Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2017

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Medalje en Cum Laude vir CP vdM CP van der Merwe, oud-leerder van PHS, het einde 2016 die graad BScAgric met Cum Laude (Grondkunde en Hortologie) verwerf. CP het ook die Prof PA van der Bijl-medalje ontvang vir beste student in Grondkunde en Hortologie. Vroeër het hy ook die Ballie Wahlmeriete toekenning ontvang. Die toekenning is vir die beste derdejaar student in die sitruskursus wat deur die Departement Hortologie aangebied word. CP is die derde ontvanger van hierdie toekenning. Hy is tans Kwekerybestuurder by Stargrow. Foto verskaf Voorwaar ‘n puik prestasie. Baie geluk –Red

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Zana se eerste CD...p4 Nuwe ds vir Aurora...p4 ‘n Vyfde A vir PHS...p6 Jeanine de Ruyck 80...p9 Kobus, Erina groet...p10 Schreuder enAnnie trou...p11 Francis Smile oppad na Ironman...p14 Tolkens vier 50jaar...p19 Fritz van Wes-Kaap na Oos-Kaap….p22 Sportsterre...pp22, 28


2

Redaksioneel Fritz leer my speech

Als gebeur vinnig, te vinnig. Fritz gaan weg en ons hou afskeid. Reëlings word so vining moontlik getref. Soos enige verrassingspartytjie weet die belangrikste een van die geleentheid niks. Met Fritz geen uitsondering, hy is hier om iets te kom kyk, ‘n prent of ‘n ding. Die deur gaan oop en almal sing “For he’s a jolly good fellow, for he’s a jolly good fellow, for he’s a jolly good fel-low…..and so say all of us…..” En is hy nie a jolly good fellow nie. Fritz kliek onmiddellik wat aangaan en lyk in sy skik oor die hele aangeleentheid. En soos ‘n wafferse ou ‘op die spot’ word hy aangepor: Speech speech! Fritz was nog nooit bang vir speech nie. Na ‘n vinnige handveeg oor die gesig om die gedagtes te orden, met hande ineengevou, kom die beste speech wat ek in ‘n lang tyd gehoor het: “Baie dankie dat julle almal vandag hier is. Ek het gister klaar gegroet by Alta Du Toit in die Kaap. Ek gaan môre Oos-Kaap toe.” Waar is jy nou? Waarvandaan kom jy? Waarheen is jy oppad? (Lees meer oor Fritz se planne op p24)

Liefde Marietha

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

Marietha Goosen

Suzette Fouché skryf… Ons dorp, Piketberg, het die afgelope paar maande bygedra tot KANSA se Toktokkie-veldtog en die reuse bedrag van R14,550 is ingesamel. Aan elke vrywilliger, Therina Swart, Carine Hougaard, Trudie van Schalkwyk, Magda le Roux, Elizabeth Coetzee en Riana Hougaard my hartlike dank vir jul ywer. Dié vrywilligers het baie tyd bestee om ons donateurs te nader en ons is baie dankbaar dat hulle hulle sakke vir hierdie goeie saak geskud het. Hierdie veldtog word jaarliks herhaal en duur ‘n hele paar maande. Indien enigiemand dit in hul harte voel om ‘n bydrae vir KANSA te maak, dink daaroor en sit ‘n geldjie opsy vir die volgende insameling.

KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) is ‘n organisasie wat in 1931 gestig is en deur vrywilligers gedryf word. Hulle ontvang minimale staatsbefondsing en maak staat op skenkers, borge en hulle eie fondsinsamelingsinisiatiewe. Bo en behalwe hulle deurlopende navorsingsprogramme, bied KANSA ‘n groot verskeidenheid gemeenskapsdienste soos die fasilitering van pasiëntedienste; ‘n tolvrye inligtingsdiens; berading; dagsorgsentra; tussentuistes en vrywilligerdienste. Hierdie dienste word aan alle kankerpasiënte verskaf, ongeag hulle geloof, affiliasie en sosiale omstandighede. Die ruimhartige skenkings wat tydens KANSA se jaarlikse Toktokkie-veldtog ingesamel word, word vir hierdie noodsaaklike dienste gebruik en om broodnodige gesondheidsbevordering en opvoedkundige programme te verskaf aan alle gemeenskappe in Suid-Afrika. Kanker is ‘n vername oorsaak van sterftes dwarsoor die wêreld. In Suid-Afrika kan een uit vier mense ‘n kankerstatistiek word in hul leeftyd. Gesonde leefstylkeuses soos om ‘n gesonde dieet te volg; gereeld te oefen; SonSlim te wees; nie te rook nie; gereeld selfondersoek te doen en kliniese toetse te ondergaan, kan die risiko van ‘n kanker aansienlik verminder en jou lewe verleng. Vroeë opsporing verhoog die kanse op suksesvolle behandeling aansienlik. Vir meer inligting, skakel KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of besoek www.cansa.org.za

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Briewe van ons lesers...

