__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Twee Olesens Trou

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Piet en Lindie Groet...p3 Mareza en Danie Trou...pp4,5 VLV-Nuus...pp6,7 Christa se 80ste...p SAJWV Skietdag...p19 Graadfoto’s...p22 Biblioteekweek...p24 Trapkardag Pret...p28 Goud vir Aleit...p29 Hennie se swemmedaljes...p29 Fonteinfees en Pretloop...p30

Heinrich Olesen en Candice Hart, foto bo, is op 11 November by De Uiljenes, Gansbaai getroud. Foto: Cheryl McEwan Tanja Olesen en Regard Beukes, foto regs, is op 3 Maart by Simondium Country Lodge getroud. Foto: Ronel Strauss Heinrich en Tanja se trotse ouers is Arno en Alda Olesen van Piketberg.


2

Redaksioneel Opgewonde wees is so Wow RSG luisteraars ken al Esti se stem, net so voor middagete. Of sy van migraine praat, volgehoue moegheid, bloeddruk of troeteldiere se kwinte en kwale, sy is ewe entoesiasties en klink soos 'n tevrede gebruiker met eerstehandse ervaring van die produk. Ek het al so stil-stil gewonder hoe dit moontlik is. Tog trek positiewe mense my aan en skaar ek my aan die kant van die opgewektes. Passievolle mense inspireer my. Mense het ontelbaar baie passies, kyk net bietjie om jou, dit maak hulle skoon aantreklik vir ander. Die potensiaal wat my skoonpa in 'n leë vertrek of 'n ou kar sien, die spoed waarmee my skoonma 'n ete of piekniek kan voorberei, die afwagting in my pa se wese wanneer hy enige koevert of die aandeleblad oopmaak, die genot wat my ma put uit haar vars, skoon wasgoed........dit gryp my aan, gewone dinge, oor en oor, maar die opgewondenheid is altyd daar. Luister op 'n Dinsdagmiddag half vyf en hoor Antoinette Pienaar se kennis, liefde, respek en waardering vir die natuur. Sy raak opgewonde oor stres in die lae rug, artritis in die gewrigte en kopluise, want sy kyk daarna met die verwagting van 'n oplossing. Geniet hierdie koerant, kyk met opgewonde oë en harte hoe mense nuwe dinge aanpak, voortbou op die goeie, uitbundig raak en die lewe vier. Wow! Dis Paastyd......ongeag jou persoonlikheid, jou geaardheid, jou uitkyk op die lewe, jy het rede om opgewonde te wees, want jy ken die Opgewekte Een.

Liefde Marietha

TE KOOP Allerlei ingemaakte produkte weer te koop by Piketberg Christen Skool @ R8/blikkie. Groot verskeidenheid beskikbaar. Maak gou om teleurstelling te voorkom.

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... ACVV Trippe Trappe Kleuterskool skryf… Baie baie baie dankie vir u bydrae om 'n verskil in ons gemeenskap te maak. Die Sonja en Tjokker oggend was 'n suksesvolle geleentheid en te danke aan u het ons SOVEEL kinderharte bly gemaak!! Sien foto’s op p27. KANSA Toktokkies sê dankie op p14

Huis AJL sê dankie

‘n Anonieme persoon het einde verlede jaar 'n rol gordynmateriaal aan die ACVV geskenk. Huis AJ Liebenberg wil baie dankie sê, dit is aangewend vir die eetkamer se nuwe gordyne.

Sien foto met Maria Prins en Dalena Nel.

Foto verskaf

Belydenisaflegging NG Kerk Piketberg 15 April 2018 om 09:30


3

Piet en Lindie Groet Na twaalf wonderlike jare in Piketberg, groet ons vandag met ‘n warm hart en ‘n traan in die oog. Ons het hier aangekom baie onseker oor wat die toekoms vir ons inhou in Piketberg… ons is met ope arms ontvang en van dag een af die warmte, liefde en vriendskap van Piketberg se menPiet en Lindie Jordaan se ervaar. Foto verskaf Piet het April 2006 hier aangekom en 1 Mei by Winkelshoek begin werk. Ná Piet se aftrede het hy by Huis AJ Liebenberg gewerk en die laaste paar maande by Piket Implemente. Ek self het in die Junie/Julie-vakansie van 2006 hierheen verhuis en 16 Julie 2006 (as ek die datum nou presies reg het) by Hoërskool Piketberg begin. Ek tree nou 31 Maart af. Ons sal altyd aan Piketberg terugdink met groot heimweë in ons harte en gaan ons uitsig vanaf ons stoep vreeslik baie mis – aangesien dit hierdie uitsig was wat ons elke dag laat besef hoe groot die Heer se genade is. Want as ons op ons stoep gesit het, het ons altyd aan die Heer se groot genade in ons lewe gedink – kyk ons

links na die berg herinner dit ons waar ons krag elke dag vandaan kom, en kyk ons regs af in die vlakte het ons telkens weer besef – so wyd soos die vlakte daar voor ons lê is die Heer se genade in ons lewe elke dag sigbaar. Baie dankie aan elke Piketberger wat ons pad gekruis het die afgelope twaalf jaar en ons lewens aangeraak het – ons gaan julle voorwaar mis! Ons verlaat Piketberg middel April om in Pretoria te gaan aftree by ons kinders en familie. So verlaat ons die dorp, maar sal die dorp en sy mense altyd in ons harte voortleef. Lindie het in 2007 en 2008 die uitleg van Die Piketberger gedoen. –Red.

