Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

6 A’s vir PHS

Quinton Engelbrecht, skoolhoof van PHS, spog weer met ‘n 100% slaagsyfer, ses leerders met A-gemiddeldes, waarvan twee leerders sewe onderskeidings het, 17 leerders met B-gemiddeldes en 73 Vakonderskeidings. 62% van die leerders slaag met universiteitstoelating. Die ses leerders wat ‘n A-gemiddeld behaal het is Willem Wiggins, 83% met 6 onderskeidings; Christine Werle van der Merwe, 80,7% met 5 onderskeidings; Zana Vorster 85,6% met 5 onderskeidings; Anke Schreuder 86,4% met 6 onderskeidings en met sewe onderskeidings elk, Daniël Brand, 87,9% en Dewald van Deventer 88,4%. Dewald, Daniël en Anke het onder die top 20 leerders in die Weskusstreek geëindig. Foto’s: Rina Engelbrecht

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Wêreld Vleiland Dag...p4 VLV Nuus...p6 Oud-PHs’ers vang graad...p7 Piquet Fees...p13 Badisa Poppie Projek...p14 Bewaring en Jag...p16 Diensheld Wenners...p19 Johan Beste Fotograaf...p24 Hare vir Kansa...p27 Kleure Atletiek...p35 Krieketklub kry pette...p38


2

Redaksioneel Op Safari Dis Vrydagoggend, ek verlaat my huis vir die begin van 'n 4x4-reis na Kenia. Nee wag, ek kan nog besluit, óf 5 350km oor land van Piketberg na Eldoret, of 'n opwindende bootreis van Kaapstad na Mombasa en vandaar na Eldoret. Al wat ek weet is, my eindbestemming is Kenia. Kix is op pad na Kenia om die kerk se werk, wat deur Suid-Afrikaners 111 jaar gelede daar begin is, te ondersteun. Klink my ek moet net opdaag, die reis is reeds bedink, beplan en betaal. Langs die pad is 20 plekke om te verken en ek het 'n volle 9 maande om daar te kom. Klink te goed om waar te wees. Nie almal van ons is op pad Kenia toe nie. Waarheen jou reis ookal mag wees......sien dit as reeds bedink, beplan en betaal. Daag jy net op! Geniet die rusplekke langs die pad en ontdek opwindende nuwe dinge. Klink dit te goed om waar te wees? Maak 2019 jóu jaar, op safari saam met die Here. Wees verseker van 'n lewensveranderende avontuur. Don't forget to be awesome.

Marietha

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Marianne Kitshoff skryf… Baie dankie aan al Piketberg Bandediens se personeel wat my Vrydag so vinnig gehelp het om die pap band van my motor te herstel ten spyte van hul bedrywige program. Uitstekende diens! André Kennedy skryf… Dankie aan Die Piketberger vir die plasing van SA Jagtersvereniging se berig. Hierdeur het ons nuwe lede gewerf.

Nuwe Telefoongids vir Piketberg

Badisa Piketberg beplan om gedurende 2019 ‘n nuwe weergawe van die Piketberg Telefoongids uit te gee. Hulle gaan die 2018/2019 Telkom telefoongids gebruik. Maak asseblief seker dat jou inligting daarin korrek is. Indien jy nie meer ‘n landlyn het nie en graag jou selfoonnommer wil laat insit kontak hulle so gou moontlik. Besighede wat ‘n advertensie wil plaas, kan Badisa kontak, maar hulle beplan om alle besighede, wat in die vorige uitgawe advertensies gehad het, in Februarie te kontak . badisapiketberg@telkomsa.net / 022 913 2545 / sms of whatsapp 083 7544 760

Gebou Te Huur Losstaande gebou te huur by ou Nederberg Hotel. Beskikbaar 01 Februarie tot 30 November 2019. Skakel 022 913 1886 tussen 09:00 en 12:00 om te reël vir besigtiging.


3


4

Wêreld Vleiland Dag

Huldeblyk

Alida Lintnaar

22/01/1974 - 18/12/2018

Eens ‘n vol Verlorenvlei… (sien foto onder) 2 Februarie is Wêreld Vleiland Dag en ‘n geleentheid om hand in eie boesem te steek oor wat van Verlorenvlei, die juweel van ons eie wêreld oorbly. Die Vlei is op sy knieë met groot gedeeltes dor en droog en nuwe riet wat opslaan in die middel waar daar eens golwe was. Die oorblywende water is vlak en grotendeels afkomstig van fonteine binne die vlei. Dit is ‘n proses van aftakeling wat oor jare aankom met laer watervlakke jaar na jaar. Gelukkig is daar tyd om die situasie te red, mits Vriende van die Vlei gou genoeg optree. Die vlei word aangeval deur aardverwarming, swak bestuur en beheer, ongebreidelde boerdery sonder respek vir die Natuur en die mens ongelukkig sy grootste vyand. Is dit ons nalatenskap aan ons kinders of pak ons die bul by die horings? Indien u belangstel om ‘n paar paddas, voëls, otters en visse te red, kom help asseblief, daar is werk vir almal, jonk en oud. Gaan kyk gerus self, stap op tussen die krake, tussen die nuwe riet en vra: “Wie moet help as dit nie EK is nie? Wanneer gaan ek help as dit nie vandag is nie? Alle Vriende van die Verlorenvlei, kom asseblief na vore. ‘n Verlorenvlei Aksie Komitee word binnekort gestig. Kontak saveverlorenvlei.co.za of skakel Pierre Brink 082 378 ‘n Dooie Otter 6828. Kyk gerus SABC TV2 FOKUS op Sondag 3 Februarie om 18:00 vir meer oor hierdie onderwerp. Berig: Pierre Brink

En nou, van naastenby dieselfde plek af geneem, droog…(vergelyk foto bo). Foto’s: Pierre Brink

Vir Namakwaland se kaalvoet meisiekind was nie 'n lang aardse lewe beskore nie, eerder 'n voluit lewe, 'n lewe ter wille van ander, ‘n lewe waarin sy haarself gee en ‘n lewe wat diep, onuitwisbare spore in Piketberg laat. Pastor Alida, Suster Alida, A'lida's of te wel Alida Lintnaar..... jou naam, wat beteken "sy wat gevare te bowe kom", "meisie", "edel vrou" en "skat", sal nog lank op almal se lippe wees. Apostel Mark se "edel vrou", Ma vir Caleb, Ciara en Joshline, leraar vir dié wat honger na die Woord, ontwerper en naaldwerkster vir die hele gemeenskap, sakevrou met 'n onwrikbare geloof wat "uitdagings te bowe kom", spysenier vir die hongeres van vlees, spreker wat bemoedig, God se "skat". Alida het daarna gestrewe om die gemeenskap op te bou, om ander te inspireer, om in ander te glo, om ander te laat lewe, te bemagtig en beter te maak. Verseker laat jy 'n merk op veral elke vrou se lewe. Sy word onthou as 'n rots, stewig en standvastig, en ook 'n skuiling vir die broses. Alida, toe ons jou hart vir minder bevoorregtes sien, het ons Jesus se hart gesien. Alida, toe ons jou hoor bid oor alles wat jy aanpak, het ons Jesus hoor bid tot die Vader. Alida, toe ons jou hande voel wat omgee en dien, het ons Jesus se merke gevoel.

