OVK NUUS DESEMBER /NEWS DECEMBER 2021

Page 1



inhoud|contents

6

VOORBLAD Avoca se Dormerstoet is in 2006 begin en is gesetel in die skilderagtige Drakensberge. COVER The Avoca Dormer stud was established in 2006 and is nestled in the picturesque Drakenberg.

Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745 Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za Redaksionele artikels/Editorial Articles Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

20

12

Hoofartikel | Leading Article

2

Uit die Woord

3

Oor die grensdraad

4

Jaar van dankbaarheid: Chris Bender Kersboodskap

6

Second oldest stud in safe hands

10

Oos-Vrystaat juweel weer gewild

12

Drome dryf jong vrou na sukses

16

Wanneer ons moet groet.....

20

Ekspo bring boere weer bymekaar

21

Duitse vlagskip maak sy buiging

24

Verskaffers word vereer en speel saam gholf

26

Oorlewingstyd vir Oos-Kaap veselboere

30

Somergewasse vooruitskatting

32

Dieregesondheid met Dedré Nel

36

Op die vrou af

38

Wolmarkverslag

Medewerkers/Contributors Igna Kotze Dr Dedré Nel Christel Basson Proeflees/Proofreading Marna Alberts Advertensies/Advertising Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za Uitleg/Layout Francois Seymore Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging Senekal OVK Hoofkantoor/Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za

32

Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie. The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

26 Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees.. The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word. Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

September 2021 | OVK NEWS 1


UIT DIE WOORD

Kersfees - Ligfees lig orden chaos - wees die lig

Ds Danie Kleynhans NG Moedergemeente Ladybrand

Johannes begin sy Kersverhaal by Genesis. Hy beklemtoon dat God in Jesus weer skep. Herskep. Die stukkende skepping wat in chaos verval het, wil Hy weer heelmaak en herskep. Om dit te doen, stuur Hy vir Jesus en dan stuur Hy ons. Ons lees in Genesis 1:1-3: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees! En daar was lig.” In Johannes 1:1-5 lees ons: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” Die skepping is deur die Woord geskep. Die oer-chaos is deur die Woord georden. Die nuwe skepping word ook deur die Woord/Jesus geskep. Die huidige chaos kan deur die Woord en sy navolgers herskep word tot situasies van lig en

2 OVK NUUS | Desember 2021

lewe. Hy wil weer die duisternis verdryf en die lig laat skyn. Hy is die Lig in die duisternis. Die Kind in die krip en die Man wat tussen mense beweeg het, was die Lig vir die wêreld. Sy manier van leef bring lig in ‘n duister wêreld. Ons kan ook lig bring om ons. Wie Hom volg, is draers van lig en skeppers van ‘n nuwe wêreld. Johannes se Kersverhaal fokus sterk op lig wat chaos verdryf. Jesus, wat die Lig is, skyn in die chaos en herskep dit. Net so word ons lig in chaos en herskep dit. Kersfees word sterk geassosieer met liggies. Wanneer ons hierdie jaar Kersfeesliggies opsit of liggies sien, kom ons dink aan die lig wat God aan die begin

teenoor die duisternis voortgebring het. Die eerste ding wat Hy geskep het om die oerchaos te orden, was lig. Jesus is die Lig en ons word ligdraers. Orals waar ons die Jesus-vraag vra en dit dan uitleef, kom daar lig en saam is ons baie liggies wat ‘n nuwe skepping bewerk. Miskien is daar chaos om jou. Wanneer jy die Lig volg en jou lig laat skyn, kan die chaos dalk verdwyn. Hierdie Lig draai die ander wang, loop die tweede myl saam en gaan sit by ‘n sondige onrein vrou. Hy is die liefde. Lig-mense vra na die liefde en skyn dan helder in die donker. Geseënde Ligfees! Geseënde Kersfees


REDAKSIONEEL

Grensdraad gedagtes en nog meer

Francois Seymore Redakteur

met gepaardgaande beto gings, ingestel Die afgelope jaar se gebeure het baie vreugde, hartseer en veranderinge meegebring. Werkswyses is vir altyd verander en selfs die wyse waarop mense aankope doen sal nooit weer dieselfde wees nie. Wie sou kon dink dat telers ‘n spogbul kan aankoop sonder om eers die veiling by te woon, of dat ‘n boervrou kombuisitems met die druk van ‘n knoppie uit Johannesburg kan bestel?

Die donker Covid-19-wolke is weer besig om bo Suid-Afrika te versamel. ‘Die nuwe variant, Omikrom wat, einde November geïdentifiseer is, kan vinnig versprei en muteer. Die positiewe gevalle en dodetal styg geleidelik en daar word reeds bespiegel oor ‘n strenger grendeltyd iewers oor die feestydperk. Die drank industrie is hoogs bekommerd en die toerismebedryf verkeer op ‘n mespunt. Die sukkelende ekonomie het onlangs eers opwaartse momentum gekry, gedryf deur die landbou- en mynbousektore, maar ‘n nuwe grendeltyd gaan weereens honderde duisende werksgeleenthede in gevaar stel. Europa en Amerika is reeds vasgevang in ‘n vierde Covidvlaag en beperkinge word tans

Baie het hul werk en inkomste verloor, vele het familie en vriende aan die dood afgestaan en sommige het vreugdevolle oomblikke met die geboorte van ‘n kind of twee mense se huweliksbevestiging beleef emosionele laagte- en hoogtepunte in een kort jaar. Ons het weer wyd gery om by ons produsente te gaan kuier en hul verhale aan ons lesers te bring. Die eerste afdraai is na die skilderagtige Drakensberge naby Barkly-Oos waar ons na die tweede oudste Sussex-stoet in die land gaan kyk en Geoff Orpen neem ons so ‘n bietjie terug in die geskiedenis van Avoca, die plaas en die stoet. Ons besoek na vyf jaar weer een van die juwele van die

Oos-Vrystaat waar die Sandstone-museum met antieke trekkers, militêre voertuie en lokomotiewe gereedgemaak word vir die Cherry Steam Festival wat jaarliks saam met die Kersiefees aangebied word. Ons het gaan verneem hoe die Covid-19 grendelregulasies hul bedrywighede daar beïnvloed het. ‘n Agt-en-twintigjarige jong vrou van Kroonstad boer heeltemal op haar eie met vleis- en wolmerino’s. Ons gaan gesels met haar oor al haar uitdagings en hoe sy hulle oorkom. Op haar jong ouderdom is Trudine Leonard gereed vir die toekoms en het vele drome wat haar tot sukses gaan aanspoor. Die droogte in die Oos-Kaap is effens verlig met die afgelope tyd se goeie reëns, maar die natuurlike veld gaan nog baie lank neem om te herstel. Ons het in Aberdeen en omgewing met ‘n paar boere gaan gesels oor hoe hulle die droogte kon oorkom en die hulp wat nog steeds benodig word om hul diere te voed. Igna Kotze gee ouers raad om hul kinders te help om die verlies van ‘n oupa of ouma te hanteer. Ons was teenwoordig by die bekendstelling van die nuwe Fendt-trekkerreeks. OVK se top-

verskaffers het toekennings ontvang en 192 spelers het aan OVK se jaarlikse gholfdag deelgeneem terwyl . Dedré Nel gee raad aan die boere uit die hospitaalbed waar sy na ‘n operasie herstel en ons wens haar alle sterkte toe. Op die vrou af gaan kuier in Ficksburg en gesels met Michelle Britz wat volledige maaltye in haar kombuis vir haar kliënte voorberei. Die meeste boere se saad vir die somergewasse is reeds in die grond en aan die groei terwyl ander besig is om koring te stroop. Dit is ‘n besige tyd op die plaas en ons is almal baie dankbaar vir die goeie neerslae oor ‘n wye gedeelte van die OVK bedieningsgebied. Indien jy en jou gesin die geleentheid kry om ‘n bietjie vitamien “See” te kry, dalk iewers by vriende en familie gaan kuier of net heerlik by die huis gaan bly, maak hierdie feesgety ‘n besondere een. Ek weet dit klink afgesaag, maar ons moet elke spesiale oomblik laat tel, want ons weet nie hoeveel geleenthede ons nog gaan hê om tyd saam deur te bring nie. Wees lief vir die om jou, hou hulle veilig en bly op jou knieë. Ons gaan krag en baie genade nodig hê vir die jaar wat voorlê. Tot volgende keer.

