Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Goud vir Elbeth by Wêreldskou

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Lesersbriewe...p.6 Boer van Loxton... p.8 Elbeth by skou...p.9 Oorplantingspele... p.10 Dup se reis... p.12 Toerisme...p.13 Musikale Meisies...p.13 Sjef Quentin... p.15 Bergrivier kano...p.15 ACVV poppekas... p.18 German exchange students... p.18 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Elbeth Liebenberg by die ontwerp wat vir haar Goud besorg het by die onlangse Wêreld Blommekuns Skou in Boston USA. Die ontwerp met die tema “Space” is aangewys as Beste op Skou. Dit was die Tiende Wêreld Blommeskou, wat beskou word as die Olimpiese Spele in Blommekuns. Lees verder op p.9 wat Elbeth self vertel. Foto verskaf

Bacon Polonie R7.75 300g Russian Polonie R10.95 750g Salami R11.95 400g Chicken Polonie R13.75 550g Kasegriller R18.95 370g

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg

022-913 1505

022-913 2410

Hou die winkel dop vir nuwe kompetisies en interessante temas rondom die rugby ter ondersteuning van die BOKKE!

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel Piketberg vol Bestes Snaaks dat ek, voor ek Piketberg toe verhuis het, net mooi niks van die dorp en sy mense geweet het nie. Net een keer op 'n privaat blommekyk uitstappie het ek en my niggie ingery vir brandstof en 'n koeldrank - dit was voor die Winkelshoek grasdak se dae. Net buite die dorp, oppad na 'n ander niggie op Elandsbaai, het ons by 'n man langs die pad stil gehou en die pad soontoe gevra - eintlik die aantal kilometers. Sy kosbare antwoord, wat ek soos 'n juweeltjie bêre, was "Nee wat, dis nie 'n voormiddag ver nie...." so asof sy antwoord uit die Ou Testamentiese Bybelse tye kom. Maar met my intrek 14 jaar gelede, met 'n pas gebore baba en vir lang tye "vasgekluister" (klink erger as wat dit is) in die babakamer met 'n honger na al die nuwe mense op die dorp wat ek wil ontmoet, het ek begin om die bure se Piketbergers - oues en nuwes - te lees. Verbasend hoe baie mense ek so in my stilligheid daar "ontmoet" het - en van hoeveel se deugde en kwaliteite ek ontdek het in dié oulike dorpskoerantjie. Dit bly een van my wenke aan nuwe intrekkers, lees Die Piketberger en jy sal gou-gou tuis voel. Die eerste so 'n "ontmoeting" was met Elbeth Liebenberg, nog lank voor ek haar in lewende lywe ontmoet het. Op die voorblad van Die Piketberger van Desember 1996 spog Piketberg met hierdie begaafde en talentvolle vrou wat eerste plekke in Blommekuns op Nasionale vlak behaal het. Whaauw! Mooi Elbeth, met vele toekennings en erkennings sedertdien, het jy pas die grote

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk  022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

gekry - internasionaal die BESTE. Nog 'n goeie oefening is om, waar jy gaan en wanneer die geleentheid hom voordoen, met jou dorp en sy mense te spog (op 'n mooi manier). Hoekom dan nou nie, want afhangende van waar jou belangstellings of lojaliteite lê, is Piketberg vol van internasionaal bekendes of persone wat internasionaal meegeding het. Ons het hulle op vele gebiede: blommekuns (Elbeth), fotografie (Marike Bruwer en Colla Swart), sang (Sherlock Fortuin), ballet (Gareth du Toit), kuns (Johann Louw, Clare Menck, Sandra Hanekom, Anthea Delmotte), skrywer (Dannalene Noach), sport (Derick Hougaard, Chris van der Merwe, Sakkie van der Westhuizen, An-neen Groenewald, Jaydy Warnick, Nanette Olivier, Lea-viel Gouws, Gerdus en Yolanda Botha, Carike Wiggens, Tinus en Wickus Bronkhorst, PHSrugbyspanne), vaar-digheids patente (Reinhardt Beck), Kuns naaldwerk (Marleen Bruwer (snr), Tokkie Henrico). Dis die mense waaraan ek kon dink. Van my vriende het help dink en met name soos die Springbokvleuel Jan du Preez, die Springbok perderuiter Marena Kitshoff, aktrise Hannah Botha, politikus Andries Treurnicht, digteres Sheila Cussons, Fear Factor Stuntman Francois Grobbelaar, netbalspeelster Leona Engelbrecht, skyfskieter Casper Brink, ―bodybuilder‖ Barni Coetzee, jeugleier Marleen Bruwer (jnr), danser Nella Boois, medikus dr Reeve (Katseff) Saunders, maatskaplike werker Melanice Blanckenberg, opvoeder Juanita van der Merwe en Suzette Joubert, rugby– en atletiek Springbok Joos (Poen) Prinsloo, vlieënier/navigator Theo Swarts. Ag, en hoekom nou nie sê van Boland Spar wat oor en oor die Beste in die Weste is en Mountain Creek Spur in hulle kort bestaan steeds tops bly? Vergewe my as ek name uitgelaat het. Dis nie die bedoeling nie, die doel was om te spog en hande te klap. Laat hoor gerus van nog bekendes! 'n Relatief nuwe intrekker uit Gauteng vertel na die vakansie dat hulle feitlik nêrens beweeg het sonder dat iemand êrens hulle vra of hulle nie dalk dié of daai een op Piketberg ken nie. Ons het 'n soortgelyke ondervinding nou in die Karoo gehad.

Lesersbriewe op p.6

Marietha

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 16 Augustus om 5nm en verskyn op 25 Augustus. DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SAM SCHEEPERS

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir „n kwotasie


4

deur Jannie Lategan Secretariat (‘n ware verhaal wat hom afspeel gedurende die jare 1969 – 1974) ‗n verhaal van uitdagings, volharding en volvoering van doelstellings wat prakties uitgebeeld word. Deur na hierdie fliek te kyk, wat aansluiting vind by Job 39 vers 22-28, is daar opnuut ‗n bewuswording hoedat die Bybel deur die jare nog nooit oud geword het nie. Die vrou in die hoofkarakter van hierdie verhaal, Penny (in die ware lewe Diane Lane), erf die perdelandgoed by haar ma na haar afsterwe. Haar pa leef nog en is ‗n blinde afgetrede prokureur. Sy besef enersyds dat hierdie vervalle en verwaarloosde landgoed met resiesperde waarskynlik niks werd is nie en gewetenlose maghebbers en grondbaronne kom maak aan haar belaglik lae aanbiedinge. Sy skiet dit af en glo met oortuiging dat sy nog hierdie resiesperd stoet sal regruk. Op ‗n dag roep sy haar gesin en is hulle toeskouers by die geboorte van ‗n perdevul. Sonder die ondersteuning van haar man en gesin glo sy dat hierdie vul, wat sy Secretariat gedoop het, nog baie geluk en voorspoed sal bring. John Malkovich, die draaiboekskrywer en regisseur van die prent merk tereg op: ―The impossible true story.‖ Penny se pa het egter geweet van die liefde wat sy dogter vir perde gehad het en wens haar voorspoed toe met die woorde: ―Run your race!‖ Dit rus haar toe met nuwe toewyding en energie en daardie klein Secretariat word, sonder dat moeite ontsien word, afgerig om uiteindelik ‗n wenner op die resiesbaan op Denver te kan wees. Sy word egter afgekraak en verneder en mense dig lelike afbrekende woorde aan haar toe, maar sy volhard met die doelgerigte nastrewing van haar ideaal. Secretariat word ‗n groot perd en hy word gaandeweg blootgestel aan groot perdewedrenne en verloor egter in die eerste resies as gevolg van ‗n verkeerde keuse vir ‗n jokkie. Dit word uiteraard geniet deur die negatief ingestelde gepeupel wat nie wou hê dat haar perd moet wen nie en kraak hierdie pragdier af. Gedurende die tweede groot wedren verloor hy egter weer weens ‗n abses in die mond. Dit ten spyt bly Penny glo dat haar perd nog groot hoogtes sal bereik. Tydens die Kentucky Derby wen hierdie perd egter met ‗n groeie voorsprong. Ook tydens die heel grootste van wedrenne van daardie tyd, die Belmont State wedren, wen hierdie uitsonderlike perd, Secretariat, weereens baie oortuigend en snoer hiermee die monde van die jaloerse toeskouers! Penny het ‗n alleenstryd gevoer om ten alle koste haar plaas en perdestoet te behou. Sy het sonder haar man en gesin se ondersteuning bo uitgekom. Sy was vervul met: ―Bursting with hope and courage!‖ en het ‗n lewende getuie geword van: ―Behind any legend lies an impossible dream ….a miracle!‖ Na die Belmont resies, het hierdie perde- ikoon afgetree en die pa geword van talle vullens wat op hulle beurt uitstaande resiesperde was. Hoe vind hierdie verhaal sy aansluiting by Job 39? (Elke leser kan gerus Job 39 gaan lees). In Job 39:27… Opgewonde en oorgehaal kap-kap hy die grond, hy kan nie wag vir die blaas van die trompet nie en vers 28: By die blaas van die trompet, runnik hy, hy weet die geveg kom. Hierdie ongelooflike mooi Bybelverse skep ‗n karaktervolle metafoor tot hierdie verhaal en die draaiboek skry-

wer van die film, John Malkovich, wys die kyker daarop! Watter les word uit hierdie emosiebelaaide verhaal geleer? Elke kind en jongmens/grootmens, moet gereed staan in die wegspringblok en moenie wag as die trompet geblaas word nie. Volhardend, toegewyd, energiek en met geloof vervul, moet die pylvak aangepak word. Daar kom teleurstellings, maar dit gaan oor, staan op en probeer weer. ―Behind any legend lies an impossible dream.‖

Uitstaande veerpyltjie speler Gedurende Februarie 2010 het Paul en Linda Pretorius hulle stil-stil vanaf Welkom op Piketberg kom vestig. Linda is 'n tuisteskepper en besig om die karakter van die huis wat hulle te Hoofstraat 17, Piketberg gekoop het op te kikker. Paul daarenteen bedryf sy eie staal sakeonderneming. Paul, wat 'n goeie veer-pyltjiespeler is, is tans die Sekretaris van sodanige klub te Piketberg. Die klub word in die klubhuis van die Gholfklub geakkommodeer en daar is reeds 12 ingeskrewe lede. Hy was onder andere een van twee spelers wat die All Cape Toernooi te Saldanha vroeër vanjaar gaan speel het. Hy het die Swartlandspan verteenPaul Pretorius woordig en hy het goed geFoto en berig: vaar as 'n wenner van 7 uit Jannie Lategan 10. Tans is hy besig om hom voor te berei vir die SA Veerpyltjie Kampioenskappe wat in Johannesburg gehou sal word vanaf 3 - 8 Julie 2011. Die Piketberger wens Paul baie sukses toe met sy spel, 'n spel wat eintlik te Piketberg onderbelig is. Hy sal die aansluit van nuwe lede verwelkom en hy kan geskakel word by 073 070 4697. Paul en Linda is reeds goed gevestig te Piketberg en geniet die natuur en hulle ervaar baie vriendelikheid van mense. "Van Piketberg sal ek nooit wegtrek nie!" skerts Paul.

Lekker kuier op Aurora Aurora se mense kan lekker kuier en gesels soos met Rae Smit se onlangse verjaarsdag. Rae is voorsitter van die VLV en staatmaker op vele terreine.

Johan Loubser (93jr), Rae se oom, Rae Smit en haar seun PD Smit. Foto: J van Zyl

40 Dae - leer leef met Jesus


5

Wen met Aroma Piketberg Wen hierdie bergfiets ter waarde van R5 500!! Koop ‗n RICHELIEU brandewyn teen die winskoopprys van slegs R85, skryf in vir die kompetisie en staan ‗n kans om hierdie bergfiets joune te maak!

VORIGE KOMPETISIEWENNERS!

Piketberg Rugby Klub was die gelukkige wenner van die CASTLE LAGER mobiele koelhouer! Dankie vir julle ondersteuning RHINOS. Hier onder oorhandig Cathleen Die SAVANNA Koelhouer is gewen deur Ockhuis die koelhouer aan me Christelle Brand. Hier oorhandig Elroy Nicolaas Kanka. Baie geluk! Small van Aroma Piketberg die prys aan Christelle. Op haar arm is klein Juan Brand. Baie geluk! Die HANSA Dockingstation (links) is gewen deur mnr Dimitri Rouchos. Baie geluk!


6

Ons lesers skryf Renay Hanekom skryf . . . Vriende is daardie mense vol liefde wat altyd daar is, soms nie bymekaar kan uitkom nie, maar in jou hart weet jy hulle is altyd daar vir jou en ons is altyd daar om vir mekaar te bid. Ek wil net vir Piketberg se mense baie dankie sê vir al hul liefde en bystand met my moeder se siekte en heengaan. Ek wil veral vir my wonderlike vriendinne bedank. Julle is baie spesiaal vir my. My moeder het haar stryd na vier en ‗n half jaar teen kanker verloor. Sy is nou op ‗n plek waar sy geen pyn het nie. Rus in vrede my liewe moeder. Elna Strauss skryf . . . Die afgelope twee jaar het ek verskeie begrafnisdienste bygewoon waarvan drie uit my eie gesin was. Ek besef maar net weer opnuut dat vir sommige mense is daar Genadetyd. My broer bv (58 jr oud) het tyd gehad om sy saak met die Here reg te maak nadat hy gediagnoseer is met kanker en hy slegs 7 weke oor gehad het voordat hy gesterf het. Ander persone het in ‗n oogwink gesterf (motorongelukke, hartaanval, beroerte). Hoe sal ons weet wanneer, op watter ouderdom of op watter wyse ons tyd hier op aarde beëindig gaan word? ‗n Mens gaan nie outomaties hemel toe as jy sterf nie. Jy moet kan getuig van ‗n persoonlike ontmoeting met die Here Jesus (jou sonde bely en Hom aanneem as jou persoonlike verlosser en saligmaker – Joh 3:16 en 1Joh 1: 5-10). Net so seker as wat daar ‗n wonderlike hiernamaals saam met Jesus in die hemel is vir Sy kinders, net so seker is daar ‗n ewige verdoemenis in die hel vir diegene wat nie van so ‗n ontmoeting met Hom kan getuig nie. Ons moenie wag tot dit te laat is nie, Jesus het vir ELKEEN van ons aan die kruis gesterf maar jy MOET Hom innooi in jou lewe om hemel toe te gaan as jy te sterwe kom.

Wied Jonck skryf . . . My broer Floors Visser se pragtige 29-jarige seun, Floorsie, is op 16 Junie noodlottig beseer in ‗n botsing net buite Malmesbury. Floors, Miek en Callie is gebroke en verslae gelaat. Dieselfde middag het die NG kerk se vroue, vriende en inwoners van Piketberg ingespring en ‗n verstommende liefdesdiens aan my familie bewys. Kos, soos gekookte etes, skons met die botter en konfyt, muffens, koek, pasteie, sap en blomme is daagliks aangedra tot en met die begrafnis ‗n week later! Groot manne het kom drukkies uitdeel en saamgehuil. Liewe vriende, ja ek wil julle graag as sulks beskou, hierdie mooi gebare was balsem op ons wonde en het regtig die pyn draagliker gemaak. Ek wil hiermee namens al die familie julle uit ons harte bedank…..mag die Vader julle ryklik seën! DOE SO VOORT!!!

Vaarwel Floors ‗n Opregte dank aan al die Piketbergers met die afsterwe van ons oudste seun Floris Visser op 16.06.2011. Die oproepe, sms'e, kaartjies, blomme, drukkies, gebede en eetgoed waarmee ons oorlaai is, was so welkom. Vir ons familie wat altyd saam was en gewerk het, is die afskeid erg moeilik. Dis goed om te weet dat jul almal nog hier is vir ons, en ons verder sal ondersteun. 'n Drukkie of ek is lief vir jou van ouer en kind is so kosbaar soos nou! Nogmaals Dankie Floors, Micky en Carlo Visser

40 Dae - leer leef met Jesus

Ronel McKnight, Prins Albert skryf . . . Ons het Die Piketberger baie geniet. Die kinders het behoorlik al die nuus verslind. Roline Kotzé skryf . . . Baie geluk aan die redaksie met ‗n steeds puik produk. Hoewel die Groot Kokkedoor weg is, bly Die Piketberger van ‗n hoë gehalte. Ons lesers lees fyn Marietha Goosen skryf . . .

Wat Die Piketberger so lekker maak, is die feit dat ons geinteresseerde en lojale lesers het. Ek gaan kuier by een van ons lesers om meer uit te vind oor die eertydse Springbokke (uit Piketberg). Hy vertel my dat Die Piketberger van November 2007 'n jarelange raaisel en onsekerheid vir hom opgelos het. Nou hoe dan so? In dié spesifieke koerant het ons 'n foto van Karlita Morrison geplaas waarin sy, as aanloop tot die Wêreldbeker Rugby, haar oupagrootjie se rugbytrui aanhet - hy was Compion Myburgh, 1924-Springbok. Nou waar is die raaisel? In die boek, Piket teen 'n Berg wat in 1975 gedruk is, verskyn 'n foto van PHS se 1919-eerste rugbyspan. Langs die naam van Ben Myburgh staan daar "eerste Springbok", wat dan verkeerde Myburgh is.

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646


7

Vier geslagte Swart By die doop van Aimée Swart het haar oumagrootjie, Colla Swart, haar ingebring. Colla, 'n Namakwalander, is vir die afgelope ses jaar 'n inwoner van Piketberg. Ai-mée se oupa en ouma, Basjan en Therina Swart, woon reeds sedert 1989 op Piketberg. Haar pa, Coenraad Swart, was 5 jaar oud toe hy 'n Piketberger word en het haar ma, Marizca, twee jaar gelede van Alberton af ingevoer.

Sekretaressedag Kom bederf u sekretaresse op Donderdag 1 September by Tillies (ACVV kantoor). Kaartjies beskikbaar by 022-913 1525 of e-pos acvvpiketberg@telkomsa.net. Datums vir Tillies (ACVV kantoor) vir die derde kwartaal Neem asseblief kennis- Geen Til22 Julie lies op 9 September vanweë Huis 29 Julie AJL se Vleismark op 10 Septem5 Augustus ber. Indien enige persoon wil be12 Augustus trokke raak of iets wil skenk, kan 19 Augustus hulle die ACVV kantoor kontak 26 Augustus (acvvpiketberg@telkomsa.net of 2 September tel: 022-913 1525) 16 September 23 September

Op die foto verskyn al die Swarte, Therina, Basjan, Colla met Aimée, Coenraad en Marizca. Foto: Marietha Goosen

Hencor Algemene Dienste Vir alle elektriese- en loodgieterdienste Kontak Hendrik Thiersen Sel 072 407 3190 of 022 912 4497

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuis gebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Die Boer van Loxton Die Huisgenoot het 'n gereelde kolom waar Huisgenootlesers foto's instuur waar hulle bekendes ontmoet het. Vir die Goosens was dit baie lekker om vir "Boer soek 'n Vrou" op Loxton raak te loop. Op besoek aan Loxton die vakansie het die twee gesinne mekaar ná kerk in die Rooi Granaat ontmoet. Die Rooi Granaat is die algemene bymekaarkomplek vir koek en tee na kerk. Die wat Deon Meyer se boeke lees, sal weet van die Rooi Granaat. Ons was oor twee dinge verras, skryf Marietha. Tiekie het Martin eerste herken (en nie andersom nie), omdat Martin 'n inwonende toesighoudende student (proefie) was in een van Boys High se koshuise in die Paarl, waar Tiekie 'n skolier was. Selma-Louise was dadelik opgewonde toe sy Piketberg hoor, omdat sy in 2002 as Kovsie student op 'n fietstoer by Piketberg aangedoen het en die gasvryheid van die NG Gemeente ervaar het. Klein wêreld né.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za Op die foto is Tiekie en Selma-Louise van Wyk van Boer-soek-'n-Vrou, met hulle babaseuntjie, by Martin en Marietha Goosen van Piketberg. Foto: Jac Goosen

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


9 (vervolg van p1.) Elke

deelnemer was vir sy eie koste verantwoordelik, geen finansiële hulp is van regeringskant ontvang nie. Nadat ons vir maande lank beplan het, het die oomblik van vertrek uiteindelik aangebreek, en het ons om 23h uit Kaapstad vertrek vir ‗n reis van 16 uur. Amerika het ons duidelik laat verstaan hul soek nie enige twyfelagtige plantmateriaal van SA of enige land nie, en het ons sterk aangeraai om plantmateriaal daar te koop. Ek het die klas SPACE gekies, omdat ek nie n klomp ―mechanics‖ en staanders wou saamneem nie. Van my mede blomkunstenaars het GROOT ontwerpe gekies, en moes spesiale kartondose laat maak – die eindproduk lyk asof sy haar yskas saamneem! In die klas SPACE het elkeen van die deelnemers dieselfde sirkelvormige hangende sfeer gekry. Hulle was silwer, 1meter in deursnee, en het teen ‗n swart agtergrond gehang. Die beligting was baie goed in ons klas – altyd baie belangrik vir n blomkunstenaar. Reeds vroeg in die jaar het ek vir my ‗n soortgelyke sirkel laat maak soos wat vir my in Boston wag. Ek het dit buite die kombuis opgehang, en daagliks daarna gekyk. Ek het aanvanklik net aan die interpretasie van SPACE gedink as spasie. Ons werk met begrensde en onbegrensde spasies. Spasies het gewig en so meer. Later het ek besef Space kan ook OUTER SPACE beteken – die Ruimte – en dit verander die uitbeelding. Aangesien dit egter nie spesefiek gevra is nie, sou die beoordelaars beide aanvaar. Dit het my op die idée gebring om Styrofoam balle, oorgetrek met ―lambs ears‖ (stachys byzantina) te gebruik om die ronde vorm van die sfeer te herhaal, en ook die illusie van planete te skep.

My plantmateriaal was lemmetjie groen anthuriums, silwer/groen proteas, waboomblomme, twee silwergroen Bismarcia palmblare en anthuriumblare. Ek het twee stroke van ―lambs ears‖ en silwer ogiesdraad gebruik om spasies en beweging te skep in die sirkel. Die kleurskema was dus oorwegend silwer/groen met aksente van lemmetjie groen, teen die silwer sfeer. Marietjie van der Walt van Knysna was my assistent. Ons het mekaar die oggend die eerste keer ontmoet, en sy het vir my baie beteken deur vas te hou, te bemoedig en koffie aan te dra. Die deelnemers kon om 6vm begin werk, en dit was ‗n wonderlike voorreg om vir 6 uur saam met 550 blomkunstenaars van 19 lande die energie te ervaar as die drang na die hoogste kreatiwiteit deur die saal spoel. Om 2h het die 48 beoordelaars die saal betree om met die beoordeling te begin. Ek sal altyd verwonderd en BAIE nederig bly oor hierdie groot eer wat my te beurt geval het. Soos altyd – alle Eer aan die Skepper van hemel en aarde. Die eerste Wêreld Blommeskou is in 1984 in Bath, Engeland gehou, en Beste op Skou is verower deur Babs van der Walt van SA. Die tweede Wêreldskou is in 1987 in Brussels, Belgie gehou, en Beste op Skou is verower deur Elize Olivier van SA. Daarna was die Wêreldskoue in Parys Frankryk 1990, Toronto Kanada 1993, Nieu Zeeland 1996, Durban SA 1999, waar Beste op Skou Di Wayne van SA was. Glasgow Skotland 2002, Japan 2005, Pakistan 2008, gekanselleer agv van politieke onrus, Boston 2011, Beste op Skou, Elbeth Liebenberg van SA, néé van Piketberg!


10

Oorplantingspele Swede Net weer ‗n paar woorde aan die gemeenskap van Piketberg om dankie te sê vir die ongelooflike ondersteuning wat weereens van julle ontvang is voor en tydens die afgelope wêreld oorplantingspele wat gehou is vanaf 16 tot 27 Junie. Dit is baie erg om te dink dat daar alweer twee jaar verloop het vanaf die vorige spele wat in Australië gehou is. Die span het hierdie keer bestaan uit 47 atlete wat die spele bygewoon het. Dit was weereens ‗n ongelooflike voorreg om daar te kon wees en die geskenk van lewe te kon deel met so baie ander mense wat oorplantings ontvang het. Daar was 56 lande met ‗n totaal van sowat 1500 atlete. Dit was heerlik om baie van hierdie mense se stories te kon hoor en nuwe vriende te maak. Die span was selfs bevoorreg genoeg om die prins van Swede te ontmoet aangesien hy ook ‗n nier oorplanting gehad het en hy die spele geopen het.

Kekkel & Kraai Hoender a’lemoen 8-10 hoenderstukke Sout en varsgemaalde peper 1/4 koppie olyfolie 5 tiemietakkies 2 eetlepels rooiwynasyn 2 eetlepels donker sojasous 1/4 koppie heuning 2 ryp lemoene, geskil en in blokke gesny 1 lemoen, met skil in baie dun skyfies gesny Pietersielie vir garnering Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olyfolie in ‗n groot pan en braai die hoenderstukke tot goudbruin saam met tiemietakkies. Giet die asyn oor en braai verder tot die asyn wegkook. Voeg sojasous en heuning by en roer tot goed gemeng. Giet ‗n bietjie water en die lemoenblokkies by die hoender, rangskik die lemoenskywe op die hoender en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 30 minute of tot die sous stroperig word. Genoeg vir 4 mense—Bereiding 10 minute—Gaarmaaktyd ±40minute

Die span wat Suid -Afrika verteenwoordig het Heelwat van die atlete het siek geraak met ernstige verkoue en griep. Die weer was nie baie lekker nie en dit was nogals koud en nat. Suid-Afrika is nie die weer gewoond nie en daarby was daar ‗n Duitse griep wat sy omgang gemaak het. Ten spyte daarvan het Suid-Afrika baie goed gedoen met ‗n totaal van 54 medaljes en het negende tussen die 56 lande geëindig. Voorwaar iets waarop ons baie trots kan wees. Ons sien ook daarna uit dat die volgende spele in 2013 in Durban gehou gaan word. Ons plaaslike atleet, Sakkie van der Westhuizen, wat die spele bygwoon het, het vyfde uit ‗n groep van 20 atlede in die 100m geëindig en ‗n silwer medalje in die hoogspring verower. Sakkie van der Westhuizen (heel links) wen die silwer medalje in die hoogspring Foto verskaf. Baie dankie vir almal wat boodskappe gestuur het en belanggestel het. Dit word opreg waardeer en dit is elkeen se bydrae wat atlete soos hierdie dra en die krag gee om aan te hou. Die woord orgaan oorplanting en skenking is so belangrik as wat ons dit wil deelmaak van ons lewens. Dit is dus baie belangrik dat elkeen moet seker maak of hy of sy wil deel wees daarvan of nie. Kontak Sakkie gerus vir enige navrae of inligting daaroor en hy sal net te bly wees om inligting te kan deel. Sy nommer is 082 307 3563 of 022 423 8383

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Winteruitverkoping Klerasie en skoene Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


11

Hoede-dans by Huis AJ Liebenberg

Die Coetzee Ateljee “Making a Difference through design” kompetisie

Babsie Kriel glo dat dans baie goed is vir die gesondheid en daarom het sy voluit deelgeneem, al het sy meestal met die kruk gedans (links). Tydens die onlangse Hoede-dans by Huis AJ Liebenberg het Natie Rossouw die prys gewen vir die mees oorspronklike hoed. Winnie Grobbelaar en Juffrou Enna Bester met hul pragtige hoede, het ook deel gehad aan die vrolikheid. Die Tehuis soek na vrywilligers wat kan help dans. Kontak 022 913 1228 Foto‘s verskaf

Vier van Die Coetzee Ateljee se Gr10-leerders het deurgedring tot ‗n finale rondte van Woolworths se ―Making a difference through design‖ nasionale kompetisie. Vyf-en-veertig groepe landswyd het deurgedring tot hierdie finale rondte. Sewentien van hierdie vyf-en-veertig kom uit die Wes-Kaap. Ons leerders en helpers het die afgelope kwartaal baie hard gewerk en ons almal hou styf duime vas vir die eerste plek! Die Coetzee Atleljee bedank die volgende borge vir hul bydrae waarsonder hierdie projek nie moontlik sou wees nie. Hulle is Piketberg Glas en Kaste, Francois de Bois, Liebco Vleishandelaar, Mornè Olesen, Dup Meubels, Hattingh Oogkundiges, Christie Erasmus, George Hattingh, Willem de Waal, Monique Vlok, Carel en Liana van Niekerk, Johan Smuts en ons Gr10 Ontwerp ouers.


12

Japie Dup reis na Venesië Japie en Doreen du Plessis was in Junie na Venesië en het ‗n wonderlike tydjie daar gehad. Venesië is gebou op 117 eilandjies in ‗n lagoon. Die stad word jaarliks deur ongeveer tagtig miljoen mense besoek. Dis baie bedrywig en duur daar. ‗n Koppie koffie het hulle R45 uit die sak gejaag. Die eilande word geskei deur 177 waterkanale en verbind met mekaar deur ongeveer 400 bruggies. Geen motors of busse. Japie en Doreen du Plessis Slegs te voet, Vaporetto (waterbus), water taxi of die tradisionele grasieuse Gondola (kano). Dit was ook die plek waar Casanova in die gevangenis aangehou is. Die geskiedenis van Venesië begin gedurende die 5de eeu A.D.

Dup se mikro Wenner Japie du Plessis, eienaar van Dup Meubels, oorhandig die Defy 20 litermikrogolfoond aan 'n baie gelukkige André Coetzee. Gedurende Junie en Julie het kliënte wat Defy aankope gedoen het gekwalifiseer vir die gelukkige trekking. Foto: Marietha Goosen

Wen van ‗n DSTV decoder en skottel met muurklamp met enige aankope van R1000 en meer vanaf 1/8/2011 tot 31/10/2011 dupmeubels@telkomsa.net

Japie du Plessis Jacques du Plessis Tel: 022 913 1251 / 913 1307 Faks: 022 913 2443 Voortrekkerstraat 43 Posbus 112 Piketberg 7320


13

Toerisme Nuus ―Piketberg Toerisme Buro (PTB) het die afgelope jaar nie net in ledetal gegroei nie, maar vertroue in die werksaamhede van die Buro is herstel en verhoudinge ter wille van die bevordering van toerisme is versterk.‖ Mnr Jan du Toit, voorsitter van PTB, het tydens die onlangse Algemene Jaarvergadering van die Buro sy voorsittersverslag van 2010/2011 aan die vergaderin voorgelê en die hoop uitgespreek dat Piketbergers en die onmiddellike omgewings al hande vat en saamwerk ter wille van die ekonomiese belangrikheid van toerisme vir die streek. ―Dit was ‗n jaar vol uitdagings vir die PTB-bestuur,‖ het hy gesê. ―Behalwe vir die ledetal waaraan ons moes werk, was daar dinge soos die webwerf wat uitgesorteer moes word en die aankoop en implementering van die Pastel rekenkundige stelsel ter wille van die Buro se finansiële verantwoordbaarheid aan sy lede.‖ Hy het die gemeenskap, PTB-lede, die Toerisme Beampte Ansel van Schalkwyk, Streek Toerisme Organisasie (STO) en Bergrivier Toerisme Organisasie (BTO) bedank vir hul ondersteuning en die PTB-bestuurslede van 2010/2011 uitgesonder vir hul harde werk wat in hul hoedanigheid as vrywilligers aan die kantoor gelewer word. Raadslid Riaan de Vries het in ‗n kort toespraak aan die teenwoordigers die versekering gegee dat toerisme hoog op Bergrivier Munisipaliteit se agenda is, en dat PTB op hul ondersteuning kan staatmaak. Hy het die PTB-bestuur gelukgewens met dit wat hulle die afgelope jaarbereik het. ―Weens die swak ekonomiese tye, uitdagings en behoeftes wat aangespreek moet word, is voldoende finansiële bystand nie altyd moontlik nie. Maar wee verseker van ons ondersteuning om die Bergrivier-area as toerisme-bestemming te bemark,‖ het hy gesê. Die nuwe bestuur van PTB vir 2011/2012 is ook tydens die vergadering verkies. Hulle is Jan du Toit (Voorsitter), Berenice Scheepers (o/Voorsitter), Garry Frasca (Bemarking), George Fletcher (Ontwikkeling), Sonja Blaauw (Lidmaatskap Koördineerder), Roger Parry (Tesourier), Adene Koch en Barbara Langeveldt (Administrasie en Wetgewing).

VLV Piketberg besoek Herculesfontein Die Vroue Landbouvereniging (VLV) van Piketberg het onlangs besoek afgelê by die plaas Herculesfontein van Chris en Jeanette Richter. Voedseltegnoloog Willem du Plessis het die lede deur die aartappelskyfie-fabriek van die Richters geneem en nie net verduidelik hoe die vervaardigingsproses werk nie, maar ook die streng vereistes uitgelig waaraan ‗n produsent moet voldoen voordat ‗n produk op die rak beskikbaar is. Die Richters verskaf hul heerlike reeks aartappelskyfies eksklusief aan Woolworths.

Op die foto verskyn Willem du Plessis, voedseltegnoloog, saam met die groep Piketberg VLVvroue. Foto en berig: Berenice Scheepers

Musikale Meisies

By Alison Muller en Komien van der Westhuizen is die meisies wat uitstekende UNISA uitslae behaal het, Carike Wiggins (Gr 4 Teorie Lof), Anja Venter (Gr 6 Teorie Eervolle Vermelding), Retha Eksteen (Gr 5 Duet Prakties Lof), Andrea Kotze (Gr 5 Duet Prakties met Lof) en Marianne van der Merwe (Gr 4 Teorie Lof).

Op die foto verskyn Solly Benjamin (Wittewater Toerisme Satelietkantoor), George Fletcher (PTB Bestuur), Garry Frasca (PTB Bestuur), BereniceScheepers (o/ Voorsitter), Ansel van Schalkwyk (Toerismebeampte), Jan du Toit (Voorsitter), Adene Koch (PTB Bestuur) en Barbara Langeveldt (PTB Bestuur). Foto verskaf

Te koop Drie (3) miniatuur Yorkies (een tefie en twee reuntjies) te koop. Goeie bloedlyn, reeds geimmuniseer en ontwurm. Skakel 027-213 4581 of 082 9000 455. Aflewering kan gereël word.

Anja Venter, PHS hoofmeisie en akademiese A -kandidaat, het haar Gr 6 UNISA Klavier eksamen geslaag en Gr 6 UNISA Teorie eksamen met Eervolle Vermelding (75%), wat gelykstaande is aan Universiteitstandaard. Sy gaan op 12 Augustus Trinity se Gr 7-Blokfluit eksamen speel. Komien van der Westhuizen, haar blokfluit juffrou, en Alison Muller, haar klavier juffrou, is baie trots op haar. Foto‘s Marietha Goosen


14

Arbeidskolom Willem Coetsee

Ons kleiner lesers skryf

Veiligheid en Gesondheids Verantwoordelikhede Is jy ‗n werkgewer wat al nagedink het oor die gesondheid en veiligheid van jou werknemers en wat jou verantwoordelikheid in hierdie verband behels? As jy so bietjie na die Suid-Afrikaanse Veiligheid en Gesondheids wetgewing kyk sal dit vir jou vinnig duidelik word dat die werkgewer ‗n geweldige verantwoordelikheid het in hierdie verband. Die algemene werkgewer is nie altyd so bewus van die wetgewing soos hy/sy behoort te wees nie. Alles wat op die werkgewer se perseel gebeur word as die werkgewer se verantwoordelikheid geag. Dus is dit baie belangrik dat die werkgewers weet wat van hom verwag word in terme van veiligheid en gesondheid. ‗n Baie goeie begin vir werkgewers is om hulle van die wetgewing te vergewis. Die wet op beroepsveiligheid en gesondheid kan afgelaai word van die Departement van Arbeid se webtuiste. Die grootste oorsaak van beserings aan diens is nalatigheid en die vermoe van die werkgewers om hierdie probleme uit te stryk. Nalatigheid is soms moeilik bestuurbaar. Dit sal dus ook n uitstekende idee wees vir werkgewers om die omvang van gevare by die werk te bepaal en gereelde informasie sessies vir belanghebbendes te hou sodat almal ingelig is oor die gevare. Hierdie risiko analise sal ook vir die werkgewer self lig werp op verskeie gevare sodat stappe gedoen kan word om standaarde te verbeter. Die werkgewer se verantwoordelikheid strek veel verder as net die verantwoordelikheid om ‗n veilige en gesonde werksplek daar te stel. Sy verantwoordelikheid is ook daar wanneer besoekers of kontrakteurs sy perseel betree. Die wet vereis ook dat alle gevare van elke pos geanaliseer word en geneutraliseer word waar moontlik. Dit word vereis dat hierdie gedokumenteer word en deur die werknemer besigtig word. Berei jou besoekers voor vir die gevare op die perseel. Gee vir hul ‗n skrywe (hoef nie langer as ‗n paar sinne te wees nie) waarin die noodprosedures uiteengesit word. Stel hulle hiermee ook in kennis van die veiligheids- en gesondheidsvereistes waaraan hul moet voldoen wanneer hulle op die perseel is, bv. dat hulle moet oorpluisies dra wanneer hul die produksie area binnetree. Indien die kontrakteurs versuim om die maatskappy reëls en prosedures na te kom, moet jy as werkgewer/eienaar streng optree. Aangesien hulle op jou perseel is, word hul veiligheid en gesondheid jou verantwoordelikheid. Dit is duidelik dat hierdie aktiwiteit hand aan hand sal gaan met algehele verbeterde veilighed-en gesondheidsbestuur. As jy ‗n groot ondernemeing het met baie werknemers is dit wys om ‗n veiligheids-en gesondheidskonsultant te nader om alle dokumentasie en prosedure na te gaan om seker te maak dat alle wetgewing gehoorsaam word. Soos reeds genoem, die werkgewer het ‗n groot verantwoordelikheid wat op hom rus en dit net in terme van gesondheid en veiligheid. Moenie veiligheid en gesondheid ligtelik opneem nie, die departemente is baie streng hiermee aangesien dit mense se lewens nadelig kan beïnvloed en kan kos.

FIT4U Verloor gewig met FIT4U Persoonlike Instruksie! Elke Maandag en Woensdag in Piketberg. Besoek www.fit4u.co.za of e-pos train@fit4u.co.za vir meer inligting.

Piketberg Skou 4-6 Augustus


15

Bergrivier Kanomarathon

67 Minutes of Service

Christo (Taxi) Kotze van Velddrif en Gert (Ollas) Coetzee van Aurora het hierdie jaar besluit om deel te neem aan die Bergrivier Kanomarathon. Gert het reeds 10 keer deelgeneem, maar die laaste keer was 22 jaar gelede. Hy wou weer hierdie jaar deelneem Gert Coetzee (links) en aangesien dit die 50ste Christo Kotze wens mekaar jaar was wat die mara- geluk na die voltooiing van thon gehou word. Gert die Bergrivier kano marathon. het vir Christo gemotiveer om ook deel te neem. Christo het vir 11 weke geoefen en op die ou end 260ste geëindig uit die 316 roeiers wat die marathon klaargemaak het. Gert het 312de geëindig. Die Piketberger sê geluk aan die twee manne, dit wil gedoen word veral op hul ouderdom!

As Lions we are always involved in humanitarian community service often over long periods but here was a chance to do something really different. On Monday 18 July, ―Mandela Day‖, the Lions Club of Piketberg accepted the challenge from their Lions District Governor. They bought biscuits and cooldrink, printed labels with thank you messages and did a round of visits to the fire station, hospital, police station and ambulance station to say thank you to the staff who deliver great service to our local communities. The response was great and it was such a pleasure for each Lion that we will do this again.

The Piketberg Lions Club and policemen at the local Police Station.

Christo Kotze met sy “ondersteuningspan”, van links Leanda van Niekerk, Christo, Johann en Andrea Kotze. Foto‘s: Andrea Kotze

Sjef Quentin

The happy hospital staff with the parcels they received from the Piketberg Lions Club.

Quentin Somers is ‗n oud-skolier van Steynville Sekondêre Skool waar hy gematrikuleer het in 2006. Hy het daarna verder gaan studeer en is vir die afgelope drie en n half jaar ‗n chef. Hy is tans Sous sjef by Romney Park Hotel en Wellness Spa in Groenpunt, ‘n 5-ster hotel. Hy het ook by 4-ster hotelle gewerk, naamlik die Protea President Hotel, Southern Sun—The Cullinan, Townhouse Hotel en Konferensie Sentrum. Hy doen ook demonstrasies by skole, beoordeel kookkompetisies in gemeenskappe en het in Mei-maand by die ‘Good Food and Wine Show‘ in Kaapstad vir Spekko Rys en die Thaise Royal Embassy kookdemonstrasies daagliks gedoen. Baie koerante fokus meestal op die negatiewe effekte van gemeenskappe, dog is daar persone wat veg deur als om iets in die lewe te bereik. Mooi so, Quentin! -Red.

Herwinning van huishoudelike vullis is nou ongeveer drie weke aan die gang in die Bergrivier Munisipale Area. Onthou om die artikels wat herwin kan word in die deurskynende plastieksak te plaas wat aan elke huishouding uitgedeel is. Elke keer dat jy hierdie sak uitsit saam met jou vullis sal ‗n nuwe sak aan u gegee word. Indien u meer as een sak per week benodig kontak asseblief die Bergrivier Munisipaliteit. Hulle sal ook vir u meer inligting kan gee in verband met die herwinningsprojek. Dink groen en herwin—dit is die regte ding om te doen.

Interskole 13 Augustus H/S Porterville

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 16 Augustus om 5nm en verskyn op 25 Augustus.

Herwin Herwin Herwin

Bergrivier Munisipaliteit se nuwe telefoonnommer is 022-913 6000


16 Die groot trek….vervolg: Die baba-tee - magdaleen van zyl Ai julle, ek was dankbaar toe ons in Johannesburg land. Ek dink nie die stomme Mango gaan ooit weer so iets beleef nie. Die afpak was net weer dieselfde affêre as die oppak, behalwe dat ek nou my hoed oor my oë getrek het en maar gemaak het of ek die twee met die pakkeraas en die hondmet-klere nie ken nie. Gelukkig kom ‗n vriend my by die lughawe haal en kon ek die groot trek vaarwel roep. Toe bly ons maar nou met mekaar in kontak, want ek wil darem weet of Elna, Wilna en Duke (en die sewe duisend kilogram vrag) veilig aankom ha ha. Julle moet nou onthou dat die stomme swanger Lydia niks weet van die aantog nie. Ek is net die heeltyd bang dat die baba vroeg kan kom van blote skok. Hierdie stukkie van die storie is nou tweedehands soos vertel deur Elna aan my. Toe hulle nou met die groot trek vir Slurry binneval, ry hulle toe nou eers by René se huis langs om al die baba-tee presente wat van Piketberg af saamgestuur en saamgebring is, te gaan wegsteek, deel daarvan is die reuse ‗doodskis-in-bruinpapier‖ wat ons heelpad moes saamsleep, die carrycot wat Elna vir babes gemaak het. Hulle ry toe om na Lydia en AD se huis met ‗n getoeter wat die dooies sou wek. Lydia kom toe natuurlik uit en is totaal en al histeries. Haar ma en skoonma en Duke uit die bloute, omtrent genoeg om ‗n mens in ‗n vroeë kraam te sit. Sy huil so hard dat Duke nie eens wil hê sy moet hom optel nie. Toe almal nou eers weer in kalmte is, onthou ma en skoonma huil net so hard saam, toe vertel Elna nou eers hoe sy met die ontvangsdame op Klerksdorp gekonkel het dat sy Lydia se sonar-afspraak verskuif na die derde toe sodat die twee oumas dit kan bywoon. Toe huil hulle weer van vooraf. AD weet natuurlik heeltyd van als en moes omtrent kom trane afdroog toe hy by die huis kom. Die sonar-besoek was natuurlik iets ongeloofliks vir die twee oumas om hulle ou spesiale bondeltjie se hartklop te sien. Lydia weet nog steeds niks van die baba -tee wat vir die volgende dag geskeduleer is nie en die twee oumas kan niks verklap nie en toe koop hulle die helfte van Klerksdorp leeg, want Lydia sê sy‘t dan nog niks vir die babatjie nie! Ai! René nooi hulle almal vir ‗n braai Saterdagaand, maar laat weet so deur die loop van die namiddag dat hulle bietjie vasdraai en nou nie meer gaan braai nie en sal Lydia en kie sommer die hoenderpasteie vir die aandete gou gaan oplaai by die gastehuis. Daar aangekom wag Lydia se vriendinne daar met die groot verrassing, waarvoor ons nou eintlik opgevlieg het Johannesburg toe. Die baba-tee! Met fyn beplanning en flair is almal in grys en wit en met ‗n hoed op die kop by die high-tea ter ere aan die nuwe baba, tot Duke het ‗n hoed op! Elna het vir Lydia die pragtigste groot hoed gemaak, spesiaal vir die geleentheid en dié was natuurlik deel van die groot trek wat ons moes karwei. So sms Elna elke nou en dan net om te hoor waar trek ek al, want ek ry nou van Johannesburg af Slurry toe vir die tee. Sy bel my toe ek by die hek inry, ‖Lydia maak die laaste present oop, waar bly jy?‖ Sê vir haar daar‘s nog ‗n present by die deur afgelewer wat te groot was om toegedraai te word, sê ek. Mense, waar was julle, ek loop daar in net

toe Lydia opstaan om die laaste present by die deur te gaan haal en hier staan ek. Ons huil net weer van vooraf. Ek huil, sy huil, die oumas huil, die gaste huil en Duke huil. Oor en oor sê sy net, ‖waar kom jy vandaan? Hoe kom jy hier? Wat maak jy hier?‖ en dan huil ons weer. Toe eet ons sop en drink sjerrie en so elke nou en dan huil ons sommer weer, net vir die lekkerte. Wat ‗n wonderlike geleentheid, die twee oumas, Duke en ek, die dierbare vriendinne, al die presente, die lekker eetgoed iets wat nie vergeet sal word nie. Hoe dankbaar is ek dat ek dit kon meemaak.

Wilna Lambrechts, Magdaleen van Zyl, Lydia Lambrechts en Elna Calitz. Foto verskaf

Martin Domburg groet Sewe jaar en ses maande lank is Martin Domburg aan die stuur van Toerisme in Piketberg, en nou het hy uitgetree. Ons dorp se Toerisme blom en mense stroom na ons dorp toe, en niemand dink ooit daaraan dat daar mense is wat die hele bemarking van ons dorp en allerhande dinge rondom dit, moet bestuur nie. Martin sê, wat hy veral ook geniet het, buiten die wye verskeidenheid mense ontmoet en kennis maak met verskillende kulture en gewoontes, is die Indaba en ook Getaway show. Hy het ‗n ongelooflike kennis opgedoen van ander kulture en ook geleer om dit te waardeer en te respekteer. Martin was vyf-en-dertig jaar lank in die onderwys, en het deur al die jare nooit sy liefde vir mense verloor nie - dis wat hy nog altyd wou doen, met mense werk. In 2000 begin hy ‗n gemeenskapskoor, om ook sy ongelooflike passie vir musiek te kombineer met sy liefde vir mense. Tans is Martin die AME-koorleier en kan sy liefdes mooi saamwerk. Hy het onlangs sy sewentigste verjaardag gevier, en buiten om as koorleier op te tree, kry hy en sy vrou, Lucille, se B & B ook verder al sy aandag. Geniet die nuwe ―werk-kring‖! Berig: Magdaleen van Zyl

Die Geur van Christus ... met Annalize Wiid

NG Kerk Piketberg Lente-aanbieding

2 en 3 September Vrydag 19h00 - 21h00 Saterdag 08h00 - 13h00 Kontak Suzette 082 498 7298 Mieta 076 472 5641

Ek is... Ek is...die Herder Ek is...die Lam Ek is...die Here


17

Dis amper Zebrafeestyd

Interskole Zebras vs Bulle

‗n Gesinsdag propvol vermaak in ‗n veilige omgewing, met veilige parkering, heerlike plattelandse kuier en gasvryheid, billike toegangsgelde en iets vir almal. Ja, dis die ZEBRAFEES! Top kunstenaars soos Anke, Waldo Lotz, Jennifer Zamudio, Jan Visser, Burger, Nic Stevens en ander is maar enkele hoogtepunte waarna Piketbergers en die omgewing se mense kan uitsien wanneer die hekke oopmaak vir die jaarlikse Zebrafees op Saterdag 24 September by Piketberg Hoërskool se sportgronde. Vanjaar se fees sluit die gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie, Pikkie Braaikompetisie, hope kindervermaak en kaskenade aktiwiteite, kuns- en vermaakstalletjies, ‗n koffiekroeg, biertent en natuurlik hope watertand kosstalletjies in. Toegang is slegs R15 vir skoolgaande kinders en R30 vir volwassenes. ‗n Toevoeging tot vanjaar se fees is die Zebra Pretdraf/ Pretstap, ‗n veilige sirkelroete wat toeganklik is vir alle ouderdomme. Vir die minder fikses en jongspan is daar die 2,5km roete, terwyl die meer ernstige drawwers die 5km kan aanpak. Inskrywings is R5 vir kinders en R10 vir volwassenes, en kan by PHS of op die dag van die wedloop gedoen word. Heerlike pryse is op die spel! Die wins van vanjaar se Zebrafees gaan aangewend word vir die PHS Busfonds.

Hieronder verskyn die kapteine van PHS se Laerskool en Hoërkool Rugby– en Netbal eerste spanne.

0/13 Rugbykaptein Bendert Smit

0/13 Netbalkaptein Melanie Visser

0/19 Rugbykaptein Jacques Rossouw

0/19 Netbalkaptein Carla Smit

Hou Die Piketberger dop vir meer inligting en ‗n volledige Zebrafees Program. Navrae kan gerig word aan Lynne Liebenberg by 073 265 3396.

Toutrekkers gesoek by Zebrafees! Kom deel in die troutrek-pret by die Zebrafees op 24 September, en skryf jou span (bestaande uit 8 lede plus 'n aanmoediger) vandag nog in by Glaudi Skog. Skakel haar by 084 589 3581 of e-pos glaudi@stawelklip.co.za. Inskrywingsgeld is slegs R20 per spanlid, en groot pryse is op die spel. Vet pret en gesonde kompetisie by die Zebrafees!

FIT4U Verbeter jou sportvermoë! Fit4U Sportspesifieke program vir HARDLOPERS en FIETSRYERS fokus op die volgende oefeninge: Weerstand, Plofkrag asook Kernoefening vir stabiliteit. E-pos train@fit4u.co.za of besoek fit4u.co.za vir meer informasie oor die SPORTSPESIFIEKE program.


18

ACVV hou poppekas

Jackie Ferguson (links) en Susan Coetzee (regs) hou die poppekas poppe vas. By hulle is van die kinders en twee onderwyseresse wat die poppekas by Mother Pearl Speelskool bygewoon het.

Die kinders van Babbel en Krabbel Bewaarskool wys die gebreide poppies wat Teresa van Niekerk se Bybelstudiegroep gebrei het vir die kinders wat die poppekas bywoon.

PHS se proefies

Ses entoesiastiese CPUT-studente is tans besig met hulle proefonderwys by PHS. Hierdie voornemende onderwyseresse is Jani Hougaard, Kristen Coetzee, Agnes Beukes, Anél Burger, Johanel Hugo en Henrita Roberts, voor. Jani, Kristen en Henrita is oudleerders van PHS. Agnes is van Vredendal, Anél van Citrusdal en Johanel van Moorreesburg.

PHS welcomes German Exchange Students As part of the FSA exchange programme three families in Piketberg will host students from Germany during the months of July and August. Two of them, Konrad Wienert and Lea Bölinger have already arrived. Konrad, 17, stays with the Eksteen family at Witvlei. He is from Hamburg, north of Germany on the Elbe. Hamburg is a city with approximately 1,8 million inhabitants and is the biggest harbour of Germany and the second biggest harbour in Europe. Konrad finished his Abitur (comparable to our Matric) this year. Konrad‘s impressions of South Africa: ―Since my first day here I‘m in love with this country and the people who live here. Everything is so different, but overwhelmingly beautiful and enjoyable. On my first day at school I felt so welcome because everyone was very friendly and spoke to me. That‘s great and different to Germany, I think the people there are preoccupied with themselves. Some people are afraid to speak English as they think it is not good enough but that is irrelevant, what matters is that we all try and communicate even if our grammar is not perfect at least we can chat and understand one another. I love living on a farm and the landscape around here is amazing and completely different to the German landscape. I‘m really enjoying my stay very much and love this country.‖ Lea, 15, stays with Reinardt and Teresa Beck. She is in grade 8 and from Biberach, which is located in the south of Germany. She is doing a language study tour in South Africa for three months. Her hobbies are tennis, soccer and handball. She decided to do a language study tour in South Africa because she wanted to learn about a different culture. Furthermore the school system sounded enticing. Lea‘s impression: ‗What I like the most here is that the people are so spontaneous and friendly to me.‖ The third student, staying with the family of Hein and Karen Coetzee, arrived on Saturday, 23 July.

Lea Bölinger, links, en Konrad Wienert, tweede van regs, is Duitse uitruilstudente wat onderskeidelik by Tobie Beck en John Eksteen van PHS tuisgaan.

Interskole 13 Augustus H/S Porterville


19

BOLAND SUPERSPAR HOU KONSERT - AWEH ! Boland Superspar het op 7 Julie „n ander kleur aan hul personeelvergadering gegee. Daar is opvoerings gehou, met die oog op die wêreldbeker, aktiwiteite beplan, en AWEH-gees gevang sodat uitmuntende kliëntediens gelewer sal word. Die beoordelaars is spesiaal vir die aand uit 7de Laan ingevoer! Foto 1: Die Wenspan! Slaghuis met hul tema “Look Your Best” het weggeloop met die 1ste prys, „n ete vir die groep by Laffies Grill! Geluk! Foto 2: Die Bakkery met hul tema “Keep your Promise” het die 2de plek verower. Foto 3: Die Deli het die 3de plek gewen met "Know your way around the store". Foto 4: Boland Superspar Bestuur in „n ander hoedanigheid ...Matrone en Hilda loer agter die ikabana uit terwyl oom Oubaas „n ogie oor hulle hou. Wonder vir wie blaas hy „n soentjie? Foto 5: Boland Superspar se akteurs in aksie Foto 6: Die wenspan word aangekondig! Foto 7: Oom Oubaas skink „n hanepootjie!

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR JUNIE

R1000 Koopbewys Junie wenner

Baie geluk aan mev Alta van Dyk wat Junie as Pensioenaris klub wenner ‟n koopbewys ter waarde van R288 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen en Johan de Villiers (Bestuurders) die koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos Gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

Baie geluk aan mnr GJ Heyns wat Junie die gelukkige wenner van die R1000 koopbewys was. Sy kleinseun kyk toe terwyl Johan de Villiers (Bestuurder) sy prys oorhandig. Almal wat vir R200 of meer koop, kwalifiseer om in te skryf. Handig u betaalstrokie met u kontakbesonderhede by u vriendelike kassier in, of gooi in die inskrywingsboks.

Kassier van die maand Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel, en Abigail Afrika het weer eens met die louere weggeloop! Baie geluk!


20

Baie geluk aan Weber Wenner Bregda Mostert van Koringberg was die gelukkige wenner van „n Weber braaiskottel. Sy het gegeurde SPAR water gekoop om te kwalifiseer vir die kompetisie. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) haar prys aan haar terwyl haar dogter, Hanje, toekyk.

TV word weggegee in Coca Cola / Sony Bravia Kompetisie

Vroue Gesondheidsveldtog 2011 Die Departement van Gesondheid bied tydens Julie „n veldtog ter bewusmaking van Vrouegesondheid aan. Lynette Geldenhuys (Bestuurder) oorhandig „n koopbewys aan Joy Cyster (Dieetkundige) en Tania Williams (Arbeidsterapeut) van Departement Gesondheid.

TOPS HANSA PILSNER KOMPETISIEWENNER

Baie geluk aan Mev A Coetzee wat die gelukkige wenner is van „n TV. Johan de Villiers (Bestuurder) het haar prys aan haar oorhandig.

Die gelukkige man wat hierdie groot pryse gewen het, is Jeandré Coetzee. Baie geluk! Hier oorhandig Chevonne Cupido (Spanleier) sy pryse aan hom.

Boland Superspar was oudergewoonte weer by die Snoek- en Patatfees betrokke en het die ingang na die fees asook die Coffee Shop kleurvol met baniere versier. Links is die orkes in aksie te sien en regs word daar fluks snoek gebraai en lekker saam gekuier.

2011 August  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you