__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1

1

Jaargang 27 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2020

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Skrywer besoek PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Driaan gelegitimeer as Diensleraar...p11 Kongressakke word skooltasse...p14 Piket-Bo-Berg Tuinboukompetisie...pp22,24 Korona/COVID-19 inligting...pp30,31 Skole– en Sportnuus...pp3537

Die skrywer, Marita van der Vyver saam met Leoni Coetzee, Joanie du Toit, Dusha Lotterie en Helouise van Sittert, tydens 'n besoek aan PHS se Gr 10-leerders. Dis te danke aan LAPA-uitgewers dat Marita die Weskus, o.a. Hoërskool Piketberg besoek, tydens haar besoek aan Suid-Afrika. Marita het 'n werksessie met die Gr 10-leerders gedoen oor praatpoësie. Later vanjaar verskyn daar 'n bundel met gekeurde werke van leerders van verskillende skole - dalk sien ons 'n Piketberger se naam ook daarin. Foto verskaf

Piquetfees vir 2020 Gekanselleer

Quality Motorcycle & Quad Supplier


2

Redaksioneel Hy hou die hele Wêreld in Sy hand

R E E

L L E

S N A

K E G

Lees Psalm 23 - Die Here is my Herder. Weet dit. Glo dit. Leef dit.

Marietha

Briewe van ons lesers...

Jacques Josias skryf... Tydens die Desember skoolvakansie het ons NPO (Nieregerings organisasie), Hebron, ‘n ete gegee vir Graad 9 12 leerders op Piketberg Bo-Berg. Dit sou nie moontlik wees sonder die borge nie en daarom ons opregte dank en waardering aan: Superspar Boland, ME Smith Vervoer, Sonneberg Vervoer, Carstens Begrafnisdienste en Rangers Kafee.

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Na aanleiding van die stappe wat President Cyril Ramaphosa op 15 Maart aangekondig het om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) in Suid-Afrika te bekamp, is ons genoodsaak om hierdie jaar se Piquetfees te kanselleer. Ons glo dat u hierdie besluit sal verstaan. Piketberg Toerisme sal hard werk aan ‘n groter en beter fees in 2021.


3


4

Siblings re-united Far Away from Home

Adriaan Diedericks married Sasha Bentley from Cape Town on 8 February 2020. They are now living in Strasbourg, France. Photo: Tracy Robertson Genevieve Diedericks married Chris Broeckhoven at Gifberg on 28 October 2017. The couple has settled in Duffel, Belgium. Photo: Corle Jansen

Meisie Mys Amper Mev Mys

It takes 26 muscles to smile and 62 muscles to frown. Why not make it easy on yourself? -Anonymous-

073 811 6565 28 Die Trek, Piketberg

Melissa Beck van Piketberg is verloof aan RochĂŠ Esterhuizen van Citrusdal, Citrus boerdery Rivier Plaas. Foto verskaf


5


6

VKO balletjies

832 balletjies is gebrei vir die ontwikkeling van voorskoolse kinders se fynspiere, hand-oog koördinasie en kleurherkenning. Dié magdom balletjies is deur vroue van die NG Kerk Piketberg gebrei en aan Hannie Visser van Badisa oorhandig. Hannie het dit uitgedeel aan voorskoolse groepe (sien foto’s hieronder). Op die foto bo verskyn van die breiers by die koördineerder van die projek, Marina Grobbelaar, derde van links. Foto’s verskaf

CLEANRITE CARPETS ESTABLISHED IN 1994

PROFESSIONAL CLEANING OF CARPETS, UPHOLSTERY, PERSIANS & MATTRESSES. COMMERCIAL & HOUSEHOLD PHONE PAUL FOR FRIENDLY SERVICE ON 082 771 1054 (SWARTLAND) FACEBOOK: CLEANRITE CARPETS

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Piketberg is besig om op baie gebiede te verval en my grootste bekommernis is alkohol en dwelms. Ons moet opstaan en hierdie dwelmbase uit ons dorp verdryf voor dit te laat is. Hier in ons pragtige dorp is ’n sogenaamde dwelmbaas uit die Kaap wat huise koop en dwelmhuise daarvan maak. My oproep aan kerke, gemeenskapsorganisasies en die inwoners van Piketberg is om Raadsheer Ray van Rooy hande te vat om die euwels in ons gemeenskap hok te slaan. My oproep aan Piketberg is om saam te staan teen alle euwels in ons gemeenskap. Die onlangse optog teen ‘n vermeende verkragter se verskyning wys dat ons kan saamstaan. Die wêreld is tans in ’n stryd gewikkel met die Koronavirus (COVID-19) wat almal onkant gevang het. Na aanleiding van die stappe wat President Cyril Ramaphosa op 15 Maart aangekondig het om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) in Suid-Afrika te bekamp, het Bergrivier ook verskeie stappe in plek gesit. Die COVID-19 simptome sluit die volgende in: Die meer algemene simptome van COVID-19 is dieselfde as griep en sluit in: koors; hoes; asemhalingsprobleme; moegheid; en liggaam / spierpyne. Daar is tans relatief min mense wat in Suid-Afrika met COVID-19 bevestig is. Verminder transmissie deur die volgende wenke te implementeer:  As u ’n ander persoon groet, moet u asseblief nie hande skud nie, groet eerder met die elmboog;  Wanneer u ‘n gesprek voer met ‘n ander persoon het, behou asseblief ‘n veilige afstand;  Was u hande gereeld met seep onder lopende water vir ten minste 20 sekondes;  Indien u hoes of nies, doen dit in die waai van die elmboog of bedek asseblief u mond met ’n sneesdoekie en gooi dit onmiddellik in ’n asblik; en  Moenie aan u gesig, veral u mond, neus en oë raak sonder om u hande te was of te ontsmet nie. Vir meer inligting rakende die Korona-virus kontak die Algemene Openbare Noodlyn by 080 002 9999 of 021 928 4102 of WhatsApp 060 012 3456 en stuur 'n boodskap met die boodskap “Hi”. Ons leuse vir 2020 is die Jaar van Diens-uitnemendheid waar ons gaan fokus op dienslewering. Bergrivier moet toesien dat strate skoon is en dat sypaadjies in ’n goeie toestand is. U is welkom om my te kontak as u straat of sypaadjie vuil is want dit is onaanvaarbaar. My oproep is ook dat ons gebruik sal maak van die vullishouers op sypaadjies en ook mense sal aanspreek wat mors. Enige slaggat in u straat moet onmiddellik aangemeld word. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester@bergmun.org.za

15 Mei

Snoek-en-Patat ete @ R50 per bord

Ondersteun Badisa


7


8

BEDANKINGS JAMES ARTHUR FOX 17 MAART 1944 - 4 MAART 2020


9


10

Positief of Negatief?

Vroegoggend is dit 37⁰C en BLOED-SKENK dag in Piquetberg! Verdraagsame mense tou vrywillig om van ‘n halwe liter bloed ook teen 37⁰C afskeid te neem. Ek kyk beswaard na die “aansoekvorm” en moet kophou met die JA / NEE merkies. Jy bedoel eintlik NEE, maar merk dalk JA. Ek draai skuins sodat my buurvrou nie kan “afkyk” op my antwoorde oor dwelms, oorbelle, oog operasies, pille, besoeke aan London, naarheid, eetgewoontes en dan die “sensitiewe” goed oor roekelose besluite nie. ‘n Vae onrus wil-wil uit my geheue opstoot…ek druk dit af. Bloeddiens mense is vriendelik. My bloed-druppel aansoek slaag behaaglik in die toets potjie. En verlig slaag my bloeddruk en hartklop ook. Onheil vergete. Met die armsvol sakkies, toetsbuisies, papiere en strepies-kodes kies ek die beste bed om te ontspan. Opnuut en dringend kom die onheil weer. Toe sien ek die NAALD! Oer-herinneringe bars deur harde skille van vergeet. Ek’s terug in tyd by die Bloedskenk Kompetisies by Maties baie jare gelede. DIE MOEDER VAN ALLE NAGMERRIES BEGIN WEER AFSPEEL. Die Neelsie is omskep in ‘n veldhospitaal met koshuis teen koshuis, die koor teen die stapklub, die B.A.’s teen die B.Musse, die Admin teen Drama. Dis ernstig. Matie-radio jaag die spanning op, moedig spanne aan – BAIE is op die spel. Pragtige wit uniforms dartel rond en op die telbord klim die liters. Ek het swak bloed-are en die wit uniform kry nie ‘n aar raakgesteek nie. Twee in die linkerarm en drie in die regterarm. Niks. Ek sweet sommer bloed en kyk rond vir ‘n nood-uitgang, maar GrootWit kom help. Daar is bloeddroogte in die land en NIEMAND loop weg sonder ‘n rooi patriot-donasie nie. Ek spartel verniet soos ‘n vis op die kaai. Twee poppies hou my arms behendig vas en fluister “sweet-nothings” in

my ore. GrootWit, met oogklap van krokkedilvel, is baie ervare. (Hamergooi kampioen vir Oos-Duitsland tydens die oorlog.) Sy mik een-oog met die XXX-langdun-naald (vir moeilike gevalle) na my linkerarm. Die oogklap laat haar in die steek en sy gaan te ver (soos berouvolle studente soms doen!). Die naald gly pragtig deur my vel, mis my aar, mis my elmboog-been en dwarsdeur in die houtbed vas! Die poppies val gillend flou. Mense kom aangehardloop. Ek sing die groot mars uit Aida uit volle bors sonder begeleiding! GrootWit is desperaat-rooi, want sy kan nie die naald loswikkel nie. Ek besef weghardloop is nou ‘n probleem met die bed aan my arm “ge-poprivit”. GrootWit spring wydsbeen staande op my bed. Ek gil een oktaaf hoër met hierdie kommunis-standbeeld wat my soos ‘n sappige kapitalistiese prooi aangluur. Met gespierde arms in puik hamergooi vorm, pluk sy die naald uit die bed en uit my arm! Luide applous laat GrootWit bloos. Intussen het my bloeddruk met meters gestyg en bloed spuit nou teen 20 bar en druk ‘n netjiese straal tot bo teen die plafon. Die XXX-naald laat rooi lewebloed sypel na die sakkie. Met ‘n sappie in die een hand pomp ek met die ander hand vir ‘n vale! My bure se klokkie ting as hulle sakkie vol is. Nuwe skenkers vat hulle plek. My klokkie ting nie en ek loer bekommerd. My sakkie is vet opgeblaas soos ‘n beeslewer. Ek roep benoud. Wit uniform vroetel verbouereerd (met die klokkie) en ruil ‘n skoon sakkie in. Reëls is reëls – “vir Meneer se eie beswil”. Ek mag slegs ophou pomp as die klokkie ting! Die ding is stukkend! WHAT NEXT! Die tegniese man werskaf, maar klokkie weier. Ses sakkies later ting hy UITEINDELIK! Ek is nou te swak om verder te pomp en my arm swaai doelloos bo die vloer in die ligte briesie rond. Ek voel uitgeteer en naar en bleek. Twee uniforms druk amper gate dwarsdeur my voos, slap-pannekoek lyf toe hulle my wou ophelp. GrootWit kom nader met ‘n reuse eierspaan en wikkel dit onder my lyf in. Vier mense lig my saam, versigtig en gelyk van die bed (soos mens ‘n doodskis dra). Amper wapper ek van die spaan af toe een se voet swik. Ek word met sorg neergelê en koekies gevoer. Wit uniform: “Is Meneer OK?” Studente word ook ge-Meneer en dit streel my ego. Ek het ingestap as bloedgroep O+, maar ek is nou BAIE negatief! Solank ek lewe: HIERDIE DAG SAL EK NOOIT VERGEET NIE. Die datum is ingebrand in my geheue: 1 April N. De Ploem (2020)

Piketberg Animal Outreach

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers


11 Driaan gelegitimeer as Diensleraar

Driaan Pretorius, middel, is op 2 Maart as Diensleraar gelegitimeer. Die seremonie is gehou in die NG Moederkerk op Stellenbosch. Ds Gert Kok van Eendekuil en Ds Martin Goosen van Piketberg het namens die Ring van Piketberg die verrigtinge bygewoon. Foto: Marietha Goosen

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bĂŞre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word met 'n stok vasgestamp in 'n leĂŤ 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

Piketberg Museum (in die Sinagoge) Kerkstraat


12


13 Registreer op Statistieke SA se Elektroniese Databasis vir moontlike kontrakwerkgeleenthede

Die jongste werkloosheidssyfers wat deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) vrygestel is, skilder ‘n somber prentjie vir Suid-Afrikaners. Ongeveer 1 uit elke 3 tot 4 burgers van Suid-Afrika sit sonder werk. Suid-Afrika se werkloosheidskoers vir die vierde kwartaal van 2019, is 29,1 persent. Wil jy graag deel word van hierdie enorme organisasie, wat onder andere, data invorder om statistieke soos hierbo genoem bekend te maak? Registreer by: www.statssa.gov.za/hr voor 31 Maart 2020 Meer inligting by: www.statssa.gov.za Besoek ons Distrikskantoor in Piketberg (Kloofstraat 35) Tel. 022 913 1074.

Register on Statistics SA Electronic Database for contract employment opportunities

The latest unemployment figures provided by Statistics South Africa (Stats SA) paint a bleak picture for South Africans. Roughly 1 out of every 3 to 4 citizens in South Africa do not have a job. South Africa's unemployment rate came in at 29,1 percent in the fourth quarter of 2019. Would you like to become a part of this mighty organisation, which among other things, collects data in order to provide statistics like the above? Register on www.statssa.gov.za/hr before 31 March 2020 More information on www.statssa.gov.za Visit our District Office in Piketberg, 35 Kloof Street, Tel. 022 913 1074.

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk

HUIS TE HUUR

Loopstraat, Piketberg

ERF TE KOOP

Wheatfields 480m² R150 000.00 ohb

Hoofstraat 38, Piketberg

Skakel 022 913 1132 Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net


14

Van kongressak tot skool-rugtas Tydens die Aartappels Suid-Afrika Kongres – 2019 is daar ’n beroep op kongresgangers gedoen om die kongressakke wat hulle ontvang het, in ’n houer te plaas sodat dit as skool-rugtasse aan minderbevoorregte kinders in plattelandse en plaasskooltjies in die Sandveld geskenk kan word. Die reaksie was so goed dat daar uiteindelik 206 sakke as tasse geskenk kon word. Die skenkingsprojek wat deur Jolita van Zyl, eggenote van Jan van Zyl, voorsitter van die Sandveldgebiedsbestuur, gekoördineer is, het verseker dat kinders in sewe klasse in sewe plattelandse en plaasskooltjies tasse ontvang het. Die oorhandiging is hanteer deur Bernice Manana, Aartappels Suid-Afrika se bedryfshoof en Terence Brown van die organisasie se Piketberg-kantoor, wat die geleentheid gebruik het om nie net kinderharte bly te maak nie, maar ook om aartappelpromosie ʼn hupstoot te gee. Aangesien Syngenta die Aartappels Suid-Afrika Kongres se hoofborg was en Bayer die hoofborg van die Moerkwekersforum, was Pieter Burger en Erik Eksteen van Syngenta en Bennie Botes van Bayer betrokke by die oorhandiging van die tasse met hul maatskappye se onderskeie logo’s. Dit was verblydend om die dankbaarheid in die glimlaggende gesigte van die kinders te sien en het ʼn mens laat wens dat jy vir elke kind in al die skole ʼn tas kon gee.

Terence Brown (Aartappels Suid-Afrika), Bennie Botes (Bayer), Jolene Boois, Bernice Manana (Aartappels Suid-Afrika), Henk Brand (skoolhoof) en Laerskool Karookop se leerders met hul sakke.

Die skole wie se leerders skool-rugtasse ontvang het is Laerskool Aurora, Laerskool Karookop, Laerskool Redelinghuys, Primêre skool Leipoldtville, Hoërskool Graafwater, Sederberg Primêre skool, Clanwilliam en Laerskool Lambertsbaai. Berig: Gawie Geyer (CHIPS)

Opgewonde leerders van Laerskool Redelinghuys saam met Cecile Lambrechts en Bennie Botes van Bayer, die borg van die rugsakke. Foto’s verskaf

Die Piketberger se Datums vir 2020

Owen de Wet van Bayer, Adélma Carstens, Terence Brown (Aartappels Suid-Afrika) en Bernice Manana, COO van Aartappels Suid-Afrika, oorhandig sakke aan leerders by Laerskool Aurora.

NOODNOMMERS - PIKETBERG

POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

MEI: Berigte in 14 April : Verskyn 23 April JUNIE: Berigte in 19 Mei : Verskyn 28 Mei JULIE: Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie AUGUSTUS: Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie SEPTEMBER: Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus OKTOBER: Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober NOVEMBER: Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober DESEMBER: Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember


15


16

PETRO BURNETT

KALLA LIGTHART

Verkoopskonsultant

Verkoopskonsultant

081-310-2878

084-514-2418


17


18

Op die rakke van die Biblioteek...

Pluimprinse

deur Malene Breytenbach

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075 Indien jy die volgende simptome het:  Seer keel  Koors  Benoudheid of sukkel om asem te haal   

   

EN Jy was onlangs oorsee of Jy was in die afgelope 2 weke in kontak met iemand wat oorsee gereis het; of Jy was in kontak met iemand wat positief getoets het vir die Covid-19 virus DAN MOET JY Vermy kontak met mense en gaan huis toe Moenie direk na die apteek of Dokter gaan Kontak ons per telefoon vir hulp en leiding of Kontak die Corona Hotline by 0800 029 999 waar opgeleide personeel jou sal bystaan

