Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2017

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Mnr en Mej PHS 2017

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Ds Jacobs groet...p4 Rolstoel van Tops & Tags...p5 Oud-PHS’ers presteer...p6 Jacques Dup groet...p9 Tuinbou Nuus...p14 VLV Nuus...p19 Van Dyk era...p22 PHS se aflosspanne...p24 Bendert Smit nr 1...p24 Kix-leiers...p25 Mnr en Mej gekies…p27 Stawelklip Primêr...p28

Mnr en Mej PHS 2017 is voor Thana Stephan en Deanu Cornelius. Links is die eerste prins en prinses, Jac Goosen en Anine de Jager en regs is die tweede prins en prinses Zelmari Mostert en Wian Coetzee. Dié prettige, dog swierige geleentheid is gereël deur PHS se ATKV-Plofstofbestuur olv Sanet Coetzee. Die gehoor is vermaak deur die finaliste se stylvolle reis van toeka tot nou. Briljante PHS-gaskunstenaars het sang– en dans items gelewer. ‘n Groot dankie aan die volgende borge: Skoonheidsalon Sanet, Nimue Velsorg en Bierman Grobbelaar Oogkundiges. Foto: Marietha Goosen


2

Redaksioneel In die voetspore van… Besig om Kix voor te berei, tussendeur honderd ander dinge, vertrou ek die Gees, soos met al die ander honderd dinge. Die boodskap gaan oor Jesus se roeping van sy dissipels. Die praktiese voorstel is, om met die eerste vier dissipels wat geroep is, vier groepe te maak sodat die groeplede hulle volg…...die geroepe dissipel natuurlik die leier. Ondervinding leer ‘n mens ‘n paar dinge en ek besluit vooraf wie die vier geroepe dissipels gaan wees, en besluit op name met die meeste ooreenkomste – dus word Simon Petrus, Zack, Andreas word Adriaan, Jacobus word Jacques en Johannes word Herman. Op dié manier skakel ek alle twis rondom die kies van leiers en spanlede uit, dikwels met ‘n gepaardgaande hartseer of vernedering. Ekself en die nuwe dogtertjie is in Zack se groep. Zack sou dalk nie die kinders se keuse van ’n leier gewees het nie, soos baie ander ook nie, maar gelukkig is Zack die enigste na genoeg aan die S van Simon. Almal trek saam weg op die teerblad en elke leier moet ‘n alternatiewe roete klas toe soek. Verbete en vasberade beweeg Zack Wes, die klas lê Oos - met my en nuwe dogtertjie goedgelowig agterna. Teen die lyndraad ‘n U-draai, al langs die steil klipmuur langs, oor die sandput….en die Kix tannie moet byhou. Zack, op sy doelgerigte drafstap, kyk kort-kort besorg om, moedig aan, strek ‘n helpende hand uit. By die seunsbadkamer gee hy opdrag dat ons die roete verby die dogtersbadkamer moet neem. Ons kry vir hom en sy stem weer toe hy ons beduie trap-op. In die klas aangekom, ek uitasem, vol lag en tevrede, sit die res van die geroepe dissipels en hulle volgelinge reeds vir ons en wag, ook heel tevrede met die uitvoer van die opdrag. En in my hart is daar opnuut ‘n stom verbasing oor die Gees se getroue werking, want ek sou geen ander leier as Zack wou gehad het nie. Zack was heeltyd besorg oor

Liefde Marietha Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

Annette van Tonder skryf… To Piketberg: I know a street I know a street that struggles through a little Swartland country town—a crooked, cobbled,crazy street that wanders up and down. Since long ago, lovely as a picture in a gallery of dreams, when, on weathered wood and stone, the evening-sunlight gleams. Past the sleepy and cosy houses with their chimneys, brown and red; By the quaint old Rockey-Inn, upon the ancient stones you tread. Up the twisting slope until the old historian church comes into view— Grey against a glimpse of seasons, a haze of gold and blue. As the shadows lengthen over lattice, roof and sill — And the bells are pealing from the tower upon the hill. Time stands still! A footstep wakens echoes from the past, and upon that quiet street a magic spell is cast. Now, with tears in my eyes….. You can still be sure that when The red sun sinks to rest, God will paint a picture in this town on His best. Seek your happiness in things on which you can depend. God will take care of this little Swartland-country town, and all the people, until the end! (Hierdie gedig moes verlede maand oorstaan) -Red. Pieter Bruwer skryf…… Re Sandveldhuis op nuwe Terra. Die kort insetsel verklaar dat “Terra Nova” – “Nuwe Aarde” beteken. Inderwaarheid verwys Terra na “Aarde of Grond “ soos in Terra Incognita – vir onbekende grondgebied en Nova beten ster – soos in Super Nova – vir nuwe groot ster. Die naam verwys dus na : “ Aarde Ster” – die oorspronklike bedoeling van die naam was om met jou voete nederig op die aarde na die sterre te reik. (Ek het die oorspronklike naambord vir my Ma, Marleen Bruwer, geskilder.) Dit is ook die naam van die skip van die bekende Poolreisiger, Kaptein Scott wat in ‘n poging om die Suidpool te bereik gesterf het.

Piket-Bo-Berg Farmers Market Saturday 25 February Kruistementvlei Farm fresh produce, delicious treats, plants, wood supplies, baked goods, music and fun under the oak trees

Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies: of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Briewe van ons lesers...

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com


3


4

Ds Jacobs groet na 33 jaar 20 Jaar Gelede - Maart 1997 Voorblad: Mariaan van Kraayenburg, toppresteerder by PHS, het einde 1996 ‘n A-gemiddeld behaal. Piketberg Blom– en Tuinbouklub het twee lede afgevaardig na die blommefees in die Admiraalshuis te Simonstad op 28 Februarie en 1 Maart. Druiwenuus: Druiweboere werk onder geweldige druk en het geen tyd om te verloor nie. Moet dus nie by ‘n pakstoor opdaag sonder ‘n afspraak nie en moenie ‘n druiweboer gedurende sy middagete bel nie. Proponent Goosen verwelkom in Piketberg. Martin is ‘n vurige nutsman en Marietha se groot passie is mense. Albei doen graag rugsakstappe. PHS se Victor en Victrix Ludorum is Jaco Mouton, Sandra Kitshoff, Isa Eksteen en Francois Herbst. Interessante persoonlikheid: Gert Neethling, vurige filatelis. Ander belangstellings is varswaterhengel en uiteet. Met die rekord koringoes van 1996, het silopersoneel 7 dae per week gewerk. Dankie aan Bontes Hougaard (Piketbergsilo) en Japie Olivier (Poolssilo). Piketberg Trimgim: Beginnersklasse vanaf Februarie 1997 by 4’s Gym bokant Van Niekerk en Krupp. Kontak Katinka Morrison (Hierdie klasse gaan steeds voort in die kerksaal. –Red.) Advertensie: Lamb packs R17,98/kg 30% afslag op Prima Bande by Van Zyls Garage

Ds Johan Jacobs en Suzette het na 33 jaar op Aurora, op dag en datum Sondag 22 Januarie, hulle laaste amptelike optrede gehad. Ds Jacobs is as kapelaan in die Vloot op Saldanha, na Aurora beroep.

By Ds Johan en Suzette sit Jannie Kotze, leier diaken, en Jan Brink, leier ouderling op die stoele wat die Jacobse as geskenk ontvang het. Hierdie eerste kerksaalstoele het vir die Jacobse groot sentimentele waarde.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Robert Genis deel ‘n afskeidswoordjie met die predikantspaar.

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die Jacobse se kinders wat die afskeidspreek bygewoon het, is Phillip en Heleen Spies, links en Daneel en René Jacobs, regs. Hulle seun, André, is in Italië. Foto’s: Marietha Goosen


5

Tops & Tags Mikpunt bereik

Jacques Adams van Piketberg Civils by die bakkievrag Tops & Tags (eintlik net plastiek botteldoppies) wat by Interwaste in die Kaap afgelewer is. Jacques en sy span by herwinning het sowat 300kg doppies reeds vir die rolstoelprojek bymekaar gemaak. Baie dankie! Dankie ook aan elkeen se bietjies-bietjies wat ‘n groot verskil maak. Hou aan met die versamel van doppies en plastiek broodtags. Foto: Teresa van Niekerk Eendekuil het genoeg broodtags bymekaargemaak om vir ‘n rolstoel te kwalifiseer. Hier word die splinternuwe rolstoel oorhandig aan Teresa Smit, koster van Eendekuil NG Kerk, wat baie moeite gedoen het met die projek. By haar is Frikkie, haar man en ds Gert Kok. Foto: Marietha Goosen

Adriaan Fransman, regs, van Citrusdal met sy sakkie tags vir die rolstoelprojek. Andries getuig dat hy in November 1998 die slagoffer in 'n rooftog was. Hy is in sy bors geskiet en die koeël is naby sy ruggraat verby. Hy was in 'n groot mate verlam en moes van vooraf leer kruip en later loop. Hy was vir 'n lang tyd afhanklik van 'n rolstoel. Hy moedig elkeen aan om te volhard met die bymekaarmaak van plastiekdoppies en broodtags. Aangesien sy lewe deur 'n rolstoel draagliker gemaak is, sal hy aanhou om die projek te ondersteun. Foto: Elserine Schutte

Somersuitverkoping Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Wanneer 1ton papier herwin word, bespaar dit 15 bome, 2,5 vate olie, 4132 kW elektrisiteit, 118555 liter water en word verhinder dat 26,8kg besoedelde lug die atmosfeer bereik.

Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6

PHS-oudleerders ons trots

Carina Eksteen

BA neem Herschelle TV toe

Herschelle Benjamin Foto verskaf

Herschelle Benjamin het sy BA Drama & Teaterstudiegraad ontvang by Universiteit Stellenbosch. Hy doen vanjaar sy BA Honneurs in Toneelspel. Op 28 Februarie maak hy sy TVdebuut in die KykNet reeks, Die Boland Moorde 2.

Op die rakke van die Biblioteek Die volgende boeke word gedurende die jaar by die Leeskring bespreek: 15 Maart: Sally Andrew se “Recipes for love and murder” 19 April: Deon Meyer se “Koors” 17 Mei: Bettina Wyngaard se “Slaafs” 21 Junie: Damon Galgut se “The ggod doctor” 19 Julie: Ingrid Winterbach se “Vlakwater” 16 Augustus: Marinda van Zyl se “Amraal” 20 September: Anneli Groenewald se “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits se “Geliefde verraaier”

Kontak Louise Visser by 083 507 2854 om aan te sluit. Die plek en tyd vir bogenoemde geleenthede is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld is R50.

Retha Eksteen Carina Eksteen het Desember 2014 haar 3jarige diploma in Somatologie aan die Isa Carstens Health and Skin Care Academy verwerf. Sy is sedert Desember 2014 werksaam as terapeut by Lanzerac Spa, Stellenbosch. Vanaf Desember 2016 is sy as hoofterapeut aangestel. Retha Eksteen het Desember 2016 haar graad in BCom Finansiële rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy studeer tans verder aan die US. Foto’s verskaf Marian Stone, links, het in 2013 gematrikuleer by PHS. Sy het Desember 2016 haar BSc graad by Universiteit Stellenbosch (Mens Lewe) (Biologie) verwerf. Tans is sy besig met BSc Honneurs in Anatomie by Stellenbosch se Tygerberg Kampus. Foto verskaf


7


8

Nutsman van ons wêreld

Betroubare verwysings beskikbaar

Willie Human is terug in die wêreld waar hy as kind gebore en getoë is. Sy pa was graangradeerder 1963-1983 en sy ma die bloemiste van “Sê dit met ‘n blom” op Porterville. Na sy hoërskooljare te HTS Drostdy, was hy plaasbestuurder by verskeie plase in die Boland en Overberg. In November 2014 roep die Here hom deur Sy Woord in Josua 1:8-9 “dat ek nie bang of huiwerig moet wees nie, want Hy is by my, dat dit wat ek graag wil doen, ek moet doen en op Hom moet vertrou….” Met sy geloof in sy Skepper, sy talente wat hy ontvang het, deursettingsvermoë, ywer, vasberadenheid, trou, liefde vir mense, diensbaarheid en met opregte dankbaarheid vir elke geleentheid wat Hy hom gee, gryp Willie die ‘nuwe’ werk aan. Vir die afgelope sewe jaar was hy en sy vrou, Anita, inwoners van Malmesbury, maar verhuis binnekort na Porterville. Soos die advertensie lees, stel hy hom beskikbaar vir verfwerk (binne, buite en dakke), teëlwerk (mure, vloere en cladding), verniswerk, herstelwerk aan huise en geboue (enige vorm van dakwerk, facias, bouwerk, pleisterwerk, puttywerk, ruite en geute), restourasiewerk bv badkamers oordoen. Sien advertensie hiernaas.


