__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 27 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2020

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

AAAAAAAA’s vir PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Bruidspare... Pp4, 6 Gradedag…p8 Ses A Kant Krieket...p14 Marinda Toppresteerder...16 BTPV Blokwenners..pp20,22 Young Valleys Rugby...p24 Skolenuus...pp32,33,34 Aldo Eerste met Visuele Kuns...p34

PHS se 2019matrikulante vaar uitstekend in die eindeksamen met 8 leerders wat ‘n gemiddelde Asimbool behaal. Op die foto bo is die skoolhoof, Quinton Engelbrecht by Bosmann Rossouw (3de posisie), Petro Grundlingh, Marinda Nelson, Top kandidaat, Janke van Schalkwyk (2de posisie), Johan du Toit en inlas: Lize Visser, Aldo Olivier en Maryna Hagen. (Sien ook pp16 en 34). Foto’s verskaf

Quality Motorcycle & Quad Supplier


2

Redaksioneel Piketberg is vol Pollyannas Ek het dit lankal geweet en nou het ek 'n naam vir hulle: die Pollyannas van Piketberg. Pollyanna is die hoofkarakter in die gelyknamige 1960Walt Disney fliek met Hayley Mills in die hoofrol. Sy is 'n weeskind dogtertjie wat almal op 'n klein plattelandse dorp se uitkyk verander met haar vrolike geaardheid. Sy leer veral vir hulle iets wat haar sendelingpa, wat op 'n jong ouderdom sterf, vir haar geleer het......."how to play the glad game"....... Pollyanna het die vermoë aangeleer om in elke situasie iets te vind om oor bly ("glad") te wees. 2020 is 'n goeie jaar om hierdie speletjie met oorgawe te speel. En in Piketberg nog makliker, aangesien hier reeds 'n magdom vrolike Pollyannas is wat saam speel. Die reëls is eenvoudig. Enige aantal spelers en enigiets is goed genoeg om oor "glad" te wees. Die enigste uitdaging is dat dit soms, net soms, 'n bietjie dinkwerk gaan vra om iets te vind om oor "glad" te wees. Die goeie nuus is, jy SAL iets vind om oor "glad" te wees, dis gewaarborg. In Die Burger, 50 jaar gelede, is geskryf oor 'n voorval waarin drie mense beseer is in 'n vragmotor ontploffing. In 'n onlangse Burger, skryf een van dié beseerdes in ’n sms, na 50 jaar en vertel dat hy en die verpleegsuster wat mekaar 50 jaar gelede in die hospitaal ontmoet het, in Maart vanjaar hulle goue bruilof vier. Ek sal nie weet of hy die "glad game" gespeel het nie, maar wat ek weet, is dat die "glad game" hom deel gemaak het van die speletjie. Probeer dit, dit sal een van die beste dinge wees wat in 2020 met jou gaan gebeur as jy 'n lewenslange lidmaatskap aanvaar van iets wat jou kies - jy moet net saam speel.

Don’t forget to be awesome. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Michiel Kitshoff skryf...

Piketberg kan trots wees op sy Munisipaliteit wat die strate skoon en netjies hou. Veral oor die Kersgety het hulle ekstra moeite gedoen om soggens vroeg Langstraat en omliggende strate se rommel en vullis op te tel. Baie dankie aan almal wat betrokke was daarby.

Plaashuis te huur 3km van Pools sowat 17km van Piketberg Onmiddellik beskikbaar 0721494574 of 0710664459 Michiel Kitshoff PERSEEL TE HUUR, OU NEDERBERG HOTEL Perseel te huur, geskik vir winkel, koffiewinkel of kombuis vir kosvoorbereiding. Kontak Annerie op 083 360 4772

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com


3


4

Einde van die jaar troues

JJ Human en Rozel Kotze is op 16 November te Groenrivier, Riebeek-Wes getroud. Foto: Jané Ulla

Heinrich en Cecile van Zyl is op 14 Desember te Org de Rac getroud. Heinrich is die seun van Elbie en wyle Albert van Zyl van Malmesbury. Cecile is ‘n dogter van Jacques en Sarie du Toit van Piketberg. Foto: Angel’s Photography

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings

Skakel 022 913 1132

Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net

Clyde Nero en Veresia van Wyk is op 14 Desember getroud. Die seremonie en onthaal was by The Views Guest House in Piketberg. Foto: Anthony Palm


5

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1920 tot 2020 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


6

Ashley Booyse en Noélle Langeveldt se groot dag

Ashley Booyse en Noélle Langeveldt is op 30 November 2019 te Laatson, Porterville in die huwelik bevestig. Ashley is die seun van Dr Eerwaarde Adonis en eerwaarde Elsabie Booyse. Noélle is die dogter van Paul en Elisma Esau. Die paartjie het hulle in Kaapstad gevestig waar Ashley ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester is en Noélle ‘n Apteker. Foto’s: Ghida Visser Die paartjie het self ingestaan vir die koste van die kleur volblad. –Red.


7


8

Oud-PHS’ers Presteer Foto’s verskaf

Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in Diereproduksie en Agronomie by Elsenburg. By hom is een van sy dosente, Nelius van Huysteen, regs.

Arno van Deventer ontvang sy Graad: B Agric met 3 onderskeidings by Elsenburg.

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Driaan van Wyk behaal ‘n B-graad in Onderwys Cum Laude aan CPUT Wellington. By hom is Tharien (sy ma) en Johan Engelbrecht. Driaan beklee ‘n betrekking by Hoërskool Dirkie Uys, Moorreesburg.


9


10

Hungry like a Lion HUNGRY LION BRINGS KING-SIZED CHICKEN TO PIKETBERG

Hungry Lion brought joy to the people of Piketberg when they opened a new store to great fanfare on 12 December. The Mayor of Piketberg, Alderman Ray van Rooy got the formalities underway by cutting the ribbon to officially open the store. A DJ, giveaways, sign-spinners, and of course, delicious food, made for a day jam-packed with fun. Tashalene Reid, Chief Marketing Officer for Hungry Lion said, “We aren’t just in the business of selling chicken. More than that, we’re in the business of SHARING. We know that food brings people together and that is at the heart of what we do. We want to bring joy to our customers through our food and we are very happy to be able to share more with Piketberg.” With this Hungry Lion, who recently celebrated 22 years of SHARING MORE, now boasts more than 200 stores in six countries across Africa.

Kort jou tent/seil herstelwerk na die vakansie? Kom herstel dit, voordat jy dit bêre. Ons bied ook die volgende: * Stoffering van banke en stoele * Motorsitplekke en motorplafonne * Trekkersitplekke * Spesiale versoeke

Neem alle plastiekdoppies en brood tags na die Openbare Biblioteek of na LB Wernich Biblioteek.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276

NG Kerk Piketberg Pretdraf en Burgeraand Vrydag 6 Maart

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


11

Winkel Zonder Naam Danie en Petra Smit het pas ’n Winkel Zonder Naam oopgemaak in Hoofstraat 26, Piketberg. Die idee van die winkel is dat besoekers by Petra in die kombuis kan gaan kuier. Terwyl jy rustig en gemaklik sit en gesels, slaan sy iets lekkers aanmekaar om te eet. Sover moontlik is Winkel Zonder Naam diabeet vriendelik, alhoewel enigiemand hier kan kom eet. Jy sal geen “set menu” hier vind nie, en mense kan hul idees deel, Petra werk met wat sy in die yskas het en boonop so gesond as moontlik. Jy gaan nie “deep fried” kos hier kry nie. Winkel Zonder Naam het nie wegneembakkies en -bekers nie. Bring jou kosblik en sit jou broodjies of kos daarin as jy dit wil wegneem. So ook kan jy jou eie beker bring vir ‘n wegneem koffie of tee. Besoek gerus WZN se Facebook bladsy waar foto’s van Petra se gebak verskyn. In WZN is ook allerhande tierlantyntjies te koop. Dan is daar ook Vra vir Danie. Hy kan gekontak word vir enige nutsmanwerk, van gloeilamp vervang tot wasbak lekkasies en enige irriterende nie-werkende goed wat reggemaak moet word.

