OVK Nuus Junie / News June 2022

Page 1



Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745

04

20

Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za Redaksionele artikels/Editorial Articles Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

08

Medewerkers/Contributors Igna Kotze Dr Dedré Nel Christel Basson Proeflees/Proofreading Marna Alberts Advertensies/Advertising Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za

INHOUD | CONTENTS

Uitleg/Layout Francois Seymore

40

Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging Senekal

26

OVK Hoofkantoor/ Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie. The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements. Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word. Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor. Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees.. The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

VOORBLAD Die sybokhaarmark is besig om te verbeter en die Algemene Aanwyser tydens die laaste veiling het na R413,87 gestyg. Dié Angoras is op Peet de Klerk se plaas Brandkraal, naby Murraysburg afgeneem. COVER The Mohair market is showing some growth and the Overall Indicator closed on R413,87 during the last auction. These Angoras were photographed on Peet de Klerk’s farm Brandkraal, near Murraysburg.

2 Uit die Woord 3 Oor die Grensdraad 4 Jongboer van die Jaar 2022 8 Landboureus investeer in die Noord-Kaap 14 Veeboer lei nou die jongmanne 16 Digitale Skerms: is jou kind in gevaar? 20 OVK erken topkliënte 26 Dorp neem mediese sorg in eie hande 28 Onderwyseres verruil die klaskamer 30 Bek-en-klouseer bring uitdagings 32 Karooboer oorleef die droogte 36 Nuus uit die wol- en bokhaarkantoor 38 Voedselsekerheid is ‘n nasionale bate 40 Versteekte juweel in die Noord-Kaap 42 Pekanneute se opbrengs kan verbeter 44 Op die vrou af June 2022 | OVK NEWS 1


Ons sien die antwoord in 1 Samuel 17:37: “Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.” Terwyl Dawid sy vader se vee opgepas het en sy ouer broers op hom neergesien het, het God hom binne-in daardie seisoen voorberei om die reus te verslaan. Daar waar niemand hom kon sien nie, was Dawid gehoorsaam en getrou aan dit wat aan hom toevertrou was en God het daardie seisoen van sy lewe gebruik om hom voor te berei om as die volgende koning gesalf te word. Die boer is deeglik bewus van die beplanning wat gedoen moet word om ’n goeie oes van die land af te haal. Voordat hy begin plant, moet hy eers ’n kosteberekening doen. Hy moet op die seisoene let en besluit watter tipe saad hy gaan gebruik. Afhangende van die seisoen en die gewasse wat geplant gaan word, besluit hy watter voorbereiding hy sal moet doen om die grond gereed te kry vir planttyd.

UIT DIE WOORD

ELKE SEISOEN IS ‘N GOEIE SEISOEN In ons lewe is alles uiteindelik net tydelik. Alles sal vergaan; die aarde en alles daarop. As ons na die seisoene van die jaar kyk, is dit duidelik dat nie een dag, maand of jaar dieselfde is as die vorige nie. Alhoewel ons as mens die voorreg het om te lewe in “die seisoene van die lewe” het ons, wat na God se beeld geskape is, die voorreg en geleentheid om in elke seisoen van ons lewe te groei en uiteindelik die persoon te word wat die Vader vir ons vooruitbestem het. Die vraag is: Wat doen ons in elke seisoen van ons lewe? Gebruik ons die geleenthede wat oor ons pad kom of verkwis ons dit?

As ons ’n keuse kon maak, sou ons eerder ’n “goeie seisoen” bo ’n “moeilike seisoen” verkies. Voordat die boer ’n “goeie oes” van die land kan afhaal, moet hy eers “hard werk”, en daarna kan hy die vrug van sy handewerk geniet. Ons moet nooit die “moeilike seisoen” as negatief of sleg beskou nie. Dawid was deeglik daarvan bewus dat hy dit nie in sy eie krag kon doen nie. Hy het die geleenthede gebruik om in elke seisoen van sy lewe tyd met sy Skepper te spandeer. Ons moet elke seisoen van ons lewe gebruik om te groei en ’n verskil te probeer maak. Ons moet ook in elke seisoen die geleentheid aangryp om voorbereiding te doen vir die volgende seisoen. In watter seisoen bevind jy jou? Waarvoor is God besig om jou voor te berei? Hou moed! Ten spyte van alles wat rondom ons gebeur, onthou … God is die een wat die seisoene bepaal. Hy het alreeds die koste bereken en jou as boer in hierdie seisoen gekies. Hy het baie vertroue in jou. Wees verseker dat Hy jou nooit alleen sal los nie. Hy IS en SAL altyd daar wees, om jou te bemoedig en goeie advies te gee in elke seisoen van jou lewe. In God se oë is elke seisoen ’n goeie seisoen.

In Filippense 3:14 sê Paulus die volgende: “Maar een ding: Ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” Hoeveel maal het ons al verkeerde besluite geneem of twyfelagtige keuses gemaak in die seisoene van die verlede? Paulus kom en vra vir ons: “Wat gaan ons doen in die seisoene wat voorlê?” Tesame hiermee moet ons onsself afvra, “Hoe ernstig is ek oor dit wat God vir my in gedagte het EN oor die plan wat Hy vir my lewe het?” Van die hoogtepunte in Dawid se lewe was sekerlik toe hy Goliat, die baasvegter, verslaan het en toe hy as jong seun gesalf is as die volgende koning. Wat het Dawid anders gemaak as koning Saul? Wat het daartoe gelei dat ’n jong seun bereid was om Goliat tegemoet te stap met soveel selfversekerdheid en op ’n baie jong ouderdom gesalf is as die volgende koning, die opvolger van koning Saul? 2 OVK NUUS | Junie 2022

Willie van Rooyen: Kairos Ladybrand (AGS)


Kallie Schoeman, in Hopetown gesels oor die sitrusbedryf, hul investering in die Noord-Kaap en landbou in die algemeen. Vrystaat Landbou het skaapboer Jaco Burger as hul Jongboer van die Jaar 2022 aangewys en ons het by hom in Wepener gaan kuier om meer oor hom en sy boerdery uit te vind. Rudo Opperman, ’n jongman van Vanstadensrus, het die leisels as Voorsitter van die Jongboerkomitee onlangs oorgeneem en ons het met hom gaan gesels oor sy rol as leier van die jongmanne. OVK het hul topkliënte in vier streke tydens glansgeleenthede vereer en dit was ook ’n kans om weer na die pandemie saam te kuier. Ons gaan kuier ook by die nuwe voorsitster van die Boesmanskop Boerevereniging wat die klaskamer vir die plaas verruil het.

REDAKSIONEEL

GRENSDRAAD FRANCOIS SEYMORE Na dag 100 van die konflik tussen Oekraïne en Rusland is daar geen vooruitsig van ’n diplomatieke oplossing nie. Al wat duideliker raak, is die invloed wat die konflik op die res van wêreld het, en voedselsekerheid is in sekere streke alreeds onder druk. Putin het ’n embargo op koring geplaas en weier dat uitvoere vanaf Oekraïne en Rusland kan plaasvind. Saam voorsien hulle 30% van die wêreld se koring. Die hoof van die Afrika-Unie, Macky Sall, het tydens ’n vergadering aan President Putin gesê dat hy sal moet help om die dreigende hongersnood in Afrika te verlig, anders gaan 1,4 miljard Afrika-inwoners agter die graan aan migreer. Die dreigement het hopelik sy aandag getrek!

Die sybokhaarrekordhouer van vroeër vanjaar boer saam met sy seun naby Murraysburg en ons het by hom gaan inloer om oor sy bokke en boerdery in die Groot Karoo te gesels. Die jarelange droogte het hulle ook bedreig, maar Peet de Klerk het dit oorleef en is vandag besig om hulle veegetalle weer aan te vul. Ons besoek ’n mediese kliniek in Prieska wat deur die gemeenskap begin is en deur hulle bestuur word. ’n Paar kilometer daarvandaan kan die snuffelneuse by die Blue Stone Saloon ’n draai gaan maak en na al die interessante artikels kyk wat John van der Westhuizen oor die jare versamel het. Igna Kotze bespreek die ernstige onderwerp van die hoeveelheid tyd wat kinders op digitale toerusting moet spandeer en Dedré Nel skryf oor dieregesondheid en bek-enklouseer. Daar is nuus uit die OVK vesel- en sybokhaarkantoor en Heinz Schutte gee raad oor die verhoging van opbrengste uit pekanneute. Die wêreld is op sy kop gekeer en die voorkoms van skietvoorvalle in Amerika raak net groter en meer ontstellend. Die winter is nou in volle gang in die Oos-Vrystaat en daar is ’n gevoel van afwagting terwyl die stropers tot laat in die nag werk. Lande word gereedgemaak vir ’n broodnodige en noodsaaklike koringoes en die kaggels brand tot laataand. Wees warm, wees veilig en wees lief vir dié om jou

Intussen styg insetkoste net meer en produsente moet baie slim begin boer om minimumkoste vir maksimumopbrengs te bestee. Wêreldwye betogings word oor die stygende brandstof- en kospryse gehou wat teen ’n ontstellende tempo opwaarts beweeg. Boris Johnson staar ‘n “mosie van wantroue” in die gesig oor “Partygate” en sy ontkenning van die partytjies gedurende Covid-19 regulasies wat dit juis verbied het. Hier op eie bodem is President Cyril Ramaphosa in die kollig oor ‘n groot kontantbedrag wat uit sy plaaswoning gesteel is. Is die inkomste aan SARS verklaar en hoekom is die inbrekers betaal om stil te bly? Tyd sal leer..... Die landbousektor gaan ’n periode van onsekerheid binne en ons het met een van die leiers in landbou, June 2022 | OVK NEWS 3


Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar kom van die Wepeneromgewing en is primêr ’n veeboer. Jaco Burger boer sedert 2012 as tweede generasie saam met sy vrou Marlize op die plaas Eurika met ’n Dohnestoet en ’n kommersiële Sussexkudde.

JONGBOER

Jongboer van die Jaar wil stoet vergroot Jaco se lewensdoel was nog altyd om te boer en hy vertel dat hy as jong kind altyd in die moeilikheid by sy ma was omdat hy smiddae saam met sy pa geboer het, en nie huiswerk gedoen het nie. Hy was op laerskool in Dewetsdorp en Jim Fouche in Bloemfontein en matrikuleer later aan die Hoër Landbouskool Marlow. Johan, Jaco se pa, het in 2007 met ’n Dohnestoet begin en in 2017 is die stoet as JL Trinity Dohnes geregistreer. “Ek het lief geword vir die Dohne-ras want ek het met hulle grootgeword. Hulle is ook meerdoelig en lewer 70% vleis en 30% wol.” Jaco gebruik Brahmanbulle om sy verse gereed te kry en daarna slegs Sussexbulle. Hy poog om sy eie lyn te behou, maar koop so nou en dan ’n bul in. “Die beeste is nie ’n voorliefde nie. Ek dink nie eintlik daaraan om met ’n stoet te begin nie en wil hoofsaaklik op die skape konsentreer.” Hy plant oorwegend hawer op droëland vir die verse wat in Januarie kalf om hulle deur die winter te kry. “Ek bring die ooie in September en Oktober na die lande om te lam en ook vir die kondisionering van die lammers vir die produksieveiling in Januarie. Verder wei die diere op natuurlike veld en kry addisionele byvoeding.” 4 OVK NUUS | Junie 2022

Die Wepener-omgewing het ook deurgeloop weens die oormaat reën en Jaco kon nie al sy lande met hawer geplant kry nie. Die 60 hektaar wat wel geplant is, het maar skraal opgekom nadat die rye vir vier dae vol water gestaan het. Die VL Jongboer van die Jaar-genomineerdes word deur ’n paneel onder leiding van prof. Pieter Fourie van Kovsies beoordeel en verskeie kriteria word geëvalueer. “Hulle kyk na kategorieë soos finansies, begrotings en boekhou-


doen, reg is, anders sou ek nie gewen het nie,” erken die uiters beskeie jong man wat nou die ambassadeur vir die Jongboere is. Die navorsing van Stellenbosch Universiteit se dr Kandas Cloete wat bevind het dat een uit vyf boere die bedryf binne die volgende 10 jaar gaan verlaat, was vir Jaco aanvanklik ’n skok. “Feitlik elke boerdery is ’n familiebesigheid en daar is altyd broers en susters wat nie in landbou belangstel nie, en deur die ander uitgekoop word om die bedryf te kan verlaat. Ek aanvaar sulke situasies was ook by haar navorsing ingesluit.”