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com


3


4

Zana skryf self op eerste CD 20 Jaar Gelede - April 1997 Aprilgrappie op Voorblad: Wolfgang Gruber van EUROFARM stel ondersoek in aangaande die aanplant van ‘n enorme geelwortelplaas, oos van die N7. Carel van Niekerk sal die masjinerie vir die aanleg bou. Frank Scheun behaal ‘n eerste plek in driesprong by die Weermag se SA Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein. Carolina Visser, oudste inwoner van Huis AJ Liebenberg word op 20 Maart 97. Piketberg Blom– en Tuinbouklub olv Marguerite Smit en Marcelle Ellis, het ‘n praatjie oor Bonzai aangebied. Woekerpogings is aan die gang vir die VG Kerk se gemeentekermis op 3 Mei. Erfdeelplaas van MC Kitshoff spog met ‘n trekkerdrywer, Jan Smit, oftewel Langman, wat reeds 30 jaar diens doen. Die trekker wat hy bestuur, het ook 30 jaar diens. MC Kitshoff se plaas, Erfdeel, is verkoop. Sy vrou, Hanlie Kitshoff, bly steeds die eienaar van Perskepot Boutique. Haar helpers Hannatjie Steenkamp, Hester Smit en Slampie van Rooy sal voortbou op Perskepot se unieke styl. Volkskasbank op Piketberg ondergaan tans ‘n algehele opgradering. Die NG Kerk het ‘n geslaagde verskeidenheidskonsert aangebied. Die uitstekende klank is behartig deur Arno Olesen.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Zana Vorster, 16-jarige leerder by PHS, het onlangs as jong en nuwe kunstenaar haar eerste CD-bekendstelling in Citrusdal gehou. Sewe van die twaalf liedjies op haar CD het sy self geskryf. Haar liefde vir musiek kom reeds van ‘n vroeë ouderdom. Sy het aan verskeie talentkompetisies deelgeneem soos Gemini en Barnyard en in April 2015 behaal sy ‘n algehele derde plek in Antonie Bougas se landswye “Solis van Christus”kompetisie wat op TV uitgesaai is. In Februarie 2016 tree sy tydens een van Elvis Blue se konserte op, wat ‘n groot eer en prestasie is. Riaan Steyn van Traxtudio, Barnyard Willowbridge, het van haar liedjies opgeneem en was so beindruk met haar unieke stem dat hy vir haar ‘n CDkontrak aangebied het. Zana se familie is besonder dankbaar vir hom wat haar potensiaal raakgesien het en haar drome waar maak het. Haar CD se naam is Zana …. “Kom ons skryf ‘n storie…” Dit word versprei na Europa, Australië, Namibië en Suid-Afrika en sal vanaf einde Maart op Musica winkels se rakke verskyn. ’n CD bekendstelling sal binnekort vir Piketberg gereël word.

Nuwe Era vir NGK Aurora Ds Bossie en Antoinette Muller is op Sondag 5 Februarie bevestig in die NGKerk Aurora. Hulle verwelkoming was op dieselfde dag. Mag hulle gelukkig wees in Aurora en Ring van Piketberg. Foto: Vrydagnuus

Goedverwacht Blommemark Vind plaas op 15 April in Goedverwacht by die Toerisme Inligtingskantoor. Blomme word vooraf bestel en op 15 April om 7h00 die oggend afgehaal.

Kontak 083 872 7149 of 073 957 3549.


5

2de Rolstoel met Tops & Tags Danksy die inwoners van Eendekuil en Piketberg se getroue bymekaarmaak van plastiek bottelproppies en broodtags, kon ‘n tweede rolstoel bekom word. Hierdie keer is dit geskenk aan die personeel van Home Based Care. Hier ontvang Margie Simpson, KoĂśrdineerder, en Michael Booyse, Bestuurder, die rolstoel. Foto: Marietha Goosen

Die volgende VLV Gesondheidvergadering is op 11 Mei om 09h30 in die Biblioteeksaal. Hou die plakkate en VLV fb dop vir meer besonderhede. Die takkompetisie vir gebak is: mikrogolf wortelkoek muffins en sjokoladerolkoek met versiersuikervulsel. Almal is welkom. Kom ontmoet nuwe vriendinne

Somersuitverkoping Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6

Piet Eerste Prins

Piet Liebenberg, tweede van links, het by die Mnr en Mej HTS Drostdy op Worcester, die titel Eerste Prins verower. Saam met hom van links is Nola Mulder, Talana Fourie, Juan Oliphant, Maryka van Deventer en Jacques Mostert. Foto: Abri Bothma Photography

2016 die Van Heerdens se Jaar

Benjamin

Naomi

Wanneer 1ton papier herwin word, bespaar dit 15 bome, 2,5 vate olie, 4132 kW elektrisiteit, 118555 liter water en word verhinder dat 26,8kg besoedelde lug die atmosfeer bereik.

NG Kerk Eendekuil Gemeentefees en Pretstap Saterdag 22 April 2017 Catherine van Heerden en Vicus Janse van Rensburg

Pretstap vir oud en jonk, fikses en onfikses, vir almal wat hou van die natuur! Twee roetes: 2km en 5km Daar sal waterpunte wees, maar bring ook jou eie water saam. Kom ondersteun ons eerste pretstap!

