__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Wie is Mej PHS?

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Mnr PHS...p6 Storie Oggend…p6 Oud-PHS’ers presteer...p7 Troufoto’s...pp8,10 Skoon Oudit...p12 Belydenis van Geloof...p14 Redding...p20 Calendula Vriendskapstafel...p28 Rugbytruie aan SSS….p29

Watter een van hierdie pragtige meisies gaan die Mej PHS kroon dra? Janica Maritz, Henrietta Cloete, Alicia Louw, Deborah-Keir Paulsen, Doneley Lesch, Anné Rheeder, Hanmari Marais, Petro Grundlingh en voor Carli Rossouw en Janke van Schalkwyk. Kroningsgeleentheid was op 2 Mei. –Red. Foto: Edó Photography


2

Redaksioneel Om te "Calendula"

Ek sou nooit kon dink dat ek kan “Calendula” nie. Dis toe nie so moeilik nie. Met die regte gesindheid en 'n hart vol vrede, het jy so te sê die saak onder die knie. Op 3 Augustus 2018 is Calendulastraat se verlenging ingewy deur die twee dorpswyke met die twee Hoërskole se leiers wat die lint knip. "Een Piketberg" is daardie dag uitgejubel. Sedertdien wys ek Calendulastraat vir familie en vriende as simbool van "Een Piketberg", en ry natuurlik straat af. 'n Maand gelede, op 5 April in Calendulastraat, sit 300 mense uit "Een Piketberg" by die lang Vriendskapstafel aan. Onder die helder sterrehemel, met die vars April aandluggie wat saggies oor ons menselywe streel, kry die werkwoord, om te "Calendula", vir my 'n baie diep betekenis. Hou jou ore oop, jou hart ook, jy sal die woord "Een" en "Calendula" dikwels saam hoor. 27 April was weer so ’n geleentheid, om VRY te wees, om EEN te wees, om te "Calendula".

Don’t forget to be awesone. Marietha Briewe van ons lesers vervolg op p4

Kalmte in die Malle Gejaag Mindfulness vir Besige Mense word op 22 Mei deur die skrywer, Johannes de Villiers, bespreek. Besoekers is welkom om hierdie besonderse Leeskringgeleentheid by te woon om 9:30 in die Biblioteeksaal. R20 sluit verversings in. 022 913 6000

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Die Piketberger vra verskoning dat onderstaande twee briewe nie in die April uitgawe verskyn het nie. Dit was 'n misverstand. Ons plaas dit graag: Cecile Albertyn van Porterville skryf… Ek wil al die Portervillers en Piketbergers van harte bedank vir hulle liefde en omgee. Ek was vir twee weke in die kliniek in die Paarl en net daarna vir ongeveer 'n week in Panorama hospitaal. Die ou wa se wiele het net uitgeval. Ek is nou weer aan die gang. Hiermee bedank ek almal vir al die oproepe, sms'e, blomme en besoeke. Ek wil baie graag 'n paar mense uitsonder: Michiel en Marianne Kitshoff, julle hulp was van onskatbare waarde. Dan my man en my drie kinders, my skoonseun, my drie kleinkinders, Wendy Westraadt en laaste maar nie die minste, my getroue huishulp Clara Frans. "Dankie Kai, soos Erik kleintyd jou genoem het, ons sal dit nooit vergeet nie". Cecilia Lambrecht van Hoërskool Swartland op Malmesbury skryf… Ek wil net baie dankie sê aan al die besighede en privaat persone wat dit goed gedink het om vir my 'n kontant bydrae te gee vir my vlug na Waterkloof Pretoria, vir 'n Netbaltoernooi 16-18 Maart. Sonder julle hulp sou dit onmoontlik gewees het. Ek weet hoe swaar die tye is, daarom baie baie dankie.