Jaco het die JL Trinity Dohnestoet in 2017 geregistreer nadat sy pa Johan dit in 2007 begin het. dingstelsel, hoe jy met jou arbeiders werk, produksie, winsgewendheid, ens. Elkeen het ’n gewig en aan die einde word alles verwerk en ’n wenner bepaal.

nie iemand wat met ’n langbroek en das loop nie en die mense baklei met my. Ek besit nie ’n das nie en voor hierdie ding het ek ook nie ’n langbroek in my kas gehad nie!” lag Jaco.

Jaco is ’n baie nederige persoon en vind dit moeilik om in die kollig te wees, maar dit is ook ’n leerskool. “Ek is

Ten spyte van die lighartigheid beteken die toekenning baie vir Jaco. “Dit bevestig dat wat ek hier op die plaas

Jaco se mening oor die landbou en jong- mense is eenvoudig. “Landbou was nog altyd vol struikelblokke en probleme - dit was nog nooit ’n maklike bedryf nie. Die onderwerpe waaroor 20 jaar gelede by boereverenigings gestry is, is nog steeds op die agenda. Almal boer nog steeds en ek dink elkeen moet net aanhou doen wat hy goed kan doen. Iewers word ’n draaipunt bereik en dan gaan dit beter, maar soms verander die omstandighede weer en dan het jy met talle probleme te kampe.Die seisoene van landbou sal altyd daar wees, so boer net voort na die beste van jou vermoë.”

Jaco Burger boer op die plaas Eurika buite Wepener. Hy is die tweede generasie wat met ’n Dohnestoet en Sussexbeeste boer. June 2022 | OVK NEWS 5


Vrystaat Landbou het tydens ‘n glansgeleentheid hul Jongboer van die Jaar aangekondig. Jaco en sy vrou Marlize ontvang die trofee van Brendan Jacobs van Standard Bank (links) en Willie Stols (Jongboer vise-voorsitter) Sy droom is om JL Trinity Dohnes te verbeter en die grootte van die stoet te verdubbel. “Die ooie word ge-KI en

lam in hokkies naby die opstal. As hulle so drie dae oud is, gaan hulle lande toe.” Jaco vertel dat voordat hy

jakkalsdraad gespan het, hy sowat 110 ooie en lammers in agt maande verloor het. Ek het Alpakkas ingespan en het nou in vier lamseisoene slegs 5 lammers verloor. Die rede hoekom ek op die Alpakkas besluit het, is dat hulle gras eet waar Anatoliese berghonde kos moet kry. Honde spring ook oor drade en ek het twee nasionale paaie wat deur my grond loop. ” Dit is altyd bevredigend om die jong suksesvolle boere te ontmoet wat die leiers van môre gaan wees. Jaco is nie een wat groot toesprake van die verhoog gaan maak nie, maar hy gaan vir seker in die agtergrond vele jongmanne inspireer - hy is ’n jong skaapteler wat alreeds deur die bedryf gerespekteer word.

Skandeer die QR-kode om die video te kyk hoe Suzanne Ferreira met Jaco gesels oor sy toekenning en boerdery. 6 OVK NUUS | Junie 2022



Dit het my nie verbaas dat ek en Kallie Schoeman eers deur ’n lys van onderwerpe moes werk om die inhoud van die onderhoud te bepaal nie. Die man boer al vandat hy 20 jaar oud is en is betrokke by soveel aspekte van landbou oor ‘n wye gebied in ons land, dat ek gelukkig was om hom te laat stilsit met ’n koffie en oor ‘n paar belangrike dinge te gesels.

HOOFARTIKEL

LANDBOUREUS INVESTEER IN DIE NOORD-KAAP

skeepshouers en ’n derde van die houers wat veronderstel is om op see te wees, is op land. Covid-19 en die “Ever Given”-vragskip wat die Suez-kanaal vir ses dae in Maart 2020 geblokkeer het, is van die oorsake van die probleem.” Skeepsvragkoste is tot 100% duurder as verlede seisoen. Kallie verduidelik dat daar EU-lidlande is wat dit vir ons moeilik maak om ons vrugte in Europa te bemark. “Die sitrusboere in lande in die suide van Europa soos Spanje en Italië wil ons vrugte ten alle koste uithou en daar word voortdurend polities gedrewe regulasies ingestel of beplan om sake vir ons te bemoeilik.”

Kallie is die hoof- uitvoerende beampte van Schoeman Boerdery, wat bekend is as ’n groot rolspeler in die sitrussowel as die graanbedryf. Verskeie sitruskultivars word op ’n 1 500 hektaar plaas, Moosrivier, in die Groblersdalomgewing verbou en hoofsaaklik in Europa, MiddeOoste, Suid-Oos Asië en China bemark. Die plaas het 550 permanente werkers in diens. Daarbenewens verbou hulle mielies, koring, soja en witbone in Delmas op die familieplaas Witklip. In 2019 sprei hulle hul vlerke en koop Zoetwater by Granary Normandien net buite Hopetown waar hulle ook mielies, koring ,lusern, witbone en pekanneute verbou. Die sitrusbedryf se probleme met uitvoere was in die laaste tyd dikwels in die nuus en volgens Kallie het die vloede en algemene instandhouding van die Durbanhawe ’n groot invloed op uitvoere en die bedryf. “As gevolg hiervan neem dit ons lank om houers te laai en te skuif. Van die groot skeepsrederye wil ook nie meer in die hawe inkom nie, omdat hulle te lank staan en ’n staanfooi moet betaal na ’n sekere tydperk. Die fooi kan tot $35 000 per dag beloop. “Die regering en privaat sektor het dag en nag gewerk om die vloedskade te herstel en die vrugte-uitvoere het tot ons verligting al tot 75% herstel. Daar is verder ’n internasionale probleem met die rotasietyd van 8 OVK NUUS | Junie 2022

Lusern word na China en die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer om buitelandse valuta te verdien.


Verskeie landbouprodusente betree die sitrusbedryf, aangesien dit altyd ’n besonder winsgewende bedryf was. Ek wou van Kallie weet hoe volhoubaar die toetrede van nuwe produsente is. “Die aanplantingsinligting is vrylik beskikbaar en ons weet presies hoeveel boompies die laaste 10 jaar uit gesertifiseerde kwekerye vrygestel is. ’n Jaarlikse sensus word gedoen om te bepaal hoeveel boompies geplant is en hoeveel in produksie kom. As ons ’n vooruitskatting maak, gaan ons groei vinniger wees as wat die mark groei. Ons weet al vir die afgelope vyf jaar dat die draaipunt in sekere kultivars, soos suurlemoene, binnekort bereik gaan word en dit gebeur nou. “Ons is al by ’n punt waar die verhoogde inset- en logistieke koste sowel as die effek van die Oekraïneoorlog die winsmarge baie verklein het, wat veroorsaak van die sitrus vanjaar teen ’n verlies uitgevoer gaan word. As ons die hoeveelheid jong bome wat nog in produksie moet kom in berekening bring, lyk die prentjie bra duister. Boere wie se verhouding tussen jong en produserende bome nie reg is nie, gaan kontantvloeiprobleme begin ondervind en ons gaan oornames en samesmeltings kry.” Kallie noem dat alles egter nie net negatief is nie en dat ons internasionaal as besonder effektiewe produsente ten opsigte van ons opbrengste en kwaliteit beskou word. “Ons naam as “Citrus South Africa” het daartoe meegehelp dat ons nog altyd ‘n premie vir ons vrugte kon vra en dit gaan ons heelwaarskynlik deur hierdie moeilike tye dra.” Die plaaslike mark is baie klein teenoor die uitvoermark, maar Kallie is van mening dat indien die plaaslike mark oorlaai word met vrugte wat nie uitgevoer word nie, pryse dienooreenkomstig sal verlaag en verbruik gestimuleer sal word om sitrus meer bekostigbaar te maak - goeie kwaliteit teen ’n goeie prys. Kallie is oor die jare op verskillende wyses by georganiseerde landbou betrokke en daar word uit verskillende oorde genoem dat verteenwoordigende landbou-organisasies net politieke speelballe geword het.

Kallie Schoeman is op sy gelukkigste as sy voete op plaasgrond is of sy hande die stuur van sy vliegtuig waarmee hy tussen Delmas, Groblersdal en Hopetown vlieg, vashou. “Georganiseerde landbou bly die stem wat namens my met die regering op nasionale en provinsiale vlak moet praat. Ek het nie die tyd as landbouer om seker te maak dat ek op al daardie platforms gehoor word nie. Georganiseerde landbou is my belangrikste vennoot ten opsigte van my volhoubaarheid. As ons as boere nie saam met die regering by die tafel

sit nie, sal ons op die spyskaart wees. Dit frustreer my dat daar wel boere is wat totaal apaties teenoor skakeling met die regering staan en van die kantlyn af brom. Ek dink hulle het een van drie keuses - lei, volg of staan eenkant toe.” Die landbou was baie stabiel durende die pandemie en het groot bydraes June 2022 | OVK NEWS 9


Schoeman Boerdery is onlangs deur OVK as hul toppresteerder vir 2021/22 in die Wesstreek aangewys. Kallie staan saam met bestuurder Henry du Plooy en personeel Emmari Wiid en Adriaan Rossouw. Volgens Kallie was dit die eerste besigheid waarby hy betrokke is, waar alles perfek geloop het van die eerste dag af. tot die BBP gemaak. “Die regering begin besef watter belangrike rol landbou in die ekonomie speel en ook om die platteland stabiel te hou. Ons is verbind tot die belangrike aspekte van die NOP, naamlik werkskepping, armoedeverligting en vaardigheidsontwikkeling op die platteland.” Volhoubaarheid van die landbou is kritiek belangrik vir voedselsekerheid sowel as die ontwikkelingsrol in die platteland, en hoë insetkoste is ’n bedreiging vir die volgehoue bestaan van die boer. “Ons is redelik uitgelewer aan die wêreld ten opsigte van ons insetmiddele en ek dink die enigste manier om hierdie stygende koste teen te werk, gaan die gebruik van tegnologie wees. Presisieboerdery moet gebruik word om elke hektaar optimaal te bewerk ten opsigte van chemikalieë en saad. Dit gaan jou kostes verlaag, want jy boer nou volgens die potensiaal van daardie hektaar en dit gaan jou opbrengs optimaliseer. 10 OVK NUUS | Junie 2022

“Ons antwoord lê dus in tegnologie en genetika. Hierdie faktore kan meebring dat ons ons opbrengs kan verbeter. Die boer wat beter gaan boer, is die boer wat gaan oorleef. Hy het al alles gesien en ervaar en hy weet iets gaan hom tref, hy weet net nie wanneer en hoe groot nie. Die sleutel lê by kontantvloei en die belangrikheid om veral nou ‘n balansstaat met ‘n gesonde bate-totlasteverhouding te handhaaf.”

“Get bigger, get better or get out” Karel Schoeman in 1954 na ’n besoek aan Amerika. (Kallie se Oupa) Schoeman Boerdery en die reeks plase is oor ‘n wye gebied versprei en die vraag duik onwillekeurig op: Waarom Noord-Kaap en Hopetown? “My radar was nooit ingestel op Hopetown of die Oranjerivier nie, totdat die plaas van Granary Normandien op die mark gekom het. Dit het behoort aan die Alumnifonds

van Harvard Universiteit, wat besluit het om te desinvesteer omdat hulle ongemaklik was met die gesprekke oor onteiening sonder vergoeding. “Die koper van die plaas kon nie finansiering kry nie en ek is gekontak. Ons het die berekeninge gedoen en nadat ek en my span die plaas en omgewing besigtig het, het ek besluit dat dit ‘n goeie plek is om in te belê. Eerstens is die water baie skoon en veilig en tweedens is die klimaat geskik vir gewasse wat hoë temperature in die somer en lae temperature in die winter benodig. Die feit dat daar reeds pekanneutbome op die plaas was, het dit aantreklik gemaak en omdat ons boomboere is, (sitrusagtergrond) was dit nie ’n groot aanpassing om met neute te werk nie. “Ons kan verder mielies en koring hier produseer teen ’n laer insetkoste per ton as in Delmas. Ons kan ook ‘n hoëgehalte lusern produseer wat ’n buitelandse valutaverdiener is. Die


area is feitlik misdaadvry en ons begroting vir veiligheid en die bekamping van diefstal is baie laag. Verder hou ek baie van die gemeenskap en hulle verskil baie van die mense in Gauteng. Daar is ’n egtheid in die mense van die Noord-Kaap. “Zoetwater behoort aan God Schoeman Boerdery is slegs die bewaarders daarvan en daarom was die aankoop van die plaas byna ’n wonderwerk. Binne sewe dae is die kontrak onderteken, finansiering gereël en die aankoop gefinaliseer.” sê Kallie, wat passievol is oor sy geloof en die rol wat die Schoemans in die gemeenskap speel.

