__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1

1

Jaargang 27 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2020

ď€¨ď€ 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Huis AJL Vrugtefees...p6 Voetslaan vir Pennies...p8 NG Gemeente Braai...p14 Valentynsdag...pp17, 18, 28 ACVV leer by SAP...p22 Taiwanese skenk Rekenaars...p34 SSS Reunion...p34 Atletiek...p37

Quality Motorcycle & Quad Supplier

Meer besonderhede oor die Piquetfees van 4 April verskyn op p33.


2

Redaksioneel

Skep jou eie Fees

As kind het ek min van feeste geweet. Kermis en basaar, ja, later karnaval. Kersfees en Paasfees is feeste genoem, maar het tot 'n ander klas en aard behoort. Vandag weet ek van beter en bring vrolikheid en hartseer makliker bymekaar en weet dat die kerk- en gewone dinge hand aan hand is. Daarom kan ek as gelowige Kersfees net soveel geniet soos Paasfees, omdat ek weet wat God deur Jesus vir my gedoen het. Ongemerk het 'n klomp ander feeste ook deel van my, 'n gelowige, se lewe geraak. Vroeg in Maart vier ons die wonder van gemeentewees by die Fonteinfees. In April vier ons dorp voorspoed en genade by die Piquetfees. Vir die fantastiese voorreg van die Afrikaanse woord en kuns......die Woordfees, KKNK en Oppiwater....... En tussendeur doop- en bruilofsfeeste - onvergeetlike gebeurtenisse! Op 14 Februarie het ons een dag opsy gesit om die liefde te vier en te geniet. My pad kruis dié dag, by my voordeur, met Boeta, wat ek vir die eerste keer ontmoet. Boeta en sy vrou, wat iewers op 'n sypaadjie vir hom wag, is op reis van Springbok na Gansbaai. Hulle wou op Redelinghuys vertoef, maar die familie daar het intussen verhuis. Boeta, met sy winterstrui, en sy goedige gesig. Die pasteitjies en sap wat Boeta kry, vertel ek hom, moet hy nou netjies voorsit, dit is darem Valentynsdag. Boeta weet. Sy oë glinster. Die vorige dag het hulle koffie en suiker by 'n weldoener gekry. Vroutjie het vanoggend vroeg vir hom gesê, "nou loop soek jý kookwater........ek wil my Valentynskoffie nou hê". 'n Fees van liefde met Valentynskoffie.

Don’t forget to be awesome. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Winnie Grobbelaar, Huis AJ Liebenberg, skryf... Behalwe vir die bedanking aan die Munisipaliteit (in die vorige Piketberger) vir die skoon strate, ook baie dankie aan die Munisipaliteit vir die vinnige skoonmaak van die kerkhof, asook al die veranderings en verbeterings. Ook dankie vir die stille werkers met die versorging van Die Piketberger, die kerk, organisasies, verenigings, samekomste en oral waar hulp benodig word. Dit alles word so opreg waardeer en jy ontdek ook jou Godgegewe talente as jy wil aansluit en saamwerk. Baie seën en voorspoed vir 2020.

Nuwe gesigte in ander poste by Huis AJ

Huishoudelike Bestuurder – Vanessa de Villiers, Admin beampte en Instandhouding – André Janse van Rensburg. Foto: Annake Bester

Flitsies by Beurtkrag

My swaer verjaar. Ek skakel hom die aand om geluk te sê. Ek: Geluk met jou verjaarsdag. Het jy geweet jou vrou is besonder romanties? Hy: met ‘n laggie – ek weet nie eintlik nie, hoekom so? Ek: Weet jy sy het spesiaal die KRAG laat afskakel tussen 20:00 – 22:30, sodat julle by kerslig sjampanje kan drink!! -Anita


3

ver


4

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/ Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk HUIS TE KOOP

Gerieflike gesinswoning. Leefvertrek met binnebraai en houtkroeg. Kombuis met nuwe ingeboude gasstoof en elektriese oond. Sitkamer, 3-slaapkamers, aircon in hoofslaapkamer, 2-badkamers. Dubbel motorhuis. Twee gas geysers. Swembad met onderdak braaiarea. Boorgat. R1 360 000.00 ERF TE KOOP - WHEATFIELDS 480m² R150 000.00 ohb