BERGRIVIER DENTAL INC

Neem Kennis: Nuwe telefone is geïnstalleer en geen beset toon word aangedui nie. Indien u nie deurkom na ons kantore, laat asseblief 'n boodskap of probeer na 5 minute weer. U oproep is vir ons belangrik. Tel: 022 913 1630 of 022 913 2925


3


4

Diamant Bruilof

Lieb en Santie Engelbrecht van Paleisheuwel naby Redelinghuys, het op 12 Maart hul 60ste huweliksherdenking gevier. Foto verskaf

Praatjie oor Uile Piketberg Blom- en Tuinbouklub se vergadering is Woensdag 15 Mei in die biblioteeksaal. Donny Malherbe van Cape Nature gaan praat oor uile in ons omgewing en die rehabilitasie van uilkuikens en tipe uilhuise.

Briewe van ons lesers... Oli4’s sê dankie - Wilmien, kinders en kleinkinders skryf... Bertus se dood was vir ons gesin en die gemeenskap ‘n groot skok. Ons wil die Here dank vir elkeen se lewe wat Bertus aangeraak het. Dankie vir elkeen se ondersteuning, omgee, bakke kos en blomme. Ons waardeer dit baie. Dankie ook vir die wyke wat eetgoed voorsien het by die diens. Ons bedank ook graag vir Carstens begrafnis dienste vir hulle uitstekende diens. Ons almal mis hom alreeds elke dag, maar ons weet hy rus sag by Jesus se voete. Dawid Steenkamp skryf… Baie dankie aan Bergrivier Munisipaliteit se personeel, vir flinke diens op 25 April. Ek het 'n nat kol op die sypaadjie gewaar, die Munisipaliteit gekontak en binne 15 minute het twee manne opgedaag. Hulle was elders besig, maar het eers Dr Malanstraat se lekkasie herstel, aangesien die water begin uitspuit het. Ons kon dit nie so los nie, want water is kosbaar. Bergrivier Munisipaliteit, dit is een van die redes waarom ons die 8ste beste plek op die ranglys beklee. Julle gee om vir ons Senior Burgers. Klein Klitsies Kleuterskool is 1 jaar Baie geluk!

MEI 1999

Die koerant bestaan uit 12 bladsye Voorblad: William Rudolph Witbooi, ook bekend as Meester Willempie, het op 30 April na 39 jaar diens, uit die onderwys getree. Baba en Hester Rossouw van Eendekuil vier hulle 50ste huweliksherdenking op 5 Maart 1999. Inwoners van Huis AJ Liebenberg en Bergtuin Aftree oord, olv Anneline Breytenbach, Jeugdiensgroepvoorsitter, het vir die NG Kerk se Jeug kussings opgestop en vasgewerk. Piketberg Tuinbouklub gaan op 'n daguitstappie na Bishop's Court, Kirstenbosch en Blue Mountain Kwekery. Die museum beskik oor 'n indrukwekkende uitstalling oor die Anglo-Boereoorlog en Piketberg se rol tydens die gebeure. Kinderkrans se projek vir 1999 is Bybels vir Afrika Kinders. Sonja Herholdt hou op 4 Junie konsert in die NG Kerksaal op Eendekuil. Advertensies: Kontak Le Roux van Wyk vir Cropsecure: Inkomsteversekering Springkasteel te huur: Kontak 0261-31777 Fine Feathers: Groot uitverkoping op alle materiale APS Terapie Sentrum open op 28 April te Hoofstraat 30 Leon Wiese vier 35 jaar met "May Madness" - klere vir die groter persoon Tenderised Steak @ R19,98/kg by Boland Spar Nokia 5110 @ R55 by Midas Motolek


5

Tel: 022 913 1051


6

….en Wie is Mnr PHS?

Storie Oggend 'n Gesellige Storie oggend, die vierde van sy soort, is deur Piketberg Museum, -Toerisme en -Biblioteek aangebied. Nolie Eksteen het die voorlesing gedoen en die storie vertellers was Eerw Adonis Booyse, Carel van Niekerk en Allistair Duncan. Foto's: Marietha Goosen

Agter vlnr: Joachim Mouton, Ravell Frans, Jacquin Valentyn, Bosmann Rossouw, Jako Strijdom, Nicol van den Heever, Zhequin Langeveldt en voor Junior January, Chris Smith en Ruan Potgieter. Foto: Edó Photography

Die Porterviller

Die organiseerders was Georgia Abrahams, Marié Ehlers en Gerna Croeser.

Marietha Goosen van Die Piketberger het onlangs ‘n ontmoeting gehad met Ester Schreuder van Porterville. Ester droom al lank van Porterville se eie goeie nuus-koerant. Hier bekyk hulle die eerste uitgawe van Die Piketberger, September 1993 en die jongste een, April 2019. Foto verskaf

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


7

Oud-PHS’ers Presteer

Johmine Croeser het haar honneurs Stephan Breunissen, oudleerder van in vertaling gedoen. Sy werk nou by PHS, ontvang sy BRek Honneurs LekkeSlaap as 'n taalpraktisyn, graad by Stellenbosch Universiteit. vertaler en blogger. Hulle vertaal Foto verskaf instansies se beskrywings, redigeer resensies, skryf blogs en bemark vir LekkeSlaap op alle sosiale media platforms. Foto verskaf

Ruben van der Merwe, oudleerder van PHS, ontvang ‘n Diploma in Information Technology Network Integration Specialisation by Prestige Academy. Foto verskaf

Benodig u ‘n sekuriteitskamerastelsel vir u huis of plaas? Wil u kan sien wat op die perseel gebeur, al is jy nie tuis nie? Wil u voorkomend kan optree teen potensiële bedreigings teenoor jou familie en besittings? D&D IT spesialiseer op die gebied van cctv kamera oplossings. Sentraal geleë in die omgewing tussen Piketberg en Citrusdal, diens ons die area vanaf Piketberg tot Clanwilliam, Porterville tot Elandsbaai. Ons bied die beste advies en puik diens teen billike pryse. Kontak ons gerus om u behoeftes te bespreek. Ons kan ook help met “Panic Systems” en Infra Rooi Beams ens.

Kontak Deon Taljaard Sel: 071 810 5626 E-pos: dftaljaard1@gmail.com


8

Piketbergers glo in die Liefde (meer troufoto’s op p10)

Jani, dogter van Herold en Elsabé Truter van Piketberg, is op 12 April getroud met Pieter, seun van Joël en Karin le Roux van Hopetown. Die seremonie en onthaal was by Ashanti Estate, Paarl. Pieter boer saam met sy pa en broer naby Hopetown. Foto: Danelle Stofberg

Anja, dogter van Helgard en Riana Smit van Eendekuil, is op 9 Maart getroud met Johan, seun van Johan en Vera Alberts van Ceres. Die seremonie en onthaal was by Nooitgedacht, Stellenbosch. Foto: Migneon Marais

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Eiendomme te koop Piketberg / Porterville / Dwarskersbos

Kontak ons vir die verhuring / verkoop en koop van eiendomme

Coreen Engelbrecht en Johan Smit is op 20 April in die NG Kerk op Piketberg in die huwelik bevestig. Dit is op dieselfe datum en plek, 34 jaar later, as haar ouers, Ansie en oorlede Piet Engelbercht, se troue. Foto: Craig V’s Photography

Volmaan Stap

Skakel 022 913 1132

Saterdag 18 Mei Kom geniet 'n 5km heuwel-op stap tot by die Lapa bo-op die Berg. Dis 'n bietjie meer as 'n uur se stap vir die nie-so-fikses. Gemaklike stapklere, iets warms, flits en drinkwater. RSVP Bregda Mostert 083 597 0091


