Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Gesogte Beurs vir Harry Die UNISA Hennie Joubert Beurs vir Musiek is toegeken aan Harry Roux vir verlede jaar se Gr 4teoriepunt van 98%. Slegs die twee beste presteerders in die land ontvang beurse. Musiek is een van Harry se Matriekvakke. Harry is vanjaar Hoofseun van PHS en ‘n uitblinker op akademiese- en sportgebied. Hy het ook Die Burger se Jeugleierskonferensie einde 2016 bygewoon. Foto verskaf

SA Kleure vir Bendert…p25

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...pp 4,5 Storie-oggend...p6 Graadfoto’s...p7 Helma se nasate doop...p9 Kook met Quentin...p12 Tops en Tags...p15 Belydenisaflegging...p20 Museum nuus….p22 Nuwe Skoolhoof….p23 Epic vir Stephans...p25 SA Kleure vir Bendert...p25 Hanekoms besoek….p26 Gimnaste blink uit...p28


2

Redaksioneel Fees van Families Een ding is opvallend by die deurblaai van dié maand se koerant en dit is die feestelikheid wat heers waar families bymekaar is. Dit lyk my oral is fees gevier, by troues, gradeplegtighede en dope, sportprestasies, reünies en kuiers. Gedurende die skoolvakansie het ek ‘n oënskynlik gewone bestaan gevoer met niks opspraakwekkends nie…….of so het ek gedink……Ek het van die een familiefees na die ander gegaan, met Paasfees, Opstandingsfees, Doopfees, Bruilofsfees. En waar die biologiese familie ontbreek het, was my kerkfamilie daar. Ongeag die plek, ek is altyd gekoester.

Liefde Marietha

Merk Jou Dagboek Vrydag 26 Mei - NG Kerksaal Weskus Jeugorkes olv Carina Brown Bergrivierkoor tree ook op. Die Weskus Jeugorkes gaan in Julie oorsee toer en speel hul oorsese repertoire. Johan du Toit van PHS is ‘n lid van die Weskus Jeugorkes. Sien volledige berig op p23

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Jack van Renen skryf… Ek wil net vir almal sê, baie dankie vir jul beter wense, voorspoed en spoedige herstel wat ek van almal hier in Piketberg ontvang het. Die beroerte het my sleg en onverwags gevang, maar met die Man van Bo se hulp en al die Gebede is ek weer aan die werk. Ja ek moet byvoeg met Tammy du Preez se fisio vorder ek goed! Nogmaals dankie aan ieder en elk.

Boekstalletjie Sluit na 10jaar (B22) Marius Carstens skryf… Ek wil hiermee aan al my getroue lesers dankie sê vir al die ondersteuning die afgelope 10 jaar. Dit was ‘n plesier om met almal van julle die boeke te kon deel en te verkoop. Opregte dankie aan al my dierbare stalletjiehouers vir julle warm hartlikheid, liefde, vriendskap, respek en vertroue. Aan alle lesers, veral jong lesers, net die volgende: moet nooit ophou lees nie, lees is suurstof vir jou brein en siel. Nogmaals dankie. Annette van Tonder skryf…. Dit was vir my ‘n emosiebelaaide voorreg om Sondag 22 Januarie, ds Johan Jacobs se hartroerende afskeidspreek op Aurora by te woon. Maar hoe spreek ‘n mens in genoeg woorde jou dank uit teenoor Ds en Mev Jacobs wat deur ‘n seisoene-reis van 33 jaar, my betroubare mentors en mede reisgenote was deur elke eb en flo? Wat altyd daar was met elke Somerkoelte en soveel geestelike kleur en vertroosting in my Herfstye, wanneer baie blare met seerkry grond toe geval het? Wat tydens my Winterstorms my omring het met soveel liefde en omgee-warmte; wat saam met my elke Lente se nuwe botsels en bloeisels-weer as nuwe uitdagings en moontlikhede aanskou het? Hulle het diep spore getrap; dinge van ewigheidswaarde gedoen, wat deur geen natuur elemente uitgewis kan word nie. Afskeid is nooit maklik nie, maar ek gee aan hulle die “padkos-advies” wat my dogter, Esmé Hanekom, vir my gegee het. Sy was slegs 4 jaar oud, toe nog op kleuterskool, toe ek vir haar ‘n trui gebrei het met die woorde HALLO op die voorpant en GOOD BYE op die agterpant. Toe sy een more daardie trui andersom aantrek, met HALLO agter die rug en ek haar daarna uitvra, sê sy met suiwer kinderlike logika: “As ek nou wegstap, sê ek vir almal agter my hallo, dan is dit mos nie so seer nie. Dis mos agter wat tel, nie voor nie!” (Ja, trek maar gerus meer dikwels daardie trui anders om aan!) Ons wens die Jacobs egpaar seën en voorspoed toe: hulle verdien daardie vyfde seisoen en die “leisels afgee”. Mag hul die aftreereis met blydskap voortsit, en die gebed van Moses vir Aurora gemeenskap nalaat: “Hou die werke van ons hande in stand, ja, hou dit in stand” (Ps 90:17) Weskus Jeugorkes saam met Bergrivierkoor Vrydag 26 Mei in kerksaal