16:00 Inskrywing by NG Kerksaal: R5 vir skoolgaande kinders, R10 vir volwassenes en voorskoolse kinders gratis 16:30 Staptog begin 18:00 Opening van basaar en verkope: Kindertafel en speletjies, Tombolatafel Te koop: Koffie, tee, koeldrank, tuisgebakte brood, koek & tert, beskuit & koekies, pannekoek & poeding, vars- en gebottelde plaasprodukte Vanaf 19:30 – Koop kos, eet en kuier lekker saam! Daar is hamburgers, boereworsrolle, hoender- en beessosaties, wors, slaaie en roosterkoek

2016 was ‘n baie spesiale jaar vir die Van Heerdens van Aurora. Benjamin, oud PHS’er, het sy BSc in Bosbou aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en Naomi het, nadat sy van haar matriekvakke laat hernasien het, pas gehoor dat sy die vyfde A-gemiddelde kandidaat van PHS se 2016-matrieks is. Catherine Jane het haar B.Ed.-graad in Vroeë Kindontwikkeling aan Chimnae Universiteit (Daejeon, Suid-Korea) behaal. Tot groot vreugde van haar familie, het haar vriend, Vicus, haar oortuig om terug te kom Suid-Afrika toe. Catherine Jane, Benjamin en Naomi Corné het in 2008 na Suid-Korea vertrek en was in Koreaanse skole waar hulle al hul vakke in Koreaans moes doen. Hulle moes vinnig leer om die taal te verstaan, te praat en te skryf. Hulle moes ook leer om avontuurlik te wees tov die kultuur en kos. Hul grootste lewensles was egter hoe die Koreane respek betoon. Iets waarna hulle soms verlang, is die uitstekende en veilige openbare vervoer, die KTX-treine wat 300km/h en vinniger kan ry en stiptelike inter- en intra-stedelike busdienste, en tweede vinnigste internet in die wêreld (48.8 MBp/s). Dit was ook 'n voorreg vir hulle om betrokke te raak by die versorging van perde op 'n nabygeleë perdeplaas en meestersballonkursusse, dansklasse en barista- en sjokolateurskursusse te doen. Benjamin en Naomi het sedert hulle terugkeer na SuidAfrika in 2011 en 2014 by PHS ingeskakel. Hierdie drie jongmense se ouma is Jane van Zyl van Aurora. Foto’s verskaf


7


8

Sterilisasies is ‘n wen-wen

‘n Seuntjie sit by sy hond nadat sy een van die 52 diere was wat op 22 Februarie tydens 'n sterilisasiedag gesteriliseer is. 40 Katte en 12 Honde is op hierdie dag gesteriliseer. Baie dankie aan almal wat deur middel van donasies 'n bydrae gemaak het. 'n Spesiale dank aan die boere en maatskappye wat hul werkers se diere ingebring het en die koste van die sterilisasies gedra het. Baie dankie aan Dr Roos en haar span wat lang ure werk om almal te help, gedryf deur hulle werklike liefde en passie om die diere van hulpbehoewende mense te help. Baie dankie ook aan die span vrywilligers wat gehelp het. Dankie aan Beryl-Ann Animal Outreach Piketberg vir al haar reëlings. As ons kan voortgaan met hierdie sterilisasiedae, sal die aantal ongewenste en verwaarloosde diere aansienlik afneem. Foto: Katinka Morrison Dankie aan jou, Katinka. –Red.

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Mense vra my gereeld of ek in die groot of klein doop glo. Die antwoord op hierdie vraag sal duidelik word hieronder. Die woord “doop” word partykeer letterlik gebruik en ander kere figuurlik. In beide gevalle beteken die woord onderdompeling (of “immersion” in Engels). Laas maand se artikel was ’n inleiding tot die doop en wat dit beteken om in die liggaam van Christus gedoop te word (die figuurlike betekenis). Vandag gesels ons oor die waterdoop en die letterlike betekenis daarvan. In Handelinge 8:26-40 lees ons van ’n staatsamptenaar van die koningin van Ethiopië wat op sy terugreis was na sy aanbidding in Jerusalem. Hy was besig om van die profeet Jesaja te lees en Phillipus, wat naby was, het dit gehoor. Phillipus vra toe vir die amptenaar of hy verstaan wat hy lees en die amptenaar het geantwoord dat hy nie verstaan nie, omdat niemand dit al vir hom verduidelik het nie. Die amptenaar het Phillipus in die wa ingenooi en hulle het oor die uitleg van die teks begin gesels. Ons lees in vers 35 dat Phillipus die evangelie van Jesus aan die amptenaar verkondig het. In vers 36 ry die wa verby water en reageer die amptenaar op die evangelie met die vraag: “Wat verhinder my om gedoop te word?” Ons sien hieruit dat die boodskap van die evangelie hand-aan -hand met die waterdoop gepaardgaan. Let wel dat hierdie amptenaar oor die skatte van die koningin aangestel was en water in sy wa sou gehad het, maar hy het eers op die waterdoop reageer toe hulle by genoeg water gekom het om daardeur onderdompel te kon word. In vers 37 antwoord Phillipus hom met ‘n spesifieke vereiste voordat hy hom in die water kon doop en sê: “As u glo met u hele hart, is dit geoorloof.” “En hy antwoord en sê: “Ek glo dat Jesus Christus die seun van God is.” Hierna het die wa stilgehou en die amptenaar is in water gedoop. Die volgende teksverse bevestig wat hierbo plaasgevind het: Handelinge 2:38 en Handelinge 22:16. Wat is die vereiste wat die Woord van praat om in water gedoop te word? Jy moet in Jesus glo. Volgens die Woord is daar geen verwysing na die klein doop of baba doop nie, maar wel dat jy eers volwasse genoeg moet wees om ’n persoonlike besluit te maak om in Jesus te glo voordat jy gedoop kan word. Kan ’n baba glo? Nee. Kan ‘n baba dan gedoop word? Nee, die waterdoop is alleenlik iets wat kan volg nadat jy geloof in Jesus gesit het. Handelinge 16:30-33 word dikwels gebruik om die klein doop te motiveer. Die uitdaging hiermee is dat hierdie verse dit glad nie duidelik maak dat ‘n baba gedoop is nie, alhoewel baie mense die aanname maak. Vers 31 en 32 stel dit duidelik dat die hele gesin die boodskap van die evangelie moes ontvang voordat hul gedoop is – die tronkbewaarder se geloof was nie ‘n plaasvervanger vir sy gesin se individuele keuses om in die Seun van God te glo en op grond daarvan gedoop te word nie. Indien mens wel die aanname sou maak dat daar ‘n baba betrokke was, sou dit een vers wees wat al die bogenoemde, sowel as ander soortgelyke verse in die Woord weerspreek. Die vraag is dan: Is jy ’n gelowige? Wat verhinder jou om in water gedoop te word? Verdere studie: Markus 16:16; Handelinge 10:4348; Romeine 10:9-10; Mattheus 28:18-19 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Skoolvakansie 31 Maart tot 18 April


