Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2018

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Ag A’s vir PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...p4 Bontes Tree Af...p6 Chrissie word 80...p8 Reis saam met Anne...p19 Tuinbou Wenners...pp20,21 Graad Gevang...p22 Nuwe Skoolhoof vir PHS...p23 Kix Nuus...p28 Steynville Skolenuus….pp29,30

Die ag matrikulante wat einde 2017 aan PHS ag gemiddelde Asimbole besorg het, staan hier by Ferdie Greeff, adjunkhoof, en Marius Scholtz, links en Quinton Engelbrecht, die nuwe skoolhoof, regs. In die middel agter is Jac Goosen 86%, Harry Roux 90% en Johan Visser 86,1% in die drie top posisies. Voor is Nicola Coetzee 81,9%, Carla O’Connell 81,3%, Glenda Dietrich 80,7%, Anicia van Rooyen 82% en Charné Alberts 83,1%. Harry en Jac het elkeen sewe vak A’s. PHS het sewentien B-gemiddeldes, sestien C-gemiddeldes en vier-en-neentig vakonderskeidings. Foto verskaf


2

Redaksioneel Kyk Nuut in 2018 Met ‘n nuwe kalender, ‘n nuwe dagboek, dalk ‘n nuwe foon, nuwe skootrekenaar of motor, is hoe mense graag ‘n nuwe jaar aanpak. Party het nuwe voornemens, nuwe uitdagings, betree ‘n nuwe fase, pak ‘n nuwe loopbaan aan, beklee ‘n nuwe pos, kry nuwe kollegas, ‘n nuwe huis of ‘n nuwe rok. As jy dapper is, kry jy sommer ‘n nuwe haarstyl. ‘n Hele klomp mense het Piketberg as ‘n nuwe tuiste gekies. Aan julle, ‘n warm welkom. Maak julle self tuis op julle nuwe dorp, tussen nuwe mense, bou nuwe vriendskappe en leef nuwe stories. En mag ons almal oefen om elke dag op ‘n nuwe manier verwonderd te wees oor die stukkie hemel waarin ons leef. Ons lees in die Woord dat God ons uitnooi om te kyk, want Hy maak alles nuut. Ook Sy guns en genade is elke dag nuut, sê die liedjie. Dit maak die speelveld gelyk: ongeag of jy aan die begin kon saampraat oor nuwe dinge in jou lewe, God maak ook vir jou alles nuut, jy moet net onthou om te kyk.

Briewe van ons lesers... William en Sandra Young van die plaas Grootklipfontein, Aurora skryf… Hiermee ons opregte dank aan die gemeenskappe van Aurora, Piketberg en Eendekuil vir julle hulp en bystand nadat ons huis op 16 November agv 'n kortsluiting afgebrand het. Ook aan ons familie en vriende, vir julle bydraes en ondersteuning, sê ons baie dankie.

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers... Alida van Zyl van Citrusdal en Tanja, Johan en Carla skryf… Johan (Carstens), hoe sê ons dankie vir alles wat jy vir ons gedoen en beteken het na Danielle se ongeluk? Dankie dat jy onmiddellik reëlings begin tref het...dat geen moeite vir jou te veel was nie... dat kostes nie eers onderhandelbaar was nie...dat jy met hart en siel en opregtheid ons ondersteun het. Dankie vir die lekker geselsies (so deur die trane heen)...dankie vir die staaltjies wat jy met ons gedeel het oor jou en Danielle se werksen vriendskapsverhouding. Ons verstaan nou hoekom Danielle gesê het "net Johan gaan my begrafnis doen...niemand anders nie". Dankie Johan...dankie nogmaals vir dit wat jy vir Danielle en vir ons gedoen en beteken het. Ds Danielle van Zyl van Citrusdal is op 2 September 2017 in ‘n motorongeluk oorlede.-Red

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Die huis van die Youngs op die plaas Grootklipfontein, Aurora, wat afgebrand het.


3

Valentine’s Day Specials 14 February Bookings Essential

Local Beers R15

Seafood Platter for 2 Prawns, Calamari, Mussels and Fish

Meat Platter for 2 Chicken, Ribs and Steak

Platters include a Death by Chocolate Dessert and a bottle of wine paired to your dinner.

Surf and Turf Platter for 2 Steak, Chicken, Mussels and

All for R390 per couple

Darling Craft Beer on Tap

Restaurant &&Pub Pub Restaurant h/a Hoog– en Kerkstraat - langs Feathers Inn

LIGHT LUNCHES * GRILLS * SEAFOOD

500ml Sangria R35

500g Spare Ribs & Hunter’s Dry R140

Olof Bergh Brandy Dbl&Mix R20

250g Steak with sauce of choice R110

Large Beer Battered Hake and Chips Eisbein & Hunters Gold R120

Two Oceans Wines R20/glass

For bookings contact Philip 078 494 1235

Desserts from R30

Now open seven days a week * We do Take Aways * Conference Facilities Available * We can cater for any parties, meetings and functions


4

Desember Bruide

Lean Hankom, seun van Abrie en Ilse Hanekom, en Marelize (Coetzé) Hanekom, dogter van Chris en Marina Coetzé, is getroud op 2 Desember 2017 te Morgansvlei, Tulbagh. "Dit was 'n droomdag... 'n perfekte, geseënde begin vir ons lewensreis as Mnr en Mev. Hanekom saam." Foto: Adele Kloppers

Richard Erasmus en Shanay Rhodes is op 16 Desember getroud uit die Morawiese Kerk op Goedverwacht. Die onthaal was by die PPC De Hoek Klubhuis. Foto’s: Courtney Gretchen

Valentine’s Day 14 February

nicole mouton arbeidsterapie Weeklikse arbeidsterapie dienste beskikbaar in Piketberg. Kontak gerus vir enige vrae.

Jacques Rossouw en Carike Wiggins is op 22 Desember op die Wigginse se plaas, Geelvlei, Eendekuil, getroud. Foto: Nikolai Polzenhagen (Tru art photography)


5


6

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30

Bontes vir 42 jaar tussen Landbouers

Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Bontes Hougaard het einde Desember afgetree. Sedert sy eerste pos as Algemene Klerk by PKLM (Porterville Korporatiewe Landbou Maatskappy) in 1975, het Bontes 42 jaar met hoofsaaklik landbouers gewerk. Op 1 April 1981, na 5 jaar by Eendekuil se silo's, beklee hy die pos in Piketberg as silobestuurder. Vir Bontes, wat as plaaskind op Meintjieskraal grootgeword het, het sy werk vir hom baie vreugde verskaf, aangesien hy iets van die siel van 'n boer verstaan en die landboubedryf na aan sy hart lĂŞ. Bontes Hougaard op die Foto's: Marietha Goosen laaste werksdag by Piketberg Silo's. Op hierdie spesifieke terrein het hy 36 jaar gewerk.


7


8

Chrissie word 80 Chrissie Julius is op 31 Januarie 1938 in Piketberg gebore. Chrissie is die tweede oudste in ‘n gesin van agt kinders. Haar ouers was Johnie en Anne Moore. Johnie Moore jnr, Chrissie se oudste broer, was van November 1995 tot Desember 2000 Burgemeester van Piketberg. Chrissie is ‘n trotse lid van die AME Kerk en het lewenslank diens gelewer aan Kerk en gemeenskap. Chrissie het twee dogters, Cilla en Kay. Chrissie het hulle, sowel as Mark Rumboll, op ‘n klein begroting met deernis grootgemaak. Chrissie is ‘n sterk vrou met ondernemingsgees en deursettingsvermoë. Sy het vrou alleen ‘n huis laat bou en later ook ‘n tuinwoonstel. Dit het baie geloof, harde werk en goeie gawes gekos, maar Chrissie het deurgedruk. In 1971 het Chrissie by Elbeth, toe 23 jaar oud, en Wolf, 26 jaar oud, begin huishou. Sy het ‘n onwrikbare indruk en stil invloed op die Liebenberg gesin gehad, veral op die kinders, Jacobus, Van Wyk en Johannie. Sy het hul van babas af help versorg en vermaan. Die Liebenberg familie koester haar nog steeds as ‘n unieke, pragtige vrou. Baie geluk Chrissie! Berig Elbeth Liebenberg

Nuwe Gesigte by Bergrivier Dental

Twee nuwe gesigte by Bergrivier Dental in Piketberg, is dr Saskia Smalberger en Lizette Smit, stoelassistent. Dr Saskia, 'n boorling van die Kaap, het haar studies aan UWK voltooi en haar Zuma-jaar by Scottburgh, KZN gedoen. Lizette, 'n inwoner van Piketberg, het tien jaar ondervinding as stoelassistent by dr Engels in Saldanha en drie jaar by dr Bouwer in Somerset-Wes. Dr Saskia gaan veral fokus op kinders en voorkomende prosedures soos die skoonmaak en polering van hul tande. Foto: Marietha Goosen


9

Nuwe Aanstellings

Hoërskool Aurora sê DANKIE...

Ons wil baie dankie sê aan elkeeen wat bygedra het tot die GROOT sukses van ons Gholfdag op 21 Oktober 2017. Sonder u bydrae sou ons nie dit kon doen nie. Baie baie dankie. Hoërskool Aurora Personeel Hanlie Smit is aangestel as Maatskaplike Werker by ACVV Piketberg.

Het jy jou tertbak verloor? Dit kan afgehaal word by die

ACVV kantoor.

Annake Bester is die nuwe Bestuurder by Huis AJ Liebenberg. Gedurende die tydperk 2005-2015 was sy ACVV Weskus se Streekkonsultant. In 2016 en 2017 was sy Besturende Direkteur van Kibwe Kids wat hulle beywer om pleeghuise op te rig. (Hanlie en Annake is susters.) Foto’s: Marietha Goosen

Kerkstraat 33 Piketberg Tel. 074 149 9396 of 022 921 2103


10

Die hand wat tel deur Hugo Ehlers In die laat sewentigs was Oom Alwyn Russouw in beheer van die sweisafdeling by Van Niekerk en Krupp. Hy was baie goed in sy werk en die manne onder hom het die hoogste agting en respek vir hom gehad. Menige jong man is deur hom opgelei. Toe ek as jongman van negentien jaar oud in 1956 by Van Niekerk en Krupp begin werk het, was Oom Alwyn al reeds vyf jaar in permanente diens. Hy en sy broer, Thys, het destyds in die vroeë veertigerjare gehelp om die grond plat te skiet vir die bou van die nuwe Oom Alwyn Russouw 1976 fabriek in Kloofstraat Piketberg. Teen die (Dogter:) tyd wat ek vir Oom Alwyn leer ken het, het hy al baie jare se geskiedenis saam met Oom Hennie van Niekerk gehad. In die sewentigs was Carel van Niekerk terug van universiteit en in beheer van die meganisasie afdeling. Die man was slim en het baie goeie idees teruggebring van die universiteit. Hy kon sommer gou sien hoe ‘n ding aanme-

kaar gesit moes word. Teen die laat sewentigs het ons al baie tyd saam deurgebring op die spring-veerploeg, aartappeluithalers en baie-baie ander veranderinge en ontwikkelinge. Van Niekerk en Krupp het voorwaar ‘n formidabele span vakmanne met visie gehad. Op ‘n dag kom daar ‘n man wat sweisstawe verkoop op Piketberg aan. Die sweisstawe was uniek, want ‘n man kon vertikaal met hulle sweis en dit is moeilik om vertikaal te sweis. Tydens die sweisproses word die metaal verhit tot 900°C en dan raak die metaal vloeibaar. Hierdie vloeibare metaal loop in druppels teen die metaalplate af wat dan die nate swakker laat eerder as nate wat ordentlik gesweis is. So stap Carel met die verkoopsman by die werkswinkel in en sê vir Oom Alwyn hy moet dit hanteer. Oom Alwyn het ‘n stuk metaal uitgehaal, vir die verteenwoordiger gegee en gesê: “Nou toe meneer, demonstreer maar daar vir ons.” Met presiesie het die man die sweisstaaf geneem en vertikaal begin sweis, teen daardie tyd het die ander manne ook al nader gestaan om die besonderse oefening dop te hou. Almal het die graad van moeilikheid besef as ‘n man so presies vertikaal moes werk, en was beïndruk met die verteenwoordiger se vernuf. Daar was nie ‘n druppel metaal wat geloop het nie en die sweisstawe was inderdaad van uitsonderlike gehalte. Die plate was voorwaar netjies gesweis en die manne was beïndruk. Baie selfvoldaan en bewus van sy bekoorde gehoor, staan die verkoopsman terug en wys na sy werk. “Nou kyk nou net hier manne, soos julle self kan sien kan enige man die werk doen. Hierdie stawe is ‘n 100% verbetering en dit sluit enige gesukkel en swak gehalte sweiswerk in die werkswinkel uit.” Selfvoldaan hou hy die stawe toe na die sweisers en ander manne in die bondel uit, “kom wie wil probeer, enige iemand? Kom, dis regtig baie beter as waaraan julle gewoond is.” Terwyl die man nog besig was om sy sweisstawe se goeie hoedanighede te besing, en vertel het hoe geen werkswinkel meer kon funksioneer sonder die besonderse stawe nie, het Oom Alwyn ‘n gewone sweisstaaf opgetel en begin sweis. Presies vertikaal het Oom Alwyn daardie dag daardie stuk metaal gesweis asof hy dit in sy slaap kon doen. Die verkoopsman het stil geraak en vir Oom Alwyn begin dophou. Oom Alwyn het ongestoord verder gesweis, toe hy klaar was met sy handewerk het hy omgedraai en sonder omhaal na die verkoopsman gewys en gesê: “jong man die sweisstawe waarmee jy sweis mag help.” Hy draai toe na ons manne en sê: “maar dis die hand wat die werk doen, wat die verskil maak.”

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm


11

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

20 Jaar Gelede - Januarie en Februarie 1998 Voorblaaie: Nicolette Huysamen behaal 'n Agemiddeld in Matriek. Atletiekprestasies: Steynville Sekondêre Skool se Victor Ludorum is Koos Kok en die Victrix Ludorum Willitha Januarie. PHS se Junior en Senior Victor Ludorum is Villiers Mouton en Jaco Mouton. Die Victrix Ludorum is Sybil Eksteen en Sandra Kitshoff. Kollig op Pierre Du Plessis Steenkamp en Franciscus JR Walters JP Lambrechts wen R10 000 in Spar se "Simba Nik Naks Moneybags" kompetisie. Spyker, die hond, laat ds Smit op krukke. Die Kinderkrans se projek is "Kos vir Kleuters". Marlene Afrika van Boland Spar ontvang die 1997 "Spanlid van die Jaar"-toekenning. Mnr Steynville is Nigel Pedro met sy twee prinse, Reduwaan Sait en Richard Petersen. Chrissie Julius vier op 31 Januarie haar 60ste verjaarsdag. NG Kerk se Kontreikarnaval word op 7 Maart gehou. Ashley Hendriks is Steynville Sekondêr se gholftrots. Nuwe aankomeling: Magdaleen Grundlingh is gebore op 5 Desember. Twee van Anna Eksteen se agterkleinkinders is ten doop gebring: Lambertus Lochner Eksteen van Hannes en Friedl en Erin Elizabeth Mayer van Steve en Anda.

• • • • •

• • • • • • •

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


12 Die loef afsteek en die wind uit sy seile haal Heelwat Afrikaanse spreekwoorde kom uit die Hollandse seevaart terminologie. Voor skepe meganiese aandrywing gehad het, het hulle seile wat die wind geskep het, gebruik om vorentoe te beweeg. Die windkrag het die skip dan laat vorentoe beweeg. Uit die aard van die saak as iets die wind afgekeer het, kon die skip nie vorentoe beweeg nie. In seegevegte het die kaptein dan altyd probeer om aan die kant te wees waarvandaan die wind kom, sodat sy skip nog windkrag ervaar en dus maklik van rigting verander. Die ander skip wat nie meer die krag van die wind ondervind nie het dus gesukkel om te maneuvreer. Die windkant word die loef genoem en dus as jy iemand se planne laat misluk word gesê dat jy die wind uit sy seile haal of hom die loef afsteek. As die wind van agter was, kon die skip goed vorder, daarom word daar gesê dat as dit met jou goed gaan dat dit voor die wind gaan. Insgelyks as jy die wind van voor kry dan gaan dit swaar met jou. M.A.A.N – S

Te Huur BESIGHEIDSPERSEEL/WOONSTEL (Ou Nederberg Hotel) Woonstel met moontlikheid om gedeelte te gebruik as 'n besigheid (spyseniering/haarsalon ens.) Woonstel gedeelte geskik vir twee persone. Drie vertrekke met 'n kombuis en badkamer. Slegs vir werkende persone. Streng nie-rokers. Kontak Annerie van Ma-Wo 07h30 - 12h00 om perseel te besigtig by 083 360 4772

Agricol is die saadmaatskappy in Suid- Afrika met die grootste verskeidenheid kwaliteit produkte. Vir veeboere besit ons die beste kwaliteit winter en somer weidingsgewasse wat aangepas is vir elke area. Vir die saaiboer beskik ons oor ‘n wye reeks akkerbougewasse en vir die bewaringsboer doelspesifieke dekgewasse en dekgewasmengsels. Kom besoek gerus ons nuwe tak in Piketberg vir al u saadbenodighede

Singelstraat 12, Piketberg Industriële area Verkoopbestuurder: Nico Bouwer (083 844 3369) Agricol Piketberg tel: 087 365 3025

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Liewe inwoners van Piketberg... Daar is soveel bespiegelinge rondom ons watersituasie en waarhede en onwaarhede wat op sosiale media versprei word, dat ek besluit het om weer daaroor te skryf. Ons versprei Hanlie Linde ook ‘n volkleur middelblad oor die watersituasie wat jy kan gebruik om die boodskap verder te versprei. Bergrivier Munisipaliteit se inwoners het dit reggekry om gedurende November 2017 47% water te bespaar en tydens Desember 2017 43%. Hiervoor wil ons baie dankie sê en elkeen loof wat skouer aan die wiel sit in hierdie krisis. Dankie vir u heelhartige samewerking. Dit help baie! Tot Desember 2017 was ons op vlak 5 waterbeperkings waar ons elkeen tot maksimum 87 liter per dag beperk is. Hierdeur moes ons 40% spaar. Op 12 Desember 2017 en 12 Januarie 2018 is daar verdere waterbeperkings afgekondig deur die Wes-Kaapse Regering en moet ons nou met onmiddellike effek 45% bespaar op huishoudelike watergebruik. Ons het dit gedoen in November 2017 en kan dit weer doen. Die regulasies vereis ook 60% besparing op water vir landboudoeleindes en 45% besparing op industrie-water (insluitend myne). Elke persoon in die Bergrivier Munisipale Gebied word aangemoedig om alles in hul vermoë te doen om minder as 50 liter water per persoon per dag te gebruik. Dit werk uit op minder as 8 kiloliter per huishouding (gewerk op 5 persone) per maand. Ons kan hieraan voldoen en ek wil elke leser van Die Piketberger vra om ons te help om al u bure, vriende, kennisse en familie te inspireer om nog minder water te gebruik. Ons Burgemeesterskomitee het op 25 Januarie 2018 die bogenoemde besluite bevestig om ons kosbare water te help bespaar. Hierdie maatreëls sal met onmiddellike effek van toepassing wees. Die water gehalte in Bergrivier Munisipaliteit voldoen aan die hoë standaarde van SANS 241 en is 100% drinkbaar. Dit word elke week getoets deur onafhanklike laboratoriums. Indien daar in die toekoms enige rede is vir ‘n kook-instruksie, sal u dit onmiddellik deur amptelike kanale hoor. Moet asseblief nie uself laat meesleur deur paniek-berigte op sosiale media nie. Boorgate: Die nuwe regulasies vereis ook dat enige gebruiker van oppervlak of grondwater (ook individue) ‘n elektroniese meter moet aanbring op die boorgat / sinkgat en weekliks data rapporteer aan metering@dws.gov.za Bergrivier Munisipaliteit is besig om alternatiewe waterbronne te ondersoek en toetsgate word tans geboor nadat intensiewe ondersoeke gedoen is. Daar word tans genoeg water vrygelaat uit die Misverstanddam om De Hoek en Piketberg van huishoudelike drinkwater te voorsien. Ons monitor die situasie elke dag en sal u op hoogte hou. Elke druppel tel! Meld asseblief alle on-

wettige water verbruike aan by die volgende nommers: Piketberg 083 272 3850; Porterville 083 272 3853; Redelinghuys 083 272 4130; Eendekuil 083 272 4137. SPAAR WATER

SPAAR WATER

SPAAR WATER

SPAAR WATER


13


14

Op die rakke van die Biblioteek Leeskring Boeklys vir 2018 21 Februarie Maar Tintin in Tibet – Annelie Ferreira 14 Maart Die Vrou in die Blou Mantel – Deon Meyer 18 April Story of an African Farm - Olive Schreiner 16 Mei Al Wat Ek Weet – Marita van der Vyver (Jeugboek) 20 Junie Wat die Hart van Vol is – Peter Veldsman 18 Julie Drieklawerblaar - Christine Barkhuizen le Roux 15 Augustus Tussen Heinings – Corlia Fourie 19 September Op ‘n Dag, ‘n Hond - John Miles 17 Oktober 1795 - Dan Sleigh

Steenebrug Nasorg Groepie besoek Bergrivier Dental Steenebrug se nasorg-groepie het besoek afgelê by Bergrivier Dental vir tandartsbesoeke by drs Truter en Du Preez. Hulle is ingelig oor mondhigiëne en algemene voorkomende maatreëls om jou tande gesond te hou. Elkeen het ‘n geskenkpak ontvang. Foto’s verskaf

Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

9 Maart 11 Mei 13 Julie 14 September

Die MAART-uitgawe van Die Piketberger verskyn op 1 Maart 2018 Stuur berigte voor 20 Februarie Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


15


16

“Môre begin vandag/ Tomorrow begins today” “Môre begin vandag/Tomorrow begins today” is die nuwe tema vir VLVK 2018 - Die projek is : Ruim op! Piketberg VLV-tak gaan voluit betrokke wees by hierdie projek in ons dorp. Hulle nooi alle voornemende lede om die Algemene Ledevergaderings een keer per maand by te woon. Die eerste Algemene Vergadering sal deur die Openbare Sake portefeulje aangebied word op 15 Februarie in die Biblioteeksaal om 09h30. Die onderwerp is: Testamente en hoe dit inskakel by die boedel. Elke maand word ‘n interessante program aangebied met die doel op volwasse opvoeding. Piketberg VLV-tak wil graag die volgende borge bedank wat sodoende help om hul jaarboek te finansier: De Berge Gastehuis, Piketberg Bandediens, B Pretti Clothing & Boutique, All About Travel, Sandra van Wyk Eiendomme, Piketberg Apteek, PC Tech, Drs Smit en Morrison, Dup Meubels, Praktika, Perskepot Boutique, Piketberg Drukkers, Jannie Lategan Eiendomme, Lemon Tree Selfsorg, Liebco Foods, Dr Herold Truter, Dr Sam en Berenice Scheepers, Skoonheidsalon Sanet, Boland Superspar, Oregon & More en Della Vita Produce.

Die VLV KONFERENSIE vind vanjaar in Eendekuil plaas op 6 en 7 Maart. Vir enige navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

deur Jannie Lategan

2017 deel van die verlede Die jaar 2017 is ongetwyfeld nou onherroeplik verby. Soms voel dit of die uurglas net vinniger en vinniger loop. Vir talle was 2017 nie ‘n goeie jaar om te onthou nie. Daar was waarskynlik die groet van geliefdes by die graf en in baie gevalle, klein of geen oeste nie. Straks was die uitslae van kinders en kleinkinders nie na wense nie of die mislukte jaar van ‘n student moes verwerk word. Die gebrek aan water het ook negatief geimpakteer en radeloos het mense toegekyk hoe hulle plante eenvoudig nie kan kompeteer met hoë temperature en die afwesigheid van genoegsame water nie. Die landskap is vaal en daar is haas geen kos vir die diere nie. Mense kan eenvoudig slegs hulle toevlug na hulle geloof neem. Die politiek het ook nie sagkens te werk gegaan nie en dit is soms verstommend om te hoor wat alles met wetgewing be-oog word. Brandstofpryse skiet die hoogte in. Mense is soms in moedeloosheid gehul en tog is dit verblydend hoe party nog talle positiewe dinge identifiseer te midde van al die negatiwiteit. Vir ander was dit weer ‘n voorreg om die oorgang van 2017 na 2018 hartlik en met vreugde te beleef. Die herontmoeting van kinders en kleinkinders uit ‘n ver land. Hulle is reeds 20 jaar uit RSA. Die saamkuier en saamgesels om weer op te vang was eenvoudig soos ‘n droom wat waar geword het. Daar was die lekker saam kuier teen die kus by Blouberg. Die saam ontspan en saam plekke te gaan besigtig. Die besoek aan Franschhoek en die ry op die treintjie om van ons land se mooiste kelders te gaan besoek. Die saam stap deur die ongelooflike mooi tuine van Kirstenbosch en die loop op die boomslag brug. Die uitsig na die majestueuse berge was iets onbeskryfliks. Die besoek aan die grootste dieretuin ter wêreld. Die vrolike saamstap teen die see is iets onbeskryfliks. Die geleentheid om saam die Baxter Teater te besoek en ‘n komiese musiek blyspel te beleef. Die tyd staan helaas nie stil nie en sommer so sito-sito het 30 dae verbygesnel. Dit was tyd om te groet. Die gedagte huiwer onmiskenbaar in elke biggelende traan, Sal ons weer so saam wees! Die groot “droogte” van afstand en afwesigheid lê op sy eie vlak vir hulle wat agterbly. So baie om te verwerk, te oordink en te besluit. Die hartseer van geliefdes wat ‘n vreemde land gekies het om dit hulle tuiste en land te maak. Ons is almal oor die drumpel van 2018 en die wense van hierdie rubriek is dat 2018 ‘n mooi jaar, in die meeste opsigte, vir almal gaan wees. Mag vreugde die grootste bestanddeel van elkeen se ervaringswêreld wees. Mag die broodnodige reën die antwoord op elke gebedsversoek wees.

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Maart 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 Februarie 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


17

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


18

Wat sê die Reg? Waarom moet die Koper van ‘n Eiendom die Transportkostes betaal, maar die Verkoper kies die Transportbesorger om die Transport te Registreer Ek word telkens met die vraag Jacques Ehlers gekonfronteer waarom die koper van ‘n eiendom die transportkostes moet betaal, maar die verkoper kan die transportbesorger kies om die transaksie te behartig. Die gemene reg bepaal dat die verkoper van ‘n eiendom geregtig is om die transportbesorger aan te wys om die transport te behartig, aangesien die verkoper ‘n groter risiko loop met die transaksie as ‘n koper. Niks verhoed egter die partye om ooreen te kom dat die koper ‘n transportbesorger van sy keuse kan aanwys om die transport van die eiendom te behartig nie. By die transport van ‘n eiendom word daar van die koper verwag om die koopsom en die transportkostes te betaal en om aan opskortende voorwaardes ensovoorts te

voldoen en die verkoper sal gewoonlik meer gerus voel om sy eie transportbesorger aan te stel om te verseker dat die koper wel aan al hierdie vereistes voldoen en te verseker dat die transaksie so spoedig doenlik registreer. In kort word dit algemeen aanvaar dat die verkoper van ‘n eiendom meer kan verloor as die transaksie skipbreuk ly en as gevolg daarvan het die verkoper ‘n sterker reg om die transportbesorger van sy keuse aan te wys. Die transportbesorger het egter ‘n plig om na albei partye se belange om te sien tensy daar ‘n dispuut tussen die partye ontstaan. In so ‘n geval sal die transportbesorger toegelaat word om op te tree namens die party wat hom aangewys het om die transaksie te behartig, hetsy dit die verkoper of die koper is. Soos reeds hierbo genoem, kan die partye egter ooreenkom wie geregtig is om die transportbesorger aan te wys en ‘n klousule tot daardie effek in die koopkontrak aan te bring.


19

Reis saam met Anne... Welkom in Bussum, Nederland. Dit is 32km vanaf Amsterdam. Hier loop of ry jy fiets tot waar jy wil wees en verdere afstande ry jy met ‘n trein. Die strate is baie veilig, maar jy verlang na Suid-Afrika as jy verby iemand op straat loop en hulle groet jou glad nie. ALS is heeltemal nuut. Die taal, mense, omgewing, temperatuur en selfs die tyd ook. Dit is so vreemd om aan die regterkant van die pad te ry en ook om as passasier in die regterkant van die motor te sit. Dit vat selfs ook ‘n tydjie om gewoond te raak aan die feit dat jy “Alsjeblieft” moet sê as jy “Plesier” wil sê. Om van 36*C na 3*C te gaan is nogal ietwat van ‘n verandering, maar hulle sê mos: ”’n Boer maak altyd ‘n plan.” Die tydverskil is tans dat Nederland net 1 uur agter is as die Suid-Afrikaanse tyd. Meer van my, Anne, sodat julle, die lesers, kan weet saam wie julle die jaar op ‘n reis gaan. Ek is Annetia Calitz en het gematrikuleer te Hoërskool Piketberg in 2017. My droom is om met mense te werk, ‘n verskil te maak orals waar ek gaan en om net gelukkig te wees. Ek is nog nie seker oor wat ek wil gaan studeer nie, dus het ek van hierdie geleentheid gebruik gemaak om myself te vind, maar terselfdertyd ook my kennis te verbreed oor als wat rondom ons aan gaan. Ek is tans besig met ‘n Nederlandse taalkursus en ek het ook ingeskakel by ‘n Protestantse kerk waarna ek elke Sondag gaan. (Ek het een Sondag die voorreg gehad om te beleef hoe hulle die Nagmaal bedien, een wonderlike ervaring.) Soveel vrae wat dalk nog vir ‘n hele tydjie onbeantwoord

Riaan by Sterkman

Riaan Visser in aksie. Foto: Marnette Meyer In Desember het Riaan die voorreg gehad om weer deel te neem aan die Sterkmankompetisie wat in Melkbosstrand gehou is ten bate van die mishandeling van vroue en kinders - "Standing strong against abuse of women and children". Monique Strydom, wat 'n paar jaar gelede saam met haar man gevange gehou is, het 'n toespraak gelewer voordat die kompetisie begin het. Daar was 16 deelnemers waarvan Riaan 'n algehele 3de plek behaal het. Anton Franken, wat sy bene 'n paar jaar terug verloor het, het 'n bakkie getrek en gewys wat gestremdes ook kan regkry. Riaan gaan in Maart aan 'n kwalifiserende kompetisie deelneem om gedurende Mei aan die Arnold Classics te Sandton City te kan deelneem.

VOERTUIE GESOEK! Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

gaan bly, maar hierdie is definiteif ‘n reis waar ek nie net die wêreld gaan verken nie, maar ook myself, ander mense, verskillende tale en leefwyses. Ek hoop julle as lesers is net so opgewonde oor hierdie reis soos wat ek is. Saam gaan ons die hele Europa rooi, blou, groen, geel, swart en wit verf. Tot volgende keer. Baie liefde van ver uit Nederland. Anne “Ik wil een leven leiden waarin ervaringen belangrijker zijn dan bezit.”


20

Piket-Bo-Berg Tuinbou Kompetisie Wenners

Paul Goliath, Bugler’s Post

Te Koop Krieketskoene te koop R300 Adidas Climacool krieketskoene Nr 11 grootte. Uitstekende toestand. Skakel 079 496 2719

Heerlike Braaivleis etes Vrydag 16 Februarie NG Kerkterrein Kontak Reinet by die Kerkkantoor 022 913 1750


21

Piket-Bo-Berg Tuinbou Kompetisie

Kinder Deelnemers

Besige Bytjies geniet Atletiek

Foto’s: Leana van Niekerk

Deelnemers


22

Stellenbosse Maties Blink Uit

Atel Truter het ‘n diploma in Somatologie by Isa Carstens te Stellenbosch verwerf. Sy werk tans by Skoonheidsalon Sanet.

Carina Carstens verwerf ‘n Madré van Zyl het ‘n Hanje Mostert het haar BA graad in GeestesBCom BestuursNOS graad te Stellenbosch wetenskappe (Sielkunde) rekeningkunde graad te Universiteit ontvang en te Stellenbosch Stellenbosch gee tans onderwys by Universiteit. Universiteit verwerf. Curro Langebaan.

Munnik Rossouw het sy B Agric graad ontvang en toekennings gekry vir die beste student in Agribesigheidsbestuur en Plant - en Diereproduksie by Universiteit Stellenbosch.

Wynand Smit ontvang ‘n Nagraadse Diploma in Vervoer en Logistiek te Stellenbosch Universiteit. Hy werk by Bester Graan en Voere op Stellenbosch as ‘n Logistieke Skeduleerder : Afrika.

Foto’s verskaf

Jasper Visser het ’n BCom Aktuariële Wetenskap graad cum laude verwerf te Stellenbosch Universiteit.

Retha Eksteen het haar Honneursgraad in BCom Bestuursrekeningkunde by Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is tans werksaam by Boshoff en Visser in Mosselbaai. Bjoghan Witbooi, oudleerder van Steynville Sekondêre Skool, het gedurende die vakansie praktiese werk in PPC se laboratorium gedoen. Bjoghan het einde 2015 ‘n A-gemiddeld behaal. PPC borg haar studies in Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch. Foto: Sanita Uys


23

Nuwe Skoolhoof vir PHS Quinton Engelbrecht het pas die leisels oorgeneem as skoolhoof van Hoërskool Piketberg, en hy en sy vrou Rina (grondslagfase onderwyseres) het op ‘n snikhete afgelope Desember hul intrek in Huis Leliehof geneem. Terwyl baie Piketbergers by die see uitgespan het, het die Engelbrechts uitgepak en hul voete op plattelandse bodem gevind. Ek het ‘n paar blitsvrae deurgestuur: Waar het julle grootgeword en waar gestudeer? Quinton: Aan die Oos-Rand geskool en RAU Johannesburg studeer. Rina: Pretoria (48 jaar) en Warmbad (5 jaar). Onderwys studeer aan Normaal Kollege Pretoria. Hoe lyk die Engelbrecht-gesin? Ons het twee seuns (onderskeideik 33 en 21 jaar oud) en ‘n dogter (26 jaar). En 'n persiese kat met die naam van Jessie, die bederfste dogtertjie in die wêreld. Vertel vir Piketberg iets oor jouself wat min mense weet. Quinton: Ek is 'n meester met die maak van skulpkruise. Rina: Ek stop graag langs die pad en tel rommel op waaruit ek weer iets maak. Wat was julle eerste indrukke van die dorp en die mense? Quinton: Ongelooflik behulpsaam, vriendelik en praat baie. Rina: 'n Vreeslike skuins dorp met kiertsregop mense. Piketbergers is die gasvryste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Gunsteling musiek? Fliek julle graag? Wat lees julle? Quinton: Briel Susters (grappie). Enige iets van swaar klassieke musiek tot swaar rock. Daar is nie tyd vir fliek of lees nie. Rina: Cezaria Evora en Italiaanse musiek. Chocolat en Babettes Feast, maar ons tyd vir fliek is min. Ek lees outobiografieë, die De Kat tydskrif en National Geographic. Enige rolmodelle? Quinton: My pa. Rina: My man oor hy nooit ophou werk nie en daarvan hou, my pa oor hy altyd die goed in elke mens kon sien en my mamma, want sy het my die fynere dinge in die lewe geleer. Wat doen julle vir ontspanning en waar hou julle vakansie? Quinton: Werk en Struisbaai as my vrou aandring op 'n wegbreek. Rina: Ek is gek oor ure se stap en skatte soek op die strande van Brandfontein en Die Plaat, kuiers saam met harts- en sielsvriende en vir vakansie rus op Struisbaai en oorsee gaan. Indië en Italië is sover my gunsteling reisplekke. Wat van PHS beïndruk julle? Waarmee was julle verras? Quinton: Die algemene dissipline van die skool is op 'n baie hoë standaard. Die onderwyserskorps by ons skool is 100% toegewyd aan die taak. Die vlak waartoe ouers bereid is om betrokke te raak by aktiwiteite van die skool Rina: Die balans tussen akademie, sport, kultuur en pret en die feit dat ons kinders hier kaalvoet loop en passievol is oor Afrikaans. Hoe voel dit om in 'n dorp te woon waar daar slegs stoptekens is? Quinton: Moeilik, maar ek vermoed drie motors op 'n slag regverdig nie 'n robot nie! Rina: Fantasties - my droom.

Wat mis julle van Pretoria? Quinton: Absoluut niks. Rina: My hartsfamilie en vriende. Wat is jou droom en doelwitte vir PHS? Quinton: Om van PHS die skool van keuse in die WesKaap te maak. Om PHS se reeds hoë akademiese standaarde verder te verhoog. Om die leerder so op te voed (op alle terreine) dat hy/sy maksimale keuses in die grootmenswêreld het. Hartlike welkom aan Quinton, Rina en Jessie. Mag julle op hierdie pragtige dorp jul beste onderwysjare beleef en PHS verdere hoogtes bereik. Berenice Scheepers

Nuwe personeellede by Hoërskool Piketberg is voor Mnr CJ (Quinton) Engelbrecht, Wilque Hefer, Rina Engelbrecht en agter Melissa Seyffert, Marelize Nel, Anmari Hugo, Jacklynn Walters, Helge Willemse en Bianca Otto. Foto: Marietha Goosen


24

Nuwe Personeel by Steynville Primêr

Graad 3 - Rozel Kotze en Alta le Fleur

Graad R - Willieta Struys Foto’s: Venrico Booys

Elouis Julius is aangestel as Gr 2 onderwyseres by Steynville Primêre Skool. Vir die afgelope 5 jaar was sy Gr R-juffrou by dieselfde skool terwyl sy haar B Ed Grondslagfase deur UNISA gedoen het. Foto: Marietha Goosen

Graad 7 - Mickayla Constance en Graad 6 - Lucille van Louw

Marco Boois Algemene werker

International Love Your Pet Day 20 February


25


26

Titelakte na meer as 20 jaar Lucille Domburg (nee Fortuin) het op 4 Januarie 2018 haar titelakte ontvang vanaf die Nasionale Departement van Grondsake in SuidAfrika. Die erf wat sy nou terug ontvang het, het tot 1968 aan Lucille en haar familie behoort en sy het daar gebly saam met haar ouers. Gedurende 1968, toe Lucille in standerd 3 was, is die familie onderwerp aan gedwonge verskuiwing deur die groepsgebiede-wetgewing en moes hulle hul huis verlaat en is verskuif na die Danville woonbuurt. Lucille se mammie het geweier en haar Pa het die erf in Noordstraat gekoop van huisvriende en ‘n enkel motorhuis op die erf laat bou. Hulle het hierin gebly tot 1972 toe haar Pa die oorspronklike huis kon laat bou. Beide Lucille se ouers is intussen oorlede en het Lucille ‘n suksesvolle gastehuis begin bou na aftrede uit die onderwys in 2007. Lucille het reeds in 1996 aansoek gedoen toe die eerste oproepe vir grondrestitusie geadverteer is. Nou, na meer as 20 jaar se wag, kon die saak afgehandel word. Liewer laat as nooit! Baie geluk Lucille. Ons wens jou alle sterkte toe met die erf. Mag dit groot seen vir jou bring. Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag.

Lootjie Wenner Die wenner van die lootjie ten bate van Piketberg Animal Outreach is Adolf Fourie van Wilgerbosdrift. Dankie aan die lede van Piketberg Blom– en Tuinbou-klub vir al die produkte geskenk vir die prys. Foto verskaf

PBBIV ondersteun Stawelklip Primêr se Top Leerders Die nie-winsgewende organisasie te Piket-Bo-Berg, die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV), streef daarna om ‘n holisties gesonde gemeenskap te bevorder, waar besighede en die landbou gemeenskap saamwerk tot ‘n beter toekoms vir die omgewing en die inwoners van Piket-Bo-Berg. Een van die kern funskies van die PBBIV is dan ook om ondersteuning aan kinders en die jeug op die Berg te koördineer. Die PBBIV het die laaste twee jaar skoolsakke en skryfbehoeftes aan elke nuwe Graad 1 leerder by die plaaslike skool, Stawelklip Morawies Primêr, geskenk. Vanjaar het die PBBIV bestuur besluit om die tipe ondersteuning selfs verder te neem en is gesprekke met die skool se bestuurder begin om die betrokkenheid te realiseer. Die besluit van die bestuur behels dat die PBBIV ‘n kontant prys en ook ‘n boek prys aan die top leerders in elke graad gee. Verder is besluit dat die top seun en top dogter in Graad 9 ‘n selfs groter prys kry. Die twee leerders, Jody Marcus van die plaas Achtervlei en Samquin Hendricks van die plaas Moutons Valley, se skoolfooie vir 2018 betaal word en ook betaal die PBBIV hul skool uniform. Beide leerders begin volgende jaar hul hoërskool loopbaan by Steynville Sekondêr Skool. Die pad wat die PBBIV verder met die skool gaan stap behels dat die twee top Graad 9 leerders se vordering vanaf 2018 tot in Matriek gemonitor word. Sou hulle ‘n bepaalde standaard, in terme van hul akademiese prestasie, handhaaf, is die idee dat die PBBIV help dat hulle na matriek by ‘n tersiêre instelling ingeskryf word om in ‘n spesifieke rigting te studeer. Hulp sal ook aan ander hoërskool leerders gebied word, mits die akademiese vereiste nagekom word. Die droom is om ‘n beursfonds te hê wat uiteindelik elke verdienstelike leerder kan help om sy/haar droom na matriek waar te maak. Op hierdie stadium word fondse gegenereer deur die jaarlikse Piket-Bo-Berg Cycle Challenge wat aangebied word en grondeienaars (wat appels produseer) wat ‘n gedeelte van hul appel oes afstaan aan die PBBIV om die nodige gemeenskapsontwikkelings werk te kan doen. Groot dank en waardering kon by beide die skool se personeel en ouers van die top leerders bespeur word en dis duidelik dat hierdie ‘n broodnodige vennootskap is wat eenvoudig jaarliks van krag tot krag gaan.

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Gus Pickard (PBBIV Koordineerder), Jan van Wyk (PBBIV Bestuur) en Deidré Eigelaar (Onder Voorsitter PBBIV) saam met die twee top Graad 9 leerders, Jody Marcus en Samquin Hendricks. Foto verskaf


27

Trippe Trappe se 2018 nuwes

Laurette Burger met die nuwe groepie kleuters wat by Trippe Trappe begin het. Hulle is almal in die omgewing van drie jaar oud. Foto: Marietha Goosen

Tuinbouklub Vergader Die volgende tuinbouvergadering vind plaas op Woensdag 7 Februarie in die biblioteeksaal, tee word bedien vanaf 09:00, vergadering begin om 09:30. Die herwinning en opberging van gryswater en reënwater. Besoekers en nuwe lede baie welkom. Besoekersfooi R40 per vergadering. Ledegeld R170 vir die jaar.

Datums vir Die Piketberger 2018 MAART se koerant verskyn op 1 Maart Stuur berigte voor 20 Februarie APRIL se koerant verskyn op 29 Maart Stuur berigte voor 20 Maart MEI se koerant verskyn op 26 April Stuur berigte voor 17 April JUNIE se koerant verskyn op 31 Mei Stuur berigte voor 22 Mei JULIE se koerant verskyn op 21 Junie Stuur berigte voor 12 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 26 Julie Stuur berigte voor 17 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 30 Augustus Stuur berigte voor 21 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 28 September

Stuur berigte voor 18 September NOVEMBER se koerant verskyn op 1 November Stuur berigte voor 23 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 29 November Stuur berigte voor 20 November Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com

Jesus vir Japan 2018

Jesus vir Japan is die KiX tema vir 2018. Tien van die sestien leiers is agter: Yolanda Crous, Marie van Niekerk, Jansie Truter, Monique Potgieter, Hanlie Richter en voor Hanli Brand, Marié Ehlers, Marietha Goosen, Biddy Langenhoven en Ilze van Niekerk. Foto: Martin Goosen

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


28

KiX Nuus

Mother Pearl se kleuters ontvang besoek van Kix. Agter is juffrou Jolene Fortuin en die hoof, Kitty Joubert. Voor links is Marinet Nelson van Kix. Foto: Marietha Goosen

Hanlie Richter en Ilse Bruwer van Kix besoek Groenvlei Primêr se leerders. Dis deel van die Kix Koester Kinders projek. Foto verskaf

Kix besoek juf Feruschka Damon se Badisa Tuisskool. By die kleuters sit Jansie Truter en Monique Potgieter van Kix. Dit is deel van die Kix Koester Kinders projek. Foto: Marietha Goosen

Fonteinfees 9 en 10 Maart NG Kerkterrein

Piket-Bo-Berg ding mee by Jaarlikse Prestige Landbou Toekennings Onlangs het landbou werkers van die verskillende plase te Piket-Bo-Berg weer hul streek by die jaarlikse Prestige Landbou Toekennings Gala te Nederburg gaan verteenwoordig. Gedurende Augustus verlede jaar het ingeskrewe werkers hul eerste sarsie van beoordeling gehad, om te bepaal wie op die Berg dan nou die beste trekkerdrywer of die beste administratiewe beampte is. Landbou werkers kon in tien kategorieë inskryf en soos elke vorige jaar was die kompetisie uiters taai. In sommige gevalle was die uitslag van die kategorie wenners baie naby aan mekaar. In Septembermaand het die streek se Gala by die Stawelklip/Hochland saal plaasgevind en het die vyf-ensestig deelnemers swierig uitgedos aan tafel gesit, bedien met van die heerlikste disse, om te hoor wie van hulle die beste in hul posisie is. Die spanning was veral hoog onder die junior en middel bestuur deelnemers. Wie sou met die prys wegstap, om uiteindelik by Nederburg in die ry te staan vir die heel groot prys? ‘n Week lange studie reis oorsee, kontant prys ter waarde van R25 000

Piket-Bo-Berg se kategorie wenners tydens die Provinsiale Prestige Toekennings by Nederburg in die Paarl. Berig en foto verskaf

en ‘n koopbewys ter waarde van R20 000 van Shoprite is immers nie kleingeld nie. Die kategorie wenners Simone Adams (Algemeen), Martin Balie (Besproeiing), Juliana Dietrich (Sosiale Ontwikkeling), Elzette Balie (Administrasie), Malcom van Rooyen (Tegnies), Joeline Marcus (Voorvrou), Anwen Arries (Trekkerdrywer), Deon Mouton (Junior Bestuur) en Johan Arries (Middelbestuur) kon op 4 November saam met hul metgeselle die swierige Gala by Nederburg in die Paarl gaan bywoon. Hier het die Piket-Bo-Berg kategorie wenners meegeding met vyftien ander landbou streke. Ongelukkig kon nie een van die kategorie wenners vanjaar ‘n kategorie op Provinsiale vlak wen nie. Soos dit die gewoonte is het die manne en die vroue hulself weer netjies uitgevat en het die hare en die grimering netjies op hul plek gesit. Die oorpak gedurende die week op die plaas het plek gemaak vir ‘n mooi aand rok, rooi lippe, blinkers in die ore en haarsalon gedoende hare. Die manne was nie ver agter nie en blink skoene was aan die orde van die dag. Na die Gala by Nederburg het die manne en vroue die pad gevat na die Protea Hotel by Techno Park in Stellenboch. Soos dit die gewoonte is gebruik sommige die geleentheid om sommer lekker te kuier en hoekom dan nie? Alhoewel die kompetisie eers oor tien maande in alle erns op die Berg begin, daag mense mekaar al klaar weer uit. Dis mos die gees.


29

Steynville Primêre Skool se Graad R’s

Lynette Williams met Graad R1

Gerty Esau met Graad R4

Willieta Struys met Graad R5 Marianne Fortuin met Graad R2

Bryan Pieterse is einde verlede jaar aangestel as skoolhoof van Steynville Primêre Skool. Na 14 jaar by Stawelklip Primêr, Piket-Bo-Berg, het hy 11 jaar by Steynville Primêre Skool 'n pos beklee. Foto’s: Marietha Goosen

Elmarie Abrahams met Graad R3


30

Steynville Sekondêr se Top Tien Kandidate

Gr 10: Benzien Jantjies, Ethan Leen, Hadley Thomas, Riduwaan Otto, Donita Britz, Levenzo Booise, Jaseron Engelbrecht, Ashwin Schuurman, Enslin Brits en Amoshnay Klaasen. Gr. 8: Elishque Nthane, Selena Nero, Marne Bougaardt, Alex Oktober, Jymeleo Goliath, Des Benjamin, Reikeischa Lee Brink, Grant Swarts, Heatherlyn Salvirus en Rowan Meyer.

