__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 3

www.piketberg.com

Mei 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Huistroue Verras Gaste 'n Langverwagte troue het daarin geslaag om die gaste te verras deur die onverwagsheid daarvan. Reeds ses weke voor die huweliksbevestiging tussen Wian Koch en Marili Hanekom op 2 April, is vriende en familie uitgenooi na 'n daknatmaak van hulle nuwe huis. Die partytjie sal in die vorm van 'n Bring-enBraai wees, met bykosse en poeding wat voorsien word. Gaste moes sorg vir eie drinkgoed en 'n stoel, sodat almal gemaklik kan wees en die Paasmaandag kan geniet. Toe die eerste gaste vir die 10vm afspraak opdaag, is die spreekwoordelike aap uit die mou en was ds Christoff Koch, Wian se pa, gereed vir die seremonie. Die bruid het in haar fleurige wit rokkie, met haar twee seuns, Jaco en AJ aan die hand, die tuinpaadjie afgestap tot by die bruidegom en sy seun, Christiaan. Hoewel Wian en Marili se hartsvriende en familie reikhalsend daarna uitgesien het dat hulle die groot stap neem, het almal niksvermoedend opgedaag aangesien die geheim diep bewaar gebly het. Nog ‘n foto op p2 Wian en Marili Koch se huis daknatmaak/troue op 2 April het hulle gaste verras. Foto: Jacki White Photography

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... MBA vir Pieter...p4 Dr Jaco Visser…p4 Sjef Vere Albertyn...p6 Izak en Monique trou...p7 Jeuguitruilingsprogram...p8 Mickey Anthony...p10 Tuinbou Nuus…p12 Belydenis van Geloof...p14 Mnr en Mej PHS...p16 Op Reis saam met Anne...p20 Eendekuilnuus...p24 PHS Kanon op TV...p26


2

Redaksioneel Dis heeldag KKenK Vir die afgelope 24 jaar, sedert sy ontstaan, groei die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in omvang, getalle en kwaliteit. Mense beplan 'n jaar vooruit om verlof in te sit, verblyf te bespreek, genoeg geld te spaar, kunstenaars en vertonings te bestudeer en om met geesgenote te koukus en te koördineer oor die wie, wat, waar en hoe van hulle KKNK-uitstappie. Derduisende mense van oraloor kom jaarliks op Oudtshoorn bymekaar vir die KKNK. Wat 'n voorreg om dit af en toe by te woon. Op Piketberg, en ek glo op verskeie ander dorpe, is dit heeldag KKenK, want waar méns-mense is, kan 'n Koffie, Koek en Klets binne oomblikke gereël word. By die "reël" van 'n KKenK op die platteland, word die eerste vier stappe van verlof insit, verblyf bespreek, geld spaar en kunstenaars en vertonings bestudeer, gesystap en word stap vyf die belangrikste - die geesgenote! Geesgenote voel aan wanneer een hartseer of moeg is, opgewonde is oor iets, ‘n groot besluit moet neem, iets nuuts aanpak of sommer net menshonger is. Geesgenote ruim tyd in vir mekaar, soms per afspraak en soms spontaan. Of dit by Bravo is, die Sandveldkombuis, Green Tree Café, Tillies op 'n Vrydag, die Spur, Grill en Go, die nuwe Munchies of in die gerief van jou eie huis of ’n vriendin s'n….die dramas ontvou: 'n hartverskeurende tragedie, 'n ware lewensverhaal, 'n tong-indie-kies satire, 'n uit-die-maag-lag komedie.......of sommer alles gelyk, afhangende van die tyd. En na so 'n "vertoning", sien jy kans vir alles wat pla, is jy met dankbaarheid gevul oor die lewe, sien jy die ander kant van die saak en soek jy doelbewus vir die humor in 'n situasie. By Piketberg se KKenK is jy soms op die ‘verhoog’ en soms in die ‘gehoor’. En deel van die KKenK is die Groot Regisseur... vir Hóm, nie net ‘n staande ovasie nie, maar jou hart!

Liefde Marietha

Kinderpinkster 14 - 17 Mei Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Wian en Marili Koch, met hul seuns Christiaan, AJ en Jaco. Die verwelkomingsbord, regs.