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


4

Welkom in Koringberg

Mnr en Mev Hauptfleisch

Ds Jaco Nel en sy vrou, Karisa en klein Christopher. Hy is op Sondag 4 Maart in die NG Kerk Koringberg bevestig. Ds Jaco is ‘n gebore Vrystater met sy vorige leraarspos in Port Elizabeth. Foto: Marietha Goosen

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor. Cornel Hauptfleisch en Mareza Nortjé is op 9 Desember 2017 in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was by Nelson’s Creek Wine Estate, Paarl. Foto: Karien Nel

Nuwe Wintervoorraad beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

20 Jaar Gelede - April 1998

Voorblad: Mnr Arnold de Jager, Minister van Maatskaplike Dienste, besoek Piketberg en ontmoet verteenwoordigers van plaaslike welsyns-instansies. Alta Rossouw oorhandig namens sy departement R8000 aan Huis AJ Liebenberg. Kollig op Hendrik Albertus Cornelius Hanekom. Na 18 jaar as tuinier by Huis AJ Liebenberg, tree Jan Willemse af. Elf gesinne woon die NG Kerk se gesinskamp in Strandfontein by. Dertien vroue woon 'n Vrouedienskamp te Bridgetown by met Annelise Wiid as aanbieder uit die lewe van Ester. Deidré Eigelaar reël 'n seminaar vir familiebesighede. ABSA borg Entrepreneurs opleiding vir vroue. Kobus Eigelaar van die plaas, Achtervlei, het vir die afgelope ag jaar die hoogste gehaltetoekenning, vir die lewering van topgehalte steenvrugte aan Unifruco, verower. Nella de Klerk en Ansa Chambers wen elk R50 koopbewys van SPAR in die "Spar Vroue Dubbelspel Toernooi".


5

Mnr en Mev Richter

Danie Richter en San-MariĂŠ van Zyl is op 17 Maart in die NG Kerk Lambertsbaai getroud. Die onthaal is gehou by Grootvlei, Lambertsbaai. Foto: Elmarie Louw


6

Skilder-skrywer in die Sandveld

Annemarie Russell het onlangs haar intrek in die Sandveld, net buite Redelinghuys, gemaak. Sy is 'n kleurryke persoon met baie talente onder meer dié van skilder, skrywer en digter. Haar boek, "Dear God, this is Angela" is haar lewens-verhaal onder die naam Annemarie Basson. Voorheen het sy 'n komiese roman, "Laat Somer Liefde" geskryf. Nadat een van haar gedigte, "Lanterns langs die pad" vervat is in die digbundel "Stemme uit die Klein Karoo", is dit vir haar 'n hoogtepunt dat haar eie dig-bundel, "Carpe Diem" binnekort verskyn. Maar dis eintlik haar skilderkuns wat haar deesdae die meeste besig hou, 'n liefde wat sy van baie jongs af het. Uit haar kindertyd is dit die jare op Langebaan waar sy die gelukkigste was. Dis asof sy terug is by haar wortels en opnuut geïnspireer is tot die skep van kunswerke. Benewens swaar tye, soos beskryf in haar boek, is Annemarie ook 'n mens wat geleenthede aangegryp het wanneer dit haar toegelaat is. Haar foto album vertel die verhaal van 'n model, verslaggewer, fotograaf, vlieënier, aktrise, omroeper..........om 'n paar van haar baie ervarings in haar lewe te noem. Op haar dag was sy in die rolprente "Spanish Rose" en "My African Adventure", in 'n whirlpool wasmasjien advertensie op televisie, model in fotoverhaalboekies soos Dr Conrad Brand, Melody, Saal 10, Liefdeslied, Mark Condor, Verdwaalde Harte, Louise, Aksie Liefde en Secrets, radio omroeper en bestuurder van Radio Graaff-Reinet en fotograaf van Rapport, die Rothmans July en die Vryheidsfront. Op die sportveld het sy ook haar staal gewys en speel sy vir Natal se Sokker Vroueliga en is sy kaptein van die span wat Bo Oranje se Vroue Liga wenners was. Voorwaar 'n veelsydige mens. Iemand wat baie beleef het, baie deurleef het en baie oorleef het. Welkom in ons kontrei, Annemarie. -Red.

VLV-Piketberg

Sanet van Niekerk, Kringbestuurder, spreek die VLV toe oor Waardes wat deur ouers en grootouers aan kinders oorgedra word. Op die foto verskyn Marlize Rossouw, visevoorsitter, Alta Vos, Opvoeding en Kultuur, Sanet van Niekerk, kringbestuurder, en Louise Visser, wat namens Piketberg Leeskring die vergadering toegespreek het. Piketberg Leeskring het 42 jaar gelede vanuit die VLV ontstaan, met die stigterslede, almal VLV-lede. Foto: Marietha Goosen Annemarie Russell het onlangs haar intrek in die Sandveld gemaak. Skilder, skrywer, digter, model, verslaggewer, fotograaf, vlieënier, aktrise, is van die ervarings in haar lewe. Foto: Marietha Goosen

VLV Sirkel Weskuskonferensie

Die VLV-dames van Eendekuil wat as gasvrouens opgetree het vir die VLV Sirkel Weskuskonferensie is agter Helmien Rossouw, Antoinette Kok, Johanna Rossouw, Herma Rossouw, Helette le Roux, Jolene Mouton, Marié Grobbelaar en voor Sandra van Zyl, Kittie Krige, Henna Dreyer, Josephine Mostert en Lydia le Roux. Foto’s: Marietha Goosen

VLV Sirkel Weskus se bestuur en sameroepers vir die volgende termyn is agter Marlene Dirkse van Schalkwyk (Kunste en Handvlyt), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), Maggie Enver (Landbou en Tuinbou), Nicoline Brown (Openbare Sake) en voor Dinette Lochner (Tesourier), Marié Grobbelaar (visepresident en Opvoeding en Kultuur), Estelle du Plessis (president) en Elsabé Carstens (sekretaris). Joline Russouw (Leefstyl) verskyn nie op die foto nie.