Hoofstraat 38, Piketberg

Eendekuiler studeer in Potch Jaseron Engelbrecht, matrikulant in 2019 by Steynville Sekondêre Skool, studeer tans by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Hy het sy matriekeksamen in 2019 suksesvol afgelê en het met universiteitstoelating geslaag. Hy studeer tans BEd in die Senior en VOO Fase. Vir hierdie jongman van Eendekuil is dit ‘n groot eer om by die Noordwes-Universiteit te kan studeer. Hy is die eerste een in sy familie wat verder gaan studeer. Sy pa is ‘n algemene werker en sy ma ’n huisvrou. Hierdie Eendekuiler reik na sy drome en sê dat deur hard te werk, is hy waar hy vandag is.

Jaseron Engelbrecht Foto verskaf

Ing Diploma vir CP

Skakel 022 913 1132 Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net

CP Nelson, oud-leerder van PHS, behaal sy diploma in Megatroniese Ingenieurswese by CPUT en is tans besig met sy graadkursus. Foto verskaf

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com Piketberg Museum (in die Sinagoge) Kerkstraat

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.


5


6

MEDIESE PRAKTISYNS

Vrugtefees by Huis AJL

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Huis AJ Liebenberg wil baie dankie sê vir ieder en elke skenking, donasie en bydrae vir die Vrugtefees gehou op 29 Januarie. ‘n Besonderse dankie aan ACVV Piketberg en Rus-‘n-Bietjie-lede en al die hande wat gehelp het. Die inwoners het dit baie geniet. Ons staan elke jaar verstom aan die oop harte van ons gemeenskap en donateurs. Vrugte skenkings: Helmien Rossouw, Thys Carstens, Jan Smit, Kowie Carstens, Wynand Burger, Jimmy Wiggins, Hanri Venter (Suiderland Plase), Henk van der Westhuizen (Môrester), Johan Bruwer (Ferdburg), Jaco Kotze (Tweefontein), Johnny Eigelaar (Achtervlei) en Johnson Fruiters. Foto’s: Vanessa de Villiers

ACVV Huis AJ Liebenberg sub-akute sorg eenheid

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Dit is algemeen bekend dat ons lewensverwagting al hoe ouer word en dit is ook ‘n gegewe dat die staat nie meer fasiliteite vir ouer persone kan oprig nie. Sub-akute sorg word ook ‘n al groter behoefte in ons gemeenskap. Die definisie van sub-akute sorg is soos volg: “doel-georienteerde, omvattende, gekoördineerde en multi-dissiplinêre gesondheidsorg vir pasiënte na of in plaas van akute hospitalisasie vir akute siekte, besering of siekte wat gereelde monitering van die pasiënt se kliniese - en behandelingsplan vereis”. Hierdie kombinasie verseker optimale herstel in die kortste moontlike tyd van die pasiënt. Huis AJ Liebenberg wil graag hierdie behoefte aanspreek en beoog om ‘n sub-akute sorgeenheid met ses beddens daar te stel. Ons sal dit egter nie kan doen sonder die ondersteuning van kundige persone in ons gemeenskap nie en ook nie sonder finansiële ondersteuning nie. Indien u meer hieroor te wete wil kom, of ‘n inset wil lewer in die proses, kontak gerus vir Annake Bester (Bestuurder) by 022-913 1228 of manager@hajl.co.za . Ons volg graag die ACVV se leuse wat soos volg lui: SAAM IN DIENS VAN DIE GEMEENSKAP.

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou swart sak. Dit is die regte ding om te doen!

Onthou om te herwin!

Die sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit


7

Bydidam

Bydidam is ‘n privaat oord, 170 km vanaf Kaapstad, wat gesetel is in die Goue Olifantsrivier Vallei tussen lemoenboorde en op pad na die alombekende Cederberge. Die oord behoort aan die Van Zyl familie en bestaan uit ‘n groot restaurant en houtdek met ‘n pragtige uitsig op die dam, asook 10 luukse chalets. Bydidam se chalets kan 30 gaste huisves, die helfte van die chalets is enkelslaapkamers met queensize beddens en die ander 5 het twee slaapkamers met twee vol badkamers. Daar is gratis wi-fi, DStv, lugreëling asook ‘n braai buite langs die stoep van elke chalet. Bydidam se ander kuierplek, Bydilapa, met sy kroeg en televisies asook ‘n pooltafel is ‘n groot aantrekking vir die hele gesin. By die lapa is ‘n binne- en buite-braai asook ‘n swembad. Die nuutste toevoeging tot die oord is 3 water-glybane, ‘n lekker speelplek vir die jonges asook ‘n “jungle gym” vir die nog jongeres…….Ander aktiwiteite soos gholf, perdry, fietsry en stap kan gereël word en daar is ook ‘n skoonheidsalon op die perseel. Vir die kranige visserman is daar geleentheid om vis te vang in die dam of sommer net te ontspan op ‘n kano. Vir kampeerders is daar 16 kampeerplekke met eie elektrisiteit en ‘n gesamentlike ablusieblok. Bydidam is geskik vir enige tipe funksies, troues, konferensies en jaar-eindafsluitings en is perfek vir almal wat ‘n ruskansie soek uit die gewoel van die stad. Kontak Linda van Zyl

083 384 7911


8

Voetslaan vir Pennies

deur Johan Jooste Dis bloedig warm, vir dae aaneen. Ek is al vroegdag aan die ry op hierdie grondpad, ‘n uiters ellendige grondpad! Die skroei-warm sinkplaatpad het verder nog dieper ingeboude dongas en klip. KLIP?? Hier in die Sandveld? Sandveld is natuurlik soos sy naam is, maar nie NET sand - soos wat hierdie stadsjapie dalk verwag nie. Die pad is uitgespoel met die vorige blitsreën (wie weet hoe lank terug?) En toe uitgery; dag-na-dag, week-naweek in fynpoeier lagies wat die sinkplaatpad sy geelbruin dekking gee. Trokke met aartappels, trekkers met waens, uithalers, pype, kunsmis trap die paaie dag-ennag tot stof. Vandag is dié deel van die pad stil - seker omdat dit hoog-middag is en ‘n snikhete 38° in die koelte! Mens en dier koes in koelte-kolle en onderdak vir effe lafenis teen die versengende hitte. Sonbesies is hees geraas. My afgeleefde bakkie skud onder protes voort, verby die Paleisheuwel afdraai, rigting Het Kruis. Swetend by myself: “Watter besonderse name! Wat het mense beweeg om sulke name te gee? Het hulle iets gesien, gehoor, beleef en toe op ‘n naam besluit? Uit die volksmond in die geskiedenisboeke”. Ver voor deur die dynserige stofdamp sien ek ‘n man stap, duim in die lug. Sonder die gebruiklike geld-in-diehand. Ek sug hardop: “Waarheen tog, in hierdie hitte? En die tyd van die dag? In elk geval, ek tel nie graag rylopers op nie” en onderdruk so my skuldgevoel aangesien so baie mense my al opgetel het. In ‘n ander tyd, ander-kant van my lewe - orals rond geryloop. Gekuier, gesien, beleef, ontmoet - rykdom van herinneringe! Deesdae is ek suinig en onseker oor vreemdelinge oplaai.

om tafel mee te dek;