9

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


10

Danie Smit en Petra Lourens is op 6 April op Moutonshoek getroud. By hulle is Petra se seuns, Aiden en Luka. Foto verskaf Phagan Abrahams van die Paarl en Leshley-Ann Adams van Wittewater is op 19 Januarie in die Holy Trinity Anglican Church te Paarl getroud. Foto verskaf

Heinrich Javan en Liezel Brand is op 23 Februarie op Broodkraal, Piketberg, getroud. Albei is Piketbergers. Foto: Robert Sithole

Edmund Meyer en Marelize Nel is op 16 Maart by Gourikwa getroud. Marelize het vir bykans ‘n jaar by PHS onderwys gegee. Foto: Michelle Photography


11


12

Nog ‘n Skoon Oudit

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons het die voorreg gehad om die kruisiging en opstanding van Jesus te herdenk die afgelope naweek. Van ons het tuis gebly en van ons het die pad aangedurf na familie of vriende. Ons dank God vir ’n wonderlike naweek waar ons die tradisie kon Raadsheer voortsit om kerrievis te geniet en Ray van Rooy paaseiers uit te deel. Kerke was vol, want ons familie het kom kuier en het saam met ons gegaan, want ons wou almal deel wees van die oomblikke.

Bergrivier Munisipaliteit het tydens die Ouditeur Generaal se Skoon Oudit Toekenningseremonie wat op Dinsdag 2 April by Century City in Kaapstad gehou is, vir die derde agtereenvolgende jaar ’n skoon oudit ontvang vir die 2017/2018 finansiële jaar. Op die foto verskyn Kimi Makwetu (Ouditeur-Generaal van SuidAfrika), Marius Wüst (Bergrivier Munisipaliteit: Hoof Finansiële Beampte), Jurene Erasmus (Bergrivier Munisipaliteit: Interne Ouditeur), Sandra Crafford (Bergrivier Munisipaliteit: Uitvoerende Onderburgemeester) en Helen Zille (Premier van die Wes-Kaap). Foto verskaf

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ons is ’n paar dae van die Provinsiale en Nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 en ek wil u aanmoedig om u stem uit te bring. U kan by die plaaslike OVK-kantoor of by u munisipale kantore uitvind waar die stemlokale sal wees en die tye wat dit oop sal wees. U kan ’n SMS stuur na 32810 teen R1 om uit te vind of u geregistreer is en waar u mag stem. My pleidooi aan alle inwoners van die Bergrivier Munisipale Gebied is om seker te maak u gaan u stem uitbring. Namens Bergrivier Munisipaliteit wil ons ons dank oordra aan Heist-op-den-Berg wat vir my, Raadslid Mario Wessels, Adv Hanlie Linde (Munisipale Bestuurder), Alletta van Sittert (Strategiese Dienste Bestuurder) en ons leerders met opvoeders, ’n warm ontvangs gegee het. Gedurende die besoek het ek as Uitvoerende Burgemeester en hulle Burgemeester ’n samewerkingsooreenkoms herbevestig. Die leerders en opvoeders kon hul wêrelde verbreed met Heist se leerders en opvoeding asook die samelewing daar. Dankie aan elke ouer wat hul kinders in ons sorg toevertrou het. Inwoners van Bergrivier, u kan opreg trots voel op Bergrivier Munisipaliteit met sy Raad en administrasie wat na u belange moet omsien. Ons het hierdie maand vir die derde agtereenvolgende jaar ’n skoon oudit ontvang. Dit moet vir u ’n bewys wees dat Bergrivier in goeie hande is en ook dat u ons kan vertrou met u geld en die toekoms van Bergrivier. Ons is ook pas aangewys as die agste beste munisipaliteit uit 213 munisipaliteite in Suid-Afrika. Daar is sekere gebiede waarmee ons sukkel, maar ons gee aandag daaraan om te verseker ons leef ons visie uit. Hiermee my opregte dank aan elke inwoner wat sy/haar rekening getrou betaal en aan almal wat gehoorsaam is. Hiervoor gee ek erkenning aan my Burgemeesterskomiteelede en elke amptenaar van Bergrivier Munisipaliteit vir hul harde werk. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënte vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergrmun.org.za of burgemeester@bergmun.org.za Ek het die afgelope tyd verskeie klagtes gekry oor diefstal by Bergrivier Munisipaliteit, veral by ons store. Enige persoon wat bewus is van ongerymdhede by Bergrivier, kontak my by 083 657 9615 of stuur inligting na my private epos rayvr42@gmail.com. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. Dit is ons dorpe - kom ons wees trots op Bergrivier.


