Issuu on Google+

[AD]


4

N O RTH W EST I N D E PE N D E NT

AARDKLO P NASIONALE KUNSTEFEES

Agter die ske r m s Andries Vrey

Aan stuur van sake MARLIE GNÄDE

V

ir die uitvoerende hoof van die Aardklop-plaas is die ontwikkeling en die volhoubaarheid van die Afrikaanse taal en kultuur ’n groot prioriteit. Andries Vrey (33), wat al vir ’n paar jaar in ander rolle by die fees betrokke was, is vroeër vanjaar aangestel in dié posisie in die plek van Marlizé Kruger. “My ideaal was om op die ouderdom van 40 dié soort werk te doen. Dit het baie gouer gekom as wat ek gedink het,” sê hy. Vrey se belangstellings en vaardighede is reeds vanjaar ingespan vir die mobilisering van die kommersiële Afrikaanse mark. So is daar byvoorbeeld vanjaar meer kunstenaaars soos Nianell en Kurt Darren – a lá Huisgenoot Skouspel-styl – by die fees. Vrey is ook verantwoordelik vir finansiering en borge – ’n taak wat hy as een van sy grootste prioriteite sien omdat dit die volhoubaarheid en die uniekheid van die fees sal verseker. Wat sy werk makliker maak, is die feit dat Vrey lankal met een

Andries Vrey, uitvoerende hoof van Aardklop

MEER OOR VREY Bier of wyn? Ek verkies brandewyn. Gunsteling-kos? Enige iets. Ek eet min. Gunsteling-boek? Enige biografie, ek geniet dit om van interessante mense te lees. Gunsteling-fliek? Ek het nie een spesifieke gunsteling nie. Ek hou nie daarvan om lank stil te sit nie. Gunsteling-musiek? Jazz.

voet in die kunstewêreld staan. Hy is ’n vryskutdramaturg en akteur en het reeds verskeie produksies op die planke gebring. Die omstrede Markus 16 het in 2008 die tonge los gehad by Aardklop omdat sommige feesgangers dit as godslasterlik beskou het. Vrey was voorheen die mediaen bemarkingsbestuurder van die Aardklop Nasionale Kunstefees. Hy het ook al as digitale redakteur vir Rapport gewerk, Media 24 se interne digitale kommunikasiesisteem gekoördineer en is tans die bestuurder van kuduklub.com, ’n Afrikaanse produksiehuis vir aanlyn-DStv. “Na jare in die digitale wêreld, in verskillende rolle, het ek teruggekeer na my eerste liefde, die uitvoerende kunste,” sê Vrey. Prof. Annette Combrink, voormalige voorsitter van die Aardklop-direksie, het ná sy aanstelling in Maart vanjaar in ’n mediaverklaring gesê dat Vrey “al die eienskappe het wat nodig is om die fees, met die steun van ’n geesdriftige bestuurspan en aktiewe direksie, na ’n volgende prestasievlak te kan neem”.

[AD]

Vanjaar se feeskunstenaar, Angus Taylor

FOTO: CARLA CRAWFORD

Dialoog met grond LIEZL VAN NIEKERK Angus Taylor, vanjaar se feeskunstenaar se uitstalling, Klont – ’n dialoog met grond, gaan te sien wees in die hoofgalery op die Potchefstroomkampus van die NoordwesUniversiteit. Dié uitstalling sluit nuwe werke in en bied ook ’n oorsig van Taylor se werk oor die afgelope drie jaar in verskillende media – grond, klip, gras en metaal. Volgens dié beeldhouer is

kuns vir hom ’n interaksie met die materiële wêreld. Taylor gaan ook beelde in openbare ruimtes maak waarvoor hy saamgeperste grond gaan gebruik. Hy gaan ook beelde oprig op dieselfde plek waar die Totius-beeld gestaan het. Dié beeld is verlede jaar na die kampus verskuif. Sodra Taylor se beelde verweer het, sal dié ruimtes as ’n openbare eksperimentele kunsspasie deur plaaslike kunstenaars benut word.


NORTHWEST INDEPENDENT

5

[AD]

AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES


6

N O RT HW EST IN D EP END ENT

A A RD KLO P N A SI O N A LE KUNSTE FE ES

Kl assieke Musie k VANJAAR SE PRODUKSIES

Belaai met emosie

Barok met ’n tikkie ESTÉ GROSS

K

lassieke musiek is lankal nie meer stowwerig en vervelig nie. Wanneer jy braaf genoeg is om jouself daarin te begewe, kom jy gou agter dat ’n opwindende reis voorlê. Die barokkenner Kobie van Rensburg, ’n oud-Potchefstromer, sê tereg dat die emosies wat die mens 300 jaar terug beleef het, nie vandag anders beleef word nie. Dus maak ’n terugkeer na barokmusiek sin en kan dié musiek ook vanjaar in produksies by Aardklop gehoor word. Die Barok-opera, Acis and Galitea, is gegrond op ’n Griekse mitologiese liefdesverhaal onder die regie van Van Rensburg, wat verlede jaar die barokproduksie Tirsi e Clori na die verhoog gebring het. Sangstudente van die Noord-

EMOSIES WAT DIE MENS 300 JAAR TERUG BELEEF HET, WORD NIE VANDAG ANDERS BELEEF NIE - Kobie van Rensburg, barokkenner en oud-Potchefstromer

ACIS AND GALITEA Waar: KykNET Konservatorium Wanneer: 28 Sept. 17:30 en 29 Sept. 19:00

Prys: R80 Duur: 160 min. PARLANDO FURIOSO Waar: KykNET Konservatorium

Waar: Sanlamouditorium Wanneer: 3 Okt. 14:00 Prys: R120 Duur: 120 min. HANDEL'S MESSIAH: A CAPELLA Waar: Sanlam-ouditorium Wanneer: 29 Sept. 21:00 Prys: R110 Duur: 70 min. DIE BLONDES Waar: KykNET Konservatorium

wes-Universiteit (NWU) is in die produksie te sien en beloof om jou te laat lag, huil en weer die wonder van liefde ervaar. Dan is daar ook Parlando Furioso - ’n uitvoering van Handel se kantata “Apollo e Dafne” wat uitgevoer word deur die soliste Jaco Klopper en Linda van Coppenhagen. Hulle word deur die Nederlandse Barok-ensemble Furor

[AD]

Wanneer: 2 Okt. 13:00 Prys: R70 Duur: 80 min. EIGHT SEASONS

Wanneer: 30 Sept. 20:00 en 1 Okt. 11:30 Prys: R85 Duur: 60 min. CONCERTO DELLE DONNE

Waar: KykNET Konservatorium Wanneer: 1 Okt. 14:30 Prys: R70 Duur: 80 min. ZORADA IN ORRELTAAL Waar: Gereformeerde Kerk Noord Wanneer: 30 Sept. Prys: R85

Musicus begelei. Met hul passievolle mengsel van stemme en instrumente gaan hulle wys waarom barok nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Verder gaan die internasionaal bekroonde violis, Daniel Rowland, vanjaar saam met die Kamerorkes van Suid-Afrika Paizzolla en Vivaldi se Four Seasons op die verhoog kombineer.

Dié produksie moenie misgeloop word nie. Janine Neethling se Handel’s Messiah: A Cappella, is ’n oorspronklike verwerking waar die orkes met ’n vyfstuk sang-ensemble vervang word. Suid-Afrikaanse sangers soos Zanne Stapelberg en Raoul Beukes tree hierin saam met die NWU-koor op. Vir diegene vir wie die opgewektheid en energie van barokmusiek te veel hartkloppings gee, is daar altyd die sagte room. Créme Chopin is ’n produksie met die klavier- en kamermusiek van die komponis Chopin (wie se 200ste verjaardag vanjaar herdenk word). Die violis Zanta Hofmeyer, tjellis Susan Mouton en Suid-Afrika se eie Piano Man, Charl du Plessis, tree op in dié produksie. Die Blondes (Zorada Temmingh en Elna van der Merwe) se nuwe tweeklavier-produksie sluit enkele bekende werke uit Verdi se operas in en word afgewissel met hoogtepunte uit die musiekblyspele van Andrew Lloyd Webber. Die A Capella ensemble die Boulevard Harmoniste maak reg om gehore te vermaak met madrigale uit die klassieke tydperk en volksliedjies. Ander hoogtepunte op vanjaar se program sluit in: 2 Cellos recital, Concerto delle donne, Zorada in orreltaal en die TOEACklassieke akkordeonduo uit Nederland.


7

NORTHW EST I N DE PE N DE N T

AAR D K LO P N ASIO N AL E KUNST EFEES

Feesp ro gram HOOGTEPUNTE

Vermaak vir enige smaak Emo Adams

Chris Chameleon

Jak de Priester

Amanda Strydom

Juanita du Plessis

Nianell

So, wie kom fees toe? Só keur 'n paneel van kenners die beste musiek vir Aardklop JANINE ROUX

A

ardklop bied jaarliks ’n wye musiekverskeidenheid – veral in Afrikaans. Musiek – van uniek tot klassiek – wat feesgangers laat voete stamp en hande klap word met oorleg uitgesoek. Al ooit gewonder hoe die feesbestuur besluit wie mag optree? Volgens Marguerite Robinson, Aardklop se programbestuurder, gebruik ’n paneel kundiges ’n lys kriteria waarvolgens hulle besluit watter musiekproduksies deel word van die feesprogram.

Die televisie-aanbieder Johnny Davids, Centurion Teater se programbestuurder Lorinda Oelofse en die musiekregisseur Janine Opperman was drie van vanjaar se keurders. Hulle onderskei in die keuringsproses tussen twee produksies by Aardklop: opdrag- en loket-produksies. Vyf aspekte moet in ag geneem word by opdragproduksies: bemarkbaarheid, ekonomiese lewensvatbaarheid by die fees, ekonomiese lewensvatbaarheid na die fees, vernuwing en produksiegehalte. Só ’n produksie is byvoorbeeld As Die Broek Pas deur die Duitse dramaturg, Manfred Karge.

Dieselfde geld vir loketproduksies, maar die kriterium van lewensvatbaarheid val weg. Dit sluit in byvoorbeeld Mara Wie? deur die joernalis Kobus Burger. Die sluitingsdatum vir aansoeke vir enige ervare musiekkunstenaars wat by die fees wil optree, is gewoonlik in die middel van Februarie en die keuring word in April gehou. Ná die uitslag word daar met die suksesvolle aansoekers onderhandel oor die plek en tye wanneer die kunstenaars gaan optree asook die bedrag wat hulle betaal gaan word (hoe gewilder die kunstenaar, hoe meer word hy/sy betaal). Musiekkunstenaars van verskeie genres doen gewoonlik aansoek, maar as leemtes

in die program geïdentifiseer word, sal Aardklop nog kunstenaars betrek. Robinson sê dié kunstefees word in die algemeen gesien as ’n platform vir ervare kunstenaars en nuwe talent word nie sonder meer aangemoedig om in te skryf nie. “Aardklop wil hul sukses verseker en daarom wil ons hulle nie in die diep kant ingooi nie,” sê sy. Musiekgenres by die fees strek van ligte klassieke musiek, kabaret, rock en jazz, waarvan laasgenoemde twee die grootste konserte uitmaak. Produksies wat onder die musiekteater-afdeling val, word op dieselfde manier gekeur as die musiekkunstenaars.

[AD]

HUISGENOOT MUSIEKPLAAS Wanneer: 28 Sept. Waar: Feesterrein Prys: R 75 'n Dagverhoog met optredes van Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Emo Adams en vele meer.

toegepas kan word.

CHRIS CHAMELEON: NOOT VIR BROOD Wanneer: 28 Sept. - 2 Okt. Waar: Klipdrift Elgrosaal Prys: R 85 'n Humoristiese kykie na die Afrikaanse musiekbedryf. Verwag gevatte kommentaar en natuurlik ook Chris se musiek.

MATHYS ROETS: DROOMVROUENS Wanneer: 28 Sept. 2 Okt. Waar: Klipdrift Elgrosaal Prys: R 90 Droomvrouens se musiek is geskryf deur mans vir en óór vroue met name soos Delilah, Caroline en Madeleine. NIANELL: SAND & WATER Wanneer: 28 Sept. Waar: Klipdrift Elgrosaal Prys: R 120 Nianell wys onder meer haar vaardigheid op klavier en kitaar.

FLIP A COIN: A CAPPELLA VIR DUMMIES Wanneer: 28 Sept. Waar: Boys High Prys: R 90 Dié groep leer die gehoor in 'n ligte luim belangrike a cappellafeite wat prakties

ELSABÉ ZIETSMAN: EN OP 'N LIGTER NOOT Wanneer: 28 Sept. - 2 Okt. Waar: POK-hofsaal Prys: R 75 Elsabé en kie kyk komies na hoe mans veroudering ervaar.


8

NO RTH W EST I N D EP EN D EN T

Verken die naglewe

Vat haar na die liggies toe Wanneer die son sak en jy lus raak vir ’n aandjie uit, gaan ervaar Potchefstroom se naglewe. GEORGE GERMISHUYS gee ’n oorsig van die feeesdorp se kuierplekke

A

ardklop en die donker wat die begin van die nag aandui is ’n onheilige alliansie. As jy moeg is vir die reuk van rook, gebrande braaivleis en die blikkerige klank van Lianie May uit die luidsprekers van ’n gedropte Corsa bakkie met Gauteng nommerplate en hunker na flitsende ligte en ’n polsende ritme, sou ek sê dis tyd om Potchefstroom se legendariese naglewe te beproef.

DIT IS DIE PERFEKTE PLEK OM D I E M E I S I E T E VAT WAT J Y BY I M PA L A O P G E T E L H E T, O M V I R H A A R T E W YS D AT J Y N I E N E T M E T B E H U L P VA N R I C KY LO U W S L I CK I S N I E

[AD]

A A R D K LO P N A S I O N A L E K U N ST E F E ES

BOURBON STREET

IMPALA

Bourbons is op die Bult geleë en is so sinoniem met Potchefstroom soos sekere bands met kleurvolle skinny jeans. Mens kry ietsie van als in Bourbons: pampoenboere in two tones, mans met puntskoene, meisies met rugbytruie en meisies óf mans met hoë hakke. As dit jou eerste keer in Bourbons is, moet jy beslis hul Gummy Berry Juice, ’n geheime mengsel vir slegs R13, probeer. Gewilde dansbaantreffers klop in Bourbons, so gaan waai jou vlag, maak die sirkel groter of neem ’n stoute foto. Dié plek word baie vinnig vol, maar dit is die moeite werd om jou lyf daar te gaan skud.

Slaan jou kraag op, steek daai hemp in, poleer jou belt buckle en trek jou wit loafers aan, want Impala is ’n kuierplek in die ware, maar nie slegte nie, Afrikaanse tradisie. Impala is vir almal lekker, veral as jy daarvan hou om bietjie te langarm op Nicholis Louw en Ray Dylan se sokkietreffers. Impala het ’n goeie afwisseling van los- en vasdansmusiek wat strek van kontemporêr tot by die goue oues. Waar anders kan jy jou seile span, bietjie stereo love maak, boogie op Grease en dan weer bietjie om die dansbaan tol op ’n Gerhard Steyn nommertjie? Soos hulle sê: “Net in Impala.” Kyk uit vir Impala se Richelieu Kroeg. In sleeptong-Afrikaans skink hulle dié “beste Klippies en Coke in Potch,” so dit moet goed wees. Een van die hoogtepunte van ’n aand in Impala is seker die koshuisliedjies met bypassende bewegings wat jy nie sal kan miskyk nie.

YOOF Locals raak opgewonde oor Yoof - waarskynlik vir dié klub en kroeg se goedkoop drank. ’n Sour Apple Shot kos byvoorbeeld net R3. Yoof is op die Bult geleë en word vereenselwig met goeie tye wat vir altyd, maar soms met moeite, onthou sal word. Daar is ’n plekkie vir almal op Yoof se swart dansvloer so moenie bekommer nie, jy gaan nie geslaan word omdat jy nie ’n Blou Bul-trui dra nie. ’n Lekker kuier in die dorp word gewoonlik in Yoof afgesluit.

RIVER CAFÉ As jy nog nie in River Café was nie – dis in Calderbanklaan 2 in die Dam-area geleë - dan ken jy nog nie Potch nie. Dié kuierplek het ’n ontspanne, boheemse en romantiese atmosfeer met ’n mooi uitsig van die dam. Dit is


9

NO RT HWEST INDEPEN DEN T

Musie k

AARD KLO P N ASIO N ALE K U N ST E F E ES

Op d ie spy skaar t WENKE

Waak teen voedselvergiftiging SONIKA VAN WYK

P

OORWEEG OOK PABLO’S Op die hoek van Esselenstraat op die Bult SPORTS LOUNGE 118 Nelson Mandelarylaan, naby die Fanie du Toit-sportterrein PICASSO’S

In Steve Biko-laan, die Bult MIDKNIGHT’S Lombaardstraat, langs die Royal Hotel, middeldorp JOKER ROOM

P1 In Steve Biko-laan DIE DRAKENSTEIN Restaurant op kampus

Langs Steers, die Bult

die perfekte plek om die meisie te vat wat jy by Impala opgetel het, om vir haar te wys dat jy nie net met behulp van Ricky Louw slick is nie. Daar is 55 verskillende soorte biere op River Café se spyskaart. Met Aardklop is daar R10 toegangsgeld, maar moenie daarvoor skrik nie. ’n Aand in River Café behoort as volg te loop: steel jou pa of vriend se kar vir die aand, vat jou Impala-meisie River Café

toe, wys jy is verfynd deur nie net oor baklei en biceps te praat nie (verwys na die effek van die beligting of so iets), bestel een van hulle flatbreads, leen een hul komberse, gaan sit buite om sterre te kyk en lees ’n gedig vir haar voor. Verkieslik een van Jack Parow. Daarna vat jy haar Potch liggies toe. Jou transformasie van weird ou in Impala na romantiese moontlikheid is hierna voltooi. Hopelik.

otchefstroom se somerhitte en die duisende Aardklopbesoekers is ’n nare broeiplek vir voedselvergiftiging. Dr. Karlien van Zyl van Potchefstroom waarsku dat voedselvergiftiging veroorsaak word wanneer kos of water in swak higiëniese omstandighede voorberei word, dit nie by normale temperature gestoor word nie of dit nie op die regte manier voorberei is nie. “Die simptome van voedselvergiftiging sluit maagkrampe, naarheid, braking, diarree, hoofpyn, lyf- of gewrigspyne, moegheid en koors in,” waarsku Van Zyl. Iemand wat besmette kos geëet het, sal binne een tot ses ure simptome ervaar en dit kan tot 48 uur duur.

Voedselvergiftigng hoef egter nie jou fees versuur nie. Dit help om gereeld hande te was en Van Zyl raai feesgangers aan om seker te maak dat hulle kos in skoon areas voorberei word. Besoekers moet eerder vars produkte by betroubare produsente koop. Produkte wat lank en onverkoel in die son gestaan of reeds verval het, is gevaarlik. “Hoender, vis en eiers is veral produkte wat vinnig besmet word,” sê Van Zyl. As jy dink jy het voedselvergiftiging moet jy baie vloeistowwe soos water of Energade drink. Vermy ook suiwelprodukte en vetterige kos en eet eerder droë beskuitjies of groente en vrugte soos appels, piesangs, wortels en

kiwivrugte. Dit is noodsaaklik om ’n dokter te besoek as naarheid, braking en diarree langer as 48 uur aanhou of koors nie breek nie.

Kosstalletjies terug met gunstellinge JIMMY PRESSLEY As jou keel droog is en jou maag grom, maak ’n draai by een van Aardklop se 90 kosstalletjies. Vanjaar se spyskaart sluit steeds ’n

[AD]

wye verskeidenheid kos en drank in. Nuwe items is kraaknoedels, speserypynappels, biltong en speksosaties. Ou Aardklop-treffers soos snoek en patats, die lewerkombuis, pap en kaiings, afval en wildsvleis gaan steeds beskikbaar wees.

Feesgangers kan ook peusel aan gebraaide aartappel op stokkies (chipsticks), gekrummelde sampioene, samoesas en roomys. Moet ook nie die oesters, wyn en kaas, of die mampoerstalletjies vergeet nie.


10

NORTHWEST IN DE PE N DE NT

AARDKLOP NASIONALE KU NSTEFEES

Bekostigebare kuns

Kunstoere ’n moet vir visuele kunsvrate MIQUE VAN DER MERWE EN ELZANDRÉ AYRES

A

s jy vanjaar moet “klop” met ’n stywe begroting, is die Aardklop-kunsuitstallings vir jou. Daar is 14 amptelike kunsuitstallings by die fees en dit is gratis om na dié uitstallings te gaan kyk. As jy by al die uitstallings wil uitkom en ’n uitstappie daarvan wil maak, kan jy plek bespreek op die begeleide kunstoere. Dié toere word aangebied deur Theo Kleynhans, Kurator van die ABSA Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Visuele Kunsprogram. Dit skop daagliks om 9:30 by die Sanlam-ouditorium af en kaartjies kos R55. Al 14 uitstallings kan in slegs vier pitstoppe gesien word. PITSTOP 1: PUK-KAMPUS “Herald”, een van die werke op Stasis van Steven Bosch

Î HOOFGALERY (E7) KLONT

[AD]

Vanjaar se Aardklop-feeskunstenaar, Angus Taylor, se uitstalling, Klont, bestaan uit werke van gemengde media, waaronder hy klip, metale, brons, gras en grond as mediums gebruik het. Hoewel die werke wat uitgestal word oor die afgelope paar jaar gemaak is, maak hy ook enkele werke spesiaal vir die fees. Hiervoor gebruik hy saamgeperste grond as skeppingsmedium. “Ek poog om ’n ruimte te skep waar vloeibare verbande gemaak kan word tussen diskoerse, dissiplines en allerlei gedagtes,” sê Taylor. Î SANLAM OUDITORIUM SPIER COMTEMPORARY 2010 Die debuut-uitstalling van die wenners van vanjaar se Spier Contemporary-kompetisie bied aan feesgangers ’n ervaring reg uit die hart van Suid-Afrika. Î ALUMNI-SAAL (F14) Die Alumni huisves vanjaar vier

uiteenlopende uitstallings. In BRONZE AGE word ’n verskeidenheid produkte deur die internasionaal-bekende gietery met dieselfde naam uitgestal. Hulle spesialiseer in bronsbeelde. Die wenners van die jaarlikse ABSA L’ATELIER-toekennings, wat vanjaar 25 jaar oud is, se werke word uitgestal. Dié visuele kunstekompetisie dien as platform vir jong, plaaslike kunstenaars. Ingrid Winterbach se versameling portrette in PORTRETTE EN ANDER WEERGAWES benader portretstudie op verskeie maniere. Sy werk die graagste met pastel. In STAND word Pauline Gutter se werke in olieverf, houtskool en rou pigment gebruik om die spanning tussen die visuele vergestalting te ondersoek. PAINTERS WHO PRINT, ’n drukwerk-uitstalling deur Mark Attwood van The Artist’s Press buite Witrivier, sluit die werke van kunstenaars soos Penny Siopis in.


11

N O RTH WEST IND EPEND ENT

A A RDK LOP NA SI ONA L E K U N ST EF EES

Kuns Î F2-KUNSTEGEBOU CQ-FEST Dié uitstalling sluit studentewerke, sowel as die werke van die wenners van die Loeries en die AFDA kortfilms in. Î PERSKORGALERY (F20) SKILDER MET WOORDE II Dié ouditiewe en visuele ervaring is vanjaar vir die tweede keer op Aardklop. Die ATKV stel hul kunsversameling beskikbaar, wat dan begelei word met opnames van gedigte waarvan die inspirasie uit visuele werke geput is. Werke deur onder andere Bernard Odendaal en Stephan Erasmus kan gesien word. PITSTOP 2: NWU BOTANIESE TUI THE PARIS-JOZI COLLECTION Die werke van ses Suid-Afrikaanse kunstenaars wat in Frankryk ‘n werkswinkel van die meesterlitograaf Elizabeth Pons bygewoon het, word in die NWU Botaniese Tuin uitgestal. Dit word in samewerking met die Rendezvous Kunsprojek aangebied. Die kunstenaars is Hanneke Benade, Johann Louw, Lehlogondo Mashaba, Musha Neluheni en Pontsho Sikhosana. PITSTOP 3: SNOWFLAKE Kunstoere by die Snowflake vind daagliks om 14:30 plaas.

treau. Dié multimedia-uitstalling bevat die werke van meer as 75 kunstenaars en bevraagteken die dun lyntjie tussen erotisme en pornografie. Ervare kunstenaars soos Diane Victor, Judith Mason, George Setshedi, Pontsho Sikhosana en Leora Farber se werke kan hier gesien word.

“Waiting for the night”, een van die werke op Ad verbis ad verbera - From Words to Blows deur Richardt Strydom.

STASIS Plaaslike kunstenaar Steven Bosch se uitstalling, Stasis, maak gebruik van die simbiotiese waarde van duiwe. Duiwe word tradisioneel beskou as universele tekens van onskuld, reinheid, en natuurlik liefde, maar dié uitstalling stel ander vrae.

DIE UITSTALLINGS KAN IN SLEGS VIER PITSTOPPE GESIEN WORD

A VERBIS AD VERBERA – FROM WORDS TO BLOWS Richardt Strydom, wenner van die Sasol New Signatures kompetisie in 2008, se fotografieuitstalling handel oor kulturele masochisme en beeld psigologiese wonde as fisiese letsels uit. PITSTOP 4: POTCHEFSTROOM MUSEUM

PAUL BOULITREAU – L’ORIGINE DU MONDE – THIS IS NOT A PORN SONG Aardklop het jaarliks ’n kunsuitstalling wat deur ’n gaskurator saamgestel word. Vanjaar is dit die Johannesburgse Fransman (skilder en drukkunstenaar) Paul Bouli-

STREEK Streek stel die werke van oud- en huidige Potchefstromers ten toon. Vanjaar se erekunstenaar, Marianna Booyens, se uitstalling, “In die middel van al ons wêrelde”, bevat werke wat sy gedurende die afgelope agt jaar in Stellenbosch geskilder het.

[AD]

Toneel

FynGoudprys wink CHARLEA SIEBERHAGEN Sewe nuwe toneelstukke gaan vanjaar meeding vir een van die Aardklop Nasionale Kunstefees se vernaamste pryse, die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys, terwyl dié borg ook vir die eerste keer ’n nuwe toekenning bekend stel vir uitnemende toneelproduksies. Die Smelkroesprys, ter waarde van sowat R90 000, word vanjaar vir die tiende keer toegeken om die skep van Afrikaanse toneel- of kabaretproduksies aan te moedig en om uitstekende debuutwerke te vereer. Met die nuwe AngloGold Ashanti/Aardklop-FynGoudprys, sal produksiespanne beloon word wat daarin slaag om al die elemente van ’n inspirerende ervaring op die verhoog uit te beeld. Dié prys sal op Vrydag, 1 Oktober, tydens die musiekproduksie, Glorious, in die Sanlam-ouditorium van die Noordwes-Universiteit, oorhandig word. Om vir die Smeltkroesprys in aanmerking te kom, gaan die produksies beoordeel word op grond van toneel- of verhoogmatigheid (dit wil sê dramatiese effektiwiteit), lewensvatbaarheid en hoe die teks en die opvoering by mekaar aansluit. Die beoordelingspaneel be-

FINALISTE Aanspraakmakers op vanjaar se AngloGold Ashanti/ Aardklop-Smeltkroesprys: As ek maar geweet het Casper de Vries (regisseur) Draaijakkalse! Nico Luwes (regisseur) Genoeg, die gat is vol Themba Ndimande (skrywer) Goeie Giel! Hélène Truter (regisseur en skrywer) Mara wie? Kobus Burger (skrywer) Skollies Leon Kruger (skrywer) Spyt Ingrid Winterbach (skrywer) staan vanjaar uit die resensente Diane de Beer en Johan Myburg, die teaterkenners Marietha Channell, Fahiem Stellenboom en Ilse van Hemert, ’n verteenwoordiger van die borg, Larissa Baird, en ’n Aardklop-verteenwoordiger, Marguerite Robinson. Die skrywer van die beste verhoogteks wen ’n kontantprys van R30 000 terwyl die verhoogproduksie van die wenteks ’n verdere R58 000 sal ontvang om dit ná die fees te bemark en weer aan te bied.


12

N O RTHWEST IND E P E ND E NT

AAR D K LO P NASIO NAL E K U N ST E F E ES

Musie k Fans of rock unite

OppiBandwagon GWENDOLINE JANSEN VAN VUUREN

Afrikaans ‘repper’ Jack Parow is making his first appearance at Aardklop.

I

t’s October and the diehard music lovers will surely know it means OppiAarde 2010 has arrived. Since the first OppiAarde in 2002 the number of attendees has visibly grown year on year. In fact, OppiAarde has become one of the most popular one-day musical fests during Aardklop. This year it promises to be a rock ’n roll explosion, with a hint of alternative and hiphop music. Afrikaans rapper, Jack Parow, with his “in your face” presence and to-thepoint lyrics is one of the artists in the line up this year. BOO! and the original Monki Punkers, will combine their unusual looks and vocal cords to bring a contrasting, yet edgy sound to the show. Zebra & Giraffe, known for the “The

POTCH ROCKS Date: 2 October 2010 Time: Gates open at 12:00pm Cost: R100 Where: Senwes Park Cricket Stadium (Fanie du Toit Stadium) Availability of tickets: At the gates and computicket 660 minutes

Knife” and “Arm Yourself ”, makes it easy to understand why their CD won awards for the best rock album at the South African Music Awards (SAMA’s) and the best alternative album at the MTV Africa Music Awards last year. Zebra & Giraffe has shared the stage with local and international bands. The authentic local band from Potchefstroom, Straatlihkinders, will also be on stage. Their influences include Killswitch Engage, Meatloaf and even Lindsay Lohan. Die Heuwels Fantasties will be performing hits like ‘Oorlewing 101’, ‘Leja’ and ‘Klein Tambotieboom’. Also look out for Taxi Violence, Tidal Waves, Wrestlerish, Glaskas, Winterstasie, Les Javan and Part of Chapter Four at OppiAarde this year.

Plaaslike band, Ekhouvanjouokay.

[AD]

PHOTO: FACEBOOK

Kopskud of stilsit JACQUES CILLIERS Ou bekendes en nuwe gesigte op die musiekfront sal vanjaar te sien wees by River Café, Bourbon Street en Pablo’s, en jy is genooi na ’n ruk-enrol partytjie waar voetstampery en kopskud die massas definieer. Die MK-sessies in Bourbon Street op die Bult gaan elke aand vanaf 28 September tot 1 Oktober sorg vir optredes deur van Suid-Afrika se mees opwindende bands. Kaartjies kos R50 per aand en is slegs beskikbaar by die deur. Die line-up sluit in Zinkplaat, Evolver, en One Day Remains in, asook plaaslike gunstelinge soos Winterstasie, Glaskas en Alleen Na Desember. Vir ’n meer intieme musiekervaring is River Café, met sy uitsig oor

Potchefstroom-dam ’n goeie keuse. Plaaslike groepe soos RandomFAKENpanda, The Black Light Theatre Project en Waking Mathilda is hier te sien. Twee van Potchefstroom se nuwe bands, Ekhouvanjou,okay! en Dans Dans Lisa, tree onderskeidelik op by Bourbon Street en Pablo’s. Volgens Louis Janse van Rensburg van Ekhouvanjou,okay! kan feesgangers “legit kitare, breakdowns, en danceoffs” verwag. Dans Dans Lisa, die akoestiese projek van Bouwer Bosch (Straatligkinders) en Deon Meiring (Glaskas) gaan vermaak met hul komplimenterende stemme en aansteeklike koorgedeeltes. Dis partytjietyd in Potchefstroom, en jy is genooi.


13

NO RT HWEST INDEPEN DEN T

AARD KLO P N ASIO N ALE K U N ST E F E ES

Po int of view Time to ‘shout, pout and bite’

Hardcore clans to refined fans From hard drinkers to elegant creatures. Aardklop attracts two different groups of people. MARLIE GNÄDE explains why you shouldn’t expect them to get along Barbie dolls are advised not to enter Mosh pits. PHOTO: DEVIANT ART

A

ardklop is an all inclusive and entertaining experience regardless of age, personality or gender. The festival caters for the masses whether you’re looking for cultural enlightenment or seek to enjoy the simpler things in life like drinking beer or brandy. Nevertheless, Aardklop has it all. According to my knowledge, there are two types of people who usually attend the festival: Those who are hardcore fans or the more elegantly refined individuals. The hardcore fan of Aardklop, aged 18 to 26, are most likely rock up without making any prior sleeping arrangements. This may be due to a lack of maturity or their impulsive nature. They

are not to be feared though, even if they are generally intoxicated due to copious amounts of alcohol consumption. If you want to steer clear of these individuals, avoid the beer gardens at all costs. You may also have to watch out for the Drostdy-Hof tent and whatever you do, don't approach the Mampoer stall. You could even spot one or two of them in Bourbons, Yoof or at other water holes in the Aardklop district. Don't be alarmed when a slightly tipsy student marches in predation towards the food stalls. This is natural and perfectly normal in their complete state of mental absence. This state is only temporary and is restored when a Grandpa (preferably in powder form for immediate relief)

T H E H A R D CO R E F A N S A R R I V E E N M A SS E O N SAT U R D AY, TA K I N G OV E R P OT C H E F S T R O O M is forced down with liters of water. The hardcore fans arrive en masse on Saturday, taking over Potchefstroom. This ritual is known as OppiAarde and its the ideal place to enjoy live music, take photo’s, shout, pout and bite. Take note that pink stilettowearing Barbie dolls are not to attend without supervision.

[AD]

In event of midget wars or severe mosh pit activity these creatures try to flee, but then fall and die in the crowd. In recent years mutilation and in one specific case, a defaced Barbie doll, was reported. Nothing to be scared of, just make sure that you stick to what you know. In the case of Barbie dolls, I’m referring to lip gloss.

In contrast with the hardcore fans, the refined and ever so elegant individuals like to attend art exhibitions and poetry readings. They are desperately seeking cultural enlightenment and tea parties. They usually make their arrangements a year in advance and then confirm their plans at least thirteen times before they begin their journey to Aardklop. It’s amazing how far some of these these surly-looking individuals (with moon bags and sunscreen) travel for tea and poems. They are seen sitting on benches under trees while reading a dictionary for relaxation. It’s very important that they’re not disturbed during this period of time for they may become enraged and stab you with the pencil of doom, which will numb the nervous system and permanently reduce you to ashes. Nobody revels in the misfortunes of this group. But do not be surprised if some point and laugh at them when they arrive badly sunburnt and violently thirsty to buy a cup of tea. I’d like to thank them for adding some diversity to the Aardklop experience. Thus, whether a hardcore fan or a refined individual this festival welcomes you!


Aardklop festival supplement