3


4

MBA vir Pieter

Dr Jaco en die Molle

Pieter Liebenberg, oudleerling van Hoërskool Piketberg, het onlangs ‘n MBA (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy verhandeling was ‘n ondersoekende studie ter vergelyking van JSE genoteerde maatskappye se waarde ontsluitende en waarde onttrekkende aktiwiteite. Hy is tans werksaam in ‘n uitvoergroep van kosmetiese produkte. Pieter is die seun van Koos en Netta Liebenberg. Foto verskaf

Jaco Visser was in 2006 in matriek in PHS en was die top akademiese leerling in daardie jaar. Hy is die seun van Koos en Fransie Visser, (vroeër van Piketberg en omgewing en tans woonagtig in Moorreesburg). Berig en foto verskaf deur Elna Strauss Jaco Visser het sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi waar hy die grade B.Sc., B.Sc. Honeurs en M.Sc. in dierkunde verwerf het. Daarna was hy vir twee jaar verbonde aan die Universiteit van Johannesburg waar hy navorsing gedoen het op die genetiese diversiteit van wildspesies (spesifiek swartwitpense en bastergemsbokke) en hoe hierdie diversiteit beïnvloed word deur die kommersiële teling van hierdie diere vir die wildbedryf. Jaco het ook onlangs sy Ph.D. (in dierkunde) verwerf aan die Universiteit van Johannesburg, en is tans ‘n na-doktorale navorser verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Sy werk behels die ondersoek van genetiese patrone in verskeie diere (sien onder), en dan ook hoe die diere self (sosiale sisteem, paringsisteem, habitat spesialisme) en die historiese veranderinge in die landskap, geologie en klimaat van Suid-Afrika, hierdie patrone beïnvloed. Hy het deur die jare met die genetika van verskeie diere gewerk, insluitend duinemolle, blesmolle, grysmolle, dassies, skerpioene, swartwitpense en bastergemsbokke, maar het ‘n voorliefde vir die ondergrondse diere (molle). Hierdie interessante groep het ‘n noue verwantskap met die landskap deur hulle amper plantagtige verbintenis met sekere tipes grond. Verandering in die landskap bring daarom ook ‘n verandering in die genetiese patrone van hierdie diere teweeg. Jaco is tans besig met die publikasie van verskeie wetenskaplike artikels in verskeie vaktydskrifte, onder andere die beskrywing van ‘n hele paar nuwe molspesies regoor Suid-Afrika.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


5


6 Assistent Drankwinkel Bestuurder Piketberg Wijnhuis Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees om die bestuurder te assisteer om die winkel in geheel as ‘n suksesvolle besigheidseenheid te bestuur en is verantwoordelik vir die volgende spesifieke areas: Aankope en kliëntediens. Die persoon moet kan onafhanklik werk, gedissiplineerd en outonoom funksioneer en netheid en stiptelikheid is van uiterste belang. Die suksesvolle applikant moet aan die volgende vereistes voldoen:  Ten minste 2 JAAR ONDERVINDING IN DIE DRANKBEDRYF en/of SOORTGELYKE POSISIE  Matrieksertifikaat  Rekenaargeletterd in MS Office packet  Ondervinding in die gebruik van ‘n “Point of Sale” sisteem  Goeie bestuursvaardighede  Netjies, noukeurig en georganiseerde werk metodiek  Goeie kommunikasie vaardighede  Sosiaal aanpasbaar  Kode E/EB bestuurslisensie  Eie betroubare vervoer  Sterk administratief  Sterk interpersoonlike vaardighede U kan u aansoek, vergesel van ‘n dekbrief en afskrif van ID dokument stuur per epos vir aandag: Robert Ellis, Posbus 482, Citrusdal 7340 Alternatiewelik kan u dit faks na 086 621 9113 of per e-pos na: robert@ccellars.co.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 10 Mei 2018 Let daarop dat slegs applikante wat aan die voorgenome vereistes en kwalifikasies voldoen se aansoeke oorweeg sal word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Sjef Vere by Bosch Luys Kloof