13


14

VLV-Piketberg word 87

Belydenis van Geloof

Die VLV-Piketberg-tak is op 23 Mei 1932 gestig. Piketberg VLV verjaar 23 Mei en is 87 jaar oud. Graag nooi VLV-bestuur, alle lede en gaste na die spesiale Kunste en Handvlyt-vergadering op 9 Mei. Die redakteur van TUIS-tydskrif, Wikus Pretorius, kom bied ‘n praktiese werkswinkel/demo aan met Tjhoko-verf. Almal gaan ‘n wit servet met ‘n stensil verf – stensils sal te koop wees. Stensil @R35. Bring asseblief u eie kwas indien u het - daar sal ook ’n paar beskikbaar wees. LET WEL: Hierdie vergadering sal by TILLIES (ACVV-kantore) in Tillalaan aangebied word en NIE by die biblioteeksaal nie. Tee vanaf 09h00 beskikbaar en vergadering begin om 09h30. Kontak asseblief enige van die bestuur of voorsitter Nicoline Brown by 082 477 0665 indien u belangstel om hierdie werkswinkel by te woon.

Bloedskenk datums 3 Mei * 5 Julie * 13 September * 8 November (Vrydae : 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

Op Sondag 7 April het hierdie groep jongmense Belydenis van Geloof afgelê in die NG Kerk Piketberg. Agter is Carli Rossouw, Petro Gründlingh, Hanmari Marais, Lara Visser, Mari Visser, Janke van Schalkwyk, Dewaldt Lambrechts, Lea de Vries en voor Ruan Potgieter, Nicol van den Heever, Jacques Liebenberg, Chris Smith, Klem Coetzee en Johan du Toit. Frederik Kotze, wat ook deel is van dié groep, se Belydenisaflegging sal op 'n later stadium op Aurora wees. Foto: Marietha Goosen Op Sondag 21 April het Pieter Rossouw, heel regs, Belydenis van Geloof afgelê in die NG Kerk, Eendekuil. By hom is sy ouers Pierré en Analize en broer, GP. Foto verskaf

PIKETBERG ANIMAL OUTREACH

PLEASE

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918


15


16


17


18

Nali Bali Stories

Op die rakke van die Biblioteek... Uit die Bloute deur Chanette Paul

Kursusgangers wat Nali Bali se opleiding deurloop het. Hierdie geïnspireerde groep mense sal meer mense bemagtig en by skole, kleuterskole en huisskole betrokke raak Foto verskaf

TE KOOP DEFY Compact 4 Stoof te koop Prys R2 200 Kontak 079 496 2719

TE KOOP BSA verkyker, 7 x 50, 357FT/1000 yds, 119m/1000m, RA750G Prys R350 Kontak Hannie Visser 083 754 4760

GESOEK Sus en Daan is maats, ‘n sub A-leesboekie van die sestiger jare. Kontak Teresa 083 539 5048

GESOEK Op soek na houtwerk gereedskap om te koop. Klampe, skawe, vyle en sae. Whatsapp Daniel Goosen by 078 093 0906

Leeskring 2019 22 MEI: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG: MINDFULNESS VIR BESIGE MENSE – Johannes de Villiers Gasspreker: Johannes de Villiers 12 JUNIE: HANS STEEK DIE RUBICON OOR – Rudie van Rensburg. Bespreek: Hanlie Richter 24 JULIE: Vergadering by Moira se huis in Tuinstraat HUISIES VAN PAPIER – Dalena Theron. Bespreek: Marietha Goosen 21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar 18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING

Heelwat menings is direk aangehaal uit ‘n resensie deur Elbie Adendorff. Uit die bloute is 'n spanningsroman, deurspek van onverwagse en verrassende elemente en intriges, wat die leser tot die einde toe gevange hou. Chanette Paul fokus in die roman op die buite-ruimtelike wêreld van vreemde vlieënde voorwerpe (VVV's), wat aan die Bespreking deur einde blyk, bloot 'n skuiwergat vir 'n ander Sandra bedryf, naamlik kinderhandel, te wees. van Wyk Ná die moord op 'n regter en 'n handgeskrewe brief, wat daarop dui dat minstens een van twee vroue, met wie hulle naasbestaandes jare gelede kontak gehad het, daarmee te make mag hê, word die hulp van 'n grafoloog ingeroep. So ook die hulp van Jojo Richter, wat al vele moordsake help oplos het. Daar is 'n ondersoek na 'n groep vroue in die Akkedisberge - hoofsaaklik vanweë die verdwyning van twee boesemvriendinne. Beide hulle susters het hulle elf jaar gelede gesien en wil hulle graag opspoor. Meer as dit hulle wil hulle beskerm teen die vermoede dat hulle betrokke kon wees by die kruisboog-moord op die regter. Hulle is oënskynik baie nou betrokke by vreemde, buiteruimtelike verskynsels. Soos wat die verhaal ontvou, kom dit aan die lig dat heelwat meer mense verdwyn het (op dieselfde datums wanneer daar waarnemings van vreemde voorwerpe aangeteken is) - en volg 'n meer indringende en gevaarlike ondersoek daarna. Paul vervleg fyn en deeglik in die ondersoek van Jojo Richter, na hierdie groep vroue in die Akkedisberge, die geskiedenis van verskyning en die optekening van VVV's in Suid-Afrika. Dit word so slim in die teks ingewerk, dat lesers nie agterkom dat hulle besig is om meer oor die geskiedenis van VVV's te lees nie. Die gewone leser word geneem na onderwerpe soos boogskiet, handskrifontleding, vreemde verskynsels, Stockholm-sindroom en heelwat meer wat op sigself boei. Met vele verdagtes, aangehoudenes, 'n sterk spanningslyn en eiesoortige karakters, bied Uit die Bloute 'n interessante leeservaring, wat jy nie sal vergeet nie. Veral die verrassende einde, getuig van Chanette Paul se uitsonderlik vernuftige skryfvermoë. Afgesien van 'n baie slim vervlegting van buitengewone gebeure, beïndruk Paul se pragtige taalgebruik: "Die lug is poskaartblou. Die see wat van die voet van die kranse af dein tot waar dit die onmeetlike op die horison ontmoet, nog 'n dieper blou. Die son skyn vol somerbeloftes al is dit nog vroeglente. Seemeeue krys in vlug en swarttobies swiep oor die rotse." 'n Verhaal wat moontlik nie almal met die eerste oogopslag trek nie, maar dat dit einde ten laaste tréf, is seker.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


19


20

Ontmoet Piketberg se ‘911’

Dokter word Pasiënt

'n Lojale leser het Die Piketberger gevra om lig te werp op die Nood Mediese Dienste (EMS) in Piketberg.

Op Sondag 7 April het dr Pieter Bruwer sy enkel op Zebraskop gebreek. Piketberg se Nooddiensspan het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Met die regte feite tot hulle beskikking kon hulle met die regte voertuie en regte toerusting hom bereik en stabiliseer totdat die AMS helikopter hom kom haal. Dr Bruwer bedank elke lid van die goed opgeleide en toegewyde span.