9

Jacques du Plessis groet Piketberg Na 11 jaar se diens by Dup Meubels, Piketberg het Jacques besluit om die besigheid te verlaat en sy vlerke te sprei. Hy is opgewonde en sien uit na al die nuwe uitdagings wat voorlê. Hy wil graag die kliënte van Dup Meubels bedank vir hul getroue ondersteuning en vriendelikheid oor die jare. Dup Meubels gaan steeds voort met besigheid soos normaal en ons sien uit om dieselfde goeie diens aan ons kliënte/gemeenskap te bied. Ons maak ook van die geleentheid gebruik om Jakobus Burger welkom te heet as deel van die Dup Meubels span. Graag bedank Dup Meubels ook hul kliënte vir hul volgehoue ondersteuning.

Walk of Life Stap vir KANSA Die tiende 5km-Stap vir KANSA by Scheppie Saus, Moutonshoek vind plaas op Saterdag 18 Maart om 07:00. Kostes beloop R100 vir volwassenes en R50 vir honde en kinders onder 10jaar. Die terrein is toeganklik vir enige voertuig. 'n Avontuurlike trekker en wa-rit is ook 'n opsie. Jou inskrywingsgeld sluit 'n smaaklike potjiekos ete in en 'n spreker. Kampgeriewe is beskikbaar vir naweek- of oorslaapgaste. Perde- en bergfiets entoesiaste kan deelneem @ R100 inskrywingsgeld. Indien enigeen bereid is om te help met hierdie besonderse fondsinsamelingsgeleentheid vir KANSA, kontak gerus vir Danie Smit by 083 233 7772. Borge word uitgenooi om hulle besigheid te kom adverteer.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

BLOEDSKENKERS Sinagoge in Kerkstraat 10 Maart


10 Keurbos Trust Betrekking Keurbos Trust bestaan uit 2 boerdery eenhede in die Piketberg omgewing. ‘n Geskikte kandidaat word vir die volgende pos te Keurbosch plaas, Kapteinskloof, 38km buite Piketberg benodig: Administratiewe Beampte: Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid aanvaar vir: • Hantering van lone administrasie en navrae • Menslike hulpbronbestuur • Produksie-, diesel-, pluk-, spuit- ens. rekords op datum hou • Instandhouding van voorraadlyste • Liassering • Kleinkasbeheer en rekonsiliasie • Inlees van finansiële transaksies • Krediteure en Debiteure administrasie • Beman telefoon en radio • Rekenaarvaardig (Excel, Word, Outlook. Pastel, Quickbooks en Donkerhoekdata sal in jou guns tel) • Hanteer navrae van bestuur • Ontvang kliënte • Kantoor huishouding (reël van skoonmaak, aankope vir kantoor ens.) • Indien van PAYE en UIF opgawes Om in aanmerking te kom, moet kandidate beskik oor: • Spontane en vriendelike geaardheid • Ge-organiseerde en gestruktureerde werskwyse • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede • Goeie telefoonetiket • Etiese werkspraktyke • Spanspeler wees • Tenminste 3 jaar ondervinding hê • Eie vervoer Kandidate wat belangstel, kan hulle CV epos na admin@keurbosch.co.za. As jy na 2 weke geen antwoord ontvang nie - aanvaar dat jy nie die pos ontvang het nie.

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier Mense vra my gereeld of ek in die groot of klein doop glo. Die antwoord op die vraag sal duidelik word in hierdie en die volgende artikels. Dit gaan nie oor wat ék glo nie, maar wat die Woord sê. Groot doop en klein doop is nie terme wat in die Bybel voorkom nie. Daar is 3 belangrike dope waarvan die Bybel praat wat van toepassing op gelowiges is in vandag se leeftyd. Ek sal al 3 hierdie dope in die volgende Piketberger uitgawes verduidelik. Die eerste doop waaroor ons gaan gesels, is die doop in die liggaam van Christus. Die tweede doop is die waterdoop en die derde een is die Heilige Gees-doop. Let wel dat nie elke keer wanneer die Bybel van die doop praat, dit na die waterdoop verwys nie. Die woord “doop” word partykeer letterlik gebruik en ander kere figuurlik. Die basiese definisie van die woord beteken onderdompeling (“immersion” in Engels). Let daarop dat “doop” figuurlik gebruik word in die onderstaande skrifgedeeltes: 1 Korintiërs 12:13 sê: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.” Bogenoemde vers sê dat ons deur een Gees (dit verwys na die Heilige Gees) tot een liggaam gedoop word. Wat beteken dit? Ek wil begin deur te sê dat jy gebore is met ’n sondige natuur; ’n dooie gees; ’n gees wat nie in eenheid met God is of kan wees nie (Efesiërs 2:1-3). Die oomblik wat jy as mens oor die vermoë beskik om jou eie besluite te kan neem en jy Jesus verklaar het as God en Hom as lewendig uit die dood, het jy ’n nuwe natuur gekry. In daardie oomblik is jou gees heeltemal nuutgemaak. Jou gees het één geraak met God se gees (1 Korintiërs 6:17). Hierdie nuutwording van jou gees is nie iets wat jy self kan doen nie. Dit is wel jy wat die besluit maak om Jesus aan te neem, maar dit is die Heilige Gees wat jou gees nuutmaak en jou in die liggaam van Christus doop. 2 Korintiërs 5:17 sê: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” Die oomblik toe jy Jesus aangeneem het, het die ou dinge (jou dooie gees) verbygegaan en jy het ‘n nuwe lewe (nuwe gees) ontvang. Romeine 6:3-5 sê: “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding.” Hierdie vers dui nie op die waterdoop nie, maar op ons wedergeboorte - ons doop in Jesus. In die gees ondergaan jy presies die dood van Jesus en die opstanding van Sy lewe. Kolossense 2:12 sê: “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.” Hierdie vers dui ook nie op die waterdoop nie. Dit is duidelik in die vers dat die enigste manier hoe jy hierdie doop, die sterfte in jou gees en nuutwording, kan ontvang is deur geloof in Jesus. Wat beteken die bostaande vir jou? Die oomblik toe jy wedergebore geraak het, is jy gedoop in die liggaam van Christus en het jy ’n nuwe lewe gekry. Die Heilige Gees is die een wat jou gees vernuwe het. Besef dat jy dood is tot die ou mens en lewendig gemaak is tot die nuwe mens in Jesus! Verdere studie: Efesiërs 1:13; Efesiërs 2:5-6; Efesiërs 4:24; Romeine 6; Johannes 3:3 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Skoolvakansiedag Maandag 20 Maart Menseregtedag Dinsdag 21 Maart - oOo Skoolvakansie 31 Maart tot 18 April


