Page 1

1

Jaargang 22 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2015

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

10 uit 60 A’s by PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Beste Bevelvoerder...p2 Vier geslagte van Eva...p4 Nog ‘n titel vir Juné...p5 Troufoto’s...pp6,8 VLV-Nuus...p12 Teddiebeer-projek...p14 Huis AJL-Nuus...p16 Fork Trucks for PPC...p20 Babbel en Krabbel...p22 Nuwe opvoeders...p22,29 Goedverwacht se akademie vereer...p24 Nuwe skooljaar...pp26,29 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Uit ‘n klas van 60 leerders het Hoërskool Piketberg uitstekend presteer deur 10 A-gemiddelde kandidate op te lewer. Bo agter Jared Whitfield, Salomé Hamman, Carla Conradie, Landi Brink, Maria Visser, Alan Willemse en voor Herbst van der Merwe en Johannes Mostert. Karli Truter, inlas links en Timotheé Luyt, inlas regs. Hooffoto: Marietha Goosen

 022 913 1939  022 913 2404

the green tree café Join our Loyalty Club TODAY! and get the 10th Cup of Coffee FREE!


2

Redaksioneel Gee ‘guts’

Dis haar eerste dag as sjampoe meisie en ek 'oe en aa' oor die heerlike kopmassering, haar fyn aanvoeling en vlytigheid. Met die groet, wens ek haar voorspoed en sukses toe met die nuwe werk. "Dit sal goed gaan, Mevrou het my lekker 'guts' gegee", sê sy. En ek bid: "Here, help my om elke dag aan ander 'guts' te gee". Dit was die mooiste woorde in 'n lang tyd.

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Terence se droom verwesenlik ‘n Dag nadat Terence Brown se 60ste verjaarsdag gevier het, het hy op Saterdag, 24 Januarie by ‘n Veterane Baan-byeenkoms in Parow, in die 60-jaar kategorie sy droom verwesenlik. Hy verbeter die SA rekord in die 1500m met ‘n tyd van 4.48min. Dit is ook ‘n WPrekord. In die 5000m verbeter hy ook die WP-rekord met 1.37min. Hy is baie dankbaar, geseënd en tevrede dat hy Terence Brown, regs en dit met goeie gesondheid en Herbst van der Merwe, harde, pligsgetroue oefening kon regkry in sy nuwe oudereen van sy getroue domsgroep. oefenmaatjies Sy atletiek-oefengroep is Foto: Soreen Gouws baie trots op hom en hy is ‘n inspirasie vir hulle met sy deursettingsvermoë en dissipline om te werk vir ‘n doelwit wat jy wil bereik. Wel gedaan Terence!

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Beste Bevelvoerder Kaptein EHJ (Elna) van der Merwe is onlangs aangewys as die Bevelvoerder van die Jaar. Dit word jaarliks toegeken aan die bevelvoerder wat die beste presteer. Alle fasette van hul werk word in aggeneem. Die cluster bestaan uit 11 stasies waarvan sewe kaptein stasies is. Elna is nou al 33 jaar in diens en 14 jaar op Eendekuil. Foto: Marietha Goosen Die Redaksie sien daarna uit om gedurende 2015 oor besonderse mense en momente te berig.

Elsie Sophia Kitshoff (nee De Beer)

24.03.1931—13.01.2015 Elsie se familie sal haar onthou vir haar vriendelikheid, humorsin en liefde. Dankie aan almal wat die familie ondersteun het.

VLV Piketberg neem afskeid van ‘n geliefde erelid VLV Piketberg neem met mooi herinneringe afskeid van Lettie le Roux, ‘n geliefde erelid wat vir 75 jaar lank lid was van VLV. Sy is op 26 November 2014 in die ouderdom van 97 jaar oorlede. Lettie het in 1939 by VLV Van Rhynsdorp as lid aangesluit. In 1947 is haar lidmaatskap na Piketberg oorgeplaas. Sy was ‘n baie lojale VLV-lid, ‘n waardige dame met ‘n goeie humorsin, ‘n diep denker en iemand wat besonder wydbelese was. Tot haar onlangse ongesteldheid was sy op hoogte van die gebeure van die dag – met ‘n voorliefde vir sport - en het sy die lewe met oorgawe geniet. Sy was ‘n volbloed Piketberger, stigterslid van Piketberg Leeskring en aktiewe lid van die ACVV-tak. Baie sal haar onthou as “koshuismoeder” vir meer as 30 jaar lank, sedert 1953, van die meisieskoshuis, Leliehof. As jonger VLV-lid op Piketberg, het sy as tesourier in die bestuur gedien. Sedert sy ‘n jaar of wat gelede moeilik begin beweeg het, is haar stoel tydens VLVbyeenkomste leeg. Die lede van VLV Piketberg mis haar. Ons eer haar lewe en nagedagtenis. Die volgende Piketberger verskyn op 26 Februarie 2015. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Februarie. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


3


4

Vier geslagte van Eva

SOMERSUITVERKOPING Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

Klein Ella Visser van Meintjieskraal is op 7 Desember gedoop in die NG Kerk Piketberg. By haar is mamma Carla Visser, haar ouma Eloïse Myburgh van Laingsburg, regs, en haar oumagrootjie Martie Maréé van Bellville, links.

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Bio Sculpture terapeut nou ook NA URE vir jou gerief in Piketberg te Piet Retiefstraat 17 Kom bederf jouself. Werk of nie werk jou naels en toonnaels kan nou mooi lyk.

Bel en maak 'n afspraak by Esna Brand 082 830 6110 of 022 913 1020 in die week!

Ek kan nie wag om jou naels ook mooi te maak nie!

Op Cora van der Westhuizen van Piketberg se 90ste verjaarsdag, het familie en vriende heerlik saam gekuier by Tillies. Op die foto saam met Cora is haar dogter, Hannalie Bosman van Piketberg, haar kleindogter Daleen Benadé van Danabaai en haar agterkleindogter Karlien Benadé, wat nou 19 maande is. Foto’s: Marietha Goosen


5

Nog ‘n titel vir Juné Juné van der Westhuizen, oud PHS'er, tans Matie BComm Regte student, het op 27 Desember 2014 in die Diaz Pedro Saal, Diaz Strand, met die gesogte Mej Diaz 2014 titel weggestap. Sy is ook in Desember 2012 as Mej Hartenbos gekroon. Dit was 'n pragtige kroningsaand met Dieter Voigt, ‘n besige twee weke wat gevolg het met baie optredes, deel van beoordel- Juné van der Westhuizen word as ingspaneel by verMej Diaz gekroon. Foto: Ruan Nieman skillende geleenthede en kronings, twee lang fotosessies met twee verskillende fotograwe en 'n videograaf en 'n "behind the scenes" opname van Mej Diaz. Verseker baie geleenthede en ervarings wat haar vir altyd sal bybly. Natuurlik ook pret soos die Seven Seas bootvaart, die Scenic Flight oor Mosselbaai en omgewing en die Haarsalon en Skoonheidsalon bederf. Sy wil net baie dankie sê vir al die wonderlike pryse en borge en almal se liefde en ondersteuning. Rolene Strauss, huidige Mej Wêreld, is in 2010 as Mej Diaz gekroon. –Red

1915 tot 2015

STORE EN WERKSWINKELS TE HUUR

25M² STORE@ R700/maand 50M²STORE @ R1400/maand WERKSWINKELS 60M² @ R1800/maand Store het koopkrag

Skakel Riaan Diedericks 084 624 0963


6

So lyk liefde Jan Hendrik Rust, oudste seun van Johann en Alettha Rust van Piketberg, is op 11 Oktober 2014 in Johannesburg met Nikki Brink, oudste dogter van Jaap en Margaret Brink van Johannesburg getroud. Hulle het hulle in Radiokop, Johannesburg gevestig. Foto: Jaco Brink

Hennie en Stephanie Meeding is op 10 Januarie te Muratie, naby Baardskeerdersbos getroud. Stephanie is die dogter van Helma Kotze. Die paartjie woon en werk in China. Foto: Adene Photography

Christo en Louise Smit is op 11 Oktober 2014 getroud by die Houwhoek Inn Hotel, Grabouw. Louise is die dogter van Japie en Johanna Olivier van Piketberg en Christo is die seun van Chris en Isabel Smit van Bronkhorstspruit. Hulle is tans woonagtig in Pretoria. Foto: PC Benade Photography Erik, seun van Marina en wyle Lotta van Zyl, voorheen van Eendekuil en Piketberg is op 10 Januarie getroud met Tanya, dogter van Lefras en Elna Uys van Robertson. Foto: Gerrit Jordaan Photography

Stuur u troufoto’s na diepiketberger@gmail.com Ons plaas dit graag!


7


8

Die Kotze familie vier fees

Vroeg in die Nuwejaar het die Kotze's rede gehad om fees te vier toe ma Helma op 1 Januarie 70 word, haar seun, Johan en sy vrou, Sarah 'n Suid-Afrikaanse troue gehou het op 3 Januarie en haar dogter, Stephanie op 10 Januarie getrou het (sien p6). Johan en Sarah is reeds ses maande gelede in Switserland getroud.

Sarah, Helma en Johan Kotze.

Jacques Kotze, Stephanie Kotze, Johan Dekker, Jabez Steenkamp, Gerrit Kotze, Gert Coetzee, Jakes Louw, Jacobus Liebenberg en Werner du Toit. Voor langs Johan is Hein Coetzee en agter Johan is Johan GĂśtze. Foto: Marietha Goosen Foto links - Helma Kotze, middel, saam met haar seun, Johan en sy vrou, Sarah, op hulle Suid-Afrikaanse troue op 3 Januarie by Dennegeur, Piket-Bo-Berg. Foto: Elzett Kotze

Piketberg Netbalklub Jaarvergadering Indien jy belangstel om liga netbal vir ons dorp te speel woon asseblief die vergadering by. Datum: 10 Februarie Tyd: 18:30 Plek: LB Wernich Biblioteeksaal (langs die kliniek) Vir enige navrae skakel Charne Young 082 210 9209 of Jani Hougaard 079 512 6874

De Kleine Shoppe Coffee & Gifts

Moenie hierdie jaar weer Valentynsdag vergeet nie. By De Kleine Shoppe het ons pragtige geskenke, vars blomme en heerlike etes. Kom bederf gerus jou geliefde. Langstraat 52 Piketberg (langs Liebco) Ilze 071 410 8076

Die Piketberger se Datums vir 2015 Knip uit en bĂŞre Berigte/Advertensie IN 17 Februarie 17 Maart 14 April 19 Mei 16 Junie 21 Julie 18 Augustus 22 September 20 Oktober 17 November

VERSKYN 26 Februarie 26 Maart 23 April 28 Mei 25 Junie 30 Julie 27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober 26 November


9

Adriaan gaan Solo

Toe Adriaan Diedericks in matriek aan PHS die Beste Werk Trofee by die Wes-Boland Eisteddfod wen, sou niemand kon droom dat sy werk sewe jaar later in verskeie galerye - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Duitsland, België, Italië, Frankryk en Engeland te sien is. Die wentrofee in 2008 was sy portefeulje vir toelating aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement vir Visuele Kunste, terwyl hy geen formele kunsonderrig op daardie stadium ontvang het nie. In sy tweede jaar het hy homself beeldhoukuns aangeleer, aangesien daar nie ‘n dosent beskikbaar was nie. Sy eerste van drie solo tentoonstellings (sien advertensie hieronder) begin op 14 Februarie in Franschhoek, daarna volg een in Bloemfontein in April en daarna een in Kaapstad in Oktober. Om vir sy studies te betaal, het hy kelnerwerk oor naweke gedoen en sekuriteit by die fakulteit tot middernag elke aand. Een van sy eerste beeldhouwerke was ‘n lewensgrootte perd met ‘n hoogte van 2,2m. Met ‘n volgende enorme projek van 400 gebreekte bierbottels met 'n elektriese stroombaan daar om, is hy aangewys as een van SASOL se top 100 kunstenaars in Suid-Afrika [2010]. Een van sy beeldhouwerke is te sien by die Jan Marais-Park in Stellenbosch. Hy het reeds met groot name in die beeldhouwêreld saamgewerk. In 2013 en 2014 het verskeie hoogtepunte in sy loopbaan gevolg en het hy reeds ‘n indrukwekkende CV op 24. Besoek geus sy webwerf by www.adriaandiedericks.com Adriaan is die seun van Riaan en Bev Diedericks van Piketberg.

Skakel Lizel 084 438 1852 of Thea 084 247 1920


10

Betsie is 70

Betsie Paulsen, middel saam met haar susters, Freda Heyns en Antie Pop Paulsen, links en Susan Paulsen en broer, Mattie Paulsen, regs, op haar 70ste verjaarsdagparty by die Bio Kafee op Vrydag 16 Januarie 2015. Foto: Hanlie Linde

Gelukkige Valentynsdag Mag jou geliefde jou elke dag bederf!

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Een van die sêgoed in Piketberg wat my al fassineer vandat ek hier gekom het in Desember 2012, is die verwysing na Piketberg as die “skuins dorp met die regop mense”. Dit is ook die subtitel van Pieter Schoonees Hanlie Linde se boekie oor Piketberg wat by ons museum te koop is teen R50. Vir al ons nuwe intrekkers, gaan maak gerus ‘n draai by ons museum (wat in 2013 aangewys is as die beste museum in die Wes-Kaap) en koop vir jou hierdie boekie. Ek het dit hierdie kerstyd gedoen en was nie spyt nie. Interessant genoeg is daar twaalf mense op die voorbladfoto van hierdie boek en net een staan regop. Die ander is vooroorgebukkend besig om koringare te oes. Ek geniet sulke ironie! Die rede hoekom ek weer hierdie week so aan hierdie benaming vir Piketberg gedink het, is omdat ek die voorreg gehad het om die 70ste verjaarsdagparty by te woon van seker een van die regopste mense in Piketberg wat ek ken. Haar naam is Betsie Paulsen. En net soos die koringaar-oesters het Betsie sekerlik al genoeg rede in haar lewe gehad om vooroorgebukkend te leef. Uit die toesprake van die heildronkinstellers, die dominee en die programbestuurder is dit duidelik dat daar oor al die dekades baie rede was om gebukkend te wil leef. Maar nie Bets nie. Sy beïndruk my telkens met haar forstelikheid. Piketberg se eie prinses! Die wat haar ken sal weet sy draai nie doekies om nie, is eerlik en reguit en mens weet altyd waar jy met haar staan. Sy is ‘n trotse vrou met ‘n groot nalatenskap. Ek het haar omtrent agtien maande gelede ontmoet en wat my eerste opgeval het, is dat haar familie en kleinkinders haar “Oumie” noem. ‘n Troetelnaam wat ons ook vir my ma se ma gebruik het al die jare. Ek haal my hoed af vir enige een wat in haar genadejare nog so regop kan leef, veral as daar genoeg rede was om dit nie te doen nie. Wat die elf ander gebukkende mense op Pieter Schoonees se voorbladfoto my ook leer, is dat ‘n mens as “regop” ervaar kan word al gaan jy fisies gebukkend onder omstandighede of druk. Om regop te leef is nie ‘n fisiese verskynsel nie, maar ‘n gesindheid en ‘n leefwyse. Ons hoef nie te wag dat dit met ons finansieël of emosioneel goedgaan voordat ons besluit om regop te leef nie. En daar is nog ‘n nuwe jaar volstoom aan die gang en het ons lankal vergeet dat ons vakansie gehad het. Mag 2015 vir ons almal ‘n goeie en voorspoedige jaar wees en mag ons tevrede en in vrede met mekaar saamleef. Kom ons wys die wêreld hoe regop die mense in hierdie skuins dorp kan leef!


11


12

VLV Piketberg Bestuur 2015

Agter van links is Mareza Smit, Dinette Lochner (sekretaris), Christa Myburgh (tesourier), Carin Rossouw (vise-voorsitter) en Alida Walters. Voor verskyn Nicoline Brown (voorsitter), Michelé Ziervogel, Alta Vos en Marlize Rossouw. Foto verskaf

Kom Kyk Hoe Lyk Ons Nou!!! 2 x Groter!!! 2 x Meer DVD’S!!!  022-913 2646

VLV Piketberg 2015 “Vroue met Visie”

Hiermee wil die Bestuur van VLV Piketberg alle dames, ongeag ouderdom, graag uitnooi om by ons vereniging aan te sluit of andersins as ‘n besoeker die vergaderings by te woon. Die doel van die vereniging is om volwasse vroue op te voed. Daar is ses verskillende studierigtings soos bv. Opvoeding en Kultuur; Landbou en Tuinbou; Gesondheid; Leefstyl; Kunste en Handvlyt asook Openbare Sake. Dames word aangemoedig om op enige manier betrokke te raak en so ook in die gemeenskapsbehoeftes aandag te gee. Ons eerste byeenkoms vind plaas op Donderdag 12 Februarie om 09h30 in die Biblioteeksaal. Ons is bevoorreg om vir Le Roux (van “Kokkedoor-faam” – KYKNET) as motiveringspreker te verwelkom. Hy is ook eienaar van die restaurant “LekkabydieSee” in Langebaan. Kom luister gerus watter uitdagings hy oorwin het! Verder word ons deur Berenice Scheepers ingelig oor die nuwe AdMaths Sentrum wat by PHS gehuisves gaan word. PHS, ‘n Dinaledi-fokusskool vir uitnemende onderrig in wiskunde en fisiese wetenskap, is baie opgewonde oor die nuwe verwikkelinge. Nog ‘n datum wat dames kan aanteken in hulle dagboeke, is 15 April saam met Piketberg Tuinbouklub. Hier word beplan om ‘n lekker werkswinkeloggend te hou en sodoende te leer oor die interessante herwinning van plastiek koeldrankbottels. Indien iemand graag wil leer om piouter-artikels te maak kontak ons asseblief – so leer ons iets nuuts in 2015! Dan is daar nog ‘n lekker uitstappie wat ook beplan word. Vir enige navrae kontak asseblief Nicoline Brown (voorsitter) by 082 477 0665 of Dinette Lochner (sekretaris) by 083 564 5643. Laastens wil ons ‘n groot dankie sê aan die volgende borge in Piketberg vir die samestelling van ons nuwe 2015 jaarboekie. Dit word opreg waardeer, julle is die steunpilare in Piketberg! All About Travel; Avroy Shlain (J van Kraayenburg); B’Pretti Beauty; Boland Superspar; Bonthuys Bicycles; De Berge Gastehuis; Dr Sam Scheepers; Drs Smit en Morrison; Dup Meubels; Glaskasteel; Keyah Skin and Body; Lemon Tree Selfsorg; Liebco Vleishandelaars; Mrs Bean Coffee Shop; Oregon and More; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg Apteek; Piketberg Bandediens; Piketberg Drukkers; Praktika; Stik en Stoffeer; Sandra van Wyk Eiendomme; Skoonheidsalon Sanet; Dr Herold Truter, Tandarts; Total en Spur Winkelshoek. Met opregte dank en seën vir die Piketberg gemeenskap! - VLV Piketberg.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


13

Voetslaan raak Mondig

Goedverwacht Voetslaanklub het op 6 Desember hul 21ste bestaansjaar gevier. Op die foto oorhanding Dave Ferguson namens Bergrivier Toerisme Orga nisasie ‘n sertifikaat van erkenning aan hulle vir hulle besondere bydrae tot Toerisme die afgelope 21 jaar. Van links is Lilly Jansen, Lorraine Cornelius (Goedverwacht Toerisme Beampte), Dave Ferguson en George Esau (Goedverwacht Voetslaanklub Voorsitter). Berig en foto verskaf


14

deur Jannie Lategan

Ons Australiese besoek

Daar was baie opgewondenheid om weer met ons kinders in Australië te gaan herenig. Ons reis met 'n heel nuwe Boeing 777-333 en land die volgende dag in Brisban. Met blydskap verwelkom hulle ons met 'n Suid-Afrikaanse vlag in die aankomssaal. Ons het nog twee ure se reis na hulle bestemming in Toowoomba. ('n Kuns, blomme en Tipiese Universiteitstad...bykans soos Stellenbosch). Ons het 'n genotvolle tyd en ontmoet talle SuidAfrikaanse vriende wat hulle daar gaan vestig het. As ons so 42 stuks (almal van RSA aan keurig gedekte tafels aansit vir die Oukersmaal, raak mens bewoë om te dink dat almal uit verskillende professionele vakrigtings kom en waarde kom toevoeg het aan Australië! Breinkrag wat vir RSA vir altyd verlore is! Ons word ontvang met eteuitnodigings en afsprake en word onder andere genooi deur die eienaar van 'n nuwe Internasionale Lughawe wat daar gebou is, om 'n helikopter rit mee te maak. Ongelooflike skilderagtige tonele doem voor ons op uit die glasbol. Dit is reëntyd daar en alles is lowergroen. (Sou dit ooit beskore wees om weer te gaan, sal ons in Toowoomba kan land.) Ons word deur die kinders verras om saam met hulle van Brisban na Sydney te vlieg. Daar gekom, neem 'n lugtrein ons teen 'n astronomiese spoed na die Darling Harbour Hawegebied, en ons 'n “water ferry” haal na die eiland Mandy waar ons tuisgaan. Die openbare banke in oop ruimtes en langs strate, is banke wat identies is aan die bank van Coenie van Kyk-Net faam, maar net van vlekvrye staal. Ons maak elke dag van die waterweë gebruik om na Sydney te reis en besoeke te bring aan onder andere die Sydney Operahuis, die wasmuseum en 'n besoek aan die hoogste gebou in Sydney. Die spasie van my rubriek laat my ongelukkig nie toe dat ek omskrywings kan gee van alles wat ons beleef en ervaar het nie. Die wêreld bekende Skouburg....wat 'n onbeskryflike argitektoniese konstruksie met sy koepeldakke wat bedek is met geglasuurde teëls. Die gebou huisves 'n ongelooflike aantal teaters en die rykstes van die rykstes kan selfs hulle troues en funksies daar kom hou. Die ontwerp is gebore om na 'n bal te kyk en “skywe” is uit die bal geneem en so is die eindproduk meesterlik geskep. Net die room en die beste van wêreldklas kunstenaars word toegelaat om daar op te tree. Oujaarsaand nader en ons is op een van die talle bote bespreek om te parkeer met 'n uitsig na die Darling Harbour Bridge, asook die Skouburg. Ons boot parkeer langs 'n reuse jag van swart glas en wat seker maklik 5-6 verdiepings hoog is, kompleet met twee helikopters op sy dek. Die eienaar: Bill Gates. Die aftelling van die tyd na die nuwe jaar begin voordat die skouspelagtige vuurwerkvertoning 'n aanvang neem. Vyftig ton vuurwerke word afgeskiet. Met berekende reëlmaat word die massiewe patrone in die lugruim ontvou met byna meer as 'n reënboogspel van kleur. Terwyl ek om my kyk en ek by myself dink, dis mos alles net “glitz and glamour”, sien ek 'n bejaarde vrou hartstogtelik huil ... die trane biggel in oorvloed oor haar wange! “Why are you so sad?”, kon ek my nie keer om haar aan te raak en te vra nie. Die antwoord: “My husband passed away, but I am OK...thank you!” sê sy met selftrots of straks nie so gelukkig dat ek haar spasie betree het nie! Rykdom, glorie, roem en hartseer word saamgevat in enkele oomblikke!

Dis tyd om afskeid te neem en om na ons derde been op ons terugpad te gaan. Sydney – Brisbane en dan om vir oulaas te groet, omhels, vasdruk, liefhê, totsiens sê en hoop op weersiens! Ons op ons vlug na Dubai en hulle op pad na Toowoomba! Dubai, wêreldstad met sy inwoners wat van oor die hele wêreld kom. Hier en daar hoor jy 'n Afrikaanssprekende. 'n Stad se swier wat nie maklik in woorde beskryf kan word nie. Die grootste wêreldwye Internasionale Inkoopsentrum, die “soakes” met hulle stegies en talle maar talle winkeltjies waar daar “ge-bargain” word. Karaktervol en tradisievas, sluit hulle hul ondernemings as dit tyd word om te gaan bid. Die speserymark is 'n belewenis met sy heerlikste geure vir koningsdisse. Die Shaiks se Paleise, die hoogste gebou in die wêreld Burjkhalifa, met sy 160 verdiepings. Ons land moeg en uitgeput in Kaapstad en is bly om maar weer ons “foutjies” en onbeholpenheid raak te sien. Die band wat die tasse vervoer stik tot stilstand en die papiere en vullis waai verflenterd rond. Dankbaar, want hier is ook mense wat ons liefhet en vir wie ons lief is en na wie ons verlang het. Die mooiste herinneringe herleef egter as ons 'n terugblik op kosbare oomblikke het wat in ons honderde foto’s vasgelê is. “Liefie”, ons huiskat, kon nie haar blydskap verbloem nie.

Teddiebeer-Projek Hanlie Linde skryf... In 2014 het ek ‘n breipatroon in Die Piketberger laat sit en gevra wie in Piketberg is lus om saam te brei vir ‘n baie goeie doel. Die reaksie was baie goed en ek kon baie bere gaan aflaai in Stellenbosch by Ingrid Linde wat die stigter en koördineerder van hierdie projek is. Die teddiebeerprojek is al sedert 2000 aan die gang en reg oor die land brei mense teddiebere wat versprei word aan kinders in hospitale in die Wes-Kaap. Baie dankie vir elke breier! Dit word opreg waardeer. As daar nog mense is wat wil brei, stuur asseblief ‘n e-pos aan hanlinde@gmail.com om die patroon te kry en brei saam.

