Issuu on Google+

VOORGROND Lees binne

Maart 2010 1/4

Europese skakeltoer Geloftefees 2010 Mediagolf tref Orania Arende in die omgewing Wenners van Voorgrond-fotokompetisie


r eda k s io n e l e i n l ig t i n g

Belangrike Telefoonnommers Inligtingskantoor: 053 207 0062

Volkskool Orania: 053 207 0161

Orania Dorpskantoor: 053 207 0063/4

Orania Groeifonds: 053 207 0082

CVO-skool Orania: 053 207 0177

Helpsaamfonds: 053 207 0062

GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 084 404 1904 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Verblyf in Orania 1. Sonvanger (Selfsorgakkommodasie) 079 386 3451 2. Die Geweltjie (Selfsorgakkommodasie) 084 816 4932

3. Orania Oewerhotel Luukse Akkommodasie 053 207 0118 4 Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie 083 600 1780 5. Herberg Oranje (Gastehuis) - 053 207 0070 6. Boskamp (chalet) - 083 388 1433 7. Die Ou Melkplaas (Gastehuis) 084 491 1947 8 Oranje-Sig (Selfsorgakkommodasie) 10% afslag aan lede van die Orania Beweging 082 894 5053 9. Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) 053 207 0118 10. Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) 053 207 0038 11. Cha-Du-Brie (Gastehuis) 082 349 3411

VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging 2

Redakteur: Lida Strydom Medewerkers: Martin Kemp Frans de Klerk Jan Spies Karin Coetsee Esna Schumann Ronelle Visagie Eleanor Lombard Carel Boshoff (iv) Foto’s Hester van Zyl Lida Strydom Lurina Eykelenboom-Fourie Francois de Vos Coraine Oosthuizen Andy Williams Karin Coetsee Tammy Strümpher Eleanor Lombard Helena Kotze Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062 Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: inligting@orania.co.za of oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek:

oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com

Kulturele vakansiedae In Orania 27 Februarie - Majubadag 6 April - Stigtingsdag 31 Mei - Bittereinderdag 14 Augustus - Taaldag 10 Oktober - Heldedag 16 Desember - Geloftedag

Voorgrond Maart 2010


r eda k t e u r s pe r s pe k t ief

redakteursperspektief Ons kry daagliks tientalle briewe per e-pos of telefoniese navrae met die belangrike vrae: Wat moet ek doen om op Orania te kom woon? Is daar werk? Is daar huisvesting? Hoe lyk die skole? Sal ek aanvaar word? Daar buite raak die nood hoog. Ons mense verkeer onder uiterste druk. Hulle het reeds in baie gevalle hulle skole verloor. Veiligheid en beskerming bestaan lankal nie meer nie. Taalregte gaan verlore. Plekname is verander. Paaie is onrybaar. Mediese dienste is in ’n haglike toestand. Die huidige euforie oor die vrylating van Nelson Mandela in 1992 pas nie by die tsunami van moedeloosheid wat oor ons eie mense spoel nie. Die werklikheid is ongelukkig toe ver verwyderd van die soet beloftes van wigte en teenwigte. Ek wil tog net weer herinner dat Orania se bestaan op goeie akademiese navorsing van die sestigerjare berus. Dis nie ’n gedagte wat in antwoord op die 2 Februarie 1990toespraak uit die lug gegryp is nie. Die Noordwes-Kaap is om baie spesifieke redes gekies. ’n Klein handjievol mense het in die saak geglo en die Exodus aangepak om hier ’n werklikheid te skep waarin Afrikaners sou tuisvoel. Veral diegene wat vanaf die beginjare hier gewoon het, kan vertel van dié dinge wat hulle prys gegee het om aan Orania te kom bou. Maar

deur hier te wéés bou hulle daagliks aan groeiende selfbeskikking vir Afrikaners. Wat moet ek doen om op Orania te kom woon? As jy die Afrikanerkultuur in beskerming wil neem, besluit eenvoudig en kom. Is daar werk? Ja, dalk nie die tipe werk wat jy op die oomblik doen nie en dalk ook nie teen die salaris wat jy tans verdien nie, maar hoe meer mense die besluit neem hoe gouer sal die tipe betrekkings wat in Orania beskikbaar is verander. Is daar huisvesting? Ja, huurhuise is min, daar is eiendomme te koop en eiendomsagente wat dit bemark. Daar is ook daagliks bouspanne aan die werk om meer huise te bou. Hoe lyk die skole? Twee uitstekende privaatskole is beskikbaar, beide van Graad O* tot 12. Min dorpe van Orania se grootte bied ’n keuse in opvoedingstelsels. Sal ek aanvaar word? As jy verstaan waaroor Orania gaan en dit ondersteun, is jy werlkom. Jy is natuurlik ook welkom om Orania eers as ’n uitwoner van buite te ondersteun. Elke inwoner van Orania sou aan duisend redes kon dink hoekom hulle oorspronklik nie kon kom nie. Hulle het egter een belangrike rede gevind en gekom. Wat gaan jy doen? Tot volgende keer! Lida Strydom Redakteur

Sommige mense het ’n duisend redes waarom hulle nie kan doen wat hulle wil nie. Eintlik het hulle net een rede nodig waarom hulle wél kan. Willis R. Whitney Die Orania Beweging is ‘n kultuur-politieke instelling wat steun werf vir die ideaal van Afrikanerselfbeskikking. Die Beweging poog om deur ‘n proses van groeiende selfbeskikking aan hierdie ideaal konkrete beslag te gee. Daarom sê ons dat Orania ‘n selfstandige Afrikanergemeenskap is wat ’n federale bestel vir SuidAfrika ondersteun.

*Graad O = Ontvangs

Voorbladfoto

Die wenfoto van Voorgrond se Fotokompetisie deur Hester van Zyl. Die foto van Hendrik Holder wat strooibale aflaai word beskryf as die Klein Reus in aksie! Die Klein Reus is Orania se simbool van selfwerksaamheid.

Voorgrond Maart 2010

3


V l u y t je s k r aa l aa n de l eb lo k B epe r k

BOODSKAP VIR VOORGROND DEUR MARTIN KEMP Januarie 2010 Dit is vir my ’n aangename voorreg om op hierdie wyse met die Orania Beweging-lede te kan kommunikeer. Julle is die mense wat belangstel in Orania se vooruitgang en ons as inwonende Oraniërs is baie dankbaar daarvoor. Soos u self agtergekom het, is Orania se ideaal besig om gestalte te kry en met die beperkte middele en fondse tot ons beskikking besig om te slaag. Ons het van ’n klein begin op 13 April 1991 gegroei tot ’n inwonertal van ongeveer 700. Ons het baie uitwoners, mense wat hier belange en eiendom het, maar wat weens omstandighede in die Nuwe Suid-Afrika nie hulle eiendomme en belange daar kan laat en hier kom vestig nie. Ons weet dat hulle dit graag sou wou doen. Kyk maar wat

Die Burgemeesterspaar, Martin en Miemie Kemp, het bemiddel dat ‘n versteende boomstam deel van Orania se aantreklikhede word. Hulle staan regs op die foto

4

Beeld se opname getoon het. Al het Beeld Orania in ’n slegte lig probeer stel, het 57% van die persone wat aan die opname deelgeneem het, gestem dat hulle graag hier sou wou kom bly. Van die ander was nie seker of hulle sou kom nie en dan was daar natuurlik dié wat doodseker was (op hierdie tydstip) dat hulle nie sal kom nie. Orania het ’n baken van hoop geword vir die Afrikaner. Vluytjeskraal Aandeleblok Beperk (VAB) is ’n baie belangrike rat in die geoliede masjien van Orania. VAB moet sorg dat ons dorp se infrastruktuur werk: skoon water, ’n effektiewe rioolstelsel, goeie elektrisiteitstoevoer en rybare paaie. Ons dorp moet so ver as moontlik netjies voorkom, ens. Al hierdie geld kom uit die belastingbetalers se sakke. Orania ontvang geen subsidies soos ander dorpe van die staat nie. Daar moet geskikte ontspanningsgeriewe vir die inwoners en toeriste wees. Kyk maar na ons swembad, sportterreine (atletiek, rugby, tennis, jukskei, pluimbal, ens.). Orania se inwoners werk wonderlik saam om al

hierdie geriewe daar te kan stel. Ons afvalbestuurstelsel word as model in die Noord-Kaap voorgehou. Ons uitstekende skole se getalle is besig om met rasse skrede te groei as gevolg van die hoë peil van onderwys wat aangebied word. Leerlinge van omliggende dorpe word al hoe meer ingeskryf by ons skole. Orania se gemeenskap groei nie so vinnig as wat ons dit sou wou hê nie, maar eerder kwaliteit as kwantiteit. Met ’n hernude klem op die mikrogemeenskap in die wêreld, dus weg van die makro-gemeenskap, word Orania selfs deur leiersfigure in die Suid-Afrikaanse regering as voorbeeld gebruik vir ’n gemeenskap wat nie bakhand staan nie, maar na hulleself kyk. Mense gee hier vir mekaar om en deel in mekaar se vreugde en leed. Saans kan ons mense na ’n harde dag se arbeid rustig gaan slaap. Ons beskik oor ’n gesofistikeerde bankstelsel met ons eie geldeenheid. Ons het ’n eie radiostasie, eie webwerfdiensverskaffer, ’n wêreldwye inligtingstelsel, ’n gesofistikeerde landboubesproeiingstelsel, TV-skottels met DSTV. Saam met die direksie hou ons toesig oor ’n Afrikanergemeenskap wat wil en sal slaag. MARTIN KEMP Eienaars van eiendom in Orania is aandeelhouers in VAB. Martin Kemp is die voorsitter van die direksie van VAB

Voorgrond Maart 2010


Skakeling

Europese skakeltoer 2010 Dit is vir die Orania Beweging van groot belang om sy buitelandse ondersteuningsbasis deurlopend uit te brei. Dit is om hierdie rede dat die Buitelandse Vriende van Orania reeds etlike jare gelede tot stand gekom het om dit vir buitelanders moontlik te maak om by die Orania Beweging aan te sluit. Vanjaar word skakeling met vriende in Europa nog ‘n stappie verder geneem wanneer Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, verskeie lande in Europa vanaf 16 Maart tot 3 April besoek. Tydens hierdie besoek gaan daar gesprek gevoer word met politieke partye, kulturele verenigings, meningsvormers en lede van die Orania Beweging in die buiteland. Vier openbare byeenkomste sal ook tydens die besoek gehou word om

belangstellendes die geleentheid te bied om eerstehands meer inligting rakende Orania te bekom. Hierdie byeenkomste sal onderskeidelik plaasvind in België (Vlaandere), Nederland, Engeland en Duitsland. ‘n Besoek aan Suid-Tirool in die noorde van Italië is ook deel van die beplanning. Hierdie Duitssprekende gemeenskap is reeds vir dekades gewikkel in ‘n stryd vir die behoud van hulle kultuur en inskakeling by Oostenryk. Verteenwoordigers van die Orania Beweging sal ontvang word deur lede van die Suid-Tiroolse Volksparty, wat ook die regerende party in hierdie streek van Italië is. “Afrikaners moet hulle bande versterk met hulle stamlande en ander Afrikaners wat tans in die buiteland woonagtig is,” het Frans gesê. “Ons het die ondersteuning van baie meer

Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van Orania Beweging, besoek Europa vanaf 16 Maart saam met adv. Rian Genis om belangrike skakelwerk te doen

vriende nodig indien ons van Orania ‘n groot sukses wil maak”. Die Europese skakeltoer in 2010 is in opvolging van ‘n vorige skakeltoer wat verteenwoordigers van die Orania Beweging in 2006 aan Europa gebring het. Frans de Klerk sal op die toer vergesel word deur adv. Rian Genis.

Orania Beweging Europese skakeltoer 2010 - Openbare byeenkomste 13:00 Saterdag 20 Maart 2010 Jaarvergadering van die Vrienden van Zuid-Afrika, Antwerpen, Vlaandere. Frans de Klerk tree as geleentheidspreker op. Skakelpersoon: Jan van Aerschot Tel:+32 (0)24 660 975 jan.vanaerschot@base.be Toegang: Gratis. Ete @ €27 per persoon 19:30 Vrydag 26 Maart 2010 Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania, Veenendaal, Nederland Skakelpersoon: Atella Botha (mev.) +31 (0)62 9277 798 oranianederland@gmail.com Toegang: Gratis. Ligte verversings

14:00 Saterdag 27 Maart 2010 Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania, London, Engeland Skakelpersoon: Gawie Snyman +44 (0)79 2148 3425 snymansboer@yahoo.co.uk Toegang: Gratis. Ligte verversings 20:00 Maandag 29 Maart 2010 Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania in Frankfurt, Duitsland Skakelpersoon: Aaron Kahland +49 (0)17 2816 6457 aaronkahland@googlemail.com Toegang: Gratis. Ligte verversings

Besprekings vir die bywoning van enige van genoemde byeenkomste moet by die betrokke skakelpersone gedoen word. Algemene navrae kan gerig word aan die Orania Beweging by oraniabeweging@orania.co.za of by telno: +27 (0) 53 207 0062

Voorgrond Maart 2010

5


fee s dae

Geloftefees 2010 16 Desember is ‘n datum wat steeds aan ons

harte raak. Die Geloftefeeskomitee vir 2009 het ook gesorg dat dié fees een was wat onthou sal word. Die program het reeds op 12 Desember begin toe ‘n Survivortipe spele Is jy die naam Boer werd? vir die jongklomp aangebied is.

Onder: Prof. Pieter Duvenage het die feesrede gelewer tydens die Geloftefees op Orania.

Op Saterdagaand 12 Desember is ‘n NP van Wyk Louw-Drama: Kruger breek die pad oop met groot sukses onder spelleiding van Anje Boshoff opgevoer. Op Woensdag 16 Desember het die dag wolkloos en skoon gebreek. Oraniërs en besoekers het met bultende piekniekmandjies by die Oewerpark opgedaag. Ds Lewis Strauss het die Geloftediens gelei, waarna prof. Pieter Duvenage die feesrede waargeneem het. Die Geloftefeeskomitee het tafels laat kreun onder sjokolade-pankoek en yskoue gemmerbier waarop die feesgangers met oorgawe toegesak het. Oom Kokkie de Kock het met die hulp van Riaan Daubney ‘n paar skote met ‘n Voorlaaier afgevuur. ‘n Mens staan net weereens verstom oor die wonderlike uitkoms van die Slag van Bloedrivier as ‘n mens te doene kry met die beperkinge van die wapens wat daardie dag gebruik is. Nadat die amptelike verrigtinge afgehandel is, het man en muis kos uitgepak vir ‘n heerlike kuierpiekniek op die groen grasperke van die Oewerpark. Is jý die naam Boer werd? Aangesien menige pa hieroor wonder as sy seuns Playstation speel, het die

6

2009-Geloftefeeskomitee besluit om te kyk of daar rede tot kommer is. Hulle het ‘n Survivorkompetisie met ’n Boere-oorlogtema aangebied. Elkeen van die deelnemers is in onder andere die volgende fasette getoets: getrouheid (oorlog gaan nie net oor die spoed waarteen jy die vyand kan uitmoor nie, maar ook oor die spoed waarteen jy gewonde makkers kan red); improvisasie (dis nie genoeg om uit te blink in dít wat jy gereeld oefen nie); uithouvermoë (ook wanneer een troep namens ‘n span moet presteer); die memorisering van bevele, ens. Een van die uitmergelendste toetse was ’n sjokoladekoek-eetkompetisie. Troepe moet kan koolhidrate opgaar wanneer dit beskikbaar is! Die kinkel in hierdie kabel was egter dat die versiersuiker tussen die lae koek meer as ’n pak rooipeper ingehad het. Vir diegene wat gesukkel het om die brand te verwerk was daar natuurlik melk beskikbaar, maar díé wat mooi deur die trane gekyk het, sou gesien het dat daar duiwels in die aanbieders se oë was – in die melk was daar ’n halwe bottel Very Peri... Chris Joubert het egter vir geeneen van hierdie uitdagings geskrik nie en al moes hy ná die koek sy mond in die Oranjerivier gaan uitspoel, het hy as die trotse wenner weggestap. Nikke Strydom Orania Toneelgeselskap Die Orania Amateurtoneelgeselskap het die ambisieuse taak aangepak om ‘n toneelstuk van NP van Wyk Louw vir Geloftefees 2009 op die planke te bring: Kruger breek die pad oop. Die sukses van die poging

Voorgrond Maart 2010


fee s dae Links: Oom Kokkie en tannie Marie de Kock in hulle tradisionele feesgewaad. Onder: Christiaan van der Merwe het die hoofrol vertolk in die drama Kruger breek die pad oop. Hier is Lida Strydom as tant Lena en Christiaan as Paul Kruger in ‘n aangrypende toneel uit die stuk.

blyk uit die feit dat hulle uitgenooi is om dit op Kleinfontein ook op te voer en op 7 Februarie sit twaalf van die lede af Pretoria toe vir dié gebeurtenis. Kruger breek die pad oop is ‘n historiese drama wat handel oor ‘n minder bekende deel van ons geskiedenis. Dit speel af twee dekades na die Groot Trek en beeld die onderlinge stryd en gebrek aan struktuur en leierskap uit wat in die Transvaal geheers het. Ook minder bekend is die opstande wat gereeld in dié tydperk uitgebreek het, waarin Afrikaners teen mekaar die wapen opgeneem het. Christaan van der Merwe, banneling van Orania en professionele akteur, lewer ’n meesterlike vertolking van die jong Paul Kruger. Dit is ‘n roerende toneelstuk waarin die jong Kruger as leier na vore begin tree en die belangrikheid van ‘n samebindende struktuur, soos beliggaam in die wet van die ZAR, bepleit en deurvoer. Terwyl die toneelstuk ‘n kollig werp op ‘n vroeër onbekende stuk verlede, bring dit ook betekenis vir ons wat in Orania en in die Orania Ondersteuningsgemeenskap by die geboorte van ‘n nuwe staat staan. Anje Strik Boshoff

Voorgrond Maart 2010

‘n Paar jonge dames was ook nuuskierig oor die Voorlaaier. V.l.n.r. Joanelle Everson, Magdaleen Jooste, Nikke en Monja Strydom en Iminje Hartzenberg

7


media

Mediagolf tref Orania S

aam met Januarie se hittegolwe het Orania 2010 begin met een van die grootste mediagolwe tot dusver. Beeld het vroeg in Januarie ‘n meningspeiling op hulle webwerf gehou. Die vraag was: Sal jy dit oorweeg om in ‘n volkstaat te gaan woon?

Positiewe en negatiewe artikels oor Orania het altyd ‘n verhoging in besoekers tot gevolg.

8

Of Beeld se redaksie of die ondersteuners van die Orania-idee die grootste verrassing gekry het toe 57% van die respondente positief op die vraag gereageer het, is onseker. Beeld het die peiling opgevolg deur ‘n neerhalende artikel deur Pieter du Toit, Volkstaat hou g’n heil in, te publiseer. Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van Orania Beweging, het daarna ‘n goed geformuleerde artikel Anderkant die kla vir Beeld geskryf. Verskeie rubrieke is in Beeld aan die volkstaatidee gewei. Die befaamde Marida Fitzpatrick is met ‘n redaksionele opdrag na Orania gestuur en het vyf dae in Orania deurgebring, duidelik op soek na rassisme wat sy aan die groot klok kon hang. Hoewel daar duidelik twyfel in haar gemoed ontstaan het nadat sy in Orania gekuier het, was sy nog nie gereed om ‘n paar dapper

erkentenisse te maak nie. Sy het graag verwys na Orania se sonverbleikte voorkoms, maar dit glad nie vergelyk met Petrusville se voorkoms of die voorkoms van Steynsville in Hopetown waar sy blykbaar ook gaan kuier het nie. Uiteindelik kon sy darem sê dat Orania se rassisme meer afgewater is as in die res van Suid-Afrika. Die reaksie op die artikels in Beeld het selfs die Oraniërs verstom, veral omdat lesers nie geskroom het om openlik hulle ondersteuning vir Orania uit te spreek nie. Selfs skrywers wat Orania nog nooit besoek het nie, het oorweldigend vir Orania kant gekies op Beeld se webwerf. Die veranderde omstandighede in Suid-Afrika, soos wat die Orania Beweging al meer as twintig jaar gelede voorspel het sou gebeur, het nou met die trefslag mense se oë laat oopskrik. Inderdaad begin baie mense nou eers besef waarom dit belangrik is dat ‘n minderheidsvolk

Voorgrond Maart 2010


media die geleentheid moet kan kry om oor homself te regeer. Tog het daar ‘n nog groter verrassing gewag: Die Kaapse koerant, Die Burger, het vroeg in Februarie op ‘n meningspeiling dié vraag gevra: In ‘n rubriek praat Die Burger se redakteur van hoe ‘n onlangse Beeld-peiling dui op ‘n nuwe Afrikaner-trek, ‘n verskuiwing van Afrikaners se gesindhede na ‘n soort psigiese Orania. Sou jy dit oorweeg om in ‘n volkstaat te bly? Dit is betekenisvol dat 1777stemme, oftewel 60% van die respondente, hierop JA geantwoord het. Intussen het drie jong Wes-Kaapse studente in joernalistiek Orania besoek en geweldige negatiewe berigte oor Orania die wêreld ingestuur. Orania is weer eens uitgekryt as die rassistiese hoofstad van die wêreld. Wat interessant is, is dat die Departement van Sielkunde van die Universiteit van Wes-Kaap onlangs studiestukke gepubliseer het

van rassisme wat op dié universiteit se kampus gevind is. Dalk moet Paul McNally en sy vriende net eers voor hulle eie deure gaan vee voordat hulle Orania kom aanval oor ‘n saak waarvan hulle begrip maar beperk skyn te wees. Die uitkoms van die gratis advertensie wat Orania die afgelope tyd in die

media ervaar het, het ‘n merkbare toename in navrae en besoeke aan Orania tot gevolg. Afrikaners wil nou werklik weet wie en wat Orania is. Ons kan maar net sê: Afrikaners, kom huis toe en help ons om van Orania die plek te maak waar júlle tuisvoel!

Dit kom van ver af! Gaste wat Orania onlangs besoek het, het ’n roerende storie oor die Anglo-Boereoorlog vertel. Tydens die afbrand van Boerewonings kon een van die Engelse offisiere dit nie oor sy hart kry om twee pragtige houtsnywerke te verbrand nie. Hy het die twee stukke teruggehou en saamgeneem huis toe. Baie jare daarna het sy gewete hom aangekla en het hy dit by die SuidAfrikaanse ambassade in Londen ingegee. ‘n Amptenaar het dit in sy privaatversameling gehou tot hy oud geword het en toe die kunswerke en die storie aan sy dogter oorgedra. Sy is nou ook reeds bejaard en haar

Voorgrond Maart 2010

groot wens is om die kunswerke terug te besorg aan die oorspronklike familie. ‘n Dowwe stel voorletters kan regs onder op die baadjie onderskei word. Enige iemand wat kan help met inligting om hierdie besondere verhaal ’n mooi einde te gee, kan vir John Strydom skakel by 082 8818 354.

Die houtsnywerk wat by hulle regmatige eienaars moet uitkom

9


H e l p s aamfo n d s

Projek Elim Steen vir Steen! Dat Projek Elim Steen vir Steen! suksesvol was kon ons aan die baldadige lyftaal van manne van Elim sien toe hulle Saterdag 13 Februarie hulle nuwe woonstelle betrek het. Die Helpsaamfonds het tydens Projek Elim Steen vir Steen! geld ingesamel vir tien nuwe woonstelle by die Elim Arbeidsentrum. Ondersteuners het hulle harte oopgemaak vir hierdie belangrike saak en die teiken van R500 000 is gemaklik oorskry. Die bouwerk is onderneem deur Christo de la Querre en sy span helpers. Die span van oom Kallie Kriel het die verfwerk en werk aan die dak gedoen en Wessel Badenhorst het die elektriese werk voltooi. Dit sê iets van Orania se selfstandigheid dat al die werk deur plaaslike kontrakteurs gedoen kon word!

Ongelukkig is daar by Elim meer manne as wat daar nuwe woonstelle is. Elim se graderingstelsel het hier goed te pas gekom. Volgens dié stelsel word gekyk na manne se gedrag, integriteit en betrokkenheid. Die manne met die hoogste punte was dus die gelukkiges wat die voorreg het om spiksplinternuwe woonstelle te betrek.

Die vrolikheid was Saterdag op almal se gesigte te sien. Die atmosfeer van lekkerkry soos oor ‘n nuwe geskenk, was voelbaar. En toe elkeen met sy besittings uiteindelik in sy kamer was, was daar ‘n vreedsame gevoel van groot tevredenheid...

Onder: Martin Nel het reeds begin meubels bymekaar maak vir sy nuwe woonstel Regs: Rian van Vuuren is gereed vir die groot uitpak!

10

Voorgrond Maart 2010


he l p s aamfo n d s

Rand vir Rand! Die Helpsaamfonds het sy visier op een miljoen rand gerig vir 2010. ie kragtige saamstaan van D Helpsaamfondsondersteuners het ons tydens 2009 lag-lag verby die beoogde doelwit van R500 000 gebring. Ons het soveel vertroue in ons lojale donateurs dat ons die uitdaging om die doelwit te bereik vanjaar so ‘n bietjie moeiliker gemaak het... Deur die bemoedigende oproepe en ondersteunende e-posse wat ons tydens die mediagolf oor Orania ontvang het, weet ons ons uitwoners brand om betrokke te raak by dié saak waarin hulle glo. Op Orania glo ons dat hoe groter ons die vuurtjie van ontwikkeling kan aanblaas, hoe vinniger gaan ons die knusse warmte ervaar van ‘n dorp waar daar genoeg werksgeleenthede geskep word dat niemand koud en honger hoef te slaap nie. Op Orania kan ons eenvoudig nie werkloosheid duld nie. Ons het egter terselfdertyd die plig om te sorg dat mense vir hulleself kan sorg. Daarom tree die Helpsaamfonds van die Orania Beweging as ‘n maatskaplike sowel as ‘n ontwikkelingsfonds op.

Daarom moet die Helpsaamfonds in ontwikkeling en opleiding betrokke raak. Ons sal ons goeie skole tot groter hoogtes moet ontwikkel en ook in meer volwasse opleiding betrokke raak. Daar is baie ontwikkelingswerk wat gedoen moet word. Waar bottelnekke in ontwikkeling ontstaan, sal ons die pad moet oopmaak sodat groei optimaal sal voortgaan. Ons spring egter nie maatskaplike en sosiale verantwoordelikhede vry nie. Moedelose nuwelinge wat hier opdaag, moet aanvanklik gehelp word met huisvesting totdat hulle gereed is daarvoor om vir hulleself te sorg. Daar is altyd diegene wat berading of mediese sorg nodig het vir wie ons moet bystaan. Soms moet ons die eerste maaltyd verskaf of behoeftige kinders se skoolfonds betaal. Ons is opreg dankbaar dat ons dit wel kan doen. Die Helpsaamfonds wil DV hierdie jaar ‘n merkbare verskil in Orania maak. Teen die einde van die jaar moet ons kan wys hoe ver ons op die pad van ontwikkeling ter wille van elke Afrikaner wat in vryheid glo,

gevorder het. Ons het volle vertroue dat ons steeds op die steun van ons uitwoners kan staatmaak. Ons weet dat almal wat graag wil, nog nie in Orania kan woon nie, maar dat hulle ook die passie het om van Orania ‘n sukses te maak en ‘n tuiste vir Afrikaners te skep. Daarom dat ons projek Een miljoen: Rand vir Rand! vir 2010 gekies het. Ons is reeds baie betrokke by Elim waar manne wat broodnodige arbeid aan Orania verskaf, gehuisves word. Ons het reeds by hulle opleiding betrokke geraak. Ons moet egter nou ook huisvesting vir gesinne in nood kan verskaf. Ons sal moet betrokke raak by die uitbreiding van opleiding. Uiteindelik moet daar, soos vir die manne van Elim, ook vir vroue in moeilike omstandighede ‘n heenkome geskep word. Om hierdie ambisieuse projekte te laat slaag moet ons nou ons ondersteuners mobiliseer. Onthou, die uitdaging vir 2010 staan: Een miljoen: Rand vir Rand!

Die Helpsaamfonds se projek vir 2009 is suksesvol afgehandel

Voorgrond Maart 2010

11


p r y s we n n e r s

Pryse vir pret Desember 2009 in Orania was tot oorlopens toe vol met heerlike lekkertes. Daar was ook egter ‘n hele paar kompetisies waarin die dapperes en fikses, dié met groen vingers en diegene wat kan sorg vir tongklap lekkerte hulle vermoëns teen mekaar kon inspan. Die organiseerders van die verskillende kompetisies spog hieronder met hulle deelnemers en wenners. Tuinkompetisie 2009 Op ‘n redelike laat stadium is daar besluit om ‘n tuinkompetisie as deel van die vakansieprogram in Orania te loods. Daar was geen inskrywings nie aangesien al die tuine in Orania outomaties ingesluit was by die kompetisie. Voorwaar nie ‘n maklike taak nie. As kriteria is gekyk na sypaadjies, netheid, kleurvolheid, waterbesparing en grasperke. Elkeen van hierdie aspekte het uit vyf punte getel. ’n Span, bestaande uit persone wat op Orania op besoek was, het

12

die finale beoordeling gedoen en tydens die Oujaarsaandvieringe by die Oewerpark is as wenners aangekondig mev Lottie Erasmus in die kategorie groot tuine en mev Desiré Viljoen in die kategorie klein tuine. Ons sien uit na ‘n groter aantal kompeterende tuine teen die einde van 2010. Baie dankie aan elkeen wat moeite gedoen het om hul tuine en sypaadjies aantreklik te maak. Jan Spies Organiseerder van die Tuinkompetisie

Manne en vroue van staal! Die Vierkamp, ‘n hoogtepunt op die jaarlikse vakansieprogram, is  weereens baie goed ondersteun.  Ses spanne met vier lede elk het ingeskryf vir die kilometeruitdaging.   Deelnemers het by die ingang van die dorp weggespring  vir die naelloop  tot by die Dorpswembad.  Daarna  is twee lengtes geswem, fiets gery tot by die Oewerpark en laastens geroei tot aan die oorkant  van die rivier en terug.  Die Mulder-span het vir die 3de agtereenvolgende jaar die spangeestrofee gewen met hul welverdiende tweede plek, terwyl die gekombineerde span van die Oewerpark die algehele wenners  vir 2009 was.

Voorgrond Maart 2010


p r y s we n n e r s Desember se Potjiekoskonings en koninginne Vier baie geesdriftige kokke en hul helpers het op 31 Desember 2009 mekaar kom uitdaag vir die titel “Orania se Potjiekoskoning”.  Die heerlikste geure het van vroegmiddag af uit die swart ysterpotte op die vure gekom en ‘n potbrood het baldadig eenkant op die kole onder die deksel uitgerys. Elke gedekte tafel was ‘n kunswerk op sy eie en voorwaar bedoel om die beoordelaars  se keuse verder te bemoeilik na al die heerlikhede wat opgedis is.   Daar was ‘n Springbokpot, ‘n Druiween Hoenderpot, ‘n Skaappot en dan natuurlik die Wenpot!  Die Brasilliaanse hoenderpot, gekook volgens ‘n “geheime familieresep”, het loshande gewen en aan die jong Pretoriusspan die Kroon besorg. Karin Coetsee Die Vierkamp en Potjiekoskompetisie is deur die Oewerpark georganiseer

Die manne van staal wat die vierkamp gewen het. V.l.n.r. Johan Joubert, Joost Strydom, Bernard Buys en Chris Joubert

Die Pretorius-span het die potjiekoskompetisie gewen met hulle Brasiliaanse hoenderpot

Nuwejaarsmyl 1 Januarie 2010 Op die varsste dag van 2010 het veertig deelnemers om 06:00 voor die Dorpskantoor bymekaargekom. Dit was moontlik ‘n rekord aantal inskrywings. Christiaan van der Merwe se aanmoediging het gesorg dat die byeenkoms hoogs suksesvol verloop het. Dis goed as Orania vriende op die regte plekke het! Christiaan het ook as afsitter opgetree. Baie deelnemers het besluit om Oujaarsaand te deurnag, anders sou hulle dalk nie by die Oraniamyl opgedaag het nie! Dit was ook só vir een van ons twee tydhouers, Sebastiaan Biehl. Hy het my verseker dat hy besluit het om wakker te bly vir sy grootse taak. Die oudste en getrouste deelnemer aan die Oraniamyl is tannie Marianne Jooste (83) en

die jongste was 6 jaar oud. Tannie Marianne is ‘n voorbeeld vir oud en jonk en motiveer gewoonlik ook ‘n paar familielede om deel te neem. Die eerste plek is ingeneem deur Chris Joubert in 5:52. In die tweede plek was Andries van den Berg en derde was Sean Tharrat. ‘n Humoristiese oorhandiging van ‘n oranje kopband deur Christiaan van der Merwe het die Oraniamyl op ‘n vrolike hoogtepunt afgesluit. Die deelnemers het tot by die swembad 1,7 km afgelê en kon daarna in die lafenis van Orania se glashelder swembad induik om af te koel. Oraniamylgroete tot 2011 Esna Schumann Organiseerder van die Orania Nuwejaarsmyl

Die vrolike einde van die Nuwejaarsmyl. Chris Joubert met die oranje kopdoek, 'n Magisterstudent in Ingenieurswese, was die wenner

Voorgrond Maart 2010

13


bewa r i n g

Arende in die omgewing rende word vir eeue deur die A mens bewonder en verskyn op die vlae en embleme van baie

volke. Ten spyte hiervan word hierdie manjifieke voëls dikwels uit onkunde uitgewis. Arende is groot, sterk voëls en kan 20 tot 30 jaar leef. Hulle bou groot neste in bome, op kranse, kragmaste of telefoonmaste. Afhangende van die spesie duur dit vier tot sewe jaar voordat ‘n arendkuiken volwassenheid bereik en gereed is om te broei. In ons omgewing is die meer algemene arende die Witkruis-, Breëkop-, Vis- en minder bekende Dwerg- en Roofarend. Soms word die Swartborsslangarend ook hier opgemerk, terwyl die Bruinslangarend ‘n skaars besoeker aan die streek kan wees. Visarende is opportunistiese vreters wat ook aas vreet en hulle word soms ver van groot damme en riviere gevind. Hierdie jaar het ‘n paar Witkruisarende hulle tuisgemaak op die Telkomtoring op Dissie Kruger se plaas en is hul kuiken suksesvol grootgemaak.

14

Waarom moet ons arende bewaar? Afgesien van die feit dat hulle al skaarser word en sommige reeds in die Rooidataboek vir Voëls verskyn, het hulle hul plek in die ekosisteem en help om die getalle van hul prooi te beheer. ‘n Paar Witkruisarende met hul kleintjie kan tot 350 dassies per jaar vreet! Die teenwoordigheid van ‘n volwasse arendpaar dui op ‘n gesonde omgewing, terwyl die verdwyning van arende uit ‘n gebied kan lei tot ernstige omgewingsprobleme. Arende se broeityd is in die winter en vroeë lente. As deel van ‘n bewusmakingsproses, gee die Noord-Kaap Roofvoëlbewaringsforum sertifikate aan grondeienaars op wie se eiendom roofvoëls broei. Indien u meer oor hierdie inisiatief te wete wil kom, skakel gerus die Platberg Karoo Roofvoëlprojek (lees skakelbesonderhede hieronder). Baie van die arende broei nie elke jaar nie,

aangesien die broeiseisoen langer as ‘n jaar duur (bv. Breëkoparend) en dis ‘n bekende feit dat die meeste arende slegs een kuiken grootmaak, aangesien die oudste kuiken die jonger een doodmaak. Hierdie verskynsel word die Kain-en-Abelstryd genoem. Dit is dus geen wonder dat arende al skaarser word nie! Hoe kan ons arende help? Beperk beweging by hul neste tot die minimum en moenie bome afsaag wat potensiële nesmaakplekke kan wees nie. Moenie gif of enige vergiftigde aas uitplaas nie. Roofvoëls is opportunistiese vreters en sal ook aan dooie diere of aas vreet. Baie van ons groot arende word

Voorgrond Maart 2010


bewa r i n g op hierdie manier uitgewis. Skep ‘n bewustheid in u omgewing deur vir ander te vertel van die nuttige rol wat arende in die natuur vervul. Indien u vermoed dat arende verantwoordelik is vir die vang van skaap- of boklammers, moenie sommer na die geweer gryp nie! Daar is ‘n metode om arende af te leer om lammers te vang. Indien u meer hiervan wil weet, kan u die Platberg Karoo Roofvoëlprojek skakel en inligting sal aan u gestuur word. Ronelle Visagie

Ronelle Visagie is die koördineerder van die Platberg Karoo Roofvoëlgroep van die Roofvoëlwerkgroep vir die Trust vir Bedreigde Natuurlewe. Indien u meer oor arende of enige ander roofvoëls en uile te wete wil kom of enige probleme met roofvoëls ondervind, skakel gerus vir Ronelle Visagie van die Platberg Karoo Roofvoëlprojek van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe by tel. 053-682 7010 of per e-pos by

ronellev@ewt.org.za

Geen vuil wasgoed op Orania! oedeloos met die situasie in M Suid-Afrka het Michael en Amanda Smith besluit om wortels

in Suid-Afrika op te trek en in Engeland ‘n tuiste te vind. “ Maar,” sê Amanda, “ as ‘n mens eers daar in die vreemde is, begin jy skielik belangstel in jou vaderland en jou eie geskiedenis. Dan begin jy alles lees wat op die internet gepubliseer word.” So het sy Orania raakgelees en dadelik begin belangstel. Dit het na die ideale oplossing vir hulle geklink. Hulle het op 1 Julie 2006 op Orania aangekom. Hoe het Amanda Orania aan die begin beleef? “Uitdaging op uitdaging op uitdaging! Hier het ek besef dat as jy iets wil verander, moet jy uitspring en dit self doen.” Sy was een van die stigterslede van die Kleingeluk Gemeenskapskomitee. Op een van die eerste vergaderings is die noodsaaklikheid van ‘n kafee en wassery vir Kleingeluk (een van

Voorgrond Maart 2010

Orania se woonbuurte) bespreek. Amanda het moedig met ‘n wassery begin. Sonja Roux het onderneem om die strykwerk te doen, terwyl Amanda op die waswerk sou konsentreer. Die wassery se deure is geopen met twee ou huiswasmasjiene, een tuimeldroër wat hulle verniet gekry het, ‘n ou strykyster en ‘n strykplank. Na twee jaar in bedryf het die werk so uitgebrei dat die wassery van ‘n enkelperseel by die Kuierstoepwinkelsentrum moes verskuif na ‘n dubbelperseel. Daar is nou ses wasmasjiene wat voltyds was, vyf tuimeldroërs, twee strykmasjiene en twee strykysters. Daar sal ook binnekort ‘n muntwasmasjien wees. Uiteindelik het dit geblyk dat die toerismebedryf die grootste kliënt is. ‘n Pluimpie vir Amanda en Sonja is dat sommige besoekers selfs op die toerismevraelyste skryf hoe beïndruk hulle met die beddegoed is. Sommige omwoners (mense

wat rondom Orania woon), maak ook gebruik van die wassery, veral vir die was van groot items soos duvets, komberse en gordyne. Oor die afgelope vakansieseisoen was dit so besig dat Sonja soms tot drie-uur in die oggend moes stryk. Met die uitbreiding van die Orania Oewerhotel verwag Amanda dat die waswerk sal verdubbel. Dit sal nuwe uitdagings vir haar bring, maar sy sorg intussen dat Orania se skoon wasgoed in die openbaar hang!

15


o r a n ia - P e r s oo n l i k heid

Hier om ‘n verskil te maak! erslawingsberading is die Vnuutste belangstelling van Orania se professionele aankomeling.

Soos die meeste jongmense deesdae doen, het Omar Fourie eers sy vlerke na die buiteland gesprei. Sy doel was veral om in Engeland ervaring op te doen in verslawingsberading, want dié jongman het reeds akademies goed presteer. Benewens die B.Min. (Hons.) graad wat hy met lof verwerf het, het hy onder andere ook reeds die M.A. Akademies in Funksionele Terapie verwerf en werk hy nou aan die voltooiing van sy M.A. Pastoraal.

Omar Fourie doen beradingswerk op Orania

16

Dis egter by die berading van verslaafde persone waar sy passie lê en dit is ook die rigting wat hy vir sy doktorale studie sal kies. In Engeland kon hy reis, selfs Indië besoek, maar as gevolg van die ekonomiese resessie was daar bittermin kans vir beradingswerk. Interessant genoeg het daar in dié tyd ‘n beradingspos by die Orania Maatskaplike Raad (OMR) ontstaan en Omar se ma, wat haar reeds op Orania gevestig het, het hom daarvan laat weet. Die pos het vir Omar moontlikhede gebied en hy het besluit om die lang pad Orania toe aan te pak. Maatskaplike probleme moet ook in die pos aangespreek word en dus bied dit vir hom ’n goeie

groeigeleentheid. Omar kan hulp verleen in gesins-, huweliks- trauma en depressie- en angsberading, sowel as verslawingsberading. Volgens Omar onderdruk baie mense hulle geestesgesondheid en afgesien van ‘n kultuur van skinder, praat hulle maar min oor dieper dinge. Tog benadruk hy dat almal nodig het om oor dié dinge te praat, hetsy met ‘n gade, ‘n vriend of ‘n professionele persoon soos hy. Hy voel dat die spirituele gesondheid op Orania goed is, maar dat meer aandag aan geestesgesondheid gegee moet word. Dít is waar hy ‘n verskil wil maak. Benewens sy werk by die OMR, bedryf Omar ook ‘n privaatpraktyk waarvan omwoners* en besoekers ook reeds van gebruik maak. Sy belangstellings wissel van boeklees tot die filosofie van boeklees, vlieg, Oosterse gevegkuns en filosofie. Met sy skuif na Orania kan Omar by die groeiende groep van jong professionele persone getel word wat nou besluit om hulle op Orania te vestig. *omwoners is persone wat in die gebied rondom Orania woon.

Voorgrond Maart 2010


va k a n s iep r og r am

Vet vakansiepret ns staan breëbors want O na die Desembervakansie stroom die komplimente in! Vele

vakansiegangers laat hoor op verskillende maniere van hulle en deur die bank is die boodskap: ‘n vakansie op Orania is beslis die moeite werd. Die Orania Beweging doen al die afgelope klompie jare moeite om ‘n vakansieprogram te reël wat iets vir elke behoefte bied. Die program vir Desember 2009 is net nog verder uitgebrei. Die Oranjerivier bied soveel verskillende moontlikhede en elkeen het sy eie lekkerte. Om met binnebande rivieraf te vaar is om jou aan die genade van die rivier oor te laat. Die vloeitempo bepaal hoe lank dit gaan neem om by jou bestemming uit te kom. Intussen ontspan ‘n mens en verkyk jou ‘n slag aan die kwetterende voëls in die riete langs die rivier. ‘n Mens het tyd om jou aan elke wolkie wat vorm aanneem te verwonder en nes jy baie rustig raak, besluit een van jou medevaarders dalk net om jou

binneband om te dop... Die vlotvaarte is in ‘n klas van hul eie en vir dié wat hulle eie roete wil bepaal is daar kajakke wat jou vinnig help om van oortollige energie ontslae te raak. As jy adrenalien in jou are wil voel bruis, is die Ovaalbaan dié plek om te wees. Daar het manne (en vroue!) hulle staal getoon. Dalk vind daar ‘n sielkundige verandering plaas as ‘n mens agter die stuur van ‘n jaagmotor inskuif. Die makste lammetjies verander dan in leeus! Die statistiek toon dat die vakansieprogram ook Orania se ekonomie aan die rol kry. Gastehuise vertel dat hulle ten spyte van die ekonomiese resessie dieselfde of beter besetting as die vorige jaar gekry het. Die vulstasie rapporteer ‘n styging van 17,9% in brandstofverkope asook ‘n styging in visgereiverkope. Die groot tekort aan beskikbare ys het definitief gewys dat ‘n hele paar uitwoners tuisgekom het in Orania! Watertandetes was een van die groot lekkertes, want “vroegaandjie uit” was ‘n nuwe ondervinding wat vanjaar aangebied is. Harry en Elsabé Theron het gesorg vir ‘n nostalgiese bakoondete tussen die pekanneutboorde. Gaste is bederf met varsgebakte brood, tuisgemaakte konfyt, gebraaide wors en koffie. Die verskeidenheid films wat aangebied is, het gewissel van kuns-en gesinsfilms tot films oor volhoubaarheid en geskiedenis. Om aan ‘n nagmars deel te neem is waarskynlik een van die grootste avonture wat baie kinders sal beleef. Ná ‘n jongmannetjie aan die nagmars deelgeneem het, het hy vir sy ma gesê: “Ma, waar is die program? Ek wil niks verder van die vakansieprogram mis nie!” Behalwe vir klagtes oor Orania se duwweltjies en pap fietsbande vertel uitwoners van vet vakansiepret en is verblyf al reeds weer vir Desember 2010 bespreek!

Voorgrond Maart 2010

17


o n t wi k k e l i n g

O, die saligheid van ‘n viersterhotel op ons eie rivieroewer! rania se Oewerhotel is dié O plek waar ‘n mens werklik kan wegbreek en behoorlik en diep

rus. Óm jou is die ervaring van die rivier wat luilekker verbystroom, die geduldige groen van rustige plante en lokkende grasperke. Die gebou self is aan die bopunt van die skaal van gerief en gemak, terwyl die personeel se belangrikste taak is om te sorg dat hulle gaste deurgaans spin van tevredenheid en lekkerte.

18

Dié houthotel het stilweg tussen Mei en November 2009 verrys. Dit bied ses luukse kamers, waarvan twee gesinskamers is. ‘n Behaaglike skoene-uitskop-gevoel oorweldig jou as jy in die kamers instap, want die oorgroot bed lok uitnodigend... In pas met die idee van volhoubaarheid is heelwat van die gebruiksartikels op Orania vervaardig. Die oorgooidekens, donsduvets en kussings, sowel as die kinderbedjies in die gesinskamers is alles egte Orania-produkte. C&C Konstruksie, ‘n plaaslike konstruksiemaatskappy het die oprigting van die gebou behartig met Afrikanerarbeid. Een van die uniekhede van die hotel is dat die ses kamers deur verskillende

eienaars besit word en elkeen dus ook ‘n individuele stempel op sy kamer kon afdruk. Christiaan van Zyl, Orania se groenargitek, het selfs ‘n paar ekologies vriendelike beginsels by die ontwerp van die gebou gebruik: Sonverhitters sorg vir warm water, beproefde isolasie is op die plafon en as ‘n tussenlaag vir die vloere gebruik en die dak is wit geverf sodat dit hitte kan weerkaats. Sonder dat daar enigsins geadverteer is, het heelwat besoekers die hotel tydens Desember uitgesnuffel en Januarie was nog besiger. Miskien is die beste nuus oor die hotel dat die volgende ses kamers reeds in aanbou is!

Voorgrond Maart 2010


we n n e r s

Wenners van Voorgrondfotokompetisie het hoopvol ingeskryf Fwantotograwe vir Voorgrond se fotokompetisie die pryse was uitlokkend

lekker. Ons grafiese ontwerper, Koos Gagiano, het die beoordeling waargeneem. Met sy kunstenaarsoog het hy fyn waarnemings gemaak en met goeie oordeel die groot keuse gemaak. Koos het beklemtoon hoe moeilik dit was om te kies omdat daar ‘n hele paar gunstelinge was.

2de

In die derde plek was Tammy Strümpher van Skotland. Sy wen ‘n geskenkbewys ter waarde van Ф150.00 van die Orania Beweging. Koos het baie van dié foto gehou en skryf: “Ek hou baie van dié een want dit skep ‘n gevoel van rus na ‘n lang dag se harde werk. Die komposisie is ook baie goed.” Coraine Oosthuizen van Orania wen die tweede prys met haar foto van haar kinders wat fluks in die tuin werk. Haar prys is oornagverblyf in die Oewerpark met aandete en ‘n stoomsessie in die Orania Rivier Spa vir twee persone. Oor die foto skryf Koos: “Hierdie een beeld vir my familiewaardes en bande uit. Dinge wat ek dink families vandag nie meer het nie. ‘n Familie wat saam werk en saam ontspan.”

Die wenfoto verskyn op Voorgrond se voorblad en is ingestuur deur Hester en Christiaan van Zyl van Orania. Hester se byskrif was “Hendrik Holder laai strooibale af”. Die Van Zyls wen Oornagverblyf vir twee in die Orania Oewerhotel, ontbyt en aandete ingesluit, asook ‘n halfuur behandeling by die Orania Rivier Spa vir twee persone. In sy kommentaar skryf beoordelaar Koos Gagiano oor die wenfoto: “Hierdie een simboliseer vir my Orania se Klein Reus. Selfwerksaam. Hardwerkend.” Hartlike dank aan ons borge: Orania Oewerhotel, Oewer Restaurant, Oewerpark, Orania Rivier Spa en Orania Beweging.

3de

Voorgrond Maart 2010

19


o n de r w y s

Volkskool Orania uitnemend uniek! Orania en Orania as V1991olkskool volkstaatdorp het saam-saam in hulle eerste treetjies gegee.

Negentien jaar later is Volkskool steeds ‘n belangrike skakel in Orania se strewe na selfstandigheid. Die skool is gestig met die doel om ‘n onderwysstelsel te ontwikkel wat uiteindelik tot ‘n selfstandige onderwysbestel vir Afrikanerkinders binne die volkstaatgebied kan lei. Gedurende die afgelope amper twee dekades is ‘n unieke onderwysstelsel by die skool ontwikkel en verfyn. Dit is ‘n selfgedrewe, rekenaargesteunde onderwysmetode wat daarop gerig is om by Orania-kinders selfstandigheid en identiteitstrots te kweek. Die prestasies van leerlinge wat aan Volkskool gematrikuleer het, is ‘n bewys daarvan dat die skool suksesvol is. Volkskool Orania streef na uitnemendheid en kwalifikasies wat selfs internasionaal erken sal word. So word daar tans aan die skool se leerlinge die geleentheid gebied om die Cambridge Internasionale Eksamen in wiskunde af te lê, aanvullend tot die gewone skoolleerplan. Die eerste groep skryf reeds hierdie jaar al hulle eerste eksamen. As ‘n “Cambridge Attached Centre” is Volkskool ook ‘n geregistreerde eksamensentrum. Dit is dus vir ons leerlinge moontlik om in Orania ‘n internasionaal erkende kwalifikasie te verwerf. Opvoeding is meer as net die verwerwing van feitekennis. Daarom word daar elke kwartaal ‘n verrykingsprogram aangebied om leerlinge se ervaringswêreld

20

Elisma Boshoff (agter) en Kaylin Grundling kom lag-lag deur die dag se skoolwerk.

te verbreed. Dit sluit onderwerpe soos elektronika, webwerfontwerp, praktiese Duits, basiese motoronderhoud en skaak in. ‘n Groep leerlinge volg ook hierdie jaar die Universiteit van Pretoria se “Schola Scripta” Latynkursus. Die besonderse aard van Volkskool se onderwysmetode het ook die deur geopen vir die aanbied van afstandsonderrig. Vanaf die begin van hierdie jaar bied die skool dus ondersteuningsdienste aan gr. 10 tot 12 tuisskolers en leerlinge van kleiner skooltjies aan. So word hoë kwaliteit onderwys ook aan Afrikaners buite die grense van Orania moontlik gemaak. Tydens die opvoedingsproses word klem op Afrikaneridentiteit en ‘n

waardering van ons geskiedenis gelê. Die Bybel word deurlopend as riglyn geneem en erken. As onafhanklike skool ontvang die skool geen staatsbefondsing nie. Daarom word finansiële hulp van ondersteuners van buite altyd waardeer! Goeie onderwys kos geld! Aan die einde van hulle skoolloopbaan verlaat leerlinge Volkskool met meer as net ‘n erkende matrieksertifikaat - hulle is ook gebalanseerde, selfgedissiplineerde jongmense wat die lewe met selfvertroue binnegaan. Navrae: navrae@oraniaakademie.co.za of 053 207 0161 Eleanor Lombard

Voorgrond Maart 2010


o n de r w y s

CVO-atletiekstryd op Orania beslis rydagoggend het die lug op Vafwagting Orania reeds gebewe van vir die groot stryd wat

tussen CVO-Orania en Dankbaar CVO van Bloemfontein beslis moes word. Aan die Bloemfonteiners se kant was daar ‘n paar bedenkinge: sou Orania so ‘n byeenkoms kon hanteer? Nietemin, vol waagmoed het die Bloemfonteiners Orania aangedurf. Orania het die eerste punte teen die opponente aangeteken toe hulle na die lowerryke Oewerpark geneem is waar ouers, leerlinge en onderwysers sou oorbly. Dié akkommodasie het hulle verwagtinge oortref! Die sportveld is onlangs deur die Dorpsraad in samewerking met die Orania CVO-skool opgegradeer. Daar is geen moeite ontsien om van die baan ‘n spogbaan vir Orania te maak nie. Selfs die beligting is hersien. Die kwaliteit van die baan het beide Oraniërs en Bloemfonteiners beïndruk. As gevolg van die genadeloosheid van die Karooson is die atletiekbyeenkoms oudergewoonte beplan om oor die koeler tye, Vrydagmiddag en Saterdagoggend, te strek. ‘n Plesierige optog met drie vragmotors om die byeenkoms in te lei, is vir die drie spanne gereël. CVO Orania het twee spanne ingeskryf omdat dit terselfdertyd ook hulle huissportbyeenkoms was en Dankbaar CVO het die derde span ingeskryf. Orania het sy tweede oorwinning behaal toe die byeenkoms stiptelik om 15:15 begin het en nog punte aangeteken toe daar nougeset by die

Voorgrond Maart 2010

tye op die program gehou is. Sandra du Preez, Skeinatonderwyseres van Orania CVO, was die hooforganiseerder van dié byeenkoms wat so seepglad verloop het. Een van haar aangename take was om al die rekords wat tydens die byeenkoms aangeteken is, te verifieer sodat dit amptelike erkenning kan kry. Die Blou- en Geelspanne van Orania CVO het elk 68 deelnemers gehad en Dankbaar het 88 atlete ingeskryf. Na ‘n warm dag se atletiek was die klomp atlete baie lus vir ‘n heerlike afkoel en Willie Potgieter het nie gehuiwer om die dorpswembad vir hulle beskikbaar te stel nie. Orania het nog punte verdien toe die besoekers by die terrein instap en ‘n kristalhelder swembad voor hulle sien. Dit het moeite gekos om hulle uit die swembad te kry, betyds vir die bring en braai wat vir die aand gereël is! Volgens Sandra du Preez is die BCVO ‘n klein beweging en daarom ken die kinders van die verskillende CVO-skole mekaar byna almal. Daar

het dus die mooi kultuur ontstaan dat die kinders op die sportveld aartsvyande is, maar van die baan af is hulle beste maatjies en ruil baie gou selnommers uit. Saterdag was almal ná die vorige aand se kuier weer vroeg uit die vere en kon die aktiwiteite om 07:30 begin. Na afloop van die atletiek was die meerderheid lus vir nog ‘n bietjie kompetisie en is daar toe vinnig ‘n aflosresies gereël, waar die dames na berig word die manne uitgestof het! Van die Oraniërs wat goed presteer het, was Quintin Senekal, Marizaan en Johané Ferreira, WJ en Charné Nel en Erik en Wilmie du Preez. Dankbaar CVO het met groot trots die geesbeker huis toe geneem. Orania CVO het die atletiekbyeenkoms met 33 punte gewen, maar Orania het in die proses baie mense se harte verower en blywende punte aangeteken!

Carin van Biljon mik na nuwe hoogtes

21


Agtergrond

Hoe werk ons almal saam?

it talle gesprekke met Orania U Beweging-lede die afgelope tyd het dit vir my duidelik geword dat

daar ’n behoefte bestaan om oor ons politieke strategieë te besin en uit ons oogpunt leiding te ontvang. Van ons mense beywer hulle vir registrasie by die Volksverkiesingskommissie (VVK) en vra wat ons houding daaroor is; van ons lede behoort aan verskillende politieke partye of verwerp deelname aan SuidAfrikaanse politiek geheel en al en vra hoe sulke verskille in Orania oorbrug kan word. In hierdie uitgawe wil ek kortliks by twee sake, naamlik ons verhouding met die VVK en met die VF Plus stilstaan.

22

In beide gevalle verwag ons van lede om hulle eie, oorwoë keuses te maak en wil ons nie voorskryf wat hulle moet doen of dink nie. Ons houding is wel dat enige poging om mede-Afrikaners rondom die gedagte van vryheid te versamel, op simpatieke oorweging van ons kant af kan staatmaak – en dit sluit gesonde debat en opbouende kritiek in. Betreffende die VVK kan die oorweging langs twee lyne loop. Die eerste is dat die sleutelvrae van waar? en hoe? selfbeskikking uitgeoefen gaan word, uitgestel word tot ná mobilisering geslaag het. Uit dure ervaring moet ons maan dat onduidelikheid nóú kan lei tot verdeeldheid later en uiteindelik op telleurstelling kan uitloop. Dit sal enige vryheidsbeweging loon om eers sy planne goed agtermekaar te kry en dán te mobiliseer en samewerking met ander Afrikanerinstellings te soek. Tweedens berus enige poging om selfbeskikking as reg internasionaal af te dwing alvorens die waar? en hoe? beantwoord is, op ’n grondliggende denkfout oor die aard van die volkereg. Die volkereg kan hoogstens gebruik word om erkenning van ’n de facto situasie af te dwing of, sonder so ’n situasie, ’n mate van simpatie te wek. ’n Yl verspreide, voorheen oorheersende bevolking met koloniale elemente in sy geskiedenis moet nie verwag dat selbeskikking “gegee” sal word as hulle nie eers self die prys daarvoor betaal nie. Die VF Plus stel ons weer voor ’n ander vraag, veral sedert sy leier as Adjunkminister van Landbou aangestel is. Dit is die vraag tot watter mate mens tegelyk na Afrikanerbelange binne die Suid-Afrikaanse staatsorde kan omsien én ’n alternatiewe staatsorde help vestig. My ervaring is dat die twee baie moeilik versoen en dat, hoewel Afrikaners beide elemente in ’n breë strategie nodig mag hê, dit nie lyk asof een instelling vir beide tegelyk volledig verantwoordelikheid kan neem nie. Om te sê dat die Orania Beweging heelhartig tot die vestiging van ’n alternatiewe orde verbind is terwyl die VF Plus hom hoofsaaklik op belangebeskerming binne die heersende orde toelê, hoef nie op vrugtelose spanning uit te loop nie. Inteendeel, dalk help ’n nugtere onderskeid tussen werksterreine ons mense juis om onder bepaalde omstandighede aan elkeen die toepaslike steun te gee en gepaste verwagtings te koester. Ek het voorheen al die beeld gebruik dat ons dan nie op een fiets in tandem ry nie, maar elkeen op sy eie fiets sodat ons soms apart en soms ondersteunend van mekaar kan optree. Dan hoef ons nie die Orania Beweging se verwagtings aan die VF Plus of die VVK te stel, of andersom nie, en kan elkeen die beste doen wat op sy weg lê. Carel Boshoff (iv)

Voorgrond Maart 2010


V o l ho u ba r e o n t wi k k e l i n g

Oranje-Sig Luukse Selfsorgakkommodasie

• 4 x wonings, elk met 2 x slaapkamers, 2 x badkamers en motorafdak. • Ten volle toegerus met linne, eetgerei, DSTV, gasstoof, yskas, mikrogolf, ens. • Vorm deel van Orania Oewerpark en is omtrent 100 m vanaf die Oranjerivier.

Spesiale aanbod aan Orania Beweging-lede: 10% afslag

Luukse, pasvoltooide selfsorgakkommodasie in Orania! Bespreek direk by die ontwikkelaar:

Rikus van Staden • Sel: 082 894 5053 • orania@vodamail.co.za Voorgrond Maart 2010

23


Aan-die-Oewer • Volop skaduryke kampeerplekke en woonwastaanplekke met kragpunte • Goed toegeruste ablusieblok • Breë rivier vir watersport • Braaiplekke en braaihout • Volledig toegeruste chalets • Visvangplekke • Veiligheid • Vlotvaarte

053 207 0118

od le aanb a i s e p S ania aan Or ede: ing-l Beweg lag * fs 10% a

a p S r e i v i Orania R

Kom ervaar welgeluksaligheid … Skakelpersoon: Karin Coetsee - Tel: 071 673 9705 *Aanbod geldig van 1 Junie 2009 tot 31 Mei 2010

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

Vir navrae of bespreking skakel


Orania Voorgrond Maart 2010