11


12 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... In my werk lees ek baie! Dis amper daagliks ‘n papieroorlog soos die dokumente oor my tafel kom. Sommiges net vir ‘n handtekening. Ander laat ‘n blywende indruk waaroor ek dae en nagte kan nadink. Twee sulke dokumente het die afgelope maand oor my tafel gekom. Dis van daai wat ek dag na dag herkou as ek en Hannie Buitengrachtstraat Hanlie Linde uitstoom of waarheen my gedagtes dwaal in ‘n vergadering! Die eerste een is hierdie massiewe beeldhoukuns in die Black Rock Woestyn in Nevada, Amerika. Dit is gebou deur Alexandr Milov van die Ukraine en word genoem “Love”. Die beeld is van ‘n man en ‘n vrou wat die rug op mekaar gedraai het en uitgebeeld word deur twee groot draad figure. Die kind in elkeen van hulle word uitgebeeld deur twee kinderfigure wat na mekaar uitreik deur die draadversperrings. In die aand gloei die twee kinderfigure en volgens die kunstenaar simboliseer dit die opregtheid van die kind in elkeen van ons wat mense nader aan mekaar bring in donker tye. Hierdie kunswerk het my diep geraak. Ek hoop dit laat elkeen van u ook nog lank dink oor hoe ons as volwassenes konflik hanteer en behoort te hanteer.

Die tweede dokument wat my laat wakker lê in die nag is ‘n omvattende studie wat aangevra is deur die WesKaapse Regering in 2010 en gedoen is deur UNODC (United Nations Office on Drugs and Crime) en die Mediese Navorsingsraad (MNR) in 2012 oor die voorkoms van dwelms en alkohol in die Wes-Kaap en verwante risiko gedrag. Die navorsing is gedoen onder 20 000 Graad 8 – 10’s in die Wes-Kaap gedurende 2011 en 2012. Die 49 onderwys-kringe is gebruik as geografiese gebiede. Die navorsingsmetodiek en protokol is goedgekeur en ondersteun deur die Universiteit van Kaapstad se Etiese Komitee in 2011. Die uitkoms van hierdie navorsing is skokkend! Hiervolgens is 47,4% van hierdie leerders gebruikers van tabak, 66% gebruikers van alkohol (73,3% in Piketberg en Porterville) waarvan 10% weekliks dronk is (25% in Piketberg en Porterville). 25% het al Cannabis (dagga) gebruik waarvan 10% gereelde gebruikers is (5,9% plaaslik). Die gebruik van tik, mandrax, cocaine en heroin het uitgekom tussen 2.1 en 1%. 41% van die leerders is geklassifiseer as medium risiko en 14,9% as hoë risiko vir verstandelike gesondheidsprobleme. Vergelykbare syfers is gevind oor al 49 onderwyskringe in die Wes-Kaap. 31,6% van die 20 000 leerders het reeds seks gehad, waarvan 60% onveilige seks was, met 25% wat alkohol en/of dwelms gebruik het tydens seks. 7% van die navorsingsgroep het gerapporteer dat hulle geforseer is om seks te hê in die 12 maande wat die studie voorafgegaan het. Hou in gedagte dat ons hier praat van 14 – 16-jariges! 18,5% het al gesteel in hul lewe en 5% het eiendom beskadig. 12% van die leerders is al dwelms geoffer deur iemand in hul gemeenskap. Die vraag wat oor en oor deur my kop spoel is nie soseer die getalle nie, maar die vraag: wat doen ons as gemeenskap met hierdie inligting? En telkens sirkel my gedagtes terug na die beeld hierbo en sien ek die volwassenes in die beeld as die huidige samelewing en die gloeiende kinders as ons jeug wat uitreik en desperaat hulp soek om te oorleef! Miskien is dit net ek, maar ek kan nie stilsit en sien hoe ons toekoms verlore gaan nie. Ek hoop hierdie inligting spook by elkeen van u ook en brand ons sodat ons almal saam opspring, hande vat en iets daadwerkliks hieraan doen! En vir die tieners wat hierdie lees… ek glo julle is saam met ons bekommerd en kan help met die oplossing!

Biblioteek Week 18 - 26 Maart Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en styk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

TE HUUR TWEE BESIGHEIDSPERSELE / KANTOORSPASIE Ou Nederberg Hotel - heerlike ruim spasie (3 vertrekke) met privaat ingang en eie badkamer. Tweede perseel is 'n eenvertrek, baie ruim spasie met 'n lugversorger. Kontak asb vir Annerie op 022 913 1465 om die perseel te besigtig.