Op die foto’s is die Piketberg bere met Marita Nel regs bo en Jackie Ferguson, regs, wat fluks gebrei het. Foto’s: Hanlie Linde


15

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink. Kontak asseblief 082 780 8698

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER

I am available for house-sitting / pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Te Koop Beesbiltong R175,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg Skakel Nellis 083 441 4032

Stuur u berigte/artikels/foto’s per epos aan diepiketberger@gmail.com voor 17 Februarie, verskyn 26 Februarie

(NUUT IN PIKETBERG) OPEN 2 FEBRUARIE 2015 ALGEMENE HERSTEL EN DIENS VAN VOERTUIE VERKOELER HERSTEL EN HERGAS BRAKE & CLUTCH HERSTELLE LANGSTRAAT 60 (AGTER LOXTON MOTORS) SANDRA – 071 815 5690 pqmeganies@gmail.com


16

Op die rakke van die Biblioteek

Nuwe Gesiggies by Huis AJL

Bespreking deur Marié Grobbelaar

Tolbos

deur Irma Joubert

Tolbos (2010) is die derde boek in die trilogie van Ver wink die Suiderkruis (2006) en Tussen Stasies (2007). Hierdie boek is ‘n historiese roman. Milieu: Die verhaal speel af vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989. Dit handel oor die val van Apartheid in Suid-Afrika en die val van Kommunisme in Pole. Katrien en Wladek, raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande. Die storielyn: Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis se ma verongeluk voor haar 12de verjaarsdag. Na haar ma se dood raak Katrien effe verwyder van haar familie. Sy hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Hierdie gebeure maak haar van vroeg af reeds bewus van die politiek en sy raak as student betrokke by politieke bedrywighede. Katrien word lid van die Black Sash en neem deel aan verskeie betogings. Vir haar lyk alles onskuldig, maar elke keer loop daar iets verkeerd en word sy gearresteer en dan moet Wladek haar kom loskoop. Katrien verloor haar werk as junior verslaggewer by Die Beeld agv ‘n artikel oor alternatiewe Afrikaanse musiek wat ‘n belangrike rol in die boek speel. Die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen Stasies, neem deel aan ’n betoging teen Kommunisme in Pole. So raak hy bewus van die politiek en raak betrokke by ondergrondse politieke bedrywighede. Hy vlug na Suid-Afrika as die veiligheidspolisie op sy spoor is. In Suid-Afrika kruis Wladek en Katrien se paaie, met baie interessante gevolge. Klimaks: ‘n Vrou by die Vrye Weekblad vra vir Katrien om haar twee vriendinne by die lughawe te gaan haal. By die Carlton Hotel ruk die polisie hulle pruike en brille af en sien dis ‘n jong man en middeljarige vrou – kommuniste. Katrien word opgesluit. Afloop: Sy word aangekla vir die oortreding van die Wet op Binnelandse Veiligheid en na John Vosterplein oorgeplaas waar al die politieke gevangenisse aangehou word. Eers die Dinsdag kon Wladek haar op borgtog uitkry. Nadat sy vrygespreek is, neem Wladek haar Durban toe om die Voëlvrykonsert by te woon. Na die konsert sy sê: “Ek voel vry – voëlvry.” Slot: Wladek vra vir Katrien of sy haar boek onder die naam Katharina Neethling of Kowalski gaan skryf. Sy antwoord: Katrien Kowalski.

Inwoners van Huis AJL geniet Kersete Die hoogtepunt van die jaar bly vir ons inwoners die jaarlikse Kersete. Baie dankie aan Winkelshoek vir die druiwesap, Trudie van Schalkwyk vir die blomme, Michiel Visser vir die geskenkies en al die gewillige hande wat kom help het.

Die nuwe gesigte by Huis AJ Liebenberg is ons vriendelike administratiewe beampte, Suzanne de Villiers en rekeningkundige beampte, Corné Brynard. Ons sien uit na ‘n lang verbintenis met die ACVV, baie welkom. Foto’s: Marie de Villiers

Skenking van Lions Klub Huis AJ Liebenberg sê dankie vir die R2 700,00 wat hul ontvang het van die Lions Klub van Piketberg wat sal aangewend word vir die opgradering van ons veiligheidstoerusting. Marie de Villiers ontvang die tjek vanaf Gerry en Pat Kühn. Foto verskaf

Gee Vreugde aan Huis AJL

Moeder Theresa het gesê: "Ons hoef nie altyd groot dinge te doen nie, ons kan klein dingetjies met liefde doen." Jy kan in 2015 soveel vreugde ervaar (en vreugde gee aan ander!) deur "klein dingetjies met liefde" aan die inwoners van Huis AJ Liebenberg te doen. Daar is so baie aktiwiteite waarmee hulle besig gehou kan word bv. Bybelvasvra, Flinkdink, Boekvoorlesings, Kaartspeel of Bordspeletjies, Rolbal op die grasperk, Potplantwedstryde, Ruik en Raai, Prente uitknip en plakboeke maak, Ritmiese Oefeninge, Modeparades, Praatjies of Debatte, Musical Chairs, Samesang, Handwerk en nog vele ander. Wil jy dit nie oorweeg om betrokke te raak nie? Onthou, gedeelde vreugde is dubbele vreugde!! Kontak gerus vir Marie de Villiers by Huis AJ Liebenberg by 022 913 1403.


17

Pierre & Anzel Coetzer

084 296 2670 potbellyrestaurantbar@yahoo.com Valentyns Ete @ R180pp Saterdag 14 Februarie STARTER Crumbed mushrooms or Calamari or Creamy Mussels MAIN COURSE: 250g Rump steak served with a sauce of love or Linefish fillet served with a sauce of passion or Chicken fillets served with the sweetest lemon kiss sauce DESSERT: Ice cream and fruit salad topped with a splash of Africa’s wild heart or Chocolate Mousse topped with a whoopy whipped cream

*Strictly Bookings

All Week Specials

* We also serve ice cold Castle Draught on tap now for 500ml R20 / 300ml R15 * 500g T-Bone + 500ml Castle Draught R110 * Porra Chicken Livers + 300ml Caslte Draught R65 * Linefish for only R75 * Bar Baskets and Pizzas Galore We do outside catering for private functions and special events. Come and enjoy the Potbelly Experience.

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat Sondae gesluit


18

Wat sê die Reg? Verhuurder dreig om elektrisiteit na eiendom te ontkoppel as gevolg van wanbetaling aan munisipale dienste

‘n Leser deel my onlangs mee dat sy ‘n woning huur en dat die huurkontrak bepaal dat sy, bo en behalwe die huurgeld, ook aanspreeklik is vir betaling van die munisipale Jacques Ehlers dienste. Sy het egter, vir redes wat nie vir hierdie artikel ter sake is nie, nie ‘n munisipale rekening vir die laaste paar maande ontvang nie, en kon gevolglik nie die munisipale dienste betaal nie. Ten spyte van die feit dat sy die situasie aan die Verhuurder verduidelik het, dreig die Verhuurder nou om die elektrisiteit na die woning te laat ontkoppel as gevolg van die nie-betaling van die munisipale dienste en wil die leser weet wat haar regte is. Meer as ‘n eeu gelede, het Hoofregter Innes hom in die saak van Nino Bonino v De Lange soos volg uitgedruk oor die kwessie van die reg in eie hande neem: “It is a fundamental principal that no man is allowed to take the law into his own hands; no one is permitted to dispossess another forcibly or wrongfully and against his consent of the possession of property, whether movable or immovable. If he does so, the Court will summarily restore the status quo ante, and will do that as a preliminary to any enquiry or investigation into the merits of the dispute.”

Dit is dus duidelik dat niemand die reg in eie hande mag neem nie en sou die Verhuurder, sonder die verkryging van ‘n hofbevel, die elektrisiteit na die woning ontkoppel, neem hy/sy die reg in eie hande en word die leser se “besit/beheer” of “gebruik” van die elektrisiteit onregmatig ontneem. Die leser kan haar dan tot die hof wend en aansoek doen vir ‘n mandament van spolie ten einde haar besit/beheer van die elektrisiteit te laat herstel. Om te slaag met die mandament van spolie, moet die leser (huurder) bewys dat sy in “vreedsame” en “ongestoorde” besit/beheer van die saak (in hierdie geval die elektrisiteit) was en dat die Verhuurder daardie besit/ beheer onregmatig (sonder ‘n hofbevel) van die leser ontneem het. Die mandament van spolie is ‘n summiere (spoedige) remedie wat daarop gemik is om die leser se besit/beheer van die elektrisiteit wat op ‘n onregmatige wyse ontneem is, te herstel. Tydens hierdie hofaansoek, oorweeg die hof nie die meriete van die onderskeie partye se beweerde regte oor die saak nie, met ander woorde die hof oorweeg nie die feit of die leser nie die dienste/elektrisiteit betaal het en of die Verhuurder gevolglik geregtig was om die elektrisiteit te laat ontkoppel nie. Al waarmee die Regter of Landdros hom besig hou, is met die kwessie van besit/beheer en die aard van die inbreuk daarop. Die leser wie se besit/beheer van die elektrisiteit onregmatig ontneem is, is dus geregtig op die herstel van sy/ haar besit/beheer van die elektrisiteit alvorens enige ander feite gedebatteer of besluit word. Met ander woorde, indien die hof bevind dat die huurder in vreedsame en ongestoorde besit/beheer van die elektrisiteit was en dat die Verhuurder die elektrisiteit ontkoppel het sonder om ‘n hofbevel tot daardie effek te kry, sal die hof gelas dat die Verhuurder die elektrisiteit onmiddellik weer moet aansluit. Hierdie remedie is so kragtig dat selfs ‘n onregmatige besitter – ‘n bedrieër, ‘n dief of ‘n rower – geregtig is op die mandament van spolie se beskerming. Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat ‘n Verhuurder nie die reg in eie hande mag neem by wanbetaling van huur of munisipale dienste nie en dat hy/sy eers die hof moet nader ten einde sy/haar regte af te dwing.

Kom proe die somer by die Somermark

Piketberg Toerisme hou ‘n Somermark op Saterdag 21 Februarie op die Museumgronde. Die mark fokus op tuisgebak/-gemaak en handvervaardigde produkte van die omgewing. Kom koop vrugte van die omgewing. Vars druiwe, Piket-bo-Berg vrugte, ingelegde konfyte en vars gebak. Al die stalletjies sal proe porsies aanbied en gratis waatlemoenskywe sal ook uitgedeel word. Vir die kinders bied ons ‘n reuse waterglybaan, terwyl ma en pa lekker middagete kan geniet. Om 10:00 en 12:00 sal daar gratis begeleide Historiese Piketberg Staptoere aangebied word wat vlugtig by al die historiese geboue in Kerk-, Hoof– en Voortrekkerstrate sal aandoen. Belangstellendes moet net by die Museum ingang ontmoet. Kom geniet gerus al Piketberg se lekkerte!

Stalletjie aansoeke kan nog tot 30 Januarie gestuur word aan tourism@piketberg.com. Vir navrae skakel gerus die Toerisme kantoor by 022 913 2063.


19


20

Fork Trucks for PPC 20 Jaar Gelede — Februarie 1995 Die Afrikaanse Kultuurvereniging van die SuidAfrikaanse Polisie het ‘n opstelwedstryd onder skole uitgeskryf. Die wenners was Jan Blankenberg (Steynville Sekondêr), Elrika Liebenberg (Dirkie-Uys, Moorreesburg), Johannie Liebenberg (Hoërskool Piketberg) en Theo van Zyl (Smuts-Malan, Riebeeck-Wes). PHS 1994 Matrieks hou trotse tradisie in stand! Al 31 leerlinge het geslaag. Dit is die agste opeenvolgende jaar dat die skool met ‘n 100% slaagsyfer kan spog. Garfield Booys van Steynville Sekondêr het ‘n gemiddelde A-simbool behaal. PHS Primêre Leerlingraad: Die leiers is Christoff van Wyk (hoofseun) en Hanneke Loubser (Hoofmeisie). Die res van die raad is Jan Hendrik Visser, Isa Eksteen, Eleanor Müller, Doret Vercuiel, Lial Hinkel en Conrad Kriel. Gedurende Desember 1994 het vyf van PHS se leerlinge aan die SA skole skaakkampioenskappe deelgeneem. Daar was 840 leerlinge teenwoordig by die toernooi. Advertensietariewe: Volblad R120; Halfblad R70,00; Kwartblad R40,00. Intekengelde R15,00 vir die jaar. ADVERTENSIES: GEVRA: Leë glaspotjies met metaaldeksels te ruil vir tuisgemaakte konfyt. PIQ-A-BURGER Restaurant en Take-a-Way.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Onthou om daai spesiale persoon in jou lewe te bederf op Valentynsdag Saterdag 14 Februarie

5 years have passed since the Linde H70D were delivered to the PPC de Hoek site and in this time, combined with our virtually maintenance-free direct hydrostatic drive which played a major part in the reduction of tyre wear, resulted in the first tyres only being replaced after 8000hrs of use. Linde Material Handling’s virtually maintenance-free direct hydrostatic drive delivers seamless acceleration, reversing and precision load handling. In fact, there simply isn’t a better alternative to Linde forklifts’ unique engine and transmission combination. Others have tried, but after 50 years of continual improvement, Linde engineers have elevated their hydrostatic drive system to a level of performance which puts it in a class of its own. The cost efficiency of Linde forklifts is also enhanced by many features built into every model, including exceptional ergonomics which minimise operator fatigue and hence the risk of accidental damage and by durability Linde is proud to be a supplier of PPC de Hoek and congratulate them on receiving their 4 x H70D 396 Series fork trucks.

4 x 7-D’s that were recently delivered to PPC de Hoek - testament to the partnership between PPC and Linde. Shelldon Uys, Branch Manager : Linde CT, Elzet van Jaarsveld, Area Sales Manager : Linde CT, Rodney Campher : Despatch Manager, PPC and Frank Scheun : Operations Trainer, PPC. Article and photo: Linki de Jongh-Brown

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


21


22

PHS se Nuwe Opvoeders

Marelize Oosthuysen, aflos opvoeder by Lewenswetenskappe, Maritska Hamman, senior primêr Wiskunde en Heino Warnich, Geografie, het aangesluit by Hoërskool Piketberg.

Babbel en Krabbel babbel en krabbel steeds Na 27 jaar by Babbel en Krabbel kyk juffrou Beryl Charles met dankbaarheid terug oor al die jare se genade. Sedert die skool se deure op 1 Februarie 1988 geopen is, het talle klein voetjies daardeur beweeg en is gevorm tot selfstandigheid danksy die liefde, passie en nougesetheid van elke juffrou en die gemeenskap se volgehoue ondersteuning om hierdie voorskoolse instansie te laat groei en volhoubaar te hou. Vanjaar het dit tyd geword om opknappings en verbeteringe aan te bring en daarom word 'n groot fondinsamelingsprojek geloods. Die bestuur doen 'n beroep op elke oudkleuter wat intussen 'n tandarts, ingenieur, entrepreneur, verpleegster, dokter, onderwyser, brugbouer, tegnikus en eienaar van 'n eie besigheid geword het, om die skool te kontak by 022 913 2441. Juffrou Beryl is steeds daar om jou stem te hoor. Ons plaas die foto's en name van die pre graad R-klas en die graad R-klas van 1988.

Mari Ehlers proef tans by PHS. Foto’s: Sanet Ackermann

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Pre Graad R 1988 Voor is Wilbrey Langeveldt, Bruce Ockhuis, Grindley Crotz, Jonike Willemse, Lizel Jonas, Reginald Booysen en Jacques Phillard. In die middel is Jeremy Miggels. Jeremy Somers, Luwellyn Hector, Nadine Isaacs, Maritza Pieters, Pauriane Claase, Berenice Dirks, Devan Willemse en Jo-Ann Hector. Agter by juf Linda Strauss is haar seun, Lindsay, Heinrich, Anthea Kayster, Malvolm Jagers, Wayne Julius, Rody Kayster, John-Paul Muller, Michelle Mouers, Zelda Adams en Warren George, juffrou Maria Booysen en juffrou Beryl Charles.

Kontak Henk Pieters 071 583 6164

Graad R 1988 Voor is Surita Dietrich, die tweeling Lester en Luzelle Smith, Megan Erasmus, die tweeling Byron en Brandon Sonneberg en Anthony Maarman. In die middel is Warren Afrika, Zella Noble, Vera Roman, Marezell April, Veronique Witbooi, Margaret Karolus, Joan Booys, Marianna Blaau, Jay-Bee Adams, Therlo Jaren en Angelique Isaacs. Agter is Ivan Pietersen, Ian Mushfield, Bradley Otto, Redcliff Julies, Heinrich, Eben Esau, Quinton Manies, Wayne Sass, Karel Erasmus, Zane Erasmus, Enise Le Fleur en Evette Charles.


23


24 Goedverwacht se Akademie vereer

Op Sondag 16 November het wbC (we be Christians) 'n plaaslike liefdadigheidsorganisasie 'n diploma plegtigheid gehou vir alle leerders van Goedverwacht wat akademies goed presteer het in 2014. Hierdie is 'n unieke geleentheid aangesien dit nie gekoppel is aan 'n opvoedkundige inrigting nie, maar aan 'n gemeenskap. Alle leerders van Goedverwacht wat 'n diploma, graad, sertifikaat of trofee ontvang het kon deelneem, ongeag hulle onderrig instansie. 'n Totaal van 94 leerders het deelgeneem teenoor verlede jaar se 71. Die onderrig sentrums van deelnemers sluit in Goedverwacht Primêr, Steynville Primêr, Carl Schreve Primêr (Wittewater), Excelsior Primêr (Bellville), Hoërskool Piketberg, Steynville Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Diazvile Hoërskool, UCT, Weskus College, London School of Business, ETDP en CPUT. Elke deelnemer het 'n geskenkpak ontvang en nog 16 spesiale pryse is ook vir besonderse prestasies uitgeloof. Meagan Dietrich, 'n Gr 11-leerder aan Steynville Sekondêr het dmv 'n roerende skyfievertoning, ander leerders en die breë gemeenskap aangemoedig om te volhard in hulle studies en nooit tou op te gooi nie. Sy het op haar unieke manier mede studente, opvoeders en almal wat tot haar opvoeding bygedra het, bedank. Doneley Lesch van Goedverwacht Primêr is aangewys as die top presteerder in die Laerskool kategorie, want sy het sewe diplomas ontvang en is ook aangewys as die PPC Dux-student 2014. Stuart Daries, Gr.12-leerder van Hoërskool Piketberg is aangewys as top hoërskool leerder met drie diplomas en 'n volgehoue akademiese prestasie van 75%. Op tersiêre vlak het Ingrid Rowan geskitter met haar BTech graad in verpleging asook 'n diploma in

verplegingsbestuur wat sy aan CPUT behaal het. Astrinita Erasmus het ook op tersiêre vlak uitgeblink met 'n 'Academic Giant Award' vir haar 81% gemiddelde wat sy in die akademie behaal het aan CPUT. Ingrid Rowan het die verhoog gedeel saam met haar dogter, Inge-Ray (Gr 6) en Christelle Dietrich het ook die verhoog gedeel met haar dogter, Destiny (Gr 1). Hierdie is 'n merkwaardige prestasie, aangesien dit nie algemeen is dat ouers saam met hulle kinders in dieselfde jaar vereer word nie. Alle leerders en eregaste is later by die plaaslike toerisme sentrum getrakteer met middagete. Dit was inderdaad 'n besonderse voorreg om as 'n geseënde gemeenskap saam uitsonderlike hoogtepunte te kon vier.

Meagan Dietrich lewer haar toespraak. Berig en foto: Shawné Esau


25

kliënte baie dankie te sê vir jul volgehoue ondersteuning. Mag 2015 ‘n voorspoedige


26

Klas van 2026

PHS se Graad R’s

Graad 1 saam met Suné Rheeder.

PHS se Graad R klas saam met Maria Joubert en Marili Hanekom. Foto: Marietha Goosen

PHS se Blikkie Wenners

Graad 1 saam met Hanlie Olesen.

Die Laerskool Blikkie Wenners saam met Petrie Smith en Hendrien van Sittert is van voor kloksgewys Marli Coetzee, Roux Basson, Renna Saul, Diago Joubert, Pieter Bruwer, Jo-Mari Gal, Stephan Laing, Mark Poggenpoel, MJ Möller en Anieka Möller. Lee Smith, Anette Bruwer en Lise Bruwer was ook wenners.

Grade 1 Eng with Susan de Vries. Foto’s: Marietha Goosen

Christof Smith, Petrie Smith, Dané van Niekerk, Legreche Adams, Micaela Smith, Schalk Mouton (Algehele wenner) en Elizna Visser. Foto’s: Sanet Ackermann


27


28

Kersfees is hier! Saam met Trippe Trappe

Dis met groot opwinding wat al die kleintjies van Trippe Trappe Kleuterskool die jaar 2014 afgesluit het met ‘n wonderlike Kersfees konsert. Dansende kabouterjies en feetjies, takbokkies, kaapse klopsies en sterretjies het saam met Kersvader almal welkom geheet en die aand wonderlik afgesluit met die verhaal van Jesus se geboorte, en saam die grootste geskenk wat mensdom nog kon kry, herdenk. Dankie aan al die ouers, personeel en borge vir u hulp en ondersteuning. Dit was voorwaar ‘n genotvolle aand. Baie geluk aan al die seniors met hul gradeplegtigheid. Hierdie jong leerdertjies skakel almal in by ‘n Gr R-klas gedurende 2015. Dit is dan ook met groot hartseer dat Trippe Trappe moes afskeid neem van ‘n getroue hulp, Leah de Wee, wat op pensioen gegaan het. Leah het saam met Juffrou Ester Anthonissen by die skooltjie begin en was vir 18 jaar haar getroue regterhand. Trippe Trappe sal jou voorwaar baie mis en alle voorspoed en God’s rykste seën word vir haar en haar eggenoot toegewens. Augusta de Wee, Leah se dogter, is aangestel as een van die nuwe assistente.

Laurette Burger, Leah de Wes en Leandra Loubser. Foto’s: Nadine de Waal


29

Steynville Leerders begin hul skoollooopbaan

Graad R(1) en klasopvoeder Gerty Esau.

Graad R(2) en klasopvoeder Marianna Fortuin.

Graad R(4) en klasopvoeder Eloise Julius en klasassistent, Leilani Swarts.

Graad R(5) en klasopvoeder Lynette Williams en klasassistent, McKyllin Donkerman. Foto’s: Danthea Whitlow

King na WP Akademie

Graad R(3) en klasopvoeder Elmarie Abrahams en klasassistent, Danthea Whitlow.

Nuwe Opvoeder

Steynville Primêr verwelkom ‘n nuwe opvoeder by Graad 6, Astrinita Erasmus. Sy het verlede jaar haar studies by CPUT Wellington voltooi en betree nou haar eerste jaar in die onderwys. Foto: Elzanne Boshoff Sien Goedverwacht Akademie se berig –Red

Johan King het pas aangesluit by die WP Akademie in Tokai vir sy matriekjaar. As voormalige leerder aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad en vir 'n kort rukkie Glenwood High in Durban, het Johan verskeie sport geleenthede aangegryp. Hoewel hy ook in hokkie en krieket uitgeblink het, is rugby sy groot liefde en het hy hom meestal daarop toegespits. Hy het oa deelgeneem aan toernooie soos die Tony Stoops, die Remax, Cravenweek en ook die Kersney Festival. Johan se ouers, Andy en Riekie, woon vir die afgelope drie jaar op Piketberg. Foto verskaf

PHS Kleure Atletiek Vrydag 30 Januarie PHS sportgronde


30

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


31

Boland SUPERSPAR Jaareindfunksie

Boland Superspar het by die jaareindfunksie vir die personeel ‘n paar toekennings uitgegee na ‘n jaar van harde werk. Mary de Wee is aangewys as Spanlid van die Jaar. Janine Monk het die toekenning ontvang vir die beste vordering en Mervern Dietrich het die Staatmaker toekenning ontvang. Marietjie Pedro, Anita le Fleur en Francina Adams het 25 jaar langdienstoekenning ontvang. Dean Jankielsohn oorhandig die toekennings aan die betrokke personeel.

NUWE SUSHI MENU BY SUPERSPAR Boland

LUNCH BAR CAMPMASTER TRAILER WENNER

Baie geluk aan Elna Laas, sy is die wenner van die Lunch Bar Campmaster trailer kompetisie. Marlene Visagie (Vloer splanleier) oorhandig die groot prys aan haar. By hulle is een van die erfgename, André Coetzee.

Onthou elke Dinsdag is Pensioendag by Boland Superspar!


32

Boland Superspar Laataand Kersinkopies!

Baie geluk aan die wenners van die Kersvader Inkleurkompetisie. Op 19 Desember het Boland Superspar ‘n laataand inkopie Karnaval gehou. Die winkel was tot 22:00 oop vir kliënte. Nesquik mannetjie het ook kom inloer om die pryse te oorhandig. Foto’s met Kersvader is beskikbaar by Kiekies en Meer.

Back to School Lunch Box Idea

Aan al ons studente wat ‘n nuwe skooljaar begin asook die kleintjies wat hulle eerste skooljaar begin, ons wens julle al die beste vir die jaar! Onderwysers, ons dink ook aan julle—sterkte met die jaar! Groete Boland Superspar personeel

1 Piketberger Feb 2015  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you