Page 1

1

Jaargang 21 Nr. 10 www.piketberg.com

November 2014

022-913 1796

R5,00

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS se Leiers vir 2015

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... PHS reünies...pp4 en 6 Huis AJL Vleismark...p8 Chambers Susters...p9 PHS prysuitdeling...pp12 en 14 Aurora High Tea...p18 VLV-nuus...p20 Mother Pearl skuif...p22 Rus ‘n Bietjieklub...p26 Sportnuus...p29 Gr R’s maan toe...p31 Rolbal Besigheidsdag...p34 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

Hoërskool Piketberg se hoofleiers vir 2015 is E’lmarco Visagie, hoofseun, Nina Cillié, hoofdogter, Delaine Wright, onderhoofdogter en Ruan Brand, onderhoofseun. Foto: Sanet Ackermann

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Regs is die Leerderraad van die Laerskool, voor onderhoofseun Angus Duncan, hoofseun Henri van der Westhuizen, hoofdogter John-Elize Runba, onderhoofdogter Annika Smit en agter Kleinjan Kotze, Schalk Visagie, Engela van der Westhuizen en Almi Kotze. Foto: Alta Nelson

 022 913 1939  022 913 2404 TRY ME IM

Introducing the

NEW!

PRODUCTS

Soft Drinks Range


2

Redaksioneel Reünies help mens onthou Dis prysuitdelings en afskeide en die een mooi toespraak na die ander volg. Ek hoor iets van "iewers oor 'n paar jaar gaan jy dalk die woorde van jou skoollied vergeet", maar "moet nooit vergeet waar jy groot geword het, wie jou mense is en waar jou hart se spore al oral geloop het nie". Ek is onlangs terug op my spoor na 30 jaar uit die skool en die onthou gee 'n warm gevoel om die hart. Ek en my skoolvriendin gaan tuis by my ouers, soos ons as kinders dikwels saam oor en weer gekuier het. Toe sy my skielik vra of ek steeds van my badwater so warm hou......toe weet ek ons is op die regte plek om al die onthoue vas te vang. Saam met die ander 'matrieks' stap ons deur die skool, klas vir klas en vertel, lag en onthou....... van die Biologieklas, verby die biblioteek, die Afrikaans klas, Geskiedenis, Engels, Duits, Wiskunde, af in die gang tot in die sub A-klas. In die saal staan ons op aandag en sing: Albertinia skool met ons hele hart sal ons steeds jou naam vereer. Altyd bied jy ons die beste aan en stel ons nooit teleur. Jy is onse trots, ons eie skool, waar ons met vrug kan leer. By jou leuse sal ons vas bly staan en na die kruin toe beur! Ek onthou verseker wie ek is, waar ek vandaan kom, wie my help vorm het en waarnatoe ek oppad is

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Jessica by Bergmun Jessica Carstens is sedert 1 September 2014 aangestel as Persoonlike Assistent van die Munisipale Bestuurder. Sy is goed gekwalifiseerd en het goeie ondervinding. Sy is vol energie en het reeds haar merk gemaak in ‘n kort tydjie. Welkom Jessica!

Redaksie Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Jack van Renen skryf… Ek wil net almal bedank wat my beterskap en herstel toegewens het terwyl ek vir twee operasies, dalk was dit drie, in die hospitaal was. U besef nie hoeveel dit vir my beteken het nie, want daar was 'n moontlikheid dat ek my been kon verloor, maar met Sy genade en u gebede is die probleem toe opgelos en gaan dit nou net elke dag beter! Nogmaals dankie aan ieder en elk! Carin Houliston writes... We spent the weekend in Porterville and took a drive through Piketberg on Sunday. Wow! I was in complete awe as to how the whole town has embraced cancer month. Congratulations. It is so pleasing to see a community existing as one and embracing a concept wholeheartedly. Helmien Rossouw van Elandsvlei skryf… Graag wil ek vir almal bedank vir elke boodskap, sms of oproep na my en na my man en kinders tydens my hospitalisasie na die skielike operasie. Ek is bewus van elke gebaar van omgee en liefde - baie dankie vir die besoeke, kos en blomme na my tuiskoms. Ek waardeer dit opreg. Met so 'n skielike prosedure, raak mens deeglik bewus van God se genade en die kennis en deernis waarmee dokters en mediese personeel hulle taak verrig. Die mense by Panorama hospitaal is werklik engele. My seuns, Manie en Bertus, skoondogter Lisel en dogter Hanlie wat so mooi na my en Pa Johan omgesien het, julle is wonderlike kinders. Aan Cobis Wilson wat my so moeiteloos rondry, jy is wonderlik. Die suster in die Hoësorg Eenheid kon nie glo dat een mens soveel vriende het nie nav al die baie oproepe. Dis 'n voorreg om deel van so 'n gemeenskap te wees. Pierre Steenkamp skryf… Baie dankie vir Die Piketberger ek het weer eens lekker gelees. Dit is vir my interessant om te sien hoe die kinders grootword en die redaksie al mooier. Pierre is die stigter van Die Piketberger en ontvang elke maand die koerant per pos. -Red.

(diepiketberger@gmail.com)

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Briewe van ons lesers...

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marthie Munnik, vroeër van Piketberg, skryf uit Vredendal... Ek lees elke maand Die Piketberger op die internet. Dit voel of ek nog op so 'n manier bybly met Piketberg se mense se doen en late. Dit verseker ook dat ek ten minste een maal per maand aan die goeie tye op Piketberg dink.


3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


4

Klas van 1969

PHS Oud-Leerders hou Reünie

Die naweek van 11 en 12 Oktober het die matrieks van 1969 weer ’n geslaagde reünie gehou. Ons het almal heerlik saamgekuier by die sportklubhuis wat die skool weer aan ons beskikbaar gestel het. Dit was ’n naweek van samesyn, wat ek glo, almal baie geniet het en ons nog lank sal bybly as ’n besondere herinnering. Dankie ook aan die twee oud-onderwysers, Deon van Dyk en Hannes Lambrechts en gades, wat vir ’n rukkie saam met ons gekuier het. Ons volgende reünie word beplan vir 2019 DV, wanneer dit ons GROOT 50 sal wees. Die Sondag is die verrigtinge van die naweek afgesluit deur die bywoning van die kerkdiens en ’n laaste gesels oor ’n koppie tee voordat daar vir oulaas gegroet is.

Op 4 Oktober het PHS se Matrieks van 1984 hul 30 jaar reünie gehou. Terwyl al die manne die rugby gekyk het, het die dames die skool besoek. Daar was 37 leerders in matriek, een is intussen oorlede. By die reünie was 19 van hulle bymekaar. Van voor links is: Joletta (van Romburg) Bester, Erika (Koegelenberg) Juul, Johrina (Geldenhuys) Hanekom en Belinda (Hagen) de Kock. Middel, Helena Kotze, Alice (Baxter) Mayhew, Lynette (van Renen) de Witt en Ria (Visser) Steyn en agter, Dinette (Wiese) Lochner, Stephanie (Hanekom) van Rooyen en Sumarna (van Dyk) Louw. (Nooiensvanne is in hakies). Foto: Danie Smit

Voor van links Christina Stemmet, Gerda van der Merwe, Marietjie Smit, Christina Wasmuth, Helena Venter, Joos Engelbrecht en Fred von Wielligh. Middel, Hendrik van der Westhuizen, Eric Lambrechts, Philip Olivier, Floris Marais, Piet Fabricius, Bernard Olivier en Helena Smit. Agter, Otto Götze, Arthur Rumboll, André Eksteen, Hannes Lambrechts, Deon van Dyk en Rika du Plessis. Foto: Alwyn Smit

De Kleine Shoppe Coffee & Gift Shop

27 Oktober open De Kleine Shoppe - Coffee & Gift Shop by Langstraat 52, tussen Spar en Liebco. Kom geniet ‘n ligte maaltyd, slaai of gourmet toebroodjie soos Cajun hoender roerbraai met basil pesto en pekanneute op ‘n nessie noedels, Smoked Salmon, cream cheese sesame en spring onion on a bed of crisp salad met iets te drinke van Cuppachino, Lattes, milkshakes en iced coffees. Iets gesond vir almal. Uitgesoekte geskenke en dékor van spieëls, glasware, chandeliers, ens. Gratis filter koffie met elke maaltyd slegs vir die opening.

  

XYZ Clothing

Somerreeks nou beskikbaar 30% uitverkoping op geselekteerde items Bykomstighede soos serpe, krale en juweliersware in alle kleure en diktes  Ek help graag met die beplanning en kombinasies van kleure en klere. Alles in een winkel - coffee / gift shop / boutique Ilze 071 410 8076 Besigheidsure: Maandae 07:30 - 17:00 Dinsdae - Vrydae 08:00 - 17:00 Saterdae 09:00 - 12:00


5

Hoofstraat 58 (Van Zyl’s Garage)

Die Glas Kasteel se deure is nou oop !!! Al ons getroue kliënte van Gee-C-eS kan nou weer hul voorraad hier kom aankoop

Die Glas Kasteel bied die volgende: - CD’s – al die nuutste cd’s op die mark - Speelgoed – gee jou kind ‘n voorsprong met ons reeks opvoedkundige speelgoed - Wol – vir al ons getroue wolvriende - Sporttoerusting – muurbal, veerpyltjies, balle, ens. - Swembaddens vir die heerlike somerdae

Tydelike kontaknommer 072 1720 008


6

Oud-Onderwysers hou Reünie

PHS se oud-onderwysers van S W Vorster se era het onlangs reünie gehou. Die naweek is afgeskop met ‘n herontmoeting in PHS se personeelkamer. Dit was wonderlik om mekaar na soveel jare te sien en te herken! Al die vertellinge en staaltjies is herleef daar in die gange. Die skool is pragtig en almal was van vooraf trots op “ons” skool. Die middag is op die rolbalbaan deurgebring met baie pret (foto onder). Die wenspan kon darem nog buk om balle op te tel. By ‘n gesellige braai die aand kon almal weer skater oor die skoolkonsert wat deur onderwysers gehou is en waar Charl Groenewald met die driewiel sy nerwe afgeval het op die verhoog tot groot vermaak van kinders en ouers. Apie Richter het die video saamgebring en vertoon. André en Christa van Ellewee het aan elkeen ‘n gedenk bottel wyn oorhandig van die kelder waar hul seun ‘n wynmaker is. Die naweek is afgesluit met die bywoning van ‘n baie spesiale kerkdiens. Ons dank die Here vir soveel genade en soveel mooi en kosbare herinneringe. Lank lewe PHS! Berig: Susan Geldenhuys

Voor Riana Richter, Sonia Lambrechts, Elsie Vorster, Schalk Vorster, Riana Eksteen en Christa van Rooyen. Middel ry Wilna Kellerman, Roline Kotze, Ansa Chambers, Alison Müller, Christa van Ellewee, Kobus van Rooyen en Susan Geldenhuys. Agter Matt Kellerman, Hannes Lambrechts, Le Roux van Wyk, Spyker Chambers, Deon van Dyk, Alta van Dyk en André van Ellewee. Foto’s: Laggie Geldenhuys


7


8

Huis AJ Liebenberg Vleismark

Ons bied die volgende:  Stoffering van banke en stoele  Herstelwerk aan tente en seile  Maak van seil “canopies” vir bakkies  Motorsitplekke en motorplafonne  Trekkersitplekke  Spesiale versoeke Bring asseblief NOU julle tente en seile vir herstelwerk of opknapping. Desember is net om die draai!

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg

KONTAK ONS GERUS. ONS IS REG OORKANT AGRIMARK

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die mooi bedrag van R125 000 is ingesamel met ons Vleismark saam met die kollekte lyste en skenkings van kerke, buur gemeentes en donateurs. Soms wens ek ʼn mens kon met ʼn unieke tipe instrument, die mense van Piketberg en omgewing hier diep in ons hartkamers laat inloer om te sien hoe opregte waardering lyk. Dit sou heerlik wees as jy – elke keer as jy wil dankie sê – vir iemand iets in die hand kon gee of vir ete nooi. Maar dit is nie moontlik nie ..... Daar was verskillende grade van donasies en skenkings vir ons Markdag, sommige was GROOT en sommige kleiner, maar die graad van dankbaarheid is dieselfde aan een en elkeen, want hoe sonder jy iemand uit? Sommige was gewillige hande, sommige was gebede – ander het van deur tot deur gekollekteer. Ons kan ʼn paar beskrywende woorde voor inryg, maar aan die einde van die dag bly dit bloot‚ ‘‘Baie Dankie‘‘. Marie de Villiers, Hoof, Beheerraad, Personeel en die Inwoners van Huis A J Liebenberg.


9

Chambers Susters

Lente Bruidspaar

Dit het onder Die Piketberger se aandag gekom dat Ruanda Chambers, oud-leerder van PHS, onlangs twee boeke geskryf het vir anderstaliges ten einde ‘n beter begrip vir Afrikaans te ontwikkel. Haar twee susters, Tinette en Fransa, is ook op interessante stadiums in hulle lewe. Ruanda skryf... Danksy my beroep as fasiliteerder het ek die geleentheid om daagliks met kinders van verskillende ouderdomme, persoonlikhede en agtergronde te werk. Dit het onder my aandag gekom dat verskeie kinders sukkel met basiese begrippe in Afrikaans. Sonder om hierdie begrippe te verstaan kan dit besonders moeilik wees om Afrikaans as taal te leer en baas te raak. Ek het eerstehands gesien dat visuele beelde en assosiasies kinders Ruanda Chambers help om Afrikaans makliker aan te Foto verskaf leer en te verstaan. Dit is juis die doel van albei my boeke, “Afrikaans in Prente” en “Verstaan Afrikaans”. Ek is nou ook genader deur ‘n privaat seunskool in die suidelike voorstede om ekstra Afrikaans tydens skoolure aan te bied. Ek sien baie uit na die nuwe uitdaging. Tinette skryf... Ons trek binnekort Ann Arbor, Michigan toe waar ek gaan werk vir die Veteran's Administration (Militêre Hospitaal). Dis 'n baie goeie werk aangesien ek vir die Federal Government gaan werk, met ongelooflike voordele en amper die helfte vakansiedae soos wat julle het in SuidAfrika. Die rede hoekom dit so lank vat om alles klaar te kry, is omdat ek deur 'n intensiewe agtergrond ondersoek moet gaan. Die posisie waarvoor ek aangestel gaan word, is vir Arbeidsterapeut/Bestuurs Rehabilitasie Spesialis. Ek is verantwoodelik vir kliënte wat weer wil bestuur na siektes of ongelukke. Dit sluit in bestuur met verskillende toerusting soos handkontrole. Fransa skryf... Ek en my man het November 2013 Langebaan toe verhuis nadat ons West Coast Sjef Skool oorgekoop het. Ek het einde Januarie klaargemaak by Northlink Kollege Hotelskool na 11 jaar en ons is voltyds besig van Februarie af met ons sjefskool en bak toebehore winkel in Laguna Mall, Langebaan. Ons is geakkrediteer deur City & Guilds en bied die internasionale “culinary arts” programme aan. Ons doen ook allerhande kort kursusse vir junior sjefs, tieners en volwassenes en deesdae is ons ook baie besig met “masterchef” kinderpartytjies. Klasse soos Paella, pasta en sushi aande is baie gewild. Ek het ook sopas ‘n kursus voltooi wat my in staat stel om van volgende jaar af die internasionale geakkrediteerde PME koekversierings kursusse aan te bied. Hou ons webtuiste (www.westcoastchefschool.co.za) dop vir meer inligting oor die klasse. Like ons facebook bladsy (West Coast Chef School) om ook al die aksie te sien. Ek en Heinrich is baie bevoorreg om ons passie te kan uitleef. Die skool is klein en ons neem nie meer as agt studente per kwalifikasie in nie. Sodoende gee ons die nodige persoonlike aandag en stuur ons kwaliteit sjefs na die industrie wat ook aan internasionale standaarde voldoen.

Charles Clarys en Estie Windell is op 27 September in die NG Kerk Simondium getroud. Estie is ‘n prokureur by Anderson Nel Prokureurs en Charles is werksaam by PPC de Hoek. Foto: Vernooy Photography

AANDAG ALLE DAMES Agent vir Watkins-valeur skoonheids produkte in Piketberg. Agent for Watkins-valeur beauty products in Piketberg. HEALTH, BEAUTY, FRAGRANCE, COLOUR AND SKINCARE FOR EVERY SKIN TYPE. WE ALSO HAVE GENTS TOILETRIES. WIDE VARIETY OF HOMECARE (FRESH AND CLEAN) PRODUCTS.

RONEL 083 301 7236 / 022 913 1232 A/H


10

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Oktober was ‘n maand van baie vergaderings in die Munisipaliteit. Die meeste hiervan was vrugtevolle gesprekke oor beter dienslewering. Een so ‘n reeks vergaderings wat my baie opgewonde maak, is die gesaHanlie Linde mentlike beplanning en -implementering wat voortaan tussen Bergrivier Munisipaliteit en die Weskaap Provinsie sal geskied. Ons het hiermee geskiedenis gemaak. Dit is die eerste Provinsie in SuidAfrika wat hierdie rigting inslaan en dit sal positiewe gevolge hê vir ons inwoners. Baie van u was deel van die publieke deelname wat tydens September 2014 plaasgevind het. Miskien het u een van ons wykskomiteevergaderings bygewoon, of u sê kom sê by ‘n publieke vergadering in een van ons agt dorpe of miskien was u deel van die GOP (Geintegreerde Ontwikkelingsplan) Forum waar gemeenskapsleiers (meer as ‘n 100) saam beplan aan ons toekoms. Baie dankie vir u volgehoue deelname en insette. Saam is ons beter! Al hierdie insette is verwerk en het Bergrivier Munisipaliteit nege hoof fokusareas bepaal waaraan ons dringend saam met Provinsie Regering wil aandag gee. Die prioriteite wat u bepaal het vir ons gebied is soos volg: 1. Onderwys en vaardigheidsontwikkeling, 2. Infrastruktuur, 3. Sosiale Ontwikkeling, 4. Gemeenskapsveiligheid, 5. Ekonomiese Ontwikkeling en gebiedskompeterendheid, 6. Die beskerming en bewaring van ons natuurskoon en omgewing, 7. Tegnologie en kommunikasie, 8. Gesondheid, en 9. Sport en Kultuur Ontwikkeling. Ons het 40 doelgerigte en praktiese “game changers” ontwikkel om hierdie fokusareas mee aan te spreek. Op 2 Oktober 2014 was dit Bergrivier Munisipaliteit se beurt om met al die Departementshoofde van Provinsiale Regering te vergader en in-diepte gesprekke hieroor te voer. Dit was ‘n baie goeie beplanningsessie en die gekoördineerde beplanning en gesamentlike implementering sal baie vrugte afwerp vir ons munisipale gebied. Veral op die vlak van Onderwys, Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Infrastruktuur. In Die Piketberger van Oktober 2014 het ek die slegte nuus met julle gedeel dat Piketberg dorp R17,5 miljoen

aan die Munisipaliteit skuld. Soos verwag het ek baie reaksie van lesers gehad en almal wil dieselfde weet: “Wie skuld wat?” Hierdie maand deel ek graag ‘n bietjie meer inligting hieroor en versoek weer elke trotse Piketberger om die regte ding te doen en jou munisipale rekening te betaal. As jy wil, maar ekstra tyd nodig het, kom gesels asseblief met ons finansiële personeel. Ons help graag deur ‘n afbetalingsreëling te tref. Om perspektief te gee aan Piketberg se aandeel in die totale skuld aan Bergrivier Munisipaliteit, het ons slegs die uitstaande bedrae ouer as 1 jaar gebruik. Dit beloop in totaal R34,89 miljoen. Piketberg se aandeel hiervan (ingesluit die dorp en die landbou area direk verbonde aan Piketberg) beloop 33% of R11,58 miljoen. Van hierdie bedrag skuld besighede 4,89%, regeringsinstansies 0,37%, residensiële huishoudings 46,2%, landbou 34,95% en ander organisasies 13,59%. Die grootste uitstaande bedrag word geskuld deur “Huishoudings” en die meeste hiervan is mense wat kán betaal. Pensioenarisse en hulpbehoewende huishoudings se skuld beloop slegs ‘n totaal van R660 000 gesamentlik. Die res (R4,69 miljoen) word geskuld deur 624 huishoudings met voldoende inkomste om hul rekenings te betaal. Ek wil ook graag dankie sê aan die 1557 huishoudings in en om Piketberg wat geen skuld aan die Munisipaliteit ouer as 1 jaar het nie. Die meeste van die skuldenaars wat kan betaal, is reeds oorhandig vir vordering aan ons Prokureurs en sodra iemand se rekening agterstallig is word daar onmiddellik ‘n beperking geplaas op die verbruik van elektrisiteit en water. Komaan Piketberg! Betaal jou rekening! Dit is die regte ding om te doen!

Anna glimlag breed

Anna Karools, inwoner van Huis AJ Liebenberg, se hartsbegeerte is bewaarheid toe ‘n weldoender van Piketberg aan haar ‘n skenking gemaak het wat haar so breed kan laat lag. Baie dankie aan hierdie anonieme skenker - u sal nie besef watter vreugde hierdie stel tande aan Anna besorg nie! Foto: Marie de Villiers


11


12

PHS se Laerskool Pryswenners

Eerste graadposisies: Jana Truter gr 4 asook die Leeskringprys, Illani van Rossum gr 5, Hagan Ludick gr 6 en Janke van Schalkwyk gr 7 en Dux-leerder.

Berenice Scheepers boek- Ambassadeurstrofee: Stass Nel en Milah Baard. prys vir Skeppende Skryfwerk: Anné Rheeder.

Koshuisleiers vir 2015

Komien van der Westhuizen met Mari Visser, die wenner van die Hugo Holloway Musiektrofee.

Skoolhoofprys: Michaelin Claassen

Die Kasteel se leiers is Abri van der Walt, Ruan Brand, hoofseun, Benna van der Westhuizen, Jandré de Witt en Wickus Bronkhorst.

A J Produkte

Enigeen wat soms voel om ‘n goeie daad te verrig en nie weet wat nie… Huis AJ Liebenberg se inwoners het deurgaans die volgende items nodig: watte, Dettol, deodorant, Prep, seep, lyfroom, weggooi skeermesse... Baie dankie!

Org de Rac prys vir beste vordering in Wiskunde: Heino Coetzee. Foto’s: Marietha Goosen

Leliehof se leiers saam met Joanne Lubbe is JeanMarie Sadie, Adriana Visser, Leanne Prinsloo, Carmen Pietersen, onderhoofdogter, Delaine Wright, hoofdogter en Linelle Mostert. Koshuisleiers se foto’s: Sanet Ackermann Prize Giving is just a word. Achieving is the Prize!


13


14

Hoërskool Piketberg Prysuitdeling vir Akademie

Maria Visser wen die volgende: die Alison Müller musiekprys, Price Waterhouse Coopers beste prestasie Wiskunde en Rekeningkunde; Mees tweetalige leerder en die Anton van Rooyen Trofee vir Akademie.

Meagan Turner ontvang die skoolhoofprys van Marius Scholtz. Foto’s: Sanet Ackermann

Dux-leerder vir 2014 Herbst van der Merwe.

Jared Whitfield wen die Hannelize Coetzee RTT Prakties trofee.

PHS se VRL vir 2015

Hoërskool Piketberg se Verteenwoordigende Raad vir Leerders vir 2015 is, agter Hugh Benson, Marike Koch, Daniel Goosen, Delaine Wright, onderhoofdogter, Nina Cillié, hoofdogter, Lenelle Mostert, Adriana Visser, Ruan Brand, onderhoofseun, E’lmarco Visagie, hoofseun en Louwrens Laing. Middel, Matthew Luyt, Matheus Vorster, Jac Goosen, Glenda Dietrich, Hanneke Pieters, Ané Nelson, en Zohné Turner. Voor Anné Rheeder, Larissa Brand, Ravell Frans, Hanri van Zyl, Zana Vorster en Dewald van Deventer.


15

Maties-projek vir Graad 12’s ’n Groep Graad 12-leerders wat deel is van die Universiteit Stellenbosch (US) se HOPE@Maties-projek het gedurende die Oktober-vakansie by Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury bymekaargekom vir die derde en laaste HOPE@Maties-sessie van 2014. Hulle het onderrig ontvang in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde. Dié program se doel is om leerders te help met voorbereiding vir die matriekeindeksamen sodat hulle goed genoeg kan presteer om toegang tot hoër onderwys te verkry. Die leerders het almal aansoek gedoen om toelating tot die US. Die program word aangebied deur die US se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP).

Stuart Daries en Alan Willemse van Hoërskool Piketberg, en Sarelle Klaase, Rodewane Cloete, Bjoghan Witbooi en Judith Kayster van Steynville Sekondêr. Die Universiteit Stellenbosch se HOPE@Maties-program het in 2012 amptelik onder hierdie naam begin met intervensies. Die HOPE@Maties-program bied aan Graad 12leerders uit gemeenskappe in die Wes-Kaap wat meer as 70% in Graad 11 behaal het, ekstra klasse op Saterdae of gedurende skoolvakansies aan. Ekstra onderrig word deur die beste onderwysers in die verskillende omgewings aangebied. Die leerders word ook gedurende hulle Graad 12-jaar blootgestel aan die verskillende kursusopsies by die Universiteit Stellenbosch. Leerders wat hul goeie prestasie aan die einde van Graad 12 handhaaf, kom in aanmerking vir ‘n werwingsbeurs by die US. Al 218 Graad 12-leerders wat in 2013 deel van die HOPE@Maties-projek was, het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag. Die gemiddelde prestasie van die groep as geheel was 72,21%. Ses van hierdie leerders het die merietelys van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gehaal. Leerders wat nie voldoende presteer om toegang tot hoër onderwys te kry nie, kan ook aansoek doen om in 2015 die SciMathUS-program by te woon. Albei programme word deur die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde aangebied. Vir meer inligting, kontak SUNSEP by 021 808 3483 of 021 808 3032.

Die Piketberger wens alle matrieks sterkte toe met die eindeksamen.


16

Die Rossouws van Meerlandsvlei hou saam vakansie

Die Rossouws van Meerlandsvlei, Eendekuil het as gesin in Julie die Kgalagadi besoek. Dit was ‘n groot voorreg om so bymekaar te wees. Op die foto is Pa en Ma Herman en Johanna Rossouw met hulle vyf dogters, vier skoonseuns en ag kleinkinders: Mabet en Cornelius Odendaal met Christine, Marguerite en Mia. Este en Johan van Bosch met Nina, Arina en Daneel Marais met Wian en Hanje, Herma en Willie Schoeman met Jana en Liza en Liesl Rossouw. Foto verskaf

Family

Where life begins & love never ends

Nuwe Somer Voorraad Beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Shirley turns 90

Chris and Shirley Isaac, front, with Hugh and Thea Isaac, Michelle, Biddy and Langes Langenhoven. On 12 September we celebrated my Mom, Shirley's 90th birthday with a very special dinner at Die BiO Cafe. In spite of her age my Mom is still an excellent cook and cooks every day. Cobis very kindly visited her and asked her what she would like him to cook for the occasion. And what a suberb meal it was! We were welcomed at the door and seated at a beautifully set table with candlelight and flowers, (some brought from my brother’s farm in Plettenberg Bay specially for the occasion) the setting was just perfect. As a surprise Cobis arranged for a photographer to come and capture the occasion. The delicious meal, prepared and served with friendly kindness and accompanied by lots of joking and laughing was a fitting celebration for such a special person. Photo: Soreen Gouws Article: Biddy Langenhoven

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

 022-913 2646


17

‘Beyond the Call of Duty’

Konst Benjamin en Konst Le Fleur van SAPD Piketberg red ‘n vier week oue katjie. Ma Lucy en haar kleintjie het kort na die geboorte by PAW-lid Beryl-Ann beland (die ander drie kleintjies is doodgebore). Die kleintjie het maar 80g geweeg en vir die eerste twee weke was ma en baba tevrede in die hangkas. Daarna het Lucy die kleintjie drie keer weggedra en op die onmoontlikste plekke buite die huis gaan bêre. Die derde wegsteekplek was so ontoeganklik dat die SAPD se hulp ingeroep is om vier swaar houtpale te lig en in die digte gras die kleintjie uit te haal. Teen dié tyd het sy al 360gram geweeg en word sy en haar ma nou deeglik gemonitor. Sodra die kleintjie hervestig is, sal Lucy gesteriliseer word om te verhoed dat nog ‘n tienerswangerskap plaasvind! Belangstellendes kan PAW kontak by 071 828 7952.


18

Pienk Piketberg

Baie, baie dankie PIKETBERG! Vir ieder en elk se bydrae – al het jy net gestap of ‘n bydrae gegee, DANKIE! Daar was wonderlike ondersteuning en samewerking van al die huiseienaars, besighede, Hoërskool Piketberg en Bergrivier Munisipaliteit in Piketberg. Tot dusver is 1 115m pienk materiaal verkoop, al die pienk bome, pilare en blompotte in die dorp lyk pragtig. Ten tye van die beriggewing is daar net twee rolle oor (100m). U kan gerus deur PPC De Hoek se gronde ry en ook al hul pienk bome gaan kyk. Baie dankie aan julle almal. Die bestuur is baie opgewonde oor die mooi bedrag wat al ingesamel is. Tagtig persent van die fondse sal plaaslik aangewend word vir kankerpasiënte en geliefdes, in samewerking met KANSA, en 20% gaan terug na “Pink Trees for Pauline” (nie-winsgewende organisasie). Teen einde November sal al die finale syfers bereken word en die bedrae oorbetaal word.

Aurora Dames hou “High Tea” Die NG Kerk Aurora se Vrouediens het onlangs ‘n damesoggend gehou ten bate van Huis van Heerde.

Die Vrouediens wil graag die volgende borge bedank: Klein Botterfontein Byeboerdery; Rooi Rose; Bierman & Grobbelaar; Goudkop Tee; Aloe Ferox Ilse Marais; Cederberg Aqua; Winkelshoek; Fox & Brink; Shop A Shu; Cerebos; Panarotti’s; Spur; Food Lovers Market; Cape Sports Centre; Creative Divas; Dr Louis Muller; De Jagers; Wimpy; Annabella Health and Skincare; Zig Zag Hair Studio; Boland Superspar; Justine - Cornelia van Dyk; Skin Treats Langebaan en elke vrou in die gemeente. Berig en foto’s verskaf


19


20

Satellite Solutions DSTV Herstelwerk en Installasies Skuif van Rekenaarkabels en Telefoonlyne

VLV leer oor vleis en aartappels Die Landbouvereniging en VLV gesellig saam Samewerking tussen die plaaslike Landbouvereniging en VLV, ABSA Agribesigheid en Liebco Vleishandelaars, het ‘n gesellige sosiale aand tot gevolg gehad. Andries Liebenberg, by die Piketbergers beter bekend as Wolf, het met oorgawe gesels oor sy wedervaringe as seun en jong man in die jare van die destydse Liebenberg Slagtery, vandag LIEBCO. Albert de Jager, professionele blokman by LIEBCO, baie behendig met ‘n skerp vleismes, het die agterkwart van ‘n bees opgesny en o.a. ‘n varknek, skaaprib en –blad ontbeen. Hy is ‘n man wat hou van ‘n uitdaging. Sy gehoor was uit die veld geslaan toe hy die skaapboud in minder as twee minute ontbeen! Die betrokke verenigings het baie groot waardering teenoor ABSA Agribesigheid en LIEBCO vir borgskap en ondersteuning.

Skakel KOBUS 072 371 9139 (Advanced Satellite Training)

Kekkel & Kraai Rooiboshoender met Slaai 4 - 6 hoenderporsies Sout 5ml fyn komyn GLASEERSEL 4 Rooibosteesakkies, sterk getrek in 100ml kookwater 60ml heuning SLAAI 125ml mayonnaise 350g wortel-en-kool mengsel 2 Granny Smith appels in stokkies gesny 2 stele seldery, in ringe gesny Voorverhit die oond tot 200°C. Geur die hoender met die sout en komyn. Pak in ‘n oondbak. Glaseersel: Verwyder die teesakkies uit die water, druk al die vloeistof goed uit. Los die heuning daarin op, hou 30ml van die mengsel eenkant vir die slaaisous en giet die res oor die hoender. Bedek die oondbak met foelie en bak 45min tot die hoender sag is. Haal die foelie af en bak nog 15min of tot goudbruin. Slaai: Klits die mayonnaise en die orige glaseersel saam. Meng die res van die bestanddele deur en sit saam met die hoender voor.