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Pluimprinse maak 'n nuwe wêreld vir die leser oop oor die florerende volstruisbedryf in Oudtshoorn en omgewing in die laat 1800's, vroeë 1900's. Die boek speel af oor 'n tydperk van ongeveer een maand terwyl Olivia Bailey, van Joodse afkoms, haar ouma Rebekah Shimanksy vir die eerste keer ontmoet. Tydens haar verblyf in Courland, die volstruispaleis van prag en praal, wat grootBespreking deur oupagrootjie Chaim Wolovsky laat Marietha Goosen bou het en waar haar oumagrootjie, haar ouma en ma grootgeword het, ontvou die wel en wee van haar familie wat sy nooit geken het nie. Ouma Rebekah se vertellings en haar oumagrootjie Sarah Ussakova se briewe sorg vir vele verrassings en ontknopings. Die boek bied 'n kykie op die geskiedenis van die verebedryf en die belangrike rol wat die Joodse gemeenskap daarin gespeel het. Parallel met die verhaal van Courland se Jode, is die verhaal van die Le Riche familie van die plaas Rykskraal. Olivia ontmoet die aantreklike Michel le Riche, die interessante beeldhouer, wat in die volstruispaleis, Stonehaven, woon, teen wie haar ouma haar waarsku. Pluimprinse is 'n ligte roman met interessante feite, 'n gemaklike storielyn en plek-plek bietjie spanning. Kan dié joernalis-stadsmeisie haar lewe in Kaapstad by die Daily Mail verruil vir 'n lewe in Courland? Die skrywer slaag daarin om sonder steurnis te wissel tussen die hede en die verlede, dit wat Olivia ervaar en dit wat oumagrootjie Sarah ervaar het.

Getooi in vere en pêrels en met ‘n beeldhouwerk, geniet Piketberg Leeskring die bespreking van Malene Breytenbach se boek, Pluimprinse. Foto: Crezentia Strauss

Leeskring Datums en Boeke vir 2020 15 April: Deur Water en Vuur - Karin Combrinck; 13 Mei: Die Verevrou - Jan van Tonder 10 Junie: Sewe op pad na Hirosjima Christiaan Johannes Strydom 15 Julie: Stof - Alettie van den Heever 19 Augustus: Die Kind uit die Wingerd - Helene de Kock 16 September: Weerklink van 'n Wanklank Pieter Dirk Uys 21 Oktober: Die Dao van Daan van der Walt Lodewyk G du Plessis


19


20


21


22

Piket-bo-berg Inwonersvereniging Jaarlikse Tuinkompetisie Van die ervare tuinier tot die brawe beginner. Ons almal weet dit klink makliker as wat dit is. Om ‘n saadjie te troetel tot kos in die pot is nie vir sommer enigeen nie. 42 Tuine is beoordeel in Januarie 2020 tydens die jaarlikse kompetisie gereël deur die Piket-bo-berg Inwonersvereniging, wat ook die kontantpryse borg ter waarde van R9 000. Saad is hierdie jaar voorsien deur Goedgedacht Plaas en Piketberg Agrimark het gesorg vir ‘n paar lekker pryse.

Kinders word ook aangemoedig om deel te neem. Daar is soveel vernuf en kennis wat deur die ouer geslag oorgedra word in die proses. Slegs ‘n klein oppervlakarea word beoordeel. Dit is om bewusmaking van waterbesparing te bevorder en die gebruik van gryswater aan te moedig. Die reuse pampoenkompetisie word gereël deur Piket-boberg Inwonersvereniging, maar die kontantpryse word geborg deur Superspar Boland. Berig en foto’s: Marika Ince

Die volgende Piketberger, die Mei-uitgawe, verskyn op 23 April 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 14 April 2020 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.


23


24

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com


25


26


27


28

Tuinbouklub - Bewaringsprojek

Tydens die Maartvergadering van Piketberg Blomen Tuinbouklub, het Delina Fox die vergadering toegespreek oor die projek vir die bewaring van die Moreae gigandra, ‘n blommetjie wat net tussen Piketberg en Porterville groei. Dit is ’n bewaringsprojek van die Bergriviertak van SA jagters. Sy het ook vertel van die hervestiging van Cederbome in die Cederberge deur Cape Nature. Foto verskaf Daar sal geen tuinbouvergadering in April wees nie.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276

Uitstalling van erfgoed by VLV se Opvoeding en Kultuurbyeenkoms Apie Richter van Piket Veteraan Trekkers het ‘n pragtige versameling van huishoudelike artikels asook interessante uitknipsels en ou tydskrifte by die VLV-byeenkoms uitgestal. Hy het interessante stories omtrent die artikels vertel, veral wat betrekking het op Piketberg en omliggende Swartland dorpe. Die lede het sommige van die huishoudelike artikels herken uit Oupa en Ouma se dae. Marié Ehlers, Museum Bestuurder van Piketberg Museum het lede ook ingelig hoe om foto’s, papier en materiaal te bewaar sonder om skadeverlies te ly. Terugvoer is ook gegee van Sirkel Weskus Konferensie wat te Langebaan op 4 Maart gehou is. Dinette Lochner het ‘n 2de plek behaal met haar fotoinskrywing van Bome (dit gaan deur na VLVK-Kongres in Augustus te Kimberley). Mariëtte Wiggill ontvang ‘n sertifikaat van Erkenning vir haar Positiewe Gesindheid as Lid – baie geluk. Piketberg-tak ontvang ‘n sertifikaat van Verdienstelikheid vir goeie werk gedoen. Inwoners word ook uitgenooi om deel te wees van die projek: Bokse vir Boervroue: Enige nie-bederfbare produkte wat in ‘n skoenboks/wynboks kan pas, vir ‘n lekker verrassing is welkom. Enige navrae – Nicoline Brown 082 4770 665. Die volgende VLV byeenkoms is op 7 Mei, wat ‘n kunswerkswinkel sal wees.