EMS (Emergency Medical Service) oftewel Nood Mediese Dienste se Reddingspersoneel is Charl Nieuwoudt, Reddingsbestuurder en Heinrich Koopman, Reddingstegnikus, Wilkie Turner, Reddingstegnikus en Elton van Rooy, Reddingstegnikus. Foto: Marietha Goosen In die Weskusstreek, waaronder Piketberg resorteer, word maandeliks 96-120 insidente aangemeld waarby EMS (Emergency Medical Service) betrokke is. Onder Departement Gesondheid (nasionaal), is EMS, oftewel Nood Mediese Dienste 'n afdeling, met die volgende vertakkinge: - Kommunikasie Beheerkamer op Moorreesburg 022 433 8700 of 10177 - Ambulansdiens - Reddingskomponent - Health Net wat buite-pasiënte na oa hospitale vervoer Piketberg beskik oor 5 noodvoertuie (Ambulans, Redding, Health Net) en 'n sesde een wat 'n groot reddingstrok is. Twaalf opgeleide persone, bekend as Ambulanspraktisyns en Reddingstegnici, deurloop gereeld fiksheidstoetse, moet geregistreer wees by die Mediese- en Tandheelkunde Raad en oor bestuurderslisensies beskik. Binne die Wes-Kaap is distrikte, waarvan Weskusdistrik een is. Binne Weskusdistrik is vyf stasies (Vredendal, Clanwilliam, Vredenburg, Malmesbury, Piketberg) wat Munisipaliteite bedien. Bergrivier Munisipaliteit is onder Piketberg stasie. Een van die volgende moontlike noodgevalle kan met jou gebeur en dis wat jy moet doen: Motorongelukke, uitstappies wat traumaties eindig bv vermiste persone in die berge, aardbewings, rotsstortings, die inname van gifstowwe, see- en waterverwante ongelukke, kinders of troeteldiere wat in pype vassit.....skakel die Kommunikasie Beheerkamer op Moorreesburg by 022 433 8700 of 10177 Dis 'n 24-uur diens met opgeleide persone wat presies weet watter vrae om te vra om die geskikte persone en voertuie na die toneel te stuur. Moenie 'n individu skakel nie, al het u 'n nommer. Dit mors net tyd. Daardie persoon moet ook eers die Beheerkamer skakel om dienste te koördineer. Die voertuie is spesiaal ingerig met elektroniese hulpmiddele wat in kontak is met die Beheerkamer en hospitale.

Elton van Rooy, Wilkie Turner en lede van die SAP besig om dr Pieter Bruwer op 'n draagbaar te sleepdra teen die skuinste uit op Zebraskop.

'n AMS (Air Medical Service) helikopter neem dr Pieter Bruwer na Stellenbosch Medi Clinic. Foto’s verskaf Op sosiale media skryf Kevin Tromp van AMS… We assisted with an amazing call late this afternoon on Zebraskop, north of Piketberg. A local community member slipped and broke his ankle while hiking high up in the mountains. The whole community responded to assist, from the local pastor, doctor, farmers, police and of course Metro Rescue. What a privilege it was to be just part of this amazing team effort!

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

HUISHULP BENODIG

diepiketberger@gmail.com

Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


21

Redelinghuys se NG Kerk

Net ná dagbreek op Dinsdag 9 April, het ‘n brand in die kloktoring van Redelinghuys se NG Kerk ontstaan. Die Kloktoring en die buitemure is al wat oorgebly het. Bykans alle dokumentasie kon uit die kerkkantoor gered word. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. Die gemeente hou kerk in die kerksaal. Dié foto is op die eerste Sondag ná die brand geneem. Foto: Frederik Kotze NG Kerk Piketberg Pinkster 2-9 Junie Kinderpinkster 3-6 Junie in die kerksaal

FruitLips op VIA

Kyk gerus op 28 Mei om 9nm op VIA kanaal 147 na die familiestorie van Liebré (Eigelaar) Jacobs, stigter van FruitLips.