Langstraat 79, Piketberg

022 913 2297

Van links verskyn Daniël en Marlize Rossouw (organiseerders en bestuurslede van PLV en VLV), Nicoline Brown (VLV-voorsitter), Albert de Jager (blokman Liebco), Christa Myburgh (Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank en VLV bestuurslid), Petri Maass (Landbou-ekonoom ABSA), Andries Liebenberg (eienaar Liebco), Hennie Visser (PLV-voorsitter) en Marius Whatney (Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank).

VLV-lede het, tydens ‘n uitstappie, die plaaslike Sandveld Aartappellaboratorium besoek en gehoor en gesien wat hier gedoen word om, saam met die aartappelboer, alle moontlike aksies toe te pas om te sorg dat hul produk veilig en gesond is. By VLVbestuurslede, Alida Walters, Nicoline Brown en Frannie Botha, verskyn Soreen Gouws, bestuurder van die laboratorium (tweede van links) en Renier Viviers, Aartappelsertifiseringstegnikus. Foto’s: Riana Richter


21

Alida droom oor netwerk Dit was 'n droom wat ek in my hart gekoester het vir die ±14 jaar sedert ek my besigheid begin het. Die gesukkel met registrasie van die besigheid, doen van boeke ens, het my al baie trane laat stort. Ek wou al moed opgee, net omdat ek nie geweet het hoe om eenvoudige goed soos bemarking te doen nie. Maar soos ek vorentoe gebeur het en inligting bekom het, mense ontmoet het wat my hand gevat en gehelp het, het ek elke keer 'n tree vorentoe gegee. Ek glo daar is nog sulke vroue daar buite wat ook vandag so voel en dit is waarom ek begin het met hierdie vroue-netwerk. Ons eerste byeenkoms was suksesvol, ongeag die min wat daar was, maar ek het soveel ryker daar uitgestap. Was dit nou insiggewend! En die mooi produkte wat uitgestal was, het weer eens bewys dat ons kreatiewe vroue in ons dorp het. Chantel en Dolla van "Clari-designer/artist" was daar, Esther Samuels van Jireh Bruidswinkel, Fay Swarts, wat haar eie gastehuis binnekort begin, en ek, Alida Lintnaar van A'lida's bruids-en-manswinkel/naaldwerksentrum met twee assistente, Dawn Frederick en Martha Stuurman. Nog persone wat uitgestal het, was Juliana Engelbrecht se arts/crafts en Antie Toetsie se hekel– en breiwerk. Ons almal is dit eens dat daar baie vinnig nog so 'n geleentheid geskep moet word om meer vroue betrokke te kry. Dit is 'n wonderlike platform om idees uit te ruil, te netwerk, inligting te deel en ons produkte ten toon te stel. Enigeen kan my kontak as u graag wil deel uitmaak van die wonderlike geleentheid.

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥

Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)


22

Nuwe perseel vir Mother Pearl

ADV Prokureurs sê totsiens, vir eers

Mother Pearl Bewaarskool het, danksy Breadline, op 27 September hulle nuwe perseel in Calendulastraat in gebruik geneem. Vir etlike maande het die skool onder die pawiljoen by die Watsonia sportgronde gefunksioneer.

Raadslid Ray van Rooy, Ivan Titus, sy vrou Edna Titus van Breadline en Burgemeester Evert Manuel. Ivan het die vraghouers omskep in klaskamers. Marion Wagner, Groep Bemarkingsbestuurder van Breadline. Foto’s: Marietha Goosen Navrae: Ray van Rooy

Die VGK jeugbrigade, bo, begelei die groep na die nuwe perseel en regs is die Mother Pearl kleuters.

Keuses is nooit maklik nie, veral nie vir mammas wat al die balle probeer “juggle” nie. Ons firma is en was van die begin af 100% vrouebemagtigend en Camila en Christelle, het reeds jare gelede (toe die eerstelinge gebore is), geworstel met die dilemma van “voltyds ma, of voltyds prokureur”. Wel, die kinders het hul tol begin eis, en na 15 jaar in die praktyk (waarvan vyf jaar in Piketberg, en twee jaar in Velddrif) het ons besluit om te doen wat op hierdie tyd van ons lewens vir ons belangriker is – voltyds ma-wees. Ja, die kinders het gewen en ons is baie opgewonde oor al die nuwe uitdagings. Vir ‘n bietjie gesonde verstand (en ontvlugting?) sal ons voortgaan om darem nog so dan en wan ietsie te doen op kontrak of konsultant basis. Christelle is ook besig om haar na-graadse studies te voltooi in die publiekreg, en dan is sy ook op die laaste bene van die sogenaamde “MMCL–training”, (‘n Munisipale kwalifikasie), Camila, ‘n eiendomspesialis, gaan haarself tussendeur besig hou met opleiding aan eiendoms agente wanneer sy ‘n breek nodig het. Ons wil net baie, baie dankie sê vir al ons kliënte en almal wat ‘n positiewe bydrae gelewer het tot die sukses van ons praktyk. Ons het Piketberg baie ontvanklik ondervind, en sal dit altyd onthou. ‘n Baie groot dankie aan ons regterhande en die dames wat deur dik en dun altyd daar was vir ons, Sollie (Sulene), Yolanda, Meraaitjie, Avanti en die Kaapstad-span. Julle sal altyd deel wees van ADV-hart. Ons wil ook dankie sê aan God vir al die seëninge wat Hy deurlopend oor ons pad gebring het. Hy het voorwaar ‘n plan vir elkeen.


23

TOER SAAM NA ISRAEL EN JORDANIË met ds Hans en Susan Linde van Wellington (vroeër van Bybel-Media)

en Hanlie Linde van Piketberg

12-25 Maart 2015 Sluit aan by ’n leersame en besielende toer gereël deur die bekende Seagull-Toere en gelei deur ervare toerleiers – en beleef ’n geestelike ervaring soos min! Die toer sluit al die gewilde besoekplekke in Israel in en boonop ook die hawestad Eilat en die beroemde roosrooi-stad Petra in Jordanië. Ingesluit: Vlugte vanaf Kaapstad of Johannesburg en terug, hotelverblyf met twee etes per dag, gekwalifiseerde gidse en luukse bus, toegangsgeld, fooitjies, lughawebelasting. Uitgesluit: Reisversekering, persoonlike items soos drankies, wasgoed, oproepe en sakgeld. Koste: Landreelings (verblyf, etes en ander): US$2,695 per persoon wat deel Enkelbybetaling (vir enkelverblyf): US$900 Vlugte: R3,250 per persoon (Vlugprys reeds gefinaliseer vir 2015) Fooitjies vir gidse, bestuurders, portiere beloop ongeveer US$100. Die lughawebelasting is ongeveer R6,100 per persoon. Randwaarde: Teen US$1 = R10.90: R39,800 (alles ingesluit, behalwe versekering, persoonlike uitgawes en sakgeld) per persoon wat deel.

Kook saam met Quentin Peanut Butter Chicken Curry 1/2 uie fyn gekap; gemmer gerasper; 3 knoffelhuisies fyngekap 250ml grondboontjiebotter 410g klappermelk/room 30ml bruinsuiker 500ml hoender aftreksel koljander vir geur hoenderborsies of hoenderstukkies olie 15ml kerrie; 15ml garam masala; 5 ml leaf masala; 5ml sout Metode Verhit die pan met olie. Roerbraai die hoender tot amper gaar. Voeg die uie, knoffel en gemmer by. Meng goed saam en voeg die speserye by. Meng die grondboontjiebotter, klappermelk/room, suiker en hoenderaftreksel by die hoendermengsel en laat dit kook tot gaar en sous romerig is. Voeg die opgekapte koljander/dhania by vir geur. Bedien met rys en sambals.

Maklike Aartappelslaai

4 medium groot aartappels in blokkies gesny 250ml gerasperde kaas 2 x sprietuie of gewone uie sout en peper Gherkins, opgekap Metode Kook die aartappels in soutwater tot sag, maar nie pap. Dreineer die aartappels en maak dit rofweg fyn met ‘n vurk. Voeg die uie, gherkins en kaas by en geur met sout en peper en pietersielie. *Voeg mayonnaise by vir ‘n slaai of plaas die dis in die oond tot kaas smelt en bedien saam met enige maaltyd.

GOEIE NUUS: Bespreek voor 31 Oktober 2014 en kry R1,000 korting op die toerprys! AS JY DIT OORWEEG, BEL O83 282 6938 OF STUUR DADELIK ’N E-POS AAN hansusan@mweb.co.za EN ONS STUUR VOLLE BESONDERHEDE AAN JOU. Beplan nou vir een van die diepste geestelike ervarings van jou lewe! Ons sien daarna uit om saam met jou te toer.

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


24

Nuus uit Badisa se kantoor deur Jannie Lategan

Om ingelig te wees Om die daaglikse koerant oop te maak of na die nuus te luister en te kyk, word jy oorval met negatiewe beriggewing. Ofskoon dit die reg van elke landsburger is om ingelig te wees, moet daar maar telkens die kaf van die koring geskei word. Jy betrap jouself dat jy betrokke raak by 'n hofsaak wat nou in die oopte uigesaai word en jy word meegesleur om 'n besluit te neem, van skuldig of onskuldig. Gaandeweg word jy as’t ware die regter oor reg en verkeerd en kan jy selfs kwaad word as jou keuse betwyfel word. Die koerant praat van die voortbestaan van 'n groot myngroep wat bedreig word. Onmiddellik word jy die kandidaat wat antwoorde op al die knelvrae het. Dan lees jy weer van die uitvoerende hoof van 'n groot sementvervaardiger wat skielik bedank het en volgens berigte nou weer sy pos wil terughê. Jy word subjektiewe beoordelaar en ook skielik 'n “kenner” wat al die antwoorde in pag het. Al vaar jou keuse van 'n rugbyspan of 'n tennisspeler swak, vind jy dit moeilik en frustrerend om by jou keuse te hou en is daar voortdurend die verdagmakery dat die skeidsregter nie billik en sy besluitneming verkeerd was. Snaaks dat al die nuusberiggewing in die media, so sleg op 'n mens kan inpakteer dat dit sommer jou hele uitkyk op die lewe kan verander. Onverhoeds word jy die prooi wat val vir die doel van die joernalis van die koerant of die nuusberiggewer. Negatiewe nuus verkoop koerante en laat nuuslesers hulle stemtoon verhef. Die koerant het sy doel bereik as jy sy storie koop. Hoe nuus hanteer en verwerk word, beïnvloed jou gesondheid en het sy slegte rimpeleffek as daar gesprekvoering in 'n vriendekring plaasvind en jy deel word van 'n gesprek van aftakeling. Moet jy nou as ingeligte mens deur die lewe gaan, of moet jy die pers en al die vorme van media vermy? ...of, moet jy straks 'n goeie luisteraar en leser wees, wat objektief en nugter nadink oor 'n beriggewing. Hou dan helaas jou oordeel vir jouself. Wees straks bloot net 'n leser, hou negatiewe kommentaar uit die kollig en soek na die positiewe tussen al die negatiewe.

Blom- en Tuinbouklub Nuus

Badisa het hul Algemene Jaarvergadering gehou en die drie meisies het hulle Eisteddfod gediggies voorgedra. Lana Booys, Mardie Mulder en Sienna Nel.

Twee van Badisa se beheerraadslede het met die onlangse Algemene Jaarvergadering in Durbanville toekennings gekry as “Vrywilligers van ‘n Leeftyd”. Mev Valentyn (links) al 14 jaar lid en mev Jansen (regs) 8 jaar. Hulle vorm saam ‘n gedugte span wat ons kantoorpersoneel ook baie goed ondersteun. Ons wil graag vir die twee staatmakers baie geluk sê met die prestasie. Foto’s: Hannie Visser

Elzain mondig

Cobis Wilson en Jackie Ferguson lede van die Piketberg Blom en Tuinbouklub saam met Jan Tolken by die Oktober vergadering. Hy het gepraat oor die voeding van plante en bestryding en beheer van peste in die tuin. Foto: Dave Ferguson

Elzain Baadjies word 21 op 17 November. Sy het Graad 12 voltooi by Steynville Sekondêre Skool. In 2013 het sy ‘n eenjaar kursus voltooi by Hugenote Kollege as hulp Maatskaplike Werker. Sy beoog om volgende jaar verder te gaan studeer. Berig en foto verskaf


25

baai


26

ACVV Rus ‘n Bietjieklub

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett

Die ACVV Rus ‘n Bietjieklub het Saterdag 11 Oktober ‘n genoeglike uitstappie na De Tuin gehad. Daar is ons onthaal deur Miemie Louw, haar twee dogters en suster, Petro. Hier is Christa Burger en Wilma Louw voor die Louwse huis wat reeds in 1898 gebou is. Miemie se tuin is werklik iets besonders met ‘n verrassing om elke draai.

Lenie Olivier, Colla Swart en Bettie Nyhoff geniet die teepartytjie op die plaas. Foto’s: Suzette Fouché

Somerson Kersfeeskonsert 'n Groot droom van Bergrivier gemeenskapskoor het bewaarheid geword! Lize Beekman gaan saam met die koor optree en 'n konsert aanbied op Saterdag, 8 November 2014 om 7nm te NG Kerk Piketberg. Die kostes is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Adverteer asb wyd en syd en voer vriende in vir hierdie spesiale somersonkersfees konsert vir die hele gesin. Die fondse is ten bate van behoeftige koorlede vir die lang verwagte toer in Desember. Kaartjies en navrae: Ilse Bruwer by 082 461 8103

Genesing met vitamiene – die beste voedingstowwe om siekte te stuit, te fnuik en om te keer. Bokant die titel van hierdie lywige boek staan daar Direk uit die Natuur, Gestaaf deur die Wetenskap, en onder dit, Aanvullingsvoorskrifte vir 90 algemene toestande. Die boek is geskryf en uitgegee deur die redakteurs van Rodale Gesondheidsboeke (2008) in die VSA, en met groot welslae deur Nina Mössmer uit Engels na Afrikaans vertaal. “Streng wetenskaplike navorsing wat op die uitsonderlike gesondheidsvoordele van vitamiene en minerale dui, is aan die toeneem en ons is almal terug waar ons ’n paar dekades gelede begin het; gretig om voordeel te trek uit al hierdie genesingspotensiaal – maar hopeloos verward. Terwyl die rede om vitamiene en minerale in te neem nou op wetenskaplike gronde berus, lyk die aankoop van voedingstowwe na ’n onbegonne taak”, aldus die inleiding. Tydens die skryf van die boek is die volgende vrae aan toonaangewende dokters en navorsers gestel: Eerstens, “Watter vitamiene en minerale kan jy neem om spesifieke siektes te voorkom, te genees of te verlig? Hoeveel voedingstowwe kan ’n mens inneem? Is hulle veilig? Watter resultate kan jy verwag?” Hulle ontdekkings was dat mense soms nie terapeutiese hoeveelhede vitamiene en minerale uit kos kry nie, en dat groot dosisse van sommige voedingstowwe so ’n kragtige uitwerking op die liggaam het dat hulle as medikasie optree. Tweedens, “Behandel vitamien en mineraalaanvullings met dieselfde sorg en omsigtigheid as voorskrifmedikasie en toonbankmiddels.” Deel I van die boek handel oor dertien “Vitamiene en Minerale vir Gesondheid,” van Betakaroteen tot Yster; Deel II, Terapeutiese Voorskrifte vir Genesing handel weer oor die “90 algemene toestande” wat in alfabetiese orde begin met Aangebore Gebreke en eindig met Wilsonsiekte, ’n toestand waarin verskeie liggaamsweefsels stadigaan deur koper vergiftig word. Elke hoofstuk van Deel II sluit ’n kassie in wat Voedselfaktore, met Mediese Waarskuwings, en Voorskrifte vir Genesing kompak uitlê. Dit vergemakilk die lees van die boek, maar ons as lesers moet die Kennisgewing voor in die boek in ag neem: “Hierdie boek is net bedoel as ’n naslaanboek, nie as ’n mediese handboek nie. Die inligting hierin is ontwerp om jou te help om ingeligte besluite oor jou gesondheid te maak. Dit is nie bedoel as ’n plaasvervanger vir enige behandeling wat moontlik deur jou dokter voorgeskryf is nie. Indien jy vermoed dat jy ’n mediese probleem het, raai ons jou aan om bevoegde hulp te raadpleeg.”

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


27

Te Huur

Huis te Huur

Winkelperseel te Huur te Voortrekkerstraat. Skakel Anderson, Nel & Kie 022 913 1132 of 083 225 3810

Te Koop

Tuisgemaakte konfyte soos groenvye, maketaanstukke, appelkoos en vele meer, ook ingelegde slaaie en blatjang. Kontak 022 942 1744

Biltong R160,00 per kg Mince R55.00 per kg

Kontak Nellis Louw 083 441 4032

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink. Kontak asseblief 082 780 8698.

Services Offered

HOUSE SITTER / PET SITTER

I am available for house-sitting / pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

MC Hanekom Ouditeursfirma op Piketberg Benodig die dienste van ‘n Assistent Rekenmeester en admin beampte om behulpsaam te wees by die invoere van data op Pastel en die indien van BTW opgawes. Salaris sal afhang van ondervinding. Alle aansoeke moet vergesel word van hoogste kwalifikasie geslaag en die bewyse daarvan.

Aansoeke sluit 15 November 2014

Epos aansoeke na: hanekommc@telkomsa.net

Stap-afstand van Piketberg Hoërskool (oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig. Kan gedeel word tussen dagmammas wat op die dorp wil wees weens skoolgaande kinders, as kantore (besigheidsregte), of vir klein gesin. R3 900/maand (water ingesluit)

Ook: 1-slaapkamer woonstel teen R2 900/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit)

Skakel Clare 083 225 0059 ‘n Kliënt van Praktika verlang die dienste van ‘n

VRAGMOTORBESTUURDER TE PIKETBERG

‘n Faktuur bestaan tans vir ‘n ervare en selfgemotiveerde persoon.

Vereistes:  Graad 10  Moet in besit wees van ‘n geldige Kode C of EC met PDP rybewys  5 jaar toepaslike ervaring  Goeie kommunikasie met kliënte en personeel  Moet self-gemotiveerd en selfstandig kan funksioneer  Moet bereid wees om lang ure te werk Verantwoordelikhede:  Aflewerings vir kliënte in die Wes-Kaap  Kolleksie van voorraad in die Wes-Kaap  Toesien na die netheid, onderhoud en padwaardigheid van voertuig.  Moet foute op voertuig kan identifiseer en rapporteer  Verantwoordelik vir die korrekte hantering van vragmotor.  Syfervaardig wees

Moet doeltreffend in ‘n span kan werk

Die vergoedingspakket is markgerig.

Rig aansoeke aan Praktika, Posbus 365, Piketberg, 7320

MC Hanekom

Faks: 0862327135 of Epos: praktika@intekom.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke en CV’s 7 November 2014

084 580 2336

Indien u nie twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol .

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure


28

Steynville Primêr se Debutante

Steynville Primêr op Piketberg het onlangs hul Debutantebal gehou. Die leerders wat die meeste geld ingesamel het is Junaid Marcus (3de plek), Ashlynn Petersen (1ste plek) en Adley Filandt (2de plek). Die kroning is behartig deur Florence Nthane, oudleerkrag van die skool. Foto: Elzanne Boshoff

Matriek Afskeid

Munnik Rossouw en sy metgesel, Chante Steyn het Boland Landbou se matriekafskeid bygewoon op 26 September. Foto: Marlize Rossouw

Stuur u berigte/artikels/foto’s per epos aan diepiketberger@gmail.com PIKETBERG

Ons verskaf nuwe fietse, fiets onderdele en bybehore Herstel en Instandhouding van fietse Verskaffer van Birzman, Parktool, Maxxis, WTB, Michelin, Kenda, Hope, American Classic, Novatech, Shimano, Shram, Cateye, Sigma, Blackburn, Fox racing shox, Rox shox, SR Suntour, Speedmaster, Squirt, Gu-Energie produkte, Ryder, Crankbrothers en vele meer.

Heelwat fietse in voorraad vir Kersfees. Kom loer in vir vele meer. Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00 Saterdae 09h00 tot 12h00 Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of bonthuysbicycles@gmail.com

Fazilla Swarts reg vir Steynville Sekondêr se matriekafskeid. Foto: Nadia Hougaard


29

Bergmun boul vir Saldanha

Op 1 Oktober het Bergrivier Munisipaliteit se krieketspan kragte gemeet teen Saldanhabaai Munisipaliteit se span. Die gedugte span van Bergrivier Munisipaliteit het bestaan uit Ronnie Ockhuis, Leaton Fredericks, Keith Otto, Granville Dirks, Dyrran Baumeester, Ernie Dietrich, Teddy Engelbrecht, Vernon Ockhuis, Julie Baadtjies, Alfondso Swarts, Ray Van Rooy en Shane Otto. Saldanha het die tos gewen en teen hul spyt besluit om die manne van Bergrivier eerste te laat kolf. Leaton en Ronnie het geopen en het van die staanspoor af verwoesting gesaai met ‘n vennootskap van 57 lopies na slegs vyf boulbeurte. Leaton is gevra om te verklaar na hy 52 lopies van 27 balle aangeteken het. Ronnie het self ‘n goeie beurt van 36 van 19 balle gehad. Ernie was ook op sy beurt gevra om te verklaar nadat hy 57 lopies van 32 balle aangeteken het. Na 20 boulbeurte was die telling 207 vir Bergrivier Munisipaliteit en het Saldanha die moeilike taak gehad om 208 lopies binne 20 boulbeurte te probeer slaan. Saldanha se hele span is in die 17de boulbeurt deur die puik boulwerk van Bergrivier uitgehaal vir slegs 135. Alfondso en Keith het elkeen twee paaltjies geneem terwyl Granville drie paaltjies geneem het. Raadslid Ray Van Rooy het die laaste paaltjie van die dag geneem en ‘n oorwinning vir Bergrivier beklink. Berig en foto: Hanlie Linde

Piketberg Netbal Presteer

Piketberg se netbalspan het die C1-liga gewen en skuif volgende jaar op na die B1-liga. Bo van links is Marijke West, Elserine Schutte, afrigter, Charné Young, Angelique Isaacs met trofee vir beste senter, Nadine Isaacs, Sammy-Jo Isaacs met trofee vir beste doel en Petro Isaacs, afrigter. Foto: Renier North

Eerste XV Presteer

Hoërskool Piketberg se eerste rugbyspan met al die trofees wat hulle in 2014 gewen het.

PHS se Fietsspan

Die fietsspan van PHS wat Hoërskool Porterville uitgedaag het by die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge met die trofee wat Eswé Visagie van Nexus geborg het is Chris Lausberg, Harry Roux, Herbst van der Merwe, Ricardo de Villiers en Christof Smith. Foto: Sanet Ackermann

Christie van der Merwe en Erich Kankowski met hulle Craven Week Caps. Foto’s: Sanet Ackermann


30

KiX Vertel met Appels 20 Jaar Gelede — November/Desember 1994 Op die jaarlikse prysuitdeling van PHS is die volgende leerders gekies vir die leerlingraad vir 1995: Adriaan van Ellewee, Sonja Smit, Gert Visser, Emsie Visser, Retha Radyn, Franciskus Walters (hoofseun), Riana Huysamen (hoofmeisie) en Nettie Liebenberg. Ettienne Roux (hoofseun van 1994) is op die prysuitdeling van PHS as Dux-leerling vir 1994 aangewys. Frank Scheun het by die prysuitdeling die Riaan Smit trofee ontvang vir sy prestasie as sportpresteerder van die jaar. Groentemarkplein kom na Piketberg - Piketbergers hoef nou nie meer na Kaapstad te ry om winskopies by die stalletjies op die Groentemarkplein te koop nie. Met die Liedjiefees en Prettrap op 5 November gaan hier soveel stalletjies wees dat u na hartelus kan koop. Kaartjies vir die vertoning deur Manuel Escorcio, Janita Claassen, Karin Hougaard en André Schwartz kan by Piketberg Apteek gekoop word. Die o/9 spelers van die skole in Piketberg distrik het op 27 September ‘n voorwedstryd vir die Argentynse toerspan op Wellington gespeel. Daar is probeer om alle skole te betrek met die samestelling van die span met die oog op groter samewerking in die toekoms. Met twee oefeninge, onder die bekwame leiding van mnr A van Ellewee agter die rug was hierdie spannetjie weer ‘n advertensie vir Piketberg se rugbykrag.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne met lae of geen bybetaling!

Hierdie vier Kix-kinders (Kinders in Xtus) het elkeen 'n Zoeloebybel geskenk met die wins op hulle appelverkope vroeër vanjaar. R60 maak dit moontlik om 'n Kinderbybel met die naam "Vertel Vertel" te borg vir 'n kleuter in Msinga en Makathini. Die vier jeugdiges, Anika Smit en Jomé Schreuder, en hulle boeties, Juan Smit en Johan Schreuder, het 'n familievriend, James de Villiers (regs agter), Algemene Bestuurder van Univeg Piketko, genader vir appels wat hulle vir sakgeld wou verkoop. Toe James sien dat die vier erns maak met die saak en ten spyte van wind en weer, die koue en nat toestande in Piketberg trotseer, het hy die appels geskenk. Kort voor lank het hulle goeie winste getoon en het Anika, Jomé, Juan en Johan besluit om 'n gedeelte van die wins af te staan om elkeen 'n Zoeloebybel te borg. Al vier is geraak deur Kix se projek, "Vertel Vertel". Juan hou die voorblad van so 'n Bybel vas en Anika en Johan wys dat twaalf R5-kolle R60 maak wat genoeg is vir 'n Bybel. James van Univeg is trots om op so 'n manier deel te wees van Kix. Foto: Marietha Goosen

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!” “’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 184 Bybels


31

Graad R’s gaan Maan Toe

PHS se Graad R’s is op die laaste skooldag van die derde kwartaal “Maan Toe in Pajamas”! Foto: Marietha Goosen

Alison se Swemskool

1 Kursus: 8 Desember tot 19 Desember 2014 8 lesse @ R280 waargeneem deur Charné Augustyn Kontak A Müller 073 229 2855 / Na-ure 022 913 1746


32


33

Borgskap van Baadjies

Skoutyd op Aurora Op ‘n heerlike sonnige Saterdag 13 September het Aurora oudergewoonte hul jaarlikse skou en Gymkhanabyeenkoms gehou. Geen muggies of blinde-vlieë kon die geesdrif demp nie. Vanjaar het dit opgeval dat vele jong ruiters meeding met lanse en swaarde in die formele ruitersport kompetisie. Die beoordeelaar, Mnr. André le Roux van Rawsonville, het seker gemaak dat al die ruiters by die streng reëls en gedragskodes hou sodat voldoen kan word aan Internasionale standaarde vir Gymkhana. Bo en behalwe die ruitersport was daar ook prettige vermaak en verskeie sangers in die groot tent. Met al die pragtige veldblomme in die omgewing en die skoonste blou lug, was dit beslis 'n heerlike dag om op die platteland deur te bring.

Zhao Chen, Bestuurder van Piketberg Liquorland, wat in Langstraat geleë is, het met graagte eenvormige baadjies aan die nege bestuurslede van die Piketberg Rugbyklub geskenk. Hier oorhandig Zhao Chen ‘n baadjie aan Johannes Claasen, onder-voorsitter van die Piketberg RVK. Piketberg RVK spreek dan ook hiermee hulle dank en waardering uit teenoor Piketberg Liquorland vir hierdie besondere borgskap. Foto: Piet Jordaan

PHS hou Gholfdag Hugo Jordaan (5) wys ook sy slag met die lans in die junior kompetisie.

Toni Smuts, Skakelbeampte Boland Superspar en Skoolhoof Marius Scholtz voor in die middel, saam met die wenners van die dag Eddie Mostert, Neels Nelson, Herold Truter en Koot Nel.

Tot groot vermaak van Wilhelm Smit, haal die bekende Kaapstadse kulkunstenaar, Chris Welsch, 'n duif uit sy sak vol truuks. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Ondersteun Bergrivierkoor

Toni Smuts, Skakelbeampte Boland Superspar en Skoolhoof Marius Scholtz saam met Petri Smith en Dawie Jacobs met klein Wilhelm net-net sigbaar. Foto’s: Sanet Ackermann

Koorlede van die Bergrivierkoor tree as kelners op by die Mountain Creek Spur op Dinsdag 4 November om geld in te samel vir hul toer.


34

Rolbal Besigheidsdag Piketberg Rolbalklub het ‘n besigheidsdag aangebied op 15 Oktober.

Die span van RSA Agri Makelaars is Jaco Breunissen, David Landon, Nelis Louw en Jaco Barnard.

Total se eerste span en die wenspan van die dag is Randall Janse, Jeremy Williams, Niek van Niekerk en Marianna Kirsten.

Zwaanswyk Farms se span is Jan Fouché, Jean Paterson, Elizabeth Coetzee en Gert Coetzee.

Total Winkelshoek se span 2 is Gerda Basson, Susan Brand, Sonia Richter en Elsabé Truter.

Ou Mutual se span is Mariska Conradie, Philip Matthee, Annelize Coetzee en Schalk Coetzee. Foto’s: Marietha Goosen

November Kalender

Stella van Niekerk, Deon van Dyk, Martin Goosen en Suzette Fouché is die Van Dykspan.

Die volgende Piketberger verskyn op 20 November Berigte en advertensies moet ons bereik teen 11 November Stuur na diepiketberger@gmail.com

Tuinbou Afsluiting - 5 November Vrouediens Afsluiting - 6 November Somerson Kersfees - Lize Beekman - 8 November Piketberger Berigte In - 11 November VLV Afsluiting - 13 November Trippe Trappe Afsluiting - 19 November Leeskring - 19 November Die Piketberger verskyn - 20 November Bloedskenk - 21 November Gimnastiek Afsluitingskonsert - 28 November Kerssangdiens - 30 November


35

Bergrivierkoor Lootjie R1 000 Lam Wenner

Stawelklip Primêr Pretloop

AGS Piketberg hou Debutante

Chantell Stevens is die gelukkige wenner van die R1 000 lampak. Die lootjie trekking is gehou om fondse in te samel vir die Bergrivier Koor se toer na Amerika in Desember 2014. Sally Dietrich ons slaghuis spanleier, oorhandig die lampak aan Mev Stevens.

Stawelklip Primêr het op 2 Oktober hul jaarlikse pretloop gehou om fondse in te samel vir die skool en Boland Superspar het graag gehelp met die bestanddele vir die kosverkope. Prinsipaal D. Petersen en Toni Smuts Skakelbeampte staan saam in die foto.

AGS Piketberg Debutante dinee is gehou en by die geleentheid is Mnr/Mej AGS Piketberg gekroon. Charmaine Mouton (Sekuriteit) oorhandig die koopbewys aan Mercia.

Rhema Community Church

Natures Garden Wenner

Rhema Youth Academy is ‘n jeug groep wat ‘n groot impak maak in die gemeenskap van Piketberg. Die jeuggroep het talenteaand gehou, die geleentheid word ook gebruik om jongmense in te lig oor gevare van dwelms, alkohol en die gevolge daarvan. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) ’n koopbewys aan Crazentia Strauss (Jeug Pastoor).

Foto links: Yolandi van der Merwe is die gelukkige wenner van die Whirlpool Jet Chef oond. Sy het twee pakke ‘Natures Garden’ produkte gekoop. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) die prys aan haar.


36

WAENTJIE VOL WENSE

Die kersboompie met die spesiale kersgeskenk versoeke is weer beskikbaar by Boland Superspar. Hierdie boompie is propvol name van minderbevoorregte kinders wat hul nederige Kersfeeswense neergeskryf het. Ons doen weereens ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie projek te ondersteun sodat ons net kan bou op die sukses van verlede jaar. Voeg asseblief een of meer van die naampies by u kersgeskenkinkopielysie en maak hierdie Kersfees vir ‘n minderbevoorregte kind spesiaal. Alle geskenke moet asseblief voor 19 Desember by Boland Superspar ingehandig word.

Join our Loyalty Club TODAY!

PHS GHOLFDAG 2014 PHS Gholfdag is weer vanjaar gehou by De Hoek Gholfklub, en was weer groot pret! Die hoeveelheid borge en spanne dui die gemeenskap se betrokkenheid aan om die fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Boland Superspar was weer die hoofborg en het die spelers bederf met nuwe produkte en drankies. Foto’s hieronder van ‘n damesspan en Toni Smuts (Skakelbeampte) en Marius Scholtz wat die pryse aan die wenners oorhandig het.

Buy 9 Cups of your favourite coffee and get the 10th one FREE!

10 piketberger nov 2014  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you