7

Christa se 80ste

Christa Burger vier haar 80ste op 19 Februarie saam met haar kinders, Madelie Burger, Heslene Jacobs en Sulize Burger. Foto: Paul Burger

Leeskring 18 April: “Story of an African Farm” - Olive Schreiner 16 Mei: “Al wat ek weet” - Marita van der Vyver

VLV Sirkel Weskuskonferensie op Eendekuil Foto’s: Marietha Goosen


8 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Antwerpen in België help Bergrivier met water Ek gee graag vir u die nuutste feite rakende ons water-situasie. Hanlie Linde Soos u weet beleef die Wes-Kaap die ergste droogte in meer as ‘n eeu. Twee dae gelede is ‘n nasionale noodtoestand afgekondig in Suid-Afrika as gevolg van die droogte en word dit die ergste beleef in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap. En soos u elke dag rondom u kan sien, is die situasie veral erg in die Weskus. Bergrivier Munisipaliteit het nege dorpe in ons gebied waarvan ses hul eie waterbronne het wat voldoende is tans en nie met Kaapstad en ander Munisipaliteite gedeel word nie. Drie van ons dorpe word egter direk geraak deur die waterkrisis. Dit is Piketberg, Velddrif en Dwarskersbos. Al drie hierdie dorpe kry water uit die Bergrivier via die Misverstanddam. Ons doen alles in ons vermoë om dag zero so lank as moontlik uit te stel. Ons ingenieurs het goeie kort-, medium- en langtermyn planne en ons bestuur die situasie op ‘n verantwoordelike manier. Ons is ook besig om alternatiewe waterbronne te soek vir die toekoms. Ons het drie toetsboorgate gesink in Piketberg. Baie dankie aan die NG Kerk wat toestemming verleen het dat ons die eerste boorgat op hulle grond bokant die hoërskool sink. Daar het ons 18 000 liter per uur se water gekry. Dit is nie baie nie, maar dit is iets. Ons het die water weggestuur vir kwaliteitstoetse om die bruikbaarheid

daarvan te kan bereken. Met saktyd was hierdie uitslag nog nie bekend nie. Die tweede gat aan die bopunt van Kloofstraat het niks opgelewer nie en ons is tans besig met ‘n derde boorgat. Op ons huidige waterverbruik word dag zero vir Piketberg, Velddrif en Dwarskersbos bereken op 15 Mei 2018. Dit is minder as twee maande weg. Maar ons kan dag zero langer uitstel deur almal se samewerking. Ons bespaar tans 49% en daarvoor is ons uiters dankbaar. Wel gedaan aan al ons inwoners. Nou wil ons almal aanmoedig om nog ‘n ekstra poging aan te wend. Al ons inwoners gebruik nog nie minder as 50 liter water per dag nie. Ons het nou almal se hulp nodig. Ek kan met groot vrymoedigheid vir u bevestig dat die kwaliteit van ons water uitstekend is. U hoef nie gebottelde water te koop nie. Ons kraanwater is 100% veilig. Indien dit later nodig word om ‘n kook-instruksie of ‘n geen-drink-instruksie uit te reik, sal u dit deur amptelike kanale hoor. Spaar u geld vir dag zero. Kom Bergrivier, ons kan! Maar ons kan nie net nie. Ons moet! Dag zero is in ons hande. Elke druppel tel! Meld asseblief alle onwettige water verbruike aan by die volgende nommers: Piketberg 0832723850; Porterville - 0832723853; Redelinghuys 0832724130 en Eendekuil – 0832724137.

Regs op die foto staan Guy van der Veeken, Tegniese Direkteur van Heist-op-den-Berg met die sertifikaat wat aandui dat hulle 2200 Euro (nagenoeg R40 000) skenk aan Bergrivier Munisipaliteit om waterbewusmaking te bevorder. Foto verskaf

Skole heropen op 10 April Te Koop

Beesbiltong te koop heel of gekerf @R240/kg Beesdroëwors @R210/kg info@dellavita.net

Skakel Nellis Louw 083 441 4032


9


10

Blokhuis Deli Slow Food Local Food 'n Skoon nuwe besigheid, op die hoek van Lang- en Kerkstraat, het pas sy deure geopen. Vir jare was hierdie hoek bekend vir kits wegneem etes. Kyk weer, hierdie keer gebeur dinge stadig.......die hoendertjies word mooi gevoer, hulle loop rustig op die plaaswerf rond, gaan lê hulle eiers met grasie......die eienaar gaan self na die nes toe, prys haar vir haar goeie poging en plaas met dankbaarheid die produk op die rak. Dis hier waar die kliënt dit kry en tevrede die Blokhuis Deli verlaat. En moenie dink mens kry net wit of roomkleurige eiers nie, die deli se hoenders lê ook groenbloues. (Sien foto in volkleur op die internet of gaan kyk self in die deli). Dis min of meer die trant van al die produkte in die Blokhuis Deli, met die hand uitgesoek en met sorg berei. Vir die fynproewer vleisliefhebber is daar heel ontbeende varknek en varkboude, Texan steaks, beesstert en kerrievarktjops berei volgens ‘n legendariese familieresep. 'n Verskeidenheid wors is te kus en te keur: egte boerewors, volstruiswors, varkwors, sosatiewors en Russians op die ou manier gerook; tjops van Boerbok en Tweetand skape; Gemsbok-, eland-, springbok- en koedoesteaks en volstruisfillette; Sosaties: Volstruis, varknek en hoenderdy. En vir die tussen-in geknibbel, kom kies biltong, droëwors, ‘chilli bites’ en binnekort salami! En hoe sê die Karooboere, vir die groente eters is daar grootmaat hoender, sonder enige medikasie of hormone. Vir die haastige huisvrou is daar heerlike bevrore

Gielie en Louise Visser, eienaars van Blokhuis Deli saam met Betena Langeveldt. hoenderpasteie, gereed vir optel en vinnig in die oond druk. Outydse gemmer-, pynappel- en koringbier bring kleintyd herinneringe terug. Skraap die gemmerkoekies nader en piekniek is gereed. Gesondheidsbewustes sal dit geniet om vars organiese groente (seisoenaal) uit die tuin te koop. En dit wat nie vars beskikbaar is nie, is dalk net in 'n fles op die rak. Kom kyk. En wat beter om enige maaltyd mee af te sluit? Kom kyk na die verskeidenheid Baruchs koffies. En moenie namiddag se tuisgebakte beskuit vergeet nie. Almal word uitgenooi om die Blokhuis Deli te besoek, en ook te kom gesels oor produkte wat (nog) nie aangehou word nie.