My suinigheid word simpatie met ons gedeelde hitte-stryd en ek trek traag af. Ek: “Piketberg toe?” Hy, half-skaam dankbaar en sat van die hitte: “Ja asseblief”. Ons kruie met sinkplaatspoed verder en eet dankbaar kontrei vrugte - sappige geelperskes en uithaler druiwe! Met kleinpraatjies probeer ek die ongemaklike stilte en reis meer draaglik maak. Ek: “Van waar? Waarheen? Hoekom?” Hy: “Vir my ID”. Willem, so 30 jaar oud, werk AMPER by ‘n plaas Leipoldtville se kant toe, maar moet nou sy ID uitsorteer. Ek: “Hoe werk mens AMPER?” Hy soek al baie, baie, baie lank en uiteindelik daar doer werk gekry, op voorwaarde van sy ID. Die werk is klaar syne, bring net jou ID, sê die boer. Geen ID, geen werk, geen geld. Willem se ID is nou ‘n anner storie. Uitgebrand in hulle houthok in Koringberg - lank terug. Ma en Pa dronk gaan slaap, slaan kers om, houthuisie en alles binne uitgebrand - Willem se ID ook. Ma en Pa is OK. Willem is nou op pad Malmesbury toe om ‘n nuwe ID te bekom by Binnelandse Sake. Dokumente is nodig: Ma of Pa se ID, geboortesertifikate, huweliksertifikaat, met polisie-verklarings probeer uitsorteer. Ek kan my voorstel hoe lank hierdie prosesse gaan neem! Baie papierwerk, verklarings en nogmaals papierwerk. En dan die ID aansoek en uitreik. Ek voel netso aan my bas, hy gaan nie binnekort kan inval nie. Dit gaan maar BAIE TYD en BAIE GEDULD en GROOT GENADE (onverdiende guns) vat om spoedig met sy nuwe ID by sy AMPER werk in te val. Ek: “Hoe laat het jy in die pad geval? Toe ek jou opgetel het?” Willem: “8uur vanoggend”. Vervolg op p10…


9


10

#SUMMER 2019 Kompetisie De Jagers Piketberg het van Black Friday, 30 November tot 11 Januarie die #SUMMER 2019 kompetisie gehad om hul somervoorraad te bemark. Kliënte moes vir ‘n seker bedrag koop om te kwalifiseer en die volgende wenners is getrek uit die “Lucky Draw Blik”:

Vanaf p8... Willem het 5 ure gestap toe ek hom 1-uur opgetel het naby Paleisheuwel! Hy gaan nou voetslaan dwarsdeur die drama van ID-loos tot ID-nuut. Voetslaan!!..dis klaar so ‘n gesukkel met jou eie rygoed!?? Willem is vasberade en niks gaan in die pad van sy AMPER-werk kom nie. Ons groet later in Piketberg. Willem begin weer stap. Koringberg toe, Malmesbury toe, ID-toe. Vir sy Pennies.

Atvance Academy

Yolanda Strümpher, Takbestuurder met Willem Wentzel.

Vincent Afrikaner en die wenner, Nicky Fryster.

Vincent Afrikaner van De Jagers en Cornel Carstens.

Wenner Jan Smith en Heino Stuurman.

The Piketberg Campus of Atvance Academy will be led by Jason Stuurman at the Piketberg Golf Club in Church Street, he is contactable on 074 4142850. The courses we will be offering are: Information Technology – Technical Support NQF 4 Grade 12 is a requirement Business Administration - NQF 3 - Grade 11 is a requirement. Each Campus needs 350 students, 150 students have already registered for the Piketberg campus, we need a further 150 students. In order to launch, we have the minimum of 300 registered students, before the courses can start. All courses are free, and material will be supplied to students. Once we have more venues available, we could offer more free courses.

Foto’s verskaf

De Jagers wens die vier wenners baie geluk en bedank al hulle kliënte vir hul voortdurende ondersteuning. Kyk uit vir hulle winter kompetisie op die De Jagers Piketberg WhatsApp groep. Hul doel is vriendelike kliëntediens en die lewer van kwaliteitprodukte teen bekostigbare pryse. Besoek hulle gerus by Voortrekkerstraat 69, Piketberg. Tel. 022 913 1201

Flat to Let - Aurora

Beautiful flat to let in Aurora, just a half hour from Piketberg. Available immediately, brand new in a new house in the safe, friendly and charming village of Aurora. Tastefully furnished and decorated, fully equipped, just bring yourself. Suit a single person. Comprises three rooms: bed-sitter, bathroom and kitchenette-dinette. Property is fully fenced, locked gate. Own private entrance and security gate. On site parking. One small pet allowed. Views onto mountains and meadows with sheep and cows. Beautiful garden under development. Your own garden if you wish. Call Ingrid on 076 334 0790 or John on 084 088 6303.