Huldeblyk

Dawid Basson 06/09/1930 - 03/01/2019 Dawid Basson word deur die gemeenskap van Piketberg onthou as 'n vredevolle mens, iemand wat respek verdien, eerlik, hardwerkend, 'n man van God en 'n uitmuntende musikant. Soos hy geleef het, het hy sy eie getuigskrif geskryf. Vir 47 jaar werk hy by Boland Bank, wat eers Caledon Kamer was. Sy familie onthou besonderse eienskappe soos eerlikheid, netheid en stiptelikheid.....eerlikheid veral by die kerk, hy't altyd gesê, "onthou as jy kerkgeld vat, kry jy brandhand". Sy voorliefde vir musiek en sang het gemaak dat 'n Ouma eendag opgemerk het: "Broer sing nes Pat Boon". Hy het sy hart uitgesing in die kerkkoor en die mannekoor. Saam met sy seuns maak hy musiek in sy eie orkes. Die dansvloer het geruk en die tantes se lywe het geskud. Kunswerk was een van sy vele passies, sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie.......verfwerk, naaldwerk, konfytkook, blomme rangskik en vlieërs maak vir die kinders. In sy jeugjare was hy 'n kranige rugbyspeler. Dawid Basson was nie 'n man wat van nonsens gehou het nie. Sy sêding, "Kêrels, as julle 'n ding doen, doen dit reg of los dit en as jy nie 'n ding het nie, bly daarsonder", sal hulle altyd koester. Met 'n glimlag onthou hulle sy pyp met die Springbok tabak, later Boxer. Toe sy longe probleme gee, en hy vermaan word, was sy verweer: "Baas Duckie het gesê ek kan maar rook". Ná sy aftrede het hy steeds baie gedoen in en om die huis. Op 88 jaar het hy sy laaste kettie gemaak. Nederig en eenvoudig, daarom, deur sý "laag lê" staan Dawid Basson se 10 kinders regop.


5


6

VLV NUUS

Pietman oftewel Peter Mitchell

Nuwe Tema vir 2019 : Laat ‘n Voetspoor / Leave a footprint Nuwe Projektema vir 2019 : Plastiek ons Vyand / Plastic our Enemy

Vroue Landbouvereniging skop af met hul eerste Openbare Sake Ledevergadering op 14 Februarie 2019. Die tema is Veiligheid in en om die Huis (Uitstalling en demonstrasie van veiligheidstoerusting). Kom luister gerus wat u kan doen in ‘n poging om ‘n moontlike brand in en om die huis te verhoed. Wees paraat! Spreker: Deon Alberts, Hoof van Rampbestuur Bergrivier Munisipaliteit Tyd: 09h00 vir 09h30 in die Biblioteeksaal Almal welkom – Nie-lede: R30 vir tee en verversings Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

TREK IETS ROOI AAN VIR VALENTYNSDAG! Hiermee ook ‘n groot dankie aan die borge wat tot die nuwe 2019 VLV-Jaarboekie bygedra het: All About Travel; Superspar Boland; PC Tech; Dup Meubels; Drs Smit en Morrison; Liebco Foods; Dr Truter; Praktika; Skoonheidsalon Sanet; Dr Sam en Berenice Scheepers; Piketberg Drukkers; Piketberg Apteek; Piketberg Bandediens; Sunset Verhuring; Agrisell; Michelle Visser (Fisio) en RSAM Agri Makelaars.

Piketberg VLV-lede saam met Pietman Geldenhuys, gaskunstenaar, na ‘n gesellige steakbraai-ete op 7 Desember wat deur die VLV en Piketberg Landbouvereniging gereël is by De Berge Gastehuis. Foto verskaf

Blomontwerpe met Maskers Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg wens al die Piketbergers ‘n voorspoedige nuwe jaar toe. Die klub se eerste vergadering is Woensdag 6 Februarie in die Piketberg Biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00, die vergadering begin om 9:30. Katinka Morrison gaan ‘n paar blomontwerpe vir die tafel demonstreer. Lede van die bestuur gaan ook blomontwerpe met maskers as hooftema uitstal. Almal welkom, besoekers betaal R40. Ledegeld vir die jaar vir lede is R180.


7

Oud-PHS’ers vang Graad

John Eksteen, onderhoofseun en Dux-leerder by PHS in 2012 behaal sy MBChB-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is tans besig met sy twee jaar internskap as dokter by Worcester Provinsiale Hospitaal.

Madré van Zyl, hoofdogter Ricardo de Villiers verin 2014 by PHS, het haar werf sy BEd-graad, InterBestuursrek Graad aan die mediêre- en Senior Fase Universiteit Stellenbosch by CPUT Wellington. verwerf en daarna haar Ricardo is NOS gedoen. Madré is tans Gr 5-onderwyser by by Hoërskool Swellendam Laerskool Eversdal in waar sy oa Rekeningkunde Durbanville. onderrig. Foto’s verskaf

Watervleuels vir Coenie

Dorinda (Gollie) Smit het Cum Laude verwerf vir haar Bed-graad by CPUT Wellington. Dorinda werk tans by United Exports in die Paarl en het ook haar eie Tutor besigheid in die Paarl.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Herbst van der Merwe, hoofseun en Dux-leerder in 2014 by PHS, het die Baccalaureus Graad in die Natuurwetenskappe in Landbou (Grondkunde en hortikultuur) met Cum Laude gewerf by Universiteit Stellenbosch. Herbst is tans besig met sy Meestersgraad.

Coenie Kotze ontvang sy "watervleuels" (brug waghou kwalifikasie kenteken). Foto verskaf

Gedurende Maart word weer gradeplegtighede gehou. Stuur asseblief julle foto’s. Dankie!

022 913 1600 / 022 913 2075


8

SAPD groet Elna Na 37 diensjare by SAPD het Elna van der Merwe einde Desember afgetree. Vroeg in haar loopbaan was sy op Calvinia, Wellington en Stellenbosch. Sedert 1990 was sy vir 10 jaar op Piketberg, waarna sy in 2000 verplaas is na Eendekuil en sedert 2002 die bevelvoerder was. Foto verskaf

Piketberg groet AO Otto Sgt Jonathan Otto is bevorder na die rang van Adjudant Offisier te Hopefield Polisie waar hy aangestel is as Vispol Bevelvoerder. Adjudant Offisier Otto was ‘n staatmaker polisie-beampte in die gemeenskap van Piketberg en sy bevordering los ‘n groot leemte wat nie maklik gevul sal word nie. Piketberg se verlies is Hopefield se wins. Ons wens ons vriend en kollega alle voorspoed toe met sy nuwe uitdagings. Berig en foto: Sgt Ghirshwin Muller, Piketberg SAPD

Willem se Waatlemoen Willem Nelson se onlangse waatlemoen oes het 'n gesonde waatlemoen van 18kg opgelewer. Wat dit meer besonders maak, is dat Willem op sy sy "boer" en sy tuin vir die afgelope drie jaar met 'n troffel omskoffel. Lees weer, ja, as jy nie kan staan en buk nie, moet jy maar op jou sy lê en tuinmaak (foto onder). Die tuin, wat Willem sewe jaar gelede gevestig het, uit 'n dor leë aarde, spog nou met 'n wye verskeidenheid lekkernye........vye, granate, kwepers, waatlemoene, pampoene, nartjies, lemoene, suurlemoene, olywe, koejawels, appelkose, mango's, druiwe, tamaties, turksvye en proteas en aalwyne vir verdere verfraaiing. Na 20 jaar van boerdery in die Springbok omgewing, kan Willem net nie sy hande uit die grond hou nie; geen siekte of ongemak kan hom stuit nie. Met Marie, flink en vlytig aan sy sy, is enigiets 'n heerlike uitdaging en die lewe 'n vreugde. Voorwaar 'n inspirasie. -Red.

Die volgende Piketberger verskyn op 28 Februarie 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 Februarie 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Willem en Marie Nelson in hul spogtuin. Foto’s Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


9


10 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons is aan die begin van 2019 met elkeen wat sy of haar verwagtinge het vir die jaar. Ek wil as Uitvoerende Burgemeester alle inwoners hartlik bedank vir u ondersteuning aan die munisipaliteit gedurende 2018. Ons het moontlik nie almal tevrede gestel Raadsheer nie, maar ons sal aandag gee aan Ray van Rooy alle uitstaande sake van die publiek in 2019. Laat my toe om weer ’n bietjie te spog oor Bergrivier Munisipaliteit se skoon oudit wat ons gekry het. Dit is te danke aan goeie oorsig en besluite van die Raad en goeie bestuur van die munisipale bestuurder, direkteure en ons werkers by Bergrivier Munisipaliteit. Ons verseker u dat u belange eerste kom en glo in ’n skoon administrasie. Die inwoners kan my te enige tyd kontak as u probleme met die administrasie ondervind. Hartlik geluk aan alle matrikulante van 2018 wat suksesvol was met hul eksamens en ’n spesiale woord van geluk aan diegene wat ’n A-simbool behaal het. Ons opregte dank aan die opvoeders wat die leerders onderrig het en seker gemaak het ons kinders behaal sukses. Jongmense, voorspoed en sterkte met jul verdere studies. Sterkte en voorspoed aan ouers wie se kinders vir die eerste keer vanjaar skool toe gaan vir die volgende 12 jaar. Belangrike sake van gemeenskaplike belang het aandag geniet by die burgemeesterskomitee: Ons het alle deernisgevalle se agterstallige skuld afgeskryf en wil ’n beroep op hulle doen om hul rekeninge op datum te hou. Oprigting van onwettige strukture is ’n groot bron van kommer en ons wil inwoners aanmoedig om die nodige toestemming by die Raad te kry. Onwettige smokkel- en dwelmhuise is ook ’n groot kommer. Ons opregte dank aan ons plaaslike SAPD wat die verskeie klopjagte op die groot visse se huise uitgevoer het met groot suksesse. Bergrivier Munisipaliteit wil graag die volgende as uiters belangrik beskou vir Piketberg se inwoners: Kom ons hou ons strate en sypaadjies skoon deur rommel in vullishouers te gooi. Moenie verkeerstekens afbreek of beskadig nie. Moenie die sportfasiliteite en speelparke afbreek of beskadig nie. Stop die harde musiek in die laat nagtelike ure in ons woonbuurt en op openbare ruimtes. Stop die gejaag van voertuie in ons strate. Moenie die bottels in die straat of sypaadjies stukkend gooi nie. Ons wil ’n beroep op inwoners doen om die munisipaliteit of myself te kontak as daar afgebreek word. Kom ons vat hande en spreek die euwels in ons gemeenskap saam aan deur verhoudinge te bou tussen die munisipaliteit, kerke, skole, sportklubs en gemeenskapsorganisasies. Die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester is reeds besig om met belangrike rolspelers kontak te maak, maar ons moet as gemeenskap saamstaan om die verskil te maak. Ons as munisipaliteit is positief om die verskil in die gemeenskap te maak met u en andere se hulp. Voorspoed vir 2019 aan alle gemeenskapleiers en ons geliefde inwoners.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

