Issuu on Google+

Voorgrond September 2012 | Uitgawe 3/4

DIS LENTE! Alles oor die Orania-klimaat ENTREPRENEURS voel tuis in Orania GRONDUITBREIDING kry hupstoot met aankoop van plase


redaksionele inligting Redakteur: Jaco Kleynhans Medewerkers: John Strydom Carel Boshoff (iv) Sebastiaan Biehl Foto’s Magdaleen Kleynhans Francois de Vos John Strydom Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062 Faksnommer: 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za www.oraniablog.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

Belangrike Telefoonnommers Inligtingskantoor: 053 207 0062 CVO-skool Orania: 053 207 0177 Volkskool Orania: 053 207 0161 Orania Groeifonds: 053 207 0082 Helpsaamfonds: 053 207 0062 Orania Dorpskantoor: 053 207 0063/4

Vliegveldkoördinate Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte - Skakel vooraf 053 207 0064

O ra n i a Kul t u rel e v a k a n s i eda e 27 Februarie Majubadag 6 April Stigtingsdag 31 Mei Bittereinderdag 14 Augustus Taaldag 10 Oktober Heldedag 16 Desember Geloftedag GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 082 481 0691 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Verblyf in Orania Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118  Oranje-Sig (Selfsorg) - 079 514

4901

 Ysterklip Akkommodasie (Selfsorg) - 082 975 8132  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016

Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947  Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) - 053 207 0038  Cha-Du-Brie (Gastehuis) - 082 349 3411  Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie (Selfsorg) - 083 600 1780  Boskamp (Chalets) - 083 388 1433  Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348

Voorbladfoto deur Francois de Vos In hierdie uitgawe van Voorgrond bespreek John Strydom die klimaat van die Bo-Karoo. Na ‘n koue winter is dit lente in Orania en was die bloeisels reeds in Augustus orals aanwesig. Erflating: laat ‘n lewende monument na Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za. September 2012 |

3


redakteursperspektief

Die soeke na gemeenskap

One of the losses that modern society feels most keenly is the loss of a sense of community. We tend to imagine that there once existed a degree of neighborliness that has been replaced by ruthless anonymity, by the pursuit of contact with one another primarily for individualistic ends: for financial gain, social advancement, or romantic love. - Alain de Botton Die vraag word gereeld aan ons gestel: Wat maak Orania anders as soveel ander dorpe en gemeenskappe waar Afrikaners hulself bevind? Daar is sekerlik baie verskille waarop ons kan fokus, maar die een verskil wat ek glo meer bespreking verdien, is ons sin vir gemeenskap. Oral ontmoet ek mense op soek na hul plekkie in vandag se geglobaliseerde wêreld – so asof hulle nêrens meer tuis voel nie. Die konsep van vervreemding word toenemend regoor die wêreld as ‘n produk van die individualisme geïdentifiseer. Vervreemding bring mee dat ‘n mens, ten spyte van sukses as individu, steeds bly soek na iets groter wat geluk en vervulling kan meebring. Reeds in 1961 skryf die Amerikaanse akademikus Robert Nisbet oor vervreemding: “By alienation I mean the state of mind that can find a social order remote, incomprehensible, or fraudulent; beyond real hope or desire; inviting apathy, boredom, or even hostility. The individual not only does not feel a part of the social order; he has lost interest in being a part of it. For a constantly enlarging number of persons, including, significantly, young persons of high school and college age, this state of alienation has become profoundly influential in both behavior and thought.” Volgens Nisbet was daar reeds in die 1960’s tekens in Amerika dat mense toenemend ingetrokke raak en apaties teenoor instellings soos die kerk, regering, politieke partye en ander gemeenskapsinstellings begin

4

|

Voorgrond

staan. Die afname in lidmaatskap en deelname in die aktiwiteite van kultuur- en ander burgerlike organisasies waarmee ons vandag almal vertroud is, het toe reeds begin. Nisbet koppel die verbrokkeling van die konkrete gemeenskap direk aan die vervreemdingswerklikheid. “I believe, then, that community is the essential context within which modern alienation has to be considered. Here I have reference not so much to a state of mind – although that is inevitably involved – as I do to the more concrete matters of the individual’s relation to social function and social authority. These, I would emphasize, are the two supports upon which alone community, in any reasonably precise sense, can exist and influence its members. There are countless persons today for whom the massive changes of the past century have meant a dislocation of the contexts of the function: the extended family, neighbourhood, apprenticeship, social class, and parish.” Nisbet maak ‘n sterk saak uit vir die rol van hierdie instellings in die funksionering van die individu binne sy gemeenskap. Hy voer aan dat die meeste mense binne gesag (authority) en strukture wil funksioneer en dat die meer ideale scenario een is waar hierdie gesag en struktuur deur vrywillige assosiasie met gemeenskapsinstellings soos kerke, skole, kultuurorganisasies en ‘n gebonde woonbuurt of dorp verkry word. In sy boek A Quest for Community wat reeds in 1953 verskyn het maar


redakteursperspektief

vandag meer as ooit vantevore op die Afrikaner van toepassing gemaak kan word, beskou hy die gevolg van hierdie individualisering as die opkoms van ‘n sterk staat wat toenemend mag binne homself sentreer en bykans in vyandigheid teenoor die georganiseerde gemeenskap en sy instellings staan. Die individu wat hom los maak van sy gemeenskap, verantwoord hom toenemend direk aan die staat en is afhanklik van die staat vir dienste, struktuur, gesag en selfs ‘n waarderaamwerk. ‘n Praktiese voorbeeld is die kwessie van ‘n paartjie wat saambly sonder om getroud te wees. Ons ontvang gereeld vrae oor hoe Orania dit hanteer. Sedert die opkoms van individualisme in Amerika in die 1960’s het buiteegtelike swangerskappe geweldig toegeneem. In 1965 was 24% van alle swart geboortes en 3,1% van alle wit geboortes sulke gevalle. Teen 1990 het dit tot 64% en 18% onderskeidelik gestyg en sedertdien selfs nog meer so. 40% van alle babas wat tans in Amerika gebore word, is buite-egtelik. Dit plaas geweldige druk op die staat om te sorg vir mediese dienste, gratis onderrig en maatskaplike dienste. Kinders wat in ‘n huis sonder ‘n vader groot word staan ‘n baie groter kans om ekonomies nie suksesvol te wees nie en verdere druk op die staat te plaas. Talle studies regoor die wêreld het al bewys dat die kanse vir ‘n kind wat uit ‘n huis met ‘n pa en ‘n ma kom, soveel beter is om goeie onderrig te ontvang, gesonder te wees en uiteindelik ‘n suksesvolle posisie in sy/haar gemeenskap in te neem. Daar is dus vanuit ons Christelike perspektief, maar ook vanuit ‘n baie praktiese perspektief, ‘n sterk saak uit te maak vir die tradisionele gesin. Sou ons toelaat dat Orania ook net ‘n gemeenskap van individue raak, sal ons noodgedwonge ‘n sterk regering met baie mag moet skep wat waardes en gesag afdwing. Dit behels die bepaling van drakoniese wette en die polisiëring van waardes. Soek ons ‘n maghonger regering in Orania of ‘n selfregulerende gemeenskap? Die antwoord behoort eenvoudig te wees. Ons moet die

