__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1


inhoud|contents

4

VOORBLAD Sitrus kry baie aandag met opbrengste van tot R1 miljoen per hektaar. COVER Citrus is gaining in popularity with yields of up to R1 million per hectare.

Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745 Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za Redaksionele artikels/Editorial Articles Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

26

21

Hoofartikel | Leading Article

2

Uit die Woord

3

Oor die grensdraad

4

Sitrus is die nuwe hoë-opbrengsgunsteling

8

Groente verander Karoo en landboulandskap

16

Beperking van die inperking

20

Rotondo hou insiggewende kwekersdag

21

Vrou-alleen staan sy nie terug vir uitdagings nie

24

Landbou beveg voorgestelde Onteieningswetsontwerp

26

OVK Vesel kry nuwe hoof

28

Indian farming protests resonate US agriculture

30

Gewasse vooruitskatting

32

Dieregesondheid in die reënseisoen

34

Wapenadvies vir die komende jagseisoen

36

Op die vrou af

40

Wolmarkverslag

Medewerkers/Contributors Igna Kotze Dr Dedré Nel Christel Basson Proeflees/Proof Reading Marna Alberts Advertensies/Advertising Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za Uitleg/Layout Francois Seymore Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging Senekal OVK Hoofkantoor/Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za

34

Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie. The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

8 Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees.. The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word. Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

March 2021 | OVK NEWS 1


UIT DIE WOORD

Vrede van God

Psalm 139 “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my ... U omsluit my van alle kante, U neem my in besit... Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.” “Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!” (Verse 1, 5&6) “As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.” (17-18)

Daar is veral drie dinge waarvan ons lees in hierdie Psalm wat ons nie net saam met Dawid opgewonde maak oor God nie, maar ook aan ons ‘n lewenssekuriteit bied in ‘n tyd van die geskiedenis waar ons almal baie onder druk verkeer. l Dawid sê hy beleef dat God alles van hom af weet. God ken selfs sy gedagtes en sy stryd met hierdie mense wat hom so sleg behandel. Die belangrike aspek is dat God hierdie alwetendheid van Hom gebruik om vir ons om te gee en nie om ons uit te vang nie. Ps 139:5: “U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.”

Here, U hou my persoonlik vas, orals en altyd, daarom voel ek veilig, vertrou ek U en is ek baie opgewonde oor U. Hierdie opgewondenheid help my met die druk van die lewe. Dawid is waarskynlik hier in ‘n hofgeding betrokke waar hy aangekla word deur goddelose mense. Dawid beroep hom op die Groot Regter wat alles weet. Hierdie Regter weet nie net alles van Hom af nie, maar is ook ‘n omgee-Vader.

2 OVK NUUS | Maart 2021

Hierdie wete dat God met ‘n alwetendheid omsien na ons, bring groot rustigheid en verwondering by Dawid. Ps 139:6: “Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.” l

Dawid vind ook groot sekuriteit in die feit dat God, met sy alwetendheid, altyd en oral teenwoordig is (7-12). Ps 139:7: “Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas....

Ons weet nie hoe die toekoms lyk nie, maar ons kan weet dat God, met sy alwetendheid en omgeehart reeds daar vir ons wag. l

Ds Danie Kleynhans NG Moedergemeente Ladybrand

Vir Dawid was dit verder aangrypend dat God van voor sy geboorte tot aan die einde elke oomblik by hom betrokke is. Ps 139:13-16: “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van

my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” God was nog altyd by jou en sal vir altyd by jou wees. Ons verstaan dit vandag nog beter as Dawid, want ons dra kennis van die hemel. God is met ‘n alwe tendheid en sorgende omgee orals en altyd by jou tot in ewigheid. As hierdie God so ‘n sagte hand het, kan ons maar ons lewens voor Hom oopgooi, sodat Hy kan ondersoek doen waar ons lewens nog verstellings kort. Ps 139:23&24: “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!” Gebed: Here, dankie dat ek U kan vertrou met my omstandighede, met my vyande en met my eie swakhede.


REDAKSIONEEL

Grensdraad gedagtes en nog meer

Francois Seymore Redakteur

Ek dink nou al vir ‘n paar dae wat om vir die Grensdraad te skryf, en vir die eerste keer moet ek tereg sê daar het nie veel gebeure opslae gemaak nie. Ons beweeg na Vlak 1 van die inperking en die belangrikste op skrifte was seker oor die Covid-entstof van AstraZeneka van Indië, wat met groot entoesiasme deur Cyril by OR Tambo ontvang is en toe nie eers effektief teen ons nuwe variant is nie. Verder gaan dit net oor Johnson en Johnson se entstof en hoe wonderbaarlik ons oor hierdie pandemie gaan kom....maar niemand mag nog steeds sport gaan kyk nie. Die beste nuus is foto’s van damme wat oorloop en die groot gedeeltes van ons land wat genadiglik verligting gekry het. Die tweede grootste oeste ooit word vir ons landbou voorspel! Die enigste damme wat nog leeg is, is die damme soos die Koegadam in die Oos-Kaap. Streke in die Noord-Kaap is ook steeds besonder droog. ‘n Dokument met 80 000 handtekeninge wat die onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm van die hand wys, is deur Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan die parlement oorhandig. Wat die impak van die dokument sal wees, kan ons nie voorsien nie.

In hierdie Maart-uitgawe wyk ons so ’n bietjie af van die normale landbouvertakkings, en ondersoek ‘n aantal hoë-opbrengsgewasse waarheen ‘n groot aantal van ons tradisionele produsente verskuif. Daar heers groot bekommernis oor die toekomstige voorsiening van groente en ons het by ‘n paar boere in die Oranje-Visrivierwaterskema gaan inloer om te gesels oor hul nuwe groentegewasse waarmee geëksperimenteer word met die doelwit om kommersiële produksie in die Karoo te vestig. Die Cookhouse-omgewing is besig om in ‘n sitrus-“hub” te ontwikkel en ons kuier by Jaco Wilken wat nie net sitrusboorde nie, maar ook ‘n groot kiwiboord ontwikkel. Jaco verwag dat daar in die volgende vyf jaar 1 500 hektaar onder sitrusbome in die Cookhouse en SomersetOos omgewing sal wees. Ons sukkel soms om die invloed van inperkings te hanteer en vergeet hoe dit vir ons kinders moet voel. Igna gee ouers raad oor hoe om hul kinders te help om in hierdie moeilike tye nog steeds “kind” te wees en hoe om die beperkings op die natuurlike grootwordproses te hanteer.

Rotondo Walnuts maak sy deure oop vir geïnteresseerde boere op Aliwal-Noord en ‘n kwekersdag word deur 120 belangstellendes bygewoon. In die noorde kuier ons by Lomea Heyns wat vrou-alleen ‘n Dohnestoet van die grond af bring, ten spyte van vele uitdagings wat oorkom moet word. ‘n Spesiale woord van geluk aan dr Dedré Nel en haar man, Hanno met hul eersteling, Sumien, wat onlangs gebore is. Ons wens hulle baie vreugde en geluk met die kleinding toe. Sy gee, ten spyte van Sumien wat nie langer wou wag nie, raad aan die boere vir die reënseisoen. Die jagseisoen gaan binnekort begin en ons gee advies oor hoe om jou wapen voor te berei vir ‘n suksesvolle jagnaweek. Christel het by verskeie vroue in die Noord-Kaap gaan kuier en ons vertel graag hulle stories. Die meeste van ons produsente is besig om gereed te maak vir die komende oesseisoen en om die plaas voor te berei vir die komende winter. Ek hoop julle geniet hierdie uitgawe wees veilig, wees lief vir die om jou en bly op jou knieë. Tot volgende keer.

March 2021 | OVK NEWS 3


GEWASSE

Sitrus is die nuwe hoë-opbrengsgunsteling

J

aco Wilken en sy pa, Louis en broer, Louis Jnr het sedert 2012 saam op Juriesbaken naby Hofmeyr op 900 hektaar besproeiingsgrond met aartappels en ander gewasse geboer. Louis wou egter altyd ‘n produk produseer wat uitgevoer word om hulle teen die rand te verskans. Sitrus vang hulle oog en hulle vind die plaas Fairview, buite SomersetOos met waterregte uit die Boschberg-kanaalsisteem. Die plaas het reeds ‘n suurlemoenboord en is besonder geskik vir die vestiging van verskeie sitrussoorte en kultivars.

Sitrus het in die laaste tyd opgang gemaak weens die toenemende vraag na Vitamien C wat deur die Covid-pandemie veroorsaak word. Tussen Cradock en Cookhouse word duisende sitrusboompies geplant terwyl Amerika in die proses is om van sy hawens te open om Suid-Afrika se sitrus ‘n groter mark te bied. Is hierdie ‘n langdurende tendens van groot winste of klim mense nou slegs op ‘n trein na die volgende stasie?

In 2019 trek Jaco na Fairview toe om die sitrusboerdery te ontwikkel. “Die klimaat, reënval en die grond is goed, wat verskeie opsies moontlik maak. Jy moet sorg dat jy nie oral dieselfde sitrus plant nie, want dan oes jy jou dood in drie weke. Jou sitrusboorde moet so beplan word dat jy vanaf Maart tot September kan oes en sodoende vrugte op ‘n konstante basis kan uitvoer. “Die meeste produsente begin in Maart met sagte skillers soos ‘n Clementine of ‘n Novanartjie, dan gaan dit oor na die suurlemoene, wat drie oeste per seisoen lewer en jou so ‘n bietjie meer tyd gee. Dan oes jy iets soos ‘n Witkransnawel in die middel van die winter, gevolg deur Valencialemoene en dan eindig jy af met laat mandaryne waar die winste redelik hoog is,” verduidelik Jaco. Vyf en dertig hektaar is reeds onder suurlemoenbome geplant wat Jaco nie onder skadunet gaan toemaak nie. “Die Witkransnawels sal ons beslis toemaak sowel as die Cara Cara rooinawel, wat ‘n rooi lemoen is. Daar is geweldig baie variëteite en nadat ek redelik navorsing gedoen het

4

OVK NUUS | Maart 2021

en rondgery het, het ek eerder gesien wat ek nie moet doen nie as wat ek moet doen! Daarom gaan ons liewer by die ou bekende kultivars bly wat ‘n hoë opbrengs gee. “Die sitruspryse gaan op ‘n stadium onder druk kom en gaan vir seker nie altyd so hoog bly nie. Ek het egter met die aartappels geleer dat opbrengs altyd prys wen. As jy met tonne boer, kan jy volhoubaar boer en jou kostestruktuur bestuur.