Kallie het een van die 54 spilpuntlande met witbone beplant, wat ’n groot sukses is. Hy sê hulle is reeds in die proses om kwotas met Noord-Kaapboere te bespreek. Schoeman Boerdery het hul eie verwerkingsaanleg en het reeds 151 kontrakboere om in die groeiende vraag na die proteïenryke “Baked Beans in Tomato Sauce” te voorsien. Zamukele is hulle SEB-projek waar 61 nuwe era boere vanjaar vir Schoeman bone geplant het.

Kallie Schoeman is al byna vyftig jaar in landbou en deel van ’n familiebesigheid wat reeds hul honderdste bestaansjaar gevier het. Sy invloed en kundigheid gaan nog vir jare in die Noord-Kaap geld. Vertakkings soos pekanneutverbouing gaan verander en witboonaanplanting sal gevestig word. Die Schoemanvoetspoor is reeds in Hopetown getrap.

Kallie het een van die mielie/koringlande met 27,000 nuwe pekanneutboompies beplant, wat reeds oor vier jaar in produksie sal kom. Daar staan nou 67,000 bome op Zoetwater. ’n Deel van die bestaande boord is in die agtergrond. June 2022 | OVK NEWS 11




Rudo Opperman is in April verkies as Vrystaat Landbou se nuwe voorsitter van die Jongboerkomitee. Hy boer saam met sy pa, Johan, onder die Welbedachtdam met vee en kontantgewasse. Ons het gaan kuier om ’n bietjie oor die boerdery en jongmense in die landboubedryf te gesels.

PLAASKUIER

VEEBOER LEI NOU DIE JONGMANNE Rudo het eers in Wepener skoolgegaan en daarna by Jim Fouché in Bloemfontein. Hy het aan die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock gematrikuleer en is toe vir drie jaar na Amerika, waarna hy by Peritum ’n diploma in vee- en plantproduksie ontvang het. In 2013 sluit hy hom voltyds by sy pa aan en leef nou sy liefde vir boerdery uit. Hulle boer kommersieel met Limousin-, Brahmankruisbeeste, sowel as Merino- en Dohne-merinoskape. “Ons verbou met bepaalde waterregte dus kontantgewasse en voergewasse vir weiding. Ons konsentreer op maksimum vleis- en wolproduksie.” Die val van die wolprys het hulle besigheid negatief beïnvloed. “Daar was ’n groot daling in prys en dit het nog nooit werklik herstel nie. Ons voldoen aan die RWSvereistes en doen moeite om die beste pryse te verseker. Ons skeer gemiddeld 19 mikron wol en skeer elke 8 maande.” Hulle plant hoofsaaklik mielies en lusern vir eie gebruik. “Ons maak ons eie pille. Van die boere in die omgewing bring hul eie mengsels en dan maak ons vir hulle ook pille. Die mengsel wat ons self gebruik, werk baie goed en ons kry goeie resultate in die voerkraal en met die dragtige ooie. Die vee wei op natuurlike weiding en

14 OVK NUUS | Junie 2022

Die 32-jarige Rudo Opperman is onlangs verkies tot Vrystaat Landbou se voorsitter van hul Jongboerkomitee.


die ooie wat lam, kom vir ’n maand of twee na die lande toe om veral die meerlinge ’n bietjie ekstra weiding te gee.” Rudo sê hulle probeer om nader aan natuurlike gehardheid te beweeg omdat die skape “sag” geraak het. “Ons het te veel aan gesondheid- en voerkoste begin spandeer en vee pas moeiliker aan wanneer die weersomstandighede nie goed is nie. Met hierdie baie reën was die besetting in Oktober en November laer en ons moes ekstra doseer. Die skape het nie baie van die nattigheid gehou nie en die veld is nog steeds baie nat.” Hy wil graag vertikaal uitbrei en die boerderytegnieke verfyn om die opbrengs te verbeter. “Ek sal graag my hand oor alles wil hou en nie te groot uitbrei nie. Die boerdery moet gemaklik twee gesinne kan onderhou,” sê die 32-jarige Rudo, wat enkellopend is en sy aandag grotendeels aan die boerdery wy. Hy dien sedert 2019 op die Jongboerkomitee om so ’n bietjie van die plaas weg te kom en sy visie te verbreed. Iets wat onlangs baie aandag in die media ontvang het, is die navorsing van Stellenbosch Universiteit se dr Kandas Cloete, wat bevind het dat een uit elke vyf boere beplan om in die volgende 10 jaar uit die landbou-

sektor te tree. Faktore soos investeringkoste, finansiële tekortkominge, ouderdom, betroubare arbeid, grondhervorming en landelike veiligheid speel alles ’n rol. Ek wou by Rudo weet waaroor die jong boere om die braaivleisvure gesels. “Baie van my vriende in landbou praat soms van emigreer, maar niemand doen dit werklik nie. Ons weet wat die moeilike aspekte in hierdie land is - ons moet voorsiening daarvoor maak en dit hanteer. Die

buiteland het vreemde uitdagings, maar die geskiedenis het bewys dat daar altyd mense is wat trek.” Oor sy grootste uitdaging sê Rudo dit bly die natuur. “Die regering se besluitnemingsproses is vir my ook soms rede tot kommer. Dit is egter voordelig om betrokke te wees by georganiseerde landbou en meer betroubare inligting te bekom as wat om die braaivleisvure verkondig word.” Hy voorsien ’n langtermynbetrokkenheid by georganiseerde landbou. “Daar moet net ’n balans wees tussen jou betrokkenheid daar en jou eie boerdery. Dit verg baie van jou eie tyd en ’n mens moet jou aandag verdeel tussen die onderskeie pligte.” Rudo is baie trots dat Jaco Burger as die Vrystaat se Jongboer van die Jaar aangewys is, aangesien hulle saam grootgeword het en saam op Marlow Landbouskool was. Rudo se missie is om meer jongmanne by georganiseerde landbou betrokke te kry. Dit gee ’n platform om oor verskeie dinge te gesels en is ’n teenvoeter teen die gevoel van isolasie wat soms op die plaas gevoel word.

Die hoof aktiwiteit op die plaas naby Wepener is gewasverbouing en skape. Die ooie wat lam, wei vir ’n maand of twee op die lande om veral die meerlinge beter kragvoer te gee.

Rudo is ’n jongman met groot toekomsplanne en idealisme, wat hom definitief ’n aanwins vir Vrystaat Landbou en die boere maak en ons vertrou sy betrokkenheid sal oor ’n klomp jare strek en ‘n impak maak. June 2022 | OVK NEWS 15


Sal jy op ’n daaglikse basis vir jou eie kind kokaïen of heroïen aanbied? Sal jy rustig slaap as jy weet jou kind word blootgestel aan ’n dwelm wat hom/haar fisies, emosioneel, sosiaal en kognitief kan benadeel? Ek is seker jou vinnige en besliste antwoord is NEE!

OUERRAAD

DIGITALE DWELMS: IS JOU KIND IN GEVAAR? Nuwe navorsing bewys dat te veel skermtyd presies dieselfde skade aan jou kind se brein en ontwikkeling aanrig as kokaïen of heroïen. Dit het my as ouer in my spore laat vassteek, en ek het besef ons moet weer gaan stilstaan en besin oor ons kinders se blootstelling aan skerms en digitale toestelle. Hoeveel bloedjong peuters kan al hulle vingertjies gebruik om op ’n tablet oulike legkaarte te bou, kleure te herken of net gou hulle storie te kyk? Hoeveel keer word daar ’n slimfoon of tablet in ’n kleuter se hand gesit sodat hulle dalk gou vir Mamma kan wag om ’n taak af te handel, of om te kan “rus” of af te skakel voor slaaptyd? Hoeveel jong kinders het toegang tot slimfone, televisies, tablette en rekenaars tuis of het selfs hulle eie toestel om ’n paar speletjies te speel of YouTube Kids te kyk? Dis mos net ’n speletjie of word daar ten minste ’n beperking geplaas op die tyd wat aan YouTube Kids bestee word? Skokkende navorsing het gewys dat die inhoud wat jou kind kyk bepaal tot watter mate hul breinontwikkeling beïnvloed word. ’n Menigte pediaters, neuroloë, sielkundiges en neurowetenskaplikes het gaan kyk na die impak van skermtyd op ’n kind se brein. As ons besef wat die impak hiervan op ons kinders is, is dit dalk tyd om ’n paar ernstige gesprekke oor die impak van skermtyd te hê. Ons as 16 OVK NUUS | Junie 2022

ouers het werklik ’n groot verantwoordelikheid wat skermtyd betref, en daar is heeltemal te veel van ons wat hierdie verantwoordelikheid geensins ernstig genoeg opneem nie. Daar is talle verskonings oor hoekom ’n kind gou op ’n toestel is. Daar word ligsinnig daaroor gedink en selfs trots verwys na die vaardighede wat kinders op hul slimfone en tablette toon. STOP net daar! Brad Huddleston se boek “Digital Cocaine”, opgevolg deur neuro-wetenskaplikes, bewys dat kinders wat ’n verslawing aan digitale toestelle toon, se breinskanderings presies dieselfde is as mense wat aan heroïen en kokaïen verslaaf is. Dink mooi na oor die volgende: Die impak is presies dieselfde….sal jy hierdie gevaarlike dwelms ewe vrymoedig uit jou handsak aan jou kind gee om te gebruik? Sal jy net so rustig in die leefvertrek sit, as jy weet jou kind gebruik dwelms in sy kamer? Sal jy ook jou kinders se skermverslawing ondersteun deur vir hulle data aan te koop, hulle speletjies te laat aflaai en op speletjies aankope doen om verder te vorder?

Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in PsigoOpvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za


Die “Centres for Disease Control” and Prevention (CDC) se navorsing toon die algemene daaglikse skermtyd tans vir kinders: l 8 – 10 jaar: 6 ure l 11 – 14 jaar: 9 ure l 15 – 18 jaar: 8 ure My eie bekommernis is egter by ons kleuters en jonger kinders wat juis so maklik ’n toestel kry, omdat dit net ’n storie of selfs ’n opvoedkundige speletjie is. Pediaters beveel oor die algemeen die volgende skermtyd aan: l Jonger as twee jaar: GEEN skermtyd l 2 – 5 jaar: Niks meer as een uur in totaal nie (alle verskillende toestelle) slegs saam met ’n ouer, dus geensins alleen voor ’n skerm nie. l 5 – 17 jaar: niks meer as twee ure in totaal nie (alle toestelle ingesluit) Wanneer kinders aan te veel skermtyd blootgestel word, vorm die brein ’n afhanklikheid om meer en langer blootstelling te kry, presies net soos ’n substansverslaafde. Wat my as ouer

en terapeut baie bekommerd gemaak het, was die volgende: Wetenskaplikes reken dat wanneer jou kind ’n emosionele reaksie toon indien skermtyd weggeneem of beperk word, daar reeds ’n verslawing is. Dit beteken as Boetie of Sussie skree, huil of kwaad is as jy hulle storie afsit, hul slimfoon of tablet wegneem, of weier dat hul jou toestel sommer net kan gebruik, Mamma…. is daar reeds in daardie kleine breintjie ’n verslawing gelykstaande aan ’n heroïenverslawing. Skermtyd (ongeag die inhoud) stimuleer die brein se plesiersentrums en daarmee saam word dopamien vrygestel. Hierdie chemikalieë laat die kind goed voel. Met die aanhoudende geluide, nuwe vlakke, belonings en soveel kwaliteit kleur-insette, word die plesiersentrums oorgestimuleer en daarom is dit nodig om meer en meer skermtyd te kry om dieselfde effek van goedvoel te verkry. Indien jou kind meer skermtyd kry as wat die aanbeveling is, mag dit hom/haar op die volgende terreine beïnvloed: l FISIES: Kinders speel aansienlik minder buite wanneer hulle hul vrye tyd aan skerms bestee. Klein kleu-

ters sit in restaurante se speelareas voor skerms en speel videospeletjies in plaas daarvan om te klim, te klouter of te gly. Daar word baie meer ure binneshuis voor skerms deurgebring as wat daar buite gespeel word. Skoolgaande kinders neem al hoe minder aan sport deel en spandeer tyd tuis voor skerms van verskeie aard. Gebrekkige fisiese ontwikkeling lei tot ADHD, ADD, leerprobleme, depressiwiteit en angs onder kinders. l EMOSIONEEL: Die emosionele aspek van skermtyd is kommerwekkend, aangesien kinders emosionele reaksies soos woede, manipulasie en frustrasie toon indien ouers inmeng met hul skermtyd. Gebrekkige dissipline en disrespek vir reëls is aan die orde van die dag. Hulle speel wanneer hulle nie mag nie of hulle smeek vir net nog tien minute en ouers trap meestal in die strik om dit te akkommodeer. Die grootste probleem hier is dat die brein letterlik leer om nie te kan wag nie dit bring mee dat kinders sukkel met impulsbeheer, om te kan wag en te kan stop. June 2022 | OVK NEWS 17


l SOSIAAL: Kinders van alle ouderdomme raak totaal afgestomp van werklike gesprekke en verhoudings binne die huisgesin. Hulle wil nie meer saam met maats buite speel nie, maar sal eerder saam videospeletjies speel en flieks of YouTubestories kyk. Ons kinders se kommunikasie- en redeneringsvermoëns ly ernstige gebrek weens te veel skermtyd. Wanneer kinders kla hulle is verveeld, selfs met ’n klomp speelgoed of ander aktiwiteite, is dit juis ’n aanduiding dat die brein verdoof is en hoëintensiteitplesier (soos wat skerms verskaf) benodig om dopamien vry te stel. Dis ’n groot rooilig wat flikker! l KOGNITIEF: Op breinskanderings kon die ernstige kognitiewe inperking oor ‘n langer tydperk op die frontale breinlobbe gesien word, wanneer kinders aan te veel skermtyd blootgestel word. Dit kan redenerings- en taalvermoëns beperk. Daar is deesdae ’n baie sterk korrelasie tussen taalvermengings, vertraagde spraak en swak woordeskat by kinders weens te veel skermtyd. Iets wat geweldig alledaags geword het, is eintlik ’n groot bedreiging vir ons kinders se totale ontwikkeling. Neem jy as ouer werklik ingeligte

besluite rondom jou kind se skermgebruik? Indien nie, is dalk tyd om te herbesin. Waar begin ouers?

l Beperk alle skerms in die slaapkamer Kinders moet twee tot drie ure voor slaaptyd geen skermtyd kry nie, aangesien dit inmeng met hul diepslaappatrone. Kinders ly aan ernstige slaapdeprivasie juis as gevolg van skermtyd voor slaaptyd. Laat hulle eerder lees of enige ander rustige aktiwiteit doen – selfs jou tieners! Dis juis in hul kamers waar hulle toegang tot inhoud kry wat ouers se hare sal laat rys. Kry dit uit hul kamers; dit is nie ’n bederf nie, dis gif! l Vul die leë tyd aan met betekenisvolle gesprekke, speletjies of ’n aktiwiteit wat julle as gesin saam kan doen, sodat jou kind weer die wêreld kan ervaar, voel en ruik! l Stel ’n definitiewe skermtydplan op om jou kind se skermtyd te beheer en bly daarby. Ons kinders moet minder aan die internet en wi-fi netwerke konnekteer en meer met hul ouers, boeties, sussies en vriende konnekteer. Watter konneksie verkies jou kind?

18 OVK NUUS | Junie 2022



Na drie jaar het daar groot opwinding geheers om weer die gesogte Toppresteerderfunksies in die vier streke aan te bied. Die vere is reggeskud en die Noordstreek het eerste aan die beurt gekom.

NOORDSTREEK

OVK VEREER SY TOPKLIËNTE IN VIER STREKE

Die aand is ook bygewoon deur Stephan en Elizma Nel, Vanessa en Wynand Fourie en Carli en Nant Yzel.

Chris Bender, voorsitter van die direksie van die OVK Groep, het die produsente daaraan herinner dat ons nou gesien het hoe dinge in ’n oogwink kan verander en dat die “normaal” van korte duur is. Hy het ook genoem dat die landboubedryf waarin ons is, meer goeie publisiteit regverdig sodat die jongmense daarna kan uitsien om die voedselprodusente van ons land te word.

Bloukruin Boerdery is aangewys as die Toppresteerder. By Chris Bender is Harrison Scheepers, Frieda Kruger, JZ Scheepers en Stéfan Oberholzer.

20 OVK NUUS | Junie 2022


WESSTREEK

“Ek en jy het genoeg rede om keelvol by die huis te kom, as ons maar net na die toestand van ons paaie kyk. Ons moet steeds poog om die beeld van landbou uit te dra sodat daar tot die besef gekom kan word dat daar geen toekoms sonder ons bestaan nie en om vir ons kinders ook ’n toekoms in landbou te verseker.”

Okkie Vermeulen, OVK direkteur en Kallie Schoeman gesels by die toekennings. Schoeman Boerdery is die Wesstreek se Toppresteerder vir 2021/22.

Na die pandemie het wêreldmarkte begin herstel en werksomgewings het teruggekeer na normaal....en toe in ’n oogwink besluit Putin om ’n land binne te val. “Binne dae is die graanmark in ongekende terrein en die pryse van brandstof en kunsmis styg skielik. Die randteller op die dieselpomp is blits-

Carmyne Fynn, Kyle Middleton, Pieter en Mari Botha, Ina en Philppus Nell het die koue trotseer en die funksie in Hopetown bygewoon.

Sanggroep “Die Broers” het vir die vermaak gesorg en Christo Snyman kuier saam met Veronica de Waal, hooforganiseerder van die glansgeleenthede. June 2022 | OVK NEWS 21


SUIDSTREEK

Borge van die Suidstreekfunksie het ingesluit Robby Lee (Agco), Johan Wolmarans (TotalEnergies), Rocky le Roux (OVK), Dr Minnaar Lyell ( Elanco Animal Health), Leon de Klerk en Raymond Rudman (Voermol).

vinnig oor ’n R1000 as die petroljoggie sy vinger te lank op die sneller hou!” Kunsmisvoorsiening bly nog problematies en daar is onduidelikheid oor voorraadvlakke en toekomstige pryse. “Hoofinsette in landbou is by prysvlakke wat die omvang van finansiering deur die dak laat skiet. Standvastigheid en stabiliteit bring in sulke tye normaliteit na die mark.” Hy het verwys na die standvastigheid van OVK en die noodsaaklikheid om te sorg dat produksie vir die volgende seisoen kan voortgaan. “Daar is ’n OVK wat finansiering kan verskaf in ’n landbou-omgewing waar die spesie

Rudi en Hanle Nel het saam met Elrine en Henfred Linde die aand bygewoon. 22 OVK NUUS | Junie 2022

Chris Bender staan hier by Freddie van Zyl (Bracklyn Melkery), Jaco Wilken (Wilgrow) en Stéfan Oberholzer. Ostriland Farming is as Toppresteerder aangewys.

Justin en Nicky Phillips, Danie Potas (OVK) met Adele en Glen Mcewan was daar om saam te kuier.


SENTRAALSTREEK van finansierders besig is om in ’n oogwink te verander. Hiermee misken ek nie die druk op OVK se eie boek om aan almal se behoeftes te voldoen nie. OVK se gesonde posisie maak dit wel moontlik om ekstra finansieringsplanne te beraam en in plek te kry.” Stéfan Oberholzer, besturende direkteur van die OVK Groep, het genoem dat die aandelekapitaal in 2020 tot R1,357 miljard gestyg het vergeleke met R743 miljoen in 2014. Die omvang

Oom Manie en Tannie Marthie Botha het die aand saam met Johan en Hanlie Bekker en Anneke en Jaco Maartens geniet.

van besigheid gedoen was R10 miljard in 2021 teenoor R8,551 miljard in 2017. In 2021 is ‘n bedrag van R76 miljoen in dividende en lojaliteitskorting aan lede uitgekeer.

Chris Bender met Dr Troskie (CG Troskie) en Charl Stotter (Number 2 Piggeries) wat as Toppresteerder aangewys is en Stéfan Oberholzer.

Hy het ook genoem dat OVK in boere se besit is met ’n boere-direksie wat presies weet wat op plase gebeur en hul besluite daarvolgens neem – in belang van die boer. Verder is die volhoubare voortbestaan van produsente op die platteland vir OVK van kritieke belang. Die funksies in Ladybrand, Hopetown, Cradock en Aliwal-Noord is deur 680 gaste bygewoon en die volgende produsente is as Toppresteerders 2021/22 vir elke streek aangewys: Noord: Bloukruin Boerdery (Pty) Ltd Suid: Ostriland Farming (Pty) Ltd Wes: Schoeman Boerdery (Edms) Bpk Sentraal: Number 2 Piggeries (Pty) Ltd

Hendrik en Riandri, Philip en Elma, Suné en Wilken Heyns het die geleentheid in Aliwal-Noord bygewoon. June 2022 | OVK NEWS 23




Ontvolking van die platteland het veroorsaak dat baie dorpies vandag nie meer oor dokters of selfs funksionerende hospitale beskik nie. ‘n Boer van Prieska het, nadat een van sy personeellede in ’n motorfietsongeluk betrokke was, besef dat noodmediese behandeling die verskil tussen lewe en dood kan beteken. Op Prieska was daar geen noodbehandeling beskikbaar nie.

GEMEENSKAPSAKE

DORP NEEM MEDIES IN EIE HANDE

Henry sê hulle het nie self kennis gehad oor hoe om ’n kliniek te open of te bedryf nie en het vele gesprekke met Mediclinic en Intercare gehad. “Ons gedagte was om ’n gebou en ’n dokter te kry. Die gemeenskap moes genoeg geld bydra dat die kliniek sonder skuld kon begin. Die groot vraag was waar om ’n dokter te vind wat bereid sou wees om op Prieska te bly en praktiseer.” Dr Steffan Raubenheimer, ’n dokter van Port Elizabeth wat besig was om in kardiologie te spesialiseer, was op pad

Henry Coetzee, wat al sedert 1983 buite Prieska boer, het begin droom van ’n tipe “veldhospitaal” waar pasiënte gestabiliseer, en dan na die groter hospitale verskuif kan word. Hy het met ’n paar mense gepraat en die gedagte van ‘n mediese kliniek vir Prieska het begin posvat. “Ons praat toe op daardie stadium met die plaaslike dokter wat wou aftree om sy praktyk oor te neem, want dan het ons klaar ’n gebou. Hy was egter reeds in die proses om dit aan ’n Kongolese dokter te verkoop. Dié dokter het gesukkel om finansiering te bekom en ons het dit toe oorweeg om die praktyk se gebou te koop sodat beide doktors kon aanbly en werk in die praktyk. Gedurende hierdie tydperk kom finansiering vir die Kongolese dokter deur en ons moes van vooraf planne maak om ’n mediese sentrum ’n realiteit te maak.” Twee jaar het verloop, waartydens die nuwe dokter op die dorp nie altyd beskikbaar was nie en mense verplig was om na Kimberley, Upington en Bloemfontein te ry vir behandeling. “Ons het toe ’n komitee gestig, en ek het mense gekies wat al tussen lewe en dood was. So ’n persoon is nie ’n draadsitter nie en besef die belangrikheid van noodmediese bystand.” 26 OVK NUUS | Junie 2022

Henry Coetzee en Anne-Rita van Heerden, die bestuurder van die mediese sentrum, by die ingang. Die sentrum het sy deure ‘n jaar gelede gelede geopen.


