Issuu on Google+

VOORGROND Februarie 2009 1/4

Orania stil-stil nommer een

Wat beteken vryheid?

R

A

FT

-P

R

O O F

Orania het ‘n ryk geskiedenis

D

Politieke punte vir Orania

Woestynsardyn vreet paaie deur landerye


REDAkSIONELEiNLiGTiNG Kantoornommer: 053 207 0062

Redakteur: Lida Strydom Medewerkers: Dr. Manie Opperman Christiaan van Zyl Willie Spies Prof. WJ Verwoerd Dr. John Strydom Carel Boshoff(iv) Foto’s Francois de Vos Lida Strydom Coraine Oosthuizen Janneke Wiid Taalversorging: Francois de Vos

Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 086 111 2520 Vonkpos: inligting@orania.co.za of oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za

O O F

Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

K ULTURELE VAkANSIEDAE

VERBLYF iN ORANiA

1. Saffier Gastehuis 079 713 7100 2. Herberg Oranje (gastehuis) 053 207 0070 3. Boskamp (chalet) 083 388 1433 4. Sagte Tye (luukse selfsorgakkommodasie) 082 975 8132 5. Die Geweltjie (selfsorgakkommodasie) 084 816 4932 6. Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie 083 600 1780 7. Hayes Tuishuis (oornagwoonstel) 053 207 0038 8. Afsaal (oornagkamers) 053 207 0199 9. Die Ou Melkplaas (gastehuis) 084 491 1947 10. Aan die Oewer-woonwapark (woonwaen tentstaanplekke asook chalets) 053 207 0118

D

R

A

FT

-P

IN ORANiA 27 Februarie - Majubadag 6 April - Stigtingsdag 31 Mei - Bittereinderdag 14 Augustus - Taaldag 10 Oktober - Heldedag 16 Desember - Geloftedag

R

Posadres: Posbus 27, Orania, 8752

BELANGRIkE

TELEFooNNoMMERS Inligtingskantoor: ........... 053 207 0062 Orania Dorpskantoor:.... 053 207 0063/4 CVO-skool Orania: ....... 053 207 0177 Volkskool Orania: .......... 053 207 0161 Orania Groeifonds: . ...... 053 207 0082 Helpsaamfonds: ............. 053 207 0062

GRATIS BEGELEIDE TOERE PER AFSPRAAK Reël by 053 2070057 Kantoorure 082 975 8132 na ure 2


REDAKTEURSPERSPEKTiEF Die vraag “Wat is vryheid?” blyk toe ‘n moeilike vraag vir die meeste mense te wees. Almal wil dit hê, maar min mense kan dit definieer. Die meerderheid van die antwoorde dui daarop dat menseregte ‘n stewige greep op selfs Afrikaners het. Hulle dink eerstens aan hulleself as hulle antwoord, aan individuele vryheid, aan regte wat hulle vir hulleself wil toe-eien.

D

R

A

FT

-P

R

O O F

Wyle Andries Alberts, agterkleinkind van die Dorslandtrekker, Gert Alberts en outeur van verskeie boeke, het diep nagedink oor vryheid. Hy kon dit nooit sterk genoeg beklemtoon dat die Afrikaner nooit werklik onafhanklik kan wees as hy nie ook ekonomies sterk en doeltreffend is nie. Dit is die vryheid wat die Tweede Afrikaner* doelgerig nagestreef het. Hy het inderdaad uitstekend daarin geslaag om ekonomies uit te styg. Vir ‘n kort tydjie kon hy vryheid koop. Daardie vryheid het egter nie lank gehou nie en die Afrikaner was in sy ganse geskiedenis nog nie minder vry as in die huidige situasie Ons kan nie vryheid in die nie. Die brandende drang na vryheid wat in ons voorgeslagte buiteland verdedig as ons dit se are gevloei het, is stelselmatig verander na ‘n tuis versaak nie. brandende drang na verbruikersitems soos selfone en luukse motors. Edward R Murrow Daar is verskillende vorme van vryheid. Ons word gebombardeer met die idee dat menseregte bo-aan die lys staan. Groepsregte word selektief erken. Gay- en lesbiërgemeenskappe mag op groepsregte aanspraak maak. Die Palestyne mag op ‘n eie gebied aanspraak maak. Mag die Afrikaner ook vryheid hê? Slegs deur gebonde te wees aan ander mense kan ‘n mens vry wees. Volgens Aristoteles kan geen mens sonder sy medemens klaarkom nie: Van sy geboorte tot sy dood het elke mens sy medemens nodig. Die mens is dus van nature ‘n gemeenskapswese. As die mens tot ‘n gemeenskap behoort, behoort hy ook sy vryheid in die geborgenheid van die gemeenskap te vind en moet die vryheid van die gemeenskap beskerm word. Later skryf Alberts: Ware en volledige vryheid is ‘n onafhanklike staat, ekonomiese doeltreffendheid en geestelike selfstandigheid. Daar is ‘n spreuk wat lui: As jy nie weet waarheen jy op pad is nie, sal enige pad jou daar kry. Dalk moet ons begin deur te besin oor wat vryheid vir óns beteken. Net as ons seker weet wat dit is wat ons wil hê, kan ons die roete daarheen beplan. Gegroet! Lida Strydom Redakteur *Orania en die Derde Afrikaner deur Carel Boshoff (iv)

Voorbladfoto Oewerpark, Orania Afrikaner dogtertjies veilig, vry en vrolik in Orania waar inwoners deur selfwerksaamheid vir hulle ‘n nuwe toekoms skep.

3


SKAKELING

Politieke punte vir Orania Orania is ‘n werklikheid waarvan die einddoel vryheid vir die Afrikaner is. Orania het nie vanself gebeur nie. Baie breinkrag is belê om te kon vorder tot waar Orania vandag staan.

O O F

ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Orania is verder aangebied as een van die rolspelers in Suid-Afrika wat ook in aanmerking geneem moet word en wat ook kan bydra tot die oplossing van krisisse wat Suid-Afrika tans beleef. Dit is insiggewend dat mnr. Zuma, anders as sy voorganger, mnr. Thabo Mbeki, Afrikaners beskou as die “only white tribe of Africa”. Uit die gesprek het dit duidelik geblyk dat hy etnisiteit verstaan en het hy Afrikaners se inheemse etniese status bevestig. Hy weet waar hy vandaan kom en wat ‘n Zoeloe is en daarom weet hy ook wat ‘n Afrikaner is en hoef hy nie soos vele Afrikaners en joernaliste te vra “wat is ‘n Afrikaner?”nie. Hy verstaan dat Zoeloes ‘n gebied nodig het om hulle unieke kultuur uit te leef en hy misgun nie so ‘n plek vir die Afrikaner nie. Hy verstaan dat Orania die tuiskomplek vir Afrikaners kan wees. In sy repliek het mnr. Zuma beklemtoon hoe belangrik dialoog is en dat in die afwesigheid van goeie kommunikasie mense aannames maak en dan die ander party begin wantrou. Mnr. Zuma is genooi om Orania te besoek. Hy het die uitnodiging aanvaar en gesê dat hy nie wil kom soos ‘n joernalis nie, maar dat hy wil kom om homself werklik van Orania te vergewis. So ‘n besoek sal nog ‘n tree wees op die opwindende en seker pad van vryheid wat Oraniërs doelgerig stap.

