Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Vier A’s vir PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto...p4 VLV-Nuus...p9 Nuwelinge by PHS...p12 PHS se Gr R’s...p13 Riaan Mnr Struisbaai...p15 Groenvlei se Gr 1’s...p16 Steynville Primêr se Gr R’s…p22 Erekleure vir PHSleerders….p24 Steynville Sekondêr Matriekvreugde...p25 PHS Kleuresport….p26 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

2016 se Matrieks het PHS trots gemaak met uitstekende uitslae. Hierdie vier kandidate het ‘n gemiddelde A-simbool behaal: Aerin Kotze, Ane Nelson, Magdaleen Grundlingh en Faith Blanckenberg. Ane, met 92,5%, beklee ‘n tweede plek in die Weskusstreek, wat uit vyf onderwyskringe bestaan. Sien meer foto’s op p25. Foto: Berenice Scheepers

 022 913 1939  022 913 2404 www.piketberginfo.co.za


2

Redaksioneel Afgesien van als Ons sit op die Gouritshuis se stoep en kyk uit oor die see. Dis ‘n pragtige dag en niks kan beter nie. Die gesels is nie te intens nie, elkeen sê maar so af en toe iets onsamehangends. Geen spesifieke onderwerp is nou op die tafel nie. Tussendeur is dit tee, die koerant van die dag, ‘n lyf wat ingesmeer word, ‘n familielid wat om die hoek van die huis verskyn, die reuk van kos uit die kombuis, ‘n laatslaper wat rys, RSG iewers in die agtergrond, motors wat kom en gaan om op die front stil te hou, ‘n boot op die horison, die kiewiet ma wat haar drie nuwe kleintjies touwys maak, sowaar ‘n skilpad wat bosse toe kruie……. Uit niks merk my bejaarde pa op: “Afgesien van als is dit ‘n lekker ou huisie hierdie.” Almal instemmend natuurlik, maar wat sou die “afgesien van als” tog beteken? Klammigheid in die mure, verf wat afdop, mure met krake, venster– en deurknippe wat roes, houtwerk wat verweer, die agterdeur wat swel dalk? Moet wees. En dit laat my dink - dinge is selde of ooit perfek. Mense nog minder. Maar “afgesien van als” kan ons die jaar aangryp en die beste van elke situasie maak, die krake, vog en roes ten spyt. “Afgesien van als” het ons ‘n koerant die maand. Baie dankie aan almal wat betyds van hulle laat hoor het. En baie geluk aan al die nuusmakers.

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

Briewe van ons lesers... Annette van Tonder skryf…… Uit dankbare harte kom opregte gelukwense aan al ons Matrieks met hulle mooi slaagpersentasie. Sonder ons skoolhoofde, personeel, ouers en omgee-gemeenskap, sou die reis onmoontlik gewees het. Ons is baie trots op julle! Alle lof en eer aan ons Hemelse Vader. Die nuwe jaar se wedloop is in aanvang; dis tyd vir introspeksie en bestek opname; ook tyd om bietjie te beitel en skaaf aan “Dankie”. Dankie aan Die Piketberger vir elke maand se nuus. ‘n Opregte dankie aan my dierbare bure in Tuinpark vir julle warm hartlikheid, liefde, vriendskap, respek en vertroue. Mag hierdie jaar vol vreugde wees. Aan al die warmhartige, gasvrye inwoners van Piketberg, dankie vir elke vriendelike glimlag, elke gereelde verbystapdrukkie. Ongelukkig kon ons nie Annette se gedig plaas nie Red.

Tuinbouklub hou Blommekrans Werkswinkel Op 1 Februarie bied die tuinbouklub ‘n werkswinkel aan om die maak van ‘n blommekrans vir die kop en ‘n polsversiering te demonstreer. Die demonstrasie word gedoen deur Katinka Morrison. Nie-lede van die tuinbouklub is welkom om die werkswinkel by te woon, hulle moet egter vooraf reël met Katinka 082 829 6918, aangesien voldoende plantmateriaal voorsien moet word. Dis op Woensdag 1 Februarie in die biblioteeksaal, tee en verversings word bedien vanaf 9:00, die vergadering begin om 9:30. Nie-lede betaal gewoonlik R30 per vergadering, ‘n bykomende bedrag kan gehef word vir materiaal voorsien.

Te Koop

022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

10 Sitplek familietafel (100jaar+) met bybellaai Swarthout PRYS : R15 000.00 Vir besigtiging en meer besonderhede kontak Marina Lambrechts 072 692 8213

Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Somermark

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Toerisme hou ‘n Somermark op 11 Februarie en nooi almal uit om die oggend saam te kom geniet. Vincent De Zingende Byeboer gaan sorg vir vermaak terwyl jy rustig in die koelte kan sit en ‘n sny waatlemoen geniet. Kom koop heerlike vars kontrei vrugte en drink ‘n koppie tee in die Sinagoge met sy historiese bekoorlikheid. Om ‘n stalletjie staanplek te bespreek, kontak Georgia Abrahams by 022 913 2063 of tourism@piketberg.com


3


4

Mooie Mevrou Marilee

FK van Zyl en Marilee Kriel is op 10 Desember in die NG Kerk te Riebeek Kasteel getroud. Foto verskaf

‘n Beter Lewe vir Almal Dr Mohammad            

Verwyder slegte geluk Stop dwelm en alkohol misbruik Verhouding, huwelik en swangerskap probleme Finansiële probleme Hoe om Lotto te wen / lotto nommers “Sien” vyande raak Lok liefde Help mans met probleme Ernstige siektes Verander leefstyl Help met onopgeloste mediese probleme Help dokters wat meer magte benodig

TESTIMONIES: *My name is Fiona, thanks Dr for stopping my husband from cheating and being jealous of me, now my marriage is safe; * My name is Micheal thanks Dr for making me win lotto R50 000, am so grateful to have known you; * Thanks Dr for bringing back my boyfriend within three days, now he is taking care of me and our daughter; * For past two years my wife has been so sad because we have been sleeping without enjoying our love but since I met Dr Mohammad my wife stopped complaining; * Dr thank you for giving me lotto numbers, God bless you.

Dr Mohammad 078 859 2264 Nou in Piketberg

Groete uit Nederland Hallo Piketbergers Dit is onwerklik hoe vinnig die tyd verby gegaan het. Ek sou nooit kon raai dat ek so baie nuwe dinge sou aanleer en ervaar in hierdie kort tydperk nie. Ek dink die temperatuurverskil gaan vir my 'n groot aanpassing wees wanneer ek terugkom. Dit was die afgelope week tussen -2 en -5 grade Celsius, met baie sneeu. In Desember was die aanloop tot Kerstyd iets ongelooflik. Oral het jy Kersliggies gesien en jy kon Kersliedjies hoor speel. Selfs op 17 Desember, by Maastricht se Kersmark, was die atmosfeer net 'magical'. Die uitsig vanaf die Ferris Wheel was asemrowend en die stalletjies het die oulikste goed verkoop, van selfgemaakte produkte tot die heerlikste sjokolade. Iets wat ek ook op my 'bucketlist' kan afmerk is om 'n wit Kersfees te ervaar. Ek was saam met die familie na Latrop, Duitsland vir die Kersnaweek. Hulle vier ook 'n tweede Kersdag op 26 Desember. Ons het dennetakke gebruik as Kersversierings en Kersvader het reeds op 24 Desember kom kuier, alhoewel dit baie koud en nat was. Op Kersdag het ons na Winterberg gegaan waar ons lekker in die sneeu gespeel het. Ons het Kersaand saam ete gemaak en dit was 'n gesellige Kerstyd gevul met liefde. Op 15 Januarie het ek en my vriendin saam met haar familie gaan ysskaats in Rotterdam. Dit was ons laaste naweek saam, waar ek totsiens moes sê aan almal. Ek kan nie glo dat die mense in so 'n kort tydjie diep binne my hart gekruip het nie. Dis met hartseer dat ek binnekort totsiens moet sê aan my familie maar ek weet ek sal in kontak bly en sommer gou weer kom kuier. Gedurende my jaar as Au Pair het ek baie van myself geleer en ook nuwe mense ontmoet. Dit was sowaar 'n onvergeetlike ervaring, maar nou lê daar vir my nuwe avonture en geleenthede voor. "You will never be completely at home again, because part of your heart will always be elsewhere. That is the price you pay for the richness of loving and knowing people in more than one place" - Miriam Adeney Ek sien julle binnekort. Groete uit ‘n koue Nederland Elzaan

Elzaan en die familie in Latrop, Duitsland: Amoré, Bija, Juné en Dennis. Foto verskaf

Farmer’s Market - Piket Bo-Berg Saturday 28 January


5

Besige Bytjies hou Konsert

Sandveldhuis op nuwe Terra

Terra Nova, wat Nuwe Aarde beteken, en die verskaffer van die beste tuisgebak oor meer as 20 jaar in Piketberg, is steeds op sy perseel in Hoofstraat. Dit behoort nou aan Mark en Alida Lintnaar (foto), wat voortgaan met die besigheid soos u dit ken, met dieselfde baksters en verskaffers. Die res van die gebou funksioneer steeds as ‘n koffiewinkel, wegneem etes en foto winkel - net met ‘n nuwe naam. Gaan kuier gerus by die Sandveldhuis. Foto verskaf

BLOEDSKENKERS Sinagoge in Kerkstraat 10 Maart

Somers-

uitverkoping

DUP MEUBELS VANAF 1977

Voortrekkerstraat 43, Piketberg Graag wil ons al ons kliënte bedank vir getroue ondersteuning gedurende 2016. Mag 2017 ‘n jaar vol voorspoed, geluk en seën wees. Kom loer gerus in vir vriendelike diens en kwaliteit produkte. PERSONEEL DUP MEUBELS

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6 Apostoliese Kerk Piketberg sê dankie

Graag wil die Apostoliese Kerk van Piketberg van die geleentheid gebruik maak om hulle dank te betuig aan al die besigheidseienaars of bestuur wat ruim donasies geskenk het: Piketberg Apteek; Boland Superspar; Liebco Vleishandelaars; Raimondi’s Wholesalers en Knight’s Supermark. Nogmaals baie dankie en mag julle ‘n geseënde 2017 hê. Die senior burgers het die dag baie geniet. Foto verskaf deur Rudi Willemse

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Februarie 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 14 Februarie 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Dis ongelooflik hoe vinnig die tyd vlieg as mens met vakansie is! Ek glo ieder en elk van u het ‘n goeie geseënde Kerstyd agter die rug en hoop dat u kon rus en u familie en vriende se geselskap geniet. Ek was vir die eerste keer in my loopbaan vir ‘n volle maand met verlof en kan dit aanbeveel! By die Munisipaliteit is ons uitgerus en reg Hanlie Linde om 2017 met mening aan te pak. Ons het 2016 op ‘n baie hoë noot afgesluit en vir die eerste keer in Bergrivier Munisipaliteit se geskiedenis ‘n volledige skoon oudit verwerf. Hiervoor wil ek graag elke raadslid en elke werknemer van Bergrivier opreg bedank. Dit is die uiteinde van jare se harde werk en u as die publiek kan baie trots wees. Ons het hierdie pad begin deur in 2013 die prys te kry vir die Munisipaliteit wat die meeste vordering getoon het in ons oudit. In 2014 het ons ‘n ongekwalifiseerde oudit verwerf met ‘n paar uitstaande kwessies wat uitgelig is om aan te werk. In 2015 het ons voortgebou en die ongekwalifiseerde oudit vasgelê met minder uitstaande kwessies en in 2016 kon ons ‘n ongekwalifiseerde oudit verwerf sonder enige uitstaande kwessies (die sogenaamde skoon oudit). Nou is die uitdaging vir 2017 om die sukses te herhaal en verder uit te bou. Hiervoor het ons almal in ons gemeenskappe se hulp nodig om van Bergrivier ‘n plek te maak waar mense graag wil wees omdat dit korrupsievry en skoon is met hartlike gasvryheid soos net die Weskus kan bied. Help ons asseblief deur enige vorm van oneerlikheid of korrupsie onmiddellik aan te meld by ons Interne Ouditeur, Jurene Erasmus (022-9136002) of by my kantoor (022-9136011). U kan ook help deur ons ekstra oë en ore te wees in die gemeenskappe en enige munisipale probleem so spoedig moontlik aan te meld by Piketberg se kliëntediensbeampte, Jackie van Huyssteen (022-9136005) of na-ure by ons bystandspersoneel soos volg: elektrisiteit (083 272 3851), siviele ingenieursdienste (bv paaie en water - 083 272 3850), rampbestuur (bv brande) (Weskus Distrik se rampbestuursentrum – 10177) en wetstoepassing en verkeersdienste (083 272 4126). Ons is afhanklik van u samewerking en waardeer dit opreg. Sterkte vir 2017! Mag dit ‘n baie geseënde jaar wees vir elke inwoner van Bergrivier!

Wêreldbiddag vir Vroue Vrydag 3 Maart in NG Kerk


7

ResidensiÍle Fasiliteit vir Ouer persone : Huis AJ Liebenberg, Piketberg Aansoeke word ingewag vir ’n Voldag-pos vir die volgende betrekking:

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE Pligte behels o.a.

* Alle administratiewe take van Bergtuin Aftree Oord, Anneks Woonstelle en Huis AJ Liebenberg. * Alle administratiewe take van Beheerraad & Hoof * Hou van Notules van Vergaderings * Bemarking en Fondsinsameling

Posvereistes

* Rekenaarvaardig met kennis en ervaring van: Microsoft - Word, Excel, Outlook, Power Point * Bulk sms & Internet * Tweetalig : Afrikaans en Engels * Geldige rybewys

Aanbeveling

* Goeie kommunikasievaardighede * Goeie organisatoriese vaardighede & Akkuraatheid * Goeie menseverhoudings, deernis en begrip vir Bejaardes

Navrae

* Hoof Tel. No. 022 9131228 / 0835077268 * Stuur volledige CV aan faksnommer : 022 9131687 of Epos : hoofajltehuis@xsinet.co.za Diensaanvaarding * 1 Maart 2017 om 12:00 Sluitingsdatum * 27 Januarie 2017 Aanvaar asb. dat indien u teen 3 Februarie 2017 nog niks van ons verneem het nie, u aansoek onsuksesvol was.


8

20 Jaar Gelede - Februarie 2017 Geen koerant het verskyn in Februarie 1997 nie. Die uitgawe van Maart 1997 het Desember 1996 opgevolg. Die waarskynlike rede hiervoor is dat Pierre Steenkamp, wat einde 1997 pakket geneem het, die koerant oorgegee het aan Madelie Burger en Hester Smit. Die Piketberger is sedertdien nie meer vanuit PHS bedryf nie. Pierre sou wel later weer toetree. Die oorgee van die leisels was ‘n skielike wending en het net een maand se koerant geëis…….dit wil gedoen wees. Stil-stil beleef Die Piketberger nou, 20 jaar later, weer ‘n ligte krisis. Barbie Breunissen is besig om uit te tree, en hoewel sy nog baie behulpsaam is, is sy stadigaan besig om te onttrek. ‘n Persoon wat aan die vereistes voldoen, soos op p13 uiteengesit en bereid is om hierdie liefdesdiens twv die gemeenskap te doen, kan gerus aansoek doen. Intussen het Leonie Boshoff en Marietha Goosen ‘n paar nuwe vaardighede aangeleer. Baie dankie aan Barbie vir 7 jaar se skitterende diens aan die gemeenskap deur die uitleg van Die Piketberger met soveel sorg te doen. Voorspoed vir die nuwe seisoen in jou lewe.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

VAKANTE BETREKKING

Word deel van ons Super-span! Kassiere

Vaardighede & Eienskappe: Gr 12 & 11 Skoliere welkom Wiskunde of Rekeningkunde (Wiskundige-geletterdheid ingesluit) Spontaan en Vriendelik, hou daarvan om met mense te werk Kan akkuraat onder druk werk Verantwoordelikhede: Vriendelike Klante hulp Hantering van alle betalings metodes (KT/DT Kaarte, Tjeks, Rekeninge) Kontak Santie Van Den Berg vir enige navrae by 022 913 1163.

Handig ‘n Afskrif en kontakbesonderhede by Boland Superspar by Santie van den Berg. Daar is beperkte poste beskikbaar so doen sommer vandag aansoek om teleurstelling te voorkom.

PRETDRAF/LOOP en KUIERONDER-DIESTERRE aand voor die kerkgebou op Vrydag 10 Maart en FONTEINFEES - Saterdag 11 Maart van 7vm ontbyt en 9-12vm - ontmoet Piketbergers mekaar rondom stalletjies, teetafel, kindervermaak en braaivleis by die rustige vrede van ons dorp se 130jaar oue klipkerk. Almal welkom! NG KERK PIKETBERG


9

VLV NUUS : 2017

Kersliedere op Pools

Aanpasbare Vroue / Adaptable Women

Aanpasbare Vroue / Adaptable Women is die Vroue Landbouvereniging (Kaapland) se nuwe tema vir 2017. Die projek vir 2017 “Gemeenskapsbetrokkenheid in jou plaaslike omgewing” gaan voort. VLV-Piketbergtak se missie is om oë, ore en hande in die gemeenskap te wees. Saam hiermee is die doelstelling van die VLV om die moderne vrou toe te rus met inligting en idees en sodoende die volwasse vrou in staat te stel om ‘n gesonde gesinslewe op te bou. Graag wil VLV-Piketbergtak PHS se 2016 matrieks hartlik gelukwens met hul 100% slaagsyfer en 4 gemiddelde Akandidate. Baie geluk ook aan Steynville Sekondêre Skool se matrieks – ons wens elke leerder voorspoed en sukses toe met hulle toekoms. VLV se eerste vergadering vind plaas op 9 Februarie om 09:30 in die Biblioteeksaal. Elzanne Richter van “All About Travel” verskaf baie interessante wenke en inligting indien u binnekort wil toer en reis. Johan van Lill van die Verkeersdepartement gesels oor verkeersveiligheid. Hy wys die algemene parkeerprobleme uit in die dorp en lede kan ook vrae rig. Nuwe lede is baie welkom om aan te sluit – ledegeld is slegs R165 per jaar. Besoekers is ook welkom en betaal ‘n besoekersfooi van R30 by die deur. Indien jy dink dat jy ‘n kok van formaat moet wees, kan jy ontspan. Raak deel van VLV om iets nuuts te leer en nuwe gesigte te ontmoet. Enige navrae, per Whatsapp ook, kan gerig word aan Nicoline Brown by 082 477 0665 of Dinette Lochner by 083 564 5643.

Pools area se werknemers het jare gelede die tradisie gehad om op Oukersaand op sommige plase Kersliedere te sing. Die gebruik het egter uitgesterf omdat die boere deesdae oor Kerstyd met vakansie is. Aangesien Michiel en Marianne Kitshoff se hele familie die afgelope Kersfees by hulle op die plaas was, het hierdie ou tradisie herleef. Vir hulle wat dit geken het, sowel as vir die res van die familie en die nuwe geslag, wat nie bekend was met hierdie gebruik nie, was dit 'n aangrypende belewenis. Foto: Michiel en Marianne Kitshoff

Fonteinfees 11 Maart

Dankie aan borge

Die volgende borge van ons 2017-VLV-Jaarboek word hartlik bedank. Sonder julle ondersteuning sou ons nie kon voortbestaan nie: All About Travel, Avroy Shlain, B’Pretti Beauty, Boland Superspar, Bonthuys Bicycles, De Berge Gastehuis, Dr Herold Truter, Dr Sam Scheepers, Drs Smit en Morrison, Dup Meubels, Jannie Lategan Eiendomme, Keyah Skin and Body, Lemon Tree Selfsorg, Liebco Vleishandelaars, PC Tech, Piketberg Apteek, Perskepot Boutique, Piketberg Bandediens, Piketberg Drukkers, Praktika, Sandra van Wyk Eiendomme, Skoonheidsalon Sanet, Total and Spur Winkelshoekkompleks.

PAW supporters take note Just to let you know that Piketberg Animal Welfare will be disbanding as from 15 January 2017, as we can no longer meet the demands of the community with our limited financial and human resources. As individuals, we remain committed to reach out within our means and to work in conjunction with Swartland SPCA, local SAPD and municipal law enforcement officers. We remain committed to sterilisation drives and will work closely with Bergrivier Municipality in this regard. Any further contributions are welcome and can be paid into the account of the local veterinary hospital, Piketberg Animal Hospital 022-913 1148, as we do need medicine from time to time or kitty milk when raising kittens (reference BERGMAMAS).

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075


10

Met Biggie Best maak jy en ek hierdie jaar ons huise Biggie Beautiful!! Baie dankie vir julle ondersteuning gedurende 2016.

Christo en Linda 022 913 3326

oregonandmore@telkomsa.net

59 Long Street, Piketberg - oorkant Agrimark


11

PHS Nuwe Personeel

TE KOOP Babaklere in uitstekende toestand, 0-3 mnd, 3-6 mnd en 6-9 mnd. Nuwe Bumbo waarin baba kan sit. Diaper champ vir doeke weggooi. Alles vir R600 Kontak 081 401 2815 of 022 913 2095

HUISHULP GESOEK Hierdie dames het almal as nuwe onderwyseresse by Hoërskool Piketberg aangesluit. Liesl Koegelenberg, Gr 9 Geskiedenis en Gr 12 Eerste Addisionele Taal; Helena le Roux, Gr 4 - 7 NWT/Geografie; Karla Taljaard, Gr 8 - 10 Engels; Pauline van der Nest, Gr 3; Danika du Plessis, Gr 4 - 6 Afrikaans en Sandra Hanekom, Gr 8 - 12 Kuns Privaat. Foto: Sanet Coetzee

KANSA Relay For Life Porterville 24 en 25 Februarie 2017 Op die rakke van die Biblioteek Die volgende boeke word gedurende die jaar by die Leeskring bespreek:

15 Februarie: Dalene Matthee se “Brug van die esels” 15 Maart: Sally Andrew se “Recipes for love and murder” 19 April: Deon Meyer se “Koors” 17 Mei: Bettina Wyngaard se “Slaafs” 21 Junie: Damon Galgut se “The ggod doctor” 19 Julie: Ingrid Winterbach se “Vlakwater” 16 Augustus: Marinda van Zyl se “Amraal” 20 September: Anneli Groenewald se “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits se “Geliefde verraaier”

Kontak Louise Visser by 083 507 2854 om aan te sluit. Die plek en tyd vir bogenoemde geleenthede is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld is R50.

GEBOU TE HUUR Besigheidsgebou 200 m² plus groot. Kantoor en ablusie geriewe. Geskik vir enige tipe werkswinkel en stoor plek.

Thys Basson

Kantoor: 022-913 3231 Sel: 083 448 1802 thys@proterra.co.za

Ek is op soek na ‘n huishulp vir vier dae per week. Sy moet sober gewoontes hê, eerlik wees en hoogs betroubaar. Kontak so gou as moontlik vir mev Louw by 022–913 1629 of 084 205 7171 om pligte en voorwaardes te bespreek.

TE HUUR TWEE BESIGHEIDSPERSELE / KANTOORSPASIE

Ou Nederberg Hotel - heerlike ruim spasie (3 vertrekke) met privaat ingang en eie badkamer. Tweede perseel is 'n eenvertrek, baie ruim spasie met 'n lugversorger. Kontak asb vir Annerie op 022 913 1465 om die perseel te besigtig.


