__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1


inhoud|contents

4

VOORBLAD Een van die wêreld se grootste Boerbokstoete is gesetel in die dorre Bo-Karoo. COVER One of the biggest Boer goat studs is found in the harsh Upper Karoo.

Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745 Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za Redaksionele artikels/Editorial Articles Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

20

22

Hoofartikel | Leading Article

2

Uit die Woord

3

Oor die grensdraad

4

Bo-Karoo Boerbokstoet van die grootste in die wêreld

8

Olimpiese atleet word OVK maatskappysekretaris

12

Jagbedryf loop deur onder Covid-19

16

Kom ons gesels hartsake

20

Fendt stel OVK as handelaar in die Oos-Vrystaat aan

22

Dieregesondheid gedurende die winter

24

Finansieringsman gee die nuwe pas aan in die suide

28

Hier en daar

30

Somergewasse vooruitskatting

32

Koöperasieseun met regsgraad word streekbestuurder

34

Stofpadtoer durf ses grondpadpasse aan

36

Op die vrou af

38

Wolmarkverslag

Medewerkers/Contributors Igna Kotze Dr Dedré Nel Christel Basson Proeflees/Proof Reading Marna Alberts Advertensies/Advertising Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za Uitleg/Layout Francois Seymore Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging Senekal OVK Hoofkantoor/Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za

34

Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie. The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

12 Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees.. The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word. Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

June 2021 | OVK NEWS 1


UIT DIE WOORD

Vrede van God

Ds Danie Kleynhans NG Moedergemeente Ladybrand

God die Vader, Seun en Heilige Gees se wese is een van omgee en genade.

hulle (ons is in Christus) sodat Hy weer vriende met hulle kan wees.

Een is drie en drie is een. Daar is al baie slim planne gemaak om dit te verduidelik. Ek kon nog nooit een van hierdie verduidelikings verstaan nie, maar wat ek wel weet, is dat die raaisel net een ding beklemtoon, naamlik genade. God die Vader en almagtige Skepper, het met ’n probleem te kampe.

Hy werk in hulle (Gees) sodat hulle Hom kan ontdek as Verlosser en in die vriendskap kan ingroei om weer hulle kuierplek (Eden/Paradys/aarde) heel en skoon te maak. Dit is ’n groot voorreg om deel van hierdie barmhartige God se genadeplan te kan wees. Dit is genade om Hom as vriend te kan hê.

Die mense wat Hy vir Homself as vriende gemaak het, laat Hom in die steek. Hy sou die vriendskap moes verbreek en hulle straf. Indien Hy hulle sou straf, sou Hy geen vriende meer oorhê nie. Hy maak toe ’n plan en stuur sy Seun om hulle straf te dra, sodat hulle verlos kan word van hul sondeskuld. Jesus word mens en sterf namens sy vriende (en vyande). Toe sy werk as Verlosser afgehandel is, het Hy besef dat sy vriende nie sy koms as Verlosser verstaan nie en dat Hy hulle sou moes help om te verstaan. As mens kon Hy ook nie op twee plekke gelyk wees nie. Hy maak dus weer ’n plan: Hy word Gees (soos wind) sodat Hy in almal en by almal gelyktydig kon wees. Hy neem sy intrek by

2 OVK NUUS | Junie 2021

God die Vader, Seun en Heilige Gees - Een wese en drie persone. Ek aanvaar dit, maar dit is moeilik om te verstaan: God se toetrede tot die mens as Skepper en Vriend wat kom

kuier (Gen 3) en later as Seun en Verlosser as die Een wat ons straf dra, sodat die mens behoue kan bly, en toe weer sy intrek in ons lewens as Gees neem. Dit beklemtoon net een ding, naamlik dat God deel van jou en my lewe wil wees. Hy is jou vriend en jy is sy vriend. Hierdie Vriend is ook ’n Helper en Trooster en Voorspraak by die aanbreek van die heel laaste hoofstuk voor die troon van God. ’n God wat klein genoeg is dat die menslike intellek Hom kon begryp, sou nie groot genoeg gewees het om die mens se diepste nood te vervul nie.


REDAKSIONEEL

Grensdraad gedagtes en nog meer

Francois Seymore Redakteur

Covid-19 het die wêreld op hol en regerings en leiers vertel ons van ‘n “nuwe normaal”. Tussen maskers en inentings bly daar een gesig van kalmte wat ons verseker hy sal ons deur hierdie pandemie kry. Ons plaas ons vertroue in hom en hy word selfs met die beste in die wêreld vergelyk. Toe kom die onafwendbare: Dr Zweli Mkhize, Digital Vibes en R140 miljoen. As daar nou een persoon was op wie ek vertrou het om nie by korrupsie betrokke te raak nie, was dit hy. Die pandemie het hom ‘n bekende gesig en leier gemaak en kinders is vertel hy sal hulle veilig hou. Nou is hy maar net soos vele ander wat hulle vergryp het en sy kop word deur opposisiepartye geëis. “From hero to zero”. Ek bevraagteken ook die motivering van ons president Cyril Ramaphosa wat te graag Europa toe vlieg om met die G8 te gesels oor finansiële hulp en inentings vir Afrika, maar sy eie land sit in die donker met ‘n ekonomie wat elke dag weens beurtkrag agteruitgaan. Tien ure se fase 2 beurtkrag vir 20 dae kos die ekonomie R40 miljard rand. Die hoeveelheid ure beurtkrag wat reeds

ingestel is, dui op negatiewe vooruitsigte vir die winter, wat nog skaars begin het. Op die sportveld kan ons uitsien na ‘n Britse en Ierse Leeutoer en hulle sal graag vir die nederlaag van die 2009-toer wil vergoed. Die eerste wedstryd teen die Emirates Lions skop op 3 Julie af met die eerste toets op die 14de Julie in Kaapstad. Ek wonder watter kykers gaan daardie aand om 19:00 die wenner van beurtkrag wees? Daar is weereens ‘n groot verskeidenheid artikels in hierdie uitgawe en ons het by baie interessante mense gaan kuier. In die Bo-Karoo gesels ons met Casper en Loudine Byleveld oor hul wêreldklas boerbokstoet en loer by die nuwe streek be stuurder, Kobus Theron, in die Noord-Kaap in. Covid-19 het op alle gebiede ontwrigting veroorsaak en die jagbedryf het ook nie vrygespring nie. Niel Schoeman in die Oos-Kaap is al sedert 1992 by hierdie bedryf betrokke en gesels oor die impak wat die pandemie en die afwesigheid van internasionale jagters op sy eie besigheid en die bedryf in die algemeen gehad het. Die nuwe streekbestuurder in

die suide, Ernst Viljoen, gesels oor sy visie vir die streek. ‘n Olimpiese atleet, Clive Neuwerth met werksondervinding vanaf Colombië tot Mianmar is onlangs as maatskappysekretaris by OVK aangestel en hy vertel van al sy wedervaringe, wat ‘n deelname aan ‘n marathon in Marokko met ‘n gebreekte knie insluit. In die bydrae van Igna Kotze gee sy ouers weereens raad oor die hartseer, geluk en emosionele ontwikkeling van ons kinders. Dr Dedré Nel gee raad oor dieregesondheid op die rug van ‘n nat somer wat kuddebestuur en voervloei aansienlik behoort te vergemaklik. Christel Basson se artikel lewer altyd leesgenot op en daar is ook ‘n kompetisie waaraan sportentoesiaste kan deelneem. Ons hoop op ‘n koue winter om ‘n gunstige somerseisoen te verseker en met die hoeveelheid sneeu wat reeds in Lesotho geval het, is die waarskynlikheid besonder groot. Ons gaan nou die oestyd binne en dit beteken ‘n bedrywige tyd op die plaas. Laat die masjiene rol, wees veilig en wees lief vir die om jou. Tot volgende keer.

June 2021 | OVK NEWS 3


PLAASKUIER

Bo-Karoo Boerbokstoet van die grootste in die wêreld

D

ie grondpad na die plaas Kareehoek kronkel geduldig deur die tipiese Karooveld en daar is ‘n groen skynsel in die plantegroei. Groen bome begelei jou na die opstal waar Casper en Loudine Byleveld jou met groot en warm glimlagte inwag.

Dit was pure nuuskierigheid wat my na die Bo-Karoo geneem het om te sien hoe daar met een van die grootste Boerbokstoete in die wêreld in hierdie harde en dorre gedeelte van ons land geboer word. My laaste besoek aan dorpe soos Britstown was tydens die droogte van 2019 en die prentjie toe, was nie mooi nie.

Dit is nie algemeen om sulke jongmense op so ‘n afgeleë plaas te sien nie. Die spontane geluk en tevredenheid wat uit hulle straal is veral opmerklik. Koffie en vars gebakte skons wag op die tafel en Loudine ver tel hoe hulle hier in die Noord-Kaap beland het. As vyfdegenerasie-afstammeling het sy op Kareehoek grootgeword en is na matriek na die Kaap waar sy ‘n mode ontwerpbesigheid bedryf het. Haar pa, Nico Botha, het as stokperdjie met ‘n paar boerbokke op die plaas begin teel en so lank gelede as 1982 ‘n stoet by die Boerboktelers vereniging geregistreer. Die stoet het gegroei na een van die land se vernaamste stoete wat vandag nog bekendstaan as die “Nico Botha Boerbokstoet 776”. “Die wêreldskou het in Bloemfontein plaasgevind en my pa het hulp nodig gehad. Ek het op die vliegtuig geklim - ‘n dag het ‘n jaar geword en ‘n jaar het twee jaar geword. Na drie jaar is ek op aandrang van my pa na my suster in Amerika. ’n Maand later was ek terug in die Kaap, maar sonder kliënte en ‘n besigheid. Intussen adverteer hy vir ‘n plaasbestuurder.” Ek kyk na Casper en wonder of ek twee en twee vinnig bymekaar moet tel! Hy vertel: “Nadat ek in Stella grootgeword het en aan die Potchefstroom Landboukollege studeer het, het ek vir drie jaar op ‘n skaap-

4 OVK NUUS | Junie 2021

plaas in Wallis gaan werk. My visum het verstryk en ek sien toe die advertensie vir ‘n plaasbestuurder op hierdie plaas. Ek het ‘n onderhoud met oom Nico gehad en is aangestel.” Loudine was intussen baie ongelukkig in die Kaap en sluit toe weer by haar pa op die plaas aan. Sy vertel met ‘n glimlag dat haar pa baie streng was - ‘n saak was net óf wit, óf swart. Sy en Casper het toe vir nege maande saamgewerk voordat hulle met ‘n verhouding begin het! Terwyl hulle lekker lag en skerts dink ek nou aan die twee wat so saamwerk en onderlangs vir mekaar kyk, maar nie haar pa wil ontstig nie.