Besigheidsure is Maandae – Vrydae: 8vm-5nm (12uur-12:30 gesluit vir middagete) en Saterdae 8vm-3nm. Die deli sal Sondae gesluit wees. Freddy Hirsh is ‘n sakeman wat speserye en vleisverwerkings masjinerie ontwikkel het, saam met Gielie Visser by die Deli. Foto’s: Marietha Goosen

Kontak 073 803 8651 vir slaghuis


11


12

deur Jannie Lategan

Besoek die legendariese Dawid Basson

Dit was ‘n voorreg om die 87-jarige legende by sy huis te besoek. Hy het sy loopbaan by die destydse Boland Bank Piketberg begin, daar waar Sandra Hanekom se Ateljee tans is. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan die destydse AME Skool wat naby die Hoërskool Piketberg geleë was. As 17-jarige begin hy by hierdie Bankinstelling van weleer, waar hy 47 jaar werksaam was. Aanvanklik as Skoonmaker, Tee-/ koffiemaker en ook Tuinier van die Bestuurder in die aanliggende huis. Hy het onder die bekende Bestuurder van daardie tyd Mnr Jan Rossouw gewerk en afgetree toe Mnr A P Vorster die Bestuurder was. Gedurende 1988 was hy vereer in die koerantjie, Die Scriba van Boland Bank, as een van vier persoonlikhede wat hulle hele werksloopbaan by een werkgewer deurgebring het. Hy is later bevorder as Rekenkundige en Administratiewe AsDawid Basson sistent en was veral betrokke by die liassering en saambind van boedeldokumente en ander vir die Aktekantoor. Hierdie Dawid Basson was ‘n veelsydige mens en kon die viool bespeel, kitaar, bendo-

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Die Scriba, November 1988 - Boland Bank se koerantjie. Foto’s verskaf lien, trekklavier en saxofoon, klawerbord en baskitaar. Die saxofoon het hy bekom by Carel van Niekerk. Sy vioolopleiding het hy gekry van ‘n sekere Mnr A N Pienaar wat van Malmesbury was, maar ook werksaam was by Boland Bank. Dawid en sy gesin het ‘n orkes op die been gebring en was gereeld betrokke by troues, danse en kerkfunksies. Sy orkeslede het uit vyf van sy kinders bestaan en dit was ‘n geliefde orkes en baie hoog in aanvraag. By sy aftrede na 47 jaar het Boland Bank hom vereer met ‘n spesiale das, goue horlosie en goue pen. Hierdie toekennings het hy aan van sy kleinkinders geskenk. Al tien Dawid se kinders is nog in lewe…vyf seuns en vyf dogters. Sy lewens visie is: Opregte geloof, eerlikheid en jy moet aan andere goed doen. Hy koester hoë waardering teenoor Boland Bank vir hulle bydrae tot sy beroepslewe. Benewens sy musiek talent, het hy ook ‘n kuns talent en kon daar na pragtige items wat hy eiehandig gemaak het, gekyk word. Hy het hoë lof vir die vrou van die Bestuurder van daardie tyd, Mnr Jan Rossouw, vir haar bystand om sy kunstalent te bevorder. Hy ontvang tans goeie versorging van sy jongste dogter Lauretta en haar man, Karel. Sy woorde van daardie tyd sal nog lank deur dié wat hom geken het, onthou word: “Wat kan ek vir u bring, koffie of tee?” So ‘n man verdien ‘n Saluut. Die Rubriek se mooiste wense vir veral goeie gesondheid gaan aan Dawid Basson. Dawid Basson het ook ‘n CD vrygestel met die naam THE MOUNT OLIVE GROUP BRINGS GLAD TIDINGS …deur Dawid Basson

Die volgende Piketberger verskyn op 26 April 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 April 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


13


14

Sarina se Juffrouens

Sarina Visser by haar Afrikaanse onderwyseres by Hoërskool Piketberg, Marietjie Pretorius. Hulle het mekaar in die Kaap raakgeloop. Foto verskaf Sarina Visser en haar st. 3-juffrou by PHS Elzeth (Ellis) Truter. Juffrou Truter het onlangs besoek afgelê by Sarina se ma, Christina Smit, haar jarelange vriendin. Foto verskaf

Kansa sê Dankie Dis met groot dankbaarheid aan al die goedgunstige donateurs van KANSA wat ons kan rapporteer dat ten spyte van die uitmergelende droogte wat ons tans beleef, ons ses Toktokkies, Riana Hougaard, Magda le Roux, Erica Kretschmer, Elizabeth Coetzee, Therina Swart en Suzette Fouché daarin geslaag het om verlede jaar se totale bedrag te verbeter. Hulle het R15 655 oorbetaal aan KANSA. Baie dankie! KANSA se pasiënt koördineerder is Ina Janse van Rensburg. Selnr 082 823 0393. Malmesbury KANSA-kantoor 022 482 1111. Beide die nommers kan gekontak word vir enige behoefte wat ‘n kankerlyer sou hê.

Slim Eetriglyne             

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Eet ‘n verskeidenheid kos Maak styselkos die basis van meeste maaltye Eet elke dag volop vars groente en vrugte Eet gereeld bone, ertjies en soja Gebruik maer vleissnitte, beper eierinname tot vier weekliks en gebruik vetarm of vetvrye kaas, mel en joghurt Eet meer vis, hoender en wildsvleis en minder rooivleis Eet meer veselryke kos Eet min vet Gebruik min sout Drink baie vars water (2 - 3 liters daagliks) Drink min of geen alkohol Beperk suikeragtige kos en drankies en moet dit nie tussen maaltye gebruik nie Gebruik vetarm gaarmaakmetodes soos stoom of rooster, pleks van bak, braai of panbraai Bewaar bederfbare kos in lugdigte houers in die koelkas en moet nooit kos wat ontdooi het, herbevries nie.

Datums vir Die Piketberger 2018 MEI se koerant verskyn op 26 April Stuur berigte voor 17 April JUNIE se koerant verskyn op 31 Mei Stuur berigte voor 22 Mei JULIE se koerant verskyn op 21 Junie Stuur berigte voor 12 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 26 Julie Stuur berigte voor 17 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 30 Augustus Stuur berigte voor 21 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 28 September

Stuur berigte voor 18 September

NOVEMBER se koerant verskyn op 1 November Stuur berigte voor 23 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 29 November Stuur berigte voor 20 November Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com


15

Wat sê die Reg? ‘n Hofsaak wat die Wêreld verander het Die Mensdom (?) vs Jesus van Nasaret

Jacques Ehlers

Hierdie artikel is geskryf deur Mnr. Igna Klynsmith van die program Regsake op RSG en wat gepubliseer is in sy boek Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. My dank en waardering gaan aan Mnr. Klynsmith vir sy toestemming en goedkeuring om hierdie artikel in die Piketberger te publiseer. Dit word verbatim hierin aangehaal.