9

Betroubare verwysings beskikbaar

Jeanine de Ruyck het haar 80ste verjaarsdag saam met vriende by CornerStone CafĂŠ gevier. Foto verskaf

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur.


10 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Hierdie maand groet Bergrivier Munisipaliteit vir Kobus van Niekerk (foto onder) wat vir 22 jaar die Direkteur Finansies was by Bergrivier Munisipaliteit. Kobus en Stella verhuis na Rheebok vir hul aftrede. Ons wens hulle net alles wat mooi is vir die toekoms. Baie dankie, Hanlie Linde Kobus, vir jou integriteit en deeglikheid. Ons sal jou mis. Bergrivier Munisipaliteit het reeds in Januarie 2017 begin om Kobus se pos te vul en het vir Gerard Goliath (foto onder) aangestel vanaf 1 April 2017. Gerard is reeds 14 jaar in Plaaslike Bestuur en het ‘n BComm graad van die Universiteit van Port Elizabeth. Hy was Direkteur Finansies by Blue Crane Munisipaliteit sedert 2013 en is sedert 1 November 2016 by Bergrivier as Bestuurder: Uitgawes. Baie welkom aan Gerard. Mag jou loopbaan by Bergrivier Munisipaliteit baie suksesvol en verrykend wees en tot groot voordeel strek van al ons gemeenskappe.

Groete uit Taiwan Deur Jackie Thirion

Op 9 Februarie het ek op 'n vliegtuig geklim onderweg na Taiwan, 'n klein eiland om en by die grootte van die Kruger Wiltuin met 'n populasie van 23.5 miljoen. Ek is reeds ses weke in die stad, Hsinchu. Dis in die Noorde van Taiwan, Suid-Wes van die hoofstad Taipei. Die mees algemene vervoermiddel op die eiland is 'n bromponie of "scooter". Ek het ook een aangeskaf. Dis die maklikste manier om rond te beweeg, baie gerieflik en jy kan lekker deur die verkeer vleg. Dis wel ongemaklik as dit koud en nat is. Op 'n renerige dag verlang ek maar erg na my ou karretjie in SA. Taiwan is maar vreemd. Die vullistrok speel 'n deuntjie soos 'n roomyskarretjie. Sodra jy die deuntjie hoor moet jy jou vullis uitvat en hardloop om betyds te wees. Die mense eet omtrent alles, tot hoenderpote en paddas. Die meeste Taiwannese is baie hulpvaardig en vriendelik. Ek verlang elke dag na Piketberg en sy mense. Julle het diep spore in my hart gelaat.

Foto’s verskaf

Erina Groet na 22jaar Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en styk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Erina Grobbelaar het na 22 jaar as Skriba by die NG Kerk gegroet om haar aftrede te geniet. Die personeel het haar verras met ‘n buite-bankie-vir-twee vir haar seehuis. Erina en Evert word vele gelukkige jare saam toegewens. Saam met haar op die bankie is kloksgewys van agter die jeugwerker Driaan Pretorius, ds Johan Smit, ds Martin Goosen, Reinet Jonker, die nuwe skriba en Juliana Engel-brecht, die koster. Links is Alison Müller, orreliste. Foto: Marietha Goosen


11

Schreuder en Annie trou

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Paasdienste NG Kerk Schreuder Burger en Annie Wentzel is op 7 Januarie te Morgansvlei, Tulbagh getroud. Foto: Karien Jordaan

Donderdagaand 13 April om 19:00 : Nagmaal in kerk Vrydagoggend 14 April om 09:30: Nagmaal by Huis AJL Sondag 16 April: Opstandingsdiens in kerk


12

VLV bly Kreatief aan die Leer

Moira van der Westhuizen en Christell Brand dra voorbeelde van Rosa Lategan se breiwerk. Die dames teenwoordig ontvang 'n kombuisvadoek geskenkstel van 3 vadoeke, na Rosa se demonstrasie om dit saam te stel met ‘n knopie en ‘n hakie vasgewerk.