’n Nuwe opwindende vrug wat Jaco nou op 3,7 hektaar geplant het, is kiwivrugte. Sitrus word geoes en verpak vanaf Maart tot September en ons pakkers en uitvoerders in Fort Beaufort is op soek na iets wat die pakhuis besig kan hou in die tydperk wanneer sitrus stilstaan. Die kiwivrug is ideaal, aangesien jy al vroeg in Februarie kan begin oes. Hy groei soos ‘n wingerd met lote en jy kan na twee en half jaar jou eerste oes afhaal. Jy moet die

p Jaco Wilken is in proses om ‘n 3,7 hektaar kiwiboord te vestig. Die onderstokke word in die winter met die “Golden Kiwi” kultivar geënt. plante toemaak met nette en dan is daar ‘n hele stelsel van drade en kabels om die lote te laat rank.” Tans het hulle net ‘n onderstok geplant en in die winter sal dit


met die “Golden Kiwi” geënt word. Dié kultivar is goud of geel aan die binnekant en baie soet. Daar is groot uitvoerpotensiaal na Europa terwyl NieuSeeland die grootste uitvoer produsent van die vrug in die wêreld is. “In ons land is daar twee soorte “Golden Kiwi”. Die een is van Italië en word die “Soreli” genoem (wat ons gaan plant) en die “Skelton” wat van Nieu-See-

q Die kiwi-ontwikkeling is nog in die beginstadium en nette sal volgende oor die palekonstruksie gespan word. Daarna volg ‘n web van kabels en drade om die kiwi te help rank. Die verspreidingsdamme is in die agtergrond.

land afkomstig is. Daar is nou ‘n “Kiwifruit Growers Association” in 2020 gestig. Ons begin letterlik met ‘n nuwe industrie en dit is ‘n voorreg om deel daarvan te wees.” Die hoofmark sal Europa wees, en aangesien Nieu-Seeland meer suid as SA is, gee dit ons ‘n ses weke gaping vanaf middel Februarie tot April om vars kiwi’s aan die markte daar te lewer. Nieu-Seeland lewer bykans 30% van die wêreld se kiwi’s onder die handelsmerk “Zespri”. Volgens Jaco word die handelsmerk so goed beskerm dat dit feitlik onmoontlik is om van die kultivars in die hande te kry. “SA is maklik 20 jaar agter NieuSeeland wat kiwi-produksie betref. Ons moet nog baie kli-

maatstudies, snoeitegnieke en opleiding doen om die bedryf optimaal kompeterend te kry. Bestuiwing is baie belangrik en word met bye, per hand en meganies gedoen. Die bestuiwing bepaal alles van die vrug, soos vorm en smaak.” Jaco ontwikkel die 3,7 hektaar kiwiboorde teen ‘n koste van bykans R3 miljoen.“Dit is ‘n groot oppervlakte om mee te begin en daar is geweldig baie arbeid nodig in die oprigting en konstruksie van die boord. Daarna moet rankers aan die nodige drade geheg word om die korrekte groei te verseker. Hierdie rankers moet elke seisoen gesnoei en gebind word. “Ons sien definitief ons be trokkenheid in die sitrus- en kiwibedryf as ‘n langtermynbeleg-

ging. Ek het nou nog nie die R1 miljoen per hektaar opbrengs beleef nie so ek weet nie hoe dit voel nie! Ek is seker dit moet ‘n lekker ervaring wees. Dit is maar die ou som van water teen opbrengs en met sitrus kan ons R60 ‘n kubiek maak teenoor R3 met mielies of koring. Ek kan my plaas se winsgewendheid 20 keer verdubbel met sitrus en kiwi’s.” Jaco sê die sitruspryse is heelwat laer as vorige jare. Die boere wat egter nog steeds goeie winste realiseer, is die produsente wat kwaliteitsitrus produseer en hoë tonne per hektaar oes, waarvan 95-100% Klas 1 uitvoerkwaliteit is. “My planne vir die toekoms is om die boorde op die plaas te vestig en die plaas in produksie te kry.

March 2021 | OVK NEWS

5


u

Die rankers van die kiwiplant word gemanupileer om ‘n “plafon” te vorm waar die vrugte groei. Die wat regop groei, vorm die volgende seisoen se “plafon”

Ek het nou bykans 9300 Witkransnawellemoene geplant wat ons op die stadium 105 hektaar sitrus gee. Ek wil nog 200 hektaar in die volgende twee jaar plant met so 25–30% suurlemoene, 25% nawels, 20% Valencias en 30% sagte sitrus of mandaryne.” Volgens Jaco lewer die OosKaap besondere suurlemoene, nawels en laat mandaryne. Die vooruitsig is dat die Cookhouseomgewing binne die volgende vyf jaar 1 500 hektaar onder sitrus gaan hê. Suid-Afrika is ‘n klein wêreldverskaffer en daar is ruimte vir uitbreiding. “As ons net aan werkskepping dink, dan is daar nie genoeg mense in Cookhouse en Somerset-Oos om al die werk te doen nie. Dit skep groot geleenthede vir die plaaslike bevolking.”

q Die 9250 nuutgeplante Witkransnawel lemoenbome kan in die agtergrond gesien word. Die suurlemoene is op 35 hektaar geplant.

6

OVK NUUS | Maart 2021

Sitrus word met die hand geoes. “Daar is lande waar met masjiene geoes word, maar dit is hoofsaaklik vir versapping. Ons mark is tafelprodukte en dit is net die mensehand wat dit kan oes met die minste skade,” verduidelik Jaco. Hy het nog steeds lande onder mielies en koring. “Dit hou die kontantvloei aan die gang. Ons reënval hier is tussen 640mm– 800mm per jaar en daarom hoef ek die mielies met die helfte soveel water te besproei as

in Hofmeyr. “ Nog ‘n voordeel van Fairview teenoor Juriesbaken is dat daar geen pomp gebruik word om die be sproeiing te doen nie. Al die stelsels word vanuit die verspreidingsdam met selfdruk bedryf. “Daar is dus geen elektrisiteit nodig om my besproeiing te doen nie, en dit spaar enorme bedrae geld. In Hofmeyr moes ons na al die spilpunte pomp en as daar beurtkrag was en die gewasse was droog, dan het jy skade gely.

Hier draai ek net ‘n kraan oop en die spilpunt begin loop!” Benewens sitrus en kiwi, plant Jaco ysterpampoene en gaan ook met avokado en “dragon fruit” eksperimenteer. Die plaas is vol potensiaal. Dit is duidelik dat hy nie oorhaastige besluite neem nie en die risiko gepaardgaande met boerdery so goed moontlik beperk. Wie weet, eendag sien ons nog ‘n unieke Fairview-handelsmerk op Europese markte.


ALTERNATIEWE

Groente verander Karoo en landboulandskap

In die skaduwee van die Teebus spitskop boer bure Jannie en Alet Zwiegers op die plaas Klawer en Robert en Kelly Southey op Lucernedale. Beide plase vorm deel van die Teebuswaterskema wat in 1975 geopen is en daar word tradisioneel met besproeiingsgewasse asook skape geboer. Robert se pa, Julian, was as die “Voermol Nasionale Skaapboer van Jaar” in 2016 aangewys en boer op die aangrensende plaas Manor Holme.

Menslike nedersettings en droogte, asook waterbesoedeling, speel alles ‘n rol in die verlaging van groenteproduksie. In sekere gebiede het produsente groente verruil vir hoëropbrengsgewasse soos sitrus. Al hierdie faktore dui daarop dat daar in die toekoms ‘n tekort aan groente verwag kan word en daarom is ‘n paar boere in die Oos-Kaap besig om hul boerderyvertakkings aan te pas deur groente aan te plant en eksperimente uit te voer om verskeie groentesoorte op die proef te stel.

Jannie het as jongboer in 2004 op Klawer aangekom nadat hy tien jaar met skape in die Karoo geboer het. Die plaas was redelik onontwikkel en hy het verder met Merinoskape onder Konsortium geboer.“Ek het later vir Robert ontmoet en hy was op daardie stadium onder druk om sy peperwortel- (Horse radish) kwota te haal. Ek het toe ‘n spilpunt opgesit en saam plant ons nou 50 hektaar peperwortel. Dit word in mediese toetse gebruik en sedert die Covid-pandemie het die vraag baie gestyg. Ek het toe agtergekom ek kan verder met die water kom as met skape .” Jannie het stelselmatig die skaapboerdery verminder tot in 2018 toe hy geen skape meer gehad het nie. Peperwortel het sy hoofvertakking geword. Robert, wat al tien jaar peperwortel verbou, verduidelik dat die gewas geweldig arbeidsintensief is en baie water verbruik. Geen gif mag teen onkruid gebruik word nie, en dus moet die lande met handearbeid skoon gehou word. Die op brengs is egter groot met die hitte-eenhede wat die gebied ontvang en baie water wat beskikbaar is. Hulle het besluit om verskillende groentesoorte onder die Brassicafamilie te plant. “Ons soek

8

OVK NUUS | Maart 2021

heeltyd na gewasse wat minder water gebruik en hoër opbrengste lewer as mielies. Jannie sê hulle het elk tien hektaar blomkool, tien hektaar brokkoli en vyf hektaar spruitkool (Brusselse spruitjies) geplant.

Die verbouing van al die groente en die peperwortel is arbeidsintensief en Jannie se loonrekening is R40 000 per hektaar. ”Jy plant 40 000 plantjies blomkool en brokkoli per hektaar met die hand.” Daar is ‘n groot

p Jannie Zwiegers en Robert Southey eksperimenteer tot dusver baie suksesvol met blomkool, brokkoli en spruitkool aan die voet van Teebus.


behoefte in die plaaslike mark na beide groentesoorte en Robert verduidelik dat daar veral in die somermaande tekorte ontstaan omdat dit nie te veel hitte wil hê nie.“Ons kan egter nie in die winter plant nie, want ons winters is te straf. Deur genoeg water te gee, kan ons in die somer plant en nog steeds ‘n kwaliteitproduk lewer wat ‘n goeie inkomste realiseer.”

t

Nadat die brokkoli- en blomkool koppe geoes is, bly daar baie plantmateriaal vir die diere om te vreet. Jannie verwys spottend daarna as “brokkolireste”


u

Spruitkool (Brusselse spruitjies) word geoes. Elke plant kan soveel as 60 klein koolkoppies hê, wat gepluk moet word en vereis meer handearbeid as blomkool of selfs die brokkoli. (Foto: Robert Southey)

Die Suid-Kaap en Wes-Kaap het tradisioneel heelwat groente gelewer, maar Robert vertel dat hulle weens ‘n tekort aan vars water, na hoëropbrengsgewasse beweeg. “Hulle plant nou avokado’s, bloubessies en makadamianeute. Die Hartbeespoortdamomgewing se water is so besoedel dat hulle dit nie op vars groente kan gebruik nie. Boere in Kirkwood en Patensie, wat goeie groenteproduseerders was, boer nou net met sitrus. Ons verspreider voorspel dat daar ‘n groot tekort aan groente gaan wees in die volgende vyf jaar, veral in die somermaande. Nog ‘n faktor wat veroorsaak

q ‘n Gedeelte van die groente onder spilpunt. Links is pampoen en regs spruitkool in verskillende fases van ontwikkeling.

10

OVK NUUS | Maart 2021

dat produsentegetalle verminder, is die arbeidsintensiewe aard van groenteboerdery.” Hulle trek arbeid van Middelburg en Steynsburg, maar weens die afstand bly die arbeiders op die plase. Jannie sê hy benodig tussen 40–60 arbeiders

net om van onkruid ontslae te raak. “Ons het die brokkoli in Oktober ná die peperwortel geplant. Dit neem 30 arbeiders om 60 000 plantjies (1,5 hektaar) per dag te plant. Ek en Robert plant om die beurt en deel die arbeidsmag. Wat brokkoli byvoorbeeld so aanlok-

lik maak, is dat daar vanaf plant na oes slegs 60 dae verloop!“ Hulle gebruik die groentelande om die skape en beeste te laat wei nadat dit geoes is. Jannie vertel dat sy beeste, ‘n kommer siële Sussexkudde, die blomkool verkies en Robert se skape die brokkoli.


u

In 1928 het Dr Lewis, die destydse hoofbestuurder van Waterwese, ‘n visie gehad om water in dele van die Karoo te laat vloei om lewe te skep en die potensiaal van gewasseboerdery te ontsluit. Wat sou hy vandag gedink het van hierdie blomkool in die middel van die Karoo?

“Die plant kan tot 1,2 m hoog word en ons oes net een kop van tussen 400–500 g van elke plant. Daar bly dus baie oor om deur die diere geëet te word.” Robert boer nog groot met skape, omdat hy voel dit is belangrik vir onder andere die grondekologie.“Ek hou daarvan om ‘n balans te handhaaf en daar sal altyd ‘n behoefte aan proteïene wees. Die verswakking in die wolprys beïnvloed ons baie, maar dit is die voordeel om ‘n gemengde boerdery te bedryf.” “Ons was nog gelukkig wat ryp betref. Daar bestaan nie oesversekering op groente nie, so die risiko is baie groot. Ons is al ver deur die eerste planting geoes en het ‘n paar foute gemaak, soos ‘n mens maar met ‘n nuwe ding doen. Ons het redelik navorsing in Oudtshoorn en George gaan doen, maar hier is nie ander boere wat groente plant in die omgewing wie se raad ons kan vra of volg nie,” vertel Jannie. “Ons beperkende faktor hier is water en dit word al hoe skaarser in die land. Ons het egter seker die stabielste watervoorsiening deur die Oranje-Visriviertonnel en het nog net een beperking van 20% in 2016 gehad. Dit is egter moeilik om addisionele waterregte of grond te koop, so jy moet soveel moontlik doen met die water wat jy het. Indien jy die winsopbrengs op 1 mm water uitwerk, dan gee groente R45-R60 per mm, skaap en mielies R20–R25 per mm en lusern R15 per mm. Groente gee dus ‘n geweldige goeie winsopbrengs, maar gaan gepaard met groot risiko en arbeid,” verduidelik Robert.

12

OVK NUUS | Maart 2021

Raklewe en markte is baie belangrik. Blomkool en brokkoli het ‘n relatiewe kort raklewe en is baie sag en sensitief vir hantering. “Ons poog om die groente binne 5 dae van die land tot op die rak te hê en dit het ’n verdere raklewe van 5-7 dae, indien verkoel. ‘n Koeltrok kom haal groente 3 keer ‘n week en neem dit na ‘n verpakkingsfabriek.” Volgens Robert speel die Covidpandemie ook ‘n rol in die vraag. “Covid het veroorsaak dat mense weer baie meer kook en groente soos blomkool en brokkoli se vraag het deur die dak gegaan. Brokkoli het meer vitamien C as lemoene en in Engeland was daar ‘n ongekende vraag na die ‘super veggies’”. Robert sê die toekomsgedagte is om die hektare wat geplant word, te vergroot en self die verpakking te doen. “Dit beteken minder verliese en ons voorsien dan ‘n eindproduk. Dit sal meebring dat ons die waardeketting besit en die geleentheid is daar om dit te doen. Ons is uitstekend sentraal geleë en kan maklik na Kaapstad of die Rand produkte voorsien teen minder kilometers as huidige verspreiders.”

Jannie het okkerneutbome op 17 hektaar wat water benodig, maar reken dat hy nagenoeg nog 80 hektaar se water beskikbaar het om die groente en mielies uit te brei. “Mielies neem 850 ml, blomkool en brokkoli 400-500 ml en die spruitkool lyk of dit so 1 000 ml se water gaan benodig. Ons kan byvoorbeeld amper drie oeste brokkoli kry vir dieselfde water as om een oes lusern te kry.” Hulle gebruik spilpunte om die plante van bo water te gee in plaas van op die grond.Volgens Robert is die Brassica se blaar en vrug van so ‘n aard dat dit water opvang en berg. “Deur van bo water te spuit, laat dit die plante afkoel en veroorsaak ‘n tipe van humiditeit. Omdat ons in die somer plant en van Januarie tot April oes, is dit noodsaaklik om die plante koel te hou.” Benewens die spilpunt wat Jannie opgesit het, moes hulle grondvoorbereiding doen om groente te plant. “Dit is ‘n ou weidingsland wat hoog is in organiese materiaal en weens lae P-vlakke moes ons baie fosfaat inwerk. Ons moet wisselbou toepas, aangesien iets soos brokkoli vir drie agter-

eenvolgende plantseisoene nie in die dieselfde grond geplant kan word nie. Dit is ook een van redes hoekom ons nie skadunet kan oprig nie.” Tyd sal leer of die verbouing van groente in die skadu van Teebus suksesvol gaan wees. Verder af in die waterskema boer Ben Schoeman net buite Mortimer met ‘n verskeidenheid vertakkings, waaronder groente, in vennootskap met Leon de Koning van Patensie. Ben het in Cradock saam met sy familie op die plaas Kareebosch grootgeword. Hy matrikuleer aan Marlow Landbouskool in 1981. Na sy weermagopleiding keer hy terug plaas toe en boer saam met sy pa en broer totdat sy pa in 1985 oorlede is. Hy skuif toe na die plaas Blomfontein buite Mortimer, waar hy met skape en beeste boer en sy vrou, Renee, sewe jaar gelede ‘n alombekende trouplek, Blomfontein Venue, ontwikkel het en bestuur. In 2018 koop hy die naburige Damplaas, waar hy vandag met verskeie vertakkings boer. Ben het 170 hektaar onder spilpunt en permasets, waaronder


u

Ben Schoeman en Leon de Koning het hierdie jaar groente in die Mortimeromgewing begin produseer

. Kabous doen ook die voor bereiding van die lande. Die belangrikste bate van Damplaas is sy ses stoordamme wat deur vier boorgate teen 250 000 liter per uur gevoed word. Sestig hektaar, waarop die groente geplant word, word met die boorgat- en reënwater besproei. Die res kry hul water uit die waterskema.

hy lusern as hoofgewas plant. Hy plant dit as ‘n kontantgewas, sowel as voer vir die ooie as hulle gaan lam. Addi sionele weidingslande is met raaigras beplant.Onlangs is daar ook ‘n groot verskeidenheid groente

van die Brassica-familie geplant wat insluit blomkool, kopkool en brokkoli. Daarby kom aartappels, soetmielies, ysterpampoen, blaarslaai en botterskorsie (butternut). Dan boer hy addisioneel met Dohne Merinoskape.

Een persoon kan nie aandag aan al hierdie vertakkings gee nie. Kabous Stander is sy bestuurder en sy vrou, Rykie, bestuur die skape en help Ben om die bestuur van al die vertakkings onder beheer te hou.

Die groente word in vennootskap met Leon de Koning verbou. Hy is ‘n groenteboer van Gamtoos, maar weens watertekorte was hy verplig om alternatiewe besproeiingsgrond te soek om sy produksie voort te sit. Kabous en sy seun, Adriaan, doen die meeste van die voorbereiding en Leon doen die beplanning, verskaf die plantjies en doen die oeswerk.


u

Die eerste groente is op 1 Desember verlede jaar geplant en die span wat vir die produksie verantwoordelik is, staan hier in ‘n blomkoolland wat gereed is vir oes. Hulle is vlnr. Adriaan Stander, Ben Schoeman, Leon de Koning en Kabous Stander.

“Leon gaan moontlik sy eie grond hier in die omgewing koop en daar voortgaan met sy eie groenteboerdery. Ons is besig om te leer en ondervinding op te doen en sal later self al die fasette van die groenteproduksie oorneem. Leon sal steeds die bemarking hanteer en ons beplan om pakstore vir die groente op te rig,” vertel Ben. Hulle is in die konstruksiefase van die aartappelsorterings- en verpakkingseenheid. Die groentepakhuis sal by dieselfde eenheid aangebou word vir sentrale beheer en versending. Leon plant al meer as 30 jaar groente. De Koning Broers Boerdery lewer sedert 1972 aan van die grootste kettingwinkels, wat beteken hy het die afsetgebied en die kundigheid. Bykomend tot die bestaande groente, beoog hy om toetse te doen met wortels en uie.

q Ses stoordamme word deur vier boorgate teen 250 000 liter per uur volgehou. Sestig hektaar, waarop die groente geplant word, word net met die vars boorgatwater besproei.

14

OVK NUUS | Maart 2021

Almal is dit eens dat daar ‘n tekort in die produksie van groente gaan ontstaan. Leon sê dat sekere gedeeltes van die Kaapse Vlakte geoormerk was vir groenteproduksie, maar nou vir menslike nedersettings gebruik word. ”Die water in die Gamtoosvallei, is ook feitlik klaar en ons baklei nog om genoeg water te kry om die laaste oeste af te kry.”

1 Desember geplant.”Ons gaan nou elke week 35 000 blaarslaai,, 12 000 blomkool- en 12 000 brokkoliplantjies plant maar die volume sal beslis klim, aangesien ons hoofsaaklik proewe doen. Ons beweeg na die winter toe en ons sal moet sien wat die koue en die ryp doen. Ek is tot dusver baie tevrede met die resultate van die Brassica’s,” sê Leon.

Leon gebruik sy eie arbeiders om die plaaslike arbeiders op te lei om die groente te plant en te oes.“Hulle weet hoe groot ‘n kop moet wees en hoe om hom te hanteer. Ons begin wel plaaslike arbeiders oplei, aangesien dit baie makliker is vir die pad vorentoe. Kabous is in beheer van die onkruidbeheer en benodig baie arbeid daarvoor.”

Ben verduidelik dat hulle warm en koue eenhede in die winter baie verskil en dit beïnvloed die plante net soveel soos ryp. Leon verduidelik dat hy ten minste tien variëteite per jaar plant. Die weer is nie elke jaar dieselfde nie en elkeen lewer jaarliks verskillende resultate.

Die eerste blaarslaai, blomkool, brokkoli en kopkool is op

Leon se afsetgebied is hoofsaaklik in die suide, maar aangesien Mortimer baie sentraal geleë is,is die potensiaal vir bemarking in die noorde nie

uitgesluit is nie. Leon verduidelik dat die raklewe van die groente nie lank is nie en die koelketting is dus uiters belangrik. Hulle vervoer die groente in koeltrokke na ‘n verpakkingseenheid in Gamtoos, wat die produk in die betrokke kettinggroep wat die spesifieke groente bestel het, se verpakking sal verpak. Na afloop van my gesprekke met die boere, kry ek die indruk dat hulle besig is om hul inkomste in ‘n ander lig te sien.....die lig van die grootste winste op die beskikbare grond wat besproei kan word. Die tradisionele groenteboere vervang hul Brassica’s met sitrusbome en die bestaande skaapboere vervang hul skape met blomkool en brokkoli! Die landskap van landbou is besig om te verander en ek wonder of almal die groter prentjie sien en wat die impak hiervan op verskeie gewasse gaan wees.


OUERRRAD

Beperking van die inperking

My bekommernis lê egter grotendeels by ons kinders: Hulle wat maar so ongesiens hulself moet besig hou vir maande aaneen. Kinders wat vanaf die begin van die inperking baie min uit die huis uit was. Op Vlak 5 en 4 het sommige ouers darem al weer gaan werk, of nou en dan supermark toe gery om kos te koop. Die kinders het net tuis gebly en gehoor van hierdie vreeslike veranderinge in die buitewêreld. Nadat hulle ’n baie klein rukkie teruggekeer het na ’n absolute abnormale norma liteit van skool, het hulle weer ’n ampertjies driemaandetydperk oor die Desembervakansie tuis spandeer. Watter beperking het hierdie inperking aan ons kinders gestel? Alhoewel die meeste van hulle nie hieroor kla en soos volwassenes dit luidrugtig op sosiale media uitbasuin nie, is die krakies wel al duidelik sigbaar. Covid-19 eis sy tol en saai sy saad van verwoesting – ook by ons kosbare kinders.

Die beperking van BEWEGING Tydens die bitter koue maande het die regering ons selfs verbied om uit ons erf te beweeg, om die blok te stap of te gaan draf. Teen die tyd dat hulle die beperking gelig het, was ons kinders reeds te versigtig om dit buite te waag, te bang vir die Groot Kiem. Van hulle het verdiep geraak in televisieprogramme, videoen rekenaarspeletjies en hul selfone het soos ’n ekstra liggaamsdeel aan hul vasgegegroei. Ouers het al hoe meer gesukkel om kinders te laat beweeg en buite te speel. Die grootste probleem is jou tipiese skoolgaande kind wat nie meer soos kleuters buite wil boomklim

16

OVK NUUS | Maart 2021

Covid-19 is aan die begin van 2021 steeds ’n groot deel van ons realiteit. Elke dag is nuusberigte volgeprop met statistieke oor nuwe Covid-positiewe gevalle, sterftesyfers en vrystelling van teenmiddels. Aan die etenstafel word gesels en gemor oor ons ekonomie, besighede wat net eenvoudig hul deure sluit en die werkloosheidsyfer wat ten hemele styg.


en swaai nie. Tegnologie word baie eerder bo natuurlike beweging verkies. Verminderde beweging by kinders kan direk aanleiding gee tot verhoogde angsvlakke, slegter slaappatrone en gemoedsversteurings. Dit kan bydra tot ’n tekort aan konsentrasie en die behoefte om te vroetel wanneer hulle wel moet stilsit en konsentreer. Kinders het juis genoeg beweging nodig om sodoende vestibulêre ontwikke ling te stimuleer, sodat hulle lank genoeg kan stilsit en kon sentreer in die klaskamer. Wanneer kinders nie genoeg beweeg nie, kan hul ’n tekort aan motivering toon, asook luste-

loosheid en ’n traak-my-nie-agtige houding. ’n Tekort aan beweging het ‘n direkte impak op ’n kind se vermoë om homself emosioneel te reguleer en te handhaaf.

ging en kan dit lei tot letter- en syferomkerings en swak spelling. Opvoeders se taak is vir seker vir hulle uitgeknip, wanneer ons kinders in hierdie nuwe kwartaal moet terugkeer skool toe.

Wanneer ’n kind emosioneel begin swaar trek is dit juis die kind wat moeilik is om te dissiplineer en dit moeilik vind om grense en reëls te respekteer en dan begin verhoudings binne die gesin skeeftrek.

Daar gaan van hulle vereis word om te kan stilsit, te fokus, baie werk in te haal en teen ’n hoë tempo akademies te kan vorder. Vir al hierdie vaardighede benodig ’n kind genoegsame beweging, sodat hy in die klaskamer tot sy volle potensiaal kan ontwikkel.

Beweging stimuleer die vestibulêre sisteem of balanssintuig wat primêr te doen het met ruimtelike oriëntering. Wanneer ’n kind se ruimtelike oriëntasie, middellynkruising en koördinasie nie goed ontwikkel nie, is lees en skryf ’n baie groot uitda-

Die beperking van SOSIALISERING Kinders is vir ’n baie lang tyd ontneem van sosialisering en vriende, partytjies en samekomste. Om met maats te kan

speel is ’n belangrike komponent vir ons kinders se emosionele ontwikkeling. Deur te sosialiseer leer kinders: Geduld: Impulsbeheer word geoefen wanneer kinders spontaan speletjies speel of interaksie met mekaar het. Om te kan wag, beteken dat ’n kind sy beurt kan afwag met ’n speletjie of te kan wag dat die ander persoon sy gesprek voltooi. Hierdie vaardigheid is van uiterste belang wanneer dit by skolastiese prestasie en kognitiewe vaardighede kom. Kinders moet eers kan STOP met hul denke, voordat daar toegang is vir probleemoplossing, taalgebruik en omgang met abstrakte konsepte soos letters, syfers en organisering.

March 2021 | OVK NEWS

17


Mededeelsaamheid: Tydens sosialisering leer kinders om hul spasie te deel, soos hulle kamer of gunstelingspeelplek soos ’n boomhuis. Hulle leer om speelgoed onderling te deel en om soms ook aandag te deel.Terug in die klaskamer, kan die onderwyser onmoontlik individuele aandag aan elke kind gee, en is dit belangrik dat die kind die fokus en aandag moet kan deel met die res van die klas. Empatie: Deur te speel leer kinders om vir mekaar om te gee, hulle leer simpatie en empatie en hulle leer om maats se liggaamstaal en gesigsuitdrukkings te “lees”. Hierdie is sagte vaardighede wat ’n kind moet aanleer, om suksesvolle en positiewe verhoudings vorentoe te kan bou. Ons maak ons kinders groot met die wete dat hulle nie geïsoleerd in hierdie wêreld is nie, en moet waak teen selfgesentreerdheid en handeling vir eie gewin.

Die beperking van SPORT Behalwe vir ’n paar mammas wat so stilletjies juig dat die rondryery vir sport minder is, is daar niks goed wat hieruit spruit nie. Ons kinders het ’n diep behoefte om na skool aan sport deel te neem. Meer intense oefening bring mee dat die brein dopamien en serotonien vrystel – dis die “goedvoelhormone”. Sport bied die perfekte kombinasie van beweging en stimulasie. Baie kinders wat nie in die klaskamer presteer nie, presteer wel op die sportveld. Vanaf Maart 2020 was hierdie kinders net nie die geleentheid gebied om te wys waarin hulle ook uitblink nie. Geen sportprestasies is afgekondig in die saal nie. Sommige leerders het so hard gewerk om ’n sekere span te haal – en kon nie vir daardie eerste span uitdraf nie. Kinders het Interskole en sporttradisies wat al jare lank saamkom, mis geloop. Vriendskapsbande word gesmee op die sportveld, en verhoudings word op ’n heel ander vlak met afrigters en onderwysers gebou.

18 OVK NUUS | Maart 2021

Sport en ak tiwiteite het ons kinders se dae gevul met doelgerigtheid en struk tuur. Hulle het presies geweet watter sport op watter dae is en daarrondom vir hulle ’n sekere orde geskep. Ons kinders beleef ’n groot leemte op hierdie gebied as gevolg van ’n wêreldwye pandemie.

Die beperking van VOORSPELBAARHEID Sekerlik een van die grootste, moeilikste uitdagings van die tye waarin ons onsself nog bevind, is die onvoorspelbaarheid van skielike verlies. Baie kinders moes ’n grootouer of selfs ’n ouer afstaan aan ’n skielike dood as gevolg van Covid-19. Meer as ooit tevore moet kinders leer om hierdie traumatiese ervarings te kan hanteer.

skole open, en in watter formaat, indien hulle wel open, wissel van tyd tot tyd. Elke kort-kort word ons kinders verras met nuwe reëlings, nuwe strukture en nuwe aanpassings. Bitter min word vir die toekoms beplan, aangesien ons nie werklik weet wat die toekoms inhou nie. Voorspelbaarheid bied emosionele veiligheid en sekuriteit. Ons kinders se daaglikse ritmes, roetines en voorspel-

baarheid is by die venster uit en hulle moet groot verliese en beperkings binne hierdie inperking hanteer. David Feuerstein skryf: “Elke kind benodig een omgee-groot mens om vir hom die wêreld te ontsluit en betekenis te gee.” Gaan wees daardie een wat aan jou kind, sover as moontlik, die orde, struktuur en veiligheid bied binne hierdie omgedopte wêreld.

Daar is ook ’n vrees by kinders oor hul ouers se welstand en gesondheid, veral waar ouers in beroepe is waar hul blootstelling soveel meer is. Angs en onsekerheid by kinders het oor die laaste paar maande met rasse skrede toegeneem. Die onvoorspelbaarheid van die pandemie is die een groot faktor wat bydra tot hierdie angstigheid en spanning. Indien iemand siek word, is dit onmoontlik om die uitkoms daarvan te bepaal. Datums wanneer

p Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za


OKKERNEUTE

Rotondo hou insiggewende kwekersdag

In 1995 is ‘n besluit deur die Industrial Development Corporation geneem om die okkerneut kommersieel as ‘n bedryf te ontwikkel aangesien dit nie op daardie stadium in die land verbou is nie. Dit was die geboorte van Rotondo Walnuts aan die oewer van die Oranjerivier by Aliwal-Noord. Ses jaar later word die eerste boompies deur Percy Watkins geplant en in 2010 is 488 hektaar met 74 000 boompies beplant.Verskeie variëteite soos Chandler, Howard, Harley, Vina en Serr is geplant en die volle boord is sedert 2017 in produksie. Sedert die ontstaan van Rotondo Walnuts het heelwat boere daar aangeklop vir raad en vandag is daar baie kleiner boorde oor ‘n wye geografiese gebied. In Februarie is ‘n kwekersdag aangebied, wat deur 120 boere bygewoon is. Nuwe tegnieke en toerusting, sowel as die optimale instandhouding van die boom is bespreek. Percy se droom is om 2 000 hektaar okkerneutbome in Suid-Afrika te ontwikkel. Op die vraag hoe ver hy nou is, antwoord hy: “Daar is nog baie werk om te doen en ons is nog nie naby nie.”

20

OVK NUUS | Maart 2021


PLAASKUIER

Vrou-alleen staan sy nie terug vir uitdagings nie

Boerdery is oor die algemeen vol unieke uitdagings; wat nog te sê as jy hierdie uitdagings vrou-alleen te bowe moet kom. Dit is wat Lomea Heyns op die plaas Vrolikheid buite Steynsrus die afgelope drie jaar regkry. Benewens persoonlike gevare wat sy moet trotseer, teel sy haar eie Dohnestoet wat gereeld onder diefstal deurloop. Lomea se wortels is diep in Steynsrus ingegrawe. Haar pa, Bart Lombaard, het in die omgewing geboer. Sy is daar gebore en het op Steynsrus skoolgegaan. Nadat sy in 1984 gematrikuleer het, het sy in ‘n handelsbank op Kroonstad

gaan werk. Vier jaar later is sy met ‘n skoolvriend en plaaslike boer, Chris Heyns, getroud. “Dit is in hierdie tyd dat ek ‘n liefde vir skape ontwikkel het. Ek het baie met die skape gewerk en so ondervinding opge-

doen. Ek het agt jaar gelede 30 ooie by Chris gekry en ‘n ram geleen. Ek het ook geld by die bank geleen en my eerste 40 kommersiële Dohne Merino ooie aangekoop. Die Bartlosstoet is hieruit gebore. “Een van die beste dinge wat ek gedoen het, was om AA stoetramme aan te koop. Dit het my in staat gestel om met eenvormigheid en die regte genetika te begin teel. In hierdie tydperk word agt ooie van die 30 wat ek van Chris gekry het, gesteel terwyl ek met vakansie was.

“Vier jaar gelede het ek na Vrolikheid getrek en was baie vasbe rade om ‘n sukses te maak. Sodra ek ekstra geld gehad het, het ek nog een of twee skape aangekoop.” Vrolikheid is naby die hoofpad geleë en sy het al baie skade weens diefstal gely. Sy was ‘n naweek nie op die plaas nie en toe word 40 stoetooie gesteel. ‘n Paar weke later word ‘n kamp se drade geknip en 30 ooie laatmiddag gesteel. Later is daar nog gesteel totdat Lomea 100 dragtige stoetooie in totaal verloor het.

March 2021 | OVK NEWS

21


“Dit was op daardie stadium 25% van my stoetooie. Dit het my emosioneel en finansieel amper geknak maar ‘n boer weet nie van opgee nie. Ek het baie gehuil, maar moes net weer opstaan en voortgaan. ‘n Groot gedeelte van jou genetika en wol is weg. Dit is baie werk wat net eenvoudig daarmee heen is en dit neem jare om weer te vervang. Die gevolg is dat ek nou dag en nag die diere moet oppas. Ek ry elke dag deur die kampe om drade na te gaan en te kyk of daar nie dalk ongewenste elemente in die nabyheid is nie.” Sy verduidelik dat drade meestal laatmiddag geknip word.

q Lomea boer net buite Steynsrus vrou-alleen op die plaas Vrolikheid met Dohne skape en Beefmaster beeste. Haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy glo ‘n vrou kan net so suksesvol soos ‘n man boer.

22

OVK NUUS | Maart 2021

Hulle is gedwing om die diere nou snags in geëlektrifiseerde kampe by die huis te beskerm. Die boere hier loop erg onder veediefstal deur en dit word beslis deur sindikate gedoen. Vee wat geherbrandmerk is, word gereeld by veilings ver van Steynsrus opgespoor en die padkameras in die omgewing tel voertuie op wat met vee rondry en daardeur word baie diere weer teruggevind. Sy is weer besig om die stoet op ‘n standaard te kry sodat prestasietoetse gedoen kan word. “Ek het nog AA ramme ingekoop. Die ooie word gelaparoskopie met die semen van die beste beskikbare ram in die ras. Ooie wat oorslaan, word gespons en gesinkroniseer en met die AA ramme wat aangekoop word, dragtig gemaak. Ooie wat dan nog nie gevat het nie, word verkoop. “Ek het in die verlede lamhokkies gebruik, maar verskriklik gesukkel met cryptosporidium en baie lammers verloor. Die

kiem bly in die hokkie en word van lammetjie na lammetjie oorgedra en daar is geen kuur nie.

As jou plaas, kampe en heinings netjies is, sal jy suksesvol wees. Ek werk nou met kampe. Wanneer die dragtige ooi naby lam is, kom sy in ‘n groterige kamp in en word gevoer. Die oomblik dat sy lam, gaan sy en die lam na ‘n kleiner kampie. Ek sit vyf ooie met hul lammers in een kamp.” Wanneer hulle sterk genoeg is, word hulle na die radys- en hawerlande geneem. Radyse is die hoofvoedingsbron en die lammers eet al vanaf ‘n week oud. Dit is hoog in proteïene en die lammers word mooi sterk daarop groot. Lomea lam hoofsaaklik in Mei wanneer die radyse reg is vir weiding. Wanneer die radyse klaar gevreet is, skuif sy hulle na mieliereste toe. Teen speentyd gaan die

ooie terug op natuurlike weiding met addisionele lek en die lammers word afgerond en bemark soos haar kontantvloei dit benodig. Volgens Lomea is die Dohne ‘n geharde dier en word net gevoed gedurende paar- en lamtyd. Na speentyd gaan die ooi veld toe. Sy rus dan vir drie maande en word daarna weer op kondisie gekry om te paar. ”Ek sorg dat die ooie en die ramme ses weke voor paring gevoer word sodat hulle teen paartyd in goeie kondisie is en die kanse dat die ooi vat, beter is.” Die daling in die wolprys het haar kontantvloei ook ‘n knou gegee. “Ek teel vir ‘n 19 tot 20 mikron omdat ons redelik baie stof het en fyner wol net te vuil word. Ek ploeg altyd ‘n gedeelte van my woltjek terug deur diere aan te koop, maar hierdie laaste twee jaar kan ek dit feitlik nie meer daaruit doen nie en moet meer lammers bemark om vir die tekort te vergoed.”


Lomea bly alleen in die plaashuis en veiligheid is ‘n gereelde gesprekspunt. “Dit is maar iets waarmee ek saamleef, maar ek is baie versigtig. Mense word dag en nag aangeval en ‘n boer moet permanent op sy hoede wees. Ek doen alles binne my vermoë om my eie veiligheid te verseker.” Sy is redelik uitgesproke oor die rol van die vrou in landbou en sê dat vroue al vir eeue betrokke is. “Vroue is net nog nooit raakgesien nie. Vroue hoef glad nie minderwaardig teenoor hul manlike eweknieë te voel nie. Vroulike boere hou van diere soos skape wat hulle kan hanteer, en is oor die algemeen nie saai- of beesboere nie. Jy is ‘n goeie boer as dit waarmee jy boer, jou passie is.” “Min vrouens word as ‘n boer (soos boerseuns) gebore. Die meeste trou maar met boere en doen hul kennis sodoende op. Hulle het beslis ‘n agterstand waar dit by die meganiese gedeelte van die daaglikse boer-

dery kom, maar daar is altyd iemand wat kan help. Jy hou egter aan met leer en weet later hoe om baie van die goed self te herstel. Indien jy suksesvol wil wees, sorg dat jou plaas, kampe en heinings netjies is.”

Kompetisie vir HDL juwele gewen

Lomea wil graag haar Dohnestoet verder uitbrei om binne 2 jaar ‘n volwaardige stoet te hê en moontlik selfs produksieveilings aan te bied. Sy het met ‘n kommersiële Beefmaster beeskudde begin en is baie opgewonde daaroor. “Ek het my kennis van beeste opgedoen terwyl ek getroud was en is vol vertroue dat ek daarin sal slaag om die kudde suksesvol uit te brei.” Boerdery is nie een van die maklikste beroepe om te volg nie en is vol risiko’s wat elke dag kan opduik. Lomea slaag daarin om vrou-alleen ‘n sukses daarvan te maak en verskeie risiko’s en uitdagings te oorbrug. Dan is sy ook ‘n entoesiastiese kampvegter vir vroueboere. “Vrolikheid” is ‘n uiters gepaste naam vir haar plaas.

Caeleigh Joubert van Schweizer-Reneke is onlangs as die wenner van die HDL-OVK Nuus-kompetisie wat in die Desemberuitgwe gepubliseer is, aangewys. Sy het haar juwele in Bloemfontein by die HDL met baie opwinding ontvang. Baie geluk aan Caeleigh en groot dank aan HDL vir hul deelname van die kompetisie.


GRONDSAKE

Landbou beveg die voorgestelde Onteieingswetsontwerp

Vrystaat Landbou (VL) het in Februarie sy amptelike voorlegging oor die onteieningswetsontwerp aan die parlement oorhandig. ‘n Mediaverklaring van VL noem dat die dokument ondersteun word deur meer as 80 000 individue regoor die land wat die onteieningswetsontwerp, soos in die huidige vorm ter tafel gelê, van die hand wys. “Alhoewel die parlement nie harde kopie-voorleggings kan ontvang nie, het ons met lede in die komitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur ooreengekom om amptelike voorleggings te ontvang. Die voor legging is ontvang deur ‘n lid van die bogenoemde parlementêre komitee, Madeleine Hickling, aangesien die sekretaris en voorsitter van die komitee nie die voorlegging persoonlik kon ontvang nie. Dieselfde voorlegging word per e-pos aan die Sekretaris van die Komitee gestuur. Die wetsontwerp poog om ‘n raamwerk te skep waar onteiening van bates sonder vergoeding moontlik is. Hierdie wetsontwerp maak voorsiening vir beslaglegging op enige eiendom (nie net grond nie) en moet in sy huidige vorm gestop word.” sê Francois Wilken, president van die VL. VL beskou die volgende as onaanvaarbare aspekte van die wetsontwerp wat die burgerlike vryhede van alle Suid-Afrikaners in gevaar stel: l De facto staatsbeheer van alle eiendom (Klousule: 3) l Munisipaliteite het die reg

24

OVK NUUS | Maart 2021

l

om hierdie wet toe te pas en te reguleer (Klousule: 1) Onteiening in “openbare belang” word te breedvoerig gedefinieer en impliseer dus dat enige rede vir onteiening gebruik kan word. (Klousule: 1)

In hul voorlegging wat VL aan die parlement oorhandig het, is die fokus net op die vier belangrikste bekommernisse: l Die voornemens van die wetsontwerp uitsluitlik vir grondhervorming. l Die beoogde vergoeding soos uiteengesit in die wetsontwerp, wat die gaping vir nul vergoeding daarstel.

l

l

Die feit dat die wetsontwerp op alle eiendom fokus, nie net landbougrond nie, en Die impak van die Onteieningswetsontwerp op Suid-Afrika as geheel.

As hierdie wetgewing gepromulgeer word met Suid-Afrika se huidige skuldstatus, en vererger deur COVID-19, sal dit lei tot onmiddellike verdere kredietverlaging, kapitaalvlug en ‘n ineenstorting van ons ekonomie wat tot groter vlakke van armoede sal lei. Die voorlegging van VL is binne die spesifieke mandaat van ons 3 400 kommersiële landboulede

en het die breër steun van byna 80 000 Suid-Afrikaners wat ons aanlynversoekskrif onderteken het. Enige persoon wat die Onteieningswetsontwerp wil opponeer, kan hul insette op Vrystaat Landbou se webtuiste: https:// vrystaatlandbou.co.za aanteken. Die insette sal aan die parlement oorhandig word en die aantal persone in ondersteuning van Vrystaat Landbou sal deel vorm van ons argument teen Onteiening sonder vergoeding gedurende mondelinge voorleggings in die parlement later vanjaar en gedurende die provinsiale openbare verhore.


NUWE AANSTELLING

OVK Vesel kry nuwe hoof

Hy het in die Visriviervallei grootgeword waar sy pa, Pierre le Roux, ‘n gemengde boerdery vanaf 1976 bedryf het. Hulle eerste skape was Walrich skape wat ‘n meerdoelige skaap soos die Vleismerino en Dohne was. Die Dohne en Walrich Teelgenootskappe het in 1982 saamgesmelt, maar die Walrich bestaan nie meer nie.

Jacques le Roux is ‘n man wat ‘n wye draai in die besigheidswêreld gemaak het. Hy het begin as besproeiingsboer en het verskeie ander draaie gemaak in die handelswêreld voordat hy betrokke geraak het by die wolverwerkingsproses en later die handelsproses, waar hy ondervinding in die koop en verkoop van wol sou opdoen. Vandag staan hy aan die stuur van OVK se Veselafdeling, gesetel in Port Elizabeth, waar hy al die ondervinding tot voordeel van die kliënte gaan gebruik.

Pierre het later oorgeskakel na Angorabokke. Op daardie stadium het Jacques by ‘n plaasskooltjie saam met tien ander leerders skoolgegaan tot graad 7. “Toe ek hoërskool toe moes gaan, het my kop in die regsrigting gestaan en is ek nie Marlow Landbouskool toe nie, maar na Cradock Hoërskool.” Na diensplig is hy na Kovsies waar hy in die regte gestudeer het. “Hier het ek my vrou Linda, wat ook ‘n regstudent was, ontmoet. Intussen het my pa die grond in Cradock verkoop en ‘n klein plasie op Jacobsdal gekoop. Ek en Linda is in 1994 getroud en ek het saam met my pa op Jacobsdal hoofsaaklik met besproeiingsgewasse geboer. Die plaas was maar klein en kon nie regtig twee families finansieel dra nie. Ek het besluit om my regsloopbaan in 2001 in Kimberley as staatsaanklaer te begin. Ek sluit toe later as ‘n regsadviseur by ‘n firma aan wat in arbeidsreg gespesialiseer het.” In 2008 trek Jacques en sy familie na Port Elizabeth, terwyl hy nog steeds vir dieselfde maatskappy in die arbeidsregomgewing werk. Hy sluit ‘n paar jaar later by die Landbouwerkgewersorganisasie aan. Na twee jaar besluit Jacques om sy eie konsultasiebesigheid te begin en van sy eerste kliente was vissers in St Francis wat sy hulp ingeroep het met visvangkwotas.

26

OVK NUUS | Maart 2021

“Ek het gesukkel om al my kliënte se werk en my eie te behartig toe die vissermanne, wat hoofsaaklik by die tjokkabedryf betrokke was, my vra om voltyds as algemene bestuurder vir hulle te werk. Die kantore was in die hawe by St Francisbaai, maar my familie was nog in Port Elizabeth. Linda was op daardie stadium ‘n advokaat by die NVG en ons kon nie ‘n geskikte pos op haar vlak in St Francis kry nie. Ek het die werk baie geniet, maar om as familie normaal saam te kon wees, moes ek bedank en terugtrek Port Elizabeth toe. “My droomwerk sou wees om ‘n Karooskaapboer te gewees het, maar dit is nie vir almal beskore nie. Ek wou nader aan die landboubedryf beweeg het en die enigste manier was om by ‘n verwante bedryf betrokke te raak. Ek het in 2016 aansoek gedoen as bestuurder van ‘n

wolverwerkingsaanleg in Uitenhage en het toe vir meer as twee jaar in die hoedanigheid vir Cape of Good Hope Wool Combers gewerk. Dit was ‘n fantastiese tydperk.” Die aanleg was egter die laaste dekade of so onder druk van die Chinese se kant af en kon in daardie tyd nie die volume wol bereik om die vereiste minimum inkomste te genereer nie. Die aanleg is in 1947 begin en was vir baie jare winsgewend bedryf, maar daardie situasie het baie verander toe die Chinese wolverwerking teen baie laer kostes kon doen. “Die aanleg was gebou om wol van tussen 19 en 22 mikron te hanteer, maar weens teling het die Merino vagwol al fyner geword totdat die gemiddeld onder 19 mikron was. Die masjinerie was meer geskik vir growwer wol. Daarby het boere begin

p Jacques le Roux het onlangs as Hoofbestuurder: Vesel by OVK in Port Elizabeth aangesluit. Hy is in 1994 getroud met Linda en hulle is die ouers van twee seuns. PJ is in die filmbedryf gekwalifiseer en Ruben studeer Elektroniese Ingenieurswese. om oor te slaan na sesmaandelikse skeersiklusse en het die lengte van die wol korter geraak. Om wolkledingstukke vir die klerebedryf te vervaardig, het jy langer wol nodig, wat beteken het dat ons wol moes invoer. Die impak van al die faktore het verder toegeneem en saam met stygende produksiekoste het dit onmoontlik geword om winsgewend voort te gaan. “In Januarie 2018 het ons die fabriek gesluit en dit was my verantwoordelikheid om die masjiene aan die Chinese te


verkoop en die eiendom te bemark. Dit was eintlik ‘n tragedie, aangesien dit ‘n gedeelte van die wollandskap was wat vir altyd verander het met die fabriek wat na 60 jaar gesluit is.” Jacques het toe oorgeskuif na Segard Masurel SA se handelsafdeling, wat in die verlede hoofsaaklik wol op die veilings gekoop het vir die verwerkingsaanleg wat nou gesluit het. Die besigheidsmodel is toe verander en hulle word ‘n vetwolhandelaar waarvan hy die bestuurder geword het. Hy het direk met Chinese agente en fabrieke onderhandel en hy noem dat Covid ‘n groot invloed op die bedryf gehad het. Trump se handelsoorlog met China het daarmee ge paard gegaan, wat ook ‘n groot impak op die wolmark gehad het. Tydens die Covid-19 grendeltydperk het alle fabrieke in China en Europa tot stilstand gekom, ons in Suid-Afrika het geen veilings vir die eerste paar weke gehou nie en die prys het gaandeweg tot min of meer 2011/12 vlakke gedaal. Die prys

is sedertdien op ‘n herstelpad en volgens Jacques moet daar altyd objektief na die pryse gekyk word. “Ons mark is normaalweg so 2 tot 3% bo die Australiese mark en dan speel die wisselkoers ook ‘n groot rol, tesame met kwantiteit van wol wat aangebied word beide in SA en Australië en ook die kwaliteit van die aanbod. Die boer moet dus kyk na al hierdie faktore en hiermee tesame ander faktore soos bv. die Chinese Nuwejaar wat in Februarie gevier word. Dit duur twee weke en in daardie tyd is daar geen produksie in China nie en dus minder belangstelling in die veilings. Die huidige tendens van die wolprys is egter opwaarts terwyl ons wel volatiliteit in die proses kan verwag. Jacques meen die opwaartse tendens van die wolprys kan slegs weer deur ‘n nuwe Covidgolf in China gestuit word. Solank fabrieke produseer en die verbruikersentiment in China positief bly, sal die prys opwaarts beweeg. China voer 80% van die wêreld se wol in. Hulle gebruik 50% van die vervaardigde produkte self en voer 50% na Amerika en Europa uit.

Volgens Jacques sal die fyner (16-17) mikrons beslis binnekort R200 per/kg haal.“Ons beweeg stadig na 2018 vlakke toe, maar dit is nie noodwendig ‘n goeie ding op die langtermyn nie. Die produsent moet besef dat wol met ander vesels, soos katoen en sintetiese vesels, kompeteer. Die wêreldprys vir katoen en ander vesels is om en by 1-2 dollar/kg in vergelyking met wol wat gemiddeld min of meer 6 dollar/kg is. Indien die prys van wol te hoog raak, gebruik verwerkers eenvoudig minder wol en meer van die ander vesels in hul materiaal. Daar is dus ‘n verbruikersweerstand indien die prys te hoog raak. ‘n Balans is derhalwe noodsaaklik vir die bedryf.” Sybokhaar toon ook positiewe tekens van prysherstel met goeie stygings in pryse op die laaste veiling. In die bokhaar bedryf sal daar gefokus moet word op volhoubaarheidsertifisering (RMS) oor die volgende jaar of wat. Hierdie sertifisering gaan van kritieke belang wees vir die bokhaarprodusent. Jacques is in Februarie aangestel as Hoofbestuurder: Vesel

en neem in ‘n tydperk oor toe die bedryf vir ‘n geruime tyd weens droogte en swakker veselpryse onder druk verkeer het. “Ek is beslis nie hier om links en regs veranderinge aan te bring nie. Ek beplan geen onmiddelike groot veranderinge nie; my leuse is eerder: ‘Back to basics’ Kom ons doen die ba sie se dinge reg.” Elke persoon in OVK moet op sy en die mense onder hom se basiese dissi pline en diens lewering konsentreer en dan sal die groter dinge daaruit vloei. Hiermee saam is dit belangrik om die regte ‘speler’ in die regte posisie te kry. “Die kern van ons besigheid hier by Vesel is om ‘n veselmakelaar te wees. Basies behels dit die dienste wat ons die boer bied, hoe ons die vesel hanteer en hoe ons die vesel verkoop of bemark op die veilings. Dit is die kern en in daardie kern moet ons sterk wees. My fokus is dus: Wees die beste makelaar wat jy kan wees en die res sal daaruit vloei. As ons dit onder die knie het kan ons begin om meer risiko’s te neem.”


INTERNATIONAL

Indian farming protests resonate in US agriculture www.independent.co.uk reports. Images of thousands of farmers streaming into India’s capital on tractors and carrying banners to decry potentially devastating changes in agricultural policy can seem a world away, but the protests in New Delhi raise issues that resonate in the United States and have led to dramatic change in rural America. Indian farmers have left their homes to march through New Delhi in a desperate effort to force the repeal of laws they believe would end guaranteed pricing and force them to sell to powerful corporations rather than government-run markets. Despite decades of economic growth, up to half of India’s population relies on growing crops on small parcels of land, typically less than 3 acres, and farmers worry that without guaranteed prices they will be forced to sell their land and lose their livelihoods. The dispute raises questions not only about agriculture but about dwindling populations in rural India where small communities are already struggling to survive — an issue mirrored in the parts of the U.S. “These protests have gone way beyond the bills because they have spiralled into a larger conversation about the soul of rural India, which is something very familiar to those of us in the Midwest,” said Andrew Flachs, an anthropology professor at Purdue University who has extensively studied the experiences of cotton farmers in India. “We’re always talking about the spirit of American agrarianism and the soul of 28

OVK NUUS | Maart 2021

rural America and this has shifted into a conversation of those same dynamics in India.” The images of farmers marching through New Delhi recall similar scenes in Washington, D.C., during the farming crisis of the late 1970s and early 1980s, when hundreds of trucks and tractors flooded the National Mall. Thousands of farmers lost their land, in part because of government policies that caused soaring interest rates as demand for their products plunged, leading to falling land values. In Iowa — one of the hardest hit states — there were about 500 farm auctions a month in 1983 when families had no choice but to sell. Decades later, those memories remain fresh for Rick Juchems, whose parents had to sell their 640-acre farm in Iowa. Just as feared by those protesting in India, the American farmers lost their livelihoods and sense of identity.

Researchers fear the same could happen in India if New Delhi refuses to repeal the law that favours corporate farming. Post-crisis, many Americans in rural areas were able to adapt, moving to cities and finding jobs, but Bengaluru, India-based social anthropologist Aninhalli Vasavi said farmers in India have few options. Even as economic realities force them to leave their rural homes, they often struggle in urban areas.

compensation and bereft of their livelihoods. In countries including Myanmar, Cambodia and China, many end up on the fringes of fast industrialising cities, finding lowpaid work in service jobs such as massage parlours and delivery services that provide no social benefits or security.

“India has not had a substantial industrial base to absorb the large population into gainful industrial or urban employment,” Vasavi said via email. “Instead, vast number of rural migrants are ‘adversely integrated’ into the low-end urban and construction economy.”

Vasavi and others also worry about the environmental consequences of the shift from labourintensive agriculture in India toward the large-scale farming familiar in the U.S. Such farming isn’t new to India, which implemented aspects of industrial farming — dubbed the Green Revolution — in the 1960s and succeeded in increasing production and reducing widespread hunger.

The challenges facing India are common to many developing countries in Asia, where farmland has been gobbled up, often for factories and property development, leaving legions of farmers without adequate

Even as the many small plots make India less productive than in the U.S., researchers say Indian farmers are good stewards of their land and avoid some of the environmental consequences seen in U.S. agri-


like in India than in the U.S. Midwest. Those small holdings meet a growing demand for fresh, locally grown produce. Rissing said many of her students have no choice but to think small because farmland is so expensive, but they also are drawn to non-mechanized farming that improves soils and limits runoff into waterways.

culture, such as fertilizer runoff and soil depletion. Peggy Barlett, an Emory University anthropology professor who studies agriculture and rural life, said that while a push for industrial farming might seem obvious to Americans accustomed to large-scale farming,

it makes less sense in India, where there is plenty of labour but less money for expensive farm equipment.

cost of petroleum-based fertilizer, rather than relying on organic methods used frequently on small farms, Barlett said.

As more attention is paid to the role of agriculture in climate change, U.S. farmers also will be confronted more in coming years with the environmental

Ohio State University researcher Andrea Rissing said there has been a surge in young Americans growing vegetables on a few acres, in some ways more

Others are building food hubs to market their vegetables locally, rather than send it to markets nationwide and abroad as is typical of large-scale agriculture in the U.S. It’s the kind of farming Rissing prefers, but she acknowledges: “Farming is hard. It’s hard for small-scale farmers and it’s hard for big corn and soybean farmers, too.”


GEWASSE

Gewasse vooruitskatting vir 2021 deur die Oesskttingskomitee

Kommersiële mielies: Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2 750 900 ha, wat 5,37% of 140 100 ha meer is as die 2 610 800 ha wat verlede seisoen aangeplant is, en 0,92% of 25 600 ha minder as die voorlopige oppervlakteskatting van 2 776 500 ha soos vrygestel in Januarie 2021. Die verwagte kommersiële mielie-oes is 15 848 960 ton, wat 3,59% of 548 960 ton meer is as die 15 300 000 ton van die vorige seisoen (2020). Die opbrengs van mielies is 5,76 t/ha. Dit is die tweede grootste verwagte mielie-oes wat nog ooit in die RSA geproduseer is. Die syfers vir die oppervlakte beplant is hoofsaaklik verkry vanaf die Produsente Onaf hanklike Oesskattingstelsel soos deur die Nasionale Oesskattingskonsortium gerapporteer vir die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies. Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2021 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2021. Die huidige opbrengssyfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies. Die oppervlak onder witmielies is 1 682 400 ha, wat ’n toename van 4,09% of 66 100 ha verteenwoordig, vergeleke met die 1 616 300 ha die vorige seisoen. Die produksieskatting van witmielies is 8 799 360 ton, wat 2,95% of 251 860 ton meer is as die 8 547 500 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 5,23 t/ha. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1 068

30 OVK NUUS | Maart 2021

500 ha, wat 7,44% of 74 000 ha meer is as die 994 500 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van geel mielies is 7 049 600 ton, wat 4,40% of 297 100 ton meer is as die 6 752 500 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 6,60 t/ha. Ander somergewasse: Sonneblomsaad: Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 474 800 ha, wat 5,10% of 25 500 ha minder is as die 500 300 ha aangeplant die vorige seisoen. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 712 940 ton, wat 9,58% of 75 560 ton minder is as die 788 500 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,50 t/ha.

Ander gewasse: Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 826 500 ha, wat ’n toename van 17,23% of 121 500 ha verteenwoordig vergeleke met die 705 000 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting is 1 620 900 ton, wat 30,14% of 375 400 ton meer is as die 1 245 500 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,96 t/ha. Dit is die grootste verwagte sojaboonoes wat ooit in die RSA geproduseer is. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 40 050 ha, wat 6,80% of 2 550 ha meer is as die 37 500 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 58 425 ton – 16,66% of 8 345 ton meer as die 50 080 ton van die vorige

seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,46 t/ha. Die oppervlakteskatting vir sorghum het toegeneem met 8,71% of 3 700 ha, van 42 500 ha tot 46 200 ha teenoor die vorige seisoen. Die produksieskatting van sorghum is 170 590 ton – 7,97% of 12 590 ton meer as die 158 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 3,69 t/ha. Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 51 990 ha, wat 3,67% of 1 840 ha meer is as die 50 150 ha geplant vir die vorige seisoen. Die pro duksieskatting is 65 467 ton, wat 1,03% of 667 ton meer is as die 64 800 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,26 t/ha.


DIERESORG

Dieregesondheid in die reënseisoen

Tydens ons vorige uitgawe het dit gelyk na ‘n normale reënseisoen wat voorlê. Nou kan ons met redelike sekerheid sê dat ons ‘n bogemiddelde nat seisoen beleef - natuurlik baie welkom, maar ook met sy eie uitdagings

Beeste In die vorige twee uitgawes het ek klem gelê op die voorkoming (deur middel van inenting) van insekoordraagbare siektes wat ons veral in ‘n nat seisoen kan verwag. Siektes sluit in Knopvel, drie-dae-stywesiekte en Slenkdalkoors. Daar is egter ‘n probleem met die beskikbaarheid van sommige van die entstowwe.

32 OVK NUUS | Maart 2021

In die geval waar diere nie geënt is en entstowwe nie beskikbaar is nie, moet insekafweermiddels gebruik word om diere te beskerm. Verder kan diere, waar moontlik, weggehou word van vleie en panne (broeiplek vir muggies en muskiete). Waar moontlik moet diere verkieslik in hoërliggende dele slaap (meer van toepassing op skape). Kortliks oor Slenkdalkoors: Slenkdalkoors kom gewoonlik voor wanneer watervlakke ‘n sekere hoogte bereik, wat dan veroorsaak dat die spesifieke muskieteiers uitbroei. Dit bring mee dat Slenkdalkoors spesifiek in bogemiddelde nat jare ‘n probleem is. Die ideaal is om alle ver vangingsverse met lewendige

Slenkdalentstof te ent, aan gesien dit ‘n eenmalige enting is; dus is dit nie nodig om die diere weer teen Slenkdal te ent nie. In kuddes waar die praktyk nie gevolg word nie, kan dragtige diere met die geïnakti veerde (dooie) entstof geënt word. Laasgenoemde is egter ‘n jaarlikse enting. Wees bedag op vrotpootjie. Hoe vinniger die probleem hanteer word, hoe groter die sukses van behandeling. Indien gevalle te lank gelos word voor ingryping, kan diere permanente gewrigsprobleme ontwikkel. Die dekseisoen staan ook nou einde se kant toe. In kuddes met ‘n geskiedenis van geslagsiektes, is dit raadsaam om die bulle te toets vir geslagsiektes binne ‘n minimum van 2 weke

Dr Dedré Nel - Excelsior na hul by die koeie uit is. Laasgenoemde stel die boer en sy veearts in staat om betyds in te tree, sou daar ‘n probleem wees. Dit kan groot verliese voorkom wat kalwingspersentasies betref.


Verder kan dragtig heids on dersoeke gedoen word ses weke na die bulle uit is by koeie om so gou moontlik ‘n ingeligte besluit te neem oor nie-dragtige diere. Ek herinner aan die skraagdosis van onder andere sponssiek op die kalwers.

Skape In die vorige uitgawe het ek breedvoerig oor Bloutong en Slenkdalkoors uitgebrei. Indien skape nog nie geënt is nie, is dit raadsaam om so gou moontlik te ent indien entstof beskikbaar is. Ek herinner egter daaraan dat dragtige diere nie met lewendige entstof geënt kan word nie. In ongeënte kuddes is dit raadsaam om skape met ‘n insekafweermiddel te behandel. Laat skape verkieslik in hoërliggende dele slaap. Skape kan ook waar moontlik saam met beeste geloop word. Dit behoort insekladings op skape te verminder. Indien skape gekraal word, kan ‘n blou lig ‘n ent van die kraal opgesit word om sodoende insekte weg te hou van die krale. Kort uitbreiding oor Slenkdalkoors – sien onder beeste. Dieselfde inentingspraktyk as vir beeste geld. Daar word gemaan om haarwurmladings deur middel van mismonsters en ander praktyke (bespreek met u veearts) noukeurig te monitor! Vrotpootjie is tans ‘n ernstige probleem in ons skaapkuddes. Probeer sover moontlik om skape op die droër dele van die plaas te laat wei. Vroegtydige behandeling is uiters belangrik om sukses te verseker. ‘n Voetbad kan dien as voorkoming sowel as behandeling.

Verskeie middels kan in die voetbad gebruik word, bv. sink vir behandeling en formalien vir voorkoming. Lentelammers behoort reeds ‘n skraagdosis van ‘n kombinasie-

entstof met onder andere bloednier te gekry het. Met die herfslamseisoen op hande behoort die ramme nou reeds uit te wees. Dragtigheidskandering word gedoen ses

weke na die ramme uitgehaal is. Skandering word aanbeveel om so vroeg as moontlik ‘n ingeligte besluit te neem oor die nie-dragtige ooie. Alle sukses vir die komende maande. Tot volgende keer.

March 2021 | OVK NEWS 33


WAPENSORG

Wapenadvies vir die komende jagseisoen

Die jagseisoen begin binnekort en elke jagter behoort sy wapen jaggereed te kry. Izak Hattingh van OVK se wapenwinkel in Cradock gee die nodige advies. Ek glo dit nie! Dit is ’n sinnetjie wat ons almal al baie gehoor het waar gewere betrokke is hetsy dit nou in die jagveld of op die kompetisieskietbaan is, daar is altyd een of meer onverklaarbare skote! In die jagveld is dit soms genadiglik mis, maar andersins is dit ongelukkig ’n kwesskoot. Op die skietbaan is dit soms ’n 10/30 in plaas van 30/30 of daar die “moedbrekertjie” 10/30! Hoe skakel jy hierdie probleem uit of hoe spoor jy hom op? l Teleskoopstelknoppe - die laaste paar jaar het langafstandskiet baie ontwikkel, met die gevolg dat die manne al hoe meer begin “klieks” stel vir ver skiet en nie net meer hoër mik nie. Hier is die grootste slagyster – het ek weer die stelknoppe terug gedraai na “zero”? l Of het jou nuwe taktiese teleskoop met die taktiese knoppe dalk verstel soos jy jou geweer in en uit jou geweersak haal? l Het jy die parallaks stelknop terug/reg gestel vir die betrokke afstand? l Indien jy ’n knaldemper of blitsbreker voor op jou geweer se loop gemonteer het, het dit nie dalk ’n bietjie losgedraai nie? Dit het tot gevolg dat die koeël dit nou skrams raak en so van koers af getik word. l Wanneer laas het jy jou geweer se skroewe nagegaan – aksieskroewe,

34

OVK NUUS | Maart 2021

l

teleskoopbasisskroewe, teleskoopringskroewe? Die laaste keer dat jy jou geweer skoongemaak het, het die skoonmaakstok dalk per ongeluk voor uitgeglip en jy hom per ongeluk instinktief teruggepluk? Die “jag” waaroor die lappie gedraai word kan maklik die “kroon” beskadig wat sal maak dat jou geweer rond en bont skiet.

Nou bietjie meer tegnies Raak die loop nie dalk êrens aan die hout nie? Dit veroorsaak drukpunte wat sal meebring dat jou geweer nie herhaaldelik op dieselfde plek skiet nie. Is jou teleskoop presies “regop” op jou geweer gemonteer? Tot op 3/400m sal dit nie ’n wesenlike verskil maak nie, maar hoe meer jy die afstand verleng, hoe groter gaan die “fout” word. As ek mag verwys na “Google” en “YouTube” is daar verskeie video’s wat hierdie “foute” verduidelik, maklik en prakties en soms bietjie meer aangedik as wat nodig is.

Nou kom ons by vir seker die mees algemeenste kopseer – “die 6 duim agter die tele skoop!!!” l Was jy seker van jou aanlêprentjie en mikpunt? l Soos die bekende Chris Kyle, Amerikaanse sluipskutter gesê het: “Aim Small, Miss Small!!” l Was die kruis mooi in die middel van die gong (behalwe as daar ’n dwarswind waai), of mooi agter die blad of mooi tussen die oog en oor of was die kruis net min of meer oor die kop? l Hoeveel keer het dit al met my gebeur dat ek in myself voel/weet ek is nie reg vir die skoot nie, maar ek skiet in elk geval – mooi langs die gong verby of ’n mooi -10/30! l Het jy die kondisies reg gelees, of het jy vergeet van die dwarswindjie of dat jy nou in ‘n ander rigting skiet en die windjie kom nou van links en nie meer van regs nie? l Was jy ontspanne, jou asemhaling onder beheer, jou snellerdruk onder

beheer, het jy die geweer stywer vasgegryp as gewoonlik of harder met jou wang op die kolf gedruk om agter die teleskoop in te kom? Bogenoemde is ’n paar punte waarmee ek myself al meer as een keer uitgevang het in die jagveld en op die skietbaan. Vervolgens nog ‘n paar punte waaroor ek al hoe meer begin dink het nadat ek eendag met ‘n wapensmidvriend gesels het oor die mees algemene foute op gewere wat na hom gebring word omdat hulle eienaars nie meer reg skiet met hulle nie: l Los aksieskroewe l Los teleskoopskroewe l Vuil lope l Algemene nalatigheid om gewere te versorg My gevolgtrekking is dus dat in die meeste gevalle die probleem juis 6 duim agter die teleskoop is – dit is ons wat agter die teleskoop inskuif wat moet sorg en verseker wat die toestand van ons geweer tussen die voorpunt van die loop en die skouerkussing agter aan die kolf is.


VESELNUUS

Wolmarkverslag Markanalise van die veiling gehou op 10 Maart 2021

MARKANALISE Die 25ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, op 10 Maart plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R172.63/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook met 0.5% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.7% swakker verhandel teen die VSA Doller en ook 0.3% verswak teen die Euro. Die grootste styging van 2.9%, was in die 18.5 mikron segment. Lempriere SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Modiano SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 9 640 bale aangebied, waarvan 97.5% verkoop is. Op die OVK veiling is 2 125 bale aangebied waarvan 96.7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R189.10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.5 mikron, uit die skeersel van Konki Farm Trust, Stutterheim. Die koper was Standard Wool SA.

VOORUITSIGTE Die styging in die SA wolmark hierdie week, kan grootliks toegeskryf word aan die verswakking van die Rand, asook die navolging van die sywaartse beweging van die Australiese mark. Dit behoort ook die tendens vir die nabye toekoms te wees. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 7.0% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering raak meer belangrik en produsente kan gerus kennis neem van die Verslag deur Pierre de Lange (OVK Wolbemarkingsbestuurder)

neiging. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.

40 OVK NUUS | Maart 2021


Profile for OVK Groep

OVK Nuus Maart 2021 / OVK News March 2021