(DEEL 2) “Koningsmerkers: Volgens Joodse tradisie was daar twee duidelike merkers in Jesus se optog: Die berg van konings: die optog se begin is van die Olyfberg – as die berg van konings beskou. Volgens tradisie het pasgekroonde konings dikwels hierdie roete gevolg: van die Olyfberg na Jerusalem toe. Die rydier: die profesie (Sagaria 9:9) het die verwagting gewek van ‘n koning wat op ‘n donkie kom, die nederige heerser. Dus het die optog op die oog af vir die leiers wel politieke ondertone gehad, was nie onskuldig nie en wel uitdagend. Die leiers van die tempel het natuurlik reeds geweet van Jesus se swerftogte in Judea en ook dat sy bedienings groot skares gelok het. Die tempelowerheid het

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

waarskynlik bedreig gevoel – hulle het nie uitdagende simboliek van die koning op die donkie misgekyk nie. Hulle was uiteraard nie tevrede dat Jesus ook uitstekende antwoorde gegee het op talle vrae en twisgesprekke tydens sy besoek aan die tempel nie. Jesus het veral vyande van die leiers van die tempel gemaak toe hy die geldwisselaars en handelaars wat offerdiere verkoop, verdryf het. ‘n Mens kan aanvaar dat Kajafas se boodskappers Jesus se bewegings gemonitor het. Dit was die goewerneur se taak om ander moelikheidmakers, of mense wat die vrede in sy gebied versteur, te laat arresteer. Dit moes geskied voordat dit nodig sou word vir die Romeinse weermag om in te gryp. Die ongelukkigheid van die tempelowerheid en die beroering wat Jesus veroorsaak het, het na my mening tot Jesus se arres gelei. Die inhegtenisname: Enige arres by die tempel sou probleme veroorsaak het weens die gearresteerde se gewildheid. Gelukkig vir Kajafas het die ontnugterde separatiestiese dissipel, Judas Iskariot, teen betaling van 30 sikkels silwer die soldate na die tuin van Getsemane begelei. Daar is Jesus sonder enige teenstand in hegtenis geneem. Die verhoor Wanneer ‘n mens Jesus se verhoor ondersoek, vind jy dit het in fases plaasgevind. Eerstens is Hy geneem na ‘n groep priesters van die Sanhedrin onder voorsitterskap van Kajafas. Daar is Jesus ondervra, onder andere deur Annas, die skoonvader van Kajafas, in ‘n poging om gronde te probeer vasstel waarvoor hulle Hom aan die Romeinse owerheid moet uitlewer. Die Sanhedrin het Jesus reeds tydens sy verskyning voor hulle aan godslastering skuldig bevind. 1 Klynsmith I Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. 1ste Uitgawe (Naledi 2014)


16

BergMun skenk Bloed Bergrivier Munisipaliteit wend ‘n groot poging aan tydens Maartmaand se bloedskenkdag. Twaalf nuwe skenkers is gewerf. Dis ‘n aansienlike verbetering. Kom Piketberg, ons kan!

Foto’s verskaf deur Terry-Ann Wessels

Op die rakke van die Biblioteek Die Vrou in die Blou Mantel deur Deon Meyer

In 2015 nooi die Nederlanders Deon Meyer uit om hul geskenkboek vir die 2017 Spannende Boekeweek te skryf en dié novelle is die resultaat. Meyer doen weer eens sy naam gestand as meester in sy veld, maar hy verras Bespreking deur 'n stuk Nederlandse geskiedenis te deur verweef met 'n verhaal wat hom afspeel in Sarie du Toit 'n droë Wes-Kaap. Hierdie is ongetwyfeld 'n spanningsverhaal. Vanaf die eerste bladsy voel jy dit. Iemand hardloop vir sy lewe, iets gaan gebeur. Dié spanning bereik 'n klimaks, nie met 'n moord nie, maar met 'n geweldige ontploffing. Soos altyd is daar volop humor om die spanning te breek. Met Meyer se dialoog hoor 'n mens ook die tipiese Kaapse Afrikaans Mohammed 'Love Lips' Faizel is aan die woord. "Hulle kom hie' in en hulle tune my: 'Lips, hie's die vrou innie blou."' "En ek vra elke keer: 'Wat meen jy, die vrou innie blou?'" "En dan tune hulle my: 'Nee, die grapevine sê da's groot geld innie vrou innie blou.'" Bennie Griessel en Vaughn Cupido is weereens 'n gedugte span. In Vaughn se eie woorde, die yin en die yang van die Hawks, Batman en Robin. Bennie is gereed om sy verhouding met Alexa 'n trappie verder te neem, maar tipies Griessel, op sy eie voorwaardes, want hy vóél, soos altyd, die finansiële knyptang. Ons kry 'n kykie in die meestal onbekende wêreld van die internasionale kunsgemeenskap, die enorme bedrae geld wat ter sprake is en die gierigheid wat daarmee saamgaan. Meyer gebruik tydsverloop baie slim as 'n verdigsel in hierdie verhaal. Hy hou die leser aan die raai tot by die klimaks van die boek. Die storie neem dan 'n verrassende en onverwagse wending. Een waarin die huidige droogte, wat ons tans in 'n wurggreep het, 'n integrale rol speel in die ontknoping van dié raaiselverhaal.

