__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

SSS'ers Clicks Aptekers

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Sr Whittels tree af…p4 Graduandi…p9 Boland vir Janke en Jacques...p10 Mej Glas en Mnr Yster...p12 Dierekliniek in Hoofstr...p13 Rekenaars vir Karookop...p14 Abbasorg….p21 Ds Jan tree af…p25 Likkewaan op Reis...p26 Rolstoel nr 4…p32

Janéce van Neel Murphy en Noélle Langeveldt, Clicks se Aptekers, is boorlinge van Piketberg. Foto: Marietha Goosen Clicks se Apteek is in volle gang en spog met twee boorlinge van Piketberg, Janéce van Neel Murphy en Noélle Langeveldt. Albei is trotse oud-leerders van Steynville Sekondêre Skool op Piketberg. Janéce behaal haar Aptekerswese graad by Universiteit Wes-Kaap (UWK), daarna

doen sy haar internskap by Clicks in Seepunt. Sy keer vir haar gemeenskapsjaar terug na Piketberg Kliniek, word aangestel as Junior Apteker, weer by Clicks in Seepunt, word verantwoordelike Apteker by Clicks Malmesbury en bestuurder by Vervolg op p2…


2

Redaksioneel

Hoe gaan dit met jou? Soms vra iemand na jou welstand, om sekondes later weer te vra, nou hoe gaan dit? Uit ordentlikheid gee 'n mens dan 'n variasie op dieselfde antwoord. As dieselfde gesprek vorder tot "Nou sê my, hoe gaan dit regtig met jou...?", sak 'n mens se moed sommer in jou skoene, want die een wat die vrae vra, het nog niks vertel nie. Hoe gaan dit met my? Jare gelede het ek al vir my ma gesê as sy Die Piketberger kry, moet sy dit lees asof dit my nuus vir haar is. En dit gee haar 'n goeie idee van hoe dit met my gaan, want op een of ander manier het alles wat in die koerant staan, 'n invloed op my. Ek word positief gestem deur al die mooi stories en prestasies, mense inspireer my, moedig my aan en om nuwe mense te ontmoet, maak my wêreld wyer en beter. Die Piketberger sorg dat jy altyd iets het om oor te gesels. En wat in Die Piketberger staan, is oop, eerlik en vir almal om te weet. Dankie vir al meer en meer mense wat die doel van ons dorp se koerant verstaan. Om dié rede help meer en meer mense ons om inligting te kry. Dié maand vertel ek jou graag van die vierde rolstoel wat oorhandig is met die plastiek doppie projek. Ek wens ek kan jou vra om nooit ooit weer 'n plastiekdoppie weg te gooi nie. Ek vertel jou ook van Christi van Niekerk se lewe. Ek wens ek kan jou vra om ook jou lewe so sinvol te leef soos sy. Ek vertel jou van ons Piketberg "kinders" wat aptekers, onderwysers en maatskaplike werkers word. Ek wens ek kan jou vra om ons skole heelhartig te ondersteun. Ek vertel jou van ACVV (Afrikaanse Christen Vroue Vereniging) se Piketbergtak wat vanjaar 100 jaar is. Ek wens ek kan jou vra om deel hiervan te raak. Hoe gaan dit régtig met my? Hoe kan jy dit vra? Ek is 'n oop boek, skuus.......koerant.

Don’t forget to be awesone. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

GESOEK Sus en Daan is maats, ‘n sub A-leesboekie van die sestiger jare. Kontak Teresa 083 539 5048

WERK AANGEBIED Magda Janse van Rensburg skryf... Ek ken Eunice al agt jaar waartydens sy op gereelde basis by my gewerk het as huishulp. Sy is 'n aangename, deeglike, betroubare en goed gemanierde werker. Eunice het na Piketberg verhuis. Vir verdere navrae kontak my by 021 854 6241 of 083 516 0725 of memjvr@telkomsa.net Eunice kan gekontak word by 084 813 5859.

HUISHULP BENODIG Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud. Vanaf p1... Medirite (Shoprite se apteek) in Atlantis. Vir drie jaar bedryf sy haar eie apteek in Wesbank, Malmesbury, sluit aan by Citrusdal se apteek en word aangestel as bestuurder by Clicks in Piketberg. Noélle behaal haar B.Pharm graad by UWK, doen ondervinding op by Medi Clinic in Durbanville, Mitchells Plain hospitaal en Medirite in Cape Gate. Sy doen op die oomblik haar internskap by Clicks op Piketberg. Baie welkom aan Janéce en Noélle, Piketberg is trots op julle. -Red.


3


4

MEDIESE PRAKTISYNS

Lente Liefde

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Johan Streicher en Wilretha Grobbelaar is op 9 September 2018 op Moorreesburg in die huwelik bevestig. Wilretha is die dogter van Thys en Ellie Grobbelaar en die jongste kleindogter van Winnie Grobbelaar. Foto verskaf

Sr Whittles tree af Na 47 jaar in die verpleging beroep, sien Sr Marie Whittles uit na 'n welverdiende vakansie. Vir die afgelope 16 jaar is sy Matrone by Radie Kotzé Hospitaal, voor dit 10 jaar by LAPA Munnik Hospitaal in Porterville en die eerste 20 jaar van haar loopbaan by Tygerberg Hospitaal. Sr Whittles het benewens haar eie studies en kwalifikasies in Opvoedkundige-, Psigiatrie, Kliniese verpleging en Gemeenskapsgesondheid, ook opleiding verskaf aan stuSr Marie Whittles dente. Foto: Marietha Goosen Saam met Elsabie Booyse, was sy die stigterslid van Tuisversorging, oftewel Home Based Care, op Piketberg. "Wat gaan van Radie Kotzé word?", wou ons weet. "Ek was net so goed soos my span. Ten tyde van kursusse en vakansies, terwyl ek afwesig was, het alles en almal aangegaan. Die span sal net voortgaan om goeie diens te lewer," is Sr Whittles se rustige antwoord.