3


4

Willem en Cadi-Lee

Willem en Cadi-Lee Vercuiel is op 8 April te Noupoort Mountain Estate, Piket-Bo-Berg getroud. Foto: Organictales Photography, Landi Groenewald

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Junie 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 Mei 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Rossouws Trou op Bridgetown Deon Rossouw en Lizanne Visser het op 17 April op Bridgetown buite Moorreesburg getrou. Lizanne het vir baie jare as Ma Baker, die kosma, bekendgestaan by skoolverwisselingskampe op Bridgetown. By hulle is Leandie van Rooyen. Foto: Lee-Ann van Rooyen

Nico en Chrizaan trou

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Nico en Chrizaan Kotze se huweliksfees was op 8 April in De Berge Gastehuis. Foto: Natasha Cilliers


5

Stop, Wimpie is getroud

Bothabruilof

Wimpie en Mariana de Jager is op 25 Maart te Wolwekuil, Piketberg getroud. Foto: Maryna van Rooyen van MvRYourMoment

Erlank en Nadia

Johan Botha en Leann Breunissen is op 1 April te Morgansvlei Landgoed, Tulbagh getroud. Foto: Nikolai Polzenhagen Photography

Kinna Rossouw se Troudag

Erlank van Zyl van Citrusdal en Nadia Burger van Piketberg is op 25 Maart in Citrusdal getroud. Foto: Mariska Muller

Kinna Rossouw, oorspronklik van Piketberg, is op 4 Maart getroud met Boesman Hugo. Die seremonie en onthaal was by Kliplapa naby Robertson. Foto: Vanessa de Villiers


6

Storie-oggend 'n Storie-oggend is deur die Museum en die Biblioteek aangebied. Sang deur Uleuque Ockhuis en Annetia Calitz en voorlesings deur Sandra van Wyk en Hanlie Richter het die vertellings deur Retha Calitz en Grace Basson voorafgegaan. Marié Ehlers lees uittreksels uit onderhoude met senior inwoners voor, wat 'n jaar gelede deur PHS-leerders gedoen is. Foto's: Marietha Goosen

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Nuwe Wintersvoorraad Beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


7

Oud-skoliere Presteer aan US

Stephan Breunissen het Wynand Smit het sy BCom sy BRekeningkunde graad verwerf aan die graad verwerf aan die Universiteit Stellenbosch. Universiteit Stellenbosch. Foto verskaf Foto verskaf

Hanje Mostert het haar BA Geesteswetenskappe graad verwerf aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is tans besig met ‘n Nasionale Onderwys Sertifikaat (Sielkunde, Geografie en Xhosa). Foto verskaf

Philip Jankielsohn het sy BA Ontwikkeling en Omgewing graad verwerf aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is tans besig met sy Honneursgraad. Foto verskaf

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Van Trippe Trappe tot Nou

Lilani Dippenaar en Junanri Richter het hul BEd Grondslagfase grade met Cum Laude verwerf aan CPUT, Wellington kampus. Hierdie twee se skooltreetjies het saam begin by Trippe Trappe Kleuterskool. Lilani is verbonde aan Diazville Primêr, Saldanha en Junanri aan John Crawford Primêre Skool op Beaufort-Wes.