Oud-PHS’er by Lonminmyn

Gerda Lambrechts, Nicole Mouton (spreker), Carla Visser en Alta Vos (sameroeper). Nicole is ‘n Arbeidsterapeut van Porterville wat Piketberg VLV besoek het. Haar tema vir die oggend was "Kaalvoetkind wees - hoe verskil kindwees van Toeka tot Nou". Sy bespreek al die boublokke wat nodig is vir die fisiese ontwikkeling van kinders. Hulle moet onafhanklik, funksioneel en doelgerig kan optree. Sy lê veral klem op die feit dat kinders ten minste 3 tot 4 ure bedags buite moet speel - dis baie belangrik vir hulle fisiese en emosionele ontwikkeling. Foto’s: Dinette Lochner

VLV-kontak is Nicoline Brown 082 477 0665

Audrey (van Zyl) van der Walt is sedert die begin van die jaar die Senior Rekenkundige Bestuurder van die Lonminmyn. Audrey was einde 1989 een van twee PHS-matrikulante wat ‘n A-gemiddeld behaal het. Na haar B Rek– en Honneursstudies het sy by PPC in Pretoria en Beestekraal gewerk. Haar werk het haar dikwels Londen toe geneem. Intussen is sy as CA gekwalifiseer. Sy is reeds vir die afgelope 11 jaar verbonde aan die Lonminmyn. Haar man, Rudi, is ‘n ingenieur by Xstrata. Hulle woon in Brits. Foto verskaf. Volgens Audrey kon niemand vir ‘n beter Sub A-jufffou, as JufMarie van Niekerk, gevra het nie –Red.


13


14

BADISA Groet Marlene na 8jr

Badisa Piketberg Beheerraad met Marlene Erasmus (middel) se laaste vergadering as beheerraadslid. Links van haar is Hannie Visser (admin beampte), Helen Dirks, Lya Mentoor, Fransua Markus, Magdalena Mostert en Martin Goosen. Regs van haar is Mavis Valentyn, Rykie Jansen, Danie Cillié en Irene Pickard-Baron (Maatskaplike werker). Foto verskaf

Rus ‘n Bietjie Klub besoek Hebron

40 ACVV Rus-'n-Bietjieklublede het 'n interessante en leersame dag beleef toe hulle die plaas, Hebron, op Piket-Bo-Berg besoek het waar boegoe verbou word. Piet en Elmien Uys het hulle by een van die pragtige gastehuisies verwelkom en Piet het van al die bedrywighede op 'n boegoeplaas vertel. Boegoe is die eerste Suid-Afrikaanse produk wat na Europa uitgevoer is. Ons kon die distilleerder besigtig en het gehoor dat daar sommer báie boegoetakkies en blaartjies benodig word om 'n klein bietjie olie te bekom. Na ‘n heerlike besoek is elkeen huis toe met ‘n takkie boegoe en ‘n botteltjie boegoewater. Foto: Marina Grobbelaar

Francis na Ironman met ‘n Smile

Francis Visser van Erfdeel, Piketberg neem op 2 April aan die Ironman kompetisie in Port Elizabeth deel. Die afstande van die wedloop is 3.8km swem, 180km fietsry en 42km draf. Die tyd wat dit vir ’n deelnemer neem om na, bv die swem, jou wetsuit uit te trek en op jou fiets te klim, is alles deel van die wedlooptyd, daarom moet dit so vinnig as moontlik gedoen word. Normaalweg is Francis se gewone oefenweek 19 uur en haar “recovery” weke, wat so elke 4 weke is, 15 uur. Die fondse wat Francis insamel vir die kompetisie, is tbv die Smile Foundation. Baie dankie aan elke individu wat reeds bygedra het, sodat die lewe van kindertjies wat met ‘n gesplete verhemelte en -lippies gebore word, geopereer kan word om ‘n perfekte glimlag te hê. Persone wat steeds ‘n bydrae wil maak, kan Francis kontak by 083 556 1779.

Met die toestemming van Matthys en Jonette Cronje van Jeffreysbaai, plaas ons die foto’s van klein Stephan by geboorte, bo, en na bykans drie jaar en ‘n paar operasies, links. Stephan se boetie, Johan, is verlede jaar gebore. Alle foto’s in hierdie artikel is verskaf.


15


16

Moutonsvallei se Reuse Pampoenkompetisie

Al die deelnemers Wiskunde, lees, spel en leermetodes vir kinders

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R235/kg DroĂŤwors @ R210/kg Cabanossi @ R210/kg

Juffrou Lerine

help graag! Deur prettige aktiwiteite leer ons maklik. Honneurs graad in Grondslagfase. Kontaknommer: 072 357 8537 Individuele hulp / klein groepies leerders vir R80 (45 min per leerder.)

Bel nou om jou naam op die lys te sit! Beperkte plekke!