Vere Albertyn, tweede van links, saam met die personeel van Bosch Luys Kloof, Lizel van Wyk, Bruce Garvin, Christel de Wet en Benita Smuts. Vere Albertyn, oud-leerder van PHS, is pas terug in haar geboortedorp, Porterville, ná 'n jaar se ondervinding as sjef by Bosch Luys Kloof Reservaat, noord van die Groot Swartberge in die Seweweekspoort. In Jan Hendrik Coetzee se woorde in Buite Burger van 10 April 2018: "......waar die hemel en die hel grens op Bosch Luys Kloof...." Vere het die geleentheid vir 'n een jaar kontrak as sjef by hierdie vierster-restaurant gekry, en het dit met albei hande aangegryp. Benewens haar harde werk in die restaurant, was daar tyd om die omgewing se berge, klowe en passe te verken, baie wild en voëls te sien en die stilte en rustigheid in te drink. Die lewe van kos en restaurante gaan ook gepaard met die ontmoet van vele mense uit verskillende dele van die wêreld. Vere se verantwoordelikheid was die restaurant en daar kon sy bak en brou na hartelus. Aangesien die naaste inkopieplek ver is en gaste dikwels onaangekondig opdaag, moes sy meermale improviseer met wat daar is. Ook die tye wanneer die voertuig wat voorrade op Ladismith, 65 km ver, gaan haal sonder jou bestelling weg is, of met die verkeerde bestelling terugkom, moes sy planne maak. En die gaste? Hulle sit onverstoord en uitsien na drie maaltye per dag, want dis immers 'n vierster. Uitdagings soos gasstowe, gasgeysers, spankrag en satelliet telefone en bobbejane wat deur oop vensters en deure kom, en in oop vullisdromme krap, maak dat Vere met heimwee terugdink en haar dankbaarheid uitspreek teenoor Gerhard en Ans Rademeyer vir 'n onvergeetlike, lewensveranderende geleentheid. Vere beklee tans 'n bestuurderspos by Houwhoek Padstal en Koffiewinkel, 10km buite Grabouw.


7 I z a k & M o n i q u e

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

T r o u Izak Basson en Monique Terblanche is op 24 Maart te Napier getroud. Izak, ‘n boorling van Piketberg, is die seun van Marietjie Brits en wyle Eddie Basson. Monique se ouers, Jan en Alma Terblanche, is van Oudtshoorn. Foto: Leatitia Pure Light

022 913 1600 / 022 913 2075


8 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Tydens April 2018 het ‘n groep van 10 jeugdiges van Heist-op-den-Berg in België ons kom besoek as deel van ‘n jeuguitruilingsprogram met ons Stedeband. Hulle is vergesel van vier volwassenes en was by ons vanaf 30 Maart 2018 tot 12 April 2018. Hulle Hanlie Linde het tuisgegaan by gasouers in die Bergrivier Munisipale Area en ons bedank graag die ouers in Piketberg wat hul huise so gasvry oopgestel het. Dit is raakgesien en opreg waardeer. Vanaf 10 – 12 April 2018 het die jeugdiges ons vier hoërskole bygewoon en was drie jeugdiges in PHS en twee in Steynville Sekondêr. Baie dankie aan die Onderwysdepartement (Kring 2 – Sanet van Niekerk), die skoolhoofde, kontak-onderwysers (Jo-Anne Lubbe (PHS) en Eugene van der Merwe en Richard Erasmus (Steynville)) en natuurlik die gasjeugdiges. Julle het ‘n baie groot impak gemaak op ons gaste en hulle kan nie uitgepraat raak oor Suid-Afrika, Bergrivier, Piketberg en ons gasvryheid en vriendelikheid nie. Voorwaar ‘n span om op trots te wees!

Die groep jeugdiges tydens hul besoek aan die Waterfront. Foto’s verskaf Van die Munisipaliteit se kant af wil ek ook graag baie dankie sê aan ons Raad en spesifiek aan Alletta van Sittert, wat as Spanleier opgetree het, en Filicia Erasmus wat hard gewerk het agter die skerms saam met Marthe Daniels (student van Heist wat tans prakties doen in ons kantoor vir 4 maande). Julle het julle puik van julle taak gekwyt en ons is baie trots op die sukses van die eerste jeuguitruilingsprogram. In 2019 is dit Bergrivier Munisipaliteit se beurt om 10 jeugdiges saam te vat België toe en ons sal binne die volgende twee maande adverteer om belangstellende jeugdiges te nooi om aansoek te doen. Word solank lus en kyk uit vir die advertensie.

Nuutste feite rakende Piketberg se water-situasie

Drie van die jeugdiges van Heist het skoolgegaan by Hoërskool Piketberg tydens hulle besoek aan Bergrivier Munisipaliteit. Van links is Justien Vermeulen (Heist) saam met haar gasvrou Hanmari Marais (baie dankie aan Sean en Alta Parr), Thomas van den Venne (Heist) saam met sy gasheer Ravell Frans (baie dankie aan Frederick en Ursula Frans) en Lien van Campenhout saam met haar gasvrou Anné Rheeder (baie dankie aan Wessel en Suné Rheeder).