Sonja de Jongh, Petro Vercuiel, Riana Richter, Marié Ehlers en Apie Richter. Foto’s verskaf

Bokse vir Boervroue VLV samel steeds bokse in vir boervroue in die Noord-Kaap! Enige nie-bederfbare produkte wat in ‘n skoenboks/wynboks kan pas, vir ‘n lekker verrassing, toegedraai in koerantpapier met ‘n lint om. Kontak Nicoline Brown 082 4770 665 vir meer inligting en ook waar om af te lewer.

Mariëtte Wiggill met die Sertifikaat wat sy ontvang het as Erkenning vir haar Postiewe Gesindheid as Lid van VLV Piketberg.


29


30 Bergrivier se Maatreëls om COVID-19 te Bekamp Bergrivier Munisipaliteit sal vanaf 20 Maart 2020 noodmaatreëls in plek sit om COVID-19 bekamp. Nadat Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ’n nasionale ramp op Sondag, 15 Maart 2020 verklaar het, met betrekking tot die Korona-virussiekte (COVID-19) het Bergrivier Munisipaliteit sy pogings versterk om die moontlike verspreiding van COVID-19 stop te sit. Raadsheer Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit sê: “Ons verstaan die ernstige aard van die COVID-19 pandemie in Suid-Afrika. Bergrivier sal alles in sy vermoë doen om die verspreiding van hierdie virus sover moontlik in ons omgewing te versag. Ons het besluit op sekere maatreëls wat onmiddellik ingestel sal word om nie net groot byeenkomste af te stel nie, maar ook om die veiligheid van die publiek en munisipale personeel te verseker”. Bergrivier Munisipaliteit kondig die volgende stappe aan om die verspreiding van COVID-19 te versag:  Alle munisipale oorde, swembaddens en die Portervilledam is sedert 18 Maart 2020 tot verdere kennisgewing gesluit;  Alle sportbyeenkomste en oefensessies is gekanselleer sedert 18 Maart 2020 tot 14 April 2020 (vir verdere besinning daarna);  Die kampeerplekke by Dwarskersbos en Stywelyne sal gesluit word vanaf 20 Maart 2020 tot 14 April 2020 (vir verdere besinning daarna). Individuele wooneenhede sal steeds beskikbaar wees vir verhuring;  Alle Stadsale, gemeenskapsale en biblioteeksale sal gesluit wees (vanaf 18 Maart 2020 tot 14 April 2020 vir verdere besinning daarna). Geen besprekings word toegelaat nie en geen uitsonderings nie. Kliënte wat reeds gedurende hierdie periode bespreek het, word egter aangemoedig om hul datums na ’n latere stadium te skuif;  Alle aansoeke ingevolge die Wet op Vergaderings en geleenthede en permitte word afgekeur. Die permitte wat reeds goedgekeur is, is reeds gekanselleer;  Alle publieke vergaderings vir April 2020 is gekanselleer, maar ander kommunikasiemetodes (e-pos, webwerf en plaaslike koerante) sal egter gebruik word om met die publiek te kommunikeer en die nodige dokumentasie (voorgestelde GOPwysigings en die konsep begroting) te deel. Daar sal steeds ’n periode bestaan vir kommentaar en insette vanaf die publiek;  Die volgende gebeure is gekanselleer: Piquetfees; Gekombineerde Wyk-byeenkoms van 4 April 2020; Wesgro Film-werkswinkel; ICA Internasionale Konferensie; Behuisingsgemeenskapsvergaderings;

Neem alle plastiekdoppies en brood tags na die Openbare Biblioteek of na LB Wernich Biblioteek.