Skakel Nellis Louw 083 441 4032


17

Tuinboukompetisie by Moutonsvallei

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master ElektrisiĂŤn Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieĂŤl)

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Herstel, Installasie en Hergas

Neville Watson 083 255 9917

Kontak

Piketberg Omgewing

Henk Pieters 071 583 6164


18

Intra-Plaas Kompetisie

Geniet die vakansie Skool sluit 31 Maart Skool heropen 18 April

Belydenisaflegging NG Kerk Piketberg Sondag 23 April om 9:30vm

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


19

PBBIV en Agrimark borg Blom– en Groentetuinkompetisie

50 jaar vir die Tolkens Munnik en Marthie Tolken het op 28 Januarie hulle 50ste huweliksherdenking gevier. Hulle troue in 1967 was vanuit die NG Moederkerk op Malmesbury. Foto’s verskaf

Die Piketberger 2017 Datums MEI se koerant verskyn op 28 April Stuur berigte voor 18 April JUNIE se koerant verskyn op 1 Junie Stuur berigte voor 23 Mei JULIE se koerant verskyn op 29 Junie Stuur berigte voor 20 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 3 Aug Stuur berigte voor 25 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 31 Aug Stuur berigte voor 22 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com Die volgende Piketberger verskyn op 28 April 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 April 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


20

Nuwe Personeel by AJL

Nuwe Personeel by Huis AJ Liebenberg is kloksgewys van links bo Caroline Kordom, Admin Beampte; Piet Jordaan, Rekeningkundige Beampte en Sr Annerien Bester, Hoof Verpleegkundige. Foto’s: Marietha Goosen

Weskus Sake Ontwikkeling Spencer Swarts ontvang die Costing & Pricing & tendering processing bywoningsertifikaat. Regs is Raadsheer Ray van Rooy en links Chrisando Meyer, Program Bestuurder, van West Coast Business Development Centre.

Suiderland Plase gee Jeug Hoop Suiderland Plase, met verskeie sitrus- en tafeldruiweplase in die Wes-Kaap, het in Februarie saam met die nie-regeringsorganisasie 1 Million Strong die jeugprogram “Days of Hope” by Steynville Sekondêre Skool aangebied. Dié maatskaplike ontwikkelingsprogram is gemik op die verryking van die jeug in die omgewings waar die maatskappy se plase is. “Ons toekoms rus op die skouers van die volgende generasie en dis belangrik dat ons kinders die boodskap kry om uit te styg bo uitdagende omstandighede,” het Pieter Rabe, Suiderland Plase se menslike hulpbronbestuurder, gesê. Die program stel leerders bloot aan mense wat ondanks opdraandes, uitstyg bo hulle omstandighede. 1 Million Strong gebruik mense wat van so ‘n ervaring kan getuig. ’n Motiveringspreker, kulkunstenaar en komediant is deel van die aanbieding. Die program is afgesluit met Tailgating Lawn Games se grasperkspeletjies. “Die program is spesifiek ontwikkel vir leerders in gr8 en 9 omdat dit die gemiddelde ouderdom is waar groepsdruk veroorsaak dat kinders vatbaar raak vir dwelms en drankmisbruik,” het Sonet Kriel, menslike hulpbronkoördineerder: Suiderland Plase, gesê. “Die druk van maats, negatiewe blootstelling aan sosiale media en die onsekerheid van puberteit veroorsaak soms ’n gevoel van min hoop en geen toekoms vir die jeug”. Die maatskappy besit plase in vyf areas in die Wes-Kaap. Buiten die jeugprogram werk Suiderland Plase aan ander aktiwiteite tot opbou van werknemers en hul gesinne: ’n Tandheelkundige bewusmakingsveldtog in samewerking met UWK, ekstra wiskundeklasse, gesinskampe en geletterdheidsklasse.

Mates vir advertensies: Uit 30 studente wat die Absa opleiding gedoen het, het 26 geslaag. Hierdie groep ontvang hulle Business Strategy NQF4 sertifikate. Voor is Joy Gallant, organiseerder en Business Adviser. Jan Vorster, HR Bestuurder PPC, Alletta van Sittert, Strategiese Bestuurder Berg Mun, Raadslid Adam Du Plooy, Berg Mun, Cecil Davids, Hoof Strategiese Dienste en Eddie Smith het die funksie bygewooon. Eddie was ook betrokke by die struktuur van die Bergrivier SME Forum wat gestig is. Hy is ‘n ware steunpilaar vir die gemeenskap en vir skole waar hy help met ‘n ITprogram. Foto’s verskaf

Volbald: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Pryse verskyn op p2


21


22

Fritz van Wes-Kaap na Oos-Kaap Fritz Lambrechts het vir ‘n paar maande uitgesien na sy nuwe tuiste op Uitenhage in die Oos-Kaap. Vir sy vriende op Piketberg het die dag van sy verhuising te vinnig aangebreek. Die huis in Hofstraat sal nooit weer dieselfde wees nie, want Fritz sal nie weer van die stoep af waai nie. “Op die stoep sit”-tye was ‘n luukse in Fritz se besige skedule en het hy homself hoogstens tydens familiebyeenkomste, familiekuiers, saam met gaste en Sondae na kerk die tydjie gegun. Die res van die tyd was hy gedurende die week ‘n inwoner en werknemer by Alta Du Toit Nasorgsentrum en oor naweke het hy ‘n suksesvolle Prokureurspraktyk vanuit Hofstraat bedryf. Na werk het hy die dorp plat gestap om fiks te bly en vir verdere ontspanning het hy tromme gespeel. Musiek is ‘n groot liefde vir hom, daarvan getuig sy groot versameling CD’s en sy missie om geen dans by Alta Du Toit mis te loop nie. Fritz is met ‘n gelukkige hart en ‘n groot glimlag weg en wil nie hê dat enigeen moet hartseer wees nie - ‘n gehuil kan hy “nie vat nie”. Kliënte moenie bekommerd wees nie, hulle sal breedvoerig ingelig word van sy nuwe kantoor, waar besigheid normaal sal voortgaan. Fritz Lambrechts Prokureurs is net ‘n oproep ver. Nou ja, Fritz, net om jou te please, sal ons die lastige traan sluk en liewer Marshmallows eet en aan jou dink…….-Red. (Foto bo deur Liesje Steenkamp).

