Die piketberger Mei 2016

Page 30

30

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

“Wat is my doel op aarde?” “Wat maak ek hier?” Is dit nie algemene vrae wat nou en dan in ons kop rondrol nie? Wanneer die lewe vol uitdagings is of wanneer ons mismoedig voel, is dit dikwels die geval dat ons begin dink wat ons hier maak. “Is daar ooit ’n doel met my lewe?” Ek het vir jou goeie nuus: daar is definitief ’n doel met jou lewe! Efesiërs 1:3-4 sê: “3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees”. God het jou voor die grondlegging van die wêreld uitgekies om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees. Wat beteken dit? God het gekies om in verhouding met jou te wees voor die grondlegging van die wêreld af. God het gekies om, deur Jesus, jou heilig en sonder gebrek voor Hom te stel. God het reeds gekies om jou te aanvaar net soos wat jy is. Dit is nou jy wat net moet kies om Sy geskenk van “aanvaarding” te aanvaar. God bied dit aan as ’n geskenk. ’n Geskenk is nie iets waarvoor jy kan werk nie. Dit is iets wat jy net in dankbaarheid moet ontvang. Jou doel is dus eerstens: om in ’n verhouding met God te kom en daarin te groei. Jeremia 29:11 sê: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee”. God se gedagtes is op jou lewe gefokus. Hy weet hoeveel hare jy op jou kop het (Mattheus 10:30). Ek is baie lief vir ons nege maande oue dogtertjie, maar ek het nog nie die moeite gedoen om die hare op haar kop te tel nie! Die gedagtes wat God vir jou het, is net goed. Jy is nie ’n stuk vleis wat hier ronddwaal op die aarde nie. Jy is met ’n doel en vir ’n doel geskape. Jy het baie potensiaal. Jy het iets om te gee. Jou lewe is belangrik. Jou doel is dus tweedens: om God se leiding te volg en te doen wat Hy jou geroep het om te doen. Vat ’n oomblik nadat jy die bogenoemde gelees het en praat met God oor dit wat in jou hart aangaan en Hy sal jou antwoord. God het vir Jesus gestuur om ’n intieme verhouding met jou te hê. God weet klaar wat in jou hart aangaan en wil vir jou leiding gee. Hy wil jou lei in die waarheid wat jou gaan vrymaak. Die planne van die vyand is om jou te bind, om jou te laat glo dat jy nie goed genoeg is nie en dat jy niks vir niemand beteken nie. Dit is alles leuens uit die put van die hel! God het jou geskape en jy is kosbaar vir Hom. Jakobus 4:7 sê: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Onderwerp jou aan God en Sy beloftes vir jou (kies om Hom te vertrou bo enigiets anders), weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug. Die Woord verduidelik dit so eenvoudig. God se beloftes vir jou is redding, genesing, vryheid en voorspoed. Jesus het reeds vir jou die oorwinning gegee – gryp dit aan, jy kán! Verdere studie: Psalm 139; 2 Korinthiërs 2:20; Efesiërs 2:8-10; Johannes 17:3; 2 Petrus 1:2-4 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

FNB Classic Clashes Saterdag 14 Mei PHS Sportgronde


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.