Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 3

www.piketberg.com

022-913 1796

April 2011

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Nuwe “worstrein” vir Liebco

Lees binne Joodse Geskiedenis...p.4 Fietsrykultuur op berg bevorder...p.9 Kamele bring hoop...p.10 Tuinbou...p.12 Oom Gert kyk terug...p.14 Gawie stel boek bekend...p.15 Juanita tweede in SA...p.17 Sportnuus...p.18

PIKETBERG

Op die foto staan Jacobus Liebenberg, mede-eienaar van Liebco, Paul Moses, sisteem operateur, en Jan Schoeman, pas aangestelde operasionele bestuurder. Paul Moses was op 1 Maart reeds 18 jaar 'n werknemer by Liebco.

'n Splinternuwe patent, die enigste sover in die land, is sedert middel Januarie by Liebco se fabriek in Langstraat, Piketberg in produksie. Die masjien, 'n allemintige gedoente, waarna die werknemers as "Die Trein" verwys, is deur Freddy Hirsch ontwerp en ontwikkel om op 'n aaneenlopende basis Russians en Viennas te vervaardig. Dit het verlede jaar sedert Oktober feitlik twee maande geneem om dit te installeer. Liebco ag homself gelukkig om, vanweë sy geskiedenis van 58 jaar in die vleisbedryf en sy goeie geografiese ligging, in vennootskap met Freddy Hirsch, dié Hirschpro-sisteem se kapasiteit in die praktyk te toets, te verfyn en te ontgin. Op die oomblik word 3 ton Russians en Viennas in 'n bestek van een dag vervaardig en die doel is om dit binnekort te verbeter na 10 ton. Liebco versprei hierdie Russians en Viennas op die oomblik na 40 Shoprite Usave winkels oor die hele Wes-Kaap. („n Foto van die “ trein is op p.6 ) Foto en berig: Marietha Goosen

Beestong R29.95/kg altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

 022 913 1939  022 913 2404

Spend R150 or more which include 5 x SPAR BRAND products and stand a change to

WIN 1 of 2

Samsung Full HD 32˝ LCD TV’s Write your contact details on back of till slip and put in entry box in front of store


2 Die Piketberger op die web Ons buitelandse en buite-dorpse lesers het seker agtergekom dat Die Piketberger die afgelope paar maande langer neem om af te laai as in die verlede. In die verlede het u bladsy vir bladsy afgelaai en nou word die hele koerant op een slag afgelaai. Ons raai u dus aan om die aflaaiproses aan die gang te sit en dan „n koppie koffie of tee of as jy in Ierland is, „n Guinness te gaan haal sodat Die Piketberger op sy tyd kan aflaai. As u dan rustig is, kan u die koerant van voor tot agter op een slag lees. Die verandering het gekom as gevolg van die verandering in programmatuur wat ons gebruik om Die Piketberger daar te stel. Terwyl u op die Piketberg.com webbladsy is kan u ook sommer die SKOOL-skakel op die linkerkant van die webbladsy klik en dan sal u by Hoërskool Piketberg se webbladsy uitkom. Die webbladsy is nog onder konstruksie, maar daar is reeeds genoeg interessanthede om na te kyk. Terwyl ek by die onderwerp is wil ek weereens my hartlike dank teenoor Chris Loans, uitspreek, wat sorg dat Die Piketberger op die internet kom.

PHS is vanjaar 165 jaar oud en „n groot reünie word gehou op 23 September, die naweek van die Zebra Fees van 24 September. Klaslyste word gesoek en dit moet ge-e-pos word na ppcmakelaars@telkomsa.net of gefaks word na 086 560 2124

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Herman van Rooy word onthou Bettie Burger skryf… Hallo al julle Piketbergers wat my nog onthou. Dit gaan goed met my in Brackenfell, alhoewel ek baie terug verlang na die goeie tye in Piketberg. Ek het my gevestig in Proteahoogte en is ‟n betrokke lidmaat van Heidekoppie gemeente, die gemeente met oop deure. Hierdie skrywe is geïnspireer deur die roerende brief van Herman van Rooy se kind aan hom in die Hemel. Ek was bevoorreg om veertien jaar saam met Herman te werk in die parte afdeling by Carel Van Niekerk Ingenieurswerke. Hy was „n baie hardwerkende man, altyd behulpsaam, bedagsaam en het sy parte geken. Ek onthou Wyle Herman van Rooy ook dat hy baie lief was aan die werk. Foto verskaf vir sing, het soms gefluit of geneurie. Ek onthou al die lekkernye wat Herman vir die personeel gebring het met sy verjaarsdae. Rachel, jy kon lekker bak.

Briewe van ons lesers geborg deur Dr. Sam Scheepers

Modeparade

Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag.

‘n Prettige modeparade met Keedo kinderklere is onlangs by die NG Kerk se basaar gehou. Foto: Marietha Goosen

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276

Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir „n kwotasie


4

Ryk Joodse Geskiedenis in Piketberg Die nuutste toevoeging tot die historiese begraafplaas in Die Trek, is 'n gedenksteen ter herinnering aan die Gilman familie. Belangstellendes wat daar verby ry, kan dit maklik van die pad af sien, net langs die onderste hek. Dit was die inisiatief van die Gilmans se kleinkinders, die Shaers, wat die behoefte gehad het om hulle grootouers en oom Harry, wat as baba oorlede is, op so 'n manier te onthou en vir die nageslag te bewaar. Die Joodse gemeenskap het sedert die laat 1800's hulle in Piketberg en omgewing kom vestig en 'n Sinagoge is in 1923 op Piketberg gebou. Tans is die Sinagoge 'n verlengstuk van die Museum, wat op dieselfde perseel in Kerkstraat is. Besoekers is welkom om die Museum te besoek en die ryk geskiedenis van Piketberg en sy omgewing te kom indrink. 'n Kliptafel met die 10 gebooie in Hebreeus is op dieselfde dag deur die Shaers geskenk en onthul in die Sinagoge ter herinnering aan hulle broer, Max, wat onlangs oorlede is. Die kliptafels en die Kroon, wat die Almag van die Here beklemtoon, is bokant die Allerheiligste aangebring. Dit alles is toeganklik vir alle belangstellendes.

Kekkel & Kraai Somer hoendervorm (Lewer vier porsies)

10 ml uie vlokkies, 15 ml gelatien, 30 ml koue water, 250 ml hoender aftreksel verhit, 2 ml Tabasco sous, 5 ml suurlemoen peper, 10 ml hoender speserye, 60 ml mayonnaise, 3 seldery stingels fyngekap, 1 appel gekap, 125 ml gaar ertjies, 500 ml gekapte gaar hoender Week uie vlokkies 10 minute in „n bietjie water en dreineer. Week gelatien in koue water en laat 5 minute staan. Sit warm aftreksel in bak, voeg gelatien by en roer totdat dit opgelos het. Roer Tabasco sous, peper en hoenderspeserye in. Laat eenkant staan totdat net begin styf raak. Voeg ui, selderye, appel, ertjies en hoender by. Meng goed. Giet in vorm en sit in yskas totdat dit gestol het. Haal uit vorm en garneer met pietersielie en appelwiggies in suurlemoensap gedoop. Mikrogolf: Week gelatien in koue water. Los 30 sek op hoog (100%) in die mikrogolf. Voltooi soos hierbo.

Langstraat 79, Piketberg 022-913 2297

Die oorblywende kleinkinders van Lazer en Fanny Gilman, staan hier by die gedenksteen wat onlangs in die historiese begraafplaas in Die Trek onthul is. Doreen Goldberg, Harry Shaer en Phina Hobermann het hierdie steen onthul ter herinnering aan hulle voorouers en oom Harry. Hulle suster Josie Barnes van Los Angeles, wat deel is van die inisiatief, kon nie die geleentheid bywoon nie.

Nuwe voorraad wintersklere asook Froggie en Green Cross skoene. Uitrustings vir troues ook beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Die Piketberg Museumkomitee saam met die besoekende Jode. Berig en foto‟s: Marietha Goosen

Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

PIKETBERG 022 913 8006 total@w inkelshoek.co.za

x GER+ 2 R U B E ’S EES ER+CH MET COMBO G R U B STEAK O BURGERS UP & G

0 0 , 0 R8

X/ GERBO R U B S KIDDIE ES POPS BOX KIDDI

0 0 , R20

BO &

M GER CO R U B EN CHICK ml COKE 500

5 9 , 9 R2 CHIC

RIPS KEN ST

COMBO

5 9 , 9 R1 AANBIEDINGS BESKIKBAAR VANAF 1 TOT 3 APRIL 2011!


6

Huis AJL skildery gewen

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Alta Vos het ‘n skildery gewen wat ten bate van Huis AJ Liebenberg uitgeloot is. Wilna Lambrechts het die skildery geskilder en geskenk. By Alta is Mina Hagen en Bessie Visser. Foto verskaf

Steynville Gemeenskapsprojek

Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

As deel van hul Lewensoriëntering projek is Huis AJ Liebenberg deur Dowayne Koopman en Edwina Faro, hoofleiers van Steynville Sekondêr, besoek. Hennie Lochner is in die middel. Foto verskaf

Liebco se “worstrein”

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Met die masjien maak Liebco tans drie ton Russians en Viennas per dag. Daar word beoog om in die toekoms 10 ton per dag te vervaardig. Foto: Marietha Goosen (Sien ook berig op voorblad)

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Piketberg Krismis-kous Wat begin het as ‘n droom, en wonderlike kreatiewe prentjies in Iza Schreuder se kop, het aan die einde van 2010 „n ongelooflike mooi realiteit geword, toe sy, Elna Schreiber, Jo-anne Lubbe en Anel De Vries vir Piketberg-en-omgewing, „n feesmark aangebied het waarna jy net verstom kon kyk. Met die stylvolle en rustige atmosfeer, bekostigbare artikels van hoë gehalte, en fynproewer teedrink-hoekie, is hier „n wenresep wat gekom het om te bly. Hulle idee is om jaarliks die-winkel-na-die-mense toe te bring, en op so „n wyse, dat dit „n ongelooflike ervaring vir elkeen se sintuie sal wees. Belangstellendes wat „n voorlegging wil doen, kan Iza kontak by 084 7090 783. Die keuringsproses vind 27 en 28 Mei in Hoërskool Piketberg se klubhuis plaas. Gebruiksartikels, mooi-goed, sielsgenot, klein plesiertjies van hoogstaande gehalte - dit is waarvoor jy jou weereens kan regmaak op 6, 7 en 8 Desember spaar solank!

Iza Schreuder, Jo-anne Lubbe, Anel De Vries en Elna Schreiber wat ‘n kersmark in 2010 begin het. Foto‟s en berig: Magdaleen van Zyl

Biblioteekweek 22 tot 25 Maart Biblioteekweek sluit op 25 Maart om 09:30 af met „n heerlike vroue oggend by die Biblioteek. Die spreker, Dannelene Noach, voorheen van Piketberg, het in 2007 spoorloos vêrdwyn in die duine van Saudi-Arabië. Na weke van ontbering en marteling het sy teen alle verwagting in, huis toe gekom. Haar verhaal is van absolute geloof en hoop. Ilna Grobler het haar gehelp om haar boek “Vrou alleen” te skryf. Kom geniet die oggend saam met ons. Kaartjies teen R15 is beskikbaar by die Biblioteek. 022-913 8063


8

Visstok vir SA's 'n Prentjie kan misleidend wees, selfs 'n opskrif. Die ware verhaal is dat Rikus Coetzee oppad is na die SA spele vir gestremde atlete op 26 Maart in Rustenburg. Om fondse vir dié doel in te samel, het hy lootjies verkoop. Die gelukkige wenner, Soreen Gouws, het die visstok gewen, wat deur André Kennedy van Midas Motolek geskenk is. André is baie trots op Rikus wat met die Midas produk soveel moeite gedoen het om geld in te samel. André se hele idee was om vir Rikus die spreekwoordelike “visstok” te gee, eerder as die “vis”. Rikus gaan deelneem aan die 100m en 200m. Baie sterkte, Rikus -Red.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za Rikus Coetzee gaan aan die SA Spele vir gestremde atlete deelneem.

Op die foto oorhandig André 'n spesiale pienk visstok aan Soreen. Foto: Marietha Goosen

Museum publikasie: uitnodiging om bydraes Piketberg Museum, in samewerking met die Wes-Kaapse Museumdienste, werk op die oomblik aan 'n boekie oor die geskiedenis van Piketberg. Die boekie is bedoel om museumbesoekers, leerders en ander belangstellendes 'n handige opsomming in 'n smaakvolle formaat te bied van ons dorp se geskiedenis. Die Piketberg Museum Komitee is verantwoordelik vir die uitleg en druk van die publikasie. Om ons te help om van die kostes te delg en om die boekie later van tyd so bekostigbaar moontlik beskikbaar te maak, wil ons alle Piketbergers uitnooi om 'n finansiële bydrae te maak. Ons wil graag erkenning aan diegene verleen wat 'n bydrae gemaak het deur hul name op 'n gepaste wyse te vermeld in die publikasie. Kontak asseblief Roché du Toit by 022 913 2177 om verdere besonderhede.

Berigte en advertensies vir die volgende uitgawe moet ons bereik teen 12 April

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) 1x 3.5 ton trok en 1x 8 ton trok Boumateriaal uit die Kaap nodig? Kontak my.

André Yardley 079 994 5435


9

Fietsrykultuur vir Piket-Bo-Berg “Vir elke agterent op 'n fiets saal, skenk ons 'n fietsrybroek.” Dit was die aanbod van Phillip Gruter van Indola Fietsry klere, toe hy hoor Jeremy Bryant probeer 'n fietsry kultuur by plaaswerkers en plaaskinders op Piket-Bo-Berg skep. Op die foto is 'n groep baie opgewonde fietsryers van Piket-Bo-Berg wat die afgelope seisoen van die broeke ontvang het. Behalwe die fietsry kultuur probeer Jeremy ook 'n onderhouds kultuur kweek sodat die fietse op die pad bly en nie op die dak beland nie. Die hoofdoel is om fietsry te bevorder as 'n onafhanklike manier van vervoer met die doel om mense te bemagtig.

Leer skryf Marianna Brandt, bekende skryfster, bied op 30 Maart „n lewensverhaal skryfkursus by Piketberg Biblioteek aan. Sy leer die kursusgangers hoe om hul lewensverhaal neer te skryf en hoe om te werk te gaan om dit so goed as moontlik te doen. Vir meer besonderhede skakel Marianna by 021-949 6616 of brandtmarianna@gmail.com


10

Kamele bring hoop

Anthony Louw met Simon en Jan Arends met Aziz, doen aan op Piketberg tydens hulle Kameelsafari vir die projek: Bybels vir Afrika. Hulle het op 24 Januarie uit Kakamas vertrek en beplan om op 3 April op Stellenbosch aan te kom. Jan Daniëls en Zubeida Arends, Jan se dogter, reis per bakkie en treiler met die nodige bagasie, benodigdhede en kos vir die kamele. Dié besonderse mense en die kamele het op 10 Maart om 07:10 Piketberg Hoërskool besoek en het almal in verwondering gehad. In baie huise is daar vertel van dié twee kamele, wat 'n simbool van Hoop is, wat op die skoolgrond besoek afgelê het. Enigeen wat 'n bydrae wil maak, kan die volgende gegewens gebruik: NG Gemeente Balfour, FNB Balfour 270243, Rek nr. 62026870594, Tjek Rekening, Verwysing: Bybels. Simon en Aziz en Jan Arends het verlede jaar vir 3 maande en 3 dae gestap van Kakamas na Heidelberg, Transvaal. Hulle het R50 000 ingesamel vir Bybels.

Jan Daniëls en Zubeida Arends, die ondersteuningspan. Berig en foto‟s: Marietha Goosen

Leeskring 20 April om 09:30 Love is the time of Cholera deur Garcia Marques. Deidré Eigelaar lei die bespreking.

KANSA stap op Saterdag 26 Maart by Scheppie Saus Navrae: Danie Smit 083 233 7772

KEYAH Clear skin and body APRIL SPECIALS Book an Eviron DF machine facial and get a FREE ENVIRON FOOT TREATMENT AND Book a full body massage and get a FREE FULLBODY SCRUB 51 Voortrekker Street tel/fax: 0229132883 cell phone: 0825679380


11

Piketberg eerste in omgewingsake By „n Kaas- en Wyn geselligheid op Org de Rac Landgoed is die Bergrivier Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsprojekte bespreek en terugvoering gegee oor die Internasionale Biodiversiteitswerkswinkel wat vanaf 31 Januarie tot 4 Februarie 2011 plaasgevind het. Bergrivier Munisipaliteit was een van die eerste munisipaliteite in die land wat by LAB (Local Action for Biodiversity), aangesluit het en die Internasionale Biodiversiteits werksessie, is „n uitvloeisel hiervan. Biodiversiteit gaan oor verantwoordelike ekonomiese en bewuste omgewingsbestuur. Org de Rac loods ook „n projek om 100 bottels Cabernet Sauvignon 2009 te verkoop. „n Persentasie van die opbrengs gaan aan „n omgewingsprojek. „n Groep kinders, ‟n inisiatief van Boland Superspar, The green beat kids on the block, het omgewingsliedjies soos “Don’t kill the world” gesing om almal bewus te maak van omgewingsbewaring en biodiversiteit. „n Reuse mosaïek wat bestaan uit 5500 kunswerk blokkies, is deur 80 kinders oor veertien dae olv Anthea Delmotte gemaak. Die 5500 blokkies is by die toonbank in die Piketberg Bergrivier Munisipaliteit te koop. Al die inkomste van blokkies gaan gebruik word in ons gemeenskap. Elke blokkie is „n unieke kunswerkie wat die “Big Picture” genoem word. Dit is op vyf panele gemonteer om die geheelbeeld van die aarde in die ruimte te skep. (Sien bygaande illustrasie).

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

So lyk die mosaïek van naby

Hier is van die kinders wat Anthea geskilder het en wat saam aan die Mosaïek gewerk het. Foto‟s en artikel: Kenneth Smit

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34, DIE BYEKORF

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Kontak  082 660 2470  022-913 3984 Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.)

Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Ons verwerk ook vleis wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


12

Tuine kyk in Riebeekvallei Die rede waarom daar die week van 10 Maart geen kompos in die dorp beskikbaar was nie, is die tuinbouklub se uitstappie na Riebeekvallei. Almal het met plantjies en baie inspirasie terug gekom. Volgens die tuinontwerper is die geheim van 'n mooi tuin, baie kompos, "Bounce Back" en natuurlik, laat ons dit maar saggies sê, water. Die tekort aan kompos is dus 'n duidelike bewys van hoe geïnspireerd ons was. Vir al die persone wat dink dat hulle nie kan rangskik nie, is die tuinbouvergadering van Woensdag 13 April een om nie mis te loop nie. Die tema is "Maklike Rangskikkings vir Funksies". Verrigtinge begin om 09:00 uur in die Biblioteeksaal. Besoekersfooi van R20 is by die deur betaalbaar. Die demonstrateur is die voorsitter van Stellenbosch se blomklub, Lorraine Rose. Kom kyk gerus en gaan beïndruk jou vriende en familie met jou kennis van ontwerpe.

magdaleen van zyl

WEES ASSEBLIEF GEDULDIG

WAGTYD +- 10 MIN

Maak nie saak na watter kant toe jy ry nie, oral sien jy hierdie padtekens en jou moed sak in jou skoene en jy begin sommer by voorbaat sweetdruppels tussen jou blaaie uitslaan aan die blote gedagte dat jy in „n tou karre in hierdie hitte moet staan. Orals is daar net padwerke. Ek het heimlik besluit dat daar „n ongelooflike nuwe aanslag op werkskepping is, want die paaie was vir my glad nie te vrot nie, maar nou ja, wat sal ek nou weet - mos glad nie „n padkenner nie. Dat „n mens se geduld soms woes beproef word, is waar, want nou een dag het ek daai horlosie fyn dopgehou, en dit was wraggies nie „n ou oomblikkie korter as twintig minute nie. Twintig minute!! Maar ek het redelik aan die begin van hierdie padwerkesaak, vir myself „n manier uitgewerk om te oorleef (onthou: ek is mos nou nie van die geduldigstes wat mens kry nie!) Ek ry redelik onklaar van die huis af weg: by die eerste stop doen ek die onderlaag, blosser en miskien nog iets, afhangende van hoe lank ons staan. By die volgende stop kom die oogskadu , omlyner, maskara, lippe en so aan, spuit die parfuum, smeer die room en als. By „n volgende stop begin ek met die naellak. Tussendeur word die bos hare gedoen soos dit nog nooit by die huis Elbeth Liebenberg en Ina Visgedoen word nie. ser gewapen met hoed en plat So werk ek deur my „toilet‟ tot amper in Malmesbury en skoene vir 'n hele dag se nodeloos om te sê dat as ek die Kaap slat is ek so getuine kyk in Riebeek Vallei. poeier en gepaint soos ek nie eers by my eie huis vir my opdollie nie. Als uit pure verveling, en om die moontlikheid Micky Visser wys liefde vir van ongeduld vroegtydig te bekamp. blomme, plante en As ek uit die Kaap uit terugry hoef ek mos nou nie weer so diere gaan hand aan hand. „modelmooi‟ te lyk nie, en ek het „n nuwe besigbly-speletjie. Nou-die-dag het ek „n hele „Coffeeshop-sessie‟ by die een stop gehad, kompleet met roomkoek de lot. Dan is „n groot gunsteling by die padstoppe, om te lees. Daar is permanent een of ander „bestseller‟ wat darem meer as twee sentimeter dik is, in my kar. Wanneer kry „n mens tyd om so lekker lank, en nogal so lekker rustig, in die natuur met die wye vlaktes om jou, te sit en lees. Die bottomline van die padwerke is die eeue-oue kwessie van die halwe glas water; is hy vir jou half vol, of half leeg. Ek verkies half vol. Die padwerke is met ons - nog vir „n hele lang ruk. Maak nou maar die beste van die saak. As jy tydverdryf'n Mens moet mos rus, tee drink en koek eet. Biddy aktiwiteite soek - ek kan aan „n paar dink. Langenhoven, Marinda Mostert Katinka Morrison, Susan Brand, Micky Visser en Carina Kennedy kuier lekker saam. Foto‟s en berig verskaf

KIX-Kusamala PHS se KIX kinders kan weer vanaf 15 April af elke Vrydag „n paar R1 stukke (of vaste geld) bring vir die Skool vir Blindes in Mosambiek. “Kusamala” beteken “ons gee om”

Vakansiedae

Vrydag 22 April: Goeie Vrydag Maandag 25 April Paas Maandag Dinsdag 26 April Skoolvakansiedag Woensdag 27 April Vryheidsdag Maandag 2 Mei Werkersdag


13

Boendoestoe Sien die advertensie van Boendoestoe hiernaas, wonder jy of dit een of ander 4x4-vakansie is wat vir die avontuurlustiges alleen bedoel is – die nag apie-logo (bushbaby) bevestig jou vermoede. Sien dan verder dat dit Borduurwerk is, besluit jy weer dis vir die naaldwerk geesdriftiges. Maar ontmoet jy die mense van Boendoestoe, dan weet jy dis jou tipe mense! Dirk en Tokkie Henrico is die gesig agter Boendoestoe en na „n kort kuiertjie saam met die twee talentvolle en innemende mense, kry jy gou die kloutjie by die oor. Hulle het vir baie jare in Pietersburg gewoon waar Dirk ‟n rekenmeester was wat inkomstebelasting gedoen het en Tokkie vir hom gewerk het. Vanweë Tokkie se belangstelling in naaldwerk, wat sy by haar ma geërf het, het sy by Bernina naaldwerkklasse gegee en saam met die beste mode ontwerpers gewerk en damesklere gemaak. Verder het sy oor die hele land safari hemde verkoop en versprei. In 2002 het sy besluit om met haar eie naaldwerk besigheid te begin en het sy haar begin toespits op mansklere, veral safari hemde, safari hoede, oorpakke, jag- en sporthemde wat sy self maak. Nadat hulle vir ‟n paar jaar salig op Dirk se geboorteplaas op die Springbokvlakte in die verre Noord-Transvaal gaan aftree het, het Dirk hartmoeilikheid gekry en is hulle op aanbeveling van hulle dokter sak en pak “Weskus” toe na skoner en dunner lug. Soos die Vader dit wou hê, het hulle hulle in Julie 2010 op Piketberg gevestig en dadelik verlief geraak op Piketberg en sy mense. Hulle is met baie liefde ontvang en aanvaar en het gou ingeskakel. Dirk en Tokkie sien kans vir baie en kry ook baie dinge reg. Twee jaar gelede het hulle vir hulleself ‟n borduurmasjien aangeskaf en kan feitlik enige embleem of ontwerp op kledingstukke aanbring. Gaan kyk gerus na die wye verskeidenheid embleme wat hulle reeds het. Die verstommende gedagte is dat dit alles hier op Piketberg vir ons beskikbaar is – enige instansie, plaas, maatskappy, skool, besigheid, gholfspan, jag uitstappie, sportspannetjie, potjiekosspan, toerspan.......noem maar op...... kan nou spog met ‟n unieke embleem op die hemp, broek, hoed of pet, wat so goed soos „klaargekoop‟ lyk. Beter nog, dis met liefde „tuisgeskep‟ en soos die etiket op die klaar vervaardigde produk sê, “met sorg gemaak van top kwaliteit”. Verder staan daar: “Geniet die dra daarvan, ek het dit met vreugde geskep en sit trots my stempel daarop”. En wie loer daar agter op die kledingstuk? Die nag apie....

Dirk en Tokkie Henrico. Berig en foto: Marietha Goosen

Boendoestoe Borduurwerk 022-913 3402 / 082 462 1345 boendoes@telkomsa.net

Ontwerp van besigheidstekens en name op korporatiewe klere. Maak van mans safari hemde, jag en sporthemde, van klein tot 7XL Vir bekostigbare en kwaliteit borduurwerk en verskaffing van oorpakke, gholfhemde, pette en boshoede Kontak Tokkie 022-913 3402 / 082 462 1345 Voortrekkerstraat 83 Piketberg


14

„n In oom Gert se Kinderspore Janneman de Beer skryf… Oom Gert de Beer (Horlosiemaker), „n bekende inwoner van Piketberg, het op Woensdag 9 Maart „n besoek aan sy geboorteplek, in die Olifantsriviervallei, gebring. Ek en my vrou, Cindy, het die voorreg gehad om dit saam met oom Gert (my oorlede pa se enigste broer) en sy eggenote, tannie Elize, te kon beleef. Ten einde die padwerke op die N7 te vermy, het ons die roete oor Paleisheuwel gevolg tot by Kleinvlei, die plaas van Buks Marais, „n agterkleinneef van oom Gert. Ons ry verder saam met Buks en hy wys vir ons Tierhoek, „n plaas wat vroeër in besit van die Marais‟s was, se goed bewaarde, gerestoureerde huis en meubels. Ons volg die roete na die huis op die Die oorblyfsels van die huis op plaas Diepkloof, Diepkloof waar oom Gert de Beer waar oom Gert gebore is. op 13 November 1923 gebore is. Die huis is gesloop en net „n aantal klippe het oorgebly. Oom Gert vertel hoe hy hier baie buite gespeel het en onder andere, kaalbas met net „n hemp aan, botterboom gery het teen die nabygeleë koppe. Ongeveer 1,5km vanaf Diepkloof wys oom Gert ons „n groot rots regs langs die pad. Die rots vorm „n oorhanggrot en staan bekend as die “Kliphuis”. Daar het hulle as kinders baie gespeel en latere jare as volwassenes gereeld gaan piekniek hou. Van die “Kliphuis” is ons oor Olyvenboskraal na Kromland waar Gert de Beer, met sy vrou Zinet, nou boer. Daar het ons „n foto bekom, wat gedurende Desember 2009 geneem is, met al die Gert de Beers wat toe nog gelewe het. Die tyd het ons ingehaal en ons moes huiswaarts keer terwyl daar nog so baie herinneringe is wat ons wou naloop. Mag die Here oom Gert en tannie Elize nog baie jare spaar sodat ons nog verder in hul ondervindings kan deel.

Die foto van die Gert de Beers wat Desember 2009 geneem is. Voor sit Gert de Beer (senior) met ‘n foto van sy oupa Gert en ouma Hilletjie de Beer. Agter regs staan oom Gert de Beer, ‘n neef van Gert (senior). In die middel staan Gert de Beer, seun van Gert (senior) en eienaar van Kromland. Links staan Gert de Beer, seun van Gert, die eienaar van Kromland, en kleinseun van Gert (senior). Gert de Beer (senior) is ongelukkig oorlede kort nadat hierdie foto geneem is.

Skoliere uit Korea

Benjamin van Heerden en sy suster, Naomi, het verkies om te kom skoolgaan by Piketberg Hoërskool vanuit Suid-Korea. Hulle ouers is onderwysers wat Engels daar gee. Op die foto is Benjamin (regs) en Naomi (tweede van links) by hul ouers, Francois en Sylvia van Heerden en hul ouer suster, Catherine, by die 18de eeuse paleis van die destydse koning. Ingestuur deur Jane van Zyl van Aurora, Sylvia se ma.

Wium kinders in vier fases

Buks Marais wys vir oom Gert en tannie Elize die huis op Tierhoek. Foto‟s: Janneman de Beer

Die vier seuns van Jacques en Riana Wium is vanjaar in vier verskillende opvoedingsfases: Cornè (Laerskool gr 7), Jacques (Trippe Trappe), Jèan (gr R) en Pieter-Hugo (Hoërskool gr 10). Foto verskaf


15

Gawie beskryf Koringbedryf Piketberg het pas „n nuwe skrywer ontdek. Gawie Richter se boek, “Geskiedenis van die Koringbedryf vanaf Tafelvallei tot die Rooi-Karoo 1952-2009” is tydens ‟n gesellige geleentheid in die Biblioteeksaal op Piketberg bekendgestel. Gawie, ‟n welbekende in die omgewing, het self vir baie jare op sy geboortegrond, Bontheuwel in die Rooi-Karoo, Piketberg geboer. Ten spyte van al sy jare se ondervinding en deelwees van die koringbedryf en liefde vir dit wat hy gedoen het, was dit vir hom ‟n ontnugtering toe hy besef hoe min hy eintlik van die bedryf weet en hoe min inligting beskikbaar is. Dit was nadat Roché du Toit, kuratrise van die Museum op Piketberg, in 1993 hom gevra het om ‟n stukkie te skryf oor die RooiKaroo in ‟n dagboek wat die Munisipaliteit daardie jaar uitgegee het. Na jare se navorsing, baie skakeling met v e r s k e i e instansies, die ontmoet van baie Gawie Richter oorhandig sy boek i n t e r e s s a n t e aan Marius Scholtz, skoolhoof van mense, en die PHS. PHS is voorwaar trots op ’n moeilike taak om te oudleerder wat hierdie prestasie behaal het. besluit watter

Gawie Richter by Cyril du Toit, bestuurder van Kaap Agri. Berig en foto‟s Marietha Goosen

inligting bly en watter moet gaan, is die bo ek u it e i nd e l ik gereed om vir die nageslag ‟n handige hulpmiddel te wees. Gawie maak dit baie duidelik dat hy nie daarop roem dat hy ‟n skrywer is nie, maar dat hy inligting versamel het wat vir die nageslag bewaar word, die bedryf wat s y b e r o e p , belangstelling, liefde en passie is. Gawie se boek is beskikbaar by Kaap Agri op Piketberg by 022-913 1115 teen R182,40. Enige navrae kan ook gerig word aan Gerna Croeser by die Openbare Biblioteek by 022-913 8063.

Vier Richter neefs met hulle vrouens, wat die bekendstelling bygewoon het, is voor Hepsibah en , Gawie, Appel en Sonia en agter Appie en Riana en Mariette en Hennie.

Gawie en Hepsibah Richter met die familie wat die verrigtinge kon bywoon, Chris en Josef, die seuns, Jeanette en Karen, die skoondogters, Elsa en Belinda, kleindogters en Gawie en Bennie Lambrechts, kleinseuns.

Gawie by die vriendelike dames van Piketberg Openbare Biblioteek, Betta Swarts, Crazentia Strauss Gerna Croeser en Carmen van Wyk.

Paasdienste NG Kerk Donderdagaand 21 April 19:00 Nagmaal Kerkgebou Vrydagoggend 22 April: 09:30 Nagmaal Huis AJL Sondagoggend 24 April 09:30 Opstandingsdiens in Kerkgebou


16

Arbeidskolom Willem Coetsee van HR Dinamik BEROEPSVEILIGHEID EN GESONDHEID Menigte maatskappy word jaarliks deur Departement van Arbeid kennis gegee om met die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid (bekend as OHSA, „Occupational Health and Safety Act‟) te voldoen. „n Paar klein aspekte in die maatskappy kan lei tot ernstige boetes en of staking van maatskappy bedrywighede. Alhoewel dit mag klink na bog, is beroepsveiligheid „n baie belangrike aspek van enige besigheid, en moet maatskappye aan die volgende aspekte aandag gee in „n poging tot minimum nakoming van vereistes: Elke maatskappy moet sorg dat „n opsomming van die Wet op Beroepsveiligheid en –Gesondheid sigbaar is vir werknemers. „n Harde afskrif van die Wet moet ook beskikbaar wees vir personeel, met al die regulasies van toepassing op die industrie. Werkgewers wat meer as 20 werknemers in diens het, moet „n Veiligheid- en Gesondheidsverteenwoordiger hê om ook die werksomgewing te inspekteer, verslaggewing te doen en bystand te lewer met aspekte relevant tot veiligheid en gesondheid. Hierdie verteenwoordiger mag nie deur bestuur gekies word nie, maar moet deur middel van „n verkiesing bepaal word. Hierdie persoon moet ook die nodige opleiding kry om spesifieke take te verrig in lyn met die bepalinge van die Wet, en industrie waarin die maatskappy bedryf. Die Wet is ook baie duidelik dat elke werkgewer die risiko‟s van elke taak in elke posisie op skrif moet identifiseer. Die doel hiervan is positief aangesien dit dan gebruik kan word in die induksie proses van elke werknemer, en om te verseker dat die persoon bewus gemaak word van moontlike gevare of risiko‟s wat verband hou met sy of haar posisie. Die maatskappy kan hierdie as deel van hul Beroepsveilgheid- en Gesondheidsbeleid maak, om sodoende risiko‟s beter te bestuur. Dit vergemaklik ook die identifisering van nalatigheid, en onklaar raking van toerusting. Werkgewers moet besef dat veiligheids- en gesondheidsrisiko's ook “buite” die besigheidsperseel geld, veral waar die maatskappy te doen het met vervoer van produkte, en of waar werk verlang dat die werknemer “buite” die werksperseel werksaam is. Dit is dus belangrik om nie net risiko identifikasie binne die besigheidsperseel te doen nie, maar ook “buite” die werksperseel. Die OHSA is ook duidelik dat elke werkgewer „n veilige en gesonde werksomgewing moet skep vir elke werknemer, en gaan so vêr om te sê dat die werkgewer eers sy werknemers se veiligheid en gesondheid in plek moet hê alvorens hy/sy hul eie veiligheid en gesondheid in ag kan of moet neem. Werkgewers moet na die risiko identifikasie proses elke werknemer verskaf van meganismes om die risiko‟s te minimaliseer. Hierdie sluit in onder meer veiligheidskleding, veiligheids skerms op masjinerie, en tekens op die perseel om bewusmaking te promoveer. Beroepsveiligheid en Gesondheid is nie „n aspek om af te skeep nie, en werkgewers word gereeld deur die departement aangemoedig om die nodige stappe te doen om die minimum vereistes na te kom. Beroepsveiligheid kan, indien dit reg bestuur word, jou besigheid se bedrywighede

vergemaklik, en kan help dat dinge soos beserings aan diens geminimaliseer word, en om aanspreeklikheid van werkgewers te beperk. Geskryf deur Willem Coetsee van HR Dinamik, Kaapstad tak.

Senior burgers raak “cool”

Vroeg in Maart, op van die warmste dae op Piketberg, het 25 lede van ACVV Rus-‘n-Bietjieklub ‘n bietjie op Dwarskersbos gaan afkoel. Vyftien van die dames het ‘n heerlike seiljagvaart op die Langebaan strandmeer ook ervaar. Die twee dames is Colla Swart en Petra van Renen en die stuurman is Francois Stemmet. Foto‟s en berig verskaf


17 Juanita Tweede in Suid-Afrika Die nuus dat Juanita van der Merwe tweede in die land geëindig het in die k a t e g o r i e "Uitmuntendheid in Graad R-onderrig" het PHS en die gemeenskap van Piketberg weer baie trots gemaak. Hierdie benoeming is gedoen na 'n omvattende evaluering en deeglike ondersoeke. Om in aanmerking te kom vir die titel of benoeming, moes Juanita 'n lywige en intensiewe aansoek indien. Daarna het verskeie verslae gevolg oor haar ondervinding, 'n plakkaat wat al haar werksaamhede uitbeeld, 'n enorme portefeulje van 80 bladsye met foto's, meer as een onderhoud deur verskeie panele en 'n skoolbesoek waartydens 'n TV-opname gemaak is. Terloops, die video is te sien op You Tube -Red. Na dit alles is sy op Malmesbury benoem as die wenner in die Weskusstreek. Uit die streekwenners is sy later op Stellenbosch aangewys as die Wes-Kaap wenner. Na verdere onderhoude is sy genooi na die President se gastehuis op 25 Februarie en is sy aangewys as die nr 2 in die land. Van Juanita word nou verwag om haar kennis en ondervinding met ander te deel, daarom sal sy gedurende Junie en Julie besig wees met aanbiedings en werksessies vir Graad Ronderwysers in die Kaap en in Port Elizabeth. Intussen is sy elke dag net dit wat sy wil wees - die Graad R-juffrou van PHS met sy oulike kinders. Baie geluk, Juanita-Red.

Mervihon Witbooi, Ezri Joubert, Leandrie Fourie, Maria Joubert, assistent, Natasja van der Poll, student, Zoëy Faro, Juanita van der Merwe en Craig Duncan. Foto‟s en teks: Marietha Goosen

Sentrum is Tops Die Geletterdheid Leersentrum op Piketberg is die Top Leersentrum tussen 250 ander Volwasse Leersentrums in die provinsie. Verder spog die Sentrum met die beste Vlak 4-student in Afrikaans met die mooi prestasie van 96%. Hierdie top kandidaat, David Booysen, 'n verwer van beroep, is van die satelliet Aurora. Die Sentrum het vier meriete sertifikate ontvang: Akademiese voortreflikheid, Akademiese Voortreflikheid in TGK: Afrikaans, Akademiese Voortreflikheid in Wiskunde Geletterdheid en vir die Toename in Ingeskrewe kandidate wat geslaag het. Volwassenes wat nog vir die jaar wil inskryf, kan tot einde Maart die Sentrum kontak by 022-913 1309 en met Henna Heyns, Sentrumbestuurder, of Daleen Esau, Satelliet koördineerder, praat.

Op die foto links is Juanita by Jay-Will Swart en Smit Jacobs wat patrone pak.

Daleen Esau, Satelliet koördineerder en Henna Heyns, Sentrumbestuurder, by die vier meriete sertifikate wat die Geletterdheid Leersentrum op Piketberg ontvang het vir Vlak 4.

Leandré Diedericks, Zack Caldo, Elsje Basson, Jana Bruwer en Deacon Morrison wys vir Juffrou wat hulle met die klei gaan doen.

Op die foto links is David Booysen van Aurora, wat alle volwasse leerders in 250 Leersentrums oor die hele provinsie uitsgestof het met sy 96% in Afrikaans. Foto‟s en teks: Marietha Goosen


18 Eendekuil se beste atlete

Danelle Swarts, gr 5 en Johan Visser, gr 6 is 2011 se wenners van die Victrix en Victor Ludorum trofeë as beste atlete van Laerskool Eendekuil tydens die atletiekbyeenkoms saam met Laerskool Redelinghuys.

PHS se atlete na SA‟s

Jacques Rossouw, Charné Augustyn en Janke van Schalkwyk van PHS gaan Wes-Kaap verteenwoordig by die SA's op onderskeidelik Coetzenburg en Germiston. Jacques gaan spiesgooi, Charné gaan 400m hardloop en Janke gaan deelneem aan Verspring, 80m en Hekkies. PHS-fotos: Marietha Goosen

PHS se tennisspelers

Die seuns tennisspan vir Hoërskool Piketberg is Robert Edmonds (nr 1), Phillip Robertson (nr 2), Wynand Smit (nr 3) en Johan Stephan (nr 4).

Die meisies tennisspan vir Hoërskool Piketberg is Jaydy Warnick (nr 1), Carla Smit (nr 2), Juné van der Westhuizen (nr 3) en Jani Truter (nr 4).

Jacques Rossouw (spiesgooi), Charné Augustyn (400m) en Chanelle Mouton (Skyfwerp) van PHS het Boland verteenwoordig by die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms. Jacques en Charné het gekwalifiseer om Wes-Kaap te gaan verteenwoordig by die SA's. Charné is ook gekies vir die ASA Youth-span wat op 2 en 3 April deelneem in Germiston.

Janét Stander, Janke van Schalkwyk en Anke Schreuder het Boland verteenwoordig by Wes-Kaap Atletiek. Foto per selfoon: Iza Shreuder


19

KANSA SHAVATHON FONDSINSAMELING 2011 Op Vrydag 11 Maart het leerders van die ATKVtak van Hoërskool Piketberg die inisiatief geneem om die jaarlikse Shavathon nader te bring aan die gemeenskap. In samewerking met Boland Superspar was baie koppe kleurvol gekleur vir die fondsinsameling vir Kansa. Verteenwoordigers van Dairybelle het dit goed gedink om die inisiatief te ondersteun deur gratis koeldrank uit te deel.

LELIEHOF KOSHUIS HOU GHOLFDAG Leliehof Koshuis bied hul jaarlikse gholfdag aan om fondse in te samel vir ‘n nuwe TV. Boland Superspar het 4 geskenkpakke geskenk as pryse vir die wenners. Hester Hagen (Bestuurder) oorhandig dit aan Suzette Joubert, Superintendent.

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR MAART Baie geluk aan Georgina Fortuin wat hierdie maand ’n koopbewys ter waarde van R245 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by die Boland Superspar Pensioenaris Klub. Verskeie voordele soos Gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

WENNERS BY TOPS

Mnr A Maarman het ‘n koelsak gewen nadat hy ‘n Hunters Dry kompetisie gewen het. Nadeema Kamalie (Spanleier Tops) oorhandig dit aan hom.

Shirene Okkerstein (Spanleier Tops) oorhandig ‘n stel Amstel glase aan Me S Jantjies.


20

PIKETBERG ROLBALKLUB HOU VRUGTE FEES Op 5 Maart het die Piketberg Rolbalklub hul jaarlikse Vrugte fees rolbaldag aangebied. Boland Superspar het 4 geskenkpakke gegee as pryse vir die wenners. Marianna Kirsten (organiseerder) en Henda van Heerden (verteenwoordiger van Boland Superspar) was daar om die pryse aan die wenspan van Moorreesburg te oorhandig.

SPAR BRAND COMPETITION Spend R150 or more which include 5 x SPAR BRAND products and stand a change to

WIN 1 of 2

Samsung Full HD 32˝ LCD TV’s VALENTYNSDAG SJOKOLADE KOMPETISIE Die vier gelukkige wenners van die Valentynsdag kompetisie was: Bo: Mirina Liebenberg saam met Marietjie Pedro (Bestuurder); Chandre Karolus by Hester Hagen (Bestuurder). Onder: Helecine Boois en Alta vd Merwe ook saam met Hester Hagen (Bestuurder).

2011 April  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you