Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 10 www.piketberg.com November 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Weer die Vier vir VRL

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...pp3,5 Radikale Redenaars...p3 Landbouwerker van die Jaar...p4 Gert en Joos ontmoet...p6 Wyngilde vier 30jaar...p10 Rus-’n-Bietjieklub...p18 Koppie vir Kansa...p20 NG Kerk Spokie Tee...p22 KiX Speletjiesaand...p25 Prysuitdelings...pp26-28,32 SSS Sportsterre...p30 Trippe Trappe Sportdag...p34 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PHS se hoofleiers vir 2017 is Janét Stander, onderhoofdogter, Glenda Dietrich, hoofdogter, Harry Roux, hoofseun en Jac Goosen, onderhoofseun. Dis dieselfde vier leerders wat vyf jaar gelede vir die Laerskool VRL aangewys is. Toe was die rolle net omgeruil. Al vier leerders is gebore Piketbergers. Foto: Sanet Coetzee

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

 022 913 1939  022 913 2404 Vyf jaar gelede: Glenda, Janét, Jac en Harry. Foto verskaf

www.piketberginfo.co.za


2

Redaksioneel Gooi my weg of verander my en ek kry nuwe lewe Tot relatief onlangs het elke huishouding weekliks twee of drie swartsakke uitgesit - in die Somermaande verál, 'n taamlik onwelriekende gedoente. Gooi alles bymekaar en jy kry een stinkende massa op die mop, 'n goeie teelaarde vir siektes. Siesa! Gelukkig en genadiglik weet ons nou van beter. Hou twee houers in jou huis - een vir herwin en een vir ander. Kom Dinsdag of Woensdag, en vullisdag is soveel meer aangenaam. Alle papier, glas, plastiek en blik is uitgespoel en lê soos items in 'n vertoonkas in die deurskynende sak - gereed vir 'n tweede lewe met 'n heel ander doel. En die werklike afval is 'n onbeduidende hoeveelheid, styf toegewikkel in 'n swartsak, uitgedien en opgebruik. In die By van 22 Oktober is twee artikels waar die herwinning van items/materiaal 'n gemeenskap verander. Herwinning het my lewe verander, dit kan joune ook verander. Help die aarde, help die land, help Piketberg, help jou buurt, help jou straat, help jou buurman, help jou huismense.....deur nuut te dink oor weggooigoed.

Liefde Marietha

Herwin alle weggooigoed Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

Helma Kotze skryf... Watter groot verrassing kry ek dan nou nie vanoggend met die KIX groepie nie – baie dankie vir die wonderlike gebaar – hulle het nou sowaar my naweek vir my kom maak. Ek waardeer dit so baie. KiX was op besoek by Huis AJ Liebenberg en Bergtuin Aftree-oord. –Red.

No price increase for early postbox renewals

The SA Post Office has announced that customers who renew their postboxes and private bags before the end of 2016 can do that at a 0% increase. The year’s rental for a postbox will remain at R380 and R1500 for a private bag. Postboxes and private bags can be renewed at any post office as well as on line at www.virtualpostoffice.co.za. From 1 January 2017, the yearly rental for a postbox will be R410. Renting a private bag for a year will cost R1640. Postbox payment is due by 31 January 2017. “Postboxes are readily available and safe, allowing customers to access their mail at their convenience,” says Andrew Nongogo, head of Operations at the SA Post Office. Nongogo pointed out that a postbox can be paid at any post office outlet countrywide. Customers need not pay at the outlet where they rent their postbox. “Postboxes offer excellent security for mail items and are particularly useful to companies and individuals who receive important or sensitive items in the mail,” said Nongogo. Customers are reminded to pay their rental through a notification left in their postboxes, as well as an sms which is sent to all renters who has given the SA Post Office their cell phone numbers.

Movember

022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Briewe van ons lesers...

Michiel Kitshoff, Eendekuil skryf… Dankie vir die interessante nuus in Die Piketberger. Dis honderd keer beter as Die Burger.

deur Dr HD Botha November is altyd 'n groot maand wêreldwyd vir mans gesondheid. Een van die mees suksesvolle en grootste bewusmakings is die Movember campaign. Dit is hoofsaaklik vir bewusmaking van kanker in mans en het ontwikkkel om ander fasette in te sluit, soos geestesgesondheid onder mans. Kanker, siekte ensovoorts is baie keer taboe onderwerpe vir 'n samelewing en veral vir mans. "Die Man van die huis, kan mos nie siek wees nie. En wat is 'n prostaat dan?" "Mag mans huil?" Het hulle tyd om depressie te kry?" Ek ondersteun en laat groei elke jaar my snor (en sommer “sideburns” ook vir die geleentheid). Gaan loer by https://za.movember.com/

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Desember 2016 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 November 2016

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen


3

Huwelikke op Erfenisdag

Eckard Prinsloo en Muriel Krige is op 24 September by Org de Rac, Piketberg getroud. Muriel het as kind gereeld saam met haar ouers, Pierre en Mariette op die familieplaas, Elandsvlei, Eendekuil gekuier. Foto: Ferdinand Bruwer

Redenaars is Radikaal

Bertus van Niekerk en Katie Müller is op 24 September in Mosselbaai getroud. Bertus se ouers, Martin en Teresa is van Piketberg en Katie is die jongste van sewe kinders van Anton en Katie van die distrik Herbertsdale. Foto: Sybrand Cillié

My Juffrou van 100 jaar

Hierdie leerders het skitterende uitslae behaal tydens die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie wat onlangs plaasgevind het in Pretoria: Lise Bruwer, Gr 2, voor: Afrikaans Prosa : 4de plek / Afrikaans Poësie 4de plek / English Poetry 3de plek. Nina Ellis, Gr 4, regs: Afrikaans Prosa : 4de plek / Afrikaans Poësie WENNER / English Poetry WENNER en Redenaars 6de plek. Annette Bruwer, Gr 5, links: Afrikaans Prosa : WENNER / Afrikaans Poësie 4de plek / English Prose 4de plek en English Poetry WENNER. Pieter Bruwer, Gr 7, agter: Afrikaans Prosa : WENNER / Afrikaans Poësie 2de plek / English Prose WENNER en English Poetry WENNER en Redenaars 7de plek. Foto: Sanet Coetzee

Christina Smit het haar St. 2-juffrou wat 100 jaar oud is, gaan besoek op Wellington. Sy is Jossie (Laubscher) Goosen en het by Langrug Plaasskool, op die Velddrifpad, skoolgehou. Foto verskaf


4

Kwaliteit wenners op die Berg

Die afgelope “Landbouwerker van die Jaarkompetisie” in die Piket-Bo-Berg-streek het weer gewys watter bekwame en goed opgeleide werkers daar hul deel tot die sagtevrugte-bedryf se sukses bydra. Die 2016-Streekswenner van die kompetisie, Hendrik Koordom (40), het as Assistent-produksiebestuurder van die plaas Achtervlei die aand se verrigtinge geopen en later, na afloop van die dinee en prysuitdeling, almal geïnspireer met sy aanvaardingstoespraak toe hy as wenner aangewys is. Hy het onder meer verwys na die beroemde uitvinder Thomas Edison wat glo ’n duisend maal probeer het om ’n gloeilamp te skep en toe uiteindelik, na talle mislukte pogings, geslaag het. Net so het hy as werker talle kere probeer en uiteindelik gewen, het Koordom onder luide toejuiging gesê. Die wenner van die Beste Potensiaal-prys was Alfonso de Klerk van die plaas Tweefontein, wat die beoordelaars eweneens beïndruk het met sy kennis en ervaring as plaaswerker. Die gesogte trofee vir die Beste Presterende plaas is gewen deur Mouton’s Valley, bekende vrugteplaas op die berg wie se werkers al jare lank meeding en gereeld presteer. Mouton’s Valley het in die verlede reeds twee Algehele Provinsiale Wenners opgelewer weens die puik opleiding wat daar gedoen word. Hulle was Jan van Wyk (2004), Assistentproduksiebestuurder daar, en sy eweknie die Zimbabwiër Alexious Shoko wat deur Jan opgelei is in al die aspekte van die vrugtebedryf toe hy as nuweling daar aangeland het.

Die 2016-Streekswenner, Hendrik Koordom by Deidré Eigelaar, albei van Achtervlei-plaas. Vanjaar se Streekswenner vir Piketberg, Hendrik Koordom, is deur sy werkgewer, Deidré Eigelaar van Achtervlei-plaas beskryf as iemand wat as eens werklose jongeling op die plaas aangekom het en toe die liefde van sy lewe daar ontmoet het, en oor 16 jaar ontwikkel het tot ’n staatmaker-bestuurder. Hy en sy gesin is van die gewaardeerde en standvastige families op die plaas, het sy gesê. As voormalige jeugleier is Hendrik baie betrokke by die jeug-subkomitee op die berg en maak hy ’n positiewe verskil in beide sy kerk en die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging, waarvan hy en Deidré Eigelaar albei aktiewe lede is. Deur geleenthede aan te gryp, geestelik te groei en deeglik gementor te word – in die beginjare deur Jacobus

Deidré Eigelaar van Achtervlei-plaas, links en twee ander prysoorhandigers by die funksie, die gasspreker Rita Andreas van Landelike Ontwikkeling by die Paarl Munisipaliteit en regs, Annemie Niemand, eggenote van Danie Niemand van Plaaswerkontwikkeling te Elsenburg. Dié suksesvolle kompetisie word jaarliks geborg deur Shoprite en die Departement van Landbou. Foto’s: Maggie Mouton (Jackie) Diederiks, die plaas se tans afgetrede produksiebestuurder – het Hendrik gegroei tot `n werknemer wat vandag `n waardetoevoeger is. Hendrik is nie `n man van baie woorde nie, het Deidré Eigelaar bygevoeg, maar hy doen beslis sy woord wanneer dit verwag word en op sy stil en sagte manier is hy `n leier met goeie waardes en vir die gemeenskap `n ware Noord. As Assistent-produksiebestuurder is Hendrik verantwoordelik vir 30 hektaar vrugteboorde in produksie, en bestuur en hanteer hy die opleiding van die Sotho-span op die plaas. Daar is groot waardering en respek vir die waardevolle bydrae wat hy lewer, ook ten opsigte van die nuwe toetreders tot die vrugtebedryf. Hy maak die nuwe aankomelinge onder Sotho-werknemers touwys oor al die produksietegnieke en die kwaliteitstandaarde wat gehandhaaf moet word. Selfs sy Sotho is al skaflik op dreef. Wat opleiding betref, het Hendrik vantevore die Sagtevrugte-produksie NQF 1-kursus suksesvol voltooi met behulp van die Koue Bokkeveld-opleidingsentrum (KBOS) buite Ceres en is hy tans besig met die NQF Sagtevrugte 2 van Kaap-Agri se opleidingssentrum te Porterville, al het hy nie skool klaargemaak nie. Hierdie geleenthede tot opleiding en verdere blootstelling het hy met albei hande aangegryp, aldus Deidré Eigelaar. Toe ons Hendrik vandeesweek genader het oor sy wennerskap, het hy gesê, “Dis onbeskryflik om te wen. Ek voel ongelooflik goed, en my selfvertroue is nou ook die hoogtes in. Die geheim is dat ’n mens regtig moet lief wees vir wat jy doen, en vir my is plaaswerk elke dag interessant en feitlik nooit dieselfde nie.” Volgens hom was dit die belangstelling en aanmoediging van Deidré Eigelaar, wat die Achtervlei-werkers se ontwikkeling en opleiding hanteer, wat die verskil gemaak het. “Ek dink sy het vroeg al my potensiaal raakgesien en toe eenmaal agter in my notaboek wat ons as bestuurders daagliks gebruik, die volgende woorde geskryf: ‘Lig jou kop op. Stap die ekstra myl. Jy kán!’ en ek het daai sinne my eie gemaak, tot vandag toe.”

NG Kerssangdiens Sondag 27 November


5

Troues in Augustus, September en Oktober

Rossouw van Zyl en Leani Cillié is op 1 Oktober te Bergland, buite Worcester getroud. Foto: Marli Koen www.marlikoen.com

Elgar Julius en Ulrike Cloete het in die huwelik getree op 17 Augustus in die Morawiese Kerk Goedverwacht. Eerw Charles Goliath het die diens waargeneem. Foto: Dniel Photography

Nuwe Somersvoorraad Beskikbaar! Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Reinardt Pretorius en Leana Strauss, dogter van Frikkie en Elna, is op 17 September getroud. Die seremonie het plaasgevind in die NGK Porterville en is waargeneem deur Pastoor Rick Borman van Shofar Kerk. Die onthaal was by Laatson. Reinardt is ‘n rekenmeester by N1 Restaurant Suppliers in Milnerton en Leana het haar eie “Graphic & Web Designing” besigheid, Truegrey. Foto: Michelle du Toit

Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6

Gert en Joos ontmoet

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Hallo Piketbergers 'How time flies when one has fun' - Samuel Beckett Ek stem 100% saam met hierdie aanhaling want dit voel so onwerklik dat ek oor minder as vier maande terug vlieg Suid-Afrika toe. Ek het al so baie nuwe ervarings opgedoen en leer steeds elke dag iets nuut. In die nege maande het fietsry my tweede natuur geword, dus is dit normaal vir my om 26 kilometer met die fiets te ry om 'n dag te spandeer by die winkelsentrum in Oldenzaal. Ek en my vriendin probeer nou om so veel as moontlik te sien en doen voor ons terugkeer na Suid-Afrika. Ons het 8 Oktober na Leiden gegaan. Leiden is 'n universiteitsdorp en is sowat 47 kilometer geleë vanaf Amsterdam. Dit is ook die geboorte-plek van die beroemde kunstenaar, Rembrandt van Rijn. Die Universiteit van Leiden is in 1575 gestig en is die oudste universiteit in Nederland. Leiden is een van my gunsteling dorpies, met die mooiste kanale en straatjies. 15 Oktober het ons na Amersfoort gegaan. Dit was 'n heerlike, koue dag waar ons onder andere 'Onze lieve Vrouwetoren', Museum Flehite en die Koppelpoort gesien het. Ek het ook Die Spens gaan besoek. Dit is 'n winkel in Amersfoort wat Suid-Afrikaanse produkte verkoop. Die produkte is bietjie duur maar ek dink dit is die moeite werd. Ouma beskuit is 5€, en Simba 'chips' is 2.50€. Ek het vir my Fizzers gekoop vir 0.25€ elk asook Nik Naks vir 2.50€. Dit was 'n lekker bederf maar ek kan nie wag om weer my ma se kos en braaivleis te eet nie. Ek hoop Spar bak genoeg melkterte voordat ek terugkom, want ek mis dit die meeste! Tot 'n volgende keer.

Na die verskyning van die Julie en Augustus 2016 uitgawes, is die Gert-Joos raaisel opgelos. Gert Coetzee van Robertson was die 7-jarige en Joos Engelbrecht van Piketberg die 17-jarige. Intussen het hulle uitgevind dat Joos se broer, Louis, reeds vir die afgelope sewe jaar een van Gert se kliënte is. Die Piketberger was daar toe Kort en Lank mekaar op dieselfde plek as 47 jaar gelede by die Kasteel se Suid-ingang ontmoet. Baie onthou-staaltjies is uitgeruil. Foto: Marietha Goosen

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Die mooie Leiden Foto verskaf

Betrekking Aangebied Huishulp benodig. Kook, geen was en stryk. Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


7

Mobiele Lab vir SSS

Foto’s: Lizette Smit Swartland Gazette

PPC het onlangs ‘n Mobiele Laboratorium vir Steynville Sekondêre Skool geskenk. Die laboratorium kan dus van een klas na ‘n volgende verskuif word. Op die foto ontvang die Skoolhoof, Ferdinand Saal, die dokumente van Jan Vorster (PPC Ltd / De Hoek Human resources manager) en Kabira Akoob (Manager group CSI - PPC group services).

Loslit vir Gestremdes

Piketberg Civils help met Tops en Tags

Met die toestemming en ondersteuning van Jacques Adams van Piketberg Civils, word tientalle kilogramme weekliks toegevoeg tot die Tops en Tags projek. Op die foto, saam met duisende gekleurde plastiek bottelproppies, is die dames van Piketberg Civils: Davilene Weavers, Mishané Monk, Jo-Ann Fredericks, Dalene Ockhuys, Lecia Fortuin, Anneline Diedericks en Bettie Fortuin. Piketberg Civils se terrein is net na die Total Winkelshoek kompleks op die Meintjieskraalpad. Op dié terrein word alle herwinbare materiaal wat in deurskynende sakke uitgesit word, verder sorteer en versprei. Dankie aan elke inwoner van Piketberg wat getrou herwin. As jy nog nie 'n persoon is wat herwin nie, begin vandag! Kom ons help Piketberg Civils om herwinmateriaal skoon en droog te maak, dit vergemaklik almal se taak. Huishoudelike herwinbare materiaal is enige papier, plastiek, glas en blikkies. Besighede kan saamwerk deur papier, verpakkingsmateriaal en bokse te herwin en natuurlik melkhouers, teeboksies en koffieblikke.......... Foto: Marietha Goosen

Skriba/Kassier NG Kerk Piketberg

'n Vakature bestaan vir 'n ervare en selfgemotiveerde persoon

Die personeel van PPC De Hoek het op Loslitdag geld ingesamel vir die gestremdes van Huis AJ Liebenberg. Van agter Marie de Villiers, Jan Vorster (PPC), en Sr Ronel Vercuiel. Voor is Hannes Jantjies, Andries Baadjies, Anna Karools en Daniel Lewis. Foto verskaf deur Marie de Villiers

Die Piketberger het ‘n vakature vir die uitleg vir die koerant. Persone wat belangstel kan ‘n epos stuur na diepiketberger@gmail.com Kennis van Publisher is noodsaaklik.

Posvereistes:  Graad 12  Rekenaargeletterd (MS Word, Excel, Publisher)  Basiese finansiële kennis  Goeie menseverhoudinge  Ondervinding in die betrokke pos kan tot jou voordeel wees Verantwoordelikhede:  Algemene administratiewe pligte  Korrespondensie / Kommunikasie  Organisering, reëlings en skakeling  Neem van notules tydens vergaderings  Algemene tikwerk  Finansiële administrasie  Boekhouding en rekenkundige pligte (tot op proefbalans)  Lidmaat-, doop– en kerklike registers  Bestuur van kerkkantoor Aanvangsdatum: 1 Februarie 2017 Rig aansoeke aan NG Kerk Piketberg, Posbus 128, Piketberg 7320 Faks: 086 682 5855 of epos: ngkpiketberg@kingsley.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke en CV’s: 18 Oktober 2016

Indien u nie twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol


8


9

Piket Clean open deure op 3 Oktober

Waarom ‘n wassery in Piketberg? Om ‘n nuwe besigheid in die huidige ekonomiese klimaat op die been te bring, is opsigself ‘n uitdaging, maar ‘n plek soos Piketberg en die streek het ondernemings en werkskepping nodig. Baie van die plaaslike besteding vind nog in ander gebiede plaas eerder as lokaal. Die idee is om ‘n wassery (Laundromat) te vestig wat huishoudings sowel as besighede dien. Die huishoudelike mark is altyd op soek na gerief en behalwe die wasgoed vanuit die alledaagse huishoudings, lewer ons ook ‘n diens aan kinders in koshuise, was van komberse en duvets. Die besigheidsmark bestaan uit ‘n groot verskeidenheid soos slaghuise, gastehuise, restaurante, voedselverwerking en verpakking, mediese sentrums, skoonheidsalonne en nog baie meer. Die was en droog van wasgoed vanuit die besigheidsmark is ‘n baie spesifieke en doelgerigte proses. Dit vereis voor- en hoof wasprosesse, spesifieke chemikalieë en temperature. Dit is veral besighede in die mediese- en voedsel verwerking- of verpakkingsbedrywe wat spesifieke behoeftes het vir termiese ontsmetting van gekontamineerde materiaal na gelang van die bron van kontaminasie. Voorbeelde van sulke vereistes is HACCP en GLOBALG.A.P (AF 4.4.2) wat die was van beskermende klere en die beskikbaarstelling van skoon klere op elke skof vereis. Om beide die huishoudelike en besigheidsmarkte te kan dien, beskik die besigheid oor ‘n verskeidenheid masjiene insluitend industriële was en droog masjiene, wat groot hoeveelhede wasgoed kan hanteer. Piket Clean hoop om u lewe makliker te maak en om ons diens en besigheid rondom u behoeftes te ontwikkel. Christell Mathews en Marlene Pieters van Piket Clean bied vriendelike en effektiewe diens aan kliënte. Piket Clean is in die F & B Gebou, h/v Voortrekker– en Kloofstraat, bokant Dup Meubels. Foto links: Marietha Goosen

Op die rakke van die Biblioteek Martha

deur Winnie Rust Bespreking deur Annelie Venter Die dag nadat Winnie vermoor is, het ek my skilderye by die Breytenbach sentrum gaan haal. By die boekwinkel was ‘n televisie fotograaf besig om twee boeke van Winnie af te neem. Toe hulle klaar was, móés ek net die Martha boek koop en het toe geweet ek wil eerder dié boek bespreek om hulde te bring aan Winnie, as die “olifant boek” wat in elk geval nog nie by ons biblioteek beskikbaar was nie. Martha is die verhaal van Martha Solomons, die dogter van ‘n vrygestelde slaaf en haar verbintenis met Harry Grey, ‘n gewese priester uit die Britse adelstand. Hy is in die middel negentiende eeu na die Kaapkolonie gestuur weens wangedrag. Hulle paaie kruis die eerste keer in Namakwaland waar ‘n liefdesband ontstaan, wat later uitloop op ‘n huwelik ná hul lewenspaaie weer kruis in Wellington en Wynberg. Nadat hulle getroud is het Harry die titel van Earl of Stamford geërf toe ‘n neef dood is, sodat Martha dus die Countess of Stamford geword het. Winnie het hierdie historiese gegewe gebruik om ‘n meesleurende verhaal te skep. Die historiese feite word aangevul met fiksie uit Winnie se verbeelding om karakters te skep wat lewe. Haar beskrywings van die natuur en berge om Wellington is baie mooi en die roman is ryk met die taal van die bruin mense. Dwarsdeur die roman word die rol van die voorsienigheid in die karakters se lewens telkens herken. Martha voel verskeie kere dat strome van lewende water oor haar spoel. Martha was benoem vir die Jan Rabie rapport prys en Dr Jeanette Ferreira het gesê: “Hierdie roman kan ‘n trotse plek in die galery van historiese romans verower”.

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


10

Piketberg Wyngilde vier 30jaar Piketberg Wyngilde vier in September hulle 30ste bestaansjaar by Riviera Hotel op Velddrif waar Kiewiet Bester die lede met sy gebruiklike gasvryheid en voortreflike disse bederf. Dr Villiers Morrison, die enigste stigterslid wat nog deel is van die wyngilde, gee ‘n terugskou en voorsien dat die gilde nog net soveel jare vorentoe van waarde sal wees vir die lede. Foto’s: Sandra van Wyk

Braaidag - Erfenisdag

deur Hendrik Botha Braaidag op 24 September was 'n baie goeie ervaring vir my. Hennie Coetzee, Pieter en Johan Bruwer, en Hennie en Marissa Stander het koppe bymekaargesit en 'n braaidag ge-reël wat ek lank nie sal vergeet nie. Hennie Coetzee was braaikaptein en het die spit beman. Hennie en Marissa Stander besit Concordia vrylopende varkboerdery net buite Piketberg en het 'n 44kg vrylopende vark (hulle proe lekkerder) geskenk vir die geleentheid. ‘n Klomp Piketbergers het die geleentheid kom geniet. Om 1uur is die spit begin en teen 19:30 word die vark bedien. Geleenthede soos dié maak my bly om deel te kan wees van Piketberg se gemeenskap en al die gasvryheid. Foto's: Pieter Bruwer

Jaco de Waal, Hennie Stander, Hennie Coetzee en Pieter Bruwer by die spit.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority Marissa Stander

Protection Services

Hendrik Botha

Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Johan Bruwer

Rob Whitfield


11


12 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... As hierdie Piketberger die strate tref is ons matrikulante reeds hard aan die eksamenskryf. Mag dit met elkeen baie goed gaan. Toe ek matriek was het my ouers altyd gebid dat ek sal kry wat my toekom in die eksamen en dan wou ek hardop uitroep: Asseblief nie Here! Asseblief nie in verhouding tot hoeveel ek geleer het nie, maar net Hanlie Linde hope genade. Want ek was maar ‘n luierige student in matriek en het eers later daarvan begin hou. Hierdie jaar is daar 219 matrikulante in Piketberg (220 in 2015). Hiervan is 53 by PHS en 166 by Steynville Sekondêr. Verlede jaar (2015) se matriekslaagsyfer en -uitslae op Piketberg was besonder goed. Net om almal se geheues te verfris… Die Wes-Kaap se matriekslaagsyfer in 2015 was die beste in die land. Die Weskus Distrik, waarin Piketberg val, was die tweede beste distrik in die Wes-Kaap en het vierde beste geëindig in Suid-Arika! Ons kring (Kring 2) doen die heel beste in die Weskus Distrik en kry 93% matrikulasie slaagsyfer in 2015 (82% in 2014). Piketberg Hoërskool het weer soos in die verlede ‘n 100% slaagsyfer. Steynville Sekondêr verbaas ons almal en styg vanaf 70% slaagsyfer in 2014 tot ‘n allemintige 86,1% slaagsyfer in 2015 met A-gemiddeldes vir Bjoghan Witbooi, Adriana Visser en Wickus Bronkhorst. En Piketberg se matrieks met matrikulasievrystelling is hoër as 50%. Piketberg se uitslae plaas hulle hoër as die Nasionale, Provinsiale en Distriks

JANNIE LATEGAN EIENDOMME

gemiddelde! Ons het lank nog daaroor gepraat en die skole en skoolhoofde gelukgewens. Baie harde werk is ingesit, ook deur Kring 2 van die Onderwysdepartement met Sanet van Niekerk en haar hele span. Maar daar was ook hope genade en antwoord op baie gebede. Alle eer aan die Here. Dit is Hy wat wonderwerke doen. Dankie aan al die gesinne wat getrou vir hul matrikulant gebid het. Dankie aan die span wat dit alles gereël het. In 2015 het Gerna Croeser, die hoof van die Munisipale Biblioteekdiens, die behoefte gesien om deur talle kerke op ons dorp mense te mobiliseer om vir die matrieks te bid. Hierdie jaar is dit weer gedoen. Daar is ses kerke wat hieraan deelneem naamlik die AME, die VGK, die NGK, Shofar, Powerhouse en die Morawiese Kerk van SA. Elke matriekleerder se naam, keusevakke en eksamenrooster is deurgegee en gemeentelede van die onderskeie Christelike kerke kon elkeen ‘n koevert trek en sal vir die matriekleerling intree deur gebed dwarsdeur die hele eksamentyd in Oktober en November 2016. En ons weet dat die gebed van ‘n gelowige ‘n kragtige uitwerking het, want God is getrou. (Jak 5:16b)

Gereg: Eaab/Ieasa/FICA & MPRE

2015 se organiseerders van die gebedsondersteuning vir matrieks.

HIERDIE EIENDOMSAAK BESTAAN REEDS VIR BAIE JARE EN LEWER PROFESSIONELE DIENS AAN KOPER EN VERKOPER BEDRYWIG IN VERHURING- & VERKOOP MARK. MARKVERWANTE WAARDASIES WORD OOK GEDOEN. DIE ONDERSTEUNING DEUR DIE PUBLIEK WORD BAIE HOOG OP PRYS GESTEL. BRING GERUS U EIENDOM AS U DIT WIL VERKOOP OF VERHUUR EN WEES VERSEKER VAN NET DIE BESTE DIENS. LOER SELFS NET IN VIR ‘N KOPPIE TEE. HOOFSTRAAT 35 PIKETBERG TEL: 022 9132064 SEL: 082 4538305 E-Pos: jannierosa@lantic.net

Die organiseringsspan het op 26 Oktober elke hoërskool besoek (wanneer die matriekleerders Engels skryf) en saam met die groep gebid en vir elke matrikulant bevestig dat daar ‘n volwassene is wat sy/haar naam getrek het en onderneem het om spesifiek te bid vir sukses en krag deur hulle eksamen. Die span het ook geskenkpakkies uitgedeel aan die matrieks met ‘n liniaal, potlood, pen, teksvers, gebed en ietsie soets in. Nou moet ek myself eers onderbreek en vertel dat onderwys en vaardighede deur ons gemeenskap geidentifiseer is as ons hoogste prioriteit in Bergrivier wat dringend aandag nodig het. Veral kommerwekkend is die feit dat net 6% van ons skoolverlaters na matriek in die verlede tersiêre onderrig gaan doen het, want selfs die wat geslaag het, het nie noodwendig matrikulasievrystelling gehad nie. Daarom is ons so dankbaar vir inisiatiewe soos hierdie waar die hele Christelike gemeenskap kan inklim agter ons matrikulante met gebedsondersteuning en glo ons dat die Here getrou sal wees, ons gebed en smeking sal verhoor en ons matrikulante sal seën met baie krag, wysheid, insig en die lus om hard te leer tydens die eksamen. Mag elkeen kry ver bo wat hy of sy verdien deur hope Goddelike genade van Bo. Ons glo dat die sukses van Piketberg se toekoms lê in die kwaliteit van opvoeding en die aanleer van vaardighede van ons kinders (wat ons toekoms is).

*

Web: www.jannie-lategan-eiendomme.co.za

Eksamenrooster op p24


13

PIKETBERG

Tubeless tyres vanaf R350 DIENS SPECIAL

Met elke standaard diens kry u ‘n gratis Piketberg fietsryhemp.

U moet meer as R600 aan diens spandeer om hemp te ontvang.

Bring hierdie advertensie saam om te kwalifiseer vir die special!

Pragtige kinderfietse nou in vir kersfees.

Ons verskaf ook onder andere: Birzman, Hope, WTB, Sigma, Cateye, Ryder Produkte, Camelbak, Maxxis, Michelin, Kenda, IXS, Bell, Parktool, Giro, Olympic, Fox Shocks, Rock Shocks, Fox clothing, First Scent, Shimano, Shram en vele, vele meer.

Tel. 022 913 1101


14

Huis AJ Liebenberg hou Tiekie Oggend

Jan en Nooientjie Brand van Huis AJ Liebenberg geniet ‘n tiekie oggend met vernuftige speletjies.

VLV NUUS

VLV-Leefstylvergadering gehou op 20 Oktober met Frits van Reyneveldt van “Darling Sweet”. Heerlike nuwe geure van al die toffies is geproe – dit word met suiwer botter en ander natuurlike bestanddele gemaak sonder preserveermiddels. Sy besigheid in Darling ondersteun die “Trots SA”-embleem en inisiatief. Hy en ‘n vennoot het met een assistent begin en verskaf nou werk aan 18 werknemers. Die besigheid streef ook die “groen en herwinning”-beleid so ver moontlik na. Frits nooi Piketbergers uit om hulle fabriek in Darling te besoek en uit te kyk vir hulle toffies by feesmarkte of op sekere winkelrakke. Henriëtte Smit van VLV-Aurora het ook ‘n bydrae gelewer en wenke gegee oor Kongres-kompetisie artikels. Pragtige gebreide en gehekelde items is ook uitgestal – al die wolle en katoen breidraad is by Perskepot in Piketberg beskikbaar. Afsluitingsfunksie van Piketberg VLV en Piketberg Blom– en Tuinbou-klub word gehou op 11 November om 10:00 by Nieuwedrift Wijnhuis. Koste R30 vir lede en R50 vir nie-lede. Kreatiewe blomme demonstrasie deur Elbeth Liebenberg en musiek deur Louise Visser. Navrae en kaartjies by Nicoline Brown (082 477 0665) en Jackie Ferguson (083 660 4501).

Foto’s: Marie de Villiers

Better life is for everyone Dr Mohammad            

Remove bad luck Stop drugs/alcohol use Relationship, marriage and pregnancy problems Financial problems Luck to win lotto / lotto numbers “See” enemies that offend you Attract love Help men with problems Serious illnesses Change lifestyles Help with unfinished jobs from other doctors Help doctors that need more powers

Mohammad 078 859 2264 Now in Piketberg Town Centre

Leefstyldames saam met Frits van Reyneveldt van “Darling Sweet”.

Gebreide artikels van Henriëtte Smit, artikels gebrei met wol van Perskepot. Foto’s: Nicoline Brown


15

Poste Beskikbaar

Loopbaan Geleentheid

Vakleerling as Werktuigkundige

1. Auto Electrician 2. Spraypainter 3. Welder 4. Diesel Mechanic

Ons is op soek na ‘n jong energieke persoon om in diens opleiding as vakleerling te General Motors te voltooi. Ons sal die regte persoon oplei en laat kwalifiseer te Perdeberg Piketberg as werktuigkundige. Kwalifikasies:

Epos asseblief CV’s na: piketberghr@gmail.com

1. 2. 3. 4.

Matriek/senior sertifikaat Tweetalig Moet in spanverband kan saamwerk Moet woonagtig te Piketberg of omliggende gebied wees.

As jy jou loopbaan in die motor industrie wil maak is dit nou die geleentheid. Bring CV na Piketberg Motors of epos na sales@pmgroup.co.za


16


17


18

Badisa uitstappie na Pomona deur Jannie Lategan

‘n Dag in die lewe van ‘n Eiendomsagent

Kinders van die Badisa Voorskoolse kinderprojek op ‘n uitstappie na Pomona plaas. Dankie aan Liebco Vleishandelaars vir die borg van die bus. Foto verskaf deur Hannie Visser

Sluit aan by Rus-’n-Bietjieklub

Die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub nooi almal bo 60 jaar om by dié klub aan te sluit. Ledegeld is slegs R60 per jaar. Lede gaan gereeld na musiekuitvoerings, besoek die teater en gaan op uitstappies soos om blomme te gaan kyk. Die klublede was onlangs by Kirstenbosch en het dit baie geniet. Uitstappies is werklik bekostigbaar, aangesien die klub 'n groot deel van die onkoste dra. Moenie die kans laat verbygaan om wonderlike geleenthede te benut nie. Kontak sommer vandag vir Elmarie van Rooyen 022-913 1525 om in te skakel by Rus-'n-Bietjie se bedrywighede.

Te Koop Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer. Bees en Koedoe droëwors R210.00 per kg.

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Dis 6 uur in die oggend. “Goeie môre meneer, ons trek aan die einde van die maand na Piketberg en soek ‘n woonhuis met die volgende spesifikasies... Kan u asseblief dringend foto’s aanstuur en alle besonderhede wat die eiendom bied.” As die geleentheid uiteindelik daar is om te praat en te verduidelik dat eiendom om te huur eintlik ‘n skaars kommoditeit is, word die foonoproep aan die anderkant onderbreek. Die vereistes waaraan ‘n eiendomsagent moet beantwoord, is van hoë standaard. Hy is verantwoordelik om studies in te sit om sy Getrouheidswaarborg Sertifikaat “Fidelity Fund Certificate” jaarliks te bekom. Dit is nie net ‘n duur proses nie, maar word hy boonop verplig om CPD “Continuing Professional Development” aanbiedinge by te woon en ten duurste daarvoor te betaal. Dit is soortgelyke vereistes wat ook van andere in die professionele beroepswêreld verwag word. Voorts moet daar ‘n bepaalde aantal punte per jaar verdien word om te kwalifiseer ten einde die Getrouheidswaarborg Sertifikaat te kan ontvang. Sodra ‘n Agent kwalifiseer en aan al die vereistes van die Eiendomsagentskapraad voldoen, reik die Raad ‘n “Privyseal” embleem uit wat op die korrespondensie en dokumente van die agent geplaas word. Sou ‘n agent nie oor die nodige kwalifikasie beskik nie, mag hy geen kommissie op verkope verdien nie. Daar is ‘n toenemende bewuswording onder die publiek waarneembaar, waar jy inderdaad bewys gevra word van jou kwalifikasie voordat daar met jou sake gedoen word. Die agent kan vir sy kliënt baie regskostes spaar, deur self die Huur- of Koopkontrak in plek te plaas. Daar is baie vreugdes in die bedryf en ‘n wye spektrum van voornemende kopers word feitlik op ‘n daaglikse basis gesien… asook voornemende kopers van die buiteland. Dit is nie altyd ‘n maklike taak om aan die behoefte van ‘n koper te voldoen nie, want kwaliteit, ligging en dit wat die eiendom bied, moet uiteindelik gereduseer word tot ‘n bepaalde bedrag wat die koper bekostigbaar vind. Soms word voornemende kopers op ‘n hele reis deur die dorp geneem en moet daar eers vooraf afsprake met die eienaars gemaak word vir toegang. Die tyd en datum pas nie noodwendig altyd koper en verkoper nie en dan kos dit koördinasie om almal tevrede te stel. Ander kere voel die agent dat hy eintlik ‘n “toergids” is wat mense deur die dorp of distrik neem en lei dit heel dikwels na nêrens. Sodra Koper en eiendom mekaar gevind het, dan begin die half eindelose onderhandeling insake die kommissie en of daar nie met die Verkoper ooreengekom kan word om nog net dit of dat aan die eiendom te doen nie en “vra sommer die Verkoper of hy nie straks nog ‘n nominale bedrag wil afkom met sy prys nie!” Om mense uit verskillende kulture en met verskillende verwysingswêrelde te sien, is eintlik ‘n voorreg. Die taak van ‘n eiendomsagent word nogal makliker gemaak, as daar ‘n bedankingsbriefie kom dat jou dienste goed was. Ons leef in ‘n tyd van werkloosheid en daar is talle graad 12 leerders wat die skool verlaat en soms nie weet wat hulle moet doen nie, hulle kan dalk hulle nis in die eiendomsmark vind. Dit bly ‘n ongelooflike vooreg om mense op Piketberg te vestig en dan later te sien dat hulle hier gelukkig woon en werk en oral inskakel. Om eiendomsagent te wees, is ‘n uitdagende beroep wat beslis nie ‘n 8vm – 5nm werk is nie. Dit is 11:30nm: “Jammer om te pla …hoop nie u slaap dalk al nie, maar kan ek u môre kom sien insake ‘n huis wat op u web verskyn?”


19

Debutant Wenners

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    Steynville Primêr se Debutant wenners is: Grondslagfase: Lucille Moore (1ste), Malick Jafta (2de) en Cee-Jay Dirks (3de).

Intermediêr- en Seniorfase: Regail van Rooy (1ste), Amber-Joy Scottsman (2de) en Kaylinn Engelbrecht (3de). Foto’s: Elzanne Boshoff

Tillies en ACVV sluit af

Tillies en ACVV se jaareind-afsluiting vind plaas op Vrydag 25 November vanaf 8vm op die grasperk voor Huis AJ Liebenberg. Die marktafel sal, soos gewoonlik, kreun onder gewilde items soos beskuit, kleinkoekies, basaarpoeding, pasteie, jaffels en pannekoek. Almal is baie welkom om 'n GRATIS koppie koffie of tee te kom geniet! Heerlike eetgoed sal te koop wees om saam met die tee te nuttig.

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Met Biggie Best maak jy en ek hierdie jaar ons huise Biggie Beautiful!! Kersversierings beskikbaar vanaf 2de week in November Verskaffers van Annie Sloan chalkpaint

Christo en Linda 022 913 3326

oregonandmore@telkomsa.net

59 Long Street, Piketberg - oorkant Agrimark


20

Koppie vir Kansa op Redelinghuys

20 Jaar Gelede - November 1996 Voorblad: Elbeth Liebenberg behaal eerste en tweede prys by 'n Nasionale Blommekunsskou in Bloemfontein. Steynville Primêre Skool Nuus: Pretloop samel R7238 in. Mej Steynville is Nasherine Booys met Camerene Velasco en Carmen Lawrence as prinsesse. PPC skenk bome vir boomplantdag. ABSA skenk R10 000 vir die bevordering van geletterdheid. Herma Rossouw en Bertie Grobbelaar van Laerskool Eendekuil gaan die Nasionale Landsdienskamp bywoon. 160 st. 5's en 24 kringleiers woon die skoolverwisselingskamp te Bridgetown by. By die 67ste jaarkongres van VLV-Kaap op Stellenbosch, behaal Piketbergtak twee derdeplekke: Winnie Grobbelaar se hekelwerk 83% en Mariëtte Visser se borduurwerk 86%. PHS Prysuitdeling: Leiers vir 1997 is Charlene Smith, Jaco Louw, Martjie Visser, Nico Vercuiel, Nicolette Huysamen (onderhoofmeisie), Christine Anthonissen (hoofmeisie), Jaco Kotzé, onderhoofseun en Rossouw van Niekerk, hoofseun. Dux-leerder: Roelof le Roux. Sportpersoonlikheid van die Jaar: Sybil Eksteen. Christiaan du Plessis ontvang 'n aanwesigheidssertifikaat aangesien hy nooit gedurende sy skoolloopbaan afwesig was nie.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

’n Heerlike oggend is aangebied op Donderdag 29 September in samewerking met KANSA en Redelinghuys se VLV-lede. Elke lid moes genoeg mense nooi om ’n tafel vol te maak en moes ook sorg vir die verversings. Hester Smit, die uittredende Gemeenskapsmobiliseerder van Kansa, was ook teenwoordig. Dr Stella Potgieter van Malmesbury het ’n baie interessante praatjie oor “Seisoene van die Lewe” gelewer. Onderaan is ’n samevatting van haar boodskap.

Christa Adriaanse, Susan Visser, Hester Smit en Dr Stella Potgieter geniet hul koppie vir Kansa. Gaste wat die oggend saam geniet het, is Jacquelene Louw en Kowie van Zyl.

Foto’s: Gerda van Schoor

Seisoene van die Lewe

deur Dr Stella Potgieter Die beginsel van seisoene kan saamgevat word in Genesis 1 – “Laat daar lig wees” en Prediker 3 - “Aan alles is ’n vaste tyd gegee”. Die feit – laat daar lig wees – hang daarvan af dat alles ’n vaste tyd het – dag en nag, seisoene. Seisoene is daarom nodig. Daar is ’n rustyd nodig sodat daar weer nuwe groei (bloei, blaartydperk) kan wees. Mense belewe deur jou lewe ook verskillende seisoene. Jy kan selfs op een dag al die seisoene beleef. Iets wat jou vrolik maak, vul jou met blydskap (lente), en in ’n oomblik ontvang jy miskien slegte nuus – en jy’s in winter gedompel. Net soos in die natuur, beleef ons ook dat God in seisoene met ons as mense werk. SOMER - In jou lewe beleef jy somer as warmte, vol vreugde, ervaar dikwels geborgenheid, jy is vir iemand of ’n organisasie van betekenis. Maar herfs breek ook aan. HERFS - In hierdie seisoen sien ons die blare aan die bome verkleur, dit val af, plante gaan dood. Die mens kan ook as gevolg van lewensomstandighede in herfs gedompel word. Dit voel asof niks meer sin maak nie, jy bevraagteken die sin van die lewe, ook vir God – en hierdie kan oorgaan in ’n winter. WINTER - Winter skep ’n somber prentjie – waar jy somtyds in depressie verval. In haar eie lewe het sy ook winters beleef en bietjie vertel van haar omstandighede. Die vraag ontstaan tog by ons as mense: hoekom hierdie tyd beleef, waar is die somer dan? LENTE - Dit is bloeityd, botsels kom uit, skielik kry alles ’n ander kleur en kan jy uitsien na die onbevange somer – in die natuur, maar ook in jou eie lewe. Seisoene gee hoop. As jy in winter is, sien jy met verwagting uit na die lente of somer wat kom – dit gee jou die dryfkrag om aan te hou tot die somer deurbreek en daar weer genesing, sin en vreugde is.


21


22

NG Kerk Spokie Tee

Ons bied die volgende:  Stoffering van banke en stoele  Herstelwerk aan tente en seile  Maak van seil “canopies” vir bakkies  Motorsitplekke en motorplafonne  Trekkersitplekke  Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)

Van die begin van die jaar het ‘n groepie “Spooktannies” ‘n spesiale plekkie in elkeen van ons gemeente se matrieks se lewens ingeneem. Hulle is kort-kort bederf met ‘n lekkernytjie of ‘n geskenkie, maar die belangrikste van alles….hulle is geestelik en emosioneel ondersteun deur ‘n groepie baie spesiale dames. Verlede Sondag was hulle Spokietee waar elke kind hulle omgee-tannie kon ontmoet en lekker kon saamkuier. ‘n Baie spesiale dankie aan Dinette Lochner, Lynette de Witt, Retha van Deventer, Moira van der Westhuizen, Juanita Joubert, Julana Bindeman, Carine Hougaard en Annelize Coetzee vir al julle liefde en omgee. Foto’s: Reinet Jonker

Moira van der Westhuizen en Natasha Botha

Dinette Lochner en Letjé Burger

Carine Hougaard en Charl Hanekom

Julana Bindeman en Soné Coetzer

Juanita Joubert en Ané Nelson

Retha van Deventer en Ferdie Jonker

Lynette de Witt en Lize-Mari Engelbrecht

Annelize Coetzee en Magdaleen Grundlingh


23

Piketberg Blom– en Tuinbouklub

VLV en Tuinbou sluit saam af

Piketberg Blom- en Tuinbouklub hou 'n gesamentlike afsluiting met die VLV van Piketberg te Nieuwedrift Wijnhuis, Vrydagoggend 11 November om 10:00. Elbeth Liebenberg, 'n demonstrateur, beoordelaar en leermeester in die blommekuns gaan 'n demonstrasie gee oor die maak van kersversierings uit natuurlike plantmateriaal. Kom kry splinternuwe idees vir die versiering van jou huis hierdie kersfees. Kaartjies kos R50 vir nie-lede en R30 vir lede van hierdie twee verenigings. Kaartjies beskikbaar by Jackie Ferguson 022-913 3370 of kontak enige Tuinbou- of VLV-lid. Van links Jackie Ferguson, Jan Tolken (spreker), Katinka Morrison, Micky Visser, Anne-Marie van Wyk, Louwna van der Westhuizen, Moira van der Westhuizen en Jan se assistant, Ayanda Oliphant. Micky, Anne-Marie, Louwna en Moira was die gelukkige wenners van Protekprodukte in die lootjietrekking. Foto verskaf Jan Tolken van Protekprodukte, het die lede van die vergadering kom inlig oor die voorbereiding van jou somertuin deur die gebruik van organiese produkte om jou grond te verryk en plae te bestry. Die bekamping van ander plae soos muskiete, vlooie en vlieĂŤ word ook bespreek. Al die produkte is verkrygbaar by Kaap Agri, Piketberg. Die tuinbouklub wil ook vir Kaap Agri bedank vir die voorsiening van die verversings vir die vergadering.

:


24

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

“Ek kan nie meer nie; ek wil nie meer lewe nie; ek beteken niks vir niemand nie,” was my woorde aan myself tydens my studentedae in ’n huis in Ryneveldstraat op Stellenbosch in 2005. Ek weet nie van jou nie, maar hierdie is gedagtes wat in my kop weergalm het vir dae en weke aaneen totdat ek op ’n punt gekom het wat ek nie meer wou lewe nie. Wanneer ek vandag terugkyk, kan ek vir jou sê dat ek ’n leuen geglo het, want dit was nie die werklikheid nie. Hoe het dit dan gebeur dat ek op daardie slegte punt gekom het? Ek het begin kyk na die slegte goed wat ander mense van my sê. Ek het gefokus op my foute en hoe ek nie opmeet teenoor ander se standaarde en prestasies nie. Ek het gekyk na my omstandighede en kon nie verby dit kyk nie. Ek het nie geweet dat God wel ’n uitweg vir my gehad het nie.

Matriek Eksamenrooster

Vir u gerief word die eksamenrooster wat betrekking het op Piketberg Hoërskool (PHS) en Steynville Sekondêre Skool (SSS) gegee: RTT (Prakties): Wo 19 Oktober; Engels Taal: Wo 26 Oktober; Rekeningkunde: Do 27 Oktober; Siviele Tegnologie: Do 27 Oktober; Wiskunde 1 en Wiskundige Geletterdheid 1: Vr 28 Oktober; Wiskunde 2 en Wiskundige Geletterdheid 2: Ma 31 Oktober; Ekonomie 1: Di 1 November; Geografie 1 en 2: Wo 2 November; Afrikaans Taal: Do 3 November; RTT Teorie: Do 3 November; Fisiese Wetenskappe 1 (Fisika): Vr 4 November; Fisiese Wetenskappe 2 (Chemie): Ma 7 November; Ekonomie 2: Di 8 November; Engels Voorgeskrewe: Wo 9 November; Lewenswetenskappe 1 (Biologie): Vr 11 November; Visuele Kuns: Vr 11 November; Lewenswetenskappe 2 (Biologie): Ma 14 November; Ingenieursgrafika en Ontwerp 1: Ma 14 November; Verbruikerstudies (Huishoudkunde): Di 15 November; Afrikaans Voorgeskrewe: Wo 16 November; Ingenieursgrafika en Ontwerp 2: Wo 16 November; Geskiedenis 1: Vr 18 November; Besigheidstudies: Di 22 November; Musiek Teorie: Di 22 November; Musiekbegrip: Wo 23 November; Geskiedenis 2: Do 24 November; Engels Opstelle: Vr 25 November; en Afrikaans Opstelle: Ma 28 November.

“Believe you can and you’re halfway there”

Galasiërs 1:15 sê: “Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het.” Het jy geweet dat God al ’n plan vir jou lewe gehad het vandat jy in jou ma se maag was? ’n Ander manier om dit te stel is dat God ’n roeping vir jou lewe het. Wat is ’n roeping? Dit is eenvoudig die wil van God vir jou lewe; die werk wat God wil hê jy moet voltooi gedurende jou tyd hier op aarde. Hierdie roeping wat God vir jou het, is net goed. Jeremiah 29:11 bevestig dit: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” God se plan vir jou, Sy roeping vir jou is net goed en Hy bedink planne om vir jou ’n hoopvolle toekoms te gee. As jy enigsins soos ek is, sou jy al gewonder het of jy nie al te veel foute gemaak het en of God dalk Sy roeping of planne vir jou lewe teruggetrek het nie. Romeine 11:29 sê: “Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.” Dit beteken dat God nooit Sy plan vir jou terugtrek nie. Sy plan vir jou lewe bly konstant. Nie een van ons is uitgesluit nie - elkeen van ons het ’n roeping. Hoe vind jy uit wat jou roeping is? Jy vind dit uit in verhouding met God: deur Sy Woord te bestudeer en eenvoudig vir God te vra wat jou roeping is. Maak nie saak waar jy in jou lewe is - of jy geweet het van die roeping wat God vir jou lewe het en of jy wonder of jy alreeds jou roeping leef of nie, wéét dat God ’n plan vir jou lewe het en jy enigetyd na Hom kan terugdraai om te kom op ’n plek waar jy jou roeping kan leef. Dit maak nie nou saak wat jy sien as jy na jouself kyk nie. God weet jy het geweldig baie potensiaal in jou. Hy het jou gemaak. Gee jouself ’n kans om te fokus op jou verhouding met God sodat jy ook jou potensiaal kan sien. Roeping is die wil van God vir jou lewe en om afgesonder te wees, is ‘n belangrike aspek van hoe om daar te kom en jou roeping met oorgawe te leef. Ons kyk volgende maand na wat dit beteken om afgesonder te word sodat jou roeping ‘n alledaagse positiewe en opwindende werklikheid vir jou kan word! Verdere studie: Psalm 139; 2 Petrus 1:2-3; Efesiërs 1:4; Efesiërs 2:10 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


25

KIX Speletjiesaand

Tydens Kix se Speletjiesaand het Jannes, 'n vrywilliger, homself as 'n boemelaar vermom en tussen die kinders deur beweeg. Kix kinders word geleer om nie deel te wees van "Toxic Charity" nie - dit is om vir boemelaars en bedelaars geld te gee. Gee eerder erkenning aan hulle deur oogkontak te maak, hulle te groet en te gesels oor hulle omstandighede. Aangesien dit 'n verrassing was wat niemand verwag het nie, was dit 'n interessante toets vir elkeen teenwoordig.

Foto’s: Marietha Goosen

Internasionale Toerismedag

Die dag is gereël deur Piketberg Toerisme vir ouer persone en gestremdes. Foto’s: Marietha Goosen


26

Voetspoortjies – Sentrum

PHS se Laerskool Prysuitdeling

Kerkstraat 33, Piketberg, 7320 Ons bied jou kwatliteit diens in die volgende: * Gr R - Gekwalifiseerde B.Ed onderwyseres met Remediëring - Dubbel medium: Afrikaans en Engels - Gebruik die SmartBrain taal program (www.smartbrainsa.co.za) - Slegs 16 kinders per klas - R1 100 per maand * Peuter groep - Gekwalifiseerde ECD onderwyseres - Dubbel medium: Afrikaans en Engels - Slegs 10 leerlinge per onderwyseres - 5 dae: R750 – halfdag - R1200 - volda - 3 dae: R450 – halfdag - R720 - voldag - 2 dae: R300 – halfdag - R480 – voldag

Elnè de Klerk wen die Skoolhoofprys.

* Nasorg – Oop van 11 Januarie tot 15 Desember 2017 - Slegs toe op publieke vakansie dae - R600 per maand (ouers voorsien self middag etes) - Dag besoekers – R60/dag - Huiswerk hulp Maandae – Donderdae – R25/dag

Pieter Bruwer Dux-leerder en wen die Akademiese beker.

* Ekstra Klasse – Afrikaans en Engels - SmartBrain program vir spelling en lees verbetering - Gekwalifiseerde Onderwyseres

Maak gerus ‘n afspraak en kom vind meer uit!

Kontak Bianca by 060 504 9778

Alison se Swemskool Kursus @ R315 vir 8 lesse (1) 6 - 16 Desember 2016 en (2) 3 - 13 Januarie 2017

Henco Kruger wen die Hugo Holloway Trofee vir musiek. Foto’s: Sanet Coetzee

Ilanri van Rossum wen die Piketberg Leeskring prys asook die Dup Meubels boekprys vir EBW en Camber Christians wen die Berenice Scheepers boekprys vir kreatiewe skryfwerk.

Bespreek dadelik - beperkte plek. Kansellasie binne 3 dae is volle fooi betaalbaar.

Waterveiligheid en styl vanaf 1 jaar. Kontak Alison Müller 073 229 2855 of saans 022 913 1746

Beste presteerders in hul graad, Nina Ellis - gr 4, Jana Truter - gr 6, Pieter Bruwer - gr 7 en Annette Bruwer gr 5.

Vrouediens Afsluiting Donderdag 3 November 7nm


27

Hoërskool Piketberg se Leiers vir 2017

Die Hoërskool se VRL vir 2017 is: Agter, Bosmann Rossouw, Nicki van der Westhuizen, Chris Lausberg, Henri van der Westhuizen, Hennie van Zyl, Chris Rheeder en Ilanri van Rossum. Middel, Mia Smit, Willem Wiggins, Zana Vorster, Anine de Jager, Wian Coetzee, Dewald van Deventer, Anke Schreuder, Anné Rheeder, Janke van Schalkwyk en Mivuyo Xakeka. Voor, Anika Smit, Jac Goosen, onderhoofseun, Harry Roux, hoofseun, Glenda Dietrich, hoofdogter, Janét Stander, onderhoofdogter en PG Bruwer.

Kasteel Seunskoshuis se leiers, Pierre Mouton, Nicol Visser, Wilhelm van der Merwe, hoofseun, Anges Sifolo en Alex Ratilainen. Foto’s: Sanet Coetzee

Die Laerskool se VRL vir 2017 is: Agter, Adriaan Brand, Pierre du Toit en Juan Nelson. Middel, Jana Truter, Michelle Potgieter, Joanie du Toit, JC van der Westhuizen en Benco Grobler. Voor, Helouise van Sittert, Kacey Wessels, Timothy Daniels en Ruben Vosloo.

Leliehof Koshuis se leiers, Suné Smit, Elske Pieters, Carla O’Connell, hoofmeisie, Hanneke Pieters, onderhoofmeisie, Anine de Jager en Charné Alberts.

UNISA Klavier Uitslae

UNISA Praktiese Uitslae

Unisa Praktiese uitslae: Saam met Alison Müller is, agter, Zana Vorster (85% Lof), Marié Steyn, privaat (85% Lof), Harry Roux (87% Lof), Madalynn Paulsen (91% Lof en Ererol) en Komien van der Westhuizen, orrel 86% Lof). Voor Shanda Whitfield (80% Lof), Henco Kruger (90% Lof en Ererol) en Jade Wilson, privaat (84% Lof). Foto’s: Sanet Coetzee

Unisa Klaviereksamens uitslae. Saam met Komien van der Westhuizen is Hugo de Waal (82% Lof), Elné Burger (76% Eervolle vermelding), Delanie Jooste, privaat (85% Lof) en Timothy Daniels (83% Lof). Afwesig, Pieter Bruwer (77% - Eervolle vermelding).


28

Hoërskool Piketberg Prysuitdeling

Melanie Visser Skoolhoofprys

Schalk Mouton Beste RTT prakties - Annelize Coetzee trofee Ané Nelson Dux-leerder asook PriceWaterhouseCoopers-toekenning en Anton van Rooyen Akademiese Trofee.

Janke van Schalkwyk en Faith Blanckenberg deel die Praktika Ambassadeursprys. Foto’s: Sanet Coetzee

Harry Roux wen die Gerry Kuhn Aansporingsbeurs vir beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap, gr 11.

Beste vordering in Wiskunde gr 11 Deanu Cornelius ontvang Lezaan van Niekerk trofee

Werner van Rossum Leeskringprys

Naomi van Heerden Berenice Scheepers vir beste kreatiewe skryfstuk en mees tweetalige leerder

Johan du Toit Entrepreneurstoekenning

Janice January Beste Prestasie Vebruikerstudie Prakties

Levona Roberts Alison Müller trofee vir musiek

PHS se 2016 VRL sluit af

Hoërskool Piketberg se VRL het onlangs hul afsluiting gehou. Hulle moes aantrek soos sprokiekarakters. Foto: Alta Nelson


29

PHS se Erekleure

Zana Vorster Kultuur Musiek Unisa Gr 3-teorie

Jo-Leigh Geustyn Kultuur Kuns

Johan du Toit SA Wiskunde Olimpiade Top 100-finaal

Bosmann Rossouw SA Wiskunde Olimpiade Top 100-finaal

Foto’s: Alta Nelson

Ruvan van der Westhuizen Atletiek

Damian Markus Rugby

Plaasmark Piket-Bo-Berg

- Kruistementvlei -

Saterdag 29 Oktober

AnĂŠ Nelson Akademiese Erekleure Goud

Renate Coetzee Kultuur Kuns


30

Steynville Sekondêr se Fietsryers

Op 25 September het die volgende leerders: Leresha Samuels, Leandre Esterhuys, Eduardo Engelbrecht, voor, en agter Gurswin Daniëls, Diaan Kasper, Matthew Toontjies, Joshua Toontjies en Johane Erasmus, aan die Gemeenskapswedren oor 56 km deelgeneem. Die afstand van 56 km het gestrek vanaf Steynville Sekondêr tot in Eendekuil en terug na Steynville Sekondêr. SSS het saam met Sports Trust en Nedbank as die gashere opgetree vir die 10 skole wat deelgeneem het. Matthew Toontjies en Eduardo Engelbrecht is opgeneem in die Wes-Kaap Fietsryspan wat aan Fietsry SA se Jeug Kampioenskappe deelgeneem het vanaf 2 - 5 Oktober.

Foto: Marietha Goosen

SSS se Gholfsterre

Steynville Sekondêr se gholfspan het in die finaal van die Wes-Boland Skole Gholf se Somer Liga gespeel en weggestap as die kampioene. Op 30 September het hulle deelgeneem te Devon Valley Gholflandgoed in Stellenbosch en hul opponente, Hoërskool Dirkie Uys in die finaal met 'n telling 162 teenoor 96 geseëvier. Wat die individuele kompetisie betref, het al Steynville Sekondêr se spelers in die top 10 geëindig. Hulle is Cameron Somers, Corne Noble, Lyron Links, Breyton Goshai, Emile Vlotman en Levenzo Booys, met die afrigter Arthur Fredericks, heelagter. Foto: Marietha Goosen

Landloop na Mpumalanga

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Christophai Booise en Chalton Sias is opgeneem in die O/17 Wes-Kaap Landloopspan wat op 1 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe in Witrivier, Mpumalanga gaan deelneem het. Uit die totaal van 54 atlete het Chalton 13de geëindig, terwyl Christophai 15de was. Die Wes-Kaap 0/17-span het die algehele 3de plek behaal en al ses deelnemers is met 'n brons medalje beloon. By hulle is afrigter, Michael Beukes. Foto: Marietha Goosen

Ex-Piketbergers nou Hoofleiers Hoërskool Bonnievale se hoofleiers vir 2017 is onlangs aangekondig. Die Hoofdogter is Jenna Roseveare, regs en haar tweelingbroer, Kyle, links is die Onderhoofseun. Foto: Facebook


31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32

PPC skenk Chemikalieë

Marius Scholtz, links en Ferdie Greeff, regs saam met Jan Vorster (PPC Ltd / De Hoek - Human resources manager), naasregs en Kabira Akoob (Manager group CSI - PPC group services). Hulle het 'n groot klomp chemikalieë vir die Hoërskool Piketberg se Fisiese Wetenskap laboratorium geskenk. Foto: Sanet Coetzee

PHS se Sportprysuitdeling

Werner van Huyssteen, oud-leerder en gasspreker, saam met 2016 se Sportvrou Janke van Schalkwyk en die Sportmanne vir 2016, Bendert Smit en Ferdie Jonker. Janke het ook ‘n meriete toekenning ontvang vir besondere prestasie tydens nasionale byeenkoms.

Graad 7’s toer na Sutherland

Steynville Primêre Skool se Graad 7-leerders het die naweek van 30 September tot 2 Oktober 'n toer na Sutherland onderneem. Dit was 'n Natuurwetenskappe opvoedkundige toer. Hulle het 'n aandtoer meegemaak op die Vrydagaand waar verskeie planete en konstellasies, wat in die ruimte waargeneem word, gedoen is. Die Saterdag het leerders die observatorium besoek en ook 'n paar teleskope. Die hoogtepunt was natuurlik die SALTteleskoop. Dit was voorwaar 'n onvergeetlike toer. Baie dankie aan Boland Superspar en Liebco Vleishandelaars vir hul donasies ten opsigte van die etes. Foto’s: Elzanne Boshoff

Saam met Werner van Huyssteen is die Laerskool se sportvrou, Pamela Booys en sportman Damian Markus.

Rugbyafsluiting

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Die afrigters van PHS se eerste rugbyspan het elk ‘n muurhorlosie ontvang, wat deur Jasper en Reinet Jonker ontwerp en gemaak is. Ferdie Jonker, naasregs oorhandig die horlosies aan Kissie Bindeman, Jacques Schreuder en Jaco Claassen. Foto: Vanessa Luyt


33

Dirt Challenge vir Families

PHS se Dirt Road Challenge is 'n ideale uitstappie vir gesinne. Pa, Ma en die kinders, ook die oupas en die oumas kan stap en fietsry, van kort roetes tot lang en uitdagende afstande. Elke deelnemer kry 'n medalje en geskenkpakkie. Hope gelukkige trekkings sorg vir verdere opwinding terwyl jy op die gras rustig kuier met te eet en te drink na smaak. PHS bedank die hoofborg vir die dag, Stephan en Seun, vir nog 'n suksesvolle fondsinsamelingspoging.

Foto’s: Marietha Goosen


34

Trippe Trappe Kleuterskool hou Sportdag Die personeel en maatjies van Trippe Trappe Kleuterskool het met groot opgewondenheid op Saterdag 24 September ‘n heerlike sportdag gehou. Elke ouer het ‘n heerlike piekniekmandjie met ‘n vleisie en worsie gepak om die dag saam met hul kinders te kom geniet. Baie dankie vir elke ouer se deelname om van die dag ‘n groot sukses te kon maak. Baie dankie ook aan Hoërskool Piketberg vir die gebruik van die sportgronde, dit word opreg waardeer en ook aan Winkelshoek drankwinkel vir die borg van sappies en water vir elke deelnemer. Foto’s: Laurette Burger

Trippe Trappe “Pom-Pom” meisies het gedans en die seuns het met ‘n kreet geopen.

Leerders het gehardloop, gespring en ‘n hindernisbaan voltooi. Die ouers het ook heerlik met groot entoesiasme saam met hul kinders aflos gehardloop en aan ‘n “abba”-wedren deelgeneem.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


35

Hoërskool Piketberg het die naweek van 15 Oktober 2016 ‘n Gholfdag gehou waarby Boland SUPERSPAR betrokke was. Ons het ‘n natgat aangebied waar ons van ons nuwe CRAFT BEER bemark het en iets koud aangebied het vir die spelers wat heeldag op hul voete was. Die gholfdag het vroegmôre begin en tot laat aand aangehou. Daar was ongeveer 74 ‘GHOLFERS’ wat gespeel het en twee keer verbygekom het en ‘n hele paar ‘nie-gholfers’ wat ook verbygekom het. Ons wens Hoërskool Piketberg geluk met hul gholfdag! Ons sien daarna uit om dit volgende jaar weer te doen. Dit was groot pret.

Vrydag 14 Oktober het die jongklomp kans gehad om hul gholftalent te wys.


36

TOPS het onlangs ‘n kompetisie gehou waar een gelukkige kliënt hierdie CAPE COBRA’s trui kon wen. Victor Titus is ons wenner! Ashwill Fredericks oorhandig sy prys aan hom. Baie geluk!

Die Kameelhout braai wenner is Tashwill de Leeuw. Sally Dietrich, Slaghuis Bestuurder, oorhandig sy braai aan hom. Baie geluk Tashwill!

Een van ons 10 wenners van die ‘THIS IS MY SOUTH AFRICA CAMPAIGN’ geskenkpak is Miltonette saam met Charlene Fortuin. Dankie vir elke liewe kliënt se ondersteuning!

‘PORK CARNIVAL’ by Boland SUPERSPAR! Cindy oorhandig aan Elne Eksteen haar R500 ‘PORK CARNIVAL’ koopbewys wat sy gewen het! Baie geluk Elne!

Ons R1 000 geskenkbewys wenner van ons Ariel waspoeier kompetisie is Katy de Wee! Baie geluk Katy en dankie dat jy ons kliënt is. Mary de Wee, admin en Joyclee-Ann, kassier oorhandig die bewys aan Katy.

10 die piketberger nov 2016  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you