Kiekies en foto’s

Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

11 Mei 13 Julie 14 September 9 November

In die algemeen word daar gesê dat amateur fotograwe kiekies neem en professionele fotograwe neem foto’s. Die woord “kiekie” kom van ’n Nederlander, Israel Kiek, wat in 1855 ’n sigaarwinkel in Leiden geopen het. Kort hierna begin hy om beelde op kamera vas te lê. Kiek het nege kinders gehad waarvan vyf fotograwe geword het. Israel Kiek het baie formele portretfoto’s geneem, maar veral bekend geword vir groepfoto’s wat hy van studente geneem het. Die woord “foto” kom van die Griekse woord “photos” wat “lig” beteken. Die Griekse woord vir “skryf” is “graphein”, daarom is ’n fotograaf iemand wat met lig skryf. Die woord “fotograaf” is die eerste keer in 1830 gebruik. Die woord “kamera” kom van die Latyn “camera obscura” wat “donkerkamer” beteken. In die outyd is ’n kamer donker gemaak en lig slegs deur ’n klein gaatjie in een muur ingelaat. Die gevolg was dat ’n omgekeerde beeld van die toneel aan die buitekant op die afgewitte muur regoor die gaatjie gevorm het. Hierdie tegniek is vir eeue gebruik om na sonsverduistering te kyk, sonder om die oë te beskadig. Teen die sestiende eeu is dit ook gebruik as ’n kunstenaars hulpmiddel. Die model is buite in die son geplaas en die skets is dan op ’n vel papier binne -in die donkerkamer afgeteken. M.A.A.N – S


17


18 Residensiële Fasiliteit vir Ouer persone: Huis AJ Liebenberg, Piketberg

Aansoeke word ingewag vir ‘n Halfdagpos vir die volgende betrekking:

BOEKHOUER/REKENKUNDIGE BEAMPTE 

Pligte behels o.a. * Boekhouding * Opstel van begroting * Salarisadministrasie * Befondsingsaansoeke * Losiesinvorderings * Bateregister * Administrasie van toelae

Posvereistes

* Rekenaarvaardig met kennis en ervaring van: Pastel, VIP, Payroll, Word, Excell, Easyfile en E-filing * Tweetalig: Afrikaans en Engels * Geldige rybewys

Aanbeveling

* Toegewyde persoon met liefde vir bejaardes en goeie menseverhoudinge

Navrae

* Bestuurder

Diensaanvaarding

* 1 Mei 2018 (of spoedig moontlik)

Sluitingsdatum

* 13 April 2018

Telnr 022 913 1228 / 083 507 7268 * Stuur volledige CV aan faksnommer 022 913 1228 Epos: hoofajltehuis@xsinet.co.za

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

Hamburg, Duitsland. Ons het uiteindelik veilig daar aangekom die Vrydagaand om 12uur. Dit is stikdonker, ons is klaar omgekrap oor als wat verkeerd geloop het en al wat ons weet is dat ons hotel ’n uur en ‘n half se stap van die bushalte af is. Dankie vir taxi’s. Hier is taxi’s nie minibusse wat glo dat al die paaie aan hulle behoort nie, nee, dit is BMW-/Audi-motors wat heerlik warm binne is en presies die teenoorgestelde van Suid-Afrikaanse taxi’s. Dit was toe ons uitweg na ons hotel. Die Saterdag het ek en my vriendin die dorp letterlik plat geloop en behoorlik rooi geverf. Martin Luther se standbeeld het ons gaan besoek en ook die Ellophiharmonie museum. Verder het ons “sightseeing” gedoen. ‘n Besoek aan die Hard Rock Café was nog altyd een van my drome en die middag het ons daar iets gaan drink en die mooiste uitsig gehad oor die hawe van Hamburg. Ons dag is afgesluit met ‘n bootreis deur die hawe. Dit was baie mooi, maar ons het niks verstaan wat die toergids sê nie, want hy het Duits gepraat. Ek het wel probeer kommunikeer met van die Duitsers, maar sonder sukses. Dié waarmee ek wel gepraat het, kan nie Engels praat nie en nog minder verstaan, hulle praat slegs Duits en van dié kan ek NIKS verstaan nie. Die Sondag oppad terug na die bushalte stap ek en my vriendin met ons rolkoffertjies (soos die Nederlanders dit noem) en doen ons laaste “sightseeing” deur Hamburg. Dit was ‘n wonderlike leer ervaring. Hier in Nederland tree ons nou die winter uit en is op pad na Lente. Die afgelope paar weke was dit so koud dat die mere se water gevries het en baie mense het daarop gaan skaats. Temperatuur was tot en met -12 met boonop sneeu! Nou begin my beplanning vir ons reis na Parys, Frankryk. “Geniet van het leven. Het is immers geen repetitie.”

Die MEI-uitgawe van Die Piketberger verskyn op 26 April 2018 Stuur berigte voor 17 April Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com


19

SAJWV Suksesvolle Skietdag SA Jag en Wildbewarings Vereniging [SAJWV] Weskus Piketberg [Satelliettak] het weer ‘n groot skiet aangebied te Meintjieskraal op 3 Maart 2018.

Die dag is bygewoon deur SAJWV, Kwagga klublede, boere, juniors en baie bekwame skuts van oor die Weskaap heen, so ver as Caledon asook Swellendam. Die doel van hierdie skietoefening, wat aangebied is deur lede van SA Jagters en Wildbewarings Vereniging [SAJWV] vir jagters, is die skiet van een skoot (doodskoot) in die jagveld. Die verantwoordelike jagter moet sy beperkinge ken, in terme van skietvaardighede in die jagveld. Hierdie kennis en vaardighede word net opgedoen deur gereeld te oefen en verantwoordelike optrede [toepassing van gesonde oordeel] in die jagveld. Die skuts het letterlik gesweet op ‘n lekker Piketberg somersdag, om die tabelle te klop met die toekenning van ‘n balkie. Die juniors het hulself ook laat geld en het groot pryse huis toe geneem. Al die uitslae en meer foto’s kan gesien word op ons dorp se eie webadres by www.piketberginfo.co.za. Hier kan jy meer inligting bekom

en die kalender ook volg om die volgende skiet by te woon. Gaan in by “aktiwiteite” en kliek op SA Jag en Wildbewaringsvereniging - gaan kyk gerus wat jy gemis het. Hierdie skietdag sou nie moontlik wees sonder borge wat die dag moontlik gemaak het in hierdie moeilike tye nie. Die bestuur en lede het ook hard gewerk om dit suksesvol aan te bied.