12

Nuwelinge by PHS

Hanlie Olesen met Gr 1

Suné Rheeder met Gr 1

Susan de Vries met Gr 1E . Foto’s: Marietha Goosen

BRAND

Beskerm u plaas en inkomste. Verseker u vrugte- en wingerdboorde teen brand. Skakel: Jaco Barnard by 022 9132986 of 0834526813

Moenie wag vir brande. Tref voorsorg.

RSA Agri Makelaars (Edms) Bpk Langstraat, Piketberg 7320 FSB no. 34909

Tel.nr.: 022-9132686 Faks nr.: 022-9132626 / 086 636 7347


13

PHS se Graad R-klas van 2017

Marili Hanekom en Maria Joubert met Gr R. Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger

Beskik oor ‘n vakante betrekking vir ‘n persoon om die uitleg van die koerant en die opstel van advertensies te doen. Die koerant verskyn een maal per maand. Die geskikte kandidaat moet vertroud wees met die Publisher rekenaarprogram en beskik oor uitstekende vermoë om te spel. Stuur epos aan diepiketberger@gmail.com indien u belang stel of skakel Marietha Goosen

by 083 654 3170 of 022-913 1796

Die Piketberger se Datums vir 2017 Berigte/ Advertensies IN MAART 14 Februarie APRIL 21 Maart MEI 18 April JUNIE 23 Mei JULIE 20 Junie AUGUSTUS 25 Julie SEPTEMBER 22 Augustus OKTOBER 19 September NOVEMBER 17 Oktober DESEMBER 21 November

VERSKYN

23 FEBRUARIE 30 MAART 28 APRIL 1 JUNIE 29 JUNIE 3 AUGUSTUS 31 AUGUSTUS 29 SEPTEMBER 26 OKTOBER 30 NOVEMBER

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com


14

Huis AJ Liebenberg Nuus deur Jannie Lategan

Vryheid

Die personeel van Huis AJL is bederf deur die Beheerraad by Org De Rac . Die personeel sê baie dankie Beheerraad. Foto verskaf Die bestuur van Huis AJ Liebenberg wil die volgende persone bedank wat hul inwoners se Kersete moontlik gemaak het:  Beheerraad vir die voorbereiding en maak van die kos en opmaak van tafels en saal;  Daniël Rossouw vir skaapboude;  Winkelshoek vir wyn en sap;  Maak van Kersgeskenkies - Beheerraad en Vriende, moontlik gemaak deur verskeie skenkings wat ontvang is;  Mariaan Viviers vir die opmaak van portale, gange en Siekeboeg, geskenk deur Boland Superspar;  Sammie-Jo Isaacs vir sangitem en Louise Visser vir agtergrond musiek tydens ete;  Helene Theron en koorlede wat hard geoefen het vir pragtige sang.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Tydens ‘n onlangse gesperkvoering op TV met die bekende Yolandi Korki, wat destyds saam met haar man gyselaar gehou is in Jemen, het sy op ‘n vraag: “Hoe voel jy nou oor VRYHEID?” onomwonde gesê dat sy nou anders na voëls in hokke kyk. Haar en haar man se lyding en slegte ervaring in Jemen, is uiteraard aan ons almal bekend. Ofskoon sy later vrygelaat is, is haar man in ‘n terreuraanval doodgeskiet. Hierdie moedige vrou beantwoord die vraag na “vryheid” sonder ‘n omhaal van woorde: “Ek kyk nou anders na voëls in hokke”. Daar is velerlei artikels geskryf oor vryheid en iemand hoef nie noodwendig in ‘n tronksel te sit en te sien wat vryheid eintlik beteken nie. Mense se vryheid word soms aan bande gelê in verhoudings, werksomstandighede en bloot net denke. Nie fisies nie, maar emosioneel, kan mense in sogenaamde hokke vasgekeer sit. Bande wat hulle waarskynlik voel wat nie gebreek mag word nie. Die gevolge om uit sodanige “gevangeneskap” te ontsnap, klink selfs of dit vir hulle noodlottig kan wees en gaan dan maar liefs voort om die status quo te handhaaf. Watter ongelooflike taferele speel nie waarskynlik onder en tussen ons af nie, terwyl die een in “gevangeneskap”, in ‘n magtelose voortbestaan, liefs net voort ploeter nie. Sien ons straks sulke mense in “hokke” vasgekeer. In ‘n web van armoede en verwaarlosing. Sien ons soms ook die willoosheid by mense raak om net te “aanvaar” en dat dit nou maar is soos die lewe aan hulle uitgedeel is. Sien ons die toneelspel op mense se gesigte raak. Die voordoen om te wees wat ek eintlik nie is nie en die totale ontmagtiging om uit die web te bars en net vry te wees. Soms net tè bevrees vir die slegte konsekwensies waarmee daar dan gehandel moet word. Yolandi Korkie reken sy kyk nou vreesbevange na enigiets wat ingehok of ingekerker is, juis omdat sy die uiters slegte ervaring van opgesluit beleef het. Die tragiese is, dat sy haar man op ‘n gewetenlose wyse in gevangenisskap verloor het. Haar vryheid wat sy gekry het om op ‘n stadium vrygelaat te word, het nie eintlik vir haar vrede gebring nie, want haar man en sielsgenoot was nog daar tussen barbare ingehok. Mag ons almal 2017 beleef, nie met ‘n gevoel van “soos ‘n voëltjie in ‘n hok” nie, maar vry soos die arend in sy vlug.

Te Koop Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer.

Skakel Nellis Louw 083 441 4032


15

Riaan tbv Reeva

Riaan Visser het op 3 en 4 Desember deelgeneem aan ‘n sterkmankompetisie in die Waterfront ten bate van die Reeva Steenkamp Foundation “Standing strong against abuse of women and children”. Reeva se ouers het dit bygewoon. Van die sterkste persone in Suid-Afrika het deelgeneem o.a. Gerhard van Staden (skeidsregter), Johan Els (SA Arnold’s wenner 2016), asook Theron Kleinhans (4de in 2016). Riaan was een van die beginners. Hy het gekwalifiseer vir die Arnold Classics gedurende Mei in Johannesburg. Riaan het ook op 22 Desember deelgeneem aan ‘n Sterkman Demonstrasie in Struisbaai en het 2de geëindig. Hy is ook gekies as Mnr Struisbaai 2016, asook Mnr Spiere. Baie geluk. Piketberg is trots op jou. Sien foto’s hiernaas

Bertroubare verwysings beskikbaar

Lees berig hiernaas oor Riaan Visser. Foto’s verskaf


16 Groenvlei Primêr se Gr 1-klas

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Louwna Burger saam met Groenvlei Primêr se Graad-1 klassie vir 2017. Foto: Marilee Kriel Van Zyl

Nuwe onderwysers by SPS Nuwe onderwysers by Steynville Primêre Skool is Yentl Simpson, Drikus Kirsten en Arlene Hendricks. Foto: Elzanne Boshoff

Het jy enige Nuwejaarsvoornemens? Hoeveel van hulle hou jy nog? Ons het baie keer goeie intensies en planne, maar kry dit nie altyd geleef nie. Ons gee aandag aan wat ons in ons lewens moet verander - wat ons anders moet doen - maar ons gee nie altyd aandag aan wat ons anders moet glo nie. Kom ek verduidelik wat ek bedoel: Spreuke 23:7 sê: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...” In die King James vertaling klink hierdie vers soos volg: “For as he thinketh in his heart, so is he.” Dit wat jy dink, is dit wat jy gaan leef. Wanneer jy na jou voornemens vir die jaar kyk: is jy daarop gefokus om net jou aksies te verander, of besef jy dat jy jou manier van dink gaan moet verander om sekere aksies te verkry? Ek hoor gereeld mense sê: “Ek vra vir die Here vir meer geduld, maar ek kry dit nie.” “Ek soek meer geduld.” “Ek kort meer geduld.” Die manier om meer geduld te hê is nie om nog meer geduld êrens te kry, of vir God te vra om dit vir jou te gee nie. As jy al die besluit geneem het om Jesus aan te neem en wedergebore te raak, het jy reeds ál die geduld in jou gees wat jy nodig het. Galasiërs 5:22 sê dat lankmoedigheid (geduld) ‘n vrug van die Gees is, en die Gees is tog binne-in jou. Jy het alreeds die geduld – jy moet nou net ontdek wat jy tot jou beskikking het en uit daardie fontein binne-in jou begin leef (2 Petrus 1:3). Johannes 8:32 sê: “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Wanneer jy die waarheid leer ken van wie God werklik is, wat Jesus vir jou gedoen het en wat Sy opstanding vir jou vermag het, sal jou aksies outomaties daaruit vloei. Geduld is nie iets wat van buite-af inkom nie, dit is iets wat van binne-af uitgaan. Watter aksies wil jy verander? Het jy al gedink hoe om jouself aan meer waarheid bloot te stel sodat jy jou manier van dink kan verander en in die proses outomatiese resultate daarvan in jou aksies te sien? Is daar verse in die Bybel wat jou sal help om God se karakter beter te verstaan? Is daar verse wat jou sal help om jou identiteit beter te verstaan? Soek daardie verse, lees dit en vra vir die Here om dit vir jou oop te breek. Kyk dan toe hoe dit jou aksies outomaties verander. Hierdie is nie ‘n oornagproses nie. Dit gaan tyd vat om jou gedagtes te vernuwe, maar dit is verseker die moeitewerd. Romeine 8:6 “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede”. As jy net dink aan die vlees - dit wat jy sien, hoor, voel, ruik en proe, sonder om toe te laat dat God se Woord inbraak daarop maak - gaan jy dood ervaar. Wanneer jy gefokus leef in God se Woord, gaan jy lewe en vrede ervaar. Regte gedagtes gaan nie net neig na lewe en vrede nie dit gáán lewe en vrede wees. God is baie lief vir jou en wil net die beste vir jou hê. Sy liefde vir jou vergaan nooit nie. (1 Kor. 13:8). As jy hierdie jaar dieselfde denkwyse as verlede jaar gaan volg, gaan jy dieselfde resultate kry. Vat hierdie jaar aan met oorgawe in jou verhouding met God. Laat God toe om jou denke te vernuwe en kyk toe hoe jou aksies verander. Verdere studie: 1 Korintiërs 6:17; 2 Korintiërs 10:3-5; Johannes 4:4; Johannes 6:63; 1 Thessalonicense 5:23; Romeine 12:2 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


17

Museum Somermark volblad


18


19


20

Fox Build It Skopfiets Wenners

Fox Build It het oor die Kersgety ‘n inkleurkompetisie gehou. Die wenners het elkeen weggery met ‘n splinternuwe skopfiets. Foto’s: James Fox. Die wenners van die gelukkige trekking was Rushon Pietersen, Dillon, Thaania Murphy, Jesse Philander, Will-Drigo Cloete, Jaydee Noble en Chismari Liebenberg. Foto’s: James Fox

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


21


22

Steynville Primêre Skool se Graad R’s

Lynette Williams met Graad R(A)

Mariaan Fortuin met Graad R(B)

Elmarie Abrahams met Graad R(C) Eloise Julius met Graad R(D)

Wiskunde, lees, spel en leermetodes vir kinders

Juffrou Lerine help graag! Deur prettige aktiwiteite leer ons maklik. Honneurs graad in Grondslagfase. Gerty Esau met Graad R(E) Foto’s: Marietha Goosen

Kontaknommer: 072 357 8537 Individuele hulp / klein groepies leerders vir R80 (45 min per leerder.)

Bel nou om jou naam op die lys te sit! Beperkte plekke!

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


23

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


24

PHS’ers ontvang Erekleure

PHS se hoofleiers het gedurende Desember die ATKV se Hoofleierberaad te Goudini bygewoon: Jac Goosen, onderhoofseun, Harry Roux, hoofseun, Glenda Dietrich, hoofdogter en Janet Stander, onderhoofdogter. Harry Roux het ook Die Burger se hoofleierskonferensie in die Kaap bygewoon, nog ‘n eer vir PHS.

Gr 11’s wat erekleure blou ontvang het, is Dewald van Deventer, Anke Schreuder, Daniel Brand en Hughen Esau. Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Gr 12’s wat erekleure ontvang het, is agter silwer: Glenda Dietrich, Jac Goosen, Johan Visser, Harry Roux en afwesig vir die foto, Barend Smit. Voor is erekleure blou: Lain-Mari van den Heever, Nicola Coetzee en Charne Alberts. Ane Nelson, top matrikulant in die Weskusstreek met 92,7%, het erekleure goud ontvang.

Die gr 10-groep het verlede jaar, in gr 9, die beste gemiddelde persentasie landswyd vir Admaths behaal. Dit is ‘n fenomenale prestasie. Bosmann Rossouw, middle voor, is die beste gr 9-kandidaat vir Admaths landswyd, met 99%. Links en regs van Bosmann sit Werner van Rossum en Johan du Toit. Agter is Petro Grundlingh, Janke van Schalkwyk, Hanmarie Marais en Alicia Louw. Foto’s: Marietha Goosen

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


25

Groot vreugde oor 86,5% slaagsyfer by Steynville Sekondêre Skool

Foto’s: Marietha Goosen


26

PHS hou Kleure Atletiek

Janke van Schalkwyk Senior Victrix Ludorum

Lyle Booyse Senior Victor Ludorum

Harry Roux en Janét Stander met Sonja-Marié Krynauw - Blou Span

Elné Burger Junior Victrix Ludorum

Deanu Cornelissen en Else Pieters met Tania Murphy - Geel span. Die Geel span was die wenners van die Kleure Atletiek.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

De Wet Carstens Junior Victor Ludorum

Melissa Beck en Chris Rheeder met Li-Zay Puttick - Rooi span

Foto links: Die sjampanjenooiens Lize Smit, Micaela Smith en Glenda Dietrich. Foto’s: Marietha Goosen


27


28

Die Piketberger Feb 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you