Sarah van den Heuvel Andreas Janssens (Heist), (Heist), links, saam met links, saam met sy haar gasvrou Zealke gasheer Hadley Thomas (baie dankie aan Henriette Kayster (baie dankie aan Christina Zoutman vir hul Thomas vir haar gasvryheid). gasvryheid).

Piketbergers het tydens Maart 2018 50,2% bespaar! Baie dankie! Dit help ons om dag zero so lank as moontlik uit te stel. Ons het ‘n Artikel 30A permit gekry vanaf Departement van Omgewingsake om die vloei van die Bergrivier op te gaar by ons inlaatpunt. Ons kon die Nasionale Departement van Waterwese oortuig om water vry te laat uit die Bergrivierdam in Franschhoek om die vlak van die Misverstanddam aan te vul en dag zero vir Bergrivier Munisipaliteit, Saldanhabaai Munisipaliteit en Swartland uit te stel. Die water is vrygelaat tussen 17 en 20 April 2018 en was 7 dae later by Misverstanddam. Die berekening is dat hierdie water behoort te hou tot middel Junie 2018. Spaar asseblief elke druppel wat u kan. Ons het in totaal vyf toetsboorgate gesink in Piketberg, waarvan twee water opgelewer het. Ons poog om hierdie water teen middel Mei 2018 in die waternetwerk te hê. Die kwaliteit van ons water is steeds uitstekend. U hoef nie gebottelde water te koop nie. Dag zero is ‘n bewegende teiken en kan verder uitgestel word. Dit is in ons hande. Elke druppel tel! Meld asseblief alle onwettige water verbruike en/of vermorsings aan by die volgende nommers: Piketberg - 0832723850; Porterville - 0832723853; Redelinghuys - 0832724130 en Eendekuil – 0832724137.


9


10

Kunste- en Handvlyt Vergadering

Graag nooi Piketberg VLV-tak almal uit na die volgende VLV Kunste- en Handvlyt-vergadering, op Donderdag 10 Mei 2018 om 09h00 vir 09h30 in die Biblioteeksaal. Die spreker is Andries Grobbelaar van A2 Interiors. Kom luister na interessante idees in verband met binnenshuise versiering, kleurbeginsels, en ander wenke. Die koste vir nie-lede is R30 vir tee en verversings. Die VLV-projek vir 2018 is Ruim Op/Clean Up! So indien u enige oortollige artikels/klere/tydskrifte in u kaste vind as u opruim, bring dit asseblief na die vergadering. Die bestuur sal dit bymekaar maak en dit versprei na skole en instansies waar dit nuttig gebruik kan word. Navrae : Nicoline Brown 082 477 0665.

Hemelvaartdiens en Biddag vir Seisoene Donderdag 10 Mei 7nm NG Kerk

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

deur Jannie Lategan

Mickey Anthony Met die oog op die orreluitvoering deur Mickey Anthony op Sondag 29 April, het Jannie vir Mickey gevra vir agtergrond inligting. Mickey skryf…

Ek het in 1953, op 10-jarige ouderdom, my debuut gemaak agter die orrel van my geboortedorp, Kenhardt, in die Noordweste waar my ouma aan moederskant orreliste was. Dit was met 'n huwelik en ek kon toe al die troumars speel. Die afgelope 45 jaar is ek ononderbroke orrelis van die NG Gemeente Bellville-Noord. Volgens die anale van die NG Kerk is ek die orrelis in die land wat die langste in een gemeente werksaam is. Ek het deur die jongste Jaarboek van die NG Kerk geblaai en op die gemeentelys wat daarin voorkom, afgekom en al die gemeentes in die Republiek en Namibië gemerk waar ek al op die orrels gespeel het. In die NG Kerk op 148 orrels, ook op die orrels van twee Gereformeerde kerke, 'n Hervormde Kerk, 'n Roomse Katedraal en ook op die orrels van die stadsale in Kaapstad, Durban en Pietermaritzburg. Mickey Anthony Bellville-Noord se orrel het drie manuale, 750 pype en die vervangswaarde van die orrel is R3 miljoen rand. Solank die gesondheid hou, sal ek maar voortspeel! Dit is en bly altyd 'n voorreg om op Piketberg se orrel met die pragtige klank in die ongelooflike mooi kerkgebou op te tree. Seker maar omdat 'n deel van 'n mens daar agtergebly het. Wanneer ek op die galery sit, sien ek in my geestesoog hoe my ouers by die sydeur inkom en in die tweede bank van agter gaan sit. Toe ek vir my ma sê ek gaan weer op Piketberg se orrel speel, het sy net gesê: "Ai, my kind, jy moet net nie nonsens aanja nie". Sien kennisgewing op p14 oor Mickey se orreluitvoering.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


11


12

Drug Bust

Tuinboulede leer oor Tokreen

On 8 April a roadblock was held in Piketberg on the N7. At about 16:10 a metallic charcoal Kia came with a high speed towards the roadblock, sped through the roadblock and headed towards direction Citrusdal. SAPS vehicle chased after the vehicle and pulled the vehicle off. Drugs were found on the N7 close to where the vehicle was stopped namely: 1 200 mandrax pills, 50 halves of mandrax pills, mandrax powder, and four big bags of Tik. Piketberg CAS 50/03/2018: A Dealing in Mandrax and Dealing in Tik docket was opened. Two susupects were arrested on the scene and taken to Piketberg SAPS. The two suspects appeared in court on 9 April. The case will be remanded for further investigation. The suspects will remain in custody. WO Lourens, Communication, Piketberg SAPS

By die Piketberg Blom– en Tuinbouklub se volgende vergadering leer hulle oor Tokreen. Tokreen is ’n wonderlike medium waarmee baie verskillende versierings en funksionele houers geskep kan word. Die vergadering is op Woensdag 2 Mei in die Biblioteeksaal. Verversings word bedien vanaf 9:00, vergadering begin 9:30. Onderwerp: ‘Gee jou kreatiewe sy vlerke met TOKREEN.’ Besoekers welkom, 'n besoekersfooi van R70 sal gevra word, sluit in verversings en die materiale benodig. Besoekers wat belangstel moet asseblief vir Katinka Morrison, 082 829 6918, laat weet sodat voorsiening gemaak kan word.

Moedersdag Sondag 13 Mei

LHL Stoffering Henry Roberts 078 789 0715 Culemborgstraat 13, Piketberg stasie Henry Roberts by 'n sitkamerstoel, gestroop tot op die hout. Voordat jy jou ou papgesitte, gunsteling meubelstuk op die ashoop wil gooi, bring dit vir Henry by LHL Stoffering. Daar wag 'n nuwe lewe en nog jare se diens.

Die Piketberg Blom– en Tuinblouklub het onlangs die plaas Vyevlei van die megaboer CJ Neethling en sy vrou, Amanda, besoek. Hulle het op 'n baie leersame en interessante toer deur die melkery en die res van die plaas gegaan.

20 Jaar Gelede - Mei 1998 Voorblad: Minister N Koornhof besoek PHS tydens die dinee vir hoofleiers van omliggende skole. Vyf geestelike leiers uit Mosambiek besoek die NG gemeente. Piketberg en Eendekuil span saam om vir die 27 teologiese studente van Vila Ulongue skryfbehoeftes te stuur. GOR (Geïntegreerde Ontwikkelings Raamwerk) vergader in Piketberg ten einde die gemeenskap inspraak te gee in die bestuur van die Munisipaliteit. Die niggies, Sybil en Isa Eksteen, is opgeneem in die Boland netbalspanne vir O/19 en O/16. Kraalmis te koop @ R3 per sak. Gratis aflewering. Dr Org Pienaar en sy vrou, Monica en klein Lushano, kom vestig hulle in Piketberg. Bonnita Eendekuil sê tot siens aan Gert Nieuwoudt en Koos Smit. Die ACVV verkoop kaartjies vir Vadersdag wegneemetes op 21 Junie. Patricia Lewis besoek Piketberg. PHS hou PKKK - Kontinentale Kos Karnaval.

Tuinboulede het die Growing Paper fabriek buite Malmesbury besoek om te sien hoe papier en kaartjies gemaak word uit afvalpapier. Die nuutgemaakte papier het 'n besonderse tekstuur en is baie spesiaal as gevolg van die kruie- en blomsaadjies wat as deel van die papier verwerk word. As jy jou kaartjie of briefie klaar gelees het, kan jy dit plant en sal jy vir maande of jare daarna herinner word aan die kaartjie of briefie wat jy ontvang het. Foto’s verskaf


13


14

Tien doen Belydenisaflegging

BERGRIVIER OUTREACH

Marelize Myburgh, Anke Schreuder, Hanri van Zyl, Carina Brandt, Dewald van Deventer, Ettienne Geldenhuys, Kristin Lochner, Chené Brits, Elize Visser en Gretha Vlok het op 15 April Belydenis van Geloof afgelê in die NG Kerk Piketberg. Foto: Marietha Goosen

Orreluitvoering 29 April

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Die baie bekende Mickey Anthony, oud Piketberger, meester improviseerder en talentvolle Orrelis tree op Sondag 29 April 2018 in die NG Kerk Piketberg op. Hy sal vanaf 9vm ‘n orreluitvoering gee en sal ook die begeleiding tydens die erediens waarneem. Almal is baie welkom.


