Overstrand Herald

Page 3

Overstrand Herald gebruik is en die wet bepaal, die Maandagoggend na die landdroshof op Caledon geneem waar hy in die hof sou verskyn. Die senior staatsaanklaer het egter onverwags besluit om nie die saak op die hofrol te plaas nie en dit terug te verwys na die DOV. Die verdagte, wat by die hof ingewag is deur sy prokureur en ën advokaat, is toe daar weg sonder om in die hof te verskyn. Dit is om hierdie rede dat die Herald hom tans nie mag identifiseer nie. Na wat die Herald verneem, is die forensiese span wat die Ross moordondersoek, dieselfde een as wat die ondersoek na die berugte Du Toit moord in Franschhoek lei. Daar is interessante ooreenkomste tussen die twee sake. Die 28jarige Chanel du Toit is op 7 Julie 2010 vermoor op ën wynlandgoed naby Franschhoek. Sy is soos me Ross, verwurg. Haar man Johan (29) het glo die betrokke oggend omstreeks 02:00 die huis verlaat om te gaan jag op Springbok. Du Toit se naakte lyk is die volgende oggend deur haar skoonma gevind na haar man haar glo nie per telefoon kon bereik nie. Johan du Toit is ën paar dae daarna in hegtenis geneem en aangekla van die moord op sy vrou. ën Patoloog, dr Deidre Abrahams het vroeÎr vandeesmaand in die Paarlse landdroshof getuig dat me. Du Toit waarskynlik reeds om 20:00 op 6 Julie (maw sowat 6 ure voor haar man die huis verlaat het) dood is. Dit blyk noudat die egaar erge huweliksprobleme gehad het en dat hul verhouding besig was om te verbrokkel. Die saak is intussen tot in September uitgestel. In die Ross saak is die motief vir die moord steeds onduidelik. Die Herald kan bevestig dat gerugte dat daar, kort voor haar dood, blykbaar ën groot versekeringspolis op die lewe van Christa Ross uitgeneem is, onwaar is. Die koerant is wel bewus daarvan dat die polisie, tydens die verdagte se inhegtenisneming, op sekere dokumente beslag gelÍ het wat moontlik lig op die motief vir die moord kan werp.

25 Julie 2013

13

Bladsy 3


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.