NG Kerk Fonteinfees 7 Maart 2020


11


12 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1920 tot 2020 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Ons is in ’n maand wat as die “maand van liefde” gedoop is. Daar is baie jare gelede besluit om mekaar in Februarie, spesiaal op 14 Februarie, te bederf en liefde uit te deel. Ek hoop almal het liefde uitgedeel, maar ook liefde ontvang. Ja, ons lewe in ’n tyd van vrouegeweld wat by die dag toeneem. Die vraag is wat het verkeerd gegaan, want selfs kinders en mans loop ook deur onder geweld. My Raadsheer Ray van Rooy hart gaan uit na vroue en kinders wat nie liefde in die binnekant van hul huis ken nie. My gebed is dat God u uit die woestyn sal kom haal en in die paradys sal kom sit. Piketberg is besig om op baie gebiede te verval en my grootste bekommernis is alkohol en dwelms. Ons moet opstaan en hierdie dwelmbase uit ons dorp verdryf voor dit te laat is. Hier in ons pragtige dorp is ’n sogenaamde dwelmbaas uit die Kaap wat huise koop en dwelmhuise daarvan maak. Hier verwys ek na huise van mense wat die munisipaliteit gekruisig het oor ’n huis, maar dit nou verkoop vir ‘peanuts’. Inwoners, maak asseblief kontak met die munisipaliteit as u die staatsgesubsidieerde huis wil verkoop. My oproep aan kerke, gemeenskapsorganisasies en die inwoners van Piketberg is om hande te vat om die euwels in ons gemeenskap hok te slaan. Dwelms en drank is besig om ons inwoners se lewens te verwoes, want dit breek huwelike op, inbrake/diefstalle neem toe, tienerswangerskap skiet die hoogte in, kinders verlaat skool en dwelmbase word net ryker. Ons sal saam met die SAPD moet staan om die euwels in ons dorp te bekamp. Ek wil graag ’n oproep aan oud-inwoners van Piketberg maak om seker te maak vir wie u blyplek agter op u erf gee. Baie van hulle kom maak nou aanspraak op huise of ’n erf vir sy/haar hok, terwyl baie van ons inwoners nog wag vir ’n huis. Ons strate lyk naweke soos die ‘Kaapse Vlaktes’ met bakleiery, alkoholverbruik op straat en dobbelary. Die rooftog by Pikkewyn getuig van die soort elemente wat besig is om ons dorp oor te vat en selfs die taxi oorlog wat tans aan die gang is tussen ons ou taxieienaars en die nuwes. Maak seker wie u in u agterplaas toelaat, want dit moet nie gaan oor die geld nie. Dink aan u en die familie se veiligheid. Ons leuse vir 2020 is ‘die jaar van diens-uitnemendheid’ waar ons gaan fokus op dienslewering. Bergrivier Munisipaliteit moet toesien dat ons strate skoon is en dat sypaadjies in ’n goeie toestand is. U is welkom om my te kontak as u straat of sypaadjie vuil is, want dit is onaanvaarbaar vir my. My oproep is ook dat ons gebruik sal maak van die vullishouers op sypaadjies en ook mense sal aanspreek wat mors. Enige slaggat in u straat moet onmiddellik aangemeld word. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester@bergmun.org.za

NG Kerk Piketberg Pretdraf en Burgeraand Vrydag 6 Maart


13


14

NG Gemeente hou Braai

Foto’s: Marietha Goosen en Con-Li Halvorsen


15


16


17

VLV leer van veiligheid op Valentynsdag Konstabel Benjamin Horn van Piketberg SAPD en Danie Janse van Rensburg, van ALEX Alarms het by die vorige Openbare Sake byeenkoms lede ingelig oor veiligheid. Inwoners moet bedag wees oor vreemde mense in jou omgewing en beslis ten alle tye deure en vensters sluit en beveilig. Skakel die SAP enige tyd wanneer daar onraad vermoed word. Riaan de Vries, speaker en voorsitter van Wykskomitee doen weereens ‘n beroep op inwoners om deurskynende sakke vir herwinning te gebruik en net die minimum afval vir swart sakke te gebruik. Die volgende VLV byeenkoms is op 12 Maart om 9.30 by die Biblioteeksaal. Kom luister na sprekers oor bewaringswaardige huishoudelike- en ander artikels asook oor die bewaring van papier en materiaal. Kom besigtig beslis die uitstalling van erfgoed! Kom kuier en leer saam! Amal is welkom! Enige navrae - Nicoline Brown 082 477 0665

VLV-lede gesellig saam. Foto’s verskaf

Almal in rooi getoei vir Valentynsdag: Mareza Smit, Nicoline Brown, Doretha Visser, Jolandi Eigelaar en Moira van der Westhuizen. Foto’s verskaf

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


18 SmartKix gee SmartStart 'n KixStart

Kix se projek vir 2020 is SmartKix. SmartKix ondersteun die SmartStart Vroeëkind Ontwikkelings (VKO)program en gee dit 'n KixStart met Smartgeld in die vorm van geldelike bydraes en Smartstuff in die vorm van herwinbare materiaal vir opvoedkundige doeleindes. Gedurende die eerste kwartaal versamel Kix leë roomysbakke, yogurthouers en plastiekdoppies. Op die foto is die Kix leiers, die Smarspan. Foto: Mikay Smith

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

die res van die span.

Valentynsdans by Huis AJL

En op Valentyn dans ons……die inwoners van Huis AJ Liebenberg het op Valentynsoggend gedans en afgesluit met heerlike valentynsete. Dit was omtrent ‘n vrolike jolige affêre. Foto’s: Vanessa de Villiers

Die volgende Piketberger, die April-uitgawe, verskyn op 26 Maart 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Maart 2020 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


19

Leeskring kyk Fliek

Gr 2 UNISA Musiek Teorie By Alison Müller is die Gr 2 Musiek UNISA-leerders wat Lof behaal in Teorie: Kloksgewys van agter is Van Zyl van der Merwe, Henco Kruger, Elsje Basson en Gerhard Brand. Gerhard word verder vereer met sy naam op UNISA se ererol vir Gr 2 Prakties 90% en Teorie 97%. Wel gedaan! Foto: Marietha Goosen

Bokse vir Boervroue

So lyk dit by Leeskring tydens die fliekvertoning van "Murder Is Announced", gebaseer op Agatha Christie se boek. Fliekgangers is getrakteer op springmielies, spookasem, worsbroodjies, soete verleidings, koeldrank, koffie en tee. Leeskring word een keer per maand aangebied. Foto’s: Marietha Goosen

VLV samel steeds bokse in vir boervroue in die Noord-Kaap! Enige nie-bederfbare produkte wat in ‘n skoenboks/wynboks kan pas, vir ‘n lekker verrassing, toegedraai in koerantpapier met ‘n lint om. Kontak Nicoline Brown 082 4770 665 vir meer inligting en ook waar om af te lewer.


20


21


22

ACVV leer by SAP

Elna van der Merwe, tot einde 2018 bevelvoerder van SAP op Eendekuil, is deesdae oa 'n lid van ACVV Piketberg en het die lede vertel van haar loopbaan in die polisie en ook algemene veiligheidswenke deurgegee. Saam met Elna, agter naasregs, is Jackie Ferguson, Moira van der Westhuizen, Jorina Brand en voor Mariëtte Wiggill en Christell Brand. Foto: Marietha Goosen

Wyding...Woord....Waarom....Werskaf

Hoe begin 'n mens 'n Kix groepie? En waar pas die vier W's (Wyding, Woord, Waarom, Werskaf) in? Hierdie en ander kosbare vrae is beantwoord vir Wynomah Louw, Marietha Goosen, Prisilla West en Delicia Van Rooy wat 'n kursus by Communitas in Stellenbosch bygewoon het. Foto: Annine van Wyk

MC HANEKOM

073 811 6565

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

28 Die Trek, Piketberg Die Piketberger se Datums vir 2020 APRIL: Berigte in 17 Maart : Verskyn 26 Maart MEI: Berigte in 14 April : Verskyn 23 April JUNIE: Berigte in 19 Mei : Verskyn 28 Mei JULIE: Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie AUGUSTUS: Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie SEPTEMBER: Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus OKTOBER: Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober NOVEMBER: Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober DESEMBER: Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


23


24

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


25


26


27


28 Trippe Trappe Kleuterskool geniet Valentynsdag met bejaardes Met groot opwinding het ons kleuters handgemaakte kaartjies vir hul ouers en die bejaardes van die ACVV ouetehuis gemaak. Groot was ons verrassing toe ons die kaartjies gaan aflewer en ons genooi word om saam met ons oumas en oupas te dans en die dag van liefde te geniet. Baie dankie aan al die personeel en inwoners van Huis AJ Liebenberg. Ons het dit baie geniet.

Mnr en Mej Valentyn PHS Laerskool afdeling se Mnr en Mej Valentyn Rouxvé Coetzer, Nicke Louw, Wian van Wyk en JT Mdabuli saam met skoolhoof, Quinten Engelbrecht. Foto: Facebook

Foto’s verskaf

PCS se Graad 1’s

Valentynsdag by Breëvlei Primêr

PCS se Gr 1's 2020 saam met Lizmari Lambrechts. Foto verskaf

Hardopleesdag

Foto’s: Delene Coetzee Het jy en jou maat al ooit op 'n wit A4 gedans! Probeer dit gerus, dit is lekker. Breëvlei Primêr is vreeslik lief vir lees! Hulle lees vrolik en hardop almal saam.


29


30


31


32

Piketberg Animal Outreach

PHS se Uitblinker Swemmers

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

20 Jaar gelede - Maart 2000 Voorblad: Springbok word ‘n Engel op die stoep. NG Kerk hou kermis op PHS se sportterrein. Coco-Cola skenk rekenaars aan Groenvlei Primêr. Vrouerubriek fokus op Jacomien Truter. Winkelshoek Restaurant se nuwe bestuur is Susan de Beer en Marnell Duvenhage. Mini Kafee pas geopen langs Munisipaliteit. Die bittereinders van Piketberg se strate: Annalize Ludick en Sarie Cloete. Boland Spar beloon personeel. Kankerpasiënte op Eendekuil ondersteun. Nuus uit die ABSA kantoor op Piketberg: Danie Cillié oorhandig ‘n ABSA-baadjie aan Johan Nel, Wingerdblokkompetisiewenner. Nuwe aanstellings by ABSA Piketberg: Conrad Basson, Danie Stander, Ettienne Botes, Sarina Visser, Louise Lestrade en Albertine Dietrich. Nuwe munisipale grense word bekend gemaak. ADVERTENSIES: Liebco - Weskuswors R16.98/kg Boland Spar - Wit brood R2.80 Piket Braaihuis - Calamari Steak R35; Lam Tjops R35

Hierdie PHS-leerders spog met hul medaljes wat hulle by die Olifantsvallei byeenkoms gewen het. Hennie Pretorius, Adi Liebenberg, Dirk Eigelaar en Zinni Brynard. PHS se swemmers het ook deelgeneem aan die swemgala op Porterville. Foto: Facebook

#phsysters

Roux Basson (o/13) en Keagan Puttick (o/12) is opgeneem in die Weskus SuidBoland krieketspan. Roux Basson en Erna Koegelenberg is opgeneem in die Boland Kavaliers Tennisspan. Foto’s: Facebook

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


33


34

Taiwanese skenk Rekenaars

Raadsheer Ray van Rooy, burgemeester, Charmaine Nero, Beheerliggaam voorsitter, Adélma Carstens, waarnemende skoolhoof, David Yintso Lin, Direkteur Generaal: Taipei Liaison kantoor in Kaapstad, Chris Hunsinger, LP en Raadslid Audrey Small.

Die Taiwanese senaat het rekenaars geskenk aan Hoërskool Aurora. Op die foto voor is Charmaine Nero, Beheerliggaam voorsitter, Audrey Small, raadslid, Rene Jansen, Carla van Wyk, David Yintso Lin, Direkteur Generaal: Taipei Liaison kantoor in Kaapstad, Raadsheer Ray van Rooy, burgemeester, Camerecia Maarman, hoofdogter, Chris Hunsinger, LP en agter Adélma Carstens, waarnemende skoolhoof, Kenan Jantjies, Elmarie van Wyk, Branwill Engelbrecht, hoofseun en Corné Geyer. Foto’s:

Neem alle plastiekdoppies en brood tags na die Openbare Biblioteek of na LB Wernich Biblioteek.

SSS reunion 1984 - 1990 Former learners of the Class of 1984 until 1990 descended on Piketberg on the weekend of 14 - 16 February 2020 to share their experiences of the last 35 years. On Friday evening at the school hostel everyone met and a round of introductions followed, after the programme for the weekend was relayed to all. Interaction occurred around a fire and everyone could chat to each other. On Saturday morning they had breakfast at the Spur in their school uniforms from yesteryear. The ladies all looked very smart with ribbons in their hair. Some even had short pants on! Very innovative. During the afternoon, discussions were held to establish an Alumni Association which they decided to work towards. Everyone was however looking forward to the Gala evening and it certainly did not disappoint anyone. Good speeches, good food and extremely good dress sense. Everyone could boogie the night away to the music of the 80’s. Certainly a great night. The proceedings were wrapped up on Sunday morning with a Thanksgiving Sermon and a candlelight ceremony for all who passed on from Steynville. Lunch was then served and the teary eyed goodbyes followed. Certainly one of the most memorable weekends in one's life. A big thank you to the organisers, Hendrick Ficks, Vincent Esau, Gerty Esau, David Adams en Esra Titus. Article and photos provided by Gerty Esau


35


36


37

Atletiek

Breëvlei Primêr Bo

Groenvlei Primêr se Plattelandspan by Jani De Villiers, Elmarie Coetzee, André Swarts en Edwin Muller. Foto: Marilee van Zyl

Die volgende PHS-leerders is opgeneem in die Hoërskool Wes-Boland span: Agter Donielle Karolus, Gabrie Loubser, Ruwhan Hanse, Jacques Lambrechts, Benjamin Jordaan, Jasper Smit en voor Dwight Esau, Pamela Booys, Sumari Hanekom, Anika Smit en Kirischinie Afrika.

Hierdie PHS laerskoolatlete is opgeneem in die Plattelandspan. (Volgorde nie in ooreenstemming met die foto nie.) Wikus Coetze, Adi Liebenberg, Johan Schreuder, Aiden Meyer, JJ Swart, Innocent Juma, Gebhardt Kotzé Junito Bond, Niël Cooper, Adam Mostert, Canton Julius, Cheikh Niang, Henco Lambrechts, Lené Loubser, Tihani van Lill, Alex Ince, Wilmarie van Zyl, Marlene Nelson, Aimée Swart, Lana Booys, Isabelle Visser, Mia van Wyk, Karli Lambrechts, Wilmarie van der Merwe en Sheree Gouws. Aleit Stander en Rouxvé Coetzer was afwesig tydens neem van foto. Foto’s: Facebook

Breëvlei Primêr se Aflosspan is voor Livano Hektoor, middel Jacqueline Buys, Nicole Karools, Ronaldinho Fortuin, Willyano Afrikaner. Agter Marco Carolus, Xander Tieties, Jayden Karolus, Jay-Quin Diedericks, Jody-Ann Cupido, Kaylian Afrikaner, Luchandrè Hektor, Elsona Boois, Ashley Afrikaner, Mario Louw, Sinobe Fransman, Bianca Titus, Marcelique Diedericks, Lorenzo Kleinsmidt en John-Lee Boois. Lekker atletiek op Porterville. Foto: Delene Coetze


38


39

‘


40

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mar 2020  

Die Piketberger Mar 2020  

Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded