__MAIN_TEXT__

Page 1

IN HIERDIE UITGAWE JONGBOER WEN TOP TOEKENNING | WOLWAARHEID MAAK SEER | SKAAPBOERVROU MAAK GESKIEDENIS


inhoud|contents

12

VOORBLAD Hierdie nuuskierige varkie is deel van die varkboerdery op die plaas Dalham naby Graaff-Reinet. COVER This nosy little pig is part of the piggery on the farm Dalham near Graaff-Reinet.

Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745 Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za Redaksionele artikels/Editorial Articles Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, exept where otherwise indicated.

22

28

Hoofartikel | Leading Article

2

Uit die Woord

3

Oor die grensdraad

4

Kersboodskap deur voorsitter

6

Wolwaarheid - hoekom ons wolboere swaarkry

12

Diversification is the pivot of this farming model

16

Lees is nie lekker nie - wat nou?

20

Hier en daar

22

Vroueboer se stoet bereik groot hoogtes

26

Dieregesondheid in die somermaande

28

Jongboer wen toptoekenning

30

Upcoming farmers attend information day

32

Seleksiedoelwitte om winsgewindheid te verhoog

36

Gewasse vooruitskatting

38

Op die vrou af

40

Wolmarkverslag

Medewerkers/Contributors Igna Kotze Dr Dedré Nel Proeflees/Proof Reading Marna Alberts Advertensies/Advertising Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za Uitleg/Layout Francois Seymore Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging Senekal OVK Hoofkantoor/Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za

30

6 Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie.

Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply.

Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word.

December 2020 | OVK NEWS 1


UIT DIE WOORD

vrede van God

Ds Werner Klindt NG Gemeente Noord Ladybrand

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” - JOHANNES 14:27

kom posvat het. Ek sien al hoe meer mense met vuurwapens rondloop; miskien gaan jy 2020 onthou as die jaar waarin jy jou pistool uit die kluis gehaal het en dit deel moes word van jou alledaagse mondering.

Hierdie een vers uit Johannes 14 kom sê vir ons so baie van Jesus! Ek dink dit is ’n goeie vers om gedurende hierdie Kerstyd in gedagte te hou, maar om dit slegs in gedagte te hou is nie voldoende nie; ons moet dit ter harte neem, en dit noop ons om terug te dink aan die jaar wat verby is. As ons in die toekoms oor die jaar 2020 gaan praat, wat sal ons sê? Wat het hierdie jaar gebeur?

Derdens kan ons 2020 onthou as ’n jaar met baie positiewes; die plantseisoen het mooi begin met wydverspreide reën. Baie mense kon huise of nuwe voertuie koop, of nog ’n plaas, as gevolg van die lae rentekoers. Vir baie mense was 2020 ’n goeie jaar.

Eerstens sal ons 2020 onthou as die jaar toe die Coronavirus ons lewens omver kom gooi het. Ons almal is deur Corona geraak - sommige het die virus gekry en sommige het gesterf. Talle mense het hul werk verloor en families het hul geliefdes aan die dood afgestaan. Almal het moeilike tye deurgemaak. Tweedens sal ons 2020 onthou as die jaar toe die geweld in ons land buite beheer geraak het. Daar was nog nooit soveel opstande soos in 2020 nie. Haat het toegeneem en rassisme het erger geword, maar die slegste is die vrees wat in baie van ons

2 OVK NUUS | Junie 2020

Laastens mag jy 2020 om talle ander redes ook onthou, maar hierdie Kerstyd wil God ons kom herinner aan Sy vrede. In Johannes 14:27 groet Jesus sy geliefdes. Ek en jy tel ook onder Jesus se geliefdes en daarom kan ons vandag hierdie vers deel maak van ons lewens. Jesus wil vir jou vrede kom gee. Jesus het aarde toe

gekom om vrede te bewerkstellig tussen mens en God, maar ook tussen mens en mens. Ons sukkel dalk om hierdie vrede te verstaan, want ons dink aan vrede in wêreldse terme, maar Jesus dink aan vrede in hemelse terme. Die vrede wat Jesus vir jou wil gee is ’n hemelse vrede en daarom maak dit nie saak hoe jy 2020 gaan onthou, of wat jy van 2020 gaan onthou nie, onthou net hierdie een ding: “Jesus gee Sy vrede vir jou” Jesus sluit af deur te sê dat ons nie ontsteld of bang moet wees nie. Ek weet nie wat môre inhou of wat in 2021 vir ons voorlê nie, maar ek weet Jesus is daar. Ek weet die ware Vredevors is met ons; ek weet dat omdat Jesus die pad saam met my stap, ek sy vrede sal beleef en daarom sal ek nie bang wees vir môre nie; daarom sal ek nie ontsteld wees oor die huidige omstandighede nie.


REDAKSIONEEL

grensdraad gedagtes en nog meer

Francois Seymore

Hoeveel dinge kan moontlik in een jaar gebeur? Tog voel dit asof dit slegs in ‘n oogwink verby is. Wie kan nog onthou toe ons almal tuis moes bly in die grendeltydperk – wat het alles daarna gebeur? Alles het tot stilstand gekom; ek dink ons geheue en somtyds verstand ook! Covid-19 en Nkosazana Dlamini Zuma – hoef ons enigiets verder te sê? Die woorde “with immediate effect” laat mense nou nog nagmerries kry. Die vreemdste van alles is TV-sportuitsendings waar jy die skare se applous kan hoor, maar daar is nie ‘n siel op die pawiljoene nie. Op 4 Augustus word ons tot stilstand geruk deur een van die grootste ontploffings in menseheugenis toe opgebergde ammoniumfosfaat die stad Libanon se hawe feitlik in die lug laat verdwyn en geboue soos geraamtes in die rookwolk laat staan. Gesinne se lewens het in ‘n millisekonde verander... Die wêreld se stede behoort aan die spoke en die dra van maskers word verpligtend. Skole sluit en ouers word oornag onderwysers en huise word kantore. Sigaretsmokkelaars maak miljarde en miljoene liters bier word in die drein afgegooi, so saam met ons rand en Clicks wat geplunder word. Plaasaan-

valle neem toe; Senekal word die episentrum van ‘n dreigende burgeroorlog en ons hou asem op. Die wreedheid waarmee perde met pangas gekap word oor ‘n loongeskil laat ons as land terugsteier en ons beskaafdheid word bevraagteken. ‘n Skokkende een miljard diere brand dood in Australië, Trump dien slegs vir een termyn as die VSA se president en China is besig om die grootste ekonomie in die wêreld te word. Opstande teen inperkingregulasies, korrupte politici, kwynende ekonomieë en rassegeweld laat die wêreld in vlamme opgaan en sportmanne kniel ter ondersteuning van ‘n doel waarmee nie almal hul kan vereenselwig nie. Dit alles in ‘n oogwink! Die wolprys is ‘n slagoffer van China se eensydige ekonomiese mag en ons gesels oor die dalende wolprys en die impak op die kontantvloei van ons wolprodusente. Gary Holmes en sy seun boer naby Graaff-Reinet en hulle het agt diversifikasies in hul boerdery! Igna kyk na die leesproses en hoe ouers hul kinders kan help om hierdie vermoë te ontwikkel. OVK hou sy jaarlikse liefdadigheidsgholfdag en gee erkenning aan sy verskaffers. Ons ontmoet ‘n merkwaardige boervrou

van Sannieshof wat geskiedenis maak. Dr Dedré Nel bepreek dieregesondheid en maak aanbevelings vir die somermaande. ‘n Dertigjarige stoetboer van Dewetsdorp se Boranstoet word as “Verbeteringskudde van die Jaar” aangekondig en Wikus Jacobs skryf oor seleksiedoelwitte. Upcoming farmers from the Kaallaagte Farmers’ Association attended an information day in Lindley to gain knowledge on animal health. The final crop estimate is announced and a 37% bigger maize crop than in 2019 is expected! ‘n Nuwe reeks vir die vrou word deur OVK se pasaangestelde bemarkingsbestuurder geskryf en lesers staan ‘n kans om juwele te wen. Die laaste wolmarkverslag sluit ons uitgawe vir hierdie jaar af. Vir die eerste keer in jare behoort al die mielie- en sonneblomsaad in die grond te wees terwyl ons nog steeds goeie neerslae ontvang. Die Genade kan nie groter wees om hierdie deurmekaar jaar af te sluit nie. Hopelik geniet ons boere ‘n rustiger feestydperk en mag die liefde van familie, vriende en God julle omvou. Wees veilig, ry veilig en beskerm mekaar. Tot ons volgende jaar weer saamkuier.

June 2020 | OVK NEWS 3


KERSBOODSKAP

kersboodskap van die OVK Groep Voorsitter: Chris Bender

A

s daar nou ‘n jaar is wat ‘n plek in die geskiedenisboeke verdien, is dit hierdie een en elkeen van ons was deel daarvan. Die verhaal van die Covid-19pandemie, met al sy nagevolge, sal oor en oor aan die nageslag vertel word. Die onsigbare virus het miljoene siek gemaak en honderde duisende mense hul lewens laat verloor. Selfs kinders het met maskers rondgeloop en familie en vriende kon nie bymekaar kuier nie.

‘n Soort “ingryping” kan dit nie volledig verduidelik nie. Stede het al vergeet hoe blou skoon lug lyk, waterkanale wat besoedel was, herstel vinnig na deurskynende water en sekere gholfbane het wild wat vrylik rondstap. ‘n Totale inperking het ons ekonomie tot stilstand geruk, maar ons in landbou moes aanhou kos produseer vir die nasie. Boere word waardeer en daar word besef waar voedsel

ons werknemers die virus opgedoen het, was ons geseënd om nie een personeellid aan die virus te verloor nie. Die wyse waarop mense optree en besigheid bedryf word, het vir altyd verander en die nuwe normaal is nie die normaal van gister nie. Aanpasbaarheid gaan vir ons almal, sowel as vir OVK, in die toekoms belangrik wees. Het die verwagte veranderinge van die jare wat kom, skielik in ‘n paar maande plaasgevind? Kantoorgeboue staan leeg en mense se huise is in kantore verander. Luukse motors en die nuutste modedrag is nie nou so belangrik soos vinnige dataspoed nie. Tuisonderrig word te midde van die beantwoording van e-posse gedoen en vaders leer hoe om te kook. Vir seker ‘n vreemde tyd! Die verbruiker toon ook veranderinge in sy aankope. Aanlynaankope is hier om te bly. Terwyl musiek veral aanlyn gekoop word, word kos en vars produkte nou ook aanlyn bestel. Dit is verblydend dat plaaslike produkte voorkeur geniet.

Die grendeltydperk is gekenmerk deur vol hospitaalsale, dokters en verpleegster wat lyk of hulle van Mars kom, en restaurante wat gesluit was. Mense kon nie eens op die strand stap nie, strate was verlate en daar was nie ‘n vliegtuig in die lug nie. Toeriste moes hul vakansies kanselleer en hotelle het leeg gestaan. Dit klink soos ‘n riller, met gevolge wat niemand in hierdie moderne tyd kon voorsien nie. Uit die verlatenheid kom die mooiste herstel van die natuur.

4 OVK NUUS | Desember 2020

vandaan kom. Intussen moes OVK en ander landboumaatskappye ‘n balans vind om hul personeel, kliënte, verskaffers en produsente teen die onsigbare en hoogs aansteeklike virus te beskerm. Ons moes die ekonomiese inpak op die besigheid en personeel so goed moontlik bestuur om die welsyn van almal te verseker. Ek spreek my dankbaarheid teenoor Stéfan en sy bestuur uit wat al hierdie risiko’s met kundigheid en kalmte bestuur het. Hoewel verskeie van

Soos in die verlede, gaan OVK in die toekoms altyd op sy mense steun. Dit wat bereik word, is te danke aan die dryfkrag van uitstekende personeel, asook lojale kliënte en verskaffers. In die jaar wat voorlê, gaan ‘n omgewing geskep word waarin strategieë en eienaarskap die dryfveer tot sukses sal wees. Mag die grootste seën vir ons as mensdom, Jesus Christus, weereens vir u in die Kerstyd ‘n werklikheid wees! Reis veilig, wees veilig en geniet die feestyd. Mag die landbou blom waar u ook al is.


HOOFARTIKEL

wolwaarheid hoekom ons wolboere swaarkry

ie storie van wol in SuidAfrika is meer as 230 jaar oud en destyds moes die mark verskeie negatiewe ekonomiese toestande soos die groot resessie oorleef, en nou is daar weer heelwat makro-ekonomiese druk op die wolprys. Ten tyde van skrywe het die skoonprys teen sluitingstyd R144.33/kg beloop. Dit is ‘n aansienlike verbetering op die R118,58/kg wat in September behaal is.

D

Die wolprys het in twee jaar met meer as 50% gedaal. Produsente se woltjek het aansienlik gekrimp en in sekere gevalle, waar wol 40% van hul inkomste uitmaak, ‘n kontantvloeinagmerrie veroorsaak. Verskeie faktore is verantwoordelik vir die daling in die waarde van wol en om meer sin hieruit te maak, het OVK Nuus met ‘n markdeskundige en twee skaapboere gaan gesels.

Heinrich Victor is ‘n bekende wolmarkontleder wat markverslae op verskeie radiostasies aanbied asook ‘n potgooi op OVK se Facebook na elke veiling. Hy verduidelik dat wolproduksie nog altyd ‘n belangrike bydrae tot die landbousektor gemaak het. “Die vroegste rekord van wolproduksie dateer terug na die 1910/11 seisoen toe 56,3 miljoen kg wol geproduseer is met ‘n monetêre waarde van R7,5 miljoen. In 1953/54 het die wol “boom” plaasgevind en is 121 miljoen kg aan die mark gelewer. Die wol se waarde was bykans R128 miljoen rand. “Die hoogste wolproduksie in die geskiedenis was in 1965/66 toe 148,2 miljoen kg geproduseer is, maar die monetêre waarde het afgeneem na R115 miljoen. In die 2001/02 seisoen is 47,5 miljoen kg geproduseer en vir die eerste keer het die monetêre waarde die R1 miljard kerf oorskry. Die monetêre waarde het geleidelik gestyg en in die 2016/17 produksiejaar het dit die R4 miljard kerf verbygesteek!” Die laagste produksie was so onlangs soos gedurende die 2018/19 seisoen toe minder as die 44 miljoen kg gelewer is. “Die belangrikste faktore wat hiertoe bygedra het, was die droogte en die verbod op

6 OVK NUUS | Desember 2020

p Heinrich Victor is ‘n bekende wolmarkontleder wat markverslae op verskeie radiostasies aanbied asook ‘n potgooi op OVK se Facebook na elke veiling. Hy is optimisties dat die wolprys binnekort weer na R200-vlakke kan stabiliseer.


invoere van Lesotho. Die land speel ‘n belangrike rol in ons produksie en het al in die verlede tot 6 miljoen kg per seisoen bygedra, wat deur die Suid-Afrikaanse veilingsisteem verhandel word.” Die fluktuasie van die wolprys is vir Heinrich onrusbarend.“Gedurende die 2018/19 seisoen, tydens ons laagste produksie, is die hoogste skoonprys in die geskiedenis, naamlik R253,83/ kg in September behaal, vol-

q Spoeling, die eerste proses van wolverwerking, word hier by Gubb & Inggs se aanleg in Port Elizabeth gedoen. Die verwerkingsaanleg is deel van die Stucken-groep en die grootste van sy soort in Suid-Afrika.

gens die Cape Wools Merino aanwyser. Twee jaar later, in September vanjaar, is die laagste prys van R118,58/kg behaal. Die huidige pryse dui ‘n opwaartse kurwe aan en dit is ‘n positiewe indikasie dat die mark herstel” Die val van 53% in die wolprys kan aan verskeie faktore toegeskryf word. Heinrich verwys na die Slenkdalkoors wat vroeg in die 2019/20 seisoen uitgebreek het. “Dit het senuweeagtigheid onder die Chinese veroorsaak. Dié land verwerk 70% van die wêreld se wol en dieselfde hoeveelheid word deur ons daarheen uitgevoer. In Februarie 2019 breek bek-en-klouseer uit en China het die uitvoere vir ses maande opgeskort. “Dit het ‘n geweldige invloed op kopers se kontantvloei ge-

had. Veilings het nog steeds voortgegaan, maar daar was ‘n konstante afname in die wolprys. Daarna het China sekere voorwaardes gestel waaraan bemarkers moes voldoen, soos onder andere die temperatuur waaronder wol geberg word. Wol moes vir vier maande teen tussen 0° - 18°C en daarna 28 dae tussen 18° - 37°C geberg word voor dit na China uitgevoer kon word. Hoe hoër die temperatuur, hoe moeiliker is dit vir die bek-en-klouseer patogeen om te oorleef. “ OVK se store in PE het minimum isolasie nodig gehad om die temperatuur op die verlangde vlak te bring en daarom kon wol sonder veel komplikasies geberg en gereed gemaak word vir die uitvoer na China. “Die rede dat die stoor die temperatuur so goed behou, is dat

dit ‘n teervloer het, wat hitte baie goed absorbeer. Dit is ‘n tweeverdiepinggebou en die onderste vloer se dak (plafon) is van hout wat nie hitte opbou nie en isolasie vergemaklik.” In die ses maande wat geen uitvoer plaasgevind het nie, het makelaars ‘n ernstige stoorspasieprobleem vir die berging van wol ondervind. “Ons het op ‘n stadium 27 000 bale wol in voorraad gehad. Die boere is aangemoedig om nie op 6 of 8 maande te skeer nie en eerder na ‘n 10 of 12 maande skeersel oor te slaan, aangesien kopers langer wol verwag het. Die wol het dan ‘n bietjie langer op die skaap gebly. Voorskotte en produksielenings is toe nog steeds aan produsente deur OVK uitbetaal. “Die verskeping van wol is in Augustus verlede jaar hervat,

December 2020 | OVK NEWS 7


maar nie sonder uitdagings nie. Veilings het voortgegaan, want kopers wou van die wol ontslae raak sodat hulle kontantvloei kon genereer en dit het geweldige druk op die logistiek rondom die uitvoere veroorsaak.”

aankoms en weeg van die wol tot die wol op die veiling gaan, is nagenoeg 28 dae. Die wol wat op die veiling verkoop is, word onder normale omstandighede binne 8 tot 10 dae na die veiling verskeep,

Die proses wat die wol volg wanneer dit by OVK se bergingsfasiliteit afgelewer word, is redelik eenvoudig. Nadat die baal geweeg is, word ‘n grypmonster geneem en na die woltoetssentrum gestuur vir ontleding en toetsing in terme van treksterkte, skoonopbrengs, lengte en plantmateriaal. Die uitslae word op ‘n katalogus aangeteken en die res van die grypmonster word per lot, per produsent met die toetsresultate uitgestal en deur die makelaars en kopers waardeer en die produsent ontvang ‘n waardasieverslag. Die verslag dui die toetsresultate soos die skoonopbrengs asook die mikrons, ens. van sy wol aan. Sou die skoonopbrengs 70% wees en die markprys is R250,00/kg, is sy waardasie dan R175/kg.

Ter verduideliking noem Heinrich dat skoonwol presies is wat dit sê. “Dit beteken daar is geen olies, plantmateriaal of enige ander onsuiwerhede soos stof, ens, teenwoordig nie. Hoe minder onsuiwerhede, hoe meer is die wol werd.

Die kopers besoek die lotte voor die veiling om hul eie waardasie te maak. Die bale wol word dan in lotte gepers en geberg. Die gemiddelde tydperk van die

8 OVK NUUS | Desember 2020

Die effek van bek-en-klouseer op die wolprys word nog steeds gevoel, sê Heinrich.“Die vereistes wat China gestel het, bly nog in plek maar die uitvoere het genormaliseer en staan op naastenby 35 miljoen kg onverwerkte wol per seisoen. Gubb & Inggs is die enigste groter wolverwerker in Suid-Afrika en dan is daar ‘n klomp mikroverwerkers. Dit gaan maar oor produksiekoste en ons voer die verwerkte produk goedkoper van China terug as wat ons dit kan vervaardig.” ‘n Verdere faktor wat die wolprys negatief beïnvloed het, is die handelsoorlog van die Trumpadministrasie wat met hoe

invoerheffings op produkte vanaf China gedreig het. Dit het veroorsaak dat minder klere na Amerika uitgevoer is en die vraag na wol afgeneem het. ”Ons moet onthou dat Amerika ‘n groot verbruikersland is, en ‘n groot gedeelte van die wêreldmark verteenwoordig. Die VSA produseer 17% van die wêreld se wol, maar dit is nie noodwendig goeie kwaliteit nie. Aan die ander kant produseer SA slegs 1%, maar dit is van die hoogste kwaliteit Merinowol. “Die pas afgelope oorwinning van Biden kan beteken dat ons redelike veranderinge in die Amerikaanse buitelandse beleid kan sien. Biden is pro die WHO, pro aardverwarminggesprekke en pro internasionale handel – alles wat Trump nie was nie. Ons sal moet wag en kyk hoe die nuwe bedeling handelsbetrekkinge gaan beïnvloed.” Onbevestigde berigte vanuit Australië beweer dat weens die swak wolprys, produsente daar verkies om hulle skape te slag vir vleisuitvoere na lande soos Thailand. “Ek kan dit nie staaf nie, maar wat ek wel kan bevestig, is dat hulle sowat 17% minder wol in die laaste twee seisoene geproduseer het. Die

p Die wolprys het met meer as 53% in twee jaar gedaal. Die bedryf is in chaos gedompel na verskeie makro-elemente ‘n groot impak op die uitvoer en vraag na wol gehad het. Die vraag is of hierdie niskommoditeit van so ‘n terugslag kan herstel?

maklikste verduideliking hiervoor is die langdurige droogte wat hulle ervaar.‘n Boer doen enigiets om te oorleef, en indien hulle van hulle diere moes slag, het hulle dit vir seker gedoen. “Die slag van vee het wel in Lesotho plaasgevind - as gevolg van die verbod op uitvoere na Suid-Afrika, moes die boere nog steeds oorleef. Hulle het die wol op ander maniere verkoop en dan die skape geslag om verlore inkomste aan te vul. Ons gaan eers hierdie seisoen ‘n idee kry hoe die verbod en sy nagevolge hul produksie geaffekteer het. Soos genoem, is hul skeersel gewoonlik in die omgewing van 6 miljoen kg.” Die 53% verlaging in die wolprys plaas enorme druk op produsente. “Die droogte het ook ‘n


geweldige invloed op boere se kontantvloeiposisie gehad. In sekere dele van die Karoo is dit nog steeds baie droog en dit begin al soos ‘n woestyn lyk. Baie van hierdie boere het slegs hul kernkudde oor. Die NoordKaapse NWKV het einde verlede jaar hul heffingvooruitsigte na -30% aangepas. Kuddes is verklein en boere voer nog elke dag. “Sommige boere, veral in die Noord-Kaap, se situasie is so desperaat dat hul eenvoudig hul plaashekke toegemaak het. Hierdie boere kan nie diversifiseer nie en kan geen ander inkomste genereer nie. Dit is uitsluitlik veegebied en ‘n 30% 50% daling in hul woltjek is noodlottig.” Ondanks die droogte in die Karoo is daar ander produksie-

q Heinrich Victor staan by saamgepersde wol wat gereed staan om verskeep te word. Tans word 70% van wol in die wêreld na China uitgevoer.

areas wat goeie reën gehad het.Tesame met die toevoeging van Lesotho, word verwag dat daar ‘n 5 miljoen kg groei in wolproduksie gaan wees om die totaal vir die seisoen wat in Junie eindig, op naby 50 miljoen kg te staan te bring. “Die opening van die seisoen was teleurstellend en het nagenoeg 30% laer gesluit as die vorige seisoen. Die gemiddelde skoonwolprys het in September tot R118,58 gedaal. Die daling kan ook grotendeels toegeskryf word aan Covid-19 en die gepaardgaande internasionale markineenstortings. Suid-Afrikaanse wol gaan na China en Europa en hul fabrieke het gesluit. Wol word deur die topinkomsteverdieners gekoop, wat van die huis af gewerk het en minder klere gekoop het. Die aanvraag was dus nie daar nie en dit het ‘n groot impak op wolverkope en sodoende die wolprys gehad. Die toekoms is op hierdie stadium moeilik om te voorspel weens klimaatsinvloede en die verskeie makro-impakte op ver-

bruik. “Dit kan vier tot vyf jaar neem om terug te keer na normale veldomstandighede en optimale reëntoestande sodat boere hul kuddes kan hervestig om normale produksie te lewer. Inperkings en die gepaard gaande inkrimpings van ekonomieë kan langdurige effekte op die wolmark hê en dit is feitlik onmoontlik om enige toekomsvoorspellings te maak. “Ons produk word deur die top nismark gebruik en die kanse is goed dat hulle vinniger ekonomies sal herstel en weer klere koop. Natuurlike vesel word internasionaal wyd bemark en die bewusmaking van die kwaliteit van wol word onder verbruikers se aandag gebring. Wol haal asem en absorbeer sweet. Dit is ‘n goeie isoleerder en het ook ‘n lang lewensduur. Weens genoemde eienskappe word al hoe meer fokus op sportdrag geplaas. Die IWTO (International Wool and Textile Organization) doen ook goeie werk in die bewusmaking op hierdie gebied.” Wolproduksie is baie kleiner in vergelyking met ander natuur-

like vesels soos katoen, wat goedkoper is en meer gebruik word. Kunsmatige tekstiele soos nylon en poliëster verskaf ook groot kompetisie weens hul voordelige prys aan die verbruiker. Standaarde word deesdae baie belangrik en die vereistes van verantwoordelike praktyke word prioriteit by die verbruiker. Makelaars soos OVK is al ‘n geruime tyd besig met sertifisering van produsente volgens die “Responsible Wool Standard” (RWS) protokol en vereistes. Die vereistes is saamgestel deur verskeie rolspelers in die industrie om te voldoen aan die vereistes van die eindverbruiker. “Die eindverbruiker wil weet dat wat hy aantrek en eet, vry is van twyfelagtige produksieprosesse. Die vrywillige RWS-sertifikasie berus op drie bene, nl. dierewelsyn, grondbestuur en sosiale welsyn. Dit beteken produksiediere moet volgens aanvaarde standaarde versorg word. Die grond of natuurlike veld waarop hierdie produksie plaasvind, moet ook verant-

December 2020 | OVK NEWS 9


woordelik bestuur word en laastens moet die mense wat by die produksie betrokke is, goed behandel word en mag daar nie van kinderarbeid gebruik gemaak word nie. Daar is tussen vyf- en sesduisend kommersiële produsente, en 200 is reeds gesertifiseer. “Ons kan reeds sien dat die vraag na wol vanaf gesertifiseerde produsente ‘n rol op die veilings speel. Die hoofdoel van RWS is naspeurbaarheid en volhoubaarheid. Die verbruiker wil uiteindelik kan sien van watter plaas die wol kom wat vir sy kledingstuk gebruik is en dit is ‘n neiging en verbruikersverwagting wat eerder gaan toeneem as verdwyn.” Heinrich is positief dat die internasionale ekonomiese markte en verbruikersvraag volgende jaar sal normaliseer en die wolprys na vlakke van oor die R200/kg kan terugkeer. Wol bly steeds ‘n goeie produk om mee te boer en tesame met ‘n hoë vleisprys, is skaapboerdery steeds baie winsgewend. Op hierdie stadium is die verhou-

ding 30/70 maar met verbetering van die wolprys kan dit na ‘n optimale verhouding van 40/60 verander.” Japie Marais van Lowmar Dohnes naby Cradock sê mense verkeer onder ‘n wanindruk

dat besproeiingboere se wolproduksie nie deur die droogte geaffekteer word nie. “Ons vee is vanaf Augustus tot einde Oktober op die lande. Dan moet ons mielies plant en die vee moet in die veld wees. Tydens droogte is daar nie veld

nie en kan nie al die lande bewerk word nie. Dit affekteer uit die aard ons ander diversifikasies.” “Toe bek-en-klouseer uitgebreek het, het ons voorspel dat die wolprys gaan val en voorsiening daarvoor in ons begroting gemaak. Van ons vorige veiling na die laaste veiling was daar ‘n daling van 35% in die woltjek, alhoewel ons produksie gegroei het. In ‘n diverse boerderyopset gee die woltjek jou gewoonlik die hupstoot wat jy nodig het. Elke agt maande kry jou kontantvloei ‘n groot inspuiting en as daar ‘n trekker of implemente kort, is dit die bedrag wat dit aankoop. Hierdie jaar, na die 35% kleiner woltjek, stop dit net gate toe en daar is geen kontant vir enige tipe kapitaal aankope nie. “As dit nie was vir die goeie stoorlamprys nie, sou ons vir seker onder kontantvloeidruk verkeer het. Tydens verlede jaar se droogte het ek in Oktober

t

10 OVK NUUS | Desember 2020

Japie Marais van Lowmar Dohnes buite Cradock sê hulle het ‘n verhoging in vleispryse verwag en reeds verlede jaar voorsorg getref om meer lammers te bemark, sou die prys gunstig wees, soos tans die geval is.


en November spesiale aandag aan my ooie gegee, aangesien ons vermoed het die vleispryse gaan styg. Toe die vleisprys wel styg, was ons in staat gestel om meer lammers te bemark en daardeur die tekort, wat deur die wolprys veroorsaak is, in te haal.” Japie en sy pa Philippie het besluit om hul 8 maande skeerprogram te behou. “By ons is die vleis/wol verhouding 75/25 en dit bepaal die bestuur van die stoorlammers. Dohnes lewer meer vleis as wol maar die verhouding is uit die aard afhanklik van markpryse. Skape is die primêre gedeelte van ons boerdery en grootste komponent van ons omset. Dit is ons passie en waarvoor ons lief is. Die voordeel van skape is die tweeledige inkomste en wol is gekoppel aan die dollar.” Oor die toekoms van wol is Japie baie positief. “Sodra ‘n persoon in ‘n hoër inkomstegroep val, is hy meer bewus van wat hy dra. Mense wat van die huis af werk, gaan eerder nou een goeie kledingstuk koop as vier wat goedkoper is. Mense neig ook al hoe meer na natuurlike vesel. Ons is RWS gesertifiseer, want dit maak vir my sin - my pa was voor my RWS gesertifiseer en het R10/kg meer vir sy wol, wat dieselde as myne is, by die vorige veiling gekry. Die kopers heg vir seker waarde aan die sertifikasie.”

Grietha van Rensburg boer met Vleismerino’s naby Sannieshof saam met haar man Louis. “Hierdie tydperk in wol kan vergelyk word met ‘n mielie-misoes. Dit is vir seker nie ‘n toestand wat vir altyd gaan aanhou nie en net soos met mielies, gaan die prys van wol weer styg.” “Wanneer die prys van wol nie so goed is nie, adviseer ek altyd mense om nie hul wol te verwaarloos nie. Koop nog steeds

jou beter ram en hou jou wol beter as standaard. Die prys gaan wel draai en dan is jy gereed om voordeel daaruit te trek. Sommige mense wil sommer na Dorpers of Meatmasters toe oorslaan, want die wol beteken nou nie veel nie. Wanneer die vleisprys weer daal, het jy niks om op terug te val nie.” Grietha sê dat hulle die woltjek as ‘n bonus sien en werk dit glad nie in hul kontantvloei-

p Grietha van Rensburg van Sannieshof raai boere aan om die standaard van hul wol nog steeds hoog te hou ten tye van die swakker wolprys, aangesien dit wel in die toekoms na normale vlakke sal terugkeer. beplanning in nie. “Ek het dit vroeër gebruik om nuwe ramme aan te koop om by nuwe ooie te sit, maar ons was nog nooit afhanklik daarvan nie.” Sy het bygevoeg dat hulle wel die lammers bemark om vir die verlies aan inkomste weens die wolprys voorsiening te maak. Die wolwaarheid het ‘n impak op elke wolprodusent, sommige meer as ander. Indien jou woltjek 40% van jou inkomste uitgemaak het, is daar nou donderwolke op jou plaas en jou kontantvloei, gepaard met die droogte, gaan onder geweldige stremming wees. Daar is gelukkig lig aan die einde van die tonnel. Die laaste veiling het op R144,33 gesluit en die kurwe het ‘n opwaartse neiging. Wol is moontlik weer op pad na sy vorige glorie, wat ‘n sprankie hoop vir produsente behoort te bring.

December 2020 | OVK NEWS 11


FARM VISIT

diversification is the pivot of this farming model

T

he farm was bought in 1948 by Gary’s grandfather and most of the development was done by Gary’s father.The farming is split and Gary is responsible for the finances, pigs and cattle. Michael plants onions and carrots for seed and has pecan nuts and 120 hectares of crops under irrigation. He also manages the merino sheep and angoras. In total they have eight diversifications to manage!

Just outside Graaff-Reinet is the farm Dalham on which third generation farmer Gary Holmes and his son, Michael, are involved with some of the most diverse farming activities I have ever come across on one farm. OVK News went to find out more about this fascinating farming operation.

Gary and his brother, Gavin, and sister Sharon grew up on Dalham. Gary went to Union High in town and matriculated at St Andrews College in Grahamstown. After national service he went to Grootfontein Agricultural College and joined his father on the farm in 1985. His mom started the piggery and over the years Gary decided to modernise the facilities and expand the piggery. “The structure was there but we had to put in non-crushing crates, slatted floors and automated wet/dry feeders.You just cannot farm today with old systems where you could wean 26 piglets per sow - today you need to wean 30 piglets per sow per year. In Denmark they even wean 40 piglets per sow per year!” They market their pigs to a local abattoir in Graaff-Reinet that in turn distributes to a major chain group in the Eastern Cape.“The price increased from R22,00/kg in January to R30,00/kg. Over the period the feeding cost increased by an extra R900 per ton for maize and R3000 per ton for soya. This is placing our profit margins under tremendous pressure “ says Gary. The pigs get balanced rations consisting of maize, soya, wheaten bran with a vitamin and

12 OVK NUUS | Desember 2020

mineral premix.“We feed seven different rations, depending on their age. We produce lean pork and therefore their diet is particularly important.” The weather plays an important role on the farm and the pigs need special care on hot days.“We use fans to circulate the air and sprays to spray

p The piglets are kept in modern farrowing houses up to the age of 5 months, after which they are marketed. The floor is made of plastic, which is easily cleaned. The piglets are fed by means of an automated wet/dry feeding system.

water onto the piglets. When they get hot they just don’t eat. They sweat through their mouths and have to drink a lot of water, so there is a lot of pushing and shoving at the water station. In winter side curtains close automatically and there are heaters for the small ones in the farrowing and weaner houses .”


At 2 200 hectares the farm is relatively small to accommodate all the facets of the activities but Gary says they have to manage everything carefully. “We cannot keep the Angora capaters and have to sell them off once they have been shorn as a young goat at 18 months old. We also only keep twin lambs as replacement ewes. Like all farmers we also have a vermin problem and we cannot move the animals to the veld until they are fully grown, so we have to raise them on the lands. “We farm intensively with Merinos and lamb every two months in small ground camps where we feed them dry lucerne and meal. We shear every eight months.The fall in the wool price is disturbing, but we market our lambs at four months, so we are not as dependent on the wool income as some of the bigger wool producers. Mohair, on the other hand, is still achie-

u

Gary and Evette Holmes got married in 1987 and have two children: Michael, who farms with his father and Chantel, who lives in London.


ving good prices of over R460/kg for kids’ clippings”. Michael followed in his dad’s footsteps and matriculated at the same school in Grahamstown before studying for a year at Stellenbosch. Finding out he is not the biggest academic, he decided to rather join his father in 2011 and is loving every minute of it. After investigating seed cultivation they decided to add it to their diversification. “The onions are planted by hand with the help of a potato planter, in male and female rows on three to six hectares under pivot irrigation.The onions grow stems and when flowering, bees are used to pollinate the female flower.The female flowers, which contain the seed, are then harvested by hand within 10 days. The flowers are dried and processed by a machine to separate the seed according to size. The original planted onion is hollow and worked back into the soil.” They farm commercially with Brangus cattle but due to the size of the farm, only have limited feeding capacity and therefore need to keep stock

numbers low. Half the lucerne under irrigation is used as grazing and the other half is cut on a monthly basis from October to June and then baled. The pigs, sheep and Angoras are farmed on an inten sive scale and stock feed is the biggest expense on the farm.

The pecan nuts will be harvested for the first time next year. Their future plans are to expand the current sixteen hectares of pecans by another 10 hectares. The cost of trees came down from R300 to R100 a tree, which makes it more affordable, but

p The onions are in flower and Michael is holding a stub to demonstrate the size of the flower. Only the female plant will be harvested for their seed. the drip irrigation is very expensive and the project will require a sizeable capital investment. “Our electricity is the second highest expense on the farm, and we will definitely install solar power in phases. We will start at the sheds where we mix the pig food, as they have huge roofs to construct the solar panels onto.” Walking around the farm, one notices how Gary and Michael are using the available land to its full potential. Managing eight different farming components takes an enormous amount of time and skill and you can only have respect and admiration for farmers who give so much of themselves to succeed under challenging circumstances.

t

14 OVK NUUS | Desember 2020

Pollination plays an integral part in seed production and they rent bees to do the tedious work.


OUERRAAD

lees is nie lekker nie - wat nou gemaak?

My hart wil in stukke breek as ’n kind voor my sit en sug met skouers wat hang en oë wat grondwaarts staar … dit is die antwoord op my vraag: “Hou jy van lees?”. ’n Graad 5-dogter lees vlot hardop … maar haar bolip glinster van sweet, terwyl haar handjies papnat wriemel en sy uiteindelik wanhopig opkyk vir ’n knik van goedkeuring. Na afloop van die inperking met aanlyn-, afstands- en/of tuisonderrig, het baie ouers met ’n skok agtergekom dat hulle kinders nie van lees hou nie, dit soms as harde werk beskou, min leesbegrip toon of selfs glad nie kan lees nie!

Elke kind groei; nie almal ontwikkel nie! Een van die betekenisvolste areas van kognitiewe ontwikkeling is persepsie. Om suksesvol te kan leer om te lees op die ouderdom van ses tot sewe jaar, behoort ’n kind oor goeie ouditiewe en visuele persepsie te beskik. Wanneer ’n kind se vermoë om sin te maak van dit wat hy sien en hoor, goed ontwikkel is, kan hy die wêreld rondom hom beter verstaan. Dan word abstrakte letters en syfers eenvoudige en maklike konsepte. Wanneer ’n kind groei, beteken dit eenvoudig hy word langer en ouer. Om te ontwikkel, moet ’n kind nuwe vaardighede aanleer en sy horisonne verbreed. Hierdie ontwikkelingstaak berus primêr by ouers en sekondêr by opvoeders en skole. Die bodige ontwikkelingsvaardighede moet van kleins af speel-

16 OVK NUUS | Desember 2020


speel aangeleer word en vorm die basis waarop suksesvolle akademiese leer en lees berus. Ouditiewe persepsie sluit in: Ouditiewe diskriminasie: Om die verskil tussen “kat” en “vat” te hoor. Speel dit deur soos verskillende diere, vinnig of stadig te beweeg. Speel op musiekinstrumente met verskillende klanke. Ouditiewe analise en sintese: Die vermoë om verskillende klanke uitmekaar te haal en weer bymekaar te sit. Speel “ek sien met my kleine ogies…iets wat begin met ’n ‘s’ (nie ‘es’ nie)”.

Vormkonstantheid: Die vermoë om grootte en vorm waar te neem. Kyk deur fotoalbums en identifiseer verskillende familielede. Visuele opeenvolging: Die vermoë om voorwerpe in volgorde te onthou. Pak patrone: een klippie, een blaar, twee stokkies en onthou die patroon. Visuele sluiting: Die vermoë om die voltooing van ’n prent te herken. Bou saam legkaarte.

Speel dominansie werklik ’n rol? Die brein genereer nie net inligting nie, maar verwerk en prosesseer inligting wat vanaf die sintuie verskaf word. Die vloei van inligting vanaf die oog na die brein kan ’n baie groot impak hê op jou kind se natuurlike, inherente aanleg vir lees. Nie almal is mal oor lees en geneties bedraad om met woorde te toor nie! Dominansie vereis dat wanneer daar twee of meer van iets is,

een altyd sal lei. Dit impliseer dat ons nie net ’n linker- en regterbreindominansie het nie, maar ook ’n dominante oog, oor, hand en voet. ’n Dominante linkeroog word deur die regterbreinhemisfeer beheer, en toon dus dieselfde kenmerke. ’n Kind met linkeroog domi nansie het ’n kreatiewe oog, met ’n voorkeur vir prentjies, kleur en ontwerp. Hulle verkies skerms van televisies, rekenaars en selfone bo die feitelike inligting van boeke. Hulle leer

Ouditiewe opeenvolging: Die vermoë om die klanke te onthou in die volgorde wat dit gehoor is. Speel met verskillende opdragte soos: Staan op. Draai om. Spring vyf keer op een been. Ouditiewe geheue: Om te onthou wat jy gehoor het. Dit sluit kort- en langtermyngeheue in. Speel telefoontjie met ’n geheime telefoonnommer: 2-4-7-1-3. Jou kind moet presies herhaal wat jy gesê het. Ouditiewe sluiting: Die vermoë om die laaste deel van die woord te hoor. Speel “Wat klink soos kat?” Mat! “Wie kom vandag kuier…Ou…” OuPA! Visuele persepsie behels: Visuele diskriminasie: Om verskille en ooreenkomste te kan sien. Kyk uit vir sekere voorwerpe terwyl julle in die kar ry. Soek die grootste boom of bome sonder blare. Visuele geheue: Die vermoë om beelde op te roep – soos met woordherkenning. Steek ’n lekkertjie onder een van drie bekers weg. Skuif die bekers rond. Waar is die lekkertjie nou?

December 2020 | OVK NEWS 17


beter met breinkaarte en grafieke. Kinders met linkeroogdominansie kan snellees doen, maar mis van die detail, inligting en feite. Omdat dit deur die regterbrein beheer word, kan hierdie leerders soms onak kuraat van die bord afskryf, onnodige foute maak en raailees. Die grootste uitdaging van linkeroogdominansie is dat vir hulle die natuurlike leesrigting van regs na links is. Daarom word lees iets wat harde werk is en inspanning vereis. Hierdie leerders kan maklik hulle plek verloor wanneer hulle lees of letters of syfers omkeer. Linkeroogdominansie kan by seuns bydra tot swakker konsentrasie en by meisies verhoogde angs skep. Oogdominansie kan deur middel van ’n Mind Dynamix-breinprofiel bepaal word deur ’n Mind Moves-instrukteur, of deur die meeste arbeidsterapeute. Linkeroogdominansie mag ’n uitdaging bied, maar te danke aan breinplastisiteit kan dit oorkom word.

Moet my kind op ‘n jong ouderdom leer lees? Visie en sig is die heel laaste van die sintuie om te ontwikkel. Die oë is eers in totaliteit ontwikkel op die ouderdom van sewe. Daarom wil ons nie hê dat kleuters gedruk moet word om al op vier jaar met letters en syfers om te gaan nie. Pak die kryte, potlode en werksvelle WEG! Dit maak nie jou kind slimmer as jy hulle vroeër aan lees en skryf blootstel nie. Maak seker dat jou kind eerder ’n goeie sin vir rigting het. Ruimtelike oriëntasie is ’n voorvereiste vir lees. Die vestibulêre stelsel ontwikkel wanneer kinders bollemakiesies maak, op ’n wipmat spring, heen en weer rol en in ’n boom klim. Dit is van kardinale belang dat hierdie sisteem wat soos ’n GPS werk, baie goed ontwikkel is. Dan het jou kind die nodige balans om te kan stilsit, te fokus en te konsentreer. Hy kan sy plek behou wanneer hy lees, omdat middellynkruising en perseptuele vaardighede goed in plek is.

18 OVK NUUS | September 2020

’n Kind se grootmotoriese ontwikkeling moet goed in plek wees, sodat lees met gemak kan plaasvind. Oogbewegings van links na regs word beheer deur sterk kernspiere. Daarom moet ons kleuters baie speel en beweeg, sodat hulle teen die tyd dat hulle skool toe gaan, kan stilsit en regopsit.

Doen moeite om aan te sluit by jul biblioteek en wees op die uitkyk vir oulike kindertydskrifte.

nie lief is vir skoolleesboeke nie, kry boeke oor iets wat hul interesseer soos diere en planete of speurverhale.

Lees in die aande vir jou kinders voor of laat hulle self lees tydens Bybelstudie – dit gee hul selfvertroue ’n hupstoot. As jou kind

Lees moet nie aan kinders gebied word as ’n werk nie, maar moet ontdek word soos ’n geskenk!

Indien jou kind nog baie beweeg, of beweging vermy, swak postuur toon en nie kan stilsit nie, benodig sy spierontwikkeling nog baie aandag om ten einde sy lees te verbeter. Soms is ’n kind se weersin in lees juis nie in die aksie van lees nie, maar dit wat hy benodig om te lees! ’n Ontwikkelingsterapeut kan help om eerder ‘n kind eerder toe te rus met die vaardighede wat hy benodig om te lees, eerder as om net meer lees in te dril, wat dalk die kind kan demotiveer en moedeloos maak.

Plant die saadjie, dat die boompie kan groei! Kinders doen vir seker nie wat ons sê nie, maar boots veel eerder ons aksies en gedrag na. Ouers wat self lees, kweek reeds bewustheid van ’n leeskultuur by kinders.

p Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za


HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT l Topverskaffers aangekondig OVK het onlangs weer die jaar se topverskaffers tydens ‘n geselligheid Ladybrand aangekondig. Die verskaffers moet aan verskeie kriteria voldoen en word deur die 52 takke genomineer, waarna ‘n eliminasie volg om die topverskaffers vir verskeie kategorieë aan te wys. Daar is ook ‘n Verskaffer vir 2020 aangekondig en Total SA (Pty) Ltd was die algehele wenner.

RT Signs is as een van Bemarking en Kommunikasie se Top verskaffers aangewys. Hier staan Christel Basson (Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie), Theresa van der Walt en Sulene Oosthuizen (Skakelbeampte). Oranje Drukkers is as wenner in dié katergorie aangewys.

Agrinet (Edms) Bpk het die Diverse Handelkategorie gewen. Hier staan Charlene le Roux (Aankoper) by Balti Steenkamp, Yollande Brits en Rocky le Roux (Hoofbestuurder: Handel, Meganisasie, Motors en Brandstof)

Falcon Equipment (Pty) Ltd is as wenner aangekondig in die Meganisasie kategorie. Hier ontvang Ruben vd Merwe en Hennie van Romburgh hul trofee van Ockert Esterhuise (Aankoper) en Willie Dietrechsen (Bestuurder: Meganisasie & Motors) en Rocky le Roux (Hoofbestuurder: Handel, Meganisasie, Motors en Brandstof)

20 OVK NUUS | September 2020

Total SA (Pty) Ltd is as Verskaffer van 2020 aangewys. Hierdie gesogte toekenning is oorhandig aan Laurence Schroeder, Nadine Naicker, Raveen Ramchander en Wollie Wolmarans van Total. By hulle staan Stefan Oberholzer (OVK Besturende Direkteur) en Rocky le Roux (Hoofbestuurder: Handel, Meganisasie, Motors en Brandstof)

Santam is as wenner van die Versekeringkategorie aangewys. Hier staan Anton Jordaan (Bestuurder: Versekering) by Armand Joubert en Callie Buitendag, Gary Middelton (Bestuurder: Oesversekering) en Conrad Cronje (Hoofbestuurder: Finansies en Kliëntefinansiering)

Adriaan Ruiters (Aankoper) staan hier by Marcus Nel en Braam Botha van Macsteel Trading (Pty) Ltd wat as Landbou en Verwante Handel se wenner aangewys is.


l HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT Sopnat gholfdag lewer groot pret

Macsteel was hierdie die wenners van die spankompetisie met 112 punte. Hier ontvang Johannes Aggenbach, Rademeyer Ferreira, Riaan van Staden en Barnie Mostert hul wennertrofees van Pieter de Wet (Bestuurder: Aankope en Krediteure)

Die reën het weer hierdie jaar besluit om deel van die dag te wees en menige speler was sopnat na die dag se spel. Vroeg die oggend het die eerste van 172 spelers afgeslaan, maar weens die weer kon ‘n paar van die 43 spanne nie al 18 putjies voltooi nie. Dit het egter nie die geesdrif gedemp nie en daar is feestelik by die klubhuis gekuier. Die doel van die jaarlikse gholfdag is om fondse vir liefdadigheid in te samel en het die Verskaffers van OVK weereens mildelik bygedra om finansiële verligting aan behoeftige organisasies te gee.

September 2020 | OVK NEWS 21


PLAASKUIER

vroueboer se stoet bereik groot hoogtes

O

ns plaaskuier dien ‘n dubbele doel. Die eerste is om met Grietha, wat die eerste vrou is wat vier jaar gelede tot die Raad van die Vleismerino Genootskap verkies is, te gesels oor haar skaapboerdery en die tweede is om meer uit te vind oor die ontwikkeling van veekomponente deur boere in plaas van die tradisionele graanverbouing in Noordwes weens klimaatsverandering. Grietha is van mening dat boere wat uitsluitlik graanverbouing doen, ‘n baie onsekere toekoms tegemoetgaan. Die droër westelike streek, wat tradisioneel veegebied is, is besig om weens klimaatverandering na die ooste en noord-ooste van Noord-Wes te vergroot.“Ons is besig om stadig weg te beweeg van die kommersiële gewassekomponent en plant alreeds 100 hektaar mielies net vir kuilvoer.” Grietha het in Petit grootgeword. Sy is in 1993 met Louis getroud en het plaas toe gekom. Die boerdery het toe uitsluitlik uit ‘n gewassekomponent bestaan. Na ‘n tydperk van kinders grootmaak en deeltydse werk as verteenwoordiger, het sy in 2004 besluit om betrokke te raak op die plaas en het op Louis se aandrang besluit om met skape te boer. “Oom Jan Hattingh, destyds ‘n bekende in die Simmentalergeledere, het ook sy stem bygevoeg en my oortuig. Hy het ‘n stoet gehad en ek koop toe

uGrietha staan by die kampies waarin die ooie en hul pasgebore lammers vir ‘n paar dae gehou word vir maklike hantering en identifisering. Sy gebruik net vroulike arbeiders in haar skaapboerdery.

22 OVK NUUS | Desember 2020

Die stofpad tussen die lande deur eindig op ‘n werf wat ‘n voorbeeld van netheid is. Waens staan in ‘n ry soos tenks wat gereed maak vir oorlog. Drade en hekke staan soos soldate op parade en al wat die lug steur is die gebulk van beeste en die geblêr van skape. Dit is die prentjie van die werfopstal van Grietha en Louis van Rensburg, op die plaas Taaibospan net buite Sannieshof. Sy boer met skape en hy met Bonsmaras en graan.


my eerste 60 ooitjies by hom. Ek het niks geweet van skaapboerdery nie en dit was verskiklik moeilik. Ek het begin lees en navorsing doen en raad van oom Jan gevra. Daar was nie destyds groepe op WhatsApp of Facebook nie en dit het gevoel of ek op ‘n eensame eiland is. “Dit was ‘n baie moeilike leerskool en ek is hoeveel keer gesê: Moenie opgee nie, al gaan dit hoe swaar. Met verloop van tyd het dit beter begin gaan en het ek ontdek dat die skaapboerdery my liefde en passie is. Dinge het in plek begin val maar ek het nog glad nie die moontlikheid van ‘n stoet oorweeg nie.” Grietha het nie om spesifieke redes op die Vleismerino as ras besluit nie, en was maar deur Oom Jan gelei. “Ek het aange-

hou ooie en ramme by hom koop en die stoet so uitgebrei. In hierdie tydperk, so 10 jaar gelede, het ek ‘n versoek van die Indiese gemeenskap gekry om lang- stertlammers groot te maak om deel te wees van hul ‘Eid al Fitr of Festival of Breaking the Fast’ aan die einde van Ramadan.” Volgens Grietha mag die lam glad nie geskend word nie. Daar mag nie ‘n plaatjie in sy oor gesit word nie en die oor mag nie geknip word nie. Die skrotum moet behou word en hy moet ‘n lang stert hê.“Ons het aan die begin so 30 per jaar voorsien en nou is dit al 150 lammers. “Ek het besluit om ‘n ordentlike ram by my kommersiële ooie te sit en koop toe by ‘n veiling in Viljoenskroon ‘n stoetram en twee stoetooie. Ek wou nog steeds nie met ‘n stoet begin nie, maar het met hulle geteel

en daar het verskriklike mooi skape uit hulle gekom. Oom Jan raai my toe aan om ‘n stoet te registreer, waarvan ek niks geweet het nie. Ek moes toe eers weer leer waaroor ‘n stoet gaan en dit was die geboorte van Amulet Vleismerinostoet in 2009. Die riglyne vir ‘n Vleismerinostoet bepaal nie hoeveel ramme en ooie in die stoet moet wees nie, en sy kon toe met haar drie stoetramme, twee stoetooie en kommersiële ooie begin.“Ek het later nog 29 ooie en ‘n ram gekoop en stadig die stoet begin uitbrei. Ek het toe vir my eerste keuringskursus gegaan en die nuutgevonde kennis ‘n tyd lank prakties toegepas.” Ses jaar gelede gebeur toe iets wat Grietha se lewe verander het. “Oom Jan het my kom vra om sy hele stoet oor te neem.

p Grietha en Louis van Rensburg is stelselmatig besig om hul gewasseboerdery na ‘n veeboerdery om te skakel. Die werf is ‘n voorbeeld van Louis se netheid wat ook op ander dele van die plaas weerspieël word.

Ek het nagte wakker gelê om uit te werk hoe ek hierdie 363 ooie wat op my pad gekom het, moet hanteer en waar ek die geld sou kry om vir hulle te betaal. Ek kon hulle akkommodeer, want daar was genoeg krale, waterbakke ens. “Ek vra toe vir oom Jan hoe ek hom gaan betaal, en hy sê toe dat ek ‘n veiling gaan hou! Hy noem toe dat ek sy ramme, wat nou by my is, op die veiling moet aanbied. Hulle moet net

December 2020 | OVK NEWS 23


geklas en gekeur word, maar daar is ten minste 30 tot 35 ramme wat reg is vir ‘n veiling. Met ‘n groot bemarkingveldtog word aangekondig dat ek oom Jan se ramme onder my vaandel aanbied. My eerste produksieveiling met ‘n ander man se skape,” lag sy. “Ek moes heelwat van veilings leer, maar dit was toe baie suksesvol en alles is verkoop. Die Genootskap skryf daarna ‘n groot artikel in hul joernaal oor die oorname van die stoet. Oom Jan skryf toe ook daar hoe hy my dopgehou het, en dat die sukses wat ek met die kommersiële kudde bereik het, hom oortuig het om sy geliefde diere in my sorg te plaas.” Grietha het hierdie jaar haar sesde produksieveiling aangebied en bo-gemiddelde pryse vir haar ramme behaal. Die hoogste prys wat vir ‘n ram betaal is, was R18 000, met 39 ramme teen gemiddeld R13 679, en 14 ooie wat ‘n gemiddeld van R3 942 behaal het. “Ek het in 2017 die eerste ram wat ek self geteel het, teruggehou en op my eie ooie gebruik en hulle gee ongelooflike teelmateriaal. Dit is vir my verskriklik lekker om te sien hoe hierdie ram wat ek geteel het, uit my bloedlyne uit, so suksesvol is. Hierdie jaar kon ek drie van my eie ramme terughou.” Grietha glo daaraan dat die natuur sy eie gang moet gaan en KI of spons glad nie. “As jy eers die natuur uit ‘n dier uithaal, begin jy later ‘n pieperige skaap teel en jy haal haar moedereienskappe uit haar uit. Jy sê eintlik vir ‘n ooi wat nie ‘n moeder wil wees nie, dat sy een sal wees! Ek lam ook nie in ‘n lamskuur nie, maar in kleiner hokkies

u

Louis en Grietha van Rensburg boer sedert 1993 op Taaibospan buite Sannieshof. Sy boer al vir 16 jaar met Vleismerino’s en hy met Bonsmaras. Grietha is die eerste vrou wat op die Raad van die Vleismerino Genootskap dien.

24 OVK NUUS | Desember 2020

in een van my kampe naby die huis om makliker te merk en te weeg vir rekorddoeleindes.” Sy kry baie drielinge wat dan vir sewe tot agt dae in die hokkies bly tot die ooi goed met die lammers gebind het en hulle goed melk drink. Vandaar word hulle in ‘n groter kamp saam met die ander ooie en lammers gesit. Sy het met die vorige lamseisoen 28 drielinge gehad uit 168 ooie met ‘n lampersentasie van 187%!

“‘n Boer in Noord‑Wes wat nie ‘n veevertakking het nie, gaan dit nie maak nie.” Grietha van Rensburg Grietha paar die ramme en ooie vir 35 dae en as ‘n ooi nie gevat het nie, sal na haar geskiedenis gekyk word en as dit byvoorbeeld ‘n jong ooi is, kry sy weer ‘n kans. Solank haar kondisie op standaard is, sal sy die volgende keer maklik vat. Hulle lam in middel November en middel Mei en ouer ooie wat vir geen rede nie vat nie, sal nie weer gebruik word nie. Sy gebruik slegs vroulike arbeiders om met die skape te werk. “Vandat ek met hulle werk,

gaan dinge baie beter. My vrektes is minder en hulle het net ‘n ander oog. As ‘n lam blêr omdat sy honger is sal hulle haar help, waar ‘n man heel moontlik net verby sal stap.“ Daar is geen natuurlike weiding nie, en hul voer bestaan hoofsaaklik uit kuilvoer vir beide die beeste en skape. Hulle het ook klein kampies met soet sorghum (“sugar graze”) beplant as addisionele weiding en laat die diere op mieliereste wei. Hulle werk ook nou saam met ‘n voedingkundige om die korrekte kuilvoermengsels op die regte stadiums aan die onderskeie diere te gee. Grietha se korttermyndoelwit is om haar kudde na 16 jaar se ondervinding te vergroot. “Ek sal graag nog so 300 ooie wil byvoeg. Die infrastruktuur sal dit kan hanteer en daar is niks wat ons kan terughou nie. Ek en Louis is beide besig om ons kuddes uit te brei. Tans sny ons slegs 45 hektaar kuilvoer en dit hou ons deur die hele winter op die getalle wat ons het. Ons kan maklik 5 of 10 hektaar bysny.” Die verandering in klimaat en weersomstandighede speel ‘n

groot rol in hul besluit om die kuddes te vergroot. “Ons normale reënval is tussen 350 en 400 mm per jaar. Gedurende die laaste ses jaar se droogtes was daar bitter min neerslae en ons hoogste reënval in die ses jaar was 168 mm. Dit maak gewasseboerdery feitlik on moontlik. Ons het verlede jaar te laat geplant en dit was ‘n fout. Die plantvenster is daar om ‘n rede en jy kan nie later as 20 Januarie plant nie. Die opbrengs regverdig nie die insetkoste nie.” Hulle is besig om stelselmatig, soos die kontantvloei dit toelaat, minder kommersieel mielies en sonneblom te plant. Hulle het al 50 hektaar omgeskakel na Bloubuffelgras omdat dit baie goed in hul omgewing aard en as alternatief by die kuilvoer gevoeg kan word. “Die soet sorghum plant ons al jare en as dit onder die skape uitgroei met goeie reën, dan kuil ons dit ook.” Hulle plant ook nou meerjarige silk sorghum (Jaffa) as ‘n eksperiment in van die kampe aan. Die beplanning is om al die kampe met meerjarige weiding te beplant om meer koste-effektief te wees. Die “sugar graze”


u

Grietha hou die ooie wat lam, in een van die kampe naby die woonhuis. Sy verduidelik aan Marisa Vorster (OVK Hoofkantoor) hoe hulle gereed maak vir die lamproses.

ryp dood en moet jaarliks herplant word. Hulle reënval laat hulle nie toe om lusern te plant nie, en dit moet aangekoop word as bestanddeel van die kuilvoer. “Kos bly ‘n skaapboer se grootste uitdaging. Hier kom baie mense wat raad oor skaapboerdery vra, en my eerste vraag is: Watter kos het jy of watter kos kan jy produseer? Dit is maklik om 200 ooie te koop, maar nie so maklik om hulle gesond te voer nie. Besluit eers oor jou kos en hoeveel jy moet inkoop, en dan oor die getalle,” verduidelik Grietha. Volgens haar is hulle nou redelik teen ‘n droogte verskans. “Ons gaan nog steeds ons mielies plant en ons kuilvoer sny. Ons

pas vogbestuur toe by die plant van die gewasse. Deur slegs ‘n stand van 12 000 mielies per hektaar te plant, kan ons klaar 1,8 ton oes met die reën wat ons gehad het. Ons plant ‘n lang groeier omdat dit jou ‘n bietjie meer speling gee om kuilvoer te sny terwyl jy die ander lande stroop.”

Ons gesels verder in Grietha se kombuis en wat ‘n mens opval, is die passievolle wyse waarop sy oor hul boerdery gesels. Die skaapboerdery is haar fokus en sy is altyd bereid om haar kennis wat sy oor 16 jaar opgedoen het, met ander te deel. Dit is duidelik dat sy en Louis reeds oor hul toekoms besluit het, en

nie weer hul lot aan die klimaat oorlaat nie. Dat boerderypraktyke in Noord-Wes verander, is geen twyfel nie. Waaroor ons wel kan twyfel, of daar vervangingslande vir gewasse in die ooste ontwikkel kan word. Voedselsekerheid kan dalk oor twintig jaar nie meer gewaarborg word nie!


DIERESORG

dieregesondheid in die somermaande

Dis heerlik om weer aan ons lesers te skryf en dit na welkome vroeë somerreën. Met ’n normale seisoen in die vooruitsig, sal siektepatrone waarskynlik anders wees as die afgelope paar jaar.

Beeste Ek gee ’n kort samevatting van belangrike entings wat in die vorige uitgawe bespreek is: Indien nog nie geënt nie, moet beeste nou of in die volgende 2-3 maande geënt word teen 3-dae-stywesiekte, knopvelsiekte, spons-, milt- en lamsiek. Knopvelsiekte en 3-dae-stywesiekte is beide insekoordraagbare virusse. Die siektes kom hoofsaaklik in die herfsmaande voor en dit is normaalweg ’n groter probleem in nat jare a.g.v.

verhoogde insekpopulasies. Met die vroeë reën, kan voorspel word dat die siektes die komende seisoen ’n probleem kan wees indien die huidige reënpatroon voortduur. Sponssiek-enting is uiters belangrik. Met die kalfseisoen wat einde se kant toe staan, moet kalwers binne die volgende 3 maande hul eerste sponssiekenting kry met ’n skraagdosis ’n maand later. In gevalle waar koeie ’n maand voor kalwing geënt is, kan die enting op die kalwers later gedoen word aangesien die kalf goeie immuniteit van die koei sou kry. Dit word egter steeds aanbeveel dat die kalwers voor speen geënt word. ’n Kombinasie-entstof word aanbeveel, wat verskeie Clostridiumstamme dek (dit sluit klem-indie-kaak en rooiderm in). Daar kan gelyktydig vir milt- en lamsiek geënt word. Enting teen

die twee siektes kan enige tyd van die jaar gedoen word. Dis raadsaam om nie hierdie entstof in kombinasie met sponssiek-entstof toe te dien nie. Die dekseisoen is op hande of het reeds begin in baie kuddes. Teen die tyd behoort die bulle getoets te wees vir vrugbaarheid asook geslagsiektes. Kuddes waar geslagsiektes ’n probleem is, behoort reeds geënt te wees, of enting moet onmiddellik teen die spesifieke siekte gedoen word. Siektes hier ter sprake is Trichomonas en Vibriose. Beide bulle en koeie kan met ’n multimineraal en -vitamien gespuit word om vrugbaarheid te bevorder. Bosluisladings is tans baie hoog en dit is raadsaam om nou reeds goeie bosluisbeheer toe te pas. Anaplasmose-uitbrekings

Dr Dedré Nel - Excelsior is reeds in die laaste maand bevestig. Dit is goeie praktyk om na die winter ’n produk te gebruik wat uitwendige sowel as inwendige parasiete dood. Diarree duur steeds voort in ons kalwers soos die afgelope paar jaar gesien. Boere word gemaan om te let op uitbrekings. Skakel met u veearts vir voorkoming en beheer.

Skape Haarwurm is weereens een van ons eerste probleme die seisoen. Daar was reeds kuddes met hoë besmettings voor die aanvang van die reën. Haarwurm floreer in nat toestande; dus word aanbeveel dat mismonsters op ‘n gereelde basis geneem word om verliese te voorkom deur vinnige optrede teen die wurms. Waar van ’n lentelamseisoen gebruik gemaak word, moet lammers vir lintwurm gedoseer word. Lammers sal ook nou hul eerste inentings kry. Maak gebruik van ’n kombinasie-entstof teen bloednier, longontsteking, klem-in-die-kaak, ens. Skraag na ’n maand. Indien daar nog nie teen bloutong geënt is nie, is dit belangrik

26 OVK NUUS | September 2020


om die entings binne die volgende maand of twee te doen. Bloutonggevalle is normaalweg hoër in ‘n nat seisoen a.g.v. hoër muggie-populasies, wat die draers van die virus is. Ent teen slenkdalkoors. Nie-dragtige diere en lammers kan met lewendige entstof geënt word. Dit is ’n eenmalige enting en hou lewenslank. Dragtige diere kan met dooie entstof geënt word indien hulle nie vroeër met lewendige entstof geënt is nie. Dit moet egter jaarliks herhaal word. Diarree blyk steeds ’n probleem te wees soos gesien in die laaste

paar jaar. Bespreek voorkoming en beheer met u veearts. Herfslamseisoen: Ramme moet getoets word vir vrugbaarheid. Spuit ramme sowel as ooie met ’n multimineraal- en vitamienaanvulling vir optimale vrugbaarheid. Ooie kan twee weke voor die aanvang van die dekseisoen prikkelvoeding kry. Hou aan met prikkelvoeding tot minstens drie weke in die dekseisoen. Ooie moet dan op goeie voeding wees. Hiermee groet ek tot volgende keer.


STOET VAN DIE JAAR

jongboer wen toptoekenning

Die LNR het Bloodline Boran onlangs as hul “Verbeteringskudde van die Jaar” aangekondig. Hierdie prestigetoekenning het jongboer Zippo Lamprecht, teler van Dewetsdorp, te beurt geval. Met sy gepaste slagspreuk “Deel die kudde”, is die aankondiging net voor sy 2de produksieveiling gemaak. Hierdie gesogte toekenning is die grootste lof wat die nederige Zippo kon toeval. “Dit is die belangrikste toekenning wat ‘n

28 OVK NUUS | Desember 2020

teler moontlik kan ontvang. Al die genootskappe word genader en telers van alle vleisbeesrasse ontvang ‘n inskrywingsvorm. Faktore wat geëvalueer word, is die prestasie van die kudde, asook die betrokkenheid van die teler in sy genootskap en landbou-omgewing. Dit sluit aktiwiteite soos kursusse wat aangebied word en jou betrokkenheid by opkomende boere in.” Zippo het in Ladybrand grootgeword en vandat hy vyf jaar oud was, het hy geweet hy wil ‘n stoetboer word. Hy matrikuleer aan die Jacobsdal Landbouskool en voltooi sy B.Agic. studies by Kovsies, waarna hy in 2011 voltyds op die plaas

Mijnhartsrus, 50km suid van Dewetsdorp, as vyfdegenerasieboer begin boer. “Ek was nege toe ek in Ermelo vir die eerste keer ‘n Boran gesien het. Op veertien jaar, in 2004, koop ek toe my eerste Boranbul wat van Zambië ingevoer was en dit was die geboorte van die Bloodline Boranstoet. Ek het hulle aan die begin met Ngunikoeie gekruis, maar ook suiwer beeste aangekoop. “Ek boer so ekstensief as moontlik met die stoet en gee minimum lek. Die Boran is uiters gehard. Tydens die droogte het ek ekstra veld gehuur en was dit nie nodig om die kudde te verklein nie.” Hy verduidelik dat

die drakrag vir die omgewing sewe hektaar per groot veeeenheid is, maar hulle is heelwat swaarder op drie hektaar per GVE. Beesboere is maar eintlik veldboere en die bestuur van die veld is noodsaaklik. Adriaan, Zippo se pa, verduidelik dat hulle meer veld skep as wat hulle beeste het. “Ons gebruik kleiner kampe van so 40 hektaar waarop nagenoeg 100 beeste vir 30 dae intensief wei. Ons wissel dan die kampe af en bewei nie weer dieselfde kamp binne 90 dae nie. “Die hoewe breek die kors en die water en mis van die beeste word ingewerk en is baie goeie


bemesting. Ons laat die rooigras tot so vyf of ses blare groei en dan laat ons die beeste dit afvreet tot twee blare. Hierdie reën wat ons tans ontvang, bepaal hoe ons weiding in Februarie gaan wees. Die stelsel wat ons volg, waarsku jou vier maande voor die tyd indien jy ‘n tekort aan weiding gaan hê, en jy kan dan voorsorg tref deur ekstra lande te huur.” Bulkalwers wat Zippo beoog om in die kudde te behou, gaan deur ‘n fase van keuring voordat hulle opgeneem word. “Die kalwers wat op speen ouderdom nie geskik is om in die kudde bly nie, word verkoop of gaan voerkraal toe. Die groep bulletjies wat agterbly, gaan

deur ‘n fase D- en veldbultoets waar hulle getoets word vir verskeie eienskappe. Na die toets word die swakker bulle uitgegooi en voerkraal toe gestuur. Die bulle word dus op speen, 12 en 18 maande gekeur voor hulle deel van die Bloodline stoet word.” Zippo hou sy 2de produksieveiling op 13 Februarie in Dewetsdorp, waar hy selektiewe en fase C & D veldgetoetste bulle en 120 stoet en kommersiële vroulike Borans aanbied. “My eerste veiling was ‘n internetveiling, so hierdie sal my eerste veiling wees waar kopers teenwoordig is. Ek was nog altyd net ‘n gasverkoper so ek is goed op my senuwees. Dit is iets nuuts

vir my maar ek is baie positief oor die diere wat ons aanbied want dit is diere waarby enige boer sal baat.” Die groei van die Bloodline Boranstoet is vir Zippo belangrik. “Jy moet nooit stagneer nie en daar is nie ‘n plafon nie. Ek gaan nie afwyk van wat ek nou doen nie, want dit werk en met die seleksie wat ons doen verbeter die kudde die heeltyd met meetbare eienskappe soos melkproduksie, groei en vrugbaarheid. Ek probeer met tegnologie bybly en is betrokke by genomikaprojekte waar ons met DNA sekere eienskappe kan identifiseer.” As jongboer sê Zippo hy steur hom nie aan die lawaai daar

buite nie. “As jy eers daarby betrokke raak, gaan hulle jou passie vernietig en jy gaan moed verloor en jou die heeldag sit en bekommer. Ek steur my nie aan goed wat ek nie kan verander nie.” Dit is verbasend dat hierdie merkwaardige jongman op 30jarige ouderdom reeds die hoogste toekenning ontvang het wat ‘n teler kan bekom. Hy praat soos ‘n ervare teler, maar dan besef jy dit is wat hy al vanaf die ouderdom van 14 jaar doen, so lank as die meeste gesoute telers. Hy het nou reeds al die bestaande pryse en toekennings in die bedryf ingepalm. Is hy moontlik bestem om die nuwe superbees te teel? Net die tyd sal leer.


INFORMATION DAY

upcoming farmers attend info day

A

ccording to Hannetjie Human, co-ordinator and benefactor of the Farmer’s Association, the need for knowledge was the major reason for organising the information day.“The 14 farmers have been farming for 26 years and between them own 600 head of cattle, mostly Bonsmaras. The health of their animals is their main priority and we appreciate it that companies such as OVK, Afrivet, Antrovet, Voermol and Agrinet are prepared to participate in the day and give educational talks.”

Upcoming farmers from the Kaallaagte Farmers’ Association recently attended an information day in Lindley. Suppliers of OVK gave educational talks and explained their products to the farmers who were in full attendance.

Hannetjie and her husband Henk are also cattle farmers in Kaallaagte. She organises regular meetings to discuss topics such as fire breaks and general animal health concerns. Accor-

q Various animal health companies presented their products and gave educational talks during the information day partly sponsored by OVK.

ding to Afrivet there are seven million head of cattle in the hands of communal farmers

with a value of over R70 billion. This is a massive market that can be developed.

p The information day was held in Lindley and attended by upcoming farmers from the Kaallaagte Farmers’ Association. At the back is PM Swart, Louwtjie Steyn, Gerrit Grobbelaar, Fanie Mashinini and Hannetjie Human and in front Estelle Steyn, Joseph Khagheli (Chairman), Me. Sithole, Me. Mashinini and Jacob Tsiu. The Kaallaagte Farmers’ Association participated in an auction in Paul Roux but would like to organise their own. “They do not understand in what condition an animal must be to fetch a good price and we do a lot of training in that regard. Financing is certainly their biggest challenge and although they received various forms of assistance from the government, it is not enough to guarantee sustainability,” says Hannetjie.

30 OVK NUUS | Desember 2020


KUDDEBESTUUR

seleksiedoelwitte om winsgewendheid te verhoog: geskryf deur Wicus Jacobs

Toepassing van seleksiedoelwitte om die winsgewendheid van wolskaapboerdery te verhoog - ’n SuidVrystaat perspektief Die effektiwiteit van teeltprogramme steun swaar op die bestuur van die raakvlakke en vloei van inligting tussen (1) die oorhoofse strategiese plan van ’n wolskaapboerdery en (2) die tipe produksiestelsel waarop besluit is. Verder stel die fisiese, ekonomiese en maatskaplike omgewing die parameters waarbinne boerderye opereer (Kluyts, J.F., Neser, F.W.C., & Bradfield. M.J., 2003). Die strategiese doel van die wolskaapboerdery bepaal ook die struktuur van ’n teeltprogram. Djemali & Wrigley (2000), maar veral Hammond, K. (1991), in die formulering van die sogenaamde “Modern Breeding Approach”, wys daarop dat ’n doelmatige teelbeleid die volgende aspekte in ag behoort te neem: l Strategiese beplanning van die betrokke wolskaapboerdery l Ekonomiese faktore wat bydra tot die winsgewendheid van wolskaapboerdery; l Beperkende faktore van die fisiese en sosio-ekonomiese omgewing waarbinne geproduseer word l Produksiestelsel waarop besluit word l Keuse van toepaslike se leksiemaatstawwe en die fenotipiese en genetiese parameters wat geld l Ontwerp van ’n teelprogram waarbinne die “beste” diere geselekteer en gepaar kan word. Die doel van hierdie artikel is om eerstens die ekonomiese drywers wat die winsgewendheid van wolskaapboerdery in

32 OVK NUUS | Desember 2020

die Suid-Vrystaat bepaal, in volgorde van belangrikheid uiteen te sit. Tweedens word die toepassing van teeltdoelwitte uiteengesit. Derdens word die aanwending van die Dohne Merino seleksie-indeks in die Suid-Vrystaat gestel. Vierdens word die toepaslike gebruik van genetiese korrelasies binne die Dohne Merinoras aangespreek. Ekonomiese drywers wat bydra tot die winsgewendheid van wolskaapboerdery Die maksimering van wins moet volgens Kluyts, et al. (2003) die doel van enige teeltprogram wees. Daarom moet ’n goedgeformuleerde teeltbeleid eienskappe verbeter wat ekonomies voordelig is. Beide die inkomsteen uitgawekant moet dus verreken word. Die relatiewe oorerflikheid van die geïdentifiseerde eienskap het ’n beduidende invloed op hoe vinnig teeltvordering sal plaasvind. Die bruto marge (BM) van ‘n wolskaapboerdery Volgens Louw (2017) word die bruto marge (BM) van ’n wolskaapboerdery bereken deur die volgende vergelyking: Bruto produksiewaarde (BPW) min direk allokeerbare veranderlike koste (DAVK). Die BPW van ’n lewendehawevertakking is die totale waarde van produksie van lewendehaweprodukte plus kapitaalverandering van die lewendehawevertakking. Die BM van ‘n vertakking is die vertakking se BPW minus die direk allokeerbare veranderlike koste (DAVK). Bruto Marge (BM) per hektaar: Relatiewe bydrae van wol en vleis Vir die wolskaapprodusent in die Suid-Vrystaat is die enigste twee inkomstebronne wol en vleis. Tabel 1 toon die wol/vleis inkomsteverhouding van die wolskaapstudiegroep in die

Dewetsdorpomgewing. Hierdie resultate (Tabel 1) bevestig dat die produksie van vleis die belangrikste drywer is wat direk bydra tot ‘n gunstige BM. Reproduksie lewer ’n direkte bydrae tot die produkinkomste (wol) sowel as tot die handels inkomste (vee- en vleisverhandeling). Reproduksie (lam% en speen%) is noodwendig die grootste drywer van vleisproduksie per ha. Die studiegroepresultate bevestig terselfdertyd dat die hoogste BM gerealiseer word deur wolskaapkuddes met ’n vleis/wol inkomste van 80/20%. Geyer, A. (2009) bevestig die belangrikheid van vleisproduksie uit ’n wolskaapboerdery en beklemtoon dat vleisproduksie grootliks bepaal word deur die lam% en speen%. Die BM resultate van 38 produsente, wat aan 12 studiegroepe landswyd, deelneem lei tot die gevolgtrekking dat: l produsente met die hoogste vleis/wol inkomsteverhouding (8090%) die hoogste BM realiseer en produsente met die laagste vleis/wol inkomsteverhouding (4050%) die laagste BM realiseer; l daar ’n 134% verskil in BM is tussen produsente wat 8090% vleisinkomste handhaaf teenoor die met ’n 4050% inkomsteverhouding; l die lae vleis/wol inkomsteverhoudinggroep (40-50%) die direkte gevolg is van lae reproduksie en/of bestuursprobleme (omgewingsfaktore); en l alhoewel prys altyd ’n bepalende faktor in die ekonomie van wolskaapboerdery is, reproduksie indirek die inkomste bepaal. (Geyer, A., 2009) Die bevindinge oor die Dewetsdorp Studiegroep strook grootliks met dié van Geyer, A. (2009)

naamlik dat reproduksie die belangrikste drywer van BM is. Bydrae van wol per hektaar. Volgens Geyer, A., (2014), dra wol ± 30% by tot die handelsinkomste van die Suid- Afrikaanse wolskaapboer. Om die mededingendheid van wol op die internasionale mark te verseker, moet die wolprodusent nie toegee ten opsigte van die wolkwaliteit nie. Analises uit die studiegroepe bewys dat goeie gehalte wol beter pryse realiseer. McMaster (2000) stel dit dat veseldikte die belangrikste prysbepaler van wol per kilogram is. Deur veseldikte te verlaag word die eenheids waarde van wol verhoog met gevolglike hoër pryspremies per kilogram en hoër BM’s. Geyer (2014) meld dat wolproduksie die risiko van wolskaap pro duksie verlaag omrede wol en vleis vir verskil lende markte geproduseer word. Produksie van die regte hoeveelheid kwaliteitwol is dus die tweede drywer van ’n gunstige BM vir die wolskaapprodusent. Bestuur en beheer van DAVK van die wolskaapbedryfstak Die wolskaapprodusent verkeer in ’n finansiële kosteknyptang. Insetpryse neem oor tyd vinniger toe as produkpryse. Die druk op die produsent om voortdurend meer produktief te produseer, word dus verhoog. Geyer, A. (2007) dui in sy analise van nege studiegroepe aan dat die grootste DAVK items veevoer (42%), dieregesondheid (22%) en losarbeid (13%) is. Die veranderlike kosteverhouding (VKV) gee ’n aanduiding van die produktiwiteit van aanwending van veranderlike kosteitems en word uitgedruk volgens veranderlike koste (DAVK) as ’n persentasie van BPW. VKV beloop gemiddeld 15,64% vir hierdie studiegroepe en verskaf ’n aanduiding van doelmatige


Table 1: Produksieinkomsteverhouding in die DeWetsdorpdistrik Wolskape

Dohne Merino

Wol

Vleis

Wol

Vleis

42%

58%

28%

72%

Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008).

Tabel 2: Wolproduksie- en reproduksiedata van deelnemers aan die Dewetsdorp Studiegroep gedurende die 2008 finansiële jaar Wolskape

Dohne Merino

Gem wolprod/skaap

3,54kg

4,03kg

Gem wolprys/kg

R26,52

R34,95

Lam %

86,21%

109,14%

Speen %

81,61%

101,21%

Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008).

Table 3: DAVK, per kilogram wol geproduseer en die bruto marge per ha. van die Dewetsdorp Studiegroep gedurende die 2008 finansiële jaar. Wolskape

Dohne Merino

R/pg: DAVK

R26,08

R34,87

BM/ha

R172,00

R374,33

Bron: Studiegroepresultate: Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens (2008). voorraadbeheer en kontrole. Dit dui ook aan of die bestuurstelsel, wat inligting rondom voedingsprogramme, dieregesondheid en ander produksieprogramme prosesseer, voldoende is.

Teeltdoelwitte Teeltdoelwit 1. Optimalisering van vleisproduksie per hektaar Seleksie vir reproduksie Reproduksie word gedefinieer as ’n funksie van vrugbaarheid en fekunditeit (laag oorerflik 10% - 30%), goeie moedereienskappe en lamoorlewing (laag oorerflik 10 - 15%) vir die doel van hierdie artikel. Die oorerflikheid van reproduksie is relatief laag aangesien omgewingsfaktore en bestuur die grootste ïnvloed hierop het. Die oorerf-

likheid van konsepsie met eerste siklus (medium hoog ± 15 20%) en meerlinge (medium hoog ± 20 - 25%) kan gebruik word om vir hoër reproduksie te selekteer (Delport, G.J., 2018). Seleksie vir gehardheid en aanpasbaarheid Seleksie vir gehardheid en aanpasbaarheid is waarskynlik die mees onderskatte oogmerk in wolskaapboerdery. Aangepaste diere verlang minder insette (DAVK) en is bevorderlik vir die verhoging van reproduksie. Binne die Dohne Merinoras word WPP% (wolpro duksiepotensiaal) as indikator van aanpasbaarheid gebruik. WPP% is die gemiddelde skoonvagmassa van die kudde uitgedruk as ’n persentasie van gemid-

delde 12 maande liggaamsmassa. ’n WPP% van tussen 4% en 6% word as optimaal beskou (McMaster, 2000). Kuddes wat binne ’n WPP% van 4 - 6% val, presteer beter met hoër BM’s (McMaster, 2000). Vagmassa is medium oorerflik (29%) Delport, et al (1994) en verhoging van wolproduksie wat verhoudelik tot vleisproduksie meer voer vereis, verlaag BM en aanpasbaarheid. Seleksie vir lamgroei Lamgroei is die resultaat van die genetiese groeivermoë van die lam (WD speen direk) plus die genetiese vermoë van die ooi om lam/mers goed groot te maak (WM speen maternaal). Die maternale bydrae van die ooi sluit melkproduksie

en moederseienskappe in. Lamgroei is laag tot medium oorerflik (10 - 20%). Seleksiemaatstawwe vir reproduksie: l Skot alle ooie uit wat nie ’n lam speen nie l Selekteer ooie wat in hul eerste siklus bevrug raak l Selekteer ooie wat twee lammers, teen bogemiddelde indekse, speen l Selekteer teelramme, met ’n voldoende skrotumomtrek l Selekteer teelramme uit moederlyne met bogemiddelde reproduksie l Selekteer ooie met die hoogste moontlike ooiproduktiwiteitsindeks (OPI) l Moniteer WPP% en hou dit

December 2020 | OVK NEWS 33


binne die optimum van 4 6% l Selekteer vir vroegryp, mediumgrootte diere met goeie kondisie regdeur die jaar l Gebruik ramme uit jou omgewing en verkieslik groepteeltskemas BLUP as hulpmiddel om vleisproduksie per hektaar te optimaliseer l Gebruik die voorspelde teelwaarde (VTW) vir persentasie lammers gespeen per ooi gelam, aangedui as totale gewig gespeen (TWW) om direk vir ’n hoër speen% te selekteer. l VTW vir WD (speen direk) en WM (speen maternaal) moet in kombinasie beoordeel word. Volgens Olivier, JJ (2018) moet WM nie uitermate verhoog word nie omrede dit die ooi se vermoë om die kondisietelling wat nodig is vir herbesetting te bereik, mag benadeel. Melkbeeste is ’n goeie voorbeeld hiervan. Melkkoeie lewer baie melk maar raak moeilik herbeset. l Die hoë positiewe korrelasie tussen 12 maande liggaamsgewig (LM) en gewig met eerste paring asook herbesetting na eerste lamming en bereiking van die verlangde kondisietelling, onderstreep die belang van seleksie vir liggaamsgewig. Hoër liggaamsgewig impliseer egter ook hoër onderhoudbehoeftes en daar moet gewaak word teen te hoë liggaamsgewig onder Suid-Vrystaatse veldtoestande. Teeltdoelwit 2. Optimalisering van wolproduksie per hektaar Gebruik ramme en ooie met VTW vir skoonvagmassa (SVM) wat sal verseker dat hul nageslag aan die verlangde WPP% voldoen. Wees versigtig om stoetramme net op Algemene Meriete (AM) op ranglyste te selekteer. Ramme met hoë VTW vir SVM maar lae VTW vir LM en WD is waarskynlik nie dié wat maksimaal gaan bydra tot hoër

34 OVK NUUS | Desember 2020

vleisproduksie per hektaar in die Suid-Vrystaat nie. Optimale prys per kilogram wol Veseldikte is negatief gekorreleerd met die treksterkte van die wol. Dit is dus vanselfsprekend dat wolprodusente in die Suid-Vrystaat, met sy ongenaakbare winters en periodieke droogtes, nie moet konsentreer op uitermatige fyn wol nie. Seleksiemaatstawwe: l Selekteer vir visuele wolkenmerke insluitend kwaliteit, stapellengte witkleur en kort verweerde tip l Selekteer teelramme met ’n medium veseldikte wol BLUP as hulpmiddel om wolopbrengs per hektaar te optimaliseer l Gebruik die VTW vir SVM en VD om vir die verlangde wolhoeveelheid en mikron te selekteer. Teeltdoelwit 3. Die bestuur en beheer van DAVK van die wolskaapbedryfstak Wolskaapprodusente moet die interaksie tussen genotipe en omgewingsfaktore (G x E) verstaan ten einde op die beste diereproduksiestelsel te kan besluit en daarna diere te selekteer wat optimaal in die stelsel produseer. Die verskille tussen vaars, soverre dit die genetiese doeltreffendheid van hul nageslag betref om in verskillende omgewings te presteer, word toegeskryf aan G x E interaksies. Genetiese evaluasie van vaars en hulle nageslag in een enkele omgewing, verskaf nie ’n klinkklare antwoord oor hoe dieselfde diere se nageslag in ander omgewings sal presteer nie. In intensiewe produksiestelsels sal die ideale genotipe die diere wees wat die meeste produksie lewer teen maksimum energieinsette. Binne intensiewe produksiestelsels is siektebeheer ’n al hoe groter uitdaging. Meer insette is nodig om siektes te beheer en om aan voedingsbehoeftes te voldoen met ’n gevolglik hoër DAVK wat weer druk plaas op die BM. Om dieselfde BM as onder semiintensiewe toestande met ‘n

speen% van 90% te bereik moet ’n speen% van minstens 120% in ’n meer intensiewe produksiestelsel gerealiseer word (Jacobs, W. (2019). Onder semi-intensiewe produksiestelsels, soos wat in die SuidVrystaat voorkom, sal die optimale genotipe die diere wees wat matige hoë produksie lewer teen ietwat beperkte energie insette (Rashid, M.M., Hoque, M.A., Huque, K.S. & Bhuiyan, A.K.F.H., 2016). G x E interaksie word weerspieël in die DAVK wat grootliks die uitgawekant verteenwoordig in die berekening van BM. Vir ’n verbetering van die BM is dit noodsaaklik dat die DAVK beheer en bestuur word. Die goedkoopste manier om DAVK te verlaag is om op ’n gepaste produksiestelsel te besluit en dan vir aangepaste diere vir daar die produksiestelsel te selekteer. Die duurste manier is om produksie te koop vir onaangepaste diere. Seleksiemaatstaf: Gebruik die Veranderlike Kosteverhouding (VKV) om te bepaal of daar teen die optimale punt geproduseer word. Seleksie-indeks vir individuele diere binne ’n kudde Volgens Kluyts, et al (2003) kan ’n seleksie-indeks (SI) vir elke dier binne ’n spesifieke kudde bereken word. Diere word dan volgens hul SI in rangorde geplaas en geselekteer. Die formule vir die berekening van die SI is: SI = genetiese(ko)-variansie x fenotipiese (ko)-variansie x REW x Eienskapsprestasie. Waar: SI = seleksie indeks; genetiese (ko)-variansie dui op genetiese korrelasies en oorerflikheid; fenotipiese (ko)-variansie dui op fenotipiese korrelasies en verskille; REW = Relatiewe ekonomiese waarde; en Eienskapsprestasie = meting op die dier, bv. speenpersentasie. ’n Tipiese wolskaapboerdery in die Suid Vrystaat se diere se seleksie-indeks (SI) behoort wegingsfaktore te hê wat die klem elke kenmerk as volg stel: Wolproduksie (WPP%) 30%, Speenpersentasie 30%, Speengewig 30% en Veseldikte 10%.

Genetiese korrelasies binne die Dohne Merinoras Bradfield, M., (2016) beskryf ’n genetiese korrelasie as die mate waartoe seleksie vir een eienskap die ander eienskappe beinvloed. Statisties kan dit tussen +1,00 en - 1,00 wissel. Swanepoel, J.W., (2006) bevind dat die genetiese korrelasie tussen LM en SVM binne die Dohne Merinoras laag is (0,050 ± 0,026) en seleksie vir hoër LM, sal nie SVM noemenswaardig verhoog nie. Volgens Swanepoel, (2006) is daar ook ’n lae genetiese korrelasie tussen LM en VD. Dit beteken dat VD nie grootliks benadeel sal word indien vir hoër LM geselekteer word nie. Swanepoel, (2006) rapporteer wel ’n positiewe genetiese korrelasie tussen VD en SVM (0,139 ±0,021). Dit beteken dat seleksie vir hoër SVM, sonder inagneming van VD, tot ’n effense toename in veseldikte sal lei. Die direkte genetiese korrelasies tussen LM, SVM en VD is positief en seleksie vir groter, swaarder wolskape sal veseldikte en skoonvagmassa effens verhoog. Daarom moet gewaak word dat WPP%, en aanpasbaarheid daaronder ly nie. Volgens Delport, (2018) is die positiewe korrelasie tussen groeitempo van lammers en 12 maande liggaamsgewig hoër as 90%. Dit veroorsaak dat seleksie vir lammers wat vinnig groei, die 12 maande liggaamsgewig verhoog. Hoë volwasse liggaamsgewig mag indirek weer aanpasbaarheid en BM affekteer. Die speen maternale komponent van groeitempo is laag oorerflik (moontlik < 5%) en ook laag gekorreleerd met LM, SVM en VD. Met akkurate teelt waarde-evaluasie mag dit egter die moeite werd wees om dit in ’n teeltdoelwit in te sluit (Delport, 2018). SAMEVATTING Verandering kan net met ingrepe deur mense teweeggebring word. Die verbetering in die bruto marge van wolskaapboerderye is dus grootliks


in die hande van die mense wat by die teeltbedryf betrokke is. Mense, soos hul kuddes, beskik oor die nodige vermoëns en prestasies. Anders as skape, beskik mense oor verstand en intelligensie. Betrokkenes by die teeltbedryf kan deur deeglike formulering en implementering van teeldoelwitte die prestasie van wolskaapkuddes aansienlik verbeter. Sodoende kan ‘n bydrae gelewer word tot hoër individuele bruto marges en ‘n meer produktiewe nasionale wolskaapbedryf. Lys van afkortings AM Algemene Meriete BLUP Beste Liniêre Onsydige Voorspelling BM Bruto Marge BPW Bruto Produksiewaarde DAVK Direk Allokeerbare Veranderlike Koste G x E Genotipe versus Omgewingsinteraksie SI Seleksie Indeks LG Liggaamsgewig OPI Ooi Produktiwiteitsindeks RSA Republiek van SuidAfrika

REW

Relatiewe Ekonomiese waarde SVM Skoonvagmassa TWW Totale Massa Gespeen VD Veseldikte VK Veranderlike Koste VKV Veranderde Kosteverhouding VTW Voorspelde Teelwaarde WPP% Wolproduksiepotensiaal Persentasie WD Speen Direk WM Speen maternaal Bronnelys Bradfield, M. Veeteelt : Benut genomika so in vleisbedryf. Landbouweekblad, Vrydag 13 Mei 2016, p.46. Delport, G.P. & Botha, A.F. A genetic evaluation of the Dohne Merino breed in South Africa. 1994. Delport, K. Persoonlike mededeling. 2018, Dohne Merino Handleiding, 2010. Djemali, M & Wrigley, J. Tailoring genetic improvement to meet the overall livestock development objective. Proc. 7th Wrld. Cong. Genct. Appl. Livest. Prod., Montpellier, France. 2000.

Dr. J van den Berg. Glen. 1995. Fourie, A.J. Intensivering van wolskape in perspektief.Dohne Merino Joernaal. 2015. Geyer, A. The role of meat production in the wool sheep industry. Merino SA. The official Journal. 2009. Geyer, A. Merino economic overview for the past decade (2003 – 2013). Merino SA. The official Journal. 2014. Geyer, A. ‘n Oorsig van die Merino Studiegroepresultate. Merino SA. Die amptelike Joernaal. 2007. Hammond, K. Performance recording from ratios to BLUP. 1991. Jacobs, C. Persoonlike mededeling. 2010. Jacobs, W. Persoonlike berekeninge. 2019. Kluyts, J.F., Neser, F.W.C., & Bradfield. M.J. Development of breeding objectives for beef cattle breeding: Derivation of economic values. 2003 Louw, A., van Zyl, J., Kirsten, J.F., Blignaut, C., Coetzee, G and Geyser, M. 2017. Finance and Farm Management. 6th edition.

McMaster, J.C. Prestasietoetsing van kleinvee. 2000 Olivier, B. Persoonlike mededeling. 2018. Osterhoff, D.R., Verklarende lys van genetiese en statistiese terme vir veekunde. 1983. Rashid, M.M., Hoque, M.A., Huque, K.S., & Bhuiyan, A.K.F.H. Genotype x Environment Interactions in Growth Performance of Brahman Crossbred Cattle in Bangladesh. 2016. Statistieke SA (2017). Studiegroepresultate. Grootfontein Agri Ekonomiese Adviesdiens. 2008. Swanepoel, J.W. A genetic evaluation of the Dohne Merino breed in South Africa. 2006. Van Niekerk, M., Neser, F.W.C., & van Wyk, J.B. (Co)variance components for growth traits in the Nguni cattle breed. 2004. Williams, J.L., Lukaszewicz, M., Bertrand, J.K., & Misztal, I, 2012. Genotype by region and season interactions on weaning weight.


VOORUITSKATTING

gewasse vooruitskatting

Die oesvooruitskattingskomitee het hul finale gewasvooruitskatting vir 2020 onlangs bekendgestel. Somergewasse Kommersiële mielies Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 15,408 milj. ton gestel, wat 0,08% of 12 040 ton minder is as die vorige skatting van 15,420 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,611 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,90 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 37% groter as die 2019-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2020-oes produseer. Die oppervlak onder witmielies is 1,616 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,666 milj. ton, wat 0,91% of 80 000 ton minder is as die 8,746 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,36 t/ha. Die produksieskatting van geelmielies is 6,742 milj. ton, wat 1,02% of 67 960 ton meer as die 6,674 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,78 t/ha. Sonneblom Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 785 910 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 500 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,57 t/ha is. Ander gewasse Die produksieskatting van sojabone is 1,246 milj. ton, wat 1,25% of 15 750 ton minder is as die

36 OVK NUUS | September 2020

1,261 milj. ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 705 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,77 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 50 080 ton. Die oppervlakteskatting is

37 500 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,34 t/ha is.

die verwagte opbrengs is 3,66 t/ha.

Die produksieskatting van sorghum is 155 560 ton, wat 1,06% of 1 625 ton meer is as die 153 935 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 500 ha, en

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 64 800 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 50 150 ha, en die verwagte opbrengs is 1,29 t/ha.


VESELNUUS

Wolmarkverslag Markanalise van die veiling gehou op 2 Desember 2020

MARKANALISE Die 16de en laaste wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het op 02 Desember plaasgevind en was dan ook die laaste veiling van 2020. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1,6% versterk teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R144.33/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1,04% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0,3% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 1,5% swakker teenoor die Euro. Die grootste styging van 2,9%, was in die 22 mikron segment. Daar is in totaal 13 795 bale aangebied, waarvan 98,3% verkoop is. Op die OVK veiling is 3 910 bale aangebied waarvan 97,9% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R171,00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AFFH van 16,2 mikron, uit die skeersel van Faskally Farms, Barkly-Oos.

VOORUITSIGTE Die versterking in die mark die week, kan die begin van 'n opwaartste kurwe wees. Groot onsekerheid heers egter rondom die komende feesgety en die manier waarop die wêreldwye Covid-19 situasie dit kan beïnvloed. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 7,9% laer vergeleke met die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Volhoubaargesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Op die pas afgelope virtuele IWTO rondetafelbyeenkoms, was standaarde prominent op die agenda en was die besprekings onder rolspelers in die globale wolindustrie was dit eens en het beklemtoon dat verbruikers dit al meer vereis. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende Verslag deur Pierre de Lange (OVK Wolbemarkingsbestuurder)

wolveiling is geskeduleer vir 13 Januarie 2021.

40 OVK NUUS | Desember 2020


Profile for OVK Groep

OVK Nuus / OVK News - Desember 2020