Een goeie dag skraap Casper genoeg moed bymekaar en vra Nico Botha vir sy dogter se hand. Die twee verliefdes trou aan die einde van 2010, net na Nico se afsterwe. Ek smeer nog ‘n skon uit verligting dat die romantiese storie darem gelukkig geëindig het en dat hulle nou die trotse ouers is van twee seuns en ‘n dogter. Dit was die verhaal oor hoe hulle nou saam op die plaas beland het. Die gesprek dwaal na die boerbokke toe, en dan verstaan jy hoe hulle hul passie uitleef.“Ten spyte van kritiek het ons besluit om op die familieplaas te bly en met die stoet onder die geregistreerde stoetnaam voort te gaan. Aanvanklik het ons net gepoog om te

p Die natuurlike veld is uiters geskik vir die boerbok en Casper gee feitlik geen addisionele voeding vir die bokke wat in die veld loop nie. Die weiding is besig om na die droogte te herstel en hulle bestuur die veld se drakrag op 5 hektaar per kleinvee-eenheid. bewys ons kan dit regkry, maar later het dit verander na waar die boerdery vandag staan. Dit gee ons groot plesier en geluk,” vertel Loudine. “Ons het albei alles wat ons van boerbokke weet by my pa geleer en ek wens somtyds hy kon gesien het na watter hoogtes ons sy stoet geneem het.


u

Casper en Loudine het die Nico Botha Boerbokstoet in 2010 oorgeneem en is baie positief oor die toekoms van hul stoet en die boerbokbedryf. Hulle is die trotse ouers van Dawie, Nico en Lo-ami.

Die kinders is net so passievol oor die boerdery en dit is tog seker wat uiteindelik belangrik is. Ons het skoolgeld betaal en soos die gesegde lui: ‘Jy leer die hardste lesse as jy met jou eie geld betaal’.” Die boerdery bestaan uit die boerbokstoet, ‘n kommersiële Merinokudde en ‘n Braunviehbeesstoet.“Ons is van die mees afgeleë boerboktelers in die land. Die hoofsentrum is in die Middelburgomgewing in die Oos-Kaap. Die veld hier is ‘n gemengde veld en eintlik skaapwêreld. Hier is egter leegtes met heelwat bome en wag-’nbietjies wat Kareehoek ‘n goeie skaap- en bokplaas maak,” verduidelik Casper. “Ons grootraambokooie is bekend en is die resultaat van genetika en ons veldtoestande. Feitlik al die ooie word laparoskopies geïnsemineer deur die gebruik van ‘n topram om genetika te bevorder. Die ooie lam byna gelyktydig en dit maak die bestuur en stamboekregistrasies net soveel makliker.” Hulle lam in hokkies met ‘n speenpersentasie van tussen 160-170%. Sowat 5% van die

t

Casper en Loudine boer al elf jaar saam. Hulle bedryf ‘n boerbok- sowel as ‘n Braunviehstoet en boer ook met kommersiële Merinoskape. Die letsels van jare se droogte is nog duidelik sigbaar.

June 2021 | OVK NEWS 5


lammertjies gaan dood weens natuurlike oorsake. Die bokooi beskerm haar lammers baie goed teen roofdiere en gelukkig is dit nie ‘n probleem nie. Casper verduidelik dat net ooie wat gelam het en die ramme addisionele voeding kry. Die bokke hou van die natuurlike weiding en is hoofsaaklik blaarvreters, wat bome en struike insluit. Tydens die droogte moes hulle egter voer en volgens hom is die bok nie ‘n selektiewe vreter nie. Die veld het nou mooi herstel. Die bok se vleis is gesond en laag in cholesterol en word hoofsaaklik vir die geloofsmark verkoop. Die vel het geen waarde nie en word gewoonlik weggegooi. Hulle voer 30-40% per vliegtuig uit na Thailand. “Die vlug duur sowat 12 ure en die bokke word in houtkratte geplaas met genoeg spasie en selfs lugversorging. In die laaste drie jaar was daar nog geen sterftes nie. Die res van die bokke word in Afrika opgeneem, maar daar kan nie in die vraag voorsien word nie,” vertel Loudine. Alhoewel die Merinoskaapvertakking vier keer groter as die boerbokke is, was die bokke die laaste twee jaar die belangrikste en het ook die meeste tyd in beslag geneem. ‘n Gemiddelde prys van R41 000 vir bokooie is by hul laaste produksieveiling behaal en die verkope vir die geloofsmark, wat Botswana en Zimbabwe insluit, word in US$ betaal. Daarby was daar ‘n halvering in die wolprys, wat die bokke stof in die oë van die skape laat skop het, altans op die boeke. Die belangrikste mark is egter die lewering van stoetdiere aan ander telers.“Tydens die onlangse wêreldskou in Bloemfontein het een van ons ooie die titel

u

Die Nico Botha Boerbokstoet het ‘n gemiddeld van R41 000 per ooi tydens hul laaste produksieveiling behaal en oor die R100 000 vir ‘n ram. Die volgende produksieveiling vind op 29 September op Kareehoek plaas.

6 OVK NUUS | Junie 2021

“Wêreld juniorkampioenooi” ingepalm. Daarby is die Nico Botha Boerbokstoet een van die oudste en grootste boerbokstoete in die land,” meen Casper. Loudine verduidelik dat hulle die boklammers so vinnig moontlik gespeen kry (tussen 70-90 dae) sodat die ooi weer dragtig kan word. “Die boklam kan baie vinniger by die ooi weggeneem word as ‘n skaaplam.Tussen 8–10 maande nadat ‘n bokooi gelam het, lam sy weer. Ons bereken ons lamgetalle op 2,4 lammers per ooi per jaar.

“Nico Botha het my geleer om ‘n sekere tipe boerbok te teel en daarby te hou, want mense sal jou ram of ooi identifiseer as ‘n Casper Bylevelddier.” “Ons koop ramme baie selektief by geleentheid in vir nuwe bloed maar probeer sover as moontlik by ons kudde hou. Inteling moet egter beperk word. Indien die ooi nie met laparoskopie suksesvol bevrug is nie, word die ram natuurlik by die ooi gesit. Dit is egter baie moeiliker vir die bokooi as ‘n skaapooi om dan dragtig te word. Laparoskopie bevorder genetika ook optimaal. “Ons het drie weke gelede weer 200 ooie laparoskopies geïnsemineer met ‘n ram wat in 2014 al dood is. Tegnologie is so fantasties dat ons gevriesde sperm

kon gebruik. Die ram “Hilux” is tot vandag nog bekend en was seker een van die beste ramme in die wêreld. “Dit is belangrik om te verstaan dat dit noodsaaklik is om moderne tegnologie te gebruik om jou stoet geneties in die top 5% te hou, anders gaan jy nie oorleef nie. Dit geld nie net vir boerbokke nie, maar vir alle vee. Normaalweg sou ‘n ram 30–40 ooie per jaar dek, maar nou kan jy ‘n duisend ooie ‘n jaar dragtig maak deur KI of laparoskopie. Dit is goed vir die bedryf want ‘n goeie ram se nageslag is baie groter,” verduidelik Casper. Casper vertel dat die mense mettertyd gewoond geraak het aan die feit dat hy en Loudine nou die stoet bestuur. Sy beaam: “Daar is ook soveel nuwe telers wat my pa nooit geken het nie en daarom is ek en Casper vandag die gesig van die stoet. Ek kan op my een hand tel hoeveel mense nog my pa sal onthou, maar dit is seker die realiteit van die lewe.” “Dit het ons geleer om nie verwagtinge van ons kinders te koester nie. Nico het nooit gedink sy skoonseun en dogter gaan eendag sy stoet oorneem nie. Om saam die stoet te bedryf het ook sy uitdagings. Ons moet mekaar met baie respek hanteer en die ruimte gun om besluite te neem. Ons geniet dit om saam te werk en dit maak die stoet net soveel sterker vir die toekoms,” aldus Casper.

Loudine vertel dat hulle nie eens vakansie gaan hou nie, want dit is te lekker op die plaas. “Ons kinders voel ook so, want ons is as’t ware heeltyd met vakansie. Maandag as ek die kinders by die koshuis aflaai is beslis die hartseerste dag van die week. Ek was self twaalf jaar in ‘n koshuis en daar is niks lekkerder as om weer hierdie grondpad te vat om hulle vir die naweek te gaan haal nie. Om net ‘n vuurtjie in die veld te maak en almal bymekaar te wees, is die wonderlikste ervaring.” Hulle sê die eensaamheid op die plaas pla hulle glad nie en dat die boerdery in die Covidtydperk eintlik gegroei het.“Ons kan elke aand op ons knieë gaan en dankie sê. Ten spyte van die droogte, die bek-enklouseer en nou Covid, het ons boerdery die grootste groei nog getoon. Die rede daarvoor is dat ons beter boere geword het,” sê Casper. Sou dit moontlik gewees het vir Nico Botha om te sien hoe sy dogter en skoonseun sy nalaten skap bestuur, oppas en vorentoe neem, sou hy vir seker baie trots gewees het. Hierdie twee jongmense het die geleentheid met beide hande aangegryp en is in die proses besig om ‘n benydenswaardige lewe vir hulle en hul drie kinders te skep. Die Bo-Karoo kies sekerlik sy mense, en nie die mense hom nie!


NUWE AANSTELLING

Olimpiese atleet word OVK maatskappysekretaris

G

ebore in Springs aan die Oos-Rand, het Clive in ‘n baie sportiewe familie grootgeword. Sy pa was ‘n professionele sokkerspeler en sy oupa was ‘n Olimpiese swemmer wat ook vir die destydse Transvaal rugby gespeel en geboks het. Daarbenewens was sy ma ‘n balletdanseres. Clive se oupa het ‘n groot invloed op hom gehad gedurende sy skoolloopbaan en was die inspirasie vir vele sportprestasies. Die terugslag met longontsteking by die Spele het hom laat besin oor sy toekoms as professionele atleet en hy het besef dat dit nie ‘n genoeg same inkomste sal verseker nie. Hy skryf in 1996 by Unisa in vir ‘n B.Com.-graad, wat hy in 1999 voltooi. Sy suster was altyd vir hom ‘n voorbeeld van toewyding en akademiese sukses, wat nie sy sterk punt was nie. Hy het gesien hoe hard sy moes werk om haar GR-kwalifikasie te verdien en besluit toe om liewer LLB te studeer, wat hy in 2002 voltooi het. Hy begin by ‘n spesialis prokureursfirma, Tabacks, met sy klerkskap. “Die firma het in korporatiewe reg gespesialiseer en ek het vir kliente soos ABSA en myne gewerk. Die Regsvereniging van Suid Afrika se Skool vir Praktiese Regsopleiding het ‘n kursus aangebied, wat my klerkskap verkort

u

Clive Neuwerth moes vele uitdagings in sy lewe oorkom, net om as ‘n sterker mens aan die ander kant uit te kom. Kanker, ‘n moontlike amputasie en vele stresvolle situasies in vreemde lande het help vorm aan die mens wat hy vandag is.

8 OVK NUUS | Junie 2021

Drie jaar nadat Clive Neuwerth in Benoni gematrikuleer het, word hy as middelafstandatleet vir die Suid-Afrikaanse span gekies om aan die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta deel te neem. Na die aanvang van die Spele moes hy hom weens longontsteking onttrek en kon nie aan ‘n enkele item deelneem nie. Dit het egter nie hierdie veelsydige sportman met Springbokkleure in swem en atletiek asook provinsiale kleure in sokker, tennis en krieket van stryk gebring nie en dit was die begin van ‘n baie vol en bedrywige loopbaan.


het. Vir ses dae ‘n week het ek vanaf 17:30 tot 23:30 klas geloop en het my lewe uit werk, studeer en slaap bestaan. In 2004 word ek as prokureur toegelaat en was by die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies geregistreer..” Teen die einde van 2006 nader ‘n Australiese mynmaatskappy Tabacks om vir mynregte in Suid-Afrika te registreer sowel as om aansoek te doen vir notering op die JSE en Londense Aandelebeurs. “Ek het teen ‘n uurlikse tarief vir hulle gewerk maar dit het te duur geword en hulle het my gevra om permanent by Central Rand Gold Limited aan te sluit. Hulle het hoofsaaklik eksplorasie gedoen en het nooit werklik wins gemaak nie. Ek is in 2013 weg na ‘n Portugese internasionale maatskappy, Mota-Engil, as hul hoof van regsdienste in Afrika.” Hulle het groot konstruksie projekte sowel as myne in lande soos Zambië, Tanzanië en Malawi bedryf en het verder ook logistieke dienste gelewer. “Ek het ook werk vir hulle in Chili en Colombië gedoen, wat sy eie uitdagings meegebring het. Voordat jy daarheen gegaan het, moes jy ‘n anti-ontvoeringskursus doen en jy ry ook oral met gewapende begeleiding. Dieselfde het vir Nigerië gegeld. ‘n Verdere probleem was dat ek in direksievergaderings gesit het, en nie ‘n woord kon verstaan het nie, want almal het Portugees gepraat. Ek kon hulle glad nie regsadvies gee nie! “Ek en my vrou, Helen, is in 2012 getroud en dit was baie moeilik en stresvol wanneer ek na hierdie lande of die DRK moes reis. Daar was baie dae dat ek haar nie kon bel nie, en dan het sy nie geweet of ek veilig is of ontvoer is nie. Dit, tesame met die taalprobleem, het my laat besluit om Mota-Engil te verlaat.” Clive het toe sy eie konsultasiefirma begin wat maatskappy-

u

Clive en Helen is 2012 getroud. Hy is vol vertroue dat sy binnekort by hom in Ladybrand sal kan aansluit.

10 OVK NUUS | Junie 2021

sekretariaatwerk gedoen het. Destyds het internasionale maatskappye verskeie regsfirmas in verskillende lande gebruik om projekfinansiering te doen. Clive het ‘n paar ondernemings oorreed om die werk by een firma te sentraliseer en het sodoende ‘n paar groot maatskappye se projekfinansiering hanteer. Die sekretariaat se papierwerk het hom nie veel aangestaan nie. Hy het toe die werk aan twee van sy kollegas oorgegee en by ‘n maatskappy, Digital Money Mianmar, as hoof van regsdienste vir Suid-Asië aangesluit. , “Ek het vanuit Suid-Afrika gewerk maar hulle het druk op my geplaas om na Mianmar te verhuis. Ek het baie gevlieg en hulle wou op daardie stadium op die Singapoerbeurs noteer. Toe kom Covid asook die staatsgreep in Mianmar. Clive gesels nooit veel sonder om terug te dwaal na sy passie, sport, nie. Hy vertel dat hy sy knie in 2009 gebreek het. Die

besering was so ernstig dat amputasie oorweeg is, maar die been kon gelukkig met behulp van chirurgie in 2010 gered word. Voor sy besering doen hy aansoek om aan Marokko se Marathon des Sablas, ‘n sewe-dae, 251 km ultramarathon deur van die onbergsaamste terrein in die wêreld deel te neem, wat in 2012 sou plaasvind. “Hulle laat weet my toe in 2012 dat ek kan deelneem en ek besluit om die tog aan te pak. Die marathon word ook gebruik om geld in te samel. Ek hoor toe oor die radio van ‘n vrou wat geld probeer insamel om haar broer te red wat in Somalië deur seerowers ontvoer is en gevange gehou word. Ek het besluit om vir sulke gevalle geld in te samel deur borge te kry wat my per kilometer borg. “Die eerste dag was die skof 40 km maar ek het in die berge gegly en weer my knie gekraak. Daar was geen manier om my op te tel nie en ek moes self tot by die eindpunt kom. Elke paar kilometer moes hulle my knie

dreineer en weer verbind. By die eindpunt van die skof het ‘n dokter van die Vreemdelegioen my knie so goed verbind dat ek besluit het om voort te gaan met die marathon. “Die volgende dag se 40 km het sy tol op baie deelnemers geëis. Een van hulle het voor my geval en kon nie opstaan nie. Ons was 1 km van ‘n beheerpunt en ek het hom en ons rugsakke op my rug na die beheerpunt gedra. Ek hoef seker nie te sê dat my knie toe heeltemal die gees gegee het nie. My borge het darem vir die volle marathon betaal en ek kon die geld aan die mense skenk wat in Somalië ontvoer was. Ek het vir Helen gesê ek moet dit weer eendag doen sodat my borge darem waarde vir hul geld kry. Ek kan nie haar antwoord herhaal nie!” Clive vertel ‘n staaltjie van die tyd toe hy daar gesit en wag het om na die hospitaal geneem te word.‘n French Legion soldaat het onder meer vertel hoe hy by die Legion aangeluit het.“Hy het gesê op sy troudag het hy besef hy kan nie voortgaan met die huwelik nie. Hy het van die kerk weg gehardloop en by die Legion aangesluit. Ek het op die 26ste April na SA teruggevlieg en sou die volgende dag trou. Die aand was my ramparty en ek kon later die aand nie by my hotel inkom nie. Ek besluit toe om op Lanseria lughawe te slaap. Die volgende oggend soek almal my by die hotel my vrou onthou toe die storie van die French Legion soldaat en was oortuig ek het ook na hulle gevlug!” So het die lewe se pad Clive na Ladybrand gebring en is hy aangestel as OVK se Maatskappysekretaris,‘n rol wat hom soos ‘n handskoen pas, met inagneming van die wye ondervinding wat hy in sy loopbaan opgedoen het.“Die mense wat saam met my werk is baie professioneel en ek wil nie te veel inmeng nie. Ek sien my rol as ondersteunend aan die bestuur van OVK en sy kliënte. Ek het baie respek vir ons boere en die uitdagings wat hulle elke dag moet trotseer.”


HOOFARTIKEL

Jagbedryf loop deur onder Covid-19

“Die effek is baie groot. Ons was in 2020 volbespreek vanaf Februarie tot Oktober. Dit beteken dat nuwe kliënte elke week op die plaas sou aankom. Toe die vlak 5-inperkings aangekondig word, was hier twee Amerikaanse jagters wat ek met groot moeite kon help om landuit te kom. Daarna kon geen besoekers ontvang word nie en moes ek sonder enige inkomste voortgaan om my personeel die hele jaar te betaal.

Alle fasette van ekonomiese aktiwiteite is deur Covid-19 en die gepaardgaande beperkings beïnvloed. Ons het in die Swaershoekpas by vyfdegenerasieboer Niel Schoeman gaan kuier om te hoor tot watter mate die wildbedryf deur Covid-19 geraak is.

