Die Piketberger

Page 15

15

Renay neem afskeid Nuwe Produkte Volledige Aloe Ferox reeks

Een van Renay Hanekom se vele afskeide is onlangs gehou by Tillies. Renay en haar man, Michiel, is oppad Kanada toe om hulle daar te gaan vestig. Hulle kinders, Jaco en Comine en kleinkind, Kaitie, woon reeds in High Prairie, Alberta sedert 2010. Agter is Francis Visser, Ina Kotze, Larraine Meyer, Marie van Niekerk, Wilma Louw en Elsabé Louw. In die middel is Marietha Goosen, Biddy Langenhoven, Renay Hanekom en Riesie Kotze met klein Anja Louw op haar skoot. Foto: Suzette Fouché

Lees Die Piketberger in kleur op die internet by www.piketberg.co.za

Wol 4-draad “Double knit” “Chunky” Wol vir serpe Breipenne en ander brei benodigdhede. Woensdae en Vrydae oop tot 17:30 Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh Ons verkoop nie melk, teesakkies, tabak en botter nie. Ons verkoop ontbyt, middagete, aandete en drinkgoed. En ons geselskap en vriendskap…is pasella. “What a bargain!”

“What's in a name?” Shakespear se Romeo and Juliet moes dit op die harde manier leer. Die samelewing is nou maar eenmaal gesteld op 'n naam. Hoeveel keer in jou lewe word jy met 'n naam gekonfronteer? Die dag wanneer jy vir jou ouers vra hoe hulle jou naam gekies het? Wanneer 'n ou oom vra of jy een van die Jordaans van Koekenaap se wêreld is? Wanneer jy trou en jy jou doodgoeie van soos 'n ou vel moet afgooi om 'n nuwe een om te hang? Dalk as jy aan name vir jou kinders dink? Of wanneer jy 'n restaurant koop en jy sy naam pasella kry? PASELLA?! Kry mens dan vandag nog iets verniet? Cornberg Cottages & Café Hierdie naam is nie my en Wesley se keuse en styl nie, maar ons moes, nes die fyn vroutjie wat met name soos Petrus, Kristoffel en Michiel gedoop is, besef dat 'n naamverandering nie pasella is nie. Cornberg Cottages & Café bestaan uit gastekamers en 'n restaurant. Nie 'n winkel nie. Nie 'n coffee shop nie. En beslis nie die “kêffie op die hoek” nie.

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.