8

Marieta se vier geslagte

Marieta Nel van Piketberg, regs, by haar seun, George Nel van Pretoria, links, haar kleindogter, Amoré Kwant van Randburg met agterkleindogter, Peyton. Die foto is geneem terwyl die familie byeen was vir Peyton se inseëning. Foto: Soreen Gouws

Elsabé Smith se “Drieling”

Elsabé Smith het op 23 April die Geloofsbelydenisgeleentheid van haar drie oudste kleinkinders bygewoon. Christof en Micaela van Petrie en Marina, foto heel bo, en Corné van Charl en Anne-Marié, foto onder, is ook saam gedoop op 7 Maart 1999. Foto: Soreen Gouws ACVV se Tillies Teewinkel is elke Vrydag oop gedurende skoolkwartale 8:00-12:00 by die ACVV-kantoor in Tillalaan


9

VOERTUIE GESOEK!

Helma se nasate gedoop

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: w.jakes@gmail.com

Helma Kotze se seun, Johan en dogter, Stephanie het op 9 April hulle eerstelinge, Ainoa en Hendrik, in Piketberg se NG Kerk laat doop. Johan en sy vrou, Sarah, woon in St Gallen, Switserland, en Stephanie en haar man, Hennie, woon in Guangzhou, China. Die oudste seun, Gerrit, sy vrou, Marelize en vier kinders, Charle, Helena, Hannelie en Johan, was ook vanaf Secunda by die doop. Jacques en Sue met hulle kinders, Alexa en Jacques, woon in Hampton, Londen. Die feestelikheid het ook saamgeval met ‘n Kotze familiefees wat die vorige naweek op Platkloof gehou is. Sien die doopfamilie onder.

5 MEI Your security Our priority

Siphenkosi

Your security Our priority Gerrit en Marelize Kotze en kinders by Helma.

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices)

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Contact for free quote. Cell: 076 321 5434 Email: siphenkosip@telkomsa.net

Sarah, Johan Kotze en Ainoa, Helma Kotze, Stephanie, Hennie en Hendrik Meeding. Foto’s: Marietha Goosen


10


11


12

Kook met Quentin Wintertyd is om die draai en almal soek ‘n peuselhappie vir die koue aande. Hier is ‘n maklike patee wat gemaak kan word en gevries kan word tot wanneer jy dit benodig.

Hoenderlewer Patee/Paté 500g hoenderlewers, skoongemaak; 100g botter; 1 gekapte ui; 1 Granny Smith appel, gekap; Paar takkies vars tiemie; sout/peper; 2 knoffelhuisies, fyngekap; 10 ml mosterdpoeier; 125ml room; 50ml brandewyn of sjerrie; 50g droëvrugte, opgekap Metode: Verhit ‘n pan met die botter op die stoof. Sodra die pan warm is voeg die ui en knoffel by en braai tot gekleur, maar nie gebrand. Voeg die lewertjies by en roerbraai tot deeglik gekook. Voeg die gekapte appel, droëvrugte en tiemie by en meng deeglik. Voeg mosterdpoeier en brandewyn of sjerrie by. Roer deeglik en geur na smaak met sout en peper. Voeg ‘n klein bietjie room daarby en laat dit ‘n klein bietjie afkoel (±5min) sodat al die geure kan saamtrek. Plaas in ‘n voedselverwerker of gebruik ‘n hand voedselverwerker. Maak seker die patee is deeglik verwerk. Skep dit uit in ‘n houer. Dit kan gevries word en uitgehaal word wanneer jy dit nodig kry. Bedien die patee met vars gebakte brood, rolletjies of enige ander beskuitjies. Dit is ‘n goeie voorgereg vir funksies of as ‘n peuselhappie vir funksies of wanneer jy ‘n broodjie voor die televisie wil geniet. Bedien met rooi ui kompot vir die beste resultaat.

20 Jaar Gelede - Mei 1997 Voorblad: Jaco Smit tree namens Unifruco as gasspreker op by ‘n internasionale kongres in Duitsland. Die skrywer, Sannie Wiese, gesels by die Leeskring oor haar boek, Engele om ons. Ouers, personeel en leerlinge van PHS het ‘n Operasie Skoolskoonmaak aangepak. Almal het in hulle oudste klere opgedaag. Die bergsaal van die NG Kerk Piketberg is verkoop aan Mev Cornelissen. Sestien predikante en proponente was teenwoordig op 19 April toe prop Goosen georden en bevestig is met handoplegging. Akademiese erekleure word toegeken aan Nicolette Huysamen, Sybil Eksteen, Yolande Vercuiel en Lizaan Anthonissen. Beginners TrimGim klasse by 4’s Gym, bokant Van Niekerk en Krupp. ‘n MTN Zebra Classic Gholfdag is by Piketberg Gholfdag aangebied.