Maanlig Stap

Die Ark Koringberg - Volmaan - Vonkelwyn Vinger-ete - Voetslaan Donderdag 21 Maart RSVP Bregda Mostert 083 597 0091


5


6

Verlorenvlei Visse Vrek Ongelukkig word die nuus oor die vlei nie beter nie en het van die visse gevrek. Daar mag tans ‘n tydelike vermeerdering van voëls wees, maar die water word vlakker jaar na jaar en as daar niks gedoen word nie is hierdie kosbare paradys van die Sandveld verdoem om ‘n soutpan te word met ‘n bietjie water in die middel. Die bolope is op plekke slegs 4 - 5 meter wyd en sal binnekort verswelg wees in riet. Ons enigste hoop is om die nuus te versprei en self op te tree en te red wat ons kan. As u belang stel om skouer aan die wiel te sit kontak Pierre Brink by saveverlorenvlei@gmail.com of 082 378 6828.

Verlorenvlei. Foto: Pierre Brink


7


8


9

Harde Werk Beloon

Craig Rumble, oudleerder by Steynville Sekondêre Skool, verwerf die B.Ed VOO Spesialisasiegraad in Wiskunde en Lewenswetenskappe. Craig is aangestel by Steynville Sekondêre Skool. Foto’s verskaf

SOMERS UITVERKOPING Wilretha Grobbelaar, oud PHS-leerder (2010) verwerf haar Intermediêre Senior Fase en Honneurs vir Leerderondersteuning aan NWU. Haar Meesters voltooi sy by die Universiteit van Johannesburg.

Ma en Dogter kry saam Graad

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Deidré en Quinta Eigelaar het in Desember saam graad gevang by Stellenbosch Universiteit. Deidré het die nagraadse diploma in toekomsstudies ontvang en haar dogter, Quinta BCom-honneurs in strategie en innovasie. Ma en dogter gaan albei hul akademiese reis voortsit en gaan in 2019 met hul meestersgrade begin. Deidré wil fokus op toekomsnavorsing en Quinta wil die korporatiewe wêreld baasraak en sakestrategie en innovasie ondersoek. Foto verskaf Stuur gerus u gradeplegtigheidfoto’s na diepiketberger@gmail.com Ons plaas dit gratis!

* Joint pain and stiffness * Provides joint flexibility * Reduces discomfort caused by exercise *Helps reduce joint pain caused by exercise * Improves knee extension during exercise

022 913 1600 / 022 913 2075


10 ‘Laat ‘n Voetspoor - Leave a Footprint’

‘Laat ‘n Voetspoor / Leave a Footprint’ is VLV-Kaapland se Studie-tema vir 2019. Lede word daaraan herinner om op sodanige maniere op te tree dat daar altyd ‘n voetspoor nagelaat word om op trots te wees! Die eerste vergadering vir die jaar is deur Openbare Sake se sameroeper, Christell Brand gereël. Die gasspreker, Deon Alberts, Hoof van Ramp Bestuur, Bergrivier Munisipaliteit, lig dames in oor noodsituasies. Verder gee hy wenke aangaande verskillende soorte brande. Interessante mediese produkte, spesifiek vir brandwonde en verskillende brandblussers, is uitgestal. Piketberg Brand- en Rampbestuur se selnr: 079 349 8619 Petrusa Smit het op 5 Februarie 93 geword. Hier ontvang sy haar VLV anker-sertifikaat vir 64jaar lidmaatskap van Marlize Rossouw (vise-voorsitter) en Nicoline Brown (voorsitter). Baie dankie vir jare se getroue ondersteuning en harde werk, welgedaan! Elne Eksteen (35jr diensknopie) en Sonia Richter (20jaar diensknopie).

Deon Alberts, spreker, saam met Openbare Sake sameroeper, Christell Brand en ander VLV-lede, Mariëtte Wiggell, Nicoline Brown, Pat Kuhn en Dinette Lochner. Foto’s verskaf Volgende VLV-vergadering vind plaas op 14 Maart om 09h00 (vir 09h30) by Biblioteeksaal. Opvoeding en Kultuur portefeulje reël die vergadering met spreker Erin Nel, wat haar eerste boek gepubliseer het. Besoekers is baie welkom. Besoekersfooi R30 Navrae Nicoline Brown 082 477 0665

Boland vir Janke en Jacques

Janke van Schalkwyk 400m - 1ste 400mH - 1ste Wes-Kaap Byeenkoms 8 - 9 Maart Daljosafat, Paarl

Gewigstoot - 3de Foto’s verskaf deur PHS

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


11


12 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons is deur Februariemaand wat bekend staan as die maand van liefde. Dit is die tyd wanneer ons as mense liefde betoon en ook ’n tyd om mekaar te bederf met blomme, lekkergoed en etes. My gebed aan Raadsheer ons inwoners is om elke dag liefde te Ray van Rooy betoon aan u medemens in Piketberg en selfs aan besoekers. Die Bybel vertel ons jy moet jou naaste liefhê soos jy jouself lief het. Ek wil graag met die gemeenskap my eerste bekommernis deel oor die haat en vyandigheid wat in ons dorp is. Naweke word drank gebruik deur oud en jonk en dit lei tot bakleiery, messtekery en die opbreek van huwelike. Baie mense kla oor die misbruik van alkohol veral onder ons jeug, maar hulle doen niks daaraan nie. Die SAPD, wetstoepassing en verkeer se werk elke naweek is om uit te gaan vir messtekery, rusverstoring, aanranding, harde musiek uit voertuie en gejaag van voertuie deur strate. My oproep aan ouers is om na vore te kom en die kinders dissipline te leer. My tweede bekommernis gaan oor die gebied bokant die hospitaal en by die ou skougronde. Die gebied word gebruik vir mense se drinkery en dobbelary wat ’n swak beeld skep omrede dit die gesig van ons dorp is. Ons SAPD en wetstoepassing se tyd gaan hierin en kom hulle nie uit by onwettighede soos smokkelary en onwettige smousery nie. Daar is geen respek vir ons kinders, vrouens en ouer persone wat daarlangs beweeg nie, want mense maak agter elke boom toilet. Daar is begin met optrede deur ons geregsdienaars en daar gaan nog volg, ons vra dus almal se samewerking. My derde bekommernis is die rommelstrooiery in ons strate in die besigheidsarea en in ons woongebiede. Die munisipaliteit maak gereeld skoon, maar dit duur nie lank nie dan is Piketberg weer vuil. Ons kan nie net aanhoudend skoonmaak nie, die inwoners moet verantwoordelikheid aanvaar en hul omgewing skoon hou. Kontak die munisipaliteit indien u vullisdromme in u strate wil hê. My vierde bekommernis is die afbreek van ons dorp se fasiliteite en verkeerstekens. My teleurstelling is die voetpaadjie langs die kliniek wat deur die munisipaliteit geplavei is omrede dit modderig in die winter is en vir ons persone met spesiale behoeftes. Die plaveisel word uitgehaal en gebruik as sitplekke vir persone wat saans daar uithang. Ons speelparke se apparaat word verniel of afgebreek wat opgerig was vir die kinders om op te speel. Die verkeerstekens word beskadig of dit word afgebreek om as skroot te verkoop. Graag wil ek ’n beroep op inwoners doen om die munisipaliteit te kontak wanneer persone ons eiendom beskadig of afbreek. Kom ons vat hande en spreek die euwels in ons gemeenskap saam aan deur verhoudinge te bou tussen die munisipaliteit, kerke, skole, sportklubs en gemeenskapsorganisasies. Die burgemeesterskantoor is reeds besig om met belangrike rolspelers kontak te maak, maar ons moet as gemeenskap saamstaan om die verskil te maak. Ons as munisipaliteit is positief om die verskil in die gemeenskap te maak met u en andere se hulp. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. Dit is ons dorp, kom ons wees trots op Piketberg.

Mej Glas en Mnr Yster

Hanna Mostert en Josh Forbes. Foto: Rina Engelbrecht

Vrugtefees by Huis AJL

Huis AJ Liebenberg se inwoners, asook Rus-‘nBietjielede, het baie uitgesien na 30 Januarie vir die jaarlikse Vrugtefees. Sambrele, tafels en stoele op die grasperk voor HAJL, het almal al vroegoggend met groot verwagting buitentoe gelok. Die vrugte wat deur ACVVdames geskil, gesny en keurig op skinkborde uitgepak is, was werklik ‘n lus vir die oog (én die maag!). Elkeen is ook nog bederf met ‘n groot geskenkpak vrugte om later verder te gaan geniet. Groot was almal se verbasing toe Manie Jackson in lewende lywe sy opwagting maak en van sy gunstelingliedjies vir die inwoners sing. Sonder borge is so ‘n oggend natuurlik nie moontlik nie. Die volgende persone word bedank vir hul ruimhartige skenkings: Steenebrug (druiwe); Koedoesvlei (waatlemoene); Johnson’s Fruiterers (mango’s, piesangs en pruime); Tweefontein (perskes); Zwaanswyk (pere); Jan Engelbrecht (turksvye); Helmien Rossouw (vye); Cyril du Toit (vye); Le Roux en Emily Rossouw (druiwe); Frikkie en Cathy Rossouw (druiwe); Jimmy en Carina Wiggins (spanspekke). Foto’s verskaf


13

Dierekliniek in Hoofstraat

Groenkloof Dierekliniek het op 19 Februarie amptelik geopen op Piketberg. Die Vetshop en Pets Pleasure hondesalon het reeds op 1 November geopen. Die twee toegewyde veeartse, Dr NJ Heyns en Dr Fritz Zöllner, het elk meer as 30 jaar ondervinding. Dr Heyns besoek die Groenkloof Dierekliniek op Dinsdae en Dr Zöllner op Donderdae.

Besoek die Groenkloof Dierekliniek by Hoofstraat 26 Piketberg Skakel 071 590 8064

VROEË

022 921 2103 Ons sien uit daarna om u van diens te wees!

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Ma - Vr: 08:00 - 17:00 Sa: 08:00 - 12:00

Dr NJ Heyns

Ons nuwe adres is Langstraat 51, Piketberg Ons telefoonnommer bly dieselfde:

Dr Fritz Zöllner


14

Laptops for Karookop

Karookop Primary School was established in 1960. The school started with only 60 learners and has since grown to accommodate 146 learners from Grade R to 7. Ald. Van Rooy said he is very grateful for the Taiwanese Government’s generous donation. He mentioned that they were searching for a school in the Bergrivier Municipal Area which really needed assistance. “I think education is the key to improving one’s quality of life. I’m certain that this donation will help the learners of Karookop Primary School to connect with the world via the internet and will open a door of endless possibilities for learning.” Members of the Executive Mayoral Committee at Bergrivier Municipality also handed out stationery for the Grade R and Grade 1 learners. Van Rooy concluded by telling the learners: “Take care of the school’s resources. Educate yourself, so that you can

Members of the Executive Mayoral Committee at Bergrivier Municipality accompanied a delegation from the Taiwanese Government to Karookop Primary School, where seven laptops were donated to the school. A delegation from the Taiwanese Government graced the Bergrivier Municipal Area on 28 January 2019 with donating seven laptops to Karookop Primary School. The Mayoral Committee of Bergrivier Municipality, led by the Executive Mayor, Alderman (Ald.) Ray van Rooy, accompanied the delegation to the farm school some 50km outside Piketberg. More than 140 learners will benefit from this donation. Henk Brand, Principal of Karookop Primary School, said the donation is such a blessing to the school and its learners as “we currently don’t have any laptops for learners to make use of”. “We are very grateful. These laptops will really help us to connect with the rest of the world, as we are so far from everything. It will also help learners to do some research for their projects and will drastically improve their computer skills,” said Brand. Dean Wang, Director General from Taipei Liaison Office in Cape Town, mentioned that they want to help people living in rural areas. “We want to express our love and care for others and we want to share and inspire others to reach their full potential. Therefore, this is a small donation that we hope would go a long way by enhancing the level of education, using technology,” said Wang.

Members of the Executive Mayoral Committee at Bergrivier Municipality also handed out stationery to the Grade R and Grade 1 learners. Behind (from left) is: Cllr. Adam du Plooy and Alderman Ray van Rooy (Executive Mayor of Bergrivier Municipality). Article and photos: Matthew Sheldon

PIKETBERG ANIMAL OUTREACH

Hulp by ACVV

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918

Hanlie Smit, maatskaplike werker by ACVV Piketberg, sal voortaan hulp van Téola McKenzie hê. Téola, 'n boorling van Ceres, in die Koue Bokkeveld, is as Maatskaplike Hulpwerker aangestel. Sy voltooi haar studies aan die Hugenote Kollege op Wellington en is tans in die proses om haar graad in Maatskaplik te doen deur UNISA. Foto: Marietha Goosen


15


16

Munisipaliteit Bemagtig Plaaslike Entrepreneurs Bergrivier Munisipaliteit se Voorsieningskanaalbestuur Departement het op 28 en 29 Januarie werkswinkels in onderskeidelik Piketberg en Velddrif gehou om opkomende mikro-ondernemings te bemagtig om besigheid met die munisipaliteit te doen. Meer as 40 plaaslike entrepreneurs het die werkswinkels bygewoon. Sien foto onder

Dit is na aanleiding van die stigting van SMME Forums in die Bergrivier Munisipale Gebied deur Bergrivier Munisipaliteit se Departement van Strategiese Dienste. SMME Forums is reeds gestig in Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif en die doel is om klein besighede te bemagtig en te verseker dat die ekonomie van die Bergrivier Munisipale Gebied groei deurdat klein besighede gelyke toegang het tot geleenthede.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Bergrivier Munisipaliteit het vir hierdie doeleindes ’n ooreenkoms met die West Coast Business Development Centre om te fokus op die bemagtiging van klein besighede in Bergrivier en te verseker dat hulle voldoen aan alle wetlike vereistes. Nelmarie Bothma, Bestuurder: Uitgawes en Voorsieningskanaalbestuur, sê die hoofdoel van die werkswinkels is om plaaslike besighede te help om nie net besigheid te doen met die munisipaliteit nie, maar ook om ’n beter begrip te hê van die volledige proses. “Ons wil graag hê dat meer plaaslike besighede registreer op die Sentrale Verskaffer Databasis (SVD) wat bedryf word deur Nasionale Tesourie. Dit it uiters belangrik, aangesien dit die eerste stap is om besigheid te doen met die munisipaliteit”. Die munisipaliteit het die volgende inligting gedeel met die entrepreneurs: Voorsieningskanaalbestuur (VKB) prosesse (vanaf die kwotasie tot die bestelvorm); Wetlike vereistes waaraan prosesse en aanbiedinge vanaf leweransiers moet voldoen; Praktiese demonstrasies is gedoen om klein besighede te bemagtig hoe om Bergrivier webwerf te gebruik t.o.v tenders/kwotasies uitnodigings geplaas; Hoe om besigheidsinformasie t.o.v SVD van Nasionale Tesourie op te dateer; Handige wenke hoe om besigheidsgroei te stimuleer en aanbiedinge in te handig; VKB afdeling het ook ’n oop deur beleid waar leweransiers sodanige amptenare kan kom sien om hulle behulpsaam te wees met verskeie aspekte van die siklus. “Tenders is oop vir die publiek en dus moedig ons alle plaaslike entrepreneurs aan om proaktief te wees en inisiatief te neem om aansoek te doen by die munisipaliteit vir verdere besigheid”. Vir meer inligting skakel die volgende Voorsieningskanaalbestuur beamptes: 022 913 6000 Nelmarie Bothma, Bestuurder: Uitgawes en Voorsieningskanaalbestuur. Israel Saunders, Hoof: Bates en Voorsieningskanaalbestuur. Elorese Scholtz, Rekenmeester: Voorsieningskanaalbestuur. Berig en foto: Matthew Sheldon

20 Jaar Gelede - Maart 1999 Voorblad: Elbeth Liebenberg presteer by Blommeskou in Durban Redaksioneel: 'n Piketberg inwoner, wat na Koffiefontein verhuis het, teken in op Die Piketberger. Hennie Hagen skenk sy 150ste pint bloed. Die NG Kerk, in samewerking met Lions, bied 'n kiskarresies aan. Kabouterland Kleuterskool besoek Johan van den Worm se veldskool. PHS spog met 10 tweelinge, die Lawrence'e, Smiths, Kriels, Müllers, Marais's, Hanekoms, Samuelse, Jouberts, Kellermans en Lombards. Nuwe onderwysers by PHS is Ricky McKnight, JC Simpson, Annatjie Joubert en Elizma Swart. Minister Koornhof besoek SSS. Boland Spar behaal vir die vyfde agtereenvolgende jaar die Top 10 ranglys vir beste Klantesorgwinkels in die land.


17

Mountain Creek Spur N7 PIKETBERG Tel. 022 913 1819


18


19


20 Christi Engelbrecht, née Van Niekerk 20.07.1963 - 29.01.2019

Christi Engelbrecht is op 29 Januarie vanjaar onder operasie oorlede. Piketberg inwoners, uit die “ds Frekie van Niekerk era”, sal onthou van die babadogter, Christi, wat in 1963 gebore is en haar eerste twee lewensjare in die ou pastorie, waar die dorpswembad vandag is, gewoon het. Daarna het die gesin verhuis na hulle nuut geboude pastorie in Kloofstraat, waar die gesin aansienlik uitgebrei het en ds Frekie se eerste vrou, Poppie, oorlede is in Christi se matriekjaar. Christi het onlangs vertel dat sy tydens die Junie eksamen in matriek waterpokkies gekry het en gevolglik net een vak kon skryf. In September is haar ma oorlede, vir wie sy help versorg het, gevolglik is sy van die eksamen vrygestel, omdat sy nie kon leer nie. Die gemeente het ernstig gebid tydens die eindeksamen en Christi het matriek geslaag. Sy is daarna na die Wellington Onderwyskollege en in 1985 begin sy op Upington skoolhou. Sy het haar eie blommewinkel op Upington gehad met die naam 'And Lemon'. 'n Vriendin skryf oor haar in die uitgawe van 8 Februarie van Upington se koerant, Gemsbok, wat u gerus op die internet kan lees, aangesien dit 'n storie van inspirasie is. Met vergunning, volg 'n kort uittreksel: Christi Engelbrecht was 'n flukse mens en 'n harde werker. Wat sy gedoen het, is met passie en entoesiasme aangepak. Die meeste van haar tyd het sy gewy aan haar geliefde blommewinkel, And Lemon, met die leuse "vir blomme met 'n verskil". Met kreatiewe skeppings uit volstruiseierdoppe, ystervarkpenne en droë graspolle het sy dikwels self die aflewering gedoen met kitaar in die hand en 'n persoonlike verjaarsdaglied. Dieselfde met die opwagting van babas, kreatiewe skeppings met toepaslike speelgoed as deel van die rangskikking. Christi het gereeld blommewerkswinkels en kursusse bygewoon. Saterdae na werk speel sy met gemak 'n pot of meer tennis, kyk fliek op TV en bestudeer beeldmateriaal as inspirasie vir haar kore. Saterdae- of Sondae aande was haar tyd vir langasem gesprekke met haar seun, ChrisJohan in Amerika. Na kerk is 'n groot maaltyd voorberei met RSG se mooi musiek in die agtergrond en Christi se saamneurie in 'n tweede stem. Die honde is op Sondae bederf met 'n tittewasie sessie waar hulle geborsel en mooigemaaak is. Sy was 'n familiemens wat vir ouma Sannie graag bederf het met 'n vars blommetjie en outydse soetgoed. Wanneer haar kleinkinders iewers was, sou sy moeite doen om daar te wees en te ondersteun. Los sy af by een of ander skool en hou sy haar lyf Juffrou, was haar passie vir kinders op sy duidelikste. Toegewyd en deeglik was sy hiermee! Christi het haar huis en tuin ten volle geniet en gunsteling hoekies ingerig vir werk en ontspanning. Van die rivier kon sy nooit genoeg kry nie. Laatmiddag se stappie met die honde het altyd op 'n stadium rivier se kant toe gedraai. Ander aktiwiteite was die Fanie Malan koor, Pilates, Bybelstudie en kitaarlesse. Vir Kameelmond se kinders het sy gereeld gaan kuier, ‘n Bybelstorie vertel en musiek gemaak waarop hulle kon dans. Met Kerstyd het sy gesorg dat elkeen ‘n geskenkie en lekkergoed kry. Met so 'n bedrywige program het 'n mens

begrip dat sy die huishouding en tuin in Job en Harris se bekwame hande oorgelaat het. By die blomwinkel het Gertruida-hulle die raakvatwerk gedoen. Christi se slag met kore is wyd bekend! Met die Fanie Malan koor wen sy op 'n keer die landswye Applous koorkompetisie. Een jaar by Uppies se Koorfees moes sy omtrent bontstaan om vir die kore van Fanie Malan, Laerskool Oranje Noord en Siyanda Cantando te dirigeer. Om by elke koor te pas het sy daardie aand verskillende serpe afgewissel - vindingryk en effektief! Mense het moeite gedoen om die koor van Siyanda Cantando te sien optree. Ons dorp en sy mense treur oor wie ons verloor het. Almal is dit egter eens dat sy op geen beter plek kan wees as waar sy nou is nie - aan die voete van haar Hemelse Vader vir wie sy oneindig lief was! Met erkenning: Gemsbok, Upington. –Red.

PPC De Hoek Piketberg 1921-2021

Alle PPC De Hoek werknemers van 1921 - 2019, familie en vriende van daardie werknemers, mense met inligting of kennis van daardie periode ten opsigte van PPC De Hoek...met ander woorde, almal wat iets weet van PPC De Hoek - lees asseblief verder! Alhoewel die Hermon Piquetberg Lime Company reeds in 1914 kalkverwerking by De Hoek begin het, het die Cape Portland Cement Company in 1921 die aanleg oorgeneem en die eerste sementfabriek daar opgerig. Met ander woorde - in 2021 is PPC reeds 100 jaar deel van die Piketberg-gemeenskap! Piketberg Museum, in samewerking met PPC De Hoek en die Universiteit van Stellenbosch is besig met ‘n projek wat die Eeufees van PPC in Piketberg sal herdenk en vier. Ons het jou hulp nodig! Deel van die feesvieringe sal die opening van ‘n uitstalling by Piketberg Museum insluit wat die geskiedenis van PPC, De Hoek uitbeeld. Indien u oor enige informasie, foto’s, dokumente, stories, staaltjies, prente, films ensomeer ten opsigte van PPC De Hoek beskik, kontak ons asseblief so spoedig moontlik. Ons sal die informasie-bronne met omsigtigheid hanteer en aan u terugbesorg. Ons soek ook die name van persone met wie ons onderhoude kan voer. Ons wag opgewonde om van u te hoor!

Piketberg Museum, Kerkstraat, Piketberg Tel. 022 913 2177 info@piketbergmuseum.co.za

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


21

Abbasorg Kursus

Feruschka Damon, Candice Lourens, Doreen Hector, Ronell Grundlingh, Natalie Phillips en Magrieta van Wyk ontvang hulle sertifikate nadat hulle die Abbasorg kursus voltooi het. Die ATKV se Abbasorg het 'n kursus aangebied vir persone met voorskoolse groepe. Dit was ‘n vierweeklange kursus. Foto: Hannie Visser

Vanaf 1977

Wen ‘n Oztrail hoë digtheid gietyster pot met enige aankope van R500 of meer. Kompetisie strek vanaf 1 Maart tot 30 April 2019 Trekking: 2 Mei 2019 Graag wil ons, ons kliënte bedank vir jul volgehoue ondersteuning in 2018. Ons sien uit om julle van diens te wees in 2019. Japie du Plessis

Jakobus Burger

Tel: 022 913 1251 / 1307 Faks: 022 913 2443 dupmeubels@telkomsa.net Voortrekkerstraat 43 Posbus 112 Piketberg 7320


22 Die Piketberger se Datums vir 2019 Berigte/advertensies moet ons bereik APRIL 19 Maart MEI 23 April JUNIE 21 Mei JULIE 18 Junie AUGUSTUS 23 Julie SEPTEMBER 20 Augustus OKTOBER 24 September NOVEMBER 22 Oktober DESEMBER 19 November

2019 – Eeufeesjaar vir ACVV Piketberg

Verskyn 28 MAART 3 MEI 30 MEI 27 JUNIE 1 AUGUSTUS 29 AUGUSTUS 3 OKTOBER 31 OKTOBER 28 NOVEMBER

Marina Grobbelaar, Deel Nel, Angeline Engelbrecht, Susan de Vries en Elsabé Liebenberg. Foto: Marietha Goosen Die ACVV-tak van Piketberg is op 25 Oktober 1919 gestig en die eerste Algemene Vergadering is op 10 Januarie 1920 gehou. Aangesien Ps. 115 by dié geleentheid voorgelees is, is dit ook gelees op 20 Februarie 2019, by die eerste Algemene Vergadering van die Eeufeesjaar. As daar na die notules en foto’s van die afgelope 100 jaar gekyk word, besef ‘n mens dat baie dinge verander het, soos bv. kleredrag. Terselfdertyd is daar ook niks nuuts onder die son nie - in 1986 het Hendrik Brand, die plaaslike gesondheidsinspekteur, die lede ingelig oor waterbesparing, met wenke soos: stort in ‘n skottel, badwater mag nie dieper as 100mm wees nie (en jy moet dit meet!), hoop jou skottelgoed op en was alles op een slag! Deel Nel, ‘n 58-jarige dame van Eendekuil wat haar sig 17 jaar gelede verloor het, was die spreker by 2019 se eerste Algemene Vergadering. Sy behartig haar huishouding sonder enige hulp en het moeiteloos gedemonstreer hoe sy ‘n aartappel papierdun afskil! Haar positiewe ingesteldheid het die gehoor opnuut bewus en dankbaar gemaak vir hul voorregte en seëninge wat so dikwels vergeet word.

MAART DATUMS

Fonteinfees 1 en 2 Maart Opelug Lofprysing 11 Maart Kaskardag 13 Maart Skool sluit 15 Maart Die Piketberger berigte in 19 Maart Menseregtedag 21 Maart Plaasmark 30 Maart


23


24


25

Ds Jan en Gerda groet na 33 jaar Na 33 jaar op Redelinghuys, tree ds Jan van Schoor uit die bediening en gaan hy en Gerda hulle op Lambertsbaai vestig. Met hulle aankoms op 10 Januarie 1986, was Marlene 6 maande oud. Met hulle vertrek in 2019 het die gesin uitgebrei met nog drie kinders, Jani, Corine en Gerrie, 'n skoonseun, Emile Viljoen en kleinseuns Markus en Viljee. Ds Van Schoor ontvang demissie op 17 Februarie 2019. Ringspredikante Clifford James, Gert Kok, Johan Smit, Jan van Schoor, Johan Jacobs, Bossie Muller en Martin Goosen.

Frederik Kotze neem oor by Gerda van Schoor as orrelis van die NG gemeente, Redelinghuys.

Voor by ds Jan is Marlene en Jani. Agter by Gerda is Corine en Gerrie. Foto’s verskaf

Vroue Ringskommissie neem afskeid van Gerda. Agter is Gerda Kriel, Marina Grobbelaar, Gerda van Schoor, Marlien Smit, Arina Burger, Anita Visser en voor Karin van Bosch, Marian Coetzee en Marelize Treurnicht. Foto’s: Marietha Goosen

2019 se Bloedskenkdatums

1 Maart * 3 Mei * 5 Julie * 13 September * 8 November (Vrydae – 10:00-14:00) by Piketberg Museum


26

Op die rakke van die Biblioteek... Ys

deur Rudie van Rensburg Net soos die kort, maar treffende titel, is die tempo van die boek vinnig, soos dit in goeie misdaadfiksie hoort. Dit is die sesde boek in 'n reeks met Kaptein Kassie Kasselman as hoofkarakter. Kassie is nie 'n metroman nie, hy is vaal en bedees en het dag vir dag 'n verBespreking deur weerde rooi windjekker aan, 'n blou Sarie du Toit hoogwaterbroek en wit sokkies. Om alles te kroon, olie hy sy hare plat op sy kop met Brylcreem. Hy en sersant Rooi Els, met sy wortelrooi hare, sproete en kort oorgewig lyfie, word keer op keer deur die misdadigers wat hul paaie kruis, hopeloos onderskat. Tot hul bittere spyt. Kassie en Rooi bevind hulle nie meer by die Nuweland polisiestasie nie, maar by 'n spesiale eenheid, die SGU. Hier word hulle ongelukkig aanvanklik erg gekniehalter deur hul nuwe bevelvoerder, brigadier Shaheena Fortuin. Op haar beurt is sy vasgevang in 'n gewelddadige huwelik en sy weet, uit professionele ondervinding, dit kan net eskaleer. Die verhaal begin in die Arktiese streek, waar 'n omgewingsaktivis net spoorloos verdwyn. Die referaat wat hy binnekort in Kaapstad sou lewer, sou skokfeite bekend maak oor die ekologiese veranderinge wat aardverwarming op veral die Poolstreke het en die rimpel effek daarvan op die res van die planeet. Die Noordpoolsirkel is potensieel 'n reuse bron van olie en aardgas en in 'n wêreld honger vir energie, maak dit politieke sin vir die groot moondhede om hul ore te sluit vir al die groenes se waarskuwings. Te midde van 'n paar ongenaakbare en gewetenlose karakters, ontmoet ons vir Frankie Kriel, die oudgevangene. 'n Mens kan nie help om aangetrokke tot hom te wees nie. Hoe kan 'n mens nie met hom empatie hê as alles in sy lewe so eensklaps skeefloop nie. Al waarvan hy droom is om sy vrou, Sue weer te kan vashou en van "Frankie's Bookshop". En dan is daar Hasie, Tienkie Haasbroek se ou liefdesbeer en oom Sandwich vir die bergies..... Wat geweld betref, word daar nie doekies omgedraai nie, maar gelukkig sorg Kassie se karakter vir volop ligte en humoristiese oomblikke. 'n Moet lees, nié net vir aanhangers van Rudie van Rensburg nie, maar almal wat goeie misdaadfiksie geniet.

Likkewaan op Reis

By Huis AJ Liebenberg gaan daar nooit ‘n dag sonder opwinding verby nie en hierdie ware storie is ‘n voorbeeld daarvan: Jacques Hanekom ontmoet in Desember 2018 ‘n persoon in Hartenbos by wie hy ‘n bakkie wou koop. Met die besigtiging van die bakkie, begroet ‘n likkewaan hulle bo-op die enjin. Jacques besluit om die bakkie te koop, maar sonder die likkewaan as mede-eienaar. Die eienaar laat die bakkie met ‘n hoë druk spuit skoonmaak. Likkewaan het sy plekkie in die enjin opgegee, die transaksie is beklink en daar gaan Jacques met die bakkie terug na Piketberg. Hier aangekom, is daar nuuskierige vriende wat sy nuwe wiele wil besigtig en groot is almal se verbasing toe likkewaan hulle weer op die enjin begroet – dood van die dors en honger van die lang pad vanaf Hartenbos. Na ‘n klomp slukke water en ‘n hele eier, gaan los hulle op 23 Desember 2018 vir likkewaan in die berg bokant Kloofstraat om daar vir hom ‘n nuwe tuiste te vind. Op 31 Januarie 2019, neem oom Willem Burger (‘n inwoner by Anneks woonstelle te Huis AJ Liebenberg) sy bakkie na die Paarl vir ‘n diens. Wie begroet die werktuigkundige op oom Willem se bakkie enjin – dieselfde likkewaan. Hy het duidelik nie baie gehou van sy tuiste in Piketberg nie en is tans veilig in die reptielpark in die Paarl. Ons wens hom nog veilige reiskilometers toe, net asb nie terug na Piketberg nie! Huis AJ Liebenberg versorg graag ouer persone, nie likkewane of slange of enige reptiel nie…..daarvoor is die personeel te versigtig.

Leeskring 2019 13 MAART: THE SECRET GARDEN – Frances Hodgson Burnett en NAUTI’S GWENDOLINE/ NAUTI SE GWENDOLINE – Gwen Fagan Bespreek: Annelie Venter 17 APRIL: UIT DIE BLOUTE – Chanette Paul Bespreek: Sandra van Wyk 22 MEI: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG: MINDFULNESS VIR BESIGE MENSE – Johannes de Villiers Gasspreker: Johannes de Villiers 12 JUNIE: HANS STEEK DIE RUBICON OOR – Rudie van Rensburg. Bespreek: Hanlie Richter

24 JULIE: Vergadering by Moira se huis in Tuinstraat HUISIES VAN PAPIER – Dalena Theron. Bespreek: Marietha Goosen 21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar 18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING


27


28

FEBRUARIE WENNERS

Week 7: Mireen Visser van Fick Sementwerke. Prys geborg deur Liebco Vleishandelaars Week 5 Wenner: Keanan Kayster van Horison Trolley Management (Shoprite Piketberg). Prys geborg deur: MOUNTAIN CREEK SPUR Week 6: Daar was geen nominasies nie Week 8: Nog geen wenner aangewys teen druktyd.

Januarie Maand-Wenner: Last Sithole van Piketberg Fuel Caltex Garage Borg van prys: Dup Meubels BAIE DANKIE AAN ONS BORGE

Reëls

Enige persoon mag ‘n nominasie deurgee. LET WEL: slegs een nominasie per week per nomineerder. Nominasies kan weekliks vanaf Vrydag tot Donderdag gedoen word. Die week-wenner word op ‘n Maandag aangekondig. Na vier weke word die maand-wenner aangekondig. ‘n Week-wenner kan nie weer genomineer word nie. Nominasies word per week beoordeel. GEEN nominasie word outomaties oorgedra na die volgende week nie. ‘n Nie-wennende nominasie mag wel WEER genomineer word. Die beoordelaars se beslissing is finaal. Geen korrespondensie sal toegelaat word nie.

Lesers word aangemoedig om persone wat goeie diens lewer te nomineer vir ‘n Piketberg Diensheld 2019 toekenning. Gebruik die nr 071 741 5512 en SMS/WhatsApp u naam en van, die diensheld se naam en van en sy of haar organisasie of besigheid. Verskaf ‘n kort rede vir u nominasie. Wenners word elke Maandag in Maart aangekondig.


29


30

Valentynsdag word gevier Die liefde ken mos geen ouderdom nie. Huis AJ Liebenberg het Valentysdag gevier met ‘n Grease tema. Saam gefliek, van springmielies tot hamburgers, skyfies en melkskommels. Foto’s verskaf

Michael West en Tammy Booys, Mnr en Mej Valentyn Junior.

Trippe Trappe hou Valentynsdag Trippe Trappe Kleuterskool het hierdie dag van liefde opgedra aan al die tannies van die ACVV en Huis AJ Liebenberg. Koekies is oorhandig om dankie te sê vir al die liefde wat hulle het vir die kindertjies en die bejaardes. Die kinders waardeer julle harde werk. Foto’s: Laurette Burger

Lihani Slabber en Tristan West, Mej en Mnr Valentyn Senior.

Jéan-Alet Scheepers, Johannè Smuts, Erna Koegelenberg en Zarah Kotzé. Foto’s: Rina Engelbrecht


31


32

TE HUUR

Stap-afstand vanaf Hoërskool Piketberg (oorkant NG Kerk)

1 Slaapkamer, 1 volle badkamer, aparte kombuis, sitkamer, diefwering deurgaans, karaktervolle atmosfeer (houtvloere), private agterstoep met pragtige uitsig. Ideaal vir enkelpersoon of egpaar. Ongemeubileerd of semi-gemeubileerd (onderhandelbaar) Onmiddellik beskikbaar of 15 Maart of 1 April 2019 R4 300.00 per maand (water en dienste ingesluit).

Kontak Clare 083 225 0059

Rolstoel nr 4 na VG Eendekuil

'n Splinternuwe rolstoel is pas oorhandig aan die VG Kerk op Eendekuil. Magdalena Burrows, voor in die stoel, het dit namens die gemeente ontvang en sê dit is 'n groot aanwins aangesien sommige bejaardes probleme ondervind om by die kerk uit te kom. By haar is Coenie Smit van Piketberg, wat vir die afgelope jaar die doppies bymekaar maak, skoonmaak en sorteer. Ds Gert Kok van Eendekuil, die koster, Theresa Smit en haar kleinseun, Frederik, verteenwoordig Eendekuil se NG gemeente, wat baie erns maak met die plastiek doppie en broodtags projek. Piketberg en Eendekuil se inwoners word hartlik bedank vir elke doppie en tag wat ons veilig bereik. Hou gerus 'n houertjie in u kombuis vir elke plastiek doppie en wanneer daar 'n sakkie vol is, bring dit na die kerkkantoor of die biblioteek. Kontak Teresa van Niekerk vir enige navrae by 083 539 5048. Foto: Marietha Goosen

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Hier staan Coenie Smit by die 660kg doppies wat gelewer is. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om hierdie reuse getal doppies bymekaar te maak. Ja, ons word nie net bewus daarvan dat produkte herwin kan word nie, maar ook dat ons ons omgewing skoon hou EN dat ons help om ‘n afhanklike met ‘n rolstoel te help. Dis tyd om die “aflosstokkie” aan te gee. Wie sien kans om by Coenie oor te neem en ‘n verskil te maak? Baie dankie! Kontak Coenie by 022 913 1777 / 083 708 1525.


33

Uitstappie na Graafwater

J M R SERVICES Vervoersingel, Industriële Gebied, Piketberg

Grondverskuiwings masjinerie Trokke - Trekkers Enjin en Transmissie Herbouing Voertuig foute diagnoseer masjien Herstel van dieselpompe en injectors

 Die Piketberg Blom- en Tuinbouklub bestuur, Delina Fox, Vanessa Beautemont, Micky Visser, Jackie Ferguson, Katinka Morrison en Moira van der Westhuizen by Februarie se vergadering waar Katinka ‘n blomdemonstrasie gegee het. Die klub se volgende vergadering op 6 Maart is ‘n uitstappie saam met die VLV na hul kongres in Graafwater. Foto verskaf

PAASFEES

Eredienste : NG Kerk Do 18 Apr: Nagmaal 7nm Vr 19 Apr: Nagmaal 9:30vm HAJL So 21 Apr: Opstandingsdiens 9:30vm Ma 22 Apr: Gesinsdag

       

Maak van Meganiese Kabels Handrem Kabels Speedo Kabels Versneller Kabels Koppelaar Kabels All brake shoes Air valves Clutches Brake boosters, etc

KONTAK 022 913 1407 JANNIE 076 311 6159 LIZA 071 544 2718

Benodig u ‘n sekuriteitskamerastelsel vir u huis of plaas? Wil u kan sien wat op die perseel gebeur, al is jy nie tuis nie? Wil u voorkomend kan optree teen potensiële bedreigings teenoor jou familie en besittings? D&D IT spesialiseer op die gebied van cctv kamera oplossings. Sentraal geleë in die omgewing tussen Piketberg en Citrusdal, diens ons die area vanaf Piketberg tot Clanwilliam, Porterville tot Elandsbaai. Ons bied die beste advies en puik diens teen billike pryse. Kontak ons gerus om u behoeftes te bespreek. Ons kan ook help met “Panic Systems” en Infra Rooi Beams ens.

Kontak Deon Taljaard Sel: 071 810 5626 E-pos: dftaljaard1@gmail.com


34

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


35


36

Gr 12 Wiskunde of Rekeningkunde (Wiskundige Geletterdheid ingesluit)

Handig ‘n CV en kontakbesonderhede in by Boland Superspar. Daar is beperkte poste beskikbaar so doen sommer vandag aansoek om teleurstelling te voorkom.

Toepassing van winkel reëls Handig ‘n verkorte weergawe van u CV met maklike bereikbare verwysingspersone in by Boland SUPERSPAR

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mar 2019  

Die Piketberger Mar 2019  

Advertisement