13


14

Hooftooisels vir Tuinboulede

Lede van Piketberg Blom- en Tuinbouklub het tydens ‘n werkklas blommekransies gemaak as hooftooisel. Agter is Micky Visser, Jackie Ferguson, Delina Fox en Moira van der Westhuizen. In die middel is Lenie Otto, Marinda Mostert, Trudie van Schalkwyk en Rita Esau. Voor is Biddy Langenhoven, Katinka Morrison, Elmien Uys en Cariena Kennedy. Die volgende geleentheid is ‘n uitstappie na Joostenbergvlakte op Woensdag 1 Maart. Vir verdere inligting skakel Katinka Morrison 0828296918

Piketberg Somer Mark Die derde Piketberg Somer Mark het op 11 Februarie op die Piketberg Museumterrein plaasgevind. Soos verlede jaar was daar volop vrugte (waatlemoen, druiwe, pruime, pere en perskes) van die omgewing om aan te proe en teen goedkoop pryse te bekom. ‘n Besondere woord van dank aan ons vrugte verskaffers: Môrester Boerdery, Heimat Boerdery, Erfdeel en Achtervlei Boerdery. Baie dankie ook aan Conerstone Cafe wat vanjaar die kostafel en koffiewinkel in die Sinagoge hanteer het en hamburgers, jaffels, heerlike wortelkoek en ander verversings verkoop het. Vincent, Die Zingende Byeboer, het musiek gemaak en bygedra tot ‘n heerlike kuier atmosfeer. Besoekersgetalle was min of meer dieselfde as verlede jaar. Ons is positief om volgende jaar te konsentreer op dinge wat ons vanjaar nie so goed gedoen het nie, beter te doen en vroeg te begin met beplanning om ‘n beter mark vir die gemeenskap aan te bied. Enige voorstelle of hulp met reëlings word verwelkom. Ons sal teen Augustus ‘n datum hê vir volgende jaar. Baie dankie aan die Piketberg Komiteelede, Piketberg Museum, Bergrivier Munisipaliteit en al die besoekers vir die ondersteuning van die dag.

Foto verskaf

Fun Run 10 Maart Fonteinfees 11 Maart ‘n Beter Lewe vir Almal Dr Mohammad • • • • • • • • • • • •

Verwyder slegte geluk Stop dwelm en alkohol misbruik Verhouding, huwelik en swangerskap probleme Finansiële probleme Hoe om Lotto te wen / lotto nommers “Sien” vyande raak Lok liefde Help mans met probleme Ernstige siektes Verander leefstyl Help met onopgeloste mediese probleme Help dokters wat meer magte benodig

TESTIMONIES: *My name is Fiona, thanks Dr for stopping my husband from cheating and being jealous of me, now my marriage is safe; * My name is Micheal thanks Dr for making me win lotto R50 000, am so grateful to have known you; * Thanks Dr for bringing back my boyfriend within three days, now he is taking care of me and our daughter; * For past two years my wife has been so sad because we have been sleeping without enjoying our love but since I met Dr Mohammad my wife stopped complaining; * Dr thank you for giving me lotto numbers, God bless you.

Dr Mohammad 078 859 2264 Nou in Piketberg

Besoekers wat die Somer Mark geniet het. Links is Jenobiun Engelbrecht van Piketberg wat modelhuise op skaal bou. Foto’s: Hanlie Linde

Piketberg Toerisme nooi besighede, kerke, skole of ander instansies uit om hulle te laat weet van funksies/geleenthede wqt aangebied word. Hulle kan help met bemarking en navrae. Langtermynverblyf verhuurders kan Toerisme in kennis stel van wat beskikbaar is, aangesien hulle dikwels navrae kry.


15

Museum in Styl

ACVV in Kanaän

Piketberg Museum se Komitee vir 2017 is Roché du Toit, Marié Ehlers, Gerna Croeser, Pieter Bruwer, Georgia Abrahams, Vera Burger en WG Treurnicht. Afwesig: Sannie Klaase, Jan Truter, Ray van Rooy en Jackie Strumpher. Die eienaar van die voertuig op die foto, Pieter de Jongh, skryf…... Die voertuig op die foto is 'n 1947 International Harvestor, van nuuts diens gedoen in die Klerksdorp omgewing. Dit was oorspronklik liggroen in kleur. Vir vyf jaar is dit gebruik as ‘n promosievoertuig vir die amerikaanse olie, Prolong, by Nampo, en is na die sluit van die agentskap in ‘n skuur gestoor vir ‘eendag’. Daardie ‘eendag’ het in September 2010 aangebreek toe ek so bevoorreg was om dit by my sus en swaer te koop. Na ‘n hele aantal verstellings, nuwe olie, battery, bande en baie genade, het ek hom op my sleepwa gelaai vir die rit Kaap toe. In 2013 jeuk dit waar dit nie moet nie en vervang ons sy enjin met 'n v8, verander na outomaties met kragstuur en kleur hom blou en nou vorm hy deel van ons droom in Piketberg en word hy soveel moontlik gery en geniet! Foto: Marietha Goosen

Die inwoners van Huis AJ Liebenberg, en Rus-'nBietjieklub se lede, het op 1 Februarie gedink dat hulle die land Kanaän betree het. Die vrugtefees wat in HAJL voorgesit is, was regtig 'n lus vir die oog en tong. En die beste van alles - elkeen kon eet soveel as wat hy wou. Nagereg (vrugteslaai, natuurlik) en ystee het die fees afgerond. Op die koop toe is elkeen bederf met 'n groot sak vrugte om huis toe te neem. Opregte dank aan die volgende borge wat ons mildelik ondersteun het: Nico Basson (Heimat); Boetie Kotze (Platkloof); Hannes Hanekom (Winkelshoek); Helmien Rossouw en Marianne Kitshoff (Eendekuil); Jaco Kotze (Tweefontein); Kobus Eigelaar (Achtervlei); Gert Coetzee (Dennegeur); Hanri Venter (Steenebrug); Koot Nel (Môrester); Eric Starke (Moutonsvallei); Gert Greeff (Harmonie); Johnson Fruiterers.

Wiskunde, lees, spel en leermetodes vir kinders

Goedverwacht Blommemark 15 April 2017 Goedverwacht het 'n gemeenskaps Blommemark op 15 April. Dit vind plaas in Goedverwacht by die Toerisme Inligtingskantoor. Belangstellendes kan hulle blomme nou al bestel en op 15 April om 7h00 die oggend begin afhaal. Die kontaknommers is 083 872 7149 of 073 957 3549.

Juffrou Lerine help graag! Deur prettige aktiwiteite leer ons maklik. Honneurs graad in Grondslagfase. Kontaknommer: 072 357 8537 Individuele hulp / klein groepies leerders vir R80 (45 min per leerder.)

Bel nou om jou naam op die lys te sit! Beperkte plekke!

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


16

Johan Pearson - Handelaarshoof Action Ford Weskaap Voortrekkerstraat 69, Citrusdal 082 802 8850 022 921 2150 johanp@actionford.co.za http://www.facebook.com/ActionFord


17

Jaco Rossouw - Verkoopskonsultant Action Ford Weskaap Voortrekkerstraat 69, Citrusdal 082 469 0229 022 921 2150 jacor@actionford.co.za


18

deur Jannie Lategan

Kerkgang

Te Koop Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R235/kg Droëwors @ R210/kg Cabanossi @ R210/kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

• • • • •

• • • • • • •

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Twee lede van die redaksie van die Tydskrif WEG gaan saam die Suide van Namibië besoek. Hulle doen dit waarskynlik een of twee maal per jaar. Die bekoring, en stilte wat hierdie landskap bied is onbeskryflik. Hulle het die vorige aand reeds donker by hulle “Jagtershut” aangekom en was teen sonsopkoms reeds op die stoep met hulle bekers koffie. Hulle is aanskouers van die mooiste gesig toe die lig die ongerepte landskap ontsluit. Terwyl hulle die koffie geniet, besluit hulle om vandag die kerkie te besoek. Die klein plekkie waar die kerkie is, is by Verkalk. Hulle het ‘n grondpad van 80km om af te lê. By die kerkie ontmoet hulle ‘n bejaarde man. “Sê my hoekom ry u so ‘n ver pad om hierdie diens by te woon?” Weldeurdagt anwoord die oom: “Daar is geen Kerk wat volmaak is nie, ek kom hiernatoe om ook my vriende en medemens te sien en na hulle welstand te verneem. Dis bloedig warm, maar almal is geklee met das en pak klere. Daar is uiters 12 kerkgangers en dit is nagmaal. Die predikant kom vanaf Keetmanshoop om hierdie klein gemeenskap te bedien. Die predikant skink self die wyn in klein silwer kelkies. Wie weet, dalk beleef hulle binne die kerk groter stilte en word God in sy huis straks beter ervaar of, is dit maar net om uit te reik om mense, vriende en besoekers te ontmoet. Soms wonder ‘n mens hoe kerkgang inderdaad beleef word. Wat is die ervaring? Is vreugde en blydskap ruimskoots sigbaar? Word die kern van die boodskap huis toe geneem, veral na dié toe wat nie in die kerk gesien is nie? Vind die klassieke wesens genot uit die orrelspel? Gaan ons straks kerk toe uit blote gewoonte of tradisie….of by wyse van oorlewering deur geslagte heen? Die twee mense van WEG, kan nie genoeg hulle vreugde uitspreek vir die stilte wat hulle aangryp nie.


19

VLV Vroue word Verryk Nicoline Brown, Voorsitter, oorhandig 35jr diensknopie aan Myrtle Steenkamp.

By die spreker, Anthea Beukes van die Dept Verkeersveiligheid (Bergrivier Munisipaliteit), middel, is Elmarie Cumpsty en Esna Brand, (VLV-lede: Openbare Sake). Verkeersreëls behels oa: stop doodstil by ‘n stopstaat, moenie op enige plek ‘n Udraai maak nie, wees baie versigtig by voet oorgange. Spesiale aandag word in Langstraat gegee rakende voetgangers wat onverskillig die straat oorsteek. Die dra van veiligheidsgordels is verpligtend en hou te alle tye ‘n veilige volgafstand tussen motors.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Alta Vos, Nicoline Brown, Elzanne Richter van All About Travel (spreker) en Jackie Ferguson. Reiswenke: Kontak ’n reisagentskap vir jou vakansiebeplanning, vind uit oor spesiale pakkette, leer ’n paar woorde in ’n vreemde taal aan, pak so lig moontlik en stoor belangrike dokumente en afskrifte daarvan op jou slim foon. Neem reisversekering vir mediese hulp uit. Foto’s verskaf

Die volgende vergadering is op 9 Maart in die Biblioteeksaal om 09h30. SPREKER: Nicole Mouton (arbeidsterapeut)

Tel. 022 913 1600 022 913 2075


20

Kom stap en kuier saam Die NG Kerk Piketberg hou weer ’n PRETLOOP op Vrydag 10 Maart om 5nm vir 6nm. Daarna kan jy ‘n KUIER-ONDER-DIE-STERREAAND konsert geniet met gratis toegang. Kaasborde, hamburgers en boereworsrolle sal te koop wees. Gebruik die geleentheid om nuwe mense te ontmoet of om met die ou bekendes saam te kuier.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Kom Ontspan by die Kerk Op 11 Maart word Fees gehou in die vorm van ‘n basaar soos jy dit ken, met ander vermaaklikhede soos ‘n Keedo Modeparade en Alexander May, wat enigiets voor jou oë laat verdwyn. Maak gebruik van die geleentheid om saam te kuier, vars produkte te koop, jou koskas aan te vul, ou bekendes raak te loop en nuwe vriendskappe te smee. Help bou aan verhoudings oor kerkgrense heen, wees deel van ons dorp se getuienis van vriendelikheid en hartlikheid.

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Neville Watson 083 255 9917

Kontak

Piketberg Omgewing

Henk Pieters 071 583 6164


21


22

PHS Musiek Presteer

UNISA Musiek Teorie Eksamen Oktober 2015. Johan du Toit Gr 4, 88% (Lof); Zana Vorster Gr 4, 91% (Lof en op Ererol); Marie Steyn Gr 3, 96% (Lof en op Ererol). By hulle is Alison Müller. Foto’s: Marietha Goosen

Madalynn Paulsen : Trinity Gr 5 Sang eksamen. 89 % Lof (Oktober 2015). By haar is

Opelug Praise and Worship PHS Sportveld Donderdag 2 Maart

Alison Müller.

Timothy Daniëls behaal Lof vir Gr 3 Teorie en ook 'n plek op UNISA se ererol. By hom is Komien van der Westhuizen.

Wêreldbiddag vir Vroue NG Kerk Piketberg Vrydag 3 Maart

Van Dyk era by PHS sedert 1965

In Januarie 2017 het ‘n vyfde kleinkind van Deon van Dyk by PHS ingeskryf. Die laaste moontlike een vir PHS is nou in die hok. Die Van Dyks se verbintenis met PHS strek sedert Oktober 1965 en is reeds vir 52 jaar ononderbroke. Deon, middel op die foto, het in Oktober 1965 op Piketberg die Wiskunde pos gekry en het na sy aftrede einde 1996, begin ekstra klasse gee aan PHS -leerders, maar ook omliggende dorpe se kinders. Sy

twee dogters, Awiëtte Mouton en Sumarna Louw het hulle skoolloopbane hier begin en voltooi. Awiëtte, links, se drie seuns, VanDyk, Jahnco en Erasmus, is intussen trotse PHS’ers en Sumarna, regs, se twee kinders, Mathys en Alicia. Dit is nog nie die einde van ‘n era nie, maar ons salueer jou, Meneer van Dyk, vir meer as ‘n halfeeu se insette. Foto verskaf Dis nou ‘n brein wat vars bly. –Red.


23

Babaruiker weer op 50ste terug

Die Piketberger 2017 Datums APRIL se koerant verskyn op 30 Maart. Stuur berigte voor 21 Maart. MEI se koerant verskyn op 28 April. Stuur berigte voor 18 April. JUNIE se koerant verskyn op 1 Junie. Stuur berigte voor 23 Mei. JULIE se koerant verskyn op 29 Junie Stuur berigte voor 20 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 3 Aug Stuur berigte voor 25Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 31 Aug Stuur berigte voor 22 Augustus.

Alta van Dyk oorhandig die blompotjie met asters aan haar dogter, Sumarna, op haar 50ste verjaarsdag. Die blompotjie, toe ook met somer asters in, was ‘n geskenk van PHS se personeel aan Deon en Alta, met die geboorte van Sumarna in 1967. Vir Alta was dit ‘n besonderse voorreg om self die blomme uit te soek, self te rangskik en terug te gee, na soveel geseënde jare. Foto: Awiëtte Mouton

OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September. NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt. Stuur berigte voor 17 Oktober. DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov. Stuur berigte voor 21 November.

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com

HEUNING Ons koop enige hoeveelheid aan – alle areas. Vervoer kan gereël word vir groot hoeveelhede.

Kontak Natasha of Theresa 022 - 772 1152


24

PHS se aflosse kook Vier van PHS se aflosspanne het gewen by die Interskole Atletiekbyeenkoms teen Porterville, Hopefield en Moorreesburg. Foto’s: Marietha Goosen

Bendert Smit O/19-Nr 1 Gedurende die naweek van 27 Januarie het die Boland Provinsiale Hoërskool Tennisproewe te Coetzenburg, Stellenbosch, plaasgevind. Bendert Smit het deelgeneem aan die seuns o/19 afdeling, waar inskrywings van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch Hoërskool en Paarl Gimnasium in die meerderheid was. Bendert het geen wedstryd verloor nie en so gevorder tot in die finaal waar hy een van Paul Roos se topspelers met 6-2 en 6-4 geklop het en het sodoende die titel as Boland Provinsiale seuns o/19 Tennisspan se nommer 1 verower. Sy teenstander het ‘n groot ondersteuningsgroep gehad omdat die wedstryd op sy tuisgrond plaasgevind het. Bendert het ná die wedstryd erken dat hy hulle nooit gehoor het tydens die wedstryd nie. Sover vasgestel kan word, was dit die heel eerste keer in die geskiedenis van PHS dat hy die o/19 Boland nommer 1 speler oplewer. Die Boland o/19 A-span: nr 1-4 gaan in Pretoria gedurende die April vakansie aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi deelneem. Bendert oefen minstens 6 dae per week en word 1 tot 2 keer per week afgerig deur Stephan Bruwer van Robertson, wat ook die Boland o/13 nommer 1 afrig. Die langste aaneenlopende tydperk waartydens hy nie tennis kon oefen is sedert 2012, was ‘n eenmalige 10dae waartydens daar egter fiksheidsoefeninge en gimnasiumoefeninge gedoen is omdat daar nie tennisbaan fasiliteite beskikbaar was nie. Bendert se Hoërskool Tennisloopbaan is as volg: 2013 tot 2017 - PHS Hoërskool nr 1 2013 tot 2017 - Wes-Boland nr 1 2013 tot 2017 - Boland Platteland nr 1 2016 - Boland Provinsiaal o/19 nr 5 2017 - Boland Provinsiaal o/19 nr 1

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com Aflosfoto’s links: Boonste foto: O/11: GP Rossouw, Shanrick Pienaar, Gabrie Loubser en Ruvan van der Westhuizen. Tweede foto: O/15: Damian Marcus, Lyle Booys, Nolan Somers en Jayden Swarts. Derde foto: O/19: Mariaan Barnard, Anine de Jager, Melissa Beck en Janét Stander. Onderste foto: O/19: Cayle Koordom, Junior January, Alfonso van Wyk en Burdty Joubert. Foto’s: Marietha Goosen


25

Kix-leiers Koester Kinders

Vyftien entoesiastiese Kix-leiers is ywerig besig met 2017 se nuwe projek, Kix Koester Kinders. Behalwe vir die geestelike insette, gaan Kix deur die jaar vrywillige bydraes gebruik vir die aanwend van skryfbehoeftes vir die kleuterskole in Malingunde, Malawi. In 2009 en 2010 was Kix betrokke by die tot stand koming van die kleuterskole, die inrig daarvan en ook die opleiding van onderwysers. Kinders is ook welkom om tweedehandse skryfbehoeftes skool toe te bring vir die projek. Iemand se ou potlood is beter as geen potlood. Op die foto verskyn agter Wilmien Treurnicht, Pokkels Brink, Hanlie Richter, Yolanda Crous, Marie van Niekerk, Teresa van Niekerk, Hanli Brand en Marietha Goosen. Die twee in die middel is Michelle Pretorius en Biddy Langenhoven en voor is Marié Ehlers, Jansie Truter, Monique Potgieter, Ilze van Niekerk en Ilse Bruwer. Foto: Ilze-Mari Coetzee

Besige Bytjies se Koninginne

Overberg is ʼn gevestigde en gerespekteerde landboumaatskappy, wat deur middel van verskeie takke en afdelings, ʼn noodsaaklike diens lewer. Ons beskik tans oor die onderstaande pos en benodig ‘n vaardige, entoesiastiese en toegewyde persoon om by ons wenspan aan te sluit.

Handelsadviseur: Moravia Handel Pligte en verantwoordelikhede sluit die volgende in: Die hantering van verkope op die rekenaar; balansering van verkope met kontant, tjeks en kredietstrokies; algemene tak administrasie; die lewering van kliëntediens en die vroegtydige identifisering van kliënte se aankoop behoeftes; die neem van bestellings; alle fasette van voorraadbeheer; handhawing van korrekte berging- en instandhoudingsprosesse; die aflewering en optel van verskeie voorraad by kliënte en verskaffers; neem verantwoordelikheid vir die kommersiële voertuig ten opsigte van netheid en padwaardigheid en kom die verkeersreëls en regulasies te alle tye na. Die ideale kandidaat beskik oor die volgende: 2 jaar kassiere en handelsondervinding; ondervinding van debiteure en krediteure; die vermoë om onder druk te werk; sin vir akkuraatheid en vermoë om met geld te kan werk; moet onafhanklik en sonder toesig kan werk; energiek met goeie bemarkings-, kommunikasieen verkoopsvaardighede; goeie menseverhoudinge; syfervaardighede; moet nie allergies wees vir stof nie; sober gewoontes, betaamlik met positiewe ingesteldheid op sy/haar voorkoms; moet bereid wees om oortyd en gedurende naweke te werk wanneer nodig; ten volle rekenaargeletterd (volle MS Office pakket); kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels sal voordelig wees; moet in staat wees om voorwerpe van 50kg op te tel en te dra; kode C1 bestuurslisensie en Suid-Afrikaanse burgerskap Minimum kwalifikasie: Graad 12 / St. 10 Vergoeding: ʼn Markverwante vergoedingspakket word aangebied. Sluitingsdatum: 6 Maart 2017

Besige Bytjies kleuterskool spog met ‘n baie bekwame personeel. Aangesien die skool sedert sy ontstaan verlede jaar, net meer en meer belangstelling lok, word studente geakkommodeer, wat voltyds prakties doen en een maal per week klas op Citrusdal bywoon. Voor is die hoof, Mirina Liebenberg, skoonmaker Marinda Goliath en Juffrou Cecile Lambrechts. Agter is Assistent Leah de Wee, studente Mickyla Peceur en Anel Lockett en Assistent Christelle Melikati. Foto: Marietha Goosen

Navrae en aansoeke kan gerig word aan Lita Groenewald by epos recruitments@overbergagri.co.za, faks 086 599 6606 of aansoeke kan by die Overberg Hoofkantoor, Donkinstraat, Caledon ingehandig word. Aansoeke moet asseblief vergesel wees van geldige afskrifte van die kandidaat se identiteitsdokument, hoogste kwalifikasies en die besonderhede van minstens TWEE kontakbare werksreferente. Ingevolge die maatskappy se Gelyke Indiensnemings plan sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. Indien u nie binne 6 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was. Overberg behou die reg voor om ‘n aanstelling te maak, al dan nie.


26


27

Mnr en Mej Spesiale Titels

Mnr Yster en Mej Glas

Spesiale titels: Mej en Mnr Persoonlikheid: Anine de Jager en Jac Goosen, Mej Bene: Janét Stander, Mnr Bolyf: Chris Rheeder, Mej en Mnr Fotogenies: Aimee Philander en Louis Bester.

PHS se graad R’s het ‘n Mnr Yster en Mej Glas aangewys: Lomay Langeveldt en Rudolf Etsebeth. Foto: Marietha Goosen

Die groep finaliste wat deelgeneem het aan die Mnr en Mej PHS. Foto’s: Marietha Goosen

VOERTUIE GESOEK! Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling

Mnr en Mej Snr Valentyn is agter De Wet Carstens en Farren Booys. Mnr en Mej Jnr Valentyn is Tammy Boys en Michael West. Foto: Facebook

Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com


28

Stawelklip Primêr gereed vir skool danksy PBBIV

Voor staan die leerders met hulle sakke en nuwe skryfbordjies. Agter staan juffrou Brenda Marcus, die skoolhoof, Mnr DC Petersen, Deidré Eigelaar (PBBIV Onder Voositter), Gus Pickard (PBBIV Koördineerder) en Eric Starke (Voorsitter).

Eric Starke (PBBIV Voorsitter) oorhandig splinternuwe skoolsakke aan die Graad 1 leerders by Stawelklip Moravies Primêr.

Belydenis van Geloof

Gus Pickard (PBBIV Koördineerder) by Gr 1 leerders met hulle nuwe skryfbordjies.

Graad 1 leerders in hul klas

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Maart 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 Maart 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

BERGRIVIER OUTREACH

Angelique de Villiers was een van vier katkisante wat onlangs belydenis van geloof afgelê het in die NG Kerk op Koringberg. Foto verskaf

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


29


30

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


31


32

Die Piketberger Mar 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you