Moedersdag Sondag 14 Mei

deur Jannie Lategan

Lewenssiklusse Dit is interessant om daaraan te dink dat ons lewe in siklusse gelewe word. Dit geld vir al die vlakke van die menslike bestaan. Die oopsluit van die dag deur die ontwakende son en die ondergaan daarvan is in ‘n siklus vasgevang . Die eb en vloed gety van die see gebeur ook op vaste reëlmaat. Daar is haas niks wat die natuurwetenskaplike of kernfisikus kan doen om hierdie siklusse te kan keer of anders te laat plaas vind nie.Die vaste wisseling in die natuur vind plaas van somer, herfs,winter en lente. Hierdie patroon maak dat die mens reeds weet wanneer dit tyd is om te ploeg, plant en oes.Die kwaliteit van die opbrengs van die oes kan welliswaar wetenskaplik gemanipuleer word, maar die reënval vind wel plaas op ‘n vaste seisonale basis en die hoeveelheid reën wat gaan val kan nie juis suksesvol deur die menslike ingrype verander word nie. Die mens bly slegs ‘n magtelose toeskouer van hoe die siklus in die natuur hom uitleef en staan dikwels verwonderd as daar byvoorbeeld ‘n oormaat reën val waarvoor daar nie voorsien was nie. In die lewe van die mens is daar die vaste patroon van geboorte tot sterfdag en wynige bogemiddelde mediese versorging en medikasie, kan straks soms die lewenssiklus verleng. Die reis van die lewe het sy opdraandes en afdraandes, sy geluk en sy ongeluk, maar dit word dikwels deur die mens self aan sy eie lewe gedoen binne hierdie bepaalde siklus. In die sonnestelsel en hemelruim is daar die wenteling van die hemelliggame wat volgens ‘n vaste patroon verloop, behalwe as daar op ’n onverklaarbare wyse deur die natuur ingegryp word en ‘n ster verskiet en ‘n meteoriet tref die aarde. Daar is die vaste patroon van dae, maande en jare wat afgemeet is in bepaalde lengtes en tyd. Alles gebeur binne ‘n goed gestruktureerde stelsel wat bestuur word. Eeue kom en gaan in meervoude van tien. Die kerk het sy bepaalde struktuur waarvolgens daar in ‘n siklus geleef, gebid, geglo en kerkgang beoefen word. Alles straks deur die mens so bewerk, maar agter dit alles is daar steeds die patroon waarbinne die kerk bestaan en leef. Die seisoene in die kerk spreek van ‘n instelling wat kerkgang laat plaasvind, nagmaal beleef, die sterwe en opstanding van Christus gedenk en fees kan vier met die geboorte van die Christuskind. Kan ons onsself nog sien as slegs onbeholpe toeskouers en ons maak nie regtig of ons van die bestaan van siklusse weet nie. Die natuur en die dier in die veld spreek boekdele oor hulle vaste lewensstyl en die oorlewing van koue, hitte en droogte word op bomenslike manier deur hulle manier oorleef. Ja die swaeltjie ken sy tuiskoms tyd en sy vertrek tye….op ‘n manier ingegraveer in sy lewensbestaan of siklus! Is ons straks uit pas? Gaan dan na die by en sien hoe hy sy soetste stroop maak binne ‘n bepaalde seisoen.

