aan die wortel van ‘n boom en ek slaan neer en breek my sleutelbeen. By die hoofpad uitgekom, staan daar ‘n ou met ‘n papwiel. Hy vra toe of ons weet waar hy ‘n motorhawe kan kry om lug vir die agterwiel te bekom. Van pure moedeloosheid bly sit ons net daar langs die pad. Die antwoord: As in the time of the Frontpullers, me and my heavy John, went to shoot iron pigs and micedogs with a double walk hailgun. At last my heavy John saw a mousedog, so my heavy puts a pattern in the walk, lies on, pulls loose and there lies the mousedog - bones in the light. Just as us came close, us smelt how the mousedog stinks and runs away quick. My foot hooks fast to the carrot of a tree, I fall down and breaks my keybone. As we came to the chiefroad, there stands an old with a porridge wheel. He asks if us knows where he can get a motorharbour to get some sky for his afterwheel. From pure motherlessness us sits just there next to the road.

Terwyl julle regpak, uitsorteer en planne maak, hier is die Smartstuff items vir die res van die jaar vir die Smartstart projek: eierhouers (sesholte-tipe), bottelproppies, toiletrolle, 2liter melkbottels SKOON uitgewas, en moenie vergeet van die roomysbakke, yoghurthouers en margarienbakkies nie. KiX materiaal vir kwartaal 2 is by Marietha Goosen beskikbaar en kan weekliks per epos aangestuur word. Elke week het ‘n storie en ‘n aktiwiteit. Soos u vra, so sal ons stuur. Kontak Marietha per whatsapp by 083 654 3170.

Die volgende Piketberger, die Junie-uitgawe, verskyn op 28 Mei 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 Mei 2020 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


34

PKK kwalifiseer vir Premier Liga

Piketberg Krieket Klub het aan die einde van die 2019/2020 seisoen daarin geslaag om te kwalifiseer vir Boland Krieket se Premier Liga. Die span wat vir die afgelope paar seisoene in die Promosie Liga deelgeneem het, kry volgende seisoen die geleentheid om teen die beste krieketspanne in die Boland mee te ding. Die span het 'n uitstekende seisoen gehad en ongelooflike krieket opgedis. Ons wil hiermee alle ondersteuners en borge bedank vir hulle bydrae aan die klub se sukses. Berig en foto: Michael Booyse

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Kwartblad: R240

Halfblad: R350 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Matrasse en beddegoed vir haweloses

Ongeveer 20 haweloses word gedurende die inperkingstyd by Rhinopark sportgronde gehuisves. Daarvoor is matrasse en beddegoed ingesamel. Hierdie mense kry elke dag gekookte pap, wat deur vrywilligers gemaak word. Alle behoeftige mense word ook op ‘n gereelde basis met kos ondersteun deur vrywilligers, organisasies, kerke, winkels, boere en die regering. Foto’s verskaf

Enigeen wat produkte of geld vir kospakkies wil gee kan Hannie Visser by Badisa kontak 083 754 4760.

Die Piketberger se Datums vir 2020

Hoewel die kerkklok nie fisies gelui kan word nie, word elkeen steeds aangemoedig om 12:00 hulself te herinner aan almal wat deur die Covid-19 pandemie geraak word.

JUNIE: Berigte in 19 Mei : Verskyn 28 Mei JULIE: Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie AUGUSTUS: Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie SEPTEMBER: Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus OKTOBER: Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober NOVEMBER: Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober DESEMBER: Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember


35


36

Deel van die gemeenskap In diens van die gemeenskap Ter enige tyd en oral is die bekende “hot cross buns” en paaseiers welkome lekkernye en die ideale bestanddele vir ‘n wonderlike Paasfees! SUPERSPAR Boland se skenking hierdie jaar aan die Piket-Bo-Berg se plaaskinders is saam met Arend Marcus die berg op vir die vreugdefees. Nog ‘n skenking van SUPERSPAR Boland, vir Piketberg se haweloses en minder bevoorregte kinders, is deur Anthea Beukes afgehaal.

SPAR’s family values and culture of caring and community underpin everything we do and, in times of crisis these principles truly come to the fore. As the COVID-19 outbreak spreads, challenging everyone to act responsibly, we will endure by working together and abiding by our core principles. The SPAR Group and the SPAR Guild have a duty to ensure our values are upheld and protected throughout the organisation. We have taken several proactive measures to ensure our staff, customers and suppliers stay safe, our stores clean and our supply chains working. We are acutely aware of the important role we play in society, from the families who rely on us for their daily needs to the entire communities we serve. We cannot and will not let them down. We are confident that a healthy bright future awaits if we keep working together. We remain wholly committed to those who rely on our sponsorships and, while the crisis has impacted many events, our focus is on providing the necessary support to ensure that these activities can resume in consultation with the various governing bodies.

Dean Jankielsohn, Hester Hagen, Arend Marcus en Marlene Visagie.

Philip Jankielsohn, Hester Hagen, Anthea Beukes en Shameel Davids.

This is not a time to panic and we commend President Cyril Ramaphosa and his government for their decisive response to date. We will continue to play our role as a responsible corporate citizen to ensure South Africa gets through this global emergency with limited risk. We will continue to act in the best interests of all our stakeholders by ensuring our stocks are tightly monitored and replenished so that customers are served and get the same exceptional service they are accustomed to. All consumer concerns will be dealt with swiftly and we are committed to being fully transparent with our stakeholders. Our partners and stores have already implemented action plans to ensure our supply chain is stable and functions consistently - all in support of the communities we serve across Southern Africa. This is a national emergency which cannot be taken lightly. We need to make sure that we respond quickly to any challenges which may arise. In this unprecedented time, the need for solidarity and partnership has never been greater. At SPAR we are family, and together we will overcome this crisis by upholding our values and putting the interests of South Africa first. Regards

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mei 2020  

Die Piketberger Mei 2020  

Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded