__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Aleit gebore Atleet Aleit Stander, gr4-leerder van PHS, verwerf twee goue medaljes en een silwer medalje, en daarmee saam sy Bolandkleure, by die onlangse Wes-Boland Laerskole Atletiekbyeenkoms.

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troues…p4 Storie-oggend...p4 Nuwe Fuel by Garage...p6 Vrugtefees...p11 20 Jaar Gelede...p15 Skenk Bloed...p16 National Teachers...p23 Grade...p23 Toerisme Nuus...p27 PHS Kavaliers...p32 Mnr Yster, Mej Glas...p33 Wees ‘n Roos Voog...p34

Aleit behaal goud vir 80m en 100m seuns 10jaar en silwer vir verspring. Hy neem op 2 Maart deel aan die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn. Ander atlete wat uitgeblink het by die Wes-Boland Laerskole Atletiekbyeenkoms is: Gabrie Loubser, spiesgooi, seuns 12jaar, Goud. Jacques Lambrechts, seuns 13jaar gewigstoot, Goud en diskusgooi, Brons. Aimeé Swart, dogters 7jaar, 80m, Silwer. Ruvan van der Westhuizen, seuns 12jaar, 100m en 150m, Brons. Jana Bruwer gewigstoot dogters 13jaar, Brons.

Aleit Stander met sy medaljes. Foto: Sanet Stander


2

Redaksioneel Nuwe....Hoop.....Nou.....Stuur.... Lanklaas het ek Die Burger opgetel en begeesterd geraak met die lees van die hoofopskrif en ander grootdruk woorde op die voorblad. Ná die eerste staatsrede van President Cyril Ramaphosa, jubel Die Burger saam, soos een wat uitgehonger is vir iets of iemand wat lewe bring: Nuwe era van hoop. 'Nou is die tyd vir elkeen van ons om te sê: Stuur my'. Ek voel gemaklik, dis die taal, die inhoud, die idioom wat ek verstaan. President Ramaphosa gee in sy staatsrede erkenning aan die ontslape jazzmusikant, Hugh Masekele, se lied "Thuma Mina", waarin 'n nuwe dag verwag word. In die Liedboek van die Kerk is Lied 533 met die titel "Stuur ons, Here" en Lied 534 met die titel "Stuur ons uit, Here" 'n vrye Afrikaanse vertaling van tradisionele isiZoeloe, isiXhosa en Sesotho tekste, die melodie van Thuma Mina. Die twee liedere is gegroepeer onder die tema: Liefde, dankbaarheid en diens. Terug by die koerant. Ek lees nie eers die hele staatsrede aandagtig nie, want netnou, net dalk, laat ek toe dat feite en uitsprake iets moois en kosbaars bederf, want ek kies om te fokus op 'n nuwe era van hoop. Nou is die tyd vir my om te sê: Stuur my. Ek kies om te glo Pres Ramaphosa gaan doen wat hy sê. Ek weet in my Here, die Een wat Lewe bring, elke dag, is daar nuwe hoop. Hy sê: Ek stuur jou. Daarom kan ek nou sê: "Ek is 'n gestuurde".

Marie de Villiers, vorige Bestuurder Huis AJ Liebenberg, skryf... Dit is met `n knop in die keel dat ek die skrywe rig – ek kan nie glo dat ek moet afskeid neem van Piketberg nie! Ek het hier aangekom as `n jong vrou van 27 en nou is ek afgetree. Ek is trots om te sê ek is `n Piketberger. Hierdie skuinsdorp met sy regop mense was vir my `n voorbeeld en inspirasie al die jare dat ek hier gewerk het. Wanneer ons vrywilligers gesoek het om te help by die Tehuis, is ek nooit teleurgestel nie – daar was altyd `n gewillige hand. Baie hartlik dankie dat u deel was van my lewe en dankie dat u deel het aan my groei in Jesus Christus. Moet asseblief nie ophou om die hande en voete van Jesus te wees nie. Baie liefde en groete. Winnie Grobbelaar, Huis AJ Liebenberg, skryf… Aan ons hemelse Vader, baie dankie vir onverdiende Genade. Dankie vir Dokters se vinnige optrede asook vir Huis AJL se versorging. Ek het altyd net gevra om gespaar te bly vir kinders en kleinkinders, familie en medemens. Baie dankie vir gebede, besoeke, oproepe, blomme, asook vir die baie pakkies. Dit word só opreg waardeer! Voorspoed aan almal vir 2018.

Te Koop Dewalt Radial Arm saag te koop R2 500

Liefde Marietha

SONJA + TJOKKER

VRYDAG 16 MAART 10UUR NG KERKSAAL R60 pp Kontak: Laurette 084 811 7784 Gerda 084 513 6585

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Skakel 082 378 6828 vir verdere besonderhede


3


4

Henco en Danelle

Henco Bindeman en Danelle Meintjies is op 8 Desember 2017 te Groenrivier, Riebeek-Wes getroud. Foto: Karina Conradie

Michael en Jean-Mari

Michael Theart en Jean-Mari Becker is op 18 November 2017 te Klipzaam Venue op Vredenburg getroud. Foto: Helen Thiart

Datums vir Die Piketberger 2018 APRIL se koerant verskyn op 29 Maart Stuur berigte voor 20 Maart MEI se koerant verskyn op 26 April Stuur berigte voor 17 April JUNIE se koerant verskyn op 31 Mei Stuur berigte voor 22 Mei JULIE se koerant verskyn op 21 Junie Stuur berigte voor 12 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 26 Julie Stuur berigte voor 17 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 30 Augustus Stuur berigte voor 21 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 28 September

Stuur berigte voor 18 September

NOVEMBER se koerant verskyn op 1 November Stuur berigte voor 23 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 29 November Stuur berigte voor 20 November Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com


5


6

MEDIESE PRAKTISYNS

Nuwe Fuel by Garage

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Die vriendelike span van Piketberg Fuel Garage is Eleandor Hoffman, aandeelhouer en werknemer by Weskus Meganisasie, sy verloofde en die eienaar van Piketberg Fuel Garage, Lizzie Rossouw, met die dagskofpersoneel Unathu Menzi, Franklin Sododile, Last Sithole en Jacob Guma. Foto: Marietha Goosen Een van die oudste vulstasies in Piketberg het nuwe lewe gekry toe Piketberg Fuel Garage (Pty) Ltd in Langstraat in die ou Loxton Motors-gebou oopgemaak het. Aan die stuur, so onlangs soos Desember, is Lizzie Rossouw en haar span wat weet hoe belangrik dit is dat kliënte tevrede is en ervaar dat hulle net die beste en vriendelikste diens kry. Behalwe vir brandstof, bied Piketberg Fuel Garage ook alle soorte olies te koop aan. 'n Splinternuwe kiosk is nou deel van die diens aan motoriste en verbygangers, met heerlike pasteie, koue koeldrank, lekkergoed, melk, brood, hout, lugtyd en koopkrag. Agter die gebou, met ingang in Die Trek, is Desmond steeds met PQ Meganies vir herstelwerk aan enige fabrikaat voertuig. Nuut tot die perseel is 'n Capitec-OTM vir u gerief. Onderhandelings met ABSA en Standard Bank is aan die gang. Kom maak gerus 'n draai van 6vm tot middernag by die petrolpompe en van 7vm tot 10nm by die kiosk. Kyk ook uit vir die spesiale aanbieding van 'n 440ml blikkie koeldrank vir 40 liter en meer brandstof ingegooi. Lizzie en Eleandor bedank Piketbergers vir hulle gasvryheid en ook vir hulle ondersteuning. Indien enigeen belangstel in kantoorspasie op die hoek van Lang- en Keeromstraat, die haarsalon word binnekort ontruim en sal dan as kantoorruimte te huur wees. Kontak 022 913 1196 of 072 012 4104.

PIKETBERG FUEL GARAGE (PTY) LTD 022 913 1196 / 072 012 4104

Rybaan ure : 06h00 - 00h00 / Kiosk ure: 07h00 - 22h00

Yskoue Koeldranke, Chips, Hout, Ys, Roomys, Sigarette en Lekker Pasteie, Koopkrag, Lugtyd en vele meer… Kom loer gerus in!!!

Gooi 40l of meer brandstof in en kry ‘n GRATIS 440ml Blikkie Koeldrank.

“Like” ons Facebook blad onder Caltex Piketberg en neem deel aan ons spesiale aanbiedinge weekliks.

022 913 1600 / 022 913 2075

Nuwe Eienaars Vanaf 21 Desember 2017


7


8 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Waar ek hier sit en skryf is ek in Mbombela in Mpumalanga by die Nasionale Munisipale Bestuurders Forum. Ons gesprekke is klaar vir die dag en ek maak tyd om ‘n paar belangrike goed met u te deel. Maar net eers oor Mpu- Hanlie Linde malanga. Sjoe, dit is nou groen hier. Vir my Kaapse oë is dit vreemd en ek drink die groen in soveel as moontlik (en bad so lank as wat ek kan). Uit die vliegtuig sien mens baie vol damme, vol riviere en baie nuut aangeplante vrugtebome. Dit reën ook al onophoudelik sedert vanmiddag en ons klompie van die Kaap hardloop buite rond in die reën tot vermaak van die ander Munisipale Bestuurders in die land. Soos u weet is die hele Bergrivier Munisipale Gebied tans op 45% waterbesparing en ons moedig almal aan om minder as 50 liter water per persoon per dag te gebruik. Bergrivier Munisipaliteit se inwoners het dit reggekry om gedurende Desember 2017 43% te spaar en tydens Januarie 2018 ook 43%. Hiervoor wil ons baie dankie sê en elkeen loof wat skouer aan die wiel sit in hierdie krisis. Nou moet ons deurdruk en 45% besparing behaal. Elke druppel tel en ons wil graag dag zero in Bergrivier Munisipaliteit so lank as moontlik uitstel. Die regulasies vereis ook 60% besparing op water vir landboudoeleindes en 45% besparing op industrie-water (insluitend myne). Ons kan hieraan voldoen en ek wil elke leser van Die Piketberger vra om ons te help om al u bure, vriende, kennisse en familie te inspireer om nog minder water te gebruik. Elke druppel tel! Meld asseblief alle onwettige water verbruike aan by die volgende nommers: Piketberg - 083 272 3850; Porterville - 083 272 3853; Redelinghuys - 083 272 4130 en Eendekuil - 083 272 4137. Hieronder is die nuutste damvlakke in die Wes-Kaap. Indien u spesifieke vrae het oor die watersituasie is u welkom om dit aan my te rig by mm@bergmun.org.za Ek sal dit graag antwoord in die volgende Piketbergers sodat ons almal in die kennis kan deel. Ander interessante gebeure by die Munisipaliteit: Vanaf 31 Maart tot 12 April ontvang ons ‘n groep jeugdiges van Heist-op-den-Berg in België. Hulle gaan by verskillende families tuisgaan en ‘n paar dae skool bywoon in die tweede kwartaal saam met ons leerders van Steynville Sekondêre Skool en Hoërskool Piketberg. Oorval hulle asseblief met ons normale Bergrivier-gasvryheid!

Dit was weer tyd om fees te vier in Bergrivier Munisipaliteit! Op 19 Februarie 2018 het ons Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Evert Manuel (derde van regs), en ons Direkteur Finansiële Dienste, mnr Gerard Goliath (heel regs), ‘n toekenning ontvang vanaf die Ouditeur Generaal in SA, Mr Kimi Makwetu (derde van links), die Premier van die Wes-Kaap, Me Helen Zille (tweede van links), Provinsiale Ministers van Plaaslike Regering en Finansies (Min Anton Bredell (heel links) en Ivan Meyer (tweede van regs). Die toekenning was vir ons tweede skoon oudit in ‘n ry vir die 2016/2017 finansiële jaar. Dit is voorwaar ‘n prestasie! Daar is maar ‘n klein persentasie van Munisipaliteite in die land wat dit kan regkry. Hierdie is waarlik ‘n spanpoging!


9


10

VLV-lede leer oor Boedels deur Jannie Lategan

Om in die ry te staan by ‘n OTM

Christa Myburgh, VLV-bestuurslid, staan hier by twee sprekers wat opgetree het om VLV-lede in te lig aangaande boedelbeplanning en die opstel van testamente: Conrad Basson, adviseur by Efficient Wealth en Marie Eksteen, Adviseur by Efficient Board of Executors.

VLV Bestuur vir 2018 is voor van links, Alta Vos (Opvoeding en Kultuur), Christell Brand (Openbare Sake), Nicoline Brown (Voorsitter) en middel agter is Christa Myburgh (Tesourier), Alida Walters (Leefstyl), Carin Rossouw (Gesondheid) en Dinette Lochner (Sekretaris). Afwesig: Marlize Rossouw (ViseVoorsitter en Landbou en Tuinbou) en Lenie Otto (Kunste en Handvlyt). Foto’s: Marietha Goosen

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

As jy so ‘n tiende plek in die ry staan by ‘n OTM, kan tog vervelig word en voel asof jy besig is om tyd sommer so nutteloos te verspeel. As jy egter begin kyk en luister na die mense wat saam met jou aantree, is daar nogal baie om waar te neem en oor te wonder en laat die tyd baie vinnig verbyvlieg. Wanneer jy so oor die skouers van die mense voor jou loer, sien ‘n mens later dat die een heel voor in die ry, besig is om sommer so agt of nege mense se geld te probeer trek en kon ek aflei dat sy oor die geheime nommers van die vriende van haar beskik. Kort-kort sien jy net dat sy die kaart met die bedrag geld en die strokie styf toegedraai by haar rok insteek, waar sy dit waarskynlik veilig bewaar. Die gedagte huiwer onwillekeurig: “Sal sy nou kommissie kry vir haar werk.” In praktiese terme, is sy eintlik nou besig om ‘n diens te lewer aan die mense wie se geld sy onttrek. Mens wonder ook maar oor die betroubaarheid van so ‘n diens. Kry die “klient” van haar eintlik al sy geld? Soms sien mens dat daar net ‘n strokie uitkom en volgens haar gesigs-uitdrukking kan jy sien dat daar nie fondse is nie. Terwyl jou aandag daar by die OTM gevestig is, merk jy dat hier voor jou sommer so ongemerk, mense besig is om in die tou in te druk...hulle wat waarskynlik nie die lang tou en tyd wou trotseer nie. Jou gedagtes neem egter verskillende denkrigtings aan en wonder ‘n mens hoe ver hulle met die “Fort-Night Pay” of week se geld kom, hoe oordeelkundig word daar nou eintlik gekoop. Straks word daar darem in die broodnodige brood, vis en vleis belê…en waar is daar nog die paar lekkers vir die kinders by die huis. Groot ongeduldigheid word ervaar, maar tog voel dit andersyds of dit eintlik ‘n uitstappie, na ‘n week se werk, vir elkeen is. Daar is oorheersend ‘n gevoel van genot en tevredenheid: “Ek kan vandag my eie verdiende loon” trek. Versigtig lees elkeen sy balans op die strokie as hy klaar die geld getrek het. Miskien is daar die ge-dagte: “Ek moet maar oordeelkundig spandeer, want die week wat kom, kan dalk net tè lank wees.” Die moderne tegnologie met sy besondere toepassingsveld van die kaart, verrig wondere. Met respek, kan ‘n mens sien, dat elkeen sy kaart koester en baie versigtig in die sak of handsak wegbêre. Die seisoen staan einde se kant toe en eersdaags word daar pad gevat na die Oos- of Noord- Kaap...dan praat hulle in die ry van die droë tyd wat weer voorlê en hulle spreek teenoor mekaar hulle kommer uit. Die seisoene maak deel uit van elkeen se lewensritme en hulle verstaan dit elkeen op sy eie manier. Die seisoen van kameraadskap is verby en vriendskappe wat onderling gesmee is, word haastyd gegroet. Die wagstaan in ‘n ry om ‘n geldjie te trek is eersdaags verby. Die ry skuif maar in sy eie ritme vorentoe en die tempo is stadig. Die tempo word bepaal deur die vaardigheid van die geldtrekker voor in die ry.

Die volgende Piketberger verskyn op 29 Maart 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 Maart 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


11

Vrugtefees

Huis AJ Liebenberg- en Bergtuin-inwoners, tesame met die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub, het vanjaar weer 'n fees der feeste beleef toe die jaarlikse Vrugtefees op Valentynsdag in HAJL se eetsaal gehou is. Rooi tafeldoeke, hartjies en balonne het bygedra tot 'n vrolike atmosfeer. Elke feesganger is bederf met vrugte wat ál geselsende geniet is, sowel as 'n propvol wegneemsakkie. Sonder die lojale ondersteuning van ruimhartige skenkers, sou so 'n dag egter nie moontlik wees nie. Die ACVV bedank graag die volgende borge: Nico Basson van Heimat - druiwe; Wynand en Schalk Burger van Koedoesvlei - waatlemoen; Neil Janse van Rensburg van Broodkraal - druiwe; Marianne Kitshoff van Eendekuil - turksvye; Ina Kotze - pruime; Jaco Kotze perskes; Wolfie Liebenberg - spanspek; Moutonsvalley appels en pere; Frikkie Rossouw van Kleinvogelvallei druiwe; Le Roux en Emily Rossouw - druiwe; Tertius Smit van Eendekuil - spanspek; Steenebrug - druiwe; Henk van der Westhuizen van Môrester - druiwe. Berig en foto’s: Marina Grobbelaar

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net


12

Trudie Vereer deur Bergmun

Trudie le Fleur is op 8 Desember 2017 vereer deur Bergrivier Munisipaliteit vir haar getroue diens van 35 jaar. Hier vertoon sy trots haar langdienstoekenning. Dankie Trudie! Jy is vir almal by Bergrivier Munisipaliteit ‘n Ma en ons waardeer jou! Foto: Marietha Goosen

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Au Pair Experience in The Netherlands by Jessica Jelliman

Today I write this letter with less than seven weeks left in the Netherlands. Well known as Holland. The place I learnt, grew and experienced so many things that even I thought wouldn't be possible. The culture is so different. Everyone is different but also in a way the same. The people here are friendly and happy all the time. Everyone speaks the same language, Dutch, which in fact is very similar to my language Afrikaans, while some of the words may have different meanings. I was lucky enough to attend a Dutch language course where I learnt so much more about the language. Apart from the language and people there is a lot to do here. I went to the Kingsland Festival where famous Dutch DJ's such as Martin Garrix performed. I attended parades and carnivals, boat cruises, night clubs and so much more. I went to over 80 museums including the Van Gogh, Anne Frank House and The Rijks Museum. Also, as an au pair I travelled to some parts of Europe such as Belgium, Paris, Ireland, Switzerland, Germany and explored all of Holland. I travelled on their famous transport daily, the NS Trains, Trams and Busses. From all of that I was also lucky to experience really cold snow and weather where the temperature was as low as -6 degrees. Most of my stay in Holland was combined with rain, wind and snow. There were very little sunny, warm days. Holland is one of the safest places to live. I walk alone at night and cycle alone from one town to another sometimes on my own without being afraid. Becoming an au pair in Holland was the best decision I ever made. I lived with the Veldhuizen family in a small town called Voorburg, The Hague. Teun and Sara welcomed me into their home trusting their two lovely daughters, Ella 6 and Miro 3, to me. They gave me the opportunities to explore and grow and see the world from a different angle. I have grown so attached to this family that it will be very difficult to say goodbye. I was their first au pair. We learnt so much from one another, they became my family.

17 March


13


14

Die ploeg wat weggeraak het

deur Carel van Niekerk, snr Marius van Zyl, jare gelede ‘n verkoopsman by Van Niekerk en Krupp, het op die plaas Redelinghuys groot geword. Hy was bekend met al die boere in die omgewing omdat sy pa daar geboer het. Hierdie storie dateer uit die 60’s en is oorvertel deur hom aan Carel van Niekerk. Almal uit ons omgewing weet dat die Redelinghuys area nie te ver van die see is nie. As gevolg hiervan stoot mis oor die landskap vanaf die see en bedek die Carel van Niekerk aarde soos ‘n digte wolk. Met ploegtyd was dit veral baie mistig. Die vogtige lug stoot oor die land en ‘n mens kan nie ‘n tree voor jou sien nie. Die trekkers van daardie jare was maar swak en hul liggies wat voorop gemonteer was, was maar ‘n flou 6 volt, nie soos die 12 volt van vandag nie. Boonop het die boer in Marius se storie se trekker nie ‘n regter voorlig of agterlig gehad wat gewerk het nie. Slegs die linker voorliggie kon flouerig die mistige nag verlig. Die boer moes maar op sy kennis van die vore en die uitleg van sy lande staat maak om in die nag te ploeg. Daardie jaar het die reën laat gekom. Die onsekerheid van laat reën, wat daardie middag begin bou het, en die hoeveelheid grond wat hy nog moes omploeg het hom gedruk om deurnag te werk. In ploegtyd was daar nie tyd vir moeg of moedeloos raak nie. ‘n Boer het gedoen wat ‘n boer moes doen. Hierdie tipe donker mistige nag was glad nie vreemd vir die boer nie. Hy was gemaklik met sy klein trekker met die swak liggies in die middel van die koringland. Sekere tye van die jaar is meer mistig as ander tye, maar daardie nag waardeur die boer geploeg het, was die mis besonders dig. Met die trekker se een linker voorliggie was dit alreeds moeilik om te sien, met die digte mis was dit bykans onmoontlik. Dit was belangrik om te kon ploeg en die boer was ervare. Hy het die ploegvoor, wat hy net-net kon uitmaak in die mistigheid, dopgehou. As hy die ploegvoor kon sien dan kon hy dit volg en reguit ploeg. Die eensame figuur op die trekker het uur na uur die nag ingeploeg met ‘n dowwe dreuning wat oor die lande deur die mis gedra was. Baie boere het daardie jare nog witblits in die Verlorenvallei se riete gestook. Dit was natuurlik onwettig en die boere was versigtig met die stokery. Trekkers van die sestigs het nog nie ‘n “cab” opgehad nie en die boer moes maar met ‘n dik jas in die koue of nat weer sit. Die witblits het baie gehelp teen die koue as die mis so dig was. Die nag toe die mis so oorgetrek kom het die boer gesien hier kom reën en nie net ‘n paar druppels nie. Hy sou

Die APRIL-uitgawe van Die Piketberger verskyn op 29 Maart 2018 Stuur berigte voor 20 Maart Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com

moes ploeg dat dit klap om die reën voor te spring. Teen daardie tyd was hy koud, met mis bedruip en moeg. Hy wou klaarmaak met die ploegwerk. Gedurende die donker ure van die oggend met die mis wat hang soos ‘n dik kombers om die boer en sy trekker, voel hy hoedat sy trekker meteens verskriklik swaar trek. Hy probeer nog vorentoe ry toe die trekker net daar in die land vrek. Die skielike stilte het oor die boer en die masjien toegesak. Die enjin het nog getik-tik van die hitte. Moeg en swaar klim hy al kopskuddend van die trekker afgeklim. Hy moes probeer vasstel wat met sy trekker aangaan. Die grond was ongelyk en diep geploeg en hy moes in die donker sukkel om die enjin te bekyk. Nadat hy die trekker se enjin goed nagegaan het, stap hy agter na die ploeg, want daar was niks fout met die trekker nie. Hy kon glad nie verstaan hoe die ding dan nou so swaar sal trek en dan sommer sal vrek nie. Die moontlikheid dat ‘n groot rots of ‘n klomp wortels die ploeg kon laat vashaak, was groot. Die boer neem toe sy klien flitsliggie en gaan stel ondersoek in agter die trekker na sy ploeg. Die grond was netjies omgeploeg en hy kon sien dat hy selfs in die digte mis reguit geploeg het, hy was in sy skik met sy handewerk. Die flou liggie fladder oor die grond eers dié kant toe en dan daardie kant toe, maar tot die boer se verbasing is daar geen ploeg agter sy trekker nie. Hy skyn die liggie verder terug en kan die voor in die flou skynsel uitmaak, maar sowaar geen ploeg nie! Hy besluit toe die enigste oplossing is om al met die strykvoor langs terug te loop opsoek na sy ploeg. Hy het seker gemaak hy bly in die voor, want sonder die maan se lig en dit in die digte mis, kon ‘n man lelik op sy eie grond verdwaal. Sy jas het swaar van die mis om hom gehang en hy het al sukkelend deur die losgeploegde grond gesoek. Die ploeg is immers ‘n groot stuk masjinerie, hy sou hom onmiddellik opmerk indien hy in die voor afgehaak het. Na ‘n ‘n ruk se gesukkel deur die losgeploegde grond, moes hy maar bes gee en omdraai. ‘n Man kan ook net soveel op een aand vermag. So het hy maar weer in die strykvoor gehou om seker te maak hy verdwaal nie. Teen dié tyd was hy tot die been toe moeg en die koue het deur sy jas gedring. By die trekker gekom besef hy, of dit nou begin reën of nie, hy sou niks kon doen sonder sy ploeg nie. Huiswaarts keer was nou die enigste uitweg. Maar soos dit die instink van ‘n boer is, moet daar ‘n uitweg wees. Daar moet ‘n plan wees. En so klim die ou terug in sy sitplek en sit op die trekker en tob eers oor die saak. Iets ernstig moes die trekker gebriek het, ‘n trekker laat hom mos nie sommer net so stop nie. Summier het die boer besluit hy sal eers voor om sy trekker loop en gaan kyk wat daar aangaan voor hy weer probeer ry. So klim hy toe weer teen die nat staaltrappie na onder om deur die omgeploegde land te sukkel sodat hy kon vasstel wat sy trekker in die middel van die mistige koringland tot stilstand gebring het. Sy flouerige flitsliggie het ‘n dowwe ligskynsel teen die digte mis gegooi en het geswem oor die omgeploegde grond. Uiteindelik kom die liggie tot stilstand aan die regter voorkant van die trekker. Toevallig is dit ook die kant waar die trekker se lig stukkend is. Tot sy verbasing sien die boer dat die ploeg al met die vorige omgang afgehaak het en dat sy trekker nou besig was om die ploeg van agter af op te klim met die nuwe omgang. Ek skat dit is onnodig om te sê dat hy daardie nag nie verder geploeg het nie.


15

20 Jaar Gelede - Maart 1998 Voorblad: Shadow, die mak cheetah, besoek PHS. Kollig op AndrĂŠ van Ellewee. Agtien Piketbergers neem deel aan Argus Fietstoer. Die LUR van Onderwys, mnr Koornhof, voer dmv 'n direkte televisie uitsending 'n gesprek met PHS se onderwysers. Dit vind plaas in Volkskas, oor 'n privaat televisiekanaal. PHS se ouers bewillig geld vir 'n rekenaarlokaal. Eben van Ellewee is genooi na Pretoria vir die 34ste Nasionale Wetenskapweek vir die Jeug. JolandĂŠ Vercuiel se Afrikaanse opstel besorg aan haar 'n waardevolle besoek aan die parlement. Sy nooi Lizaan Anthonissen saam. Ferdi Erasmus (S O/19 800m) neem deel aan die SA Atletiekkampioenskappe. Emile Wyngaard (S O/10 100m) neem deel aan die Bolandbyeenkoms. Die herkoms van Sentrasure is herdenk met die onthul van 'n gedenkplaat by Bo-Kuile. Julana Bindeman wen 'n porseleinpop in 'n gelukkige trekking by die Valentysdans. Boland Spar se Damesklub bied 'n Ina Paarman kookdemonstrasie aan. Advertensies: 300g Sirloin R29,95 by Piketbraaihuis Midas koop en verkoop tweedehandse selfone.


16

Op die rakke van die Biblioteek Maar Tintin in Tibet

Deur Annelie Ferreira Bespreking deur Marietha Goosen In vyftien kort hoofstukke word die leser in Annelie Ferreira se boek met die vreemde titel, "Maar Tintin in Tibet", geneem op 'n reis in 'n blou Mercedes saam met Lukas, 'n derdejaar Bedryfsielkunde student, en sy dominee-pa. Temas soos die verhouding tussen ouers en kinders, die liefde en godsdiens, sorg vir 'n boeiende en prettige leeservaring. Tydens die reis tussen Stellenbosch en Beaufort-Wes met sy omdraaie, afdraaie en oorslaap op Laingsburg, ontvou 'n verhaal van innerlike genesing van die twee karakters en ook die verhoudings waarin hulle staan, en uiteindelik 'n wonderwerk. Die boek lees besonder maklik en vinnig. Dis besaai met heerlike humor. En tog verras die diepte van die boek en sorg die teks vir nadenke. Lees gerus die strokiesprentboek van Kuifie, "Tintin in Tibet", daarmee saam en luister na Gert VlokNel se liedjie aan Koos du Plessis, "Waarom ek jou roep vanaand".

Leeskring komitee vir 2018 is Sarie du Toit, voorsitter, Marietha Goosen, sekretaresse, Gerna Croeser, Sandra van Wyk en Louise Visser. Foto: Madelie Burger

Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

9 Maart (Biblioteeksaal) 11 Mei 13 Julie 14 September 9 November

Piketberg Leeskring, wat reeds 25 jaar bestaan, het afgeskop vir die jaar met 30 lede. Op die foto is die lede wat die bespreking van “Maar Tintin in Tibet�, geskryf deur Annelie Ferreira, bygewoon het. Leeskring vind een keer per maand plaas op 'n Woensdag op 9:30vm in die biblioteeksaal. Foto: Kaylen de Klerk

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.


17

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


18 Fonteinfees Look-A-Like Kompetisie

Lyk jy dalk na iemand bekend? Iemand in jou familie? Dalk soos jou troeteldier? Of het jy ‘n oulike skets/karikatuur wat iemand van jou geteken het? Skryf dan dadelik in vir ons look-a-like kompetisie as volg: Daar is vier kategorieë met heerlike pryse om te wen.  “Celebrity”  Familie  Troeteldier / Dier  Ope kategorie – sketse/tekeninge/snapchat ens Inskrywingsfooi is R20. Bring twee foto’s van jou en die ander party maw een foto elk. Jy mag iemand anders inskryf, met die persoon se toestemming. Jy sal slegs ‘n prys ontvang indien jy tydens die finale beoordeling in persoon daar is. Beoordeling sal om 11h00 op Saterdag 10 Maart in die kerksaal plaasvind. Beoordeling is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Inskrywings kan vanaf 26 Februarie by Piketberg Biblioteek afgegee word.

ACVV Nuwes

By Annake Bester, regs agter, is nuwe lede wat by Piketberg ACVV aangesluit het. Agter is Helé Wolvaard en Lindie Buckle en voor is Lorraine Meyer en Susan de Vries. Annake, wat sedert Januarie die pos as Bestuurder by Huis AJ Liebenberg beklee, het as spreker opgetree en haar drome vir Huis AJ gedeel. Sy vra dat moontlike vrywilligers haar kontak en meer kom uitvind oor hoe om by Huis AJ betrokke te raak. Kuiers, speletjies, oefeninge, handwerkaktiwiteite is enkele voorbeelde van maniere om betrokke te wees by die Tehuis. Dis haar wens om te help skep aan 'n huislike en veilige hawe as tuiste vir die inwoners. Die Tehuis se kontaknommer is 022-913 1228. Foto: Marietha Goosen


19

Kix Dra Rooi vir Japan

Kix leiers met die aanvang van Kix en die bekendstelling van die "Jesus vir Japan"-projek is agter Marinette Nelson, Juliana Visser, Wilmien Treurnicht, Teresa van Niekerk, Marie van Niekerk en Hanlie Richter. In die middel is MariĂŠ Ehlers, Jansie Truter, Monique Potgieter, Yolanda Crous en Hanli Brand. Voor is Christell Brand, Marietha Goosen, Ilse Bruwer, Ilze van Niekerk en Biddy Langenhoven. Vir elke R1 wat ingesamel word, word een rooi kol in die wit kol op die Japannese vlag geplak. Die projek fokus op die jeug van Japan en is 'n voortsetting van Missie Japan. Foto: Annette Bruwer


20

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz Hierdie maand is ons oppad na Hamburg wat in Duitsland geleë is. Dit is die tweede grootste stad in Duitsland en een van die 16 state van Duitsland. Die stad lê in die kern van 'n groter metropolitaanse gebied wat versprei oor drie Duitse federale state en is die tuiste van meer as vyf miljoen mense. Ek raak gedurig deurmekaar met “Dutch” en “Duits”, maar ek is seker julle het al gehoor dat jy NOOIT ‘n Hollander en ‘n Duitser moet vergelyk nie. Dit het ek nooit verstaan totdat ek in Duitsland self was nie. Ek het julle al vertel van die vervoer hier, naamlik my nuwe beste vriend, die trein. Jy moet of betyds wees of jy verpas jou trein. Dit is nie vir, “Wag asb net so vyf minute vir my” nie, NEE, jy het jou trein verpas en moet dan maar ‘n ander plan van aksie uitwerk. Die “travel-kaart”…Dit is jou pas vir enige vervoer in Europa na jou droom bestemmings, sonder hom betaal jy veel meer om te kom van een punt tot ‘n ander. Met ‘n verskriklike opgewondenheid binne my word ek wakker op die dag wat ek en my vriendin beplan het om te vertrek na Duitsland. Al ons beplanning is klaar gedoen, als moet nou net mooi in plek val, maar presies die teenoorgestelde het gebeur. Julle weet hulle sê mos ongelukke kom in drieë. Die oggend om 6uur was ons in Amsterdam Sloterdijk, dis nou wel nadat ons, ons eerste trein verpas het. EERSTE DING WAT VERKEERD GELOOP HET. Oppad om met my “travel-kaart” uit te teken, besef ek dat ek dit verloor het op een van die drie verskillende treine wat ek moes vat. Dit was NOMMER TWEE VAN ONS ONGELUKKE. Na ‘n lang gewag en baie STARBUCK’S koffie het ons bus om 9uur gearriveer. Hier kom die DERDE DING WAT VERKEERD GELOOP HET. Paspoorte. Dié het ons in Bussum vergeet. Dit kos ons om ons buskaartjies te kanselleer en sitplek op ‘n ander bus te reserveer. Na agt ure se gewag draai die bus se wiele om en om al die pad na Duitsland. Lesers, julle sal ook dink ek toer net rond, maar hierdie jong dame werk baie HARD deur mooi om te sien na twee dierbare seuntjies en ek is werklik geseënd met ‘n wonderlike gasgesin wat my baie ondersteun en bystaan deur die proses. Nie net sien ek om na twee woelige jong seuns nie, maar tussendeur is ek ook hard besig om myself voor te berei vir my Nederlandse Taaltoets. Volgende keer vertel ek julle meer van ons ervaring in Duitsland. Dit was wel die eerste reis op ons verkenningstog deur Europa wat baie stresvol was, maar ons het nou baas geraak van al die MOETS en MOENIES van op reis gaan.

Môrester Blink uit in Blok

Henk van der Westhuizen, Martiens Janse en Charl Smith van Môrester Boerdery. Foto verskaf Bergrivier Tafeldruiwe hou jaarliks ‘n blokkompetisie waar produsente en boere hul kultivare en wingerde kan inskryf. Die organiseerders besluit watter kultivare en wingerde kan inskryf. Die blokkompetisie het 32 jaar gelede begin vir die Bergrivier Streek. Die area sluit in Paarl (Noord en Suid), Simondium, Windmeul, Wellington, Riebeek-Wes, Piketberg, Saron, Halfmanshof en Porterville. Daar was hierdie jaar twee afdelings waarvoor ingeskryf kon word en beoordeling het in die tweede week van die jaar plaasgevind. Môrester Boerdery van Piketberg het uitstekend gevaar onder leiding van Algemene Bestuurder Charl Smith en sy span van Martiens Janse en Henk van der Westhuizen. Martiens Janse het die Gevestigde Blok afdeling gewen met ‘n Sable Pitlose inskrywing en Henk van der Westhuizen het ‘n derdeprys ontvang vir sy Tawny Pitlose inskrywing. Henk het ook ‘n prys ontvang vir sy uitmuntende maatreëls en maniere om water te bespaar.


21


22

Wat sê die Reg? ‘n Hofsaak wat die Wêreld verander het

Die Mensdom (?) vs Jesus van Nasaret

Hierdie artikel is geskryf deur Mnr. Igna Klynsmith, die aanbieder van die radio program Regsake op RSG en wat gepubliseer is in sy boek Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. My dank en waardering gaan aan Jacques Ehlers Mnr. Klynsmith vir sy toestemming en goedkeuring om hierdie artikel in Die Piketberger te publiseer. Dit word verbatim hierin aangehaal. “Vooraf: Let daarop dat ek nie ‘n teoloog is nie. Daar is sover moontlik gepoog om vanuit ‘n regsoogpunt te kyk na feite soos dit hoofsaaklik aangeteken is in die vier Evangelies: volgens Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Daar is slegs een feit oor die verhoor wat vasstaan: Jesus is ter dood veroordeel deur die Romeinse goewerneur van Judea, Pontius Pilatus. Feitlik alle feite oor hierdie hofsaak is die onderwerp van ‘n eeue oue debat wat vloei uit verskillende interpretasies van die onderskeie weergawes soos die Evangelies daaroor getuig. Dit behels die volgende feite:  Die presiese misdaad waarvoor Jesus aangekla was;  Die verhoorprosedure;  Die redes hoekom so ‘n hewige vonnis opgelê is. Dit is belangrike inligting dat die kern van die Evangelies slegs dekades na die voorval opgeteken is en dat daar duisende ooggetuies was. Dit is dus nie verbasend nie dat die skrywers van die Evangelies noukeurige en beeldryke beskrywings kon gee van die gebeure en van die hofsaak self. Opgetekende getuienis? Daar moet onthou word dat die kerndissipels (in Jesus se binnekring) se ooggetuieverslae eers mondeling oorgedra is; daarna is dit opgeteken en in siklusse saamgevoeg. Die vriende en volgelinge het by huise saamgekom waar die onderskeie siklusse gelees en Jesus se lering gedeel is.

Hierdie siklusse het sekere elemente van Jesus se preke en bediening bevat. Die oudste Evangelie, Markus, is eers in ongeveer 55 n.C. geskryf, Matteus in 50-60 en Lukas nog later (ongeveer in die jare 70-85), met Johannes se Evangelie eers rondom 95 n.C. Daar was dus ‘n tydverloop tussen die ooggetuies se verslae en die uiteindelike optekening. Die Joodse reg Dit is belangrik dat ‘n mens die Joodse reg onder die Romeinse regering van daardie tyd in konteks sien om die hofsaak te begryp. Judea was onder Romeinse besetting, maar die meeste dorpe is deur die Joodse ouderlinge (priesters) geadministreer. Judea, in die besonder, was onder beheer van die Joodse hoëpriester Kajafas, en is geadministreer deur die Raad van Sewentig Joodse lede, bekend as die Sanhedrin. Judea se Romeinse goewerneur (praefectus Pontius Pilatus) het die mag gehad om enigeen sonder verhoor ter dood te veroordeel. Hy was dus inderwaarheid die hoogste hof van appèl en veral vir nie-Romeinse burgers was hy die persoon aan wie se genade alle beskuldigdes uitgelewer is. Wanneer ‘n mens aan Jesus se arrestasie dink, moet jy jou eerstens afvra hoekom Hy gearresteer is. Volgens watter wet en op grond van die beskuldiging van watter misdaad is Jesus in hegtenis geneem? Wat was die motiewe? Jesus se optrede in Jerusalem die week voor sy arres was blykbaar die oorsaak. ‘n Mens moet onthou dit was die groot Paasfeestyd. Ongeveer 300 000 pelgrims was in Jerusalem bymekaar toe Jesus met sy geleende donkie die stadshekke binnegery het. Die vraag kom onmiddellik by ‘n mens op of die skare se entoesiame dalk as opruiend beskou kon word. Tog dit wil nie so voorkom nie. Nietemin het Jesus se simboliese “koninklike” aankoms met die donkie genoeg belangstelling gaande gemaak. Dit sou beslis ook die aandag van die tempelowerheid getrek het. (word vervolg) 1 Klynsmith I Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. 1ste Uitgawe (Naledi

2014)

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Ou Nederberg Hotel - 4 Splinternuwe eenhede beskikbaar vanaf middel Maart. Woonstel 1: Woonstel 2: Woonstel 3: Woonstel 4:

(2 persone) - Drie Kamers met 'n kombuis en badkamer. (2 persone) - groot leefarea met kombuis en aparte kamer met en-suite badkamer (2 persone) - groot leefarea met kombuis en aparte kamer met en-suite badkamer (1 persoon) - “Bachelor’s flat” met leefarea, kombuisgedeelte en en-suite badkamer

Slegs vir werkende persone/ouer mense. Nie geskik vir gesinne met kinders. Streng nie-rokers. Pryse vir woonstelle wissel tussen R3800 - R5000. Sluit BTW, krag en water uit. Woonstelle kan op afspraak besigtig word. Stephanus 072 288 0321 / Elzanne 072 130 2936


23

National Teachers Awards 2017

Skadeloos of onskadelik

Krieketkommentators sal dikwels sê dat die krieketbal skadeloos by die paaltjies verby trek as die paaltjies nie raak geboul is nie of as die kolwer nie die bal geraak het nie. Die woord skadeloos word hier verkeerd gebruik en onskadelik behoort gebruik te word. Die woord skadeloos word gebruik wanneer iemand vergoed word vir skade wat hy gely het of kan ly. ’n Versekeraar kan jou skadeloos stel deur jou motor te laat herstel wanneer jy in ’n ongeluk betrokke was. Onskadelik beteken wat geen skade kan doen of veroorsaak nie. ’n Ploftoestel word onskadelik gemaak wanneer dit beveilig word. M.A.A.N – S

BERGRIVIER OUTREACH Hoërskool Piketberg se onderwysers het in 2017 uitgeblink en die volgende toekennings ontvang. Vanessa Luyt, naaswenner Weskus-distrik. Adriaan Lubbe naaswenner Weskus-distrik. Marius Scholtz, skoolhoof, is wenner van die Weskus-distrik en naaswenner Provinsiaal. Wian Koch, RTT-onderwyser is wenner van die Weskus-distrik en naaswenner Provinsiaal. Marili Hanekom, gr R-juffrou is die wenner van die Weskus-distrik en naaswenner Provinsiaal. Foto verskaf

Paasdienste : NG Kerk

Donderdag 29 Maart : Nagmaal 19:00 Vrydag 30 Maart : Nagmaal 09:30 Huis AJL Sondag 1 April : Opstandingsdiens 09:30

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


24

Oud-PHS’ers Maak hul Merk Herschelle Benjamin het sy BA Honneurs in Drama en Teaterstudie aan Stellenbosch verwerf. Hy begin hierdie jaar met sy Meesters (MA) in Toneelspel en is ook tans in die Afrikaanse fliek, Raaiselkind te sien. Dit was sy Afrikaanse voorgeskrewe boek op Hoërskool by Juf. Ramsauer. Herschelle Benjamin by die Premier van Raaiselkind by die Kyknet Silwerskermfees 2017.

Gradefoto’s verskaf

Leer met Esna se Poppekas Johmine Croeser links by Kabouterland se gradeplegtigheid en 17 jaar later by Universiteit Stellenbosch verwerf sy haar BA Taal en Kultuur graad.

Jani Truter behaal BSc Sportwetenskap aan US en Honneurs in Kinderkinetika by UOVS. Sy hou Karli Truter verwerf haar skool vir Outistiese BCom Bestuursrek graad kinders, eers by Blaze aan die Universiteit van Academy in Bloemfontein Stellenbosch. en tans privaat.

DIS WAAR POPPEKAS, is poppekas stories met ‘n opvoedkundige inhoud. “DIS MY LYF, EK IS SPESIAAL, NIEMAND MAG AAN MY VAT NIE,” is die mees aktuele onderwerp. Esna Brand doen vertonings @ R200 per vertoning en R3.50 per kilometer. Sy doen ook partytjies volgens partytjietemas. Haar selfoonnommer is 082 830 6110. Esna het die poppekas juis oor kinder molestering begin omdat sy besef watter groot probleem dit in vandag se tyd is en dat die gebruik van poppe trefkrag het. Die poppe word vir die kinders maatjies wat vir hulle op hulle vlak vertel wat reg en wat verkeerd is.

Die Piketberger

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


25


26


27


28

AANSOEKE VIR 2018 TOELATING Wat maak PCS anders? 

Ons is ‘n skool waar jou kind in die taal van sy/haar keuse onderrig word.

Waar ‘n kind holisties ontwikkel word om met selfvertroue en ‘n verhouding met God die toekoms met onwrikbare geloof, hoop en onbaatsugtige liefde aan te pak.

Akademies word hoe standaarde gehandhaaf deur ons bekwame en toegewyde personeel en verantwoordelikheid word hoog op prys gestel.

Dit alles word moontlik gemaak deur kleiner klasse, individuele aandag, en ‘n atmosfeer waar jou kind sy eie persoonlikheid kan uitleef. Elke kind word ontwikkel en opgebou om die beste weergawe van hom/haarself te wees. Hier bepaal God jou kind se toekoms, nie die samelewing daar buite nie.

Kom besoek ons enige tyd om te sien wat ons doen en hoe ons dit doen.

SPELETJIESDAG Ons hou weer ‘n speletjiesdag, Maandag, 26 Maart 2018. Dit begin weer om 14:00 en eindig 16:00. Speletjies kos R1 per speletjie. Daar sal ook ‘n snoepie wees vir die droe kele. Almal is welkom. Kom deel in die pret. Ons sien julle daar.


29

PHS VRL hou Huishulptee

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Te Koop

‘n Ontspanne oggend vir Huishulpe is gereël deur die VRL van PHS. Op die foto verskyn van die gaste en persone wat opgetree het. Foto: Sanet van Schalkwyk

Beesbiltong te koop heel of gekerf @R240/kg Beesdroëwors @R210/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Piketberg Somer Mark

Die vierde Piketberg Somer Mark het op 3 Februarie by die Piketberg Karavaanpark plaasgevind. Soos verlede jaar was daar volop vrugte (waatlemoen, spanspek, druiwe, pruime en perskes) van die omgewing om aan te proe en teen goedkoop pryse te bekom. ‘n Besondere woord van dank aan ons vrugte verskaffers: Achtervlei Boerdery en Kosie van Niekerk Boerdery. Elf stalletjies het handgemaakte produkte verkoop en ‘n springkasteel het die jong klomp besig gehou. DJ Saxie het heerlik musiek gemaak en Vincent Die Zingende Byeboer, het ons tussendeur vermaak en bygedra tot die kuier atmosfeer. Ons het ook gelukkige trekkings op die dag gehad en drie gelukkige dames het ‘n gekenkpak met produkte uit ons omgewing ontvang. Baie dankie aan Org de Rac, Fruitlips en Piketberg Museum vir geskenkte produkte wat ook deel van die pak was. Besoekers getalle was steeds nie na wense, maar meer nuwe gesigte is wel opgemerk. Ons is positief om volgende jaar ‘n soortgelyke geleentheid aan te bied, maar sal ‘n paar veranderinge insluit. Enige voorstelle of hulp met reëlings word verwelkom. Ons sal teen Augustus ‘n datum hê vir volgende jaar. Baie dankie aan Bergrivier Munisipaliteit en al die besoekers vir die ondersteuning van die dag. Berig en foto’s verskaf deur Georgia Esau

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


30

PCS se Skaakmanne

Drie leerders van Piketberg Christian School het Saterdag, 17 Februarie, gaan skaak speel te Porterville. Hulle het baie goed gevaar en die meeste van hulle rondtes gewen. Op die foto is Joa Rossouw, Steph Richter, Elizabeth Van Zyl en Ulrich Brits. Baie dankie aan Elizabeth van Zyl en Cathy Brits wat die leerders vergesel het. Foto verskaf


31

Biblioteekweek in Maart Maart is altyd ‘n opwindende maand vir die biblioteke en daar is geen uitsondering op Piketberg nie. Biblioteekweek is van 16 tot 23 Maart. 1. Dit is boetevrye week. So bring al daai laat boeke terug en daar sal geen boetes wees nie. 2. Facebook skattejag vir al die Hoërskool leerders. Dit begin Maandag 18 Maart. Daar gaan sewe vrae op die Piketberg Biblioteek facebook blad verskyn. Jy moet elke dag die vrae lees. Die kompetisie hou aan tot 29 Maart. Die meeste korrekte antwoorde wen ‘n lekker prys. 3. Piketberg Biblioteek tesame met Piketberg Museum en Piketberg toerisme bied ‘n heerlike Kampvuurstorie aand vir Graad 7 en 8 leerders aan op 20 Maart by die Piketberg museum terrein. 18h30 tot 20h30. Gaan gee jou naam by die Biblioteek as jy wil deel in die pret. Daar is plek vir slegs 20 leerders. 4. ‘n Lekker vasvrakompetisie vir al ons lede (groot, klein, oud en jonk) van die Biblioteek. Al wat jy nodig het, is ‘n Biblioteek kaartjie vir een van Bergrivier Munisipaliteit se biblioteke, ‘n Brittanica webtuiste (ons sal dit op facebook sit) asook internet toegang. Jy kan van jou huis af speel of gebruik maak van die Biblioteek se internet. 16 tot 23 Maart. Kom besoek Piketberg Biblioteek vir meer inligting.

Nuut by PHS Corné van der Collf gee tans graad 4 en 5 Wiskunde by Hoërskool Piketberg asook Graad 4A Aardrykskunde. Terselfdertyd is sy voltyds besig met Honneurs in Inklusiewe Onderwys. Sy woon twee keer per week klas by by CPUT in Wellington. Sy het in 2017 haar B.Ed onderwys graad verwerf. Foto verskaf Corné van der Collf


32

Kolskoot vir Gielie

PHS se Kavaliers

Marc Poggenpoel en Mathys Louw het in Desember aan die Boland Platteland o/15 tennisproewe deelgeneem. Beide is gekies om die Kavaliers Platteland te verteenwoordig. Marc is ook ingesluit in die Wes-Kaap Kavaliers Hoërskool Tennisspan wat hierdie maand in Bloemfontein inter-provinsiaal gaan deelneem. Foto verskaf

Gielie Coetzee het op 84-jarige ouderdom ‘n gelukhou geslaan en op PPC De Hoek se gholfbaan ‘n kolskoot aangeteken. Hy speel steeds vanaf die gewone bof, al kan hy koes om vanaf ‘n nader bof te speel. Hy is sedert 1965 ‘n lid van die PPC De Hoek Rec Club, maar het eers in 1970 besluit om gholf te speel. Hy spog met ‘n voorgee van 23 en is ook ‘n ere-lid van die klub. Gielie het onlangs sy derde kolskoot geslaan in sy 48 jaar wat hy die sport beoefen. Hierdie kolskoot is op die vyfde gat aangeteken. Dit is 161 meter lank en ‘n par 3-gaatjie. Sy vorige twee kolskote is ook op hierdie baan aangeteken. Berig en foto verskaf

Skole sluit 28 Maart en heropen 10 April Piketberg Blom– en Tuinbouklub

Piketberg Blom– en Tuinbouklub se bestuur vir 2018 is Delina Fox, vise voorsitter, Vanessa Beautement, Moira van der Westhuizen, Micky Visser, Katinka Morrison, voorsitter en Jackie Ferguson. Foto’s verskaf

Delina Fox saam met die sprekers, Daniel Koch van Makhro Home and Garden, Jacques Kriel van Kriel Loodgieters en Marco Anelli van Biodyne.


33

PHS se Graad R-klas kroon Mej Glas en Mnr Yster

J M R SERVICES Vervoersingel, Industriële Gebied, Piketberg

Grondverskuiwings masjinerie Trokke - Trekkers Enjin en Transmissie Herbouing Voertuig foute diagnoseer masjien Herstel van dieselpompe en injectors

   Li-Zay Puttick 3de, Milah Kotze - Mej Glas en Cayden Carlse 2de.

 

Maak van Meganiese Kabels Handrem Kabels Speedo Kabels Versneller Kabels Koppelaar Kabels KONTAK JANNIE 076 311 6159 ARRIE 078 161 6406 LIZA 071 544 2718

WJ du Toit 3de, Connor Cloete - Mnr Yster en Dirk Eigelaar 2de. Foto’s verskaf

Tiere na 49jaar by Tillies

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Lindie De Villiers Buckle en Susan Kruger De Vries, oud Dirkie Uysers, ontmoet mekaar na 49jaar by Tillies op Piketberg. Foto: Marietha Goosen


34

Wees 'n Roos-Voog

By die NG Kerk is 120 roosbome wat gedurende die droogte swaarkry en nie by boorgatwater baat nie. Jy kan nou deel wees van 'n reddingspoging deur 'n roos of meer aan te neem. Bring jou bottel gryswater een keer per week na jou roos toe en maak dit leeg in die houer wat daar is. As jy jou eie leë bottel kom installeer (ysters en “cable ties” word voorsien), is daar geen onsekerheid oor watter roos/se joune is nie.

Christenskool besoek Museum

Leerders van Piketberg Christenskool het Woensdag, 14 Februarie, Piketberg Museum besoek. Dit was 'n baie leersame en interessante uitstappie. Baie dankie aan die opvoeders en Marié Ehlers van die museum, wat dit moontlik gemaak het. Foto verskaf Hier demonstreer Petro Grundlingh, Janke van Schalkwyk en Hanmari Marais hoe die voogskap werk.

So lyk 'n roos wat 'n voog het. Foto’s: Marietha Goosen

Groentetuin by Steynville Primêr vra plantjies

Beané Bouwer neem ses rose by die NG kerk se tuin aan.

Piketberg Christenskool het vyf rose aangeneem by die NG Kerk. Leerders gaan elke Vrydag water bring om die rose te gaan natmaak. Hulle het op Vrydag, 16 Februarie, vir die eerste keer "hulle" rose gaan water gee. Foto verskaf

Ethan Gouws en Eric Cedras is Graad 7-leerders by Steynville Primêre Skool wat aangebied het om in hul vrye tyd, tyd te bestee om die groentetuin mooi te hou. Indien daar gemeenskaplede is wat plantjies wil skenk aan ons groentetuinprojek, sal dit opreg waardeer word. Foto: Lucille van Louw


35


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Mar 2018  

Die Piketberger Mar 2018  

Advertisement