Issuu on Google+

Voorgrond Maart 2012 | Uitgawe 1/4

Gesoek:

Groot planne

Bewe

Ons trek

Afrikaners in ArgentiniĂŤ

van bou-opwinding

Amandels uit Orania vir goeie gesondheid

vir Groeifonds Orania toe


redaksionele inligting Redakteur: Jaco Kleynhans Medewerkers: John Strydom Eleanor Lombard Carel Boshoff (iv) Quintin Diedericks Rozanne Meyer Frans de Klerk Foto’s Magdaleen Kleynhans Francois de Vos John Strydom Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062 Faksnommer: 086 693 5385 Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za www.oraniablog.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

Belangrike Telefoonnommers

Ora n i a K u l t u rel e v a k a n si eda e

Inligtingskantoor: CVO-skool Orania: Volkskool Orania: Orania Groeifonds: Helpsaamfonds: Orania Dorpskantoor:

27 Februarie 6 April 31 Mei 14 Augustus 10 Oktober 16 Desember

053 207 0062 053 207 0177 053 207 0161 053 207 0082 053 207 0062 053 207 0063/4

Majubadag Stigtingsdag Bittereinderdag Taaldag Heldedag Geloftedag

Vliegveldkoördinate

GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak

Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte - Skakel vooraf 053 207 0064

Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 084 404 1904 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Verblyf in Orania Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118  Oranje-Sig (Selfsorg) - 079 514 4901  Ysterklip Akkommodasie (Selfsorg) - 082 975 8132  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016 Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947

 Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) - 053 207 0038  Cha-Du-Brie (Gastehuis) - 082 349 3411  Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie - 083 600 1780  Die Eko Gastehuis - 074 583 6517  Herberg Oranje (Bed en Ontbyt) - 053 207 0070  Boskamp (Chalets) - 083 388 1433  Réhobot Selfhelp-tuishuis - 082 782 2985  Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348

Voorbladfoto

Deur Francois de Vos Die ou bitterpille wat Orania probeer beledig deur na ons oase in die Bo-Karoo as ‘n woestyn te verwys het sekerlik nog nie gesien hoe meer as 30 000 bome in een dorpie uit die lug uit lyk nie. Sedert Orania in 1991 aangekoop is, is meer as 30 000 bome reeds aangeplant en soos hierdie lugfoto bewys, is Orania ‘n lushof!

Erflating: laat ‘n lewende monument na Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

Maart 2012 |

3


redakteursperspektief

Waar staan jy? ‘n Beskawing sterf as gevolg van selfmoord, nie deur moord. – Arnold Toynbee

In sy opspraakwekkende boek, Suicide of a Superpower, wat gedurende 2011 verskyn het, skryf die bekende Amerikaanse paleokonserwatiewe kommentator en gewese politikus, Pat Buchanan dat die Westerse beskawing besig is om uit te sterf en dat sy uitwissing hoofsaaklik weens sy eie toedoen is. Hy verduidelik sy standpunt aan die hand van data wat duidelik wys dat die Christelike geloof, Westerse waardes en die vlakke van beskawing wat daarmee saamgaan in die Weste, veral Europa en die VSA, aan die uitsterf is. Volgens Buchanan is die hoofoorsake van die verval van die Westerse beskawing gesetel in die ondermyning van die Christelike geloof as fondament waarop Westerse lande gebou is en waardeur hierdie lande vir lank gereguleer is. Dit word gesien in byvoorbeeld die verval van die Katolieke Kerk in Europa en die Kerk van Engeland. Die onderskrywing van Christelike beginsels en waardes deur regerings het ‘n soort stabiliteit en orde binne gemeenskappe gebring wat nou aan die verbrokkel is. Buchanan verbind die toename in egskeidings, buite-egtelike swangerskappe, geweldsmisdade, uitsigloosheid, swak akademiese prestasie, dwelm- en drankmisbruik en dalende trots vir die eie wat geloof, kultuur, tradisies en nasionaliteit insluit, met die verval van die Christelike geloof in Westerse lande, asook immigrasie en mense se toenemende afhanklikheid van regerings om vir hulle antwoorde te bied. Buchanan voer aan dat stabiele gemeenskappe ontstaan uit die vermoë van ‘n oorgrootte meerderheid van die mense

4

|

Voorgrond

om aan iets (geloof) geanker te word. Soos wat mense hul geloof opsê of verwaarloos, vind hulle nuwe ankers in die materialisme, ‘n bykanse aanbidding van die omgewing (groenes), drank of dwelms, ikone wat aangehang kan word of selfs sentrale regerings. Een klein Westerse beskawing wat vandag deur baie van dieselfde uitdagings bedreig word, is sonder twyfel die Afrikaner. Dot Serfontein stel die probleem van vandag se Afrikaners in ‘n opstel met die titel “Sing van ons land in die Suide” uit haar biografiese bundel Vrypas wat in 2009 verskyn het, soos volg: “Is daar nog so iets soos ‘n rasegte Afrikaner? Waar gaan soek mens daarna? By die bring-en-braai waar Afrikaanssprekende mans bier, beblom en bebaard saam met hul gasheer langs die swembad by die gasbrander braai? By mense vol spoed wat volkome in beheer van hulle motors, hulle strandhuise en hulle politiek voortsnel: regs as dit kan, links as dit moet en vir oorlewing reg in die middel? Vrouens in ontwerperspakkies wat met glase hardehout in tuinstoele ontspan: volkome in beheer van eie gewig, eie tjekboek en eiesoortige parfuum? Wat dink hulle van Afrikanerskap? As Afrikanerskap donasies vra, graag. As dit taalhandhawing vra, nou ja, soms as dit mens nie in verleentheid stel op byeenkomste oorkant die kleurgrens nie. As daar aggressief teen Afrikanermiskenning opgetree moet word? Nee dankie vir vlagswaaiery en optogte. Die kleiner getalle, die stryd om oorlewing is bepalend. Interessant dat Afrikaners tans partykeer net die fasette van nasieskap toe-eien wat hulle pas. Asof

