Page 1

Gemeenskapkoerant vir die Noord­Vrystaat. Word versprei in Parys, Viljoenskroon en Vredefort.

Gratis

Tel: (056) 817 2267 Faks: 086 613 2160

Alicia Kleynhans.

Waterstraat 32, Posbus 15, Parys 9585 Donderdag 10 Januarie 2013

Liezl Taljaard.

Tanya Smit.

’n Honderd A’s vir Parys Hoër se matrikulante Hoërskool Parys se matrieks spog met ’n honderd A’s. Dit is die meeste nog in die geskiedenis van dié skool. Die graad 12-leerders het gesamentlik ’n slaagpersentasie van 96,7% behaal. Leerlinge wat onderrig in Afrikaans ontvang het, het ’n 100% slaagpersentasie behaal. Hoërskool Parys het ’n silwertoekenning (slaagpersentasie tussen 90% en 99%) tydens die Vrystaatse departement van onderwys se graad 12-skole toekennings vir 2012 ontvang. 48,8% van die skool se matrieks slaag met met universiteitstoelating.

Van die matrieks het 46,5 % geslaag met toelating tot diplomastudies en kan dus aan ’n tersiêre inrigting (universiteit of technikon) vir ’n diploma studeer en 4.7 % slaag met hoërsertifikaatstudies en het dus toelating tot ’n tegniese kollege. Alicia Kleynhans en Liezl Taljaard het elk sewe onderskeidings en kort op hul hakke is Tanya Smit met ses onderskeidings. Alicia wat onderskeidings in Afrikaans, Engels, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en lewensoriëntering het, sê sy sien uit daarna om vanjaar aptekerswese by die Noordwes Universi-

teit se Potchefstroom-kampus te studeer. Haar advies aan vanjaar se matrieks is om hard te leer. Sy sê hoe harder leerlinge in die rekordeksamen werk om goeie punte te kry hoe makliker is die eindeksamen. Liezl Taljaard spog ook met sewe onderskeidings in Afrikaans, Engels, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en lewensoriëntering. Sy sê dit was ’n groot verrassing om sewe onderskeidings te kry. Liezl gaan vanjaar tandheelkunde by Tukkies studeer. Tanya Smit het haar sewende onderskei-

ding met 1% gemis maar gaan die vraestel laat oor merk. Sy het onderskeidings in Afrikaans, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en lewensoriëntering. Tanya vertel dat sy uitsien na ’n nuwe hoofstuk in haar lewe wanneer sy vanjaar met B.Com.-studies by Tukkies begin. Mnr. Lucien van Zyl, skoolhoof, het in reaksie op die matrieks se prestasies gesê dat die skool baie trots is. Sy boodskap aan 2013 se matrieks is dat resultate soos die van die 2012-klas net as gevolg van konstante harde werk behaal kan word. Lees meer op bladsy 6.


2

PARYS GAZETTE

DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

Slange pik twee seuns in Kerstyd

Hannetjie Pieterse

In twee afsonderlike gevalle is twee jong seuntjies gedurende die Kerstyd in die Vrystaat deur slange aan hulle voete gepik. As dit nie vir die vinnige optrede van sy ouers en ook van ’n dokter en personeel van Parys-hospitaal was nie, het ’n slangbyt vir ’n vyfjarige seuntjie, Daantjie du Preez van Westonaria, dalk noodlottige gevolge gehad. Daantjie en sy ouers het langs die Vaalrivier by Parys uitgekamp. Hy en sy ma, me. Vicky du Preez het die dag na Kersfees omstreeks 10.30 in die tent gegaan om iets te gaan haal, toe hy onverwags deur ’n pofadder aan sy voet gepik is. Vicky het die slang onder die bed sien inseil en vir haar man geskree om te kom help. Van die ander kampeerders en haar man het die slang doodgemaak en vir Daantjie en die slang hospitaal toe geneem. Vicky het net die grootste lof vir personeel van Parys-hospitaal omdat daar binne 10 minute na die slang vir Daantjie gepik het, reeds die regte serum toegedien en hy gestabiliseer is.

Hy is daarna oorgeplaas na ’n Krugersdorp-hospitaal waar hy na vier dae ontslaan is. Sy voet het baie opgeswel en was donkerblou en die knapie het baie siek geword. Hy het egter terapie in die hospitaal in Krugersdorp ontvang wat met die bloedsomloop gehelp het. Die du Preez-gesin wil graag vir Sonja, Andre en Madi van der Mescht en al die kampeerders wat hulle bygestaan en met vervoer gehelp het, bedank. In nog ’n voorval is die sewejarige Hendri Pelser van Dewetsdorp dieselfde week deur ’n geelslang in hulle kombuis gepik. Hy het teen 20:00 kombuis toe gegaan om hondekos uit die kas te haal, toe hy op die slang getrap het. Gelukkig was dit ’n klein slang en het dit nie veel skade aangerig nie. Sy ma, Celeste Mann, se pa het die slang doodgemaak en hulle het dadelik dokter toe gegaan waar hy ook die regte serum ontvang het en oorgeplaas is na ’n hospitaal in Bloemfontein. Hy is die volgende dag ontslaan. ’n Woordvoerder van die afdeling Natuurbewaring in Welkom, Johan Hardy, sê dat slange, net soos mense, koelte soek. Hy sê

dit maak sin dat die pofadder wat vir Daantjie gepik het, in die tent was, want hulle soek koelte onder die bome. Geelslange is meer geneig om in geboue en huise voor te kom, want hulle soek muise en rotte. Hy sê die slange word deur die erge hitte en drukkende, vogtige weer, na koeler plekke gedryf. Só het Daantjie du Preez se voet na die slangbyt gelyk. Foto: Hannetjie Pieterse.

Daantjie du Preez in die hospitaal Foto’ s: Hannetjie Pieterse.

Die slang wat Daantjie du Preez gepik het.

’n Kerk tot eer van Sy heilige naam Hannetjie Pieterse

Die sleutel knars in die slot en die kerkdeur swaai geluidloos oop. Binne omvou die gewydheid en stilte jou. Jy voel aan dis gewyde grond waarop jy staan. Die goue strale van die son val in patroontjies deur die loodglasvensters op die mat. Die patrone in die loodglas simboliseer die Drie-Eenheid - Vader, Seun en Heilige Gees. ’n Rooi Hart, ’n goudkleurige kruis en ’n blou duif is kunstig verweef tussen al die loodglasstukkies. Die kerk is vol kruise, sommige met draad, sommige met mosaïekwerk gedoen. En kerse, op elke vensterbank en teen elke muur is daar ’n kers. Ook op die tafel voor in die kerk. Sommige mans bou vir hulle ’n kuierplek by die lapa. Ander weer bou werkskamers aan hulle motorhuise waar hulle na hartelus kan sweis en timmer. Maar Heinrich Kriel van Parys het vir hom ’n kerk gebou. ’n Piepklein kerkie. ’n Plekkie waar hy na hartelus die Here kan aanbid en hy en sy vrou, Christelle, en hulle drie kinders, Kyli, Linde en Vicki,

in die oggendstilte en voor die dag se gejaag begin, hul stiltetyd kan hou. Die kinders gaan bid gereeld voor skool daar. Heinrich vertel dat reeds in 2008 na ’n byeenkoms wat hy van Angus Buchan bygewoon het, die brandende begeerte by hom ontstaan het om iets vir die Here te doen om sy dank te betuig vir alles wat hy so onverdiend van die Here ontvang het. Hy wou toe al ’n kerk bou, maar die tyd in sy voltydse beroep het dit net nie toegelaat nie. Toe hy dus in hierdie jaar sy voltydse beroep verlaat het om sy eie onderneming te begin, het hy besluit om vir ses maande ’n sabbatjaar te neem om sy kerk te bou. En hy het gebou. Hy het self alles ontwerp en iemand met ondervinding gekry om met die werk te help. Hy het elke loodglasvenster en die deur gemaak, nadat hy ’n kundige op dié gebied gekry het om hom te help en te leer, maar toe hy eers begin, kon niks hom keer nie, en het hy die glaswerk self gedoen. Hy het oorwegend die kleure blou, geel en rooi gebruik, want dit simboliseer ook die begin van alles.

Uit hierdie drie primêre kleure kom al die ander kleure. Die venstertjie bo die deur is versier met drie kruise wat die Golgota-toneel uitbeeld. Die groot kruis met mosaïekwerk teen die muur is Christelle se handewerk. Die dakkappe van dennehout is deur ds. Lukas Meyer, afgetrede predikant en ’n ervare skrynwerker en goeie vriend van hom gedoen en getuig van presiese vakmanskap. Trouens al die werk in die kerk is met noukeurigheid gedoen. Die twee leunstoele en tafeltjie voor in die kerk kom uit ’n antiekwinkel in Parys, en die twee baie ou kerkbankies wat elk sitplek vir twee mense bied, het hy ook in ’n antiekwinkel opgespoor en kom glo uit ’n ou kerkie in Frankfort. Heinrich het ’n tydskakelaar aangebring wat die kerkie se ligte binne vanaf 19:00 tot 21:00 aanskakel. Dis ’n pragtige gesig as jy saans by hulle huis verby ry en die gekleurde ligte deur die loodglasvensters sien flikker. ’n Toegewyde christen-gesin se offer aan die Here - hul eie klein kerkie tot eer van Sy naam.

PARYS SLAGHUIS

MAUREEN COETZEE

Gebore : 1942-05-21 Oorlede : 2013-01-02

SPESIALE AANBIEDINGE: VRYDAG TOT SONDAG SONDAE OOP VANAF 08:00 - 13:00

Die pragtige kerk wat Heinrich Kriel eiehandig by sy huis gebou het. By hom is sy vrou, Christelle, wie se mosaïekwerk ook in die kerk te sien is. Foto: Hannetjie Pieterse

Tel/Faks: (056) 811-4252 Dolfstraat 49 (Oorkant Ackermans)

- MAALVLEIS R37.95 - BOEREWORS R38.95 - BEES KOOKVLEIS GEMENG R36.95

Geen kaarte op spesiale aanbiedinge nie!!! TERWYL VOORRAAD HOU


DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

PARYS GAZETTE

Vuurwerke steeds ’n ergernis Vuurwerke is elke jaar tydens die feestyd ’n groot ergernis vir inwoners, vanjaar was dit dan ook geensins anders nie. Parys en omgewing was nie stil tydens Nuwejaar en die feestyd nie. Dit sal menige inwoner bevestig. Volgens Golden City Supermark was vanjaar weereens ’n suksesvolle jaar vir vuurwerk-verkope en is heelwat tydens die feestyd verkoop. Die groot probleem met vuurwerke en veral klappers is die effek wat dit op troeteldiere in woongebiede het. Volgens mnr. Neil Visser van die plaaslike DBV was daar egter geen diere-beserings by hulle aangemeld nie. Daar was wel talle verlore diere wat as gevolg van klappers verwil-

derd geraak het. Volgens ’n plaaslike veearts is daar ook geen diere in die feestyd vir behandeling opgeneem nie. Mnr. Arnold Schoonwinkel, DA-raadslid, sê die munisipale bywette oor klappers is in ontwerpvorm. Die finale bewoording is nog nie goedgekeur nie. Volgens hom is daar tans geen regulasie aangaande vuurwerke in Parys nie. Hy sê die DA is ten gunste van wette wat die afskiet van klappers by huise in woonbuurtes sal verbied. Die wette sal net die afskiet van klappers by gesentraliseerde plekke soos sportvelde, onder toesig, magtig.

Renewal of liquor licenses Parys liquor traders can renew their licenses on 14 and 15 January at the Mosepedi Hall. Renewals take place from 09:00 to 16:30. The Free State Gambling and Liquor Authority says that all liquor traders should honour this period to ensure that their licenses are successfully renewed. They warn that licenses or registration

certificates which are not renewed in this period will automatically lapse. The renewal certificate for 2012 (for those who received renewal certificates) and proof of payment for the 2012 period should be brought on the renewal dates. The documents are compulsory to all license holders except cases where the renewal certificates could not be delivered.

Man verdrink by Promosa-tuine ’n Onbekende man het by Promosa-tuine verdrink. Die verdrinking het 17 Desember gebeur. Volgens die polisie was die man, in sy twintigerjare, teen druktyd nog nie uitgeken nie. Hy het wit krale met ’n wit kruis om sy

nek gedra. Hulle vermoed dat die verdrinking plaasgevind het terwyl die man in die rivier geswem het. Enige persoon met inligting kan konst. Thami Nqai by 082 554 3041 skakel.

ARCHITECT

HANS BEETGE B ARCH - Pretoria / SACA / SAIA

CELL: 082 492 4010 11 Gradwell street PO Box 1784 Parys 9585 beetgeja@telkomsa.net

www.hansbeetge.com

Vragmotor val om toe teer mee gee

Bo: Dié vragmotor van SAB het agter Overland Liquors op 21 Desember omgeslaan. Volgens omstanders het die teer op die pad mee gegee tydens 'n aflewering. Regs: Bykans helfte van die bestelling van Overland Liquors is beskadig toe die vragmotor omgeslaan het. Die muur in Dwarsstraat is ook verniel.

3


4

PARYS GAZETTE

DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

Lig en lekker heilsame geregte Helen Kluge

Lig en lekker... Dis hoe ’n mens se gemoed moet voel na ’n lekker vakansie en dit beskryf perfek hierdie heilsame geregte wat ek dié week met julle wil deel ... Spesiale vleisbroodjie Maak jou gunsteling maalvleisresep aan wat jy sal gebruik vir frikkadelle (ek gebruik helfte bees en helfte varkworsvleis) en vorm

Vleisbroodjie.

dit in ‘patties’ dieselfde grootte as pynappelringe (1 x 440g blik). Plaas een pattie regop in ’n broodpan, dan ’n pynappelring en weer ’n pattie en pynappelring tot alles opgebruik is. Druk hulle styf teen mekaar. Kook ’n glasuursel met die pynappelstroop, bruinsuiker, ’n bietjie witasyn en aangemaakte mosterd en verf die helfte daarvan op die broodjie; bedek en bak teen 200° C vir 30 minute. Haal deksel af, verf die res van die glasuursel oor en bak vir ‘n verdere 30 minute. Garneer na smaak. Perskes gevul met pasta Kook macaroni in stukkies gebreek volgens aanwysings op die pak; dreineer en verkoel. Vul die holtes van 8 tot 10 vars of ingelegde perskes met vulsel en verkoel tot net

voor opdiening. Vulsel: Voeg 500ml fyngesnyde koue vleis, 60ml mayonnaise, 10ml vars, gekapte kruie en geurmiddels by macaroni. Garneer met pietersielie. Soet, gekruide beesvleis Rangskik skywe soutbeesvleis in ’n oondskottel met ’n deksel met 1 blik ingemaakte appelkose met die stroop (gemeng met ’n bietjie mosterd) bo-oor. Verhit in ’n matige oond; verwyder die deksel; bedek appelkose met gesmelte botter en rooster tot bruin. Dien op met rys en ’n groenslaai. Corn fritters This is a signature dish of America and is often prepared for us by our daughter-inlaw...

Beat 2 extralarge egg yolks with some salt and pepper; add 5ml prepared mustard and a pinch of sugar. Add 1 x 340g can whole kernel corn (drained). Whisk 2 egg whites until peaks form and add to corn mixture. Mix 5ml baking powder, 2 slices crumbed white bread and 25ml grated Parmesan cheese and stir into the corn mixture. Drop tablespoons of the mixture into warm, shallow oil and fry until golden brown on both sides. Remove and drain on kitchen towel. Savoury tart Make or buy your favourite savoury crust. Filling: Heat 250ml milk, 30ml margarine and stir in 12ml cornflour until mixture thickens. Stir in 250ml grated cheese, 250g chopped, fried bacon and 1 finely chopped onion. Set aside to cool. Add 2 large, beaten eggs, 20ml fresh, chopped herbs and seasoning. Pour into crust and bake at 180° C for 30 minutes until set and golden brown..

Macaroni-gevulde perskes.

$$$$

GROOT

KONTANTLENINGS

Het u baie skuld, is u agterstallig met skoolgeld of huishuur? Benodig u kontant vir enige ander ongemaklike situasie? Ons kan u onmiddellik help met kontant @ lae rente teen enige soort voertuig wat in ons besit bly terwyl u terugbetaal, bv. motors, motorfietse, vragmotors, bote, jet-ski’s, ens

Soet, gekruide beesvleis.

Probleem met swak kredietrekord kan oorkom word. BETAAL EERSTE PAAIEMENT EERS NA 60 DAE. KAPITAALVOORSKOTTE Het u ‘n woning of Savoury tart. is u woning verkoop, en wag u nog vir die kontant? Is u lening afgekeur vir ENIGE rede? Ons kan u onmiddellik help met oorbruggingskapitaal! Skakel Geraldine by

071 382 9069 Klerksdorp, Noordwes

Corn fritters.

Ubuntu-Sunshine aims to assist with food The Ubuntu-Sunshine project of the Free State Care in Action aims to provide food to the people staying at a dumping site in Tumahole. The project provides food

from Mondays to Fridays between 12:00 and 13:00. They ask for any form of help. For more information about the project phone 056 811 2971.

Leeskring bespreek Toring se baai Toring se baai, die skrywer E. Kotze, se eerste vollengte roman, is pas vrygestel. Dit is ’n storie oor ’n plek. Die Weskus, ja, maar meer spesifiek ’n baaitjie met ’n kreef-fabriek, ’n jettie en ’n nedersettinkie. Die boek speel hom tydens die

Tweede wêreldoorlog af en die plattelandse tydsgees word uitstekend weergegee. Kom sluit op Vrydagoggend 18 Januarie 2013 om 9:00 by die ouditorium van die Parys-biblioteek by die leeskring aan wanneer hierdie boek bespreek word, en kom ver-

kneukel jou in die tipiese Weskusdialek. Nuwe lede baie welkom. Kom sluit aan, drink ’n koppie tee en gesels saam. Sien jou daar! Kontak Willa Buys by 056 811 4842 of Hannetjie Pieterse 056 811 2612 vir meer besonderhede.


DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

PARYS GAZETTE

Municipal pound - a fight very long fighted

Margaret Maass writes:

Regarding the article, “Still no Municipal pound”’(Gazette Thursday 6 December 2012), I would like to add the following: First of all the Law in South Africa makes provision for the pounding of all stray animals, not only dogs as stated in the article, and we certainly have enough strays. Tumahole is practically an animal farm, and believe it or not there are residents in Parys who are ‘farming’ in their back yards! There are cattle, horses, goats and poultry etc. What a health hazard, you need to see it to believe it! All these years the municipality has given a deaf ear to the complaints received not only from the township residents directly, but also from the SPCA whilst I was working there. Secondly, the then committee compiled a Memorandum of Agreement regarding Pound status (which all municipalities in the country must have). By Law each Municipality in the country should have a pound, and if they do not they can enter into a contract with their local SPCA’s to provide such services. Thirdly, this dispute has been ongoing since 2006, not only these past two years. I wrote my first letter to the Municipality regarding the Pound status in May of 2006,

soon after I started working there. It took the Municipality almost two years to respond and set down a meeting which had so often been set down and cancelled at the last minute. I must also add that after many of these meetings, we met with such negativity that it was frustrating to say the least. Even the NSPCA tried to assist but with no success. The Ngwathe Municipality does not have “Municipal By-Laws” in place although they have compiled one of the best, according to Fezile Dabi, but this has never been promulgated. In fact there is no law prohibiting the residents to have as many animals as they care to have on their property. The By-Laws fell away in 1994 when the municipalities of Tumahole, Koppies, Parys etc amalgamated into one Municipality and became the Ngwathe Municipality. I find it annoying that the Ngwathe Municipality has made no effort these past 6 years to rectify this matter and suggest that the SPCA consider taking the matter up with the Courts of Law. In the meantine would it not be best to send Municipality a monthly statement (account) regarding these costs, for Pound services rendered seeing that you are providing a service to the Ngwathe Municipality? Written in sympathy for the SPCA of Parys - I wish you the best of luck.

Tasse bring vreugde vir eerste skooldag Twee Bloemfonteinse maatskappye, Globe-

flight en Blue Express, het ’n baie welkome skenking van 16 skooltasse met allerlei noodsaaklike items daarin, aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) oorhandig. Hierdie skenking is bedoel vir pleegkinders wat hul skoolloopbaan in 2013 begin. Die gebaar van die maatskappye word gesien as motivering om hierdie kinders aan te spoor om hul beste te lewer en vir hulself ideale daar te stel. Pleegkinders is meestal afhanklik van ’n pleegouertoelaag wat nie noodwendig voorsiening Van die tasse met skoolbenodigdhede wat by die VVA-kantore oor- maak vir skooltoehandig is. rusting nie.

5

SMS to be on contact list again Cllr. David Spence. Ward 13. writes:

Last November my computer crashed and I irretrievably lost all my SMS contact numbers. These contacts are important as I used them to inform the public of events that affected them e.g. burst water pipes, power outages etc. If you were on the original list and would like to be part of my information campaign again, please SMS your Surname and Cell

number to 082 574 3241 and I will put you on my contact list again. If you were not part of the original list of contact numbers, but would like to receive up-dates from time to time, please SMS your surname and Cell number to 082-574-3241 and you will receive information concerning events in Parys. This is a free service. Please help me to once again get this important aspect of my task as Councillor operational once more.

Vuurwerke ’n groot frustrasie Rika Viljoen skryf:

Volgens wet mag geen vuurwerke in beboude gebiede afgeskiet word nie en is dit ’n kriminele oortreding asook ’n brandgevaar. Op 1 Januarie om 12:27 het inwoners van Schanettehof in Phillipstraat, Parys nog steeds klappers geskied, (wat hulle begin het terwyl ons met ons erediens besig was). Die vuurwerke is in die middel van die pad deur inwoners en hulle familie afgevuur. Een van die vuurpyle het ook onklaar geraak en amper binne in een van die woonstelle geland. Nou wil ek weet, geld een wet vir die hele land, of maak elke groep sy eie wette, of gehoorsaam ons die wet as ons lus het

en die res moet maar “vlieg”? Dit is reeds ’n jaar gelede in die Gazette geskryf dat vuurwerke onwettig is, maar die mense gee niks om nie want dit is nie hulle wat hulle verwilderde diere uit ’n stormwaterpyp of dreinpyp of boom moet uittrek nie. Katte kan nie werklik kalmeermiddels gevoer word nie en die bietjie vordering wat in 2012 gemaak is wat ook veroorsaak is deur dieselfde mense se vuurwerke ’n jaar gelede is in ’n paar oomblikke tot niet. Nodeloos om te sê dat die polisie weereens die telefoon van die mik afgehaal het want die telefone was vir die volle uur van die vuurwerke beset. Die vuurwerke is ’n skrale 100 tree van die polisie-kantore in Phillipstraat afgevuur sonder enige reaksie vanaf die polisie. Waarvoor is daar polisie as hulle nie ons belange ook op die hart dra nie?


6

PARYS GAZETTE

DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

Marlene Louw.

Seadimo Tlale.

Tean Els.

Ruan Fourie.

Felicia Kleingeld.

Lieneke Pieters.

Matrieks spog met talle onderskeidings Hoërskool Parys se uitblinker-matrieks het verskeie prestasies in 2012 se matriekeksamen behaal. Vyf leerlinge slaag met gemiddelde A-simbole. Hulle is Alicia Kleynhans, Liezl Taljaard, Tanya Smit, Seadimo Tlale en Marlene Louw Tien leerlinge het met gemiddelde B-sim-

BAIE BAIE GELUK MATRIEKS 2012. ONS IS TROTS OP JULLE!!!

bole geslaag. Hulle is Lieneke Pieterse, Felicia Kleingeld, Ruan Fourie, Heinrich Nowers, Tean Els, Yolaine Blomerus, Tanya Nel, Melissa Meyer, Tiaan Dreyer en Leone Smit. Vyf-en-dertig leerlinge het met ’n gemiddelde C-simbole geslaagl. Leerlinge wat met vier onderskeidings ge-

slaag het is: - Marlene Louw (Afrikaans, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering). - Seadimo Tlale (Accounting, Life Science, Mathematics, Life Orientation). Leerlinge wat met drie onderskeidings geslaag het is:

- Tean Els (Lewensoriëntering, wiskundige geletterdheid en toerisme). Ruan Fourie (Afrikaans, lewensoriëntering en rekeningkunde). Felicia Kleingeld (Lewensoriëntering, toerisme en wiskunde geletterdheid). Lieneke Pieterse (Afrikaans, wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering).


DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

PARYS GAZETTE

7

THE

BIG + 250ml FREE

Buy Nescafé Gold 200g and Get an Aero Chunky Chocolate 38g FREE

+

PRICE DROP

8499

Borges Extra Virgin Olive Oil 1 Litre

FREEBIE

6999

Nescafé Gold 200g Jar

2499

Clover Mooi River Salted Choice Butter 500g

1699

1979

Spekko Parboiled Rice 2kg

5699

PnP White Sugar 2.5kg

4399

PnP Ultimate Braai Master Boerewors Per kg

1799

PnP Smoked Viennas 2kg

Addis Fresh Stuff Lunch Set with Bottle 600ml

1999

Addis 2-Compartment Lunch Box and Bottle Buy Pedigree Adult Dry Dog Food 7/8kg and get a Pedigree Dog Food Pouch 100g FREE

+

4699

FREEBIE double

Knights Whisky & Cola Non-returnable Bottles 6 x 275ml Case Price R187.95

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

13999

Pampers Active Baby Nappies Jumbo Pack Size 2 Mini 94s, Size 3 Midi 82s, Size 4 Maxi 70s, Size 4+ Maxi Plus 62s, Size 5 Junior 58s or Size 6 X-Large 54s, Per Pack

Each

11999 Each

Pedigree Adult Dry Dog Food Assorted 7/8kg (Excluding Speciality Range)

Always there for you PRICES VALID 8 – 20 JANUARY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart points will still apply in Express and Daily Stores.

Each

3999

Twinsaver Luxury Toilet Tissue Assorted, 9 x 2 Ply

PLUS EARN POINTS www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1175809/39 X 8


8

PARYS GAZETTE

DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

Doulos-projek reik uit met bederf oor Kerstyd

Parysenaars het met die Doulos-projek wat vir die eerste keer vanjaar hier aangebied is, die harte en beursies wyd oopgemaak vir hulle in Parys wat minder het. Verskeie kerke, diensleweringsorganisasies en individue het op 8 Desember ’n spesiale Kersfees uitreikaksie van stapel gestuur met die oogmerk om op hierdie dag mense te bereik wat met min aardse middele oor die weg moet kom. Dit was ’n bederfdag soos min op die kerkterrein van die NG gemeente Parys-Wes. Aktiwiteite is aangebied en aan heerlike lekkernye was daar geen gebrek nie

- van worsbroodjies, pannekoek en die tientalle potjies wat geprut het vir die middagete feesmaal, tot roomys om die ete af te rond. Van klein tot groot het gesigte geverf, geluister na die sang van Christelle Fouché en danse van ’n jong dansgroep, en dan was daar ook ’n kersboom wat die kindergesiggies behoorlik van vreugde laat straal het. SpecSavers het gratis oogtoetse die dag op die terrein gedoen. Die woord doulos is ’n Griekse woord en dui op iemand wat ’n dienskneg is en sy/haar lewe daaraan wy om diens aan ander te lewer. Die moedermaatskappy

met haar dogter-takke is ’n nie-winsgewende maatskappy en fokus op die nood van mense. Die nasionale direkteur, Hans van Rensburg, bedien tans 89 blanke plakkerskampe met takke in verskeie dorpe. Doulos se oogmerk is om ’n volhoubare barmhartigheidsuitreik op ’n daaglike basis na mense te wees. Mense wat ’n hart het vir mense in nood kan gerus berokke raak. Inligting oor Doulos of hoe om betrokke te raak kan gekry word by dr. Willem Smith (takdirekteur) by 082 778 7360 of by Rolien van der Westhuizen (Doulos-Parys voorsitter) by

082 881 5210, of by Estie van der Merwe (VVA-bestuursvoorsitter) by 072 927 0015. Volgende jaar word beplan om die Doulosprojek selfs nog groter te maak. Dankie aan die Hervormde gemeente Parys, NG Wes, NG Oos, NG Moedergemeente, die Gereformeerde gemeente Parys, JDD/Weiveld Boerevereniging, VVA, die Volle Evangelie Kerk, AGS Sion gemeente, Pick ’n Pay, ATKV, Le Grand Chateau en verskeie individue wat gehelp het om vanjaar te kon uitreik na die 280 mense van Parys en Vredefort na wie uitgereik kon word.

Gratis oogtoetse wat op die terrein gedoen is.

Le Grand Chateau het die roomysstalletjie geborg. Links: Hannes Roodt was een van die talle vrywilligers wat hul kant gebring het agter die heerlike potjies wat geprut het vir die feesmaal.

Verteenwoordigers van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) agter die potjies net voor daar opgeskep sou word vir middagete.

Sangeres Christelle Fouche en dié dansgroep het die gehoor in die saal besig gehou, terwyl die tientalle kinderogies die kersboom met verwagting dopgehou het.

Hupstoot vir fondse vir Epilepsie SA Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum se Ribmeester-kampioenskappe wat met groot sukses in samewerking met Oak Creek Spur aangebied is, het die afgelope week nog ’n positiewe nadraai gehad. Tony Jardim, eienaar van die Spur het besluit om meer te doen as om bloot net die kampioenskappe by die Spur aan te bied. Hy het ook ’n gedeelte van die Spur se wins vir die aand aan Epilepsie SuidAfrika se Vrystaat/Noordwes-Sentrum geskenk. Die tjek ten bedrae van R4 100 is Maandag aan Derick Claassen, fondsinsamelaar vir Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum, oorhandig. Epilepsie Suid-Afrika sê dankie aan Tony en almal by die Spur wat gehelp het om van die aand ’n sukses te maak. Hulle sê ook dankie aan almal wat die sentrum so gereeld ondersteun en vir die bydraes wat ontvang word. “’n Voorspoedige 2013

Tony Jardim, eienaar van Oak Creek Spur, oorhandig hier die tjek aan Derick Claassen, fondsinsamelaar vir Epilepsie Suid-Afrika.

word u toegewens. Sonder ondersteuners soos u sal Epilepsie Suid-Afrika nie die werk kan voortsit soos wat tans gedoen word nie.”


DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

PARYS GAZETTE

AGS in Vredefort vier ’n wonderlike 50 jaar

Die AGS in Vredefort het in Desember hul boodskap was: “Hoe jy begin is nie die hoofvyftigste verjaardag gevier. saak nie, maar hoe en waar jy eindig is bepaDie oggend van 2 Desember lend. was gevul met lofsange en Van die ou lidmate wat oor die verjaardag is met ’n feesdie dekades heen in die gemeenmaal gedenk. te was het baie interessante Met die toewyding van staaltjies gedeel. Past. Sakkie van Aswegen, Die een leraar het vertel van sy gade en lidmate is die oorvan die “ruwe”ou oom wie se spronklike kerkie vergroot, vrou so opreg met die Vader was stylvol opgeknap en vollemaar hy nie so baie nie. Hy het dig toegerus met elektroniekerktoe gegaan met ’n groot se apparate,’n kinderkamer wekker in sy sy ewe groot baaden biblioteek. jiesak. Dit is ’n monumentale As die preek nog moes aanherinnering aan die pastoragaan het hy baie opsigtelik die le egpaar van wie die vorige wekker uitgehaal en gesighoogSondag afskeid geneem is. te gehou met ’n harde sug van Past. Van Aswegen het “aag jaaa”. Gemeentelede sê die voorheen onderneem om die afgelope jaar is gekenmerk deur gemeente vir twee jaar op eie tientalle getuienisse van genekoste te bedien. Talle lojale Dr. Isak Burger by die sings waarvan die meeste meskenkings was van oral ont- kanselkleed wat deur An- dies onmoontlik was. vang en met die inwydings- sie Greeff gemaak en ge“Ook daar het God mildelik dag was daar geen skuld nie. skenk is. sy stempel as Geneesheer afgeDie hoofspreker by die druk. Ons loof Hom en dien verjaardagvieringe was dr. Isak Burger. Sy Hom vir die jare wat mag kom.” Kleuters van Noag se Arkie het met hul entrepreneursdag geleer wat dit beteken om inisiatief in die sakewêreld aan die dag te lê toe daar stalletjies opgeslaan is om hul produkte te verkoop. Foto: Joanna du Plessis.

9

Pastoor Sakkie van Aswegen en sy vrou, Madelein. Madelein het die mosaïek-embleem gemaak en geskenk.

These learners have participated in the Cultural Dancing Day held at S.S. Paki on 21 July.

Regs: Selfs hare spuit het die rande laat inrol. Foto: Joanna du Plessis

Chris van Niekerk skool in Vredefort het op 9 November sy prysuitdelingsfunksie gehou. Jafta Booysen, ’n graad 8-leerling van die skool, het by die geleentheid sy halferekleure vir akademie verwerf. Heeltyd Speeltyd op KSFM se laaste kompetisie wenner vir 2012 was Morne Keyser. Saam met hom is Rentia Leite, die aanbieder van Heeltyd Speeltyd.

These learners have achieved first position in the National Symbol Competition held in Qwa Qwa on 12 October.

Martha Matswai Sefako het volle erekleure vir akademie verwerf.


12

PARYS GAZETTE

Veerpyltjienuus

DONDERDAG 10 JANUARIE 2013

Kassie Pretorius

Die sewende Kassie Pretorius R10 000-Classic is oor die naweek van 8 en 9 Desember beslis. Dit het by Craig’s Darts Club in Bloemfontein plaasgevind. Spanne vanaf Kimberley, Klerksdorp, Bethlehem en Bloemfontein het deelgeneem aan die kompetisie. Dit het ’n unieke formaat waar spanne uit ses lede bestaan het en dit verpligtend was vir twee vroue om nommer een en twee te speel. Dit was gou duidelik dat die Old Greysspan die ander spanne in die poel oorweldig het met oorwinnings van: 6-5 teenoor O.So.Nice Bloemfontein 9-12 Joker Klerksdorp 11-0 Black Arrows Bethlehem 6-5 True Luck Bloemfontein 7-4 Shalaka Die wenners in die damespare-afdeling was A. Myburgh en A. Fourie van Bloemfontein. Die wenners in die manspare-afdeling was Eddie Esterhuizen en JP Louw van Bloemfontein. JP Louw het die kompetisie al sy eie gemaak met oorwinnings in 2010 en 2011. Die enkeldameswenner was Madelein

Donovan Pillay (tweede) en Jaco Fourie (eerste).

Snyman van Bloemfontein. Jaco Fourie was die enkelmanswenner met 4 -3. Die agste kompetisie sal 30 November en 1 Desember in Kimberley aangebied word. * Die algemene jaarvergadering van Westerns wat op 14 November in Orkney gehou is, is nietig verklaar. Die rede hiervoor was dat afgevaardiges nie geloofsbriewe vroegtydig ingehandig het nie. Die vergadering is herbelê vir Maandag 14 Januarie. Aan alle spelers wens ek ’n goeie jaar.

Rugbyklub begin met registrasies Parys Rugbyklub nooi alle rugbyspelers wat belangstel om vir die klub te speel om Donderdag 18:30 by Hoërskool Parys se rugbyveld te wees. Spelers kan registreer en daar sal meer in-

ligting oor wat beplan word vir 2013 bekend gemaak word. Enige persone wat ’n bydrae wil lewer of betrokke wil raak by die klub kan Barend Wolmarans by 072 177 1913 skakel.

Runners can join Dome club All runners who would like to join the Dome Athletic Club and need a 2012 ASA licence may contact Judy Brown on 073 439 2581. She will provide more information about the club and the relevant forms.

Bo: Gooi hom het hier! Die Mimosa-jukskeiklub se lede het oor die Kerstyd ontspan en begin weer volstoom op Dinsdag 15 Januarie speel. Daar word elke Dinsdag en Donderdag om 12:30 op die NG gemeente Parys-Wes se kerkterrein op die h/v Grens- en Kortstraat jukskei gespeel. Enigiemand wat belangstel om saam te speel of te leer speel is welkom. Vir meer inligting of navrae kan ds. Chris Myburg by (056) 811 2445 geskakel word. Die klub sien uit na ’n jaar se heerlike jukskei. Die eerste toernooi is reeds in Februarie.


Parys Gazette 10 Januarie 2013  

Parys Gazette 10 Januarie 2013

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you