Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Bendert Nr 1

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Bruide...pp 4,6 Fonteinfees...p9 Lindie Strydom na Piketberg...p12 Tuinbou Kompetisie...p18 Cycle Challenge wins R50 000...p18 Somermark...pp 22,23 SSS se Top Tiene...p35 Sport Uitblinkers...p36 Nuwe opvoeders...p37 PHS hou Kleuresport...p38 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Bendert Smit, gr 11-leerder by PHS, is vir die vierde agtereenvolgende jaar die nommer 1 Boland tennisspeler in sy ouderdomsgroep. Foto verskaf

 022 913 1939  022 913 2404

Mon - Fri: 7:30 - 8:00pm Sat : 7:30 - 7:00pm Sun : 7:30 - 2:00 pm


2

Redaksioneel Soos Gouelokkies daarvan hou "Hierdie pap is net reg", sê Gouelokkies, en eet al Baba Beer se pap op. Pappa Beer se pap was te warm en Mamma Beer se pap was te koud. Soos die verhaal vorder, kies Gouelokkies ook Baba Beer se stoel en bed, want dis nie te hard nie en ook nie te sag nie.......dis net reg. Ek verkies ook dinge net reg. My tee moenie te sterk wees nie en ook nie te flou nie, net reg. Ek ry graag saam met iemand wat nie te vinnig ry nie en ook nie te stadig nie, maar net reg. My bord kos moenie te veel wees nie en ook nie te min nie, maar net reg. Klere wat te duur is, pla my gewete en té goedkoop klere hou nie, so die prys moet net reg wees. 'n Staproete wat te moeilik is, breek my moed, maar 'n té maklike roete laat my voel dis geen uitdaging nie, dus moet dit net reg wees. Leiers wat te streng is, het my nog altyd ontsenu en té gemoedelike leiers ook, dus moet hulle net reg wees. Iewers tussen uiterstes is daar 'n goue middeweg en daarmee voel ek gemaklik. Ons hoop om dié jaar vir julle 'n koerant te gee wat net reg is. "Net reg" in die sin dat dit in ons lesers se smaak val en dat jy goed ingelig sal wees oor wat met ons dorp en sy mense gebeur.

Liefde Marietha

Gesoek Gebruikte Wendy huis word benodig vir behoeftige persoon. Skakel asseblief Elna Strauss Tel: 022 913 2391 Sel: 072 507 2991

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Marié Ehlers skryf… Ek en Jacques was bevoorreg om in die Desembervakansie by my ouers in Die Baai (Port Elizabeth – soms as ek na die Baai verwys vra mense hier rond vir my, “Saldanhabaai of Lambertsbaai?”) te kon gaan kuier. Die pad, veral die N2, was baie besig en elke nou en dan het ek die nommerplate vir Jacques gelees, sodat ons kon weet vanwaar al die besoekers was. Nodeloos om te sê, die meeste was van Gauteng! Op ’n stadium, redelik ver van die huis af, maak ek die opmerking: “Sjoe, as ons darem ’n CBY-motor hier sien, moet ons hulle aftrek en groet.” En so ry ons nader en nader aan die Baai, so 170km daarvandaan is die Stormsrivierbrug en vulstasie en toe ons indraai en nader ry, wat sal ons sien! ’n CBY-motor! Ons is so opgewonde dat ek sommer uitspring en nader gaan. Iemand, wat ek nog nie ontmoet het nie, kyk my verbaas aan toe ek begin praat: “Hallo, is u van Piketberg? Ons ook! Jacques en Marié Ehlers.” “Ja, ek is. Ek bly op die berg. Hugo Coetzee.” En net daar gesels ons land en sand, soos ou kennisse! Sjoe, dit was heerlik, want jou dorp se mense is mos jou vriende! Ons het die res van daardie dag aan hom gedink en gehoop dat sy reis veilig en voorspoedig sou wees. Ons woon nog net vier jaar op Piketberg, maar daardie dag was dit lekker om te kon sê: “Ons is van Piketberg en het vandag nog ‘n vriend ontmoet!” Oos, Wes, CBY bes! Elna Laas en kinders skryf... Ons wil net vir Piketberg se mense baie dankie sê vir AL die ondersteuning met Paul se afsterwe op 26 Desember. Elke oproep, drukkie en boodskap waardeer ons uit ons harte uit. Esna en Rudi Brand skryf... Dankie vir almal se gebede tydens ons Driesman se hospitalisasie. Hy was opgeneem met ‘n suiker telling van 38 en dit moet 5 - 6 wees. Hy is nou ‘n Tipe 1-diabeet. Hy het letterlik by die dood omgedraai, maar sy werk hier op aarde is nog nie klaar. Hy is ons vegtertjie. Ek wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om beide my ouers, Dries en Carin Rossouw te bedank dat julle altyd daar is en mens kan altyd op jul knoppie druk, jul knoppies raak nooit op nie. Ek is baie bevoorreg om julle as ouers te hê. Lief vir julle baie. Dan ook almal se oproepe, besoeke en gebede, dankie ek waardeer dit opreg. Dan laaste, maar geensins die minste, twee dierbare vriendinne wat ek moet uitsonder, want sonder julle sou ek nie sover kon kom nie, julle was my krukke, Christelle Brand en Marnelle Theron, julle is deur God uitgekies as my vriendinne.

Valentine’s Saloon Dance tbv Graad R

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Briewe van ons lesers...

Barbie Breunissen

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Saloon: Skoolsaal, Hoërskool Piketberg Datum: Saterdag 13 Februarie Tyd: 18:00 vir 19:00 Kaartjies: R100 per persoon

Boereworsrolle te koop of bring julle eie eetgoed. Koeldrank, water en ys sal te koop wees of bring julle eie drankies en glase. Kaartjies beskikbaar by Hoërskool Piketberg


3

Hondjie in berg gekry Op Oujaarsaand het George en Eloise se worshondjie die hasepad gekies nadat vuurwerke by die krieketvelde geskiet is. Haar bestemming was ‘n rotsskeur onder die kruis op die berg. Kennisgewings is op sosiale media geplaas en ‘n beloning is ook aangebied om die worsie weer te herenig met sy “ouers”. Hul vriende en die verkeersdepartement het ook uitgekyk vir haar. Hennie en Ansie Maree het aanvanklik die hondjie benoud hoor tjank en eerste alarm gemaak. Boetie en Marianne Kirsten was ook betrokke. Die Polisie, onder leiding van Claude Benjamin, het op die snikhete dag geen moeite ontsien om deel te neem aan die soektog nie, maar die eintlike held was Gysbert Kirsten wat laataand, sonder enige lig, die hondjie uitgehaal het uit die rots-skeur. Eloise sê dit was regtig ‘n groot vreugde om haar terug te kry. “Dit was soos iets uit die movies soos ek gehardloop het na haar! Sy het niks seergekry nie. Ek is bitter dankbaar”, het ‘n dankbare Eloise gesê.

Valentynsdag Blomme ♥

Sondag 14 Februarie ♥ Kochelmanders verskaf 'n groot verskeidenheid pragtige rose en blomme vir Valentynsdag Bespreek asseblief betyds by 022 913 3761

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Somersuitverkoping Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


4

Somerbruide

Jano en Yolanda Smit is op 21 November 2015 te Zevenwacht Wynlandgoed getroud. Jano is die seun van Deon Smit en Marguerite Marais. Yolanda is die dogter van Charmaine Mouton van Piketberg. Foto: Edó Photography

Stegmann en Annelie Bruwer is op 21 November 2015 in die NG Kerk Piketberg getroud. Annelie is die dogter van Francois en Nolie Eksteen van Witvlei, Piketberg. Stegmann is die seun van Helen Bruwer, vroeër van Calvinia. Foto: Moira West

Gavin en Jolene Small is op 17 Oktober 2015 op Piketberg in die huwelik bevestig. Die seremonie was in die VG Kerk en die onthaal in die gemeenskapsaal. Foto: Elanie Coetzee

Plaasmark Piket-Bo-Berg

Saterdag 30 Januarie

Albé en Francolene Schreuder is op 2 Januarie te Laatson, Porterville getroud. Albé is die seun van Martha en wyle Alp Schreuder van Garies en Francolene is die dogter van Peet en Christa Myburgh van Piketberg. Foto verskaf


5


6

Desemberbruide

Morné en Cindy van Heerden is op 19 Desember 2015 te Org de Rac Landgoed getroud. Cindy is die PR by Boland Superspar en een van Die Piketberger se gereelde adverteerders. Foto verskaf

Bobby en Cari Greeff is op 18 Desember 2015 getroud te Allesverloren, Riebeek-Kasteel. Bobby is die seun van Gert en Hettie Greeff van Piket-bo-Berg. Foto: Karien Jordaan

Drikus en Charné Viljoen is op 17 Desember 2015 te Langkloof Rose in Wellington getroud. Charné is die dogter van Jaco en Charlotte Augustyn, vroeër van Piketberg. Foto: Coba Uys - Coba Photography

Riaan en Jaen-Mari Greeff is op 12 Desember 2015 te Goudkop, Redelinghuys getroud. Foto: Kobus van Rooyen


7


8

Vier geslagte Eksteen Troues by NG Kerk Piketberg Op hierdie bladsy is vier geslagte Eksteen troues (1934, 1960, 1985 en 2015) waarvan die bruidspare elke keer voor die hoofingang van die NG Kerk Piketberg afgeneem is. Foto’s en inligting verskaf deur Nolie Eksteen

Frans en Sarie Eksteen is getroud op 18 September 1934

Francois en Nolie Eksteen is getroud op 14 Desember 1985. Regs: Stegmann en Annelie Bruwer (neĂŠ Eksteen) is getroud op 21 November 2015.

Bertie en Rita Eksteen is getroud op 3 September 1960


9


10

50ste Huweliksherdenking

"Die beste geskenk wat ‘n kind kan kry is twee ouers wat lief is vir mekaar! Mamma en Pappa, baie geluk met jul 50jr huweliksherdenking op 8 Januarie. Baie liefde Rietjies, Dekker, Ousie, Dekkie en Johann-Chris. Regs: Hugo en Miemie Ehlers op hul troudag 50 jaar gelede Foto’s verskaf

JACQUES EHLERS PROKUREURS het verskuif na

Hoofstraat 54, Piketberg

(Langs Le Roux Van Wyk Makelaars)

Tel: 022 913 1144 Epos: prokureurs @gmail.com Nuwe kantore, maar steeds goeie, betroubare diens!

Versterk Kontantvloei deur Taktiese Belastingbeplanning

In ‘n vorige uitgawe van Die Piketberger is die onderwerp van belastingbeplanning in die algemeen behandel. Daar is onderskei tussen drie vorms van belastingbeplanning, naamlik strategiese, taktiese en re-aktiewe beplanning. In hierdie artikel word taktiese beplanning bespreek. Taktiese belastingbeplanning is van korttermyn aard en is gerig op Frikkie Strauss belastingbesparings in ‘n spesifieke finansiële jaar. Dit bestaan hoofsaaklik uit tydsberekeningsaksies. Indien ‘n ondernemer byvoorbeeld ‘n groot belasbare inkomste vir die huidige belastingjaar, wat op 28 Februarie eindig verwag, kan hy oorweeg om sekere uitgawes te vervroeg of inkomste te vertraag. Slegs enkele voorbeelde word benoem: * Indien ‘n ondernemer weet dat hy ‘n nuwe voertuig of ‘n stuk toerusting nodig het en hy is ‘n boer of ‘n kleinsake korporasie kan dit vir hom ‘n groot belastingbesparing meebring deur dit voor 28 Februarie te koop, want hy kan 50% van die koopprys van die bate teen die huidige jaar se inkomste afskryf. * In die geval van ‘n kontrakteur kan hy oorweeg om werk wat hy voor 28 Februarie voltooi het eers in Maart uit te faktureer. Die oorskuif van inkomste van een finansiële jaar na ‘n volgende een kan natuurlik weer ‘n belastingprobleem in die volgende finansiële jaar veroorsaak. Dit gee egter aan ondernemers die geleentheid om ‘n behoorlike langtermyn strategiese beplanning te doen, waarin hierdie probleem aangespreek kan word. Belastingoorwegings moenie altyd die hoofoorweging vir sekere aksies wees nie. Dit moet terselfdertyd uit ‘n kommersiële en kontantvloei-oogpunt ook sin maak. Daarom moet die aankope van groot kapitale items op ‘n oordeelkundige wyse beplan en gefinansier word. Benewens korporatiewe belastingaksies kan sekere persoonlike aksies ook geneem word. Die aankoop van uittree-annuïtiete is ‘n voorbeeld hiervan. Heelwat kritiek kan teen die tradisionele uitree-annuïteite ingebring word. Die nuwe generasie uittree-annuïteite skep egter geleenthede wat nie misgekyk moet word nie. Die uitneem van ‘n redelike groot enkelpremie uittree-annuïteit voor 28 Februarie kan ‘n beduidende verskil aan ‘n persoon se belastinglas maak. Die neem van gepaste aksies voor 28 Februarie kan ‘n wesenlike en onmiddellike kontantvloeivoordeel meebring, want op 28 Februarie moet die tweede voorlopige belastingbetaling gemaak word en as ‘n ondernemer se beraamde belasbare inkomste vir die jaar aanmerklik verminder kan word, kan sy voorlopige belasting ook baie minder word. Ondernemers wat advies in verband met taktiese belastingbeplanning voor 28 Februarie verlang, kan ons by die onderstaande nommers skakel. FJS Finansiële Dienste 022 913 2391 of 082 493 3785 of ons webtuiste besoek by www.waardeskepper.co.za

NG Kerk Braai Vrydag 19 Februarie Kaartjies by Kerkkantoor


11


12

Droom, Glo, Leef : VLV 2016

Piketberg VLV is baie opgewonde om hierdie jaar met ‘n groot geleentheid af te skop! Lindie Strydom, tree op 12 Februarie om 19h00 in die NG Kerksaal op. Haar tweede boek, “Nou is die tyd” het so pas verskyn; sy het verder haar sangdebuut gemaak en die CD verskyn binnekort op die rakke. Sy is ‘n borrelende, entoesiastiese persoon en sien ons haar as aanbieder op die KYKNETprogram van Geloof, Hoop en Liefde. Piketberg VLV-lede en gaste word uitgenooi – dis ‘n aandfunksie en almal is baie welkom (mans en dames). Vervolgens verskyn die nuwe 2016 Jaarboekie met die VLV-program en datums binnekort en wil ons graag al die borge/besighede in Piketberg hartlik bedank. Sonder die finansiële ondersteuning en die gemeenskap se betrokkenheid sou die vereniging nie 83 jaar al kon bestaan het nie. Ons waardeer julle almal.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

12 Februarie 10 Maart 12 Mei 9 Junie 8 September 20 Oktober 10 November Konferensie VLVK Kongres

: : : : : : : : :

VLV-datums : 2016

Lindie Strydom (19h00) Landbou-funksie Gesondheid Kunste en Handvlyt Openbare Sake Leefstyl Afsluiting 1 en 2 Maart in Citrusdal 28 en 29 Julie – Port Elizabeth

Indien daar enige nuwe intrekkers in die gemeenskap is en graag ‘n interessante en leersame oggend saam met die VLV-dames wil geniet, is u baie welkom om met ons bestuur kontak te maak. BORGE: All About Travel; Avroy Shlain; B’Pretti Beauty; Bella Vita Beauty; Boland Superspar; Bonthuys Bicycles; Cornerstone Café; De Berge Gastehuis; Dr S Scheepers; Drs Smit en Morrison; Dup Meubels; Elfrieda’s B & B; Fat Catz Restaurant; Familiekombuis; Keyah Skin & Beauty; Lemon Tree Selfsorg; Liebco Vleishandelaars; Monrose Hair Design; Oregon & More; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg Apteek; Piketberg Bandediens; Piketberg Drukkers; Praktika; Stik en Stoffeer, Sandra van Wyk Eiendomme; Skoonheidsalon Sanet; Dr Truter; Total en Spur Winkelshoek.


13

- shop nou oop Hoofstraat Piketberg 022 913 2385

Maandae - Donderdae 6vm - 9nm Vrydae - Sondae 6vm - 10nm

U een-stop gerieflikheidswinkel nou in Piketberg by Van Zyls Garage Ons verkoop

* Koeldranke * Sigarette * Roomys * Kruideniersware * Lekkers * Motor Olies * Lugtyd * Elektrisiteit * Ys * Hout


14 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... En so sit ek my eerste Earl Greyteetjie vir die dag en drink op die oggend van 6 Januarie. Ek was by Stilbaai saam met my familie en het pas klaar gefiets vir die dag. Selfs my Piketberg buurman, Thys Bester, langs die pad gekry. As ek met vakansie is antwoord ek nie sommer my telefoon nie, maar op dié oggend sit ek met my selfoon Hanlie Linde reg langs my. Dit is matriekuitslae tyd. Ek hoef nie lank te wag voordat Anlerie Truter my bel nie. Sy is die hoof van ons Onderwys Kring. Ek hoor die opwinding in haar stem. Dis eintlik meer as dit. Sy is aangedaan, trots en baie dankbaar. Ek dink ons almal weet dat die Wes-Kaap se matriekslaagsyfer die beste in die land was. Die Weskus Distrik, waarin Piketberg val, was die tweede beste distrik in die Wes-Kaap en het vierde beste geëindig in SuidAfrika! Ons Kring (Kring 2) doen die heel beste in die Weskus Distrik en kry 93% slaagsyfer in 2015 (82% in 2014). Piketberg Hoërskool het weer, soos in die verlede, ‘n 100% slaagsyfer met 2 A-gemiddeldes naamlik Adriana Visser en Wickus Bronkhorst. Steynville Sekondêr verbaas ons almal en styg vanaf 70% in 2014 tot ‘n allemintige 86,1% slaagsyfer in 2015 met Bjoghan Witbooi wat ‘n A-gemiddelde kry. Baie geluk aan ons twee Hoërskole, die skoolhoofde, alle personeel, elke ouer en almal wat saam ondersteun, gebid en gehelp het. Ook baie geluk aan Kring 2. Piketberg se uitslae plaas ons hoër as die Nasionale, Provinsiale en Distrik se gemiddelde! Alle eer aan die Here! In Piketberg was daar sedert Oktober 2015 ‘n projek aan die gang tussen vyf gemeentes waar vrywilligers aangebied het om vir matrikulante te bid tydens hul eksamens. In Piketberg het 220 matrikulante die eksamen afgelê en vir elkeen is daar op die naam gebid. Dankie aan al die omgee-tannies (en ooms) wat getrou gebid het. Dankie aan die span van Piketberg Biblioteek wat dit alles gereël het. Wys jou wat kan gebeur as ‘n hele gemeenskap agter hul skole inklim! In 2016 doen ons meer! Ek wil graag almal in ons gemeenskap uitnooi wat graag betrokke wil raak om ons vlak van onderwys te verbeter, om te skakel met Sanet van Niekerk van Kring 2 (081 477 5442). Miskien het julle ‘n kamer wat leegstaan wat ‘n matrikulant kan gebruik om in die middae te studeer, of miskien kan jy help met vervoer, aanmoediging, gebed, skryfbehoeftes, leiding gee oor toekomsplanne of wat ook al. Daar het ‘n nuwe groep Piketbergers pas met matriek begin. Ons sal baie graag hierdie prestasie van Piketberg verder wil verbeter en ons Hoërskole help om nog beter uitslae te kry. As ons almal saamwerk, is ons definitief beter.

Die Biblioteekspan wat agter die skerms gewerk het om matrikulante te ondersteun. Voor Jacklyn Daniels en Crazentia Strauss en agter Jessica Carstens, Viyouneffer Simpson, Tharine van der Westhuizen en Gerna Croeser. In hul hande hou hulle die koeverte vas wat elke voorbidder gekry het met die matrikulant se naam en van, vakkeuses, eksamenrooster, ‘n model gebed vir matrieks en voorstelle vir gebedsversoeke in. Foto: Hanlie Linde

Ralie tree uit

Na 11 jaar by De Berge Gastehuis is dit tyd vir Ralie Marcus om te groet. Ralie was grotendeels verantwoordelik vir die stryk van die gastehuis se linne. "'n Beter stryker sal jy ver moet gaan soek", is die mening van Ralie se kollegas. Wanneer sy gestryk het, is elke naat op sy plek en glip die duvet sommer maklik in sy sloop. Ralie het by haar ouma en haar ma leer stryk, in die dae van swart ysters, wat op die primus stofie warm gemaak is. "Sy gaan voorwaar gemis word", praat die kollegas verder. Vir eers gaan Ralie rus, maar 'n eie stryk onderneming is dalk in die nabye toekoms - of iemand wat so 'n behoefte wil aanspreek, Ralie is die een om by te leer.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Ralie Marcus, voor in die middel, by haar kollegas van De Berge Gastehuis. Kloksgewys van links voor is Carushka Rabe, Jackie Vlotman, Heather Abrahams en Pauline Abjurahman. Foto’s: Marietha Goosen


15


16 Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre Berigte/Advertensie IN

16 Februarie 22 Maart 3 Mei 23 Mei 21 Junie 19 Julie 23 Augustus 20 September 18 Oktober 22 November

Huis AJ Liebenberg hou Kersete

VERSKYN

25 Februarie 1 April 12 Mei 2 Junie 30 Junie 28 Julie 1 September 29 September 27 Oktober 1 Desember

‘n Kersfeesete vir Huis AJ Liebenberg is gereël deur die Beheerraad van die ACVV Piketberg. Baie dankie aan die borge wat hierdie mooi geleentheid moontlik gemaak het: Daniël Rossouw vir die skenk van skaapboude, Winkelshoek vir sap en wyn en Visser egpaar vir kersgeskenkies.

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Huis AJL se personeel sing tydens die Kersete

Huis AJ Liebenberg se inwoners spog ook met hul eie koor tydens Kersete. ‘n Personeelfunksie is gehou waartydens personeel beloon is vir lang jare diens asook vir getroue diens. Colin Hopley het opgetree by die geleentheid, gereël deur Attie van Breda. Foto’s: Marie de Villilers


17

Tuinbouklub Struktuurontwerpe Die Tuinbouklub van Piketberg nooi alle inwoners van die dorp, oud-inwoners en nuwe intrekkers om die eerste vergadering van die jaar op Woensdag 3 Februarie in die biblioteeksaal by te woon. Anita Jordaan, ‘n demonstrateur in die blommekuns, demonstreer die maak van strukture uit rottang en riet. Hierdie struktuurontwerpe is veeldoelig en kan op verskeie maniere saam met blomme of loof aangewend word vir versiering by funksies soos troues. Die voordeel van die struktuurontwerpe is dat ‘n mens dit lank voor die onthaal kan maak en dat enigeen dit kan maak, jy hoef nie ‘n blommekunstenaar te wees nie. Met die geleentheid voeg jy net ‘n paar blomme by en daar het jy ‘n asemrowende ontwerp. Kom ontdek jou skeppende kant, dit is werklik terapie om te kan skep en terselfder tyd beïndruk jy sommer jou gesin en vriende ook. Die koste verbonde aan die ‘n Voorbeeld van die vergadering is R30 vir nie- struktuurontwerpe wat Anita lede. Ledegeld vir die jaar is gaan demonstreer. Hierdie R150. Tee en verversings grootte ontwerp kan maklik word bedien vanaf 09:00, op ‘n verhoog gebruik word. die vergadering begin om 09:30. Kontakpersoon: Katinka Morrison 082 829 6918

Raak DSTV nou te duur vir jou? Neem n DVD kontrak uit en spaar!!! 25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00 Nog meer om uit te kies

 022-913 2646


18 Piket-Bo-Berg se Jaarlikse Groente– en Blomtuin Kompetisie

Piket-bo-Berg Cycle Challenge was one of the five finalists competing for prize money as part of the Western Cape Government’s roll out of support to public events in the province. Delanie Jooste, organiser of the cycle event pitched with the finalists at the first ever Events Incubation Conference in Cape Town. The competition called for creative and exciting ideas which could stimulate growth of the event and in turn increase positive socioeconomic and environmental impacts within the host town. Delanie’s presentation had both judges and audience dazzled and no one was surDelanie Jooste with prised by the announcement. competing finalist, Well done to Delanie and the Anthony Penderis. team! This year’s challenge will take place on 10 September.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 Ons vier die maand van Liefde! Kom kry iets spesiaal vir jou valentyn. Hou ons facebook blad dop vir foto’s.

Die Groente- en Blomtuin kompetisie het afgeskop in September met die uitdeel van saad geborg deur Kaap Agri. Jeremy Bryant het aan almal verduidelik hoe om jou eie erdwurm boerdery te begin. So is almal huis toe met ‘n paar "Red Wriggler" erdwurms en saad. Diegene wat hul erdwurms aan die lewe kon hou, is beloon met kosbare erdwurm piepie (vermitea) wat jou plante 'n nuwe lus vir die lewe gee. In Desember is almal, op die verskillende plase, se tuine besoek. Die sukses verhale rondom die erdwurm piepie het ingestroom. Dit was so moeilik om die wenners te kies, nadat almal soveel inisiatief en harde werk ingesit het. Baie geluk aan al die wenners, maar ook aan almal wat deelgeneem het. Wat is nou lekkerder as groente uit jou eie tuin op die tafel en 'n mooi tuin as jy by jou voordeur uitstap? Hierdie kompetisie gaan oor baie meer as net die kwaliteit groente en mooi blomme. Dit dien beslis as 'n agent vir verandering. Dit help deelnemers om 'n trots te ontwikkel wat nêrens gekoop kan word nie. Die wenners het die aand weggestap met groot kontant pryse, geborg deur die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging. Dankie ook aan Kaap Agri vir gieters wat geborg is. ‘n Groot dankie aan al die borge wat die kompetisie moontlik gemaak het. Berig en foto’s: Gus Pickard


19

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


20

deur Jannie Lategan

’n Huldeblyk aan Marie Nienaber

     

Recon Cylinder heads (Skim & P/test) Resleeve engines Rebore engines Grind & Polish Crankshafts Assemble Engines Service & Repair on all makes and models  Aluminium and Stainless Steel and Cast Iron Welding  Diagnostics on all Vehicles  Bearing Press And many more!!! We are RMI, SA Warranties, Motorite, AMP, Hollard approved and many more!!

14 Voortrekker Street, Piketberg

1915 tot 2015

Dit was ‘n helder sonskyndag, ’n paar jaar gelede, die berge aan die Oosterkim was netjies afgeëts teen die helderblou wolke. ‘n Mooi dag om op Piketberg te wees. Skielik hou hier ‘n Transvaalse Mercedes Benz motor stil en ‘n vrou met ‘n flinke stap kom nader. Met haar ontmoeting, kon jy sien dat sy weet wat sy graag wil hê. Dit het nie lank geneem voordat sy die huis gevind het wat sy haar hart op gesit het nie. Met slegs eers ‘n oproep na haar dokter seun, Wikus in Johannesburg, word die ooreenkoms gesluit. Marie Nienaber het haar stil-stil in Piketberg ingenestel. Sy het nie omgegee om aan mense te sê waar haar verhouding met haar Vader staan nie. Sy kon met oortuiging praat en met insig en kennis oor Die Bybel. Wanneer sy ingeloer het vir ‘n koppie tee, het sy nooit gegroet voordat sy nie gevra het dat ons hande vat en het sy ‘n gebed gedoen. Dis dieselfde Marie wat die hospitaal geskakel het en voordat die pasiënt die teater binnegaan, net die dokter gevra om vinnig ‘n gebed te doen nie. By die rolbal was sy ‘n vasbyter en het tot onlangs nog gereeld rolbal gespeel. Haar kuier verlede jaar by haar dogter Annie (ook ‘n mediese dokter) in Nieu Seeland, het ongelukkig sleg begin, toe sy daar geval het en gehospitaliseer moes word. Sy het daar vir maande gebly om eers tot ‘n mate te kon herstel ná die val voordat sy kon terugkeer na Piketberg. Sy het altyd met die grootste lof van mense gepraat wat sy ontmoet het en wat ‘n rol in haar lewe gespeel het en vir wie sy ook ondersteun het. Haar oorsese sangtoer met Die Bergrivier Koor was ‘n absolute hoogtepunt in haar lewe. Haar kinders was haar prioriteit en het heel beskeie eers baie later genoem dat haar skoondogter, wat met haar seun Wikus in Johannesburg getroud is, Ezilda Becker is…die baas van die Tydskrif De Kat. Dan is daar nog Johannes wat by haar gewoon het en ‘n dogter op St Helenabaai. Marie Nienaber het na Piketberg gekom om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Sy het suksesvol daarin geslaag. Marie het stilletjies heengegaan toe haar Vader haar tydens haar middagslapie op Maandag 18 Januarie 2016 kom haal het. Marie se plek is nou leeg in die kerk, by die bybelstudie, wyksbyeenkomste, agter die klavier by Huis A J Liebenberg en Vrydagoggend se bidstond. Haar plek is leeg by die Rolbalklub. Ons eer die nagedagtenis van ‘n talentvolle en ‘n gelowige vrou. Die vrou wat flink uit haar motor gestap het, het met ‘n visie na Piketberg gekom en dit geleef.

Te Huur

E-Pos: louw.jakes@gmail.com

Kantore en konferensie fasiliteite te huur. Langstraat, Piketberg. Kontak Belinda de Kock 022 913 2333


21


22

Working on Fire in Piketberg 20 Jaar Gelede — Februarie 1996 VOORBLAD: Amanda Lategan, dogter van Jannie en Rosa Lategan het so pas haar studies in die studierigting MBChB suksesvol voltooi. Sy was in 1989 hoofdogter en Dux-leerling van PHS. Michelle Louw van Hoërskool Piketberg en Vernon Julius van Steynville Sekondêr het albei Agemiddeldes behaal. Sportseun van die Jaar 1995 - Derick Hougaard is vir die derde agtereenvolgende jaar gekies as sportseun van die jaar vir die Laerskool-afdeling van PHS. Isa Eksteen is PHS se sportmeisie van die jaar en ook Dux-leerling van 1995 in die Senior Primêre afdeling. Die wenner van die Akademiese prys in die Laerskool-afdeling van PHS is Eleanor Müller. ADVERTENSIE PIQ-A-BURGER RESTAURANT *Hamburgers en chips - R10.25 *Sirloin Steak en Salads en chips - R19.95 *Pizza en salads - vanaf R9.95 ———PLAAS TE KOOP - PIKETBERG 10ha met sterk boorgat, ongeveer 6ha geskik vir vrugtebome, res geskik vir boegoe, proteas of rooibostee, op die berg, asemrowende uitsig, pragtige 4-slaapkamer houthuis met 3 badkamers, mooi kombuis, sit-, eet– en tv-kamer en kantoor. Ruim stoor met trekker en implemente 1200 vrugtebome, arbeidershuis R390 000.00

REKENMEESTERSKLERK BENODIG Rekenmeestersfirma in Piketberg benodig die dienste van ‘n boekhoudster. Dit moet ‘n persoon wees met kennis van Pastel en verkieslik met vorige ervaring by ‘n rekenmeestersfirma. Persone wat ander gevorderde boekhouwerk gedoen het, sal ook oorweeg word. Dit kan ‘n halfdag of voldag pos wees. Stuur asb CV’s na strausse@xsinet.co.za of lewer af by Voortrekkerstraat 97 Sluitingsdatum 12 Februarie 2016

The 26 fire fighters from Working on Fire in the Eastern Cape arrived safely in Piketberg. 26 Fire fighters from Working on Fire (WoF) Eastern Cape recently arrived safely in Piketberg to provide much needed support to the Western Cape as many fires have swept across the province over the past few weeks. The team has currently been dispatched to assist local fire authorities with a fire that broke out in Citrusdal. As part of a resource sharing agreement between WoF and the Provincial Disaster Management Centre, the Stutterheim team will be stationed in Piketberg under the supervision of the Greater Cederberg Fire Protection Association. Since December, the Western Cape utilized just under 800 fire fighters who provided fire suppression services to local fire authorities in battling more than 70 veld fires throughout the province. Working on Fire, the National Department of Environmental Affairs Expanded Public Works programme is instrumental in fighting veld and forest fires. Today the programme employs more than 750 young men and women who have been fully trained as veld and forest fire fighting and are stationed at over 25 bases throughout the Western Cape. Article and photo: Lauren Howard, Provincial Communications Officer - Working on Fire

Kom proe die somer!

Piketberg Toerisme hou weer Somermark op Saterdag, 20 Februarie op die Museumgronde. Die mark fokus slegs op tuisgebak/gemaak en handvervaardigde produkte van die omgewing. Kom koop vrugte van die kontrei. Vars druiwe, Piket-bo-Berg vrugte, ingelegde konfyte en vars gebak. Stalletjies sal proe porsies aanbied en gratis waatlemoen- en spanspekskywe sal ook uitgedeel word. Vir die kinders bied ons ‘n springkasteel, terwyl ma en pa lekker middagete kan geniet. Om 10:00 en 12:00 sal daar gratis begeleide Historiese Piketberg Staptoere aangebied word wat vlugtig by al die historiese geboue in Kerk-, Hoof-, en Voortrekkerstraat sal aandoen. Belangstellendes moet net by die Museum ingang ontmoet. Kom geniet gerus al Piketberg se lekkerte!

Stalletjie aansoeke kan nog tot 5 Februarie gestuur word aan tourism@piketberg.com. Vir navrae skakel gerus die toerisme kantoor by 022 913 2063.


23


24


25

Plaaskinders besoek Waterfront 'n Groep van 22 leerders wat weekliks die plaasbiblioteek op Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg, besoek, het einde 2015 'n besoek aan die Waterfront gebring. Die akwarium, 'n bootrit deur die hawe en speeltyd in die nuwe stadspark (Urban Park) in Groenpunt was van die hoogtepunte van die dag. Vra jy egter die kinders wat hulle die beste onthou van die dag, is dit beslis die rit op die roltrap en die "deurskynende" hyser. Sedert 2002 het hierdie biblioteek gegroei van sowat vier kinders tot die 30 - 40 kinders wat elke Dinsdagmiddag die biblioteek besoek. Hier word onder andere lees- en wiskunde bystand verleen aan die kinders en verder het hulle die geleentheid om met opvoedkundige speelgoed te speel en boeke en tydskrifte te lees. Sedert 2015 word daar ook fluitlesse aangebied. 'n Tienergroep kom elke Dinsdagaand saam met 'n paar fasiliteerders by die biblioteek bymekaar waar hulle sake van belang bespreek. Tydskrifte, Afrikaanse kinderboeke, inkleurkryte, opvoedkundige speelgoed en enige musiekinstrumente is altyd welkom. Op die oomblik verlang ons enige vorm van dromme of tromme vir die tienergroep. Vir meer inligting kan u Riëtte Bryant skakel by 022 914 5652.

Aangetrek in hul reddingsbaadjies, sit Wildene en Meldine op die boot in die Waterfront tydens hul uitstappie na die Waterfront.

Die kinders was in vervoering voor die groot tenk waar die visse lewensgroot voor hulle verby geswem het.

Besorgd oor jou Medemens

Dis hoe ‘n mens vir mekaar moet uitkyk. Toe Dollie du Plessis, ‘n inwoner van Huis AJL, opmerk dat Sakkie Burger nog nie teen 3nm op 1 Januarie sy kos, wat hy gereeld by die tehuis ontvang, kom haal het nie, het sy begin bekommerd raak. Sakkie is altyd stiptelik om sy middagetes te kom afhaal. Nadat sy hom probeer bel het, maar net sy ‘voicemail’ kry het, het sy besluit om die polisie te vra om te gaan kyk. Ook hulle het geen antwoord by sy woonstel in die dorp gekry nie en toe besluit om die deur oop te breek. Daar het hulle hom in sy woonstel gekry, erg ontwater en bitter swak agv die versengende hitte. Die polisie het met hom hospitaal toe gehaas en, danksy Dollie en die flink optrede van die SAP, kon Sakkie weer aansterk. Oom Sakkie is egter op 20 Januarie oorlede. –Red

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

Die wiel-swaai by die stadspark in Groenpunt het groot aftrek gekry en baie gejil uitgelok.     

Gaan hy byt? Clinton, Melvin en Damion is maar versigting om aan die seester te vat tydens hul uitstappie na die akwarium. Foto’s: Riëtte Bryant

  'n Groep leerders by die taspoel in die akwarium waar hulle hul hande in die water kon steek.

    

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


26

Biddy se Balletskool het 20015 afgesluit met die opvoering getiteld "Die Luie Herfs". Die opbrengs was tbv Die Instituut vir Dowes.


27

By Besige Bytjies nooi ons alle kindertjies van 0 – 5jaar om te kom kuier in ons goed toegeruste skooltjie. Die huis in Eikelaan 11 het ‘n vertrek vir elke aktiwiteit – ‘n kamer vir opvoedkundige speletjies, een vir kuns, een vir sommer net individuele speletjies, ‘n eet area, kombuis, ruskamer, babakamer, TV-kamer en volledige badkamer. In een van die lokale word bewegingsaktiwiteite aangebied, meestal op die maat van musiek. Die buite area is gelieflik ingerig met ‘n stewige klimapparaat, ‘n glybaan en prettige sandputte. Dit alles is binne ‘n veilige omheinde gebied. Die dagprogram verloop soos volg: Die dag word op ‘n gepaste wyse begin met ‘n Bybelstorie, sang en gebed. Daarna volg ontbyt en is dit tyd vir die babas om ‘n kort slapie te geniet. Die res van die kleuters beweeg na die mat vir oggendkring. Tydens oggendkring word die weer van die dag bespreek en is dit ‘n geleentheid om van die seisoene te leer. Die weerkaart word voltooi en die dae van die week en die maande van die jaar word geleer. Na oggendkring word die tema van die week bespreek waarna dit tyd word vir ‘n kunsprojek, ‘n vinnige verversinkie en dan heerlike sorgvrye buitespel. Na buitespel word daar afwisselend musiek, beweging of opvoedkundige spel soos legkaarte en rygwerk aangebied. Mirina Liebenberg is ‘n opgeleide Vroeë Kind Ontwikkeling (VKO) Praktisyn. Sy het haar driejaar kursus voltooi aan Boland Kollege en verwerf haar VKO Vlak 5 Hoër Sertifikaat. Sedertdien was sy in diens van Jacobus Liebenberg waar sy vir Adi opgepas het vir byna 6 jaar. Besige Bytjies het ‘n bekwame assistent, Leah De Wee, wat vir 19 jaar by Trippe Trappe ‘n bekende en geliefde gesig was. Beide Mirina en Leah het ‘n besondere liefde vir veral die kleiner kind. Ons nooi elke maatjie uit om by Besige Bytjies saam te kom speel en ook speel-speel te leer. Ouers wat Besige Bytjies wil besoek is welkom om voor 8 in die oggend en na 12 in die middag dit te doen. Eikelaan 11 is op die hoek van Eikelaan en Loopstraat. Eikelaan kan ook bereik word vanuit Langstraat tussen Fox Build it en B&M Elektries.

By Besige Bytjies is almal baie gelukkig. Juffrouens Mirina Liebenberg en Leah de Wee by Elsje van Schalkwyk, Katinka Visser, Rhinus Etsebeth, Nikita Vermeulen en San-Marie Hanekom.

Die veilige en netjiese opset waar Besige Bytjies Bewaarskool geleë is in Eikelaan.


28

PHS se Graad R’s van 2016

PHS onderwysers se kinders skool toe

PHS se Graad R-klas met juffrouens Maria Joubert, Marili Hanekom en Luy-Anne Pienaar. Foto’s: Marietha Goosen

Mnr en Mej PHS word gekroon op 18 Februarie om 18:30 in die skoolsaal. Die tema van die aand is trots SuidAfrikaans. Kaartjies vir hierdie opwindende geleentheid is beskikbaar by PHS.

Christiaan by sy pa, Wian Koch, wat die RTT onderwyser is.

Jana by haar ouers, Adriaan en Jo-Anne Lubbe. Adriaan gee Wiskunde Geletterdheid en Jo-Anne Engels.

Ligte Etes ook beskikbaar vanaf 1 Februarie

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

Johan by sy ouers, Jacques en Iza Schreuder. Jacques gee NW Teg en Iza graad 3.


29

PHS se Graad 1’s

Foto’s: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


30

PHS se Graad 1 klasse

Bio Sculpture Gel Naels Februarie spesiaal 20% afslag op french en rooi gel.

Kom bederf jouself, maak nou die afspraak en terwyl jy daar sit, blaai deur die HONEY boekie en kry vir jou nog 'n ietsie mooi net omdat ons vrouens so spesiaal is.

Mrs Susan De Vries with grade 1 (English).

En as jy dink pappa gaan afgeskeep voel dan kry jy vir hom van die FLIPPEN LEKKA SPICE.

Mev Hanlie Olesen met graad 1.

Esna Brand

Mev Suné Rheeder met graad 1. Foto’s: Marietha Goosen

Piet Retiefstraat 17, Piketberg

022 913 1020 of 082 830 6110 Na ure ook beskikbaar

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


31

Graad 1’s word op die pad gesit

Een van die tien doelwitte van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) is om ondersteuning te bied aan voorskoolse kinders en kinders in die laer- en hoërskool binne die grense van Piket-Bo-Berg. Tydens verlede jaar se Cycle Challenge is Korporatiewe spanne genooi om in spanverband in te skryf en sodoende aan ‘n kompetisie binne die Cycle Challenge deel te neem. Hierdie toevoeging tot die Cycle Challenge is in sy kinderskoene en verlede jaar het net een span, Univeg, ingeskryf. Die bestuur van die PBBIV het dit goed gedink om die inskrywingsfooi te gebruik om elke kind wat vanjaar by Stawelklip Primêr in Graad 1 ingeskryf is, se lewe makliker te maak. Die besluit uiteindelik was dat elke kind in Graad 1 van ‘n rugsakkie voorsien word, tesame met die lys van skryfbehoeftes wat benodig word. ‘n Maatskappy in Stellenbosch is genader om die rugsakkie, met die PBBIV se logo daarop, te maak. Al die skryfbehoeftes is aangekoop en so is elke Graad 1 kind voorsien van ‘n uitveër, skêr, potlood, skerpmaker, inkleurpotlode, inkleurboek, uitdraai kryte, pritt en ‘n “flip file”. Met die opening van die skool op Woensdag 13 Januarie het die voorsitter van die PBBIV, Eric Starke, tesame met die ondervoorsitter, 'n Splintenuwe skoolsak Deidré Eigelaar, die PBBIV vir die begin van my koördineerder, Gus Pickard skoolloopbaan kan mos en ‘n bestuurslid, Denver net goeie dinge Adams, die sakke aan dertig beteken. ingeskrewe Graad 1 kinders oorhandig. Nodeloos om te sê het hierdie groot oog kinders se blydskap geen perke geken nie. Die skool bestuurder, Mnr Pietersen en die Graad 1 opvoeder, Brenda Marcus, is van mening dat die skenking ‘n baie groot impak sal hê op die begin van die kinders se skool loopbaan. Met hierdie skenking kon die bestuur van die PBBIV reg aan die begin van ‘n nuwe jaar een van die doelwitte aanspreek en hopelik, met die hulp van vennote, kan hierdie fantastiese inisiatief ‘n jaarlikse instelling word. Kinders het baie keer net iewers op hul pad iemand nodig wat hulle in die regte rigting stuur. Hierdie skenking was dalk net wat die Graad 1’s van 2016 nodig het om hulle drome te verwesenlik. Hierdie Graad 1leerdertjie kan sy oë nie glo dat hy pas 'n splinternuwe skoolsak van Eric Starke ontvang het nie.

Dit sal baie goed wees om in 2028 in die rondte te wees om te sien hoe goed hierdie kinders in matriek gedoen het en om dan te sien watter impak ‘n inisiatief soos hierdie gemaak het. Laat ons hulle egter dophou, want groot dinge gaan kom!

Brenda Marcus (opvoeder), Deidré Eigelaar (PBBIV), Mnr Pietersen (skoolbestuurder), Gus Pickard (PBBIV), Eric Starke (PBBIV) en Denver Adams (PBBIV) saam met die Graad 1's van 2016. Berig en foto’s: Gus Pickard

Piket-bo-Berg Jeug Piket-bo-Berg Jeug onder leiding van die AGS Moutonsvallei Jeug het 2016 in “Style” afgeskop.

Elmarie en Courtney, links en Michell en Lizaan.


32

Steynville Primêr se Gr R’s

Juf Elmarié Abrahams met Graad R3. Juf Gerty Esau met Graad R1.

Juf Veronique van der Byl, student aan die kollege op Citrusdal en Juf Marianne Fortuin met Graad R2.

Juf Elouise Julius met Graad R4.

Hou dop vir Class of 2028 Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (behind Rangers) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Contact for free

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Juf Lynette Williams met Graad R5. Foto’s: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 25 Februarie Berigte en advertensies moet ons bereik teen 16 Februarie Stuur na: diepiketberger@gmail.com


33

PIKETBERG

BMX Specials vir Januarie

Fusion Raptor vir slegs R1 450

Avalanche DV8 vir slegs R1 750 15% Afslag op alle Bell Helmets

Groot special op Avalanche Reflex 29er Slegs R3 680

Feva Foam Starseat vir slegs

R550

Camelbak Rogue vir slegs R950

gewone prys R1195 (terwyl voorraad hou)

Tel. 022 913 1101


34

Steynville Sekondêr se Top 3

Steynville Sekondêr se drie toppresteerders is Bjoghan Witbooi, Wilnite Cloete en Sarelle Klaase. Bjoghan is die toppresteerder en A-kandidaat en gaan Chemiese Ingenieurswese studeer by CPUT, Wilnite gaan BA-tale studeer by die Universiteit WesKaap en Sarelle Fisioterapie by die Universiteit WesKaap. Saam met hulle op die foto is mnr F D Saal, hoof van Steynville Sekondêr, links en oudskolier Wilden Hector, teologiese student in sy 3de jaar aan die Universiteit Stellenbosch, regs. Wilden het die opening waargeneem op 13 Januarie. Foto verskaf

Erekleure vir top skoliere

PHS leerders ontvang akademiese erekleure, agter, Johan Visser, Jac Goosen, Barend Smit, Harry Roux en voor Ané Nelson en Glenda Dietrich. Foto: Sanet Ackermann

Biblioteek Prefekte

PHS se slimkoppe Hoërskool Piketberg se Biblioteek prefekte vir 2016 is agter: Lizaan Smit, Anika Jordaan, Ilanri van Rossum, Lea de Vries en Lize Visser. Voor: Vernelle van Zyl, Bea Pieters, Renay Esau, Maryna Hagen en Joshline Lintnaar. Foto: Sanet Ackermann

Koningin Ester se Kuns kry A

Hoërskool Piketberg het weer ‘n 100% slaagsyfer. ‘n Trotse Marius Scholtz, skoolhoof, saam met 2015 se A-kandidate is Wickus Bronkhorst 84% en Adriana Visser 81%. Baie geluk aan al die matrieks. Foto: Sanet Ackermann Lees ook Hanlie Linde se verslag op p14 oor die matriekuitslae van Kring 2 in die Weskus Distrik.

Ester Smit het Visuele Kuns as vak by Die Coetzee Ateljee geneem. Vir haar Graad 12 praktiese projek, het sy besluit om Ester Smit met Ester van die Bybel, te kombineer. Ester van die Bybel was ‘n gewone Joodse meisie wat koningin van ‘n magtige koninkryk geword het. Ester Smit is ‘n gewone meisie in Piketberg, maar triomfeer as koningin oor ‘n hartseer verlede. Haar praktiese projek was ‘n installasie wat ook simbolies met die tabernakel vergelyk is. Die derde deel van die tabernakel is die Allerheiligste genoem. Ester se kunswerk het die toeskouer progressief gelei tot by haar allerheiligste, waar sy totale Vryheid gevind het en die kroon van heerskappy oor haar eie lewe opsit. Ester het haar kuns gebruik tot vrymaking van negatiewe emosies en gebeure en verwerf ‘n A-simbool vir die vak in Matriek. Ons is baie trots op jou, Ester!


35

Steynville Sekondêr se Top Tiene Steynville Sekondêr het pas die leerders aangewys wat aan die einde van 2015 die Top Tien persentasiepunte in elke graad behaal het. Die leerders is in volgorde van prestasie gerangskik.

Kloksgewys van links agter is 2015 se graad 8's: Donita Britz, Riduwaan Otto, Jaseron Engelbrecht, Hadley Thomas, Lizaan Kok, Ralton Adams, Jay-dee Hanekom, Jhacola Carolus, Clayton van Wyk, Sane Swarts en Ashlynne Holloway.

2015 se graad 9's is agter Jasmine Mackay, Hazel Daars, Gavin de Wee, Allison Diedericks, Zealke Kayster en Jemina Jaars. In die middel is Sinead Jantjies, Raquel Adams, Dominique Januarie, Joanique Claasen, Joslynn May en Lauren-Leigh Beukes. Marillie Pedro is afwesig. Voor is Keshe Syse, Sandra Davids, Tino Januarie, Faith Greeff en Helene Cloete.

Kloksgewys van links agter is 2015 se graad 10's: Chloë February, Silique Klaase, Marildia Akermerdien, Lorentia Ambraal, Jaquelize Louw, Selena Faro, Shunay Balie, Ivan Erasmus, Fernich Saal en Christo Britz.

Kloksgewys van agter links is 2015 se graad 11's: Jurgen Willemse, Christophai Booise, Rochelle Swarts, Monique Smith, Shannon Rosant, Patricia Erasmus, Matthew Toontjies, Ashley George en Caron Petersen. Donovan Christiaans is afwesig. Foto’s: Marietha Goosen

Kersspel 2015

Kerssang 2015


36

Juan se R5 000

Juan de Jongh, Springbok senter en WP-kaptein, wat PHS se sportprysuitdeling as gasspreker bygewoon het, het daarna 'n bedrag van R5000 geskenk aan ACVV en BADISA. Saam met skoolhoof, Marius Scholtz, links en Jacques Schreuder, organiseerder, regs is Cornell Nel, ACVV en Hannie Visser, Badisa met die oorhandiging van die tjek. Foto: Sanet Ackermann

Alison se Swemmers

Sport Uitblinkers

Carli Basset is opgeneem Su-mari Hanekom is ‘n in die Boland o/13 tennis- penkop van die Bergrivier span. Sy neem deel in die Varswaterklub. Sy het onMaart skoolvakansie aan langs dié 6.9kg karb ‘n toernooi te Port gevang by Verlorenvlei. Elizabeth. Die meeste vis vir die dag was 64 en gevang deur Foto: Anton Botha. Sanet Ackermann Die voorsitter van die klub is Apie Scholtz. Foto verskaf

PHS se Krieket Uitblinkers

‘n Groepie mammas met hulle onder 2-jarige swemmertjies. Foto: Gielie Visser

Matthew Somers het deelgeneem aan die Boland o/13 Nasionale Krieket Toernooi en Lyle Booyse aan die Boland o/13 Interprovinsiale Krieket Toernooi. Foto: Sanet Ackermann

Kix werk gedurende 2016 vir die Otjiekos-projek, waar ons leer hoe om bedelaars te hanteer. Deur vir 'n bedelaar geld te gee, word "toxic charity" genoem. Dis beter om jou bydraes te maak vir organisasies - dan word die geld aangewend waar die werklike nood is.


37

Oud PHS’ers kry graad

Schreuder Burger het sy Carla Smit het die BSc Fisio B.Ing–graad verwerf aan -terapie, 4 jaar graad die Universiteit Stellenverwerf. bosch. Foto verskaf Foto verskaf

Nuwe Opvoeders in Piketberg Twee nuwe opvoeders is aangestel by Steynville Primêr. Stacey Booys (links) by Graad 1 en Shamoné Ludick (regs) by Graad 3. Foto: Elzanne Boshoff

Hoërskool Piketberg verwelkom Adri van Heerden, NW Teg opvoeder Intermediêr, Laetitia van der Westhuizen, gr 3-opvoeder en Virnen Ludick, opvoeder vir Afrikaans. Foto: Marietha Goosen

Weer saam skool toe

Retha van der Merwe (neé Liebenberg) en Anchen van Coller (neé De Villiers) was saam in PHS van gr 1 tot 12 en nou is hulle eerstelinge saam skool toe by Olifantsriviervallei Laerskool in Citrusdal. Retha en Anchen se Gr 1 juffrou was Rianna (Bruce) Eksteen. Te oordeel aan Carli en Minke se gesiggies, val die appel nie ver van die boom nie. Foto verskaf

Gesoek Tuingrond - Piketberg area. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


38

PHS hou kleuresport

Junior Victrix Ludorum is Ilanri van Rossum

Junior Victor Ludorum is Damien Markus

Die Geelspan se tema is "Go Greek" met leiers Matthew Luyt en Lize-Marié Engelbrecht en gelukbringer Lené Loubser. Die Geelspan was die wenners van die dag. Die Geelspan se sjampanje -nooi en -heer is Micaela Booys en Kaywill du Toit, links. Die Blouspan se sjampanje -nooi en -heer is Chrizane Stephan en Wiltino Schaffers, regs. Foto’s: Marietha Goosen

Senior Victrix Ludorum is Janke van Schalkwyk

Senior Victor Ludorum is Junior January

Die Blouspan se tema is Die Rooispan se tema is "Superheroes" "Death Racers" met leiers met leiers Bendert Smit en Melissa Jamile Sait en Celest du Toit Beck en gelukbringer Stephanie Malan. en gelukbringer Kathy-Ann de Waal. Die Blouspan het die sangbeker gewen.

Rooispan se sjampanje -nooi en -heer is Liana Prins en Sakkie Burger.


39

Ray van Rooy hou Kersfunksies vir die bejaardes en kinders

Ray van Rooy hou elke jaar drie groot funksies vir die gemeenskap, naamlik die kersfunksies vir die bejaardes en die kinders en dan sy New Years Bash. Boland Superspar is trots om te sê dat ons met alle erns hierdie gemeenskapsprojekte ondersteun het en dat dit met die hulp van die gemeenskap ‘n sukses was. Baie dankie vir elkeen se

bydrae asook elkeen wat vir die kinders ‘n geskenkie gekoop het en by die winkel kom ingee het. Dankie aan Ray van Rooy en Bergrivier Munisipaliteit dat julle die gemeenskap se belange op die hart dra. Boland Superspar is deel van die gemeenskap in diens van die gemeenskap.

Rewards Program Kompetisie 2015 - 2016 Boland Superspar bied ‘n rewards program aan. Op hierdie program kry jy winskopies en is sekere produkte elke twee weke goedkoper. Al wat jy hoef te doen, is om ‘n kaartjie te vra by die kasregister en te registreer! Vir 6 maande word daar ook nou ‘n kompetisie geloods. Al wat jy hoef te doen, om jou trollie of inkopies gratis te kry, is om jou rewards kaart met elke aankoop te “swipe” en jy kan wen soos hierdie twee gelukkige dames!

WE Love our competitions


40

WE

OUR

STAFF

Ons Is Trots Op Ons Personeel!

Charlene Fortuin wat die Beste Kliëntediens toekenning ontvang het. Boland Superspar het op 13 Desember hul jaareindfunksie gehou. Daar is soveel personeellede wat gedurende die jaar hard werk en saam met die winkel groei, elke jaar is daar vier toekennings wat gewen kan word. Een vir beste vordering, een vir beste kliëntediens, een vir staatmaker van die jaar en dan spanlid van die jaar. Hierdie jaar se wenners was Handré Geldenhuys vir Beste Vordering, Handré werk in die stoor; Charlene Fortuin vir Beste Kliëntediens, Charlene werk as ‘n “Supervisor”

Handré Geldenhuys wat die prys vir Beste Vordering gewen het.

Sally Dietrich wat Spanlid van die Jaar ontvang het. voor by die kassiere; Santie Van Den Berg vir Staatmaker van die Jaar, Santie is die Front End Bestuurder en Sally Dietrich vir Spanlid van die Jaar, Sally is die “Supervisor” van die slaghuis. Boland Superspar wens elkeen van hulle baie geluk en sê dankie vir hulle harde werk en toewyding. Dankie ook aan elke ander Boland Superspar personeellid vir julle harde werk in 2015, ons waardeer dit en ons weet 2016 gaan net goeie dinge vir die winkel inhou!

Santie Van Den Berg, regs, Staatmaker van die Jaar.

1 die piketberger feb 2016  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you