DUP MEUBELS

Vanaf 1977

Dup Meubels se personeel wens almal ‘n voorspoedige 2020 toe. Kom loer gerus in vir ‘n groot verskeidenheid huishoudelike produkte. Japie du Plessis

Jakobus Burger

Tel: 022 913 1251 / 1307 Faks: 022 913 2443

dupmeubels@telkomsa.net

Voortrekkerstraat 43 Posbus 112 Piketberg 7320

Faesa Koordom is die gelukkige wenner van ‘n Univa 20liter mikrogolfoond met Dup Meubels se prystrekking geëindig November 2019. Jakobus Burger oorhandig die prys aan Faesa. Foto verskaf

Die volgende Piketberger, die Maart-uitgawe, verskyn op 27 Februarie 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Februarie 2020 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


12

DESEMBER WENNERS:

Jean Boetzkes

Clive Abrahams

Johan Rust


13

Vroue Landbou Vereniging BelĂŞ in Vroue vir 2020 VLV belĂŞ in vroue vir 2020 is vanjaar se tema vir VLVKaapland. Graag nooi Piketbergtak alle dames na die eerste vergadering op 13 Februarie om 09h30 in die Biblioteeksaal. Openbare Sake is verantwoordelik vir die inhoud van die oggend met die onderwerp Veiligheid. Piketberg SAP en ALEX alarms is die onderskeie sprekers. Kom luister gerus en indien u enige vrae het is u baie welkom. Dra gerus iets roois vir Valentynsdag op 14 Februarie. VLV is inspirerend, interessant, leersaam en net 'n gesellige oggend saam met ander vroue. Kompetisies in die tak is geensins verpligtend nie, alhoewel dit baie sinvol en leersaam is om deel te neem. VLV probeer ook om op verskeie gebiede 'n verskil te maak en betrokke te raak by projekte.

VLV-datums vir 2020: Teken in u dagboek aan. 13 Februarie: Openbare Sake 12 Maart: Opvoeding & Kultuur 7 Mei: Kunste & Handvlyt 9 Junie: Gesondheid 13 Augustus: Landbou & Tuinbou 8 Oktober: Leefstyl 4 November: Afsluiting Nuwe lede is baie welkom - enige navrae kan aan die voorsitter, Nicoline Brown gerig word by 082 477 0665. Teegeld vir besoekers/nie-lede van R35 is betaalbaar by die deur. Baie dankie aan die getroue borge wat die VLVjaarboek vir die tak moontlik maak. Borge vir 2020 is: LIEBCO Vleishandelaars/Foods; DUP Meubels; Superspar Boland; Dr Sam en Berenice Scheepers; RSAM Agri Makelaars; AGRISELL; Piketberg Bandediens; Skoonheidsalon Sanet; Bergrivier Dental Dr Herold Truter; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg Apteek; All About Travel en Drs Smit en Morrison

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou swart sak.

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.

Onthou om te herwin!

Dit is die regte ding om te doen! Die sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit

Kontant vir jou gebruikte voertuig Motors en Bakkies Skakel Francois West 083 464 6960

francoiswest7@gmail.com


14

Piketberg Krieket Klub Fick Sementwerke Ses A Kant Toernooi

Piketberg Krieket Klub wil met hierdie foto's en berig alle borge en spanne bedank vir hulle deelname aan die Fick Sementwerke Ses A Kant Toernooi. Die toernooi het op Saterdag en Sondag 14-15 Desember 2019 op Tollie Adams plaasgevind. Op die dag het 6 spanne deelgeneem en die wenners was die Blatjan Boys en Naaswenners Jah Lions. Die wenspan het weggeloop met ‘n R5000 kontantprys. Die volgende spelers het toekenings ontvang: Fick Master Blaster: Lorenzo Ockhuis (Speler met meeste 6’e) Speler van Toernooi: Lorenzo Ockhuis Bouler van Toernooi: Geoffrey Marcus Beste Veldwerker van Toernooi: Morné Visagie Beste Vangskoot van Toernooi: Adonis Wes. Span met die beste uitrustings: Jah Lions Die klub bedank ook alle ander borge: Caltex Piketberg, Piketberg Apteek, Barry Goliath Creations en ons hoofborg Fick Sementwerke. Foto’s verskaf

Lede van Piketberg Blom- en Tuinbouklub, links, vier saam met Kampsbaai Blomklub hul veertigste (Robyn) verjaardag. Die viering neem die vorm van ‘n “High Tea” aan. Besoekers word bederf met blomdemonstrasies deur top blomkunstenaars. Moira van der Westhuizen, Esther Samuels, Micky Visser, Katinka Morrison, Elbeth Liebenberg en Jackie Ferguson van Piketberg het gaan deel in die pret. Foto verskaf Piketberg Blom- en Tuinbouklub se eerste vergadering vanjaar is ‘n blomdemonstrasie deur Katinka Morrison. Tema: Loofontwerpe. Dit vind plaas in die Biblioteeksaal op Woensdag 5 Februarie 2020. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00. Vergadering begin om 9:30. Besoekersfooi R40. Nuwe lede is baie welkom. Ledegeld R180 vir die jaar.


15


16 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons is aan die begin van ’n nuwe jaar en hoop u gaan ’n besonderse jaar beleef. My wense aan elke inwoner is ’n nuwe jaar met vrede en tonne liefde met u familie en dat God Sy seën mildelik oor u sal uitstort. Ek hoop en vertrou u het ’n vreugdevolle feesgety beleef met u familie en vriende. Dankie ook vir die vreugde, blydskap en liefde wat u in my lewe gebring het, ek waardeer dit. Raadsheer Ray van Rooy Baie geluk aan alle matrikulante van die klas van 2019 wat geslaag het na al die harde werk. ’n Spesiale woord van gelukwensing aan die topleerder van Steynville Sekondêr en Piketberg Hoërskool en diegene wat onderskeidings behaal het. Leerders, moenie by die huis sit nie, gaan uit en begin jou studieloopbaan om jou te bekwaam. Diegene wat nie so gelukkig was nie, moenie sleg voel nie, want weet jy het jou beste gegee. Maak gebruik van die hereksamen en gee jou beste om sukses te behaal. Ek wil alle ouers gelukwens op hul kinders se prestasie en vra ook om hulle te ondersteun om verder te studeer. My opregte dank aan ons kringkantoor, skoolbestuurders, alle opvoeders en beheerliggame wat ons kinders onderrig en ondersteun het. Dit is ’n nuwe en eerste skooljaar vir baie kinders wat in Graad 1 is en ’n pad wat hulle nog 12 jaar moet loop. Sterkte en voorspoed aan die ouers met hierdie kind se skoolloopbaan. Voorspoed ook aan alle ander leerders by ons verskillende skole in Piketberg en omgewing. Gee jul beste, leer hard, wees gehoorsaam en woon elke dag jou skool by. Skoolbestuurders en opvoeders, ek bid vir julle vir jul diens wat julle aan ons kinders gee om sukses van hul skoolloopbaan te maak. My beroep aan kerke, gemeenskapsorganisasies en die inwoners van Piketberg is om hande te vat om die euwels in ons gemeenskap hok te slaan. Werkloosheid is ’n groot kopseer in ons dorp en lei tot baie dinge soos huise sonder kos ens. Dwelms en drank is besig om ons inwoners se lewens te verwoes, want dit breek huwelike op, inbrake/diefstalle neem toe, tienerswangerskappe skiet die hoogte in, kinders verlaat skool en dwelmbase word net ryker. Ons sal saam moet staan met die SAPD teen bekamping van die euwels of ons gaan ons dorp verloor. Ons moet ook begin omgee vir mekaar en veral vir mekaar se kinders. Daar is ’n spreekwoord ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind.’ Piketberg, kom ons word wakker voor dit te laat is. Ons leuse vir 2020 is jaar van diens-uitnemendheid waar ons gaan fokus op dienslewering. Bergrivier Munisipaliteit sal toesien dat strate skoon is en dat sypaadjies in ’n goeie toestand is. U is welkom om my te kontak as u straat of sypaadjie vuil is, want dit is onaanvaarbaar. My oproep is ook dat ons gebruik sal maak van die vullishouers op sypaadjies en ook mense sal aanspreek wat mors. Enige slaggat in u straat moet onmiddellik aangemeld word. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za of burgemeester @bergmun .org.za

Marinda PHS se trots

Marinda Nelson, PHS se 2019-Topkandidaat, is tans 'n Leerling Rekenmeester by Reko Rekenmeesters in Vredenburg. Sy begin hierdie jaar met haar 3 jaar SAIPA-klerkskap terwyl sy deurentyd BCom Finansiële Rekeningkunde deur Unisa studeer. Marinda het die geleentheid gehad om op ‘n paar verskillende plekke skool te gaan, van Haasbekkies in Citrusdal, HS Citrusdal, HS Graafwater en Augsburg Landbougimnasium tot waar sy in Gr 10 se tweede kwartaal PHS ontdek het. Sy het haar studies op skool met erns aangepak aangesien sy grootgemaak is in ‘n gesin waar almal se gesindheid is om hard te werk vir dit wat jy in die lewe wil bereik. Vir haar wonderlike onderwysers het sy groot agting en respek en beskou hulle as die sleutel tot haar puik uitslae. Volgens Marinda het Hoërskool Piketberg van die beste onderwysers in die land en hul vriendelikheid, gewilligheid om uit hul pad te gaan om behulpsaam te wees, en hul passie vir hul werk het haar geïnspireer om net haar beste te gee. Haar uitslae lyk soos volg: Afrikaans Huistaal: 94% Engels Eerste Addisionele Taal: 93% Wiskunde: 91% Lewensoriëntering: 86% Rekeningkunde: 97% Lewenswetenskappe: 96% en Fisiese Wetenskappe: 91%. Wat buitemuurs betref het Marinda graag aan Eisteddfods en spelathons deelgeneem. Sy is veral mal oor lees, tyd spandeer in die buitelug en om te bak en te brou.

Ilze-Mari blom by Jan Kriel Ilze-Mari Coetzee van Piket-Bo-Berg en oud PHS’er, is sedert verlede jaar ‘n leerder by Jan Kriel Skool in Kuilsrivier. Ilze-Mari is vanjaar, in haar gr 11jaar, verkies tot prefek, VRL-lid en tot bestuurslid van die VRL.


17


18


19


20

Bergrivier Tafeldruiwe blokkompetisie wenners uit Piketberg Bergrivier Tafeldruif Produsente Vereniging het in Desember 2019 en Januarie 2020 die 33ste jaarlikse blokkompetisie gehou waarin die top tafeldruifblokke in die hele Bergrivierstreek meeding om die gesogde trofee. Die streek strek vanaf Simondium tot ongeveer 30 km verby Piketberg. Die kompetisie het 3 afdelings Produksieblok (blokke in volle drag), Jongblokke (voor 3e drag) en dan die Top produksiespanprys vir die span wat die beste punte behaal vir hulle kennis en vaardigheid in die blok. Sewe beoordelaars wat kundiges is in die industrie het vir 3 dae lank die 31 blokke beoordeel. Onderhoude met 155 betrokkenes is gevoer en meer as 1000 km is afgelê. Borge is vanaf die Bergrivier area en betrokke in die Landbouindustrie.

Hierdie jaar het die kompetisie ‘n nuwe dimensie bygekry deurdat die landbouwerkers van die plase ook betrek is en deelgeneem het aan die kompetisie. Die blokke is dus deur die span ingeskryf en nie net deur die Bestuurder soos in die verlede nie. Die verskillende spanlede moes dus vrae aangaande die blokke beantwoord op grond van hulle spesifieke verantwoordelikhede. Dit was ‘n reuse sukses en die borgskappe borg ‘n studietoer na Bakersfield, Amerika vir die produksieblokwenner en sy Assistent. Die res van die spanlede het kontant en produkpryse gewen. Hopelik kan BTPV volgende jaar die Jongblok wenners ook oorsee stuur. Die wenners van die afdelings volg op p22:

Wenner Produksieblok: Henk vd Westhuizen en Piet Farao, middel bo. Niklaas Pieters, Johannes Fortuin, Piet Farao, Henk vd Westhuizen, Jannie Jacobus en Charl Smith (GM): Ralli Seedless, Môrester, Piketberg.

Wenner Jongblok: Gerhard Olivier en Johannes Carolus, regs op die foto. Ashley Williams, Pieter Mostert, André Jacobs (Direkteur), Dabian Fortuin, Gerhard Olivier, Johannes Carolus: Sweet Sapphire (IFG6), Lac du Soleil, Piketberg. Foto’s en berig: Eurica Scholtz van die Bergrivier Tafeldruiwe Produsente Vereniging


21

Save The Date

4 April 2020


22 Bergrivier Tafeldruiwe blokkompetisie vervolg: Produksieblok wenner: Henk vd Westhuizen en Piet Farao: Ralli Seedless, Voëlplaas, Môrester, Piketberg. Produksieblok naaswenner: PG en Jan Bernard Marais: Sweet Globe (IFG10), Dasdrif, Moorreesburg. Jongblok wenner: Gerhard Olivier en Johannes Carolus: Sweet Sapphire (IFG 6), Lac du Soleil, Piketberg. Jongblok naaswenner: Fielies du Toit en Hennie Le Kay: Sweet Joy (IFG 17), Nieuwe Sion, Simondium. Beste produksiespan wenner: Sakkie vd Westhuizen en Jerid-Lee Waries met Mario Adams, Cardo Saroon, Dean Joseph met blok Sugra 34 (Adora) van die plaas Cemadar, Broodkraal. Jerid-Lee het ook einde 2019 die Landbouwerker van die jaar kompetisie in Bergrivier streek gewen. Berig en foto’s verskaf deur Eurica Scholtz van die Bergrivier Tafeldruuiwe Produsente Vereniging.

Wenner produksiespan: Mario Adams, Jerid-Lee Waries (Assistent Bestuurder), Dean Joseph, Cardo Saroon en Sakkie vd Westhuizen( Bestuurder): Sugra 34 (Adora), Cemadar, Broodkraal.

20 Jaar gelede - Februarie 2000 Voorblad: Vier van die 31 PHS-matrikulante behaal 'n Agemiddeld: Ilsé van der Merwe, Stephanie Kotzé, AD Lambrechts en Rhoda Visser. Redaksioneel verskyn vir die eerste keer. Seuntjie Kitshoff spog met 144 sagte speelgoed wat hy binne 12 maande met R2-munte gevang het. Vrouerubriek fokus op Rosa Lategan. Esther Anthonissen, Gr R-juffrou vir Chané Augustyn, was 30 jaar tevore haar pa, Jaco, se juffrou op Calvinia. Die sussies Arina, Mabet en Esté Rossouw van Eendekuil, behaal puik prestasies. Die Natuur in ons omgewing deur Oom Hennie, fokus op die Klaasskaapwagter. Heslene Burger is aangewys as die beste praktiese student by Isa Carstens. Pierre Olivier, nuwe bestuurder by Boland PKS, bederf die inwoners van Huis AJ Liebenberg met sjokoladekoek en melktert. Biddy se Balletskool betower met Die Towerwinkel. David Steenkamp skenk sy 100ste pint bloed en ontvang 'n goue vulpen. Rietkloof, bestuur deur Johan Nel, se Sunred Seedless is die wenblok in die Bergrivier Tafeldruif Produsentevereniging se blokkompetisie. Advertensies: Liebco se Weskuswors @R16,98/kg Groot erf met 50m2 huisie te koop @ R48 000 Griepinspuitings eerste week in Maart by Drs Nel, Van der Merwe en Pienaar Kaassmeer te koop @R7/250ml Sparnaval: Whole Frozen Chicken @R8,99/kg

Hannes Genis, 90 jaar, se perdemeul

‘n Skaalmodel van ‘n tipiese perdemeul gemaak gedurende 2019 deur Hannes Genis (90 jaar) van Bergtuin, Piketberg Foto verskaf deur Suzette Fouché


23


24 Die Young Valleys Rugbyklub

'n Op en wakker rugbyklub is onlangs op die been gebring met die doel om 'n fikse en gesonde lewensstyl aan te moedig, gesonde kompetisie te geniet, jongmense van die straat af te hou en dwelmgebruikers en eksgevangenes 'n tweede kans te gee. Hulle sal binnekort te staan kom teen spanne van so ver as Ceres, Tulbagh en Paarl. By die eerste wedstyd sal die span in hulle splinternuwe truie verskyn, geborg deur die stigter en hoofborg, Frikkie Rossouw van Kleine Vogel Vallei.

Die Piketberger se Datums vir 2020

Die Young Valleys Rugbyklub se voorsitter, Clive Swarts, hoof afrigter Eddie Frederiks, twee hulpafrigters Almarsh Esau en Kobus Hendriks en 'n voornemende speler, Denzil van Wyk. Young Valleys se uitgangspunt is om vir manne soos Denzil, 'n eksgevangene, 'n kans te gee vir 'n nuwe begin. Foto's: Marietha Goosen Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

MAART: Berigte in 18 Februarie : Verskyn 27 Februarie APRIL: Berigte in 17 Maart : Verskyn 26 Maart MEI: Berigte in 14 April : Verskyn 23 April JUNIE: Berigte in 19 Mei : Verskyn 28 Mei JULIE: Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie AUGUSTUS: Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie SEPTEMBER: Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus OKTOBER: Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober NOVEMBER: Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober DESEMBER: Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26


27


28

Piketberg Animal Outreach Piketberg Animal Outreach is ‘n beweging wat begin is deur ‘n groepie vrywilligers wat die nood van sommige diere in ons gemeenskap raakgesien het. Die doel is om ‘n bekostigbare gesondheidsdiens vir die diere te skep en ook om troeteldier eienaars op te voed iin die versorging van hul troeteldiere. PAW het gereël met ‘n Staatsveearts dat om Piketberg elke maand te besoek. Die datums word aan die begin van die jaar verskaf. Die paar vrywilligers reël afsprake en doen die hele dag diens by die klinieke. Hierdie diens is slegs vir werklik hulpbehoewende mense. Indien daar ‘n siek troeteldier opdaag en die eienaar het nie geld om hom of haar te laat behandel nie, betaal PAW die kostes. Dit is veral belangrik dat die eienaars die belangrikheid van sterilisasie van hul troeteldier sal besef. Dit is werklik hartverskeurend om te sien hoe honde net toegelaat word om aanmekaar aan te teel. Die doel is om elke maand ten minste sewe diere te steriliseer, wat slegs ‘n drupppel in die emmer is, maar na ‘n paar jaar maak dit tog ‘n verskil. Indien ‘n werpsel gered word, word die ma gesteriliseer deur die Staatsveearts of die plaaslike veearts. Dit gebeur selde dat die eienaar bydra tot die koste, dus is dit PAW se

verantwoordelikheid. As ‘n werpsel hondjies gered word, is die ideaal om pleegouers te kry wat bereid is om hulle in te neem. Tans is daar slegs twee huishoudings wat bereid is om as pleegouers vir hondjies op te tree. Voornemende eienaars moet ‘n aannemingsvorm votooi en huisbesoek word gedoen om te verseker dat die hondjies en katjies die regte huise kry. PAW sien verder toe dat die mahond of -kat gesteriliseer word. Daar is op die oomblik vier huise waar pleegkatjies geplaas word. Daar bestaan geen shelter vir die optel- en weggooidiere nie. Indien iemand kans sien om te help met pleegsorg, sal dit baie help. Die vrywilligers by PAW samel geld in deur die verkoop van tweedehandse klere en ander ware, gewoonlik op Saterdae by Hoofstraat 60, maar verdere donasies van diereliefhebbers is van groot waarde. Donasies kan by Piketberg Dierehospitaal op Katinka se welsynsrekening inbetaal word of in ‘n dieresorgrekening by Capitec Bank. Hoe meer donasies en hoe meer vrywilligers, hoe meer diere kan gehelp word. Kos vir babakatjies en -hondjies is altyd welkom asook komberse en tweedehandse ware vir verkope Saterdae, veral beddegoed, gordyne en komberse is in aanvraag. Ook nrs 32 en 34 mansklere is baie gewild.

Piketberg Animal Outreach

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na:

diepiketberger@gmail.com

NG Kerk Fonteinfees 7 Maart 2020


29


30


31


32

Trippe Trappe Kleuterskool

Alison se Swemskool

Alison Muller het talle kleuters waterwys gemaak. Hier is sy met Hanlie en Kenneth Smit met Isabella en Mila, links en Elray Immelman met Helen en Johan Hanekom met klein Johan. Foto verskaf

Trippe Trappe kleuterskool verwelkom hul nuwe junior en senior maatjies. Foto’s verskaf

Lise by Afrika Spele

Lise Bruwer het as lid van die SA Ritmiese gimnastiekspan, deelgeneem aan die afgelope Sone 5 Afrika Spele by die Universiteit van Pretoria. Sy verwerf twee goue medaljes: Goud individueel vir knuppels en Goud as lid van 0/11 level 6-span wat met hul alge-


33

Gr R’s vir 2020

PHS se Gr R-klas saam met Sujen van Huyssteen, Maria Joubert en Luy-Anne Pienaar. Foto: Marietha Goosen

PHS se Gr 1’s

Hoërskool Piketberg se een Gr 1(N)-klas saam met Karisa Nel.

Groenvlei Primêr

Hoërskool Piketberg se Gr 1(S)-klas saam met Iza Schreuder. Foto’s: Marietha Goosen Groenvlei Primêr se Gr R-klas met Beryl Booyse.

Groenvlei Primêr se Graad 1-klas saam met Louwna Burger. Foto’s: Marilee van Zyl

Voetspoortjies se Gr 1’s

Voetspoortjies se Gr 1-klas saam met Annelie Lutz. Foto: Marietha Goosen

Hoërskool Piketberg kleureatletiek Spanleiers Foto verskaf


34

Welkom aan die Onderwysers

Voetspoortjies se twee nuwe personeellede is Karin Jooste, Graad R en Annelie Lutz, Graad 1, by skoolhoof Bianca Jordaan, middel. Foto’s bo en onder: Marietha Goosen

Nuwe Onderwysers by Steynville Primêre Skool is Claudine Pieters, Gr 2B, en Euodia Williams, Gr 3B.

Hoërskool Piketberg se nuwe onderwysers is Chantelle Steenkamp Gr 2, Endriëtte LeRoux-Smith Gr 3, Karisa Nel Gr 1, Madelie Kruger VBS, Rouxsanne van Wyk Intermediêr en Sujen van Huyssteen Gr R. Foto: Frederik Kotze

Aldo Wes-Kaap Kunswenner

Aldo Olivier van PHS ontvang die toekenning vir die beste kandidaat in die Wes-Kaap vir Visuele Kuns (100%). By hom is Allan Winde (Premier), Debbie Schaefer (Minister van Onderwys), en Brian Schreuder (Onderwyshoof). Foto verskaf

This year PCS decided that it was time for our very own athletics event. Two very competitive color teams, red and blue competed against each other to see who would be this year's winner! 'n Wonderlike dag gevul met ‘n klomp hygende, gelukkige asempies wat nie kon wag vir die volgende resies om te begin nie. Alle ouderdomme was betrokke, selfs ons A-span ouers. Baie dankie aan elkeen wat ons eerste kleurebyeenkoms bygewoon en ondersteun het. 2020 het werklik met 'n groot gejuig "weggespring"! Die Rooi span was die wenners.


35


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Feb 2020  

Piketberg good news

Die Piketberger Feb 2020  

Piketberg good news

Advertisement