6 en 7 Mei Riebeek Vallei


13


14


15 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... As jy die Munisipale Bestuurder van Bergrivier was, wat sou jy wou verander in ons dorp? As daar nou 1, 3 of duisende gedagtes in jou kop opkom het ek baie goeie nuus! Ons is tans in ‘n vensterperiode van ons strategiese proses en ons strategiese Hanlie Linde planne is oop vir publieke kommentaar tot 5 Mei 2017. Enige persoon kan enige skriftelike kommentaar lewer en e-pos aan mm@bergmun.org.za of per hand afgee by ons ontvangs in Piketberg. Ons wag vir jou briljante idees. Jy kan al die dokumente kry op ons webwerf by www.bergmun.org.za Klik op “documents” (met pyl aangedui op foto) en kyk uit vir Integrated Development Plans op die tweede skerm onder “documents”. Kies hierdie opsie en kyk uit vir Draft IDP 2017 – 2022 (11de dokument van bo af). So gepraat van ons webwerf: Bergrivier Munisipaliteit het baie moeite gedoen die afgelope ses maande om ons webwerf baie meer gebruikersvriendelik te maak en gereeld op te dateer. Daar kan jy alle inligting kry oor ons en ook sien watter poste geadverteer word, watter dokumente oop is vir publieke kommentaar, wie is wie en hoe hulle lyk en vele meer. Besoek ons webwerf gerus. Indien jy nie self internet toegang het tuis nie, kan jy by enige van die 13 biblioteke in ons area die gratis internet en rekenaars kom gebruik. Hieronder is ‘n kykie na die tuisblad van ons webwerf. Ons sien jou aanlyn!

Troue na 20jr soos Reünie

Toe Lizanne Visser op 17 April trou, was dit soos om reünie te hou met haar matriekmaats, na 20 jaar. Hier is sy saam met Jaco Louw, Nico Vercuiel, Bertus Hitchcock en Rossouw van Niekerk. Dis darem nie die eerste keer dat hulle mekaar sien nie, maar hierdie was sommer ‘n feestelike geleentheid. Foto: Marietha Goosen

Coenie Tops en Tags Man Coenie Smit het die insameling en verwerking van plastiese bottelproppies en broodtags oorgeneem by Teresa van Niekerk. Al die vorige rolspelers is steeds by die projek vir rolstoele betrokke, dus kan almal net voortgaan om alle plastiekproppies af te gee by die kerkkantoor, biblioteek, Teresa of Coenie. Coenie se kontaknr is 083 708 1525. By Coenie is sy twee kleinkinders, Duané en Isabel. Foto: Marietha Goosen

Ploegdag 2017 Swartland Veterane Klub bied aan ''PLOEGDAG 2017" op 22 Julie 2017 te Moreson Plaas N7, Malmesbury. Kom geniet die dag saam met ons en sien hoe antieke trekkers ploeg soos in toeka se dae. Hope stalletjies, tradisionele etes en eetgoed, moerkoffie gebrou soos in ouma se tyd ens. Die Heritage Groep gaan die dag by ons aansluit met hul 2de wereld oorlog voertuie, uitrustings ens.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Toegang: Volwassenes R50 en kinders R10. Kontant kroeg beskikbaar en boeremusiek orkes. Skakel Linda vir inligting of om stalletjie te bespreek by 084 8877 843


16


17


18

ten bate van Huis A.J. Liebenberg, Piketberg Waar: De Hoek Gholfbaan Wanneer: Saterdag 13 Mei 2017 Koste: Beginners R100 (9 putjies) Gholfers R200 (18 putjies) Afslaantyd: 08h00 Beginners 11h00 Gholfers (Die spel is ´n 4Ball Alliance Prefer Drive-4 persone speel saam) Inskrywings: Annarie Coetzee 083 360 4772 / 022 913 2479


19


20

Belydenis van Geloof NG Kerk

Katkisante wat op 23 April Geloofsbelydenis afgelê het in die NG Kerk is hier saam met ds Martin Goosen: Agter is Micaela Smith, Anine de Jager, Jac Goosen, Nicki van der Westhuizen, Wian Coetzee, Piet Liebenberg, Anicia van Rooyen, Lain-Mari van den Heever, Janét Stander, Andrea Visser, Nicola Coetzee, Carina Smit en voor Pieter Grundlingh, Christof Smith, Corné Smith, Annetia Calitz en Frikkie Carstens. Foto: Soreen Gouws

Huis van Heerde Kinderhuis Insameling gedurende Mei - kontak Marina Grobbelaar 082 865 9783

Badisa benodig mansklere groottes 30-34, kinder wintersklere en skoene, leë yoghurt-, margarine-, of roomysbakke vir die sopprojek en mense om 1x per maand 5 liter sop te kook vanaf Mei tot September - 022 913 2545

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Betroubare verwysings beskikbaar

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164 e-pos: hszzbb@hotmail.com


21


22


23

Nuwe Skoolhoof vir Steynville

Weskus Jeugorkes se Europese Toer Die Weskus Jeugorkes (WCYO) is baie opgewonde oor die opkomende Europese Toer 5-17 Julie. WCYO neem deel aan die International Youth Music Festival & Competition, 6-9 Julie, in Bratislava, Slowakye. WCYO het ook van vanjaar af ‘n Junior en Senior Simfonie orkes, en beide gaan aan die kompetisie deelneem. Buurlande Hongarye en die Tjegiese Republiek gaan ook besoek word na afloop van die kompetisie. Beide orkeste is ook hard aan die oefen vir deelname aan die Stellenbosch Kunswedstryd op 13 Mei. Die WCYO Senior orkes het twee jaar gelede die trofee vir Beste Jeugorkes ingepalm – voorwaar ‘n prestasie by hierdie Kunswedstryd. Direkteur en dirigent, Carina Brown was vir die derde keer genomineer en onder die finale drie kandidate, vir die Western Cape Government Cultural Affairs & Sport Toekenning in Maart vanjaar. In 2015 het sy die Outstanding Achievement of Women in the Arts and Culture Ministerial Toekenning ontvang. Die WCYO Senior Simfonie orkes tree vanjaar spesiaal vir die eerste keer in Piketberg op, tesame met die Bergrivier Koor, op Vrydag 26 Mei, 19:00. R50 Volwassenes, R30 Skoliere en Pensionarisse. Kaartjies is beskikbaar by Alison Müller. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Huishulp Gesoek Steynville Primêr het 'n nuwe skoolhoof, Bryan Pieterse. Hy was self 'n oud-leerder by Steynville Primêr. Die opvoeders, leerders en ouers wens hom sterkte toe met sy nuwe taak as skoolbestuurder. "A leader is one who knows the way, goes the way, and shows the way" - John. C. Maxwell. Aila Le Fleur doen haar praktiese onderwys by Steynville Primêr. Sy is 'n finale jaar Grondslagfasestudent by CPUTWellington.

Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en styk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R235/kg Droëwors @ R210/kg Cabanossi @ R210/kg

Foto’s: Elzanne Boshoff

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


24

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


25

Epic Spuds on the Run

SA Kleure vir Bendert Gedurende die eerste naweek van die Aprilvakansie het die Skole Interprovinsiale Tennis-toernooi vir O/15’s en O/19’s te Pretoria plaasgevind. Bendert Smit het as Boland nr.1 O/19 tennisspeler, deelgeneem en het bygedra dat Boland 4de by die toernooi geëindig het. Ná afloop van die toernooi is ‘n SA O/19 skolespan gekies wat uit net vier spelers bestaan. Bendert is opgeneem in hierdie span wat later vanjaar in Engeland gaan speel. Dit is die eerste keer dat PHS ‘n O/19 tennisspeler vir die SA Skolespan oplewer!

FNB Classic Clashes PHS vs Schoonspruit Sekondêr Saterdag 13 Mei

Op die rakke van die Biblioteek

Johan en Stef Stephan In Maart vanjaar het die ABSA Cape Epic bergfiets kompetisie vir die 14de keer in die Weskaap plaasgevind. Die pa-en-seun kombinasie van Stef en Johan Stephan het as die baie gepaste “Spuds on the Run” span deelgeneem. Die kompetisie word as die taaiste bergfiets uitdaging ter wêreld beskou. Dit vind oor agt dae plaas waartydens ryers 691km aflê en 15 400m vertikaal moet klim. Dit is vir enige professionele fietsryer `n uitdaging om die Epic te voltooi, wat nog te sê amateurryers wat voltyds werk of studeer! Die weer het geen gunste aan die ryers betoon nie. Die eerste drie dae was die kwik 40°C en die organiseerders moes die derde dag na helfte van die afstand verkort as gevolg van die uiterste omstandighede. Stef en Johan het uitstekend tydens die kompetisie gevaar en het dit suksesvol voltooi. Die Spuds was nr203 oor die eindstreep uit 650 spanne – dit is `n uitstekende prestasie as mens die aantal internasionale spanne, beide professioneel en amateur, wat aan die Epic deelneem, in ag neem. Foto verskaf Baie geluk aan Stef en Johan met hierdie uitsonderlike prestasie -Red.

Die volgende boeke word gedurende die jaar by die Leeskring bespreek: 17 Mei: Bettina Wyngaard se “Slaafs” 21 Junie: Damon Galgut se “The good doctor” 19 Julie: Ingrid Winterbach se “Vlakwater” 16 Augustus: Marinda van Zyl se “Amraal” 20 September: Anneli Groenewald se “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits se “Geliefde verraaier” Kontak Louise Visser by 083 507 2854 om aan te sluit. Die plek en tyd is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld is R50.

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


26

Michiel en Renay kuier op Piketberg Na drie en ‘n half jaar het Michiel en Renay Hanekom weer al hulle vriende en familie in Suid-Arika kom opsoek. Wat ‘n feestelike affêre was 19 April toe almal wat wou en kon, hulle gaan groet het by Martin en Teresa van Niekerk se huis. Michiel en Renay woon vir die afgelope vyf jaar in Kanada, waar Michiel werk as ‘n passer en draaier. Hulle kinders Jaco en Comine en kleinkind, Katie, woon naby hulle. Foto’s: Elna Strauss


27

‘n Goeie kliënt van Praktika is op soek na ‘n afgetrede paartjie of afgetrede enkellopende persoon om op ‘n goed gevestigde plaas net buite Piketberg te woon. Verblyf is gratis. Die persoon moet energiek, dinamies en betroubaar wees. Moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf. Die volgende verantwoordelikhede sal van die persoon verwag word:  Ligte take op die plaas  Moet bereid wees om trekker en stroper te ry of te leer ry  Aankope op die dorp te doen (bestuurslisensie is verpligtend)  Onderhoud van basiese toerusting  Bereid wees om Desember-maand na die plaas en diere om te sien  Natmaak van wingerde 2x per week Rig aansoeke aan Praktika Faks: 022-913 2959 Epos: info@praktika.co.za Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol. Sluitingsdatum: 12 Mei 2017

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Tel. 022 913 1600 022 913 2075


28

Ritmiese Gimnaste by KRDC

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur.

Die Piketberger 2017 Datums JUNIE se koerant verskyn op 1 Junie Stuur berigte voor 23 Mei JULIE se koerant verskyn op 29 Junie Stuur berigte voor 20 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 3 Aug Stuur berigte voor 25 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 31 Aug Stuur berigte voor 22 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com Die eerste kompetisie vir 2017 het op ‘n hoë noot afgeskop vir "level" 8 ritmiese gimnaste, Mílah Baard (o/15) en Jade Wilson (o/13) van REACH Ritmiese Gimnastiekklub op Piketberg. Albei gimnaste het op 1 April aan die KRDC Ready or Not te Somerset-Wes deelgeneem, en 1ste plekke onderskeidelik met 11.10 en 10.00 behaal. Die klub is alreeds in volle swang met fondsinsamelingsprojekte om finansiële bystand te verleen aan gimnaste vir deelname aan die SA Gym Games 2017. Hou sosiale media dop vir meer Inligting. Foto: Chrisna Baard

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Pryse verskyn op p2

PIKETBERG CHRISTEN SKOOL Ons nooi almal hartlik uit om aan te sluit by ons hokkieklub!

HOKKIE!!

Ons kom Dinsdae en Donderdae 14:30 - 15:30 op PPC De Hoek se sportvelde bymekaar. Ons begin op 25 April 2017. ALMAL is welkom - kom kyk gerus of jou kind belangstel! Kontak Sulize tussen 8-12 vm op 022 913 1886 vir verdere inligting.


29


30


31

Stawelklip Primêr uitstappie na Nuwelandstadion Mune Pickard wat vanjaar die WP Rugby Academy in Claremont bywoon, het 18 kaartjies vir Stawelklip Primêr gereël vir ‘n Rugbywedstryd by die Nuwelandstadion te Kaapstad. Mnr Somers van Stawelklip Primêr het ‘n bussie gereël om die kinders te neem en SUPERSPAR Boland het die padkos vir die baie opgewonde kinders voorsien.


32

Die Piketberger Mei 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you