Issuu on Google+

AFKONDIGINGS vir 27 Februarie tot 5 Maart 2011

SONDAG 27 FEBRUARIE 2011 Welkom by die erediens Gelei deur ds Kenneth Mckenzie

Fokustekste

Teks en tema vir vandag

Agtste week nรก

Epifanie

Teks: Johannes 8: 1-11 Tema:

Verheerlik God deur Sy

Psalm 131

genade raak te sien

Jes 49: 8-16a; 1 Kor 4: 1-5; Mat 6:24-34

BRING JOU BYBEL ELKE SONDAG!!

Potjiekos-kompetisie Ete-kaartjies nog beskikbaar by Maryna opskep vanaf 13:00

R50 volw R30 kinders tot 12jr


Facebook

Tuis

Soek: Jesus by JEEP-diens en kinderkerk

Profiel

Rekening

Nuusbrokkies Deel:

Status

Foto

Skakel

Video

JA, DAAR IS JEEP EN KINDERKERK VANDAG!! OUERS: KOM KYK NA ONS UITSTALLING

Muldersdrif Gemeente JEEP en Kinderkerk Nuusbrokkies Boodskappe Geleenthede Vriende

Ds Kenneth JEEP: alle Gr 4-10 kinders word genooi om eers saam met hulle ouers na die erediens te kom elke Sondag, ons sal dan later verdaag vir die kategese-klasse Vandag 8:00

Hou van

Lewer kommentaar

Geleenthede Kinders: Wat doen jul op Vrydagaand 11 Maart 2011?? Kom julle na ons Buitelug-fliek?

Adele de Jong 2jr tot Graad 3 kinders, mamma en pappa kan julle aflaai by die kinderkerk om 8:30 voor hulle in die kerk inkom Vandag 8:00

Hou van

Lewer kommentaar

Sanette du Plessis JEEP T-hemde kan gekoop word by my @R40 elk, kleiner hempies is by Adele by die kinderkerk beskikbaar Vandag 8:25

Hou van

Lewer kommentaar

KUIERFEES – VERGADERING Sondag 6 Maart

na erediens voor in kerk

Almal wat vantevore betrokke was en ook die persone wat sal wil help/deel wees

Volgende Sondag 6 Maart vanaf 11:00 Nuwe Intrekker Bring-en-Braai Laat weet ons asb as julle kan kom saam kuier... Dis ook ‘n goeie geleentheid om ons nuwe familie-lede te leer ken Bring eie vleis en drinkgoed Slaai, pap&sous en poeding sal beskikbaar wees


Saterdag 5 Maart

Vrydag 4 Maart

Wêreld biddag vir mans

Wêreld biddag vir vroue

Ons hou ‘n gesamentlike bid-diens op Vrydag 4 Maart om 19:00

GHOLFDAG Dinsdag 15 Maart Krugersdorp Gholfbaan Inskrywings-/borgvorm beskikbaar elders in afkondigings

Ons Familiebybel RAAI WIE? Het jul gesin al ‘n beurt gehad om ons Familiebybel vir ‘n week te lees? Kies ‘n week wat julle pas: besprekingslysbeskikbaar in voorportaal

Watter vrou het gesê: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here, Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het….”

Antwoord elders…


Kalender HELP ASSEBLIEF...

Februarie

Kook jy gereeld te veel kos vir ‘n maaltyd? Ons sal dankbaar wees vir donasies van bevrore oorskiet-maaltye vir die vele honger magies in die gemeente en mense wat gereeld aanklop vir hulp!

Vandag 28 08:30 08:30 11:00

Erediens JEEP en Kinderkerk Potjiekos kompetisie

Bring asb na kerkkantoor

Maart Woensdag 2 09:30 19:00

Bybelskool Bybelskool

Vrydag 4 Wêreldbiddag vir vroue 19:00 Gesamentlike biddiens vir mans en vroue Saterdag 5 Wêreldbiddag vir mans Sondag 6 08:30 08:30 Net na 11 :00

Erediens, Eerste week in Lydenstyd JEEP en Kinderkerk erediens: Omgeegroepleiers in konsistorie Nuwe Intrekker Bring-en-Braai

GESOEK: Kategete vir JEEP Kontak: Sanette 076 309 7942 of kom sien my na die erediens!

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015 F: 086 589 9332; E - anitaduif@vodamail.co.za

Ons bid vir . . . SIEKES: Koot Woest: kanker, chemo behandeling (083 260 2007) Deon Victor (seun van Ida en Popeye Victor): voet baie pynlik, loop met krukke (072 604 4246) Seun van Rina van Aswegen: nierversaking, gaan beter, hoop vir nier-oorplanting (Rina: 072 231 9140) Oom Dupie: ontslaan uit hospitaal, gaan goed, klepvervanging in 6 weke (082 925 8187) Vermaak van Wyk: rugoperasie, herstel tuis, sal in Maart terugkeer werk toe (083 419 3883) Brigitte – suster van Clive Carney: kanker, woon in Amerika, bid vir ondersteuning vir familie wat haar bystaan (Pa Stan: 072 727 9801) Manie du Plessis: herstel na operasie, ‘n GROOT dankie aan almal vir jul ondersteuning, gebede, oproepe en sms’e gedurende hospitaal-verblyf (079 887 8390) Ruan de Jager: in hospitaal, toetse (Nadia 084 572 2287) Lizelle Brümmer: herstel tuis na operasie (082 888 1776)


Verjaardae ‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 27 Februarie 2011 Hein Späth

Maandag: 28 Februarie Michelle Weinmann Jané Pitout Danie Roets

Woensdag 2 Maart 083 679 4525 079 884 3207 082 575 4326

Dinsdag: 1 Maart Juan Swanepoel Danie du Plessis AD Botha Paula Rudman

083 625 7167 Cheandré van Vuuren

Donderdag 3 Maart Alta Schourie

082 776 1890

Vrydag 4 Maart 083 604 1028 082 903 7835 082 926 2412 082 556 5586

geen

Saterdag 5 Maart Meisie van Jaarsveld Anneke Joubert

084 369 8023 083 334 6010

Koördineerders: ANSIE DU PLESSIS : RONéL PIETERS :

082 853 6532 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : -

“Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid…” Mat 14:23 “Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : -

“Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26 “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Joh 20:21

Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid? -

“As daar iemand van julle is wat siek is… moet julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar …sodat … gesond kan word” Jak 5:16 “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 “… twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK! (Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se mense Houer vir gebedsversoeke


Wat is jou perspektief op die lewe ? deur Benescke Janse van Rensburg

Ek hoor onlangs die storie van ’n man wat depressief en moedeloos by die predikant opdaag. Volgens hom was daar niks in sy lewe waaroor hy dankbaar is of waarvoor hy kon lewe nie. Die predikant het vir ’n paar minute na die man gesit en luister voordat hy ’n pen en papier nadergetrek het en vir die man gesê het dat hy vir hom ’n klein toetsie het. In die middel van die bladsy het die predikant ’n streep getrek. Aan die een kant van die bladsy het hy bo-aan geskryf “Bates” (waarvoor die man dankbaar kan wees) en aan die ander kant “Laste” (wat die man ongelukkig maak). Toe die man sien wat die predikant doen het hy gelag en gesê dat hy nie dink daar gaan enigiets onder “Bates” gaan kan kom nie. Die predikant het na hom gekyk en gesê: “Ek is baie jammer om te hoor dat jou vrou gesterf het.” Die man het geskok na die predikant gekyk en geantwoord: “Waarvan praat jy, Dominee? My vrou is springlewendig en gesond.” Die predikant het voortgegaan en onder bates neergeskryf: “Ek het ’n gesonde, lewendige vrou.” Weer het die predikant opgekyk en laat hoor: “Ek is baie jammer om te hoor jou huis het afgebrand.” Die keer het die man verontwaardig na die predikant gekyk en gesê: “My huis is nie afgebrand nie. Ek het ’n groot en gemaklike huis!” Die keer het die predikant neergeskryf: “Ek het ’n groot, gemaklike huis.” Die man, wat gesnap het wat die predikant doen, het hom gevra om die lys en die pen aan hom te oorhandig. Dié keer het die man self ’n hele paar dinge onder die “Bates”-kant aangebring. Daardie dag het die man die predikant se studeerkamer verlaat met ’n totaal ander perspektief op die lewe. Skielik het hy die waarde van dankbaarheid besef. 1 Tessalonisense 5:18: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” Psalm 107:1: “Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” (Die Bybel vir Almal-hersiening) Wat is jou perspektief op die lewe? Sien jy net die negatiewe dinge raak? Of kies jy om God daagliks te bedank vir jou gesondheid, jou gesin, jou werk, jou geld, jou vriende en familie en vele ander dinge? As jy weer negatief raak, waarom trek jy nie ook ’n bladsy nader, trek ’n lyn in die middel en begin vul jou bates in terwyl jy God daarvoor dank! Sterkte. Vader God, baie dankie vir alles wat U daagliks vir my gee. Help my om nooit so gefokus te raak op die negatiewe dinge in my lewe dat ek vergeet om dankbaar te wees vir wat U daagliks vir my gee nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

GESOEK:

Antwoord: Hanna 1 Samuel 2:1

Enige Oorskietwol word benodig vir ‘n bejaarde-projek Bring na Kerkkantoor of as jy wil betrokke raak kontak: San-Mari op 083 325 9871


KUIERHOEKIE VIR ALLEENDAMES Ons is almal in dieselfde situasie… ons voel soms eensaam. Kom ons leer mekaar beter ken en verryk so mekaar se lewens. Ons begin deur een keer per maand saam te kuier. Ons deel in mekaar se lief en leed en help as iemand ‘n problem het. Vir meer besonderhede, kontak Rina van Aswegen 072 231 9140

Is daar iemand waarvan jy weet wat kan doen met ‘n bederfie? Laat weet ons daarvan, vul ‘n Blessing Kaartjie in en plaas in posbus in voorportaal…

Wil jy hierdie jaar betrokke raak by een van ons portefeuljes? Het jy ‘n passie wat jy graag wil uitleef? Het jy ‘n belofte aan die Here gemaak om meer tyd aan Sy werk te spandeer? Weet jy nie waar jy jou gewig kan ingooi nie?

Indien jy ”ja” op enige van die vrae geantwoord het, kontak dan asb die Kerkkantoor op 079 697 1163 of enige van die bestuursraadlede wie se name op die laaste bladsy verskyn.


‘n Hartlike

van ons aan jou…

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou ‘n ware geestelike tuiste sal bied.Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring sodat julle op ons databasis bygevoeg kan word. ‘n Spesiale welkom aan die volgende persone wie se vorms deur ons ontvang is: Arrie en Bokkie ten Haaf van Featherbrooke (011-662 2560) West en Toni Williams met seuns Ethan en Ewan van Featherbrooke (082 909 5297)

Omgeegroep

Kontakpersoon

Kontak no

Epos adres

Dag

Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman

082 567 5586

namdur@hotorange.co.za

Dinsdae

19:00

Featherbrooke

Kobus Nel

083 310 0834

dei.gratia@mtnloaded.co.za

Dinsdae

19:00

Honingklip/Steynsvlei

Fielie Swanepoel

083 380 4706

fielie@oceanfreight.co.za

Wissel

19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell

082 444 2625

jnell@mweb.co.za

Vrydae

19:00

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif

Ronnie Collatz

011-662 1005

memcollatz@gmail.com

Sondae

18:30

Lanseria / North Riding / Lammermoor (in Kinderkerk)

Sanette du Plessis

076 309 7942

sanette@akukhanya.co.za

Donderdae

18:30

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678

jcjvr@vodamail.co.za

Donderdae

19:00

Honeydew

Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651

martie.badenhorst@gauteng.gov.za

Sondae

17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406

charmainejoubert137@gmail.com

Woensdae

19:00

Bybelskool

Ds Neels

083 560 3814

neels@muldersdrifgemeente.co.za

Woensdag oggende & aande

9:30 & 19:00


Kennisgewingbord Werk beskikbaar KARWAS TOESIGHOUER Libri Car Wash is op soek na ‘n energieke, betroubare pensioenaris om deeltyds as toesighouer te werk. Kode 8 bestuurslisensie word benodig. 2-3 Dae/week en 2-3 naweke/ maand. Skakel Sybrand by 083 633 4719 of Liana by 084 584 1389

Vragmotorbestuurder Posisie beskikbaar vir Kode 14 vragmotorbestuurder. R7000p/m Indien jy belangstel, skakel Flip op 082 655 3636

Te koop Juwele met ’n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks: • Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings & geskenke Skakel Ansie op 082 853 6532 of epos ansiedp@gmail.com

Dienste LIBRI KARWAS Besoek LIBRI CAR WASH vir die blinkste motor in die omgewing. Ons dienste sluit in: wash&go, exec wash, valet, politoer en vele meer. Ons is langs Hirsch’s, agter Makro in Strubensvallei. Woensdae is spesiale dag vir pensioenarisse – R50 vir ‘n exec wash! Skakel Sakkie of Dolf by 072 757 9336 om jou motor te bespreek vir ‘n valet of om meer van ons dienste uit te vind.

PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied: • Christelike berading en ondersteuning • Trauma en emosionele pyn • Huweliks- en verhoudingsterapie • Depressive en die rou-proses Eis terug van jou mediese fonds. Kontak Susan Eksteen op 076 051 1455 / 011-965 0987

Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif! Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s 083 317 7025 / 082 5677 446 www.ghphotography.co.za email: gilda@ghphotography.co.za

Dienste Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.  Jaareind state – nie net vir maatskappye nie  Aankoop en installasie van Pastel pakkette  Payroll, UIF, PAYE, BTW Skakel Karin Grové op 082 821 1146

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650

VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s, sertifikate en vele meer. Kontak Vanessa van Wyk op 083 419 3883

Werk gesoek Bekwame ontvangsdame dringend op soek na werk Halfdag of voldag. Kontak Veronica 071 581 6511

Gesoek Meubels Enige persoon wat enkelbed matrasse het wat hulle wil weggee, kontak asb kerkkantoor.

Studente verblyf Eloffsdal, Pta. Kamers met gesamentlike b/k @ R900pp wat deel, R1 500p/enkeling. Kamers met en suite badkamer & stoorkamer @ R1200pp wat deel, R2 000 p/enkeling. Water+ligte + veilige parkering ingesl. Op busroete, 5km vanaf Kerkplein, 2km v.d. Eugene Marais-hospitaal, naby universiteite. Kontak Johan by 082 212 2137

Te huur COTTAGES TE HUUR By Vrone Kwekery, is twee cottages te huur. 1x Bachelor @ R2800 en ‘n 2 slaapkamer @ R3800. Kontak Wessel Duif op 083 408 0377


Gemeente Besonderhede Leraars

Musiekleier

Ds Neels Kloppers Sel 083 560 3814 neels@muldersdrifgemeente.co.za

Sanet Louw 082 824 9388

Ds Kenneth Mckenzie Sel 081 376 6709 kenneth@muldersdrifgemeente.co.za

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso 083 548 8263

Kerkkantoor

Helikia – Jong Volwassenes

Administrateur Maryna de Jager Sel 079 697 1163 Faks 086 698 7605 maryna@muldersdrifgemeente.co.za Kerk-SMS 082 851 5163

Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250 Epos: jaco@repsonline.co.za

Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis 076 309 7942

Admin Assistent: Rensia Swanepoel rensia@muldersdrifgemeente.co.za

Bestuursraad 2011 Portefeulje

Bestuursraadlid Funksionele Portefeuljes Bemarking & Kommunikasie Vermaak van Wyk Erediens Anton Steyn Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak Hulpbron Bestuur Johan Nell Bedienings Portefeuljes Gemeente Ronél Pieters Getuienis VAKANT Jeug Sanette du Plessis Omgeegroepe Danie Knipe Pastoraal Neels van Wyk Bestuursforum Bestuursforum Koördinering Nico Doman Inligting Johan Vermeulen Ander kontakpersone Strewers Anita Duif Tegniese ondersteuning Hannes v/d Merwe Spyseniering Ferma Bekker

Kontaknommer 083 419 3883 082 785 6657 082 440 0968 082 444 2625 072 901 2463 076 309 7942 082 493 3908 082 377 3250 082 568 2120 082 464 6820 082 411 7015 011-662 2651 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die selnommers

BANKBESONDERHEDE Bank

ABSA

Takkode

632005

Rekeningnaam

NG Kerk Muldersdrif

Rekeningnommer 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)


Muldersdrif Gemeente Afkondigings 28 Februarie 2011