Nuwe Direkteur : Finansiële Dienste “Onder leiding van die Uitvoerende Burgemeester, die Raad en die Munisipale Bestuurder is dit in ’n kort tydjie by Bergrivier Munisipaliteit vir my baie duidelik dat konkrete en kwaliteit dienslewering voorop gestel word”. Só sê Marius Wüst, Bergrivier Munisipaliteit se nuwe Direkteur: Finansiële Dienste. Wüst (48) is aangestel op 2 Januarie 2019. Sy rol behels in breë trekke die finansiële bestuur van die muniMarius Wüst sipaliteit se geldsake binne die wetlike raamwerk, veral die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) asook die Verkrygingsbestuursregulasies en verskeie ander wette. Hoofkomponente van die rol sluit in die bestuur van die inkomstes, uitgawes, verkryging asook die begroting en verslagdoening. Sy ervaring behels meer as 20 jaar in die publieke- en privaatsektors in beide finansiële en tegniese rolle. Vorige werkgewers sluit in Stewart Scott (raadgewende ingenieurs); Deloitte & Touche; ASLA; APG; Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika; Departement van Plaaslike Regering en Provinsiale Tesourie en Stellenbosch Munisipaliteit. ’n Boorling van Bellville, het Wüst sy tersiêre opleiding verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch – Siviele Ingenieurswese; Universiteit van Kaapstad – Rekenmeester en Universiteit van Natal – Honneurs in Finansiële Rekeningkunde. Aan die einde van 2018 het Wüst sy 5-jaar kontrak by Stellenbosch Munisipaliteit as Hoof Finansiële Beampte beëindig. Volgens hom, geniet hy die werksomgewing wat die tegniese wêrelde van fisiese dienslewering deur infrastruktuur en ontwikkeling met finansiële bestuur, kombineer. “Ek is baie dankbaar vir my permanente aanstelling as Direkteur: Finansiële Dienste by Bergrivier Munisipaliteit en is ook baie opgewonde oor die geleenthede wat die rol my bied om die gemeenskap te dien,” het Wüst gesê. Die inwoners van die dorp, voeg Wüst by, is baie vriendelik en dit is werklik ’n groot voorreg om deel te wees van die Bergrivier gemeenskap. As hy nie besig is om te werk nie, hou Marius daarvan om tyd saam met sy gesin te spandeer. Sy gesin is ywerige kampeerders en is ook baie lief vir die buitelewe. Hy hou ook van lees oor finansies en ontwikkeling. Laastens sê Wüst, “Ek sal my bes doen om my deel by te dra tot die span. As deel van die munisipale span sal ek ook die inwoners se belange en behoeftes in ag neem tydens die begrotingsproses op ’n verantwoordelike manier”.

Maanlig Stap

Die Ark Koringberg - Volmaan - Vonkelwyn Vinger-ete - Voetslaan Dinsdag 19 Februarie RSVP Bregda Mostert 083 597 0091


11


12

‘n Foto vertel ‘n storie Deur Gerna Croeser

20 Jaar Gelede - Februarie 1999 Voorblad: Drie leerlinge van Piketberg kry 'n Agemiddeld. Hulle is Sybil Eksteen en Maresa van Niekerk van PHS en Janet Booys van SSS. Arthur Willemse, stadsekretaris, word aangestel as stadsklerk. Lions verf Radie Kotze Hospitaal. Boland Spar, saam met alle Spar winkels in die Wes-Kaap, het gedurende die Kersseisoen kospakkies versprei aan minderbevoorregtes. Spar verras pasiënte by hospitaal met vrugtepakkies. Boland Spar se Marlene Afrika is aangewys as Spanlid van die Jaar en die Mees Bevorderde toekenning gaan aan Elizabeth Julies. Lindsey Groenewald, Sunél Nortjé en Martin van der Merwe woon 'n tenniskamp op Stellenbosch by. Die Piketberger sal voortaan nie meer via PHS versprei word nie.

Advertensies: Ze Broodhuis melktert @ R12,50 Luukse 3 slpk-woonhuis in rustige deel van Piketberg, swembad, tuin met besproeiingstelsel te huur @ R2000 p/mnd. Advertensieruimte in Die Piketberger: Volblad R180, halfblad R100, Kwartblad R70. 1ste Graad Gouda Kaas @ R19,99/kg.

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Stories en woorde is maar in my bloed. My ma en pa begin gereeld ‘n sin met: Ek wil gou vir jou ‘n mooi storie vertel. Ek het in my vakansie verskeie kere gewens ek was nog op laerskool sodat ek met die begin van die skooljaar vir almal hierdie storie van My vakansie kon vertel, want dit was net vir my die wonderlikste leef en lag ervaring saam met al my broers, ons gesinne en my ma en pa. Vir die eerste keer in meer as 24 jaar was al die Mosterts (en ‘n paar Croesers), dit is nou Ouma, Oupa, kinders, gades en 9 kleinkinders plus een Amerikaner van Kentucky saam vir Kersfees. Vandat my broer, Wium, en sy gesin uit Amerika die dag geland het, het die kuier begin. Ons het gaan stap en gedraf in die berge, gebraai, biltong geëet, wyn geproe, Thirty seconds gespeel, gelag, verjaarsdag gehou, baie Engels gepraat en net die saamwees geniet. Matthew kon gou sekere Afrikaanse woorde verstaan, want ons het by tye vergeet van die Engels. My ma, Johmine, het gesorg vir al die lekker dinge soos beskuit, tuisgebakte koekies en terte, frikkadelle en haar wonderlike hoenderpastei. Wium se dogter, Hannelie, sê ‘she is pretty sure if you google the word Ouma, the first picture to appear will be of ouma Johmine’. Onder die Kersboom het ons klomp met tannies en nefies Kersliedere gesing en weer gehoor van die wonder van Jesus se geboorte en geskenke uitgedeel met kinderlike opgewondenheid. En weer geëet en gekuier. Kersdag het begin met ‘n Kersdiens onder die eikebome van Stellenbosch. As ek na die twee foto’s kyk, is dit wat ek alles weer beleef en onthou. Die Citroën wat my pa sedert 1972 het, is so deel van die Mosterts dat so ‘n bymekaarkom net nie sou sin maak sonder foto’s van die ou mooi kar nie en as ons mooi sit pas ons vier kinders nog agterin. In die motor sit Wium (Mossie) Mostert agter die stuur, Johmine langsaan, Gerna agterin en agter staan Wium, Wilhelm en Herman. Foto’s: Matthew Church


13


14

Plastiekdoppies vir Rolstoele Seun Kitshoff by 'n kattebak vol sakke met plastiekdoppies wat mense by die Openbare Biblioteek afgegee het. Moedig mekaar asseblief aan vir hierdie wonderlike projek, waar rolstoele uit plastiekdoppies gemaak word. Piketberg en Eendekuil het reeds drie rolstoele oorhandig, een aan NG Kerk Eendekuil, een aan Home Based Care en een aan Badisa. Etlike kilogramme doppies word eersdaags Kaap toe geneem en lesers kan uitsien om te sien hoe die rolstoel oorhandig word. 'n Groot dankie aan Jacques Adams van Herwinning wat doppies eenkant hou vir die projek. Baie dankie aan Coenie Smit wat die doppies gaan haal, was, sorteer en berg. Inwoners kan hierdie projek ten volle steun as elke huishouding self hulle doppies afdraai, uitspoel en eenkant sit en wanneer daar 'n sakkie vol is, dit na een van die biblioteke of kerke neem. Vandaar sal dit by die rolstoelprojek uitkom. Kontak Teresa van Niekerk vir enige navrae in dié verband by 083 539 5048.

Badisa Poppie Projek

Badisa is besig met 'n Poppie Projek met die oog op Kinderbeskerming. Deur middel van ses verskillende poppe (swart, bruin en wit seuntjies en dogtertjies), word ware verhale van kinders wat beskermingsdienste ontvang, vertel. Die poppie vergestalt dus die kind wat hulp nodig het en die verhaal word onder 'n skuilnaam vertel. Die projek sal aan individue, skole en besighede bekend gestel word om sodoende die gemeenskap betrokke te kry by kinders in nood. Ná so 'n verhaal, kan 'n individu of groepie mense 'n poppie huisves vir 'n week of meer om in die poppie se behoeftes te voorsien. Gedurende Kinderbeskermingsweek in Mei sal mense geleentheid kry om plakkers aan te koop ten einde Badisa se fondse vir kinderbeskermingsdienste aan te vul. Kyk gerus op Badisa se webwerf by www.badisa.org.za om meer hieroor uit te vind. U kan ook Badisa se kantoor op Piketberg kontak by 022 - 913 2545.

Personeel by Badisa is Irene Pickard-Baron, maatskaplike werker, Hannie Visser, administratiewe beampte en Nolene Gysenberg, maatskaplike hulpwerker. Nolene is 'n nuwe aanstelling in die Badisa kantoor. Foto: Marietha Goosen

PHS Laerskool Leiers Jandré Truter en Annika Steyn is aangewys as PHS se Laerskool Hoofleiers vir Kwartaal 1. Foto: Rina Engelbrecht


15


16

Bewaring en Jag

Deur Jacob van Deventer, Cape Nature

Baie mense vind dit moeilik om Bewaring en Jag in dieselfde asem te noem. Is hierdie twee uiteenlopende aktiwiteite versoenbaar? CapeNature is die organisasie verantwoordelik vir die bestuur en bewaring van biodiversiteit in die Wes-Kaap vir huidige en toekomstige geslagte. Dit is CapeNature, asook elke burger in die Wes-Kaap, se verantwoordelikheid om te verseker dat ons natuurlike hulpbronne op ‘n verantwoordelike en volhoubare wyse benut word. Dit sluit die jagbare wildspesies in wat in ‘n vrylopende staat in die Wes-Kaap voorkom. CapeNature ondersteun die beginsel van etiese jag en maak voorsiening vir wettige jag in die Ordonnansie op Natuurbewaring, No. 19 van 1974. CapeNature reguleer dus alle vorms van jag sowel professionele jag in die Wes-Kaap. Daar word jaarliks ‘n Jagkennisgewing uitgevaardig en in die Staatskoerant gepubliseer vir die jag van wildspesies wat in ‘n vrylopende staat in die Wes-Kaap voorkom. Hierdie jagkennisgewing bepaal die jagseisoen vir elke spesie sowel as die daaglikse jagbuit wat deur die jagter gejag mag word. Die wetgewing bepaal ook dat elke jagter wat enige van hierdie spesies wettig wil jag, in besit moet wees van ‘n jaglisensie. Die Wet bepaal ook dat elke lisensiehouer na afloop van die jagseisoen, die jaglisensie se teenblad moet voltooi en dit in te dien by CapeNature. Op hierdie teenblad word aangedui hoeveel diere gejag is en die spesies wat gejag is. Hierdie inligting is baie belangrik vir CapeNature deurdat dit hulle in staat stel om te monitor of jag nie ‘n nadelige invloed op die onderskeie spesies het nie. CapeNature moedig alle jagters aan om aan te sluit by Georganiseerde Jagorganisasies soos SA Jagters en Kaap Jag. Hierdie jagorganisasies het streng etiese kodes waaraan hulle hulle lede onderwerp en dit sterk CapeNature se hand deurdat dit die gesindheid van jag-

Die Piketberger se Datums vir 2019 Berigte/dvertensies moet ons bereik

Verskyn

MAART 28 FEBRUARIE 19 Februarie APRIL 28 MAART 19 Maart MEI 23 April 3 MEI JUNIE 30 MEI 21 Mei JULIE 18 Junie 27 JUNIE AUGUSTUS 1 AUGUSTUS 23 Julie SEPTEMBER 29 AUGUSTUS 20 Augustus OKTOBER 24 September 3 OKTOBER NOVEMBER 31 OKTOBER 22 Oktober DESEMBER 19 November 28 NOVEMBER Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com   

Knip uit en bêre

ters positief beinvloed. Verder moedig die jagorganisasies hulle lede aan om jaglisensies uit te neem en die voltooide jaglisensies in te dien. Lede van jagorganisasies kry verder gedurig opleiding en blootstelling aan skiet om hulle vaardighede te ontwikkel en dit dra by tot etiese en verantwoordelike jag. Die wildboerdery industrie het geweldig gegroei die afgelope 20-30 jaar, ook in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaap is bekend vir sy unieke plantegroei. Hoewel daar jaarliks verkope van lewendige wild op wildveilings plaasvind, is dit nie voldoende om surplus wildgetalle te bestuur nie. Die jag van hierdie surplus wild is dus van kardinale belang om die biodiversiteit te beskerm teen moontlike oorbeweiding en vertrapping. Dit dra ook geweldig baie by tot die ekonomie van die Wes-Kaap en tot werkskepping. Jag dra dus direk by tot die beskerming van ons unieke plantegroei en biodiversiteit in die Wes-Kaap. CapeNature het ‘n baie goeie verhouding met georganiseerde jagorganisasies in die Wes-Kaap. CapeNature en die jagorganisasies kom jaarliks bymekaar om te kyk na bewaringsprojekte binne die Wes-Kaap waar jagorganisasies en hulle lede betrokke kan raak om ‘n positiewe bewaringsuitkoms te verseker. Voorbeelde van suksesvolle projekte wat reeds geloods is sluit in: Die bou en oprigting van broeikaste vir uile op plase met groot knaagdierprobleme waar die uile die beheerfunksie oorneem en baie minder gifstowwe in die landskap gebruik word. Die bou en oprigting van broei-platvorms vir bedreigde seevoëls op sekere eilande onder CapeNature se bestuur. Die skenking van songedrewe waterpompe en watertenks om water te voorsien aan bedreigde spesies soos die Kaape bergsebra in droogte geteisterde gebiede. Jaarlikse vuurwapenopleiding deur jagorganisasies aan CapeNature se personeel en jagorganisasies word genooi om sekere van CapeNature se opleidingsessies by te woon om meer te leer oor die bewaring en bestuur van ons unieke biodiversiteit. Nuwe projekte wat beoog word: Daar word jaarliks ‘n hele aantal luiperds doodgery of beseer op ons paaie, veral in ons bergpasse. SA Jagters kyk na die borg en oprigting van kennisgewingborde by ons bergpasse om motoriste te waarsku om versigtig te bestuur om hierdie onnodige sterftes en beserings te probeer verminder. Hier is dus voldoende bewys dat Bewaring en Jagters kan hande vat en gesamentlik ‘n belangrike bydrae lewer om ons biodiversiteit in die landskap te bewaar. Alle nuwe lede is welkom om by SA Jag Bergrivier aan te sluit. U kan André Kennedy, 083 289 6524 of enige bestuurslid skakel.