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com


22


23

Santam Versekering

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Le RouwxVan Wyk en Chris CoetzĂŠ ontvang 'n toekenning: Goud vir Uitsonderlike prestasie in die Malmesburystreek en 'n Agri toekenning in die Tygerberg- en Weskusstreek. Foto verskaf


24


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

Vroueoggend by Eensgezind

Dames wat die Vroueoggend van die Sinodale Vrouediens by Eensgezind bygewoon het, is voor Elbeth Liebenberg, Doretha Visser, Marieta Nel, Susan de Vries, Riesie Kotze, Marina van Zyl, Jackie Ferguson, Thea Bredenhann en agter Marietha Goosen, Maatjie Coetzee, Sonia Richter, Ina Visser, Rowen Gerber, Grace Dippenaar, Sonja de Jongh, Ina Kotze, Marian Wilkens, Marie van Niekerk en Teresa van Niekerk. Op die foto regs, in die middel, is die musikante van Zamar. Foto’s: Doretha Visser en Marietha Goosen


27


28

Dr Brian Lindner

Calendula se Lang Tafel

Brian Lindner, past pupil of PHS, recently received his Doctorate degree in Extractive Metallurgical Engineering at Stellenbosch University. Brian’s thesis was ‘Improving the performance of causality analysis techniques for automated fault diagnosis in mineral processing plants’.

Op 5 April het 300 Piketbergers by ‘n Lang tafel in Calendulastraat aangesit vir ‘n vriendskapsete. Foto’s verskaf


29

SUPERSPAR Boland skenk Rugbytruie aan SSS se A-span

Steynville Sekondêre Skool se A-rugbyspan spog met hul nuwe rugbytruie wat aan hulle geskenk is deur Superspar Boland. Op die foto bo is Philip Jankielsohn en Richard Erasmus. Links is Philip Jankielsohn en Herbert Boois, rugbykaptein. Foto’s verskaf

Philip Jankielsohn, Superspar Boland middel, saam met Richard Erasmus en Louis Ntane.


30

Boland Krieket en Rugby

Judo Medaljes Ingeryg

Demorgan Somers, leerder by Steynville Primêr is opgeneem in die o/13 Boland Krieket oefengroep en gekies vir die o/13 WesBoland Rugbyspan. Steynville Primêr is baie trots op Demorgan. Foto: Lucille van Louw

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Mei 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 Mei 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane

Piketberg Judo het Saterdag, 30 Maart aan Weskus Judo Ope toernooi te Mamre deelgeneem. By hierdie kompetisie het Piketberg drie ontwikkelingsspelers en vyf ope spelers ingeskryf. Piketberg judo het baie goed gedoen en al agt deelnemers het medaljes verower. Agter: Petrie Kok (silwer), Jayden Martins (goud) en Manese-Lee Gal (goud). Voor: Keagan Beukes (silwer), Carlo Woodroffe (goud), Tariq Beukes (goud) en Marshall Fortuin (brons). Inlas: Ralphston Pienaar (goud). Berig en foto’s: Gerrit Gal

Krieket Liga Kampioene

Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com Piketberg Krieket Klub se 2de Span is op Donderdag 21 Maart as Boland Krieket Weskus Liga T20 Kampioene gekroon. Die span het Malmesbury Krieket Klub met 85 lopies gewen in die finaal wat op Tollie Adams Oval, Piketberg plaasgevind het. Piketberg se 2de Span het ook in Februarie Boland Krieket Weskus Liga se 50 beurte kompetisie gewen. Berig en foto: Michael Booyse


31

Samantha Willemse oorhandig ‘n skenking van verskillende brode aan Randall Swarts, die voorsitter van Porterville Rugby Klub, vir die 100 jaar Gala geleentheid wat gehou is op 30 Maart 2019 vir die huidige en oud spelers van die klub.


32

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mei 2019  

Die Piketberger Mei 2019  

Advertisement