Ons bedank graag die borge en vertrou dat hulle goed ondersteun sal word. BORGE: Safari and Outdoor • Caltex [Piketberg Fuel] • Cash Crusaders Malmesbury • Action Ford Citrusdal • Winkelshoek Piketberg • Platkloof Boerdery • Kaap Agri Piketberg Enige belangstellendes kan André Kennedy skakel om meer van SAJWV aktiwiteite uit te vind : 022 - 913 1939.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


20


21

Mnr en Mej PHS word Gekroon

Hierdie 20 leerders het op 27 Maart deelgeneem aan die Mnr en Mej PHS kompetisie. Ten tyde van die kompetisie was die koerant reeds by die pers. Die Piketberger publiseer volgende maand die wenners. Kyk intussen op PHS se Facebook-blad. Foto: Rina Engelbrecht


22

B Ed Graad vir Anmari

Besige Bytjies word Klein Klitsies

Anmari Hugo, Geografie onderwyseres by PHS, het haar B Ed graad (Senior– en VOOfase) verwerf aan die Universiteit van Potchefstroom (NWU). Baie geluk aan hierdie Puk. Foto verskaf

Estelle kry Graad

Estelle (Lambrechts) Prinsloo, oud-leerder by PHS, het benewens haar Educare kwalifikasie, pas haar B.Ed graad aan UNISA ontvang. Estelle is skoolhoof en graad R-onderwyseres by Little Camelot in Table View. By haar is haar ma, Urica Lambrechts en haar ouma, Esther Thiart. Foto verskaf

Stuur foto’s van prestasies na diepiketberger@gmail.com Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Op die foto is Magdel Bouwer, wat Besige Bytjies se leisels oorneem by Mirina (Liebenberg) Engelbrecht, wat die skool in 2016 begin het. Vanaf 1 April sal die skool, op die hoek van Loopstraat en Eikelaan, se naam Klein Klitsies wees. Bo-oor en voor en langs hierdie twee liefdevolle juffrouens is 'n paar van die jong kleutertjies, Leon van Niekerk, Katya van Deventer, Keanu Carstens en Mila Visser. Foto: Marietha Goosen Besige Bytjies Bewaar- en Kleuterskool gaan, sedert sy deure geopen het in Januarie 2016, steeds van krag tot krag. Vanaf 1 April, en dis nie 'n Aprilgrappie nie, word die babas en kleuters van Besige Bytjies Klein Klitsies, wanneer hulle naam verander en hulle 'n splinternuwe eienaar en juffrou kry. Magdel Bouwer het die skool oorgeneem by Mirina (Liebenberg) Engelbrecht, wat die skool begin en uitgebou het tot 'n onmisbare veilige hawe vir kinders van babatyd tot en met vyf jaar oud. Op die hoek van Loopstraat en Eikelaan gaan dit soms doller as dol wanneer klein klitsies gelyk honger is, vaak is, behoefte aan 'n skoon doek het, wil buite speel, wil liefde hê of net opgetel wil word. Vir hierdie taak is Magdel Bouwer in die wieg gelê en die Here het haar al die pad van Warmbad af gestuur, saam met haar man, Nico, wat by Agricol werk, en hulle 8-jarige dogter, Beané (sien foto). Nadat Magdel vir ses jaar haar eie onderneming, Klein Klitsies in Letsitele Magdel se gesin, Nico Bouwer gehad het, was sy en Beané. vir vyftien jaar werksaam by 'n kleuterskool, Bosveldspruitjies in Warmbad. Dit was vir haar 'n groot gemis en leemte, toe sy begin vanjaar Piketberg toe verhuis. Sy is opgewonde oor haar nuwe uitdaging, aangesien sy 'n passie vir onderwys het. Sy lees graag oor nuwe tendense om kinders se denke te bevorder, hulle vaardighede te stimuleer en hulle tot hoër hoogtes te motiveer. Om die vlak van aanbieding te verbeter en aan te sluit by die ontwikkelingsvlak van kinders, is by haar prioriteit en sy sit alles in om sukses te bereik. Besige Bytjies groet nie net 'n liefdevolle, hardwerkende en passievolle juffrou Mirina nie, maar Klein Klitsies verwelkom 'n toegewyde, hardwerkende en passievolle juffrou Magdel.


23


24

Biblioteekweek

Voetspoortjies Kinder Akademie

Vanaf 19 Maart tot en met die skool sluit vir die Aprilvankansie was dit Biblioteekweek, wat oa beteken dat alle laat boeke met 'n geruste hart teruggegee kan word sonder 'n boete. Die personeel van die Openbare Biblioteek gaan op kreatiewe maniere te werk om die biblioteek toeganklik en vriendelik vir mense te maak. Verskillende kleuterskole word besoek en groepe kinders besoek ook die biblioteek vir storietyd en speletjies. Plekke wat hulle met boeketrollies besoek, is koshuise, die kliniek, Huis AJ Liebenberg en Radie Kotze hospitaal. Van agter antikloksgewys is Gerna Croeser, Crazentia Strauss, Carmen van Wyk, Genevieve Stuurman, Viyouneffer Simpson en Jacques Koordom. Foto’s: Marietha Goosen

Voetspoortjies Kinder Akademie se Personeel is Bianca Jordaan, Rachel Boois, Michelle du Toit, Carmelitha Daniels, Lerine Fourie en Irene Visagie. Foto’s: Marietha Goosen

Die biblioteek sit plakkate op om hul diens te adverteer. Dit is deel van Biblioteekweek.

Voetspoortjies besoek biblioteek vir Stories, speletjies en puzzles bou.

In 2015 het die behoefte ontstaan vir ‘n Gr R klassie. Na vele oorwegings het ons op die die naam Voetspoortjies besluit. Ons loop elke dag en laat voetspore agter waar ons gaan en so moet ons in die Here se voetspore volg en ons kinders lei. In 2016 het Voetspoortjies Kinder Akademie sy deure oopgemaak vir die eerste 10 leerders in ‘n vertrek by die Coetzee Ateljee. Die behoefte aan ‘n groter perseel het egter ontstaan en ons het verhuis na ‘n perseel by Piketberg Christen Skool. In 2017 het ons twee klasse gehad waarvan een ‘n Gr R-klas was en die ander ‘n gekombineerde klas met peuters van 2-jaar 6 maande tot 4-jariges. Nou staan ons in die begin van 2018 met drie klassies, Gr R, Gr RR en ‘n peutergroep. Daar is tans drie gekwalifiseerde onderwyseresse met drie assistente. Ons bied ‘n veilige, opvoedkundige hawe waar kinders kan kom leer en groei in hul menswees. Ons het halfdag asook voldag leerders en ‘n paar kinders wat van die nasorg gebruik maak. Ons open in Januarie saam met die skole en sluit eers weer ons deure op 15 Desember vir ‘n paar weke. Ons is skoolvakansies oop vir dagsorg. Voetspoortjies Kinder Akademie wil die Piketberg gemeenskap bedien met kwaliteit onderrig deur ‘n beleid te volg van klein klassies. Dit verseker individuele aandag sodat elke leerder sy volle potensiaal kan bereik.