Op die rakke van die Biblioteek Brug van die Esels deur Dalene Matthee Bespreking deur Marié Grobbelaar Die titel Brug van die Esels dui op die Latynse gesegde pons asinorum wat beteken dat jy vir esels ʼn brug moet bou om hulle by die waarheid te bring. Dis dan ook die sentrale tema van die boek. Araminta se vrese weerspieël die vrese van baie blankes in die land a.g.v. politieke bedrywighede. Sy is oortuig dat Afrika nie meer sy wit kinders wil hê nie. Die verhaal handel oor ’n hedendaagse jong vrou en predikantsdogter, Araminta Rossouw, wat afvallig raak van die godsdiens en die tradisies van haar herkoms. Nadat sy haar studies aan ʼn universiteit opgeskop het, word sy ‘n eiendomsagent, waar sy meer geld maak uit die verkoop van eiendomme. Sy begin ook met ongeslypte diamante smokkel om sodoende genoeg geld bymekaar te kry om die land te verlaat, want sy as wit kind van Afrika voel verwerp, en gedoem tot ´n ewige struggle. Sy wil padgee na ´n land waar dit moontlik is om gewoon te leef sonder skuldgevoel, en om by geluk uit te kom. Sy word in ‘n lokval gevang, aangekla en op borgtog van R500 vrygelaat. Wanneer alles verlore lyk, kom die prokureur, Koos Malherbe, in haar lewe. Hy het genoeg insig om te weet dat dit ʼn mens nie baat om ʼn brug booor die waarheid te probeer bou nie. Sy begin twyfel of sy die land moet verlaat of bly ter wille van ‘n man soos Koos Malherbe. Piet Sinksa en sy suster lok haar Kimberley toe om diamante aan haar te verkoop. Sy koop nie die diamante nie en keer terug Kaap toe. Die Piet Sinska-gedoente was ‘n lokval. Die speurder, Grace Ngobeni, Piet se “suster”, wou weet hoekom sy nie diamante wou koop nie. Haar antwoord: “Sy wou met die diamante vir haar ‘n brug bou om gouer uit die land te kom. Toe sien sy die verskriklikste gat wat in die aarde se lyf gegrawe is. Asof daar vermink moes word om die mens se gierigheid vir ‘n oomblik tevrede te kry. Daarna wou sy net nie meer diamante koop nie. Sy het gedink Afrika wil net swart kinders hê. Nou weet sy dat al gaan sy weg, sal sy altyd Afrika se kind wees.” Grace se siening – Afrika soek nie wit of swart kinders nie. Afrika soek sy goeie kinders. Brug van die Esels is ‘n boeiende storie wat met soveel wysheid gelaai is, dat ‘n mens dit eenvoudig net moet lees.

Jana speel vir Boland Kavaliers Jana Bruwer het vir die Boland Kavaliers deelgeneem aan die Interprovinsiale tennistoernooi in George. Fritz Lambrechts besig om geskenke oop te maak tydens sy afskeidsgeselligheid op 17 Maart. Fritz het die Wes-Kaap verruil vir die Oos-Kaap en het hom in Uitenhage gevestig. Foto’s: Marietha Goosen

Foto: Marietha Goosen


23

VLV 85ste Sirkelkonferensie

VLV Sirkel Weskus se 85ste Konferensie is in Clanwilliam aangebied. Van die hoogtepunte was die Rieldansers van die Elizabethfontein Primêre Skool (foto regs) en die gasspreker was Porchia Adams van Agri EXPO. Sy het oor die tema van die VLVK : Aanpasbare Vroue, gesels. Op die foto bo verskyn Piketberg Tak se afgevaardigdes en dagbesoekers Alta Vos, Alida Walters, Rosa Lategan, Dinette Lochner, Nicoline Brown en Elmarie Cumpsty.

Piketberg dorp is deur die regering gekies om vir die volgende 6 maande ‘n projek te loods. ‘n Vierdag werkweek word ingestel. Alle ondernemings en skole kan op ‘n weeklikse basis kies watter opeenvolgende vier dae daar gewerk word. Die 6 maande begin op 1 April…….

