Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 5

www.piketberg.com

Junie 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Bobby sing in Klipkerk

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Pierre na Bretagne... p6 Seun kom voor...p8 Ouma Natie 98jr...p10 Buurtwag sertifikate...13 ACVV en Tobi...p14 Dup na Italië...p15 ACE presteer...p18 Tillies...p19 Ali-Baba...p20 PHS prestasies...pp22-25 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Na Bobby van Jaarsveld se optrede in die Klipkerk ten bate van die restourasiefonds, het sy bewonderaars geleentheid gehad om hom te ontmoet. Op die foto bo verskyn hy saam met Juné van der Westhuizen en regs saam met Ané Nelson. Regs bo is Karla Kellerman, Nadia Burger, Nicola Kellerman en Laurene Burger. Foto’s Marietha Goosen

 022 913 1939  022 913 2404

Liebco Russian Polony 750g @ R9,95

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

Daar is nog 3 geskenkpakke ter waarde van R200 elk op die spel!


2 Werkersdag Na Werkersdag gesels Loslip oor die doel van so „n vakansiedag. Baie mense bel in met baie voorstelle. Die sinvolste bydrae vir my was die voorstel dat dit „n dag kan wees waarop jy iemand anders se werksplek gaan besoek om sodoende „n kykie in sy of haar lewe by die werk te kry. In April vanjaar het ek die geleentheid gehad om een van my vriendinne se werksplek te besoek en „n handjie by te sit. Ongelukkig mag ek nie hier openbaar maak waar dit was nie, maar wat ek weet is dat dit vir my baie insig gegee het. Ek moedig jou aan om iewers vir „n uur of wat te gaan “shadow”. Ek kon dus my heelhartig vereenselwig met die inbeller se voorstel. Baie dankie vir elkeen wat so belangstel in ons werk by Die Piketberger. Dankie vir die medelye wat ingestroom het na Pierre se weggaan. (Hy kom regtig nie terug nie.) Dankie Ilna, vir die mooi artikel oor hom in Die Weslander. Dis steeds lekker om te hoor van almal wat gereeld Die Piketberger op die internet lees. Die afgelope week het ek van lesers uit Kanada en Botswana gehoor. Dus, liewe lesers, stuur daai stukkie goeie nuus oor jou kind, jou ouers, jou organisasie en iemand se prestasies. Lekker lees. Marietha

Esna (Rossouw) Brand . . . Ek wil net vir almal van Piketberg en omliggende omgewing dankie sê vir julle ondersteuning met my projek om 'n Lollos konsert te Hopefield ten bate van Huis van Heerde (kinderhuis op Moorreesburg) te kon hou. Dit was een groot sukses. Baie dankie vir Liebco wat vir ons wors geskenk het en Boland Superspar wat vir ons worsrolletjies geskenk het wat gehelp het om nog 'n ekstra geldjie in te samel. Ook dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het of om 'n kinderhuis kind te borg. Hulle het die konsert so geniet. Ons het 350 kaartjies verkoop en die saal was tjok en blok vol. Die Here se hand was verseker oor die rëelings en konsert, want ons het 'n baie, en ek bedoel baie mooi bedrag vir die kinderhuis ingesamel. Ons glo hulle sal dit baie goed kan gebruik. Die Lollos span het vir die kinderhuis 'n Lollos 1 en 2 DVD en 'n Lollos 3 CD geskenk en ek het met van die geld vir elke kinderhuis kind wat die konsert bygewoon het, 'n Lollos Themp gekoop. Lollos het dit self vir die kinderhuis kinders gegee! Hulle was so opgewonde oor hulle splinternuwe LOLLOS T-hemde. Nianell, die sangeres met haar drieling, het ook die konsert bygewoon en sy het vir ons die gelukkige trekkings gedoen. Piketberg en sy mense sal altyd na aan my hart bly, want julle is LIEFDEVOLLE OMGEE MENSE. Baie baie dankie.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk  022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Die Lollos span saam met die Kinderhuis kinders. Marietha Goosen skryf . . . Dankie aan Petrusa de Koker (onbekend aan my) wat al by twee geleenthede PHS sportfoto‟s gestuur het.

Briewe van ons lesers geborg deur Dr. Sam Scheepers DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTERS SMIT EN MORRISON.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir „n kwotasie


4

deur Jannie Lategan Iemand wat 'n toonbeeld is van sukses en volharding! Charl Fredericks, toe hy plus-minus 4 jaar oud was, het met sy ma en suster op Soutkloof arriveer, waar sy ma huishoudster was. Op 6-jarige ouderdom het hy die Primêre Laerskool te Soutkloof begin bywoon. Daar het hy tot standard 3 gevorder en toe die Laerskool te De Kuile bygwoon waar hy tot St. 5 gevorder het. Hy het toe sy skoollopbaan voortgesit by die Steynville Hoërskool en het sy skoolloopbaan met sukses deurloop en Matriek behaal. Terugskouend is hy vandag dankbaar vir die hulp wat hy veral by die twee plaasskole gekry het asook van die eienaar en sy vrou wat hom deur matriek gehelp het. Hy het spoedig 'n werk te PPC aanvaar as veiligheidswag, maar na 4 jaar 'n aanstelling gekry by Kaap Agri as algemene werker.Sy visier was eintlik vir hoër dinge ingestel en spoedig was hy bevorder tot Winkel Assistent en later tot die posisie as Senior Aankoper. Sy lewensfilosofie is onomwonde om uit te styg bo jou omstandighede en gemotiveerd beter en beter in die lewe te vaar en vir sy gesin en kinders beter toekoms te skep. Charl is getroud met Hester (Fortuin) en daar is drie kinders uit die huwelik gebore waarvan twee die Hoërskool te Piketberg bywoon. In retrospek gesien was Charl 'n gewone plaasseun wat van kleinsaf goeie maniere gehad het en by nadenke kan 'n mens vandag sien hy sy visie met ywer nagestreef het. Hy voel dankbaar tot almal wat bygedra het tot die sukses wat hy behaal het: Sy opvoeding te Soutloof Primêr, Laerskool Op die Kuile en ook Steynville Hoërskool. Charl sien dit dat daar geen verskoning is om in die lewe te vorder nie. Elkeen het 'n gawe en dit moet net met passie en volharding volvoer word. Hy sê: "Jy beperk jou later so en vereenselwig jou met jou omstandighede en dit is geen verskoning om vordering in die lewe te maak nie." Hy glo dat die Here nog groter planne met sy lewe het! Sy vriendelike, hulpvaardige en behulpsaamheid as Senior Aankoper is onmiskenbaar. Selfvertroue straal uit die eens skaam en vaal plaaskind van weleer. Hy het so pas die NQF2 kwalifikasie as Senior Handelsbestuurder met sukses deurloop en is tans besig met sy NQF4 kursus waar hy deur SETA akkreditasie sal kan bekom. Charl is rekenaar vaardig en beslis 'n aanwins vir Kaap Agri en die kliënt wat die Bedryfstak besoek! Die Piketberger se sukseswense vergesel hierdie skrywe! Onder Charl Fredericks.

Kekkel & Kraai Lekkerrrr hoenderrr 4 hoender filette in repies gesny 1 ui opgekerf 1 houertjie suurroom 1 blik pynappelstukke, sap afgegooi 1 teelepel borrie 1 eetlepel kerriepoeier Sout en peper na smaak Bietjie olie om in te braai Braai ui, voeg hoenderrepies by en verbruin. Voeg borrie, Kerrie, sout en peper by. Braai vir 5 minute. Voeg pynappelstukke by en kook vir 5 minute. Verlaag hitte en voeg suurroom by. Kook vir 5 minute. As sous te dun is verdik met „n bietjie maizena. Bedien met rys en „n groenslaai.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe voorraad wintersklere Froggie en Green Cross skoene en Tsonga boots Uitrustings vir troues ook beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

PIKETBERG 022 913 8006 total@w inkelshoek.co.za

PS I R T S EN K C I H C COMBO

5 9 , R19

/ X O B N & FU S P O BOX P N S U E I F D R& KID E G R U SB KIDDIE

0 0 , 0 2 R

COME SEE OUR INDOOR MENU!! AANBIEDINGS BESKIKBAAR SOLANK VOORRAAD HOU.


6

Besoek aan Bretagne Pierre Steenkamp skryf… Ek en Hannatjie kon in April vir twee weke by die kinders en kleinkinders in die stad Brest gaan kuier. Brest is die 18de grootste stad in Frankryk en lê aan die heel westelike punt van Frankryk in die streek Bretagne. Die streek was vroeër bewoon deur afstammelinge van die Kelte wat van Wallis af gekom het. Alhoewel daar slegs een skool in die streek is waar Bretons die onderrigtaal is en min inwoners die oorspronklike Bretons nog kan praat is daar „n groot beweging op tou gesit om die Bretonse kultuur weer te laat herleef. So dra van die kinders die outydse kleredrag wanneer hulle kerk toe gaan en ook word daar gereelde musiekfeeste in die straat gehou waar die oorspronklike Bretonse musiek met outydse instrument onder andere die doedelsak gespeel word. Straat aanwysings is ook dikwels in Frans en Bretons (FOTO 1). Die gebied is waterryk en „n hele aantal riviere deurkruis die streek. Die meeste mense hang die Rooms 1 Katolieke geloof aan en in elke stad is daar „n groot katedraal. Die Protestantse kerke is heelwat kleiner en moes toe hulle oorspronklik gebou is nie die aandag van die katedrale aftrek Tweetalige straataanwysings. nie. In elke klein Ecole = Skol = Skool dorpie is daar ook „n klipkruis van ongeveer drie meter hoog en aan die kruis is daar „n standbeeld van die gekruisigde Christus. By die abdy is daar tuine met medisinale plante wat van die Middeleeue dateer. Die plante is, voordat daar apteke was, gebruik om mense se kwale mee te behandel. By elkeen van die plante is daar „n bordjie wat aandui waarvoor die plant gebruik kan word. Vir moeders met te min moedersmelk is lusern voorgeskryf. Een van die ontroerendste oomblikke vir my was toe ek in „n oorlogsmuseum gestaan het by die baadjie wat aan „n krygsgevangene in die Buchenwald kamp behoort het (FOTO 2). „n Mens ys as jy dink aan die ontberinge wat hulle deurgemaak het. In die museum van Brest is foto‟s 2 van die stad wat tydens die Tweede W êreldoorlog geneem is. Na „n aanval was daar slegs een gebou in die stad wat nie beskadig was nie. Na die oorlog het die Amerikaners op groot skaal ingekom en van die geboue herbou en Baadjie van ‘n krygsgein die plek van die wat nie her- vangene in die Tweede bou kon word nie is nuwe geWêreldoorlog. boue opgerig. Oral langs die see is pragtige kusdorpies. Een van die dorpe wat ek kon besoek is St Malo wat langs die Engelse kanaal geleë is. „n Klein ommuurde dorp met die pragtigste ou geboue word aan drie kante begrens deur die see. Jy kan reg rondom die dorp al op die muur langs loop. Oral sien jy seilskepe van die heel kleinstes tot baie grotes rondvaar. Die verskil tussen hoog en laagwater daar is so groot dat van die geankerde bootjies op droë grond lê wanneer die gety uitgaan.

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Bobby was hier ! vervolg van p1 'n Heerlike aand is onlangs deur die NG Kerk gereël om die voltooiing van die restourasieprojek aan die historiese klipkerk te vier. Die sjarmante Bobby van Jaarsveld en sy orkes het 'n onvergeetlike vertoning gelewer. Met sy nederige en innemende geaardheid het hy nog meer harte gesteel en beslis 'n paar bewonderaars bygekry. Die gehoor het benewens Piketberg en onmiddellike omgewing, ook bestaan uit besoekers van Porterville, Citrusdal, Tulbagh en Vredendal, Moorreesburg, Malmesbury en die Kaap. Dit was die eerste keer in Bobby se ag jaar sangloopbaan dat hy in so 'n kerkgebou opgetree het. Wat vir die Piketbergers verder spesiaal was, is dat Bobby se linkshandige elektriese kitaarspeler van die afgelope ses jaar, Ruan Theron, eintlik 'n Piketberger is. Sy ouers, Julian en Amanda woon reeds sedert 1984 op Piketberg. Ruan was in PHS van sub A tot st 7 en daarna vir drie jaar in Paarl Gimnasium. Sy kitaarspelery was as kind 'n stokperdjie en al die fynere kunsies het hy maar so met die oog gesteel en vir homself geleer. Thys Langeveldt wat by Van Niekerk en Crupp gewerk het, was naweke sy mentor wat met behulp van 'n spieël die hotklou verdere akkoorde geleer het. Vir vier en 'n half jaar was Ruan deel van die groep, The Young Bunch, wat naweke in die Bio saal musiek gemaak het terwyl oud en jonk gedans het dat die stof staan. Die res van die groep was sy pa, Julian, Rossouw van Niekerk, Francois Herbst en Nico Herbst. Thys en Marina Carstens was gereelde dansers en het ook die deur beman. Na skool is Ruan vir Lugmag opleiding by Valhalla in Pretoria en daarna was hy eiendomsagent. Dit was 'n klankman wat vir hom gesê het dat Bobby 'n

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

kitaarspeler nodig het. Sedertdien vorm die twee, saam met Leon Janse van Rensburg op baskitaar en die dromspeler, De Waal Bothma, 'n gedugte span. Dankie aan elkeen wat die konsert bygewoon het en ook aan diegene wat op enige manier deel was van die fondsinsameling van die restourasieprojek. Na vyf weke se intensiewe werk met die verf van die torings en ander wit gedeeltes en die seel van die klip op angswekkende hoogtes deur Piket Painters, het Flip van Niekerk van Flip Verf die konsistorie, moederskamer en buitegebou opgeknap met die verfkwas. Pieter Fox van 2 Acre Hardware het die materiaal teen 'n billike prys verskaf.

Ruan Theron, tweede van links, Bobby se elektriese kitaarspeler, saam met sy gesin van Piketberg, sy suster, Roné en sy ouers Amanda en Julian Theron. Berig en foto: Marietha Goosen

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34, DIE BYEKORF

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Kontak  082 660 2470  022-913 3984 Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.)

Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Ons verwerk ook vleis wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Huis AJ Liebenberg 'n Klompie mobiele inwoners van Huis AJ Liebenberg en Bergtuin-aftree-oord het onlangs „n baie lekker uitstappie gehad na Bergstroom-plaas op die berg. Daar is hulle deur die Bybelstudiegroep met heerlike verversings onthaal. Die pragtige natuurskoon van daardie omgewing het weereens bygedra dat een en almal dit baie geniet het. Die gaste is almal baie dankbaar dat hulle deur sulke gasvrye mense onthaal is.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320 Kotie Brink, Enna Bester en Maatje Coetzee.

Voor Babsie Kriel, agter: Ria Burger, Bessie Visser en Helma Kotze.

Cupido Adams en Gert Afrikaner. Berig en Foro’s:

Suzette Fouché

Seun kom voor Seun Kitshoff is onlangs as diaken van die NG Kerk bevestig. Vir weke voor die tyd het Seun al met trots aangekondig dat hy 'gaan voor kom'. Die fotograaf is ook baie betyds gereël. Uiteindelik het die dag aangebreek en is daar van oor tot oor geglimlag. Wat Seun so besonders maak, buiten al sy ander hoedanighede, is sy opregte belangstelling in mense en sy altyd vriendelike en hulpvaardige geaardheid. Die Piketberger wens hom en sy familie Seun Kitshoff as diaken. sterkte toe vir sy ampsBerig en foto: Marietha termyn. Goosen.

 022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) 1x 3.5 ton trok en 1x 8 ton trok Boumateriaal uit die Kaap nodig? Kontak my.

André Yardley 079 994 5435


9

Prestasie vir Johan Brand

Marietjie Gagiano is 77 jaar oud en brei vir die afgelope 44 jaar truie van oorskietwol vir kinders. Elke jaar wanneer dit winter word, neem sy haar truie vir kinders waar dit nodig mag wees. Sy het onlangs Mother-Pearl Speelskool besoek waar 17 gebreide truie aan 17 kleuters oorhandig is. Sy het ook 3 gehekelde komberse vir die speelskool geskenk.

Johan Brand, „n oud leerder van PHS het onlangs groot sukses as model behaal. Hy het van 7 tot 11 Maart na Lagos, Nigerië gevlieg om by die Arise Maga zine Fas hio n Week te gaan werk. Dis „n groot prestasie aangesien net „n handjie vol internasional modelle gekies is.

Johan Brand, model en oud-PHS’er.

Marietjie Gagiano skenk truie

Foto’s en berig: Verskaf.

Marietjie Gagiano saam met Katie Joubert een van die onderwyseresse by die Mother Pearl speelskool kinders wat truie ontvang het. Berig en foto: Verskaf.


10

Klasmaats trou eerste Nadia Brown, jongste dogter van Terence en Nicoline Brown van Piketberg is op 26 Maart getroud met Jacques le Riche, jongste seun van Johan en Marlene le Riche, Namibië. Die troue was te Laatson, Porterville. Hulle woon nou in Windhoek.

Foto: Nastassja Harvey Fotografie

Cobus Louw en Lené Lambrechts is op 9 April in die NG Kerk Porterville getroud. Die onthaal was by Laatson. Nadia en Lené was in dieselfde jaargroep by PHS Foto: Jan Strydom

Ouma Natie word 98

‘n Op-en-wakker gesonde Natie Rossouw op haar 98ste verjaardag saam met haar vier seuns, Herman en Erik agter en Pierrie en Johan voor. Natie het op die plaas Elandsvlei, Eendekuil gewoon en is tans ’n inwoner van Huis AJ Liebenberg. Foto: Bertus Rossouw

Baie geluk en baie seën vir die nuwe lewensjaar –Red.

Carnival Candy floss/Spook asem moved to Durbanville, Cape Town. Delivery and collection can be made daily, 7 days a week. Please visit website for more information Friendly regards Carnival candy floss

Vadersdag 19 Junie


11

Oupa trots op kleinseun

Oupa Evert Ockhuis van Piketberg met sy kleinseun, dr Marlin Samuels met Marlin se ouers, Norma en Malick Samuels van die Paarl. Foto: Verskaf Berig: Marietha Goosen

SANLAM

Evert Ockhuis van Piketberg het rede om trots te wees op sy kleinseun wat onlangs as mediese dokter gekwalifiseer het. Die 77-jarige Evert, wat reeds vir die afgelope 55 jaar op Piketberg woon, was saam met sy dogter en skoonseun, Norma en Malick, toe hulle hulle seun, Marlin Samuels, by Citrusdal Hospitaal gaan afsien het om sy gemeenskapsjaar te doen. Evert is op Heuningvlei gebore en het later saam met sy ouers na Wupperthal verhuis waar hy sy skoolloopbaan onder Eerwaarde Strassberger en Meester Noach voltooi het. (Meester Noach is Dannelene Noach se pa - sien verlede maand se Piketberger). As 17-jarige jong seun het Evert 'n betrekking aanvaar by die Strassberger Hotel op Clanwilliam, waar hy sy oorlede vrou, Katriena Burrows, ontmoet het. Dit was Meester Noach wat hom aangemoedig het om Piketberg toe te verhuis om sodoende vir sy vier dogters, Ansie, Norma, Helen en Joan die geleentheid te gee vir 'n Hoërskoolloopbaan in Malmesbury. Oor daardie stukkie wyse raad was hy nog nooit spyt nie, aangesien al vier goeie kwalifikasies het en goeie betrekkinge. Evert self was vir jare as Evangelis werksaam in Wolseley en Piketberg, terwyl hy ook 'n taxi besigheid gehad het. Terug by Marlin. Marlin het grootgeword in die Paarl waar sy ma 'n onderwyseres is en sy pa 'n bouer. Na sy universiteits opleiding te Stellenbosch en Tygerberg, het Marlin ook vir twee jaar in Durban gewerk. Wat vir Oupa Evert so gelukkig maak, saam met die trotse gevoel, is dat sy kleinseun nou in dieselfde omgewing is as waar sy oupa se lewensjare begin het. Vir Evert is dit terugskouend 'n voorreg dat sy voetspore reeds daar lê. Die ou mense het nie verniet gesê jou naam loop jou vooruit nie -Red. .


12

Tuinbou

Venessa Beautemont met die pragtige bos blomme wat sy met 'n lootjietrekking gewen het.

Lorraine Rose, voorsitter van Stellenbosch se blommeklub saam met Rita Esau, een van die bestuurslede van Piketberg se Blom- en tuinbouklub. Foto links: Elbeth Liebenberg by haar blommekunswerk, Pretty Woman. Al die demonstrateurs moes 'n spesifieke film uitbeeld, haar keuse was Pretty Woman.

Die groot groep dames wat vir Elbeth gaan ondersteun het met haar demonstrasie by Eensgezind.

Die volgende Tuinbou vergadering is op Woensdag 1 Junie om 09:30 in die Biblioteeksaal. Besoekers is welkom teen R20 fooi. Tema: “‟n Prettige werkswinkel vir die manipulasie van blare.”


13

Buurtwag ontvang sertifikate

Vroue van Môre VLV Velddrift het Piketberg se VLV besoek om meer uit te vind oor Vroue van Môre.

Eendekuil se Buurtwag saam met Adj Piet Bekker en Margaret Afrikaner, GPF Voorsitter (in die middel agter) en voor burgemeester Rian de Vries en Lt. Kol Caroline Naidoo.

Piketberg se buurtwag saam met voor A/O Gawie du Toit, Burgemeester Rian de Vries, Caroline Naidoo en Past. Marc Lintnaar (GPF voorsitter).

Piket-Bo-Berg se buurtwag saam met (voor) burgemeester Rian de Vries, Lt. Kol Caroline Naidoo en Past Marc Lintnaar (GPF voorsitter). Foto‟s: Ilna Grobler Foto regs: Adriaan Jacobs en Anne Karsten is op 26 April op Potchefstroom getroud. Foto: Verskaf

Bestuur van VLV Piketberg en Velddrift kuier saam op Piketberg.

Barbara Langeveldt, Gina Smit (voors. VLV Velddrift), Liezle Ntane, Maria Fredericks, Marthie du Toit (voors. Vroue van Môre) en Janine Afrika. Foto‟s: Marietha Goosen

Adriaan en Anne trou


14

Klere met Tobi van 7de Laan Piketberg is deel van die grootste klere projek tot dusver in die land. DiĂŠ landswye poging deur die ACVV, in samewerking met die kunstenaar en sanger, Tobi Jooste, Leef Tydskrif en 7de Laan, het ten doel om 100 000 kledingstukke in te samel, waarvan die fondse na die verkoop daarvan gaan vir die ACVV, die grootste welsynsorganisasie in die land en om klere te voorsien aan duisende minder bevoorregtes. Hoe gaan hierdie projek werk op Piketberg? Lees die berig noukeurig en as jy steeds nie verstaan nie of wil deel raak daarvan, kontak gerus die ACVV kantoor in Tillalaan by 022-913 1525. Op Vrydag 3 Junie bied Tobi Jooste 'n konsert aan op Org de Rac Wynlandgoed wat die vorm van 'n sop-en-sjerrie aand aanneem. Kaartjies is teen R100 bekombaar by enige ACVV-lid of die -kantoor. Na die geleentheid bring elke kaartjiehouer 4 of meer goeie kledingstukke saam. Persone met 10 kledingstukke en 20 kledingstukke kan in aanmerking kom vir 'n landswye trekking met aanloklike pryse. Op Saterdag 25 Junie word 'n groot klere uitverkoping gehou by Piketberg Skouterrein met kledingstukke teen 'n maksimum van R20 per item. By die heerlike dag sal kosstalletjies wees vir die publiek. Moenie uitmis nie en doen so jou klein deeltjie vir die gemeenskap wat verrykende en verreikende gevolge kan hĂŞ.

Susan Kemp

46KW

2500L Verkope Drik 083 646 8718 Girbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

5000L

10000L

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221

ACVV leer saam

By die ACVV se Algemene Vergardering wat op 5 Mei 2011 gehou is was die onderwerp volwasse onderrig. Op die foto bo verskyn van links Delia Somers (leerling), Marietjie Visser (ACVV bestuurslid), Daleen Esau (spreker en ACVV lid) en voor Joan Links (ACVV lid). Foto: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Junie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 14 Junie om 5nm.

LRB Le Roux bike repairs + services

Herstel & dienste aan motorfietse

Le Roux Rossouw

Sel: 082 870 9520 Tel/Faks: 022 913 2792


15

Dup Meubels reis oorsee Japie du Plessis van Dup Meubels is aangewys as een van 'n paar meubelwinkel eienaars landwyd wat 'n reis oorsee gewen het. Dup Meubels bestaan reeds 34 jaar op Piketberg. Dup Meubels, saam met ander kleinhandel meubelwinkels landwyd, behoort aan 'n organisasie "Group Appliances", wat names hulle kleinhandel lede, beding vir beter pryse by die verskaffers. Benewens Dup Meubels se goeie verkope, word 'n lid van Group Appliances ook beoordeel volgens algemene produktiwiteit en in hoe 'n mate hulle met sinvolle voorstelle vir die bedryf na vore kom. Daar is verskeie kriteria met verskeie doelwitte (targets) wat aan die ondernemings gestel word. Dup Meubels was al voorheen 'n wenner. Japie en sy vrou, Doreen, vertrek eersdaags vir 'n 10-dae vakansie na ItaliĂŤ. Die reis daar sal grotendeels bestaan uit bootritte deur die nag en besoeke aan verskillende dorpe en stede deur die dag. Terloops, Ontbytsake, op Kyk-Net, het onlangs 'n opname gemaak van besighede in Piketberg, oa Dup Meubels. Dit word gebeeldsend op 21, 23, 25 en 27 Mei. Wees ook deel van 'n Defy 20liter Mikrogolf oondgelukkige trekking by Dup Meubels tot einde Junie. Koop enige Defy produk in enige prysklas en staan 'n kans om 'n wenner te wees. Die wenner sal ook in die volgende Piketberger bekend gemaak word.

Voor links: Japie du Plessis, met sy onmisbare span by Dup Meubels, wat saam gewerk het ten einde hom 'n wenner van 'n oorsese reis te maak. Langs hom is Henco Mostert, Elize le Roux en Rix du Plessis. Agter is Andrew (Links) en Jacques du Plessis, die troonopvolger. Berig en foto: Marietha Goosen

Meubels, dekor en geskenke. Langstraat Piketberg, oorkant Kaap Agri


16

PRAKTIKA ORGANISASIE ONTWIKKELING Praktika het onlangs ook opleiding by Verste Stuiwer, Vioolsdrif aangebied vir Joint Body lede om die premie wat hulle van Fair Trade ontvang, te bestuur en aan te wend vir projekte. Dit is „n groot verantwoordelikheid en dit is belangrik dat lede besluite om die geld te spandeer op verbeterings op die plaas (waarby nie net die werkers nie , maar ook die gemeenskap by sal baat) doelgerig en goed deurdenk moet wees. Kursusgangers word detail agtergrond gegee oor Fair Trade en hulle beginsels asook opgelei in aspekte soos: Vergaderings hantering, Konflikhantering, Beplanning en Projekbestuur . Hierdie is geen spesifieke kursus van Praktika nie, maar die samestelling van bestaande kursusse en modules wat dan in „n werkswinkel formaat opgestel is en oor drie dae strek.

van sy voertuig, optrede in ongeluk situasies, padreëls en regulasies kennis word getoets en ekonomiese bestuurs tegnieke word ook aangebied. Verskeie boerderye het reeds begin reëlings tref om die kursus van een dag by hulle aan te bied.

Susan‟s Showcase You are invited to “Showcase” an exhibition of work by Susan Kemp at the Anthea Delmotte Gallery, 47 voortrekker st, Piketberg, 27 may 2011 Starts 7:30 pm 0732817273

Susan Kemp

Romanus Haimbili, Johannes Cloete, Aletta Cloete, Marsha Nero, Trevor Boois en Gerald Boyceo p die plaas Verste Stuiwer, Vioolsdrif. Ons het nie verlede jaar die Personeeladministrasie kursus (ABC van Personeel administrasie) aangebied nie as gevolg van „n gebrek aan belangstelling. Die kursus is spesifiek saamgestel vir kantoor dames en administratiewe personeel wat daagliks met werkers en lone te doen het . Die kursus bevat die volgende modules: Instandhouding van personeel records, Personeelbestuur funksies, Stelselbestuur, Inleiding tot wetgewing, Beleid en Prosedures. Ons het reeds „n paar navrae ontvang en ons wil dit graag aanbied en versoek dus dat belangstellendes om Praktika te kontak en ook „n aanduiding te gee gedurende watter tydperk dit gerieflik sal wees om die kursus by te woon. Die kursus sterk oor twee dae plus een dag vir assesering. Soos wat ek reeds in die uitgawe van Desember 2010 van die Piketberger gemeld het is een van die gewidste opleidings programme tans die K53 / Defensiewe bestuur vir kode 10 en 14 drywers. Dit is volgens terugvoering van bestuurders en die kursusgangers. Dit was weer hierdie week by een van JD Kirsten se plase, Laborans, aangebied en het die beste terugvoering ooit ontvang van die kursus gangers. Van hulle het selfs versoek dat indien dit weer aangebied word dat dit oor twee dae aangebied moet word, want hulle wil nog “meer weet en leer”. Net om die geheue te verfris, die kursus behels die volgende: Die drywers word fisies op die pad en in die verkeer getoets, ontvang opleiding in observasie tegnieke, voor- en narit inspeksies

Susan Kemp is a versatile and talented artist whose work ranges from sculpture to handmade books, many beautiful paintings (which include copies of old masters (only on display for opening night) and other creative wonders. She has also illustrated children‟s books and cartoons. This exhibition will showcase her wide range of talents which are well worth seeing. Come and enjoy the creative atmosphere and meet this innovative artist.

Leeskring Woensdag 15 Junie 09:30 Biblioteeksaal Spreker: Karin Brynard, skrywer van “Plaasmoord” R20 p/p Kaartjies by Biblioteek ACVV met Tobi Jooste 3 JUNIE 2011 Sop en Sjerrie 18:30 Org de Rac R100 plus vier kledingstukke per persoon Pinkster 5-12 Junie NG Kerk

16 Junie Jeugdag


17

Mamma magdaleen van zyl „n briefie vir moedersdag Ek sit met „n beker tee en een van mamma se spesiale muffins wat ek uit die vrieskas gediep het. En skielik dink ek: hoe gaan die dag wees, as ek nie goed het om uit die vrieskas te grawe - lekkertes wat my ma vir my gegee het nie? Hoe gaan dit wees as ek nie elke dag my ma kan bel, of sy vir my nie? (al kla pappa kamstig oor die foonrekening!) Hoe gaan dit wees as ek nie saam met my ma oor die familie kan skinder nie? (al is dit nou nie juis „n nice ding om te doen nie!) Hoe gaan dit wees as ek nie saam met my ma in „n coffee shop kan sit en goeters eet wat nie een van ons twee eintlik moet eet nie? (want mamma is „n diabeet en ek is oorgewig, so hoekom eet ons kaaskoek - want dis lekker om dit saam met jou ma te doen!) Hoe gaan dit wees as ek by julle huis kom, en mamma staan nie reg met „n drukkie en tee, en ALTYD iets om te knibbel, al bring ek ook hoeveel vriendinne saam! Wie gaan met my kinders praat oor hulle meisies en saam met hulle gaan shop in Tygervallei - ja ek weet ek doen dit ook, maar „n ouma praat ander stories as „n ma, en in elk geval is mamma mal oor shop en ek nie. Wie gaan my favourite kos vir my maak (al kan ek dit self ook maak), en dit in bakkies vir my vries vir as ek die dag kom kuier? Wie gaan langs my by die rugbyveld staan en naels kou dat „n kind tog nie moet seerkry nie, en saam met my staan en lag vir simpel goed langs en op die veld? Wie gaan vir my sê: “sussie, kam tog net jou hare” of “moet tog nie weer daai ou uitgerekte truitjie aantrek nie, sussie”, al irriteer dit my ook? Wie gaan vir my, “my liefie”, sê, en worry of “die kind tog cope”? Wie gaan langs pappa se skouer wees, en net daar wees sodat ons julle kan liefhê? Dankie dat Mamma so „n wonderlike Ma is. Ek hoop ek kom ook eendag daar. Liefde Sussie PS.Ek het vir my „n gesigmasker opgesit, want ek het nou „n rustige skryf-oggend beplan. Nodeloos om te sê, die masker het nou al tot in my nek afgeloop, want ek snik nog die hele brief deur vir die dag wat ek nie meer al hierdie gaan hê nie - die dag wat tog nie gou moet kom nie!!

VLV na Skrik-van-Rondom Piketberg se VLV-tak het „n baie interessante uitstappie na die plaas, Skrik-van-Rondom naby Redelinghuys onderneem. Die groep, “Gesondheid” onder leiding van Stella van Niekerk het baie moeite gedoen om aan lede soveel as moontlik blootstelling oor die onderwerp te gee. Die plaas behoort aan Hennie en Louise van Zyl en verbou oa kruie onder die handelsnaam, Phyto Green en Rooibostee onder die naam Goudkop. Ria van der Westhuizen van KANSA het oor die werksaamhede van KANSA se vrywilligers gepraat. Die groep het ook „n voorsmakie gekry van die splinternuwe luukse Spa wat eersdaags op die plaas geopen word.

Riana Richter, VLV voorsitter, Louise en Hennie van Zyl van die plaas Skrik-van-Rondom en Ria van der Westhuizen van KANSA.

VLV-lede Ezette Mouton, Riana Richter, Renay Hanekom, Grace Dippenaar en Angeline Engelbrecht.

Touching Hearts kursus Kontak Christa de Waal 084 314 7261 Alida Walters en Frannie Botha geniet die rustigheid op die plaas. Foto‟s: Jackie Ferguson


18

Arbeidskolom HR Dinamika Die belangrikheid van werknemer betrokkenheid in hedendaagse ondernemings Vandag se veranderde besigheidswêreld en wisselvallige ekonomie bied verskeie uitdagings vir ondernemings. Om op datum te bly met tegnologiese veranderinge en om die impak van die wisselvallige ekonomie te absorbeer is reeds „n groot uitdaging. Dit blyk om kompeterend te bly moet ondernemings hoër uitsette teen laer insette verkry. Eenvoudige beleide kan wel toegepas word om hierdie probleem op te los. Dit kan vir die onderneming voordelig wees om een van die kern fondasie van die onderneming, naamlik die werknemers, te versterk. Enige bestuurder kan getuig dat werknemer vergoeding een van die onderneming se grootse uitgawes is. Om te verseker dat die hulpbronne wat in werknemers geïnvesteer word die maksimum uitsette verkry, kan die onderneming poog om werknemer betrokkenheid te vermeerder. Maar wat presies beteken die term werknemer betrokkenheid? Daar is drie onderafdelings van werknemer betrokkenheid. Die verduideliking van die afdelings sal dalk die begrip van die konsep vergemaklik. Die onderafdelings is as volg: Rasioneel -Hoe goed verstaan die werknemers hulle rolle en pligte binne die organisasie? Emosioneel -Hoeveel passie het die werknemer vir sy rol en die organisasie? Motivering -Hoe gemotiveerd is die werknemer om op aanvaarbare standaarde vir pligte te verbeter? As die onderneming werkers het wat betrokke is in die onderneming en belangstel in die onderneming se sukses, kan dit „n groot mededingende voordeel vir die onderneming inhou. Werknemers wat betrokke is by die onderneming voel persoonlik gekoppel aan die sukses van die onderneming, en sal geneig wees om op aanvaarbare werk standaarde te verbeter. Werknemers met hoë vlakke van werknemer betrokkenheid is ook minder geneig om die onderneming te verlaat as werknemers wat lae vlakke van betrokkenheid toon. In moeilike veranderende tye, waar werknemers soms moeilike besluite maak, is betrokke werknemers ook meer geneig om die onderneming te ondersteun. Werknemers wat tot die onderneming se sukses wil bydrae, sal ook beter kliënte diens bied, wat kan lei tot hoër verkope. Dit is dus moontlike dat investering in werknemer betrokkenheid wel meetbare resultate kan oplewer. Die vlakke van werknemer betrokkenheid onder werknemers is baie belangrik, veral as die aantal hulpbronne wat in werknemer geïnvesteer word, in ag geneem word. Dit sluit dalk nie net huidige vergoeding koste in nie, maar ook kostes soos werwing, keuring en opleiding. Maar wat beïnvloed werknemer betrokkenheid en hoe kan die algemene menslike hulpbron bestuurder en ander bestuurders werknemers kweek wat hoë vlakke van betrokkenheid by die organisasie toon? Om werknemer betrokkenheid te vermeerder/ verbeter, moet bestuurders krities kyk na die motiveerders van die werknemer wat ter sprake is. Dikwels word werktevredenheid gekoppel aan salaris, maar om werknemers so te motiveer is nie altyd volhoubaar nie en salaris kan net tot op „n punt werknemers motiveer. Daarna kan aspekte wat relatief koste effektief toegepas kan word, „n merkwaardige verskil maak. Hier is „n paar eenvoudige wenke wat bestuur kan toepas om weknemer betrokkenheid te verhoog.

Behandel elke werknemer as „n individu, verseker dat talent bestuur „n prioriteit in die onderneming is, vind uit wat die werknemers se behoeftes is en bevredig dit waar moontlik. Identifiseer werknemers met potensiaal verseker dat bestuur wat personeel hanteer die nodige interpersoonlike vaardighede het en lei bestuur op om aan werknemers te kommunikeer dat die maatskappy omgee en toegewyd is tot die bevrediging van die werknemer se behoeftes, kan vlakke van werknemer betrokkenheid lig. Sulke beleide hoef nie noodwendig vir die maatskappy groot finansiële implikasies in te hou nie. Dit kan so ingewikkeld en duur wees soos opleiding en salaris verhogings, maar kan ook so eenvoudig wees soos „n bestuurder wat „n werknemer vra “Hoe was jou naweek?”

"Champ of Champions" Wenners van Rosette by ACE "Champ of Champions" provinsiale atletiek byeenkoms gehou te Tygerberg Atletiekklub in Parow. Mia Oberholzer 3de plek 60m en 80 meisies o/7, Daylon Stevens 3de plek Verspring seuns o/14, Nicholas Swart 2de plek Mini Spiesgooi (turbo javelin) seuns o/8, Johan-Scholtz Oberholzer 2de plek Mini Spiesgooi (turbo javelin) seuns o/10, Hanli de Waal 1ste plek Mini Spiesgooi, 2de plek Verspring meisies o/10. (Afwesig Leonie Louw 1ste plek Hoogspring en Spiesgooi, 2de plek Gewigstoot meisies o/13; Dillan Moodley 2de plek Spiesgooi seuns o/13). Medaljewenners by ACE Junior Convention gehou te Bergkroon in Wellington vanaf 13-16 Mei 2011. 270 Kinders van die hele Kaap provinsie het deelgeneem.

Van links na regs: Hanli de Waal Silwer Landloop, Shandre Naidoo Goud Geskrewe gedigte, Silwer Geskrewe kort verhaal, Macey Naidoo Brons Pottebakkery, Andrea Visser Brons Gekleurde potloodskets, Lara Visser Goud Fotografie, Silwer Wetenskap uitstalling - versameling, Egbert de Waal Silwer Wetenskap uitstalling - Ingenieurswese, Brons Naaldwerk. (Afwesig Leonie Louw Goud Skaak, Silwer Collage; Henco Louw Goud Wetenskap uitstalling - Ingenieurswese, Brons Landloop)


19

Tienuur by Tillies As jy iets opwindends soek om gedurende die kwartaal op 'n Vrydagoggend te doen, kry jouself by Tillies in Tillalaan. As jy nie weet waar hierdie oulike plekkie is nie, is dit beslis tyd om dadelik uit te vind. By Tillies is warmte, koestering, lekker tee, heerlike versnaperinge en smullekker gebak. Boonop is daar gawe mense om jou te ontvang en voor jy loop, maak jy alweer planne om volgende Vrydag te gaan kyk wat daar is. Nou waarom dan alleen na so 'n gesellige plek gaan? Wel, jy kan, maar neem sommer jou man, 'n vriendin, 'n bejaarde, 'n troeteltannie of -oom of 'n buurvrou saam. Doen jouself 'n guns, kom kyk - jy sal nie spyt wees nie.

Frans Bothma Motorbakwerke ASR gegradeerde paneelkloppers en spuitverwers vir Santam, Mutual en Federal asook alle ander assuransiemaatskappye Goedgekeurde Insleepdiens 24 uur

 022-913 1645

By die opening van Tillies in Tillalaan het die Kix leiers iets gaan geniet. Teresa Beck, Marietha Goosen, Biddy Langehoven, Marindé Saayman, Mariëtte Louw, Juanita Joubert, Jackie Ferguson en Doretha Visser.

 082 421 3987 na ure

Klein en groot maat beskikbaar

Foto heel bo: Johanna Langeveldt en Elsabé Lebenberg, besig voorbereidings te tref vir Tillies se gebak. Foto bo: Elsabé Lebenberg by die eerste twee manlike besoekers by Tillies se opening, Kobus van Coller en Deon van Dyk. Foto‟s: Verskaf Berig: Marietha Goosen


20

Skitterspel deur Ali-Baba en kie PHS-leerders, onder die bekwame leiding van Alison Muller, het weer gesorg vir groot vermaak en verrassings toe "Ali-Baba and the Thieves" op skitterende wyse opgevoer is. Die deelnemers se talentvolle toneelspel en sang het beindruk. "Ali-Baba and the Thieves" is geskryf deur James Rae en Mike Cornick.

Juan van Zyl, Jacques Rossouw, Tobie Beck en Cameron Julius.

Robert Edmonds, Jani Truter, Charnill Kok, Lydia van Niekerk en Cameron Julius.

Anrich Losper, Jaydy Warnick, Michelle Langenhoven en Anuchca Brand.

John Eksteen, Rayden Wright, Eldon van der Merwe, Melandri van der Merwe en Behan Croeser.

Kloksgewys van agter is Venelee Coetzee, Claudia Burger, Johmine Croeser, Ané Venter, Retha Eksteen, Andrea Kotzé, Lilani Dippenaar en Lylani van Lill.

Junanri Richter, Carike Wiggins, Carla Smit, Chené Treyvellan en Mariska Wolfaardt.

By die kameel, wat die gehoor gaande gehad het, is "kameel" self Herschelle Benjamin, Izak Coetzee en Alan Willemse. Foto‟s: Marietha Goosen


21

Laerskool Eendekuil neem deel aan Eisteddfod

Agter van links: Gr. 5 - Danelle Swarts (voordrag), Willem Wiggins (sang en voordrag) en Kobus Brand (sang). Voor: Gr. 2 - Salomé van Zyl (sang en voordrag), Sarine Brink (voordrag) en gr. 1 – Hugo de Waal (voordrag). Foto: Verskaf

FNB se rugbymanne

PHS‟ER 1STE PRINSES BY MEJ. BOLAND LANDBOU Juné van der Westhuizen, Graad 10, is onlangs gekies as een van die tien finaliste uit verskillende skole o.a. Stellenberg, Swartland, Hoër Meisieskool Paarl, Tygerberg, Rhenish en Paarl Gim, wat aan mej. Boland Landbou deelgeneem het. Tydens die gala aand moes hul verskeie uitrustings modelleer met hul eie musiek en vrae beantwoord – Bolanders is sportief, Hollywood se liggies en legendes en vir die finaal moes hul in aanddrag, saam met „n metgesel van Boland Landbou, „n item lewer. Denneys Niemandt, haar metgesel, het almal na aan trane gehad toe hy „n rooi roos vir haar gee en „n pragtige selfgeskryfde liedjie vir haar gesing het, waarna hul saam op “A moment like this” hul klere vertoon het. Alhoewel sy die jongste finalis was, is sy uiteindelik as eerste prinses gekroon en het „n kontantprys van Boland Landbou ontvang, pragtige juwele, „n Fair Cape geskenkpak en vele ander geborgde skoonheidsprodukte en behandelings. Voorwaar „n pragtige aand wat lank onthou sal word! Berig en Foto: Verskaf

Oud PHS'er in Port Natal span

Hierdie rugbymanne is gekies vir die FNB-span wat aan die St Stithians rugbytoernooi deelgeneem het, kloksgewys van links staan Tobie Beck, Labozet Tredoux, Werner Louwrens, Dewald Greeff, Jacques Rossouw, Juan van Zyl, Aldrick Rossouw en Herwynne January. Fotos: Marietha Goosen

Netbal kliniek te Raloka Tydens die afgelope vakansie was tien 0/19- en tien 0/16-netbaldogters bevoorreg om „n 3 dae-lange afrigtingskliniek by te woon by die nuwe Protea-afrigter, Elize Kotzé. Hoërskool Piketberg het weer sy staal gewys en met al die toekennings weggeloop, van die wedstryde tot die spanbou en ook die danskompetisie! Die afrigting was van hoogstaande gehalte en die spelers is goed toegerus vir die seisoen. Hulle het ook die voorreg gehad om „n spanontleding by te woon wat aangebied is deur die nuwe Protea-kaptein, Amanda Cronjé. Dankie aan elke ouer wat hierdie geleentheid vir hul dogter moontlik gemaak het, hulle is nie net voorberei vir die seisoen nie, maar het ook baie waardevolle lewenslesse geleer.

Merlynn Pieterse, oud PHS'er en 0/13-Cravenweek speler, speel tans vir sy skool in Natal se 0/19 "starting 15's". Merlynn het vanjaar sy gr 10-jaar by Hoërskool Port Natal in Durban begin. Dis 'n Afrikaans medium skool in die voorstad Umbilo. Hy is een van tien manne uit die Boland streek wat genomineer is om sy skoolloopbaan daar verder voort te sit en op sy rugby te konsentreer. Hoewel die voordeel van reeds betaalde onderrig en koshuisverblyf aanloklik klink, is die onus steeds op Merlynn om homself op die rugbyveld te bewys. Tot tyd en wyl hy na wense vorder, is hy self verantwoordelik vir die finansiering van sy sportdrag, -toerusting en -toere. Merlynn laat egter nie op hom wag nie en het die pas afMerlynn Pieterse gelope vakansie deelgeneem aan die 0/16-Grand Khomo Week en ook aan die Easter Festival. Met die laaste speel voor sy kort vakansie by sy ouers op Piketberg het hy uitgedraf vir die 0/19's. Net vir interessantheid, het Die Piketberger hom uitgevra oor sy skoolvakke en aanpassing. Hy neem Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Bedryfs, Rekeningkunde en Musiek (Sang en Teorie). Merlynne het vinnig tot die besef gekom dat die Here 'n ou se kosbaarste vennoot, vriend en vertroueling is. Hy is die enigste Een wat hy kon saamvat Natal toe - jou pa, ma en vriende is ver! Sterkte vir jou skool- en sportloopbaan. -Red. Berig: Marietha Goosen. Foto: Verskaf


22

PHS se Redenaars

Ané Venter, Anja Venter en Maria Visser het deelgeneem aan die Interskole Senior Redenaarskompetisie (Onvoorbereid) teen Porterville. Hulle het hulle afdeling gewen.

Nicola Coetzee, Yvona Louw en Johan du Toit het deelgeneem aan die Interskole Junior Redenaarskompetisie (Voorbereid) teen Porterville. Nicola en Yvona het ook deelgeneem aan die ATKV Redenaarskompetisie op Stellenbosch.

Piketberg hou Vasvra Interskole teen Porterville

Die Laerskool Vasvra span is Chris Rheeder, Harry Roux, Albert Grobler, Joubert van der Merwe en Louwrens Laing.

Die Hoërskool Vasvra span is agter Alan Bingham, Robert Edmonds, Tiaan Smit en voor Maria Visser en Michelle Langenhoven.

PHS se Uitruilstudente

Nina Cillié, Maria Visser en Stephan Louw het deelgeneem aan die ATKV Redenaarskompetisie op Stellenbosch. Stephan het deurgedring na die Onvoorbereide afdeling.

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Junie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 14 Junie om 5nm.

Drie van PHS se gr 10-leerders is gekies as uitruilstudente wat gedurende die Junie vakansie Duitsland besoek. Hulle is Claudia Burger, Venelee Coetzee en Ané Venter.

Foto’s: pp 20 en 21 Marietha Goosen


23

PHS Eisteddfod te Citrusdal

Suné Rheeder by die graad 1's wat Goud behaal het: Jana Truter en Calib Petersen.

Iza Schreuder by haar graad 3's: Elishia Engelbrecht (Cum Laude Afr Voordrag) en al die manne is Goue Wenners, Ryan Zeeman (Eng Poetry), Nolan Somers (Eng Poetry), Matthew Somers (Eng Poetry en Sang), Schalk Visagie (Eng Poetry) en Van Zyl Engelbrecht (Afr Voordrag).

Hanlie Kleynhans by haar Goue graad 1's, Juan Nelson en Pamela Booys. PHS Laerskoolleerders wat uitgenooi is na die Prestige konsert is agter Seth en Matthew Luyt en voor Matthew Somers, Elishia Engelbrecht, Ciara Lintnaar en Pieter Bruwer.

Hester Stapelberg by die graad 2's Anelma Grobler (Cum Laude) en Goud vir Emma Botma en Niketha Booys.

Gisela Lambrechts by haar graad 3's Wilmie van Schalkwyk (Goud) en Cum Laude vir Carma Rossouw en Pieter Bruwer.

PHS se Hoërskoolleerders wat deelgeneem het aan die Citrusdal Eisteddfod, het die volgende uitslae behaal: Agter is Stephan Louw (Goud vir Voordrag), Wickus Bronkhorst (Goud vir Eng en Afr Voordrag), Timotheé Luyt (Cum Laude Eng Poetry), Tinus Bronkhorst (Cum Laude Eng Poetry) en Herschelle Benjamin (Goud Afr Prosa en Cum Laude vir Afr en Eng Voordrag). Voor is Delaine Wright (Goud Afr Poësie, Cum Laude Eng Poetry), Juné van der Westhuizen (Goud vir Prosa en Poësie), Janeske Rademan (Cum Laude Afr en Eng Voordrag) en Anri van Wyk (Cum Laude Afr Prosa). Timotheé, Herschelle, Delaine en Janeske is genooi na die Prestige Konsert.


24

Wintersport in volle swang Die Laerskool rugby- en netbalspanne van PHS het meegeding teen Laerskool Aristea op die sportvelde van Aristea in Kraaifontein. Die geleentheid het begin met O/7 rugby. Alhoewel daar net 6 Piketbergertjies uitgedraf het teen 8 spelers van Aristea, oorheers PHS se spannetjie die wedstryd en wen hulle ver. Die O/8 rugbyspanne het meer spelers aan beide kante gehad en dit was 'n harde wedstryd waar beide spanne hard moes werk om punte aan te teken. Vir die O/9 rugbywedstryd draf beide spanne uit met 11 spelers. Die Piketbergertjies slaag met 'n hele paar goeie bewegings. Die twee spanne weeg egter goed op teen mekaar en die eindfluitjie blaas sonder dat enige punte aangeteken is. Intussen het die netbalspelertjies mekaar die stryd aangesê met prestasies deur beide PHS en Aristea. Alhoewel die eindtelling natuurlik baie belangrik is, het dit opgeval dat, wen of verloor, die kinders entoesiasties en moedig tot aan die einde van die wedstryd speel. Inderdaad 'n byeenkoms waar sport gewen het. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Die O/7 spannetjie in aksie

Bolandkleure vir PHS

Nicol van Schalkwyk behaal Boland in O/13 krieket.

Louwrens Laing behaal Boland O/13 tennis.

Sakkie Burger en Corné Wium behaal Boland O/13 rugby (foto bo) Foto regs: Janét Stander behaal Boland O/13 netbal. Foto‟s: Marietha Goosen

Die O/8’s van PHS hard aan die werk

Die O/9 spanne sê mekaar die stryd aan

Die O/9 netbalspanne in aksie


25

Skaakmaats van PHS

Erin Philander, Johan du Toit, Albert Grobler en Simon Bouwer het deelgeneem aan die Wes-Boland skaaktoernooi op Moorreesburg en gaan deelneem aan die Bolandproewe op Stellenbosch.

Plofstof verf naels vir renosters Vroeg in die tweede kwartaal het Plofstof nog 'n projek by die skool aangepak. Dit was baie lekker pret en die kinders het behoorlik tougestaan. Plofstof het na aanleiding van Universiteit van Stellenbosch se Maties PAW-inisiatief, met voorsitter, Genevieve Diedericks, self 'n oud-PHS‟er, die „Rhino poaching‟-projek by PHS aangepak. Dit het behels dat seuns en dogters hul naels bont laat verf deur van die Plofstoflede let wel elke vinger was 'n ander kleur. Dit was werklik 'n kleurvolle gedoente. Deur 'n fooi te vra, kon Plofstof dit regkry on R871 in te samel, wat dan aan 'n niewinsgewende organisasie, Mission Rhino, 'n renoster”weeshuis”, geskenk is. Soos die CANSA Shavathon, gedurende die eerste kwartaal, was dit baie pret en het Plofstof dit baie geniet om dit aan te bied. Ondersteuners was ook baie entoesiasties daaroor en slag-slag het die ry ondersteuners letterlik van voor die skool se ingang tot onder by die saal gestaan. Die bestuur bedank graag een en elkeen vir hul ondersteuning. Berig en foto: Verskaf

Krieketster Marvin Pieters het die 0/15 WP Action Cricket span gehaal wat gedurende Julie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem. Marvin ontvang elke naweek afrigting in Claremont. Foto‟s: Marietha Goosen

ATKV REDENAARS YVONA PRAAT DAT DIE KNOPE SPAT Hoërskool Piketberg se redenaars het weer hul staal gewys tydens die eerste rondte van die ATKVredenaarskompetisies vir Hoër- en Laerskole. Tydens die Hoërskole se kompetisie het Nina Cillié, Maria Visser en Stephan Louw die skool verteen-woordig en goed hul staal gewys. In die Laerskool-afdeling het Yvona Louw en Nicola Coetzee Hoërskool Piketberg verteenwoordig. Yvona laat PHS se knope spat, want sy het gekwalifiseer vir die halfeindrondte, wat op 20 Mei in Kraaifontein beslis word. Yvona se onderwerp: Wys my jou knope, en ek sê jou Yvona Louw wie jy is.

Did you know?

Butterflies taste with their feet.

Plofstof se bestuur saam met Beverley Diedericks, voor en Charlie Mouton, adjunk-hoof PHS regs agter.

Ou Piketberg Rugbyklub (Zebras) Alle oudspelers en bestuurders wat Piketberg Rugbyklub vanaf sy ontstaan tot en met die tagtigerjare verteenwoordig het, word uitgenooi na „n samekoms op 18 Junie 2011 in PPC klubhuis. Kaartjies teen R100 per persoon is beskikbaar by

Bontes Hougaard 083 697 1277 of André Eksteen 082 572 6130 RSVP 10 Junie 2011


26

Ex-Coldfall schoolboy‟s world travels In verlede maand se Piktberger het ons belowe dat ons die artikel uit die Britse koerant van 1948 sal plaas, oor Stan Wilson se ryke ervarings as vlootsoldaat tydens WO II. Hier volg die artikel. The story of a much-travelled former Coldfall schoolboy whose parents live in Barrenger Road, Muswell Hill, has reached this newspaper in a letter sent from Pietermaritzburg, Natal, South Africa, by the “boy” himself who, somewhat diffidently, suggests that it might be what the newspapers call “a human interest story.” In a long letter this former citizen of Muswell Hill, Mr Stanley Francis Henry Wilson, describes how in the service of the King he visited 32 countries between 1940 and today, his landfalls including Palestine, Burma, North Africa, Greece, India, Egypt, finishing up in Natal, where he has a ….. after having left the Allied Control Commission in Germany. Mr Wilson, who was born in 1922 in Halliwick Road, Muswell Hill finished his education at Coldfall School in 1936. After three years post office work his travels started, for in November, 1939, he joined the Royal Marines at the age of 17 for a period of 12 years. He trained at Deal, and in May 1940, went to Plymouth to complete his training – that is, if a Marine ever completes training! He left England in the S.S. City of Nagpur to join H.M.S. Terror, a monitor at Capetown, which he reached when he was 18 years of age. From there he went to Durban, and then on to India, finally catching up with his ship at Alexandria in December 1940. From then on his “active service” commenced. Taking part in General Wavell‟s North African campaign, his ship bombarded Tobruk (where he landed) and Benghazi, until she was finally sunk by dive-bombers off Derna (Libya) on February 25, 1941. Joining H.M.S. Carlisle, a cruiser, after “survivors‟ leave,” he saw further action in the Eastern Mediterranean, being part of convoy to Greece, Malta, Crete and Syria, as well as a few “tough” trips to Tobruk. He returned to England in July, 1942, traveling the long way round, via South Africa. He sailed for the Far East again in September 1942, and for the next three years took part in operations in Burma, Sumatra, Java, Australia, Ceylon, Mauritius, Seychelles Islands, Andaman Islans, Nicobar Islands, Maldive Islands, Madagascar Madeira and St. Helena. Most of his “sea time” was spent in cruisers, which included Carlisle, Kenya and Sussex, but he also served aboard the Auxiliary Aircraft Carrier Shah. He was invalided from the Far East to South Africa, where he spent four months in hospital. In September, 1946, Mr Wilson was invalided out of the Marines. Not content with that, in four weeks‟ time he was a member of the staff of the Allied Control Commission, and added a bit of European travel to what he says must be a record of travel for a Muswell Hill lad. Sailing from Birtain he successively visited France, Belgium, Germany and Holland. On leaving the Control Commission six months later, having spent most of his time in bomb-shattered Berlin, he came back to Muswell Hill. Twelve months later, to quote his own words, “I decided that South Africa would be my next stop, and here I am after leaving England in July of this year. To write the story of my life would be like writing

a book for I‟ve had all types of experiences during my travels, but I now face the biggest experience in my life.” “Here in South Africa, single and alone, and 26 years of age, I am taking on quite a big problem, but I belive that we are all able to learn, and that is my aim in life.” He is hoping to start work with a transport company in Southern Rhodesia under the former captain of the “Terror”. He adds that perople don‟t need money to travel and gain experience – just a little courage and common-sense and the determination to stand on one‟s two feet.

Stan Wilson op verskillende stadiums van sy loopbaan as soldaat tydens Wo II. Stan is tans 89 jaar oud en woon die afgelope 26 jaar op Aurora.

Stan en Merle Wilson


27

BOLAND SUPERSPAR BORG RHINO RUGBY TRUIE

Op Woensdagaand 4 Mei het afgevaardigdes van Boland Superspar en Tops nuwe truie en broekies oorhandig aan Piketberg se Rhino rugbyklub. Die manne was baie trots op hulle nuwe uniforms. Op Saterdag 7 Mei het die Rhino’s hul eerste wedstryd in hul nuwe uitrustings gewen teen Vredenburg met die eindtelling van 48 - 29.

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR APRIL

TWEEDE WENNER VAN TV KOMPETISIE

Baie geluk aan Freda Lesch wat hierdie maand ’n koopbewys ter waarde van R300 gewen het. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) die koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos Gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

Mev Lorraine Swarts was die gelukkige wenner van die 2de 32” Samsung TV van die SPAR Produk Kompetisie. Hester Hagen (Bestuurder) oorhandig die TV aan haar.


28

MOEDERSDAG KOMPETISIE

R1000 KOOPBEWYS WENNER

Rosa Rosant was die gelukkige wenner van ‘n uur se bederf sessie by Skoonheidsalon Sanet. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die geskenkbewys aan haar.

Die gelukkige wenner van die R1000 koopbewys kompetisie was Anita Janse van Rensburg. Hester Hagen (Bestuurder) oorhandig die koopbewys aan haar.

ROEPERSFONTEIN FONDSINSAMELING Roepersfontein Gemeente het lootjies verkoop as fondsinsameling vir die bou van hulle kerk. Zane Dormeyer was die gelukkige wenner van ‘n R1000 Spar Koopbewys. Boland Superspar het ‘n bydrae tot die koopbewys geskenk.

Daar is nog 3 geskenkpakke ter waarde van R200 elk op die spel!

BOLAND SUPERSPAR VIER MARKDAG SE

1STE VERJAARSDAG

Elke Vrydag is Markdag by Boland Superspar! Op Vrydag 6 Mei het ons die 1ste jaar gevier deur 5 bottels JC Le Roux sjampanje weg te gee. Die gelukkige wenners was Maureen Julius; Ina Visser; Tanya Burger; Magrieta van Rooyen en Zelmari Coetzee. Johan de Villiers (Bestuurder) oorhandig die bottels.

2011 June  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you