“Die een probleem met ‘n jagbesigheid is dat jy met gespesialiseerde personeel sit wat moeilik vervangbaar is. Die personeellid moet met mense kan werk en mense kan vermaak; hy moet ook verantwoordelik wees want daar is vuurwapens en voertuie betrokke. Die meeste van my mense is opgeleide gidse en ek het ook twee swart professionele jagters, wat baie skaars is. Sulke mense is natuurlik duurder as gewone plaas werkers en ek het baie geld verloor deur hulle in diens te hou, maar het geen ander keuse gehad nie.” Niel verduidelik dat geen besoeker van Europa vanjaar gaan kom jag nie. “Ek het hierdie scenario sien kom en elke Suid-Afrikaanse jagter wat ek ken, laat weet ons is oop vanjaar. Moenie ons plaaslike mark ignoreer nie. Daar is baie jagters en hulle bring hul vrouens en kinders saam, iets wat ek waardeer aangesien die mans dan baie rustiger kuier,” sê Niel met ’n glimlag. Niel het ‘n groot gedeelte van sy lewe aan die wildbedryf gewy en is passievol om die bedryf vir opvolgende generasies te beskerm. Hy het hier op die familieplaas, Grootdam, grootgeword en aan Gill Kollege in Somerset-Oos in 1988 gematri-

12 OVK NUUS | Junie 2021

kuleer. Na sy verpligte diensplig in Potchefstroom het hy twee jaar aan Glen Handelskollege in Bloemfontein gestudeer. In 1992 het hy na Grootdam gekom om saam met sy pa met Angoras, Merino’s, beeste en natuurlik wild te boer.“Daardie jaar het ‘n groot droogte ons getref en markpryse was in die grond in gedryf. Rentekoerse was bykans 25% en ons was in die moeilikheid. Ek het besef ons sou ekstra kontant moes genereer.

“In daardie jare was daar nog sanksies teen ons en die moontikheid dat oorsese jagters na Suid-Afrika sou kom, het nie bestaan nie. Ons het baie klein begin jag en het twee ar beidershuisies gerestoureer en ‘n kombuisie aangebou. Dit was primitief maar die Suid-Afrikaanse jagters was tevrede en ons het natuurlike wild, wat uit koedoes, rooibokke en takbokke bestaan het, gejag. My wins vir die jaar was R15 000, maar dit was geld wat ons nie gehad het nie,” sê Niel.

Niel kwalifiseer in 1996 as ‘n professionele jagter, feitlik die enigste een in die Somerset Oos-omgewing. “Ek gaan werk toe vir Tollie Jordaan, wat op daardie stadium ‘n baie goeie jagtersbesigheid bedryf het en een van die eerste mense was wat buitelandse jagters gehad het. Dinge het vandaar stadig gegroei.” Hulle het nog altyd natuurlike wild op Grootdam gehad maar daar was nooit kapitaal om die plaas vir wild te omhein nie.


Diere soos koedoes, takbokke en selfs elande trek rond en dan word hulle maar deur ander jagters geskiet, aangesien hulle geen belang daarby het om die dier te beskerm tot hy ‘n trofee is nie. Hulle wil net die vleis hê en biltong maak.” In 1998 en in 2000 het Niel saam met ‘n Amerikaner gejag en hulle moes vir elke bok wat hy wou skiet, ver na ander toegespande plase toe ry. “Hy het moeg geraak vir die ryery en vra my toe hoekom ons plaas nie toegespan is nie sodat hy daar kan jag. Destyds was dit nie algemeen nie en mense het eerder drade gespan om goed uit te hou, nie binne nie. Wild het feitlik geen waarde gehad nie. “Ek het egter daarvan gedroom om die plaas eendag te omhein, maar het geweet ek sou nooit die geld gehad het nie. Hy vra my toe hoeveel die omheining sou kos en ek antwoord toe heel kalm – ‘$40 000’. Sy reaksie was – ‘is that all?’ en leen my die geld rentevry. Ek kon toe die plaas in 2000 met ‘n wildsheining toemaak.” Hy vertel dat sy pa jaarliks so 120 bokke van die natuurlike wild op die plaas geskiet het. Nadat die omheining opgerig is, het Niel vyf jaar later 500 bokke geskiet. “Dit was bloot omdat ek beheer oor die wild

gehad het. Ek kon hulle op kritieke tye voer en die feit dat hulle nie meer kon trek nie, het beter aanteling veroorsaak.” Sy pa het tot en met 2004 op die plaas geboer en toe na sy broer getrek.“Dit het my in staat gestel om die woonhuis in ‘n lodge te verander. Die kliente hou daarvan, want dit gee ‘n plaasatmosfeer en is nie kommersieel nie. Die akkommodasie is 4-ster maar ons diens is beslis 5-ster. Ek sien dit uit die herhalende besigheid wat ons kry.” Niel vertel dat daar nie geld uit wildboerdery gemaak word nie, maar eerder deur jagtery. “Twintig persent van die wild wat my kliënte jaarliks skiet, is op my eie plaas; die res word op ander plase geskiet. Ek verdien natuurlik kommissie op elke dier wat op ander plase geskiet word.” “Baie boere wil nie met jagters opgeskeep sit nie. Jy verkoop jou eie tyd en dit is nie iets wat jy kan delegeer nie. Ek kan nie oorsee gaan, ‘n jagter oortuig om by my te kom jag en hy sien my nooit nie. Hy wil my elke dag in die lodge sien. Die feit dat jy persoonlik aandag aan hulle moet gee, neem ‘n groot gedeelte van jou lewe in beslag. Ek groet my vriende in Februarie en sien hulle weer in Oktober!”

Vanaf Februarie tot April word daar hoofsaaklik vir Europese jagters voorsiening gemaak. “Ons doen dan merendeels uitdunningsjagte waar boere te veel springbokke of blesbokke het. Dit is ‘n baie goeie mark en dan begin ons met Amerikaners tot die einde van die seisoen in Oktober. Die SuidAfrikaanse mark is ook belangrik en ‘n mens moet dit nie onderskat nie. Dit is ‘n groot mark en daar is mense wat bereid is om te betaal.” Die tariewe vir oorsese besoekers is aansienlik hoër as vir die plaaslike jagters. “Die oorsese jagter moet vergesel wees van ‘n professionele jagter en hy kry sy eie voertuig en gids, so daar is baie addisionele kostes wat bykom. Daar is ‘n premie op trofeewild maar die groot voordeel vir ons is dat hulle nie die vleis kan gebruik nie. Die vleis gaan na my skoonsuster, Bea, wat dit verder na verskeie verbruikersprodukte verwerk en bemark.” Die taksidermiebedryf is ook deur Covid-19 geraak deurdat geen buitelandse jagter die hele jaar kon jag nie. Niel sê dat hulle gelukkig baie agter was met hul produksie en dit hulle deur die jaar gedra het.”. Die Europese mark is baie sensitief en die Groenes se invloed is baie sterk. Die meeste jagters

vandaar skiet nie vir trofees nie. Die Amerikaners, aan die ander kant, skiet een van elke spesie as trofee. “Alles word opgestop. As hy ‘n haas skiet, dan word dit opgestop.” Die bestuur van die wild is uiters belangrik om hulle binne die omheining te hou.“Ons gebruik elektrifisering maar die belangrike ding is dat jy die wild gelukkig hou. As hulle honger ly, sal hulle wil uitbreek en as daar te veel manlike diere is en hulle baklei met mekaar, gaan hulle ook wil uitbreek. Dit bly ‘n konstante bestuur. Ons help die diere in die wintermaande deur lek uit te sit en as die natuurlike weiding min raak, sit ons voer ook uit.” Dit is uiters moeilik om die wild gedurende droogteperiodes te bestuur. “Skape kan jy intensief by jou huis voer of bemark. Met wild is jou hande afgekap. Niemand wil ‘n maer bok skiet nie. Jy kan nie wild na ‘n ander kamp skuif nie want hy loop waar hy loop. Dit is baie belangrik om jou getalle konserwatief te hou en jou plaas nie te oorbewei nie want dit gaan jou in droogtetye vang.” Na aanleiding van die huidige wol- en vleispryse merk Niel op dat hy sy eie prys vir ‘n dier bepaal en nie die mark of ‘n reguleerder of agent nie. “Ek besluit wat my bok werd is en ek soek die mark wat bereid is om daarvoor te betaal. Ek bepaal ook wat ‘n boer vir sy dier betaal word. Ons betaal altyd meer as ‘n wildvanger of wat die plaaslike jagters wil betaal, so die boere wil hê ek moet by hulle kom jag.” “Daar is baie boere wat nie self jag nie en die negatiewe aspek van die inperkings is dat ons nie verlede jaar gejag het nie. Baie van die boere se veld is nou oorbewei en hulle het te veel wild. Dieselfde geld op my

t

Niel Schoeman is al van 1992 af by die jagbedryf betrokke en sê dat Covid19 ‘n geweldige inpak op die bedryf gehad het met die gevolg dat heelwat ondernemings hul deure sal moet sluit.

