Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Christie en Erich in Boland 0/16-span

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Straatoptog vir kinderbeskerming...p6 Juné by Kunstekaap...p7 VLV word 80...p8 Busse vir PHS...p16 Daniël Hugo by Leeskring...p17 VLV Tienerkok...p17 Dierejolyt...pp20+21 Fox Build it sokkerdag...p22 Rolbal...p26 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Christie van der Merwe is opgeneem in die Boland 0/16-rugbyspan wat by die Universiteit Johannesburg aan die Grant Khomo Toernooi gaan deelneem van 1 tot 5 Julie.

Erich Kankowski is opgeneem in die Boland 0/16-rugbyspan wat by die Universiteit Johannesburg aan die Grant Khomo Toernooi gaan deelneem van 1 tot 5 Julie.

Wat hierdie prestasie van Christie en Erich noemenswaardig maak, is die feit dat die van der Merwes en Kankowski‟s bekend is

vir hulle rugby. Op p5 kan u meer hieroor lees. Intussen hou Piketberg hierdie twee manne dop. Foto’s: Marietha Goosen

 022 913 1939  022 913 2404

7 X 65g DRINGEND OPSOEK na 2012 se...

BESTE POT-MAKER! 29 SEPTEMBER 2012

E OK

D

t CO ‘n Ea E t

PR Hea

WINKELURE Ma-Do: 7:30 - 17:30 Vry: 7:30 - 19:00 Sat: 7:30 - 14:00

450g PORK GRILLER - R 12.95

SKRYF NOU IN! Jy kan NOU jou plot ook uitkies! Inskrywingsvorms beskikbaar in die winkel. Tertia Roux - 022 913 1163 pro@bolandsuperspar.com


2

Redaksioneel Om van Jouself te gee Kahlil Gibran het gesê: "You give but little when you give of your possessions. It is when you give of yourself that you truly give." My suster kom kuier verlede naweek en vertel hoe die Here darem getrou is. Iets waaroor sy begin wonder het, het Hy op „n baie spesiale manier aan haar beantwoord. In die stad waar sy woon en werk, is dit 'n gegewe dat straatkinders, boemelaars en werkloses by elke robot en op elke parkeerterrein vir kos of geld vra. Dit is onmoontlik om almal te help volgens hulle behoefte. Die Gees oortuig haar toe dat sy reeds 'n wonderlike behoefte aanspreek deurdat sy gereeld bloed skenk. "Ja ja", dink sy en wonder of dit nou regtig so 'n "prysenswaardige" gebaar is. Net die volgende dag by die werk vra 'n kollega of sy 'n epos kan aanstuur van 'n familielid wie se kindjie baie siek is. En daar bevestig ons getroue Vader dat sy met haar bloed wat sy skenk, 'n waardevolle bydrae lewer en 'n groot behoefte aanspreek. Die brief is met die sender se toestemming aangestuur na Die Piketberger vir elkeen om te lees. Dit verskyn op p10 se Fokus op Gesondheid. Probeer dit gerus - kyk nuut na situasies waarin jy jou bevind en vra: "Hoe kan ek van myself gee?" Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Julie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 17 Julie 2012 om 17:00 Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie

(diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers... Michiel en Renay Hanekom skryf... Ons wil net vir Piketberg baie dankie sê vir al julle liefde, ek en Michiel gaan almal verskriklik mis. Baie dankie aan al my, Michiel, se kliënte wat my so wonderlik ondersteun het. Ons gaan na „n wildvreemde land toe, maar in murg en been is en sal ons Suid-Afrikaners bly. Dit was „n voorreg om deel te wees van hierdie gemeenskap. Ons los baie dinge agter, nie materiële dinge nie, maar ons kinders en ons pragtige prinsessie, Lienke, ons kleinkind, vriende, vriendinne en familie. Gelukkig gaan ons na „n plattelandse dorpie toe, so dit maak dit bietjie makliker... en natuurlik ons ander kinders wat ook daar is. Liefdegroete. PHS Grondslagfase ouer skryf... Ek is seker dat almal wat bevoorreg was om die Grondslagfase se konsert by te woon, sal saamstem dat dit uitstekend was. Die kleurvolle kostuums en entoesiastiese akteurs was 'n ware fees vir die oog en siel. Dit alles sou nie moontlik gewees het sonder die harde werk en lang ure van almal wat gehelp het nie. Baie dankie aan al die helpers, ouers, onderwysers en akteurs. Elmirique Smit skryf... Hallo aan die Piketbergers. Sondag 27 Mei was ek en vier ander au pairs na Maduradam, dis die klein miniatuur weergawe van die hele Holland, so het sommer al die hoogtepunte en geboue in een dag gesien. Was baie lekker pret en het sommer lekker seer en rooi gebrand. Maandag 28 Mei was weer 'n vakansiedag in Holland, 2de Pinkster. Ek en my gesin het die dag met waterfietse deur die kanale van Delft getrap, dis eintlik trapbootjies, was hope pret en het sommer nog seerder gebrand ook. Ek het om die beurt met elkeen van my au pair dogterjies in 'n bootjie getrap en die pa het met die ander ene om die beurt getrap. Dit was regtig baie lekker en ons het agterna sommer 'n koue koeldrank by 'n Cafe gedrink. Julle sal al die foto's op Facebook kan sien. Ons het op 2 Junie 'n au pair vergadering in Volendam gehad en dit was groot pret. Volendam is regtig 'n pragtige dorpie, baie klein en by die see. As ek sou vergelyk, is dit amper soos Paternoster se stilte, maar regtig mooi. Ons het die kaas- en klompefabriek besoek en gesien hoe klompe en kaas gemaak word. Daarna het ons na die hawe gegaan en rondgeloop voordat ons vir 'n foto-shoot in tradisionele drag sou gaan. Ons het opgedress in die kleredrag en klompe en 'n groepfoto gemaak. Daarna was ons na die Volendam museum waar ons oor die geskiedenis van Volendam geleer het. Die dag het op 'n goeie noot geëindig met 'n klomp met my naam ingegraveer en 'n groepfoto as 'n souvenir. 4 September kruip al hoe nader wanneer ek weer terug is op eie bodem, maar vir eers is dit my Italie vakansie van 29 Julie tot 4 Augustus. Ek gaan Pisa, Florence en Rome besoek. Is baie opgewonde en sal julle op hoogte hou en al die foto's deel. Nou wil ek eers elke oomblik geniet saam met my wonderlike gasgesin. Tot die volgende Piketberger artikel!


3

Trippe Trappe "boer" met Landini Weskus Meganisasie op Piketberg het die behoefte gesien vir 'n splinternuwe trekker vir Trippe Trappe kleuterskool. Nicky Russouw van Weskus Meganisasie het die blinknuwe blou Landini trekker met wa kom aflewer en nou staan die plaasseuns en -dogters tou om te "boer".

Hein Mostert en Estelle van der Merwe is op 19 Mei getroud te Koringberg. Foto: Elizma Hayman Op die foto by Nicky Russouw, agter in die middel, is Zarah Kotzé, Joa Rossouw, Alexander de Villiers, Sid Oldroyd, Mari Fivaz en Alta Rossouw. (Alexander is nou wel nie van 'n plaas nie, maar ken van grassny op 'n trekker). Foto: Marietha Goosen

Geniet die skoolvakansie saam met u kinders

Naaldwerk Insit van “zips”, korter maak van broeke, knope vervang en enige ander herstelwerk wat u verlang

Kontak M. Nel by 073 166 8065 of 022 913 3438

Vriendelike diens gewaarborg


4

Wat Sê Die Reg? Saambly Verhoudings... die risiko‟s Baie paartjies verkies om deesdae eerder saam te woon in plaas daarvan om te trou. Die sogenaamde “Domestic Partnership Bill” van 2008 is nog op ys, en daarom is dit belangrik om die volgende in gedagte te hou - daar bestaan nie iets soos „n gemeenregtelike huwelik in ons land nie (maw saambly word nie as „n tipe huwelik erken nie). Baie mense dink as jy vir soveel jaar saambly word dit as „n huwelik erken. Verkeerd! Dit is uiters noodsaaklik vir partye wat saamwoon om „n “saamwoon ooreenkoms” (tans beliggaam as „n vennootskap) op te stel. Wat sê die Hooggeregshof? In „n onlangse saak het die hof bevind dat partye wel „n vennootskaps-kontrak moet opstel. In hierdie saak was die feite as volg: „n Paartjie het vir 16 jaar saamgewoon, gesamentlik bates aangekoop en skulde gedeel – finansies is gesamentlik hanteer soos in die geval van „n huwelik. Die vrou het vir die man gewerk in sy besigheid. Die partye was selfs op „n stadium verloof, en hulle het na mekaar verwys as “my man” en “my vrou”. Die verhouding is beëindig, en die vrou het uitgestap met basies niks. Die Hof bevind dat die enigste manier wat „n party homself kan beskerm in „n saamwoon-verhouding is deur „n vennootskap-ooreenkoms op te stel, soos wat vennote in „n besigheid sal doen. Die partye sal dus die terme van die kontrak uiteensit, en voldoen aan wetlike vereistes van „n vennootskap (bv dat die oogmerk wins is. Dis nie baie maklik nie, maar „n regsgeleerde sal daarmee kan help. Indien die wet, “Domestic Partnership Bill”, in werking tree behoort die meeste van hierdie probleme darem opgelos te wees. Intussen, gaan stel maar daardie nodige kontrak op – jy weet nooit wanneer jy dit wel gaan nodig kry nie. Onthou – jy is nie getroud nie.

Agus en Leah 30 jaar getroud Op 29 Mei was Agus en Leah De Wee 30 jaar getroud. Hulle is op Piketberg getroud en woon sedertdien op die dorp. Uit die huwelik is 3 kinders gebore. Agus is 'n priester by die Ou Apostoliese Kerk en Leah is die geliefde assistent by Trippe Trappe Kleuterskool. Die paartjie het op 9 Junie op gepaste wyse fees gevier by Tillies. Leah bedank die dames van die ACVV vir hulle vriendelike diens. Foto: Esther Anthonissen

Kekkel & Kraai Vinnige Hoendergereg vir die Vakansie 1 hoender 1 koppie gaar rys 1 koppie mayonnaise 1 blikkie sampioenroomsop 1 blikkie geroomde sampioene (opsioneel) 1 groot pak aartappelskyfies (kaas en uie) Kook die hoender en ontbeen. Geur met sout en peper. Roer alle ander bestanddele by. Druk aartappelskyfies fyn en roer by. Skep in bakskottel. Strooi van die fyn aartappelskyfies bo-oor en bak by 180°C vir ongeveer 30 min.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe Wintervoorraad beskikbaar

Froggie, Tsonga en Green Cross skoene in voorraad Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Van der Merwe en Kankowski sit rugby tradisie voort Die klein Bul is los… Chris is bekend as Bul en Christie word baiekeer Kleinbul genoem. Christie moes altyd in die Laerskool tevrede wees met die B-span voor hy A-span in elke ouderdomsgroep behaal het, maar hy het skielik in die Hoërskool vaardighede ontwikkel en is nou in die Boland (Grant Khomo) 0/16-span. Pa Chris het altyd gesê „n mens moenie „n kind rypdruk nie, Christie sal self ontwikkel, gee net kans en tyd. En Pa was reg! Christie is baie trots om die nr. 5-slot te wees, want pa Chris was op sy dae die welbe kende nr. 5 Boland Senior slot vir baie jare en baie wedstryde. Chris het in sy matriekjaar vir die 0/19 Craven Week Rugbyspan gespeel. Hy het reeds op ouderdom 18 uitgedraf vir die Boland Senior span in die nr. 5 trui. Tot en met 2005, na 137 wedstryde, het hy die rekord gehou vir die meeste wedstryde nog ooit gespeel vir Boland. Hy was deel van die Springbok proewe in 1992 en ook deel van die Uitnodigingspan wat teen die All-Blacks gespeel het. Hy het vir drie jaar rugby gespeel vir ‟n eerste liga klub in Frankryk (U.S Marmande). Dis ook die klub teen wie PHS se 0/19‟s in 2007 tydens hulle toer gespeel het en die 2013 toerspan sal ook die Christie en sy pa, Chris van der geleentheid hê om teen hierdie klub te speel. Christie is nou 15jr en 197,5cm Merwe, afgeneem toe hy as 10- Christie se groot droom is om ook in Frankryk lank. Hy sien uit daarna om 2m te jarige vir die 0/11B-span uit- rugby te speel, maar nie net vir „n klub nie, maar wees. Hy‟t darem nog tyd tot gedraf het. Foto verskaf vir die Franse span, die Hane! Natuurlik nr. 5! Gr 12! Foto Marietha Goosen

Tony Kankowski, Erich se pa, het vir Natal Skole Proewe gespeel. Tydens sy diensplig te Heidelberg Transvaal speel hy vir die destydse Oos-Transvaal 0/20. Hy word verplaas grens toe vir 16 maande. Met sy terugkeer, breek hy sy been (tibia en fibia) in „n rugby wedstryd. Sy rugbyloopbaan was ongelukkig daarna verby. Tony se broer, Tino Kankowski, Ryan se pa, het OP Cravenweek en SA Skole gespeel. Hy het die Suid-Afrikaanse 0/16 Hekkies rekord geëwenaar. Sy 200m rekord op skool het vir 34 jaar gestaan en is eers vanjaar verbeter. Vir SA Universiteite het hy 86 wedstryde vir OP gespeel, daarna vir Griekwas en Grens. Hy het ook vir die destydse Gazelle span gespeel wat gelykstaande aan „n Springbok B-span was. Foto: Elsabé Kankowski

Die blad is geborg deur Winkelshoek

Erich se neef, die bekende Sharky Ryan Kankowski, se kleurryke rugbyloopbaan tot dusver lyk soos volg: Hy speel vir OP Cravenweek, Natal Sharks 0/20 en 0/21 Sharks van 2006. Hy maak sy Springbok debuut in 2007 teen Wallis. In 2008 word hy genomineer vir: SA Rugby Speler van die Jaar, Sasol Speler van die Jaar, Vodacom Super 14 Speler van die Jaar en ABSA Currie Beker Speler van die Jaar. Hy word vereer met die Vodacom Super 14 Speler van die Jaar-toekenning. Hy speel tans vir die Sharks en is ingesluit in die huidige Springbok groep vir die reeks teen Engeland. Foto verskaf


6

Straatoptog vir Kinderbeskermingsweek 'n Hoendervleis ervaring wag vir Piketbergers wat uitmuntende koorsang kan waardeer. Op 4 Augustus kom die SANS (Sharing a New Song) koor uit die VSA vir die tweede keer Piketberg toe. Dit is weereens 'n inisiatief van Sherlock Fortuin, 'n boorling van Piketberg. Hierdie keer tree dié multikulturele inter-denominale koor van 60 lede op in die NG Kerk. Wat die geleentheid nog meer aangrypend maak is dat lede van die plaaslike NG- AME- VG- en Morawiese-kerkkore saam met hierdie koor optree. Die doel van SANS is die van uitreiking en brugbou met die gemeenskap. Om toegang tot die aand te kry, word 'n toegangsfooi van R20,00 gevra ten bate van gemeenskapsorganisasies. Die geleentheid begin om 7nm. Maak solank 'n aantekening in u dagboek!

Kinderbeskermingsweek was vanaf 28 Mei tot 1 Junie en op Vrydag 1 Junie 2012 het die Piketberg-takke van BADISA en die ACVV 'n straatoptog gehou om die gemeenskap bewus te maak van geweld teen en mishandeling van kinders. Na 'n poppekas vertoning wat aangebied is deur Erica Crous en Hester Basio van die SAPD Kraaifontein, het die plaaslike SAPD ongeveer 150 kinders en vrywilligers deur die strate van Piketberg begelei. Hierna is die kinders heerlik bederf met verversings. BADISA en die ACVV wil die volgende borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het: Liebco, Boland Superspar, Jireh Bruidswinkel, Alida‟s Klerewinkel en Piketberg Drukkers. Baie dankie ook vir die wonderlike hulp en ondersteuning van ons plaaslike SAPD.

Agter is Marlene Erasmus, voorsitter BADISA, Jaendri Smith, ACVV maatskaplik, Pharin Carolus, BADISA maatskaplik, Hester Basio, SAPD en Erica Crous, SAPD. Voor is Zack Calldo, Kristi Coetzee, Tanya Gallant en Wilnice Olyn. Foto: Martin Goosen

Te Koop 360 Degrees Instant Bed Queen Low Profile Anywhere Bed, compact lightweight steel frame expands to a queen bed with ease. Unique tubular frame. Durable heavy duty nylon air mattress. Air mattress fits inside the fixed taffeta mattress pocket. Convenient wheeled storage bag. Hierdie bed is baie min gebruik. Prys R1 100.00 Kontak Nellie Smith by 083 376 9087

Vermaak by Bushman’s Caves Kenneth Smit skryf... As “betaling” vir foto‟s wat ek by die 1962-reünie geneem het, is ek saam met SP Tredoux uitgenooi na Bushman‟s Cave naby Clanwilliam. My ervaring was dat dit die plek is om te wees op „n Saterdagaand. Met Wikus van der Merwe as kunstenaar en ander soos Wynand en Cheree, JJ Strydom, Willie Botha en die Trekklavier Prins as gaskunstenaars was dit fantasties om in die opelug tussen die rotse meegevoer te word. Dit was ook my eerste ervaring van ‟n skaapkop ete wat ek verrassend aangenaam gevind het. Die betrokke skaapkop ete was „n wêreldrekordpoging. Die doel van die aand was om fondse in te samel vir die Huis vir Bejaardes in Vredendal en vir Gerhard van der Wath, die rugbyspeler van Clanwilliam, wat in „n rugbywedstryd beseer is. Weereens baie dankie vir die geleentheid.

ADV PROKUREURS ATTORNEYS ABDURAHMAN  DE VILLIERS

Christelle de Villiers T F

022 913 3352 086 564 4747

E

christelle@advlaw.co.za

Hoofstraat 16, Piketberg, 7320


7

Kaalvoet op Kunstekaap se Verhoog - magdaleen van zyl -

Met harde werk en toewyding het Juné van der Westhuizen, dramastudent van Magdaleen Juné van der Westhuizen Van Zyl, die top 70 behaal van die landswye dramakompetisie: Stad Kaapstad toneelkompetisie vir hoërskoolleerlinge. Wat 'n ongelooflike ervaring om deur die hele Kunstekaap geneem te word, en elke geheime kamertjie en lokaal te sien waar die grootste name al hul stempel afgedruk het. En dan die groot oomblik: Vir die eerste rondte van hierdie been van die kompetisie moes die deelnemers 'n monoloog uit 'n drama voorberei. Juné het 'n uittreksel uit 'Tralies' gedoen, haar eenvrou-stuk wat later vanjaar op verskeie plekke opgevoer word. Dit was 'n emosionele oomblik toe die kind-van-Piketberg, as kaalvoet-aktrise oor die grote Kunstekaap-verhoog loop en haar stuk met passie opvoer en die gehoor doodstil luister en kyk na die lewe van die skisofreen wat in 'n inrigting is, soos uitgebeeld in „Tralies.‟ Met haar uitmuntende vertoning, word Juné gekies as deel van die top 32 en lewer 'n hartverskeurende prosa, waartydens haar trane op Kunstekaap se verhoog drup en die gehoor asemloos na haar luister, om net na dit te skater toe Juné die gedig, „Tighten your Belt' van Peter Snyders skreeusnaaks voordra. Wat 'n ongelooflike ervaring. Wat 'n ongelooflike voorreg. Wat „n ongelooflike talent.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Mathys Roets het kom kuier Opgewonde Piketbergers kon nie wag vir Mathys Roets wat in die De Hoek-saal kom sing het nie. Die optrede deur Mathys was vir „n fondsinsameling vir Piketberg Christian School. Lootjies is deur die loop van die aand getrek en geskenkpakke is uitgedeel asook drie van Mathys se nuutste cd‟s.

Mathys Roets saam met leerders van Piketberg Christian School. Foto: Kenneth Smit

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Julie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 17 Julie om 17:00

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuisgebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

VLV vier tagtigste verjaardag Op Woensdag 23 Mei het 96 lede en gaste van VLV Piketberg die tak se tagtigste verjaardag feestelik gevier. Die sewe voorsitters, van so ver as Kleinmond en Struisbaai, wat in die laaste veertig jaar leiding geneem het, voormalige lede wat reeds vertrek het, asook voorsitters en lede uit Sirkel Weskus het die geleentheid bygewoon. Alta Rossouw, lid van die provinsiale parlement en DA hoofsweep, reeds 42 jaar lank „n lojale lid van die tak, het die verrigtinge geopen. Die stylvolle Marlene le Roux, direkteur van Kunstekaap, het as motiveringspreker opgetree. Haar gestremdheid dien as inspirasie vir buitengewone uitdagings in haar lewe. Voorsitter Riana Richter het voorgangers wat teenwoordig was, geloof vir dit wat die tak vermag het en verskeie voorbeelde aangehaal. Voormalige voorsitter, Hermien van Zyl, het in ligte luim VLV ervaringe uit haar jare op Piketberg gedeel. Sirkelpresident Louwna Hoving het die heildronk ingestel en op onlangse takprestasies gewys soos die onlangse aanwysing as 10 uit 10 tak uit 15 takke in die sirkel. Tafelversierings en blomkuns o.l.v. lid Elbeth Liebenberg, wenner van die wêreldblommeskou onlangs in die VSA, het dames na hul asems laat snak. Die heerlikste en keurigste ete wat „n mens jou kan voorstel, is deur lid Marthie du Toit voorgesit. Te gou was die fees verby en die gesels lank nie klaar nie.

Van die gaste uit Sirkel Weskus aan tafel saam met Riana Richter, voorsitter van VLV Piketberg, v.l.n.r. Hilary, Dienie en Rouxleen almal van Langebaan, Gina, Anita en Sinnie van Velddrif, Riana van Piketberg en Estelle van Langebaan.

Ses voormalige voorsitters saam met die huidige voorsitter Riana Richter. Agter is Frannie Botha, Lizelle du Toit, Rosa Lategan, Riana Richter en voor Chrisna Smit, Hepsibah Richter en Hermien van Zyl.

Spreker Marlene le Roux saam met erelede van die tak wat elkeen 'n boek, deur Marlene geskryf , "Look at Me", van haar ontvang het. Hier verskyn Hepsibah Richter, Petrusa Smit, Winnie Grobbelaar, Marlene le Roux, Christine Langeveldt en Lettie le Roux. Lettie is vanjaar 73 jaar lank lid van VLV.

Louwna Hoving, president van Sirkel Weskus, oorhandig aan Alta Rossouw, lid van die provinsiale parlement haar 40 jaar lidmaatskapkenteken terwyl Riana Richter toekyk.

Sandra Hanekom (gas), Susan Brand en Katinka Morrison (lede). Susan en Katinka was van die lede wat Elbeth Liebenberg behulpsaam was met tafelversierings.

Die Bestuur en Lede van VLV Piketberg bedank die volgende persone en instansies hartlik vir donasies en skenkings wat dit moontlik gemaak het om die tagtigste verjaardag van die vereniging te kon vier: Aartappel SA; Carel en Rossouw van Niekerk; De Berge Gastehuis; Jan en Marthie du Toit; Mountain Creek Spur; Elbeth Liebenberg; Esther Olivier; Frannie Botha. Foto’s: Marietha Goosen


9

Truie vir Huis van Heerde Twee flukse dames wat "dag en nag" brei, omdat dit hulle passie is, het voor die Winter drie s war ts ak k e vol keurig gebreide kindertruie aan Huis van Heerde Kinderhuis op Moorreesburg geskenk. Hier is Brenda Maarman, Maatskaplike Werker by Huis van Heerde, met van die truie.

Augusta leer vir Juffrou Augusta de Wee, ingeskrewe student by Weskus Kollege op Citrusdal, is sedert die begin van die jaar „n proefstudent by Trippe Trappe Kleuterskool. Augusta loop een keer per week klas by die Kollege en doen intussen werkstukke. Sy sal tot middel 2013 by Trippe Trappe wees. Foto: Marietha Goosen

Augusta de Wee

Foto: Marietha Goosen

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646


10

Finbond ondersteun Truters

Fokus op…

Mediese Sorg Bloed Ek waak weer vannag hier by my kind se bed. Die hospitaalbed. “Kitjrr, kitjrr” maak die masjientjie sag. Nurse Petrus hang „n sakkie bloed. Iemand se bloed “kitjrr, kitjrr”. Die chemoterapie het haar bloedselle so afgetakel dat daar byna niks oor is in haar are nie. Twee sakkies bloed kry sy vannag. Dit neem vier ure vir „n sakkie bloed om in te loop. “Kitjrr, kitjrr” pomp die masjientjie die bloed druppels in haar are. Ek kan nie eers meer onthou hoeveel sakkies bloed sy al vantevore gekry het nie. Iemand het hierdie bloed geskenk sodat my kind kan lewe. Die diep, donkerrooi bloed verklap nie die geheim nie. Wie se bloed was dit? Wit, bruin of dalk swart. Was dit „n hy of dalk „n sy? Wie weet? Ek wonder of die skenker of skenkers van hierdie twee sakkies bloed weet en besef hoe lewensbelangrik hierdie bloed is. Kosbare bloed. Bloed vol lewe. Ek kyk na my dogter se bleek gesiggie hier voor my en ek weet dat daar môreoggend kleur in daai wangetjies sal wees. Hoe kan ek hierdie barmhartige Samaritane bedank? Met „n dankbare hart kyk ek weer na die sakkie bloed. Diep donkerrooi, O-positief. In die diepe geheimhouding. “Kitjrr, kitjrr”. Druppeltjie vir druppeltjie raak my kind weer sterker, dankie dierbare bloedskenkers! “Kitjrr, kitjrr”. Daar is lewe in hierdie bloed. Lewe in „n sakkie, kosbare kinderlewe. Nog so onskuldig. Dankie Jesus dat U Engele bloed stuur sodat my kind kan lewe. Dan dink ek aan my Jesus. My Jesus wat sy eie bloed gegee het, sodat ek kan lewe. Sodat elkeen wat in Hom glo, kan lewe. Kosbare bloed. Jesus bloed. Diep donkerrooi bloed. Net soos in die sakkies. “Kitjrr, kitjrr” pomp die masjientjie nog saggies. Dit maak seer om haar so te sien ly. Hoe moes Maria nie voel nie. Haar seun Jesus, onskuldige Jesus, gemartel en gepynig. Hoe seer moes haar hart nie wees nie. Baie seerder as myne. Hulpeloos moes sy toekyk hoe Hy ly. Magteloos om hom te help. Ek voel haar pyn, maar ek besef dis net die deeltjie daarvan. Ek dink aan die trane wat sy gestort het en ek kan my eie nie keer nie. Sy bloed het gevloei sodat ons kan lewe. Sonder die “gekitjrr” van „n masjientjie. Kosbare bloed. Jesus bloed. Onskuldige bloed. Nie wit nie, nie bruin nie, ook nie swart nie. Diep donkerrooi bloed. “Dankie Jesus” begin ek bid. “Dankie vir bloed. Kosbaarder as al die skatte in die wêreld. Dis oggend en ek moet nou gaan werk. Stuur asseblief „n engel om vandag oor Christine te waak. Amen.” Die kamerdeur gaan oop en nurse Sharon groet vriendelik. “Dankie Jesus” sê ek saggies en loop met „n geruste hart die gang af.

Suurlemoen jou wondervrug As jy een van jou vyf daaglikse porsies vrugte en groente oorgeslan het, voeg suurlemoensap by jou kos. „n Enkele suurlemoen bevat 100% van jou daaglikse aanbevole hoeveelheid vitamien C wat jou imuunstelsel versterk en jou liggaam kalsium help absorbeer. Suurlemoensap kan ook naarheid help verlig. Voeg „n skyfie by jou tee om jou vitamien C inname te verhoog.

Eminick Truter, dogtertjie van Christo en Elize Truter van Piketberg, is op 24 Januarie vanjaar, op 4-jarige ouderdom, met akute Limfoblastiese Leukemie (Bloedkanker) gediagnoseer. Dis die mees algemene kanker onder kinders en ook die kanker met die grootste kans op herstel. Die pad na genesing is egter baie lank, aangesien die mediese prosedures so intens is. Vir die Truter gesin het hierdie pad na herstel groot emosionele- en finansiële implikasies. Finbond Mikro Finansiering op Piketberg het van Eminick se storie gehoor en besluit om betrokke te raak. Op 15 Junie is R1000-00 reeds aan die familie oorhandig. Finbond daag ander sake-ondernemings in en om Piketberg uit om ook 'n bydrae te maak. Alle donasies kan in 'n Trustfonds inbetaal word. Trust besonderhede is soos volg: ADV Prokureurs, ABSA Bank Piketberg, Takkode 632005, Trust Rekeningnommer 4066394998, Verwysing: ET-Fund.

Elize Truter ontvang R1000-00 van Sophie Dietrich, Assistent bestuurder by Finbond Mikro Finansiering op Piketberg. Voor sit die twee sussies, Emerett en Anicka Truter, met Eminick (Lalla) Truter op Rosanne Zeeman se skoot. Rosanne is dieTakbestuurder by Finbond Mikro Finansiering op Piketberg. Foto: Marietha Goosen

Fokusblad Volgende maand fokus ons op “Vroue”, spesiaal vir Vrouedag wat op 9 Augustus gevier word. Indien u ‘n artikel of advertensie wil plaas skakel gerus vir Margaret Smit 022-913 1777


11

AKTO/TUIMEL & TRAMPOLIEN

GIMNASTIEK KLAS Loopstraat 108 Posbus 190 l Piketberg

t 022 913 2899 f 086 618 2836 s 082 590 8505 willie.schoeman@gmail.com hermaschoeman@gmail.com

Ons firma fokus op finansiële dienste vir medium- en kleinsake entiteite asook individue. W&H Schoeman Rekenmeesters bied „n volledige spektrum van finansiële dienste en oplossings aan:     

Belasting en rekeningkundige dienste Indiening van statutêre opgawes (BTW, LBS en Inkomstebelasting) Bestuursadvies Stigting en administrasie van Trusts en Maatskappye Besigheid- en struktuurbeplanning Opstel van kontantvloeistate en besigheidsplanne vir Banke Kontak ons gerus indien u enige navrae het!

Dinsdae 14h00 by Moorreesburg se stadsaal SEUNS & DOGTERS VANAF 4 JR & OP Western Province Acro club/gymnast of the year 2011 Kontak: Charmaine op 083 320 8531 vir navrae en vir saamry geleenthede vanaf Piketberg, kontak Mareza by 073 498 3707 of 022 913 2520

Nutsman  Enige herstelwerk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk Sakkie Koegelenberg 078 276 2065


12

Franse Blomdemonstrasies

Susan Brand en Katinka Morrison het op 30 en 31 Mei werksklasse bygewoon aangebied deur die Internasionaal bekende Franse blomkunstenaar Marie Francois Depres. Hier staan hulle by van hul eie ontwerpe gemaak tydens die klasse.

Klub besoek vetplanttuin

Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg het op 6 Junie die vetplanttuin van James Steyn op Koringberg besoek. Waar nege jaar gelede net 'n oop stuk grond was, is nou 'n skouspel van 'n versameling vetplante. Lede het weereens besef hoe 'n groot aanwins vetplante in 'n tuin kan wees.

Fynbos vergadering

Vanessa Beautement saam met James Steyn, die eienaar van die vetplanttuin op Koringberg. Frannie Botha, Micky Visser, Katinka Morrison en Jackie Ferguson wat die demonstrasie van Marie Francois Depres op 2 Junie in die Bellville Stadsaal bygewoon het. In die agtergrond kan enkele van die 12 asemrowende ontwerpe wat sy geskep het, gesien word. Foto‟s verskaf

ACVV sê dankie

Joey Burger het 14 handgebreide kindertruie aan die ACVV geskenk. Bygaande foto toon die kunswerke wat sy met oorskietwol skep. ACVV bedank haar opreg, dit voorsien in 'n groot behoefte vir die winter.

Die volgende Blom– en Tuinbouklub vergadering is op Woensdag 1 Augustus om 09:30 in die biblioteeksaal. Jacky Goliath, boervrou van die jaar, bespreek die aanplant, versorging en voordele van fynbos en inheemse plante. Besoekers welkom, R20,00 donasie.

Herwin Herwin Herwin Gebruik die deurskynende plastieksakke.


13

TERRA NOVA TUISNYWERHEID TEL 022-9133761 Deel van Kochelmanders, langs Piketberg Groot en Kleinhandelaars! Die groot ou geel huis met die Akkedis teen die muur !!!

 VERJAARSDAE  HUWELIKE  VOORSTELLINGS  AANNEMINGS  Enige geleentheid tot viering of nagedagtenis

BESTELLINGS BY WINKEL – Tel. 022-913 3761 NOU OOK BLOMME BESKIKBAAR!!!

Fyngebak

koeke

terte

beskuit

koekies

pasteie

lekkernye

KOCHELMANDERS TEL 022-913 3761

Koffiewinkel

handelspos geskenke en dekor goeters van toeka

Hoofstraat 50, Piketberg Tel/Faks 022-913 3761 epos: arkoch@mweb.co.za

PANNEKOEKE SOP HOENDERPASTEI LASAGNE SPYSENIERING VIR ENIGE FUNKSIE TERRA NOVA + KOCHELMANDERS = HOOFSTRAAT 50, PIKETBERG


14

Vadersdag - magdaleen van zyl -

Ek was ook kleintyd deel van die gereelde gevegte oor wie se pa die sterkste of die slimste is en wie se pa die grandste kar het. Ek sou destyds vuisslaan vir my pa en sal nogsteeds. My pa het nie reuse spiere nie, of „n groot, indrukwekkende figuur nie, maar hy is groot in elke opsig. My pa is my hero. Nêrens is daar nog so „n pa nie. My pa se wysheid ken geen perke nie. My pa se liefde is onvoorwaardelik en het geen einde nie. Oral waar hy beweeg, kyk mense op na my pa, al is hy nie lank nie. My pa praat sag, maar met gesag. My pa skryf die mooiste gedigte, seker een van die redes hoekom my ma nogsteeds so verlief is op hom. My pa werk baie hard, maar het vandat ons klein was en tot nou toe nog, altyd tyd vir ons. My pa‟t nooit met ons geraas nie, hy kyk jou net en dan weet jy hy‟s teleurgesteld en dit is erger as enige raas of pakkry. My pa is die hoof van ons familie, in elke opsig, „n patriarg. My pa se standbeeld behoort eintlik tussen Jan en Maria van Riebeeck in Kaapstad te staan, maar dis seker genoeg dat hy weet, ons dink, hy‟s belangriker as Jan, of Dias, of Mandela of wie ook al. My pa IS „n hero….

Roadhouse projek Trippe Trappe kleuterskool se roadhouse projek het baie suksesvol afgeskop op 25 Mei. Etes is in „Roadhouse‟ styl verkoop en opgelaai by Trippe Trappe kleuterskool. Die doel van die projek is om die verlies aan inkomstes min uitgawes in die begroting van die skool aan te vul. Ons beoog om elke laaste Vrydag van die maand smaaklike etes te verkoop.

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320

 022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572

E-pos praktika@intekom.co.za

Soms word „n persoon aangestel in „n pos omdat hy die geskikste kandidaat was. Met ander woorde die regte opleiding met die meeste ervaring. So byvoorbeeld word „n persoon wat „n kundige is en ondervinding van lone en „n program soos Donkerhoekdata het aangestel as die loneklerk. Daar bestaan egter verskeie ander take wat ook die verantwoordelikheid van hierdie persoon is soos byvoorbeeld die hantering van personeelnavrae op „n dag-totdag-basis. Hierdie navrae oor basiese wetlike aspekte kom van bestuur sowel as die werkers. Dit is dan een van die hoofredes waarom Praktika die ABC van Personeel administrasie geskep het. „n Addisionele behoefte wat ook intussen ontstaan het was die hantering van vergaderings en die bestuur en versorging van die ontvangsarea. Die kursusse wat ook deur Praktika aangebied word om hierdie opleidingsbehoefte aan te spreek is Effektiewe Kliëntehantering en Vergaderingshantering. Aangesien daar aansienlike navraag die afgelope tyd oor bogenoemde kursusse aan Praktika gerig is, het ons gevoel om hierdie kursus as „n pakket aan te bied omdat die per kop per dag prys duurder is as „n “saamgestelde pakket” wat die betrokke besigheid se behoeftes kan aanspreek. Bestudeer asseblief die inhoud van die kursusse en rig u behoefte (per kursus en nie per module nie) aan Praktika teen 30 Junie sodat „n behoorlike behoefte bepaling gemaak en „n pakketprys saamgestel kan word.

ABC van Personeeladministrasie 2dae @ R1400 per persoon:Instandhouding van Personeel Rekords; Personeelbestuur funksies; Stelselbestuur; Inleiding tot wetgewing; Beleid en Prosedures.

Kliëntehantering 1dag @ R650 per person:My pos in die besigheid; Die Kliënt; My werkplek; Effektiewe Kommunikasie; Telefoonetiket. Vergaderingsprosedures 1 dag @ R550 per person:Vergaderings: (Notules, Kennisgewing, Prosedures); Jaarbeplanning; Finansiële Bestuur; Konflik Hantering.

JjM Painters

JjM PAINTERS

Geregistreer by Boubedieningsraad Building Bargaining Council Worcester 023 342 0085

Die volgende Roadhouse is op 29 Junie. R30 / volwassene – Vetkoek (Kerriemaalvleis of Hoendermayo) met skyfies en slaai. R15 / kinders – „Seekat‟ viennas en skyfies Ons sorg vir u in die koue winter vakansie – kom ondersteun ons asseblief! Kaartjies te koop by Trippe Trappe of Monica Fivaz

Woltemade straat 26 Piketberg 7320 Tel: 071 746 1003


15

Renay neem afskeid Nuwe Produkte Volledige Aloe Ferox reeks

Een van Renay Hanekom se vele afskeide is onlangs gehou by Tillies. Renay en haar man, Michiel, is oppad Kanada toe om hulle daar te gaan vestig. Hulle kinders, Jaco en Comine en kleinkind, Kaitie, woon reeds in High Prairie, Alberta sedert 2010. Agter is Francis Visser, Ina Kotze, Larraine Meyer, Marie van Niekerk, Wilma Louw en Elsabé Louw. In die middel is Marietha Goosen, Biddy Langenhoven, Renay Hanekom en Riesie Kotze met klein Anja Louw op haar skoot. Foto: Suzette Fouché

Lees Die Piketberger in kleur op die internet by www.piketberg.co.za

Wol 4-draad “Double knit” “Chunky” Wol vir serpe Breipenne en ander brei benodigdhede. Woensdae en Vrydae oop tot 17:30 Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh Ons verkoop nie melk, teesakkies, tabak en botter nie. Ons verkoop ontbyt, middagete, aandete en drinkgoed. En ons geselskap en vriendskap…is pasella. “What a bargain!”

“What's in a name?” Shakespear se Romeo and Juliet moes dit op die harde manier leer. Die samelewing is nou maar eenmaal gesteld op 'n naam. Hoeveel keer in jou lewe word jy met 'n naam gekonfronteer? Die dag wanneer jy vir jou ouers vra hoe hulle jou naam gekies het? Wanneer 'n ou oom vra of jy een van die Jordaans van Koekenaap se wêreld is? Wanneer jy trou en jy jou doodgoeie van soos 'n ou vel moet afgooi om 'n nuwe een om te hang? Dalk as jy aan name vir jou kinders dink? Of wanneer jy 'n restaurant koop en jy sy naam pasella kry? PASELLA?! Kry mens dan vandag nog iets verniet? Cornberg Cottages & Café Hierdie naam is nie my en Wesley se keuse en styl nie, maar ons moes, nes die fyn vroutjie wat met name soos Petrus, Kristoffel en Michiel gedoop is, besef dat 'n naamverandering nie pasella is nie. Cornberg Cottages & Café bestaan uit gastekamers en 'n restaurant. Nie 'n winkel nie. Nie 'n coffee shop nie. En beslis nie die “kêffie op die hoek” nie.

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


16

Nuwe Busse vir PHS

PHS het onlangs nuwe tweedehandse busse aangeskaf en in gebruik geneem. 'n Hele paar mense het hulle beywer vir hierdie projek en talle ouers, oud-leerders en weldoeners het hulle hande en beursies oopgemaak - PHS is opgewonde oor die nuwe vervoer en bedank elkeen wat 'n bydrae gemaak het, in watter vorm ookal, daarvoor. Fotoâ€&#x;s: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Julie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 17 Julie 2012 om 17:00


17

Izak Tienerkok Finalis

Izak Coetzee Berig en foto: Verskaf

Izak Coetzee, gr 11 leerder by PHS het op 19 en 20 April as finalis vir die VLV Kaapland Tienerkok 2012 op Uitenhage deelgeneem. Die tema was „n SuidAfrikaanse Oukersaand-ete met romantiese atmosfeer vir twee. Izak het vierde geëindig. Dit was „n baie leersame onder-vinding en Izak bedank almal wat op enige manier die geleentheid vir hom moontlik gemaak het.

Daniël Hugo besoek Leeskring Die radio persoonlikheid, Daniël Hugo, het Piketberg Leeskring besoek om die boek “Die Vierkant van die Wraak” te bespreek.

Benodig Vrywilligers! asook Skenkings van hondekos/ katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie/ Hierdie advertensie kasstrasie. word geborg deur Drs. Scheepers en Bruwer.

Minette Cronjè: 071 828 7952 Berryl-Ann du Plessis: 079 249 1535 animalwelfarepiketberg@gmail.com

Standard Bank Piketberg Rek: 08 333 458 0

By Daniël Hugo staan Gerna Croeser en Sandra van Wyk van Piketberg Leeskring. Foto: Annelie Venter Alle Vrymesselaars, of familie van oud Vrymesselaars, of julle wat dalk sou belangstel om aan te sluit: Ek gaan binnekort „n lesing oor Vrymesselary aanbied vir diegene wat nog vrese het daaroor. Kom kuier gerus saam om te weet waaroor die boehaai nou eintlik gaan. Skakel Cobis Wilson 022 913 1368 of mail op sircobis@mweb.co.za

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

 Kombuis en slaapkamer eenhede.  Koffietafels, kanttafeltjies  T.V. Kaste (Platskerm)  Rakkies, kassies  Restorasie van meubels  Dekor Items, domes  Geskenke, pragtige lint Christo en Linda van Schalkwyk


18

Trade off ‟69 PTY Ltd Trade – Off 69 (Pty) Ltd,

Reg. No. 1998/00362/07,

VAT/BTW 4620173304

CITRUSDAL TOYOTA: P.O. Box 17, CITRUSDAL, 7340, South Africa, Tel: 022,921-2115/6, Fax: 022,921-2829, email: dennis@cartoyota.co.za CLANWILLIAM TOYOTA: P.O. Box 69, CLANWILLIAM, South Africa, 8135, Tel: 027, 482-2138/9, Fax: 027, 482-1932, email: marius@cartoyota.co.za

CITRUSDAL Jacques Snyman - 082 412 2160 Cassie Burger 082 333 0417 Ontvangs 022 921 2115

CLANWILLIAM Marius van Zyl - 082 333 0416 Ontvangs 027 482 2138


19

Trade off ‟69 PTY Ltd Trade – Off 69 (Pty) Ltd, Reg. No. 1998/00362/07, VAT/BTW 4620173304 CITRUSDAL TOYOTA: P.O. Box 17, CITRUSDAL, 7340, South Africa, Tel: 022,921-2115/6, Fax: 022,921-2829, email: dennis@cartoyota.co.za CLANWILLIAM TOYOTA: P.O. Box 69, CLANWILLIAM, South Africa, 8135, Tel: 027, 482-2138/9, Fax: 027, 482-1932, email: marius@cartoyota.co.za

082 333 0416 CASSIE BURGER 082 333 0417


20


21


22

Ritmiese Gimnastiek Die Ritmiese Gimnastiekskool van Tina Piek het op 2 Junie deelgeneem aan die Novice Suid-Sirkel kompetisie in die Strand.

Fox Build it Sokkerdag Die span van Fox Build It Piketberg het hul jaarlikse 0/13 sokkertoernooi gehou op Saterdag 26 Mei by die Watsonia sportterrein. Tien spanne het deelgeneem en die twee spanne wat deurgedring het na die finaal was Piketberg United en Porterville Hot Spurs. Hot Spurs was egter die span wat weggestap het met die wentrofee. Ons as Fox Build It wil graag dankie sê aan ons borge: Liebco Vleishandelaars, MegaSave, PPC Sement, Winkelshoek Wynkelders, Hochland Farms en Moutonsvalley, asook „n groot dankie aan almal wat ons kom ondersteun het. Ons sien uit na volgende jaar se toernooi. Sien julle daar.

Level 1 : Marié Gerber, goud, Elsje Basson, goud, Jana Bruwer, goud en Annette Bruwer, goud.

Speler van die dag Marquin Lord Piketberg United se doelwagter.

James Fox oorhandig die wen triofee aan Porterville Hotspurs. Berig en foto’s: Verskaf

In die spankompetisie, level 3 het Petra Dippenaar en Hanli De Waal goud verwerf en Jade Wilson en Mia Oberholzer ook goud verwerf.

Die span van Piketberg United wat tweede geëindig het in die toernooi.

Level 2 : Agter is Renate Coetzee, goud, Annyda Janse, silwer, Marlize Crous, silwer, Salomé van Zyl, brons en Pamela Booysen, goud. Voor is Elné Burger, goud, Lara Visser, brons en Sumari Hanekom, goud. Foto‟s: Marietha Goosen

Olimpiese Spele 27 Junie


23

PIKETBERG CHRISTIAN SCHOOL

Leonie Louw and Andrea Visser both qualified to compete at the SA‟s for independent schools, to be held in Pretoria in September. We wish them both the best of luck! Lara Visser and Mia Oberholzer won Bronze and Gold respectively fot their participation in the Novice South Circle Rythmic Gymnastics competition held in Somerset West.

Juan van Zyl (left) won 3rd prize overall for his participation in the ACE Junior Convention “Wood Construction” section. Nicholas Swart (right) won first place in the same section. All the ACE schools in the Western Cape competed. These achievements are even more special due to the fact that both are only 8 years old, and they competed against children aged 8-13 years.

You give but little when you give of your possessions. It is when you give of yourself that you truly give-Kahlil Gibran


24

Bergrivier Munisipaliteit aanhou van diere Ingevolge Artikel 14(1)(a) + (b) van die Raad se Verordening insake Openbare Oorlaste en Oorlaste wat spruit uit die Aanhou van Diere, afgekondig ingevolge PK 6675 van 9 November 2009, word inwoners in kennis gestel dat vanaf 1 Julie 2012 streng opgetree gaan word teen oortreders. Hierdie verordening bepaal dat slegs twee (2) honde en twee (2) katte per erf aangehou mag word. Indien die aantal diere op die perseel die toegelate aantal oorskry, is persone self verantwoordelik vir die wegmaak daarvan, aangesien die Munisipaliteit nie oor enige skutfasiliteite beskik nie. Versuim om bogenoemde verordening na te kom, is „n oortreding en ‘n boete van R500.00 per troeteldier meer as die toegelate aantal sal gehef word. Enige navrae in hierdie verband of waar gevalle van dieremishandeling of –verwaarlosing voorkom, kan aangemeld word by die Raad se wetstoepassingsbeamptes. Die areas wat hulle bedien en kontaknommers is soos volg: Piketberg (sluit in Redelinghuys, Goedverwacht en Wittewater) H Benson - 083 6619253 Porterville (sluit in Eendekuil) R Swartz - 083 661 9323 Velddrif (sluit in Aurora) H Agenbag - 083 661 9477

Randall Wicomb, Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan tree op vir ACVV Piketberg Internasionaal-bekende blomkunstenaars, Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan, gaan Randall Wicomb se gewildste lirieke uitbeeld in blommekuns, terwyl hy optree. Elbeth en Marjolijn se blommekuns het hul alreeds geneem na Uruquay, Kanada, Engeland, Italië, Japan en Boston in Amerika. Beide het al aan vier WAFA Wêreldblommeskoue deelgeneem. Op meeste van die toere was hul kamermaats. Elbeth het Beste op Skou verwerf by die Wêreldblommeskou in Boston 2011. Die grootste avontuur was toe hul in 2006 dwarsdeur die nag gewerk het en „n SILVER GILT verwerf het by die Chelsea Blommeskou in London. Randall Wicomb is RSA se nommer 1 sanger van volksmusiek en tree gereeld op uitnodiging internasionaal op. Hy gaan van sy nuutste liefdesliedjies bekendstel. Die ACVV bied „n noenontbyt aan op Donderdag 2 Augustus om 09:30 in die De Hoek Ontspanningsaal teen R100.00 per persoon. Vir verdere navrae: Elsabé Liebenberg 084 58185 60 of ACVV kantoor 022-913 1525.

Dorp van die Jaar Piketberg is „n Wes-Kaap-finalis in Kwela se Dorp van die jaar. Die Wendorp van die Wes-Kaap word op 15 Julie in Rapport aangekondig. Op 8 Augustus word die Algehele Wendorp uit die nege provinsies aangekondig op Kwela en op 12 Augustus verskyn die wendorp in Rapport.


25

‘n Fees van Oupas, Pa’s en Seuns by die doop

Drie geslagte Daniël Christiaan Oosthuizen. Die baba is die kleinseun van Evert en Erina Grobbelaar. Dis Louise se skoonpa Chris, haar man Stiaan en seun Sebastiaan. Foto verskaf

Drie geslagte Eigelaar: Oupa Dirk Jacobus (Kobus), pa Johannes Nicolaas (Johnnie) en baba Dirk Jacobus (Dirk). Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger in kleur!

Huishulp Gesoek

Gaan na die web www.piketberg.co.za Kies die afdeling HOME en kliek op DIE PIKETBERGER.

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698 Navrae sal eers vanaf 4 Julie beantwoord word.


26

Rolbal

Tydens die Algemene Jaarvergadering van Piketberg Rolbalklub is bekers vir die klub kampioene oorhandig.

Die senuwee het maar geknaag toe ons almal op 5 Junie bymekaar kom met die aanvang van die All Cape toernooi. Dit was dié jaar Kaapstad se beurt om die toernooi aan te bied. Soos die naam sê kom die spanne van reg oor die Kaap: Noord-, Oos-, Suid- en Wes-Kaap. Ongeveer 1000 spelers en beamptes het vir „n week lank dit gedoen waarvoor hulle die liefste is. Die gees wat daar geheers het, was fantasties. Die spelers se etiket en passie vir die spel was „n uitstaande ervaring. In een van ons wedstryde het ons teen die span gespeel, wat „n betreklike ourige Verlede jaar se dame in die span gehad het. Jy kon dames kampioen, sommer sien sy het jare ondervinding. Alta Vos oorhandig Ek vra haar toe hoe lank sy al speel die beker aan en haar antwoord: “28 jaar my kind.” Marianna Kirsten Dit is ervarings en mense soos dié wat die nuwe klubkampioen is. wat vir my „n aansporing is. Rolbal is „n FANTASTIESE SPORT. Ek wil een en almal uitnooi om „n draai by die klub te kom maak en „n paar balle te kom rol. Dalk byt die gogga jou ook.

Die klub groet Rosa Lategan, jare lange president en Dale Gentle, 'n gewaardeerde lid. Rosa lê na 7 jaar diens aan die klub haar tuig neer. Sy sal lank onthou word vir haar groot bydrae wat sy aan die klub gelewer het. Dale het 'n waardevolle bydrae tot die klub gelewer en ons beste wense vergesel haar waar sy nou by Velddrif gaan aansluit.

Piketberg Rolbalklub nooi alle belangstellendes uit om te kom saam speel. U kan vir Sonia of Marianna kontak of sommer net op 'n Dinsdag of Donderdag middag 15:00 by die baan opdaag. Sonia 084 589 1332 en Marianna 072 071 6060

Die Visie-President, Jannie Visser, oorhandig die beker aan Deon van Dyk wat al die afgelope 5 jaar die klubkampioen is. Foto: Marietha Goosen

Piketberg Rolbalklub se nuwe bestuur: Agter is Marianna Kirsten (president), Johannes Nienaber,Jannie Visser en Deon van Dyk. Voor is Marie Nienaber en Sonia Richter.

By die All Cape Toernooi was Kim Breach (Franskraal), Marianna Kirsten (Piketberg), Cecile Reid (Clanwilliam) en Lucille McNamara (Lagoon) in „n span. Foto verskaf


27 Sooooo amper ry hul weg met ‘n Vivo! Nog drie gelukkige Boland Superspar kliënte was die gelukkige wenners in ons weeklikse trekking vir ‘n Geskenk-pak ter waarde van R200 en het outomaties gekwalifiseer vir die landswye trekking vir die Volkwagen Vivo. Spar het weekliks tien VW Vivo’s weggegee en indien Boland Superspar se naam getrek sou word, sou die betrokke wenner van daardie week die kar gewen het. Die kompetisie het oor ‘n tydperk van 5 weke afgespeel en is nou klaar. Dankie vir elke deelnemer se ondersteuning! Hou ons facebook dop en besoek ons winkel vir nog opwindende kompetisies hierdie jaar!

Charmaine van der Merwe was die Gelukkige Wenner van ons Moedersdag Kompetisie. Om deel te neem moes kliënte enige sjokolade, wyn of blomme koop. Die prys was ’n heerlike bederf Geskenkpak ter waarde van R200 van Boland Superspar, en ‘n lekker bederf Geskenkbewys van Salon Sanet.

SKOONHEIDSALON SANET

90 Dae van Hoop

Skenk kruideniersware, klere en komberse vir ons gemeenskap se behoeftiges. Trollie voor in Boland Superspar


28

Skryf asseblief vir ons indien u enige voorstelle, klagtes, komplimente, ens. op u hart het. Kontak: Tertia Roux E-pos: pro@bolandsuperspar.co.za Tel: 022 913 1163

Hier ontvang Jaendri Smith (Maatskaplike Werker - ACVV) en Pharin Carolus (Maatskaplike Werker - BADISA) Boland Superspar se bydrae by Hester Hagen (Bestuurder).

Past. Andrè Isaacs ontvang twee strykysters as bydrae vir hul kerk se fondsinsameling vir ‘n nuwe kerk-gebou by Hester Hagen (Bestuurder).

Elke Vrydag is Markdag! Besoek ons winkel vir vars produk demonstrasies en VELE meer! Onder: Melda Pieterse laat kliënte die heerlike FRISCO koffie proe wat sy demonstreer.

Marietjie Pedro oorhandig geskenkpakkies as pryse vir die wenners aan Kittie Joubert (Prinsipale). Die modeparade dien as fondsinsameling vir die skool.

Ester van Wyk was Mei se gelukkige wenner! Hier oorhandig Lynette Geldenhuys (Bestuurder) aan haar die koopbewys.

Hendrien van Lill ontvang „n R400 Koopbewys en 15 dosyn eiers by Santie vd Berg as bydrae vanaf Boland Superspar vir hul pannekoek-verkope op hierdie dag.

Willem Visagie ontvang ‘n koopbewys ter waarde van R377.09 by Santie vd Berg.

Die Piketberger  

Die Piketberger - July issue

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you