15


16

MEDIESE PRAKTISYNS

Mnr en Mej PHS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Mnr PHS, Dewald van Deventer en Mej PHS, Mílah Baard. Foto: Rina Engelbrecht


17


18

Op die rakke van die Biblioteek A Story of an African Farm

Deur Olive Schreiner Die boek is geskryf deur Olive Emilie Albertina Schreiner, gebore op 24 Maart 1855 in die ou Lesotho. Haar ma sorg vir haar emosionele asook skolastiese opvoeding. Op ‘n stadium bly sy by haar broer wat dan ook vir haar die geleentheid gee om skool te gaan. Sy wou graag ‘n dokter word, maar dit was nie moontlik nie. Sy tree Bespreking deur dan ook op as goewernante by Elsabe Louw verskeie boerfamilies. Sy ly aan asma wat haar opkeil. Sy is ‘n vrydenker, afkerig van die Evangelie as sulks en beywer haar vir die stemreg vir vroue en is ook betrokke om kapsie te maak teen die Boere-oorlog, al word dit nie so genoem nie. Sy maak vriende met Emily Hobhouse. Sy was ook verloof, maar verbreek dit omdat die man haar sou oorheers. Sy trou uiteindelik met Samuel Cronwright ‘n boer. Hulle het ‘n dogtertjie wat net na geboorte sterf. Sy was tweemaal na Engeland. Na die tweede keer, keer sy terug en sterf in ‘n losieshuis in Wynberg op 11 Desember 1920. Na haar man se dood word sy, haar baba en haar hond opgegrawe en herbegrawe op ‘n heuwel in die distrik van Cradock. Die boek is ‘n weerspieëling van haar eie lewe. Die karakters in die boek is Tant Sannie, ‘n stoere boere-

tannie. Sy is die hoof van die huis wat sy geërf het van die Engelsman sodat sy kan sorg vir sy dogter, Lyndall. Volgens hom moet sy onderrig word, maar tant Sannie glo nie daarin nie. Em is Lyndall se niggie. Sy is ‘n onderdanige vrou. Otto Farber, ‘n Duitser, bestuur die plaas. Sy seun, Waldo, pas die skape en beeste op. Bonaparte Blenkins is ‘n rondloper wat hom inwurm by almal. Aangesien hy Engels was, is Tant Sannie nie tot hom geneë nie, maar hy beïndruk haar, want hy hou dan so goed kerk! Lyndall sien dwarsdeur hom. Hy hou vir die twee meisies skool, maar Lyndall loop uit die klas. Hy teister vir Otto Farber en beïnvloed tant Sannie om hom weg te jaag. Voor hy kon padgee, is hy dood aan sy hart. Hy is ‘n sadis en bewerk ook vir Otto. Dié gee ook pad. Tant Sannie sien vir Bonaparte wat sukkel om met Trana, ‘n familielid, te vry en jaag hom weg. Daarna kom Gregory Rose as bestuurder werk. Hy wil met Em trou, maar nadat Lyndall terugkom, verloor hy sy hart op haar. Em verbreek die verlowing. Lyndall gee pad van die plaas, sy kry ‘n saamblymaat met wie sy weier om te trou. Sy wil nie oorheers word nie. Sy kom terug plaas toe en vertel vir Gregory dat sy met hom sal trou, maar aanvaar net sy van. Sy verwag toe alreeds en verdwyn een nag saam met haar vryer. Op ‘n stadium gee sy geboorte aan ‘n dogtertjie wat sterf na geboorte. Sy treur erg oor die kind. Gregory besluit dat hy haar gaan soek en op ‘n slinkse manier kry hy toegang waar sy in ‘n hotel op haar sterfbed lê. Hy versorg haar en stem in om haar plaas toe te bring. Sy sterf langs die pad. Gregory gaan ook terug plaas toe. Die enigste brief wat Lyndall ooit vir hom geskryf het, was om hom opdrag te gee om met Em te trou. Waldo keer ook terug plaas toe en stort sy hart in ‘n brief aan Lyndall uit. Em vertel hom dat Lyndall dood is. Op ‘n dag sit hy in die skaduwee met sy hoed oor sy oë. Hy word nooit weer wakker nie. Tant Sannie trou met ‘n onbeduidende man en lê weer besoek af op die plaas. Hulle het ‘n baba. Op ‘n dag sien sy vir Bonaparte Blenkins in die kerk. Hy het toe sy ryk weduwee gekry. Toe hy tant Sannie gewaar, vat hul die pad. Die storie word beskou as Olive Schreiner se eie lewensverhaal. Sy het haar ideale, maar gegewe die tyd is dit onmoontlik om dit uit te leef.

Pinkster - NG Kerk Piketberg

13 Mei 09:30; 14 - 18 Mei om 19:00; 20 Mei 09:30 Openbaring: In die tyd tussen hemelvaart en wederkoms...; en in die ruimte tussen hemel en aarde... woed die stryd! Duidelik is dit Wie wen!

Kinderpinkster Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

11 Mei 13 Julie 14 September 9 November

Die kerk WerkWêreldWyd

Kry jou paspoort reg en kom reis saam en wees deel van die kerk wat WêreldWydWerk. Kontak Marietha Goosen 083 654 3170 vir 'n paspoort wat geldig is vir die week van 14 - 17 Mei. Van 3jaar oud tot graad 7.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 BRANDWEER - 079 349 8619 VERKEER - 083 272 4126


19

SPS skenk aan ACVV

As deel van Steynville Primêre Skool se 50-jarige bestaansjaar, is toiletware ingesamel en aan verdienstelike organisasies geskenk. Michael Booyse ontvang namens Bergrivier Motivated Women, Marietha Goosen, namens ACVV en Irene PickardBaron namens Badisa. Die twee leerders is die hoofmeisie en die hoofseun. Berig en foto’s: Lucille van Louw

PHS 100% Skoon

Op 16 April het SAPD Hoërskool Piketberg besoek. Geen dwelms is deur hul pragtige slim opspoorhond gevind by ENIGE PHS leerders nie. PHS is trots om hande te vat met SAPD Piketberg,’n Polisiemag om op trots te wees. Quinton Engelbrecht, skoolhoof, Foto’s: Rina Engelbrecht

en Kaptein Victor Hunt van Piketberg SAPD.

12 Mei

Piketberg vs Schoonspruit

Moedersdag is Spesiaal…….Moedersdag bly spesiaal!

Christo en Linda 022 913 3326 oregonandmore@telkomsa.net

Langstraat 59, Piketberg - oorkant Agrimark


20 Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.

Te Koop

Beesbiltong te koop heel of gekerf @R240/kg Beesdroëwors @R210/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz Parys, Frankryk. Die stad van liefde het al my verwagtinge oortref en nog meer. Ons het besluit om saam met ‘n groep te gaan, Wanderlust Student Trips. Die ag ure se busrit na Parys was heel opwindend, want vinnig het ek en my groep vriendinne ander Suid-Afrikaners raakgeloop wat op dieselfde reis gaan. Al was ons almal pootuit het ons Parys behoorlik besoek. By ons aankoms het ons ingeboek by die Hotel en dadelik die stad van liefde ingevaar. Die bekende Eiffel Tower kon ek sien van uit my hotel kamervenster. Op dag een het ons die bekende ontwerper Louis Vuitton besoek en ook ‘n oog gaan gooi by die Arc de Triomphe. Die volgende dag is begin in Starbucks om ons dag se verrigtinge te beplan. Montmarte was eerste op ons lys, daarna die bekende Mona Lisa skildery in die Louvre museum. Daar is ook die Notre Dame katedraal wat ‘n ongelooflike landmerk is om te besoek. Jy mag nooit Parys verlaat sonder dat jy die Lockbridge en die Eiffel Tower gaan besoek het nie. Ons het ons besoek in Parys op ‘n baie hoë noot geëindig. Die aand het ons onder die Eiffel tower gaan sit en eet en skielik begin flikker die toring se liggies. Dit was een van die mooiste gesigte ooit. Parys is een van die plekke wat kunste werklik waardeer en die ontwerp van die geboue is ongelooflik mooi. Die atmosfeer kan eenvoudig net nie beskryf word nie. Buiten my rondreis lewe het ek ook my lewe in Nederland. Ek kan vir die eerste keer in drie maande met ‘n kortmou hemp buite rondloop. Die Nederlanders is oor son soos wat die Kapenaars is oor reën. Volgende reis beplan ons om drie lande te besoek, maar vir nou moet ek leer vir my Taal eksamen wat voorlê. “Reizen heeft de neiging om alle menselijke emoties te vergroten”.