Opedag met diensverskaffers; en Slammed CBY; Die datum vir die GOP Forum wat vir 8 Mei 2020 geskeduleer was, sal na 14 April 2020 bevestig word;  Higiëne-maatreëls by munisipale geboue is versterk, asook die gereelde skoonmaak en ontsmetting van oppervlaktes en voorwerpe waarmee lede van die publiek en/of munisipale personeel gereeld in kontak kom;  Alle munisipale personeel wat direk met die publiek werk, sal ekstra higiëne-toerusting ontvang en kontakoppervlaktes sal gereeld deur die dag skoongemaak word;  Inwoners word versoek om in plaas van die munisipale kantore te besoek, eerder Bergrivier Munisipaliteit telefonies te kontak by 022 913 6000; e-pos bergmun@telkomsa.net; of besoek ons Facebook-blad Bergrivier Municipality (stuur u nommer sodat ons vir u op ons WhatsApp groep kan oplaai);  Bergrivier Munisipale Raadsvergaderings sal soos normaal voortgaan;  Restaurante/kroeë/nagklubs is in kennis gestel dat hulle nie byeenkomste van 50 mense of meer kan aanbied nie. Alle plekke wat drank verkoop moet slegs aan die volgende handelsure voldoen: Maandae tot Saterdae 09:00 – 18:00 en Sondae/ Publieke Vakansiedae: tot 13:00;  Kommunikasie is reeds uitgestuur aan Kerke in die nakoming van die beperkings wat op groot byeenkomste geplaas word soos gestipuleer in die Staatskoerant 18 Maart 2020 no.43107; en  ’n Toegewyde persoon met ’n handsuiweringsmiddel sal buite die ingange van die munisipale kantore gestasioneer wees om te verseker dat kliënte hul hande ontsmet voordat hulle binne die gebou kom. Die COVID-19 simptome sluit die volgende in: Die meer algemene simptome van COVID-19 is dieselfde as griep en sluit in: koors; hoes; asemhalingsprobleme; moegheid; en liggaam/spierpyne. Daar is tans baie min mense wat in Suid-Afrika met COVID-19 bevestig is. Verminder transmissie deur die volgende wenke te implementeer: As u ‘n ander persoon groet, moet u asseblief nie hande skud nie, groet eerder met die elmboog; Wanneer u ‘n gesprek voer met ‘n ander persoon wat griep simptome het, behou asseblief ‘n veilige afstand; Was u hande gereeld met seep onder lopende water vir ten minste 20 sekondes; Indien u hoes of nies, bedek asseblief u mond met ’n sneesdoekie en gooi dit onmiddellik in ’n asblik; en Moenie aan u gesig, veral u neus en oë raak sonder om u hande te was of te ontsmet nie. 

Hierdie maatreëls sal met onmiddellike ingang afgedwing word tot verdere kennisgewing. Daar is geen uitsonderings nie. Vir meer inligting rakende die Corona-virus kontak die Algemene Openbare Hotline by 0800 029 999 of 021 928 4102 of WhatsApp 060 012 3456 en stuur 'n boodskap met die boodskap “Hi”. Kom ons bly biddend, positief en kalm in ons omgewing. Moenie enige Fake News versprei nie. UITGEREIK DEUR: KANTOOR VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTER, BERGRIVIER MUNISIPALITEIT


31


32

Motorskou by Stawelklip 20 Jaar gelede - April 2000 Voorblad: Nuwe uitvoerproduk vir Sandveld. Magdaleen van Zyl, sangeres en liedjieskrywer. Trippe Trappe oorstroom sonder reën. Phillip en Gerna Croeser hernu troubeloftes na 10 jaar. Vrouerubriek fokus op Let Schaffers. Plaaswerkers word aandeelhouers van die plaas Erfdeel. Lt Kol Pierre Rossouw groet Piketberg Kommando. Lt Kol Hugo de Waal het by Pierre oorgeneem. Nuwe Pre-primêre gebou vir PHS. VCSV gee deernis wiele. Duisende tieners en Diensjaar-vir-Christus studente neem deel aan ‘n optog om hulle dorp bewus te maak dat “Jubeljaar Jolyt” goeie nuus vir die armes en genesing vir gebrokenes beteken. Anita le Fleur en Patricia Zoutman is nog twee van Spar se personeellede wat reeds 10 jaar diens het. Lionsklub se Kiskarresies sorg vir groot vermaak. ADVERTENSIES: Liebco - Spare Ribs R15.98/kg Jurie Els - NG Kerksaal, 1 April 2000 Knight’s Café - Vars, ongepasteuriseerde melk te koop @R2/liter. Spar - Cheddar Kaas R24.99/kg Die Sinkdak - Geskenke en Koffie open op 1 April 2000 in Hoofstraat. Oop soggens vanaf 07:15 Ze Broodhuis - vir heerlike vars brood en gebak.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Stawelklip Primêre Skool het op Sondag 15 Maart 'n motorskou gehou. Die opkoms van ouers uit die gemeenskap van die Piket-Bo-Berg en omliggende Piketberg omgewing was baie goed. Mense uit die gemeenskap het die fondsinsameling goed ondersteun. Daar was verskeie moderne motors te sien en leerders en inwoners het die geleentheid gekry om hierdie motors van naby en binne te besigtig. Daar was ook verskeie stalletjies waar versnaperings te koop was. Die leerders het dit veral geniet om die binnekant van die enjinkappe van hierdie motors van naby te bekyk, wat aansluit by die ontwikkeling van tegniese vaardighede. Berig en foto’s verskaf deur Genevieve Benjamin


33

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


34

Perskepot Boutique


35

Kaptein Henri

Speler van die Wedstryd

Baie geluk aan Keagan Puttick van PHS, wat onlangs as lid van die Henri van der Westhuizen is vanjaar die O/19A-rugby Weskus-Suid span teen Overberg in Hermanus kaptein van Boland gespeel het. Landbouskool. Hy het weggestap as die Foto verskaf Speler van die Wedstryd met 5 paaltjies en 1 uithardloop (run out). Weskus-Suid wen Overberg met 6 paaltjies. Foto: Facebook

Goud vir Forbes Baie geluk aan Josh Forbes, Gr 1 en Cleo Forbes, Gr 5 wat deelgeneem het aan UWKFSA Karate Kampioenskappe te Wellington. Hulle het die volgende plekke behaal: Josh Forbes 0/7, KATA - Goud, 1ste plek; KUMITE (free fighting), 3de plek, Brons. Cleo Forbes 0/11, KATA Goud, 1ste plek; KUMITE (free Cleo en Josh Forbes fighting) 3de Foto: Facebook plek, Brons. Hierdie toernooi het ook gedien as proewe vir die SA Kampioenskappe waarvoor hul albei gekwalifiseer het vir later vanjaar.

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou swart sak.

Onthou om te herwin!

Dit is die regte ding om te doen! Die sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit

Baie geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir die o/13 Platteland A– en B-rugbyspanne. Op die foto is Riku Lotterie, Bradley Arendse, Juriann de Waal, Niël Cooper, Josh Neetling, Wikus Coetzee, Louis de Lie en Henré de Klerk. Sterkte met die voorbereiding vir die Weskusproewe begin volgende kwartaal. Foto: Facebook


36

Nuwe PHS-poste

Janeske op Curacao

Ferdie Greeff, waarnemende Skoolhoof, Lize Bartie, Gr R onderwyseres en Jorinda Coetzee, Geografie Gr 10 - 12 onderwyseres. Foto: Sanet Coetzee

Dit is altyd lekker om met 'n oud-skolier te spog. Janeske Rademan, derde van links, oud-PHS’er, wat in 2013 matrikuleer het en al op skool haar toneeltalent uitgeleef het, is tans in Tropika se Island of Treasures, Dinsdagaande om 19:30 op SABC3. Janeske en Bouwer Bosch is in die span ‘Laranje'. Foto: Facebook

Poppekas by Groenvlei

Esna Brand hou poppekas vir die leerders by Groenvlei Primêr. Die tema van die poppekas was Ja-nee gevoel. Foto: Marilee Kriel

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


37

Steynville Primêr Krieketnuus

Atletiek Prestasies

Die volgende Steynville Primêr leerders is opgeneem in die o/11 Weskus-Suid krieketspan: Tyrique Booise, Duraan Owies, Caleb Dirks en Ewen Goedeman. Hul afrigter is Cisco Strauss.

Domerick Owies is opgeneem in Clyde Daars en Jadewin Le Fleur die o/13 Weskusis opgeneem in die o/12 Weskus- Suid krieketspan. Suid krieketspan. Hul afrigter is Drikus Kirsten. Foto’s: Lucille van Louw

Hierdie drie PHS-leerders het op 14 Maart deelgeneem aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat in die Paarl. Hulle is deel van die Boland Distrikspan. Jacques Lambrechts (Gewigstoot) 4de plek, Sumari Hanekom (Hamergooi) 4de en Anika Smit (3000m en 5000m), 3de in die 5000m. Aleit Stander van PHS, regs, het 2de en 3de plekke verwerf by die WesKaap Atletiek Byeenkoms. Foto’s: Facebook

Groenvlei Krieket

Groenvlei Primêr se mini-krieketspan het hulle 3de wedstryd uit drie gewen hierdie seisoen. Foto: Marilee Kriel

D-Marco Basson van Steynville Primêr is opgeneem in die seuns o/13 Boland-span vir spiesgooi. Hy het op 7 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Elrick Anthony (Verspring) en Ruwaldo Erasmus (hoogspring) het deelgeneem aan die Boland atletiekbyeenkoms. Foto’s: Lucille van Louw


38

Fonteinfees en Pretloop

Foto’s: Marietha Goosen


39


40

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Apr 2020  

Die Piketberger Apr 2020  

Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded