__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 10 www.piketberg.com November 2017

022-913 1796

R5,00

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS se Hoofleiers vir 2018

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lentebruide…..p4 Redelinghuys op Riebeek...p5 Drieling word 1…..p10 Oktober se Waterbesparingswenners...p17 Bruwers Nasionale Wenners…..p25 PHS Pryswenners…..pp16, 27, 30, 31 SSS Presteerders….p32 SA Gimnaste….p34

Hoërskool Piketberg se hoofleiers vir 2018 is Willem Wiggins, hoofseun, Zana Vorster, hoofdogter, Anke Schreuder, onderhoofdogter en Dewald van Deventer, onderhoofseun. Foto: Berenice Everson

Water Krisis - Vlak 5 Waterbeperkings Met onmiddellike effek mag slegs 87 liter water per persoon per dag gebruik word. Sien berig p12


2

Redaksioneel Hou jou lyn in die water Nee, nog niks te doen met die Somervakansie en viswaters nie...... Iemand gee my onlangs die goeie stukkie advies: "As jou lyn nie in die water is nie, kan die vis nie byt nie". Dis toe ek besig is met iets wat onmoontlik lyk en ek dink my poging tevergeefs is. Het dié raad my nou woema gegee! Ook onlangs merk ek teenoor iemand op watter merkwaardige prestasie so en so behaal het. Ek opgewonde soos altyd. Die reaksie boul my uit. Ek tob drie dae lank. Hoe kan iemand sê "enigeen" kan daardie prestasie behaal? My gedagtes dwaal deur die afgelope twee uitgawes van Die Piketberger en ek soek bewysstukke en kry hulle.......Zoë presteer, Milah presteer, Jana presteer, Harry presteer, Org de Rac presteer, Katinka presteer, Jemima presteer, Madalynn presteer, Nina presteer, Genevieve presteer, die Hanekoms presteer, Jasmin presteer, Corr presteer, Nolan presteer, Reaquen presteer, die Bruwers, Janke.......en vele meer..... Voor enigeen van hulle kon presteer, moes hulle "deelneem", hulle lyne in die water sit. Van vele prestasies weet Die Piketberger nie eers nie. Ek besoek Karookop Primêr en verneem hoe dié plaasskool spog met onoorwonne O/7-, O/8-, O/9-, O/11- en O/13rugbyspanne. Sou hulle dit kon doen sonder deelname? Hou julle lyne in die water.

Liefde Marietha

MP3-Spelers Gesoek

Steynville Sekondêr is op soek na ou, maar werkende MP3-spelers wat dalk in huise rondlê en nie meer gebruik word nie. Hulle wil dit gebruik vir leerders met leesprobleme sodat vraestelle opgeneem kan word en hulle daarna kan luister tydens eksamens. Dit kan maar eenvoudige MP3-spelers wees. Kontak asseblief Lise-Marie Carstens, die leerondersteuningsopvoeder by Steynville Sekondêr by 022 913 1770 of gee die MP3's net by die skool af vir haar aandag.

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Die Bouwers, Veronica, Charles, Gordon, Bernadette en kleinseun Gareth van Monumentstraat skryf..... Hiermee wil ons ons opregte dank uitspreek teenoor almal wat ons bygestaan het tydens die skielike heengaan van ons moeder, Ann Bouwer, op 2 September 2017: Drs Brink, Werle en Bruwer, Johan en Gerhard Carstens van Carstens Begrafnisdienste, Ria van der Westhuizen van CANSA, Anna Brink en Oom Gawie en Tannie Hepsibah Richter. Ons opregte waardering kan nie in woorde uitgedruk word nie.

Night-Ride

N7 Track Challenge bied aan ‘n “Night-Ride” en “Night-Run” op 4 November met volmaan. Besoek ons facebook-bladsy. Vir navrae kontak Lerine Botes 072 357 8537

Dis Lente en tyd vir vrugteslaai

Kom koop vrugte by PCS. Nuwe voorraad. Perskes, Pere, Sweetcorn, Baked Beans en Braai Relish @ R7/blikkie asook Fruit Cocktail @ R8/blikkie

Kontak 022 913 1886 om vir jou uit te hou.


3


4

September en Oktober se Bruidspare

George Nel en Eloise Kemp is op 7 Oktober by Laatson, Porterville in die huwelik bevestig. Foto: Lizette Frank van White Studio Photography

Oubaas Engelbrecht en Mirina Liebenberg is op 30 September te Schenkfontein, Eendekuil getroud. Foto: Elnorene du Toit

Louis Botha en Lelanie Snyman is op 30 September te Noupoort Mountain Estate, Piket-Bo-Berg getroud. Foto: JanĂŠ Ulla Photography

Plaas oppas gedurende vakansietyd Kontak Willie Human 076 244 2757 (verwysings beskikbaar)

Herman Engelbrecht en Tanya Pieterse is op 7 Oktober op die plaas, Spioenkop, getroud. Foto: Lizaan Nel Photography


5 Redelinghuys op Riebeek Kasteel Twee inwoners van Riebeek Kasteel het agt jaar gelede ‘n vertrek by hul huis aangebou met ‘n groot “blinde” muur aan die straat se kant. Om die groot wit muur te breek het hulle drie panele met ‘n omlysting op die muur laat pleister en dit toe ‘n ander kleur geverf. Hoewel die twee inwoners self nie perde het nie, is hulle baie lief vir perde - hul gaste woonstel word “The Paddocks” genoem, en die biljartkamer in die tuin is die “Royal Ascot”. Op hul leë erf langs die huis, wat in ‘n perdekamp omskep is, loop soms ander inwoners se perde. Familie van die twee inwoners, wat in Limpopo bly, het twee jaar gelede vir drie maande in Piketberg gewerk en op een van hulle verkenningstogte Redelinghuys “ontdek”. Die mooi beskilderde huise het hulle aandag getrek, en hulle het dit vir die twee “Kasteliete” genoem. Vier maande gelede het die twee inwoners besluit die drie panele moet weer ‘n slag geverf word. Dis tóé dat hulle op die gedagte gekom het om dit nie, maar net weer te verf nie, maar iets baie meer interessant aan te pak. Op die eerste van vier besoeke aan Redelinghuys het hulle uitgevind wie die skilder is, en n paar weke gelede het die uiters tevrede en trotse “Kasteliete” die drie staltonele, en nog ‘n mooi donkiekar natuurtoneel op vier staalplate, geverf deur Hannes Carstens, kom haal. Nou pryk Redelinghuys se “uitvoerproduk” op Riebeek Kasteel!

STOELASSISTENT

TANDHEELKUNDE PRAKTYK PIKETBERG Kwalifikasies:   

Geregistreer wees by die HPCSA as ‘n stoelassistent of besig om te registreer (heg bewyse aan) Basiese rekenaarvaardighede Toepaslike ervaring sal tot u voordeel wees

Verpligtinge:      

Assisteer die tandarts/e tydens prosedures Bestel van tandheelkundemateriale Voorbereiding van pasiëntlêers Assisteer met kantooradministrasie wanneer nodig Algemene netheid en skoonmaak van spreek kamer Sterilisasie en skoonmaak van instrumente

Stuur aansoeke na: Faks: 0862327135 of Epos info@praktika.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke en CV’s: 3 November 2017

Indien u nie twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.

Nuwe Somersklere Beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787 Die kunswerke deur Hannes Carstens van Redelinghuys, pryk nou op Riebeek Kasteel. Foto’s verskaf

 082 921 1977


6

“Evel Knievil” besoek Voëlvlei Destyds in die vroeë sewentigs, toe ek by my aanstaande vroutjie begin kuier het op Voëlvlei naby Piketberg, het ek kennis gemaak met haar twee broers Casper en Dries. Dries was ‘n onmoontlike mannetjie, hy het nie ‘n banghaar op sy kop gehad nie en hy het vir niks teruggedeins nie. In daardie jare is die dopstelsel nog toegepas, maar die reël tussen die boer en sy werkers was dat die manne nie op ‘n Saterdag te Carel van Niekerk veel moes gebruik nie. Op Voëlvlei was daar ‘n redelike getal manne, want hulle het ‘n melkerytjie, ‘n bietjie wingerd en koring op die plaas gehad. Ek en Christa was nog gekys en my nooi se ma, my aanstaande skoonma, het van die eerste TV’s in Piketberg gekoop. Ek het vir haar die TV en “aerial” opgesit en seker gemaak daar was sein. In daardie jare was daar nie eintlik programme nie, dit was hoofsaaklik net nuus en die res was ingevoerde programme. Die TV het ook net van ses uur tot nege uur in die aand gewys. Een van die programme was uit Amerika. ‘n Kêrel met die naam van Evel Knievil het met “motorbikes” deur brandende busse en oor “canyons gespring”. Die toertjies was vreeslik waaghalsig en Dries was baie beïndruk en geïnteresseerd in die ou se vertonings. Dries was ‘n baie humoristiese kêrel en hy was altyd gereed met óf ‘n grappie óf ‘n poets. Een aand toe Dries die plaaswerkers se wyn uitdeel, dink hy dat hy net so waaghalsig kan wees soos Evel Knievil. Miskien kan hy dan ook sommer oor ‘n paar goed spring met die “motorbike”. Dries het al lankal die motorfiets gehad en hy kon goed bestuur, hy was lekker handig met daardie fiets. Op die plaas kry ‘n boerseun mos baie geleentheid om rond te ry en in daardie jare het ons nog nie met “crash helmets” en goeters gery nie. Daai man het sommer kaalvoet gery, met ‘n kaal kop, ‘n kortbroek en ‘n kortmou hemp. Hy sê toe vir die manne wat hom die middag staan en dophou, dat hy soos Evel Knievil van die TV, ‘n paar toertjies wil doen, hulle sal moet hand bysit. Terstond gooi hulle ‘n 200 gelling drom op sy sy en pak hom alkant

TE HUUR Winkellokaal Oppervlak ±190 m² Langstraat Piketberg 082 8041 888

goed met bakstene vas. Hulle laat rus toe sommer ‘n “scaffold” plank op die drom en Dries meet die hoogte en afstand met sy oog, stap om die drom, skop so bietjie teen die “ramp” en besluit dit lyk stewig genoeg, hy gaan dit doen. So neem hy ‘n toetslopie met sy 175cc plaas motorfiets, ry oor die “scaffold” plank en vlieg wyd oor die drom asof dit sommer kinderspeletjies is. Net daar en dan besluit Dries dis nie genoeg van ‘n uitdaging nie en dat hy baie kan verbeter op die toertjie. Wil een van die manne dan nie maar agter die drom gaan lê, dan spring hy oor die ou nie? Die manne lyk eers huiwerig en Dries sê hy gee ‘n ekstra bottel wyn vir die man wat daar sal lê. Een man willig toe dadelik in; en hy gaan lê styf teen die drom. Dries neem weer sy aanloop met die motorfiets, ry oor die plank en spring toe heel maklik oor die man wat daar lê. Dries tap vir hom toe sy ekstra bottel wyn, maar steeds is die toertjie nie na sy sin nie. Is daar dan nie nog ‘n werker wat gewillig is om deel te neem aan sy toertjie nie? So bekyk een man die besigheid en hy sien Dries gaan heel maklik oor, hy sal ook gaan lê vir nog ‘n bottel wyn. Dries neem sy aanloop, ry maklik oor die plank en spring gemaklik oor die tweede man wat ook nou in die ry lê. Die eerste man kry toe nog ‘n bottel wyn en die tweede een kry sy eerste bottel wyn. Nou was die ander manne baie gewillig om ook te gaan lê en Dries hoef nie eers meer te vra nie. Met die derde ou wat gaan lê gee Dries lekker vet en hy spring toe weer gemaklik oor al drie plaaswerkers. Vir hulle deelname het die eerste werker drie bottels wyn gekry, die tweede een sy tweede bottel en die derde vrywilliger, sy eerste bottel wyn. Teen daardie tyd staan die plaasvolk en bekyk die gebeurlikhede en almal is opgewonde oor hulle eie Evel Knievil wat so goed kan spring. So kom lê die vierde man en almal is dit eens: dit is nou regtig ‘n groot en gevaarlike toertjie. Dries loop langs die manne verby, bekyk sy “scaffold” plank en weet sommer hy sal die vierde ou ook maklik mis. Net om seker te maak loop hy weer ‘n draai en bekyk sy drom en plank want hy wil darem nou nie hê een van die manne moet seerkry nie. Hy maak ‘n merk waar die motorfiets geland het en meet die afstand om seker te maak dat hy oor die vierde man ook kan spring. Hy klim toe op sy fiets en besluit vir veiligheidshalwe gaan hy ekstra uit sy motorfiets haal om meer spoed te kry. Dries gee vet met die ysterperd! Die aanloop is goed op dreef en die spoed is genoeg. Hy laat sak sy skouers en klem sy hande om die handvatsels, dis nou vir die “lift” oor die “scaffold”. Net toe hy die plank tref, draai sy wiel ‘n fraksie en sit gewig op die kant van die plank. Die plank kantel en wip van die drom af en Evel Knievil en sy gevaarte ry met ‘n helse spoed in die 200 gelling drom vas. Die voorwiel buig soos ‘n speelding en die slag was oorverdowend. En toe sien ons vir Dries verby vlieg. Soos ‘n pyl uit ‘n boog reg oor die drom! Oor die eerste tot die laaste man wat beangs lê en kyk hoe vlieg klein Dries oor hulle. Met ‘n slag tref Dries die klipperige grond dat jy net stof sien staan. In die volgende paar sekondes het ons in ‘n geskokte stilte eers net stilgestaan en die hopie mens onder die stof sien lê. Die bloed het teen sy gesig en hande afgeloop. Dries het die bloederige modder op sy elmboë en knieë bekyk en net soos hy die stof en bloed afvee staan die werker, wat eerste gaan lê het, lammerig op en sê: “Oubaas moet darem nie daai laaste bottel wyn vergeet nie.”


7


8 Sjokolade versierings vir VLV-Aurora

Lede wys hul unieke tuintjies

Antoinette Muller, foto links en Bo Rae Smit, Beatrice Kotze, Alida de Wet en Susan van Geems besig met hul sjokolade versierings. Op 19 September het VLV-Aurora vergadering by die "Nuwe Pastorie" gehou. Antoinette Muller het almal hartlik welkom laat voel en na 'n heerlike tee en eetgoed het die "pret" begin. Sjokolade versierings: 'n roosblaar, 'n sjokolade koekballetjie en sjokolade in vormpies is gemaak. Antoinette wys almal hoe om die oulike goedjies te maak en meer vertel van haar ondervinding met sjokolade maak. Hulle het met hartseer gedink aan Althea Adey 'n lid van die tak wat skielik oorlede is op 23 Augustus. Foto’s: Marinda Mostert

Delina Fox, Katinka Morrison, Jackie Ferguson, Moira van der Westhuizen en Carina Kennedy wys hulle pragtige, oorspronklike, unieke tuintjies in ’n houer wat hulle by die Piketberg Blom- en Tuinbouklub kom wys en bespreek het by die Oktober vergadering. Hierdie tuintjies kan as 'n unieke kersgeskenk dien. Die volgende gesamentlike vergadering van die Blom- en Tuinbouklub en die VLV Piketberg moet nie gemis word nie. Kom leer om kersversierings uit plantmateriaal en blomme te maak en beïndruk jou gesin en vriende die Kersfees. Die Kersdemonstrasie word aangebied deur Cobis Conradie van Kleinmond. Dit vind plaas in die Biblioteeksaal, Piketberg op Woensdag 1 November 2017. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Die demonstrasie begin om 09:30. Kaartjies beskikbaar by Katinka Morrison 082 829 6918 en Nicoline Brown 082 447 0665 en kos R30 vir lede en R60 vir nie-lede. Lootjies sal ook verkoop word teen R10 elk ten bate van die "Piketberg Animal Outreach". Die prys is 'n Kerspak ter waarde van R300+.

Glasbottels gesoek

Badisa soek kleinerige glasbottels, soos grondboontjiebotter bottels, vir konfyt vir volgende jaar se Snoek– en Patatfees. Kontak Hannie 022 913 2545 of 083 7544 760


9


10

Drieling word Een

Besige Bytjies se eie Kersspel op 18 November om 10:00vm in die NG Kerksaal, Piketberg. Toegang is R30 vir volwassenes en R15 vir kinders. Onder 6 gratis. 072 399 5447

Op 17 Oktober was Piketberg se jongste drieling een jaar oud. Die tema van die partytjie was sprokieskarakters. Hier is Pa Martin, Ma Crazentia en Ousus Mishaan met Zaylee, Tyrese en Zailor. Foto’s: Marietha Goosen

R330 vir 8 lesse


11


12 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Hierdie maand moet ons weer praat oor waterbeperkings. Na al ons pogings tot verminderde verbruik, kon ons dit regkry om 17% sover te bespaar. Baie dankie daarvoor! Toe was Hanlie Linde ons mikpunt ‘n besparing van 25%. Nou het die Wes-Kaapse Regering verdere maatreëls afgekondig wat elke Munisipaliteit dwing om vanaf 1 Oktober 2017 ten minste 40% waterbeperkings met onmiddellike effek te implementeer. Elke persoon in Bergrivier Munisipale Gebied mag slegs 87 liter per persoon per dag gebruik. Dit werk uit op 13 kiloliter per huishouding per maand. Ons voldoen nog nie hieraan nie en ek wil elke leser van Die Piketberger vra om ons te help om al u bure, vriende, kennisse en familie te inspireer om nog minder water te gebruik. Ons Burgemeesterskomitee moes op 19 Oktober 2017 harde besluite neem om ons kosbare water te help bespaar. Hiervolgens sal ons almal vanaf 1 November 2017 verhoogde watertariewe betaal vanaf 7000 liter per huishouding per maand en sal alle gebruik bo 13 000 liter per huishouding per maand beboet word. Ons moet die 17% besparing dringend vermeerder na 40%. Ons kan dit doen. Help ons asseblief om dit moontlik te maak. Elke druppel tel! Meld asb alle onwettige waterverbruike aan by die volgende nommer: Piketberg/Redelinghuys: 0832724126; Porterville/Eendekuil: 0726571801.

SPAAR WATER

SPAAR WATER

SPAAR WATER

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


13


14

Fiets Te Koop

deur Jannie Lategan

Geweldsmisdaad

Silverback Reno 24spoed R2 500 Kontak 079 039 3147

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Dit is eenvoudig sidderend om feitlik elke dag in die pers te lees van net nog ‘n geweldsmisdaad. Mense se lewe word by die dag goedkoper. Die wrede manier waarop mense vermoor word, is afskrikwekkend en laat elkeen koud. Om iemand se lewe vir ‘n selfoon of ‘n paar rand te neem is eenvoudig onverstaanbaar en gaan enige begrip te bowe. Die hartseer van elke verhaal is, dat dit in baie gevalle die broodwinner of goeie werkgewer is….iemand wat juis mense in diens neem. Daar is ‘n onmiskenbare vreesaanjaendheid by mense te bespeur…straks omdat jy in vrees lewe dat jy volgende in die ry kan staan. Wat nòg meer hartseer is dat ‘n lid van ‘n oënskynlike gelukkige familie, nie eens twee maal dink om sy gesin uit te wis nie. Hoeveel derduisende rande word dan nie agterna gespandeer om die onskuld van die moordenaar te bewys nie. Forensiese deskundiges en talle vakkundiges wat hulle tyd baie meer nuttig kon gebruik, moet nou dae in howe getuig. Sou die sogenaamde moordenaar dan nie aan die implikasies van sy daad gedink het toe hy dit gepleeg het nie? Kan ‘n mens se haat so oorimpulsief en moorddadig raak dat jy kan oorgaan tot so ‘n barbaarse en afskuwelike daad? In ‘n gesprek onlangs te Stellenbosch, luister ek na ‘n boesemvriendin van een van die oorledenes in ‘n gesinsuitwissing. Op ‘n vraag aan haar, wat sy dink of die man wel die daad gepleeg het, raak sy stil en tuur die verte in. Sy vertel watter lieflike mens die man was, so vol liefde en deernis en vol behulpsaamheid. In haar wildste drome kon sy nooit dink dat hierdie lid van die gesin, dit hoegenaamd sou oorweeg nie. “Nee, sê sy, hy het dit nie gedoen nie, maar die dwelmmiddels wat hy moontlik mag gebruik het, kon hom tot so ‘n onverantwoordelike stap gelei het. Inmiddels dwaal ‘n mens se gedagtes na ‘n man wat tereg staan op die moord van sy vrou. Waarskynlik volgens die pers moontlik ‘n liefdes driehoek. ’n Ma is op ‘n wrede manier dood…hoe dra jy hierdie boodskap aan jou kinders oor. Wie moet die kinders glo? Hoe sit hulle hul lewe voort? By nadenke, blyk dit in alles en dit dui daarop dat dit ‘n tekort aan liefde is. Mag ons liefde in oorgawe uitdeel, nie net aan die wat daarom vra nie, maar aan elkeen wat jy straks mag dink dit nie nodig het nie. Mag die beplanning van ons dagreis, in die eerste instansie liefde insluit.

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Die volgende Piketberger verskyn op 30 November 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 November 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


15

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


16

Bespaar Water en Wen Deel jou Wenk

In samewerking met Bergrivier Munisipaliteit en Die Piketberger loods ‘n gevestigde besigheid in Piketberg ‘n opwindende waterbesparingsprojek .

Sien Oktoberwenners op p17 Skryf nou in vir November

Hoe kan jy deelneem?

Neem 'n foto van die planne wat jy maak om water by jou huis of besigheid te spaar of te herwin. Stuur dit in en jy staan 'n kans om 'n wenner te wees. (Sien Yolandi se kontakbesonderhede hieronder)

Jy kan kwalifiseer vir die volgende drie kategorieë: 

Prakties en maklik implimenteerbaar 

Mees oorspronklike idee

Grootste waterbespaarder, gemeet aan syfers soos deur Bergrivier Munisipaliteit verskaf

Kontak Yolandi van der Spesiaal vir leerders van alle skole in Bergrivierstreek: Skryf 'n opstel oor een van die volgende temas:  Elke druppel tel  Water is Lewe Vra jou onderwyser of skoolhoof, hulle het die inligting.


17

Oktober se Waterbesparingswenners Foto’s: Yolandi van der Merwe

1ste prys aan Sarel de Viliiers en sy gesin, geskenk deur Carel van Niekerk van Piket.

2de prys aan Bennie Coetzee, regs, geskenk deur Calla Bredel van A-Z Supplies.

Deel van Sarel en sy gesin se 1ste prys is ook ‘n 2 Acre Fox Bouersgeskenk van Pieter Fox.

3de pryswenner is Elsie Lottering wat ‘n geskenkpak van Wolf Liebenberg van Liebco Foods ontvang.

Kleiner pryse gaan aan die Gr R-klas in die skole afdeling. Marili Hanekom ontvang die prys van Norman Links van Piketko. In die middel is Lynette Geldenhuys wat ook ‘n

prys ontvang van Norman Links van Piketko.Op die foto regs ontvang Heinrich Coetzee ‘n prys van Tjaart O’Connel van Winkelshoek, regs.

Troospryse, geskenk deur Stephan en Seun, gaan aan vlnr Ettienne Rhodes, Nellie van Neel, Thomas Swarts, Farron Locket en Haroldia en Jomia.


18


19


20


21

Op die rakke van die Biblioteek Die Skaalmodel

deur Anneli Groenewald Met hierdie boek is Anneli Groenewald in 2015 bekroon as die Debuutpryswenner in Nasionale Boekhandel se Groot Romanwedstryd. Die boek het ‘n ongewone vars inslag en speel af in die Skeepswrakmuseum op Bredasdorp. Die inhoud is hoofsaaklik ‘n alleenspraak deur die Museumbestuurder, juffrou Berdina Visagie, Bespreking deur ‘n onafhanklike vrou, konsensieus en Marietha Goosen betroubaar. Sy verdedig haarself teen klagtes van pligsversuim, beskadiging van museumeiendom, wanbesteding en die meng met ongewenste karakters. Sy is oorgehaal om haarself te verdedig en die hele verhaal is vol argumente ter verdediging Enigeen wat al ooit ‘n museum besoek het, sal saamstem dat die beskrywing haarfyn is, met genoeg humor, wat “Die Skaalmodel” ‘n aangename leeservaring maak. Uiteindelik slaag die boek in sy doel om mense aan te moedig om museums te besoek en te waardeer, en ook om die geskiedenis van Skipskop, die vissersdorpie, te laat herleef. Juffrou Visagie wil die sukkelende museumpie onder die publiek se aandag bring wanneer ‘n joernalis navraag doen oor die geskiedenis van Skipskop, wat in die 1980’s onteien is om vir ‘n missieltoetsterrein van die destydse Krygkor plek te maak. Visagie besluit om ‘n skaalmodel te bou van die dorpie Skipskop en betrek mense soos Sofia, die boheemse pottebakker, Erwin van die ysterwarehandelaar en Jan, die verslete besemverkoper.....

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net

Plase oor die hele Wes-Kaap en die Klein Karoo


22


23

A2interiors is hier vir jou Andries Grobbelaar van A2interiors is jou antwoord op daardie lang verwagte verandering wat jy in jou huis, jou kantoor, op die stoep of in daardie spesiale hoekie wil maak. Die meeste van ons het 'n behoefte daaraan om jou gedagtes en idees aan iemand anders te toets. Vir baie is dit ook nie moontlik om alles oor te doen met Andries Grobbelaar nuwe aankope nie. Andries is net die regte persoon vir wie jy kan vertrou met jou smaak, jou idees, jou uniekheid en jou styl. Met dit alles in ag genome, sal hy jou help om met 'n bietjie skop en 'n spatsel verf, dit wat jy het, te omskep in iets vars, modern en smaakvol. Teen 'n konsultasiefooi van R350, kan jy baie geld spaar, deur van die begin af jou idees te orden en stelselmatig jou doel te bereik. Die tweede deel van A2interiors is Andries se lasermasjien, waarmee hy bykans enige motief, uit 3mm hout, perspex of rowmark kan sny. So kan jy jou woonkamer, kinderkamer, braaikamer of stoep opkikker met 'n treffende prent, woord of patroon. Kontak hom ook vir geskenkies soos sleutelhouers, borsspelde, servetringe en vele meer. Sien onderstaande advertensie.

Flesse Benodig Die ACVV-kantoor benodig enige ongebruikte glasflesse (bv. mayonnaise) met skroefdeksels vir inmaak van produkte. Flesse kan afgegee word by die ACVVkantoor, Tillastraat, Piketberg


24

Inspirerende oggend met Lisa

Betrekking Gesoek Christen jongman op soek na enige werk of skoonmaakwerk, kan inslaap. Drink en rook nie. Baie betroubaar. Skakel enige tyd 079 814 6010 (Piketberg) Verwysings 082 558 3262 (Keith Goodwill)

Te Koop Lisa Spaarwater deel haar Annie Shoan verfwenke met ‘n groep van 40 belangstellendes wat die oggend by Oregon & More bygewoon het. Foto verskaf

Klein Wêreld

Helouise van Sittert, gr 7 by PHS, regs, behaal ‘n 4de plek Nasionaal vir die Lees van Afrikaans Prosa. Die deelnemer wat 2de was, is Nelmarie Botha van Kimberley, die dogter van PHShoofdogter in 1992, Annarette van Heerden. Foto: Louis van Sittert

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R230/kg Koedoedroëwors @ R210/kg Koedoebiltong @ R250/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

VOERTUIE GESOEK!

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Moenie dat die lente bloeisels jou onderkry nie. Kom kry verligting vir jou allergie by ons.

022 913 1600 022 913 2075

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com


25

Bruwers Nasionale Wenners

Konfyt en Preserverings Produkte beskikbaar soos vrugte in seisoen beskikbaar is

022 942 1744 Baksels Boere Fudge en Karamel Fudge Tuisgemaakte Mosterdsous, Mangoblatjang Die Bruwers, Pieter, Annette en Lise, het uitstekend gevaar in Pretoria by die Radikale Redenaars se Nasionale Kompetisie vir Afrikaans en Engels Lees van Prosa en Gedigte. Al drie is Nasionale Wenners. Pieter wen drie kategorieë, Lees van Afrikaans Prosa, Afrikaans Gedigte en English Prose. Annette is die wenner van Lees van English Prose en tweede in English Poems. Lise is die wenner van Afrikaans Moedertaal Redenaars en tweede by Lees van Afrikaans Gedigte. Met Lise se derde plek by Lees van Afrikaans Prosa en English Prose en vierde plek by English Poems, het sy aan vyf items deelgeneem.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Verskeie soorte konfyte: groenvy, rypvy, perske, appelkoos, aarbei, mango, tamatie, lemoen, nartjie, maketaan Kerrieperske- en kerrieboneslaai

Troutafelgeskenke

Dames: Variasie van Flessies konfyt Mans: Tuisaangemaakte speserye braaivleis, potjiekos, hoender, vark, potbraai

Matriekgebed Maak seker jy het ten minste een matrikulant vir wie jy op die naam opdra gedurende die Nasionale Eindeksamen Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406 Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote.

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Email: siphenkosip@telkomsa.net


26

PHS se VRL vir 2018

Laerskool Topleerders

Hoërskool Piketberg se VRL vir 2018: Gr 8 Filistea Adams, Kosie Maree en Eldeano Smith; Gr 9 Niketha Booys, Renay Esau en Mathys Louw; Gr 10 Kleinjan Kotze, John-Elize Runba en Githe Vorster; Gr 11 Marlin Bailey, Ravell Frans, Anné Rheeder, Bosmann Rossouw en Janke van Schalkwyk; Gr 12 Louis Bester, Kobus Brand, Madelein Brand, Hughen Esau en Ané Theron. Anke Schreuder, Onderhoofmeisie, Dewald van Deventer, Onderhoofseun, Zana Vorster, Hoofmeisie en Willem Wiggins, Hoofseun. Foto’s bo en onder: Berenice Everson

Beste prestasies in hul graad, Hanlie Lambrechts gr 4, Nina Ellis gr 5, Annette Bruwer gr 6, Jana Truter gr 7. Jana het ook die Akademiese beker gewen en is ook aangewyws as PHS se Laerskool Dux-leerder.

Koshuisleiers vir 2018

Wenner van die Skoolhoofprys vir 2017 is Arno Coetzee. Foto’s bo en onder: Hillian Roman Die Kasteel se leiers is agter Jody van Tonder, Kobus Brand, hoofseun, Hennie van Zyl en voor Martin-Louis Saayman en Willem Wiggins.

Leliehof se leiers is agter Minette van den Berg, Ané Theron, hoofdogter, Janka Carstens, Madelein Brand, onderhoofdogter, en voor Juan-Mari Rautenbach en Joané Wilken.

PHS se Laerskool-Afdeling se VRL vir 2018 is agter De Wet Carstens, Jacques Loubser, Jacques Lambrechts, Marius Scholtz, skoolhoof, Jana Bruwer, Leandri Kotzé en Marcel Maree. Voor is Craig Duncan, Annette Bruwer, Elsje Basson en Erasmus Mouton.


27

Hoërskool Piketberg se Pryswenners

Chris Lausberg ontvang die Praktika Ambassadeursprys

Carla O’Connell ontvang die Skoolhoofprys van Marius Scholtz. Carla ontvang ook die vaktoekenning Grové-Visuele Kunstoekenning vir kreatiwiteit (“Furore”).

Dux Leerder vir 2017 is Harry Roux, hy wen ook die Anton van Rooyen Akademiese trofee, gr 12, die PriceWaterhouseCoopers-toekenning vir beste prestasie in Rekeningkunde en Wiskunde gr 12.

Foto’s: Berenice Everson


28

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


29

Fietswinkel en Motorhandelaar (voorheen Bonthuys Bicycles)

Die WIELHUYS vir die herstel en instandhouding van fietse en motors. Herstel en instandhouding slegs van voertuie wat nie meer onder fabriekswaarborg is nie. Die WIELHUYS bied ‘n een jaar waarborg op vakmanskap en veilige oornag stoorplek van voertuie waaraan gewerk word. Gratis was van alle voertuie wat gediens word.

FIETSVERKOPE FIETS– en MOTORONDERDELE  MOTORVERKOPE 

Nuwe perseel Langstraat 53 Piketberg Skakel 022 913 1101


30

Sewes Kaptein by PHS se Prysuitdeling

Die broers Henri van der Westhuizen, beste junior rugbyspeler en Nicki van der Westhuizen beste senior rugbyspeler met Kyle Brown. Saam met Kyle Brown, Springbok 7’s Kaptein, is die Sportmanne en –vroue van die Hoërskool en Laerskool vir 2017 Henri van der Westhuizen, Ruvan van der Westhuizen, Jana Bruwer en Janke van Schalkwyk. . Foto’s: Berenice Everson

Matthew Somers, o/15 ontvang ‘n medalje vir beste kolwer en die beker vir beste junior krieketspeler. Alex Ratilainen, o/19 ontvang medaljes vir beste bouler en beste kolwer. Hy ontvang ook die beker vir beste senior krieketspeler.

Bendert Smit, beste seuns tennisspeler en sy broer Barend Smit ontvang albei ook sertifikate vir Weskus.

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Die DESEMBER uitgawe van Die Piketberger verskyn op 30 November Stuur berigte voor 21 November Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


31

UNISA Praktiese Eksamens

PCS besoek Huis AJL PCS studente besoek Huis AJ Liebenberg. Hulle dra gediggies voor en sing ‘n paar liedjies. Almal het dit geniet. Hulle het hulle besoek afgesluit met klein geskenkies vir die inwoners. Foto’s verskaf

UNISA Praktiese leerlinge met Alison Müller: Henco Kruger Gr 2 (77%) en Madalynn Paulsen Gr 7 (88%) Lof. Afwesig: Zana Vorster Gr 5 (80%) Lof, Marié Steyn Gr 5 (77%) en Jade Wilson GR 3 (76%).

Leeskring Boekpryse Anika Jordaan, links ontvang die Piketberg Leeskring Boekprys van Marietha Goosen vir gereelde biblioteek gebruik en die lees van hoëgehalte boeke.

Komien van der Westhuizen by UNISA klavier kandidate: Agter is Hugo de Waal, Gr 2 (74% Eervolle vermelding), Elné Burger, Gr 3 (73% Eervolle vermelding), Elsje Basson, Gr 1 (72% Eervolle vermelding) en voor Annette Bruwer, Gr 1 (81% Lof) en Cassidy Daniëls, Gr 1 (80% Lof). Foto’s: Marietha Goosen

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Makanaka Shoko, regs gr 4 ontvang die Piketberg Leeskringboekprys van Marietha Goosen.

BERGRIVIER OUTREACH

Foto’s: Berenice Everson en Hillian Roman

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Kersgeskenk vir ‘n goeie doel

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Lallie se Memwhaars Die Zeekoei deur Lee-Ann Steenkamp is beskikbaar by Piketberg Dierehospitaal teen R40 ten bate van Bergrivier Outreach. Ideale Kersgeskenk vir jul kinders of kleinkinders.


32

Jemima in Top 6

Steynville Sekondêr Sport

Steynville Sekondêre Skool het op 29 September op Royal Cape Gholfklub teen Hoërskool Dirkie Uys in die finale van die Wes-Boland Skole Gholfkompetisie te staan gekom. Dit was die tweede jaar agtereenvolgend dat hierdie twee skole teen mekaar in die finaal meeding. Steynville klop Dirkie Uys met 156 teen 106 punte. Die Steynville span bestaan uit: Agter, Breyten Goshai, Corne Diederich, Levenzo Booise en Ethan Lord. Voor Lyron Links (kaptein), Cameron Somers, Monray Blaauw en McKyle Booise. In die individuele kompetisie was Breyton Goshai 3de, Corne Diederich 4de, Levenzo Booise 6de en Ethan Lord 8ste.

Jemima Jaars in Graad 11 by Steynville Sekondêre Skool was vanaf 29 September tot 2 Oktober in Pretoria saam met sewe ander leerders van die WesKaap. Sy het deelgeneem aan die Nasionale Byeenkoms van die Albert Luthuli Young Historians Awards. Sy het gekwalifiseer vir die byeenkoms nadat sy in die Provinsiale rondte van die kompetisie uitstekend gevaar het. Sy was deel van die laaste ses deelnemers in Pretoria. 'n Trotse prestasie. Sy wil in besonder al haar opvoeders, Clive Julies en almal wat haar ondersteun het (in enige vorm) gedurende die tydperk hartlik bedank. Saam met Jemima is Richard Erasmus (Geskiedenis opvoeder) en FD Saal (Prinsipaal). Foto’s: Marietha Goosen

Diereliefhebbers, ons soek u hulp Dit is weer vlooie en bosluistyd, die minderbevoorregte diere is oortrek van bosluise en vlooie, baie kry brandsiek agv die miete wat op hulle teer. ‘Advocate’ bekamp vlooie, miete, bosluise en die vlieë wat hul ore stukkend byt. Dit kos R140 per buisie. Diereliefhebbers word versoek om asseblief ‘n klein boksie te pak met een buisie Advocate en een wurmpil en by die Veearts se spreekkamers te los. Indien u by Superspar Boland vlooipoeier en wurmpille wil koop, kan u dit by Dr Morrison se spreekkamers afgee.

Navrae Katinka Morrison 082 829 6918

Charlton Sias het van Gr 8 af aan landloopbyeenkomste deelgeneem. Onder die bekwame hande van Abraham Afrika, sy afrigter, het hy met verloop van tyd die oog gevang met sy skitterende prestasie. Hy het vanjaar by alle liga-byeenkomste skoonskip gemaak in sy ouderdomsgroep. Een van sy hoogtepunte vanjaar was toe hy op 26 Augustus in George, by die Weskaap-landloopbyeenkoms, as die Weskaaplandloopkampioen gekroon is. Sy tyd was 24,05. Hy het daar sy naaste teenstander met ongeveer 20m geklop. Op 30 September het hy aan die SuidAfrikaanse landloopkampioenskappe te Kimberley gaan deelneem, waar hy 'n goeie plek behaal het. Die Suid-Afrikaanse Kampioen het gewen met 'n tyd wat swakker was as die 24,5 wat Charlton in George mee gewen het. Charlton skryf sy sukses toe aan "gereelde en harde oefening". Ons wens hom alle voorspoed en sukses toe met die komende Matriekeksamen wat ons glo hy ook suksesvol sal voltooi. Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.


33

Hoekom Piketberg Christen Skool?

  

   

Christelike Waardes en standaarde CAPS Kurrikulum In Afrikaans & Engels Gragradueerde onderwysers (SACE geregistreer)

ATLETIEK, HOKKIE, “LO” Kultuuraktiwiteite Kleiner klasse met individuele aandag Skoolfooie: Gr 1 R1200pm & Gr 2-9 R1650pm

Wat maak ons anders? KOM KYK! Vir skoolnavrae kontak Sulize by 022 913 1886 tussen 07h30 - 12h00


34

Rugbyspelers toer na Skotland

Jacques Mouton, Hennie Van Zyl, Kobus Brand en Pierre Mouton met hulle vertrek na Skotland as deel van die Tony Stoops rugbyspan. Hulle het drie wedstryde gespeel en in al drie geseëvier. Foto verskaf

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Bokerf trek en noustrop trek

In Afrikaans is daar ’n hele aantal idiome wat verband hou met die ossewa. Net eers ter verduideliking van ons jonger lesers (almal wat nie deel van die Groot Trek was nie). Aan ’n ossewa is ’n lang paal wat aan die wa gekoppel is en voor die wa uitsteek. Hierdie paal word ’n disselboom genoem. Die osse word dan in pare langs die disselboom ingespan. Dit word gedoen deur middel van ’n juk (’n houtbalk) wat horisontaal oor die skofte van die osse rus. In die juk is daar gate aan weerskante van die os se nek en die skeie is penne wat vertikaal deur die gate gedruk word. Aan die onderkant van die jukskei is daar kerwe in die hout. Die strop is ’n riem wat van die een skei onderdeur die nek van die os na die ander skei gespan word sodat hy nie maklik kon asemhaal nie. Wanneer ’n os nie lekker saam met die span wil werk nie, is die strop in die boonste kerwe van die jukskeie geplaas sodat die os nie sy kop maklik heen en weer kon beweeg nie. Dus as jy iets moeilik vind word daar gesê dat jy bokerf of noustrop trek. Die gate in die juk was nie altyd ewe groot nie en daarom het die ossewadrywer ’n skei gehad wat dun aan die onderkant was en ‘n groot kop gehad het. Dus kon die skei oral in die juk gebruik word as een van die ander skeie breek. Daarom sê ons dat as iemand veelsydig is, is die persoon ’n klein jukskeitjie met ’n groot kop. Die disselboom het ’n mate van speling gehad waar dit aan die wa vasgemaak is en wanneer die osse gemaklik beweeg het met die wa het die disselboom teen die onderkant van die wa geklop. Daarom word gesê dat wanneer dit met jou goed gaan dat dit klopdisselboom gaan. Volgende keer: Wat is ’n remskoen en waarom lê iemand die tuig neer? M.A.A.N – S

Gimnaste se SA’s uitslae

Gimnaste het gedurende die Oktober skolevakansie aan die SA Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Uitslae is as volg: voor, Lana Boys 22ste plek Vlak 4 u/11; Pamela Booys 5de plek Vlak 7 u/13 en Lise Bruwer Vlak 4 u/9 19de plek. Agter, Mílah Baard Vlak 8 O/15 Nasionale Kampioen; Su-Mari Hanekom Vlak 5 u/13 9de plek en Jade Wilson Vlak 8 u/13 4de plek. Die gimnaste bedank die publiek, ouers en borge/donateurs wat hulle jaarliks ondersteun om hierdie geleentheid vir elke gimnas moontlik te maak om aan die SA's deel te neem. Hulle bedank ook Die Piketberger vir die gereelde plasings van die klub se prestasies. REACH Acro gimnaste het gedurende die skoolvakansie aan die Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Vlak 4 u/14 Vrouepaar 5de plek: Tihani van Lill en SuMari Hanekom, foto links. Mílah Baard het vir die volgende Goud ontvang: Tou, Bal en Vrydans en Jade Wilson het 'n Brons ontvang vir Bal. Foto’s: Chrisna Baard


35


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Nov 2017  

Die Piketberger Nov 2017  

Advertisement