Nastashia Kellerman,‘n paramedikus by die mediese kliniek, staan in die goedtoegeruste behandelings-/traumakamer. Kanada toe. Hy was oorwerk en kon min tyd saam met sy gesin bestee. Hy verneem toe van sy pa dat die gemeenskap van Prieska naarstiglik op soek is na ’n dokter en hy het begin met onderhandelings om na die klein plattelandse dorpie te verhuis waar hy weer ’n verskil kon maak. Henry verduidelik: “Ons het lank onderhandel om ‘n dokter van sy kaliber te kry en dit was nie goedkoop nie, want hy moes verseker wees van ’n vaste inkomste. Op daardie stadium het een van die inwoners Bloemfontein toe getrek nadat hy ’n hartaanval gehad het, wat ons die geleentheid gegee het om ’n huis vir Dr Raubenheimer te koop.” Hulle het ’n vergadering met die gemeenskap gehou en hul finansiële behoefte van R4 miljoen verduidelik. Die saal was vol mense wat ’n dokter wou gehad het, maar toe dit by die geld kom, was almal stil. Die dag toe Steffan die pos aanvaar, sit ons met slegs R800 000 in die bank. Ons het nie ’n gebou nie, en niks toerusting of personeel nie.” Steffan moes uit sy bestaande pos bedank en het ons kontrak geteken.

Dit het ons 69 dae gegee om alles in orde te kry voor sy koms. Ons onderhandel toe met GWK en in ruil vir ons ledebelang kry ons ’n gebou by hulle. Ons reël daarna weer ’n publieke vergadering en deel die gemeenskap mee dat ons nou ’n dokter gekry het en ’n gebou het. Ons het hulle ingelig hoeveel geld ons beskikbaar het en ’n beroep op inwoners gedoen om betrokke te raak.” Mense het begin om inbetalings te doen, wat later in aandele omgeskakel sou word, en ons kon die gebou begin regmaak. Dit was slegs ’n dop en alles van kraginstallasie tot teëlwerk moes gedoen word. Personeel moes aangestel en opgelei word en toerusting van oor die R1 miljoen moes aangekoop word voor Steffan se diensaanvaardingsdatum.” Henry sê die skenkings van die boere en gemeenskap was ongelooflik. “Ons het genoeg geld ingevorder sodat ons die kontantvloei aan die gang kon hou. Op 23 Junie 2021 het die kliniek sy deure oopgemaak met nie ’n enkele pasiënt as kliënt nie en weens verhoogde Covid-19 regulasies kon ons nie eens ’n amptelike opening hou nie!”

Die eerste dag het vir sy eie drama en spanning gesorg. “’n Persoon het verlam geraak en is ingestoot in ’n rolstoel. Kort daarna was daar ’n motorongeluk en na ete het ‘n man ’n hartaanval gehad. Die kliniek het homself bewys en vandag, na feitlik ’n jaar, is die pasiëntgetalle van sowat 30 per dag hoog genoeg sodat daar nie teen ’n verlies gewerk word nie. Die pad wat Henry en sy medelede gestap het, was nie maklik nie. As boere met geen mediese agtergrond of kennis nie, het niemand in hul plan geglo nie. Pasiënte van omliggende dorpe begin ook nou van die kliniek se dienste gebruikmaak en vele pasiënte in nood is gestabiliseer en na groter hospitale oorgeplaas. Henry Coetzee het sy veldhospitaal gekry en Prieska se inwoners het mediese sorg gekry wat nie bestaan het nie. Menige plattelandse dorp het dieselfde probleem maar nie almal het ’n inwoner met die droom en dryfkrag wat Henry het nie. Hy het heelwaarskynlik die pad vir ander gebaan, aangesien mediese sorg op die platteland tog uiteindelik in die gemeenskap se eie hande is. June 2022 | OVK NEWS 27


Daar is altyd plek vir eerstes en soms gebeur ’n eerste wanneer jy dit die minste verwag. Boesmanskop is nou nie ‘n plekkie vol verrassings nie, maar toe ek by die pikante klein huisie indraai en ‘n sitkamerstel uit die Victoriaanse tydperk op die stoep sien staan asook ’n ysbak met sjampanje en twee vol glasies, was my voete onder my uitgeslaan. Gaan ons werklik in die oggend sjampanje drink? Maar toe Elaine Calitz uitstap, weet jy die antwoord gaan “ja” wees!

PLAASKUIER

ONDERWYSERES VERRUIL DIE KLASKAMER Soos ’n vars bries groet sy jou en onmiddellik voel dit of jy haar al jare ken. Sy skep tuisgemaakte quiche in, wat ek terloops nog nie met sjampanje geëet het nie en begin vertel van haar oom, die bekende Bloemfonteinse mode-ontwerper André Bellingan, wat verlede jaar aan Covid oorlede is. Sy vertel met ’n sweem van heimwee en verlange dat die meubels waarop ons sit en die teestelletjie syne was. Die jong Voorsitter van die Boesmanskop Boerevereniging het wye draaie geloop voordat die lewe haar na vyf jaar in die onderwys na haar geboorteplaas teruggeneem het. Sy het haar skoolloopbaan in Zastron se laerskool begin en matrikuleer in 2009 aan die Hoër Meisieskool Oranje. Haar ma, Carin, was voorheen in die onderwys. Elaine kies dit toe ook as ‘n loopbaan en studeer grondslagfase aan Kovsies. “My oom het spesiaal vir my rokke gemaak terwyl ek studeer het en ook later toe ek in die onderwys was. Dit was altyd baie kleurvol! Ek het ses maande in Bloemfontein onderrig, waarna ek en ’n vriendin vir ses maande in Thailand gaan onderwys gee het. Daar het ons by die wonderlikste mense gebly en die geleentheid gekry om baie te toer.” Terwyl musiek sag in die agtergrond speel, vertel Elaine dat sy daarna verlang het om weer in haar eie land 28 OVK NUUS | Junie 2022

skool te hou en het toe probeer om ’n pos in Ceres te kry. “Ek het gedink ek gaan daar ’n wynboer kry, maar toe kom ek agter daar is net appels! Ek kry toe uiteindelik ’n pos by ’n klein plaasskooltjie, Britsum Primêr, in Bo-Swaarmoed 30 km buite Ceres. “’n Taxi het soggens al die onderwysers opgelaai. Dit was die wonderlikste kinders om voor klas te gee. Hulle was mal oor die kleurvolle rokke wat my oom vir my gemaak het. Dit was ’n besondere tyd en die gemeenskap het baie vir die skool gedoen.” Elaine het smiddae na skool terug Ceres toe gedraf en het dit begin oorweeg om aan die Maxi Race Ultra Marathon deel te neem. Alhoewel sy baie gelukkig in Ceres was, het sy haar pa Hannes en ma Carin baie gemis en het die 900 km tog ten minste vier keer per jaar aangepak. Sy het intussen ’n Honneursgraad in Remediërende Onderwys behaal en moes besluit of sy in die onderwys wou bly en of sy ’n plafon bereik het. Na vier jaar en Elaine se deelname aan die Maxi Race in 2019, het sy en haar pa gevoel die tyd is reg om terug te keer huis toe - sy het haar tyd in die die Kaap goed afgesluit met die marathon. In 2020 trek sy terug Boesmanskop toe. “Dit was tydens die pandemie en ons was baie besig op die plaas. Ons kon net boer en by die huis sit. Ek het dus nie die sosiale lewe te veel gemis nie,” lag sy terwyl ons smul aan die quiche en sjampanje. “Dit was eintlik ’n rowwe tyd op die plaas en daar was ook probleme met die sekuriteit. Dit was gedurende dié tyd dat die 80-jarige tannie Daleen van der Hoven, ons buurvrou, aangeval en na Lesotho ontvoer is.” Die familie se gemengde boerdery bestaan uit wild, beeste en skape, asook gewasse vir voeding en weiding. “In 2021 het die werklikheid van die afgesonderde leefwyse my getref. My pa sê toe ek moet net geduldig wag dat Covid verbygaan, dan sal dinge weer voortgaan soos normaal .” Op ’n dag nooi haar pa haar saam na ’n boereverenigingvergadering. “Ek was nie eintlik lus nie, maar dit het na


’n klein sosiale geleentheid geklink waar ek met ander mense kon verkeer! Daar word ek toe as voorsitster gekies, ten spyte van my besware rakende my onkunde oor boereaangeleenthede. Almal het egter belowe om my te help.” Sy word bygestaan deur ander jongmense en het ’n geleentheid gesien om ’n verskil in die gemeenskap te maak. “Ek en die vrouens in die omgewing het ’n groep gevorm wat verlede maand reeds ons eerste Taco-aand by die boeresaal gehou het. Einde Mei het ons weer ’n byeenkoms en daar is groot belangstelling. Mense wil nie meer by hulle huise kuier nie, maar wil ’n bietjie uitkom.” Hannes en Carin boer met 22 wildspesies, Bonsmara- en Sussexbeeste, Dohne Merino’s en Dormers. Elaine vertel: “Daar is nog ’n paar ander dinge waarby ons betrokke is en daar is heeltyd hande nodig. Daar waar my pa my nodig het, help ek uit. Ek kan myself nie ’n boer noem nie, want ek moet nog te veel leer. Ons het byvoorbeeld verlede jaar heelwat

lammers weens E. coli verloor en ek moes baie vinnig leer om hulle te behandel. Vanjaar het ek weer tekens van die siekte gesien en kon vinnig met dosering optree. “Die baie reën het my laat leer van klontwol en met die hulp van mense in die omgewing en ’n vriendin, Johanni Grobler wat ’n veearts in Ceres is, kan ek probleme oplos. Johanni het my geleer om te glo in wat jy doen en dan sal dinge uitwerk. Nou is daar byvoorbeeld weer vreeslik baie bosluise en dit moet behandel word. Die leerkurwe is groot maar ek en my pa werk lekker saam en hy help my baie.” Dit is baie verfrissend om haar borrelende entoesiasme vir die lewe en die eenvoudige dinge om haar te sien. “Ek is mal oor die beeste en verstaan hulle maar het ook ’n sagte plekkie vir die skape. Ek vrek oor modes en om met my hande in die grond te werk. Ek wil alles mooier maak en dit is wat in Ceres kortgekom het - ek het nie eers ’n gereedskapkas gehad nie. Hier kan ek elke dag iets doen en dinge verander.”

Haar broer Schalk is ’n helikoptervlieënier en baie betrokke by die wild en jagtery. “Hy sal eendag die boerdery by my pa oorneem en is baie suksesvol in eie reg. Hy is egter nie baie op die plaas nie en dit is hoekom ek besef het ek moet my pa kom help. Hy word nie jonger nie. Hoekom sal ek in die onderwys sit as ek hier kan wees en help om dit wat aan ons geleen is, op te pas? My pa is een van die beste boere en ek kan baie by hom leer.” Volgens Elaine het haar broer ’n sterk aanleg vir die meganisasie-afdeling van die boerdery en sy sal hom aanvul deur die vee te hanteer. “Gedurende die pandemie is my pa vir ’n tyd lank gehospitaliseer en moes ek en Schalk vir ongeveer ’n maand lank die boerdery bestuur. Dit was baie stresvol maar gelukkig kon ons so nou en dan telefonies met my pa praat.” Oor haar betrokkenheid by die boerevereniging sê sy daar is nog baie werk. “Ek moet nou vergaderings reël en mense betrokke kry. My plan is om die gemeenskap weer bymekaar te bring soos toe ek klein was. Ek wil danse hou en funksies reël, want ek hou van uitdagings. Ek gaan nie op 30 “sterf” en op 80 “begrawe” jy my, net omdat ek hier op die plaas sit nie!” Is Vrystaat Landbou en moontlike deelname uitgesluit? “Ek wil nie te veel hooi op my vurk hê en dan by niks uitkom nie. Ek wil niks afskeep nie en eerder my bes doen hier by die boerevereniging. Namate ons vorder, kan ons dan verder uitbrei. “My hart is hier en die boerdery is lekker, maar ek sal altyd iets moet doen om myself te herontdek en om nie op 30 te “sterf” nie. Ek moet by uitdagende dinge betrokke wees om ’n verskil te maak en mense gelukkig te hou. Dit is baie moeilik na alles wat gebeur het.” Hoe bevoorreg was ek om hierdie sprankelende jongmens oor ’n glasie sjampanje te ontmoet! Sy kan alte lekker met oorgawe uit haar maag lag en het soveel waardering vir alles wat mooi is in die lewe. Elaine het nog ‘n lang pad om te stap, maar elke tree gaan Hannis en Carin beslis baie trots maak. June 2022 | OVK NEWS 29


Gedurende die afgelope paar maande is hoër as normale reënvalsyfers aangeteken. Dit het bygedra tot talle uitdagings in die veebedryf. Om alles te kroon, toe word bek-en-klouseer weer opnuut ‘n probleem.