14 OVK NUUS | Junie 2021


eie plaas, maar ek is elke maand volbespreek met Suid-Afrikaanse jagters, so ons sal die getalle redelik onder beheer kan bring.” “Die jagbedryf gaan nie net oor die bok wat geskiet word nie, maar oor die hele ervaring. Ek het toegang tot ander plase met pratige natuurskoon en vra dus ‘n premie daarvoor want dit maak die ervaring soveel groter. Ons bied ook ‘n jag aan wat die persoon laat terugkom, keer op keer. Ons skiet nie troppe wild per dag nie. As jy een bok ‘n dag geskiet het is ek tevrede, want ek verkoop ‘n ervaring.” Niel is versigtig om kommentaar te lewer op die verbod op leeujag wat onlangs aangekondig is, aangesien die professionele jagtersvereniging nog nie ‘n skrywe daaroor gestuur het nie. “Ek verstaan alle leeujagte en alle aktiwiteite met leeus is gestaak. Jy sal nog leeus kan teel maar daar mag geen interaksie met mense wees nie. “Wat baie gevaarliker is, is dat dit deur die Groenes gedryf is en die vraag is: Wat gaan hulle volgende vat? Ek stem saam

dat menige leeujagte uiters oneties gedoen is, maar dit was nie algemene praktyk nie. Daar is baie plase waar die leeus vir ten minste twee jaar vry loop en vir hulself jag. Dit was ‘n fout om jag totaal te staak onder die druk van die Groenes.” Mense verstaan nie dat diere uitgedun moet word nie “Ek slag 2 000 – 3 000 skape per jaar maar maak nie ‘n video daarvan nie en dit is ‘n noodsaaklikheid. As ek dit nie doen nie, sal ek my plaas verloor. Omdat mense ‘n video maak en fotos neem as hulle ‘n bok geskiet het, is dit ‘n persoonlike ding wat op sosiale media geplaas word en gee dit motivering aan die Groenes om harder geraas te maak. Hulle sit in hul woonstelle en kyk National Geographic en maak of hulle alles weet en verstaan.” Wildveilings en buitensporige pryse wat behaal is, was op ‘n stadium voorbladnuus. “Daar was ‘n tyd wat wildpryse mal was. In my opinie was dit ‘n baie fyngeorkestreerde piramideskema en absoluut gemanipuleer.

p Weens Covid-19 is daar nie verlede jaar gejag nie en is daar nou te veel wild en uitdunningsjagte is ‘n prioriteit om die veld te bewaar. Niel wys hier vir Boel Price ‘n trop bokke wat wei. “Dit was baie sleg vir ons jagbedryf, want al die kruisgeteelde diere het met oorplaatjies rondgehardloop. Die idee wat die buitelandse jagters van SuidAfrika het, is dat die diere vry en oop rondhardloop. Dit is nie korrek nie, want wild is in kampe maar dit word bemark as vrylopend omdat die kampe so groot is. Nou is daar ‘n bok met ‘n oorplaatjie, wat beteken hy is deur ‘n mens gevang en hanteer - nie meer so vrylopend as wat die persepsie is nie.” Niel sê dat hy bekommerd is oor die toekoms van die jagbedryf. Die bedreiging van die Groenes gaan ‘n groot invloed in die toekoms hê, maar die Amerikaanse mark het potensiaal en hy noem dat ons twee lande se mense baie dieselfde is. “Ons kan maklik met hulle kommunikeer en ons dink dieselfde oor baie goed.

As jy eers oor hulle luidrugtigheid kan kom, is hulle baie aangenaam. Europa is egter ‘n groot bekommernis, aangesien die gemiddelde ouderdom van kliente oor 50 jaar is. Die Groenes het daarin geslaag om jag geweldig onpopulêr in Europa te maak en die jongmense jag nie. Ek kan voorspel dat hierdie mark oor die jare kan opdroog en daarbenewens is taal ‘n struikelblok wat direkte bemarking beïnvloed.” Daar is feitlik geen ekonomiese sektor wat nie die effek van die pandemie op een of ander wyse ervaar nie. Minder jagters beteken meer wild en meer uitdunning wat gedoen moet word. Vele jagondernemings gebruik deposito’s van jagters om salarisse te betaal, omdat dit hul enigste kontantvloei is. Die regering het eers onlangs ingestem om hierdie industrie finansieel by te staan, maar daar is nog geen geldelike hulp op die horison nie. Verskeie ondernemings gaan struikel en dit is nog duister wanneer internasionale reise weer normaal gaan wees. Gaan die jagbedryf in Suid-Afrika die Covid-beperkings oorleef?

June 2021 | OVK NEWS 15


OUERRAAD

Kom ons gesels oor hartsake

As ek een wens kon hê, sou dit wees om gereeld reg binne my kinders se hartkamers te kon inkyk; om te kan sit in daardie vertrek, waarvan hulle die deure soms so styf kan toetrek. Ander kere bars die deur oop en is jy verbaas oor al die dinge wat vir so lank daarbinne weggekruip het. Kinders se hartsake lê ons as ouers so na aan die hart, maar dis juis daar waar ons soms die onhandigste voel. As ’n kind sy toon stamp en dit bloei, plak

16 OVK NUUS | Junie 2021

ons ’n pleister. As hy akademies sukkel, word hy vinnig ingeskakel by ekstra klasse. Maar wat staan ons te doen as ons kinders emosioneel swaar trek?

Wat is ouderdomsgepas vir emosionele ontwikkeling? Die tydperk tussen die ouderdomme van 14 maande en vier jaar is ‘n kritieke periode vir ’n kleuter se emosionele en sosiale ontwikkeling. Dit is ’n proses wat ouers moet fasiliteer in ’n mynveld van vloermoere, diep liefies, groen jaloesiemonsters en willetjies van staal. In hierdie tydperk kan kleuters:

l l l l l l l l

begin om self te eet hulle voorkeure en afkere duidelik uitdruk leer om NEE te verstaan hulle verset teen grense wat gestel word by tye impulsbeheer toon nog sukkel om te deel makliker van Mamma skei onafhanklikheid toon deur “Ek sal self”-frases te gebruik

Hoe lyk ’n kind wie se emosionele emmertjie vol gaatjies is? Jou kind is al lankal verby die vierjaarpunt, maar jy is dalk nog steeds bekommerd oor sy

emosionele ontwikkeling. Soms wonder ouers of dit net hul kind se persoonlikheid is. Dalk is hy net meer sensitief? Sommige kinders is van nature net meer fynbesnaard, maar die volgende rooi liggies wat flikker, mag dalk aandui dat jou kind emosioneel swaarder trek as wat jy besef.

w VS onafhanklikheid Kan jou kind self na sy besittings, klere en skoolboeke kyk? Doen hy dinge vir homself of het hy ’n hele span wat kort-kort help opruim, help onthou en help saamdra? STOP! ’n Kind het nodig om dit wat hy self kán doen, te doen, sodat hy selfvertroue kan ervaar.


Afhanklike gedrag is wanneer ’n kind nog gereeld sy ouers se teenwoordigheid benodig (veral in die nag of met speeltyd). Ook wanneer ’n kind kortkort sy besittings verloor en hulp en motivering nodig het om ’n taak te voltooi. Hy is huiwerig om nuwe dinge te leer en aan te pak. ’n Afhanklike kind soek konstant bevestiging van jou liefde en teenwoordigheid.

w VS konsentrasie Die vermoë om te konsentreer begin by emosionele volwassenheid. Dit is wanneer ’n kind vir ’n gegewe tyd aktief moet fokus op ’n gegewe taak, sonder dat hy gedreig, omgekoop of gesmeek word. Dit het niks met ’n passiewe aktiwiteit soos skermtyd te doen nie. Wanneer ’n kind se emosies meer aandag vereis, mag dit voorkom asof hy sukkel om te konsentreer in die klas. Die probleem is dan nie soseer ’n konsentrasieprobleem as ’n emosionele haakplek nie.

w VS geheue Die emosies is soos gom in die leerproses, sodat dit inligting wat inkom kan vasplak vir wanneer dit weer herroep moet word. Hoe meer ’n kind sy leerwerk met positiewe emosies aanpak, hoe sterker is die gom waarmee die inligting vasplak. Wanneer ’n kind by die huis geleer het, en die volgende dag net alles “vergeet”, kan dit wees dat hy nie emosioneel betrokke is by die leerproses nie. Nadat iemand emosionele trauma ervaar het, is daar ’n groot kans dat hulle met korttermyngeheue kan sukkel, en kort-kort dinge vergeet.

w VS motivering Emosies is ook soos petrol vir die brein.“E-motion” dui op voorwaartse beweging. Indien ’n kind emosioneel positief is oor

leerwerk of sport, is hy/sy gemotiveerd om beter te doen of meer te bereik. ’n Kind wat emosioneel swaar trek, moet gereeld aangemoedig word. Hulle sê graag: “Ek kan nie” of toon ’n tipiese traak-my-nie-agtige houding. ’n Gebrek aan motivering beteken NIE dat die kind bloot lui is nie. Die kans is baie goed dat hierdie kind emosioneel

onveilig of onseker voel.

w VS aanvaarding van grense Kinders met gate in hul emosionele emmertjies vind dit soms moeilik om grense en reëls wat vir hulle gestel word, te aanvaar. Hulle sal bloot opdragte weier of die hele tyd probeer om die

grense te verskuif. Hulle reageer soms uitdagend, hulle manipuleer ander of is bloot ongehoorsaam. Ouers val so vinnig in die strik om konstant met hulle te onderhandel. Tug en straf is gewoonlik nie die oplossing nie, en dit laat ouers radeloos voel omdat niks werk nie!

June 2021 | OVK NEWS 17


Laaste paar druppels in die emmer ’n Laaste paar gevaarligte wat mag aandui dat jou kind emosioneel swaarkry, is: l wit leuens wat kort-kort vertel word l dagdromery of fantasiespel l ’n gesuig of gekou aan sy vingers, klere, speelgoed of hare l lippe wat gereeld gelek word l ooremosionaliteit

Hoe maak ek dit beter? Ons wêreld is stukkend. Dis vol protesoptogte, Covid-19, boelies, akademiese druk, sportdruk, onbetrokke ouers … dis werklik so moeilik om ons kinders se harte op te pas. Met oorvol skedules is daar so min tyd vir ons kinders om rustig te raak en vir ons die vensters na hul siele oop te maak. Die meeste van die tyd kan hulle self nie verklaar hoekom hulle soms van hierdie onvoorspelbare gedrag toon nie. Emosies ontstaan in die onderbewussyn en is so abstrak dat dit nie vir kin-

18 OVK NUUS | Junie 2021

ders maklik is om te sê hoe hulle VOEL nie. Ons sien dit eerder in hulle gedrag soos hierbo bespreek.