VLV geniet die Rieldansers

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


24


25


26

Tuinbou leer oor Bonsai

Blom– en Tuinbouklublede en -gaste wat die uitstappie na Joostenbergvlakte meegemaak het, is agter Jackie Ferguson, Marinda Mostert en Micky Visser. In die middel is Vanessa Beautement, Elmien Uys, Katinka Morrison, Ina Visser, Trudie van Schalkwyk en Delina Fox. Voor is Anne Inwood en Moira van der Westhuizen. Die groep het Cape Garden Sentrum in Joostenberg besoek, waar hulle 'n heerlike middagete genuttig het asook plantjies gekoop het. Hulle het ook 'n lesing in die kweek van Bonsaiboompies gehad en gaan volgende jaar 'n kursus plaaslik aanbied. (Sien Tuinbounuus 20 jaar gelede –Red.) Daar sal geen Blom- en Tuinbouvergadering in April wees nie. Foto verskaf

Bib vier Dr Zeus se Verjaarsdag

Piketberg Openbare Biblioteek se personeel Carmen Van Wyk, Viyouneffer Simpson, Crazentia Strauss, Jacque Koordom, Elizabeth Swarts en Gerna Croeser aangetrek om Dr Zeus se 113de verjaarsdag te vier. Foto: Wessel Rheeder

Op die rakke van die Biblioteek

MC HANEKOM

Die volgende boeke word gedurende die jaar by die Leeskring bespreek: 19 April: Deon Meyer se “Koors” 17 Mei: Bettina Wyngaard se “Slaafs” 21 Junie: Damon Galgut se “The ggod doctor” 19 Julie: Ingrid Winterbach se “Vlakwater” 16 Augustus: Marinda van Zyl se “Amraal” 20 September: Anneli Groenewald se “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits se “Geliefde verraaier”

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

Kontak Louise Visser by 083 507 2854 om aan te sluit. Die plek en tyd vir bogenoemde geleenthede is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld is R50.

• • • •

BERGRIVIER OUTREACH

• • • •

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

• • •

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


27

SAP slaan toe op Mandrax vonds

VOERTUIE GESOEK! Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1917 tot 2017

Vroeg in Maart het die SAP op Piketberg beslag gelê op 3000 Mandrax tablette en dit gekonfiskeer. Die voorval was tydens 'n padblokkade by een van die dorp se ingange. Op die foto verskyn Adjudant Offisier Whitey Benjamin, die Arrestasiebeampte Sersant Glen Jeftha en mede skoflede Sersant Emil Boumeester en Konstabel Arnold Marcus met die vonds. Foto’s: Marietha Goosen

Piketberg SAP wen Trofee

Oor vier weke se uitspeelwedstryde op Vrydagaande, het verskeie rugbyspanne van plase, die SAP en besighede teen mekaar meege-ding om die Community Cup. Die span van die SAP (foto onder) het die finaal teen Boland Superspar gespeel en met die trofee weggestap. By die afrigter, Adjudant Offisier Whitey Benjamin, middel, staan twee van die spelers, Sersant Glen Jeftha en Sersant Emil Boumeester.

Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Tel. 022 913 1600 022 913 2075


28

Bendert kry sy houe in

Erasmus na SA 2kamp Swem Erasmus Mouton is deel van die Boland Tweekamp Swemspan wat op 8 April aan die SAkampioenskappe in die Paarl deelneem. Hy het sedert die begin van die seisoen in September 2016 ure se oefening en harde werk ingesit om by ag kwalifiserende byeenkomste te presteer. Hierdie is ‘n droom van Erasmus wat waar word. Foto verskaf

NATURE RUNNERS STAP

Die SATA (Suid-Afrikanse Tennis Assosiasie) WP Mini dubbelspeltitel vir Mans, te Rondebosch, is op 12 Februarie 2017 vir die eerste keer deur twee Swartlanders gewen. Op die foto is Bendert Smit (regs) van Piketberg en James Howard (links) van Malmesbury met hulle medaljes. Bendert het ook op 5 Maart die SATA Eden Sport Centre Mini 2 wat op George gespeel is, die Mans Enkelspeltitel gewen. Foto verskaf

Janke en Elske na SA’s Janke van Schalkwyk en Elske Pieters is in die WesKaapspan wat 30 Maart tot 1 April deelneem aan die SA Atletiekkampioenskappe in Durban. Janke doen die 400m en 400m Hekkies en Elske die 3000m Hindernis. Foto verskaf

BRANDSTOF VIR JOU LEWENSTENK Kom aan die beweeg en begin stap. Stap is vir almal, vergeet jou ouderdom en begin net stap. Stap saam met jou gesin of jou vrou of sommer net alleen vir alleentyd. SORG VIR JOU LIGGAAM EN DIT SAL VIR JOU SORG Stap beperk Stres/spanning/depressie, Hoë bloeddruk, Hoë cholesterol, Diabetes, Koronêre hartsiektes, Slaap apnee Stap verbeter Long volume, Energievlakke, Konsentrasie, Rooibloedselle, Spierbeheer, Selfbeeld As jy stap het jy ‘n Gesonde gees, ‘n Gesonde liggaam, ‘n Gesonder hart, Gesonde are, Gesonder longe, Beter spierbeheer Begin eers deur stadig te stap Eers net 2 tot 3 keer per week – indien moontlik indien in die natuur. Stap ontspanne + Haal rustig asem!

BEGIN NET VIR JOUSELF En sien en voel die verskil Terence en Nicoline Brown 082 477 0665 Soreen Gouws 083 318 1108 Deelname is heeltemal gratis.


29

Fonteinfees borgeblad


30

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


31


32

Die Piketberger Apr 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you