Gr 11: Jasmine Mackay, Faith Greeff, Garvin de Wee, Zealke Kayster, Pamela Farao, Joanique Claasen, Jemima Jaars, Sandra Davids, Joslynn May en Adin Engelbrecht.

Gr 9: Gertrude Willemse, Kelly Ann le Fleur, John Lee Manas, Elona Julius, Marshe de Wee (afw), Willmare Arendse, Sharnelle Beukes, Lee Etha Goliath, Danielle Monk en Jacquel West.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917

Gr 12 toppresteerders: Keenan Adams (CPUT Chemiese Ingeneurswese), Christo Britz, afwesig (CPUT Onderwys) en Chloë February (oorweeg Scimaties by Stellenbosch) saam met Prinsipaal, Mnr FD Saal.

Piketberg Omgewing

Foto’s: Marietha Goosen


31

Klas van 2029

Klas van 2030

PHS se Graad R-klas met Mareli Hanekom PHS se Graad 1 (O) saam met Hanlie Olesen

PCS se Personeel

PHS se Graad 1 (R) saam met Suné Rheeder Links: Gr 1 Engels met Melissa Seyffert Foto’s: Marietha Goosen

Piketberg Christen Skool se personeellede is Sulize Burger, Cathy Brits, Lizmari Lambrechts (Skoolhoof), Elizabeth Van Zyl en Damon Titus. Foto verskaf

Oos WesTuis Bes

Wees jy vanjaar die een wat die 41ste eenheid bloed skenk. (sien p14)

Wêreldbiddag vir Vroue Vrydag 2 Maart 7:15 NG Kerk Die Biddy Langenhoven Balletskool op Piketberg het die jaar op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n balletkonsert met die titel, Oos Wes Tuis Bes. Hier is Biddy, middel agter, by die groep (van voor) Hasies, Strandskoonhede, Japanese meisies, Cowgirls en Sterre. Foto: Marietha Goosen


32

Groenvlei Primêr se Graad R’s

Groenvlei Primêr se Graad R klas vir 2018 saam met Juffrou Beryl Booyse. Die Graad R klas spog ook met hulle tweeling, Chlowin en Chloe Maart van Winkelshoek. Foto’s: Marilee van Zyl

Besonderse Musiek Uitslae

Alison Müller by haar drie matriek musiekleerders van 2017 wat besonderse uitslae gekry het: Harry Roux 91%, Madalynn Paulsen 86% en Shanda Whitfield 74%. Foto: Marietha Goosen

Nuwe Graad 1’s kry skryfbehoeftes

Een van die tien doelwitte van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) is om ondersteuning te bied aan voorskoolse kinders en kinders in die laer en hoër skool binne die grense van Piket-Bo-Berg. Net soos verlede jaar het die bestuur van die PBBIV dit goed gedink om inkomste, verkry uit verlede jaar se Piket -Bo-Berg Cycle Challenge, te gebruik om elke kind wat vanjaar by Stawelklip Primêr in Graad 1 ingeskryf is se lewe makliker te maak. Elke Graad 1 leerder is vanjaar weer van ‘n splinternuwe rugsakkie voorsien, gevul met die lys van skryfbehoeftes soos die opvoeder voorgestel het. ‘n Maatskappy in Stellenbosch is genader om die rugsakkie, met die PBBIV se logo daarop, te maak. Al die skryfbehoeftes is aangekoop en so was elke Graad 1-leerder voorsien van ‘n uitveer, ‘n skêr, potlode, ‘n skerpmaker, inkleur potlode, ‘n inkleurboek, uitdraaikryte, pritt en ‘n “flip file”. Met die opening van die skool op Woensdag 17 Januarie, het een van die bestuurslede van die PBBIV, Mnr Neil Paterson tesame met die ondervoorsitter, Me Deidre Eigelaar en die PBBIV koördineerder, Mnr Gus Pickard die sakke aan 30 ingeskrewe Graad 1-leerders oorhandig. Nodeloos om te sê het hierdie groot oog kinders se blydskap geen perke geken nie. Die skool bestuurder, Mnr D.C. Petersen en die Graad 1 opvoeder, Me Brenda Marcus, het die groot impak wat die skenking het, bevestig en die hoop uitgespreek dat die verhouding tussen die PBBIV en die skool van krag tot krag sal gaan. Met hierdie skenking kry die bestuur van die PBBIV dit reg om een van die doelwitte aan te spreek. Kinders het baie keer net iewers op hul pad iemand nodig wat hulle in die regte rigting kan stuur en moontlik is die PBBIV as ‘n nie-winsgewende organisasie besig om daardie “iemand” te wees. Dit sal baie goed wees om in 2029 in die rondte te wees om te sien hoe goed hierdie kinders in Matriek doen en om dan te sien watter impak ‘n inisiatief soos hierdie gemaak het.


33

200m Rekord S15 staan vir 30 jaar

Somersuitverkoping Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

'n Groot oomblik vir Damian Marcus toe hy by PHS se kleure atletiek 'n rekord verbeter wat 30 jaar gestaan het. Jacques Lambrechts het in 1988 die 200m rekord vir S15 opgestel met 'n tyd van 24,8 sek. Damian se nuwe rekord staan op 23,16 sek. Gelukkig vir fotograwe was Jacques dadelik op die toneel, aangesien hy elke jaar as beampte help. Foto: Marietha Goosen

Janke laat rekords spat Janke van Schalkwyk, leier van die Geelspan by PHS se kleure atletiek, het die prestasies ingeryg en rekords verbeter. Sy verbeter die 400mH en die 200m naelloop. Die 200m rekord is in 1977 opgestel deur Anélia Burger met 'n tyd van 27,2 sek en Janke verbeter dit na 41 jaar met 'n rekordtyd van 26,84 sek. Foto: Marietha Goosen

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 WATERBESPARINGSWENK!: Spaar water sonder om jou hand higiëne af te skeep. Kom kry jou handreiniger en maak só seker die kieme bly weg.

022 913 1600 / 022 913 2075


34

Bloues wen Kleure Atletiek

Te Koop

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R240/kg BeesdroĂŤwors @ R210/kg g Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Die leiers van die Blouspan, wat die wenners van PHS se Kleure Atletiek is, is Louis Bester en Anke Schreuder. Die gelukbringer is Isabella Smit.

Foto regs: Amy Philander, Jahnco Mouton en Elenay van Neel was die sjampanjenooiens en -heer by PHS se kleure atletiek. Foto’s: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


35


36

Die Piketberger Feb 2018  
Die Piketberger Feb 2018  
Advertisement