oorlewing en kleiner getalle ‘n heel nuwe begrip vir die Afrikaner is en nie dit waarmee hy al ‘n hele paar eeue saamloop nie.” Ek kan nie anders as om in antwoord hierop van dakke af “Orania, Orania!” te wil gaan uitskree nie. Hoe anders kan Afrikaners oorleef as binne die Orania-model? Die model van ‘n eie grondgebied wat stelselmatig uitbrei deur die gebruik van eie kapitaal, eie arbeid en eie vermoëns van watter aard ookal, maar sekerlik intellektueel en skeppendgewys, ingesluit. En daarmee saam ‘n toenemende vermoë om ons eie lot te bepaal deur groter beheer oor ons eie instellings, en uiteindelik regering, te verkry. Waarom het duisende Afrikaners Orania verlede jaar vir die eerste keer in hul lewens besoek? Want hulle is op soek na ‘n groter visie vir die toekoms, van hulself en hul Afrikanernageslag. Ons moet daardie visie aan hulle oordra indien ons werklik glo dat dit waarvoor ons staan die voorwaarde vir die behoud van Afrikanerskap is. Die Orania Beweging is nie net Orania as dorp se bemarkingsafdeling nie. Ons is die fakkeldraer van die idee van Afrikanerselfbeskikking in ‘n eie grondgebied, wat met die stad Orania begin en sal uitbrei soos wat ons oor die vermoë beskik om juis dit te doen. ‘n Groter Idee wat vandag in die naam Orania by Afrikaners bekend is en toenemend in geloofwaardigheid en kragdadigheid in hierdie pragtige naam vergestalt. Lees gerus Carel Boshoff se bydrae in Agtergrond. Verder in hierdie uitgawe van Voorgrond antwoord ons op die roep van Dot Serfontein deur te vertel


van drie pare jong nuwe intrekkers in Orania en hoe hulle hul rug op die doodloopstraatAfrikanerwees soos deur Serfontein beskryf, gedraai het en saam kom bou aan ‘n groter Orania. Deur hulle hier wees beantwoord hulle die vraag of jong Afrikanergesinne dit in Orania ‘kan maak’ hard en duidelik. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

My vraag aan elke leser wat nog nie hier is nie en wat in die voortbestaan van die Afrikaner en in ons droom van nuwe vryheid glo, is: Waar staan jy? Jou antwoord hoef nie te wees dat jy môre Orania toe gaan trek of ‘n plaas in die omgewing gaan koop en by Orania gaan inskakel nie. As jy kan, sal dit wonderlik wees, maar jy kan ook harder en duideliker staan by ‘n visie wat glo in die voortbestaan van ‘n trotse Westerse beskawing:

Die Afrikaner. Kom ons bied ‘n antwoord op die tekens van Westerse verval wat Buchanan uitwys, deur in Orania ‘n nuwe toekoms vir Afrikaners te skep met ons geloof as fondament en die pilare van ‘n sterk en trotse kultuur, tradisies en waardes. Laat ons nie verantwoordelik wees vir die selfmoord van die Afrikaner nie. Jaco Kleynhans Uitvoerende Hoof: Orania Beweging

& opedag 30 & 31 Maart 2012

Orania Sportterrein Vrydag 30 MAART 2012 Elly Holm kunsuitstalling, Kinderaktiwiteite, Kosstalletjies, Verskeidenheidskonsert en Volkspeledemonstrasie, Vuurwerkvertoning SATERDAG 31 MAART 2012 Stalletjies, Kinderaktiwiteite, Orania Straatmyl, Perd en Fietskompetisie, Jukskeikompetisie, Verfbal, Skattejag, Elly Holm kunsuitstalling, Sterkmankompetisie, Huisvlytdemonstrasies, Toutrekkompetisie, Ete (braai), Sangfees saam met Andries-Hendrik Potgieter


A KTUEEL

GESOEK: AFRIKANERS IN ARGENTINIë Duisende Afrikanergesinne het hulle die afgelope dekade of twee in die buiteland gevestig. ‘n Mens kan nie anders nie as om te wonder in watter mate hierdie Afrikaners daarin gaan slaag om hulle kultuur, identiteit en taal te behou wanneer hulle in die vreemde moet aanpas.

Die pragtige rivierfront van die Vluytjeskraal-Noordplaas.

‘n Monument in Argentinië wat in 2002 onthul is ter herdenking aan die Afrikaners se koms na Patagonië 100 jaar gelede.

6

|

Voorgrond

deur Eleanor Lombard

Sou dit dalk moontlik wees om ’n antwoord hierop te kry deur te kyk na wat met die honderde Afrikanergesinne gebeur het wat ná 1902 aan die einde van die Anglo-Boereoorlog na Patagonië in Argentinië geëmigreer het? Hulle was nie bereid om die Britse bewind te aanvaar nie en het besluit om eerder Argentinië hulle nuwe tuiste te maak. Tydens ’n onlangse besoek aan Suid-Amerika het ons Argentinië besoek om ’n antwoord op hierdie vraag te probeer vind. Al inligting tot ons beskikking was ’n paar Afrikanervanne en die feit dat die meeste van hierdie Boeregesinne rondom die dorpie Sarmiento in Patagonië gevestig het. By ons aankoms in Sarmiento het ons, ná heelwat speurwerk, by Hugo Venter uitgekom. Sy oupagrootjie, Piet Venter, was een van die eerste groep Boere wat Argentinië toe verhuis het. Hugo se vriendelike “Hoe gaan dit?”-groet was egter die somtotaal van sy Afrikaanse woordeskat. Met ons wat nie kan Spaans praat nie en die Venters wat nie Engels kan verstaan nie en ook nie meer Afrikaans kan praat nie, het ons maar gesukkel om te kommunikeer. Hugo beduie dat hy ’n vriend het wat nog “Suid-Afrikaans” kan praat en hy word nadergeroep. Hy is Ricardo Kruger en kom tot ons almal se redding. Nou kan ons mekaar verstaan. Met Ricardo se hulp begin die prentjie ontvou. Hy vertel dat die Argentynse regering in 1902 Afrikaners genooi het om hulle in Argentinië te vestig. Elke Afrikanerboer het 2 500 hektaar grond gekry. Die beste landbougrond was dit beslis nie. Dis ʼn Karooagtige wêreld met min water en ongenaakbare weerstoestande wat die Boere nie geken het nie. Die heersende, snerpende wind en sneeu in die winter het lewensomstandighede bemoeilik.


A KTUEEL Daaglikse kommunikasie met die Argentyne was ʼn groot probleem omdat die Boere uiteraard nie Spaans kon praat nie. Aanvanklik het hulle in tente gebly en baie swaar gekry. Drinkwater moes soms kilometers ver aangery word. Ons vra baie vrae. Nee, hulle maak nie meer biltong of droëwors nie. Hulle pa’s het dit nog gemaak, maar nou doen niemand dit meer nie. In ʼn land wat oorwegend Rooms-Katoliek is, het hulle Protestants gebly en daar is steeds ʼn gereformeerde gemeente in Sarmiento. Hulle het nog familie in Suid-Afrika, maar het geen kontak met hulle nie. Nie een van hulle het Suid-Afrika al besoek nie en stel oënskynlik nie juis veel belang in wat daar gebeur nie. Hulle kinders en kleinkinders kan nie meer Afrikaans praat nie. Die eerste geslag het nog met mede-Afrikaners getrou en daar is neergekyk op Afrikaners wat met Argentyne getrou het. Vandag is dit al lankal nie meer so nie. Hugo en Ricardo is met Argentynse vroue getroud, wat nie Afrikaans kan verstaan of praat nie. Ons verlaat Sarmiento met gemengde gevoelens. Het ons verwag om daar volksgenote te vind wat ten minste nog met ʼn klein bietjie nostalgie terugverlang na hulle “verlore vaderland”? Dan het ons ons misgis. Hulle praat Spaans, drink maté-tee, eet asado en skree vir die Poemas. Hulle is Argentyne. Hulle het aangepas, oorleef in ʼn vreemde land en hulle lewe ʼn vol en bevredigende lewe. Verskeie Afrikaner-nasate het al hulle merk in die Argentynse gemeenskappe gemaak en suksesvolle sakemanne, dokters en advokate geword. Dit kon slegs gebeur het as hulle by die Argentynse samelewing aangepas het. Net soos ons Franse, Duitse en Hollandse voorgeslagte ʼn nuwe identiteit hulle eie gemaak het en hulle nageslagte nie verlang na hul voorouers se lande van oorsprong nie, het die Afrikaners dit in Argentinië gedoen. Aan die einde van ons soektog kan ons net tot een slotsom kom: Afrikaners in Argentinië is grootliks ʼn uitgestorwe spesie. Die eerste geslag Afrikaners het Afrikaners gebly. Mettertyd het die volgende geslagte egter geïntegreer en volwaardige Argentyne

geword. Daar mag dalk uitsonderings wees, maar op die oog af lyk dit of daar bitter min van Afrikaner-tradisies, -kultuur of taal in Argentinië oorgebly het. Kan ʼn mens aflei dat die huidige geslag Afrikaners in die buiteland onvermydelik dieselfde pad gaan stap as hulle volksgenote in Argentinië ʼn eeu gelede? Nie noodwendig nie, want daar is te veel veranderlikes. Tog, wanneer ons die Venters in Spaans groet, kan jy net wonder . . . ‘n Lys van meer bekende Afrikanervanne wat Argentinië toe verhuis het:

Coetzee, de Boer, de Lange, Lombard, Grobbelaar, Henning, le Grange, Lubbe, Myburgh, Olivier, Pienaar, Schoeman, Spies, van Blerk, van Vuuren, Venter, Visser, van Niekerk, de Wet, Booysen, Bester, Conradie, de Bruyn, Greyling, Eloff, Joubert, Loubser, Malan, Niemand, Roux, Small, Stegmann, Treurnicht, van der Sand, Verwey, van Wyk, Viviers, van Heerden, Naude, Smit, Botha, Crous, de Klerk, du Plessis, Erasmus, Grimbeeck, van der Linde, Kock, Kruger, Louw, Marnewick, Norval, Pelser, Schlebusch, Snyman, Swanepoel, Trichardt, van Zyl, van der Walt, Viljoen, Vorster, Botha, Delport, Roos.

Pieter Grobbelaar en Eleanor Lombard van Orania by die bussie waarmee hulle onlangs deur Suid-Amerika getoer het.

Maart 2012 |

7


Orania-nuus

Bewe van bou-opwinding! Kinders bou sandkastele, vroue bou kastele oor die huise wat hulle eendag gaan hê (en kry dit soms), en volwassenes droom oor hoe hulle groter en meer indrukwekkende huise kan bou (en foeter meesal so die omgewing op). deur John Strydom

Orania droom besadig. Daar is daagliks mense wat teleurgesteld moet verneem dat Orania nie behuising het nie. Daar is gereeld voornemende eienaars wat moet hoor dat die argitek en al sewe bouspanne tot boordens toe vol is met werk en dat hulle op ‘n waglys geplaas moet word. Dan is daar ook diegene wat self wil bou. Dit lyk of dit ‘n oerinstink is om skuiling te bou en op elke manier te verbeter.

Vindingrykheid peul by elke moontlike skeurtjie uit wat boumetodes betref. Eers was dit ekovriendelike strooibale, later polistireenblokke wat lekker vinnig stapel. Nog later is ‘n stapelsteen plaaslik vervaardig en ‘n gietvorm gebou waarin ‘n standaardvormhuis se mure binne drie dae gegiet kan word! Ook konvensionele bouwerk word innoverend verbeter om die omgewing beter te weerstaan. Spoumure (cavity walls) met polistireenisolasie en ekstra dik plafonisolasie word byvoorbeeld gebruik en daar is tans ‘n gebou in aanbou waar selfs die vlotfondasie/vloer met strooibale in

8

|

Voorgrond

gegiet word om die vloer meer mensvriendelik te maak. Daar is tans weer nog ‘n verdere innovasie met ligte staalrame waaraan panele geheg word met ‘n spesiale betonmengsel met polistireen in wat daarin gegiet word. Ons sien uit om die resultaat daarvan te beproef. Daar word ook gebruik gemaak van voorafvervaardigde panele wat polistireen en metaal met duursame verfbedekking bevat en goedkoper en vinniger bouwerk verseker. Ook plafonisolasie kry aandag met ‘n plaaslike kontrakteur wat papiersnippers in dakspasies inblaas om te help om die somerson se invloed te demp. Die groen kersie op die boumetodekoek is waarskynlik die Aardskip. Dit is ‘n gebou wat tans met sandsakke gebou word en wat volgens ‘n Amerikaanse argitek se ontwerp een van die ekovriendelikste metodes op aarde moet wees! Gaan Google gerus Earthship. My persoonlike keuse vir ons omstandighede is Cob (‘n Engelse woord vir broodjie) wat dui op die maak en opmekaarstapel van klein gevormde kleibroodjies wat met strooi gemeng word en dan met duime ingewerk word in die voorafgaande lae. Die strooi vorm dan ‘n hegte binding. Sulke geboue het elders in die wêreld al honderde jare oorleef, selfs in multiverdiepinggeboue. Dit is egter ‘n arbeidsintensiewe metode en gaan ten spyte

van die fantastiese voorkoms, eienskappe en kostedoeltreffendheid, verlore eenvoudig omdat ons nie tyd het nie. Dit is ‘n logiese feit dat die meeste ongewenste energiedeurlating deur dakke plaasvind. Ook daarvoor is daar reeds baie lank planne. Sogenaamde brakdakke is dakke van grond met ‘n hoë soutinhoud wat deur bouers in die vorige eeu gebruik is om ‘n noemenswaardige termiese massa te vorm. Daar is egter ook soms onder konvensionele dakke ‘n laag grond op rietplafonne geplaas om as isolasie te dien. Op Orania is al soortgelyke dakke gebruik, sommige met plante wat op die dak floreer. Van Orania se talle vriende kry ons ook die vreemdste en interessantste nuwe en alternatiewe boumetodes - van modulêre gietmetodes vir beton tot gegote boustene, van papiersnippers en sement - van bamboes tot ondergrondse argitektuur. Omgewingsvriendelike en energiedoeltreffende bouplanne is reeds algemeen in Orania in gebruik en ekonomiese spasiegebruik kom veral na vore in die interessante planne van die Nerina-woonstelkompleks. Gaandeweg vind daar ‘n verskuiwing in boumetodes plaas om ons beleid en klimaat te pas. Maak gerus ‘n punt daarvan om gereeld na die nuutste boumetodes in Orania te kom kyk.


Orania-nuus

Amandels uit Orania vir goeie gesondheid Amandelboere is skaars in Suid Afrika. Die enkele grootste boer is dr Hans le Roux van Amanteco naby Barrydale in die Wes-Kaap, wat ongeveer 50 000 bome het. Na sy mening is daar skaars meer as nog soveel bome in die hele res van Suid-Afrika. Amanteco is ook die enigste amandelboerdery in Suid-Afrika met behoorlike pluk- en uitdopgeriewe. deur John Strydom

Orania se amandelbedryf is een van die kleiner landboubedrywe in ons gemeenskap, maar een wat ook in produksie toeneem. Daar is tans 3000 amandelbome in Orania en ‘n goeie oes is so pas voltooi. Internasionale amandelbedryf Die wêreld se grootste produksiegebied is in Kalifornië in die VSA waar ongeveer 6 000 amandelboere met ongeveer ‘n halfmiljoen hektaar onder amandelbome oor ‘n 600 kilometer lange gebied die VSA se grootste spesialislandbouuitvoerproduk te vind is. Sowat 80% van die wêreld se amandels word hier geproduseer en daar is byna 200 miljoen bome! Ongeveer 80 lande voer amandels van Kalifornië af in, waaronder Suid-Afrika met ongeveer 1 800 ton wat jaarliks ingevoer word. Die grootste gedeelte van die amandeloes word in gebak en lekkergoed (byvoorbeeld nougat) gebruik. Amandelolie word ook in die kosmetiese bedryf gebruik.

Amandels word reeds in die Bybel vermeld, maar was skaars tot omtrent 900 n.C. toe bome wyd voorgekom het in die Meditireense gebiede. Amandels is gedurende die 1700’s deur Katolieke priesters na Kalifornië geneem, maar is eers in die 1800’s volop in die binneland aangeplant. Teen 1870 was die meeste van vandag se kultivars reeds ontwikkel ná doelgerigte navorsing en kruisteelprogramme. Oor die laaste 30 - 35 jaar het die VSA se amandelproduksie verviervoudig en is daar toenemende gebruik weens dié neut se gesondheidsvoordele. Amandels word gewoonlik op ‘n 4 x 6 meterrooster geplant in gebiede met genoegsame koue-eenhede, met min of geen ryp omdat bome baie vroeg bot. Saailinge van beproefde kultivars word op geelperske-onderstokke geënt om die bes geskikte wortelstelsels te verseker. Wat gesondheidseienskappe betref, is amandels ook noemenswaardig. Dit is die neutsoort met die hoogste proteien-, vesel-, vitamien E- en kalium-(potas) inhoud. Dit het ‘n groot persentasie mono- en polionversadigde vetsure wat baie hart-gesond is. Daar is bewyse dat gereelde gebruik daarvan selfs cholesterol kan verlaag en die risiko van hartsiekte positief beïnvloed. Amandels help ook met gewigsverlies. Antieke Griekse mediese geskrifte maak alreeds melding van die gebruik van amandels vir gesondheidsredes. Daar is allerlei gebruike vir amandels. Onder andere het sommige gebruikers die gewoonte om groen amandels oop te sny en die melkerige neut saam met slaai te eet of saam

met seesout as versnapering. Benewens die drie kleiner amandelboere binne Orania is daar een ander boer in die Luckhoffdistrik. Oppervlaktes is egter te klein om selfs ‘n skudmasjien aan te skaf, aangesien dit nie plaaslik vervaardig word nie. Dit veroorsaak dat amandelboerdery in ons omgewing baie arbeidsafhanklik is. Minstens een van die plaaslike boere gebruik geen gif op amandels nie. Omdat aangeplante gebiede klein is, is daar gelukkig min van die siektes en parasiete wat bome elders pla. Bye behartig bestuiwing en is krities vir vrugset. Verskeie korwe word jaarliks van Douglas af ingehuur om bome te bestuif. Dit is ook nodig om minstens drie verenigbare kultivars ter wille van bestuiwing saam te plant. Anders as pekanneute wat in die winter geoes word, word amandels gedurende Januarie en Februarie geoes, en is na sowat ‘n week se sondroging eetgereed. Gelukkig kan die gedopte neut tot 2 jaar by 4 - 8 grade Celsius sonder skade gebêre word. Hulle is minder geneig as pekanneute om galsterig te word. ‘n Groep skoolkinders uit Orania het onlangs vir ‘n hele oggend self amandels gaan pluk, gekyk na ‘n meganiese skudmasjien (‘n poging van ‘n plaaslike boer om ‘n eenvoudige oesmetode te ontwikkel), self gedop en kon toe van die neute huis toe neem. Dit vorm deel van hulle leerplan, en aanduidings is daar dat hulle hierdie “klaskamer” baie geniet het! Watter heerlike manier is dit nie om gesond te bly nie! Twee lepels vol vars neute per dag is lekker medisyne! Kom kry volgende keer jou neute in Orania. Maart 2012 |

9


Orania-nuus

Groot planne vir Orania Groeifonds in 2012 Ons hoor gereeld van mede-Afrikaners wat geld verloor omdat hulle in riskante fondse hul spaargeld belê het. Daar was veral die afgelope tyd ‘n toename in skemas, wat veral eiendomsindikasie- en ander vinnige geldmaakskemas insluit, wat potensiële beleggers hoë rentes belowe, om dan net ‘n paar maande later in die moeilikheid te beland en selfs gelikwideer te word. deur Jaco Kleynhans

Die Orania Groeifonds het die afgelope 10 jaar homself as ‘n konserwatiewe, veilige beleggingsfonds wat belastingvrye dividende gelykstaande aan die opbrengs van groot geldmarkfondse lewer, gevestig. Een belegger noem onlangs dat sy oorspronklike belegging deur die herbelê van dividende wat hy jaarliks verdien het, oor die 10 jaar-periode reeds verdubbel het. Indien jy dus 10 jaar gelede R100 000 in die Orania Groeifonds sou belê en elke jaar jou dividende herbelê het, sou jou belegging nou reeds byna R200 000 werd gewees het. Die Orania Beweging het vroeër vanjaar volle beheer oor die bestuur van die Groeifonds oorgeneem en Frans de Klerk, die afgelope 10 jaar uitvoerende hoof van die Groeifonds, is as

voorsitter van die nuwe direksie aangewys. Weens ‘n beperkte administratiewe vermoë is die Groeifonds die afgelope tyd min bemark. Die Orania Beweging beplan egter nou om beleggings op ‘n groter skaal vir die Groeifonds te werf. Die fokus van die Fonds is byvoorbeeld tans om Orania se ekonomie uit te brei deur lenings aan veral klein besighede en voornemende sakemanne in Orania beskikbaar te stel. Goeie sekuriteit word wel vir lenings verlang. Die Fonds het in elk geval ‘n gediversifiseerde portefeulje om beleggers se risiko te beperk. Sedert die stigting van die Groeifonds kon meer as 20 besighede en instellings in Orania deur die Groeifonds gefinansier word. Die Fonds het tans beleggings van sowat R4 miljoen, maar

dit bly noodsaaklik dat dit uitgebrei moet word ten einde ‘n groter bydrae tot die versterking van Orania se ekonomie te maak. Daarom het die Orania Beweging ‘n projek aangekondig om R100 000 se beleggings per debietorder per maand vir die Groeifonds te werf. Beleggers kan ook ‘n eenmalige belegging in die Groeifonds maak. Op 1 Maart elke jaar word aandele vir beleggings uitgereik en ontvang beleggers hul dividende. In onseker tye, met baie skemas wat hoë risiko-beleggings bied, bied die Orania Groeifonds gemoedsrus met ‘n konserwatiewe beleggingstrategie en die wete dat jy nie net in nog ‘n fonds jou geld belê nie, maar dat jy dit in die toekoms van ons mense doen deur jou geld in die uitbreiding van Orania te belê!

Die klein winkelsentrum waarin Roelien de Klerk Juwele en die Orania Wynhuis tans besigheid doen, is deur die Groeifonds gebou. Dit is een van die talle projekte wat die Orania Groeifonds al in Orania aangepak het.


Orania-nuus

Dorpsraad beplan om in 2012 voort te bou op huidige suksesresep Afrikaners het die laaste dekade of twee verskeie sogenaamde vryheidsbewegings gesien kom en gaan. Orania is waarskynlik die enigste beweging wat volhoubaar blyk te wees en jaar vir jaar groei. Die vraag is waarom Orania dit kon regkry en of daar voortgebou kan word op hierdie suksesse. deur Frans de Klerk Daar is vyf hoofredes vir Orania se sukses. Die eerste rede is die feit dat Orania deur ‘n kultuur van politieke nugterheid gekenmerk word. Ons het in Orania die veranderinge om ons aanvaar en eerder begin poog om ‘n alternatief vir ons mense te skep. Tweedens is Orania sterk gefokus op die ontwikkeling en beskerming van Afrikanerkultuur en neem ons die druk waaronder ons kultuur verkeer, ernstig op en leef ons daagliks ons kultuur in Orania uit. Ons kinders word groot in ‘n omgewing waar hulle hul kultuur met vrymoedigheid kan uitleef. Derdens bied Orania ‘n veilige omgewing vir ons mense wat die afgelope tyd ernstig deur misdaad geraak en getraumatiseer word. Nog ‘n rede vir Orania se sukses is die feit dat ons beheer oor ons eie instellings soos skole, museums, ekonomiese instellings en natuurlik ons eie munisipale dienste het. Die Orania Dorpsraad, wat met baie

12

|

Voorgrond

min bronne op ‘n effektiewe wyse geweldig baie vermag, gee vir ons ‘n mededingende voordeel bo die talle dorpe in die land waar munisipale dienste in wanorde verkeer. Die vyfde rede vir Orania se volgehoue groei en ontwikkeling is die feit dat ons nie net op die korttermynbehoeftes van ‘n enkele belangegroep gefokus is nie, maar dat ons ‘n duidelike visie en droom het wat gerig is op vryheid en gebou is op ‘n intellektueel verantwoordbare grondslag. Ons uitdaging is om hierdie vyf punte voortdurend verder uit te bou en om te verseker dat dit volhoubaar toegepas word. Die Orania Dorpsraad het gedurende 2011 groot vordering gemaak met die verbetering van dienste en die implementering van stelsels wat aan die gemeenskap se groeiende behoeftes voldoen. Vir die eerste keer kon die Dorpsraad groot kapitaalprojekte aanpak en is doeltreffende nuwe

toerusting en masjinerie aangekoop. Die Dorpsraad se begroting vir 2012 is byna R10 miljoen, wat 80% meer is as die begroting vir 2010. Daar word beplan om gedurende 2012 sterk te fokus op die verbetering van die bestaande infrastruktuur. Voorts sal daar ‘n groot fokus op die estetiese voorkoms van die dorp wees en is daar van 1 Maart af vir die eerste keer ‘n afdeling in die Dorpsraad vir Tuine en Parke geskep. Dié afdeling met sy twee permanente werknemers sal sorg dat Orania se estetiese voorkoms heelwat verbeter. Kapitale projekte wat gedurende 2012 deur die Orania Dorpsraad beplan word, is die ontwikkeling van ontspanningsgeriewe by die Kuierstoep in Kleingeluk, die opgradering van die dorpsingang, wat sal insluit die plavei van die gebied om die Orania-vulstasie. Die Dorpsraad beplan ook om kapitaal te investeer in die opgradering van rioolplase, die dorp se wateren elektrisiteitsverspreidingsnetwerke en die herwinningsbank waar huishoudelike afval tans herwin word. Die dorp se veiligheidstelsels gaan ook gedurende 2012 verbeter word met die installering van veiligheidskameras, die inrig van ‘n beheerkamer en die opleiding van vrywilligers. Die dorp se rugbyveld en tennisbane gaan ook opgegradeer word. Die komende paar maande gaan ‘n opwindende tyd vir Orania wees en die Orania Dorpsraad gaan toenemend poog om ‘n omgewing wat beleggings en nuwe intrekkers na Orania lok, te skep.


YsterklipGastehuis Gastehuis Ysterklip

Vir ‘n rustige Orania blaaskans in ‘n skoon en goed toegeruste eenheid met ‘n pragtige uitsig. Vanaf R150 per persoon per nag. Vir minstens twee opeenvolgende midweek-nagte (Maandag tot Donderdag) vir 2 persone tydens die maand van Mei 2012: 20% afslag (lede kry 25%) as u hierdie advertensie noem. Alle lede van die Orania Beweging kry deurgaans 10% afslag. Skakel John Strydom by 082 975 8132.


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Karoo Keur Koffieteria: 082 837 3807 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer Orania

‘n volkseie ervaring www.oewerpark.co.za


O R A NI A - NUUS

Ons trek Orania toe! “Orania? Is julle mal?”, wou baie van ons vriende weet. “Wat gaan julle daar doen? Hoe gaan julle oorleef?”, het hulle half paniekbevange gevra.

deur Quintin Diederichs en Rozanne Meyer

Dis al amper twee jaar later en ons is steeds gelukkig op Orania. Byna al ons eens skeptiese vriende en familielede het intussen kom kuier en is vandag, nes ons, trotse ondersteuners van Orania. So, nee, ons was toe nooit mal gewees nie! Rozanne Meyer (24) is gebore en getoë in Oos-Londen. Sy het na skool vir vyf jaar in Brittanje gewoon, waar sy haar honneurs in besigheidsbestuur aan die Universiteit van Wallis voltooi het. Quintin Diederichs het onlangs 30 geword en is van Pretoria afkomstig. Na matriek het hy vir sewe jaar in Europa gewoon. Daar het hy kommunikasiekunde deur UNISA studeer, die wêreld verken, werkondervinding opgedoen en sy eerste besigheid van die grond af opgebou. Beide van ons het al gekuier in die wêreld se grootste nagklubs, op die vinnigste treine gery, die bekendste museums, paleise en monumente besoek en vriende gemaak met interessante

16

|

Voorgrond

mense van oor die wêreld heen. Nou woon ons op Orania, en dis wonderlik! Alhoewel ons al die voordele van Europa geniet het, was ons beslis nie bereid om ons Afrikanerskap prys te gee nie. Ons het soms huis toe verlang, maar Suid-Afrika het nooit vir ons gevoel soos ’n plek waar ons hoort nie. Wanneer ‘n mens uit die buiteland kom kuier, besef jy elke keer tot watter mate Afrikaners se omstandighede verswak het sedert jy laas in die land was. Nietemin, as dit nie vir Orania was nie, dan sou ons waarskynlik nou nog in Europa gewees het. Hoekom het ons dan besluit om Orania toe te trek? Ons is mos ’n jong paartjie en deel van die nuwe generasie. Die antwoord is eenvoudig: as deel van die nuwe generasie Afrikaners is Orania die enigste plek op aarde waar ons net onsself kan wees, ons taal met trots kan praat orals waar ons gaan, ons kultuur onbeskaamd kan uitleef en soos normale mense kan lewe sonder alarms en tralies om ons. Orania groei vinnig en sy ontwikkelende ekonomie bied puik geleenthede vir jong entrepreneurs wat ’n toekoms vir hulself wil loswerk. Op Orania word daar net van


Orania-nuus

In Orania word die Afrikanerkultuur uitgeleef soos met die herdenking van Geloftedag elke jaar.

Afrikanerarbeid gebruik gemaak. Volkseie arbeid vergemaklik organisatoriese kommunikasie en almal is op dieselfde bladsy sover dit werketiek en standaarde betref. Afrikanerarbeid is wel duurder, maar die voordele wat dit vir die hele gemeenskap inhou, is van onskatbare waarde. Die samelewing op Orania laat ons baie dink aan die meeste Europese lande waar dit vir Westerse mense normaal is om in hul eie tale (m.a.w. nie Engels nie) skool te gaan, te werk en sosialiseer. Dit is vanselfsprekend dat kinders in bv. Italië op skool leer van die Italiaanse kunste, geskiedenis en kultuur – dit

alles in Italiaans. Dus is Orania, waar kinders in Afrikaans leer van die Afrikanerkunste, geskiedenis en kultuur, ook net normaal. Dit is vir ons steeds verblydend om te sien dat die Afrikanertuiste se skole puik presteer en met rasse skrede groei. Natuurlik praat die meeste Oraniërs vlot Engels en soms ander tale ook, maar ons moedertaal kom eerste. Ons beplan om binnekort ons eie gesin te begin en daar is eenvoudig nie ’n ander plek op aarde waar ons kinders die geleenthede gaan kry wat Orania hulle bied nie. Daar gaan nie eendag teen ons kinders gediskrimineer word

net omdat hulle Afrikaners is, of omdat hulle nie swart, pienk of pers is nie. Hulle sal nooit voel dat hulle anders is of met skuldgevoelens oor hul voorvaders hoef te leer nie. Orania is net die begin van ’n veel groter plek onder die son waar mense soos ons vir onsself ’n toekoms kom bou. Alhoewel dit net ’n deeltjie uitmaak van ons en die nageslag se eie vaderland, is dit vir ons reeds ’n eer en absolute plesier om saam te bou aan iets wat ons weet vir baie lank gaan hou. Quintin en Rozanne besit en bestuur ’n paar besighede op Orania en trou op 24 Maart 2012 hier in die Afrikanertuiste.

Maart 2012 |

17


Orania-nuus

Die Conradies onstuitbaar deel om die Orania-droom te verwesenlik Ons het twee kinders, Mia (12) en De Wet (10) wat dolgelukkig in die CVO-skool is en nóg gelukkiger wanneer hulle Orania se strate met fietse invaar, die rivier aandurf op kajakke of op binnebande. Ek en my vrou was nog altyd lief vir en betrokke by die jeug – het al klaar weer 22 kinders in die koshuis “aangeneem” waar ons vir hulle kos maak. Voor ons in Desember Orania toe verhuis het, was ons Potchefstromers. Ek is ‘n sakeman en my vrou was ‘n voedseldiensbestuurder by die Universiteit. Ons was op heelwat terreine in die gemeenskap betrokke, te veel om te noem en moes die laaste drie maande gedurig deur afskeidsfunksies wroeg! Ja, dit het baie afskeidstrane gekos om by ons droom om Oraniërs te word, uit te kom. In Orania is my vrou, Hannetjie, betrokke by die bestuur van die spa en ek het ‘n pos by die Dorpsraad, waar opwindende dinamika aan’t ontwikkel is. Dan, getrou aan Orania-styl, met meer as een yster in die vuur, maak ons natuurlik nog tussenin kos vir die koshuiskinders, sewe dae van die week! En tussenin, net om seker te maak ons raak nie ledig nie, bou ons nog huis ook! Eienaarbouers. Hoekom Orania toe? ‘n Mens kan mos nie altyd heeltemal verklaar hoe ‘n liefdesverhouding ontstaan nie. Maar dit het met liefde begin. Ons was die eerste wittebroodspaar wat ons hele wittebrood op Orania gehou het en toe was dit ‘n ander liefde-met-die-eerste-oogopslag! Van daaraf wou ons net “trou” (Orania toe trek) en ons kinders die voorreg gun om in so ‘n fantastiese omgewing groot te word. My raad aan mense wat oorweeg om Orania toe te verhuis, is: As jy ‘n begrip van die beperkinge van werks- en sakegeleenthede het en ‘n plan het om dit te oorbrug, moenie wag nie, kom kry ‘n lewe! Moenie dat oordrewe materialisme jou keer nie. Dit is ‘n moeilike vraag om te beantwoord wat ons die meeste in Orania geniet. Die kinders sal wil sê die swembad, rivier, maats, vryheid van veilige beweging en die natuurlewe. Vir ons is die gasvryheid en vriendelikheid, die familiariteit van die gemeenskap allerkosbaars. Die bruisende pioniersgevoel van deel wees van ‘n ontsagwekkende droom, die een-van-sin-belewing van die vryheidsideaal tussen enersdenkendes.

18

|

Voorgrond

Christo en Hannetjie Conradie het soos ware pioniers groot opofferings gemaak om ook van Desember 2011 af volwaardige Oraniërs te word. Christo vertel meer oor wie hulle is en waarom hulle Orania toe gekom het.

Ja, ons geniet ook, soos die blindheid van verliefdheid die wonderskone Karoo. Ons sien geen gebrek nie, alles is net so pragtig! Daar is uitdagings wat nog te bowe gekom moet word, soos die netheid van sommige woon-en-sakepersele. Ons besef dit is soms moeilik. ‘n Tekort aan arbeid, finansies en tyd bring dit mee, maar ons is nou eenmaal onder die radar van die wêreld daarbuite en ‘n negatiewe beeld van watter aard ook al, belemmer groei wat so broodnodig is. Maar ons is oorstelp positief. Orania is onstuitbaar op pad en met die wil van die Here sal Orania al meer onstuitbaar suksesvol wees.


O ranian R A N I A - IuDuE sN T I T E I T

Daar met elke tree...

Professionele beleggingsbestuur

FDV no. 31963

• Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings • Oorsese beleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


Orania-nuus

Jong entrepreneurspaar kom deel in Orania se hoë Lewenskwaliteit Sarel en Yolandi Roets is nog een van die jong gesinne wat sedert die begin van 2012 Orania hul tuiste kom maak het. Jaco Kleynhans het ‘n paar vrae aan die Roetse gestel. Vertel ons meer van julle gesin. Ek en Yolandi het in 2005 getrou en sedertdien het ons Hemelse Vader ons geseën met 3 wonderlike en gesonde seuns. Die oudste is 5 jaar oud, die middelkind is 3 en word hierdie jaar 4 en ons bababoeta is einde laasjaar gebore. Ons is nie fieterjasiemense nie en vat die lewe soos hy kom. ‘n Positiewe houding maak werklik alle laste lig, daarom verkies ons om eerder dankbaar te wees vir die gawes wat ons wel van Bo ontvang, eerder as om te kla oor dit wat ons dalk nog kortkom. Ons is ook mense wat graag tyd maak vir en betrokke raak by ons gemeenskap. Wat het julle gedoen voordat julle Orania toe getrek het? Ek was vir 5 jaar predikant in die AP-Kerk. Eers in Buhrmannsdrif en die laaste 3 jaar in Groblersdal. Regtig ‘n wonderlike ervaring gewees waar ons goeie vriende gemaak het. AP-Kerk Groblersdal sal ons altyd na aan die hart bly. Yolandi het Kindermusik aangebied vir die kleuters van Groblersdal en Marblehall. Wat doen julle in Orania? Ek lewe my droom uit! Ek het alreeds in 2010 ‘n toermaatskappy genaamd WildHeart Adventures begin. Saam met die predikantswerk was daar egter nie genoeg tyd daarvoor nie. Met ons trek na Orania het ek ‘n onderafdeling van die maatskappy geskep, genaamd Veldskoen Toere en Buitelewespesialiste om spesifiek vir die ChristenAfrikanermark toere en kampe aan te bied. Wat het julle laat besluit om Orania toe te verhuis? ‘n Sameloop van baie dinge. Eerstens sien ons die Orania-plan as die enigste werkbare oplossing vir die Afrikaner in Suid-Afrika en daarom het ons besluit om ook ons deel hier te kom doen. Die lewe in die res van Suid-Afrika het vir ons ondraaglik geraak en die vooruitsig dat ons ons kinders daaraan moes blootstel, was nie vir ons aanvaarbaar nie. Ons kan nie dink aan ‘n beter plek om ons kinders groot te maak nie. Laastens was dit ook die ideale plek om ons besigheid te begin omdat dit sentraal geleë in Suid-Afrika is en ‘n veilige plek waar ‘n mens met rustigheid vrou en kinders kan agterlaat as ek dalk iewers in Afrika rondry vir besigheid.

20

|

Voorgrond

Wat sal julle vir mense sê wat dit ook oorweeg om Orania toe te trek? Soos iemand vir ons gesê het: As jy Orania toe trek, daal jou lewenstyl, maar jou lewenskwaliteit styg. ‘n Mens moet besluit wat vir jou die belangrikste in die lewe is en daarvolgens jou besluit neem. Wat geniet julle sover die meeste van Orania? Rus en vrede, die vriendelikheid van die gemeenskap en die feit dat ons hier ‘n verskil kan maak aan die plek waar ons bly. Wat dink julle is van die grootste uitdagings wat Orania nog te bowe moet kom? Mense se skewe persepsies te breek en ‘n stewige fondasie te lê vir die toekoms. Maar ek moet ook sê, ek dink Orania is reeds besig om daarvan werk te maak.


H e l p s aa m p r o j e k t e

Helpsaamfonds bevorder maatskaplike stabiliteit in Orania Die Orania Beweging Helpsaamfonds het die afgelope tyd groot vordering gemaak om deur volhoubare projekte maatskaplike stabiliteit in Orania te verseker. deur Jaco Kleynhans

Bouwerk vorder goed aan die nuwe Nerina-woonstelle vir vrouewerkers.

22

|

Voorgrond

Die Fonds se finansiële state vir 2011 is onlangs geoudit en dit toon ‘n styging in inkomste van meer as 50% sedert 2010. Die Fonds se inkomste vir 2011 was R1,6 miljoen, wat hoofsaaklik uit die bydraes van Orania Beweging-lede en enkele ander donateurs kom. ‘n Ruim skenking is ook van ‘n ander maatskaplike organisasie ontvang vir die opgradering van Elim. Die Helpsaamfonds het gedurende 2011 sy sterk fokus op die skep van gesubsidieerde behuising vir arm Afrikaners verder uitgebou. Meer as R400 000 is aan opgraderings by Elim gespandeer en daar is begin met die bouwerk aan die agt nuwe Nerina Woonstelle vir vroue. Meer as R500 000 is gedurende 2011 op hierdie projek gespandeer en bouwerk behoort teen April vanjaar voltooi te wees. Behuising is egter net een deel van die Helpsaamfonds se werksaamhede. Ten einde suksesvol daarin te wees om arm gesinne en individue op ‘n volhoubare basis in Orania te vestig, is dit ook nodig om op sake soos onderwys, maatskaplike en mediese dienste te fokus.

Gedurende 2011 het die Helpsaamfonds meer as R160 000 aan Orania se skole geskenk vir die subsidiëring van arm kinders se skoolgeld. Sowat R50 000 is aan maatskaplike en mediese dienste gespandeer en meer as R200 000 aan gemeenskapsontwikkelingsprojekte. Die Helpsaamfonds begin ook toenemend ‘n rol speel in die verdere opleiding van arbeiders in Orania en meer as R10 000 is gedurende 2011 aan opleidingskursusse gespandeer. Die Helpsaamfonds gaan vanjaar hierdie projekte verder uitbrei en versterk. Die fokus is tans op die voltooiing van die Nerina Woonstelle en alle fondsinsamelingsprojekte word hierop gefokus. Verdere uitbreiding op opgraderings by Elim en die Deurgangsbehuising word ook reeds beplan. Afrikanerarmoede kan slegs doeltreffend teengewerk word indien ons vir mense volhoubare oplossings bied. Die Helpsaamfonds wil sy vermoë om arm Afrikanergesinne in Orania te hervestig verder uitbrei en daarvoor is ‘n groter investering in behuising, onderwys, maatskaplike dienste en mediese dienste, om slegs enkeles te noem, broodnodig.


Agtergrond

Wat maak die Orania Beweging groot? Om te vra: Wat maak die Orania Beweging groot? veronderstel dat ons wel groot is - ‘n gedagte wat nie sonder meer vanselfsprekend is nie. Ek wil egter aanvoer dat ons wel groot is en om my siening uiteen te sit, gaan ek ‘n denkbeeldige debat aanknoop met iemand wat die gedagte ondersteun, maar die leiers van die Beweging aanspreek oor wat hy as ‘n gebrek aan grootheid beskou. Orania is goed en wel, maar dit bly ‘n dorp; wat ons nodig het, is ‘n volkstaat, nie ‘n enkele klein dorpie nie! Daarop het ek al ‘n duisendmaal gesê dit is waar, maar ons moet werk met wat ons het. Ons verkondig die gedagte al vir veertig jaar en ons pleit by Afrikaners om dit te ondersteun. Ons kan wens dat ‘n honderdduisend al hulle lot by ons moes ingooi, maar as dit eenduisend is wat hierheen getrek het en twee en ‘n half duisend hulle steun in die vorm van lidmaatskap en deelname gee, dan werk ons daarmee. Eerder ‘n halwe eier as ‘n leë dop! Die kleine is die voorloper van die grote, nie die plaasvervanger daarvan nie. Natuurlik, ek wil niks wegneem van wat al bereik is nie, maar ek mis die groot manier waarop die volkstaat voor 1994 as alternatief vir die nuwe Suid-Afrika verkondig is, so asof julle met die kleinheid verlief neem. Dit is waar, toe het ons groot gedink en groot gepraat. Maar elke tydperk het ‘n logika van

24

|

Voorgrond

sy eie. Voor 1994 het Afrikaners oor Suid-Afrika se staatsmag beskik en dit was heel denkbaar dat ons die onvolhoubare soewereiniteit oor die hele Suid-Afrika as’t ware inruil vir volhoubare soewereiniteit oor ‘n kleiner deel daarvan - as ons genoeg Afrikaners kon oorreed om dit te ondersteun! Die feit bly egter staan dat volkstaters nie op ‘n realistise plan kon ooreenkom nie en dat, deels as gevolg daarvan, die meeste Afrikaners nie volkstaters geword het nie. Intussen het die geskiedenis sy loop geneem en van ons grootpratery het nie eers warm wind oorgebly nie. Goed en wel, maar ons streef tog nog dieselfde vryheid na en dit vereis ‘n sekere skaal. Een klein Karoodorp is net nie genoeg nie, julle moet hoër mik, byvoorbeeld: verkondig die volkstaat van hier tot aan die Weskus! Dit het ons gedoen en ons het die gedagte nie prysgegee nie. Ons het egter geleer dat dit nie die grootte van die uitnodiging is wat die grootte van die opkoms bepaal nie, die geloofwaardigheid daarvan bepaal die opkoms. Orania het die geloofwaardigheid van ‘n werklikheid wat nie misken kan word nie. Dit bied die grondslag waarop ons kan doen wat ‘n nuwe tydperk van ons vra. Wat dit vra is ‘n plaasvervanger vir die woorde “ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”. Ons mense neem verbasend stadig afskeid van “ons” Suid-Afrika, deels omdat die leemte wat dit laat te groot is. Vir ons om te slaag moet die groot Orania, die beliggaamde Orania-gedagte, daardie leemte kan vul. Om dit reg te kry het ons meer as planne nodig, ons het ook hoopgewende werklikhede nodig - simbolies gewigtig, al is dit nog klein. Met wat jy sê, kan ek nie stry nie, maar dit voel ‘n bietjie vaag en abstrak. Dit voel nie of ek daadwerklik daartoe bydra nie, selfs al bly ek nie in Orania nie. As dit waar is, moet ons teruggaan tekenbord toe met die draers van ons gedagte. Dan moet ons weer na die funksionering van ons organisasie kyk. Miskien is ‘n goeie punt om te begin - vir ons leiers en ons deelnemers - die Vryheidstigting se algemene doel. Tob ‘n bietjie oor hierdie bedrieglik eenvoudige woorde, want dit gaan nie ééndag eers van krag word nie, ons is nou al daarmee besig: “Die Vryheidstigting beywer hom vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n eie, demokratiese republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings ingerig word en wat die toepaslikste vorm en mate van selfstandigheid in verhouding tot ander betrokke staatseenhede nastreef.” Carel Boshoff (iv) President van die Orania Beweging


Veldskoen Dag Uitstappies vanaf Orania

In die voetspore van De la Rey Mokala Nasionale park Vanderkloof skemerkelkie bootrit

13 dag Namibië toer

Buitelandse selfry 4x4-toere

(24 Junie – 6 Julie 2012)

ʼn Ware 4x4 Avontuur na van die mooiste en beste plekke wat ‘n mens in Suider-Afrika kan besoek. Toer sluit alle etes en verblyf in, sowel as ʼn verskeidenheid aktiwiteite. Plekke wat besoek gaan word sluit in: Okavango Delta, Caprivi, Etosha, Sossusvlei, Kgalagadi en ʼn 2-dag Namib duinervaring

Veldskoen is ʼn onderafdeling van die WildHeart Adventures-maatskappy. Veldskoen is uitsluitlik gefokus op die behoudende Afrikanermark.


Estella Aftree-oord ‘n Sorgvrye lewe in ‘n veilige Orania. Tree af in styl, gerief en gemak.

Moderne losstaande twee- en drieslaapkamerhuise van hoogstaande gehalte met motorhuise of motorafdak. Fasiliteite in beplanning ‘n Klubhuis met die volgende: • Eetsaal • Sitkamer met televisiefasiliteite • Biblioteek • ‘n Mediese fasiliteit word ook nader aan die voltooiing van die hele ontwikkeling in die vooruitsig gestel Eenhede is beskikbaar vanaf R925 000. Navrae: Skakel vir Roelien de Klerk by 083 683 3070 of Dr Willie Schoeman by 082 490 4937.

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900


Orania Voorgrond Maart 2012