21


22


23

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


24 Eendekuilers vier Paasfees deur dankie te sê

NG Kerk Eendekuil hou Familiefees

Op Dinsdag 21 Maart het Laerskool Eendekuil en die speelskooltjie ‘n vroeë Paasfees gevier deur Bybel te lees en na die Paasverhaal te gaan luister by die drie mooi wit kruise van die NG Kerk. Daarna het hulle aktiwiteite gedoen wat op Paasfees betrekking het. Dit was ‘n baie spesiale oggend. Op 22 Maart het Laerskool Eendekuil ‘n dankie-sê oggend gehou. Ons het almal genooi wat ‘n bydrae gemaak het vir die skool of wat op een of ander manier gehelp het om die skool, wat sy deure weer op 17 Januarie geopen het, ‘n werklikheid te maak. Die leerders het self die kaartjies gemaak en kolwyntjies versier. Dit was ‘n heerlike geleentheid. By Laerskool Eendekuil leer ons, sing ons, doen ons kuns en musiek en berei ons onsself voor vir die toekoms. Kom maak gerus ‘n draai.

Lydia le Roux vir Vrouebediening, NG gemeente Eendekuil, skryf... Die joligheid het al vroegoggend begin met stap en fietsry, en die pannekoekspan reeds volstoom aan die gang om elke dapper stapper en trapper met ‘n pannekoek te beloon. Teen 10:00 word die basaar amptelik deur ds. Gert Kok geopen. Baie dankie aan almal in ons wyke wat hard gewerk en bygedra het, die tafels was oorlopensvol. Ons waardeer veral die baie besoekers vanuit ons buurdorpe, dit was ‘n voorreg om julle by ons te hê en ons glo julle het lekker saam gekuier! Ons maak volgende jaar weer só.

Paasfees by die kruise

By Antoinette Kok is leerders van Laerskool Eendekuil, Jana Schoeman, Hanro van Vuuren, Christiaan de Waal en Nina van Bosch. Foto’s verskaf

Foto’s: Lydia le Roux


25


26

Tony Stoops kies sewe van PHS

Buurskool SA se Nr 3 in 2Kamp Einde Maart het Laerskool Olifantsvallei op Citrusdal aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp byeenkoms te Pretoria deelgeneem. Dieter Naudé as individu het puik presteer (sien foto). Laerskool Olifantsvallei is ook aangewys as die derde beste Tweekamp Laerskool in SuidAfrika. Hulle afrigter is Petronel Burger, die dogter van Japie en Magda le Roux van Piketberg.

Sewe van PHS se Eerstespan rugbyseuns is gekies vir die Tony Stoops span wat September na Frankryk toer: Dewald van Deventer, Louis Bester, Lorenzo Fouché, Nicol van den Heever, Kobus Brand, MartinLouis Saayman en Hennie van Zyl (ongelukkig afwesig weens ‘n motorongeluk). Foto: Rina Engelbrecht

PHS se Kanon op TV Suzette van der Westhuizen, hulp afrigter, en Petronel (Le Roux) Burger, Dieter Naudé 0/9 SA Kamafrigter van die Laerpioen, verbeter die Interskool Olifantsvallei nasionaleasook die SuidTweekampspan. Afrikaanse rekord. Hy is aangewys as die Junior Foto’s verskaf Victor Ludorum tydens die SA's te Pretoria.

Op Sondag 15 April het KykNET se aktualiteitspan van die program ‘Ons Kamp’ ons pragtige skool en dorp gekies vir hul skattejag-spanne. Die program sal moontlik op 20 Mei uitgesaai word. Hier oorhandig Quinton Engelbrecht, skoolhoof die nuwe leidraad aan die Rooispan, voorlopers op daardie stadium. Die vraag het gehandel oor die Kanon voor die skool. Foto: Rina Engelbrecht

Kursus vir PHS Clicks Oudtshoorn Boland Interprovinsiale byeenkoms

PHS CLICKS het ‘n tweede kort fotografie kursus deurloop oor sport-aksiefotos, aangebied deur Rina Engelbrecht.

Laerskool Olifantsvallei se span by die SA’s.


27


28

Sharena Baadjies oorhandig SUPERSPAR Boland se skenking broodrolletjies aan Perseval Williams ter ondersteuning van die fondsinsamelingsprojek van die VGK Gemeente in Porterville.

SUPERSPAR Boland skenk motiveringspakkies aan skole en kleuterskole

Juffrou Marili Koch PHS Gr R

Laurette Burger Trippe Trappe Kleuterskool

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mei 2018  

Die Piketberger Mei 2018  

Advertisement