Desember 2021 | OVK NEWS 3


KERSBOODSKAP

Jaar van dankbaarheid

Kliënte wat OVK steeds hul vennoot maak en deel maak van hul boerderye en besighede, bou saam aan ‘n maatskappy wat in die toekoms volhoubaarheid in die platteland gaan verseker. U ondersteuning is van onskatbare waarde. Personeel het bly opoffer, hard gewerk en hul gesondheid moontlik in gevaar gestel. Sodoende is sukses behaal en namens die direksie wil ek ons dankbaarheid betuig en almal ge luk wens met die wyse en ingesteldheid waarmee hulle OVK se belange op die hart dra. Gaan rus, vier fees, geniet jou familie en vriende maar wees veilig. Mag die Christusfees elkeen herinner aan die dankbaarheid waarin ons lewe danksy ‘n Verlosser wat mens geword het vir ons. Die aanbreek van elke nuwe dag word aangekondig deur die gekwetter van voëls wat sing, ‘n haan wat kraai en die son wat opkom. In landbou en so ook in die na tuur, is dankbaarheid ‘n daaglikse ervaring. Die reuk van vars grond, lammers wat spring, mielies wat in die saad kom en nog vele meer is voorbeelde van gebeure wat ons laat oorloop van dankbaarheid. Die reën in die Karoo en ander droogtegeteisterde gebiede het ‘n dankbaarheid teweeggebring wat min buitestanders sal begryp. Daar is uitbundige vreug de wanneer riviere en spruite weer afkom na jare se droogte en ondenkbare beproewings waardeur boere gegaan het. Dit is ‘n seën om reën op jou huis se dak te hoor dans na ‘n daaglikse stryd met planne maak om jou vee net aan die lewe te probeer hou. Nadat die Covid-19-virus sy houvas oor Suid-Afrika begin

4

OVK NUUS | Desember 2021

verslap het, het die nuwe variant die land opnuut in sy greep. Reis beperkings is blitsvinnig ingestel en infeksiegetalle styg daagliks. Sportbyeenkomste is in die weegskaal en buitelandse toeriste was verplig om hul besprekings te kanselleer. Maskers weerhou ons steeds daarvan om mekaar se gesigsuitdrukkings waar te neem. Sommige van ons het kollegas, familie en vriende gehad wat die feesseisoen nie meer met ons is nie. Met dankbaarheid kan ons terugdink aan goeie herinneringe saam. Mag die mooi wat was, die hartseer verdryf in die tyd waar ons almal saam gaan kuier. ‘n Pandemiejaar het besigheid bemoeilik. Ten spyte daarvan beleef OVK sover ‘n ongelooflike jaar. Waardering en dankbaarheid teenoor ons verskaffers, kliënte en personeel is gepas. Verskaffers doen hul bes om voorrade aan te vul en dienslewering op ‘n hoë standaard te handhaaf. Waar probleme met

beskikbaarheid van voorraad ervaar word, word dit so effektief moontlik bestuur.

Geseënde Kersfees!

Chris Bender Voorsitter OVK Groep



FARM VISIT

Second oldest Sussex stud in safe hands

W

e are sitting on the veranda of the beau tiful charac teristic manor house with Geoff Orpen, fourth generation farmer, who is telling the story of his great-great-grandfather Joseph. “He arrived in Port Elizabeth in 1847 and trekked by ox-wagon to join his brothers who were farming near Colesberg. After a few years he decided to follow in his eldest brother’s footsteps and qualified as a land surveyor in 1850.

Avoca is the home of the second oldest Sussex stud in the country. The farm is situated in the picturesque Drakensberg near Barkly East. The story of the Orpens, takes us back to the potato famine in Ireland in 1845 when people were escaping starvation by sailing across the world in search of a better future. Aboard such a ship was a man by the name of Joseph Millerd Orpen who was born in Dublin , and arrived in the Cape in 1846 with six of his siblings who had boarded a ship in Liverpool.

“He and his brother were delegated by the British Government to survey the Harrismith District. Shortly thereafter Joseph was elected to the Free State Volksraad and was largely responsible for drawing up the Constitution. He also served as a member of the Free State Supreme Court and later became a Magistrate for Winburg and Harrismith. He founded the town of Kroonstad in 1855, naming the town after a horse called Kroon which he had earlier witnessed falling into a ravine and dying” In the early 1860’s he moved to Aliwal North to lay out the farms in the North Eastern Cape. During the course of this work he carried out the survey of farms in the New England District of Barkly East, including Snowdon and Avoca.The farms in the district were named by him. A great number of the farms in the district are named after various landmarks in the UK and were auctioned off in around 1865. He put in a bid for Avoca (4 200 hectares) and Snowdon (3 340 hectares) for the upset price of £90, which was equal to the surveying cost. There was no higher bid and he became the owner of the farms on 18 May 1866. Joseph was elected to the

6

OVK NUUS | Desember 2021

Cape Legislative Assembly in 1872 as a member for Queenstown and Wodehouse, positions he held for many years. He initiated the policy of annexing the territories between the Cape

Colony and Natal and was appointed Chief Magistrate. Shortly thereafter he reverted to his professional career and served as an MP until 1897 when he went to Rhodesia as

p Geoff started the Dormer stud in 2006 and recently held the 8th Avoca and Mountain Shadows production sale with Johan du Randt in Aliwal North.


t

Surveyor General and Minister of Lands and Agriculture. He died in 1923 at the ripe age of 95.

We pour more coffee and Geoff continues telling this amazing historical story. “Joseph farmed this farm with his son, Claude

This is the original dumpy level that Joseph Orpen used to survey the farmland of New England. He bought Avoca and Showdon for £90.

bles. With this breeding stock, the Avoca Arab horse stud was started. Sadly, in 1933, during the great depression, half the farm was sold off to reduce the financial burden of the farming enterprise.

(my great-grandfather), who took over the farming operation in 1900. He was largely responsible for the development of the National Woolgrowers’ Association, during which time he became the first president in 1927. During World War II, he was sent to Egypt by Field Marshall Smuts to buy horses for the government. On his travels he met King Farouk of Egypt and purchased two stallions and three mares from his sta-

“My father, Michael, joined Claude on the farm after the war in 1947 and disposed of the horse stud in 1955. Concentrating on merino flock breeding and dairy farming, he later branched out to start a Hampshire Down sheep stud in 1962. Six years later disaster struck the entire stud contracted “scrapie” and had to be culled and incinerated. It was during this time that Mike started the Avoca Sussex Stud. He searched


p The beautiful farmstead in the picturesque Drakensberg is the home of the Avoca Sussex and Dormer studs. The farm is close to the famous ski resort, Tiffendell. for a breed that would adapt to the cold conditions and reproduce efficiently and effectively. In 1969 Michael travelled to England and purchased four heifer calves and a stud bull. In addition he bought a further nine animals in Natal and eight in the Eastern Cape. These animals formed the basis for the Avoca Sussex Stud. Mike served on the Sussex council for many years and was later elected President. He also served on the National Wool growers’ Association. He retired from farming in 1991 and handed over the reins of the Avoca Sussex Stud to his son Geoff. Geoff was born in 1966. He was schooled at St Andrews in Bloemfontein and matriculated at St Andrews College in Grahamstown. After his national service he went to UCT to study Mechanical Engineering.“I was interested in farming but my dad said that he could teach me farming and I should rather

8

OVK NUUS | Desember 2021

educate myself in something else to fall back on. As it happened, my dad became very ill as soon as I had completed my studies and I had to come to the farm at the age of 25.”

nearly half the skills that farmers have. “It is our second nature to manage, assess risk, plan, communicate (in more than one language), market, sell and operate a production line.

Geoff has three sons, Kevin, Jason and Mark, from his first marriage. He decided to do an MBA in 2000. “I was always intrigued by the corporate environment and often wondered if I would make a success of it. The problem was I didn’t know how to do a spreadsheet or even use a cell phone when I enrolled,” he laughs.

In addition to the Sussex stud, he started a Dormer stud in 2006. The main aim behind the stud was to breed his own rams. “I normally keep the Dormers on other farms and away from my Merino commercial flock.” I have a special spot for the Dormers as they are a highly fertile breed and produce lambs that just grow and grow.“ The Dormer and Sussex studs are his passion, yet he runs a high quality merino flock to add diversification to the business.

He completed his studies for an MBA in 2004, and decided to take up a position as a consultant in East London. “My kids were at school in East London and this was a way to see them every second weekend. I was also travelling to the farm a lot and had someone managing it. I became involved with projects funded by the European Union and other donor entities and used my knowledge from farming and my studies to good effect” Geoff says that when he ventured into the corporate world, he was nervous about his abilities, but soon came to realise that most people operating in that environment don’t have

For the past 8 years, Geoff has joined forces with Johan du Randt and his son Juan, to have their own annual production sale in Aliwal North. The Avoca and Mountain Shadows production sale has grown from strength to strength. “This year was our 8th production sale and we averaged R63 000 on the bulls, R32 000 on commercial Sussex cows and R10 000 on the Dormer rams.The prices were fantastic!” “Our breeding and sale policy is to focus on our clients. It is

our mission and goal to visit as many clients as possible in the year after the production sale. Johan and I travel about 15 000 km annually to visit our clients and to assess how the animals that they have bought have adapted and are performing. At the same time we are able to get a better understanding of our clients. We believe our animals are affordable and people can buy a stud bull for R45 000 that is hardy, tough and fertile and will breed well.” Geoff is on the Council of the Sussex Society and together with Dave McCall is responsible for the marketing of the Sussex breed.“One thing I learned from the Covid pandemic is that I can now sell a bull to an Australian farmer and our merchandise is available on a virtual platform for anybody to buy. The electronic media is quick and very effective.” After a wonderful lunch it was time to say goodbye and return to the equally scenic Eastern Free State. One leaves Avoca with a sense of nostalgia after talks about the past mixed with the present and the future. Creating his own history, the charismatic Geoff is adding another chapter to the famous Orpen family book.



OOS-VRYSTAAT JUWEEL

Oos-Vrystaat juweel weer gewild

So tussen die stomende lokomotiewe ontmoet ons vir Gert Nienaber wat in beheer is van die spoorlyn, trokke en lokomotiewe by Sandstone Estate. Na ons vorige besoek vyf jaar gelede gaan loer ons weer by hulle in om te hoor hoe die Covid-19 grendeltyd hul bedrywighede en besoekersgetalle daar beïnvloed het. Die Estate is ‘n internasionaalbekende bewaringsjuweel wat spog met van werkende antieke trekkers en weermagtoerusting tot stoomlokomotiewe wat dateer vanaf 1895. Met kersietyd word die gewilde Cherry Steam Festival deur honderde besoekers vanuit Gauteng en die Vrystaat bygewoon. Mariette Palmer is in beheer van die besoekers aan die Estate en sê dat hierdie ‘n besige tyd is. “Verlede jaar kon ons weens die grendeltyd nie die Steam Festival aanbied nie,

maar hierdie jaar is besprekings reeds vroeg gedoen. Die kampeerterrein, wat 100 mense kan huisves, is vol bespreek en dan het ons nog chalets waar 32 mense kan oornag.”

Gert laat letterlik die wiele rol en sy liefde vir die lokomotiewe kom van jongs af. Sy oupa was ‘n stasiemeester en hy het as kind tot laat in die aand by die stasie gespeel. Later word hy ‘n

p Gert Nienaber is al vanaf 2015 verantwoordelik om die trokke, lokomotiewe en spoorlyn by Sandstone in stand te hou. Alle onderdele vir die lokomotiewe wat vanaf 1895 dateer, word self by Sandstone Estate vervaardig. stoker en toe ‘n stoomlokomotiefdrywer en -entoesias. “Ek is sedert 2015 hier werksaam en is verantwoordelik vir die 100 treintrokke, 33 lokomotiewe en 28 km spoorlyn wat onderhou moet word.”

t

10

OVK NUUS | Desember 2021

Sandstone Estate is net buite Ficksburg geleë en bied verskeie feeste aan. Dit is ook gewild as ‘n trou”venue”. Die chalets kan 32 mense akkommodeer en die kampterrein tot 100 besoekers.


Gert vertel dat die goederetrokke hoofsaaklik vir die skiet van rolprente en fotosessies gebruik word. “Ons laai ou trekkers of weermagvoertuie op die trokke en dit dien dan as rekwisiete. Verder word die passasierstrokke gebruik vir toeriste en troues.” Sandstone Estate het in 1995 sy bestaan gekry toe Wilfred Moll, ‘n veteraantrekkerversamelaar, die plaas Hoekfontein gekoop het. Behalwe die museum, wat ‘n verstommende versameling van verskeie trekkers, weermagvoertuie en lokomotiewe huisves, word ‘n aktiewe boerdery tegelykertyd op 3 100 hektaar droëland bedryf. Mariëtte verduidelik dat besoekers op staproetes of op begeleide toere deur die museum kan gaan, asook op ‘n ossewarit op ‘n wa wat deur Afrikanerbeeste getrek word. Weermagvoertuie soos die Ratel en Casspir word ook ingespan om besoekers te vervoer. Oor langnaweke en met geleenthede soos die Cherry Steam Festival bedien ‘n klein restaurant ligte maaltye.

Die amptelike Kersiefees word vanjaar nie weer in Ficksburg aangebied nie, maar privaat kersieplase bied hul eie feeste aan. Gert sê dat die Cherry Steam Festival al sedert 2004 bestaan en elke jaar, behalwe verlede jaar, baie goed ondersteun is deur besoekers van heinde en vêr. Die swak toestand van toegangspaaie raak egter ‘n ernstige probleem, wat toeristegetalle negatief affekteer. Mariëtte verduidelik dat veral oorsese besoekersgetalle weens Covid-19 drasties afgeneem het. “Hulle sien nie kans vir die twee weke se isolasie nie.“Ons hoop dat die inentings gaan help om die toerismebedryf weer aan die gang te kry.” Sandstone Estate bly een van die interessantste museums en

u

Mariëtte Palmar is verantwoordelik vir die besoekers en vertrou dat die toerismebedryf na die pandemie weer op dreef sal kom. Sy staan hier by van die weermagtoerusting wat alles in ‘n werkende toestand is.

is definitief ‘n besoek werd wanneer jy weer in die Ficksburgomgewing is. Daar is werklik soveel om te sien dat dit vir

elke belangstelling voorsiening maak...en wanneer laas het jy die geleentheid gehad om met ‘n egte stoomtrein te ry?


PLAASKUIER

DROME dryf jong vrou na sukses

“Toe ek sien die ooi lek aan die ander lammetjie, het ek besef sy het opgehou om te druk omdat sy gedink het sy het klaar gelam. Ons was net betyds en die lammetjie behoort te oorleef,” vertel die 28-jarige Trudine Leonard, wat op haar eie kommersieel met Merino’s op die plaas Belmont net buite Kroonstad boer. Sy is in 1993 in Kroonstad gebore en het in die omgewing grootgeword en skoolgegaan. Na matriek moes sy besluit wat sy met haar lewe wou doen. “Ek het vir my ouers gesê ek wil kitaar en hokkie speel en boer en hulle moet help kies. My pa was van mening dat hy my die boerdery kon leer en dat ek eerder iets soos onderwys moes gaan studeer, want dit is ‘n goeie vangnet indien iets met die boerdery verkeerd gaan.” Sy het Menslike Bewegingskunde gestudeer en werk toe vir ‘n paar jaar in die finansiële bedryf. Drie jaar gelede staan haar hart plaas toe en besluit sy om die korporatiewe wêreld te verruil vir ‘n kortbroek en velskoene. “Ek is nog jonk en daar is baie jare wat voorlê waarin ek hard op die plaas kan werk.” Trudine en haar broer Tal, wat die beeste hanteer, is vyfdegenerasie boere. “My oupa was die een wat altyd vertroue in my gehad het en gesê het ek sal ‘n goeie boer wees. Dit is wat my inspirasie was om voltyds boervrou te word. Ek hoop ek sal sy vertroue in my gestand doen.” Sy boer intensief en ekstensief met vleis- en wolmerino’s. “Ek hou hulle apart, want ek verkies dat die vleis en wol van hoë gehalte is. Ek is ook besig om ‘n voerkraal en slagpale te ontwikkel om weekliks ses tot tien lammers te slag. Dit is ‘n

12

OVK NUUS | Desember 2021

Die lamskuur se hokkies is vol ooie wat reeds gelam het, of gaan lam. Die oggendbries waai deur die skuur en die ooie is besig om aandag aan hul lammertjies te skenk. Skielik sien Trudine ‘n ooi in die aangrensende kamp wat aan ‘n lammetjie lek en besef onmiddellik dat daar fout is. Sy gryp ‘n plastiekhandskoen en draai die ooi om. Haar lammetjie sit vas agter ‘n vlies en met haar hand bevry Trudine die nuwe aankomeling, wat nog lewe! ‘n Wonderwerk speel voor my oë af.


groot leerskool en ek voorsien die slagvee eers net aan kennisse. Ek sal oor so vyf jaar kommersieel slag en die nodige registrasies doen - ek glo jy moet nie te veel dinge aanpak as jy nie oor die nodige kennis beskik nie.” Trudine sê dat sy beplan het om by die beeste betrokke te raak toe sy plaas toe gekom het. “‘n Vrou kan miskien dink sy kan alles doen wat ‘n man kan doen, maar dit is nie waar nie. Fisies is ‘n vrou nie op dieselfde vlak nie en in boerdery moet ‘n vrou ook nie op ‘n fisiese vlak probeer kompeteer nie. Glo my, dit verg baie meer krag om ‘n kalf uit ‘n koei te trek as ‘n lammetjie uit ‘n ooi.”


Sy is verantwoordelik om die skaapboerdery winsgewend op haar eie te bedryf. “Dit is nogal senuter gend en ek het nie gedink ek sal op so ‘n jong ouderdom ‘n boerdery op my eie moet bestuur nie. Daar is sowat 700 ooie en ek lam elke maand in die lamskuur. Elke ooi lam net een keer per jaar om die lewensduur van die ooi te verleng. Ek probeer so menslik as moontlik boer.” Trudine sinkroniseer steeds die ooie maar glo aan natuurlike bevrugting. “Ek gebruik RFID oorplaatjies en hou deeglik rekord van elke ooi se produksie - indien sy nie na twee keer ‘vat’ nie, word sy na die voerkraal geskuif.” Die voeding bestaan uit natuurlike weiding en dan meng sy ‘n voerkraal- en lamhokmengsel asook kruipvoeding van aangekoopte voer. Sy gee ook addisionele aanvullings vir die skape wat op natuurlike weiding loop. Daar is areas waar aangeplante buffelgras, Smutsvinger en rooigras sterk is maar sy gee ‘n addisionele Maxiwolmengsel vir die ooie. Stoetboerdery is nie in die nabye toekoms ‘n moontlikheid nie. “Dit neem ‘n lang tyd om ‘n stoet op te bou en ek is nie nou in ‘n finansiële posisie om langtermynprojekte aan te pak nie. Ek is wel besig om seleksie toe te pas om byvoorbeeld die wol- en vleisgehalte te verbeter en het oor die driejaartydperk ooie uitgehaal wat nie aan my vereistes voldoen nie. Piet Pelser van OVK se Veselafdeling help my ook om die regte ooie in te koop om my kudde te verbeter. “Ek gee nou eers vir ‘n jaar of wat aandag aan die wol, maar my oog is nie so geoefen soos met die vleisskape nie. Ek hou van ‘n stewige raam en dan is ek ook ‘n boudemeisie. Baie mense sal dink my ooie is te hoog op die been, maar ek hou nie van ‘n klein raam nie.

u

14

Trudine gebruik ‘n lamskuur om te lam. Sy glo aan natuurlike bevrugting en die ooie lam slegs een keer per jaar.

OVK NUUS | Desember 2021

My wolmerino’s lyk presies soos die vleismerino’s en hulle loop skouer aan skouer met mekaar.” Trudine woon soveel kursusse by as wat tyd haar toelaat.“Ons vrouens is nie bang om vrae te vra en dom te klink nie, terwyl die mans se ego dit nie toelaat nie! Ek het so pas ‘n veesiektekursus by Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat bygewoon. Hy het ‘n outopsie gedoen, parasiete in detail bespreek en verduidelik hoe jy die skaap in die veld kan behandel. Dit was baie leersaam.” Oor die toekoms droom sy groot. “As ek ‘n abattoir op die plaas het, kan ek mos my eie slaghuis met ‘niche’-produkte in Bloemfontein open. Sodoende bly ek deel van die waardeketting ‘n Nick Serfontein-storie, net met skape,” lag sy. Trudine het die geleentheid gekry om haar liefde vir musiek uit te leef terwyl sy in Pretoria gestudeer het. Sy was deel van ‘n musiekgroep wat hul eie weergawe van bekende liedjies gesing het, met die gehoor wat saamgesing het. “Toe ek Kroonstad toe trek, kon ek nie mense kry met wie ek kon saamsing nie en raak toe

betrokke by my kerk se sanggroep. Dit is baie lekker om deel te wees van ‘n gemeenskap en oor dinge te gesels wat regtig saak maak. Ek het geestelik baie gegroei vandat ek hier aangekom het. “Dit is wonderlik om my dae in die natuur te spandeer en God se skepping te sien. Ek hou daarvan om na voëls te kyk en hulle te identifiseer. Hoe meer jy dit doen, hoe meer voëls sien jy! Ek praat dan met my werkers en verduidelik vir hulle in Sotho dat die voëls, soos lammetjies, deur God geskape word. Hoe meer jy bewus word van die wondere van die skepping, hoe meer word God deel van jou alledaagse lewe. “Ons het ‘n lammetjie gehad wat lenteverlamming gehad het. Hy was vol lewe, maar verlam. Ek raadpleeg toe die veearts, en spuit die lammetjie in soos voorgeskryf. Een van my werkers het gesê dat ek net medisyne mors. Ek het hom geantwoord ‘Modimo o teng’, wat beteken ‘Die Here is hier’. Die volgende dag wou die lam nog steeds nie opstaan nie. Op die derde dag tel ek die lammetjie op, hou hom by die krip vas om water te drink en hou

hom regop om te eet. Ek los hom daarna so ‘n bietjie en hy hou sy balans. Nadat hy ‘n rukkie gestaan het, begin hy na die naaste groen grassies loop. Ek het die werker geroep om te kom kyk wat gebeur en toe hy dit sien, skreeu hy ‘Modimo o teng!’ Dit was ongelooflik!” Trudine vertel dat haar pa, George, haar alles oor boerdery geleer het, maar dat haar ma, Ronell, haar baie lewenswysheid gegee het.“My pa was ‘n droëlandgewasseboer en my ma het my geleer om nooit moed op te gee nie, altyd te glo en veral om nederig te bly. Ek glo dat ‘n man net kan boer as daar ‘n vrou agter hom is wat altyd op haar knieë is.” So kom ons kuiertjie ook tot ‘n einde. Op die pad terug onthou ek weer hoe vinnig en kalm Trudine die lammetjie gered het en hoe volwasse hierdie jongmens eintlik is. Dit gee ‘n mens soveel vertroue in die lewe en veral in landbou met die wete dat daar sulke jongmense is wat die leiers van môre gaan wees. Wie weet, eendag koop ek dalk nog ‘n tjoppie by haar slaghuis in Bloemfontein.



OUERRRAAD

WANNEER ons moet groet......

Hulle kan lekkers, geskenke en liefde gee, sonder enige grense en beperkings. Slaaptye en waar kinders slaap, is reëls wat soos mis voor die son verdwyn wanneer Oupa en Ouma eers naby is. Dis hulle voorreg om hul kleinkinders, sonder enige skuldgevoel, in die afgrond in te bederf. Hulle liefde vir hul kleinkinders is so wyd soos die Here se genade en ek het nog altyd gedink dat my kinders hulle ouma so net-net onder Liewe Jesus op die ranglys van belangrikheid plaas. Oomblikke waar daar by Ouma met spesiale sepies en rome gebad word en die kinders spookwit gepoeier is, bly vir ewig. Tye langs die viswater waar Oupa geduldig wys hoe ‘n knoop gemaak word, terwyl hy diep lewenslesse deel, word nooit vergeet nie. Die oomblikke wat ‘n grootouer in hul kleinkinders se lewens deel, is groot deposito’s van ewige waarde wat in daardie kind se lewe gemaak word. Die grootste voorreg wat kinders mag beleef, is om tyd met hul grootouers te spandeer en om hierdie ongelooflike bande te smee wat nét tussen grootouers en hul kleinkinders bestaan. Dis soos ‘n geheime taal wat net hulle praat, ‘n diepte waarvan net hulle weet en ‘n geheim wat net hulle verstaan. Wat as hierdie spesiale band skielik aan flarde geruk word, omdat Oupa of Ouma skielik weg is? Covid-19 het vele van ons grootouers se lewens geëis, en hierdie Kerstyd mag soveel families moeilik vind, want daar is een geskenk minder onder die boom.

Kinders ervaar dit soms anders Die dood van ‘n grootouer is soms die eerste keer wanneer

16 OVK NUUS | Desember 2021

Wanneer ons aan oupas en oumas dink, kry ‘n mens sommer summier so ‘n warm gevoel in jou hart. Grootouers het ‘n manier om met lekker kos, bederfies, woorde, lewenslesse en spesiale tye, dwars in ‘n kind se hart te gaan lê. Oumas en oupas kan alle reëls oortree en daarmee wegkom!


‘n kind met die dood moet kennis maak. Hulle kan verward en geskok wees deur die realiteit van dood, alhoewel hulle dit al voorheen op televisie of ander media gesien het. Kinders kan groot wisselinge in gemoed toon. Hulle kan die een oomblik hartstogtelik huil en die volgende moment heerlik speel en lag.

beskermingsmeganisme, sodat hulle nie al die emosies van woede, teleurstelling en angs hoef te hanteer nie. Hulle kan moontlik skielik veg-, vlug- of vriesgedrag toon. Jonger kinders kan regresseer in gedrag soos bednatmaak of om babataal te praat.

Dit beteken nie dat hul rouproses afgehandel is nie, maar slegs dat hulle nog deur die verskillende stadiums van rou gaan. Hulle mag dalk fantasiespel of speel gebruik as ‘n

Dis belangrik om in ag te neem dat die ouers ook moes afskeid neem van ‘n ouer. Soms voel volwassenes dat hulle hul kinders gaan ontstel deur hul eie pyn en hartseer te wys. Deur

Ouers se rol in die rouproses

juis jou eie hartseer en pyn te erken en te deel, gee jy vir jou kind “toestemming” om ook so te voel. Dis ‘n geleentheid om jou kind te leer en te wys dat om sekere emosies te ervaar, aanvaarbaar is.

Mag daar berusting wees in die wete, iemand so spesiaal is nooit vergete – Julie Hebert Daarna kan ons ook voorstelle maak oor hoe om hierdie groot emosies te hanteer, byvoor beeld: “Jy mag kwaad wees

en voel, maar ons mag nie ons boetie skop as ons kwaad is nie. Gaan skop eerder jou bal buite”. Hierdeur erken ons die emosie en stel ‘n grens van wat nie mag gebeur nie, maar gee ook ‘n alternatief wat ons mag doen. Hierdie benadering is van onskatbare waarde vir jou kind se toekom stige emosionele intelligensie.

Moedig kinders aan om hul emosies te uit te druk Emosies is vir jong kinders ‘n baie abstrakte konsep. Hulle verstaan meestal die gevoelens

December 2021 | OVK NEWS 17


van blydskap, woede en hartseer. Om deur ‘n Kinderbybel, tydskrif of prentjieboek te blaai en net na die karakters se verskillende gesigsuitdrukkings te kyk, is ‘n maklike manier om die verskillende emosies soos jaloesie, geïrriteerdheid, skaamheid, vernedering, eensaamheid en so meer te herken. Daar is vele boeke aanlyn en in kleinhandelboekwinkels beskikbaar, wat deur middel van ‘n storie die hantering van die verlies van ‘n oupa of ouma verduidelik. Lees dit saam met jou kind - hulle sal aanklank by die storie vind en dan soms self hul eie “storie” met jou deel. Teken prentjies vir Ouma, maak collages van Oupa, skryf Kerskaartjies en sit dit onder die boom of skryf briefies en stuur dit in heliumbalonne in die lug op. Al hierdie aktiwiteite help jou kind om deur sy eie rouproses te gaan.

Hanteer dit op jou kind se ontwikkelingsvlak Dis moeilik om te bepaal hoe

18 OVK NUUS | Desember 2021

jou kind gaan reageer na die dood van ‘n grootouer. Baie jonger kinders sukkel werklik met die konsep van die dood. Hulle weet dit is nie lekker nie en hulle hou nie van die skeiding nie, maar verstaan nie die volle omvang van die situasie nie. Die psigiater Gail Saltz, MD, verduidelik dat hulle nie die konsep van “vir ewig”: verstaan nie; dit is eenvoudig vir hulle net nie “vandag of nou” nie.

nie. Gee geleentheid vir swem, stap en speel, baie speel! Gaan speel sáám met jou kind. Dit help die brein om dopamien en serotonien vry te stel, wat goedvoelhormone is. In moeilike tye is ouers geneig om roetine en reëls te verslap. Dit is juis die tyd om roetines in

plek te hou om orde in jou kind se dag te skep. Roetine dra by tot die gevoel van veiligheid en voorspelbaarheid wanneer alles deurmekaar is. Wees sag met jouself! Jy hoef nie alles perfek te doen en te antwoord nie. Wees net daar; jou teenwoordigheid is die heel belangrikste vir jou kind om te

Ouer kinders verstaan die permanensie van die saak, maar mag baie vrae hê. Wees eerlik, en beantwoord hulle vrae so ver moontlik. Jy hoef nie altyd al die antwoorde te hê nie. Kinders verstaan begrippe letterlik, so bly weg van verduidelikings dat Ouma net slaap. Wees te alle tye beskikbaar om gesprekke met jou kind te hê en sy vrae te beantwoord.

Waarin vind kinders troos? Aanraking is ‘n kind se eerste taal, beweging sy tweede. Raak aan jou kind en behou fisiese kontak. Gee baie drukkies. Woorde is soms juis nie nodig

p Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za



LANDBOU EKSPO

EKSPO bring boere weer bymekaar

Clocolan was onlangs die middelpunt van een van die eerste Landbou Ekspo’s wat na die grendeltyd kon plaasvind en produsente het die geleentheid aangegryp om nie net die nuutste trekkers en planttoerusting in aksie te sien nie, maar ook demonstrasies van nuwe tegnologie soos aangepaste hommeltuie vir landbou by te woon. Daar was ook uitstallings van ‘n verskeidenheid items wat op die plaas benodig word. ie dag is afgeskop met demonstrasies van hommeltuie wat in verskeie toepassings op die plaas gebruik kan word en dit het groot belangstelling gewek. Die soeke na koste-effektiewe metodes vir

D

OVK se meganisasie-afdeling het gedurende ‘n demonstrasie onder andere die Fendt 724 met sy kragtige 174 kW enjin deur sy passies gesit. die uitvoer van roetinetake soos draadinspeksies, die nagaan van waterkkrippe, monitering van sekuriteit en selfs be sproeiing duur voort en hom-

Verskeie uitstallers het gereedgestaan om hul produkte aan die produsente bekend te stel en hul van tegniese advies te voorsien.

mel tuie bied sonder twyfel goedkoper alternatiewe. OVK se meganisasie-afdeling het verskeie Massey Ferguson-

en Fendt-trekkers sowel as nuwe implemente aan die boere gedemonstreer. Die Fendt-reeks is in September bekendgestel en die boere wat nog nie hierdie dieseldoeltreffende trekker in aksie gesien het nie, was baie beïndruk. Die kragtige Massey Ferguson 8660 met sy 195 kW enjin en die Fendt 724 met sy 174 kW krag kon teen mekaar opgeweeg word en hul werkverrigting deur die produsente geëvalueer word. Die plantseisoen is om die draai en die boere doen nou hul laaste meganisasieaankope om te verseker dat die saad betyds in die grond kom. Verskeie uitstallers het hul landbouware uitgestal en die boere kon tegniese en ander produkadvies inwin. Die uitstallings het gewissel van olies tot Weberbraaiers. Die ekspo is opgevolg deur ‘n gholfdag ten bate van die Cloc In Sentrum vir Bejaardes in Clocolan.

20

OVK NUUS | Desember 2021


BEKENDSTELLING

DUITSE vlagskip maak sy buiging

Die Oranje Gasteplaas naby Clarens het die agtergrond geskep vir die bekendstelling van een van die vernaamste trekkerhandelsmerke in die wêreld. Die groen kragreuse is tydens ‘n glansgeleentheid aan ‘n groep uitgenooide gaste tentoongestel. Die aankoms van hierdie ikoniese trekkerreeks het vir groot opwinding gesorg en die bekende TV-persoonlikheid, Pieter Koen, het seker gemaak dat die gaste vermaak word soos net hy kan. Geen moeite is ontsien nie en die Oranje Gasteplaas se spyseniering het glans aan die aand verleen. Chris Bender, voorsitter van die OVK Groep se direksie, het OVK se handelaarskap van die Fendt Trekkerreeks verwelkom. “Mag hierdie premiumkwaliteitproduk die ondersteuning bied om die beeld van landbou daarbuite te verbeter. Meganisasie se sukses hang eerstens af van kwaliteit, tweedens van diens en derdens die waardebehoud van daardie produk of item. “Die kwaliteit van Fendt is welbekend in die industrie maar om hierdie beeld te behou, word uitstekende ondersteuning van die prinsipaal benodig, asook ‘n baie goeie tweedehandse

u

Willie Dietrechsen, bestuurder van OVK Meganisasie en Motors het tydens die finale van die aand klem gelê op die feit dat ‘n Fendt-trekker ‘n belegging is, met besondere brandstoftegnologie en werkverrigting wat waarde op die plaas sal toevoeg.

December 2021 | OVK NEWS

21


waarde wat die balansstaat van die boer versterk. OVK het ’n langtermynvennootskap met hierdie agent. Ons is betrokke om welvaart te skep, nie net vir OVK as maatskappy nie, maar ook vir ons aandeelhouers en kliënte, sowel as vir AGCO en Fendt.” Dr Dominik Reus, Besturende Direkteur van AGCO Africa, het tydens sy toespraak gesê hul strategie is op die boer gerig. “Ons strategie is om die boer eerste te plaas - hy is die belangrikste persoon wat gelukkig moet wees met wat ons doen. Boere moet geld verdien met die trekkers en hulle moet diegene wees wat die beste verbruikerservaring geniet.

p TV persoonlikheid, Pieter Koen, het die gaste vermaak en ook die kajuit van die nuwe Fendt inspekteer.

u

22

Die Fendt-bekendstelling is bygewoon deur Stéfan Oberholzer, Besturende Direkteur van OVK, Dr Dominik Reus, Besturende Direkteur AGCO Africa, Willie Dietrechsen, Bestuurder OVK Meganisasie en Motors en Felix Seitz, AGCO Hoof van Verkope in Afrika.

OVK NUUS | Desember 2021


t

Die demonstrasiedag is deur boere vanoor die streek bygewoon en die Fendt-stroper het veral aandag getrek.

OVK is trots om met AGCO geassosieer te wees. ”OVK, wat ‘n boere-onderneming met ‘n boeredireksie is, het meer as 12 000 boere-aandeelhouers, is meer as 100 jaar oud en sy DNS is op die platteland.” Hy het ook beklemtoon dat daar geen rede is hoekom Massey Ferguson met Fendt aan die voorpunt, nie die markleiers kan word nie.

u

Die besoekers het die geleentheid gekry om die bul-trekkers van nader te beskou en hulle in aksie te sien.

“Ons kan egter net hierdie ervaring bied deur die hoogste vlak van samewerking tussen AGCO en OVK. Ek is baie gelukkig dat ons ’n vennoot van OVK se kaliber gekry het en dat ons saam in die behoeftes van ons kliënte sal voorsien. Dit begin met ‘n kwaliteitproduk, maar die produk is niks werd sonder die regte strategiese vennote in die veld nie. Ons moet die masjiene aan die gang hou en sorg dat die boere kan aanhou produseer.” Stéfan Oberholzer, Besturende Direkteur van OVK, het gesê Die aand is afgesluit met die bekendstelling van die indrukwek kende kragreuse onder groot applous en ‘n ligskou in die donker nag. Volgens ‘n hele paar gaste was dit een van die beste bekendstellings van ‘n trekker in Suid-Afrika! Die volgende dag het boere die geleentheid gekry om die Duitse trekkers van nader te beskou en in aksie te sien. Hulle het ook die voorreg gehad om self van die trekkermodelle deur hul passies te sit en almal was dit eens dat die Fendt net eenvoudig in ‘n klas van sy eie is.

t

Bykans 220 belangstellendes het die demonstrasiedag by die gewilde Oranje Gasteplaas naby Clarens bygewoon.

December 2021 | OVK NEWS

23


JAARLIKSE GHOLFDAG

VERSKAFFERS word vereer en speel saam gholf

Gedurende November word dit so ‘n bietjie besiger in Ladybrand wanneer die verskaffers op die dorp toesak vir OVK se jaarlikse Verskaffersfunksie en gholfdag. Vanjaar het die weer perfek saamgespeel en 48 spanne het aan die 29ste gholfdag deelgeneem. Bykans 850 verskaffers aan OVK word volgens sekere kriteria geëvalueer en dan word twee verskaffers per kategorie genomineer en na die verskaffersfunksie genooi. Die finaliste word onder andere beoordeel op grond van die diens wat hulle aan OVK sowel as sy kliente verskaf. Agrinet, AGCO, Auto-X, Kynoch, MSD Animal Health en Voermol is aangewys as finaliste

u

Kobus Theron, Lorentia Zerwick en Vivian Oosthuizen van OVK gesels met Riaan Jonker en André Nortje van Montego Pet Nutrition. vir die Handel en Meganisasie se Verskaffer vir die Jaar 2020/21. Hollard is die Verskaffer van die Jaar in die Bateversekeringskategorie en Santam in die Oesversekeringsafdeling. Voermol is as die Algehele Verskaffer van die Jaar 2020/21 aangewys. Die volgende dag het ‘n rekordgetal spelers in die 29ste OVK Liefdadigheidsgholfdag afgeslaan. Genadiglik het die reën

t

24

OVK NUUS | Desember 2021

Kenny Crampton en Leon de Klerk van Voermol ontvang hul Verskaffer van die Jaar-toekenning van Rocky le Roux en Stéfan Oberholzer van OVK.


u

Yara Animal Nutrition het hierdie jaar die spankompetisie gewen. Hulle het hul trofees van Carlien Oberholzer en Rocky le Roux ontvang. Hulle is v.l.n.r. Ignus Janeke, Johan du Preez, Emile Gorden en Dawie Human.

vanjaar weggebly en kon al 48 spanne of 192 spelers hul rondtes voltooi. Broodnodige finansiële bydraes tot OVK se Bystandfonds is deur Afrisam, Lasher en Macsteel gemaak en die verskaffers se ondersteuning van die gholfdag stel OVK in staat om weer verligting aan menige welsynsorganisasies in verskeie gemeenskappe op die platteland te bring.

u

Wollie Wolmarans en Ingrid Schutte van TotalEngergies was byderhand om spelers bietjie lafenis aan te bied op ‘n snikhete dag.


DROOGTENOOD

Oorlewingstryd vir Oos-Kaap veselboere

Droogtes teister ons boere in verskeie dele van die land al vir te lank. Die Graaff-Reinet-, Aberdeen- en Willowmoregebied gaan nou al vir sewe jaar onder die droogte gebuk. Genadiglik het daar in November tussen 75 en 100 mm reën in die gebied geval. OVK Nuus het by ‘n paar boere gaan inloer om te hoor wat hierdie genadedruppels vir hulle beteken.

O

p die pad na Willowmore naby die Beervleidam, boer Danie en Sanmarie Meiring sedert 2007 op die plaas Hoogekraal. Menige reisiger het seker al by hul “Oppi-Vlak Padstal” op die N9 stilgehou, aangesien dit die enigste plek binne 120 km is waar ‘n lafenissie op jou wag. Sanmarie verduidelik dat daar in menseheugenis nog nie so ‘n lang droogte was nie. Hulle het vanaf Maart 2018 tot Oktober 2021 slegs ‘n totaal van 178 mm reën gehad. Danie voeg by: “Ons het gedurende die afgelope maand 75 mm gehad en die reaksie van die veld is ongelooflik. Ons het nog nooit soveel bloeisels aan die granaatbossies gesien nie. Dit was goudgeel blomme soos canola, maar het net ‘n paar dae gehou en toe verwelk.”

Hulle boer met Dorpers en Boerbokke en het na die droogte net ‘n kwart van hul kuddes oor.“Ons kon weens die droogte geen aanwas kry nie, aangesien die ooie nie die nodige minerale uit die Karoobossie kon kry nie. Ons het ook op ‘n stadium ‘n geweldige aborteringsprobleem gehad. Volgens ons veearts is dit die lammetjie wat uit die baarmoeder wil kom en nie die ooi wat wil lam nie. Ons het teen ‘n groot koste teen ensoötiese aborsie geënt, maar dit het nie gehelp nie.” Sanmarie vertel hoe sy in die kraal sit en die pasgebore lammertjies om haar leef nie twee ure nie. “Ek bel die veearts en hy verduidelik dat dit nie ensoötiese aborsie is nie, maar eerder wanvoeding. Geen byvoeding kan die Karoo-bossie vervang nie.”

Danie verduidelik dat hulle al strenger begin klas het om die goeie diere te behou. “Een van ons groot probleme is dat die diere se tande deur die harde bossies geslyt word. Jy sit met jong diere wat nog vier of vyf jaar kan produseer en jy moet

p Danie en Sanmarie Meiring boer sedert 2007 naby die Beervleidam. Weens die uitdunning van kuddes sukkel die boere om kontantvloei te genereer, en Danie sê dat die inkomste van die “Oppi-Vlak Padstal” hul baie help. vir hulle sagte voer of pille gee, waaroor ons nie beskik nie en wat baie duur is om aan te koop. “Dit is waar die hulp van ons medeboere inkom. Dit is ongelooflik hoe die mense ons in

t

26

OVK NUUS | Desember 2021

Die effek van die agt jaar lange droogte kan duidelik vanaf die hommeltuig gesien word. Die “Opi Vlak” padstal word omring deur ‘n “amper-woestyn”. Selfs met goeie reën sal dit die Karoobossieveld jare neem om te herstel.


hierdie tyd bystaan. Die een stop by die padstal en sal sê hy het nie voer nie, maar hy kan help met diesel. Die ander het weer ‘n trok en ‘n volgende een bied voer aan. So kry ons dan al drie bymekaar en kan ons broodnodige droogtehulp ontvang. Dit is wonderwerke wat al langer as drie of vier jaar gebeur.” Oor die reën en die veld is Danie semi-optimisties. “Hierdie reën het baie verligting gebring maar ons het nou opvolgreën nodig. Die Karoobossie is bo doodgebrand en spruit nou onder aan sy wortels uit. As dit nie weer reën nie, gaan dit ook doodbrand. Akasiabome is dood en die meeste bosse het geen blare meer nie. Bome val eenvoudig om. Na goeie reën gaan dit ten minste nog ‘n jaar of twee duur voor ons diere in die veld kan laat wei. Die veld kan egter tot sewe jaar neem om ten volle te herstel.” Danie vertel dat die wonder van hierdie moeilike tyd waardeur hulle gaan, die Genade van Bo is. “Ek sal vanoggend my laaste baal uitrol en vanmiddag ‘n oproep kry om te hoor of ek die volgende dag op die plaas is om voer te ontvang. Dit is net ongelooflik.” Die meeste boere het van ‘n ekstensiewe na ‘n intensiewe boerdery oorgeslaan.“Die diere word by die opstal gevoer en gaan glad nie veld toe nie. As jy ‘n hommeltuig opstuur, kan jy sien hoe sleg die veld lyk. Die praktyk om diere te voer om hulle aan die lewe en in ‘n redelike kondisie te hou, is nie winsgewend nie en die meeste boere is finansieel op hul knieë.

wonderlike seën te wees. Danie draai geen doekies om nie. “Was dit nie vir die addisionele inkomste van die padstal nie, was ons hekke lankal gesluit.” Johannes en Berna van Rensburg boer al vir 43 jaar as derdegenerasieboer buite GraaffReinet op Reinheath. Hulle boer met Merino’s, Angoras en Rooi Russe (eerste keer dat ek van dié skaap hoor). Johannes verduidelik dat dit basies dieselfde tipe skaap is as die Awassi wat in Israel voorkom en in moeilike omstandighede kan oorleef. “Ons reënval het vanaf 2012 elke jaar stelselmatig verminder. Sedert 2016 het ons nie eens 25% van ons normale jaarlikse reënval gehad nie. In November het ons 90 mm gekry, waarvoor ons ontsettend dankbaar is. Die granate het nou geblom en gaan peule maak wat vir die vee baie beteken, maar ek reken dat 70% van die Karoobossies op die grond dood is. “Ons gaan nou sit met dubbeltjies wat Dikkop veroorsaak. Daar is ook heelwat ander onkruid, wat die son egter vinnig sal doodbrand. Ons hoop op opvolgreën teen ongeveer Februarie-Maart, want dit is die beste ontkiemingstyd in die Karoo. In teenstelling met ander veldgewasse, toon net 40% van

die Karoobossie enige lewe na die reën. Met normale reën gaan die veld vyf tot ses jaar neem om ten volle te herstel – en dan gaan jou veldbestuur baie goed moet wees.” Johannes vertel dat hulle geleer het om kuddes in droogtetye uit te dun. “Eers verkoop jy jou hamels en dan begin jy jou ou vee elke jaar uitdun. Jou inkomste word stelselmatig elke jaar minder terwyl oorhoofseen insetkoste net bly styg. Die wolprys het darem nou effens herstel maar die boer kan nie voordeel trek uit die hoë vleisprys nie, want daar is nie lammers om te verkoop nie. Met laer veegetalle is die lammeroeste kleiner en die impak van ongediertes ook groter.” Hy boer nou intensief weens die feit dat die diere in krale gevoer moet word, omdat dit goedkoper is as om die voer op verskeie plekke in die veld te gee. Dit help natuurlik met die beskerming van die lammers teen ongediertes.

q Derdegeslagboer Johannes en Berna van Rensburg boer al 43 jaar buite Graaff-Reinet en is van mening dat die regering en georganiseerde landbou nie die boere die nodige ondersteuning bied wat hulle benodig nie.

Die gebied is die hartklop van die sybokhaarbedryf en Johannes is van mening dat hulle nou in die donkerste tyd versaak word. “In goeie jare genereer ons broodnodige valuta vir die regering deur middel van veselen vleisuitvoere. Wat ontvang ons nou van die staat? Wat is die effek op die platteland? Die regering stort miljarde in ondernemings na die plundery maar ignoreer die boere wat sukkel om te oorleef, selfs nog mense in diens het en ‘n inkomste probeer genereer. Hulle wend geen poging aan om ons op die grond te hou nie. “Niemand het nog die mate van swaarkry ondervind waardeur ons nou gaan nie. Hierdie droogte hou so lank aan dat die diere nie eens reproduseer nie, vir hul eie instinktiewe oorlewing. Ons weet nie wat die pad vorentoe is nie. Gaan ons nou weer normale reën kry of wag daar nog ‘n jaar van droogte? Ons is finansieel geruïneer en het hulp nodig – dit is as die Oos-Kaapboere nog belangrik genoeg is om vesel te produseer.” Terwyl ek die neus van die bakkie in Willowmore se rigting stuur, wonder ek oor die stellings wat Johannes gemaak het en of hy die reg het om versaak te voel. Geen hulp word deur die

“Ons is gelukkig in die posisie om ons kontantvloei aan te vul met inkomste uit die padstal. Die meeste boere doen ook maar iets om hul inkomste aan te vul, maar van hulle moes al hul mediese fonds en versekering prysgee. Daar is net geen ander manier om in ons omgewing te diversifiseer nie, behalwe met kleinvee.” Sanmarie vertel dat sy die padstal reeds in 2010 voor die aanvang van die droogte geopen het, wat toe geblyk het ‘n

December 2021 | OVK NEWS

27


t

Paul en Marietjie Greeff boer al 38 jaar op Snymanskraal naby Willowmore. Hul grootste uitdaging is om in 2022 ‘n beter lammeroes te kry.

Paul beaam Danie Meiring se stelling dat die jonger diere se tande vinniger slyt weens die harde veldtoestande. "Die voerproses raak moeiliker en daarom kyk ons na ouer ooie wat nog in goeie kondisie is om hulle langer aan te hou. Paul noem dat dit 'n risiko bly en suksesvol kan wees as dit gereeld reën, maar anders kan dit jou geld kos.

staat verleen nie en kommersiële finansiële instellings se prioriteit is nie om die boer op sy plaas te hou nie, maar om sy kapitaal en rente terug te kry. OVK is onder andere ‘n instelling wat boere in nood op hierdie stadium bystaan. Die rede daarvoor is die belangrike rol wat hierdie boere in die veselbedryf speel - hulle is verantwoordelik vir tot 40% van die wêreld se sybokhaar. Alles moet gedoen word om hierdie boere op hul grond te hou sodat hulle weer in die toekoms leidende produsente kan wees. By Rietbron draai ek op ‘n natgereënde grondpad af en dit is wonderlik om deur die plasse water te ry. Paul en Marietjie Greeff met hul twee seuns Gerhard en Edmund boer op die plaas Snymanskraal. Paul boer nou al 38 jaar op die plaas en is ‘n vierdegeslagboer. Hy is al droogtes in die Karoo gewoond, maar nie hierdie een nie. Dit het in ‘n oorlewingstryd verander en Paul het alles gedoen om sy boerdery te beskerm en te laat oorleef. “Tot en met 26 Oktober het dit in totaal minder hier gereën as in die sestigerjare, wat bekend was vir ernstige droogtes. Ons het slegs 54 mm reën vir die jaar gehad maar nou in November was die totale neerslae 110 mm. Die herstel is net te wonderlik.Van die stokkies wat jy gedink het dood is, het begin uitloop. Die vyebossie met sy pers blommetjie reageer altyd vinnig na ‘n reënbui,” verduidelik Paul. “Saam met al die plante kom

28

OVK NUUS | Desember 2021

die dubbeltjie. Kry ons opvolgreën en die dubbeltjie bly groen en rank en groei saam met die ander plante, dan pla hy nie. Kry ons nie reën nie en die skaap eet die verlepte plant, kry hy geeldikkop. Die kop swel, lippe en ooglede bars oop en die lewer kan aangetas word. Die dier word baie siek en kan sterf. Die vergiftiging veroorsaak geelsug.” Paul se veegetalle is te groot om werklik intensief te boer en hy gebruik nog steeds die natuurlike veld as voedingsbron. “Ons gee die addisionele voeding soos lusern en droogtehulpvoeding vir hulle in die veld.” Paul se hoofvertakking is Merino’s maar hy begin weer ‘n Angorakudde om te diversifiseer en risiko’s te versprei. Hulle het ook hul hamels verkoop en grond sowat 30 km van die plaas gehuur waar jonger skape nou wei. Ou ooie wat nie meer reproduseer nie of waarvan die kondisie nie goed is nie, word almal verkoop, want ons het net eenvoudig nie die reserwes om hulle te voer nie.”

u

Die boere is totaal afhanklik van droogtehulp en sê dat daar menige medeboere is wat voer wil skenk. Die grootste probleem is die vervoerkoste wat tot R25 000 vir 35 ton voer kan beloop. Die boere het eenvoudig nie die fondse nie.

“Die ooie het nie in hierdie tyd hul lammers grootgemaak nie. As ‘n ooi klaar gelam het, het sy net opgestaan en geloop en geen moederinstinkte getoon nie. Met tweelinge neem sy een, loop voerplek toe en gaan nie weer terug na haar ander lam toe nie. Weens die droogte en tekort aan voeding, het die ooie ook nie meer genoeg melk nie.” Paul sê alhoewel hul lusernproduksie met twee derdes verminder het, kon hulle darem nog lusern sny en met droogtehulp mielies en sakke lek meng

om sodoende die diere deur die droogte te help. Daar is egter niks wat by die natuurlike veld kan kers vashou nie. Die hoeveelheid lusern wat hulle kon sny, het met 66% sedert 2016 gedaal. Die wolproduksie en die lampersentasie het ook gehalveer vanaf 2017. Daarmee saam het die halvering van die wolprys (het darem intussen na R175,36 per kilogram herstel) hul finansieel erg geknou en dit sal lang tyd neem om weer op hul voete te kom. Op die oog af lyk die omgewing wonderlik groen, maar met hommeltuigopnames kan ‘n mens sien dat dit nie veel gaan verg om hierdie Karoobossievelde in ‘n woestyn te verander nie. Het die Novemberreën die hoop gegee dat die reënsiklus na die normale sal terugkeer, of gaan aardverwarming die laaste sê en die Aberdeen-, Willowmore- en Graaff-Reinetgebied oor paar jaar soos die Kalahariwoestyn daar uitsien? Ons kan nie met sekerheid sê nie, maar wat wel ‘n feit is, is dat daar klein Springbokkies rondhardloop en dat hierdie boere nooit moed sal opgee nie. Hulle sal mekaar altyd ondersteun en van die grond optel, sou iemand struikel.

OVK se Bystandsfonds staan boere in hul donker tye by en elke klein bydrae kan help om nog ‘n vrag voer by die diere te kry. Jy kan by jou naaste handelstak ‘n donasie teen rekening 859746/15 maak of ‘n EFT na ABSA rekeningnommer 2020000018 takkode 632005 verwysing 859746/15.

Foto: Danie Meiring



OESVOORUITSKATTING

Somergewasse finale vooruitskatting vir 2021 deur die Oesskattingskomitee

Kommersiële mielies Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 16,234 miljoen ton gestel, wat 0,14% of 23 000 ton meer is as die vorige skatting van 16,211 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,755 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,89 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 6% groter as die 2020-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer. Die oppervlakte onder witmielies is 1,692 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlakte 1,064 miljoen ha. Die produksie skatting van witmielies is onveranderd gelaat op 8,609 miljoen ton. Die opbrengs van witmielies is 5,09 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting met 0,30% of 23 000 ton verhoog vanaf 7,602 miljoen ton na 7,625 miljoen ton. Die opbrengs van geelmielies is 7,17 t/ha.

Sonneblomsaad Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 677 240 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,42 t/ha is.

Ander gewasse Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,890 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,29 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is 59 950 ton, wat 1,78% of 30 OVK NUUS | September 2021

1 050 ton meer is as die vorige skatting van 58 900 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,56 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is verhoog met 1,75% of 3 665 ton vanaf 209 980 ton na 213 645 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 49 200 ha, en die verwagte opbrengs is 4,34 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 57 672 ton, ook onveranderd teenoor die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 47 390 ha, en die verwagte opbrengs is 1,22 t/ha



DIERESORG

Dieregesondheid vir die reënseisoen

In ons vorige uitgawe het ons gesê ons het jare laas vroeë reën gehad. Nou kan ons sê dat ons ook reeds goeie opvolgreën gehad het, wat ons help om meer akkurate siektevoorspellings te kan maak. Daar moet egter onthou word dat ons steeds in die Vrystaat bly - omstandighede kan baie vinnig verander, wat beteken ons voorspellings bly steeds net voorspellings.

Beeste: Teen die tyd behoort die dekseisoen in die meeste kuddes

32 OVK NUUS | September 2021

al goed op dreef te wees. Dit is belangrik om seker te maak koeie bly in goeie kondisie om goeie besettings te verseker. Kalwers is nou al groter en verg meer van die moeder as 2-3 maande gelede. Koeie met ‘n dalende liggaamskondisie sal in an-estrus (asikliese tydperk) ingaan en nie beset raak nie. Maak seker daar word voldoen aan die lekbehoeftes. Soos reeds gesê in die vorige uitgawe, hoewel ons reeds vroeg in die seisoen groen gras gehad het, is ons veldkwaliteit swakker weens die baie reën. Kruipvoer kan aan kalwers gegee word. Een van die hoofmikpunte van kruipvoer is om druk op die koei te verlig deurdat die kalf minder afhanklik is van die koei.

Diarree is weereens ‘n groot probleem in ons kuddes. Goeie toesig en flinke optrede is noodsaaklik om vrektes te voorkom. Skakel met u veearts vir raad rondom voorkoming en behandeling. Kuddes wat klaar gekalf het, kan nou begin met kalwers se eerste sponssiek-entings. Praktyke soos kastrasie en onthoring kan ook nou gedoen word indien nie reeds gedoen nie. Indien u gewonder het oor knopvel- en 3-dae-stywe-siekte: Dit lyk al meer na ‘n lekker nat jaar wat voorlê en dus is die moontlikheid van insek-oor draagbare siektes baie groot. Vrotpootjie sal heel waarskynlik vanjaar ook ‘n probleem wees.

Dr Dedré Nel - Excelsior

Probeer kampe so kies dat diere toegang het tot goedgedreineerde areas. Die sukses van vrotpootjiebehandeling hang grotendeels af van hoe gou die probleem aangepak word.


‘n Dier wat vir ‘n week met ‘n seer poot loop, se kanse op herstel is swakker as een wat onmiddellik behandel word sodra die dier tekens van vrotpootjie toon. Vanjaar is hoër as gemiddelde bosluisladings aangeteken. Pas goeie bosluisbeheer toe. Onthou egter dat diere nie konstant heeltemal bosluisvry moet wees nie, aangesien hul dan hul natuurlike immuniteit teen bosluisoordraagbare siektes verloor.

Skape: In die geval van ‘n herfs lamseisoen, sal ramme tans by die ooie loop. In die geval van ‘n winterlamseisoen, is dit nou ‘n goeie tyd om ramme te toets vir vrugbaarheid en ooie op prikkelvoeding te begin.

Lammers van die somerlamseisoen kan nou hul eerste entings (‘n kombinasie van Klostridiale- en longontstekingenting) ontvang indien nie reeds gedoen nie. In laasgenoemde geval moet ek herinner aan die skraagdosis wat ‘n maand na die eerste enting toegedien moet word. Kastrasies en afsny van sterte moet ook op die jong lammers uitgevoer word indien nie reeds afgehandel nie. Bloutong (insekoordraagbaar) sal hoogs waarskynlik ‘n probleem wees die seisoen. Ent ter voorkoming. Dragtige ooie in die eerste 2 trimesters moet nie geënt word nie, asook ramme wat moet dek (onvrugbaar vir 6 weke na enting).

Lammers van ongeënte moeders kan van 3 maande af geënt word. Lammers van geënte moeders is veronderstel om tot op 6 maande immuniteit te hê. Vrotpootjie (sien ook onder beeste) is reeds ‘n probleem in ons skaapkuddes. Goeie voorkoming is ‘n formalien- (1keer/ week) of sinksulfaat- (2-3keer/ week) voetbad. Die sinksulfaatvoetbad kan ook vir behandeling gebruik word. Bespreek effektiewe tipes antibiotika met u veearts. Swaar haarwurmbesmettings is algemeen in nat toestande en moet goed bestuur word om ernstige verliese te voorkom. Metodes sluit in die neem van

mismonsters en FAMACHA (FAffa MAlan CHArt) in kombinasie met die 5-punt-stelsel. Kortliks behels die 5-punt-stelsel die volgende inspeksies: (hiermee word ook gelet op ander parasiete en siektes en nie net haarwurm nie) l Neus – snotterigheid kan bv. dui op neuswurm of longonsteking l Oë – bleekheid (FAMACHA) dui o.a. op haarwurm l Bek – bv. bloutong veroorsaak seertjies l Liggaamskondisie – maer = parasiete of ondervoeding l Stert – diarree kan dui op inwendige parasiete Hiermee ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar!

September 2021 | OVK NEWS 33








VESELNUUS

Wolmarkverslag Markanalise van die laaste veiling vir 2021

MARKANALISE Die Cape Wools Merino aanwyser het onveranderd gebly teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R175,36/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 0,4% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0,6% swakker verhandel teen die VSA Doller, en ook 1,7% verloor teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 18,0 mikron segment, met 'n styging van 4,5%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Lempriere SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 13 831 bale aangebied, waarvan 97,1% verkoop is. Op die OVK veiling is 3 416 bale aangebied, waarvan 97,5% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R228,00/kg, is behaal vir ‘n 3-baal lot TDRY van 15,9 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein, van die Wakkerstroom distrik.

VOORUITSIGTE Die Suid-Afrikaanse wolmark was onveranderd die week en dit kan toegeskryf word aan die sywaartse beweging van die Australiese wolmark en die effense verswakking van Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 12,2% laer, vergeleke met die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaar-gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Ge sertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK om u by te staan in die RWS sertifise -ringsproses, want naspeur baarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling, die Verslag deur Pierre de Lange (OVK Wolbemarkingsbestuurder)

eerste vir 2022, is geskeduleer vir 12 Januarie 2022.

40 OVK NUUS | September 2021