Biltong p Te Koo

Koedoebiltong @R260/kg Beesbiltong @R260/kg Koedoedroëwors @R230/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032


17


18


19

dras re y C e b u A : r . ne Boland 1 Wen Week n Superspar RAKTIKA va ur P borg de e g s y r P

Week 2 Wenner: Bianca Felix van Ackermans Piketberg. Prys geborg deur MOUNTAIN CREEK SPUR

Week 4 Wenner: Mark Vraagom van Bergrivier Munisipaliteit. Prys geborg deur LIEBCO FOODS Foto nie met druktyd beskikbaar.

Reëls/Rules

Enige persoon mag ‘n nominasie deurgee. LET WEL: slegs een nominasie per week per nomineerder. Nominasies kan weekliks vanaf Vrydag tot Donderdag gedoen word. Die week-wenner word op ‘n Maandag aangekondig. Na vier weke word die maand-wenner aangekondig. ‘n Week-wenner kan nie weer genomineer word nie. Nominasies word per week beoordeel. GEEN nominasie word outomaties oorgedra na die volgende week nie. ‘n Nie-wennende nominasie mag wel WEER genomineer word. Die beoordelaars se beslissing is finaal. Geen korrespondensie sal toegelaat word nie.

Week 3 W en van Piketb ner: Last Sithole e Garage. P rg Fuel Caltex rys geborg PIKETBE d RG MUSE eur UM

Lesers word aangemoedig om persone wat goeie diens lewer te nomineer vir ‘n Piketberg Diensheld 2019 toekenning. Gebruik die nr 071 741 5512 en SMS/WhatsApp u naam en van, die diensheld se naam en van en sy of haar organisasie of besigheid. Verskaf ‘n kort rede vir u nominasie. Wenners word elke Maandag in Februarie en Maart aangekondig.


20


21


22

Steynville Primêre Skool se Graad R’e

Lynette Williams met Graad R(1)

Elmarie Abrahams met Graad R(3)

Marianne Fortuin met Graad R(2)

Gerty Esau met Graad R(4)

Nuwe Kleuters by Trippe Trappe

Willete Struys met Graad R(5)

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Op die foto’s bo is die nuwelinge in die junior- en seniorgroepe by Trippe Trappe Kleuterskool. Foto’s: Laurette Burger


23


24

Nuwe Leerders by PHS

PHS Graad R 2019 saam met juffrouens Maria Joubert, Marili Koch, Samantha van Rooy en Luy-Anne Pienaar.

Groenvlei Primêr se Gr R-klas

Beryl Booyse saam met 2019 se Gr R-klas by Groenvlei Primêr. Foto: Marilee Van Zyl

Nuwe Opvoeders

Suné Rheeder se Graad 1-klas.

Nuwe leerkragte by Steynville Sekondêre Skool is Madri Hanekom (ALSO Wiskunde Gr 8 en 9), Craig Rumble (NW Gr 9, LW Gr 10) en Carmen Faro (Afr Gr 8,9,11 en LO Gr 9).

Hanlie Olesen se Graad 1-klas.

Beste Fotograaf Johan du Toit is op ‘n onlangse prysuitdeling van Swartlandfotografie Klub aangewys as die beste skoolfotograaf vir 2018! ‘n Besonderse prestasie vir hierdie talentvolle fotograaf. Foto verskaf

Nuwe opvoeders by Nuwe onderwysers by PHS is Mandi Engelbrecht Steynville Primêre Skool is Veresia van Wyk (Gr 4) (Laerskool) en Barnard en Stanven Abrahams Steyn (Hoërskool). (Gr 7). Foto’s: Marietha Goosen


25


26

Die Nuwe Skooljaar begin

Babbel en Krabbel se Pre-Graad R's met Beryl Charles, hoof, Katie Kayster en Sunel Klifas.

Babbel en Krabbel se 3-4 jariges met ElsabĂŠ Klaase en Cleresa Dirks.

Little Stars se 1-2 jariges met Dailene Klaase en Monique Dirks.

Little Stars se 3-5 jariges met Cazelda Adams, hoof, Natalie Phillips en Monique Dirks. Foto’s: Marietha Goosen

PHS Matrieks skenk Skoene

Mother Pearl met Kitty Joubert, hoof, Gail Rumba en Joline Fortuin.

PIKETBERG ANIMAL OUTREACH

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918

2018 se matriekklas het hul skoolskoene vir die skool se klerekas geskenk. Foto: Rina Engelbrecht

Fonteinfees 2 Maart 2019


27

Hare vir KANSA

JomÊ Schreuder, foto bo en links en Marelize Crous, foto bo en regs het besluit, om gedagtig aan hul grootouers, Oupa Johan Schreuder, foto bo links en Ouma Mara van der Westhuizen, foto bo regs, se kankerstryd, hul lang hare korter te knip en hul hare aan Kansa te skenk. Albei jong dames spog nou met mooi korter kapsels. Foto’s verskaf deur Iza Schreuder en Yolanda Crous


28

Kix na Kenia

Kix leiers, gereed vir 'n safari na Kenia, is agter Jansie Truter, Juliana Visser, Wilmien Treurnicht, Hanlie Richter en Teresa van Niekerk. In die middel is Marié Ehlers, Marinette Nelson, Annamarie Gerber, Marie van Niekerk, Biddy Langenhoven, Susan de Vries en voor Ilse Bruwer, Marietha Goosen, Monique Potgieter en Ilze van Niekerk. Foto: Sunet Liebenberg

Nuwe Spore by Voetspoortjies Voetspoortjies, voorskoolse fasiliteit vir babas tot en met graad R, is van begin Januarie op 'n nuwe perseel in Hoofstraat 17, oorkant die Poskantoor. 'n Wonderlike geleentheid het na hulle kant toe gekom, dat Anthonie Bougas van Kyknet se Kleuterzone hulle besoek op 27 Februarie met die oog op 'n televisie opname. Kaartjies is te koop vir 'n opvoering die aand van 27 Februarie, gehou en gereël deur Kyknet se Kleuterzone.

Bianca Jordaan, hoof, Carin Coetzee en Irene Visagie by die Graad R-klas. Foto’s: Marietha Goosen

Pretdraf 1 en 2 Maart NG Kerk Fonteinfees

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Carushka Rabe en Melissa Seyffert by die voor Graad R's.

Rachel Boois, Carmelitha Daniëls en Michelle du Toit by die jonger groep van Voetspoortjies.


29


30

Klein Klitsies van 0 - 5 jaar

Dis lekker by die Skool

Klein Klitsies is 'n voorskoolse fasiliteit vir kinders van baba tot en met vyf jaar oud. Die eienaar, agter links, is Magdel Bouwer en die personeel agter is Marinda Goliath, Bridgette Fredericks en voor Juanita van Rooy, Nita Pienaar en Maria van Neel. Celie Lambrechts was afwesig tydens die fotosessie. Foto's: Marietha Goosen

Laerskool Eendekuil se Gr RR tot Gr 3 is gereed vir 2019. Foto: Antoinette Kok

Monkeynastix Supersterre

Huishulp Benodig Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud. Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com

Monkeynastix het hul medalje seremonie by Klein Klitsies Kleuterskool gehou. Karen van Rensburg, instrukteur beskryf hierdie kleuters as Monkeynastix Supersterre: Courtney, Juvan, Olga en Leon. Foto’s: Leana van Niekerk


31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32

Steynville Sekondêre Skool se Top Tiene (Nov 2018) Leerders se name verskyn kloksgewys van links agter, beginnende by die toppresteerder

Gr 8: Anechia Somers, Hailey Le Fleur, Jean Paul Malgas, Caitlin Julius, Wiaan Rosenberg, Elmarie Swarts, Kayleigh Abrahams, Thakeerah Martin, Chrystal Adams, Glenwill Koordom en Heino Maarman is saam in die 10de plek.

Gr 10: Gertrude Willemse, Kelly-Ann Le Fleur, Beyonce Snyder, Raylene September, Bokamoso Lukas, Jade Robertson, Willmarie Arendse, Danielle Monk, Leonardo West en Raven Skippers.

Gr 11: Hadley Thomas, Ethen Leen, Benzien Jantjies, Ashwin Schuurman, Riduwaan Otto, Levenzo Booise, Jaseron Engelbrecht, Donita Britz, Micaela Erasmus, Enslin Brits en Dylan Hector. Gr 9: Elishque Nthane (afwesig), Ursula Dietrich, Selena Nero, Marne Bougaardt, Des-Maure Benjamin, Jade van Wyk, Elgar Swanepoel, Priscilla Langeveldt, Lesley Conradie en Jymeleo Goliath (afwesig). Foto’s: Marietha Goosen

Steynville Sekondêre Skool se Top 3 matrieks van 2018 is Jasmine McKay, 2de, Thumarr Van Wyk, toppresteerder en Joanique Claasen, 3de saam met Eerwaarde Elsabé Booys, gasprediker vir skoolheropening, links en Ferdinand Saal, Skoolhoof, regs. Foto: Chris Hantam


33


34

Alison se Swemsensasies

Alison Müller se 3 jaar swemklassie is Annelle Vercuiel met Catryn; Jana Truter, assistent met Cobus Liebenberg; Delina Fox met Helen en Erik Hanekom met Carlia. Foto verskaf

Hareprojek in Wyk 4, Piketberg

Die Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, Ray van Rooy, wat ook die wyksraadslid van wyk 4 is, het sy hareprojek weer geloods vir skoolkinders in Piketberg. Die skoolkinders is gereed gekry vir die nuwe skooljaar en eerste skoolkwartaal. Die projek behels die sny van die seuns se hare en die was, droogblaas en vleg van die dogters se hare. Alles word gratis gedoen om ouers te help bespaar en ook om ouers te help wat dit nie kan bekostig nie. Vrywillige mans en dames is die steunpilaar in die projek deur hul dienste gratis beskikbaar te stel. Hierdie jaar het die werkers van die CWP-program ook hul dienste beskikbaar gestel om te kom help. Ray van Rooy spreek sy opregte dank uit teenoor elke vrywilliger wat gehelp het om die kinders skoolgereed te kry. Die verversings is deur Superspar Boland voorsien om die magies te vul en kele nat te hou. Foto’s verskaf.

2019 se Bloedskenkdatums 1 Maart 3 Mei 5 Julie 13 September 8 November

(Vrydae – 10:00-14:00) by Piketberg Museum

MEDIESE PRAKTISYNS

PHS en SSS by Sondeza

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ses leerders van SSS en PHS, saam met baie ander skole, was bevoorreg om die 15de Sondeza Afri-Youth beraad by te woon. Nuwe dinge is geleer en hegte vriendskappe gesmee. 'n Onvergeetlike, lewensveranderende ervaring wat hoogs aan te beveel is vir enige leerder wat die kans kry. Op die foto is Ilse Loock van Sondeza, tweede van regs agter by SSS- en PHS-leerders agter Nolan Erasmus, Henrittha Cloete, Engela van der Westhuizen, Jaseron Engelbreght en voor Bokamoso Lukas en Anika Smit. Foto verskaf


35

PHS Kleure Atletiek

Blouspan se Kapteine, Ruan Potgieter en Alicia Louw met gelukbringer, Jessie Philander. Blou wen die groepaflos.

Geelspan se Kapteine, Ciara Rooispan se Kapteine, Janke van Lintnaar en Meraldo Somers met Schalkwyk en Junior January gelukbringer, Lehandro Karolus. met gelukbringer, Matthys Grobbelaar. Geel wen Kleureatletiek. Rooi wen die geesbeker.

Victor Ludorum Joachim Mouton

Sjampanjenooiens en -heer is Hanmari Marais, Geelspan, Anil Joseph, Blouspan en Carli Rossouw, Rooispan.

2 Februarie LS Wes-Boland Atletiek Janke van Schalkwyk, top naelloop atleet van PHS, verwerf vir die sesde agtereenvolgende jaar die Victrix Ludorum, vanaf 2014 tot 2019. Janke het dié prestasie ook in 2012 behaal. Voor skool, in Trippe Trappe, was die oomblik te groot en het sy geweier om te hardloop, maar sedertdien het sy nog nooit opgehou om top gehalte atletiek te lewer nie. Foto’s: Marietha Goosen

9 Februarie HS Wes-Boland Atletiek 16 Februarie LS Weskus Atletiek 23 Februarie HS Boland Atletiek LS Wes-Kaap Atletiek

Junior Victor Ludorum Aleit Stander

Junior Victrix Ludorum Lené Nelson


36

Waatlemoenfees en Vulletjiedag Foto’s: Rina Engelbrecht

                  

HUIS TE HUUR

Historiese huis, gebou in die 1840’s. Oudtydse sjarme. Bekend as die Katzeff Huis (op Piketberg Museum se staproete); Koel in somer; koolstoof in kombuis vir koue winteraande; 2.5 slaapkamers plus spens; Houtvloere deurgaans; Aparte kombuis en ruim sitkamer; Private stoep voor en agter met uitsonderlike uitsig op berge aan weerskante; Klein toe tuintjie agter, ideaal vir een of twee klein troeteldiere; Sentraal, maar stil buurt naby Hoërskool Piketberg en NG Kerk; Stapafstand van winkels; Diefwering asook sekuriteitshekke deurgaans; Ideaal vir enkellopende professionele persoon of egpaar met 1 of 2 kinders / diere; Beperkte besigheidsregte. Geskik vir werk van huis af met maklik verkrygbare WiFi; 120km vanaf Kaapstad; 1 jaar hernubare kontrak; Koopkrag; Beskikbaar onmiddellik of 1 Maart Huur R5 500 per maand, water ingesluit (verbruik binne munisipale perke); Agv klein trappies is dit nie geskik vir bejaardes nie.

Kontak Clare 083 225 0059

Pet Stop by Petroport

Petroport Piketberg spog nou met ‘n ‘Pet Stop’. Reisigers kan daar stop, ’n heerlike wegneemete geniet en hul dierekinders kan bene rek op die gras en terselfdertyd hul dors les. Daar is ook ‘n area waar kinders kan speel en die hasies voer. Foto’s: Tjaart O’Connell en Barbie Breunissen


37


38

Borgskap vir Krieketklub

Spanlede van Piketberg Krieketklub spog met nuwe krieketpette wat geskenk is deur Fick Sementwerke. Die klub het 30 nuwe krieketpette en boumateriaal ontvang vir die kroeg in hul klubhuis. Links, Anton Fick van Fick Sementwerke oorhandig die pette aan Henko van Wyk, Spanbestuurder. Foto’s: Michael Booyse

TV aan Leliehof

Infinity Gimnastiek

Lede van die Infinity Gimnastiekklub Melanie Groenewald van Infinity Gimnastiekklub bedank almal wat die Klub se twee fondsinsamelingsgeleenthede, Kolsvlei en Org de Rac MTB, ondersteun het. Daarmee kon sy twee matte, 20 klein matjies en twee balke aanskaf. Lede van die klub het in Desember 290 ‘crackers’ uitgedeel op plase en sepies by Huis AJ Liebenberg. Foto’s: Melanie Groenewald

Groenvlei Platteland toe

Dr Herold Truter, regs, skenk ‘n TV aan Huis Leliehof se dogters. Foto: Rina Engelbrecht

Groenvlei Primêr se atlete wat verlede Vrydag aan die Plattelandtoernooi te Porterville deelgeneem het saam met hul afrigter, Jani de Villiers en skoolhoof en spanbestuurder, Joseph Faro. Foto: Marilee van Zyl

Valentynsdag - Donderdag 14 Februarie


39

Die trotste ontvangers van die SUPERSPAR Boland Musiekbeurse vir 2019 is Franke Steyn by juffrou Komien van der Westhuizen (links) en Chesné van Wyk by juffrou Alison Müller (regs).

Rachel Dietrich

Tina van der Merwe

Observasie en Visentering van personeel en klante Vermindering van interne en eksterne diefstal Toepassing van winkel reëls Kontrolering van voorraad Handig ‘n verkorte weergawe van u CV, met maklike bereikbare vewysings, in by SUPERSPAR Boland

Handig ‘n CV en kontakbesonderhede in by SUPERSPAR Boland. Daar is beperkte poste beskikbaar, so doen sommer vandag aansoek om teleurstelling te voorkom.


40

Santie van den Berg (middel) ontvang ‘n Toekenning vir Voortreflike Onderrig in e-leer opleidingsmodules van Craig Fannin (links), SPAR Kleinhandelbedryfbestuurder WesKaap. Dean Jankielsohn (regs), is trots op haar bydrae tot die opleiding wat aan die SUPERSPAR Boland personeel die geleentheid bied om hul potensiaal te ontwikkel.

Aubrey Cedras van SUPERSPAR Boland is aangewys as die eerste Piketberg Toerisme Diensheld 2019 vir sy uitstaande diens wat hy by SUPERSPAR Boland en aan die gemeenskap lewer.

Dit was werklik ‘n voorreg vir Desiree Small (links) en Tanya Jankielsohn (middel) om die Sertifikaat “Fresh Champion Excellence in Produce” van Peter Williams (regs), van SPAR Wes-Kaap, te ontvang. Dit was ‘n trotse oomblik vir SUPERSPAR Boland, Philip Jankielsohn en sy span.

Craig Fannin, SPAR Kleinhandelbedryfsbestuurder van die Wes-Kaap (links), oorhandig aan Genevive Sias (middel) ‘n Sertifikaat vir haar uitstaande diens aan SPAR klante. Santie van den Berg (regs), Personeelbestuurder van SUPERSPAR Boland, het die oomblik saam met haar gedeel.

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Feb 2019  

Die Piketberger Feb 2019  

Advertisement