konsepte van buurmanskap, deelname aan aktiwiteite van ‘n woonbuurt, deelname aan skool-, kerk-, kultuurorganisasie en ander burgerlike organisasie-aktiwiteite en die bou van ‘n aktiewe gemeenskap wat sy eie waardes, gesag, regulasies en stelsels bepaal, vooropstel. Dit begin by die eenvoudige konsep om minder van ‘n regering te verwag. As jy rommel langs die pad sien lê, tel dit op! Nooi jou buurman wat kerklos geraak het uit om saam met jou kerk toe te gaan. Onderhou self die gras op jou sypaadjie. Onderhou die reëls as verantwoordelike persoon en nie uit dwang nie. Prof Koos Malan skryf in wat sekerlik een van die belangrikste boeke wat in jare in Afrikaans verskyn het, Politokrasie, die volgende: “Sedert die staat daarin geslaag het om godsdiens as die enigste politieke kategorie opsy te skuif, waak dit jaloers oor sy monopolie oor die openbare domein. Individue moet dus voorkeur aan hulle verbintenis met die staat gee en moet bowenal in die eerste plek staatsburgers wees. Dienooreenkomstig koester die staat ‘n diep afkeur van enige groepsvorming in die staat wat in die openbare domein ‘n beslag mag kry en dus aan die staat ‘n bepaalde identiteit eie aan ‘n groep (godsdienstig, taal, kultureel, etnies of dergelik) mag besorg, of wat ‘n verdelende effek mag hê.” Keer op keer voel mense bevry wanneer hulle die “juk” van kerk, kultuurorganisasie of watter gemeenskapsbetrokkenheid ook al afskud, net om onder die harde gesag van ‘n regering in te val. Tog kan min mense sonder gesag en struktuur funksioneer. Gesag en struktuur wat van onder (uit die gemeenskap self ) eerder as van bo (‘n regering) kom, is juis nie daar om te onderdruk nie, maar eerder om te bevry. Vryheid beteken egter nie om jouself te bevry van wie jy is nie, maar eerder om vry te wees om te wees wie jy is. Orania kan en moet ‘n voorbeeld stel van hoe ons deur ‘n sterk gemeenskapslewe oplossings skep. Waardes moet nie afgedwing en gepolisieer word nie, maar moet deur September 2012 |

5


redakteursperspektief

individuele skakeling binne familieverband en tussen bure, kollegas en vriende oorgedra en gereguleer word. Onderwys, maatskaplike dienste en die geestelike versorging van jou medemens moet jóú werk wees en nie net predikante, onderwysers en maatskaplike werkers s’n nie. Die estetiese voorkoms van jou straat is jou verantwoordelikheid, net soos wat dit jou verantwoordelikheid is om jou vriend

wat padreëls verontagsaam daaroor aan te spreek. Elke huidige inwoner, maar ook elke voornemende inwoner en selfs net besoeker aan Orania, kan ‘n verskil maak deur die krag van die georganiseerde gemeenskap te besef en dit in die praktyk hier toe te pas. Jaco Kleynhans Uitvoerende Hoof: Orania Beweging

The family, religious association, and local community––these, the conservatives insisted, cannot be regarded as the external products of man’s thought and behavior; they are essentially prior to the individual and are the indispensable supports of belief and conduct. Release man from the contexts of community and you get not freedom and rights but intolerable aloneness and subjection to demoniac fears and passions. Society, Burke wrote in a celebrated line, is a partnership of the dead, the living, and the unborn. Mutilate the roots of society and tradition, and the result must inevitably be the isolation of a generation from its heritage, the isolation of individuals from their fellow men, and the creation of the sprawling, faceless masses. (The Quest for Community) Het jy onlangs Orania besoek? Het jy dalk mooi foto’s in die dorp of die direkte omgewing geneem? Stuur vir ons jou mooiste foto’s en ons plaas dit graag in Voorgrond of in ons tweeweeklikse elektroniese nuusbrief. Die lente is ‘n baie mooi tyd in Orania met veldblomme wat orals helder vertoon. Francois de Vos, ‘n jarelange inwoner van Orania, het hierdie foto laat in Augustus geneem.

6

|

Voorgrond


O r a n i a - n uus

Orania skakel met ander gemeenskappe

Die afvaardiging van Mnyameni ontmoet verteenwoordigers van Orania.

Danny Jonas, burgemeester van Thembelihle en Carel Boshoff, president van die Orania Beweging.

Deur Jaco Kleynhans Orania se bekende standpunt dat ons nie in isolasie funksioneer nie, maar in vreedsame naasbestaan met ander kultuurgroepe en gemeenskappe van Suid-Afrika wil funksioneer, is weer bevestig met die onlangse skakeling tussen die leierskap van Orania en onderskeidelik ‘n Xhosa-gemeenskap van die Oos-Kaap en met die munisipale raad van Thembelihle (Hopetown en Strydenburg). Vroeër vanjaar is Orania deur hoofman Siphiwe Mdledle van Mnyameni, aan die hange van die Amatola-bergreeks in die OosKaap, oor moontlike samewerking genader. ‘n Afvaardiging van die Orania Dorpsraad het Mnyameni gedurende April besoek. Die boodskap van hoofman Mdledle was dat hy baie beïndruk met Orania se model van selfstandige ontwikkeling was en dat hy dit as ‘n belangrike prioriteit vir sy gemeenskap stel om die juk van afhanklikheid af te skud. Daar is veral oor gemeenskapsontwikkeling, landbou en toerisme gesprek gevoer. Op 7 en 8 Junie het ‘n afvaardiging van die leierskap van Mnyameni Orania besoek en is daar met leierskap op alle vlakke samesprekings gevoer. ‘n Voorgestelde Memorandum van Verstandhouding is tydens die geleentheid opgestel en word tans gefinaliseer. Die

memorandum lê klem op die bou van ‘n verhouding waar die twee gemeenskappe mekaar se kulture respekteer en kennis en ervaring uitruil en saam die beginsel van selfstandige gemeenskappe bevorder. Gedurende Mei is die Orania Dorpsraad deur die burgemeester van Thembelihle, Danny Jonas, vir ‘n gesprek genader. Sedertdien het twee gesprekke al plaasgevind. Mnr Jonas het beklemtoon dat die fokus van sy inisiatief daarop is om goeie buurmanskap te vestig. Hy het die regte van beide gemeenskappe, soos wat dit tans uigeoefen word, beklemtoon. Die moontlikheid van samewerking tussen die gemeenskappe op die terrein van dienslewering is bespreek en ‘n eerste projek wat op herwinning van afval sal fokus, is geïdentifiseer. Volgens Carel Boshoff, burgemeester van Orania en president van die Orania Beweging, is die fokus van hierdie belangrike ontmoetings en potensiële samewerking met Mnyameni en Thembelihle juis ons fokus op die begrip erkenning en dat ons ekonomiese denke sentreer om die konsep van lokalisme. Tydens die gesprekke met die gemeenskappe is Orania se bestaansreg erken en is ons sukses met die ontwikkeling van ‘n lokale ekonomie geloof. September 2012 |

7


ORANIA - N U U S

Goeie beplanning vir ontwikkeling van Orania Christo Conradie is onlangs as hoof van die Departement van Beplanning en Ontwikkeling by die Orania Dorpsraad aangestel. 1. Wat is die belangrikste doelwitte van jou departement? Dit is belangrik om die uitleg van die dorp en die huidige uitbreidings so te beplan dat dit prakties, sowel as esteties sin maak en langtermynvoordele inhou. Beplanning is belangrik vir verkeersvloei, sosiale en maatskaplike doeleindes, grondgebruike en die lewering van noodsaaklike infrastruktuur. Die beplanning wat ons nou doen, moet dit moontlik maak dat alle ontwikkeling oor 200 jaar van nou af in die stad Orania, nog netjies soos ‘n legkaart inmekaar pas. Dit is die verantwoordelikheid van die huidige geslag van ‘n ontwikkelende beskawing om nie net self in sy eie tyd te baat by behoorlike beplanning nie, maar ook sy nageslagte na hom. Dit vind neerslag in ons indrukwekkende Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en die implementering van die omvattende Grondgebruikbestuurskema wat deur gespesialiseerde professionele spanne saamgestel is. Nog ‘n belangrike doelwit van my departement is om die huidige sport-, sosiale en institusionele geriewe op te gradeer en uit te brei en die estetika van die dorp te verbeter tot bevordering van die gees van die gemeenskap. Dit alles moedig ook beleggers aan om in Orania te belê en lok potensiële intrekkers na ons dorp. Voorts fokus die departement ook daarop om te verseker dat ontwikkeling ordelik geskied deur middel van die skemabepalings en regulasies,

8

|

Voorgrond

sodat die integriteit van sekere sonerings beskerm word en groei binne die vermoë van beskikbare dienste en infrastruktuur geskied. Nog ‘n doelwit is die beskikbaarstelling van nuwe erwe en die verskaffing van grootmaatdienste vir alle nuwe ontwikkelings binne Orania, sowel as vir gebiede wat ingelyf word met die uitbreiding van ons grondgebied. 2. Wat is van die projekte waarmee jy tans besig is? Die beplanning en beskikbaarstelling van nuwe erwe, wat insluit woonerwe, ryhuiserwe, woonstelerwe, besigheidserwe en industriële erwe, is tans ‘n top prioriteit. Dit is ook belangrik om bekostigbare erwe beskikbaar te stel sodat voorsiening gemaak kan word vir die intree- en aftreemarkte. Verder is daar ook ‘n behoefte vir ruimer woonerwe en selfs kommersiële erwe vir luukse, korporatiewe kantoorkomplekse. Ons vorder ook fluks met die bou van ‘n klubhuis en kleedkamers by die sportterrein. Die opgradering van die res van die sportterrein word tans deur ons argitek beplan en die gedagte is om die terrein sodanig op te gradeer dat dit, afgesien van sportgeleenthede, ook vir groot geleenthede soos ons jaarlikse karnaval aangewend kan word. My departement is ook gemoeid met die fasilitering en regulering van verskeie privaatontwikkelings, soos ‘n aftreebehuisingsprojek, ‘n ekolandgoedontwikkeling, ‘n


ORANIA - N U U S

pekanboordlandgoed met sowat 40 woon- en meenthuiserwe wat beplan word en ‘n pretplaas wat tans in ’n hersoneringsfase is. Daar is ook ‘n luukse korporatiewe kantoorkompleks, ‘n motorhandelsentrum, ‘n winkelsentrum en mediese persele in ‘n vroeë stadium van beplanning. 3. ‘n Belangrike terrein in Orania is die ontvangsgebied rondom ons vulstasie. Gaan dit ook opgegradeer word? Ja, hierdie terrein gaan binnekort ‘n spoggerige nuwe baadjie aantrek. Eerstens word die vulstasie gemoderniseer en beplan ons om alle grondoppervlaktes te plavei. Die bestaande ou gebou gaan ook opgegradeer word. Dit is egter net die begin van selfs groter planne

vir die gebied. Beplanning vorder ook vir winkels, kantore, mediese geriewe en selfs ‘n hotel, alles naby die grootpad wat deur Orania loop. 4. Hoe kan voornemende beleggers betrokke raak? Daar is baie geleenthede, hetsy dit aan die eiendomsbeleggingskant is, waar boupakette beskikbaar sal wees en of dit aan die kleinhandelkant is waar entrepreneurs nuwe sake na Orania kan bring. Deur te belê in ontwikkeling in Orania belê jy in ‘n dorp wat werk, wat dienste kan en wil lewer, wat finansieel gesond is en wat groei. Daar is geen beter belegging as in iets wat van heel onder begin en sterk groei nie. Dit is Orania!

Die nuwe dubbelverdiepingklubhuis wat by die Orania Sportterrein in aanbou is.

September 2012 |

9


ORANIA - N U U S

Orania ‘n plek vir entrepreneurs

deur Jaco Kleynhans Een van die eerste vrae wat die meeste mense van buite vra, is oor watter werksgeleenthede hier beskikbaar is. Die antwoord is eintlik maklik: As jy bereid is om hande-arbeid te verrig, is hier omtrent altyd geleenthede. As jy ‘n entrepreneur is wat jou eie onderneming kan begin, is daar soveel te meer geleenthede. Orania het tans meer as 70 klein ondernemings waarvan die bekendstes landbou-, toerismeen kleinhandelondernemings is. Die ekonomie van Orania diversifiseer egter voortdurend en dit maak dit vir entrepreneurs moontlik om allerhande nuwe ondernemings in Orania te vestig. Vandag het ons in Orania boere, vervoerkontrakteurs, restauranteurs, batebestuurders, rekenaarprogrammeerders, bouers en nutsmanne, toerleiers en natuurlik ‘n groot aantal tegnici. Gedurende die eerste helfte van 2012 het daar talle nuwe ondernemings in Orania hul deure geopen. Ons vertel van ‘n paar nuwes wat reeds ‘n verskil in Orania maak. Oppikassie DVD Quintin en Rozanne Diederichs is bekend vir hul entrepreneursvaardighede. Dié jong paartjie het sowat twee jaar gelede na Orania verhuis vanwaar hulle toerismebesighede bedryf. Hulle besit ook Klein Parys Klereboetiek in die

Afsaalkompleks. Nadat Klein Parys Klereboetiek homself gevestig het, was dit vir hulle tyd om nog ’n besigheid in Orania te begin. “Volgende op ons lys was ’n videowinkel in Orania-Wes, waar daar ’n groot behoefte was omrede die ander videowinkel te ver van hierdie buurt geleë was. Nadat ons al die registrasies afgehandel het, het ons Klein Parys se stoorkamer omskep in ’n DVD-afdeling. ’n Paar maande later het winkelspasie langs Klein Parys oopgegaan, wat ons in staat gestel het om die videowinkel uit te brei. Hierdie groot ruimte het vir ons die geleentheid gebied om nog ’n nuwe besigheid te toets, nl. kinderspeelgoed. Op daardie stadium was daar nie ’n speelgoedwinkel in Orania nie, terwyl byna ’n derde van die bevolking kinders is! Oppikassie DVD is nou gevestig en die nuwe speelgoedafdeling is ’n wenner. Ons kort al weer spasie!” vertel Quintin. Intussen het hulle die ou stoorruimte wat tydelik

Oppikassie DVD bied ‘n groot verskeidenheid dvd’s aan Oraniërs.

10

|

Voorgrond


ORANIA - N U U S

Daar is reeds sewe werkstasies by Sentrale Belsentrum in bedryf.

as videowinkel gebruik is, omskep om plek te maak vir nog ’n nuwe besigheid, Die Orania Kurio- en Kunswinkel, wat unieke handgemaakte kuns en kurio met Orania as tema verkoop. Alhoewel dié winkeltjie gemik is op toeriste wat iets uniek van Orania saam met hulle huis toe kan neem, is Oraniërs ook mal oor die kunstige Orania-produkte en word die winkel reeds goed deur die plaaslike mark ondersteun. “Orania het ‘n ontwikkelende ekonomie en ‘n bevolking wat meestal van stede afkomstig is. ‘n Groot deel van ons mark is dus gewoond aan ’n wye verskeidenheid goedere en dienste wat normaalweg nie op die platteland beskikbaar is nie. Orania se koopkrag word al hoe sterker a.g.v. bevolkingsgroei en ’n skerp toename in die getal toeriste wat die dorp besoek. So ‘n mens kan deurlopend nuwe ondernemings stig wat spesifieke goedere en dienste verkoop wat nie kenmerkend aan ’n tradisionele plattelandse ekonomie is nie. Onbeperkte behoeftes van verbruikers beteken dus onbeperkte geleenthede vir ondernemers,” aldus die Diederichse. Hulle raad vir voornemende entrepreneurs is om met goeie marknavorsing te begin. “Daar is wel ander faktore wat in ag geneem moet word, byvoorbeeld die gebruik van volkseie arbeid, die afstand van verskaffers en ’n groeiende, maar steeds taamlike klein mark. Orania se

grootste industrieë is landbou, toerisme en konstruksie. Indien jy ’n geleentheid in enige van hierdie sektore kan ontgin, sal jy nie sukkel nie. Die alternatief is om ’n onderneming te stig, of selfs ’n gevestigde besigheid hierheen te skuif, wat nie afhanklik is van die plaaslike koopkrag nie. Ondernemers met internetgerigte ondernemings sal wys wees om Orania as hul basis te gebruik weens die ongelooflike lewenskwaliteit wat ‘n mens hier kan geniet met geen misdaad nie, puik munisipale dienslewering en ‘n skoon omgewing.” Sentrale Belsentrum Magdaleen Kleynhans woon sedert 2010 in Orania. Met haar aankoms hier het sy na geleenthede gesoek en ‘n raambesigheid, Karoolens Raamwerk, begin. Gedurende 2011 het sy nog ‘n geleentheid vir ‘n besigheid geïdentifiseer en het sy ‘n klein belsentrum met slegs twee personeellede begin. Intussen het sy besef dat daar groot geleenthede vir belsentrumwerk is en dat Orania ‘n baie geskikte plek vir Afrikaanse belsentrumdienste is. Sy het haar raambesigheid verkoop en Sentrale Belsentrum, met verskeie groot kliënte en reeds sewe personeellede gestig. “Om ‘n besigheid in Orania te open is ‘n uitdaging en ’n mens moet dit oopkop benader. Orania se mark is kleiner en anders. Goeie marknavorsing September 2012 |

11


Orania-N ORANIA nU uus US

is belangrik, maar soms moet ‘n mens ook maar ‘n geloofstap neem,” vertel Magdaleen. Haar besigheid lê egter buite Orania se grense en is glad nie afhanklik van die omgewing se koopkrag nie. Haar besigheid skep reeds werk vir sewe inwoners van Orania en sy hoop om volgende jaar nog mense in diens te neem. “Om ‘n nuwe besigheid te begin het maar altyd sy groeipyne en uitdagings. Ek het baie gesukkel om genoeg telefoonlyne te laat aansluit en die internet is ook nie altyd so betroubaar nie. Gelukkig het ons baie versteekte talente in Orania en om die regte werknemers vir die belwerk te kry was nie so moeilik nie.” Magdaleen se visie vir haar besigheid is om te groei sodat meer vroue in Orania die geleentheid kan kry om ‘n inkomste te verdien. Om ook hierdie vroue verder maatskaplik by te staan en die geleentheid te gee om hulle in onder meer rekenaarprogramme op te lei, is ook een van haar doelwitte. Vir ander toekomstige entrepreneurs wil sy die volgende raad gee: Begin klein en bly gefokus. Vir elke plan wat misluk, moet jy reeds vyf nuwes hê.

Voorspoed Melkery Johan Swanepoel het verlede jaar met twee koeie sy eie klein melkery in Orania begin. Vroeër vanjaar het hy ‘n ander klein melkery in Orania oorgeneem en so is sy onderneming tot sewe koeie vergroot. Hy het vinnig besef dat daar ‘n groter behoefte aan vars melk en suiwelprodukte in Orania is en sedertdien het hy en Mias Nel, nog ‘n inwoner, saamgespan en is die melkery uitgebrei. Hulle melk tans 26 koeie en het die afgelope tyd hul melkery heelwat opgegradeer.

Voorspoed Melkery se koeie.

12

|

Voorgrond


ORANIA - N U U S

By Orania Betonwerke word verskeie produkte, insluitende sementstene en plaveistene vervaardig.

Orania Betonwerke In 2008 het Francois de Vos betonmure begin vervaardig terwyl Jannie Roux in 2010 besluit het om die sogenaamde Stumblebloc in Orania te begin maak. Die twee het toe besluit om Orania Betonwerke te begin. Orania lê in baie opsigte baie sentraal in die Noord-Kaap, met groot sentra soos Kimberley, De Aar en Bloemfontein ’n redelike afstand ver. Afgesien van Orania lê daar dus ook die potensiaal om omliggende dorpe en plase te bedien. “Orania Betonwerke wil ook graag meewerk om Orania se selfstandigheid verder te vestig, by te dra tot sy ekonomie en werk te help skep,” vertel Francois. Volgens dié entrepreneurs lê Orania Betonwerke se groot uitdaging in die aanry van grondstowwe. “Daar moet prysgewys met die groot sentra meegeding word, maar tog ook ’n premie betaal word vir duur grondstowwe. Soos in ander gevalle word staatgemaak op ondernemers se lojaliteit om ’n plaaslike onderneming te ondersteun. “Die aankoop van toerusting is ook baie duur. Orania Betonwerke het sy reeks produkte grootliks uitgebrei, met die maak van kommersiële plaveisel wat onlangs toegevoeg is. Tot onlangs

moes alle plaveistene wat in Orania gebruik is van ver aangery word. Ons geloof in Orania laat ons die stap neem. Ons onderneming is ook in die geloof opgerig en word tot eer van God bedryf.” Met ’n groot toename in die aankoop van eiendom en bouprojekte op Orania voorsien Orania Betonwerke tans ’n groot aanvraag na betonprodukte. Dit gebeur ook toenemend dat omliggende gemeenskappe van die produkte koop. Met die onlangse aankoop van ’n moderne plaveiselmasjien word voorsiening gemaak vir grootmaatvervaardiging. Groot klem word op gehalte geplaas, wat Orania Betonwerke ’n betroubare vennoot maak. Hoe gemaak as jy ‘n besigheid in Orania wil begin? Entrepreneurs wat graag in Orania wil vestig, kan gerus met die bestuur van die Orania Beweging en met die Orania Dorpsraad in gesprek tree. Orania het ‘n besigheidsvriendelike omgewing en moeite word gedoen om individue by te staan. Finansiering word tans beskikbaar gestel deur Orania se eie koöperatiewe bank, OSK, sowel as deur die Orania Groeifonds. September 2012 |

13


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Karoo Keur Koffieteria: 082 837 3807 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer Orania

‘n volkseie ervaring www.oewerpark.co.za


ORANIA - N U U S

Orania-grondgebied brei voortdurend uit deur Jaco Kleynhans Prof Carel Boshoff het ‘n paar jaar voor sy dood die belangrike opmerking gemaak dat die grondvraag die gróndvraag vir die Afrikaner is en in die toekoms sal wees. Terwyl spanning oor grond in Suid-Afrika toeneem, word dit toenemend duidelik dat Orania se strategie van besetting in ‘n ylbevolkte deel van die land met groot landboupotensiaal, ‘n wyse keuse was. Toe Orania in 1991 gevestig is, het die dorp uit skaars 300 hektaar bestaan. Stelselmatig is verskeie pogings onder verskillende vaandels aangepak om meer grond aan te koop. Die eerste was die aanliggende plaas, Vluytjeskraal 272, wat in kleiner plase opgedeel is en vandag bekend is vir die pekanneut- amandel-, olyf- en vrugteboorde wat daar staan. Onder die vaardige en entoesiastiese leiding van Lukas Taljaard is Kambro Landbou Koöperatief gestig. Die doel met Kambro was en is steeds om landbougrond tot Orania toe te voeg sodat die landboubedryf hier uitgebrei kan word. Kambro het reeds meer as 8100 hektaar aangekoop. Dit sluit in Biesiebult, ‘n weidingsplaas suid van Orania wat sowat 2300 hektaar beslaan en waar daar tans met beeste geboer word. Die pragtige ou woonhuis op dié plaas wat vir sowat twintig jaar leeggestaan het, is ook deur ‘n Oraniër betrek en netjies herstel. Nog ‘n plaas wat deur Kambro aangekoop is, is Nooitgedacht. Die plaas is tussen Orania en Vanderkloof geleë en het ‘n pragtige rivierfront. Vygiesvlakte aan die Weskus wat onlangs aangekoop is.

16

|

Voorgrond

Die plaas word ook vir landbou gebruik, met ‘n klein ontwikkeling op die rivieroewer. blokhuishoewes by Modderrivier tussen Kambro het ookDiekleiner aangrensend Orania en Kimberley. aan Orania aangekoop, sowel as ‘n Daar plaasis ook wes ‘n blokhuis aan Orania by die van Orania wat sowat 380nader hektaar beslaan. Die Oranjerivierstasie. nuutste toevoeging is Vygiesvlakte, ‘n plaas van 2600 hektaar naby Groenriviermond aan die Weskus. Martin Kemp, ‘n inwoner van Orania en grondentoesias, het ‘n groot rol gespeel in die aankoop van dié plaas. Verlede jaar is die plaas Vluytjeskraal-Noord deur ‘n groep Oraniërs aangekoop. ‘n Nuwe regsentiteit is geskep om die plaas aan te koop en die groep Oraniërs is tans besig om ‘n residensiële ontwikkeling op die dele van die plaas wat nie vir landbou benut word nie, te beplan. ‘n Woonwapark word reeds aangelê. Die plaas se spilpunte word ook sedert die aankoop deur ‘n Orania-boer bedryf en ‘n uitstekende mielie-oes is in Julie afgehaal, alles met ons eie Afrikanerarbeid. Afgesien van die uitbreiding van Orania se grondgebied is dit ook belangrik dat boere wat


ORANIA - N U U S

die Orania-ideaal deel, in die Noordwes-Kaap en verkieslik so na as moontlik aan Orania moet hervestig. Die afgelope tyd het suksesvolle boere wat Orania ondersteun uit die noorde van die land hierheen getrek en plase hier gekoop. Soos wat dit toeneem, sal daar groter momentum aan die idee om ‘n groter grondgebied te beset, gegee word. Oraniërs is dit eens dat op pad na selfbeskikking ons die dorp Orania tot ‘n groot ekonomiese sentrum, wat dinge soos ‘n universiteit, hospitaal en groter nywerhede kan huisves, moet uitbrei, terwyl ons ook ons grondgebied stelselmatig vergroot om meer plase in die omgewing in te sluit. Planne word ook beraam om meer boere te nader om vrywillig by Orania in te skakel en om na die gebruik van Afrikanerarbeid oor te skakel. Orania het meer mense, kapitaal, nuwe inisiatiewe, maar definitief ook meer grond nodig. Te danke aan ywerige Oraniërs staan

Martin Kemp en Lukas Taljaard op Vluytjeskraal-Noord, die aanliggende plaas wat verlede jaar aangekoop is.

gronduitbreiding egter nie stil nie en is daar voortdurend nuwe toevoegings tot die totale grondgebied. Dit staan tans reeds op byna 10 000 hektaar. Dit sluit dié boere in die omgewing wat Orania ondersteun, uit. Vir ‘n klein klompie mense is dit ‘n merkwaardige prestasie, wat dui op ‘n sterk geloof in ons saak.

4 Pragtige en volledig toegeruste huisies in orania aan die oewer van die oranjerivier vanaf r550 Per huisie Per nag! (Buite seisoen) slaaP 4/5 Persone Per huisie

Vir besprekings kontak: Yolandi Roets 079 514 4901 of Sarel Roets 082 481 0691 E-pos: oranjesig@gmail.com


Orania-N ORANIA nU uus US

‘n Uitdagende klimaat wat tog voordele inhou

Mense vra dikwels: Is Orania die warmste plek in Suid-Afrika? Orania is al deur politieke opponente as ‘n woestyn uitgekryt en vir sommige mense is ons koue wintersoggende eintlik die grootste aanpassing. John Strydom verduidelik die klimaat van Orania en sy omgewing. Orania is geleë in die Bo-Karoo naby wat weerkundiges “Gordonia” noem. Ons lig voornemende intrekkers in oor die klimaat (net soos oor ons doel, strewe en die plattelandse aard) omdat die oorgrote meerderheid belangstellendes noord van die Vaalrivier woon, waar winters meesal meer gematig is en die humiditeit gemakliker. Orania se amptelike jaarlikse reënval is sowat 400 mm, maar dit is baie minder werd omdat dit meesal binne 2 of 3 dae heeltemal verdamp. Reën bring lewe in die dorre Karoo.

18

|

Voorgrond

Wanneer is die reënseisoen by ons? Ons natste maand in onlangse tye was Januarie 2011 met 213 mm, en die natste jaar 1996 met 697 mm. Die gemiddelde jaarlikse syfer (sedert 1995) is 448 mm. Gemiddeld is die natste maand Maart, met Desember, Januarie en Februarie wat volg. Dus laat-somerreën. Sedert Orania in die 1960’s gebou is, was daar nog net een droogte erg genoeg om besproeiingsregte in te kort. Boere moes toe net die helfte van hulle toegekende oppervlaktes beplant, maar kon dit darem deursien. Wat vloede betref het ons in 2011 twee pieke kort na mekaar beleef. Ou oewerboere het toe beweer dat die eerste piek van die Oranjerivier amper so erg soos die ‘80s se vloed was en die tweede piek selfs erger. Die Departement van Waterwese het dit as ‘n 1 in 22 jaar-vloed geklassifiseer. Ons beleef baie vinnige seisoensveranderinge en sê dikwels dat hier geen lente of herfs is nie - dis een dag nog somer en die volgende dag winter. Temperature by ons wissel heelwat omdat daar baie uitstraling plaasvind. Daar is baie min bewolkte dae en ‘n lae humiditeit. Dae is dus baie warm in die somer, maar saans draaglik, behalwe vir enkele dae, en dan is dit behoorlik warm. Rekords toon dat ‘n 23 gradeverskil tussen die dag- en nagtemperature nie ongewoon is nie, maar gemiddeld is daar ‘n 17 grade-verskil tussen dag- en nagtemperature. My vrou het uit ondervinding geleer dat plante wat elders “volson” verlang, by ons in die koelte moet groei. Wat elders “skaduwee” verlang, sukkel hier!


ORANIA O r a n i a--N nU uus US

‘n Ander gevolg van die hitte (en ook landboupraktyke) is dat die grond ‘n baie lae koolstofinhoud het. Dit is dus humus-arm. Hierdie feit bied besondere uitdagings en dit sal waarskynlik help om geen-bewerkingspraktyke in die landbou te vestig. Die hitte het egter bepaalde voordele. Pekanbome en dadelpalms vra baie warm koppe en nat voete en in ons area met sy lae humiditeit groei albei hierdie bome goed. Dadels vereis eintlik nog warmer weer en kan dus nie hier kommersieel verbou word nie. Ook vir lusernverbouing is die warm weer ideaal omdat dit droog is wanneer boere wil sny en water beskikbaar is wanneer dit nodig is. Rose en steenvrugte floreer in ons klimaat. In die vroeë dae van Orania is selfs oorweeg om rose kommersieel te verbou vir roosekstrak. Die wind is nie ‘n daaglikse probleem nie, maar een van die plase wat hier “Waai-my-om” heet, getuig van die feit dat spilpuntbesproeiingstelsels heel dikwels omgewaai word. Vele geboue is ook al vernietig. Ek het self gesien hoedat ‘n storm in aantog ‘n staalskuur opfrommel sodat sy dik staal I-balke gelyk het of hulle deur ‘n trein omgery is. Kort daarna is dieselfde dak weer van sy sinkplate gestroop! Ek het dikwels genoem dat as ek weer voor moes begin, ek heel eerste windbrekers sou plant. Wat landbou buite Orania betref is mielies en koring die twee algemeenste kontantgewasse. Twee oeste per jaar is moontlik en hulle volg mekaar vinnig op. Lande met oesreste word Hoewel Orania lae reënval ontvang, is ons langs die Oranjerivier geleë.

Een van die plaaspaaie in Orania word in ‘n rivier omskep tydens ‘n lekker somerreënbui.

haastig gebrand om weer te ploeg en te plant. Soja, sonneblom, erte, lusern, springmielies en katoen word ook geplant. Daar word met skaap, boerbok en bees, met wild‘n toenemend gewilde opsie, op plase buite die besproeiingsgebied geboer. In Orania se eie gebied word pekans, lusern, graan, appelkose, olywe en amandels verbou. Steenvrugte vaar baie goed, mits vrugtevlieg beheer word. Daar is ‘n groen geurtjie in Orania as dorp en ook sy landbou. Permakultuur het hier hoogty gevier in die rukkie na Linda Woodrow se “Permaculture Home Garden” gewild geraak het. Die “Kiepkoepels” wat verskuif word sodat die hoenders kan bemes en “ploeg”, is ‘n wonderlike stelsel mits dit getrou en korrek bestuur word. Mev Christa Badenhorst hou getrou rekord van ons weer en haar inligting is dat sedert 1995 die koudste nag tot nog toe op Orania 16 Junie 2010 was, met minus 8 grade, en die warmste dae 5 en 6 Januarie 1995 met 45 en 46 grade Celcius. Temperature kan tot 3 grade wissel tussen die verskillende liggings in Orania. Die oes van sonenergie hou opwindende moontlikhede in, maar wind is te ongereeld om dit betalend te maak. Polities én weerkundig is Orania dus uitdagend en opwindend! September 2012 |

19


AKT U EEL

10 stellings OOR ONS STREWE deur Sebastiaan Biehl 1. Vryheidstrewe sonder konflik Vir die Orania Beweging is vryheid vir die Afrikaner in ‘n eie grondgebied die uiteindelike doel. Vir ons is vryheid primêr om oor onsself te regeer, onsself ekonomies te handhaaf en om ‘n gebied volgens ons oortuigings, geloof, taal en politieke denke in te rig en te bestuur. Vryheid is vir ons nie uitsluitlik nie. Dit mag dus nie ten koste van ander mense en volke se vryheid wees nie. Ons glo daaraan dat Suid-Afrika groot genoeg is om aan alle groepe en volke wat die behoefte en strewe na vryheid het, dit te gun. Om dié rede kies ons ‘n pad na vryheid wat konflik met ander volke en mededinging om skaars hulpbronne vermy en kies ons ‘n gebied wat ons met persoonlike opoffering kan opbou en ontwikkel tot ons eie voordeel. 2. ‘n Gebied wat pas by die behoefte Vryheid kan nooit losstaande van ‘n geografiese gebied met eie instellings gesien word nie. Daarom is alle pogings tot Afrikanerselfbeskikking binne die bestaande staat, Suid-Afrika, beperk. Die gebied wat geïdentifiseer is, is die NoordwesKaapkorridor. Die aanvanklike argument vir die gebied geld nog steeds: die moontlikheid om sonder demografiese druk ‘n relatief groot gebied te kan beset en te kan ontwikkel. Ander selfbeskikkingsplanne in die Afrikaner se eertydse hartland van Pretoria, die Hoëveld

20

|

Voorgrond

en Bosveld, is lankal deur die werklikhede onwerkbaar bewys. Die ANC-regering se houvas op Pretoria en omgewing is ook besonder sterk: demografies, simbolies en feitelik. ‘n Regering gee nooit sy ekonomiese hartland en nog minder sy hoofstad prys nie. Ons moet egter nie naïef wees oor die gebied nie. Dit gaan harde werk en baie geld kos om dit te ontwikkel en ons het duisende Afrikaners nodig om dit te doen. Die besetting sal in fases moet geskied en met Orania as die fokuspunt en enjinkamer vir die afsienbare toekoms. 3. Eie arbeid is ononderhandelbaar Die hoeksteen van ons selfbeskikkingstrewe is die gebruik van Afrikanerarbeid. Die vloek van die Afrikaners in Suid-Afrika is dat hulle orals ‘n minderheid is, selfs waar hulle in aansienlike getalle gekonsentreerd is. En dit weens die afhanklikheid van vreemde arbeid. Die prys vir ons vryheid is om self te werk, of ten minste jou volksgenote teen lewensvatbare salarisse vir jou te laat werk. Dit is volgens die kapitalistiese logika, waar dit net oor geld gaan, ‘n remskoen vir ekonomiese groei. Die ekonomie kan egter nooit losgemaak word van die samelewing nie en werkers is nie verhandelbare bates sonder ‘n gesins- en kultuurlewe nie. Daardie soort korttermyndenke oor “goedkoop arbeid” het juis misdaad, plakkerskampe, konflik en vervreemding meegebring. In Orania is ons op die voorpunt van nuwe denke wat die ou kwasiekoloniale arbeidspraktyke vir goed agterlaat. Ons moet leer om ‘n beter


O ranian R A N I A - IuDuE sN T I T E I T

Daar met elke tree...

Professionele beleggingsbestuur

FDV no. 31963

• Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings • Oorsese beleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


AKT U EEL

in praktyk is reeds ver gevorderd in Orania waar ons onsself bevry het van die afhanklikheid van vreemde arbeid, van die vrees vir oorheersing en om ‘n slagoffer te wees van die vreemde waardes en kultuur wat elders op Afrikaners afgedwing word.

Orania word gebou met Afrikanerarbeid.

werksetiek te ontwikkel, meer effektief te werk, te meganiseer en om mense op te lei vir meer verantwoordelike en beter betaalde werk. ‘n Arm, gefrustreerde wit laerklas kan net so gevaarlik raak soos ‘n arm swart laerklas. Dit het in die geskiedenis al menige bloedige konflikte en rewolusies veroorsaak. Die doel moet wees om hier, soos in suksesvolle lande, betroubare, tevrede en goed opgeleide mense te vestig en daardeur goeie opleiding en werksgeleenthede te hou. 4. Vryheid word geleidelik verkry Ons pad na vryheid bied reeds vir ons geleenthede en ons vryheid neem toe soos wat ons vorder. Vryheid is ook iets waarvoor gewerk word en wat geskep word, eerder as iets wat van buite gegee word. Politieke erkenning as onafhanklike entiteit lyk tans ver, maar vryheid

22

|

Voorgrond

5. ‘n Afrikanerstaat, nie ‘n wit staat nie Afrikaners se posisie as unieke Afrikavolk met ‘n eie taal en kultuur sou in ‘n “wit staat” wat uit ‘n mengelmoes van Europese emigrante bestaan, en Engels as die kleinste gemene deler, ook in die gedrang wees. Dit was nooit die oplossing vir Afrikaners om hulle heil in ‘n soort multikulturele, maar tog hoofsaaklik Westerse staat soos Australië, Kanada of VSA, te soek nie. Dit help dus ook nie dat ons werk vir ‘n multikulturele “wit staat” in Afrika nie. Waarna ons strewe is ‘n gebied met ‘n onbeskaamde Afrikaanse en Christelike karakter wat ons voortbestaan en vooruitgang op alle terreine, materieel sowel as geestelik en kultureel, verseker. Die strewe na selfbeskikking is ‘n wêreldwye verskynsel en is ook in Suidelike Afrika niks vreemds nie. Dink byvoorbeeld aan Lesotho, Botswana en Swaziland. So ook is Orania ‘n etnies homogene dorp net soos die talle homogene dorpe van die swart volke in die landelike gebiede van Suid-Afrika. 6. Wat van die nie-Afrikaners? ‘n Vryheidstrewe wat gebou is op die miskenning en onderdrukking van ander volke, is nie regverdig nie en het ook geen bestaansreg nie. Geen gemeenskappe wat in die aangewese gebied woon en daar wil bly, sal teen hulle wil verskuif word nie. Ons moet verseker dat ‘n meerderheid Afrikaners ‘n gebied bewoon en bewerk as ons selfbeskikking wil bereik. Diskriminasie teen nieAfrikaners kan nie toegelaat word nie en selfs as die Afrikaner ‘n meerderheidsbesetting en eie regering bewerkstellig, sal minderhede dieselfde


‘n Belegging wat vir jou en jou nageslag werk!

Orania GrOeifOnds

Die Orania Groeifonds bied beleggers die geleentheid om sonder veel moeite in Orania te belê en steeds ‘n billike opbrengs op hul beleggings te verdien.

Tel: 053 207 0062 E-pos: groeifonds@orania.co.za DiE Orania GrOEifOnDs is ‘n vOlfiliaal van DiE Orania BEwEGinG. September 2012 |

23


AKT U EEL

erkenning geniet waarop ons tans ook aandring. Die vraag of bruinmense ook Afrikaners is en hulle met ons selfbeskikkingstrewe kan vereenselwig, is tot op hede ‘n teoretiese een. Die praktyk is dat bruinmense ‘n duidelik onderskeibare groep vorm wat geen behoefte het om deel van die Afrikaner te word nie en wat hulleself ook nie so noem nie, ten spyte van pogings van sekere meningsvormers om ‘n kunsmatige groep “Afrikaanses” te skep. Aansluiting op individuele vlak van mense wat hulle eerder met ‘n ander volk as hulle eie een vereenselwig, is moontlik maar sal die uitsondering bly, soos die praktyk leer. 7. Met min hulpbronne is optimale benutting en wedersydse ondersteuning belangrik Orania het klein getalle en sy ekonomiese krag is tans nog beperk en word gedurig deur die globale ekonomie van die groot stede bedreig. Mense wat in Orania woon en werk, moet eenvoudig hulle bydrae tot die ekonomie lewer as ons ‘n lewendige gemeenskap wil wees en bly. Heelwat ondernemings het die afgelope tyd ontstaan, maar hulle kan net volhoubaar wees deur plaaslike ondersteuning. Die beste manier is om plaaslik te koop, wat dan weer plaaslike produksie en opvolgbesighede aanmoedig.

24

|

Voorgrond

Die plaaslike geldeenheid, Ora, speel daarin ‘n kardinale rol. Omdat ons ekonomie nog so klein is, is dit noodsaaklik om elke Rand of Ora so veel as moontlik in Orania se ekonomie te laat sirkuleer. 8. Ekologiese volhoubaarheid is meer as ‘n groen mode Orania roem op sy ekologiese ingesteldheid wat pas by ons strewe na lokalisme en volhoubaarheid. Om jou kultuur en waardes te bewaar beteken noodwendig ook om die omgewing waarbinne dit plaasvind, te bewaar. Ons grondgebied is nog klein en duur gekoop en om dié rede gebruik ons dit wat ons het spaarsaam en probeer besoedeling en vermorsing voorkom, ook met die oog op toekomstige geslagte. Ekologiese volhoubaarheid is nie net ‘n gonswoord nie, maar iets wat ons lééf omdat dit inskakel by ons lewensingesteldheid van selfstandigheid, eerbied vir ons Skepper (en daarmee saam respek en dankbaarheid vir die skepping) en die besef dat ons in ‘n gebied met beperkte hulpbronne woon, wat ons só moet gebruik dat dit die maksimum Afrikaners teen die minimum ekologiese impak kan vestig.


AKT U EEL

In Orania word alle wilde diere en plante beskerm.

9. Internasionale bande met die regte groepe Ons strewe is reeds besig om geleidelik verinternasionaliseer te raak, wat noodsaaklik en onvermydelik is as ons wil vorder bo die vlak van net ‘n dorp. Die kennisname van die Afrikaner en sy vryheidstrewe beteken egter nog nie simpatie en steun nie. Ons moet die internasionale opset, die meningsvormers, potensiële vriende en vyande verstaan as ons ons saak suksesvol internasionaal wil bekend stel. Daarvoor is bande met die regte groepe en organisasies belangrik. ‘n Baie sinvolle stap was die aansluiting van die Afrikaner (deur die Vryheidsfront Plus) by UNPO, die Organisasie vir Onverteenwoordigde Nasies en Volke. Dit sal ons saak skade aandoen as ons met ekstremistiese randgroepe bande vorm. Uit die aard van die saak is daar heelwat gedeelde waardes met Europese groepe en minderhede en om dié rede is reeds bande gevestig met die Duitse minderheid van Suid-Tirool (Italië) en met die Vlaminge in België. Ons behoort met enige kleinvolk wat in ‘n minderheidsposisie verkeer, simpatie te hê, bande te bou en ondervindings uit te ruil. Bande moet ook met nie-Europese volke gebou word, veral in Afrika, die vasteland waaraan ons

ons naam ontleen het en waarbinne ons moet voortbestaan en floreer. Binne Suider-Afrika is daar ‘n magdom etniese groepe en volke wat ook vir kulturele handhawing en erkenning veg. Bande met ‘n tradisionele Xhosa-gemeenskap in die Oos-Kaap is reeds gevorm. Die voorvereiste vir bande met ander gemeenskappe is die wedersydse erkenning en die klem op selfstandigheid en ondersteuning teen ‘n gelykmakende en onsimpatieke regering. As Orania se strewe internasionaal vertolk word as een van rasse-meerderwaardigheid en vyandigheid teenoor Afrika en sy mense, staan ons geen kans nie. As ons die boodskap van selfbeskikking en handhawing van ‘n klein volk met ‘n kosbare kultuur en geskiedenis kan oordra, sal ons groot steun kry. 10. Selfbeskikking is vandag nog steeds so brandend soos altyd Die wêreldpolitieke toneel en veral Suid-Afrika het geweldig verander sedert die Afrikaner se selfbeskikkingstrewe in ‘n eie grondgebied in die vroeë 1980’s met die Oranjewerkers ‘n praktiese werklikheid geword het. Die behoefte aan ‘n eie gebied vir Afrikaners het sedertdien egter nie vervaag nie, maar is vandag meer noodsaaklik as ooit vantevore. Orania en sy organisasies kon dit grootliks regkry om ons boodskap, ten spyte van ‘n magdom vooroordele in die media en ‘n vyandige makropolitieke omgewing, lewend te hou en om gesindhede geleidelik te verander. Dit is juis in die internasionale konteks wat die ANC se vertolking van die geskiedenis en politiek as ‘n swart anti-koloniale stryd toenemend verouderd en irrelevant lyk. Orania se strewe is vryheid, nie ten koste van ander nie, en ook nie deur middel van geweld en revolusie nie, maar deur vryheid wat geleidelik geskep word deur selfstandigheid en die vestiging van ‘n Afrikaanse werklikheid. *Sebastiaan Biehl is ‘n inwoner van Orania, en politieke navorser en skrywer.

September 2012 |

25


Agtergrond

HOE STIG ’N MENS ‘N STAAT? Die Afrikanervryheidstigting se grondwet bepaal dat hy deur sy lede voorlopig met “staatstigtende gesag” beklee word. Dit is ’n gewigtige mandaat en verklaar waarom ons die Vryheidstigting nie as blote vereniging of organisasie sien nie, maar as bewéging. Maar dit is ook die oorsaak vir lewendige en gesonde debat onder ons voornemende burgers: Wat beteken dit, wat moet ons Beweging doen? Hoe stig ’n mens ’n staat? Ons politieke denke begin normaalweg nie by die stigting of oprigting van nuwe state nie, maar by die oorname van bestaande staatstrukture. Selfs nuwe state kom meestal tot stand deur ’n funksionele onderdeel van ’n bestaande staat, byvoorbeeld ’n kolonie, protektoraat, deelstaat of provinsie, onafhanklik te maak – ’n stap waarvoor diegene wat beheer oor die nuwe staatsgebied uitoefen, hulle aansprake na binne en na buite moet regverdig voordat so ’n nuwe staat erkenning van ander state sal kry. Na binne word dit geregverdig deur die legitimiteit en goeie regering van die nuwe staat se owerheid en na buite deur die vooruitsig dat ’n logiese staatseenheid met ’n samehangende bevolking voortaan onder sy eie beheer eerder as vreemde oorheersing sal staan. Die verwagting dat die voornemende staat met betrekking tot gebied en bevolking ’n sekere samehang sal vertoon, vind uitdrukking in die verwagting dat die aanspraak op staatskap histories begrond moet kan word. Daarom dat die ou Boererepublieke altyd weer mense se verbeelding aangryp en as dit nie was dat die Boere se nakomelinge vandag net ’n fraksie van die ou Republieke se bevolking uitgemaak het nie, kon dit ’n wesenlike aanspraak gewees het. As die geskiedenis egter ’n volk opgelewer het, maar die volk nie oor ’n gebied beskik wat hy ondubbelsinnig syne kan noem en tot ’n staat

26

|

Voorgrond

kan verhef nie, hoe stig hy dan ’n staat? Dit is die vraag waarvoor Afrikaners te staan gekom het en wat die Orania Beweging sy eie maak. Die antwoord is oënskynlik eenvoudig: Eerstens kies jy ’n gebied waar jy histories en wetlik die reg het om te vestig. Tweedens oorreed en beweeg jy soveel as moontlik van jou volksgenote om in die gebied te vestig en ’n volhoubare, selfstandige bestaan te voer. Daarvoor gebruik jy die beskikbare openbare en private instellings sover dit jou doel bevorder en nie benadeel nie. Derdens vestig jy owerheidsinstellings en oefen jy legitieme en goeie beheer uit sover jy kan, terwyl jy soveel moontlik erkenning vir jou instellings probeer verwerf, aanvanklik niestaatlik en selfs privaat, maar namate jy oor die vermoë beskik, staatlik of openbaar op die vlak waartoe jy in staat is. Vierdens bereik jy ’n punt waar die praktiese en simboliese omvang van jou vermoë en die erkenning wat dit geniet, as vryheid ervaar en beskryf kan word. Dié padkaart is egter net oënskynlik eenvoudig, want die uitdagings en struikelblokke op die werklike pad is legio. Wat doen jy byvoorbeeld as net ’n klein getal mense aanvanklik jou gedagte ondersteun, en hoe benader jy die gebied wat jy identifiseer? Op die eerste vraag antwoord die Orania Beweging deur eenvoudig voort te gaan met sy werk en die tyd te laat leer of hy reg is. Ek is


Agtergrond

onder die indruk dat ons toenemend reg bewys word en dat die toenemende ondersteuning wat ons geniet, dit bewys. Die tweede vraag word egter ook belangrik namate ons eerste vestiging in Orania as suksesvol en groeiend beskryf kan word: hoe werk ons met die gebied wat ons gekies het? Dit lyk vir my of daar twee benaderings is en dat die twee teen mekaar opgeweeg moet word om die regte een te kies. Die een werk steeds met die staatsgebied as deurslaggewende faktor en verwag dat die gekose gebied met volksgenote gevul moet word om daarvan ’n volkstaat te maak. Sover dit volk en staat aangaan, geniet die staat steeds voorrang en moet die volk hom, by wyse van vestiging en politieke beheer, daarna skik. Die ander werk met die gekose gebied as die aanduiding van ’n plek waarbinne ‘n Afrikanerkonsentrasie die minste

belemmer sal word en die grootste impak kan maak. Die doel is steeds om ’n gebied te verkry wat deur Afrikaners bewoon, bewerk en beheer word. Maar hoe die gebied daar uitsien, sal die resultaat van suksesvolle vestiging wees, nie die voorskrif daarvoor nie. Sover dit volk en staat aangaan, geniet die volk die voorrang en neem die staat aan die hand daarvan vorm aan. Uit een hoek gesien, is die verskil tussen die twee benaderings nie baie groot nie en moet dit ook nie oordryf word nie. Maar uit ’n ander hoek gesien gaan dit oor ’n belangrik deel van die Vryheidstigting se oorspronklike benadering. Die volk gaan die staat vooraf en die staat is nie net ’n gebied nie, maar meer nog, ’n toestand – die toestand van vryheid. Carel Boshoff President: Orania Beweging

YsterklipGastehuis Gastehuis Ysterklip

Vir ‘n rustige Orania blaaskans in ‘n skoon en goed toegeruste eenheid met ‘n pragtige uitsig. Vanaf R150 per persoon per nag. Alle lede van die Orania Beweging kry deurgaans 10% afslag. Skakel John Strydom by 082 975 8132. September 2012 |

27


OR A N IA

D O R p sR A A D

Te Koop in orania se eKsKlusiewe KaroosTyl- onTwiKKeling in robynlaan Die Robynlaanontwikkeling is ‘n nuwe uitbreiding in Orania met die doel om die Karoostylargitektuur in Orania te bevorder. Die Robynlaanerwe is sentraal in Orania geleë en is loopafstand vanaf sakesentrums, skole en ontspanningsgeriewe. Die eerste huise in die ontwikkeling is reeds gebou en nuwe erwe is tans beskikbaar. ‘n Voornemende koper moet die nodige aansoekvorm invul voordat die koopooreenkoms onderteken word. Indien die aansoek goedgekeur word, sal daar voortgegaan word met die ondertekening van die koopkontrak.

Navrae kan gerig word aan: Orania Dorpsraad Posbus 115, Orania, 8752 Tel: 053-207 0063 E-pos: dorpskantoor@oranet.co.za

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

Vyf aangewese vooraansigsketsplanne om van te kies


Orania voorgrond sept 2012