Paarl post 12 jun 2014

Page 10

10

Paarl Post

Wellington Nuus Wellington News

12 June, 2014

Mikael kry troos by Newton JOHAN NEL

JOHAN NEL

Die siekte wat Maryna Matroos van Newton, Wellington, se seun Mikael onlangs getref het, het gemaak dat sy en Mikael skielik deur ’n ongekende vlaag van ondersteuning vanuit die gemeenskap van Newton oorspoel is. Geneeshere het onlangs leukemie by Mikael, ’n 10-jarige gr. 4-leerder by Newton Primêr gediagnoseer. Die ernstige siekte het nie alleen Mikael se skoolloopbaan deurmekaar gekrap nie, maar ook gemaak dat hulle deesdae week ná week na die Tygerberg-hospitaal moet reis waar Mikael behandeling ondergaan. Die behandeling bring mee dat Mikael en Maryna vroeg in die week met die trein na Bellville moet reis waar hulle minstens drie dae moet bly sodat hy elke Dinsdag bestraling kan ontvang en dan vir minstens twee dae by die hospitaal rus om van die strawwe behandeling te herstel. Die onderwysers en leerders van Newton Primêr het soos een man besluit om die lewe vir Mikael en Maryna so maklik moontlik te maak. Verlede Maandag het al die seuns in die skool hul hare afgeskeer om by Mikael se haarverlies as gevolg van

Bekende W’ton­boer sterf

‘n Groot groep leerders van Newton Primêr by Wellington staan gereed om silwermuntstukke by die skool te lê om so geld in te samel om een van die leerders, Mikael Matroos, te help om elke week sy leukemie­be­ handeling by die Tygerberg­hospitaal te ontvang. FOTO: JOHAN NEL die bestraling te pas, en die meisies het almal met bandannas om die kop na die skool gekom. Die leerders het ’n reuse-silwerkollekte gehou waarmee hulle genoeg geld wil insamel om Maryna en Mikael se weeklikse vervoerkoste te betaal. Die organisasie Reach for a Dream het gehoor Mikael wil baie

graag op Tafelberg kom. Hulle het vir Mikael en Maryna met ’n heerlike ete getrakteer en toe vir Mikael spesiaal tot bo-op die berg geneem. Volgens Adrian Williams van Newton Primêr is die skool kliphard besig om nuwe planne te bedink om die lewe vir Mikael en sy moeder in die nabye toekoms verder te versag.

BOME GEPLANT: Op 21 Mei is 22 bome op die perseel van Huis Andrew Murray (HAM) in Wellington geplant. Bryan Be­ verly (links) en sy span van L’Ormarins Wyn­landgoed het dié bome aan HAM geskenk en self kom plant. Dit vorm deel van die Arbeidsterapie­projek om die speelgronde vir die HAM­kinders op te gradeer en meer geskik vir optimale ont­ wikkeling te maak. Huis An­ drew Murray bedank Bryan en sy span vir dié vriendelike ge­ baar. By Bryan is (van links) Le­ dene Louw, Christa van der Spuy, Lizzie Hannies, Alfred Bo­ tha en Sunel­Marie Booysen, met van die HAM­kleuters.

Attie Brink, bekende Wellingtonse boer, is verlede week op sy plaas Hexberg buite die dorp oorlede. Hy was 79 jaar oud. Sy eggenote, Martie, sê dat sy gesondheid die afgelope tyd merkbaar agteruit gegaan het. Sy het verlede Maandag vir hom gevra of sy nie maar moet reël dat ’n ambulans hom na die hospitaal neem sodat hy beter versorging kan kry nie. “Attie het gesê dat hy die Here gevra het om hom te kom haal en dat hy graag hier op die plaas, in die huis waar hy 79 jaar gelede gebo- Attie Brink FOTO: re is, wil sterf. Skaars vyf uur nadat hy dit vir my gesê van die kerkraad van die NG Moedergemeente op die dorp. Uit het, is hy stilweg oorlede.” Attie Brink het op twintigjari- sy huwelik van 54 jaar met Marge ouderdom, saam met sy pa op tie is vier dogters gebore – MadeHexberg begin boer. Sedert 1960, lein, Eloise, Tokkie en Gretha. nadat hy as 25-jarige met Martie Eloise se man, Theo Heydenrych, de Lange getroud is, het hy na sy het in 1988 saam met Attie op pa se afsterwe alleen op die plaas Hexberg begin boer. In Wellington was Attie bebegin boer. Hy het ’n groot rol gespeel in kend as ’n man met ’n oop hand die vestiging van die Wellington- wat graag gehelp het waar hy se stokkiesbedryf en was ’n stig- kon. “Hy was die bedelaars, die terslid van Wellingtonse wingerdkwekersvereniging. Hy was smouse en die kollektante van ook agtien jaar lank direksielid hierdie wêreld se droom,” het iemand die afgelope week opgevan die Bovlei Kelder. Hy het ’n leidende rol in die ge- merk. “Hy het met ’n oop hand meenskapslewe op Wellington aan almal wat gevra het, probeer gespeel en was vir baie jare lid gee.”

Happy Hour at Shoprite During Happy Hour at Shoprite Wellington, customers will receive a free Paarl Post with purchases of R30 or more. This offer is available every

Thursday between 17:00 and 18:00, or while stocks last. This special offer ends on 26 June, after which the new venue for Happy Hour will be announced.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.