__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 10 www.piketberg.com

November 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS Hoofleiers 2020

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Troufoto’s...p4 SSS Sportvrou...p20 SSS Prestige Aand...p22 Steynville Primêre Skool prysuitdeling...p24 PHS Prysuitdeling...pp29,30 en 34 Lise na Afrika Spele...p32 Goud vir Jason...p34

PHS se hoofleiers, saam met skoolhoof Quinton Engelbrecht, is Hagan Ludick, onderhoofseun, Kleinjan Kotzé, hoofseun, John-Elize Runba, hoofdogter en Anika Smit, onderhoofdogter. Die VRL verskyn op p30. Foto: Sanet Coetzee

Piketberg ACVV 100 jaar oud (foto’s binne)

Quality Motorcycle & Quad Supplier


2

Redaksioneel Een Volle Eeu ACVV (Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging) het op 25 Oktober 100 jaar oud geword. Dis 'n fenomenale mylpaal, om vir soveel jare aktief 'n positiewe verskil in 'n gemeenskap te maak. Die geleentheid is by Org de Rac Landgoed gevier met 'n glansryke dinee, waar 100 vriende van die ACVV aangesit het vir 'n sesgang maal......voorberei deur ACVV-staatmakers Elsabé Liebenberg, Voorsitter, Riesie Kotzé, Ina Kotzé, Marna Bredenkamp en Elmarié van Rooyen.

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Wel gedaan en alle eer aan die Here.

Marietha

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Mates vir advertensies:

Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com

Foto’s: Hanlie Smit


3


4

Lente Bruide

Paul du Plessis van Citrusdal en Yolanda Botha van Piketberg is op 28 September in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was op die bruidegom se plaas, Allandale buite Citrusdal. Foto: Matthew Carr

1969 Matriekklas 50 Jaar Reünie

PHS se Matriekklas van 1969 het onlangs hul 50 jaar reünie gevier. Van die oorspronklike 42 klasmaats was daar 14 wat die 50 jaar gevier het. Nege van die klasmaats is reeds oorlede. Al was hulle ‘n klein groepie, was dit ‘n baie gesellige en geslaagde samesyn. Elmie von Wielligh, Fred se vrou, het ook die dag saamgekuier. Haar belangstelling word waardeer dat sy die dag saam deurgebring het. Voor sit Nicolette Agenbag, Eric Lambrechts, Christina Wasmuth en Philip Olivier. Middel Helena Venter en Marina van Schalkwyk en agter André Eksteen, Elize Rust, Helena Smit, Arthur Rumboll en Bernard Olivier. Inlas bo: Joos Engelbrecht, Piet Fabricius en Rika du Plessis. Sondagoggend is die naweek afgesluit deur saam die kerkdiens by te woon. Dit is waar hulle 50 jaar gelede aangeneem en voorgestel is. Daarna het hulle gegroet met planne om mekaar weer DV by die volgende reünie oor 5 jaar te sien. Foto en berig verskaf deur Helena Smit

Kenneth se Koek Wen Kenneth Smit, oud PHS-leerder wat in 2002 matrikuleer het, skryf in vir ‘n koek-, souttert– en soettertkompetisie te Malmesbury. Hy is die enigste man wat inskryf en ook die enigste persoon wat vir al drie afdelings inskryf. Kenneth is met die eerste plek bekroon met die beste koek. Die beoordelaar was Sjef Tiaan, eerste wenner van Kokkedoor. Op skool het Kenneth nie eers Huishoudkunde as vak gehad nie. Kenneth se wenkoek, regs. Foto verskaf

Johan Engelbrecht en Tharien van Wyk is op 5 Oktober in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was by Dunn's Castle. Foto: Theresa Engelbrecht

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


5


6 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Moenie dat allergieë jou en jou gesin onderkry nie. Kom praat met ons en kry die regte anti-histamien vir jou!

Ons gemeenskap in Piketberg gaan gebuk onder geweld teen vroue en wat my verder bekommer, is die drank wat volop is. Ons sit ook met ’n uitdaging in Piketberg waar mense grond soek wat gediens is. Die meeste van die mense is seisoenwerkers wat hul in ons dorp kom vestig en ook persone wat nie sal kwalifiseer vir staatsbehuising nie. Die wykskomitee en PiketRaadsheer Ray van Rooy berg GPF is besig met beplanning van ’n diens teen vroue en kindergeweld op Sondag 24 November om 17H00 in die plaaslike VG Kerk. Almal is al seker bewus van die beweerde diefstal by Bergrivier kantoor in Piketberg waar ’n persoon krag gesteel het. Die klag is aangemeld by die plaaslike polisie-stasie, Minister Anton Bredell, Ouditeur Generaal (OG) en die Valke. Die wetlike proses is besig om sy loop te neem en word deur die Valke gelei. My kantoor sal die volle inligting aan u deurgee wanneer die uitspraak gelewer word. Vandag wil ek erkenning gee aan elke vrou in Piketberg vir u bydrae tot die bou van ons gemeenskap. My uitroep aan ons vroue is om nie terug te staan vir die manlike geslag nie, want ons almal is vir God belangrik. Vroue is die steunpilaar van ons gemeenskap, huishoudings en gesinne. In die afwesigheid van mans op baie gebiede is dit die vroue wat die voortou neem en die leisels vashou. Vroue, dankie vir jul onbaatsugtige diens in jul omgewing. Kinders, wees lief vir jul mammies en luister na hulle. My kantoor is tans besig om te luister na ons jeugleiers en ons jongmense van Piketberg. Vir baie jare het ons munisipaliteit min aandag gegee aan ons jeug. Die doel van die gesprekke en vergaderings is om te luister na die hart van ons jeug. Daar sal weer ’n opvolg vergadering plaasvind op Sondag 3 November om 15H30. Alle jeugleiers en jongmense is welkom om hul insette te kom lewer. Die insette van die jeug sal by die wykskomitee en by die Munisipale Raad ingedien word. Die Burgemeestersgholfdag sal plaasvind op Vrydag 1 November by die Velddrif Gholfbaan. Dit word voorafgegaan met ’n stap die Donderdag vanaf Piketberg tot in Velddrif deur die Burgemeester en sy raadslede. Die doel van die gholfdag is om fondse in te samel vir die Burgemeester se hulpfonds wat weer in die gemeenskap teruggeploeg word. Die doel van die stap is om die Burgemeester se hulpfonds te versterk. Enige individu of besigheid wat die Burgemeester of raadslede wil borg vir die stap van 65 kilometer kan met Terry-Anne Wessels kontak maak by die kantoor. Inwoners wat saam met die raadslede wil stap, is welkom om ons te vergesel al is dit net 10 of 40 kilometer. Ek wil graag my gelukwensing oordra aan Gerrit Gal wat verkies is vir die span om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Statebond Spele in Engeland. Ackermans Piketberg is onlangs aangewys as die Winkel van die Jaar in die Wes-Kaap, terwyl Boland Superspar Piketberg die titel en trofee van Superspar Winkel van die Jaar : 2019 ontvang het. Petroport Piketberg het die Top Service and Elite Club toekennings vir 2019 ontvang. Baie geluk aan almal wat bygedra het tot hierdie sukses verhale! Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za /

burgemeester@bergmun.org.za


7

Paarl Doppies vir Rolstoele

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com Piketberg se plastiekdoppie-projek vir rolstoele, het familie en vriende dwarsoor die land aan die gons en bymekaar maak. Laerskool Courtrai in Suider-Paarl het hulle projek gestaak en in die proses hulle doppies geadverteer. Maresa (van Niekerk) Samuel, het flink gedink en Adrian, haar seun, 'n leerder by Courtrai, het die doppies namens haar ontvang om vir sy ouma Teresa op Piketberg te bring. Op die foto is Adrian Samuel van Laerskool Courtrai, by die doppies, saam met sy skoolhoof Reo Stoltz en die skool se bibliotekaresse, Soekie Blake. Foto: Maresa Samuel


8

Piketberg Animal Outreach

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom. Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Die volgende Piketberger, die Desember-uitgawe, verskyn op 28 November 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 November 2019

Elijah se Doop

Elijah, David en Candice Julius se seuntjie is op Sondag 29 September gedoop. Rachel van Rooy, 91, sit met klein Elijah in die dooprokkie wat sy 45 jaar gelede gemaak het. Op die groepfoto hieronder is Margaret Julius by haar vier kinders en sewe van haar ag kleinkinders wat almal in hierdie rokkie gedoop is. Foto’s verskaf

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.


9


10


11

Hoede uit die Tuin

Be Alert! Piketberg SAPS is urging the public to be vigilant and on the lookout for suspicious persons and vehicles in and around Piketberg area and to contact the police station, especially as we are nearing the Festive Season. DO NOT HESITATE to phone the police. Any bit of information received will be followed up immediately and the necessary feedback will be provided. Anonymous calls will be treated as such. (Sien noodnommers) All businesses in Piketberg to make sure that the security cameras on the premises are up and running. The video footage proves vital when a crime has occurred. WO SM Lourens

NOODNOMMERS - PIKETBERG Lede van die Piketberg Blom– en Tuinbouklub het ‘n baie opwindende, prettige en leersame vergadering gehad toe elkeen sy eie unieke hoed geskep het uit plantmateriaal wat die lid saamgebring het. Op die foto’s is voorbeelde van die skeppings.

POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

Foto’s verskaf

FLAT TO RENT Available now for single senior or other. Separate flat in brand new cottage. Separate entrance. Garden setting. On site parking, fully fenced, security gates to street and to flat. Tastefully decorated, fully equipped. Live here with dignity. Situated in safe charming village of Aurora, half hour from Piketberg and Velddrif. Rental only R2 900 per month. John 084 088 6303


12


13


14

Kix maak Brix

By Kix se speletjiesaand het die kinders nie net gespeel nie. Hulle het fluks gewerk om eco bricks te maak. Sien inligting hieronder. Foto’s: Marietha Goosen

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word in repies geknip en met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

Alison se Swemskool Eerste kursus : 3 - 14 Desember 2019 R380 vir 8 lesse. (R47.50 per les) Tweede Kursus : 6 - 10 Januarie 2020 R190 vir 4 lesse Waterveiligheid en styl vanaf 1 jaar tot oud. Bespreek dadelik - beperkte plek. Kansellasies binne 3 dae van ‘n kursus, is volle fooi betaalbaar.

Kontak Alison Müller 073 229 2855 of saans 022 913 1746

VLV : Leersame Demo ‘n Heerlike leersame oggend met ‘n demonstrasie deur Bernice Troost is op Donderdag 10 Oktober in die Biblioteeksaal gehou. Sy het vir die dames wenke en resepte gegee hoe om ‘n gerolde, gevulde varknek vir ‘n spesiale geleentheid gaar te maak. Vir nog ‘n variasie is heerlike dik varktjops in krummels ook gaargaargemaak. Estelle du Plessis (sirkelpresident van Sirkel Weskus) het ook die tak besoek en Rosa Lategan (voormalige sirkelpresident) oorhandig ‘n geskenkie aan haar. Tydens die onlangse VLVK-Kongres in Augustus 2019 te Goudini, is Sirkel Weskus weereens as die grootste sirkel met die meeste lede aangewys. Mev Du Plessis is dan ook by hierdie Kongres as die vise-president van die VLVK verkies. Die afsluitingsfunksie van Piketberg VLV vind saam met Piketberg Tuinbouvereniging plaas op Woensdag 6 November om 09h30 in die Biblioteeksaal. Enige navrae : Nicoline Brown 082 477 0665 Nie-lede : R40 (teegeld).

Telefoongids nou Beskikbaar Daar het ongelukkig 'n paar foute ingesluip in die nuwe Piketberg/Eendekuil gids. As jy reeds ‘n gids het, maak asseblief die volgende byvoegings en regstellings daarin. Byvoeg: Raimondi's 913 2838 Pieter de Jongh 084 677 7766 Sonja de Jongh 084 840 4000 Regstel: Vinkel en Koljander 063 087 7720 Nieuwedrift Wijnhuis 064 607 0041 Kardoesie 082 525 2247 Die gids is beskikbaar by Superspar Boland, Piketberg Apteek en verskeie ander winkels in die dorp @ R15.


15


16

Feestyd Inspirasie

Piketberg Blom- en Tuinbouklub en Piketberg VLV hou saam afsluiting op Woensdag 6 November in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Vergadering begin om 09:30. Die tema is Feestyd Inspirasie. Blomontwerpe geskep deur Henriëtte Louw, President van die Wes-Kaap Vereniging van Blommerangskikkers, word gedemonstreer. Moenie hierdie blomkunstenaar se demonstrasie misloop nie, dit is gewaarborg om almal te inspireer om hierdie jaar ‘n pragtige kerstafel te hê. Besoekers welkom, toegang R40.

Jeug vir Jesus

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings

Skakel 022 913 1132

Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net

Shammah Bediening in samewerking met #Imagine Movement het op Saterdag 5 Oktober 'n jeugsaamtrek vir tieners op Riviera Plaas, Piketberg gehou. Die dag se boodskap was uit Jes. 6:8: "Hier is ek, Here! Stuur my!" Dit was 'n geseënde dag met die #Imagine band wat lofprysing gelei het, verskeie gebeds-stasies, jeuggasspreker, jeug lofdansgroep en hope pret. Our aim of the event was to inspire and equip teen-agers to lead active Christ-driven lives in their local Churches and communities. Ons bedank alle Skole en Bedienings wat die re#Imagine saamtrek kom bywoon het asook die borge: Superspar Boland en Liebco Foods. Berig en foto verskaf deur Coenie en Carin Coetzee

Huis AJ Liebenberg sê Dankie


17


18


19


20

SSS Sportvrou van die Jaar

Captain October Piketberg SAPS is proud to announce that one of their members WO JH October has been promoted to the rank of Captain JH October. Captain October will unfortunately be leaving Piketberg to take up his new post on 1 November as the new Station Commander of Genadendal SAPS. Piketberg is losing a hardworking member who is goal directed and has served the community with passion and pride. Piketberg SAPS hereby wishes Captain October everything of the best in his new post and every success towards fighting crime and serving the community with pride. Article and photo by WO SM Lourens

Boererate en Verbruikerswenke

Soos versamel deur een van ons oudste en getrouste lesers, Willem Burger

Steynville Sekondêre Skool se Sportvrou van die Jaar is Marilize Saiks. Alfred Otto oorhandig die trofee aan haar.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Vuil stowwerige kunsblomme kan in papiersak saam met sout gegooi word en baie goed geskud word. Die sout neem die stof en vuiligheid op en blomme lyk weer vars. Stiggies, maak ‘n gaatjie in ‘n rou aartappel plaas stiggie/ blom daarin om dit vars te hou terwyl jy dit vervoer. Om blomme in ‘n vaas langer te laat hou, gooi twee asperiene in die water. Bysteek, krap die angel met ‘n mes uit. Maak ‘n koeksodapasta en plaas dit op die steekplekke. Dit help om die gif uit te trek. Indien twee glase binne mekaar vassit kan die onderste glas in warmwater gesit word en die boonste glas kan vol koue water gegooi word. Dit sal maklik van mekaar kom sonder om te beskadig. Vang muise in muisval met grondboontjiebotter in plaas van kaas. Muise verkies grondboontjiebotter.

Steynville Sekondêre Skool Gholfdag SSS wil graag die volgende instansies en persone bedank wat ‘n bydrae gelewer het om hulle gholfdag op 28 September ‘n groot sukses te maak. Wees verseker dat u borg of donasie opreg waardeer word. SUPERSPAR Boland (Hoofborg); PPC De Hoek; SAFPRO (PE); Ideafruit; TOTAL; Protea Hotel (Olivia); Dup Meubels; Piketberg Fuel; Liebco Foods; Die Pomp; Fick Sementwerke; Piket Implemente; Tafelberg Meubels; Russels (Worcester); Nashua Printers; Die Pro Shop; Build it; Pikkewyn; Linnehuis; De Jagers; Piketberg Fisheries (Rooi Winkel); Carstens Begrafnisdienste; 2 Acre Hardeware; Theunis Kotze; Dr Herold Truter; Drs Smit en Morrison; Jacques Lambrechts; Jan Skippers; Ds Walter Philander; Eerw A Booyse; Pieter February; Pieter (Boere) Owies; Beverly Jonkers; Quinten Somers; Pieter Burger; Ettienne Botes en Bevin Isaacs.


21


22

SSS se Prestige Aand

Die Top Drie Presteerders in Gr 12 is Ethan Leen, 3de; Benzien Jantjies, 1ste en Ashwin Schuurman, 2de. Benzien Jantjies ontvang ook die Rita Esau Trofee vir hoogste gemiddelde punt behaal. Ashwin Schuurman ontvang die Dr Scheepers wisseltrofee vir Fisiese Wetenskappe.

Steynville SekondĂŞre Skool se Dux Leerder vir 2019 is Hadley Thomas. Hy ontvang ook die Dr Scheepers wisseltrofee vir wiskunde. Lucian Slinger, Algemene Bestuurder PPC oorhandig die Skild aan Hadley.

Gr 11 se Top Drie Presteerders is Raven Skippers, 3de, Getrude Willemse, 2de en 1ste is Kely-Ann Le Fleur (afwesig).

Top Drie leerders in Graad 10 Esmarie Klaasen, 3de, Selena Nero, 1ste en Jade van Wyk 2de. Gr 9 se Top Drie leerders is Anechia Somers, 1ste, Catilin Julius, 2de en Hayley le Fleur, 3de. Die Top Drie leerders in Gr 8 is Curlin Goliath, 3de, Jay-dean Claasen, 1ste en Ethan Gouws, 2de. Foto’s: Richard Maseleni


23


24

MEDIESE PRAKTISYNS

Steynville Primêr se Pryswenners

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907

Steynville Primêr se Skoolbestuur, Brian Pieterse saam met die hoofleiers vir 2020, Alkisha Marcus, Hoofdogter en Patrick Booysen, Hoofseun.

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Jordan-Lee Langeveldt ontvang die Natuurwetenskap- en Wiskundeprys.

Demorgan Somers, Duxleerder van 2019 asook Sportman van die Jaar.

Bloedskenk 8 November

(Vrydag 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

Anrethe Rivida ontvang die Geskiedenisprys. Foto’s: Lucille van Louw


25

PROFESSIONELE REKENMEESTERS Kerkstraat 9, Piketberg Tel: 022 289 0990 / 072 172 8682 / 082 447 4104

Ons lewer die volgende dienste: - Rekeningkundige dienste, insluitende die opstel van finansiële state vir alle entiteite;

- Alle relevante belastingdienste soos byvoorbeeld indien van BTW opgawes en inkomstebelastingopgawes, alle relevante korrespondensie met die SAID; - Afhandeling van onafhanklike oorsigte; - Testamente en Boedels: Beplanning en bereddering; - Oprigting van maatskappye en trusts; - Hersiening van trustaktes.

Die toepassing van artikel 7C van die Inkomstebelastingwet, het ‘n groot impak op lenings verskuldig deur ‘n trust aan sy begunstigdes en/of ander verwante partye tot die trust. Dit is van kardinale belang dat ‘n trustakte so ver moontlik, die impak van artikel 7C moet aanspreek ten einde te verhoed dat onnodige rentevoorsienings aan begunstigdes en/of verwante partye uitgekeer of voorsien word. Dit is dus noodsaaklik dat trustees van trusts die trustaktes nagaan om seker te maak dat die akte voorvermelde potensiële probleme aanspreek.

Salmond van Huyssteen

Kom besoek gerus ons kantoor by Kerkstraat 9 (langs Agrisell) om te ontmoet of te gesels.


26


27

Huis Marais se Piketbergers

Vyf Piketbergers is in die Huis Marais Koshuisspan wat die 3de liga rugbywedstryd gewen het in die Sauer beker toernooi. Huis Marais het PSO (Private Students Organiation) gewen in die finaal. Dewald van Deventer, Jac Goosen, Nicki van der Westhuizen, Cappie Rossouw en Daniel Goosen. Huis Marais het ook die 2de liga gewen teen Akademia. Foto verskaf

Toekomstige Proteas

Jaden van der Westhuizen, Keishan van Rooy en Reaqen Lesch is gekies vir die o/15 Uitnodigingspan wat Maart 2020 aan die Madan Lal Cricket Tournament in New Delhi, IndiĂŤ gaan deelneem. Foto: Facebook

Tennis

Erna Koegelenberg is opgeneem in die Platteland o/12 Tennisspan. Sy speel op 8 en 9 November in ‘n toernooi teen SWD, Wynland, Paarl en Stellenbosch. Dit vind op Ceres plaas.


28


29

Hoërskool Piketberg Pryswenners

Skoolhoofprys: Hoërskool Nicol van den Heever en Laerskool Barend Butler

Gerry Kuhn Wetenskap aansporingsbeurs - Beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap Gr 11 Githe Vorster. Githe ontvang ook die prys vir beste prestasie in Lewenswetenskap Gr 10 - 12.

Beste Senior Redenaar Vernelle van Zyl

Dux Leerders en Beste Atlete: Janke van Schalkwyk en Gabrie Loubser

Beste prestasie VBS Prakties Mari Visser

Lezaan van Niekerk Wiskunde Aansporingsprys, Beste vordering Wiskunde Gr 11 Kleinjan Kotzé.

Bernice Scheepers-prys vir beste kreatiewe skryfwerk Nina Ellis en Johan du Toit. Nina het ook die Akademiese Trofee - Laerskool ontvang. Johan ontvang ook die Praktika Ambassadeursprys.

Mees Tweetalige Leerder Gr 10-12 Lea de Vries

PriceWaterhouseCoopers-toekenning - Beste prestasie in Rekeningkunde en Wiskunde Gr 12 Marinda Nelson asook die Anton van Rooyen Akademiese trofee Gr 12.

Dup Meubels Beste Rekeningkunde en Besigheidstudies Mathys Louw Gr 10 en John-Elize Runba Gr 11. Alison Müller Trofee vir Musiek Stacy-Lee Heugh


30

PHS se VRL vir 2020

Agter: PG Bruwer, Adriaan Brand, Matthew Somers, Gabrie Loubser, Ziefe Kayster, Mathys Louw, Julian Smith, Kosie Maree en Van Dyk Mouton. Voor: Elsje Basson, Pamela Booys, Annika Steyn, Afeziwe Zimba, Hurley January, Nikitha Booys, Mia Smit, Almie Kotzé, Engela van der Westhuizen en Kayla Brand. Die hoofleiers is op die voorblad.

PHS Pryswenners

Roelof Oosthuizen toekenning: Beste vordering in Rekeningkunde, Mienke Botha Gr 10, Jayden Swartz Gr 11 en Anil Josephs Gr 12.

Hannelize Coetzeetoekenning: Beste RTT-prakties Gr 12 Werner van Rossum.

Foto’s: Sanet Coetzee

Huis Leliefhof se Leiers

Desné Reed, Charné de Kock, Almie Kotzé (hoofdogter), Neleah Lyons en Kayla Brand.

You-Can-Do-Mathsverdienstelikheidstoekenning vir Wiskunde Alexa de Lie, Gr 9, Keisha Vilander, Gr 8 en Jayden Swartz, Gr 11.

Gabrie en Mari onder Top 30 Baie geluk aan Gabrie Loubser en Mari Fivaz wat onderskeidelik vir Wetenskap-in-Aksie en Wiskundein-Aksie onder die Top 30 in die streek geëindig het.

Kasteel Seunskoshuis se Leiers

Van Dyk Mouton, Jurgens Eigelaar, Kleinjan Kotzé (hoofseun), Van Zyl Brand en Caelim Harding.

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

You-Can-DoScienceverdienstelikheidstoekenning vir Fisiese Wetenskappe Julian Smith Gr 10 en Anika Smit, Gr 11.

Gabrie Loubser en Mari Fivaz Foto verskaf

Die doel van die Wiskunde– en Wetenskap-in-Aksie is om leerders in Graad 6 en 7, wat ‘n besondere belangstelling in Wiskunde en/of Wetenskap het, die geleentheid te bied om aan ‘n nasionale kompetisie deel te neem. Altesame 243 skole en 3 800 leerders het in 2019 aan die Aksie deelgeneem. Die beste presteerders in elke streek (provinsie) in Wiskunde en Wetenskap onderskeidelik, is gedurende September en Oktober na pretdae by die onderskeie universiteite uitgenooi.


31


32

Lise na Afrika Spele

Flink op die Klawers

Alison MĂźller met haar praktiese klavierleerlinge Gerhard Brand, voor, met 90% (Lof) vir UNISA Gr 2. Daarmee verskyn sy naam op die ererol. Agter is Alexa de Lie met 84% (Lof) vir UNISA Gr 1, Henco Kruger met 78% (Eervolle vermelding) vir Trinity Gr 4, Mariska Botha met 82% (Lof) vir UNISA Gr 1 en Elsje Basson met 81% (Lof) vir UNISA Gr 3.

Lise Bruwer is verkies tot lid van SAGF (South African Gymnastics Federation) span wat op 12 Desember 2019 aan die Sone 5 Afrika Spele in Pretoria deelneem. Foto: Facebook

Bravo se Netwerk Aand 27 November om 18:00 By Bravo Food & Wine, Droomland Sentrum

Vir UNISA Gr 1 Klavier behaal Roux Basson 83% en Vinyka Diergaardt 84%. By hulle is Komien van der Westhuizen. Foto's: Marietha Goosen

Leeskring 2019 20 NOVEMBER: AFSLUITING

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


33

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


34

Hoërskool Piketberg Sport Prysuitdeling

Beste Tennisspelers Gabrie Loubser, Jana Bruwer en Mathys Louw

Sportvrou en Sportman vir 2019 Janke van Schalkwyk en Jako Strijdom

Beste Hoërskool Krieketspelers Ulynn Visagie en Ernwill Afrika

Foto’s: Sanet Coetzee

Beste Gholfspeler Chris Smith

Beste Rugbyspelers Willsley Barnies, Jako Strijdom, Jasper Smith en Mathys Louw

Hugenote Top 20 Atletiek

Beste Netbalspelers Pamela Booys, Sumari Hanekom, Janke van Schalkwyk en Lené Nelson

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

By die onlangse Hoërskool Hugenote se Top 20 Atletiekbyeenkoms het PHS se atlete uitgeblink. Die volgende atlete het medaljes verower: Anika Smit o/17, 1500m Brons; Kirishnie Afrika o/15, verspring - Silwer; Benjamin Jordaan o/17, 110mH - Brons; Aleit Stander o/12, 100m Silwer en verspring Goud; Julian Smith o/17, verspring - Brons.

Jason January het Goud verwerf vir verspring en daarmee ‘n nuwe byeenkomsrekord, met ‘n afstand van 6.1m, opgestel. Foto verskaf


35

Liebenberg tehuis vir bejaardes in Piketberg Saterdag 12 Oktober 2019.

kleuresport gedeel.


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Nov 2019  

Die Piketberger Nov 2019  

Advertisement