Die Voetspoortjies Kinder Akademie se peuters en kleuters.


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

Joané Eerste in Uithou Joané Wilkens van PHS het aan ‘n 80km perdry uithourit te Darling deelgeneem en 1ste plek behaal in die Junior afdeling. Sy is ook aangewys as Algehele wenner. Foto: Rina Engelbrecht

PHS Fotografieklub

PHS het ‘n fotografieklub gestig onder leiding van Rina Engelbrecht, wat vir sewe jaar ‘n professionele fotograaf met ‘n studio was. Hulle het ‘n beginnerskursus gedoen en die leerders word bespreek vir alle aktiwiteite om sodoende seker te maak dat alle aktiwiteite dekking kry. Daar is tans ‘n groep van vyftien opkomende fotograwe.

Jac 8ste in IGO Jac Goosen het in sy matriek eindeksamen 97% behaal vir Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO). Daarmee behaal hy ‘n agste plek op die Wes-Kaap ranglys.

Foto deur Conli Halvorsen

“PHS, jou voorkeurkeuse vir uitsonderlike opvoeding, lewens voorbereiding, en ‘n voorsprong op universiteit.” -Jac. Foto verskaf

SPAAR WATER

Rolbal vir Alle Ouderdomme

Willem Burger en Michael West. Foto: Jannie Fouché

Op 2 Februarie het Piketberg Rolbal en De Hoek die eerste informele toernooi saamgespeel. Spanne, saamgestel uit alle lede, het teen mekaar meegeding. Twee spelers het die oog gevang deurdat hulle ouderdomsverskil 87 jaar is! Willem Burger (93) en Michael West (7) was in verskillende spanne ingedeel en het die span van Willem, Michael se span met een punt gewen. Michael het ook ontpop as ‘n gereelde speler op Woensdagaande. Die klub maak nou voorsiening vir werkende mense deurdat ons op Woensdagaande vanaf 18h00 speel.

Kontak gerus Jannie Fouché (022 - 913 1575) of Deon van Dyk (022 - 913 1529).

Foto – deur Frederik Kotze

Kunstige Dokter

Dr Pieter Bruwer staan saam met Mnr Quinton Engelbrecht, skoolhoof, voor die pragtige mure van die Grondslagfase. Die spog kunswerke is geverf deur hierdie talentvolle dokter. Saam op die foto is Gr3 leerlinge. Foto: Rina Engelbrecht


27

Sonja en Tjokker by Trippe Trappe

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

022 913 1600 / 022 913 2075

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

Sien dankie-sê briefie op p2. Links, Sonja Herholdt en Laurette Burger. Die pappas wat verhoog toe geroep is, is Arend de Waal en Carel van Niekerk, (sien foto bo). Foto’s: Marietha Goosen en Gerda Lambrechts

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


28

PHS se Trapkardag Sorg vir Hope Pret

PHS se Trapkardag was hope pret en is tbv PHS se kulturele aktiwiteite, soos Drama, aangebied. Baie dankie aan die volgende borge: Piketberg Mediese Sentrum * Piketberg Apteek * Agrisell * Karsten Boerdery * Winkelshoek * Dr Sam Scheepers * Spur Grill & Go * Anderson, Nel & Kie Prokureurs * Efficient Wealth * Raimondi’s * Dup Meubels * Anonieme Borge 1000 Dankies! Foto’s: Marietha Goosen

Foto: Yolanda Crous


29

Goud vir Aleit by SA’s

Janke Top Wes-Kapenaar by SA’s

Aleit Stander het op 16 en 17 Maart deelgeneem aan SASA te Paarl en het Goud verower vir verspring (4,51m) en Brons vir Aflos. Hierbo is Aleit met sy ouers, Sanet en Jannie Stander en sy afrigter, JJ Benn. Foto: Rina Engelbrecht

Janke van Schalkwyk het op 23 en 24 Maart deelgeneem in Potchefstroom aan die 400m naelloop waar sy 5de geëindig het en die 400m hekkies waar sy vierde geëindig het. Janke is die vinnigste in die Wes-Kaap 400m M17 in naelloop en hekkies. Hier is Janke saam met JJ Benn en Marina Eksteen (afrigters) en haar ouers Sanet en Dirk van Schalkwyk. Foto: Rina Engelbrecht

Tiaan na Boland

Tyrique na Wes-Kaap

Hennie swem medaljes los Die 6-jarige Hennie Pretorius, Graad 1-leerder by PHS en lid by Swartland Swemklub, het by 'n onlangse gala op Porterville drie medaljes gewen: Goud vir Borsslag, Goud vir Vryslag en Silwer vir Rugslag. Swem, Hennie, Swem! -Red. Foto: Marietha Goosen

Tyrique Booyse is Tiaan Cooper het opgeneem in die deelgeneem aan die Bolandspan wat op Boland Atletiekkampioen3 Maart 2018 in skap te Dal Josafat Oudtshoorn aan die Stadium, Paarl. Hy het 'n Wes-Kaap kampioenskap 7de plek behaal. deelgeneem het. Baie geluk Tiaan. PCS is Steynville Primêr is baie baie trots op jou. trots op hom. Foto verskaf Foto verskaf

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

PHS Kansa Shavathon Shavathon was ‘n groot sukses, die skoolhoof asook personeel het deelgeneem. Anke Schreuder is hier besig om ‘n leerder se hare te spuit in pragtige kleure. Foto: Rina Engelbrecht


30

Fonteinfees en Pretloop Geniet deur Almal Foto’s: Marietha Goosen


31


32

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Apr 2018  

Die Piketberger Apr 2018  

Advertisement