D

R

A

FT

-P

R

Orania moet telkens sy strategiese posisie in oorweging neem en daarvolgens beplan en optree. Orania moet, ter wille van vordering, in gesprek tree en blý met die leierskap in Suid-Afrika. Ten spyte van sy morele integriteit wat tans in dispuut is, is mnr. Jacob Zuma die leier wat die meerderheid SuidAfrikaners gekies het. Hy het veral op grondvlak baie groot steun. Hy is dus die aangewese persoon met wie Oraniërs moet praat. ‘n Ontmoeting met mnr. Zuma, president van die ANC, was dus ‘n logiese volgende tree op hierdie lang pad na vryheid wat voor ons lê. ‘n Afvaardiging van Orania bestaande uit Carel Boshoff(iv) (president van die Orania Beweging), Frans de Klerk (Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging en die een wat die bal aan die rol gesit het) en John en Lida Strydom, het mnr. Jacob Zuma op 27 Januarie by sy huis in Forest Town, Johannesburg, ontmoet. ‘n Onafhanklike skakelpersoon, mev. Liesl Göttert, het die ontmoeting gefasiliteer. Die doel van die gesprek met mnr. Zuma was om die pad te open vir vele geprekke wat nog moet volg en die afgevaardigdes is positief dat hulle hierdie mikpunt bereik het. Verder is Orania as ‘n legitieme, politieke realititeit voorgestel en is Orania se ekonomiese ontwikkelingsmodel breedvoerig aan mnr. Zuma verduidelik. Hy het groot belangstelling getoon in die volhoubare ekonomiese ontwikkelingspad wat Orania loop, veral omdat dit ‘n moontlike oplossing kan bied vir die probleme ten opsigte van die

Van links: Frans de Klerk, Liesel Göttert (onafhanklike skakelbeampte), mnr. Jacob Zuma, Carel Boshoff(iv), John Strydom

4


GESKiEDENiS

ORANIA HET ‘N RYK GESKIEDENIS Duisende jare voor die koms van die eerste witmense is die terrein van die huidige Orania besoek deur rondswerwende jagter-versamelaarbendes. Bewyse van hulle verblyf is klipartefakte en gravures van die wild wat hulle gejag het. Laasgenoemde kom voor op die dolerietgesteentes van Orania se koppies.

D

R

A

FT

-P

R

O O F

In navolging van die steentydperkkunstenaars het Vluytjeskraal as ‘n volledige dorp, tesame met vyf wit besoekers sedert 1762 begin om datums, name ander konstruksiedorpe elders. Einde 1965 woon 65 en interessante gesegdes op die klippe uit te krap. gesinne in Orania. Gedurende die 25 jaar wat Orania Belangrike graffiti vir Oraniërs is die rekord van deur die Departement Waterwese bestuur is, het Stephanus Ockert Vermeulen se koop van die plaas werknemers en hulle families, volgens hulle eie Vluytjeskraal in 1882. Hy was lief vir die plaas en het vertellings, ‘n goeie kwaliteit lewe gehad. Daar was elke tiende jaar teruggekeer en ‘n datum bygevoeg ‘n kerk, ‘n wit en ‘n kleurlingskool, ‘n kliniek, winkel, om te bevestig dat hy nog hier is. Hy het dit gedoen kommandoskietbaan en kadette, ‘n rugbyveld en tot sy dood op 12 April 1925. Die terrein van sy korfbalbaan. Daar was ook voorsiening vir jukskei, graf is sigbaar vanaf die klip waarop hy geskryf muurbal en tennis, asook ‘n mooi swembad. het. Na SO Vermeulen se dood is sy plaas Konserte is gereeld gehou en daar was verdeel tussen sy vier kinders. Die dorp ‘n bioskoop in die gemeenskapsaal. Orania is geleë op die gedeelte wat Stoeipromoter Bull Hefer het ‘n Philippus Vermeulen (gebore 1881) toernooi met stoeier Jan Wilkens op ontvang het. die rugbyveld aangebied. Werkers het tussen 6- en 7-uur soggens In 1964 is Vluytjeskraal deur die met busse na die kanaalkonstruksie Departement Waterwese gekoop vertrek. Vrouens het huiswerk vir die oprig van huisvesting vir gedoen en daarna onder priële gesit werkers vir die bou van die suidelike en gesels totdat dit tyd was vir aandete kanaalstelsel van die Oranjerivierskema. In 1965 word Orania gebou op SO Vermeulen voorberei. Volgens wetgewing van die

SO Vermeulen se rekord van die aankoop van Vluytjeskraal in 1892 op ‘n dolerietklip

5


GESKiEDENiS

O O F

telkens weer na vore gekom het nadat dit gelyk het of die proses misluk het. Prof. Carel Boshoff stel dit droogweg dat die geboorte amper ‘n misgeboorte was. Vir ons as Oraniërs is dit vandag duidelik dat die Allerhoogste aan die stuur was en dat dit daartoe gelei het dat prof. Boshoff, as voorsitter van Orania Bestuursdienste (OBD), Orania op 31 Januarie 1990, kon koop vir die totale bedrag van R1.6 miljoen. Die emosionele impak, dat met hierdie daad die eerste tree gegee is na die ideaal van ‘n Afrikanervolkstaat, was volgens prof. Boshoff groot. Op 13 April 1991 word Orania amptelik geopen as Afrikanerdorp en Volkstaatgroeipunt. Alhoewel gedeeltelik afgebreek en verwaarloos, het die oorspronklike infrastruktuur behoue gebly en kon die nuwe intrekkers onmiddellik begin met die vestiging van ‘n Afrikanergemeenskap. Daar is twee hooftydperke in Orania se ontwikkeling, nl. ‘n vestigingsfase tot ongeveer 2000, toe die Hooggeregshof op 4 Desember gelas het dat Orania se Verteenwoordigende Oorgangsraad met al sy bevoegdhede sal voortbestaan met die oog op onderhandeling t.o.v. selfbestuur. Hierna het versnelde groei op alle terreine van gemeenskapslewe ingetree, wat tot vandag toe voortduur. Oorsigtelik het die eerste tien jaar van Orania soos volg verloop: Die eerste dorpsraad is saamgestel uit aandeelhouers van OBD, maar is gou opgevolg deur ‘n verkose dorpsraad bestaande uit direksielede van Vluytjeskraal Aandeleblokmaatskappy Bpk.(VAB) en ‘n verteenwoordiger van OBD. Twee skole is opgerig en ‘n aantal kerkgemeentes is gestig. Daar is begin om onderhoude te voer met voornemende inwoners. Hulle moes hulle vereenselwig met die gemeenskap se vryheidsideaal en die grondwet onderteken. Elkeen moes die betekenis van die begrip “ volkseie arbeid “ verstaan en uitvoer. Plaas 272 is aangekoop en ‘n 9km-pypleiding vir ‘n besproeiingskema is aangelê. Daar is begin met groenteverbouing en grootskaalse pekanneutaanplantings. In April 2000 is die eerste Volkstaatskou gehou, met ‘n omset van R60 000. Bogenoemde is enkele gebeurtenisse van Orania se eerste treë in ons strewe na vryheid. Doemprofete en nydigheid was daar baie, maar geleidelik het meer begrip en selfs bewondering vir Orania as pioniersgemeenskap ontstaan. Na 2000 het Orania se instellings vermeerder en ‘n volhoubaarheid begin toon wat opgemerk is deur

D

R

A

FT

-P

R

tyd was wit, kleurling- en swart werkers afsonderlik gehuisves. Elke aand het ‘n sirene om 9-uur aangekondig dat die hek by die waghuis op pad na die kleurlingwoonbuurt, Groot Gewaag, en die swart kampong gesluit word en inwoners moes dan terug wees. Die huidige Orania, oos en wes, het as Oos- en Wes-Berlyn bekend gestaan. Die Oranjerivierskema se kanaalstelsel is afgehandel en die Departement Waterwese het na 30 Mei 1989 begin met ontruiming van Orania. Orania sou verkoop word nadat ander staatsdepartmente nie belanggestel het om die dorp te benut nie. Die skrif was in die tagtigerjare al aan die muur vir Afrikanerbeheer in Suid-Afrika. Die enigste hoop vir oorlewing vir die Afrikanervolk was ‘n eie grondgebied. Die Noord-Kaap met sy lae demografie en groot ruimtes was, volgens navorsers van SABRA, geskik hiervoor. Nogtans was die geboorte van Orania as Afrikanertuiste, soos geboortes soms is, nie vooraf beplan nie, maar die resultaat van ‘n sameloop van omstandighede waar geleenthede

Prof. Carel Boshoff in 2000 saam met jong Oraniërs voor die hooggeregshof in Kimberley 6


GESKiEDENiS

O O F

Die dorpsraad werk saam met ander instellings soos OBD, Orania Beweging, Helpsaamfonds en die Ontwikkelingskomitee in ‘n komplekse sisteem om Orania selfstandig te maak. Deur konferensies te hou oor temas wat Afrikanervryheid raak en kundige gebruik van die media, word Orania se resep vir Afrikaneroorlewing in Suid-Afrika al hoe meer aanvaarbaar. Alhoewel Orania se vordering skouspelagtig vertoon as dit teenoor ander dorpe van vergelykbare grootte gestel word, lê die verkryging van ‘n Afrikanervolkstaat ‘n kwantumsprong die toekoms in. Ons bring hulde aan die pioniers wat met groot opoffering en geloof Orania gevestig het. Oraniërs is hier om te bly. Dr. Manie Opperman Manie Opperman is ’n afgetrede argeoloog

R

die media en veral akademiese navorsers. Orania Spaar en Krediet Koöperatief (OSK) is gestig om te help met die finansiering van eiendomme en as ‘n “spaarbank”. Die Ora-betaalstelstel is ‘n simbool van plaaslike ekonomiese vitaliteit en kreatiwiteit. Kambro-koöperatief het ‘n groot rol gespeel in die aankoop van grondgebied en die inwonertal het gegroei tot byna 700 met ‘n gepaardgaande styging in eiendomspryse. Daar is tans ongeveer 100 ekonomiese bedrywe van verskillende groottes werksaam in ons dorp. Orania het sy eie vlag as simbool van ‘n eie identiteit en op staatkundige vlak het die Orania Verteenwoordigende Raad samesprekings met die Noord-Kaapse regering gevoer oor ons munisipale status. Die dorpsraad se administratiewe en tegniese personeel is ook vergroot.

‘n Huldeblyk aan

-P

Petrus Renier Prinsloo Potgieter

FT

04/01/1940 – 17/01/2009

D

R

A

“Wanneer jy na ‘n boer se perde gaan kyk, is dit jou keuse of jy die sierlike diere raaksien en of jy jouself blind staar teen die mis in die perdestal.” Dié wyse woorde van Oom Prinsloo is maar een van die waarhede waarvoor ons hom sal onthou. Die opmerking is gemaak na aanleiding van besoekers wat soms net die onvolmaakte dinge in Orania kon raaksien, eerder as dit wat mooi is en dit wat reeds vermag is. Oom Prinsloo het die afgelope tien jaar op Orania diep spore gelaat wat min hom sal kan nadoen. Hy het nege jaar gedien op die direksie van VAB (Orania Dorpsraad) waar hy drie jaar ”burgemeester” van Orania was en daarna as ondervoorsitter gedien het. Hy was ook voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad, oprigterslid van AVSTIG en die Orania Beweging, direkteur van OBD, OSK en Vluytjieskraal 272 (Edms) Bpk en lid van Orania Ontwikkelingsforum waaruit Groeikrag ontstaan het en waarvan hy uitvoerende beampte was. Hy was lid van die Orania Sakekamer, Orania Beweging Helpsaamfonds, Elimprojek, Orania

Land-bouvereniging, Henning Klopper Trust en die Onderwystrust. Sy groot ywer vir gronduitbreiding vir die Volkstaat het die komitee vir die uitbreiding van Afrikanergrond tot stand laat kom, waarvan hy voorsitter was. Hy was lid van Vryheidsfront Plus, ondervoorsitter van die Noord-Kaapse Partyraad en lid van die Dagbestuur van die Federale Raad as voorsitter van die administrasiekomitee van die Federale Raad. Om op te som: volbloed Oraniër! Hy was geseënd as mens. In sy lewe het hy wysheid, rustigheid, standvastigheid en deursettingsvermoë in buitengewone mate gehad. Ons wat met hom in aanraking was, het daarin gedeel en sal steeds daaruit inspirasie put. Ons lewens is deur hom ryker en ruimer gemaak. Orania se groei en strewe is versterk deur sy insette en al die Orania-instansies se notules van die afgelope tien jaar is ‘n stille getuie daarvan. Christiaan van Zyl

7


NUUS

Orania stil-stil nommer een Tussen die gezoem van sonbesies, die suising van die Karoowind en die ruising van die magtige Oranje het die vrolike stemme van vele vriendelike vakansiegangers Orania die afgelope feestyd gevul.

O O F

op die Oranjerivier, hetsy per kajak of per vlot, was dikwels vol bespreek en deelnemers se lyftaal voor en na die vaart het ‘n duidelike verandering getoon! Die nagmars was een van die items waaraan van speenoud tot beenoud deelgeneem het. Avontuur het geroep! Deelnemers het in die nagdonkerte op die oewer langs die rivier tot by ‘n punt gestap en moes hulleself aan ‘n tou deur die rivier trek tot by ‘n eiland. As gevolg van die groot aantal deelnemers is sommige per kajak oorgeroei. Op die eiland is heerlik vleis gebraai en gekuier voordat die terugtog aangepak is. Vir die fikses was die jaarlikse vierkamp ‘n groot aanloklikheid. Lede van die span van vier moes hardloop vanaf die ingang van die dorp tot by die swembad, waar die volgende lid dan ‘n lengte in die swembad moes swem. Die derde lid het fietsgery tot by die Oewerpark en die laaste deelnemer moes oor die rivier roei. Vir diegene wat vermaak met minder fisiese uitdagings verkies het, was filmvertonings die ideale oplossing. Die piekniekflieks was ideale gesinsvermaak, terwyl die kunsfilms die kykers lank in verwondering gelaat het.

D

R

A

FT

-P

R

Orania het uit sy nate gebars en daar was letterlik nie ‘n gaatjie oop vir enige iemand wat op die laaste nippertjie wou bespreek nie. Ondernemings is dankbaar oor die ekstra inspuiting in die plaaslike ekonomie en maatskaplike organisasies is in die wolke oor ruim skenkings wat uitwoners aangedra het. Die Orania Beweging bied jaarliks tydens die Desembervakansie ‘n kreatiewe vakansieprogram aan. Studente het vakansiewerk op Orania kom verrig en terselfdertyd met geesdrif deelgeneem aan die vet pret wat vir die jongklomp gereël is. Vir die kleinvolk is uitbundige kinderpret gereël sodat ouers hulle eie ding kon doen. Een van die hoogtepunte van die vakansieprogram was ritte deur die pekanboorde teen sononder met ‘n trekker en sleepwa. Van slapende babatjies tot negentigjariges het meegedoen. Tot 66 steenbokkies is per rit getel. Tienerseuns het soms verkies om agter die sleepwa te stap, amper soos Afrikanerseuns lank gelede agter ‘n ossewa gestap het. ‘n Heerlike, vrolike, lawwe Cantus was een van die vroeë items op die program wat besoekers gou in ‘n ontspanne vakansiegees gebring het. Die vaarte

8


NUUS / PERSONEEL

O O F

Daar is groot moeite gedoen om klante by die Orania Rivier Spa behoorlik te bederf. Veral die eilandervaring, met blomme en tropiese vrugte op die eiland, het deelnemers dromerig gelaat. Vakansiegangers borrel oor van die wonderlike belewenisse wat hulle hier gehad het. Orania het stil-stil die nommer een vakansiebestemming vir Afrikaners geword.

Vyftien goeie jare!

-P

R

“Donderdag moet julle koek bring want ons het iets om te vier,” sê tannie Elize vrolik vir almal in die teekamer. “Donderdag is ek vyftien jaar in die kantoor.”

D

R

A

FT

Die dorp was nog woes en leeg toe tannie Elize die swembad gegooi het sodat dit in die regte vorm en oom Jack Ungerer op 15 Januarie 1994 hier gebuig kon word. Tannie Elize het die Possak geken, aangeland het. Die Volkswag het kantoor nommer 13 wat later Voorgrond geword het, sy het personeellede by die Volkskool betrek. Die Vryheidsgebou, waar sien kom en gaan, sy het Orania sien groei en die Orania Beweging tans gehuisves word, is in 1994 ontwikkel. Sy het ook haar geliefde eggenoot hier in aangekoop en op ‘n vragmotor na Orania Orania aan die dood afgestaan. vervoer. Dit was ‘n skoolgebou met net Hoewel sy reeds baie jare by die drukwerk een groot oop ruimte. Tannie Elize in die kantoor betrokke is, het sy nou wat die lede-administrasie behartig die drukkery van die Orania Beweging het, vertel hoe sy aanvanklik vir haar heeltemal op haar skouers geneem ‘n kantoormuur van leë kartonne en druk talle boeke vir Kenweb. Sy gebou het. Dit was eers later dat die hanteer die finale fase van die Ora, binnemure van die gebou opgerig is. wanneer die note elkeen individueel Tannie Elize was met tye die enigste met die hand geteken word. Sy is personeellid en sy het vir Volkswag, ook verantwoordelik vir die kontrole die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG) en oordra van die note na Orania Spaar en SABRA gewerk. Later het die drie en Krediet Koöperatief Beperk (OSK). organisasies onder die sambreel van Tannie Elize Tannie Elize het baie talente, maar een Spansaam gefunksioneer. AVSTIG het Ungerer van dié wat haar mede personeellede die intussen as die Orania Beweging in ‘n personeellid meeste waardeer, is as sy met teetyd haar dinamiese organisasie ontwikkel en SABRA met die langste spesiale appeltert neersit. Dan kan die het EPOG geword. dienstydperk werk maar ‘n oomblik wag! by Orania Sy vertel van die dae toe die ouditorium Beweging. gebou is en die bouers die reuse plank wat die gekurfde muur moes vorm, oornag in

9


VRYHEiD

Wat bedoel ons met

“vryheid”?

Willie Spies

Die sosiale aktivis en skrywer Ashwin Desai verwys in ‘n onlangse internetartikel na die Vryheidsfront Plus se naam as “incongruous”.

O O F

Ek moes onmiddellik na my verklarende woordeboek gryp om vas te stel wat die woord beteken.

in•con•gru•ous adj.

-P

R

1. Lacking in harmony; incompatible: a joke that was incongruous with polite conversation. 2. Not in agreement, as with principles; inconsistent: a plan incongruous with reason. 3. Not in keeping with what is correct, proper, or logical; inappropriate: incongruous behaviour

D

R

A

FT

Die vraag ontstaan dadelik: waarom is die verwysing na “vryheid” in die naam van die Vryheidsfront Plus dan vir buitestaanders so onvanpas of onbehoorlik? Dis tog dieselfde vryheid waarna verwys word in die naam van die Afrikanervryheidstigting, of in die leuse “Vryheid met Geregtigheid”. Dit is dieselfde vryheid waarna verwys word in die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog. Aan die ander kant is dit dalk nie dieselfde “vryheid” as wat die ANC en COPE in hulle Vryheidsmanifes besing nie. En wat van die “vryheid” wat in die grondwet uitgespel word? Liberale kritici van die Afrikaner verwyt ons dikwels vir die feit dat ons nie kan raaksien dat die Afrikaner “vryer” is as ooit in die verlede nie. Die grondwet waarborg mos al die fundamentele vryhede: Vryheid van geloof, vryheid van spraak, vryheid van keuse, vryheid van gewete, vryheid van onmenslike behandeling en wat nog alles word in die grondwet as vryhede gewaarborg. Dit lyk dus of die woordjie vryheid baie dinge vir baie mense beteken. Ook in die Bybel het die woord nie ‘n politieke betekenis nie. Die woord vryheid kom net een keer in die Ou Testament voor. Interessant genoeg word nêrens in die Ou Testament, waar die volk Israel se epiese uittog uit Egipte beskryf word, na “vryheid” as die doel van die uittog gepraat nie. In die Nuwe Testament kom die woord 15 keer voor, maar weer eens sonder enige politieke betekenis. Die Nuwe Testament praat konsekwent van christelike vryheid as die vryheid van die bande van die sonde en die wet, wat deur Jesus Christus se kruisdood vir ons moontlik gemaak is. Die ander belangrike woord in ons politieke woordeskat, “geregtigheid” kom daarenteen baie meer voor: 210 keer in die Ou Testament en 93 keer in die Nuwe Testament. Geregtigheid omvat ook baie meer. Dit word gebruik as een van God se karaktereienskappe, maar ook as norm vir die optrede van konings, soos Dawid en andere. Polities word dit gebruik om die norme vir saambestaan van Israel en sy bure neer te lê. En as riglyn vir die gelowige lewe, word dit by herhaling as ‘n vrug en gawe van die geloof beskryf. NP van Wyk Louw skryf jare gelede: “Ek sal liewer ondergaan as deur ongeregtigheid bly voortbestaan.”

10


VRYHEiD

Dit blyk dus dat die “vryheid” van die Vryheidsfront, die Vryheidstigting, en die Vryheidsoorloë, ‘n gekwalifiseerde vryheid is. Dis ‘n vryheid wat gekwalifiseer word deur die universele kernwaarde van “geregtigheid”. Die vraag is dus of die vryheid van die grondwet werklik geregtigheid laat geskied. Inderdaad is Afrikaners as enkelinge vry om te praat soos hulle wil, te dink soos hulle wil, te leef soos hulle wil, te stem soos hulle wil, selfs van die stembus weg te bly soos hulle wil, te trek soos hulle wil, te werk soos hulle wil en selfs te emigreer soos hulle wil.

-P

R

Het hierdie “vryheid” egter geregtigheid teenoor die Afrikaner as volk laat geskied?

Hoegenaamd nie. Deur regstellende aksie word veral Afrikaners tot tweedeklasburgers in die werksplek verlaag. As gevolg van die vryhede van misdadigers is alle wetsgehoorsame Suid-Afrikaners vandag gyselaars in hulle eie huise. In openbare skole word die Afrikaner se geskiedenis gereduseer tot “40 jaar van onreg deur apartheid”. Die vryheid van die meerderheid het as’t ware geregtigheid aan die minderheid ontsê. Van Wyk Louw skryf dat in ‘n totalitêre bestel dit daardie een enkele andersdenkende munisipaliteit of provinsie kan wees wat as teengif vir die totalitêre kan dien. Orania bied ‘n ruimte vanwaar hierdie realiteit daadwerklik gekonfronteer kan word. Laat ons dit met mening doen en laat ons vryheid najaag met ‘n versugting om in geregtigheid te bly voortbestaan. Willie Spies VF Plus Parlementslid

O O F

Prof. Herman Gilliomee skryf die Afrikaner se gewillige prysgee van politieke mag in 1994 juis toe aan hierdie kerneienskap van Afrikaners, naamlik hulle soeke na geregtigheid.

FT

HEIDVRYHEIDVRYHEIDVRYHEIDVRYH

D

R

A

“Heft Burgers, ‘t lied der vrijheid aan En zingt ons eigen volksbestaan! Van vreemde banden vrij Bekleedt ons klein gemenebest Op orde, wet en recht gevest, Rang in der Statenrij Rang in der Statenrij.”

So lui die ou Vrystaatse volkslied, uit volle bors gesing, later gevolg deur Langenhoven se Die Stem van Suid-Afrika: “... knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.”

Daar was ‘n tyd toe geen Afrikaner getwyfel het wat vryheid beteken nie. Vandag bestaan daar egter verwarring oor die begrip. Ons word vertel van verskillende soorte vryheid: gewetensvryheid, geloofsvryheid, persvryheid, bewegingsvryheid, vryheid van assosiasie. Waar hierdie vryhede bestaan (al is dit soms relatief), word ‘n land as deel van die vrye wêreld beskou, ook die nuwe Suid-Afrika. Dit geld nie vir Islamitiese of Kommunistiese lande soos Iran, Saoedi-Arabië, Kuba, Noord-Korea of China nie. En tog voel baie Afrikaners ‘n verlies van die vryheid waarvoor hul voorouers goed en bloed geoffer het. Dit is omdat daar eintlik net twee vryhede bestaan: persoonlike vryheid en staatkundige vryheid. Mense wat net in materiële behoeftes belangstel, wat vervreemd geraak het van hul geskiedenis en tradisies, is doodtevrede met hul individuele vryheid, solank die owerhede, wie dit ook al mag wees, nie te veel inmeng nie. Aan die ander kant streef elke groep mense wat ‘n gemeenskaplike taal praat, ‘n gemeenskaplike gebied bewoon en aan mekaar

11


D

R

A

FT

-P

R

gebind is deur afkoms en geskiedenis, na een of ander vorm van staatkundige vryheid. So ‘n volk wil nie deur ‘n ander volk gedomineer of geregeer word nie. Daar is baie volke wat al eeue lank stry, of gestry het, om selfbeskikking te verkry. Dink aan die Hollanders, Finne, Pole, Tsjegge, Hongare, Iere, Vlaminge, Baske, Koerde, Tamils, Israeli’s en Palestyne. Waarom dan nie ook die Afrikaners nie? In die meeste groot lande van Afrika (Kongo, Nigerië, Kenia) sal daar nooit werklik vrede wees nie omdat verskillende etniese groepe voortdurend in konflik verkeer. Die suksesverhale in die wêreld is meestal van lande met ‘n min of meer homogene bevolking. In sulke lande is dit maklik om meningsverskille ondergeskik te maak aan die algemene belang, En almal stem saam oor vryheid. Staatkundige vryheid is natuurlik geen waarborg vir individuele vryheid nie. ‘n Despoot kan vryhede vertrap en daarom is die demokrasie onder normale omstandighede die beste regeringstelsel. Maar Suid-Afrika is ‘n goeie voorbeeld van ‘n multikulturele samelewing van verskillende volke waar ‘n bepaalde demokratiese model van een-man-een-stem nie werk nie, want wat tot voordeel van een groep is, is tot nadeel van die ander. Die swartmense kan met reg praat van bevryding, die witmense nie. Dit was bevryding uit ‘n patriargale stelsel eerder as uit onderdrukking soos dikwels te kenne gegee word. Die voorouers van die Afrikanervolk het presies geweet wat onderdrukking is. Met Van Riebeeck se koms na die Kaap in 1652 was die Tagtigjarige oorlog teen die Spaanse oorheersing en die Spaanse Inkwisisie so pas met die vredesverdrag van Munster (1648) beëindig. Een van die merkwaardigste episodes van hierdie stryd was die sewe maandelange beleg van Haarlem (1572-73), waarin die ongeoefende burgers, vaders, moeders en dogters van die stad elke aanslag van die sterkste leër in Europa met die pistool en swaard in die hand afgeslaan het, maar uiteindelik weens hongersnood moes swig. Ek lees toevallig die woorde wat die moderne Nederlandse skrywer, Theun de Vries, vir

O O F

VRYHEiD

12

die heldin Kenau in die mond lê:

“Vrijheid is iets wat de mensen moeten maken met hun eigen handen. De vrijheid is in elk van ons, denkt Kenau, en als wij sterven leeft ze verder in anderen. Al verbrandt men de schepen van de Geuzen en al schiet men de daken van Haarlem in brand, ja, al neemt men deze stad en maakt haar met de grond gelijk, de vrijheid was hierbinnen en zij gaat niet te gronde met ons ...” Vir die mense van Orania is dit ‘n riem onder die hart: Vryheid word met eie hande gemaak. Dit is binne-in ons, dit sterf nie. Prof. W.J. Verwoerd


LEDE

Terugvoer op Voorgrond-vraelyste Voorgrond is ‘n naelstring vir baie uitwoners van Orania en hulle sien hartstogtelik uit na elke uitgawe wat moet kom. Dit is in kort die terugvoer wat ons op die vraelyste gekry het wat aan lesers gestuur is. Baie dankie vir al die positiewe terugvoer, aanprysings, voorstelle en opbouende kritiek wat ons ontvang het. Dit het ons net laat besef dat ons nog harder moet werk om in ons kosbare uitwoners se behoefte aan ‘n nouer band met Orania te voorsien.

O O F

Baie lesers het gevra dat hulle meer bladsye in Voorgrond wil sien en dat ons Voorgrond meer gereeld moet laat verskyn. Om aan hierdie behoefte te voldoen, het ons In Diepte uit Voorgrond verwyder en sal dit as ‘n afsonderlike bylaag uitgee. Voorgrond bied dus nou ses bladsye meer aan nuusartikels. Van ons kant af wil ons sê dat ons uitwoners vir ons waardevol is en dat ons waardering het vir die belangrike rol wat hulle speel in die opbou van Orania. Ons sal graag ook meer wil hoor van ons lesers en voorstelle en kritiek bly welkom. Sonder die volgehoue ondersteuning van Afrikaners dwarsoor die wêreld sal Orania nie volhoubaar wees nie. Ons wil die band met julle versterk sodat julle kan weet dat Orania ook julle kosbare tuiskomplek is!

D

R

A

FT

-P

R

Ons lesers het laat blyk dat hulle besige programme het en daarom nie tyd het om lang artikels te lees nie. Hulle wil gou tot die kern van nuus kom. Hulle verkies dus korter artikels, hoewel hulle verstaan dat sommige artikels vanuit hulle aard langer moet wees. Lesers is veral honger vir ‘n visuele beeld van Orania en ons sal poog om telkens met foto’s ietsie van die daaglikse belewenisse van Orania te vertel. Hulle wil ook meer weet van die daaglikse doen van dingetjies en inwoners leer ken. Terselfdertyd wil lesers op die hoogte bly met die filosofiese onderbou en stel hulle veral belang in die geskiedenis en totstandkoming van Orania. Hulle wil saam met ons die grondgebied van Orania deurloop en weet watter geleenthede vir ondernemings bestaan. Verder geniet hulle die vryheidsimbole soos ons vlag, die Klein Reus en die Ora.

13


EIE ARBEID

Die Klein Reus het vriende “Die eerste jaar was chaos, maar in die tweede jaar het die lig deurgebreek. Ek is nou al vir my derde jaar hier.” Aan die woord is die “pa” van die Elim Arbeidsentrum, Willie du Plessis, ‘n besondere man in ‘n besondere pos.

O O F

‘n Kuier by Elim laat ‘n mens gou besef dat die sentrum ‘n baie spesiale tuiste vir die Elimmanne is. Dit is nie net ‘n woonplek vir diegene wat daaglikse arbeid verrig nie, dit is ook ‘n omgewing waar die manne erkenning kry, waar hulle menswaardig behandel word, waar hulle opgebou word en waar hulle geïntegreer word in die gemeenskap en die filosofie van Orania. Willie het met streng vaderlike dissipline ‘n goeie greep op Elim. Daar word bv. geen alkohol toegelaat nie, die manne moet werk en hulle losies betaal. Elim is die huis waarheen hulle saans terugkeer na ‘n lang dag van harde werk. Willie stel dit duidelik dat hy geen arbeidsmakelaar is nie; tog is dit noodsaaklik dat hy vir die manne intree sodat werkgewers hulle regverdig behandel. Hy gee leiding oor billike werkspraktyke. Met volle reg word Willie beskou as die vaderfiguur van Elim. Die manne het vrymoedigheid om hulle probleme met hom te bespreek, selfs al is dit probleme by die huis, honderde kilometer ver. Hy kan nie al die probleme oplos nie, maar hy luister en probeer raad gee. Dikwels word sy “kinders” verwys na die gemeenskapswerker, Frans Koekemoer, wat deur berading leiding gee en so by ‘n oplossing uitkom. Dit is verstaanbaar dat die taak wat hy verrig, emosioneel uitputtend is en daarom is Willie vol lof vir die ondersteuning van die Orania Beweging waar hy ‘n oop deur het na Frans de Klerk. Orania Beweging is nóú betrokke by die administrasie van Elim en deur die Helpsaamfonds word fondse

D

R

A

FT

-P

R

Die Elim Arbeidsentrum bestaan reeds etlike jare en het deur verskillende fases van ontwikkeling gegaan. Oom Danie van Rensburg en dr. Ben de Klerk het elk reuse bydraes gelewer om Elim te kon bring tot op die vlak waar Willie kon oorneem. Met Willie du Plessis aan stuur van sake het Elim nou ‘n volgende fase betree. Die besluit om Elim onder die beskerming van die Orania Beweging Helpsaamfonds te plaas, dra by tot die suksesse wat tans behaal word en die volhoubare ontwikkeling van die hele projek. Die vraag oor Orania en ‘n eie gebied is ten diepste ‘n vraag oor arbeid en selfwerksaamheid. Dit is die sweet van ‘n volk wat ‘n land opbou en dit is die stemme van die werkers in ‘n land wat die politieke rigting daarvan bepaal. Daarom is arbeid en die arbeidsentrum van wesenlike belang vir Orania. Dit is ongelukkig ‘n realiteit dat Afrikaners verleer het om harde fisiese werk te doen. Dit is deur hierdie selfde proses waardeur Afrikaners hulle vryheid verloor het. Om weer ‘n selfstandige volk op te bou, wat ook in staat is om hard te werk, is ‘n kultuurproses wat ongelukkig nie oornag gebeur nie. Daar is baie lof vir die manne wat in Orania aanland en wel bereid is om hierdie offer te bring. Die realiteit is dat dit nie ‘n maklike pad is nie, dat daar op hierdie pad baie teleurstellings is, dat baie manne nie lank hou nie. Tog kan ons met dankbaarheid sê dat daar wel suksesse is en dit maak die hele projek die moeite werd. Die Elimmanne is die reuse wat met hulle sweet en spiere bou aan Orania, aan vorentoe, aan vryheid.

14


EIE ARBEID

gegenereer om die geboue op te gradeer en maatskaplike hulp te verleen indien dit nodig is.

FT

-P

R

O O F

As hy oor sy manne praat, blink Willie se oë. ‘n Mens kan sien hy dink aan baie gebeurtenisse en aan hartseer en vreugde. “Baie ma’s sê hulle stuur hulle seuns Elim toe omdat daar nie meer ‘n weermag is nie. Ek moet hulle opvoed en hulle dissiplineer, maar ek moet hulle leiding gee en van hulle manne maak. Soms is dit hartseer as ‘n outjie so goed reggekom het en dan skielik wegloop of in drankmisbruik verval. Maar gelukkig is die suksesse meer. Daar is manne wat harde alkoholiste was, wat volkome gerehabiliteer is, Willie du Plessis dra Elim in sy hart manne wat geweet het hoe om te baklei, wat nou vir Elim en Orania sal baklei. Daar is al vyf manne uit Elim getroud. Die manne sorg vir mekaar: Hannes Olivier tel geraamtes van rekenaars op die herwinningsterrein op en bou dit om in bruikbare rekenaars vir die ander Elimmanne. Walter bou uit stukke optelgoed radio’s vir sy makkers. Byna almal in blok C het nou al ‘n radio en hulle kan elke aand na Radio Orania luister. ‘n Kareoke-sisteem is op dieselfde wyse opgebou en dit sorg vir prettige aande vir die manne. Een het gevra of hy nou kan begin groente plant in die vierkant, ander het onderneem om die tuin oor te neem sodat hulle plek mooi kan lyk. Hulle is daar vir mekaar. Dit is wat my hier laat bly...”

D

R

A

Komposterende toilette

Hennie Pelzer by die eerste komposterende toilet wat op Orania afgelaai is.

Een van Orania se beginsels is: moenie net kla nie, maak dit (self, indien nodig) reg! Suid-Afrika is ‘n waterarm land, geen twyfel nie. Ongelukkig word hierdie probleem vererger deur die wanbestuur van riool. Is dit moontlik om nie net die situasie te verbeter nie, maar inderdaad daaruit voordeel te trek? Ja, beslis! Dit kos egter ‘n kopskuif en Orania het reeds begin. Daar is reeds ‘n stuk of ses droë stelsels in Orania verkoop en die eerstes word reeds ingebou. Die voorkeurstelsel is na ons mening die sg. urienskeidingsisteem waar ‘n toilet ‘n fisiese skeiding het sodat vaste en vloeibare riool apart gehanteer word. Die vloeibare gedeelte kan gebruik word as ‘n uitstekende bemesting en die vaste stowwe word waterloos hanteer en gedroog en kan na sowat ses maande veilig as grondkondisioneerder gebruik word. Onthou: jy het dit eerste op Orania gehoor! John Strydom

15


GELOFTEFEES, ORANIA, 16 DESEMBER 2008

Flip Buys, Uitvoerende Hoof van Solidariteit, het die feesrede gelewer

D

R

A

FT

-P

R

O O F

V.l.n.r: Carel Boshoff(iv), prof. Carel Boshoff, dr. Ben de Klerk en sy seun Jan

Voor: Annali Boshoff, Middel: ElsabĂŠ Boshoff, Nikke Strydom en Anneke Boshoff Agter: Corianca Oosthuizen

16

Hester en Christiaan van Zyl


GELOFTEFEES, ORANIA, 16 DESEMBER 2008

R Elize Ungerer en Adelaide Boshoff

D

R

A

FT

-P

Hennie Conradie het die samesang gelei. By hom is sy seun Johan, ds. Adam Boshoff en sy vrou, Adelaide

O O F

Anje en Carel Boshoff (iv)

Flip Buys en Bertus Steenkamp

Die vader van Orania, prof.Carel Boshoff

17


OMGEWING

Woestynsardyn vreet paaie deur landerye. ‘n Boer in die Orania-omgewing het onlangs vir die tweede keer in die afgelope paar jaar toegekyk watter minagting die natuur vir menslike pogings het. Nadat groot oppervlaktes landerye sowat twee jaar gelede eenvoudig deur ontelbare sprinkane afgemaai is, moes die boer ‘n paar weke gelede weer magteloos toekyk hoe die geskiedenis homself herhaal.

O O F

insekte aktief te bestry. Daar is in die vorige eeu uiters toksiese stowwe gebruik vir bestryding, en die vermoede bestaan dat die insekte aangepas het. Maar hulle natuurlike predatore is erg uitgedun, met gevolglike groter uitbrake. Volgens prof. Gerhard Verdoorn is die gif wat deesdae gebruik word, baie sagter op predatore, en kan boere met groter vrymoedigheid swerms aanmeld (verkieslik in die voetgangerstadium) vir bestryding. ’n Interessante verskynsel wat deur boere in die Orania-omgewing aangemeld is, is dat die lande waarop minimum-bewerkingspraktyke toegepas is, nie vir die sprinkane aanloklik was nie en dat daar byna geen skade aangerig is nie. Blykbaar het die sprinkane ook nie gehou van die lande waar natuurlike grondgesondheid tot ’n hoë peil herstel is nie. Mnr. Abré Steyn (’n afgetrede ekoloog) het ‘n paar interessante feite oor sprinkane: 1. Die insekte bevat van die hoogste proteïeninhoud van alle skepsels. 2. Die koste (vir die staat) om sprinkane te bestry is meer as die totale skade wat die insekte aan aangeplante gewasse aanrig. Dit sou dus sinvol wees om eerder die boere vir die skade uit te betaal, as om die sprinkane te bespuit. 3. Dit is bewys dat sprinkane baie maklik geoes kan word, en dat hulle gebruik kan word in veevoer in plaas van vis, waarvan daar ‘n al hoe groter tekort ontwikkel. Is dit moontlik dat iemand tyd en geld wil afstaan om te probeer om ook hierdie plaag in ‘n ryke oes te omskep? Met moderne GPS- en inligtingstegnologie kan ons woestynsardyne selfs as toerisme-aantreklikheid bemark! John Strydom

D

R

A

FT

-P

R

Die werklike redes vir die uitbroei van reuseswerms sprinkane (tot so groot soos 60 kilometer by 15 kilometer) word nie volledig verstaan nie. Ons weet dat vlieërs in ideale omstandighede tot 3 geslagte per seisoen kan nalaat, maar hoekom groot swerms slegs elke paar jaar uitbroei, is onduidelik. Daar word beweer dat eiers selfs dekades lank dormant kan lê voor hulle uitbroei. Na bewering is daar in 1806 vir die eerste keer melding gemaak van groot swerms sprinkane in SuidAfrika. In 1906 is die eerste sprinkaanbeheerbeampte deur die staat aangestel. Hoewel net enkele groot swerms tussen 1806 en 1906 uitgebroei het, is meer gereelde uitbrake aangemeld nadat begin is om die

18


VRYHEiD

Agtergrond: Oor Vryheid

saamstem, is die ou waarheid dat die wenner die geskiedenis skryf.

O O F

R

-P

tyd kan

FT

teen hierdie

A

Afrikaners

Hiervan het Afrikaners die afgelope tyd ’n oordosis gehad: Alles wat ons gedoen het om in Suid-Afrika met sy veelheid van volke en botsende belange, vryheid te behou, word as boos uitgebeeld; alles wat die anti-apartheidstryders daarteen gedoen het, as suiwer en edelmoedig. Enige misstap aan apartheid se kant, hoort tot die wese daarvan; enige misstap aan die ander kant is ’n ongewenste byverskynsel wat eintlik ook aan apartheid toegeskryf kan word. Een ding waaroor Afrikaners teen hierdie tyd kan saamstem, is die ou waarheid dat die wenner die geskiedenis skryf – en wat ’n waardevolle stap sal dit nie wees in die proses om weer ons ewewig te herwin nie! Maar selfs groter as die struikelblok wat ander se tydelike monopolie op die woord “vryheid” in ons pad lê, is die afgeswakte betekenis wat ons self gewoond geraak het om daaraan te verleen. Dit is naamlik algemeen om aan vryheid as “die afwesigheid van dwang” te dink, ’n beskrywing wat in sy uiterste op losbandigheid kan uitloop en daarom dikwels met die teenhanger van “verantwoordelikheid” beperk word. Hierdie kwalifikasie het sedert my skooldae onbevredigend gevoel, nie foutief nie, maar onbevredigend omdat “vryheid” kwalik dan nog as hoogste

R

waaroor

D

Een ding

Wie die woord “vryheid” met selfvertroue kan gebruik, beskik daarmee oor ’n belangrike wapen in sy stryd om selfbehoud. Wie daarenteen huiwer om dié “woord van alle woorde” op sy lippe te neem, beskik eenvoudig nie oor wat dit vat om aan onderhorigheid te ontsnap nie en word maklik die slagoffer van ander se besluite. Daarom dat strydende partye soveel moeite doen om mekaar se optrede in die naam van vryheid swart te smeer en hulle eie optrede met die oog daarop, op te hemel. ideaal beskou kan word. Die oplossing het ek baie jare later in die werk van die Duits/Joods/Amerikaanse skrywer Hanna Arendt raakgeloop. Sy het die verskil tussen “freedom” en “liberty” beklemtoon, in Afrikaans die beste weergegee in vryheid van en vryheid tot. Vryheid van (oftewel die afwesigheid van) dwang en die verantwoordelikhede wat dit meebring, is uiteraard ’n gewigtige saak, maar dit geld meestal op individuele vlak. Vryheid tot verteenwoordig daardie vonk tussen mense wat ontdek dat hulle saam dinge kan doen wat vir hulle apart onmoontlik sou wees. Dit is die punt waarop ‘n gemeenskap gevorm word, waar die individu hom- en haarself oorstyg en deel van iets groters word, waar vryheid die doen van groot dinge behels. En op ’n ligter noot, dalk verklaar dit die verband tussen vryheid en die werkwoord “vry”: om iets saam te doen wat vir ons apart onmoontlik sou wees! Carel Boshoff (iv) President van die Orania Beweging

19


Vir navrae of bespreking skakel Nettie by

e i d Aan er Oew

053 207 0118

Volop skaduryke kampeerplekke en woonwastaanplekke met kragpunte Goed toegeruste ablusieblok BreĂŤ rivier vir watersport

O O F

Braaiplekke en braaihout Volledig toegeruste chalets Visvangplekke

-P

R

Veiligheid

A

FT

a p S r e i v i R

od e aanb l a i s e Sp rania aan O -lede: ging Bewe fslag * 10% a

D

R

a i n a r O

Vlotvaarte

Kom ervaar welgeluksaligheid ‌ Skakelpersoon: Karin Coetsee Telefoon: 053 2070 118 *Aanbod geldig van 1 Junie 2008 tot 31 Mei 2010


Orania Voorgrond Februarie 2009