Piketberger junie 2014

Page 4

4

Prostese vir Nedbankkliënt

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646

WINTER PROMOSIE 10% kontant afslag op alle winterskoene Geldig vanaf 20 Mei tot 20 Junie Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Elke jaar probeer Nedbank ‘n verskil maak in iemand se lewe. Nadat hulle twee jaar ‘n matriekdogter bederf het met haar matriekaf skeid, het hulle besluit om dié jaar iets heel anders te doen. Gou het die idee gekom om een van Nedbank se kliënte, Hendrik Theart te help. Hendrik is 69 jaar oud en het in 1985 sy regterbeen verloor tydens ‘n vragmotor ongeluk. Na die ongeluk het hy ‘n kunsbeen gekry en daarmee oor die weg gekom vir 29 jaar. Die moeite en ongerief wat hy gehad het om te stap, h et N ed b a n k a a ng e gryp. Dit was die begin van projek “Woody”. Mienie Scholtz het die projek op ‘n area vergadering bespreek en daar is dadelik besluit dat die hele area beMienie Scholtz en trokke gaan raak. Al nege Hendrik Theart takke het hul deel gedoen Foto’s verskaf om vir Hendrik uit te rus met klere en beddegoed, wat hy sou nodig hê om Strand toe te gaan vir die prostese. Nedbank was baie dankbaar om ‘n persoon op te spoor wat ingewillig het om ‘n “nuwe been” te maak en nog boonop te skenk, ene Anton Crous. Anton sê dat hy in al die jare nog nie ‘n persoon teëgekom het wat vir 29 jaar met ‘n kunsbeen stap nie, die langste is +3 jaar. Anton het self s vir die verblyf ingestaan. Mienie het vir Hendrik op 9 Mei Strand toe geneem, waar daar dadelik aan die werk gespring is, mates is geneem, gipsafdrukke is gemaak en so het die prostese begin vorm aanneem. Saterdag 10 Mei is die f inale af rondingswerk gedoen – geen moeite was ontsien nie. Die middag het ‘n stralende Hendrik met sy splinternuwe prostese gestap en was hy terug by die huis. Hierdie projek was baie bevredigend, aangesien Nebank ‘n daadwerklike verskil in ‘n persoon se lewe kon maak. Hulle is in besonder baie dankbaar vir die skenking van die prostese waarsonder die projek nie so ‘n groot sukses kon gewees het nie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.