Wanneer ’n kind nie kan kalm word nie, het hulle konneksie en troos nodig, nie kritiek en beheer nie – Jane Evans

Tog is daar ’n paar dinge wat ouers kan doen: l Laat jou kind geëvalueer word deur ’n spelterapeut of Gevorderde Mind MovesInstrukteur om emosionele krakies se oorsake te bepaal en te hanteer. l Bied roetine en rituele. Roetine bied voorspelbaarheid wat kinders veilig laat voel. l Wees konsekwent. Altyd! Nee is nee en bly nee. Om konstant te wees, bied veiligheid. Dit maak hulle soms kwaad as jy by jou woord bly, maar dis juis wat hulle nodig het. l Hou kommunikasielyne oop. Bied aan jou kind die geleentheid om te gesels en hanteer alles wat hulle

l

met jou deel vertroulik. Leer hulle om doelwitte te stel - nie net oor akademie nie, maar enigiets waaroor hulle passievol is! Dit moet ’n bereikbare doelwit wees, sodat hulle sukses kan ervaar.

l

Spandeer tyd saam met hulle en speel, sonder enige druk vir prestasie. l Maak seker hulle weet dat alle gedrag sekere gevolge het. Bron: Speel Leer Slim, Dr. Melodie de Jager , 2013.

p Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za


MEGANISASIE

Fendt stel OVK aan as handelaar in die Oos-Vrystaat

Onlangs het AGCO die eerste groep Fendt-handelaars aangestel wat versprei is oor die landbou-landskap van SuidAfrika.Voorstelle van handelaars het begin inkom kort nadat ‘n belangstellingskennisgewing in Oktober 2020 gepubliseer is. Beleggers met ‘n waardering vir ingenieurswese, die implementering van innovasie en diensleierskap van die Fendthandelsmerk is genooi om deel te neem aan die opname. Dit was ‘n noodsaaklike fase in AGCO se Nuwe toekomsstrategie om nader aan klante in die streek te kom. Die seleksie-kriteria vir AGCO se Fendt-handelaarskandidate is ge baseer op ‘n wêreldwye Fendt- standaard wat wyer strek as die kapitaalbelegging in die bakstene en messelklei. Die voornemende landbou-onderneming moes bereid wees om die Fendt-handelsmerkbelofte van doeltreffendheid en toewyding na te kom. Dit sal Suid-Afrikaanse boere die versekering gee dat hulle as Fendt-toerusting eienaars, na verkope gesteun sal word met dieselfde voortreflike produkkennis en opgeleideverkoopspersoneel as boere in enige ander streek in die wêreld waar Fendt verteenwoordig word. AGCO Afrika se besturende direkteur, Dominik Reus, ver duidelik: ‘Die AGCO-verspreidings- en verkoopspanne het die pad aangedurf om die sakegeleentheid aan belangstellendes te bied. Daar moes inspeksies van persele gedoen word terwyl die kandidate beoordeel word op hul vermoë om nuwe personeel aan te stel en om die infrastruktuur volgens die globale standaarde aan te bring.” “Ons werk as AGCO is nog lank nie verby nie. Nou begin die opleiding in produktekennis en

20 OVK NUUS | Junie 2021

naverkope,” voeg Kershni Maharaj, Hoof van strategie en verspreiding, AGCO Afrika, by. “Ons doen ook opvolg kwaliteitsbesoeke om die ontwerp van vertoonlokale te evalueer en te verifieer dat die werkswinkels toegerus is met die nodige Fendt-spesifieke toerusting. Daar word ook seker gemaak dat ons nuwe Fendt-handelaars via ‘n digitale bemarkingstelsel suksesvol kan kommunikeer met potensiële klante.” Agt voorstelle van die handelaars het uitgestaan en dit is geen verrassing dat dit van landbou-ondernemers was wat reeds deel is van die AGCOfamilie nie. Dit bewys beslis die vertroue van ons huidige handelaars in AGCO Afrika se nuwe kliëntgerigte strategie. As die ontwerper, vervaardiger en verspreider van die wêreld se doeltreffendste handelsmerk vir landboumasjinerie, Fendt, is AGCO ‘n trotse en toegewyde vennoot vir ons nuwe handelaars wat OVK insluit. Ons sal voortgaan om te belê in die groei van die handelsmerk deur toegewyde Fendt verkoop- en naverkoopspesialiste te werf, en ondersteuning te bied aan Afrika se eerste Fendt-handelaars gedurende hul reis as deel van ons gesin.


Kontak Wimpie Nel in Bethlehem 079 497 6015 | 058 303 0894


DIERESORG

Dieregesondheid in die winterseisoen

Sedert ons vorige uitgawe het die seisoen aansienlik verander. Anders as die laaste paar jaar, gaan ons die winter in met ’n nat somer agter die rug. Dit beteken ook meer voer wat kuddebestuur en voervloei aansienlik vergemaklik.

Beeste: Wintertyd is speentyd in die meeste van ons kuddes. Speen veroorsaak spanning onder die kalwers wat lei tot verlaagde immuniteit en dus verhoogde vatbaarheid vir siektes. Die mees algemene siektes onder speenkalwers is onder andere longontsteking en sponssiek. Hoewel die aanbeveling is om kalwers reeds voor speen teen sponssiek in te ent, is dit nie te laat om dit nou te doen nie. Longontsteking is een van die mees algemene siektes onder speenkalwers. Daar is verskeie entstowwe beskikbaar en dit is raadsaam om kalwers voor of tydens speen in te ent teen longontsteking.

Dr Dedré Nel - Excelsior mineraalaanvulling gespuit word.

Verder kan kalwers terselfdertyd ontwurm word met ’n middel wat ook effektief is teen lintwurm. Vervangingsverse behoort nou hul eerste inenting teen Brucellose te kry. Dit is ook ’n goeie tyd om vervangingsverse teen Anaplasmose in te ent.

Dit is ’n goeie praktyk om volwasse diere aan die begin van die winter teen inwendige sowel as uitwendige parasiete te behandel. Normaalweg geskied laasgenoemde na die eerste goeie ryp. Die koeie kan terselfdertyd met ’n vitamien- en

Dit word aanbeveel om koeie ’n maand voor die aanvang van die kalfseisoen met ’n kombinasie-entstof in te ent teen onder andere sponssiek, rooiderm, ens. Dit sorg vir goeie kwaliteit bies en immuniteit in die kalfies teen die spesifieke siektes. Diarree bly steeds ’n probleem in jong kalfies. Koeie kan een maand voor kalwing daarteen ingeënt word. Dit is belangrik om nou ’n proteïenlek te gee, aangesien veldgras se proteïen laag is in die winter. Gebruik die gepaste lek op oesreste.

Skape: Vir die maande April en Mei was die voorkoms van longontsteking hoër as normaal onder ons skape. Dit in ag geneem, kan voorspel word dat dieselfde patroon deur die winter sal voorkom. Maak dus seker dat u inentings teen longontsteking op datum is. Let daarop dat van die kombinasie entstowwe nie al die stamme teen longontsteking bevat

22 OVK NUUS | Junie 2021


nie en dit mag dalk nodig wees om ’n addisionele inenting te doen wat op verskeie organismes fokus wat spesifiek vir longontsteking verantwoordelik is. Verder is dit belangrik dat bloednierinentings op datum is, aangesien benutting van groenvoer sowel as reste ’n algemene praktyk is gedurende die wintermaande. Dit is uiters belangrik om skape eers aan te pas wanneer oesreste benut word. In die geval van mielies kan suurpens ’n probleem wees in onaangepaste skape. Beheer laasgenoemde deur middel van geleidelike aanpassing en ’n gepaste lek.

Sojabone kan opblasing veroorsaak waar skape nie aangepas is nie. Verder moet lek geen ureum bevat waar soja benut word nie, aangesien sojabone ’n ensiem bevat wat die verwerking van ureum in ‘n ruminant verhoed en dus ureumvergiftiging veroorsaak. Dieselfde geld vir beeste. In kuddes waar ooie vroegsomer gedek word, moet nou reeds met bloutonginenting begin word. Dit verseker genoegsame tyd om inenting teen Bloutong A, B en C apart te kan doen. Hiermee groet ek tot volgende keer.


INSURANCE

Silo Insurance critical for the modern farmer

The silo has become an integral component of a grain storage management system for the modern farmer and it necessitates the need for comprehensive insurance of the asset for any eventuality, either for weather-related events or other unexpected accidents. The major causes of silo failure are design errors, construction errors, and even basic operation errors, which will not be covered under the standard insurance contract. As with any structure a silo must be properly maintained if it is to have a long, useful, and safe life. Maintenance of a silo is the responsibility of the farmer and must not be neglected. The maintenance work includes the repair of the walls and/or inner liner used to promote flow. Periodic inspection of roof vents, level probes, feeders, dischargers, and gates are also a requirement. It is imperative that farmers and producers are covered against losses, which can be very high if large silos, bins and equipment are damaged. All silo facilities are equipped to receive grain, and store and discharge it effectively. Drying and cleaning facilities are all part of the operations of grain storage. Grain dryer fires are one of the most significant risks a grain handling operation can face. The devastating results of fire can include death, serious injury, financial loss, property damage, and business interruption and production downtime. Dust explosions are a frequent hazard in grain elevators or oxygen-limiting silos. The force generated by such an explosion

24 OVK NUUS | Junie 2021

is sufficient to damage heavy structural members, and propel heavy objects great distances. This hazard is more prevalent during the process of receiving and discharging grain, as static electricity is generated in these processes, and without effective ways of discharging this static charge the risk of dust explosion is increased. The SANS Hazardous Area Classification and SANS 10108 certification are integral parts of regulating and managing hazardous areas and their electrical installations. They are especially important in safeguarding employees and equipment through the prevention of electrical fires and explosions. Special attention should be given to this regulation. Statistics show that cutting, welding and other hot work operations conducted on an unsupervised basis have been responsible for many large fire losses due to the heat source

igniting combustible materials in agriculture. It is advised to ensure proper control of cutting, welding and other hot work; farm management must establish a comprehensive Cutting – Welding-Grinding – Hot Work Permit programme. This programme must be applicable to both in-house maintenance/ technical staff and external contractors. By applying a formal hot work programme, the potential of a fire loss to property as a result of hot work will be significantly reduced. Other factors that must be noted in the risk management of silos are the importance of effective management of grain storage as grain can rapidly deteriorate, as well as the risk of severe damage from lightning strikes as silos are generally the tallest structures on the farm. While lightning rod protection systems can prevent damage to the structure, damage and fire can still result if lightning strikes hit the facility’s electrical system. It is imperative that

lightning protection and appropriate earthling is implemented to discharge lightning strikes to ground, but also to remove any static build-up from the silos. Loading or unloading belts, pulleys, shafts, and other mechanical apparatus in silos are also subject to mechanical failure and overheating. New motors used in silos and feed rooms have safety devices; but many older electrical motors have been modified, and supporting wiring and circuitry may be substandard. Older or misapplied units such as these are pro ne to arcing and over heating. Ultimately it is vital that the farmer undertakes a proper needs analysis, in close cooperation with a broker to ensure all the risk factors are taken into consideration. Visit www.ovk.co.za for the contact details of your local OVK insurance advisor or phone OVK Head Office on 051 923 4591.


NUWE AANSTELLING

Finansieringsman gee die nuwe pas aan in die suide

E

rnst is in Colesberg gebore en sonder dat hy dit besef het, het hy ‘n belangrike deel van sy jong lewe in die omgewing spandeer. Sy pa Paul het vir CMW gewerk en as jong seun het hy in die bakkie gespring om saam boere te besoek en te kyk wat sy pa doen. Toe hy 12 jaar oud is, besluit sy pa om te boer en Ernst kry die geleentheid om eerstehands op die plaas Klipfontein in die Colesbergomgewing, te leer om met skape en beeste te boer.

Kennis in finansiële beplanning en die ervaring van die daaglikse uitdagings van ‘n boerdery is die agtergrond van jong Ernst Viljoen wat onlangs aangestel is as OVK se handelstreekbestuurder in die suide.

Hy voltooi sy skoolloopbaan by Jim Fouche in Bloemfontein in 2008 en besluit om nie landbou nie, maar liewer in ‘n finansiële rigting te studeer. “My pa het vir my gesê dat boere uitstekend is in boerdery en oor miljoene rande se bates beskik, maar nie altyd kennis het hoe om hul gekompliseerde finansies te bestuur nie. “Die blootstelling wat ek in Bloemfontein gekry het, was net op ‘n ander vlak en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek het baie mensekennis opgedoen en geleer om mense nie op hul baadjie te takseer nie. Jy kom in kontak met duisende ander mense en jy is ‘n klein vissie in ‘n groot dam. Jy moet of swem of verdrink.” Hy kry in 2011 sy B.Com. graad in Landbou-ekonomie en begin sy werksloopbaan as ‘n kwekeling by OVK se kliëntefinansieringsafdeling in Ficksburg. Hy maak ‘n draai in Ladybrand en Rietrivier en word in 2015 op Burgersdorp as kliëntefinan sieringsbestuurder in die sentraalstreek aangestel. In 2018 is sy pa oorlede en Ernst se lewe verander. “Ek is Klipfontein toe om die boerdery oor te neem. Ek is toe ‘n kommersiële skaap- en bees-

26 OVK NUUS | Junie 2021

boer en leer van boerefrustrasies en hoe dit voel om aan die ander kant van die toonbank te

staan. Die boerdery was vir my verskriklik lekker en ek geniet dit nog steeds, maar die sake-

wêreld is vir my baie interessanter en ek het na twee jaar besluit om my CV weer uit te


stuur. Ek wou egter iets anders as finansiering doen. “Ek het vir myself ‘n doelwit gestel om voor ek 30 is, op OVK se Bestuurskomitee te dien. Ek het elke jaar die begroting gehaal wat vir my gestel is en nadat ek gesien het die boerdery vlot goed, het ek ’n bestuurder aangestel en weer die sprong na die korporatiewe wêreld geneem. Die streekbestuurderpos was nie in my gedagtes nie, maar ek wou weer vir OVK werk.” “Die blootstelling wat die kredietverleningskant bied, is ongelooflik. Jy kry met ‘n groot aantal boere te doen en sien wat finansieel op die plaas werk en wat nie - hoekom word groot boere groter, hoekom boer sekeres uit en hoekom stagneer sekere produsente. Al daardie

kennis kan ek nou hier gebruik. “Toe ek self geboer het, het ek die boer se frustrasies ervaar. Ek verstaan nou hoekom ‘n boer by ‘n tak instorm en kwaad is omdat daar nie voorraad is nie; hoekom hy gefrustreerd is omdat hulle stadig laai. Dit het ek eerstehands ervaar.

“Loop eers ‘n myl in ‘n ander man se skoene voor jy hom kritiseer.” “By OVK werk ons met mense en die boer werk ook met mense, maar hy is die baas daar; hy is die MD van sy besigheid. Jy werk dus elke dag met die besturende direkteure van verskeie ondernemings en wil hê dinge moet reg loop. As dit jou ingesteldheid word, sal dienslewering na ‘n hoër vlak beweeg. Ons moet uit die aard

van die saak wins maak en die syfers moet klop, maar ons moet ook die mens verstaan. Dan gaan jy sy besigheid en werkswyse verstaan en weet hoe om hom te benader.” As jongman is Ernst baie positief oor die aanwending van tegnologie.“Dit is die toekoms en ons moet dit aangryp en ons grootste vriend maak. Tegnologie gee vir ons data, dit gee vir ons bestuursmodelle en verseker dat ons met die beste in die wêreld kan kompeteer. As OVK dit nie doen nie, gaan die volgende maatskappy dit doen en dan gaan ons dalk te laat wees om hierdie geleentheid te benut. Vir ‘n boer om relevant te bly, moet hy ook tegnologie gebruik en iewers moet die landboumaatskappy en die boer mekaar tegnologies vind en ondersteun.”

Oor sy visie vir die streek voel Ernst sterk oor ‘n fokus op dienslewering. “Ons boere kan koop waar hulle wil en die produkte wat ek lewer is basies dieselfde as die van my opposisie of enige verskaffer wat direk aan die boer wil verskaf. Al wat ek kan toevoeg, is my diens en my personeel se kennis om die koopproses so gemaklik as moontlik te maak. Ons sal streef na uitnemende diens en bekwaamheid.” Ernst is ‘n man met vele idees vir die toekoms en die entoesiasme van die jongman is verfrissend. Die Suidstreek het sterk onder Armandt Horne gegroei en daar wag heelwat uitdagings. Sy prioriteit gaan wees om diensvlakke by die takke te verhoog en dit is goeie nuus vir ons kliënte.


l HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT

Appelboer is Jongboer van die Jaar Douglas Osler van Lonetree Farms is onlangs aangewys as die Vrystaat Landbou Jongboer. Doug is al 17 jaar by die familieboerdery betrokke en het die hektare wat met bome beplant is vergroot van 35 na 109! ‘n Voltoegeruste verpakkingseenheid kan vanaf 60 tot 90 ton per dag sorteer en pak. Kyk gerus op OVK Groep se Faceboekblad na die onderhoud wat Ané Pike van OVK met Doug oor sy toekenning sowel as die appelbedryf, voer. Op die foto links ontvang Douglas en sy vrou Megan, die trofee.

Oud-Voorsitter onlangs oorlede Dit is met leedwyse dat ons die afsterwe van Peter Cawood op die ouderdom van 78 moet deel.

SAAM word bekendgestel

Peter was Voorsitter van CMW vanaf die stigting in 1993 tot 2008. Hy het op sy plase Cawoodholme, Mount Stewart en Klipplaat geboer en daar afgetree.

OVK het onlangs ‘n interne inisiatief saam met Cheetahsspelers geloods. Hier neem Maggie Barcel, Tiaan Meyer en Jeandre Rudolph van die Cheetahs en Marlyn Khwababa aan die opwinding deel.

Peter sal onthou word as ‘n saggeaarde mens wat selde kwaad geword het.

OVK borg voertuig vir veiligheid OVK het vir die afgelope 6 jaar ‘n bakkie aan die Vrystaat Landbou Veiligheidlessenaar geborg en onlangs het Rudolph van Wyk (links), OVK Uitvoerende Direkteur ‘n nuwe bakkie aan Francois Wilken, President van VL oorhandig.

28 OVK NUUS | Junie 2021


GEWASSE

Somergewasse vooruitskatting vir 2021 deur die Oesskattingskomitee

Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 16,180 milj. ton gestel, wat 0,53% of 84 750 ton meer is as die vorige skatting van 16,096 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,755 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,87 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 6% groter as die 2020-oes. Die drie belangrikste mielie produse rende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer. Die oppervlak onder witmielies is 1,692 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,064 milj. ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,982 milj. ton, 0,54% of 48 500 ton meer as die 8,934 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,31 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 7,198 milj. ton, wat 0,51% of 36 250 ton meer is as die 7,162 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,77 t/ha. Die opbrengsbepaling per ha vir die Vrystaat en Noordwes provinsies is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die Landbounavorsingsraad (LNR).

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 716 240 ton, wat 2,87% of 19 950 ton meer is as die 696 290 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 477 800 ha, terwyl die verwagte op brengs 1,50 t/ha is.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 6,94%

30 OVK NUUS | Junie 2021

of 124 500 ton na 1,918 milj. ton. Die geskatte oppervlakte be plant van sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,32 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 57 900 ton. Vir grondbone is die opper-

vlakteskatting 38 550 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,50 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is 195 035 ton, wat 2,71% of 5 150 ton meer is as die 189 885 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting

vir sorghum is 49 200 ha, en die verwagte opbrengs is 3,96 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting 56 577 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 47 390 ha, en die verwagte opbrengs is 1,19 t/ha.


NUWE AANSTELLING

Koöperasieseun met regsgraad word nuwe streekbestuurder

Kobus Theron is in 1973 in Namibië gebore en het op ‘n plaas tussen Karasburg en Oab in die suide van Namibië grootgeword. Sy pa het later hul plaas verkoop en ‘n pos by die plaaslike Agra Koöperasie aanvaar. Dit was die vyfjarige Kobus se eerste blootstelling aan die koöperasiewese en hy word groot tussen die handelstak se rakke en in die stoor.

Kobus Theron, OVK se nuwe streekbestuurder in Hopetown het as kind in die koöperasie grootgeword en is baie positief oor die moontlikhede vir die streek.

Hulle trek later na Upington toe, waar sy pa vir KLK werk. Geduren de skoolvakansies werk Kobus by die tak en leer selfs daar om vragmotors te bestuur. Hy gaan op Hoërskool Upington saam met nog ‘n paar huidige OVK personeellede skool, onder wie Martin Ehlers (Kliëntefinansieringbestuurder) en Christel Basson (Bemarking en Kommunikasiebestuurder). Na hy matrikuleer gaan studeer hy B.Proc. aan die NWU. “Gedurende my studies kry ek ‘n voorliefde vir eiendomsreg en erfreg en ek het ook rugby gespeel. In die laaste jaar begin ek meer op my rugby konsentreer, met die voordeel dat sommige van my studiegeld deur die universiteit betaal is! Ek speel toe vir die universiteit en WesTransvaal en die studies het so ‘n bietjie minder prioriteit geniet. ‘n Vierjaargraad neem gevolglik ses jaar en ek voltooi my studies eers in 1997.” Na sy studies probeer hy ‘n klerkskap iewers in die omgewing kry sodat hy nog steeds daar rugby kan speel. “Al wat ek kon kry is ‘n halwe belofte van ‘n moontlike klerkskap oor twee jaar. ‘n Vriend sê toe hy gaan oorsee rugby speel en stel voor dat ek saamgaan. Dit het na ‘n goeie plan geklink en kort voor lank was ons op ‘n vliegtuig oppad Brittanje toe. Ons beland toe op die platteland waar ons op plase werk

32

OVK NUUS | Junie 2021

en koolblare en aarbeiplantjies sny, maar nie geleentheid kry om rugby te speel nie.”

Suid-Afrika, net om uit te vind my klerkskapbelofte het met die wind weggewaai.

Na drie maande besef hulle dat hulle nooit rugby gaan speel waar hulle was nie, en keer terug Londen toe. Daar kry hulle werk om stelle vir konserte en TV-opnames te bou. “Ons was ‘n klomp rugbyspelers van verskillende lande wat fisies baie sterk was en teen ‘n goeie tempo kon werk. Dit is toe ‘n 24-uur werk en rugby is weereens op die agtergrond. Ek keer teen die einde van 1999 terug na

“As ek terugdink aan die tyd in Londen, besef ek hoe vinnig ek moes grootword toe ek as ‘n Karookind in die groot vreemde stad vir myself moes sorg. Ek het straatslim anderkant uitgekom en dit het my baie dinge geleer wat ek vandag tot voordeel van my werk kan aanwend.” In 2000 koop hy ‘n franchise in Klerksdorp wat blinders verskaf.

Hy verkry onder andere die NWU se besigheid en is terug op die plek wat hy ken. Kobus vaar so goed dat hy gevra word om die groep se fabriek in Johannesburg te bestuur. “Nou is die groot stad baie kleiner as Londen en vir vier jaar maak ek vir 25 franchises blinders. Ek gaan toe deur ‘n egskeiding en op ‘n dag bedank ek en verkoop my kar en my huis.” Hy en vriende begin toe ‘n winkelinrigtingsbesigheid (shopfitting) in 2004 en word gekontrakteer om ‘n paar winkels vir


MTN en ander groot handelsmerke in te rig. Gedurende hierdie tydperk ontmoet hy sy vrou, Isabel, en besluit om weer na die platteland te trek. Kobus verduidelik dat vanaf 1992 tot 2009, behalwe vir twee jaar, daar altyd ‘n lid van hulle familie as takbestuurder by KLK se handelstak op Askham gewerk het. Dit was eers sy pa en toe hy aftree, het sy ma oorgeneem. Na haar aftrede is een van sy broers op sy beurt as bestuurder aangestel. Die omgewing van die Kgaladi Park teenaan die Botswanagrens, klink toe vir hom na die ideale plek om sy nuwe lewe te begin en hy word die nuwe takbestuurder op Askham in 2006!

Kobus het daarna by ‘n paar landboumaatskappye gewerk totdat hy onlangs as die streekbestuurder vir die OVK Wesstreek aangestel is. “Ek was voorheen twee jaar op Luckhoff so die omgewing is darem nie vreemd nie. Alles wat ek gedoen het, het my nou tot hier gebring, in my droomposisie. Ek sien baie ge leenthede vir uitbreiding maar ek wil myself eers hier uitleef.” Oor Covid en die bestuur daarvan sê Kobus dit laat mense onveilig voel. “Covid is ‘n uitdaging omdat dit mense bang en onseker maak en dan is jy geneig om dom besluite te neem. Dit laat jou wel nadink oor hoe om besigheid in ‘n vei-

lige omgewing te doen. Die wyse waarop besigheid nou gedoen word sal nie vinnig verander nie.” Oor die bestuur van die streek is Kobus baie opgewonde. “Louis Fourie het my met ‘n streek gelaat wat op alle silinders loop en groot hoogtes bereik het. Die finansiële platform, die strukture en rapporteringsisteme maak dit eintlik maklik vir my. Ek sien egter geleenthede vir die verbetering van die voorkoms van handelstakke, die moontlike opening van nuwe takke, sowel as die herverpakking van sekere handelsware. “Aangesien ek die streek op ‘n hoogtepunt kry, gaan dit baie

goeie bestuur en verantwoordelikheid verg om dit een tree verder te neem. Ek word gerugsteun deur ‘n goeie span wat net so sterk in OVK se besigheid glo soos ek, maar ek glo ek bring ‘n nuwe visie om die streek verder uit te brei en te versterk.” Die droogte van die afgelope paar jaar het die Noord-Kaap in ‘n ekonomiese greep gehou maar die OVK-streek het, ten spyte van vele uitdagings, sterk gegroei. Daar is heelwat geleenthede vir Kobus en hy het meer as 40 jaar se ondervinding in landboubesigheid, wat hy alles tot voordeel van ons produsente en personeel gaan aanwend.

Limagrain Zaad South Africa ● Sojaboon-pakket Kul琀var

Groeiklas

LS 6240 R

Vinnig

LS 6146 R

Vinnig

NS 5258 R LG 60155 R LS 6248 R LS 6851 R LS 6860 R

Medium-kort Medium Medium Medium Medium

Kul琀var LS 6868 R NS 5909 R NS 6448 R LS 6161 R LS 6164 R LS 678 (Konvensioneel)

Groeiklas Medium Medium-lank Medium-lank Medium-lank Medium-lank Medium-lank

www.lgseeds.co.za


AVONTUUR

Stofpadtoer durf ses grondpadpasse aan

Die stofpadtoer is ‘n gewilde jaarlikse instelling wat deur boere en belanghebbendes in die Noord-Kaap meegemaak word. Die toer het reeds in 2006 sy eerste tog na die Richtersveld gemaak en vanjaar is die NoordoosKaap onder leiding van Gerhard Badenhorst aangedurf. Die stofpadtoer sê presies wat dit is. Gerhard het die toer beplan sodat hulle soveel as moontlik op grondpaaie en passe kon ry. “Ons wou soveel

34 OVK NUUS | Junie 2021

as moontlik van die natuurskoon en landskap ervaar, en dit kan net vanaf die agterpaaie gedoen word. Vanjaar was ons dertig mense met veertien voertuie wat vir vyf dae van die land se hoogste en mooiste passe aangedurf het.” Bekende passe soos die Volunteershoek en Carlisles hoekspruit met hoogtes van onderskeidelik 2 581 m en 2 563 m, het vir groot avontuur gesorg. Heelwat dorpe is besoek en daar is by Clifford, Rhodes en Karringmelkspruit naby Lady Grey oornag. Volgens Gerhard was vanjaar se stofpadtoer meer uitdagend

weens Covid-19, nadat verlede jaar se toer afgelas is. Deelnemers moes vooraf toetse laat doen het en alle regulasies is nagevolg.

Gerhard sê dat hy nog net een toer sal lei. Waarheen weet hy nog nie, maar dat dit ‘n groot avontuur sal wees, is seker. Kry solank die bakkies gereed!


Nou ook deur OVK beskikbaar. Kontak jou naaste handelstak!


VESELNUUS

Wolmarkverslag Markanalise van die laaste veiling van die seisoen

MARKANALISE Die 34ste en laaste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 9 Junie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.5% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162.68/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook met 1.2% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.4% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.6% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 4.1%, was in die 18.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, G. Modiano SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 12 896 bale aangebied, waarvan 95.3% verkoop is. Op die OVK veiling is 4 088 bale aangebied waarvan 95% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R204.00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AFY van 16.1 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein, van Wakkerstroom.

VOORUITSIGTE

Verslag deur Pierre de Lange (OVK Wolbemarkingsbestuurder)

40 OVK NUUS | Junie 2021

Ten spyte van die Rand wat versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede, het die Suid-Afrikaanse wolmark die week verbeter. 'n Bydraende faktor tot die verbetering, is ook die positiewe tendens wat die Australiese wolmark vertoon. Die grootlikse sywaartse beweging en effense verbetering, behoort voort te duur met die aanvang van die nuwe seisoen, aangesien die wêreldekonomie wel besig is om te herstel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 1.2% hoër vergeleke die ooreen stemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die huidige wolseisoen het nou tot 'n einde gekom en die 2021/22 seisoen, skop op 11 Augustus 2021 af.


Profile for OVK Groep

OVK Nuus / OVK News  

Junie / June 2021

OVK Nuus / OVK News  

Junie / June 2021

Profile for ovk_group

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded