Page 1

REDE

Ve r s ta n d i g h e i d Geregtigheid Insig

November 2016 | Vol 2

‘N RYK EN VOL BESTAAN

REDE|i


REDE is ‘n indieptepublikasie vir denkende Afrikaners wat oor ons wese, verlede en toekoms lees, besin en debatteer Redakteur: Jaco Kleynhans Inhoudredakteur: Pieter Krige Taalversorging: Orania Beweging Coraine Oosthuizen Medewerkers Prof Danie Goosen – Professor in Godsdienswetenskap aan Unisa en voorsitter van die FAK Prof Johann Rossouw – Dosent in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat Mnr Carel Boshoff – President van die Orania Beweging Mnr Christoff van Wyk – Bestuurder FAK – NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies Mnr James Kemp – Bemarking- en Kommunikasiebestuurder, Orania Beweging Mnr Sarel Roets – Besturende Direkteur, Adalex Beleggings Mej Nikke Strydom – Magister Artium student aan die US, departement Geskiedenis. Mnr Pieter Krige – Bestuurder van Gousblom Ontwikkeling, ’n filiaal van die Orania Beweging Dr Morné Diedericks – Operasionele Bestuurder van Akademie: AROS Mnr Jaco Kleynhans – Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging Teken in op REDE Stuur ‘n e-pos na melissa@orania.co.za vir ’n inskrywingsvorm. Intekening kos R100 vir 2 uitgawes, R160 vir 4 en R200 vir 6. Maak ’n inbetaling aan Orania Beweging, Absa, Tjekrekening, Rekeningnommer 2630143015. Verwysing REDE en u naam en van. REDE word uitgegee deur die Orania Beweging en sy navorsingsfiliaal EPOG. Ondersteun asseblief beide organisasies. Besoek www.orania.co.za vir meer inligting.

EPOG

VOORBLAD De schilderkunst van Johannes Vermeer is ’n 17deeeuse olieverfskildery op doek. Dit is eiendom van Oostenryk en is tans op besigtiging in die Kunsthistorisches Museum in Wenen. Hierdie komplekse werk van Vermeer word deur vele beskou as sy uitnemendste skildery. Die uitbeelding van die ateljee is egter veel meer as bloot net ’n kunstenaar en sy objek. Dit is van ’n werklikheid waarbinne die aanskouer op ’n reis na ’n ander se bestaanswêreld geneem word. Dit is as’t ware ’n gedagtevlug na ’n ryk en vol bestaan. Soos ek nou alreeds etlike minute na die skildery staar val my blik telkens op iets anders en groters as die vorige. Die teëls, die boek, die tapisserie teen die muur, wat mens op reis neem. Dan val jou blik op die dame met ’n boek en beuel... en die kunstenaar se skepping word ’n ryke en volle wêreld. Daar is ’n gesegde dat dit duisend woorde neem om ’n prent te beskryf. Met hierdie Vermeer veel meer. Al wat ek u as leser vra is: neem die tyd, staar na die voorbladskildery en dink aan ’n ryk en vol bestaan.

’n Uittreksel uit Die aanroeping (Dingaansdag 1920) deur C Louis Leipoldt O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed, En ryk beloon deur wat Natuur verspil, Skenk elke seun vir wie jou weelde gee Om rykelik die lewe te geniet, Die krag om wat geniet word, te betaal Met loon wat deur betaling liefde wek. Skenk hom die krag wanneer verdeeldheid skei Wat vroeër een was, om sy steun te gee Om wat verdeeld is weer tot een te maak. Tas met jou hand sy onsiende oë aan, Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sien Die doel wat dieper as sy skynsel lê. Jy, Moeder, jy besit die mag! Jy hou Hier in jou skoot ’n weelde wat oortref Die glorie eens aan Salomo se hof Getoon aan verre Skeba se vorstin – Wat groter is as al die skatte-prag Weleer gehaal deur fabel-genius Vanuit die diep, smarag-gekleurde see En voor die meeste neergelê wat hy, Gebonde deur sy eed, as slaaf moes dien.


Die sleutel

tot ’n ryk en vol bestaan

Wees vry VIR en vry SAAM!

Enige leser wat hoop om in ons tema van ’n ryk en vol bestaan te lees oor moderne individualisme, die vryheidsdenke wat met materiële bemagtiging gepaardgaan en geluk wat op eie sukses en disassosiasie gebou is, sal nie hierdie uitgawe van waarde vind nie. So iemand mag dalk eerder ons ontleding van wat ’n ryk en vol bestaan werklik behels, frustrerend vind. In die liberaal-demokratiese idioom waarbinne soveel van ons mense toenemend vasgevang is, hang my geluk en volheid slegs van myself af. Die individu neem die groot besluit om vry, gelukkig en sterk te wees en verseker daardeur dat sy toekoms nie deur eksterne faktore bepaal word nie. Konserwatiewe mense vind ’n ryk en vol bestaan binne die energie van verhoudinge wat eerder versterk as verbreek word. Binne jou huwelik, gesin, gemeenskap en ander assosiasies vind jy die rykdom en vreugde wat jou lewe goed en mooi maak. Die liberale beskouing dat hierdie verhoudinge jou van vryheid, wat broodnodig is vir ’n vol bestaan, ontneem is natuurlik verkeerd. Die Britse skrywer, Roger Scruton hanteer die vraag van vryheid deeglik in sy boek, The Soul of the World. Volgens Scruton dink individue toenemend aan ander individue en instellings met wie hulle in watter verhouding ook al staan as ’n aparte objek waarmee gehandel moet word. Dit beteken dat mense toenemend afstand van die mense en instellings om hulle wil doen omdat hulle dink dat daardie persoon in hul pad van vryheid en geluk staan. Huwelike verbrokkel omdat een persoon voel dat die ander in sy/haar pad van sukses staan, terwyl die waarde van iemand wat jou op elke terrein kan onderskraag om self sukses te behaal, misgekyk word. Kerke loop leeg omdat lidmate voel dat die kerk hul lewe wil regeer en die dominee hulle leefwyse wil voorskryf, terwyl hulle die waarde van kerklike beginsels op die pad na sukses miskyk. Gemeenskappe word geografiese gebiede gevul met individue wat elk teen al die ander meeding om alleen bo uit te kom, terwyl die krag van mense wat met ’n gedeelde visie bymekaar kom en hul vermoëns laat saamwerk om daardie visie meer doeltreffend, vinniger en makliker te bereik, misgekyk word. Wanneer jy egter besef dat die ander persoon of instelling waarmee jy ’n band het, nie net ’n objek is nie, maar wel

Redakteur Jaco Kleynhans

deel van jou is, dan hanteer jy die persoon of instelling nie as ’n obstruksie in jou pad na ’n vol en ryk bestaan nie, maar eerder as ’n middel om jou te help om by daardie vol en ryk bestaan uit te kom. Nog ’n manier om dit te stel is om te vra wat die beste is tussen om vry te wees VAN iemand of iets of om vry te wees VIR iemand of iets? Die idee dat verhoudinge en bande vryheid inhibeer is verkeerd. Volgens Scruton lei dit juis tot vervreemding en skep hierdie ingesteldheid individue wat diep ongelukkig met hulself is. Wanneer jy vry is vir die mense, instellings en gemeenskap rondom jou dan bemagtig hierdie bande jou om juis as individu beter te presteer. Huwelike, gesinne, kerkgemeentes en hegte gemeenskappe is nie daar om mense terug te hou nie, maar is eerder daar om sekuriteit, ondersteuning en beginsels aan individue te bied wat hulle nie uit hulself sou kon kry nie. Op godsdienstige terrein sien ons hoe dwaalleringe soos die bevrydingsteologie veld wen omdat dit in diens van die selfgesentreerde individu staan. Volgens hierdie teologie is die sonde van die individu soos om te lieg, seksuele misdrywe te beoefen of bedrog te pleeg nie so ernstig nie. Die individue staan vry van die sonde en kan maklik deur vergifnis weer van die sonde los gemaak word. Die kombinasie van individualistiese liberale politiek, dwaalleringe en ’n verlies aan sterk verhoudinge skep toenemend verswakte samelewings waar mense oor die korttermyn die vrugte van individuele vryheid proe net om oor die langtermyn die enorme verlies aan gebondenheid te ervaar soos wat die waarde van verhoudinge duidelik word. Om ’n ryk en vol bestaan te kan voer, moet die mens weer glo in die waarde van verhoudinge. Die huwelik, gesin, kerk, gemeenskap en talle ander assosiasies moenie die probleem in ons lewe wees nie, maar eerder die oplossing vir ons probleme. Om dit positief te stel kan ons sê dat ons, ons verhoudinge en verbintenisse as katalisators in ons strewe na ’n ryk en vol bestaan moet beskou. Wanneer ons vry kan wees vir iets en iemand en saam met iets en iemand, juis dan vind ons die sleutel tot ’n volhoubare bestaan van geluk, welstand en innerlike vrede. REDE

REDE|01


’nRyk en vol bestaan: herinnerings aan die oorspronge van ons beweging

Ook onder ons het daar in dié dae dinge gebeur wat verdien om gedenk te word. Ten spyte daarvan – of dalk juis danksy die feit – dat ons destyds nie die toon aangegee het nie, het ons dikwels ’n tweede gedagte geskenk aan wat ons onderneem het. En dit is aan dié tweede gedagteskenkery dat ons die frase ’n ryk en vol bestaan te danke het. Maar dít het eers mettertyd, nadat die redaksie sy tema vir hierdie uitgawe van REDE gekies en bespreek het, aan die lig gekom en ek het besluit om die spoor daarvan te vat voordat dit heeltemal deur die tyd uitgewis is.

Carel Boshoff iv

Omdat dit hier oor ’n ongedokumenteerde stuk geskiedenis handel en die tyd ontbreek om in argiewe te gaan soek na wat ek in elke geval onthou, gaan ek vir die doel van hierdie skrywe anekdoties en outobiografies te werk. Die Engelse konserwatief, Roger Scruton, maak ook vryelik van vertellings uit sy eie ervaring gebruik wanneer hy die konteks en ontwikkeling van sy denke in die verlede probeer weergee. Dit is asof sulke herinnerings soos tydkapsules is waarin die vrae waarop ons lewens die antwoord was, bewaar gebly het en dit help mens om sulke vrae voor die gees te roep sonder om latere gevolgtrekkings terugwerkend daarop neer te lê. Maar wie was “ons” en van watter “dae” praat ek toe daar sulke gedenkwaardige dinge gebeur het?

1

Die dae van PW Botha, Johannes Kerkorrel en Max du Preez. En ons.

PW Botha en die magsorde waarvan hy die onmiskenbare gesig was, is al só gestereotipeer dat mens jou stem kwalik nog daarby wil voeg. Dit was ’n tyd van doeltreffende, maar ondeelnemende regering wat van die “totale aanslag” ’n rede gemaak het om die hele samelewing te militariseer. Wie die gevare waarteen hy ons wou beskerm, ter harte geneem het en die militêre prestasies van die tyd na waarde geskat het, het dit vreemd gevind om uit eie geledere kritiek daarop te hoor. Wie daarenteen ’n hoë mate van persoonlike vryheid en mede-eienaarskap van die nasionale agenda verwag het en wat méér as blote magsbehoud – of soveel daarvan as moontlik – as ideaal gestel het, was dit ’n bron van diepe ongemak. “Apartheid” het ook grootliks teruggekeer, nouwel meer op die lippe van ons vyande as van onsself, want die meeste Afrikaners het die oorgang na Afsonderlike Ontwikkeling

02|REDE


heelhartig gemaak. Bygesê dat hulle nie verwag het dat dit iets soos arbeidskeiding behoort mee te bring nie, hulle het eintlik verwag dat die praktiese vrae van politieke houdings op ’n teoretiese vlak beantwoord kan word sonder dat dit enige praktiese implikasies vir ons alledaagse bestaan en ekonomie hoef in te hou. Om die waarheid te sê, vir baie was die doel van die destydse regeringsbeleid niks anders nie as die behoud van die status quo. Die belangrike keuse was egter nie meer net tussen passiewe ondersteuning vir en passiewe opposisie teen die magsorde nie, selfs nie vir die begunstigdes daarvan nie. Weerstand teen ’n wit minderheidsregering het nie tot die geledere van swart aktiviste en kommuniste met ekspansionistiese ambisies beperk gebly nie. Inteendeel, die morele krisis van ’n minderheidsregering wat geen praktiese vooruitsig op, en later selfs geen voorneme meer vir ’n demokratiese bedeling op ’n ander staatkundige grondslag gehad het nie, het selfs behoudende Afrikaners van Botha se strategieë van hervorming en geweld vervreem. “Hervorming” kan dan verbind word met die akkommodering van “swart” politieke aspirasies binne die “wit” bedeling, en “geweld” met weerstand teen sulke akkommodering. Ook die gedagte dat regses hulle net teen Botha se hervorming verset het en linkses net teen sy geweld, is ’n stereotipering wat ten minste deur SABRA se gepubliseerde kritiek op die destydse regering teengespreek word. SABRA se boekie Hervorming en geweld­(1985) het, saam met sy kritiek op die grondwetlike hervormings, die organisasie sy staatsondersteuning gekos – en sy ondersteuning uit al die geledere wat hulle agter dié bedeling geskaar het, Broederbond, FAK en vele kerke inkluis. Ek herinner my ’n openbare vergadering op die Tukkiekampus waar gepoog is om kritiek op hierdie sensuur te monster. Die teleurstelling was dat sulke sake baie gou aan die hand van ’n NP-KP verdeling vertolk is en nie die meriete nie, maar die assosiasie van ’n standpunt bepaal het wie dit sou steun. SABRA was egter ’n stem roepende in die woestyn, want die KP het hom inderdaad in die hoek van weerstand teen die akkommodering van swart aspirasies op enige ander manier as wat twintig jaar (1966) en vyftig jaar (1936) tevore in die vooruitsig gestel is, laat vasverf. Dié vereenvoudiging van ons destydse politieke spektrum het inderdaad ’n behoefte aan iets anders as die beskikbare politieke alternatiewe laat ontstaan. Die volkstaatgedagte het die moontlikheid

daarvoor gebied, hoewel dit ook spoedig gedeeltelik beset is deur regse opportuniste wat ná apartheid ’n ander vaandel gesoek het om onder te vaar. Indertyd het sommige van ons ’n avant garde binne die KP probeer vorm, sommiges voor ekstremistiese organisasies se etniese appèl geswig en sommiges in klein groepies, sonder veel steun of hulpbronne, versamel. Van ons wat op Orania geëindig het, was deel van hierdie laaste kategorie en het rondom die Oranjewerkers en Die Afrikaner Volkswag se studentevleuel, die Studentewag, gegroepeer – hoewel nie sonder nou en dan ’n hewige debat met die ouer lede se sienings en voorkeure nie. Later het meer selfstandige inisiatiewe gevolg. Dit is die agtergrond waarteen ten minste twee stemme van die teenkant ons aandag getrek het. Meestal aandag eerder as instemming, maar soms moes ons die respek wat ’n goeie opponent verdien, betoon. Hier verwys ek na Max du Preez se Vrye Weekblad en die Voëlvrytoer en alternatiewe musiekbeweging met iemand soos Johannes Kerkorrel in die sentrum daarvan. Dit was ’n dubbelsinnige waardering, want aan die een kant het hulle afgebreek wat ons in ’n nuwe vorm sou wou behou, naamlik ’n Afrikanerorde, maar aan die ander kant het hulle die vergrype en verrotting wat ons ook teen die bors gestuit het, sonder vrees aan die kaak gestel. Meer as een keer is ons met ’n kar of twee na die Markteater in Johannesburg om ons in die anargistiese verset teen ’n toenemend totalitêre denkorde te gaan verlekker – maar nie sonder om later met ’n redelike mate van ongemak daarop terug te kyk nie. Kerkorrel se “Sit dit af!” het van PW Botha gesê wat ons té gemanierd was om te dink: “ … met sy vinger in die lug/ dit is ’n helse klug/ is daar nêrens om te vlug/ van daai man se mooi gesig … sit dit af! sit dit af!/ want dis ’n helse straf! …” En dan is dit natuurlik nie net die inhoud nie, maar ook die verpakking, die lekker musiek en ritme wat dié protes so aantreklik gemaak het. Maar op die meer argumentatiewe en retoriese vlak is daar twee verdere voorbeelde wat die verligting waarmee ons die einde van die “droë, wit seisoen” tegemoet gegaan het, sal help verklaar. Sonder om hulle tot helde te verhef, het Van Zyl Slabbert en Gerrit Viljoen elkeen per geleentheid iets gesê wat my laat verstaan het hoekom die menings wat ek as onomstootlik beskou het, nie die aanhang geniet wat dit in my oë verdien het nie.

REDE|03


nie, mens sou hom met iets beter as ’n eenvoudige etniese skema moes tegemoet gaan. Die punt is dat dit gevoel het soos om op die strand te staan as die water onder jou terugtrek en die sand skielik onder jou voete week word voordat dit weer kompakteer: jy kan net nie heeltemal seker wees waar jy staan nie. In ’n tyd van leegte en gebrek aan inspirasie het nóg die heersende orde, nóg die opposisie daarteen, van links óf van regs, ons verbeelding aangegryp of behou. Ons antwoord daarop kon nie bloot nog ’n politieke denkbeeld binne die heersende denkraamwerk wees nie, dit sou iets poëties, iets skeppend en esteties vereis as dit in aantreklikheid met die aankomende veranderings en die voorstanders daarvan moes kompeteer. Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se eerste ateljee album, Eet Kreef! (1989). Viljoen het hom, dieperliggend beskou, op iets soos die motief van groei beroep toe ek hom tydens ’n studenteraadsbesoek aan die Parlement met sy eie pleidooi vir ’n “Blanke volkstaat” gekonfronteer het. Hy was toe Minister van Staatkundige Ontwikkeling en besig om die teenoorgestelde doel na te streef. Hy het nogal aandagtig na my storie geluister en toe heel simpatiek gesê dat dit inderdaad sy oortuiging was, maar dat daar te veel faktore was wat hom tot ander insigte gedwing het en dat hy dus tot ’n ander oortuiging gekom het. Sy verdere uiteensetting het my nie oortuig nie, maar sy eerlikheid en erns het indruk gemaak en ek moes erken dat die hele saak nie so onproblematies was as wat ek gedink het nie. Selfs nadat die tyd hom lankal verkeerd bewys het, het dit vir my ’n waarheidsoomblik gebly: vir hom en baie soos hy het ons die onmoontlike nagestreef, ons kon hulle nie dwing om dit anders te beskou nie. Slabbert het hom weer op die krag van feitelike gegewe beroep. Op iemand anders se vraag na die meriete van ’n “Kleurlingtuisland”, die KP se alternatief vir die Driekamer-Parlement, het hy aangevoer en toegelig dat die Kleurlinge nie kultureel of polities as ’n volk beskou kan word in die sin wat die vraagsteller dit veronderstel het nie, met ander woorde dat die basiese boublokke vir ’n tuisland ontbreek het. “Met genoeg onderdrukking kan hulle ’n volk word, maar is dit wat jy wil sien?” het hy gevra. Dit was ook nie wat ek wou hoor nie, maar ek kon duidelik sien dat hy ’n kompleks van gegewens en argumente oproep wat weerklank in mense se ervaringswerklikheid vind. Dit was nie ’n argument wat daar en dan weerlê kon word

04|REDE

2

Afrikaners en Apartheid: Van Wyk Louw en Verwoerd

Sonop, ons aweregse privaatkoshuis aan UP, eintlik ’n selfverklaarde republiek en vanjaar 100 jaar oud, is die plek waar ek NP van Wyk Louw se werk ontmoet het. Anna Neethling Pohl was destyds ’n dramadosent en het per geleentheid by Sonop kom middagete eet. Sy het ons toegespreek en op gedigte en aanhalings getrakteer soos net sy kon – uit die werk van Louw, ’n swaer en vriend van haar. Sy was ook ’n groot Verwoerd-ondersteuner en het baie gemaak van die noue verband tussen Louw en Verwoerd, byvoorbeeld met verwysing na Louw wat ’n groep Johannesburgse vroue met die eerste aanslag op Verwoerd se lewe na die hospitaal in Pretoria geneem het waar hulle aan ’n nagwaak deelgeneem het. In haar outobiografie skryf sy dat Louw in die motor agtergebly het om te bid. Iemand anders se weergawe was, volgens Jaap Steyn se Louw-biografie as ek reg onthou, dat hy geslaap het – maar dit sou ek ’n dekade of twee later eers raakloop. Haar opmerking by die betrokke ete het verband gehou met die legendariese breuk tussen Verwoerd en Louw rondom Die Pluimsaad waai ver (1972), ’n feesdrama vir die vyfde herdenking van republiekwording waarop Verwoerd in sy feesrede by Monumentkoppie die volgende dag afwysend gereageer het. ’n Paar van ons Sonoppers het ook al onder leiding van ’n senior student opstelle uit Lojale Verset (1939), Louw se polemiese bundel van die 1930’s, gelees en bespreek, maar ek het niks van die Pluimsaad-polemiek geweet nie. Ek was ook nie op pad om my bewondering vir enigeen van dié groot, denkende Afrikanerleiers goedsmoeds prys te gee nie en het my in Louw se prosa begin verdiep, al het iemand soos my ma aanvanklik diep daaroor gefrons.


die volk?” is die openingsvraag van die drama, en die antwoord is: almal van ons met ons vrees en dapperheid, ons beperkings en talente.

Die omslag van Carel Boshoff se denkgesprek met NP van Wyk Louw (2014). Die kern van die Pluimsaad-polemiek was besonder aktueel vir die 1980’s toe ons beweging begin vorm aanneem het. Die konteks was dat Louw, ’n uitgesproke ondersteuner van Afsonderlike Ontwikkeling, agt jaar in Nederland gewoon het voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het om ’n leerstoel in Afrikaans aan die Engelse en liberale Universiteit van die Witwatersrand op te neem. As digter en letterkundige het hy aansluiting gevind by die opkomende Sestigers, ’n beweging van skrywers wat meestal baie krities op apartheid was, en het sy siening van sake nie iets soos “klein apartheid” op universiteitskampusse ingesluit nie. Hy is dus deur sommige van liberalisme beskuldig, ’n beskuldiging waarop sy opstelbundel van 1958, Liberale Nasionalisme, geen klinkklare weerlegging was nie, hoewel dit duidelik die werk van ’n nasionalis was. Dr Verwoerd, daarenteen, was orator eerder as skrywer wie se lang toesprake en ingewikkelde sinne die verbasendste populêre aanhang geniet het. Hy was op die hoogtepunt van sy mag en op pad om die vraag van ’n klein volk se selfbeskikking in ’n see van vreemdelinge, op ’n politiese en morele volhoubare grondslag op te los – die grondslag van geregtigheid waarop Louw in sy skryfwerk so gesteld was. Die Pluimsaad waai ver, ’n opdragwerk vir Republiekfees in 1966, weerspieël egter, oppervlakkig beskou, ’n twyfelende gees. “Wie is

Die hoofkarakter is die Oranje Vrystaatse pres MT Steyn wat as jonger man in vele opsigte in pres Kruger van die Transvaal se skadu gestaan het, maar hom in ander opsigte weer oorskadu het en lank ná die oorlog nog ’n leidende rol onder Afrikaners gespeel het. Hy was tot die bittereinde saam met die burgers in die veld en het hulle vrees én vasberadenheid gedeel, asook hulle ontberings wat hom liggaamlik groot skade berokken het – tot dié mate dat hy uiteindelik nie fisies of geestelik in staat was om die vredesverdrag van Vereeniging te onderteken nie. Hy was ’n lydende held en vir Verwoerd, wat ’n gees van jubeling by die vestiging van die nuwe, groter Republiek van Suid-Afrika gevoel het, ’n onvanpaste figuur. Verwoerd het dit baie woordryk veroordeel, hoewel dit vir my duidelik is dat hy die visier nie net op Louw gerig het nie, maar op die hele Sestigerbeweging, wat in die reël veel meer afvallig as Louw was en sou word. Kort daarna en voordat die verskille beter uitgepluis of bygelê kon word, is Verwoerd egter dood en ten spyte van hulle beste voornemens kon sy opvolgers nie daarin slaag om sy staatkundige visie dinamies verder te voer nie. Die jubelende hoogtepunt van sy loopbaan het mettertyd vervaag en sestien jaar ná sy dood het die NP al twee skeurings beleef. Die sekerheid wat sy optrede gekenmerk het, is deur ’n sekurokratiese strewe na veiligheid verplaas en sy visie van afsonderlike vryhede het nóg polities, nóg moreel volhoubaar gelyk. Daarvoor was die werklikheid van ekonomiese integrasie té oorheersend en teen dié agtergrond het Louw se beeld van Steyn, wat twyfel geken het maar tot die bittereinde deurgedruk het, nuwe betekenis gekry. Dit was ook die agtergrond waarteen Louw se politieke denke eerder aanvullend tot as teenoorgesteld van Verwoerd s’n, ’n bron geword het wat ontgin kon word om die vrae van ons tyd te beantwoord. Met terugskouende wysheid sou ek sê dat Louw nie tot dieselfde mate as Verwoerd aan die verstaatliking van die Afrikaner verbonde was nie en dat sy denke meer geskik was om die verlies van staatsbeheer en staatsinstrumente wat integrerende politiek moes meebring, mee tegemoet te gaan. Hoewel dit destyds onmoontlik was om dit in hierdie terme uit te druk, het Louw duidelik sy voorbehoude oor die groot Suid-Afrikanisme gehad en het die versekering

REDE|05


van die Afrikanervolk se voortbestaan vir hom nie in politieke strategieë gelê nie, maar in kulturele prestasie. Bygesê dat Verwoerd ook nie in die eerste plek ’n Suid-Afrikanis was nie en dat hy eintlik die Suid-Afrikaanse staat wou gebruik om die staat self ingrypend te verander. Daarom dat daar ook groot raakpunte tussen hulle was en dat ons, wat die volkstaatgedagte begin aanhang het, by beide aansluiting kon vind. Louw het heel uitdruklik ’n wêreld van Afrikanernasionalisme wat nie tot “Apartheid” te reduseer was nie, geopen. My studie daarvan is later as Afrikaners ná apartheid (1992) gepubliseer en het rigtingwysers vir ’n nuwe kultuurbeskouing probeer gee. Die betekenisvolste aspek van dié jeugdige poging is dalk nie die regstreekse resultaat daarvan nie, maar die insig dat ’n politieke storm met ’n kulturele mondering tegemoet gegaan moes word. En dit is waar die samevatting van Louw se siening in die vorm van ’n ryk en vol bestaan beslag gekry het. Ek kon nog nie weer my vinger op dié frase in sy eie werk lê nie en vermoed dat hy die woorde dalk nêrens presies só ingespan het nie. Wat hy wel gesê het, is dat ’n volk aan sy lede ’n ryk en vol bestaan moet moontlik maak as hy sy eie bestaan wil verseker. Andersom gestel, ’n volk wat nie oor die kultuurgoedere en -mense beskik om ’n ryk en vol bestaan vir sy lede moontlik te maak nie, sal mettertyd sy lede se lojaliteit en belangstelling verloor en ontbind. Hierdie gedagte het van ons nie blote politieke aktiviste gemaak nie, maar ons aktivisme met ’n kulturele vormingsideaal gevul.

3

Afrikaanse rewolusie. Hannah Arendt, Charles Taylor, breuke en oorbrugging

As hierdie artikel net oor ’n ryk en vol bestaan gegaan het, kon dit dalk hier gestop het. In soverre dit egter oor die oorspronge van ons beweging handel, is daar ook ander motiewe wat behandeling verdien en wat groter diepte aan die gedagte van ’n ryk en vol bestaan gee. Twee filosowe wat besondere vermelding verdien omdat hulle spore sigbaar in die Orania Beweging se denkgeskiedenis lê, tot dié mate dat hulle nou nog dikwels aangehaal word, is die Joods-Duitse Amerikaner, Hannah Arendt en die Engels-Quebecse Kanadees, Charles Taylor. Van beide is die kort biografiese toevoegings al veelseggend, want dit plaas elkeen binne ’n konteks van identiteitspolitiek en diversiteit. Arendt, wat nog ’n student van Martin Heidegger in die vooroorlogse

06|REDE

Duitsland was, moes later vir haar lewe vlug en het die grootste deel van haar skryfwerk in die VSA gelewer. Dit kan nie as ballingskap beskryf word nie, want sy het Amerikaanse burgerskap aanvaar, maar dit is ’n vraag of sy, met haar Sionistiese sentimente, ooit werklik tuis was in haar nuwe tuiste. Nie dat haar denke in die eerste plek van tuisteloosheid getuig nie, maar wel van ’n drif om begronding wat in werke soos The Human Condition (1958) en The Life of the Mind (1978) uitdrukking gevind het. Die Aristoteliese kategorieë waarop haar kritiek van die moderne wêreld berus, soos die onderskeid tussen die animal laborans, die homo faber en die homo politicon is ’n voorbeeld daarvan.

Hannah Arendt (1906-1975). The Human Condition gee nie net ’n toepaslike uiteensetting van elkeen onderskeidelik nie, maar wys ook op die omgekeerde rangorde tussen hulle en eindig met ’n hartstogtelike appèl ten gunste van die politiek as hoogste uitdrukking van die vita activa, die handelende lewe. Nie die ewig herhalende vorme van werk wat ons biologiese bestaan vereis, en nie die skouspelagtige prestasies van ons vervaardigingsvermoë wat welvaart skep nie, maar die gemeenskaplike strewe na die goeie soos te vinde in die klassieke stad/polis en in die beste politiek wat nou nog te beoefen is, lê die grondslag vir ’n ryk en vol bestaan. Met ander woorde, en uit ons oogpunt op die oorgang tussen twee politieke bedelings in SuidAfrika, die begrip “politiek” moes nie tot die engste en verbeeldingloosste betekenis van die woord beperk word nie en dit mog nie net die prosedures en manipulasies van politici en partye beskryf nie. Inteendeel, politiek moes herbedink word en werkswyses en strukture moes gevind word waarin “politiek” in ere herstel kon word en as hoogste uitdrukking van menslike aktiwiteit tereg kon kom. Dit was natuurlik nie binne ons vermoë om die samelewing sommer gou hiervolgens in te rig nie,


maar dit het ons toegerus om oor ander moontlikhede as die voorhande alternatiewe van ondersteuning vir of teenstand teen die gegewe oorgang van blanke minderheidsregering wat onvolhoubaar geword het, na swart meerderheidsregering wat onuitstaanbaar sou word, te dink. In een van Arendt se kleiner, maar invloedryke werke, On Revolution (1963) behandel sy moderne (in die breë sin) politiek en kontrasteer die Amerikaanse en Franse rewolusies. Haar gevolgtrekking is dat die oorwig van ’n rewolusie se betekenis nie in die gewelddadige beëindiging van die ou orde, waarteen dit opgestel is, lê nie, maar in die suksesvolle vestiging van ’n nuwe orde. Só beskou, was die Franse rewolusie nie besonder suksesvol nie, maar kan die Amerikaanse rewolusie as navolgingswaardig gereken word. Dié kostelike ommekeer van gevestigde persepsies het iets hoopgewend ingehou vir ’n verwarde Afrikanergemeenskap wat aan die aftakeling van hulle openbare orde uitgelewer was en namens wie ons die vestiging van ’n kleiner, nuwe staatsorde in die vorm van ’n volkstaat nagestreef het. Self het ek vir ’n tyd lank in die wan van hierdie gunstige vertolking van die rewolusionêre gedagte gestaan en iets soos ’n eie rewolusie vir Afrikaners gepropageer. Nodeloos om te sê dat so ’n poging tot misverstand gedoem was en byvoorbeeld regstreeks aanleiding gegee het tot die beëindiging van my ooreenkoms met die dagblad Beeld, vir wie ek jare lank ’n gereelde rubriek geskryf het. Hoewel dit ’n groot verlies was om nie meer tot dié forum toegang te hê nie, was selfsensuur ter wille van die behoud daarvan destyds, soos nou, ondenkbaar. Die rewolusionêre retoriek het mettertyd, hoewel om ander redes, op die agtergrond geskuif en is heelwat later deur ’n hertoeëiening van Burkeaanse konserwatisme vervang. Die rewolusionistiese denkeksperiment is darem nog moedig afgesluit met ’n bundeltjie artikels onder die titel Afrikaanse rewolusie (2001) wat met die gevleuelde woorde “ … want ons is nie vir onderhorigheid gebore nie”, geëindig het. Ek herinner my nog goed hoe ons dié boekie, saam met Danie Goosen se hoogstaande opstelle Politiek (2001), Hermann Giliomee se Onoorwonne oorgawe (2001) en Koos Malan se Politieke handeling (2006) op Oudtshoorn se kunstefees uit die hand verkoop het. Bygesê dat elkeen van die titels se hele oplaag uit is en dit vandag nogal iets van ’n Orania versamelstuk geword het.

Maar dit bring my by die ander denker wat op daardie stadium ’n vormende invloed op ons denke uitgeoefen het. Dit is Charles Taylor, ’n respektabele figuur wat in 1931 uit ’n tweetalige, Kanadese gesin gebore is en wat in ’n eietydse idioom en uiters genuanseerd met die vrae van identiteit in ’n wêreld van gelykskakeling en meerderheidsoorheersing gehandel het. Hy het Suid-Afrika in die vroeë 1990’s besoek en ’n besondere indruk op ons gemaak met die aanvaarbaarheid van sy denke, in teenstelling met die gebrek daaraan wat konserwatiewe Afrikaners destyds geniet het. Die rede daarvoor het hom mettertyd ietwat op die agtergrond laat raak, naamlik dat hy inderdaad ’n gemeenskapsdenker was, maar ten diepste kommunitaries-liberaal.

Charles Taylor. Dit neem egter nie die waarde weg van sekere sleutelbegrippe wat hy ontwikkel het nie. In twee omvangryke werke, naamlik Hegel (1975) en Sources of the Self (1989) skep hy die agtergrond waarteen ’n baie meer saaklike sosiaal-politieke werk met die titel The Politics of Recognition (1992) verskyn. Die eenvoudige boodskap van die boek is dat die vrugbaarste en volhoubaarste manier om verskille van identiteit, taal, godsdiens en kultuur te benader, in die begrip erkenning opgesluit lê. Erkenning behels aanvaarding en respek vir die ander, maar met die verwagting van en aanspraak op wederkerigheid, dus van en op die ander se erkenning van die self. Eenvoudig geformuleer: erkenning is iets wat mens nie kan verwag om te kry as jy nie ook bereid is om dit te gee nie. In soverre dit voorheen die geval was dat Afrikaners, op sterkte van hulle beheer oor die Suid-Afrikaanse staat, deur eensydige optrede inhoud aan hulle verhouding met swart Suid-Afrikaners probeer gee het, was dit uiteindelik nie opbouende verhoudings

REDE|07


wat tot stand gekom het nie. Inteendeel, dit het op ’n hoogtepunt van spanning uitgeloop wat slegs met die grootste moeite en opoffering van volskaalse konflik weggestuur kon word. Die voorlopers van ons beweging was onder dié omstandighede nie bereid om ons volk se bestaansvoorwaardes op te offer nie, maar ook nie om in ’n moedelose stryd om behoud van ’n verbygegane era verstrik te raak nie. Wedersydse erkenning as grondslag vir toekomstige verhoudings was in belangrike opsigte ook geen nuwe benadering nie, hoewel dit deur die latere NP-regering se sekurokratiese inslag versluier is. Sonder dat dit presies só beskryf is, het die gedagte van erkenning aan die basis van dr Verwoerd se Tuislandbeleid gelê. Dat dié visie by talle Apartheidsamptenare ontbreek het en dat baie swart Suid-Afrikaners se ervaring deur hulle blootstelling aan ’n gevolglik onvriendelike staatsorde gestempel is, maak dit nie tot niet nie. Dit was gevolglik nie vir ons moeilik om die politiek van erkenning toe te eien nie en my persoonlike ervaring sedertdien is dat dié idioom dit na binne én na buite maklik gemaak het om ons strewe te verduidelik. Om die twee denkers, Arendt en Taylor, se bydrae tot die vorming van ons beweging saam te vat, kan die volgende gesê word. Arendt se siening van rewolusie, wat die vernietiging van ’n ou orde verreken, maar meer klem plaas op die vestiging van ’n nuwe, het ons toegerus om die breuke met ons eie verlede in die oë te kyk sonder om daardeur platgeslaan te wees. Die verlies van politieke mag was nie vir ons, soos vir sommige van ons medestanders, die verlies van onsself nie, dit was vir ons eerder die voorwaarde vir ’n volhoubare alternatief. Taylor se siening van wedersydse erkenning het weer bygedra tot ’n perspektief waarmee ons onder veranderde omstandighede selfrespekterende verhoudings met die nuwe dominante bevolking kon aanknoop. Dié proses het selfs die oorbrugging van breuke in ons eie geskiedenis moontlik gemaak, sodat ons inderdaad – soos pres Kruger ons gemaan het – die goeie uit die verlede kon neem om die toekoms daarop te bou. Hoef mens op die verband tussen hierdie gedagtes en die ideaal van ’n ryk en vol bestaan te wys?

4

Om dit waar te maak: Orania en die derde Afrikaner

Hoewel daar met die oorgang na swart meerderheidsregering in Suid-Afrika ’n merkbare wending in die guns van gebiedsgebaseerde

08|REDE

selfbeskikking (in kort: ’n volkstaat) was, is dit lankal geskiedenis dat daar nie genoeg eenstemmigheid oor die wie, wat en waar van die gedagte bereik kon word om dit as ’n lewensvatbare politieke projek aan te pak nie. Dit was onmoontlik om, as deel van die grondwetlike onderhandelings, ’n oortuigende Afrikanerland aan te wys wat op die pad van groter selfbeskikking geplaas sou kon word. Saam met die vreedsame oorgang en Suid-Afrika se wittebroodsjare onder pres Mandela, het dit ’n inhiberende uitwerking op Afrikaners se behoefte om hulleself staatkundig te laat geld, gehad. Etniese selfmiskenning was aan die orde van die dag. Met die tweede ope verkiesing in 1999 het selfs konserwatiewe Afrikaners hulle gevolglik by die liberale Demokratiese Party van Tony Leon geskaar en langs dié gewaande respektabele weg probeer om die opmars van transformasie te stuit. Dit was die omstandighede waaronder die Groep van 63 (G63) in Hammanskraal, noord van Pretoria, sy beslag gekry het as ’n poging om intellektuele Afrikaners uit verskeie oorde te betrek by die vraag waar ons in die nuwe orde sou pas. Ek wil nie nou probeer oordeel of dié poging geslaagd was nie, want dit was een van daardie groepe met minstens net soveel middelpuntvlietende as middelpuntsoekende kragte in hom opgesluit. Dit was nietemin ’n opwindende en interessante onderneming. Wat wel daaruit voortgekom het, was ’n aantal nuwe woordvoerders wat met ’n nouwel baie amorfe mandaat namens iets kon praat wat hulle as die “nuwe Afrikaners” sou beskryf. Hoewel dit nie ’n baie blywende beskrywing was nie, het dit tog aandag getrek – selfs van die nuwe Veiligheidspolisie wat nie geweet het of die nuwe Afrikaners dalk rewolusionêre bedoelings gehad het nie. Van alle dinge het hulle besluit om ’n paar Stellenboschse dosente se huise om te keer op soek na verbintenisse met die Boeremag, wat pas tevore uitgesnuffel is. Bygesê dat dié gebeure deur ’n standpunt voorafgegaan is waarin “begrip vir Afrikaners se frustrasies” uitgespreek is, hoewel sonder om gewelddadige optrede goed te praat. Dit is as simpatisering met terroriste vertolk en ons moes die Presidensie via die Noord-Kaapse Premier probeer oortuig dat G63 se kommentaar op grond van kommer eerder as van simpatie gelewer is. Die belangrikste punt aangaande die G63 was dat, toe Afrikanerskap maar min populêre ondersteuning of deelname geniet het, daar tog intellektuele leierskap na vore gekom het om die gedagte in


beskerming te neem. Ook op Orania is die gedagte deur Danie Goosen, wat die leier daarvan was, aangebied. Hier het hy in ’n poëtiese uiteensetting van die verband tussen ons toestand op daardie stadium en vorige republikeinse bewegings onder Afrikaners aangevoer dat “die nuwe Afrikaner in werklikheid ook die oudste Afrikaner is.” Ons het dit entoesiasties op internet gepubliseer, maar dit was nie vir almal ewe verteerbaar nie en een van die Ridders van die Kuberruim het dit as ikoniese voorbeeld van onsinnige filosofering afgemaak. Dit het egter ’n baie salwende siening geblyk te wees wat dit mettertyd vir talle selfmiskennende Afrikaners makliker gemaak het om weer met hulleself vrede te maak. Daaropvolgende verwysings na ’n derde republikeinse beweging onder Afrikaners het my later gelei tot die gedagte van ’n derde Afrikaner, want hoe lyk die mense van die Boererepublieke, die RSA en die beweging waaraan ons beslag wou gee? En hoe verskil hulle van mekaar? Dit was eenvoudig nog ’n poging om die breuke wat so gapend agter ons gelê het, te oorbrug en sin te maak van die feit dat ons voortaan meer anders én eners sou wees. Terugskouend is dit dalk moeilik om te verstaan waarom dit so belangrik was, maar ek is tog oortuig dat die Orania Beweging se taaiheid juis daaraan te danke is dat hy sulke uitdagings nooit probeer ontduik het nie. Dit sou net nie goed genoeg wees om die krisis van selftwyfel onder ons mense te probeer ignoreer of met eie sekerhede te probeer oordonder nie. Ons moes en het meelewend antwoorde help soek, al was Oraniërs soms in die versoeking om te dink dat ons lankal oor die antwoorde beskik het waarby dit hoogtyd was dat die res ook inval.

’n deel van die voorstaanders se blik, óns blik was lankal nie meer net op ’n politieke doelwit gerig nie. Vir ons was die vraag nie net hoe om politieke mag te herwin en te behou nie, selfs nie net wat die staatkundige voorwaardes vir sulke magsbehoud sou wees nie. Vir ons was die eintlike vraag waarom en waarvoor ons hoegenaamd oor politieke mag wou beskik; wat die opoffering wat die verwerwing daarvan sou vereis, die moeite werd sou maak. Waarom nie maar daarsonder oor die weg kom nie? Daar is tog ander maniere ook om jou belange te bevorder en jou eiendom te beskerm. In werklikheid is dít wat ons besig was om te aanskou: dat niemand wat die waarom of wat maak dit die moeite werd? -vrae onbeantwoordbaar gevind het, uiteindelik die ywer aan die dag sou lê om hom of haar met die praktiese antwoorde op wat, waar en hoe? besig te hou nie. Die politieke vraag het ’n kulturele antwoord geverg voordat die politieke antwoord toepaslik sou wees. In die G63 het ons daarna as meta-politieke vrae verwys.

Die politieke vraag het ’n kulturele antwoord geverg voordat die

politieke antwoord toepaslik sou wees.

Orania se uitdaging was natuurlik nie net ideëel nie, maar ook prakties: om te bewys dat die selfstandigheidsgedagte in werking gestel kan word. Dit het ooglopend vir die politieke idee van selfbeskikking gegeld omdat meningsvormers en besluitnemers dit kort en klaar as onwerkbaar afgemaak het en die bewyslas ten gunste daarvan op die voorstanders gerus het. Maar – en dit is die punt van die hele voorgaande betoog – ten minste

In Van Wyk Louw se terme was die vraag: Wat sou die wêreld armer wees as hierdie klein volkie môre sou verdwyn? En as daar geen duidelike antwoord op te gee was nie, as die koor van volke ons stem nie sou mis as ons nie saamsing nie, dan kán ons mos maar verdwyn. Daarmee het hy sy en sy geslag se letterkundige werk in Afrikaans as volksdiens verduidelik, al was dit nie ooglopend patrioties nie. Deur kultuurgoed, veral skoonheid in Afrikaans te skep, is daar iets tot die wêreld se rykdom toegevoeg wat sonder ons volk se bestaan nie daar sou wees nie. Hoewel ons nie ’n klomp digters is nie, maak hierdie denklyn van die Orania Beweging en van Orania ’n kultuurprojek wat bedoel is om by te dra tot die verwesenliking van die skone, die ware en die goeie – om dit nou maar so te stel. As Orania nie aan Louw se hoogste kulturele eis kan voldoen nie, of aan sy morele eis om voortbestaan in geregtigheid nie, is dit inderdaad moeilik om al die opoffering wat dit verg om so ’n nuwe gemeenskap te vestig, te regverdig.

REDE|09


Daarom dat Orania ook nie tot ’n politieke, ekonomiese of sosiale projek gereduseer kan word nie. As die politieke, ekonomiese en sosiale ontwikkeling wat ons inderdaad nodig het en najaag, nie in diens van hoër waardes en ’n kulturele roeping sou staan nie, sou dit nogeens ’n gejaag na wind wees. Nie net doelrasionele oorwegings nie, maar ook estetiese en etiese oorwegings moet ons besluite voed; nie net die ontwikkelaar en restauranteur bou Orania nie, maar ook die minnesanger wat gaste by die restaurant vermaak; nie net die uitgewer en drukker is belangrik nie, maar ook die skrywer. En die sangers en skrywers is nie in sigself belangrik nie, maar in soverre hulle ’n deelnemende gemeenskap tereg laat kom, een waarin daar ’n sin vir die poëtiese gekultiveer word.

Lawrence Alma-Tadema se skildery met Sappho aan die lippe van die digter Alcaeus.

5

Sensuur en oorreding

* Ek sit en skryf aan hierdie artikel by ’n deftigrige koffiewinkel in Pretoria waar ons dikwels bymekaar gekom het voordat ons Orania toe getrek het. Ek raak versonke in herinnerings aan die opwinding wat die Boheemse vooruitsigte op ’n nuwe begin in Orania by ons gewek het. Ek sien ’n meisie met perfekte kleurkodering tussen vingernaels en skoene, wat croissants koop by die spesialisbakkery langsaan en wat aan haar oggend in die winkels en haar trollie vol organiese voedsel en pragtige snyblomme dink as ’n ryk en vol bestaan. Sy dra ’n rokkie waarvan die prys gewis nie die hoeveelheid materiaal wat nodig was om dit te maak, weerspieël nie en ek besef dat my eie beeld van ’n ryk en vol bestaan destyds nie heeltemal vreemd van hare was nie. Dit was ’n leeftyd gelede.

10|REDE

* Ek dink aan ’n groep studente by Majuba op 27 Februarie in die vroeë 1990’s, lank voordat dit ’n massasaamtrek geword het. Ons was besig om die Cantus-tradisie te ontdek en onder ons medestudente te vestig. Ons het meer as eenmaal op die grense van chaos gehuiwer sonder om daarin af te stort. Hoewel, onder ons was diegene wat het. Ons het hulle nie altyd weer gekry nie. Een aand toe die koshuise hulle huisliedere sing, ontstaan by die inwoners van Huis Jopie Fourie, daardie sonderlinge tuiste van geskorste KP Tuks-lede, wie se sonde was dat hulle ’n volkstaat bepleit het, die onweerstaanbare begeerte om ook ’n huislied te sing. Die verse wat ons die aand geskryf het, het ek grootliks vergeet en die melodie was die vrug van ’n poging om ’n bekende lied na te sing, maar niemand het dit ooit herken nie. Die refrein gaan egter só: Ons is troue Afrikaners en ons strewe na iets anders na ’n ryk en vol bestaan ons bly trou, Jopie Fourie! * As mens oor mag beskik, verbeel jy jou skynbaar dat jy dit kan beskerm deur kritiese stemme te sensureer. Verbied die afwykende standpunt! Maak stil die opsweper! Raak ontslae van die ondermyner! Ek het dit as student gesien gebeur, alhoewel ek nog te beskermd was om te besef hoe vernietigend die uitwerking daarvan op die duur sou wees. Namate dit duidelik geword het hoe dit juis die begunstigdes van dié strategie se selfvertroue ondermyn het, het daar by my en ander in my posisie ’n waardering, soms selfs bewondering posgevat vir daardie stemme wat hulle net nie laat stilmaak het nie. Van my vriende het aanhangers van wat dié stemme verkondig het geword, merendeels omdat hulle tot die retoriek aangetrokke gevoel het. Ek het later die frase ontdek waarin Van Wyk Louw sê: dit is beter om geslaan te word as om te slaan, en besef hoe waar dit kan wees. Ons het nie toe oor mag beskik nie en die mag waaroor ons nou beskik is, in vergelyking met state en stede s’n, nog weglaatbaar gering. Dit sal ons nie help om ons gewig te probeer rondgooi nie, al lyk dit soms of ons mense geneties geprogrammeer is om dit te wil doen. Ons het nie meer veel gewig nie en wie dit nog nie weet nie, vind dit weldra uit. Ons het net die swakste én die sterkste van politieke wapens wat daar is tot ons beskikking: oorreding. En dit is Orania se krag: dat niks so oorredend is as die lewende voorbeeld van ’n ryk en vol bestaan nie! REDE


Die klankbaan vir ’n ryk en vol bestaan

1923

James Kemp

Dit is 1923, amper tien jaar na die rebellie en Jan Smuts se gewildheid neem toenemend af. Oor minder as ’n jaar sal hy en die Suid-Afrikaanse Party die verkiesing teen die Nasionale Party verloor. Chris Blignaut word in dié tyd een van die eerste sangers wat oor die radio uitgesaai word. Hy sing liedjies soos Ou Ryperd, Sarie Marais en O Boereplaas. Daar kan maar net gespekuleer word of van die liedjies, veral die met ’n patriotiese gevoel, bygedra het tot Smuts se val. Daar kan selfs aangevoer word dat Blignaut in ’n mate as ’n eerste Bok van Blerk gesien kan word. Oor die volgende ses jaar sal Blignaut ook die eerste Afrikaanse sanger word wat sy verskyning in ‘praatprentjies’ maak. As jy vandag een van sy liedjies speel sal veral die ouer mense in die gehoor nostalgies raak oor hierdie eerste musikale ikoon. Komponiste van die klankbaan Koos Kombuis, Mimi Coertse, Worsie Visser en Steve Hofmeyr. Vier uiteenlopende musikante met almal een ding in gemeen: Hulle is enkele van die komponiste van die klankbaan vir die Afrikaner se bestaan. Musiek was en is steeds onlosmaaklik deel van die Afrikaner se geskiedenis. Op die Groot Trek is die konsertina en die banjo saans om die kampvuur gehoor. Dié instrumente sou vir die volgende dekades en daarna deel vorm van die Afrikaner se klankbaan in verskillende vorme. Soos dit Afrikaners betaam is daar vandag ook twee groeperinge wat poog om te verseker dat

boeremusiek voortbestaan: Die wat tradisionele en die wat moderne boeremusiek ondersteun. Die diverse verskeidenheid musiek wat beskikbaar is verseker dat elke aspek van die Afrikaner se bestaan ’n klankbaan het. Musiek het ook in ’n groter mate die rol van die digkuns ingeneem. Waar die gebeure van die dag tot ’n groot mate deur ’n bepaalde gedig opgesom kon word is dit vandag (en in die afgelope paar dekades) eerder ’n spesifieke liedjie wat met ’n gebeurtenis geassosieer word. In 1936 het NP van Wyk Louw daarop gewys dat die jonger poësie die volledige menslikheid in Afrikaanse vorm wil uitdruk. Gemeet daaraan kan daar met oortuiging

REDE|11


gesê word dat musiek daarin slaag om die volledige menslikheid van die Afrikaner saam te vat: rugby, politiek, geskiedenis, liefde. In die kort artikel kan elke vorm van Afrikaanse musiek en die bydrae wat dit gelewer het ongelukkig nie bespreek word nie maar daar word eerder gekyk na die rol wat musiek op belangrike tye gespeel het.

1948

Dit is 1948 en ’n jong meisie, Alta, luister na DF Malan wat vra: “Afrikaner Quo Vadis?” Met vandag se opening van die Voortrekkermonument is sy een van talle volkspelers wat ’n nuwe era vir die Afrikaner in-tiekiedraai. Daar is ’n gevoel van opgewondenheid in die lug. Die Nasionale Party is aan bewind en een van die grootste monumente in die Afrikaner se geskiedenis is pas amptelik geopen. Hier staan sy, as jong meisie, en vorm deel van hierdie groot gebeurtenis terwyl omstanders opgewek saamsing aan Tan’ Hessie se witperd. Enkele tree van Alta af staan ds Willem de Klerk met sy vierjarige seun, Frederik Willem, op sy skouers.

Opening van die Voortrekkermonument (1948).

1960’s

Die sestigs en die afwesigheid van Woodstock Terwyl die Hippie-beweging in Amerika sy hoogtepunt beleef met die oorlog in Vietnam en Beatlemania Engeland oorneem betree Suid-Afrika in 1966 die grensoorlog. Die Amerikaanse musiek wat deur die oorlog in Vietnam geïnspireer word staan in sterk kontras met die musiek wat die SuidAfrikaanse trefferparades oorheers het. In Amerika sing Bob Dylan van antwoorde “blowin’ in the wind’ en plaaslik sing Afrikaners saam met Groep Twee

12|REDE

die Oukraalliedjie en geniet die komiese Sonbrilletjies van Al Debbo. Daar word ook geskoffel op die maat van die Boet van Wyk-orkes se Oliekolonie en die Springbokke se lof word besing met The Bats se Groen en Goud. In die sestigerjare is daar, selfs in ’n tydperk waar ’n oorlog binnegegaan word, nie sprake van die tipe protesmusiek wat in Amerika voorkom nie. Selfs die sewentigs sou primêr gekenmerk word deur liedjies soos Kruidjie-Roer-My-Nie deur Anton Goosen, Sonja Herholdt se Ek verlang na jou en Glenys Lynne se Ramaja. Die afwesigheid van liedjies met ’n politieke ondertoon oor die uitsaaigolwe van die destydse Afrikaanse Radiodiens het nie beteken dat politieke onderwerpe afwesig was in Afrikaners se gedagtes nie. Die agtergrondmusiek of klankbaan vir die besprekings het bloot verskil van dié van Amerikaners. Daar kan selfs geredeneer word dat Amerikaanse musikante as ’n tipe meningsvormer opgetree het vir hulle gehoor terwyl Afrikaners vir hulself standpunte moes uitstoei met Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei.

1984

Dit is kort na nege die aand in September 1984. Minke is in haar motor op pad huis toe na ’n koffie afspraak met haar vriendinne. Die grou van Johannesburg word opgekikker deur die ligte Afrikaanse musiek wat oor haar motorradio hoorbaar is. Die omroeper op Radio Suid-Afrika kondig aan dat daar pas na Herman Holtzhausen se Trans-Karoo geluister is. Minke glimlag as sy dink aan die gewilde televisiereeks waarvoor dit die temalied is. “Die volgende liedjie”, sê die omroeper met sy diep stem en perfekte uitspraak, “word opgedra aan al ons seuns op die grens”. Rina Hugo trek weg met Troepie Doepie en Minke voel die traan oor haar wang rol. Sy dink aan haar broer, Willem, waar hy, soos Rina Hugo dit stel, sy plig teenoor sy land doen. Sy dink aan al die troepies op die grens, die oorlog, PW Botha en die noodtoestand. Sy vee die trane uit haar oë en die verkeersligte lyk nie meer waserig nie. In ’n ander deel van Johannesburg teug Kobus aan ’n Lexington. In die kroeg waar Kobus homself bevind is ’n sanger besig om die draak te steek met PW Botha. James Phillips, beter bekend as Bernoldus Niemand, se jongste album Wie is Bernoldus Niemand het pas verskyn. Die eerste snit op die album Hou my vas korporaal laat geen twyfel dat hy en Rina Hugo nie


2006

De la Rey en kulturele eienaarskap

James Phillips beter bekend as Bernoldus Niemand. om dieselfde vuur sit wanneer dit by die Grensoorlog kom nie. Phillips trek weg met die liedjie Snor City waarin hy spot met die groot hoeveelheid snorre wat in Pretoria voorkom. Hy sing van sy soektog “na net een skoon bolip.” Net soos Minke dink Kobus ook aan die oorlog, die noodtoestand en PW Botha. Beide Afrikaners met dieselfde gedagtes – elk met ’n ander klankbaan.

In 2006 verskyn Bok van Blerk se debuutalbum De la Rey. In die bykans 12 jaar na die eerste demokratiese verkiesing was daar nie enige heldeverering van die Afrikaner se geskiedenis wat kommersiële sukses geniet het nie. Die album maak soveel opslae dat die Minister van Kuns en Kultuur in 2007 ’n verklaring uitreik waarin hy waarsku dat die liedjie die risiko loop om gekaap te word deur “’n minderheid van verregses”. Die lied het nie gelei tot ’n gewapende opstand nie maar tot ’n groter mate van eienaarskap van Afrikanergeskiedenis. Verskeie jongmense wat tot op daardie stadium dalk apaties gestaan het teenoor hulle geskiedenis was skielik trots op generaal Koos de la Rey en die Anglo-Boereoorlog. Natuurlik sou dit van veel meer waarde gewees het as die jongmense ook ander helde soos Generaals de Wet en Beyers nagevors het maar die weg was gebaan vir ’n musiekblyspel soos Ons vir jou en ’n reeks boeke oor die onderwerp deur Kraal-uitgewers.

2016

PW Botha met sy kenmerkende wysvinger in die lug. Musikante as meningsvormers Die politieke mallemeule wat Suid-Afrika in die 1980’s en 1990’s beleef het, het die rol van Afrikaanse musikante as meningsvormers sterk na vore gebring. Waar die een groep (daar kan selfs geredeneer word dat die woord groep met geslag vervang moet word) PW Botha as hulle bron vir standpuntvorming gebruik het, het ’n ander die boodskap van Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band aangegryp. Meer onlangs het iemand soos Steve Hofmeyr na vore getree met politieke standpunte. Al is sy politieke uitsprake nie ’n nuwe ding nie is dit veral nadat hy onlangs begin het om ‘Die Stem’ by sy optredes in te sluit dat hy, veral op die sosiale media, ’n politieke gevolg ontwikkel het wat amper so groot soos sy musiekaanhangers is.

Dit is ’n tipiese Woensdagaand in Orania. Verskeie musikante maak musiek by die Blou Hings en die klanke van kitaar en klawerbord vul die lug. Die musiek strek oor ’n breë spektrum – van Ou Ryperd van Chris Blignaut na Toe vind ek jou van Francois van Coke en Karin Zoid. Die politieke botsings tussen Afrikaners van die 40’s en selfs die 90’s is glad nie in hulle gedagtes nie. Die liedjie is ’n bewys dat hulle eienaarskap neem van alles in die Afrikaner se geskiedenis en dat al daardie musiek die klankbaan daarvoor gevorm het en steeds doen. ’n Jongman skuif agter die mikrofoon in met sy Ibanez. Hy vertel dat die liedjie wat gaan volg ’n eie komposisie is. “Vry, vry, vry, vry ‘k Sal my oupa eendag vra, wat dink hy van my strewe vir ’n vry Orania” Die mense in die gehoor wat die liedjie al op vorige Woensdae gehoor het sing luidkeels saam. ’n Nuwe klankbaan vir ’n nuwe generasie.REDE

REDE|13


Oor voedsel, feeste en vreugde

Floris van Dijk se Stillewe met Kaas (1615).

“Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.” Prediker 3:13 Drie eenvoudige begrippe: eet, drink en geniet die goeie. Die eerste twee is voor die handliggend, noodsaaklik vir blote oorlewing. Ryk en arm, vader en seun, koning en slaaf, Afrikaan en Asiër, kommunis en sosialis, almal moet eet en drink. Daarsonder sou lewe haas onmoontlik wees. Die opdrag van “geniet die goeie” is egter ietwat moeiliker. Dit sluit tog mooi aan by die kortste opdrag in die Bybel: ‘wees bly’. Eenvoudig. Tog, ook nie. Miskien omdat daar te ver daarna gesoek word. In sukses en modes, in beenmaer figure,

14|REDE

Nikke Strydom

in perfek gegrimeerde gesigte, in bankrekeninge en sertifikate teen die muur. Lê die antwoord in die Bybelse opdrag nie aan die begin van die sin nie? “Eet, drink”? Is dit nie veronderstel om te beteken “eet en drink, sodat julle die goeie kan geniet nie?” Marthinus Versfeld het eens gesê “gee aan ’n Ateïs ’n wortel om te skil, en hy sal ’n Christen word.” Iemand anders het vervolg dat die enigste tye van totale oorvloed tydens fees en oorlog is. Toeval dat kos by beide ’n kritiese rol speel? Tydens fees en oorlog snoer elke individu kragte saam, word deure oopgegooi, kos gedeel. Tafels kreun in oorvloed, laaste kriesels word gedeel. Elke individu wat sonder skroom aan die gemeenskap deelneem, aanvaar in sulke gevalle medeverantwoordelikheid en deel dit wat aan die basis van menswees staan: voedsel. Dan is dit ook so dat kos deur die geskiedenis ’n belangrike rol speel. Oorlog is eens gevoer om die uitbreiding van grondgebied: weiding vir beeste, wat manifesteer in proteïen vir die mens, vir die grondeienaar. Vele veldslag is gevoer om die nederige bees: die uitbreiding van troppe, vergroting van proteïenbron. Grondgebied is afgeneem, sodat landerye


kan vergroot. Sedert die Bybelse tye, regdeur tot met die Anglo-Boereoorlog en daarna is die vyand se landerye – bron van voedsel – afgebrand. So eenvoudig, so oer, die kombinasie van vuur en voedsel. En tog so ’n effektiewe vorm van wraak. Oorlog is ’n ou fenomeen. Daar word beweer dat daar in die opgetekende geskiedenis van die mensdom minder as driehonderd oorloglose jare was. Daar kan dus beweer word dat oorlog meer normaal as vrede is. Voedsel is eweneens iets wat volkome van die begin van alles af aanwesig is. Die mens, as die verband tussen die twee, afhanklik van die een, oorsaak van die ander, immer teenwoordig. Oorlog het egter oor die eeue heen drasties verander – vanaf stryd tussen opgeleide mans, netjies opgestel in rye teenoor mekaar na stryd om die wese van die mens: die huis. In die Eerste Wêreldoorlog het burgerlikes 1.19% van die sterftesyfer uitgemaak. Gedurende die Spaanse Burgeroorlog, die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse en Viëtnamese Oorloë was onderskeidelik 50%, 48%, 34% en 48% van die lewensverliese die van die burgerlike bevolking. In die 1980’s was 85% van oorlogslagoffers burgerlikes.1 Die Anglo-Boereoorlog, as effe uitsondering sy tyd vooruit, het al voor die aanbreek van die 19de eeu getoon wat die omvang van hierdie wyse van oorlogvoering kan wees. Die oorlog word dan ook as een van die eerste “totale oorloë” bestempel. Tydens oorloë word die basiese noodsaaklikhede soos skole, gesondheidsdienste, voldoende skuiling en toegang tot kos en water, dikwels vernietig. Volgens professor Chairns speel so ’n omgewing negatief in op optimale kognitiewe en sosiale ontwikkeling vir kinders. Die armoede wat op oorlogsituasie volg het eweneens negatiewe gevolge op kinders. Hieronder tel onder meer die gebrek aan genoegsame kos. Daar is reeds male sonder tal bewys dat wanvoeding op sigself by kinders tot sielkundige probleme kan lei, en boonop fisiese sowel as emosionele beperkinge veroorsaak.3 Voedsel is selfs in oorloë ’n belangrike wapen; neem byvoorbeeld die voedselgebrek in die Duitse kampe tydens die Tweede Wêreldoorlog, of in die konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog. Die distrikskommissaris van Krugersdorp was wel deeglik bewus hiervan. Op die 24ste November 1900 skryf hy in ’n brief aan die politieke sekretaris: “…as far as I can see the best way to deal with the Goldson, E. 1996: The Effect of War on Children in Child Abuse & Neglect. Vol 20. No 9. Pg 809-819. Pg 809 2 Macksoud, M. 2000: Helping Children Cope with the Stresses of war. New York: UNICEF. Pg 29 (aanlyn beskikbaar by http:// www.unicef.org/publications/files/Helping_Children_Cope_ with_the_Stresses_of_War.pdf) 1

inhabitants is to bring in the women and children and destroy all sources of supply and so starve them into subjection…” 3 Strek hierdie skaduwee egter verder as blote, onmiddellike ongemak as gevolg van honger? Buiten dat vele as gevolg van hongersnood eenvoudig nie verder kan lewe nie, sal die oorblywendes na afloop van die oorlog ryk en vol kan lewe? In 1990 het dr Tessa Roseboom van die Universiteit van Amsterdam navorsing hieroor gedoen. Sy het duisende kinders wat tydens die Nederlandse Honger Winter (Dutch Hunger Winter) in die Tweede Wêreldoorlog verwek is oor jare bestudeer. Haar gevolgtrekking was merkwaardig. Sy het gevind dat hierdie kinders 1) Hoër risiko vir kardiovaskulêre siektes het; 2) Gemiddeld oorgewig was vir die duur van hulle lewens; 3) Verhoogde risiko vir hoë bloeddruk as volwassenes ondervind; 4) Laer vlakke van indiensneming geniet; 5) Hoër vlakke van hospitalisasie as volwassenes beleef en dus, laer algemene gesondheid het. Hierdie gebrek aan voldoende, gebalanseerde voedsel het dus ’n noemenswaardige effek op kinders tot ses dekades later gehad – selfs al was hulle ten tyde van die voedselgebrek nog nie eers gebore nie.4 Probleme soos aandag-tekort wanfunksie, vertraagde skool prestasie, verlaagde IK, swak geheue, leerprobleme, verlaagde sosiale vaardighede en vertraagde spraak-ontwikkeling sorteer onder die gevolge van wanvoeding op jong ouderdom.5 Navorsing bevestig dus dat wanvoeding vroeg in ’n kind se lewe kognitiewe ontwikkeling op die langtermyn kan beperk.6 Wanvoeding is egter nie net tot oorlog beperk nie. In alledaagse huishoudings met oorvloed stysel en verfynde koolhidrate kom daar in baie gevalle steeds wanvoeding voor. Al is kinders dus gevoed, beperk sulke voedsel hulle fisies om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Anders as wat algemeen geglo word, is iets eenvoudig, soos intelligensie, dus nie bloot oorgeërf nie: daar is reeds in 1988 bewys dat kinders Spies, B. 1977. Methods of barbarism? Roberts and Kitchener and Civilians in the Boer Republics January 1900 – May 1902. Human&Rousseau: Kaapstad. Pg184 4 Clear, J. Reducing Stress: What Scientists Learned From The Children Who Survived a Famine During The Deadliest War in History. Aanlyn beskikbaar by http://jamesclear.com/hunger-winter-stress soos op 13.05.2016 5 Impact of malnutrition on Health and Development soos gepubliseer op Orphan Nutrition. Aanlyn beskikbaar by http:// www.orphannutrition.org/understanding-malnutrition/impact-of-malnutrition-on-health-and-development/ soos op 08.07.2016 6 Brown, JL & Pollitt, E. Malnutrition, Poverty and Intellectual Development. Scientific American, Februarie 1996. Pg 38-43. Pg 38 3

REDE|15


se IK drasties verhoog kan word bloot deur hulle voedsel te verander. Tydens hierdie navorsing is ’n eksperiment op 90 kinders gedoen: 30 van hulle het ’n hoë dosis multivitamien gekry, 30 het ’n plasebopil gekry en 30 het geen aanvulling gekry nie. Na slegs 8 maande het diegene wat die multivitamien gekry het se IK met meer as 10 punte verhoog.7 Die gebruik van Omega 3 & Omega 6 kan byvoorbeeld al drie vorme van intelligensie, emosionele-, intellektueleen fisiese intelligensie verhoog.8 Die invloed van voeding strek egter verder as verhoogde intelligensie. In Kalifornië het professor Rimland ’n interessante eksperiment gedoen. Hy het 1591 hiperaktiewe kinders, wat op medikasie hiervoor was, vergelyk met 1591 hiperaktiewe kinders aan wie daar voedingsaanvullings gegee is. Die behandeling met aanvullings was 18 keer meer effektief as die medikasie. In Brittanje is daar eweneens ’n eksperiment gedoen waar van hierdie land se ergste misdadigers in ’n maksimum-sekuriteitstronk aanvullings van vitamiene, minerale en essensiële olies gekry het. Binne twee weke was daar ’n 35% afname in aggressiewe gedrag van die wat die aanvulling gekry het teenoor die wat die plasebo’s gekry het.9 Na studies deur die Wêreldbank is bevind dat wanvoeding by kinders tot 10% laer inkomste oor die duur van hulle lewens tot gevolg het, terwyl studies wat wanvoeding tussen die ouderdom van twee en vyf jaar ontleed het, gevind het dat diesulke kinders oor die duur van hulle lewens tot 20% minder as hul welgevoede eweknieë verdien het.10 Let daarop dat selfs enkele jare se wanvoeding op ’n jong ouderdom tot in volwassenheid ernstige implikasies kan hê. Alhoewel die invloed in sommige gevalle omkeerbaar is, kan die skade in baie gevalle nie 100% verander word nie. Dr Neville Scrimshaw van die International Nutrition Foundation bevestig dat skade blywend kan wees, selfs al sou die dieet later verbeter: “Restriction of nutrients in utero and in the rapidly growing infant can permanently change or programme the physiology and structure of the body. As long as each generation of a population is handicapped by the consequences of malnutrition

during the foetal period or during infancy and the preschool years, educational and development goals will be difficult to achieve for that population.”11 Brown en Pollitt het in hulle studie oor die verband tussen intellektuele ontwikkeling en wanvoeding tot die volgende gevolgtrekking gekom: “early malnutrition can undermine the overall value of education. Most important, this study demonstrates that poor nutrition in early childhood can continue to hinder intellectual performance into adulthood.”12 Indien daar na hierdie navorsing gekyk word, kan daar dus met reg gevra word of voeding nie net so ’n belangrike, indien nie belangriker, rol as formele skoling speel nie. Met die ou geykte uitdrukking van “die jeug is ons toekoms” sal dit dalk die moeite loon om te kyk wat ons ons jeug voer; om vitamienaanvullings gesubsidieërd beskikbaar te stel. Maar, meer as dit. Die voedsel wat ons eet kan ons letterlik gelukkiger maak. Buiten dat die essensiële olies (Omega 3&6) intelligensie kan verhoog, kan dit mense fisies gelukkiger laat voel. Sekere Omega 3 olies word selfs met die voorkoming van depressie verbind. Daar is ook deur navorsing bewys dat mense wat hoë vlakke van Omega 3 in hulle bloed het, meer grysstof in die dele van die brein wat met positiewe emosies verbind word, het. Omega 3 word oor die algemeen verbind met ’n meer positiewe uitkyk op die lewe.13 Alhoewel die liggaam hierdie olies nodig het en dit in elke sel van die menslike liggaam voorkom, kan die liggaam dit nie self vervaardig nie. Dit moet dus deur voedsel of aanvullings ingeneem word. Goeie bronne hiervan is neute, visolie, vetterige vis, sekere olies en eiers. Deur blote voeding te verander, kan die mens dus nie net meer intelligent word nie, maar ook gelukkiger. Hierdie is egter nie ’n anti-oorlog betoog nie. Dit is meer as dit, dit is ’n betoog tot ’n ryk en vol lewe. Te midde van die voor die handliggende, die vriende, die teenwoordigheid van Dionusos, die teenwoordigheid van God, die wyn en by uitstek die gemeenskap, staan iets eenvoudig: kos. Dit wat jy vandag vir die kinders van die gemeenskap voer, mag nie net hulle IK mede-bepaal nie, maar Scrimshaw, N.S. The lasting damage of early malnutrition. Aanlyn beskikbaar by http://one.wfp.org/policies/introduction/ background/ending/s1.html 12 Brown, JL & Pollitt, E. Malnutrition, Poverty and Intellectual Development. Scientific American, Februarie 1996. Pg 38-43. Pg 42 13 Omega 3 fatty acids – essential to health and happiness. Women’s health network. Aanlyn beskikbaar by http://www. womenshealthnetwork.com/nutrition/omega-3-fatty-acids-benefits.aspx soos op 01.09.2016 11

Holford, P & Colson, D. 2006. Optimum Nutrition for your Child’s Mind. Piatkus Books: London. Pg 2 8 Holford, P & Colson, D. 2006. Optimum Nutrition for your Child’s Mind. Piatkus Books: London. Pg 41 9 Holford, P & Colson, D. 2006. Optimum Nutrition for your Child’s Mind. Piatkus Books: London. Pg 4-5 10 UNICEF, 2013. Improving Child Nutrition: The achievable imperative for global progress; Save the Children, 2013, Food for thought. Pg 7 7

16|REDE


ook hulle totale wese. Hulle buierigheid, aggressie, depressie, hulle geheue, hulle prestasie in skole en hulle geluk. Aan die anderkant van oorlog staan die fees. In sy liedjie Songs vir verliefde mense besing Steyn de Wet hierdie unieke verband tussen ’n eensame, geïsoleerde lewe ver van jou gemeenskap in die buiteland aan die eenkant, en ’n eenvoudige, gelukkige lewe op die platteland saam met bure, gesin en gemeenskap aan die anderkant. Hy sing treffend: “Kom platteland toe saam met my, net so mooi soos Vancouver is ’n jong landery, soos die hoop van ’n kind wat die somer weer jag, sonskyndae buite speel tot ma roep dis al nag. Kom platteland toe na die huis teen die kop; voer hul fees in Den Haag as die vrugteboord bot? Is daar hoop dat seisoene vernuwing berei? Sal jy glo saam met my, sal jy glo saam met my? En ek sing jou die songs van my vader se hande, wat werk deur die snikheet vir kos op die lande, wat glo in die prys van sy vaders se bloed, vir die voorreg en wil om sy nasie te voed. En ek sing jou die songs van verliefde mense in die sagste skadu van die helderblou berge, wat kaassny en wynskink met handvat en oogknip … en lewe in oorvloed en eenvoud kan vind, en lewe in oorvloed en liefde kan vind.” Vir mý immer veelseggend, en o so mooi, is die verband tussen die platteland en voedsel en fees. Tussen gemeenskap en son en gesin. Tussen natuur en mens en God. Die natuurlike ritme van die natuur tog ook rede vir fees; aangesien dit voedsel en samesyn bring: Die jong landery, die fees as die vrugteboord bot, die seisoene wat vernuwing berei,

die vader wat werk vir kos op die lande, vir die voorreg om sy nasie te voed. En dan, die handvat vir gebed, om dankie te sê vir die geluk van kaassny en wynskink. Die fees van oorvloed. Die fees van eenvoud. Die fees van liefde. ’n Fees, ’n feestelike lewe, ’n feesmaal. Wat is dit meer as voldoende voedsel en die aanwesigheid van allesoorheersende geluk? Verwagtings, positiewe ingesteldheid en ’n lewe anderkant die onbehae?

So kom, kom, laat ons feesvier. Kom laat ons rondom ’n tafel bymekaarkom, en soos die nederigste skaapwagters en die swierigste konings van eens eenvoudig saam eet. Kom ons verander kos weer vanaf iets wat met afsku bejeën word deur selfgesentreerde mense vir wie figuur uber-alles belangrik is, maar gryp die oorvloed van ’n gesonde leefstyl aan. Kom laat ons aansit vir ’n feesmaal drie maal per dag, kom laat ons die nagmaal ook daagliks vier, kom ons offer die kos, vra en bedoel dat dit in ons liggame geseën word. Kom laat ons – te midde van oorlog en fees, oorvloed en tekort – weer eet, drink en die goeie geniet. Want dít, eetgenote, feesgenote, dit is die beginpunt van ’n sinvolle bestaan. Van ’n ryk en vol lewe. Eet, drink. En geniet die goeie. Wees gelukkig. Vier die fees. REDE

Jan Cornelisz Vermeyen se Troue te Kana.

REDE|17


Ons lig die

Bekers

Een oggend om 9:00 tydens ’n onlangse besoek aan Suid-Tirool vra een van ons Duitse gashere my of ek saam met hom ’n bier wil drink... Half geskok probeer ek in gebrekkige Engels verduidelik dat die vliegtuig nog nie oor is nie. Behalwe dat “The airplane is not over yet” maar half vreemd klink teenoor die Afrikaanse weergawe, het beide my beeldspraak en die feit dat ek nie 9:00 in die môre ’n bier wil drink nie my nuwe vriend verwar. “Why not” antwoord hy my in sy Duitse aksent. “ ” ...My beurt om verward te wonder hoe “the airplane is not over yet” verstaan kon word dat ek ’n sinistere afkeur in my nuwe vriend het. Behalwe dat ons tot ’n mindere mate so ’n bietjie verdwaald binne vertaling (lost in translation) is, besef ek meteens dat ons hier te doen met ’n “clash of civilizations” van Samuel P Huntington-proporsie het. Jy sien, in die Duitse kultuur is die drink van bier by enige geleentheid, ongeag die tyd van die dag, byna dieselfde as Afrikaners se soeke na ’n geleentheid

Duitsers in tradisionele drag vier hul kultuur.

18|REDE

Sarel Roets

om ’n vuur aan te steek en ’n vleisie te braai. Soos hierdie vriend my verduidelik is dit slegs mense wat alle inhibisies verloor en dan hulself sleg gedra wat nie om 9:00 die oggend al die eerste biertjie knak nie. Ek kon nie help om terug te dink aan my studentedae toe 9:00-in-die-môre-biere (of brandewyne) byna sonder uitsondering tot ongesonde nadraaie gelei het. Tog het ek tydens my twee weke toer in SuidTirool nie een keer gesien dat hierdie nadraaie sy lelike verskyning maak nie. Die makliker uitweg sou wees om te reken dat ons as Afrikaners net minder drankfiks is, maar dit sou lui wees om só te redeneer. Na baie nadenke oor die Duitser se wysheid daardie oggend het ek besef dat Afrikaners se denke rondom drankgebruik meer dikwels as nie, redelik ongebalanseerd is. Eerstens moet ons nie lui wees deur te redeneer dat alkohol self die skuld moet kry vir al die onheil wat dit dikwels veroorsaak nie. Die skuld bly alleen maar die van die drinker. Waarom het ons dan so dikwels “drinkerprobleme”


in ons Afrikaner samelewing? Omdat die doel van die drinker dikwels arm is aan inhoud. Van vetkryte tot verfkwaste By geleentheid het ek die voorreg gehad om die Wild About Whiskey Bar in Dullstroom te besoek. Wat ’n belewenis. ’n Kroeg wat uitsluitlik whiskey bedien! As ’n “brannas man” tot op daardie stadium was ek maar half skepties oor ’n kroeg wat so verbeeldingloos is om slegs een tipe drank te verkoop. Toe die professionele kroegman met sy derde sin begin, besef ek meteens dat ek met vetkryte krabbel terwyl die man my probeer leer om olieverf te gebruik. Om whiskey te distilleer is ’n kuns wat, net soos ’n Michaelangelo skildery, jare neem om te voltooi. “Nee, mens drink dit nie met Coke nie!” vererg die kroegman hom vir my. “Jy drink dit by kamertemperatuur (15°C – 18°C) en jy gooi niks meer as 5ml water by nie. As jy min klas het, kan jy een blokkie ys bygooi. Jy drink dit uit ’n whiskeyglas (Tumbler) nadat jy dit vir ’n paar minute laat staan het, sodat die whiskey met die lug kan reageer. Soos jy dit geniet maak jy net jou tong nat en laat die geure deur jou mond spoel voor jy dit sluk”. Duidelik het Wild About Whiskey nie uitsmyters nodig nie! Om whiskey te drink is net soos om whiskey te distilleer en whiskey te skink ’n kuns. Soos enige ander kuns lê die rykheid en volheid daarvan in die belewenis wat deur soveel moontlik sintuie waargeneem moet word. Jy sien dit, jy ruik dit, jy proe dit...en ja, jy voel dit ook. Maar sodra jy die vermoë verloor om jou sintuie te gebruik wanneer jy jou whiskey drink, is jy besig om ’n kunswerk te brand.

Die se(d)erower in die kuierplek As student stap ek op ’n keer by ’n kuierplek in Lichtenburg in. Ek bestel my drankie terwyl die harde Amerikaanse dansmusiek so hard speel dat ek die vibrasie aan my broekspype voel. Ek herhaal my dubbel brannas en Coke bestelling drie keer aan die kroegman omdat die harde musiek moontlik reeds permanente skade aan die gehoor veroorsaak het. Ek gaan soek my broer en dié se meisie, wat self ’n Lichtenburger is, op en sit in luidrugtige stilte en kyk na die mense rondom ons. Na ’n wyle beduie die meisie met handgebare dat sy die badkamer moet gaan besoek. Ek wonder by myself of SuidAfrikaanse kroeg vingertaal binnekort as twaalfde amptelike landstaal verklaar sal word. Terwyl ek so wonder oor die taalprobleme van Azania besef ek dat die jong Lichtenburgers aan die anderkant van die leë dansbaan ook vlot met vingertaal is. Ek besef dat ek besig is om vaardig te raak met hierdie nuwe taal, want ek kan duidelik aflei dat daar nie baie kameraderie tussen my groepie en sy groepie is nie. Hulle is vlot in SA kroeg vingertaal en verstaan elke uitdrukking wat ek aan my broer kommunikeer en hulle stap as trop nader. My broer beduie in beter SA kroeg vingertaal as myne aan my dat hulle ’n probleem het... Ja Pieter, daardie boodskap is duidelik, maar waarom? Die buffeltrop beduie ons na buite. Miskien sukkel hulle tog so bietjie met die vingertaal... Nietemin, verlaat ons die watergat terwyl ons broeke steeds vibreer van die Amerikaanse dansmusiek en geen ander rede nie. Die manne is ongelukkig omdat ons, stadsjapies van Pretoria se wêreld, nog nie ons plek in die voedselketting bewys het nie en nou met ’n plaaslike meisie kuier. My poging om te verduidelik dat ons nie werklik kón kuier nie omdat ek nog nie S.A.K.V onder die knie het nie, het op beskadigde oordromme geval. Ons het daarna die watergat armer verlaat: armer aan ’n paar rand, vriendelikheid en ’n gesonde kultuurervaring.

Hennessy konjak en sigare. Praat gerus ook met enige “Craft” bierbrouer of wynmaker oor die kundigheid wat dit verg om hulle kuns te beoefen. Respekteer en waardeer die kunstenaar en sy kunswerk wanneer jy weer ’n drankie geniet.

As drank met kuns vergelyk word, is wyn en whiskey dalk die Van Gogh’s en Rembrandts van die drankwêreld. Indien daar ’n donker seerower kunstenaar was, wie se kunswerke die fynproewers se wenkbroue laat lig het, sou mens hom seker met brandewyn en rum kon vergelyk. Rum laat mens onwillekeurig dink aan ’n dronk troep op die grens, of die man met die donker kyk in die hoek van die kroeg wat nie vriende het nie. ...Niks wat een besoek aan Kuba nie kan reg dokter nie. As die Marxisme vir die doel van die oefening buite

REDE|19


rekening gelaat kan word en daar in diepte na die kultuur van die gemiddelde Kubaan gekyk word, vind daar weer so ’n klein “clash of civilizations” in jou binneste plaas. Een van die eerste verskynsels wat mens in Kuba waarneem is die opgeruimdheid van die Kubane. Ten spyte daarvan dat die Castro’s en hulle kommunistiese tirannie verskillende klasse, kulture, rasse en gelowe saam geforseer het tot een identiteit is daar bykans geen onderlinge vyandigheid nie. Kubane is vrolike mense! Rondom tradisionele danse, musiek, sigare en rum het daar ’n kultuur van optimisme ontstaan wat nie deur die donkerder kant van kommunisme geblus kon word nie. Ek sal nie so vêr kan gaan om te sê dat die gesofistikeerdheid van ’n whiskey drinker vergelyk kan word met die Kubaanse rum drinkers nie, maar dit sal waarskynlik meer te doen hê met finansiële redes as die tipe drankie. Wat wel ooreenstem is die gees waarmee die drankie geniet word. Dit is hierdie gees wat elektries aanvoelbaar is by elke restaurant waarby ons ingestap het. Dit is ook belangrik om te noem dat daar nie werklik ’n onderskeid is tussen ’n eetplek en ’n drinkplek in Kuba nie. Wat jy by die een kry, kry jy by die ander: Gesonde samesyn, positiwiteit, vriendelikheid en ek sal selfs so vêr gaan om die woord kameraderie (buite die kommunistiese konteks) te gebruik. Dit is dus nodeloos om te sê dat ek ook hier geen uitsmyters gesien het nie! Wat is dan die verskil tussen die watergat in Lichtenburg waar Sarel sy brandewyn gedrink het en Floridita in Kuba waar Hemingway sy rum gedrink het? In Floridita dra die omgewing met sy musiek, sigare en rum saam met die mededrinkers by tot ’n positiewe kultuurervaring wat die beste in mense na vore bring. Toegegee, daar was ook in Floridita diegene wat kunswerke verbrand het deur goeie

rum soos Sweeto-koeldrank weg te slaan. Ten spyte daarvan was die kultuur van die omgewing en die mense van so ’n aard dat niemand die vrymoedigheid gehad het om mededrinkers negatief te stem nie. In beide die Lichtenburg-watergat en in Floridita het die se(d)erowerdrankies gevloei. In beide gevalle het die rum en die brandewyn bygedra om die kultuur van die mense en die kuierplek te aksentueer. In Kuba was dit positief en gesond, maar in Lichtenburg negatief en skadelik. Gevolglik kan die vele kritiek teenoor drinkers beslis in die gelyk gestel word indien die kultuur van die mense en die kuierplek, hetsy by ’n onderneming of om ’n braaivleisvuur negatief is. Net so kan die kritiek verkeerd bewys word indien daardie selfde mense en omgewing positief is. Begin 2016 het ek my hand gewaag aan ’n kuierplek genaamd die Blou Hings as uitbreiding van ons bestaande restaurant, die Pienk Zebra. Die kritiek teenoor die kuierplek was baie en ongelukkig dikwels gegrond. Ek het die onderneming begin met die verwagting dat my kliënte dieselfde kultuur en waardestelsel as ek sou handhaaf. (Niemand kan my beskuldig dat ek nie naïef positief is oor my medemens nie.) My gevolgtrekking was gewees dat die meeste Afrikaners nie ’n gesonde drinkkultuur aangeleer het nie. Dit was byna deur bloed heen dat ons die aard van die omgewing en die gees van die kliënte verander het tot ’n positiewe kulturele belewenis. Tans is daar al meer besoekers wat ons tradisionele Boeregeregte kom eet by die Pienk Zebra terwyl hulle na die goeie Afrikaanse musiek luister wat deur plaaslike kunstenaars gespeel en gesing word. Drank per sé, word al minder die doel van die oefening terwyl die kulturele ervaring deur middel van die musiek, spys en drank die groot trekkrag geword het. Gevolglik is die probleemkliënte óf nie teenwoordig nie, óf hulle pas in by die aard en kultuur van die omgewing. Deur enigeen van die musiek, spys of drank weg te neem sal die karakter en kultuur van die geleentheid negatief beïnvloed word. Die waarmaker en die vredemaker

Havana Club Kubaanse rum.

20|REDE

Afrikaner gasvryheid was nog altyd ’n deel van ons kultuur waarop ons trots kon wees en in die verlede op kon roem. Selfs in die Vryheidsoorlog het Engelse generaals met lof vertel oor hulle ervaringe wanneer hulle deur die Boere gevange geneem is. Ek glo dit is juis hierdie mooi eienskap van ons Afrikanerkultuur waaruit ons liefde vir kampvuur en vleisie of potjie op die kole vandaan kom.


Die Afrikaner is byna net so sosiaal as wat hy hardkoppig is. Dit is ongelukkig hierdie kombinasie wat menigte familiekersfeeste aan die einde van die vorige eeu tot ’n bitter einde laat kom het. Ek glo dat die vonkelwyn wat saam met die gesprekke rakende die kerk en politiek gevloei het, bygedra het tot verdere bitterheid. ’n Bitterheid wat tot op hede ons gemeenskap se bestaan beïnvloed. Weereens ’n voorbeeld van hoe drank die gees en omgewing van die byeenkoms aksentueer. Wanneer daar egter rondom dieselfde belange en ideale, in ’n positiewe gees, saam gekuier en glase geklink word, gebeur daar dikwels wondere. Enige persoon wat al die voorreg gehad het om ’n Cantus by te woon sal hiervan kan getuig. ’n Cantus begin altyd met die Stem en ander volksliedere. Daarna volg daar ander nasionalistiese liedere uit ons volkskat. Bekers bier word gelig, heildronke ingestel op die verlede, die hede en die toekoms. Daar word saam gehuil en gelag. Persone wat hulle wangedra word gedissiplineer. Die aand word na ongeveer twee ure afgesluit met ’n heildronk op vrolikheid en ’n ewige jeug waarna niemand kans sien om huis toe te gaan nie. Die rede vir die verder kuier is nie die laaste paar bottels bier wat oorgebly het nie. Die doel is nie drank nie, maar gemeenskaplikheid en die kameraderie onder mekaar. “Ons stap saam die donker toekoms in”, nie omdat ons dronk en dom is nie, maar omdat ons mekaar het! Daar is ’n gemeenskap gevorm met ’n homogene verlede, hede sowel as toekomsideale. Drank is die groot waarmaker. Dit is om hierdie rede dat my Duitse vriend my bona fides bevraagteken het toe ek nie 9:00 in die môre saam met hom ’n bier wou drink nie. Wat het ek om weg te steek? Wanneer vriende saam drank gebruik kweek dit vertroue in mekaar. Ons ontspan so ’n bietjie die doringdraad wat ons om ons eie onsekerhede gespan het. Ons luister meer en deel makliker. Gevolglik leer ons mekaar beter ken en daaruit vloei vertroue. Sonder vertroue kan daar geen gemeenskap of gemeenskaplikheid wees nie. Die uiteinde van die saak... Alkohol is ongetwyfeld van groot waarde en sal kan bydra tot verskeie aktiwiteite wat ’n ryk en vol bestaan bevorder. Hiervan is kuns, kultuur en gemeenskaplikheid maar enkele goeie voorbeelde! Tog is dit ook telkens bewys dat armoede, leegheid en selfs die dood dikwels deur drank veroorsaak word.

Ek glo dat ’n ryk en vol bestaan uitsluitlik behaal kan word wanneer ons alledaagse doen en late in lyn is met God se wil vir ons. Sy wil sluit

net soveel die gesonde gebruik van alkohol in, as wat dit die ongesonde gebruik daarvan veroordeel.

Fiammata-glas van die bruilof te Kana, Die Kolumbarium, San Francisco. By die bruilof in Kana het Jesus sy eerste wonderwerk verrig deur water in wyn te verander. Nie omdat die bruidegom vergeet het om die wyn te reël nie, maar omdat die wyn opgeraak het. Verder het Jesus gekies om die nagmaal in te stel met wyn en nie druiwesap of water nie. Jesus het self wyn gedrink by die geleenthede waar hy dit goedgedink het. Tog het hy aan die kruis nee gesê toe die asyn, soos ons dit noem, aan hom gebied is. Hierdie asyn was ook ’n tipe kruiedrankie wat die doel gehad het om sy pyn te verlig en sy verstand te verdoof. Die les wat ons uit Jesus se voorbeeld moet leer en aanwend in ons eie ryk en vol bestaan is om te onderskei tussen gesonde gebruik van drank en die ongesonde gebruik wat tot armoede, leegheid en die dood sal lei. Afrikaners het nodig om die dinge van ’n kind agter te laat en verantwoordelikheid te aanvaar. Solank as wat kinderlik opgetree word, is die gevolglike teenreaksie daarop vanselfsprekend en sal die spreekwoordelike vliegtuig nie oor wees nie. Maar as ons volwassenheid en verantwoordelikheid kan aanleer, kan daardie brandewyn by die braaivleisvuur, of die wyn by die Kersete, of die bier by die kuierplek waarlik bydra tot ’n positiewe kultuurervaring wat sal bou aan ’n ryk en vol bestaan. REDE

REDE|21


Toneel uit Doodkry is min (1961).

Die taalstryd? as geloofstryd

“Taal van my moeder, haar liefde en gebede Staam’lend gelispel as kind aan haar knie, Wat ek geloof het, gelief en gelede Ruis in U klanke as ʼn soet melodie. O dierb’re Moedertaal, As eens my dag ook daal Hoor ek U nog vir die laas liewe maal!” (A.G. Visser)

22|REDE

Dr Morné Diedericks


In 1931 weier ʼn skoolseun van Afrikaans Hoër Seunskool van Pretoria om ʼn medalje wat hy by ʼn atletiek byeenkoms gewen het te ontvang, omdat die medalje slegs in Engels gegraveer was. Daar is talle sulke voorbeelde wat plaasgevind het. Hoekom is daar onder die Afrikaner voortdurend ʼn stryd vir Afrikaans? Deur die geskiedenis sien ons dat die taalstryd so diep gewortel is in die Afrikaner se verstaan van homself. In 1876 sê die hoofregter van die Kaap, sir John Henry de Villiers, die volgende oor Afrikaans: “Poor in the number of its words, weak in its inflections, wanting in accuracy of meaning and incapable of expressing ideas connected with higher spheres of thought, it will have to undergo a great modification before it will be able to produce literature worthy of the name.” Hierdie prentjie het vinnig verander toe Afrikaans al hoe meer ontwikkel het in ʼn volwaardige taal met al sy literatuurvorme. ʼn Taal is iets wat groei en ontwikkel. Sir John Henry de Villiers het verwys na Engels as “that rich and glorious language”, maar wat de Villiers vergeet het was dat Engels ook maar op ʼn tyd “poor in the number of its words” was. Engels het ook ʼn geskiedenis en het ook na die verloop van tyd ontwikkel. Engels is wel 600 jaar ouer as Afrikaans. Afrikaans is nog ʼn jong taal wat tans baie siek is. Al sy groot bronne van ontwikkeling, die groot universiteite het Afrikaans by die deur uitgegooi. Dit is heeltemal te verstane dat Afrikaans by die staatsuniversiteite uitgefaseer is, want wie betaal bepaal en omdat die staat betaal, bepaal hy ook wat die universiteit se taalbeleid is. Die huidige staatsregering in Suid-Afrika gaan egter nie vir altyd regeer nie, hulle gaan dalk lank regeer, maar nie vir altyd nie, dit leer ons uit die geskiedenis. State kom en state gaan. Die regering se onderdrukking en vervolging van Afrikaans en daarmee eintlik die onderdrukking en vervolging van die Afrikaner bring vir die Afrikaner ʼn wonderlike krisis. Ja wonderlik, want nou kan die Afrikaner weer begin dink en planne maak. Die ou Afrikaner “establishment” was weens hul krisisloosheid so staties en ideeloos. Iets wat staties en ideeloos is, sterf later. Daarom het die ou Afrikaner “establishment” gesterf. Die Afrikaner het egter nie gesterf nie, net ʼn klein stukkie van die Afrikaner het en ongelukkig het hy daarmee saam ook omgeval op die ou universiteite. ʼn Duur les in die Afrikaner se geskiedenis waaruit hy sekerlik baie gaan leer. Hierdie gaan egter nie die Afrikaner keer om Afrikaans te ontwikkel nie. Dit gaan wel die groei

Graffiti tydens die #Afrikaansmustfall beweging op universiteitskampusse (2016). in Afrikaans vir ʼn tyd demp, maar daar gaan weer Afrikaanse universiteite opstaan, dit is deel van die Afrikaner se DNS om dinge oor te begin. Maar wat is die rede dat Afrikaners soveel erns maak met Afrikaans, die diepliggende rede, los van bloot die genieting om Afrikaans te praat, sing en skryf? Die jong Afrikaner se liefde vir Afrikaans het nie verander nie, want die Afrikaners se liefde vir Afrikaans is gesetel in hulle liefde vir hul moeders. Afrikaners is al te lief vir hulle moeders. Die Afrikaner moeder wat nooit ophou onderrig, leer, bemoedig en ondersteun in haar moederlike-taal nie, dit is hulle, hierdie moeders wat die taal lewendig hou. Hulle is die sondebokke, hulle leer van kleins af vir hulle kinders Afrikaans, sing vir hulle Afrikaanse liedjies, leer vir hulle Afrikaanse woorde en lees vir hulle uit die Afrikaanse Bybel. In prof Danie Goosen se boek Oor Gemeenskap en Plek verduidelik hy dat die moderne mens en sy hiper-individualisme die gegewe werklikheid nie as ʼn geskenk sien nie, maar as ʼn toevalligheid. “Vroeër het gemeenskappe nie maar net ʼn toevallige invloed op die individu uitgeoefen nie, maar ʼn wesenlike invloed. Gemeenskappe was nie bloot op ʼn losse of ekstrinsieke wyse by individue betrokke nie. Hulle was eerder medebepalend vir die aard en wese

REDE|23


van die individu. Die individu het homself nie as losgeknoop van sy gemeenskappe ervaar nie. Om ʼn individu te wees, het eerder beteken om ‘ingebed’ te wees, dit wil sê onlosmaaklik verweef met hierdie of daardie gemeenskap, tradisie of kultuur.” Jou verhouding met jou ma is ook nie ʼn toevalligheid nie, soos Salomo skryf “kinders is ʼn erfdeel van die

Here”, net so ʼn Afrikanerma. ʼn Ma is ʼn geskenk van die Here. Ek het nie my ma gekies nie, ek het haar ontvang. So het ek ook nie my ma se taal gekies nie, ek het dit ontvang. Daar is dalk ander kinders se ma’s wat mooier en ryker was as my ma, maar hulle is nie my ma nie. Net so ook my ma se taal.

Samesyn

Daar is ander tale, selfs ryker in woordeskat, of soos de Villiers gesê het “that rich and glorious language”, maar dit is nie myne. Om jou taal te ontken is om jou ma te ontken, dit is gruwelik en bloot ongeskik. Geloof in taaltoevalligheid dui eerder op ongeloof in Godsvoorsienigheid. God voorsien ouers, so het my ma vir my geleer. Net so voorsien God ook jou moeder se taal aan jou, dit is nie toeval nie, dit is God se voorsienigheid. Afrikaans is ʼn gawe van God, soos wat God kinders aan ouers gee en ouers aan kinders, so gee Hy ook taal as ʼn gawe. Die stryd vir die behoud en ontwikkeling van Afrikaans is daarom ʼn geloofstryd, ten diepste ʼn geloofstryd teen die ongeloof van toevalligheid.

Huisgenoot van 10 Oktober 1975, die dag wat die Taalmonument deur Eerste Minister, BJ Vorster voor ’n skare van 40 000 Afrikaners onthul is.

24|REDE

“Die mens het ’n gawe – let wel: ʼn gawe – alles wat hy aanraak, word kultuur. As hy velde aanraak, word dit plase. As hy wol aanraak, word dit klere. As hy koring aanraak, word dit brood. As hy kopererts aanraak, word dit kopermuntstukke. As hy die fisiese klanke en geluide aanraak, word dit taal en musiek.” (Prof HG Stoker) REDE


Die strewe

van die jonger Afrikaanse poësie

Versamelde Prosa 1 NP van Wyk Louw

November 1936 Hoe kan ʼn mens skryf oor die strewe van ons digkuns? Elke digter staan so alleen dat hy eintlik net oor sy eie koers kan praat. En hoe sal ʼn mens ʼn “strewe” in dié dinge kan noem wat soseer uit die onbewuste kom dat hulle maker self nooit kan sê: “Ek sal môre of oor ʼn maand dit skrywe”?

Alexandre Cabanel se Digter en muse.

Daar word gepraat van “die jongeres” in ons digkuns, maar daar is by ons geen groep of skool wat ʼn gesamentlike literêre strewe het nie; en al word daar hóé probeer om die nuwe werk met een formule saam te bind, breek die weerspannige persoonlikhede maar altyd weer los uit die draadjies. Daarom kan ek nie namens iemand anders oor die nuwe gees in ons poësie praat nie en noem maar dié dinge wat ek self as wesenlik in die beste werk sien. En ek praat nie van alles wat vandag by ons geskryf word nie, want nie alle boeke wat in ʼn tydperk verskyn, behoort tot die literatuur van die tydperk nie. Dan is die sentrale kenmerk van die jonger poësie dat hy die volledige menslikheid in Afrikaanse vorm wil uitdruk. Dit is ʼn eindelose taak, dit is eintlik die taak van ʼn hele volksliteratuur, want aan geen enkele mens is dit gegee om so volkome te lewe nie; maar die poësie stel absolute eise en wil met geen mindere diens tevrede wees nie. En ons staan aan die begin van alle groot poësie – die mens teenoor die natuur, teenoor die gemeenskap, teenoor die liefde, teenoor God – is ook die inhoud van hierdie Afrikaanse poësie, en niks geringer sal ons vorms vul nie. Ons wil as Afrikaners volledig mens wees en dié ervaring in ons poësie uitdruk. Daarom word daar so te sê nie meer geskrywe oor die tipiese dinge in ons Afrikaanse omgewing nie,

REDE|25


die dinge wat ons alleen besit, die blomme en diere van ons veld, die gewoontes en die geskiedenis van die Afrikaner, al die dinge wat deur ʼn vorige geslag digters ontdek en uitgebeeld is; nie omdat ons hierdie dinge nie raaksien of nie liefhet nie, maar omdat hulle vir ons in ʼn ander menslike verband ingaan. Maar ook daarom word die poësie vir ons ʼn hoë en dwingende taak. Dit is nie ʼn aangename spel of ʼn tydkorting om ledige uurtjies te vul nie, ʼn fraiing of versierinkie wat buite aan die lewe gehang word nie, maar die lewensvorm self waarsonder ons as mense en ons Afrikaanse volk as volk nie ʼn volkome menslike en nasionale lewe sou kon hê nie. As ʼn mens van die magtigste lande hul groot en blywende kuns wegneem, dan verloor hulle hul betekenis in die geskiedenis, dan word hulle net enorme versamelings menslike materiaal wat sinloos aankom en doodgaan. So glo ons ook dat die taak van Suid-Afrika nie is om vet en ryk aan aardse goedere te word nie, maar om groot en mooi dinge voort te bring wat aan latere geslagte die betekenis van ons lewe hier sal openbaar.

Die kuns maak die lewe sinvol, nie die lewe die kuns nie.

Al word jonger literatuur individualisties genoem, is hierdie gerigtheid op die volksgroep en bewustheid van ʼn diens aan die volksgroep ʼn wesenlike kenmerk daarvan. Ons weier om die naam te dra dat ons meer algemeen-menslik: en minder nasionaal as ʼn vorige geslag in die poësie sou wees. Ons glo dat die menslike hom alleen in nasionale vorm uit – nêrens op aarde bestaan daar ʼn “algemene mens” nie, net altyd konkrete mense wat tot ʼn besondere volk behoort en ʼn besondere taal praat. En in tye wanneer die bestaan van die volk op die spel is, sal hierdie nasionalisme in die mens en in die kultuur sterker vorentoe kom, sy eie krag eensydig beklemtoon en

26|REDE

ʼn besondere vorm aan die hele geestelike lewe van die tyd gee. Dit het by ander volke gebeur: In die Duitse Vryheidsoorlog van 1813 en in die donker jare van Duitsland na 1919 weer; dit het by ons van 1905 af gebeur en is vandag weer in aantog. In sy skerpste uitings word dit dan propagandistiese verse vir dié politieke groepe wat vir die digters die nasionale gedagte die suiwerste handhaaf. So sien ʼn mens ʼn newestroming van skerp hekeling, spot en hartstogtelike retorika aan die kom, wat in ons eie tyd die taak van Leipoldt, Celliers en Totius se oorlogsverse wil vervul om die gewete van die volk wakker te hou. Maar dit is nie die enigste, selfs nie die hoogste uiting van die nasionale gevoel in die poësie nie. Dié sluit die politiek nie uit nie, maar sluit ook baie meer as die politiek in. Dit is ʼn vurige meeleef met alles wat in die volk omgaan; dis ʼn liefde vir die dinge wat die volk trotser en bewuster maak, wat hom stoflik ook sterker maak; dis medelye met sy swaarkry en stryd teen dié wat hom laat swaar kry; dit is bitter haat teen alles wat kleinlik in die volk is en alles wat sy trots aantas en hom kleineer. Dit is die vaste wil om na eie kragte en buite alle loon om iets te doen wat die geestelike besit van die volk sal verryk. En die jonger digters weet dat hulle die beste diens gedoen het wat hulle kan, wanneer hulle iets moois uit die krag van hierdie gees geskep het. Al word daar dus gepraat asof die jonger poësie ver van die volk af staan en vervreemd is van sy lewe, sal ons nie soek om nasionaal te wees nie (hoe sal ʼn mens die lug soek waarin jy asemhaal?); ons sal nie weë soek en temas wat ons nader aan die volk moet bring nie, of klein gemoedelikheidjies soos ʼn mens met ʼn kind praat, sê om algemeen-genietbaar en populêr te word nie; maar ons sal deur die strengste diens aan die skoonheid ons nasiediens verrig, met die wete dat die diens se waarde na sy duursaamheid gereken word. En dit is die tweede kenmerk van ons strewe; die geloof dat daar in die poësie geen wette bokant die skoonheid geldig is nie. ʼn Gedig is nie ʼn gedig kragtens sy inhoud nie; dis nie mooi omdat dit ʼn “mooi” sentiment uitspreek, omdat dit stigtelik en opheffend is nie, of omdat dit êrens tot troos in die wêreld is nie: ʼn digter is nie ʼn mens wat dinge anders of “mooier” sien as andere nie. Al die gevoelens en gedagtes wat in gedigte te vind is, is op sigself literêr volkome onverskillig; hulle is natuurlike gebeurtenisse, sielkundige feite wat elke mens in homself kan waarneem. Dis eers wanneer hulle die


geheimsinnige verbintenis met die woord aangaan en opgaan in die musikale rangskikking van mooi woorde wat die vers is, dat hulle poësie word. Daarom mag die digter geen ander wette as hierdie gehoorsaam nie, en sy gehoorsaamheid aan hulle is alleen die teken van sy digterskap. Dit is verkeerd om te sê: elke mens is ʼn digter in sy gevoel maar net nie elkeen kan dit uitdruk nie. Elke digter is liewer net ʼn mens in sy gevoel, maar hy is digter omdat hy dit kan uitdruk. Dis nog verkeerder om te sê: ʼn vers is “digterlik” van gevoel, maar net sleg uitgedruk; want voordat dit mooi uitgedruk is, is dit nog geen vers nie. Luister hier: “Een middag het ek alleen in die son en wind teen die duin gelê.” Is dit nie net soos elkeen elke dag praat nie? Nogal baie presies. Maar nou: Een middag het ek half geslaap Tussen stilte, wind en lig (W.E.G. Louw) Hier het ʼn nuwe musikale element bygekom – en die doodgewone woorde en gedagte is tot ʼn skoonheid omgeskep wat hulle vroeër nie gehad het nie. Dit is alleen die grondslag van alle werklike poësie waaraan ons dan glo: dat die wette van die klankryke woorde en woordverbinding die enigste geag in ons ryk is. Om poësie te maak, is nie om ʼn digterlike inspirasie te kry nie en dit dan so haastig moontlik op papier “uit te stort” nie. Die digter moet, soos ʼn sterk ruiter sy perd, die drif van sy hart dwing om ʼn wet te gehoorsaam wat bokant sy eie wete uitgaan. Hy moet suiwerheid en tegniese volmaaktheid soek. Die woorde en die uitdrukking mag nie net naastenby reg wees nie, het Kloos en die Tagtigers in Holland reeds gesê, maar moet so presies wees dat hulle vir geen ander in daardie verband kan omgeruil word nie. Musikale klank, die glansende enkele woord, presiesheid van beelde, intellektuele beheersing van alles wat hy wil sê – dit is die dinge wat ons van die digter eis. Deur tegniese slordigheid verloën hy die erns van sy werk. Maar dan eis ons bowenal dat die digter hom so direk en eerlik uitspreek as wat menslike woorde kan wees. Elke woord wat te veel is, verbreek die skoonheid van ʼn vers. En ons eis dat hy hom onmiddellik teenoor die dinge stel waarvan hy skrywe, dat hy alles wat bykomstig en toevallig aan homself en aan hulle is, afstroop – alle verbygaande meninkies en vooroordele, alle aangekorste sentimentjies waarmee ons die dinge gedurig toepak – dat hy

onskuldig en vol verwondering soos die eerste mens teenoor die wêreld staan. Dan sal hy alleen die wesenlike daarvan uitsê. Die dinge self sal as’t ware deur hom praat. Dit is ons strewe, en daarvolgens wil ons beoordeel word. Ons eis nie vandag meer ʼn ligter oordeel “ter wille van ons saak” en omdat “ons leesstof vir ons mense moet verskaf ” nie. Ons mag nie vra dat daar met ʼn ander maatstaf gemeet word wanneer die kritikus voor Afrikaanse werk staan as wanneer hy buitelandse literatuur beoordeel nie. Elke eis van hierdie aard veronderstel ʼn aangebore minderwaardigheid by ons. Alleen die beste sal ons saak werklik dien. En al sal die hoeveelheid groot kuns dan by ons minder wees as by die nasies wat meer mense tel, moet ons eis dat met verloop van tyd ons hoogste werk net so hoog as hulle sʼn sal staan. Daar is op baie plekke nuwe lewe in ons land aan die groei. In die literatuur stel ons ons eise hoog, en of ons iets werklik moois kan bring, sal alleen die daad bewys. Dit is geen eie-roem, geen selfaanprysing en –oorskatting nie, as ons dié eise stel, want eintlik is dit nie ons self nie, maar die tradisie van alle groot poësie wat dit aan ons stel. Ons sê nie: “Ons maak groot poësie” nie, maar ons weet dat ʼn volk alleen met groot poësie mag tevrede wees; ons sê nie ons is groot kunstenaars nie, maar ons weet dat alleen die groot kunstenaars wat met volkome eerbied voor sy werk staan, dinge sal maak wat ons mooi durf noem; ons sê nie: “In hierdie geslag sal ons volk se groot literatuur ontstaan nie”, maar ons weet dat, wanneer hy ontstaan, hy nie minder as die beeld wat ons gesien het, sal mag wees nie. Met die drif van dié oortuiging moet ons werk. Daarom sal ons moet afbreek en opbou tegelyk. Die jong skrywers sal hulle skerp krities moet keer teen alle mooidoenery in die literatuur, teen alle kwaksalwery wat die naam van mooi aan minderwaardige dinge gee, en teen al wat klein en oneg en platburgerlik in ons samelewing is, omdat groot kuns en die waardering daarvan nie in so ʼn gemeenskap aard nie. En die opbouende werk sal in die stilte van elkeen se hart gedoen moet word, met die wete dat sy werk hoog en moeilik is, met ʼn harde tug wat hy homself oplê, met ʼn liefde alleen vir die hoogste dinge in die wêreldliteratuur en met ʼn verlange dat daar by ons ook sulke dinge moet wees. REDE

REDE|27


Moderne kultuur

en die Christelike antwoord

‘Die dwaas sê in sy hart, daar is geen God (Ps. 53:2)’, maar ‘die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid, almal wat dit beoefen het ’n goeie verstand (Ps. 111:10)’. Ek en my vrou het toevallig die première van ‘Twee grade van moord’ in Johannesburg gaan kyk. In die film word verskeie kontroversiële temas tegelyk behandel. Die hooftema word egter geformuleer deur die spanning wat ontstaan tussen die begrippe, moord en genadedood wat deurentyd op die spits gedryf word. Kwessies rakende homoseksualiteit, geloof, spiritualiteit, rassisme, mishandeling en diesmeer duik egter ook gereeld tussendeur op. Op pad terug huis toe, bespreek ons die film en dis onmiddellik opvallend hoe ons as Christene, midde in ’n oorheersend post-modernistiese (en in wese beginsellose) kultuur, sukkel om ons eie standpunte oor die kwessies wat in die film figureer, duidelik te verwoord en te verdedig. Wat wel waar is, is dat ons moderne Westerse kultuur se sin vir reg en verkeerd ontaard het in ’n sinkende gespartel binne ’n see van idealisme, relativisme en wanhoop. Vrae oor genadedood en homoseksualiteit wat ’n eeu gelede nog vir ons voorvaders maklik sou wees om te beantwoord slaan vandag ons

28|REDE

Christoff van Wyk

voete onder ons uit. Ons geslag het nie meer vaste grond onder ons voete nie. Hierdie toestand het verreikende gevolge vir ons lewe en staan in direkte verband met die feit dat ’n groot gedeelte van ons moderne samelewing nie meer gelukkig is nie en dat daar in meeste persone se lewens nie sprake is van ’n ryk en vol bestaan nie. Die oploop tot hierdie toestand strek egter veel wyer en verder terug as wat ons besef. Tegelykertyd is die antwoord op hierdie toestand ook meer voor die handliggend, dog in alle aspekte, meer uitdagend as wat ons dink. Die aanloop In sy boek Escape from reason neem Francis Schaeffer die leser op ’n ondersoekende toer deur die geskiedenis en poog hy hierdeur om die paadjie uit te wys wat die moderne mens geloop het om uit te kom waar ons vandag is. Sy invalshoek is in die tyd van Thomas Aquinas (1225-1274). In dié tyd was die gedagtegang Bisantyns en as volg gestruktureerd:


Beskikking of hoër orde

Natuurlike of laer orde

God die Skepper, Hemel en die hemelse dinge, die onsienbare en die invloed hiervan op die aarde, die mens se siel, eenheid Die skepping, skepsels, aarde en aardse dinge, die sigbare en die invloed daarvan op die aarde, die menslike liggaam, die partikulêre

Alhoewel die hoër orde in hierdie tyd van veel groter belang geag was, was dit egter nodig om aan al die partikulêre (alle dinge wat fisies bestaan) vorm, betekenis en doel te gee. Die skuif wat egter plaasgevind het vanaf Aquinas se tyd was dat die laer orde belangriker geword het. Hierdie skuif in denke word in die kunste asook die skryfwerk van latere tye duidelik weerspieël .

en idees omvorm sou word of aanleiding gee tot die ‘loslating’ van die partikulêre nie, het dit egter die kultuur tot so ’n mate beïnvloed dat die Franse skilder, Fouquet (1416-1480) in ongeveer 1450 so ver gegaan het dat hy die koning se minnares, Agnes Sorel, as Maria uitgebeeld het met een van haar borste ontbloot. Gewoonlik sou so ’n skildery van Maria nie lewensgetrou wees nie (en die baba Jesus voed eerder as bloot ontbloot wees) wat daarop dui dat die verhewe, simboliese, hoër orde denke nou totaal afgetrek was in die laer orde in. Dieselfde patroon van ‘los’ raak van die hoër orde en beginsels was ook duidelik vanuit die skrywes van outeurs soos Dante.

Maria en Christus uitgebeeld op ’n Bisantynse mosaïek. Maria en Christus sou gewoonlik as simbole en nie lewensgetroue figure uitgebeeld word soos skyn uit dié Bisantynse mosaïek wat nog behoue gebly het uit kerke in Frankryk. Goed soos bome en berge wat die natuur verteenwoordig beklee in hierdie era geen noemenswaardige plek nie en is nie werklik belangrik nie. Schaeffer wys egter uit dat hierdie denkwyse in ’n relatiewe kort tydperk radikaal verander het en argumenteer dat dit ’n direkte gevolg was van Aquinas se invoer van sy sogenaamde ‘natuurlike teologie’ en sy strewe om die filosofie van Aristoteles (wat ’n eenheid wou formuleer vanuit die partikulêre) met die Christelike leer te versoen. Alhoewel Aquinas nooit kon voorsien dat sy werk

Fouquet beeld Agnes Sorel uit as Maria. Schaeffer lig hierdie voorbeelde uit om te illustreer hoe die toenemende vryheid wat aan die laer orde denke toegedig is en veral die partikulêre elemente, die hoër orde elemente as’t ware begin opeet het. Die doel en betekenis van menslike bestaan was weg en dit wat oorgebly het was die natuurlike mens en sy vryheid en soeke na bevrediging van sy natuurlike behoeftes. Alhoewel ons hier nader kom aan moderne mens, is ons nog nie heeltemal daar nie.

REDE|29


Raphael se Skool van Athene. Die Reformasie as antwoord op Rooms-Katolieke en Neo-Platoniese denke Die verlies aan die hoër orde denke en ideale het egter ’n probleem geskep. Die universele wat aan die bokant of hoër orde staan gee betekenis en skep eenheid met die partikulêre. Die partikulêre sluit in alle individuele dinge – elke individuele ding is ’n partikulêre. Schaeffer stel die probleem as volg: “Where do you find a unity when you set diversity free? Once the particulars are set free, how do you hold them together?” In ’n poging om weer hoër orde denke en ideale te bevestig wat weer betekenis kon gee aan die laer orde elemente en ’n eenheid kon skep van die partikulêre het denkers soos Cosimo en Ficino (1433-1499) die Neo-Platoniese denke en filosofie laat herleef. Met die herlewing van Plato se filosofie was daar die hoop dat daar weer sin gemaak kon word van die partikulêre of dele wat nou vry was as gevolg van die Aristoteliaanse denke soos wat deur Aquinas ingevoer is. ’n Baie treffende visuele voorbeeld van hierdie tydperk se denke is die skildery van Raphael getiteld Die Skool van Athene (Rede se voorblad, uitgawe 1). Die twee sentrale figure in hierdie meesterstuk is Plato en Aristoteles. Plato, met sy vinger in lug wys op en is verteenwoordigend van die universeel terwyl Aristoteles, met sy hand wat af wys, verteenwoordigend is van die partikulêre. In sy geheel verteenwoordig hierdie skildery die Klassieke wêreld oftewel heidense en nie-Christelike denkskool. In die kamer in die Vatikaan waar hierdie

30|REDE

muurskildery geleë is het Raphael aan die oorkant hiervan ’n uitbeelding van die Rooms Katolieke kerk geskilder. Dié kerk was op daardie stadium deurspek van humanistiese leringe. Dit het voortgespruit uit die oortuiging dat die menslike rede onbesmet en genoegsaam was om onmiddellike toegang tot kennis van God te verkry, sonder enige spesiale openbaring. Dit het ook verder gestrek deurdat die reddingsleer nie totaal op die afgehandelde werk van Christus gebaseer was nie, maar dat die mens ook ’n aandeel in sy redding kon hê. Die Reformasie het in wese ’n teenoorgestelde antwoord gegee op die soeke na eenheid soos vervat in die Platoniese/Aristoteliaanse antwoord sowel as die humanistiese Rooms Katolieke antwoord. Die Bybelse leer dat die mens in sy totaliteit tot ’n val gekom het, is tydens die Reformasie herontdek. Hierdie gevallenheid het die volledige mens, insluitend sy wil en intellek ingesluit en hierteenoor die Bybelse waarheid bevestig dat slegs God waarlik outonoom is. Dit het ’n geweldige uitwerking gehad op veral twee gebiede naamlik openbaring oftewel die manier hoe ons kennis verkry, veral oor God asook hoe ons gered word uit hierdie toestand van gevallenheid. Die eersgenoemde het aanleiding gegee tot een van die sogenaamde 5 Solas nl. Sola scriptura (Skrif alleen). Die tweede het die Rooms Katolieke leer van gedeeltelike ‘selfverlossing’ volledig uitgedaag deur te bely dat redding, suiwer en alleen uit genade geskied, gebaseer op die afgehandelde werk van Christus binne ’n bepaalde tyd-plek verwysing, sonder enige bydrae van die mens. Die belangrikheid van die Reformasie strek


direk tot ons probleem vandag en die antwoord daarop. Intussen het die Renaissance voortgewoed en die Rooms Katolieke kerk het van krag tot krag gegaan. Dit is egter ook kort na hierdie tyd waar ons die eerste tekens van die moderne mens waarlik begin bespeur. Moderne mens en die moderne kultuur Die ‘vrede’ wat bewerkstellig is met die Klassieke Platoniese/Aristoteliaanse antwoord op die vraag na eenheid, het nie lank gehou nie. Die sogenaamde ‘goeie lewe’ en ‘beste politieke bestel’ waarna daar gestreef moes word na aanleiding van die beginsels of deugde van Plato is in wese deur die modernisme verwerp. Hierdie spanning tussen die ‘Klassieke wêreld’ en die modernisme het volgens Leo Strauss in drie golwe plaasgevind wat as volg opgesom kan word: Tydperk

Proponente

Gevolge

1ste golf

Vroeë 16de tot 17de eeu

Machiavelli, Locke en Hobbes

Die idee dat die mens van nature kennis van die universele kan besit word verskraal.

2de golf

18de en 19de eeu Jean-Jacques Rousseau, Immanuel Kant en Wilhelm Frederich Hegel

Die idee dat die mens van nature kennis van die universele kan besit word geneutraliseer deurdat dit nou as veranderlik gesien word.

3de golf

19de en 20ste eeu Friedrich Nietzsche

Die idee dat die mens van nature kennis van die universele kan besit word heeltemal mee weggedoen. “In plaas daarvan dat die werklikheid nog deur vorm en doel gekenmerk word, is alles veranderlik, histories, buig-en breekbaar.”1

(postmodernisme)

Alhoewel die bogenoemde tabel verskriklik gereduseer is kan dit tog hulpsaam wees om tot ’n mate die ontstaan van die moderne mens te verstaan asook die kultuur waarin ons onsself vandag bevind. In die onderstaande aanhaling uit ’n essay deur Strauss oor Nietzsche word ’n kerngedagte van Nietzsche se filosofie (en heel moontlik ook ons hedendaagse moderne kultuur) as volg saamgevat: “[F]or he denies that there is a nature of man: the denial of any cardinal difference between man and brute is a truth, if a deadly truth; hence there cannot be natural ends of man as man: all values are human creations.” Francis Schaeffer verwys na hierdie toestand waarin die moderne mens tans verkeer as volg: “Modern man continues to hang on to his rationalism and his autonomous revolt even though to do so he has had to abandon any rational hope of a unified answer. (...) Modern man has given up his hope of unity and lives in despair – the despair of no longer thinking that what has always been the aspiration of men and women is at all possible.”

Die Christelike antwoord Dit is opvallend dat die mens van die Klassieke wêreld nog hoopvol was om ’n antwoord te kry op die vraag na eenheid deur slegs staat te maak op sy eie rasionele denke oftewel rasionalisme. Die antwoord op die vraag na ’n geheel of eenheid van kennis kon volgens die Klassieke mens vanuit die mens self gevorm word, sonder om homself te beroep op enige openbaring van ’n uitwendige bron. Hierdie idealisme is in die moderne mens totaal vernietig. Alhoewel die moderne mens steeds vasklou aan sy humanistiese rasionalisme, is die idee dat hierdie rasionalisme kan lei tot die ‘ontdekking’ of daarstel van ’n hoër orde, vaste beginsels, doel of vorm in totaliteit nietig gemaak deur onder andere denkers soos Nietzsche. Indien die moderne mens nou enige poging aanwend om vorm of ’n doel of betekenis daar te stel moet dit as irrasioneel of absurd gesien word om enigsins sin te maak. Dus, lewe ons vandag in ’n samelewing waar enige verwysing na vaste beginsels, reg en verkeerd, of enige hoër ideale as subjektief en irrasioneel

H Goosen, D. Oor gemeenskap en plek – Anderkant die onbehae Pretoria, FAK – 2015, bl 281

1

REDE|31


gesien word, die sogenaamde ‘leap of faith’ van Kierkegaard. Hierdie denke het die filosofie, kultuur, kuns, literatuur en teologie van ons dag op velerlei wyses geïnfiltreer en veroorsaak onder andere dat geloof afgemaak word as irrasioneel. (Daar is selfs baie Christene wat hierdie denkwyse navolg) Die uiteindelike gevolge hiervan is dat die lewe nou gereduseer is tot nihilisme en ’n hedonistiese najaag van die bevrediging van individuele behoeftes. Intussen verdrink die moderne mens in sy eie idees en is die noodwendige uiteinde van hierdie lewenstyl wanhoop, depressie en ongelukkigheid. Christene kan hierop ’n rasionele antwoord gee wat nie net die antwoord op die vraag na die geheel perfek beantwoord nie, maar ook ’n lewe van volheid in elke sin daarvan aanbied. Omrede moderne mense so brutaal eerlik is oor sy toestand kan Christene vandag aansluiting hierby vind deurdat ons ’n antwoord het wat die volledige probleem aanspreek. Dit sal egter vereis dat die moderne mens sy rasionalisme (staatmaak op slegs eie denke om geheel te formuleer) laat vaar in ruil vir die Bybelse sisteem. Hierdie ‘laat vaar’ is nié ’n geloofsprong nie, maar eerder ’n rasionele stap wat uiteindelik daartoe sal aanleiding gee dat die moderne mens in werklikheid sy rasionele denke in die ware sin daarvan sal herwin. Dit geld ook vir die humanistiese teologiese strominge binne die kerk. Slegs binne hierdie sisteem ontmoet ons die persoonlike, ewige God wat werklik bestaan en wat daar is. Die Skepper van hemel én aarde, liggaam én siel. Die God wat nie op ’n afstand staan nie, maar immanent betrokke is by sy skepping waarvan die mens deel vorm. In hierdie verband is dit dan belangrik om uit te wys dat die mens ’n persoonlike

32|REDE

wese is met ’n siel, maar ook deel is van die natuurlike wêreld en nie net die een of die ander nie. Vanuit die Bybel leer ons dat die mens na die beeld van God geskape is en dat ons dus in ’n persoonlike verhouding tot God staan, na bo, en nie slegs, soos wat die moderne mens redeneer, in ’n natuurlike, aardse en dierlike verhouding tot die skepping nie. Indien die ‘Bybelse sisteem’ volledig aanvaar word is die logiese konklusie wat hieruit voortvloei dat God letterlik en figuurlik die Alfa en Omega is, die begin en die einde. Alles is uit Hom, deur Hom en tot Hom.

Dit bepaal dat ons filosofie, kuns, literatuur, kultuur en bowenal ons teologie gedurig omvorm moet word om die heerskappy van God op alle terreine van ons lewens te bevestig. In die woorde van Abram Kuyper: “... geen enkel stuk van onze denkwereld is hermetisch te scheiden van de andere delen; en geen duimbreed is er op heel’t erf van ons menschelijk leven, waarvan de Christus, die aller Soverein is, niet roept: ‘Mijn!’” As Christen Afrikaners het ons dus ’n roeping om vanuit ons Protestants-Gereformeerde geloof en tradisie ’n antwoord te verskaf op die moderne mens se knellende vrae en terselfdertyd die waarhede van ons geloof op alle terreine uit te leef. Dit is slegs die Christelike wêreldbeskouing wat ’n ware geheel bied waarbinne ons as mense, meer as genoeg ruimte het om ons ten volle te kan besig met die partikulêre van die lewe, hetsy dit ontspanning of ons beroep is. Dit is slegs binne hierdie sisteem waar ware geluk en ’n smaak van die ryk en vol bestaan te vinde is. REDE


Geluk

en gemeenskap

Volgens die VN se Wêreld Gelukkigheidsverslag wat onlangs vrygestel is, is Denemarke die “gelukkigste land in die wêreld.” Vandat die VN die eerste keer dié verslag in 2012 vrygestel het, is dit die derde keer dat Denemarke die eerste plek beklee. Maar watter norme het die VN gebruik om tot hierdie gevolgtrekking te kom? Op grond waarvan oordeel die VN-verslag dat die Dene gelukkig is? Nou, die bedoeling hieronder is nie om die bevindinge van die VN-verslag volledig in twyfel te trek nie. Sommige van die redes waarom die Dene gelukkig is, is immers baie betekenisvol. Kom ons kyk na slegs twee sodanige redes: Eerstens, volgens die VN-verslag word die Dene deur ’n sterk sin vir gemeenskap gekenmerk. Dene reik uit na mekaar, sê die verslag. Nog meer, hulle sorg vir mekaar. Daarin lê een van die grootste redes vir hul geluk opgesluit. Met betrekking tot hierdie saak bestaan daar goeie gronde om met die VN-verslag saam te stem. Om die waarheid te sê, enigiemand wat ’n sin vir gemeenskap het behoort dié rede as baie betekenisvol te beskou. Dit bevestig immers ’n saak wat gemeenskapsdenkers telkens beklemtoon:

Wanneer mense vanuit hulle kulture geabstraheer en soos in die hedendaagse neo-liberale kultuur verindividualiseer word, word mense in eensaamheid en ongelukkigheid gedompel.

Prof Danie Goosen

Kortom, gemeenskapsdenkers sê vandag tereg dat jou deel-wees-van ’n bepaalde gemeenskap of gemeenskappe ’n belangrike voorwaarde vir jou ervaring van geluk is. Die VN-verslag bevestig hierdie belangrike punt. Tweedens, volgens die VN-verslag is ekonomiese welvaart nie die belangrikste oorsaak van geluk nie. Alhoewel ekonomiese welvaart nie onbelangrik is nie, is jou samesyn (of jou deel-wees-van ’n bepaalde gemeenskap of gemeenskappe) ’n veel belangriker maatstaf. Ook hierdie saak is vir gemeenskapsdenkers van groot betekenis. Vandag beklemtoon ’n wye spektrum van gemeenskapsdenkers dat ekonomiese welvaart, ondanks die belangrikheid daarvan, nie die hoogste plek in die ranglys van maatstawwe beklee nie.

Om tussen jou eie te wees, is belangriker as om te besit. REDE|33


Daarmee sê ek nie, om die punt effens anders te herhaal, dat ons tussen die twee moet kies nie. ‘Gemeenskapsidentiteit’ en ‘ekonomie’ sluit nie mekaar uit nie. Inteendeel, geluk word deur beide moontlik gemaak, deur sowel ’n sin vir gemeenskap as goeie ekonomiese praktyke. Bogenoemde gunstige opmerkings beteken egter nie dat die VN-verslag sonder probleme is nie. Alhoewel dit vir ons doeleindes onnodig is om hier in enige verdere detail by die verslag self stil te staan, moet genoem word dat die probleme daarin veral blyk uit die soort gemeenskapsbeskouing wat ten grondslag daarvan lê. Ter wille van ons doeleindes kan dit as die ‘emotiewe’ opvatting van gemeenskap beskryf word. Ons staan kortliks daarby stil. In die proses onderskei ons dit van wat as die ‘objektiewe’ opvatting van gemeenskap beskryf kan word. ‘Geluk’ beteken by elkeen van hierdie opvattinge iets wesenlik anders.

Geen wonder dat gemeenskapstrukture deur die emotiewe opvatting as sekondêre en daarom ook dikwels as oortollige verskynsels beskou word. Gemeenskap in die egte sin van die woord kan ewe goed daarsonder gebeur. In aansluiting by impulse wat reeds by iemand soos Jean-Jacques Rousseau uit die 18de eeu sigbaar is, het die emotiewe opvatting van gemeenskap in die sestigerjare van die vorige eeu tot ’n soort historiese hoogtepunt uitgegroei. Kenmerkend van die hippie-era was daarom ook ’n diepe wantroue in tradisionele instellings, omdat dit spontaniteit inperk, ‘outentisiteit’ beduiwel en in die pad van ons geluk staan. Daarom moet daarmee weggedoen word. Dit moet met ’n informele gevoelsopvatting van gemeenskap vervang word.

Wat word met die emotiewe opvatting van gemeenskap bedoel? Sonder om hierdie standpunt te veel geweld aan te doen, kan gesê word dat gemeenskap (en die geluk waartoe dit aanleiding gee) ’n saak van subjektiewe gevoelens is. Volgens die emotiewe opvatting speel gemeenskap daar af waar ek myself in gemeenskap met andere voel. ’n Voorbeeld van ’n emotiewe gemeenskap is wanneer ’n vreemdeling geld bedel en ek uit simpatie my kleingeld aan hom gee. In die oomblik dat die geld gegee word, voel ons beide ’n soort gemeenskap met mekaar aan: Ek vereenselwig my vir die oomblik met sy lot, en hy toon dankbaarheid daarvoor. As gevolg daarvan kan ons beide ook ’n sekere geluk ervaar. Kenmerkend van die emotiewe gemeenskap is dat dit buite-om ’n gedeelde tradisie, kultuur- of taalgemeenskap kan afspeel. Nog meer konkreet, tipies daarvan is dat dit buite-om tradisionele gemeenskapsinstellings soos gesinne, skole, universiteite, regerings, kerke, ensovoorts, kan gebeur. Trouens, vanuit ’n emotiewe gemeenskapsperspektief beskou, lê dinge soos gedeelde tradisies en tradisionele gemeenskapsinstellings ’n ‘egte’ gemeenskapsgebeure aan bande. Waarom? Want, lui die antwoord, genoemde dinge word deur allerlei gebruike, gewoontes, deugde en reëls gekenmerk. ’n Egte gemeenskapsgevoel daarenteen, sê die emotiewe opvatting, word deur ’n sekere spontaniteit gekenmerk. (Ek het immers nie noodwendig vooraf beplan om die geld te gee nie). Dit is ’n spontaniteit wat verlore gaan wanneer tradisies en hulle instellings die toneel betree.

34|REDE

Kleurvolle Hippies van die 1960’s. Alhoewel die sestigerjare lank nie meer met ons is nie, het talle eertydse hippies intussen hulle gewig by die neo-liberale wêreld ingegooi. Een van die talle gevolge is dat die emotiewe opvatting van gemeenskap steeds met ons is. Hieraan knoop ’n laaste opmerking oor die emotiewe opvatting van gemeenskap. Kenmerkend daarvan is dat dit nie enige verduideliking gee van hoe ’n sin vir gemeenskap aan die nageslag oorgedra kan word nie. Gemeenskap speel eerder in die oomblik af. Hoe dit verder as die oomblik kan strek, val buite hulle gesigsveld. Geen wonder dat die emotiewe gemeenskap eintlik onhistories van aard is. In vele opsigte tree dit buite die geskiedenis en die samespel tussen verlede, hede en toekoms wat die geskiedenis altyd weer kenmerk. Hopelik is die implikasie vir die tema van geluk uit hierdie enkele opmerkings duidelik. Ons kan dit voorlopig (maar nog ietwat abstrak) so saamvat: Ingevolge die emotiewe opvatting is geluk nie iets wat in en deur middel van tradisies en tradisionele gemeenskapstrukture moontlik gemaak word nie.


Geluk is eerder ’n gevolg van dit wat spontaan in die oomblik afspeel. Hierdie kort bespreking bring ons by die objektiewe gemeenskapsopvatting. Ons verwys ook na die plek wat geluk daarin inneem. Alhoewel die objektiewe opvatting van gemeenskap nie iets soos spontane gemeenskapsvorming ontken nie, plaas dit die klem op tradisie en tradisionele gemeenskapstrukture. Gemeenskap word hiervolgens in en deur objektiewe dinge soos gedeelde tradisies (onder meer gedeelde godsdienstige, kulturele en ekonomiese tradisies) en in die besonder deur die gemeenskapstrukture van tradisies moontlik gemaak.

in dié strukture met hul talle gebruike, gewoontes en deugde opgevoed is dat ek ook hoegenaamd myself spontaan met hulle lotgevalle kan vereenselwig. In die mate waarin die emotiewe opvatting konsekwent deurgevoer en daar dus met objektiewe gemeenskapsinstellings sou weggedoen word (soos wat die destydse hippies onder meer bepleit het), in daardie mate word ’n sin vir gemeenskap jeens ‘andere’ juis verongeluk. Laasgenoemde is ’n insig wat in die VN-verslag oor geluk ontbreek. En die rede daarvoor? Omdat dit ideologies gesproke nog onder die invloed van die sestigerjare en die daaropvolgende neo-liberale era staan.

Georges Seurat se Sondagmiddag op die eiland Jatte (1884). JH Pierneef se Geloftekerkie (1938). Gemeenskap is hiervolgens nie in die eerste plek ’n kwessie van gevoel nie. Gemeenskap word eerder deur die beoefening van ’n magdom van gebruike, gewoontes en deugde eie aan tradisies en hul veelheid van gemeenskapstrukture moontlik gemaak. ’n Tipiese voorbeeld hiervan is die wyse waarop gesin- en skoolstrukture die ruimte skep waarbinne gemeenskap tot stand gebring word. In gesinne en skole word individue ingelei in wat dit beteken om ‘in gemeenskap’ met andere te wees. Uit ons gesinslewe leer ons hoe om ons plek tussen grootouers, ouers, susters en broers vol te staan; uit ons skole leer ons iets soortgelyk uit ons verhoudinge met onderwysers, mede-leerlinge en vriende. Gesinne en skole, kan ons sê, is by uitstek strukture waardeur ons as gemeenskapswesens gevorm word. Sonder hierdie strukture is gemeenskap kwalik denkbaar. Ironies genoeg is dit ook waar van die emotiewe of spontane gemeenskap. Sonder gemeenskapstrukture sou laasgenoemde nie moontlik gewees het nie. En sou ek met ander woorde nie myself spontaan met die lotgevalle van onder meer armes verbind het nie. Dit is omdat ek

In die laaste deel van hierdie artikel staan ons nader by die verband tussen gemeenskap in bogenoemde objektiewe sin en geluk stil. In die Klassiek-Christelike tradisie is gemeenskap inderdaad deur ’n objektiewe opvatting gekenmerk. Ook in ons tyd is daar verskeie denkers wat so ’n opvatting van gemeenskap handhaaf. Hannah Arendt, Alasdair MacIntyre en David Schindler is slegs enkele voorbeelde daarvan. Volgens hulle word gemeenskap deur ons deelname op ’n veelheid van ‘gemeenskapsverhoë’ moontlik gemaak. Gemeenskappe word as gevolg van dié deelname aan die nageslagte oorgedra. Ook as gevolg van dié eienskap verskil die objektiewe opvatting van die emotiewe opvatting van gemeenskap. Laasgenoemde opvatting word nie, soos wat reeds hierbo genoem is, gekenmerk deur ’n bemoeienis met die oordrag van gemeenskap nie. Gemeenskap speel net in die oomblik af. Maar hoe het dié tradisies oor die verband tussen gemeenskap en geluk nagedink? Hier is dit belangrik om tussen twee soorte geluk te onderskei, naamlik geluk wat ons sonder ons eie

REDE|35


Michelangelo se Skepping van Adam, deel van die Sistynse Katedraal se plafon (1508-1512).

toedoen ontvang, en geluk wat uit ons uitnemende handeling spruit. In die Klassiek-Christelike tradisie was daar altyd ’n noue samehang tussen hierdie twee vorme van geluk. Ons verduidelik: Volgens die Klassiek-Christelike tradisie is geluk in die eerste plek nie iets wat ons aan ons eie inisiatief kan toeskryf nie. Geluk in die mees wesenlike sin van die woord is eerder iets wat ek buite-om my eie inisiatief ontvang. In die hart hiervan staan die Christelike skeppingsgedagte (wat in die Klassieke denke nog nie volledig aan die bod gekom het nie): Geluk is die gevolg van die feit dat ek die skepping as ’n geskenk vanuit die Goeie, die bron van alles, ontvang het. Geluk val hier met dankbaarheid saam. Geluk is ten diepste ’n uitdrukking van my dankbare antwoord op die geskenk wat die skepping self is, en nie iets wat ek vanuit my eie bronne opgewek het nie. Daarby het die Klassiek-Christelike tradisie dit egter nie gelaat nie. Dit het ook ’n verdere vorm van geluk onderskei. As ons bogenoemde geluk (dit wil sê die geluk wat ons as’t ware toeval en wat dus nie aan ons eie inisiatief toegeskryf kan word nie) Geluk 1 kan noem, kan ons ook van ’n Geluk 2 praat. Waarna verwys dit? Volgens die tradisie tree Geluk 2 daar na vore waar ons in antwoord op die goeie skepping en by wyse van uitnemende handeling die goeie in alles wat ons doen najaag. Geluk 2 tree met ander woorde daar na vore waar ons die goeie onderliggend aan byvoorbeeld die gesinslewe, die onderwys, die ekonomie, die landbou, ensovoorts, najaag.

36|REDE

Wanneer ons dit uitnemend doen, val ’n tweede geluk ons te beurt. Tussen die twee vorme van geluk bestaan daar ’n intieme band. Trouens, volgens die tradisie sluit hierdie twee vorme van geluk in ’n soort sirkelbeweging bymekaar aan. Ons kan dit so formuleer: Die sirkelbeweging waarvan hier sprake is, is ’n beweging sowel vanuit die Goeie asook ’n terugkeer daarna. Geluk 1 is ’n gevolg van die feit dat ons ons werklikheid uit die Goeie ontvang het. Geluk 2 daarenteen spruit uit ons uitnemende nastrewe van die goeie (nie net die goeie in alles wat ons doen nie, maar uiteindelik ook die Goeie self, die bron van alle dinge). Volgens die tradisie kan die werklikheid self met ander woorde as ’n sirkel van geluk beskryf word. Of nog beter, ’n uitkringende spiraal van geluk. In die beweging vanuit en terug na die Goeie word geluk immers steeds meer uitgebrei en vermenigvuldig – in so ’n mate dat die ganse werklikheid einde ten laaste deur ’n grondliggende vreugde gekenmerk word. Geen wonder dat Augustinus na aanleiding daarvan die kosmiese geheel van dinge as ’n musikale gebeurtenis beskryf het nie. As sodanig verskil die Klassiek-Christelike tradisie op ’n wesenlike wyse van hedendaagse denkers, wat na die ganse werklikheid as ’n koue, verlate en leë werklikheid verwys – ’n werklikheid wat nie vreugde ontlok nie, maar eerder totale onverskilligheid. Dit is egter ’n storie vir ’n ander keer. REDE


Homogeniteit

en die identiteitseksistensialisme

Repos Ailleurs In die eensame veld staan ’n tentjie klein, en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein; ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn, ’n tafel met bordjies en glasies fyn, wat sag in die lig van die kersie skyn, en ek dag: “Was ek net in die tentjie klein, ek sou tog so gelukkig syn.”

Pieter Krige

Naas die eensame tent staan ’n meisie klein, in stomme bewond’ring van die ligtende trein; sy sien my geniet my glansende wyn en kost’like maal by elektriese skyn; en ek raai die gedagte van die meisie klein: “Ag, was ek maar net in die vrolike trein, ek sou tog o so gelukkig syn”. Totius Inleiding Ek wil eerstens poog, voor ek my teorie aanbied, om ‘n ryk en vol bestaan te beskryf binne my begrip daarvan. Om dit te doen, moet ek die vraag vra na wat so ’n bestaan sou wees; hoe so ’n persoon sou lyk; hoe so ’n gemeenskap sou lyk? Definisie: ’n Ryk en vol bestaan is die realisering van ’n persoon se geluk dermate die persoon deur homself en deur ander as gelukkig en tevrede beskou sal word. Dit behels ’n hoëre mate van selfvervulling verkrygbaar langs inkerende- en inwerkende kanale. Dit is ’n aktiewe, deelnemende, blywende tevredenheid. Ek sal grootliks die idee van die eksistensiële gebruik binne Kierkegaard se filosofie eerder as Nietzsche of Sartre se definisie, veral met sy klem op die hoe van ’n mens se bestaan eerder as die hoekom. Ek gaan

my egter nie beperk tot ’n bepaalde skool van denke nie, maar grootliks my idee vorm binne my eie raamwerk van verwysing. ’n Ryk en Vol bestaan binne die eksistensiële Eksistensieel-metafisiese faktore wat ’n persoon se vol lewe beïnvloed kan verdeel word in twee groeperings naamlik interne faktore soos geluk, liefde, bevrediging, passie, vrede, rustigheid, trots, keuses, geloof en eksterne faktore soos lewensmaat, familie, erfenis, eienaarskap, gemeenskap, vrede, die dood, godsdiens. Eksistensieel-fisiese faktore speel ook ’n noemenswaardige rol onder andere voedsel, musiek, kuns, leesstof, vermaak, werk, gebondenheid. Waar die eksistensialisme grootliks gefokus het op die ryk en vol lewe van die individu; met die lokus

REDE|37


van belewenis van die ryk en vol lewe inkerendindividualisties, wil ek vir hierdie skrywe ook die term identiteits-eksistensialisme aanbied. Binne die identiteits-eksistensialisme plaas ek dan die lokus van die individu se ryk en vol lewe, inkerend, uitkerend en wederwerkend binne sy bestaanswêreld en dan veral binne sy bepaalde geografiese, kulturele, taalkundige en etniese konteks. Ek behou dus die individu as die fokus maar plaas hom binne ’n groep individue wat wedersyds inwerk op die totaliteit van die individu se bestaan en dus sy identiteit. Binne hierdie grys moderne era, en ek vind byval by diegene wat dit is as die nihilisme beskryf, en ek gaan die stelling waag, is daar weinig van hierdie byna 8 miljard mense wat geluk en vrede as ’n blywende, geïnternaliseerde toestand beleef. Mense is soms passief, apaties, opstandig, ongelukkig, hartseer, angstig en benoud, kwaad en opgewonde, dus is die mensdom se kapasiteit om emosie te beleef intak, maar bitter min van die mense is gelukkig. Geluk, as ’n vlietende gevoel, beleef mense soms, juis vlietend omdat die lokus van die mens se geluk en soektog daarna meermale buite die individu self en tog uiters selfgesentreerd gevind word. Vlietend soos ’n eendag-romanse of die adrenalien van ’n avontuur, of die euforie van ’n chemiese middel blyk dit dat vir die mens van die 21ste eeu blywende geluk buite bereik bly.

Ilvensgrol se Nihilistiese geboorterite, ’n herskepping van die Moeder van God van Wladimir. (2006). Ek wil graag vir u binne hierdie skrywe ’n teorie aanbied met ’n tese en antitese: ’n Ryk en vol lewe is

38|REDE

verkrygbaar deur die vorming van ’n- en lewe binne ’n homogene groepering; dat binne ’n heterogene samelewing ’n ryk en vol lewe haas onbereikbaar sal bly. Ek sal graag multikulturalisme, assimilasie, kulturele diversiteit asook identiteit definieer vir duidelikheid oor my aanwending van hierdie terme. Multikulturalisme: Die aanvaarding, promovering asook die erkenning van veelvoudige kulture binne ’n afgeperkte en bepaalde omgewing, meermale geografies van aard. Assimilasie: Die proses waardeur ’n persoon of ’n groep die sosiale en kulturele identiteit van ’n ander groepering aanneem, ten koste van die voorafbestaande identiteit. Kulturele diversiteit: Die bestaan en voortbestaan van vele groepsidentiteite binne ’n geografiese gebied met behoud van eie sosiale, kulturele en persoonlike identiteit. Identiteit: Kwaliteite wat ’n persoon of groepering herkenbaar maak as onderskeie of soortgelyk aan ’n ander. Die som van al die dele wat die wese as ’n dinamiese dog definieerbare entiteit uitkenbaar, herkenbaar laat. Ek wil ook graag die woord homogeen (homogene) etimologies uitlê vir duidelikheid oor my aanwending van die woord. Albei dele van die woord stam vanaf die Grieks. Homo: Dieselfde, gelyke. Genos: Tipe, gene, soort. Ek sal ’n Afrikaanse vertaling waag met die woord ‘soortgelyke’, Homos Genos, homogeen. Ek sal later ook handel met trappe van homogeniteit wat ten diepste die individu eksistensialisties beïnvloed, positief of negatief afhangende van die trappe van homogeniteit wat die individu binne sy leefwêreld beleef. Eenheid binne verskeidenheid: Die illusie van die aanhangers van multikulturalisme; kulturelehoogmoed, -minderwaardigheid en -jaloesie as kiemterrein vir konflik. Die liberale neiging van die vorige eeu (tans sekerlik ook) was om die wêreld met al sy volkere, lande, tale en kultuurgroepe nader aan mekaar te bring. Hierdie ideologie van multikulturele eenhede, wat onafwendbaar moet assimileer om te funksioneer, vind mens egter reeds baie vroeër in die geskiedenis. Ek sal die gebeure van Genesis rondom die toring van Babel kan noem as so ’n voorbeeld. Die Babiloniërs


het ook met hul oorname van die Midde-Ooste die gebruik gehad om juis die adellikes en geleerdes van die volkere wat hul oorgeneem het, na Babilonië te bring en dan die mense se rolle te vul met ’n tipe van kulturele kader-plasing. Die Samaritane, wie deur die Jode gehaat is, het juis ontstaan vanuit hierdie afgedwonge en strategiese vermenging. Die Jode van Esra en Nehemia se tyd, die terugkeer vanuit die ballingskap, het hulle juis in ’n vreemde nuwe land bevind, die land wat eintlik hul vaderland moes wees, was kultureel iets nuuts, ’n geassimileerde gemeenskap van Babiloniërs en Jode en vele ander volkere van die Midde-Ooste. Hulle beleef konflik met hul terugkeer, omdat die huis nie meer die huis was nie. ’n Meer onlangse voorbeeld, van voor die 90’s se wêreldwye beweging na een Global Village, is die Statebond van Jan Smuts et al wat gegroei het tot die Verenigde Nasies met as uitvloeisels groeperinge soos die Europese Unie vanaf die 1950’s, die Afrika Unie van 2001 en kleiner pogings binne Asië in die 2000’s.

land is, linguisties die 9de en godsdienstig die mees diverse land in die wêreld. Ons leef in ’n eeu waar diversiteit vir lank voorgehou is as iets om na te streef, die realiteit is dat te veel en te wye diversiteit tot onafwendbare spanning en selfs konflik lei.

Rassekonflik tydens ’n Varsity Cup wedstryd by die Universiteit van die Vrystaat (2016). ’n Ontmoeting van die Statebond, Genève 1936. Vanaf die 90’s, waarskynlik saam met die koms van die globale kommunikasiestelsels en die internet, het die wêreld inderdaad kleiner geword en die mensdom het mekaar binne die illusie van wêreldbroederskap gevind. Soos telkemale al in die verlede gesien, is die verskille tussen hierdie wêreldbroeders haas onoorkombaar en die skeidsmure tussen groepe moet óf erken óf afgebreek word. Binne die Suid-Afrikaanse konteks wil ek waag dat bitter min mense, ongeag hul sosiale klas of omstandighede, ’n ryk en vol lewe beleef. Volgens Alesina et al se tabel van fraksionalisering is die diversiteit binne ’n land meetbaar aan drie faktore, naamlik: etniese-, linguistiese- en godsdienstige oriëntasie. Van die 215 lande op die tabel genoem, lys Suid-Afrika 24ste op die etniese, 9de op die taalkundige en 1ste op godsdienstige tabelle. Dit beteken dat Suid-Afrika etnies die 24ste mees diverse

As voorbeelde sal ek ’n land soos Uganda noem, wat die mees etniese diverse land in die wêreld is en hierdie land se onstabiele hede en verlede en ek waag dit, toekoms spreek wesentlik oor die uitdagings van diversiteit. Dit is ook duidelik in die onstuimige geskiedenis van die Midde-Ooste en uiters sigbaar in Europa tans. Diversiteit, veral waar dit statutêr aangebied word, lei tot twee gevolge: Kulturele hoogmoed of meerderwaardigheid, of aan die ander kant van die spektrum kulturele jaloesie en minderwaardigheid. Konflik is onafwendbaar wat gewoonlik uiteenloop op die een groep wat belaai word met ’n skuldlas oor hul gevorderde kultuur en die ander groep wat dit juis wil vernietig. Burgeroorlog in die 19de eeu was hoofsaaklik oor grond, in die 20ste eeu oor hulpbronne in die 21ste oor verskille op etniese, linguistiese en godsdienstige vlak. Die huidige toestand laat my meer dink aan die tydperk vanaf die 11de en 16de eeu met die kruistogte, oorloë en vervolginge as gevolg van godsdiens. Met die

REDE|39


huidige terreur in Europa is dit duidelik dat dit nie oor grondgebied of hulpbronne gaan nie, maar bloot oor kulturele, godsdienstige en dus eksistensiële disharmonie. Soos voorheen gemeld is die oplossing óf assimilasie óf die deur geskiedenis verkeerd bewese verdraagsaamheid óf konflik wat heel waarskynlik sal lei tot die uitroei van een of meer van die groeperinge of tot die daarstel van effektiewe grense wat uiteraard eksklusief van aard sal moet wees. Multikulturalisme is, myns insiens, ’n illusie, gedryf deur die liberaliste se skuldgevoel oor hul kultuur en eksploiteerbaar deur ’n ander diverse groep. Multikulturalisme lei tot die uitsterf van ’n groep of groepe, meermale die minderhede en die oorheersing deur die meerderheid se kultuur. Die individu beleef die primale veg-of-vlug reaksie op multikulturele druk waar die verwagte uitkomste van enige van bogenoemde reaksies tot groot verliese sal lei. Dit lei tot diepe bewustelike- en onbewustelike ongelukkigheid; ’n onvrede; ’n arm en leë bestaan. Die Liberale politiek en die politieskorrekte beweging ontvang hierdie jaar die rekening vir die waansinnigheid wat in die wêreld heers. Die rasionele nugterheid van homogeniteit en die ontwaking van die identiteits-eksistensialisme Die jaar 2016 sal sekerlik vir vele toekomstige geslagte as baken van verandering dien, verandering wat genoodsaak word as reaksie op die verlies aan die eie as entiteit. Brittanje se uittrede uit die Europese Unie en Donald Trump se warrelwind politiek as voorbeeld. Toenemend neem leiers en stemmers besluite waar die eie en wat as ons s’n beskou word, hoër geag word as andere en hulle s’n. Daar word spreekwoordelik ’n lyn in die sand met die voet getrek en gesê alles agter die lyn is myne. Daar is ’n opwakkering van ’n trotse en selfbewuste identiteitsvlam. Identiteits-eksistensialisme. Die liberale strewe na die groot grys mensdom vervaag in die lig van erkenning van die natuurlike en Goddelike bestaan van volke, grense en verskille. Elkeen vir en na sy eie. Opwindende tye wat hoop bied vir ’n wêreld wat waansinnig gedryf is deur die strewe na die één, wat uiteindelik lei tot die bestaan van géén. As noodsaaklike reaksie op die nihilisme van die polities-korrekte era vind ons die opvlam van die ons eie bewegings met al sy onderskeie en kleurryke variasies. Waar die huidige vlaag multikulturalisme in Europa nuwe vrae vir die kontinent bring, is Afrika en in besonder Suid-Afrika al eeue besig met antwoorde op hierdie uitdagings. Dit blyk of ’n nuwe wiel, wat hierdie leegheid en grysheid van die

40|REDE

polities-korrekte era gaan oorbrug, juis sy oorsprong in Afrika gaan hê en in besonder by die EuropeesAfrika-intellektueel. Die Afrika-eksperiment bied immers die werklikheid van die liberale droom as iets uiters gebroke aan. Trappe van Homogeniteit Ek wil laastens binne my kort uiteensetting van my teorie, dat daar slegs ’n ryk en vol lewe binne ’n homogene gemeenskap kan wees, ’n vlugtige oorsig oor trappe van homogeniteit gee. My teorie is dan juis dat die mees homogene gemeenskappe die gelukkigste sal wees. As voorbeeld: Denemarke is gereken as die gelukkigste plek op aarde deur die VN en is ’n land met ’n hoëre mate van homogeniteit, wat ongelukkig vinnig aan die verander is met hul immigrasiebeleid. Toegegee is die VN se bevindings nie bo alle verdenking nie, maar dit spreek tog boekdele dat Denemarke se sterk fokus op gemeenskap, asook die homogeniteit van die land ’n wesentlike effek op die geluk van die bevolking blyk te hê. Die trappe, alhoewel ek dit quasi-eskalerend aanbied, is nie noodwendig interafhanklik van mekaar nie en ek bied dit uiters kursories aan: Geografies Die eerste en onderste trap van homogeniteit is geografiese verbintenis aan mekaar. Die mens het tog bepaalde dinge in gemeen met jou buurman, ongeag wie hy is, byvoorbeeld misdaad in die omgewing, weersomstandighede ens. Genetiese Stam ’n Volgende trap is die deel van ’n etniese en genetiese volksherkoms. As voorbeelde kan rasse genoem word, stamlande ens. Linguisties Die taalkundige trap is ’n uiters belangrike een, waarskynlik een van die mees deurslaggewende trappe omdat taal die grootste medium vir kommunikasie tussen mense is. Om mekaar te verstaan beteken egter ook meer as om bloot die taal te kan praat of na luister, dit help, maar daar is ’n dieper verstaan van ’n moedertaal as wat ooit van ’n aangeleerde taal verwag kan word. Moedertaal bind mense op veel meer vlakke as bloot kommunikasie, dit praat tot die hart en die diepste bestaan van die mens. Terloops wil ek noem dat in ’n studie deur Diskin, Eschet-Schwarz en Felsenthal gepubliseerd as Homogeneity, Heterogeneity and Direct Democracy: The Case of Swiss Referenda, alhoewel hulle tot veel meer konklusies as bloot net hierdie genoemde gekom het, dit opmerklik was dat taal ’n deurslaggewende faktor was, selfs groter as


godsdienstige denominasie en ras, wanneer die Switsers tot stemming oorgegaan het. Dit is sekerlik ook ’n toekomstige poging werd om verder in die homogeniteit van die onderskeie kantons van Switserland ondersoek in te stel. Godsdienstig Religie, waarskynlik die oorsaak vir die meeste oorloë in die wêreld, bind mense saam of skei mense van mekaar. Religie, waar taal nog aanleerbaar is, is meestal ononderhandelbaar en eksklusief. Daar is groter en kleiner groeperinge binne geloofstrominge en meermale is selfs hierdie ondergroeperings eksklusief teenoor mekaar en dus in potensiële, selfs onafwendbare konflik. Dit blyk egter dat moedertaal soms so kragdadig is dat dit selfs die haas onoorkombare kloof tussen godsdienste oorbrug. Erfenis Erfenis, waar ons vandaan kom, die viering van wie ons voorvaders was, bind mense baie nou saam. Binne ons konteks is daar tog onderskeid tussen 16 Desember vier vanuit ’n Afrikanerperspektief en ’n Zuluperspektief. Kultuur Kultuur as iets definieerbaar sou ek beskryf as die unieke wyse waarop ’n groep mense bepaalde dinge doen. Dit sluit die kunste, insluitend kulinêr, in; die unieke maniere van sosiale interaksies; die dialekte; die stokperdjies en tydverdryf; hoe gebly word; hoe mens in die huwelik tree ens. Natuur skep God, kultuur skep die mens. Juridiese en morele waardes Dit is opmerkbaar hoe sekere morele en etiese kodes inherent deel van ’n bepaalde kultuur uitmaak en binne ’n ander kultuur in irrelevansie onmerkbaar is. Die gebruike van kannibalisme, bloedskande, veelwywery, homoseksualiteit en bestialiteit is as voorbeeld in sekere gemeenskappe absolute taboe, terwyl ander kulture dit uitleef en toepas. Die impak van die Joods-Christelike leefwêreld is wel vêr te bespeur oor die wêreld as juridiese en morele kode, maar dit staan in skerp en skelle kontras met ander kulture, dermate hierdie twee wêrelde meestal onversoenbaar met mekaar is. Daar is vele fasette van diversiteit en ek oordeel dat bogenoemde as voor die handliggende onderskeide, sigbare en definieerbare grense tussen mense trek. Die vorige eeu het hierdie grense statutêr, teen die realisme en logika, probeer uitwis. Die eeu wat voorlê gaan ons weer ’n aangryping en diepe erkenning van sodanige grense en verskille beleef. Die wêreld kan

net baat by so ’n logiese erkenning van wat natuurlik en realisties sigbaar is.

Hip,hip, Hurrah! Deur Peder Severin Krøyer (1888). Repos ici (Die rus is hier) Geluk, ’n ryk en vol bestaan is te vinde binne die individu se begronding, binne sy identiteit en sy identiteit, dit wie hy ten diepste is, is gelukkig, vry verhewe, tussen en binne sy mense. Binne so ’n milieu van homogeniteit kry elke individu ook die ruimte en selfvertroue om sy uniekheid en andersheid uit te leef, juis omdat hy/sy die vrede van ’n ryk en vol bestaan binne sy/haar eie identiteits-eksistensie kan ontdek. Soos die wêreld toenemend weer strepe in die sand trek, trek ek ook een vandag en duskant die streep sing ons Psalm 100 en Sarie Marais; eet ons koeksisters en biltong; braai ons vleis, kaiings; praat ons Afrikaans; Kaaps of Pretoriaans. Duskant groet ons mekaar met ’n handdruk; bid ons saam vir reën; lag ons vir flou Van der Merwegrappies. Duskant weet ons wie ons eie is; weet ons vir wie ons bou en as dit ooit nodig word, weet ons vir wie en saam met wie ons baklei.

Ek vind my bestaan binne my identiteit en ek vind ’n ryk en vol lewe tussen mense wat, ten diepste, soos ek is. Identiteits-eksistensialisme binne ’n homogene gemeenskap lei tot ’n ryk en vol bestaan.

Totius se gedig gaan sekerlik oor meer as ’n man op ’n trein en ’n meisie by ’n tent. Dit gaan oor verskillende wêrelde wat met mekaar gekonfronteer word en lei tot ontevredenheid en jaloesie. Mens sou sekerlik nooit die trein en die tent vir ewig van mekaar kan verwyder nie, mens kan immers die wisselwerking en bestaan van veelvuldige wêrelde erken en ruimte bied, meer as dit, ruimte daarvoor skep. Vele kulture het al opgegaan in die grys, ongelukkige massa van die leegheid wat die nihilisme is, vandag kies ek egter my eie en myne se geluk en welstand. Politieskorrek? Sekerlik nie, maar die enigste rasionele oplossing vir ’n wêreld wat waansinnig geword het. REDE

REDE|41


’nRyk

en vol bestaan Johann Rossouw

As ’n mens die wêreld van die antieke Athene bekyk deur die bril van Alasdair MacIntyre in sy Whose Justice? Which Rationality? is dit amper onvermydelik om te voel asof die moderne wêreld iets kosbaars verloor het wat vir die antieke wêreld vanselfsprekend was. Wat verlore gegaan het, word min of meer soos volg deur MacIntyre verduidelik. MacIntyre onderskei tussen twee opvattings van die goeie wat al in die antieke wêreld voorgekom het. Enersyds is daar die opvatting van geregtigheid as verdienste. Hiervolgens beteken geregtigheid om beloon te word vir jou handelinge volgens die norme waarmee jy as lid van ’n bepaalde gemeenskap in jou bepaalde sosiale rol beoordeel word. Die geregtigheid van verdienste, waarvan Aristoteles die volledigste antieke weergawe uitgewerk het, wil dit hê dat om ’n goeie mens te word, dit nodig is om die regte opvoeding binne ’n voortreflike gemeenskap te ontvang. So ’n opvoeding bestaan daaruit dat deugsame leermeesters van ’n spesifieke gemeenskap hulle studente in die deugde van daardie gemeenskap inlei. Die studente oefen hulle in die deugde in, tot hulle uiteindelik ontwikkel tot goeie mense wat geregtigheid beliggaam. Die tweede opvatting van geregtigheid wat MacIntyre al in die antieke wêreld vind, is wat hy die geregtigheid van effektiwiteit noem. Hiervolgens beteken geregtigheid dat individue so ver moontlik hulle belange najaag en verwesenlik, waarvoor voortdurende berekenings van die kostes en voordele van ’n spesifieke situasie vir ’n spesifieke individu nodig is. Volgens hierdie opvatting van geregtigheid is geregtigheid gekoppel aan elke individu se eie belange en begeertes, ongeag tot watter gemeenskap ’n individu behoort.

42|REDE

In die verdere ontwikkeling van sy oorkoepelende argument staan MacIntyre vervolgens stil by die belangrikste bydrae wat die groot Christelike Kerkvader en filosoof-teoloog, Augustinus, tot die geregtigheid van verdienste gelewer het. Dit is Augustinus se begrip van die vrye wil. Aristoteles was van mening dat wanneer ’n deugsame mens in ’n bepaalde situasie vasgestel het watter spesifieke goeie handelinge van hom of haar vereis word in die najaag van die hoogste einddoel van die gelukkige lewe, so ’n persoon dit vanselfsprekend en as’t ware outomaties sal doen. Vir Aristoteles maak dit dus nie sin nie dat die deugsame persoon weet wat die goeie handeling is om uit te voer, maar dit tog nie doen nie. Augustinus het ook met hierdie probleem geworstel. As Christen had hy natuurlik ’n ietwat meer pessimistiese siening van die aard van die gevalle mens as sy antieke Griekse voorgangers. Uit teologiese oorwegings redeneer hy dat die soort volmaakte deugsaamheid waaroor Aristoteles dit had, die mens eintlik slegs in die hiernamaals te midde van ononderbroke gemeenskap met God beskore is. In hierdie wêreld, voer Augustinus aan, kan selfs die gelowige mens geoefen in deugsaamheid slegs met die genade van God die regte ding doen. Waarom? Volgens Augustinus is miskien die grootste etiese probleem waarmee die mens worstel om sy of haar begeertes so te omvorm dat dit as’t ware vanself mik op die hoogste goeie, naamlik gemeenskap met God waaruit gemeenskap met mekaar groei, vernaamlik in die gemeenskap van die gelowiges, oftewel die Kerk. Die rede waarom die mens so met hierdie probleem worstel, is dat God die mens met vrye


Kerkvader Augustinus. wil geskape het en ons tegelyk gevalle wesens in ’n gebroke wêreld is. Dit is ’n teken van God se liefde dat Hy die mens met vrye wil geskape het, want daarmee laat Hy selfs die mens toe om teen Hom te kies. In aansluiting by, maar ook in aanvulling van Aristoteles beskou Augustinus die asketiese lewe binne die goeie gemeenskap – waarvan die Kerk die eerste is – as die voorwaarde vir die rig van die vrye wil uit vrye begeerte op die hoogste einddoel. So lyk ’n ryk en vrye bestaan volgens Augustinus, naamlik

wanneer dit wat ek wil en dit wat ek moet dieselfde is, ’n gelukkige toestand wat in hierdie aardse lewe nie ononderbroke kan beleef nie, maar wel soms met tussenposes in die vernaamste gemeenskap, naamlik die Kerk. Alle Christene het natuurlik nie as kloosterlinge geleef in gemeenskappe waar hulle dag na dag hierdie goeie lewe ingeoefen het nie, en daarom lê Augustinus soveel klem op die belang van die liturgiese lewe van die Kerk om ons te begelei na ’n vrye, ryk bestaan. Met verwysing na die jaarlikse viering van die Pase maak Augustinus die volgende pragtige uitspraak oor die liturgie: “En tog het ons die liturgiese plegtighede wat ons vier soos ons in die loop van die jaar by die datum van spesifieke gebeure kom. Tussen die waarheid van die gebeure en die plegtighede van die liturgie is daar geen teenstrydigheid nie... Die geskiedkundige waarheid is wat eens en vir altyd geskied het, maar die liturgie maak daardie gebeure altyd nuut... Die geskiedkundige waarheid wys ons die gebeure nes hulle gebeur het, maar die liturgie – terwyl dit hulle nie herhaal nie – vier hulle en voorkom dat hulle vergete raak. Dus op basis van geskiedkundige waarheid sê ons dat die Pase slegs een maal gebeur het en nie weer sal gebeur nie, maar op grond van die liturgie kan ons sê dat die Pase elke jaar gebeur. Danksy die liturgie bereik die menslike verstand die waarheid en roep dit sy geloof in die Heer uit.” Die liturgie het dus ’n belangrike herinneringsfunksie, en hierdie einste herinneringsfunksie tesame met die

Liturgiese deelname binne ’n Lutherse gemeente.

REDE|43


volgehoue en gereelde deelname aan die liturgiese lewe van die Kerk is dit wat die wil van die mens as’t ware laat groei na die gemeenskap met God. Iets van hierdie proses beleef die gelukkige mens ook in die gelukkige huwelik, soos wat die lewe saam en die konkrete handelinge van die liefde tussen die twee gelukkig getroudes nie net telkens die liefde tussen die twee mense uitdruk nie, maar hulle ook deurgaans in nog groter en dieper verlange as aan die begin nader aan mekaar laat groei en gemeenskap met mekaar beleef. Gelukkig getroude mense kan dan ook getuig van die vreugde wat daarin bestaan om ter wille van die verdiepte gemeenskap met mekaar hierdie of daardie gewoonte wat hulle verdiepte gemeenskap met mekaar verhinder, te laat vaar. Wat het hierdie antieke Griekse en Christelike insigte in ’n ryk en vol bestaan vandag vir ons moderne mense te sê? Om hierdie vraag te beantwoord, moet die vraag nog meer spesifiek gevra word, naamlik, wat het hierdie ou insigte spesifiek vir moderne Afrikaners te sê? Deur die vraag so te stel met verwysing na ’n spesifieke kultuurgemeenskap wat die oorgang vanaf ’n tradisionele na ’n moderne wêreld deurloop het, word reeds aangesluit by Aristoteles en Augustinus vir wie die gesprek oor ’n ryk, vol bestaan nie sommer oor die mensdom in die algemeen gevoer kan word nie, maar altyd oor hierdie of daardie spesifieke gemeenskap met sy opvoeding, norme en ideale. Om mee te begin, moet dit gesê word dat die proses van modernisering nie maar teruggedraai kan word nie, so asof ons Afrikaners gewoon kan terugkeer na ’n verlore goue era van salige landelikheid in klein gemeenskappies nie. Bloot net om na onsself as Afrikaners te verwys, terwyl ons as gemeenskap vandag nie net oor die hele Suid-Afrika versprei is nie, maar trouens oor die hele wêreld, spreek al van die wyse waarop die moderne ons as gemeenskap diep gevorm het. Aan die ander kant is dit ewe waar dat ofskoon ons nie meer in ’n tipies tradisionele wêreld bly nie, baie van die tradisionele elemente onder ons behoue gebly het, waaronder onder vele meer ons Christelike geloof, ons idealisme, ons sin vir plek en ons sin vir gemeenskap. Oor al hierdie dinge het Danie Goosen veel uitvoeriger geskryf in Oor plek en gemeenskap as wat hier behandel kan word. Waarby kortliks wel hier stilgestaan kan word, is hoe die tradisionele elemente wat onder ons behoue gebly het ons in die moderne wêreld kan

44|REDE

help om ’n ryk en vol bestaan te voer. Om mee te begin, moet dit gesê word dat die Afrikaners as Christelike, Westerse én Afrika-gemeenskap tussen te veel wêrelde leef dat ons sonder meer hierdie of daardie element van ons identiteit ten koste van die ander elemente kan beklemtoon. Die sekulêre krisis waarin ons Westerse stamlande vandag verkeer, is byvoorbeeld ’n waarskuwing aan ons om nie bloot die jongste Westerse neigings na te boots nie. Tegelyk is dit ook so dat bes moontlik die grootste ongemak in die alledaagse lewens van Afrikaners vandag veroorsaak word deur die verdiepende wanfunksionaliteit van die Suid-Afrikaanse staat, en hoe dit lei daartoe dat die instellings wat geslagte Afrikaners gevorm en opgevoed het, voor ons oë onherkenbaar word.

Waarskynlik die grootste enkele bate naas ons Christelike geloof, is ons bykans instinktiewe sin vir gemeenskap en plek, om waar jy woon saam met jou bure na iets goeds te streef.

Dit is in en deur die praktyke van goeie buurmanskap met sowel mense van jou eie as van ander kultuurgemeenskappe, wat ons weer nader kan kom aan die ideaal van ’n ryk en vol bestaan. Afrikaners behoort vanweë ons interne veelvuldigheid, maar ook vanweë die uiteenlopende uitdagings wat ons vandag moet trotseer en die wye skopus van antwoorde wat ons daarop aan die ontwikkel is, nie die fout te maak om te sê dat slegs een model die enigste is waarbinne ons as kultuurgemeenskap kan floreer nie. Die klem behoort eerder te val op die beste moontlike maniere om ’n sin vir gemeenskap en plek hier en nou in elkeen van ons se onmiddellike omgewing uit te leef, terwyl die verskillende praktyke wat so beliggaam word, terselfdertyd in die breër Afrikanerwêreld gesirkuleer word. Hierdie is ’n tyd van uitvinding, improvisasie en verbeelding waarin “om mekaar saam anders te maak” – in Breyten Breytenbach se woorde – nodiger as ooit is. As ons onsself kan toelaat om hierdie sin vir veelheid teenoor onsself en teenoor ander uit te leef, en te vertrou in die prosesse waaraan ons met integriteit uit ’n diep sin vir afhanklikheid van alles wat groter as ons is deelneem, kan ons reeds onderweg na groter stabiliteit hier en nou die ryk, vol bestaan beleef waarna elke mens van nature verlang. REDE


EPOG

EPOG

Die antwoord op die leegheid en verwarring van ons tyd lê diep gesetel in ons begronding, in ons erfenis, in ons kultuur en ons ontdek onsself in die skaduwee van die reuse wat ons voorafgegaan het. Met voet vas begrond in erfenis, wie ons is, neem ons selfversekerde treë die toekoms in. Omdat ons mag, omdat ons kan, omdat ons sal.

Epog Bewaar, bepeins, belyn, beplan. EPOG is die navorsingsfiliaal van die Orania Beweging.

Raak betrokke deur ‘n donasie aan EPOG te maak of om by die organisasie se werksaamhede betrokke te raak. Skakel met EPOG deur ’n boodskap aan epog@orania.co.za te stuur.

REDE|45


`n Universiteit

Gedruk deur SwiftPrint, Tel: 053 839 2900, Kimberley

het `n stad nodig.

Help bou aan daardie stad deur aan te sluit by die Orania Beweging.

Sms stad na 41076 Elke sms kos R1.50. Gratis sms’e geld nie.

Uitleg en drukwerk deur SwiftPrint, Tel: 053 839 2900, Kimberley

Rede - Vol 2  

‘n Tydskrif vir die nederige intellektuele Afrikaner