KUDDEBESTUUR

BEK-ENKLOUSEER BRING UITDAGINGS Beeste: Op dié stadium van die seisoen is winter weer ’n werklikheid. Dit is nou belangrik, indien nie reeds gedoen nie, om beeste te behandel teen inwendige sowel as uitwendige parasiete. Dit word aanbeveel om ’n produk te gebruik wat effektief is teen die lewer- sowel as peervormige slak. Laer speengewig, sowel as swak kondisietelling in koeie dui op die impak van die hoeveelheid reën op ons graskwaliteit (swak). In die lig hiervan is dit uiters belangrik dat die omskakeling van somer- na winterlek reeds gedoen moes gewees het. Die koeie se kondisie moet ideaal wees om goeie melk en herbesetting in die komende kalf- en dekseisoen te verseker. Dit is ook belangrik om in aanmerking te neem dat die kwaliteit van besetting bepaal word deur die eiersel wat drie maande tevore gevorm is. Dit beteken byvoorbeeld dat jou koei se kondisie in Augustus bepalend gaan wees vir haar besetting in November. Onthou dat geen ureumbevattende lekke op sojareste gegee kan word nie, aangesien dit tot ureumvergiftiging kan lei. Soja bevat ’n ensiem wat die omskakeling van ureum na proteïen verhoed. 30 OVK NUUS | Junie 2022

Dit is ’n goeie praktyk om koeie ’n maand voor kalftyd met ’n Clostridiale entstof te ent, wat dan goeie bies sal verseker en sodoende die kalf teen siektes soos rooiderm, ens. sal beskerm. Bulle moet vroegtydig getoets word vir die komende dekseisoen om genoegsame tyd te laat vir behandeling of vervanging van onvrugbare bulle of bulle met geslagsiektes.


Skape: In die vorige uitgawe is haarwurm breedvoerig bespreek. In kort, stel vas of haarwurm steeds ’n probleem in die kudde is deur byvoorbeeld mismonsters te neem. Indien skape steeds nie skoon is nie, kan hulle weer gedoseer word. Aangesien goeie ryp reeds voorgekom het, behoort die skape nie weer besmet te word nie.

aangesien die oorsprong van die diere wat te koop aangebied word, nie altyd met sekerheid bepaal kan word nie. Sekere voerkrale het maatreëls in plek om besmetting sover moontlik te voorkom. Ek doen ’n beroep op ons boere om hul samewerking in hierdie aangeleentheid te gee, want dit is tot ons almal se voordeel om te verhoed dat die siekte in ons voerkrale uitbreek. Ons is almal afhanklik van die ekonomiese voordeel hiervan.

Bloutonginentings kan van Julie af gedoen word om te verseker dat daar genoegsame tyd is om al drie entings apart te kan toedien. Vuilbek was en is tans steeds ’n probleem onder ons skape. Vuilbek is ’n virus; dus speel die immuunstelsel ’n belangrike rol in voorkoming sowel as genesing van die siekte. Sover was dit ’n moeilike skaapjaar. Dit het daartoe gelei dat ons skape se immuunstelsels nadelig geraak is en daarom is hulle meer vatbaar vir siektes soos vuilbek. Raadpleeg u veearts ten opsigte van behandeling. Onthou, antibiotika genees nie virusse nie. in die geval van vuilbek kan antibiotika aanbeveel word, maar dit sal wees om sekondêre infeksie te voorkom as gevolg van die letsels wat voorkom met vuilbek. In ernstige uitbrekings kan u veearts ’n entstof spesifiek vir die plaas voorberei. Gee ook Multimin en vitamine om immuniteit te verbeter en sodoende die dier se ligaam te help om die virus te veg.

Dr Dedre Nel - Excelsior na die waarskuwing in verband met lek op sojareste wat onder beeste bespreek is. Bek-en-klouseer Op die stadium is daar nie gevalle in ons area geïdentifiseer nie. Daar is egter steeds ’n risiko van besmetting,

Indien beeste of skape ingekoop word, maak seker dit kom van ‘n betroubare bron. Die siekte word gekenmerk deur letsels in die bekke en tussen die kloue. Die dier kan egter reeds die siekte onder lede hê en nog nie simptome wys nie. Dit is waarom dit belangrik is om bekend te wees met die oorsprong van beeste of skape wat ingekoop word en om seker te maak dat die diere van ’n betroubare bron afkomstig is. Mag dit ’n koue maar sonnige winter wees. Daarmee groet ek vir eers.

Verder word oesreste nou benut. Pas diere geleidelik aan op soja- sowel as mieliereste. Wanneer van een land na ’n ander geskuif word, moet skape weer aangepas word. Die rede vir laasgenoemde is dat daar al vir ’n geruime tyd moontlik geen oorblywende pitte op die land kon wees voor die verskuiwing nie en dan hou die groot hoeveelheid pitte op die nuwe land dieselfde gevaar in as wat aanvanklik die geval was. Dit is ook belangrik om te weet dat voorkoming van suurpens op mieliereste verskil van voorkoming van opblaas op sojareste. Mielie- en sojareste verskil drasties en moet dienooreenkomstig benader word. Mielies is ’n hoë-energiebron, terwyl soja ’n hoëproteïenbron is. Verwys ook June 2022 | OVK NEWS 31


Die pad na Murraysburg word net mooier en ‘n mens kan nie glo hoe dankbaar die Groot Karoo na reën kan wees nie. Die dorpie is skoon en netjies en lyk beter as die meeste plattelandse dorpies en net buite Murraysburg boer Peet de Klerk wat in die begin van die jaar ‘n rekord opgestel en tot onlangs gehou het. Dit was tyd om by hom te gaan kuier.

PLAASKUIER

KAROOBOER OORLEEF DIE DROOGTE

familieplaas Kookfontein met Dorpers en Drakensbergers. “Dit is ’n wonderlike beesras vir hierdie area. Ek het ’n plaas in die Sneeuberge en daar loop ook ’n Drakensbergerkudde. Ek kan maar net die lof besing van hierdie ras wat nog nooit teleurgestel het nie. Dit is ’n bees wat loop en vreet - hulle is uitstekend aangepas en gehard met ’n goeie geaardheid.”

Tydens die derde veiling van die jaar word ’n baal superstyl 24 mikron BSFFK van Peet vir ’n rekordbedrag van R848/kg aan Suedwolle Group ZA verkoop! Boonop behaal hy ook tesame met ander produsente die hoogste binprys van R750/kg! Die Maartveiling sal Peet nie gou vergeet nie en hy is vol lof vir die OVK-span wat hom bygestaan het. Peet is baie beskeie oor sy prestasie maar vertel dat hierdie eer nie sommer in sy skoot geval het nie. Dit het jare se werk gekos om die kudde te vestig en Peet sê dat hy nie werklik die waarde van die Angorabok besef het nie. “Dit was Etienne Bezuidenhout wat my aangemoedig het om meer aandag aan die bokke te gee en oortuig het dat die opbrengste baie verhoog kan word. Ek het na hom geluister en die resultate spreek vanself.” Peet boer saam met sy seun Phil met ’n gemengde boerdery op plase rondom Murraysburg. Gebore in Graaff-Reinet en grootgeword in Richmond, is hy ’n man wat die omgewing goed ken, veral die natuurlike veld van die Groot Karoo. Hy boer ook met Dorpers en Drakensbergers en dit word vinnig duidelik dat hierdie man elke dier op sy plaas met liefde versorg, en nie net ’n veeboer is nie. Na sy studie aan Grootfontein Landboukollege gaan boer hy in 1978 in die Richmonddistrik op die 32 OVK NUUS | Junie 2022

Peet is besig om hul veegetalle te verhoog na die jarelange droogte wat die Karoo geteister het.


Peet de Klerk en sy seun Phil, boer buite Murraysburg met Angorabokke en het in Maart ‘n rekordbedrag vir ‘n baal 24 mikron sybokhaar behaal. In April 1989 moes Peet onverwags die plaas Brandkraal by sy pa Phillip oorneem nadat Phillip skielik besluit het om uit die boerdery te tree. Peet begin toe met ’n kudde Merino’s, maar weens skeerderprobleme wat hy op die plaas ondervind het, slaan hy ’n paar jaar later oor na Dormers toe.

by Roelfie van der Merwe van Aberdeen aangekoop, aangesien kapaters ’n baie eenvoudige vertakking is. “Ek het die kuddegetal so tussen 1 000 en 1 400 gehou en die ouer

bokke met jong kapaters vervang. Ek het die Angoraboerdery begin geniet en die resultate was goed. In 2012 word ’n buurplaas, Uitkyk, vir ’n SEBprojek geoormerk. Toegang tot Uitkyk kon net bereik word deur 8 km oor Brandkraal te ry of stap.

Brandkraal is sowat 2 km buite Murraysburg op die hoofpad en veediefstal is feitlik buite beheer. Hy vertel van vele gevalle van diefstal waar diewe op heterdaad betrap word, net om weer vrygelaat of glad nie gearresteer te word nie. Vee word in die nag met sleepwaens in die omgewing opgelaai en verkoop. Soms vind hulle die vee met die polisie se hulp terug, maar meestal gebeur dit nie. Afgesien van die diefstal moes Peet voortboer. Hy het stelselmatig Angoras op die plaas gevestig, maar moes weereens weens skeerderprobleme en ’n swak sybokhaarmark van die bokke ontslae raak. Die sybokhaarmark het egter later begin klim en hy het besluit om weer Angoras aan te koop. “Ek het ‘n aantal goeie kapaters June 2022 | OVK NEWS 33


Ek het besef ek MOET die grond koop om toekomstige chaos te vermy. Ek kry dit toe reg en skuif al die Angorakapaters oor na Uitkyk toe. Die 3 495 hektaar was begroei en daar is kranse, klippe, fonteine en bosse. Angorahemel! Hulle kon later nie eers meer loop nie so dikgevreet was hulle,” lag Peet. Die verraderlike Karoo het al menige boer genadeloos van sy plaas geruk. Peet vertel dat hy so amper deel van hierdie statistiek was. “Die jarelange droogte het veroorsaak dat ons tussen Maart en November verlede jaar R1,8 miljoen aan voer vir die diere spandeer het. Ten spyte van addisionele voerskenkings moes ons die kuddes se getalle begin verminder. In Desember het ek vir my vrou, Maryn, gesê ons is klaar en kan nie verder boer nie. Ek het later die maand vir haar gesê dat sy my blykbaar nie glo nie, en moet begin pak.” Toe kom dit..........genadige reën aan die begin van die jaar en baie daarvan! “Ons het goeie opvolgreën gekry en kon die lande weer besproei en diere voed. Die Karooveld het vinnige herstel begin toon. Ek kon weer slaap; wonderlike diepe slaap. Dit was bitter amper of ons was van die plaas af!

Peet het ook begin om Angora-ooie te koop om die kudde se getalle in stand te hou. “Ek kyk baie mooi na die jong bokkies. Ek hou hulle onder oë hulle loop op die lande en in klein kampies en kry byvoeding. Die doel is nie om hulle op te piep nie. As jy ’n klein bokkie goed kos gee en sy groei mooi, is sy gouer vrugbaar. Ek sit die ooitjies op tweetand-ouderdom by die ram. Hulle is nog baie lig en besetting is dan nog nie te goed nie, maar van viertand-ouderdom af is dit baie suksesvol.” Hulle plant 33 hektaar met lusern om ’n voerbank op te bou en verbou ook stoelrog as winterweiding. Al die lande is onder besproeiing met sleeplyne en twee spilpunte word uit boorgate van water voorsien. Die veld het in so ’n mate herstel dat die diere net in die winter byvoeding kry. “Ons is nog besig om weer op die been te kom na die droogte en ons moet die veld laat herstel. Ons kan nog nie op vol produksie loop nie. Ons moet nog vir so ses maande lig op die veld loop en met goeie bestuur sal ons die getalle stelselmatig weer verhoog na ongeveer 80% drakrag. Die Karoo is baie dankbaar en ons sal

weer terugkeer na gesonde veldtoestande.” Hulle het ook onder sprinkane deurgeloop en moes selfs die hulp van vliegtuie inroep, maar soos in vele gebiede het hulle gesukkel om gifstof te bekom. Veediefstal en die bestryding daarvan is volgens Peet hul grootste uitdaging. “Hulle steel elke jaar ongeveer R200 000 se vee. Daar is geen vooruitsig dat die situasie in die nabye toekoms gaan verbeter nie en ons sal alles moet doen om dit te beveg. Ek wens ons plase was net so ’n bietjie verder van die dorp af.” Die koffie is klaar en die gesprek met Peet het vele onderwerpe gedek. Dit skemer baie vinnig deur dat hy ’n groot liefde vir die boerdery en diere het. Hy was bitter naby daaraan om alles waarvoor geslagte so hard gewerk het te verloor, maar boer wat hy is, het hy opgestaan soos die dorre grond se stof wat deur die reëndruppels getref is. Vanjaar is sy jaar van herstel en hy is baie opgewonde oor die moontlikhede en geleenthede wat die toekoms bied. Merkwaardige mense – ons boere!

Skeerprobleme het veroorsaak dat Peet ‘n Dorperkudde begin opbou het om die Merino’s te vervang. 34 OVK NUUS | Junie 2022


KNELLPOORTDAM SPEEL GROOT ROL As gevolg van toeslikking, het die stoorkapasiteit van die Welbedachtdam vinnig verminder van die oorspronklike 115 miljoen m³ tot ongeveer 16 miljoen m³ gedurende die twintig jaar sedert sy voltooiing. Hierdie stoorafname het probleme geskep om aan Bloemfontein se watervraag te voldoen, teen 'n aanvaarbare vlak van betroubaarheid, en as 'n gevolg is die 50 m hoë Knellpoortdam in 1989 gebou. Dit was die eerste booggravitasie rolbetongekompakteerde (RCC) dam in die wêreld en die damwal bevat byna 64 600 m³ rolbeton en 14 200 m³ beton met 'n bruto stoorkapasiteit van 136 miljoen m³.


Die veselbedryf was die afgelope paar jaar blootgestel aan besondere uitdagings: ’n bek-enklouseeruitbreking in 2019, Covid-19 in 2020/21 met pryse van wol en bokhaar wat met ongeveer 50% getuimel het en weer bek-enklouseer in 2022 met die gepaardgaande verbod op uitvoere na China. In die geheel gesien het OVK Vesel hierdie struikelblokke heel goed oorkom. Markte het begin herstel in 2021, met veral bokhaar wat heeljaar uitstekend vertoon het. Artikel verskaf deur die OVK Veselafdeling

VESELNUUS

NUUS UIT DIE WOL-EN BOKHAARKANTOOR Die bedryf was tot dusver in 2022 goed op dreef, ten spyte van verdere uitdagings rakende probleme met uitvoer van wol en bokhaar. Dit is veroorsaak deur wêreldwye skeepsvraghouertekorte en vragskepe wat onwillig is om Suid-Afrikaanse hawens te besoek laasgenoemde aangedryf deur die geweldige globale vraag na skeepsvervoer wat natuurlik aan skeepsvragvervoerbesighede die geleentheid bied om te fokus op die mees winsgewende roetes. Onbeholpenheid van owerhede en gebrek aan kapasiteit van plaaslike hawens het ook ’n bydrae gelewer. Bek-en-klouseer 2022 oorheers die wolmark DIe hernude uitbreking van bek-en-klouseer aan die begin van April vanjaar, tesame met ’n onmiddellike verbod op uitvoere van onverwerkte wol en bokhaar na China het die herstel van markte en pryse gestrem. Die effek is hoofsaaklik in die wolbedryf gevoel, aangesien bokhaar meestal die land verlaat in verwerkte vorm, waarop daar geen beletsel in terme van uitvoer is nie. Die afgelope paar jaar voer China tot 80% van die SuidAfrikaanse wolproduksie in, alles in onverwerkte formaat aangesien daar feitlik geen prosessering van wol meer in Suid Afrika gedoen word nie. Alhoewel wol steeds uitgevoer kan word na Europa en ander bestemmings, het hierdie markte beperkte kapasiteit en kan hoogstens sowat 30% van die Suid-Afrikaanse aanbod van wol akkommodeer. Hierdie situasie plaas natuurlik 36 OVK NUUS | Junie 2022

plaaslike kopers van wol onder geweldige druk, aangesien hul inkomste wesenlik verminder het. OVK is deeglik bewus van die bedreiging wat hierdie situasie vir die bedryf inhou en speel ’n aktiewe rol om die industrie te ondersteun. Dit word gedoen deur verskeie maatreëls wat die maatskappy ingestel het om die uitwerking te versag, soos byvoorbeeld: l verlengde betaalterme aan kopers van wol. Die normale praktyk was dat kopers die wol gekoop op veilings binne 5 werksdae moes betaal, maar OVK het hierdie terme verander na 20 werksdae (rentevry). l betaling aan produsente binne 5 werksdae, ten spyte van die feit dat betaling van die kopers eers drie weke later ontvang word. OVK is die enigste makelaar wat in staat is om sy produsente op hierdie wyse te ondersteun. l gratis stoorspasie aan kopers sedert 1 April en wat in stand gehou sal word tot die verbod opgehef word. l voorskotte aan produsente op alle vesel reeds gelewer tot 80% van die waarde van die vesel. Hierdie toegewings wat gemaak is, kom natuurlik teen ’n groot koste. OVK neem egter verantwoordelikheid en leiding en wil daardeur ook sy lojaliteit teenoor sy kliënte asook die breër bedryf beklemtoon. Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel was die verbod op uitvoere na China steeds van krag, met geen amptelike aanduiding van beëindiging nie. Cape Wools speel namens die industrie ’n leidende rol om druk op die owerhede in Suid Afrika uit te oefen ten einde ’n spoedige oplossing te vind. Die huidige verbod is inderdaad eintlik totaal onnodig, aangesien ’n protokol tydens die vorige uitbreking in 2019 met die Chinese owerhede onderhandel en in plek gestel is en dan ook sedertdien deur die bedryf in Suid Afrika in stand gehou is. Hierdie bestaande protokol is totaal deur Chinese owerhede geïgnoreer met die huidige uitbreking van bek-en-klouseer. Hopelik beteken die reedsbestaande protokol dat daar hierdie keer tot ’n vinniger oplossing gekom kan word as in 2019.


oor twee dae by die veselkantore in Port Elizabeth gehou is. Die doel van die saamtrek was egter nie net dat die manne (en vroue) spangees bou en mekaar beter leer ken nie, maar ook om kennis oor te dra en uit te ruil. Dit is gedoen deur verskeie sprekers wat die nuutste inligting en tendense bespreek het.

Sybokhaar volstoom vorentoe! Aan die sybokhaarkant sit OVK sy uitstekende prestasie van die afgelope jaar voort. Sedert die aanvang van die winterbokhaarseisoen op 17 Augustus 2021 tot op hede (20/05/2022) is daar 12 bokhaarveilings gehou. OVK behaal die volgende prestasies op hierdie veilings: l OVK gemiddelde prys klop die veilinggemiddeld op 11 van die 12 veilings. Gemiddelde markindikator oor 12 veilings = R407 per kg. OVK gemiddelde prys oor 12 veilings = R431 per kg; l OVK behaal die beste “bin” prys op 11 van die 12 veilings met ’n gemiddeld van R756 per kg; l OVK behaal die beste produsentebaalprys op 4 veilings met ’n gemiddeld van R860 per kg. Dit is duidelik dat OVK uitsonderlike waarde bied vir sy sybokhaarprodusente, veral met verwysing na die ongeveer 40% groei in OVK se sybokhaarlewerings oor die afgelope paar maande!

Vagmeesters Die hoogtepunt van die saamtrek was die aanwys van die heel eerste Vagmeesters in OVK as deel van die nuutgestigte Vagmeestersgilde.

Ander nuus - Tegniese velddiensbeamptes Vroeg in Mei vanjaar het OVK ’n saamtrek vir al sy tegniese velddiensbeamptes van dwarsoor die land gehou. Ook die lewendehaweafdeling was hierby betrek. Daar is heerlik gekuier en verhoudinge gebou tussen die manne gedurende die saamtrek wat

’n Vagmeester is ’n tegniese velddiensbeampte wat reeds vir vyf jaar voltyds in diens by OVK is en ook aan streng keuringsvereistes volgens prestasiestandaarde voldoen. So ’n persoon is iemand van onberispelike inbors en ’n voorbeeld vir sy medevelddiensbeamptes, asook ’n leier op sy vakgebied en in sy gemeenskap. Slegs beamptes wat die uiters hoë prestasiestandaard behaal, kwalifiseer om benoem te word as ’n Vagmeester, en moet werklik ’n vakman op sy gebied wees.

OVK Vesel gee graag erkenning aan die besondere bydrae en prestasie van die volgende beamptes wat aangewys is as Vagmeesters (uitgesluit die Hoofbestuurder Vesel) vlnr: Marnitz Fourie (Senior Tegniese Velddiensbeampte De Aar), Francois Viljoen (Senior Tegniese Velddiensbeampte Richmond), Stephan van der Westhuizen (Senior Tegniese Velddiensbeampte Bredasdorp), Jacques le Roux (Hoofbestuurder: Vesel), Jaco Saaiman (Senior Tegniese Velddiensbeampte Frankfort), Stephen Lumsden (Senior Tegniese Velddiensbeampte Burgersdorp), John Melville (Veselverkrygingbestuurder Noordstreek) en Frans Hugo (Veselverkrygingbestuurder Suid- en Wes-Kaap). June 2022 | OVK NEWS 37


“Suid-Afrikaanse landbouprodusente se rekorduitvoere gedurende verlede jaar het die invoerwaarde van landbouprodukte en kos oortref. Kos en drank ter waarde van R177,8 miljard is in 2021 uitgevoer. Dit is 5,2% meer as in 2020, wat beteken dat uitvoere die invoere met R75,4 miljard oorskry,” het mnr Hein Rehr, president van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA), by die organisasie se onlangse simposium in Mosselbaai gesê. Volgens Rehr het GOSA se lede iewers ‘n aandeel in die uitvoere gehad, hetsy in die gradering, die opberging, verhandeling, finansiering of vervoer van mielies. Die geskatte huidige mielieoes van 14,6 miljoen ton – en die jaarlikse verbruik van 11,8 miljoen ton – dui daarop dat uitvoere weer vanjaar gaan plaasvind. Gegewe die oorlog tussen Rusland en Oekraïne sal Suid-Afrika dalk nie op die kort termyn enige tekorte ervaar nie, maar die krisis gaan verseker ‘n invloed hê op voedselprysinflasie omdat pryse wêreldwyd reeds styg.

GRAANSIMPOSIUM

VOEDSELSEKERHEID IS ‘N NASIONALE BATE “Landbou hou nog Suid-Afrika se deure oop. Met sowat 30 miljoen mense wat hul inkomste van die staat ontvang, voed 36 000 boere en werkers elke dag Suid-Afrika se 58 miljoen inwoners. Die regering van die dag behoort voedselsekerheid – net soos Eskom – as ‘n nasionale bate te klassifiseer,” het Rehr bygevoeg.

Die uitvoere van landbouprodukte soos wyn, mielies en sitrus is een van die weinige middele wat nog positief bydra tot groei in die SuidAfrikaanse ekonomie – en die graanwaardeketting speel ‘n integrale rol hierin.

37ste simposium GOSA se 37ste simposium is onlangs by die Diaz Strand Hotel in Mosselbaai aangebied. Die sprekers tydens die simposium was dr Roelof Botha (ekonoom), prof Theo Venter (onafhanklike politieke en beleidspesialis), mnr Wessel Lemmer (AGBIZ Grain) en mnr Benoit Le Roy (SA Waterkamer). Graanspesifieke wegbreeksessies is gefasiliteer deur mnre Pieter Fourie (Eko Design), Japie Snyman (Olam SA), Wayne Rosewall (Premier Milling) en Me Alta Swanepoel (Alta Swanepoel en Vennote). ‘n GOSA sake-ontbyt is deur prof Jannie Rossouw (Wits Sakeskool) toegespreek. Nuwe seisoen breek aan Tydens die Covid-19-pandemie kon die GOSA-simposium en algemene jaarvergadering – wat al sedert 1980 jaarliks gehou word – nie plaasvind nie, maar behoeftegedrewe werkswinkels is met sukses aanlyn aangebied. Benewens die simposium beplan GOSA vier werkswinkels per jaar waarvan twee virtueel en twee in persoon aangebied sal word. GOSA Kaap se jaarlikse byeenkoms sal ook steeds plaasvind. “GOSA is trots op sy naam, sy bestuur, sy lede, erelede en dit wat sedert 1980 bereik is. Daarom kan hy met reg aanspraak maak op sekere voorbehoude ter beskerming van sy identiteit en integriteit in die vorm van neergelegde reëls,” het Rehr gesê.

Fanie Roos, Herman van Deventer, Ephraim Khopoche, Louis Fourie, Frans Jood, Dries van der Linde en Jan du Toit het die simposium namens die Graanafdeling van OVK bygewoon. 38 OVK NUUS | Junie 2022



As jy ‘n snuffelneus is, moet jy sorg dat jy by die Blue Stone Saloon net buite Prieska op die R357 ‘n draai maak. Die plek sal jou ure lank besig hou met items soos ‘n replika van ’n antieke hotelkamer en handgranate van die Tweede Wêreldoorlog. Ek moes net daar indraai!

SNUFFELPARADYS

VERSTEEKTE JUWEEL IN DIE NOORD-KAAP John van der Westhuizen, ‘n plaaslike boer, is net so interessant soos die antieke dorpie wat hy op sy plaas gebou het. “Ek het oor die jare items by veilings en sulke plekke gekoop en elke keer wil die mense weet wat ek met alles gaan maak. So het ek dit maar gebêre tot een oggend dat my vrou Leonie sê: ‘As jy nou nog een Coke-ding hier inbring, dan gooi ek jou saam met die hele spul uit!’ “Ek besluit toe om ’n plan te maak en bou die Cokehuisie en die garage, waarna ek al die mooi pompe opgesit het. Ek het toe besef dat as die mense klaar hierna gekyk het, is daar niks verder om te sien nie. Die volgende oggend tree ek die buitelyne af, sit die bakstene neer en die Maandag begin ons die Saloon bou. Soos ons gebou het, is al die goed wat jy hier sien, verkry van mense wie se ouers byvoorbeeld ouetehuis toe gegaan het en ek dit by hulle gekoop het. Toe ons klaar gebou het, het alles perfek gepas.” Die “perfek pas” laat vir seker nie reg geskied aan die omvang van dit wat jy voor jou sien nie. Oral waar jy kyk, is iets spesiaal. Die verstand kan net eenvoudig nie alles inneem nie. “Ons is nou twee jaar oop en het nog nooit teruggekyk nie. Die motorfietsryers uit Gauteng het ons nou ontdek en kom gereeld hierlangs. Besoekers uit Prieska self en dorpe in die omgewing kom Saterdae 40 OVK NUUS | Junie 2022


nou nie burgemeester van Prieska word nie, so nou is ek sommer burgemeester van my eie dorpie, Excelsior Antique Town met Blue Stone Saloon as die hoofaantrekkingskrag.” John vertel dat daar ‘n verhaal agter die blou karretjie op die paal by die ingang van die plaas is. “Op Pofadder was daar ‘n oom wie se karretjie op ’n paal was. Dié word toe gesteel en aan my verkoop, sonder dat ek bewus was van die feit dat dit gesteel is. Later het die oom die kar kom haal en my van diefstal beskuldig. Hy was hoogs ontstoke maar trek toe die saak terug. Dit word toe ‘n spottery totdat ek toe ook ‘n karretjie kry en hom blou verf. Nou het ek my eie karretjie op ‘n paal!”

Die Saloon is behang met vlae en besoekers kan op ou trekkerstoele sit en ‘n drankie geniet. Die mure is vol interessante oudhede wat jou ure sal besig hou. om al die goed te sien en kuier en eet dan sommer in die Saloon. Saterdae kom die jongklomp van Prieska en omgewing om te kom kuier en rugby kyk. “Ongelukkig steel die mense ook van die goed en hulle is veral lief om jasse van die oorlog, wat R8 000 een kos, saam met hulle te vat. Dit kos ons om

op die sekuriteitskamera te kyk en die goed terug te kry. Die studente is veral skuldig, want hulle soek iets van die Saloon om saam koshuis toe vat,” sê John wat al meer die 20 jaar lank ‘n versamelaar of eerder vergaarder is! John het op Prieska grootgeword en beide sy oupa Fix en pa Hannes was burgemeesters van die dorp. “Ek sal

John is ‘n groot ambassadeur van Prieska. “Die mense hier is ongelooflik. Ons myn tieroog, die Wonderdraai is hier en dan het ons baie diamante! Prieska is ook op die roete vir besoekers aan Kgalagadi Park. Waarheen jy ook al op pad is, maak Prieska deel van jou roete. Hou jou oë oop vir die blou karretjie op die paal en besoek die Blue Stone Saloon en Excelsior Antique Town. Dit is die snuffelneus se droom, maar laat net genoeg tyd toe om hierdie juweel van die Noord-Kaap ten volle te waardeer.

John van der Westhuizen, eienaar van die Blue Stone Saloon wat binne die Excelsior Antique Town is, staan by Cecil Johan Rhodes se persoonlike kroeg, volledig met glase en al. June 2022 | OVK NEWS 41


Ek sien deesdae vreeslike pragtige vegetatiewe groei op pekanneutbome oral waar ek ry. My aanname is dat voeding na die verkeerde plek toe gaan. Met die geneigdheid van die gewas om te maklik vegetatief te groei, beteken dit dat die behoefte van die gewas vir stikstof (N) gebalanseer moet word om die pekanneutopbrengs te verhoog.

NEUTESORG

PEKANNEUTE SE OPBRENGS KAN VERBETER

Boere moet genoeg stikstof toedien om groei te lewer, maar die groei is meestal op die verkeerde plek, wat lei tot wisselende jaaropbrengste en fisiologiese probleme. Die verandering van toedieningswyse kan help om vegetatiewe groei te verminder en die opbrengs te verbeter. Anders as nitraat word amien nie in die blare verwerk nie, maar in die wortels.

’n Wanbalans van die nodige elemente is die rede vir die meeste van die uitdagings, byvoorbeeld wisselende opbrengs per jaar en boom, skeuring van vrugte in die waterstadium en ook probleme wat deur boor- en kalsiumtekorte veroorsaak word. Ek deel net ’n siening oor hoe die opname van stikstof beïnvloed word waar die gewas groei, en hoe produsente die pekanneutopbrengs en -kwaliteit kan verhoog deur die wysiging in die metode van stikstoftoediening. Konvensionele stikstoftoedienings veroorsaak groei op die verkeerde plek, wat probleme veroorsaak. Stikstof op pekanneute word meestal opgeneem as nitraat (NO3), ongeag die vorm waarin dit toegedien word, aangesien dit vinnig omskakel in nitraatvorm. Nitrate word in die blaar verwerk, waar die plant energie moet gebruik om dit om te skakel in die amienstikstof wat benodig word om die proteïene te bou vir die groei van die gewas. Namate nitrate in blare ophoop, begin die gewas verhoogde vlakke van die ouksien-groeihormoon lewer, wat lei tot die verhoogde vegetatiewe groei. Hoe meer nitrate die gewas opneem, hoe meer vegetatief word die groei, wat lei tot te veel blare en nie genoeg hulpbronne wat aan neutgroei toegewy word nie. 42 OVK NUUS | Junie 2022

Amien skep nie vegetatiewe groei nie, maar word hoofsaaklik gebruik om wortels en voortplantingsgroei (blomme en neute) te ontwikkel. Ongelukkig het die toediening van N in ’n standaardvorm (ureum) nie hierdie effek nie, want dit word meestal in nitraat omgeskakel voordat die gewas dit opneem. Daar is tegnologie ontwikkel wat amien voorsien in ’n hoogs opneembare vorm, sodat gewasse die soort amien kan benut wat voortplantingsgroei aanhelp. Vervolg op bladsy 48



44 OVK NUUS | Junie 2022





vervolg vanaf bladsy 42

word uiteindelik na die blaar vervoer en die ontwikkelende gewas word omseil. Dit dra weer by tot die uitdagings van vrugte in die waterstadium. Groei moet derhalwe ondersteun word met blaarbespuitings van kalsium en boor.

Die middel verskaf amien met hoogs opneembare kalium en kan gebruik word om die ontwikkeling van neute en dus ook opbrengste te verbeter, die oormaat vegetatiewe groei te verminder en die wisselende opbrengste te stabiliseer. Amien en kalium moet vroeg in die lente toegedien word as die gewas ontwaak, en dan weer in die vroeë somer tydens pitvulling. Oormatige vegetatiewe groei skep probleme met boor en kalsium omdat beide elemente nie floëembeweeglik is in pekanneute nie en dit beweeg dus deur die plant met water (opwaarts en uitwaarts). Wanneer stikstof oormatige vegetatiewe groei veroorsaak, skep dit ’n versamelplek vir hierdie voedingstowwe, wat voldoende toevoer tot die ontwikkeling van blomme en neute belemmer. In die geval van boor word die probleem vererger, aangesien die plant boor nodig het om nitrate in die blaar te verminder. Hoe meer nitrate die

Bars van vrugte in die waterstadium vind plaas wanneer vrugte te vinnig ontwikkel. Navorsing toon dat verbeterde vlakke van kalsium en boor die skeuring van vrugte verminder. Boor verbeter die sterkte van selwande tydens selverdeling namate selle groter word en die selwande versterk.

Bydrae deur Heinz Schutte plant in die blaar ophoop, hoe meer boor gebruik dit, wat lei tot stikstofgeïnduseerde boortekorte, asook gebrekkige vervoer na blomme en ontwikkelende neute. Die toediening van kalsium en boor in die grond stel dit nie reg nie, want dit

Kalsium maak selwande sterker en lei ook tot minder skeuring en neutval. Aangesien boor in pekanneute nie beweeglik is nie, is toediening op blare nodig, aangesien boor wat deur wortels opgeneem word, meestal in blare ophoop en nie die ontwikkelende gewas bereik waar dit nodig is om neute te ontwikkel nie. Die nuutontwikkelde produk is ’n gevorderde boor-formulering, wat meer beweeglik is. Op pekanneute kan dit tydens die blomstadium toegedien word om set aan te moedig en probleme met die skeuring van vrugte te verminder. Aangesien dit die blaar-tot-vrug mobiliteit verbeter, kan dit teen lae dosisse effektief gebruik word om produksie te verbeter. Die kalsiumproduk wat op die blare toegedien word, is hoogs opneembaar. Omdat Ca-absorpsie gekoppel is aan ouksienhormoonvlakke (wat tydens seldeling gebruik word), word gewone kalsiumkunsmis nie maklik deur die neut geabsorbeer nie, aangesien die plant begin groei. Dit maak kalsiumtoedienings baie doeltreffend, omdat dit makliker deur groeiende lote en blare opgeneem word. Die kalsiumproduk wat ontwikkel is, bevat ook uitstekende tegnologie, wat vrugte toelaat om kalsium buite die normale ‘venster’ op te neem. Dit help om vrugval te verminder en die kwaliteit te verbeter. Hierdie strategie sal die opbrengs, neutgrootte en neutretensie verbeter asook ’n oormatige wisseling in jaarlikse opbrengskoers verminder vir ’n meer konstante gewas van seisoen tot seisoen.

48 OVK NUUS | Junie 2022