Page 1

1

Jaargang 22 Nr. 10 www.piketberg.com November 2015

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

WP-Kaptein vereer sportmanne en –vroue

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Nicola Coetzee Nasionale Wenner...p4 Primitiewe spesie...p4 Troufoto’s...pp 6 en 7 Stedebond met België...p17 Laerskool Leiers...p20 Hoërskool prysuitdeling...p21 Kix besoek Huis AJL...p22 Sportprysuitdeling...p24 PHS Gholfdag...p24 Rolbalklub Pretdag...p25 PHS hou Bok Vrydag...p29 Gimnastiek...p30 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Juan de Jongh, kaptein van die Westelike Provinsie Rugbyspan was gasspreker by PHS se Sportprysuitdeling. Saam met hom is Janke van Schalkwyk, Sportvrou van die Jaar en Benna van der Westhuizen, Sportman van die Jaar. Nog foto’s p24. Foto: Sanet Ackermann

 022 913 1939  022 913 2404

Collect your Rewards card in store


2

Redaksioneel Bladsye vol spanpogings Dis Kix se speletjiesaand en die kinders is opgewonde: van 6nm-9nm koop hulle 50ckaartjies en ding mee om die meeste wasgoedpennetjies op die wasgoeddraad, die vinnigste skoenveter ryger, die hoogste Planx-toring, die meeste ringe op die bord, doele deur die ring, kerse aan die brand, munte uit die water en albasters deur die tregter. Ek en my prestasie alleen, dis wat saakmaak vir hierdie aand, so tussen die pret deur. Dit alles is net moontlik omdat daar 'n span volwassenes en tieners is wat bereid is om die speletjies aan te bied, tyd te hou, pogings neer te skryf en aan te moedig......en sonder so 'n span, is die hele aand van pret onmoontlik. Blaai deur Die Piketberger en let op na al die spanwerk: die personeel van Huis AJ op p9, die ACVV op p13, die vennootskap met België op p17, die leiers op pp20 en 21, sportspanne op pp24, 25 en 26 en die fenomenale span van Boland Superspar op p32. Dis wat Die Piketberger ook moontlik maak: spanwerk! Dankie Barbie.

Briewe van ons lesers... Marius Carstens skryf... Ek wil hiermee almal bedank vir die boodskappe, telefoonoproepe, sms'e, kaartjies, besoeke en gebede tydens Ma Hettie se afsterwe. Julle weet nie wat dit vir my beteken het nie. Ek wil veral vir my bure in De Tuinpark bedank vir die bystand, besoeke, kos en gebede. As dit nie vir my familie en vriende van oral, veral Piketberg, was nie, sou ek nie hierdeur gekom het nie. Nogmaals baie dankie. Dit is hoekom ek 'n Piketberger in murg en been sal bly. Ek weet almal in die dorp en omgewing was lief vir haar. Salomé Steenkamp skryf... Liewe Piketberg-vriende, na 20 jaar in Piketberg is ek nou ‘n Hartenbosser. Ek kon nie by almal uitkom om te groet nie en wil graag hierdeur totsiens sê. Vandag het ek nogal heimwee ervaar na die mooie Piketberg met sy mooie mense. Ten spyte van al die sleg goed wat met mens gebeur het (daar was ook baie goeie en lekker dinge!) was ons op die beste plek met die beste vriende om te ondersteun en by wie ons kon skuil. Dankie dat julle my die laaste tyd so gekoester het, daar was nie kans om bedruk te wees nie. Ek geniet die see met al die mooi herinneringe aan ons gesinsvakansies saam met Gerrit. Al klaar weer Piketbergers hier raakgeloop! Altyd lekker! Baie groete en ek stuur in die gees ‘n koel seebriesie! Mag die Here julle seën.

Francois Erik van Niekerk 5 Junie 1961 - 18 Oktober 2012

E Richter skryf… Graag wil ek BAIE DANKIE sê aan Konstabels Baumeister en Reid van Piketberg SAPD. Hulle toewyding, gesindheid en hulp met 'n saak van diefstal was uitstekend! Welgedaan! Sterkte en seën met jul uitdagende daaglikse werk... die gemeenskap is trots op julle almal.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Periëtte Nel skryf... Nogmaals baie dankie vir die oulike koerant, Die Piketberger. Ek geniet dit elke keer en begin al hoe meer dinge en mense in die dorp leer ken! Komend self uit die mediabedryf en redakteur by ‘n streekskoerant van die Caxton groep, weet ek wat alles ingesit word om dit so op straat te kry. Jul is regtig tops.

Liefde Marietha

Ons is dankbaar vir kosbare herinneringe. Lief en verlang jou elke dag. Pa, Ma, broer en seuns

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

deur Gilbert en Sullivan

Uiters vermaaklike komiese eenbedryf Operette in Afrikaans NG Kerk Darling Sondag 21 November om 19:00 Kaartjies te koop by die deur

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Akte op die Vlakte

Piketbergers Clare Menck en Cobis Wilson sing saam! Barbie Breunissen

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Die Piketberger se Datums vir 2015 Berigte/Advertensie IN

VERSKYN

17 November

26 November


3

Nuwe Takbestuurder Nedbank Mariëtte Januarie is sedert begin Oktober die nuwe takbestuurder van Nedbank Piketberg. Mariëtte is 'n NoordKapenaar van Concordia, noord van Springbok. Sy het haar beroepsloopbaan by ABSA op Vredendal begin en dit voortgesit op Saldanha waar sy die afgelope ses jaar takbestuurder van ABSA was. Sy is gelukkig in haar nuwe pos en ervaar Piketberg se mense as vriendelik, hartlik en toeganklik. Haar man, Wayne, wat Mariëtte Januarie werksaam is by Foto: Marietha Goosen Namakwa Sands, en haar twee seuns, Marlon in gr 6 en Shaun in gr 3, sal vanaf volgende jaar by haar aansluit op Piketberg.

Welkom by ons

Nuwe Somersvoorraad Beskikbaar en Nuwe Reeks Jeep Manshemde Brendon Puttick met sy vrou, Tanya en hul twee woelwaters, Li-Zay en Keagan. Foto verskaf Die Putticks kom van Hartswater in die Noord-Kaap. Brendon is tans die Bestuurder by Agrico in Piketberg. Hy is reeds agt jaar werksaam by Agrico en was ook bestuurder by die Hartswatertak. Tanya is ‘n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut en maak binnekort ‘n nuwe salon oop hier in Piketberg. Hulle het twee kinders, Keagan wat tans in graad 1 is en Li-Zay, 3jaar oud, gaan Trippe Trappe toe. Die Putticks wil dankie sê aan die vriendelike inwoners van Piketberg wat hulle so baie welkom laat voel.

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


4

Nicola Nasionale Wenner

Op 29 September het Woolworths die prys vir die nasionale wenner van hul ontwerp kompetisie oorhandig aan Nicola Coetzee. Nicola het ‘n trofee, sertifikaat en R2000 Woolworths geskenkbewys gewen as streekswenner en toe ook ‘n Apple Air iPad as nasionale wenner. Haar prys is aan haar oorhandig deur Deidré Vrede, links. Ook op die foto is Karin Coetzee van die Coetzee Ateljee en Marius Scholtz, skoolhoof. Nicola, wat ontwerp as vak neem by Die Coetzee Ateljee, het ‘n bordspel ontwerp wat die probleem van drankmisbruik in ons gemeenskap aanspreek. Daar was ook vele struikelblokke in die pad met die kompetisie, soos met die koerier van die bordspel tot by die kompetisie. Die bordspel het in die verkeerde dorp geland en was toe op die ou einde laat vir die finale beoordeling. Die paneel beoordelaars moes terugkom om weer te beoordeel en die uiteinde was dat haar ontwerp wen. Nicola se Interaktiewe Bordspeletjie gaan uitgestal word by die Design Indaba by die CTICC vroeg volgende jaar. Sien foto hieronder. Foto: Marietha Goosen

Piketberg SAPS welcomes recruits

Stud/cst Adam Pieters and Stud/Cst David Cornelius were officially welcomed at Piketberg SAPS after undergoing their training at the College which is still ongoing. They are currently working shifts as part of their training under the supervision of Sgt Otto, their field training officer. With Adam Pieters and David Cornelius are Captain Riaan Wessels, head visible policing and Lt-Colonel Bernie Beukes, Station Commander Piketberg SAPS. Photo: SAPS

Primitiewe Spesie Ontdek

Nicola se Interaktiewe Bordspeletjie

Plaasmark Piket-Bo-Berg Saterdag 31 Oktober

Christa Lourens, in samewerking met ‘n navorser by die Universiteit van Kaapstad, het onlangs ’n unieke ontdekking in ons streek gemaak. Sy het ‘n ware primitiewe spesie ontdek in ‘n plaasdam naby Eendekuil. Jenny Day van die Universiteit Kaapstad het die volgende verslag gegee oor hierdie unieke ontdekking: “This is not Artemia itself, but another fairy shrimp (probably Streptocephalus dendyi or perhaps S. gracilis). These are very primitive crustaceans related to water fleas and the like. They are found only in temporary waters - their eggs have to dry up before they can hatch when wetted. They are rare and becoming even rarer, so are of conservation interest.”


5


6

Lente Bruide

Elna Calitz van Piketberg is op 17 Oktober getroud met Rossouw Teubes van Moorreesburg. Die seremonie en onthaal was by La Dolce Vita, Moorreesburg. Die bruid het natuurlik haar eie rok gemaak, hoe anders? Die egpaar vestig hulle op Moorreesburg. Foto: Margaret Weideman

Nadia Visser van Piketberg is op 26 September getroud met Roan van Schalkwyk van Vredenburg. Die seremonie en onthaal was by die Kliplapa op Robertson. Nadia is baie lief vir haar perd, Smokey, en daarom het pa Neil haar ingelei op die rug van Smokey. Foto's: Lomé Burger

Martijn Jacobs en Libi Eigelaar is die middag van 17 September in die huwelik bevestig in die Gemeentehuis Brummen in Nederland. Beide se ouers, Karen en Kees Jacobs en Deidré En Kobus Eigelaar was dolgelukkig om in ‘die een fijne stel’ se vreugde te deel. Foto’s: Kevin Groenveld Die paartjie is met `n Rolls Royce van die buurman, bestuur deur die chaffeur, Hein Jacobs wat die broer is van Martijn se vader, na die gemeentehuis en terug. Na `n pragtige seremonie om die tafel by die gemeentehuis deur Tieneke Opperwal, is foto’s geneem waar die paartjie heel koninklik van die balkon af vir almal gewaai het. Martjin se studente vriend, Kevin Groenveld wat ook `n internskap by FruitLips gedoen het, het die pragtige foto’s geneem. Na `n vrolike fotosessie met die sussies Quinta, Lotte en die broer Daan asook vriend Johan en niggie Lerika van SuidAfrika is die gevolg na Mollenhof. Die gesinne, twee oumas, Wilhelmina en Ouma Nel en een oupa, en nog so vyf vriende het heerlik gekuier op die plaas Mollenhof, in die area Oeken, by Martijn se ouerhuis. 17 September was Martijn se oupa Joseph van Bergen se 80ste verjaardag en het die dag besonder spesiaal gemaak. Al die kos is voorberei en bedien deur Martjin se moeder se vier vriendinne van Arnhem. Die Saterdag het familie en vriende `n geleentheid gehad om die paartjie te kom gelukwens aan huis van Martijn se ouers en ook om vir Martijn tot siens te sê voordat hy vertrek na Suid-Afrika waar hy op Achtervlei en FruitLips werksaam is. Die pasgetroude Mnr en Mev Jacobs woon baie gelukkig op Tierhoek, Piket-Bo-Berg met die nuwe babahond Nala en kat ZaZu. Die twee se Suid-Afrikaanse troue vind volgende jaar op dieselfde datum in Piketberg plaas.


7

Liefde is...

Schalk Mostert, enigste seun van Leon en Estelle Mostert van Calvinia en Toinet, oudste dogter van Cassie en Antoinette Rossouw van Eendekuil is op die Rossouws se plaas, Ruigtevlei getroud. Die geleentheid was op 12 September. Ds Gert Kok was die bevestiger. Foto: Inecke Photography

Ons bied die volgende: Wiehann Tolken en Henriëtte Visser is op 3 Oktober by Kardoesie getroud. Ds Gert Kok van Eendekuil het die bevestiging gedoen. Foto: Edó Photography

Marius Kriel en Bianca Bradfield is op 3 Oktober op die plaas Vryheid, waar Marius grootgeword het, getroud. Foto: Janine Malherbe

 Stoffering van banke en stoele  Herstelwerk aan tente en seile  Maak van seil “canopies” vir bakkies  Motorsitplekke en motorplafonne  Trekkersitplekke  Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)


8 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Orals waar ek kom in die dorp het almal dieselfde vraag: waarvoor was die rooi tapyt voor die Munisipale kantore se ingang op 5 Oktober 2015? Wel, dit was vir ‘n troue! Nee, nie myne nie! As dít ooit eendag gebeur, sal julle lank voor die tyd daarvan hoor. Hierdie was iets veel groters waarvan elkeen in Bergrivier behoort te weet omdat Hanlie Linde julle net so deel is van hierdie troue as die Raad of enige amptenaar. Nogal ‘n internasionale troue! Deesdae is dit mos nie meer snaaks nie. Ons ken almal iemand wat met ‘n Skot, ‘n Chinees, ‘n Australiër of ‘n Brit getroud is. Dis net vir die Japanese wat ons nog sku is na die openingswedstryd van die Wêreldbeker. Op 5 Oktober 2015 het Bergrivier Munisipaliteit ‘n afvaardiging ontvang van die Gemeente (ja, dit is hoe hulle hul Munisipaliteite noem) Heist-op-den-Berg in België en het ons saam begin feesvier vir die amptelike troue wat gehou is op 8 Oktober 2015. Reeds in Januarie 2015 het die twee rade hierdie internasionale verhouding tussen die twee Munisipaliteite goedgekeur. Die doel hiervan is om internasionale samewerking te skep tot voordeel van almal. Dit is ook die bord wat voor die Munisipale Kantore opgesit is en waarom ons vir die week wat hulle hier was ook die Belgiese vlag gehys het. Ons het tydens die besoek diep gesprekke met mekaar gevoer oor samewerkingsmoontlikhede en gaan begin deur net eers op ‘n paar goed te fokus en dit deeglik en goed te doen. Een van die velde waarin hulle baie goed is, is jeugontwikkeling en ons wil by hulle leer en gesamentlike projekte vir jeugontwikkeling aanpak. Hulle wil weer by ons leer oor publieke deelname en kliëntediens. Verder gaan ons kollegatot-kollega interaksie skep waar personeel van Bergrivier gereeld per e-pos en skype met hul eweknie in Heist-opden-Berg skakel en ondervinding en kennis uitruil en deel. Hulle afvaardiging het bestaan uit drie lede naamlik Raadsheer Kelly van Tendeloo (lid van hulle Burgemeesterskomitee), Hans Welters (Munisipale Bestuurder) en Katrien Fret (Noord-Zuid Konsulent). Ek wil graag elke Raadslid, personeellid en lid van die publiek bedank wat deel was van hierdie ontvangs. Ons kon nie vir hulle ‘n beter eerste besoek aan Bergrivier

gegee het nie. Julle het geskitter en ek was weereens oorweldig deur almal se gasvryheid. Hulle het werklik in hulle lewens nog nooit so iets beleef nie. Ook vir George van Feathers Inn wat hulle verblyf onvergeetlik gemaak het. Een van die insidente wat my altyd sal bybly, het die Dinsdagaand van hul besoek afgespeel. Ons het buite op ‘n plaas vir hulle ‘n tradisionele braai gegee en een van my kollegas vra vir hulle Munisipale Bestuurder, Hans Welters, of hy vir hom die Melkweg en twee bekende sterreformasies kan wys. Hans dog hy Nuwe bord voor Bergrivier maak ‘n grap, want Hans Munisipaliteit se kantore in weet mens kan die MelkPiketberg. weg en meeste sterre glad nie met jou blote oog sien nie, maar slegs in ‘n planetarium. Hans is 40 jaar oud en kon nog nooit in Europa enigsins die Melkweg of meeste sterreformasies sien nie as gevolg van die groot hoeveelheid ligbesoedeling daar. Hy was stomgeslaan dat ons dit duidelik met die blote oog kan sien in Suid-Afrika. Dit was heerlik om ons mooi land weer opnuut deur hulle oë te sien en te waardeer. Mag hierdie internasionale verhouding tussen Bergrivier Munisipaliteit en Heist-op-denBerg Gemeente nog vir baie dekades groot vreugde en geleenthede bring vir almal in beide van ons gemeenskappe. Sien foto op p17


9

Hulde aan Personeel

Marie de Villiers, Hoof van Huis AJ Liebenberg, bring hulde aan die personeel van Huis AJ Liebenberg wat vir elke inwoner wat verjaar dit baie spesiaal maak deur vroegoggend hul wakker te maak deur ‘n geestelike liedjie en "happy birthday". Ook wanneer ‘n inwoner alleen, siek of hartseer voel, word hulle bemoedig met pragtige sang. Sy salueer hulle. Foto: Marie de Villiers

Die volgende Piketberger verskyn op 26 November 2015. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 November. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Elite Toekenning vir Hannes

Hannes Eksteen Foto verskaf

By die jaarlikse ELITE-WeskaapStamboek-Dinee, het Hannes Eksteen van Melkbosfontein ‘n silwer toekenning vir beide Nguni kuddes ontvang. Een maal per jaar word alle kuddes se inligting deur Stamboek ontleed en pryse toegeken aan kuddes met die beste teelwaarde. ‘n Paar duisend vleisbeeskuddes is geregistreer by Stamboek. Statistiek aangaande koeiwaarde, groeiwaarde en produksiewaarde word wetenskaplik ontleed vir die beste genetiese seleksie van teelwaarde, met die doel om stoetvee kuddes te verbeter.

Movember - Start clean shaven on 1 November. Grow and groom your moustache for 30 days. Raise funds and awareness for men’s health.


10

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

    

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

Op die rakke van die Biblioteek Die Aanspraak van Lewende Wesens Deur Ingrid Winterbach

Die Aanspraak van Lewende Wesens fokus op twee parallelle reise wat albei begin in Durban en eindig by ‘n stadsplaas in Kaapstad. Die twee hoofkarakters, Maria en Karel, se paaie kruis nooit Bespreking deur fisies nie, alhoewel daar gemeenAnnelie Venter skaplike karakters in hul reise is. Maria, ‘n rekenmeester, se seun het ‘n krisis wat sy moet oplos, en sy gebruik die geleentheid om die oorsaak van haar suster Sofie se selfdood nege maande tevore te ondersoek. Karel, ‘n rekenaarprogrameerder en Heavy Metal aanhanger, se broer Ignatius word gedreig met uitsetting deur die hoof van operasies, Josias Brandt, op die stadsplaas. Maria beleef ‘n psigiese leegte wat waarskynlik verband hou met Sofie se dood. In die bestek van die roman reis sy per vliegtuig twee keer in drie maande vanaf Durban na Stellenbosch waar sy haar seun, Benjy, help met sy lewenskrisis, die begraafplaas van haar ouers ‘n paar keer besoek, Sofie se eks besoek en ‘n minnaar ontmoet. Sy besoek ook vir Jakobus Coetzee, ‘n beeldhouer wat varkdrolle optel by die stadsplaas. Karel het ‘n probleem met obsessies soos handewas en getalle wat sy lewe kompliseer. Hy reis teensinnig per motor vanaf Durban na Kaapstad, maar dit vat baie langer as wat dit moes, omdat hy telkens deur sy obsessies gepootjie word. Albei karakters groei in die verhaal van selfgesentreerde na meer gebalanseerde mense waarop lewende wesens aanspraak kan maak. Ingrid Winterbach skilder meesterlik met woorde, sy is ook ‘n beeldende kunstenaar. Elke woord van haar is sorgvuldig gekies om die maksimum trefkrag te hê. Met elke herlees word die woorde net mooier. ‘n Boek wat mens laat lag en laat huil en beslis ryker laat. Geen wonder dat hierdie roman die wenner van vyf literêre pryse was nie, waaronder die Groot Romanwedstryd van NB uitgewers en die Hertzog Prys.

Leeskring Afsluiting 18 November om 09:30 By Fat Catz

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Langstraat, Piketberg 084 205 7900 Vars gebakte jaffels en pannekoek Konfyte en gebottelde produkte Verskeidenheid beskuit Skakel en Plaas u Bestelling.

U vra, ek voorsien. Ansie Maré


11

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


12

20 Jaar Gelede — November 1995 FRONT PAGE: Dean Jankielsohn, whose Piketberg store is regarded as a flagship store in the Western Cape is Mr Spar South Africa. This is an achievement conferred annually recognising the work of an exceptional individual. His store was also voted one of the top-ten Spars in South Africa. It has also featured as store of the year in the Western Cape before. Schalk Burger, ‘n leerling aan die Hoërskool Piketberg en ruiter van Malmesbury Gimkana-Klub, is gekies vir die WP gemengde span en het deelgeneem aan die SAkampioenskappe. Derick Hougaard is gekies vir die Wes-Boland o/12 krieketspan wat op Wellington gespeel het. Nettie Liebenberg (st.10) het die PPC-wisseltrofee ontvang as Dux-leerling van PHS. Liebco Vleishandelaars Advertensie Mince R11.98/kg Hele gevriesde skaap R9.98/kg Skaappak (chops en rib) R12.98/kg Plaaswors R9.98/kg Hoender Boude en Dye R8.98/kg

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

    

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente

deur Jannie Lategan

’n Mat is vir voete In Australië trek besoekers hulle skoene uit voordat hulle die gasheer of gasvrou se huis binnegaan. Daar is selfs skoenrakke by die voordeur aangebring om die skoene op te plaas. Ons het matte by ons ingange en daar is by die meeste mense die ingebore gewoonte om jou voete aan die mat af te vee voordat jy binnegaan. Soms word daar gevind dat mense die matte ignoreer en net blatant binnestap. Die huisvrou het dan daarna die probleem om weer haar matte of vloere skoon te maak. So half ongesiens kan ‘n besoeker wat nie die mat gebruik nie, nogal baie moeite teweegbring. Metafories gesproke kan ons aan die mat dink as iets wat skoonmaak, maar tog uiteindelik ook weer skoongemaak moet word. Die mat is vir voete en dit is daar waar die vullis en stof gekonsentreer en uiteindelik is dit net die mat wat skoongemaak moet word. Die vraag kan onwillekeurig gevra word, gaan ek met skoon “gemaakte skoene” die huis binne of dra ek ‘n klomp swaarmoedige, onrustige en slegte gewoontes die huis binne. Neem ek my slegte dag by die werk huis toe? Ontstel ek my gesin met my afdag by die werk? Daar is ‘n kringloop wat in samelewings plaasvind, waar slegte dinge en gebeure die huis binnegedra word en dit daar uitkring na die res van die gesin en dan kos dit uiteindelik nie net ‘n “enkele deurmatjie” om skoongemaak te word nie. Spanning bou in huise op en word oorgedra na die res van die gesin. Straks is daar ‘n seun of dogter wat die volgende dag ‘n belangrike toets of eksamen moet aflê. Hierdie skolier/student is dan onrustig oor dit wat hulle aangehoor het en wat met “vuil voete” deur die pa of ma die huis binnegedra is. Onwillekeurig word die hele gesin vasgevang in ‘n swetterjoel van ongelukkigheid en dit bring mee dat die wyer uitkringende negatiewe effek op hulle studies en uitslae impakteer. ‘n Mat is vir voete en ons kan byvoeg, vir vuil voete! Die versigtigheid waarmee jy met jou “vuil voete” omgaan kan ‘n kernwaarde hê, wat die toekoms van jong lewens ten goede of ten kwade kan beïnvloed...en daar is ‘n legio van moontlikhede, hoe jy van die stof op hierdie “vuil-voete” ontslae kan raak, voordat jy tuiskom. Daar blyk dus ‘n geweegde waarde aan jou denke gekoppel te word wat komponente van eerlikheid, opregtheid, getrouheid en net die suiwerste bedoelings insluit. Uiteraard is daar die “stof aan die voete” wat binne jou veilige vesting op ‘n subtiele en positiewe manier aan jou gesinslede of gade oorgedra kan word. Die klem val dan eerder op diplomasie en straks is dit binne die kompartement van jou binnekamer net vir jou vrou of man se ore bedoel. Die les wat ek uit die mat by die deur kan leer, is nie noodwendig “om jou skoene” buite te los nie, maar met goeie oordeel af te “vee” wat afgevee kan word en dan met ‘n spesiale liefdestegtiek wat daar behoort te heers die “oorblywende stof” op die gepaste wyse te hanteer. As jy jou skoene buite die huis plaas met stof of modder bedek, trek jy die volgende dag maar weer dieselfde skoene aan en gaan vergader verdere stof ….wat helaas later nie meer verwyder kan word nie en dan afsondering en skeiding tot gevolg kan hê. Jy hoef nie soos die Australiër te maak, om jou skoene buite te laat nie...maar ons moet onthou ‘n mat is vir voete!


13

Tuinbouklub besoek Kirstenbosch

Hierdie tien lede van die Piketberg Blom- en Tuinbouklub was op 'n baie prettige en leersame uitstappie na die pragtige Kirstenbosch. Agter van links na regs: JC Thesnaar, Marina Grobbelaar, Micky Visser, Katinka Morrison, Jackie Ferguson en Moira van der Westhuizen. Voor is Vanessa Beautement, Carina Kennedy en Rita Esau. Foto verskaf Volgende Vergadering - Woensdag, 5 November in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00, vergadering begin om 09:30. Bestuurslede en lede van die vergadering gaan hulle idees vir kersversierings vir die kerstafel deel. Lede bring ook oortollige plante uit hulle tuine en ruil uit met ander lede. Besoekers welkom - R25 donasie betaalbaar by die deur.

Bejaardes word bederf

Maandag 12 Oktober was alles behalwe 'n "Blou Maandag" vir 'n klompie senior burgers van Piketberg en omgewing. Aangesien Oktober die maand is wanneer daar spesiaal aan bejaardes gedink word, het die ACVV die lede van die Rus-'n-bietjie-klub, die Silverthreads, asook inwoners van Goedverwacht en Wittewater met tee en heerlike verversings bederf. Die bejaardes is definitief nog nie te oud om te sing en toneel te speel nie! Omtrent almal teenwoordig het deelgeneem aan 'n sang- of toneel-item! Die spesiale gas, Charles Gentle, het met sy kitaar en mooi stem almal se hartsnare geroer. Die marktafel, sowel as Goedverwacht se louwarm brode, het ook gesorg dat almal iets kon koop om huis toe te neem. Foto verskaf

Hierdie jaar hoef julle nie Kaapse Kersgeskenke of Kaapse Kersversierings te koop nie! Ons het dit alles vir jou.

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥

Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)


14

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Het jy al ooit gaan sit en dink oor wie God is? Nie oor wie Hy vir ander mense is nie, maar oor Wie Hy vir jou is. As die hele wêreld rondom jou verdwyn en net jy en God bly oor, hoe sal jul verhouding lyk? Wat is jou prentjie van God? Dit is so maklik om mooi “Christen” woorde te gebruik vir wanneer ons ons verhouding met God beskryf, maar as jy nou eerlik met jouself moet wees: Hoe sien jy vir God? Wat beteken verhouding met God vir jou? Om in ‘n goeie verhouding met iemand te kan wees, is dit belangrik dat jy daardie persoon ken. Ek het grootgeword met ’n verkeerde prentjie van wie God is en dit het ’n groot invloed op my verhouding met Hom gehad. Ek het gedink dat God ’n ou man op ’n wolk êrens is, wat reg is om my met weerlig te slaan sodra ek iets verkeerd doen. Jy kan dink dat so prentjie van God probleme in die verhouding kan veroorsaak. Hoe meer ek verkeerd gedoen het, hoe meer het ek skuldig gevoel en hoe minder het ek by God uitgekom. Die siklus het homself herhaal en ek het gevoel asof ek net verder en verder van God af wegdryf. Ek het gevoel dat ek nie meer goed genoeg is nie en dat God nie meer in my lewe wil werk nie. Toe hoor ek die goeie nuus! God wil verhouding met my hê – ‘n verhouding wat nie gebaseer is op my werke en my dade nie, maar wat gebaseer is op Sy werk en Sy liefde vir my. Die fokus skuif. Ek het die prentjie heeltemal verkeerdom gehad. Ek het gedink dat God my aanvaar wanneer ek reg leef en alles reg doen, maar die goeie nuus is dat Hy my reeds aan-

vaar het in Christus nog voordat ek myself reg voor Hom kon maak (Romeine 5:1-2, 6-10; Efesiërs 2:8-9; Romeine 11:6)! Verhouding met God kan met ’n huwelik vergelyk word. Voordat ek en Lize-Marié getrou het, het ek nie haar jaarin en jaaruit dopgehou totdat sy perfek was, voordat ek aan die einde van ons lewens besluit het om haar te aanvaar en met haar te trou nie. Ja, daar was sekere eienskappe waarna ons in mekaar gekyk het om ‘n besluit te neem voordat ons getrou het, maar vir die res het ons van die begin af die keuse gemaak om mekaar lief te hê en te aanvaar net soos ons is en ons het getrou. Nou werk ons die lewe en die huwelik saam uit soos ons aangaan. Netso is dit dieselfde met ons verhouding met God. Die enigste “eienskap” waarna God kyk vir verhouding met Hom is of jy Sy geskenk (die liefde wat Hy na jou toe uithou) aanvaar of nie. Hy kyk en wag nie om te sien hoe goed jy kan leef en wat jy alles vir Hom kan doen voordat Hy jou aanvaar nie. Die dag toe jy Jesus aangeneem het, het God jou alreeds aanvaar net soos jy is. Al wat nou gebeur, is dat julle die lewe saam aanpak en jy meer van jouself en God leer ken soos julle vorentoe gaan. In hierdie verhouding het God jou eerste liefgehad en daardie liefde het nog nooit verander nie (1 Johannes 4:19). God het jou lief met ‘n ewige liefde (Jeremia 31:3; 1 Johannes 4:8). Is dit goed om goed te doen? Verseker, maar daar is ’n verskil in die motief. Doen jy dit om deur God aanvaar te word of doen jy dit omdat jy reeds deur God aanvaar is? Onthou, God het jou eerste liefgehad. Deur God se genade in Jesus, aanvaar Hy ons net soos ons is en die “werke” wat ons doen, is slegs ons reaksie van dankbaarheid teenoor Sy liefde vir ons. Dit moet dus vir jou lekker wees om goed vir die Here te doen. Dit moet iets wees wat jou plesier gee – soos wat dit vir jou lekker is om iemand vir wie jy lief is te bederf. Verhouding met God is een waarin Hy jou geniet en jy vir Hom. God werk in my en jou lewe, nie gebaseer op hoe goed ons is nie, maar gebaseer op hoe goed Hy is. Ons begin Sy goedheid aanvaar wanneer ons op Hom fokus en nie op onsself nie. Jy is goed genoeg gemaak deur Jesus en God aanvaar jou net soos jy is. Geniet verhouding met Hom. Jy staan onder geen veroordeling in Christus Jesus nie. God is nie ’n ou man op ’n wolk êrens nie - Hy is ’n God van liefde en woon binne-in jou. Daar is niks wat jou van Sy liefde kan skei nie! Vir verdere studie: Johannes 3:16; Johannes 17:3; Romeine 2:4; Romeine 8:31-39

Besige Bytjies vra vir enige skenkings of verkope van tweedehandse opvoedkundige speelgoed of toerusting. Kontak Mirina Liebenberg 072 399 5447 of emmiliebenberg@yahoo.com


15

VLV toer deur Italië

Tydens die Leefstyl-vergadering is ‘n interessante toer deur Italië geneem. Elcia de Foglio en haar seun Daimon van Aurora het vir die lede gedemonstreer hoe om hulle eie pasta te maak. Elcia het ‘n kort insig in die land se ryk geskiedenis gegee, vanaf die Romeinse Ryk asook die vervolging van die Christene. Kos speel ‘n groot rol en is daarom deel van die simboliek by troues en doopgeleentDaimon en Elcia de Foglio hede. Pizzas of plat brode, olyfolie, lekker Italiaanse roomys, baie soorte kase, tamaties, baie speserye en sterk koffie is sinoniem met Italië. ‘n Pasta-rangskikking is vir die versiering van die tafels gemaak. Verder het die lede elkeen ‘n kits-bêremengsel, pannekoekmengsel, ontvang en is resepte met drie bestanddele deur Moira van der Westhuizen uitgedeel. Pasta-rangskikking

Alida Walters, middel, sameroeper, het gewys hoe om ‘n maklike “toppie” met net een naat vinnig te maak. Die twee “modelle” Moira van der Westhuizen, links en Marieke Visser, regs, het dit ten toon gestel. Foto’s: Dinette Lochner

Raak DSTV nou te duur vir jou? Neem n DVD kontrak uit en spaar!!! 25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00 Nog meer om uit te kies

 022-913 2646

1915 tot 2015

Die volgende VLV-vergadering is die afsluitingsvergadering ‘n Tuin-/Teepartytjie op 12 November 2015 09h00 vir 09h30. Almal welkom – besoekers R25 (teegeld). Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

E-Pos: louw.jakes@gmail.com


16


17

Stedebond met België

Kom maak gerus ‘n draai by Sit-’n-Rukkie h/v Tuin– en Langstraat Piketberg. Heerlike koffie, ontbyt en middagetes. Vars tuisgebak en wegneemetes ook beskikbaar. Skakel Anneli 083 767 6251 of kom maak ‘n draai!

Hanlie Linde en Johan Raats voor met Evert Manuel en Katrien Fret, agter hulle is Sandra Crafford, Kelly van Tenderloo en Raadsheer Ray van Rooy en heel agter Raadslid Danny Smit, Johan Botha en Hans Welters. Foto verskaf Gedurende Januarie 2015 het die Raad ‘n Stedeband tussen Bergrivier Munisipaliteit en Gemeente Heist-opden-Berg, België goedgekeur. Die Munisipale Bestuurder het dit gekommunikeer aan die Munisipale Bestuurder van Heist-op-den-Berg, Hans Welters, per e-pos en het skriftelike terugvoer gekry dat hulle Raad ook die Stedeband goedgekeur het met Bergrivier Munisipaliteit. Intussen het verskeie gesprekke via Skype gevolg en is die verhouding verstewig deur gereelde e-pos kommunikasie tussen die kantoor van die Munisipale Bestuurders. Heist-op-den-Berg Gemeente het sedert 1 April 2015 ‘n pos gevul met ‘n persoon wat die Stedeband sal administreer. Haar naam is Katrien Fret en sy is die Noord-Zuid Conselent.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


18

Belastingbeplanning

Dankbare Familie

Kleinsakekorporasies skep groot Belastingverminderingsgeleenthede deur FJS Finansiële Dienste

In die twee artikels oor belastingbeplanning wat tot dusver in Die Piketberger verskyn het, is daar gehandel met die wese van belastingbeplanning en die algeFrikkie Strauss mene beginsels wat dit ten grondslag lê. In hierdie artikel word daar begin om te fokus op spesifieke belastingverminderingsgeleenthede vir bepaalde tipe ondernemers. Klein ondernemers word eerste behandel. Ongeveer 10 jaar gelede is die konsep van Kleinsakekorporasies (KSK’s) in die Inkomstebelastingwet ingebring, ten einde kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. Enige onderneming wat aan sekere vereistes voldoen, en in die algemeen is dit die meeste boere en besighede op die platteland, kwalifiseer vir bepaalde belastingvoordele. Dit lê op die terreine van belastingskale, slytasietoelaes en kapitaalwinsbelasting en word kortliks hieronder bespreek.  Belastingskale Kleinsakekorporasies word teen die heel laagste belastingskale van alle ondernemingsvorme belas. Vir die huidige belastingjaar kan dit soos volg geïllustreer word: Op ‘n netto inkomste van R500 000 sal ‘n KSK tans ±R49 000 (10%) betaal, ‘n individu (onder 65) R118 000 (24%), ‘n gewone maatskappy R140 000 (28%) en ‘n trust R205 000 (41%). Met vindingryke belastingbeplanning kan ‘n KSK se belastinglas nog verder afgebring word. Die benutting van KSK’s in familiebesighede kan eksponensiële belastingverminderings meebring.  Slytasietoelae KSK’s geniet baie goeie slytasietoelaes. Algemene toerusting kan binne drie jaar op die 50:30:20-basis afgeskryf word en vervaardigingstoerusting binne een jaar.  Kapitaalwinsbelasting Wanneer die bates van ‘n KSK verkoop word en daar word aan sekere vereistes voldoen, geld ‘n eenmalige korting van R1 800 000 op die verkoopprys. Daar is ‘n groot onderbenutting van die belastingvoordele van KSK’s deur klein ondernemers. Volgens ‘n verslag van die Tesourie is daar maar ongeveer 80 000 - 100 000 KSK’s in Suid-Afrika en die meeste daarvan is professionele praktyke. Daar is waarskynlik ‘n paar miljoen maatskappye en BK’s by die Maatskappykommissaris geregistreer. Die kanse is goed dat daar baie ondernemings in Piketberg is wat wel as KSK’s kwalifiseer, maar wat dit nie benut nie en gevolglik te veel belasting betaal. Om ‘n maatskappy te stig en dit vir BTW en ander statutêre doeleindes te registreer, kan ongeveer R12 000 kos. Die omvang van die belastingbesparing sal afhang van die winste, maar vir ‘n beskeie wins van ongeveer R180 000 sal die besparing vir ‘n eenmansaak alreeds genoeg wees om hierdie koste in die eerste jaar te betaal.

Persone wat meer inligting oor KSK’s of oor die belastingbeplanningsdienste van FJS FINANSIËLE DIENSTE verlang, kan ons skakel by 022-913 2391 / 082 493 3785 of ons webtuiste besoek by www.waardeskepper.co.za

Canton en Dayle Julius is bevoorreg om nog twee oumas en twee ouma-grootjies te hê. Van agter is oumas Margie Julius en Sally Mostert en oumagrootjies Rina Basson en Maria Mostert. Op die ander foto is hulle ouers, David en Candice. Foto’s verskaf

Vrouediens Afsluiting Donderdag 5 November om 19:00 NG Kerksaal

Geniet ‘n heerlike aand saam met jou wyk. Potpourri van Hoop

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers


19

Te Huur

Betrekking Aangebied

Slaapkamer vir jongman te huur in Bellville vir November en Desember R2 400 per maand. Krag en internet ingesluit. Skakel 022 912 4983 of 082 456 3523

Betroubare huishulp beskikbaar op Maandae. Kontak Sonia Lambrechts 083 653 0425 vir verwysing.

Gesoek Benodig Tuingrond. Perseel is in Piketberg. Skakel 082 780 8698

Te Koop 30 liter Compact Oven te koop. Oond met twee plate bo. R500 Skakel 079 496 2719

Te Koop AANDAG BOERE: Hoendermis te koop, afgelewer. Skakel 022 912 4983

Te Koop

Job Details We are currently seeking PSIRA Registered security guards for an industrial site within the Piketberg area. Suitable PSIRA Grade B, C & D. You must be willing to work 12 hour shifts on a three shift roster. Previous experience in a similar role is essential. Excellent working conditions and PSIRA Area 1 hourly rates on offer! We are looking for individuals who have a strong work ethic and meet all the above requirements. If this sounds like you, then please send your CV, copy of PSIRA doc’s and ID to stefanie@2rmsecurity.com or FAX: 086 725 3625. Please quote PPCPIKETBERG. You can also contact 060 461 5422 J de Goede or the office on 021 801 5092 You will be contacted for interviews. Please ensure that all your documents are available.

Beesbiltong R190,00 per kg Koedoe droëwors R170,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032 ‘n Vakante pos bestaan by ‘n goed gevestigde rekenmeesterspraktyk

Betrekking Aangebied Voldag huishulp benodig in Piketberg. Geen rook en drink. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied Betroubare persoon gesoek wat nie rook of drink nie om in ons karwasafdeling te werk. Maandae tot Vrydae

Kontak Adri of Sarina Visser 022 913 1130 gedurende kantoorure (07:30 - 17:30)

te Piketberg. Die pos behels die volgende vereistes en pligte. Vereistes:  Betroubare persoon

    

‘n Graad 12 sertifikaat Rekenaarvaardig Pastelondervinding Moet onafhanklik, presies en georganiseerd kan werk Ondervinding by ‘n rekenmeesters– of ouditeursfirma

Pligte:

   

Boekhouding Finansiële state BTW- en belastingopgawes Ander verwante werk

‘n Markverwante vergoedingspakket word u aangebied. Rig aansoeke aan Praktika Faks: 022-9132959 Epos: info@praktika.co.za Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.

Sluitingsdatum: 18 November 2015


20

PHS se Laerskool Hoofleiers vir 2016

Nico Blanckenberg, onderhoofseun, Pieter Bruwer, hoofseun, Nicole Steyn, hoofdogter en Carma Rossouw, onderhoofdogter.

PHS - Laerskool Prysuitdeling

Dux-leerder Hagan Ludick

Marius Scholtz met Pieter Brand wat die Skoolhoofprys ontvang het.

Graad wenners, Annette Bruwer, gr 4, Jana Truter, gr 5 en Pieter Bruwer, gr 6. Hoërskool Piketberg se Laerskool VRL vir 2016 is, agter van links Janco Joubert, PG Bruwer, Henk Schipper, Jomé Schreuder, Nikitha Booys en Carli Bassett. Voor Nico Blanckenberg, onderhoofseun, Pieter Bruwer, hoofseun, Nicole Steyn, hoofdogter en Carma Rossouw, onderhoofdogter.

Om Groot dinge te bereik moet ons nie net Doen nie, maar ook Droom, nie net beplan nie, maar ook Glo.

Angus Duncan wen die Anton van Rooyen Trofee vir Akademie.

Elné Burger, regs, wen die Hugo Holloway Trofee vir die beste prestasie vir Unisa musiek in die Laerskool. Foto’s: Sanet Ackermann

Pietman Burger, Hagan Ludick en Angus Duncan ontvang medaljes vir vakprestasies.


21

Hoërskool Piketberg se VRL 2016

Kasteel Leiers 2016

Hoërskool Piketberg se VRL vir 2016 is, agter van links Charl Werner Taljaard, Van Wyk Saayman, Louwrens Hanekom, Henri van der Westhuizen, Harry Roux, Jac Goosen, Laing, hoofseun, Joshando Klaaste en Jacobus Janke van Schalkwyk en Lize-Mari Engelbrecht. Middel ry, Visser. Dewald van Deventer, Seth Luyt, Chris Rheeder, Bosmann Rossouw, Zana Vorster, Celest du Toit, Glenda Dietrich, Elske Pieters en Hugh Benson. Voor, Willen Wiggins, Pieter Rossouw, Aerin Kotzee, onderhoofdogter, Ané Nelson, hoofdogter, Louwrens Laing, hoofseun, Matthew Luyt, onderhoofseun, Kayla Brand en Anné Rheeder.

Huis Leliehof se Leiers 2016

Hoërskool Piketberg Prysuitdeling

Naomi van Heerden, Amber Tobias, Liana Prins, onderhoofdogter, Melanie Visser, hoofdogter en Ilse Roberts. Elzaan Trautman, beste RTT Prakties Wickus Bronkhorst, Dux-leerder en wenner van die Akademie Trofee

Matthew Luyt wen die Lizaan van Niekerk Wiskunde Trofee vir beste Vordering.

Jessica Jelliman wen die Piketberg Leeskring biblioteekprys

Lizé-Mari Carstens, beste prestasie Verbruikerstudie Prakties

Maria Visser wen die Alison Müller Musiek Trofee asook prys vir die Tweetaligheid en beste kreatiewe skryfwerk.

Aerin Kotzee, beste senior redenaar Links, Johan du Toit, Entrepreneursprys

Regs, Marius Scholtz oorhandig die Skoolhoofprys aan Driaan van Wyk Foto’s: Sanet Ackermann

Nicola Coetzee en Janke van Schalkwyk deel die Ambassadeursprys.


22

KIX by Huis AJ Liebenberg vir Lentebesoek

Foto’s: Marietha Goosen


23

Mnr en Mej SA Skole Stem vir Marike en E’lmarco

Maskerbal in New York

Marike Koch van Hoërskool Piketberg neem deel aan Mnr en Mej SA skole. Dit is die eerste keer wat so ’n Mnr en Mej SA Skole plaasvind, daarom is dit nog nuut vir die publiek. Elke skool het ‘n Mnr en ‘n Mej gekies tydens hul eie gala aand. Marike is tans Mej PHS. Japie Jonkers van Schoolsbeautywithapurpose het ‘n bietjie gaan navorsing doen en finaliste gekies uit verskeie skole. Dit is basies ‘n kompetisie waar die Mnr en Mej van elke skool hom-/haarself en die skool verteenwoordig. Dis eintlik presies dieselfde as Mej Suid-Afrika, net Mej Skole. Marike en haar mededeelnemer, E’lmarco Visagie, is gekies om te gaan deelneem teen skole van die Paarl, Kaapstad, Worcester, skole in Gauteng, Oudtshoorn, Bredasdorp en nog ander. Marike en E’lmarco is die enigste deelnemers wat van ‘n plattelandse dorpie af kom so klein soos Piketberg. Dit is werklik ’n prestasie dat hulle raakgesien is tussen die groot skole. Daar is ‘n SMS-lyn oopgemaak waar die publiek kan stem vir hul gunsteling finalis. Dit behels die volgende: SMS MHS27 [Marike se kode] of MHS7 [E’lmarco se kode] na 42936. Dit kos R2 per SMS en jy kan stem soveel keer soos jy wil (gratis SMS’e tel nie). Hierdie stemme gee die publiek kans om ‘n Samsung S6 te wen, en dit is ook ’n manier om die publiek in te lig oor die kompetisie. Marike was al twee keer ‘n weeklikse gunsteling, wat beteken dat mense taamlik baie stem. Marike sê: “Dis vir my wonderlik omrede my dorpie nie baie groot is nie en ek’t werklik ondersteuning van ander dorpe nodig. As ek die meeste stemme ontvang het teen die tyd van die gala aand, dan wen ek die publieke keuse prys, nie die titel nie. Daardie aand moet ek self veg vir die Mej SA skole titel.” Die kompetisie vind plaas op 11 Desember in Grabouw. Die finaliste kom ‘n week voor die 11de bymekaar om lekker span te bou en betrokke te raak by die gemeenskap en vir voorbereiding vir die kompetisie. Kaartjies vir die gala aand is te koop by Computicket teen R200 VIP [wyn en verversings vooraf] en R100 nie VIP. As jy jou kaartjienommer instuur na 42936, staan jy ‘n kans om ‘n Chevrolet Spark Lite te wen. Stem nou: MHS27 – Marike Koch en MHS7 – E’lmarco Visagie soveel kere soos jy wil.

Keinneth Jonas en metgesel, Wisahl Murphy het onlangs Hoërskool Piketberg se Matriekafskeid bygewoon. Foto: Charles Gentle

“Dans-dans deur ons land” is die tema van Trippe Trappe se afsluitingskonsert op Woensdag 18 November om 7nm in die NG Kerksaal

Van Gr R tot Matriek

Daniel Goosen, Driaan van Wyk, Adam Barnard, Jan-Daniël Roux, Jandré de Witt en voor Nina Cillié, Elzaan Lambrechts, Mandy Joubert en Esther Smit sit reeds vir die afgelope 13 jaar saam op die skoolbanke. Foto: Marietha Goosen

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


24

Hoërskool Piketberg Sportprysuitdeling

Junior en Senior Victor en Victrix Ludorum wenners, Pamela Booys en Janke van Schalkwyk, junior en senior Victrix Ludorum wenners onderskeidelik, Juan de Jongh, Henk Schipper en Benna van der Westhuizen, junior en senior Victor Ludorum wenners onderskeidelik.

Piketberg Hoërskool het hul Sportprysuitdeling gehou op 13 Oktober 2015. Pamela Booys is die Junior Sportvrou van die Jaar en Lyle Booyse die Junior Sportman van die Jaar. Pamela het Wes-Boland behaal vir Netbal en Atletiek. Sy is ook die Laerskool se Victrix Ludorum wenner. Lyle het die volgende sertifikate ontvang: Erekleure Blou - Rugby 2014; Erekleure Silwer - Rugby 2015, Wes-Boland Rugby 2015; Wes-Boland Krieket 2015 en Laerskool Sportman 2015. Hy ontvang ook drie medaljes naamlik: Beste Bouler- krieket; Beste agterspeler - rugby en Sportman 2015 asook Wisseltrofee. Hier staan hy by Juan de Jongh, Kaptein van die WP-rugbyspan, wat die gasspreker van die aand was. Foto’s: Sanet Ackermann

Your security

Siphenkosi

Our priority

Tennis pryswenners, Suzanne en Carli Bassett, Henri van der Westhuizen en Bendert Smit met Juan de Jongh, middel.

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (behind Rangers)

Wickus Bronkhorst ontvang sy Springbokkleure vir Skopboks.

Beste krieketspelers, E’lmarco Visagie, Armand Erasmus en voor, JC van der Westhuizen.

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Contact for free

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Beste netbalspelers, Suzanne Basset, Janke van Schalkwyk, Jomé Schreuder, Hanri van Zyl en voor, Pamela Booys.


25

PHS Gholfdag Wenners

ALISON SE SWEMSKOOL Kursus @ R300 vir 8 lesse 1. 7-18 Desember 2015 en 2. 5-15 Januarie 2016

Wenners van die dames afdeling, Talitha Blom en Enanda Haasbroek saam met Marius Scholtz. Foto’s: Sanet Ackermann

Bespreek dadelik – beperkte plek! Kansellasie binne 3 dae: volle fooi betaalbaar.

Kontak A Müller 073 229 2855 of saans: 022 913 1746

Wenners van die mansafdeling, Eddie Mostert en Neels Nelson, saam met Marius Scholtz.

Marius Scholtz oorhandig die trofee aan die wenners van die seunsafdeling, Harry Roux en Adam Barnard.

Ideale geleentheid om voor te berei om swem as ‘n sport by PHS te neem.

Vredendal Tafeltennis Klub en Van Rhynsdorp Tafeltennis Klub is besig om te help om tafeltennis klubs in dorpe in die Weskus te help stig. Oud-spelers, huidige spelers en belangstellendes (meisies en seuns) van enige ouderdom word hiermee versoek om die volgende persone te kontak of whatsapp: Francisco - 074 569 1045 Denvan - 084 906 5387

Wenners van die dogters afdeling, Thana Stephan en Anke Schreuder saam met Marius Scholtz.


26

Piketberg Rolbalkub hou Besigheids Pretdag

RSA Agri Makelaars se span, Nellis Louw, Jaco Barnard, David Landon en Willie Burger. Wenners van die dag, Ray van Rooy en sy span. Solly Kayster, Sonia Richter, Ray en Gertram Brink.

Die Winkelshoekspan, Annelize Coetzee, Suzette Fouche, Susan Brand en Pierre Joubert. Een van die Munisipaliteit se spanne, Martin Crous, André Perreira, Jasper Jonker en Kobus van Niekerk. Foto’s: Janie Landon

29 November om 19:30 NG Kerk Piketberg

Kerssangdiens in die vorm van ‘n Kersspel

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


27


28

Ruiterkuns vir Ma en Seun

Bendert Tennisster

Sanet en Aleit Stander neem deel aan die Saalperdbyeenkomste te Moorreesburg, Tulbagh en Robertson en behaal goeie plekke. Gallio is aangewys as die 2 jaar oud siertuig kampioen. Aleit is ook lid van die WP-ruiterkuns span. By PHS se Sportprysuitdeling het Aleit toekennings ontvang vir die beste seun baan en die beste o/7 rugbyspeler asook vir ruiterkuns WP-span.

Gedurende 8–11 Oktober het Bendert Smit, links, aan die Tennis Suid-Afrika One Ranking o/18 toernooi deelgeneem. In die Platinum Afdeling (die sterkste Afdeling) het hy 4de uit 16 deelnemers geïndig in die Enkelspel. In die Dubbelspel het hy en Codie van Schalkwyk, regs op die foto van Namibië, in die finaal verloor en dus 2de geïndig in die toernooi.

Foto’s verskaf

Leer speel-speel en ontwikkel in totaliteit

Ontwikkelingsareas Taalvaardigheid Lewensvaardigheid Syfervaardigheid

Besige Bytjies Eikelaan 11 Piketberg 7320

Sel: 072 399 5447

Foto: Sandra Smit

Besige Bytjies Ons bied ‘n volledige program om die kind in totaliteit te ontwikkel. Die skool bied halfdag of voldag vir 0-5jariges. Die dagprogram bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite. Onderwysers met baie liefde en energie vir kinders.

Skooltye: 07:20—17:30 Besige Bytjies emmiliebenberg@yahoo.co


29

PHS hou Bok Vrydag

KUNS AS VAK BY DIE COETZEE ATELJEE 2016

Leerders Gr.7 tot 12 kan Visuele Kuns as vak neem. Gr.10 tot Gr.12 kan Ontwerp as vak neem. (Punte word aan skool (PHS) deurgegee.) Kostes: Gr.7 tot 9 R990 per kwartaal (R330/mnd) Gr.10 tot 12 R1650 per kwartaal (R550/mnd) Uiters professionele onderrig met ‘n 99% van Gr.12 leerders wat ‘n A-gemiddeld in matriek ontvang vir Kuns en/of Ontwerp

Klasse ook vir kinders 2-3jaar R1155 per kwartaal Kinders 5-7jaar (2h/week ) R1155 per kwartaal Kinders 7-18jaar (3h/week) R1230 per kwartaal Volwasse klasse: Woensdagaande 17:00 tot 19:00 R815/kwartaal.

Skakel gerus vir meer inligting Karin Coetzee 084 710 1848


30

Pieter op sy 85cc

Gimnaste is SA Kampioene

Pieter Rossouw het op 25 September 'n uitstekende 2de plek behaal in sy klas 85cc motorfiets in die Wes-Kaap Junior Offroad Club se BC400 Offroad Nasionale byeenkoms te Worcester. Foto’s verskaf

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Moenie dat die Lente bloeisels jou onderkry nie. Kom kry verligting vir jou allergie.

REACH Ritmiese gimnaste (Piketberg) het gedurende die Oktober skolevakansie aan die SA Kampioenskappe deelgeneem in Johannesburg waar hulle die Wes-Kaap Provinsie verteenwoordig het. Hul uitslae is as volg in algehele plek: Agter Jané Eksteen 8ste (L7o/15) en Christine van der Merwe 4de (L7 o/15); Middel Mílah Baard 1ste Goud (L7 o/15 (Tou Goud, Lint Goud, VD Brons en Bal Brons), Jade Wilson 4de (L6 o/11 (Hoepel Goud, VD Silwer en Knuppels Brons), Shanda Whitfield 8ste (L7 O/15) en Nicole Steyn 7de (L7 o/13 (Bal Silwer). Voor Elné Burger 15de, Renate Coetzee 19de, Pamela Booys 8ste en Su-Mari Hanekom 23ste (L5 o/11). Beide groepe het ook deelgeneem. Voor is die Junior groep: SA Kampioene vir 2015. Drie van die gimnaste, Elné Burger, Pamela Booys en Su-Mari Hanekom is nou alreeds sedert 2012 deel van die junior groep en dit is hul 3de jaar agtereenvolgend as SA Kampioene. Middel en Agter is die Senior groep: SA Kampioene vir 2015. Mílah Baard, Shanda Whitfield, Nicole Steyn, Elné Burger, Renate Coetzee, Pamela Booys en Su-Mari Hanekom is leerders van Hoërskool Piketberg en het sertifikate vir bywoning van Nasionale Kampioenskappe ontvang tydens die skool se Sportprysuitdeling. Mílah Baard het erekleure, goud, ontvang. Mílah neem ritmiese gimnastiek by REACH Ritmiese Gimnastiek Klub sedert 2012. Sy het aan SA's begin deelneem in 2013 en is vanjaar 3 jaar agtereenvolgend in haar level en ouderdomsgroep as SA Kampioen aangewys. Mílah Baard in aksie en met al haar medaljes. Foto’s: Chrisna Baard


31

Groenvlei hou Pretloop

Verlorenvlei hou Liggies fees

Verlorenvlei het weer vanaf 5 - 10 Oktober hulle jaarlikse Liggies Fees gehou om vir die kinders van die gemeenskap nuwe vaardighede te Groevlei het op 1 Oktober ‘n pretloop gehou leer en om hulle te motiveer en te inspireer. Boland Superspar het om fondse in te samel vir Groenvlei Primêr. hulle ondersteun deur vir hulle hotdogs te skenk. Die donasie is oorBoland Superspar het hotdogs vir al die kinders handig deur Monique Coetzee. geskenk vir die dag.

Badisa hou Praatjie oor Diere

Boland Superspar het Badisa se praatjie oor hoe om diere te versorg en nie seer te maak nie, ondersteun op 7 Oktober deur vir hulle Pro Balance katpille te skenk wat die kinders kon huis toe neem vir hulle diere.

Pronkies plaas hou Dirtrider charity Funduro

Pronkies Plaas het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n Dirtrider Charity Funduro gehou wat nou ‘n jaarlikse instelling sal word om fondse vir verskeie liefdadigheidsorganisasies in te samel. Dié jaar is dit onder andere gehou om fondse in te samel vir ‘n dogtertjie wat ‘n gehoor apparaat nodig het. Boland Superspar het bygedra deur Bar Ones te skenk vir die deelnemers. Dit is deur Santie van der Berg oorhandig aan AJ Harvey.


32

I’m a Fan kompetisie wenners

Boland Superspar wil baie geluk sê aan Laurencia van Neel wat in die I’m a Fan kompetisie ‘n geskenkbewys gewen het. Baie dankie ook aan elke kliënt wat deelgeneem het.

Boland Superspar wil baie geluk sê aan Jacques en Constance wat ons I’m a Fan Bokke ondersteuners wenners is.

Beste Departement Finaliste by Wes-Kaap SUPERSPAR

Boland Superspar is trots om aan te kondig dat al vier ons departemente naamlik vrugte, bakkery, deli en slaghuis almal finaliste is vir “Beste departemente van die Weskaap Superspar” kompetisie. Baie geluk aan elke span. Ons is ongelooflik trots op julle harde werk.

Piketberger Nov 2015  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you