Issuu on Google+

Junie 2009 2/4

Die ANC-Jeug besoek Orania: plig of nuuskierigheid?

Saamstaan maak die verskil

Nie omdat ons so fluks is nie!

Akteur belĂŞ in Orania

Om Orania te kies


REDAkSIONELEiNLiGTiNG Redakteur: Lida Strydom Medewerkers: Eleanor Lombard Dr. John Strydom Foto’s Lida Strydom Lurina Eykelenboom-Fourie Taalversorging: Francois de Vos

Kantoornommer: 053 207 0062

Posadres: Posbus 27, Orania, 8752

Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com

Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 086 111 2520 Vonkpos: inligting@orania.co.za of oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za

VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

K ULTURELE VAkANSIEDAE 27 Februarie - Majubadag 6 April - Stigtingsdag 31 Mei - Bittereinderdag 14 Augustus - Taaldag 10 Oktober - Heldedag 16 Desember - Geloftedag

IN ORANiA

BELANGRIkE

VERBLYF iN ORANiA 1. Herberg Oranje (gastehuis) 053 207 0070 2. Boskamp (chalet) 083 388 1433 3. Sagte Tye (luukse selfsorgakkommodasie) 082 975 8132 4. Die Geweltjie (selfsorgakkommodasie) 084 816 4932

TELEFooNNoMMERS Inligtingskantoor: ........... 053 207 0062 Orania Dorpskantoor:.... 053 207 0063/4 CVO-skool Orania: ....... 053 207 0177 Volkskool Orania: .......... 053 207 0161 Orania Groeifonds: . ...... 053 207 0082 Helpsaamfonds: ............. 053 207 0062

5. Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie 083 600 1780

GRATIS BEGELEIDE TOERE

9. Aan die Oewer-woonwapark (woonwaen tentstaanplekke asook chalets) 053 207 0118

PER AFSPRAAK Reël by 053 2070057 Kantoorure 082 975 8132 na ure 

6. Hayes Tuishuis (oornagwoonstel) 053 207 0038 7. Afsaal (oornagkamers) 053 207 0199 8. Die Ou Melkplaas (gastehuis) 084 491 1947


REDAKTEURSPERSPEKTiEF “Julle sou al baie verder ontwikkel het as julle net gebruik gemaak het van vreemde arbeid.” Sou ons regtig al so ver gevorder het? Dit is moontlik dat ons in een rigting verder sou gevorder het, maar in ander rigtings soveel skade sou gely het dat ons maar weer sou terug wees waar ons begin het. Terug in die liewe ou Suid-Afrika waarna baie Afrikaners so hartstogtelik verlang. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: om aan te hou om dieselfde dinge te doen maar dan ander uitkomste te verwag, is die definisie van gekheid. As ons weer dieselfde resep probeer, hoekom sal die koek nie hierdie keer ‘n flater wees nie? Waar ander groepe gebruik word om harde fisiese werk As ons altyd op dieselfde wyse te verrig, gaan vaardighede binne volksverband verlore. ‘n Uitstekende voorbeeld is die vaardigheid van bouers. dink as wat ons altyd gedink het, Toe ons so veertien jaar gelede Orania toe verhuis het, dan sal ons altyd dieselfde dinge was hier geen bouers op Orania beskikbaar nie. Bouery, doen wat ons altyd gedoen het wat gewoonlik maar met pyn en lyding gepaard gaan, en dan sal ons altyd dieselfde was ‘n nagmerrie. Niemand in Orania kon behoorlik bou nie. Afrikaners was in die laaste jare van die ou dinge kry wat ons nog altyd Suid-Afrika maar bloot toesighouers en het nie self fisies gekry het. stene gelê nie. Ons kon toe gesê het, kom ons maak die uitsondering net vir bouwerk. Waar sou dit ons gelaat - Charles Juncker het? Die agt Afrikanerbouspanne wat op die oomblik, selfs in moeilike ekonomiese omstandighede, ‘n bestaan uit bouwerk in Orania maak, sou almal werkloos gewees het. As ‘n mens die gesinne by tel, word dit ‘n aardige klompie mense wat sonder inkomste sou wees. Daarby het ons ‘n vaardigheid herwin wat ons al hoe meer in staat sal stel om selfversorgend te word en as ‘n volk alles vir onsself te kan doen en dus in beheer van ons eie sake te wees. Hoekom moet ons altyd in sommige opsigte afhanklik wees van ander groepe? Net sodat hulle weer ‘n houvas op ons kan kry? In Orania sê ons hard en duidelik: Nee dankie! Hier geld ‘n nuwe bedeling. Hier gaan ons leer uit die foute van die verlede. Ons gaan dalk in sommige opsigte stadiger ontwikkel as ander, maar dit gaan volhoubare ontwikkeling wees. Ons beur gebalanseerd vorentoe. Ons gaan nie weer aan ons kinders hoef te verduidelik hoekom dit nodig was om regstellende aksie in te stel nie. Vir ‘n suksesvolle gemeenskap is daar inwoners nodig wat op direksies beplanning kan doen, maar daar is ook mense nodig wat uitvoering kan gee aan daardie beplanning en wat bereid is om daagliks die harde fisiese werk te doen wat die opbou van ‘n gemeenskap vereis. In Orania het ons alle inwoners nodig. Op die ou end is selfwerksaamheid regtig nie so moeilik nie. Die kopskuif is egter dikwels ‘n ander saak. Gegroet! Lida Strydom Redakteur

Voorbladfoto Frans de Klerk, voorsitter van die Orania Beweging Helpsaamfonds, sing uit dankbaarheid vir die gehoor tydens die Elim Steen vir Steendinee in Pretoria. Ondersteuners in Bloemfontein, Orania, Potchefstroom en Pretoria het ongeveer R120 000 bygedra vir dié projek. By Frans is Steyn Fourie wat as vermaaklikheidskunstenaar by die geleenthede opgetree het. Lees die berig op bladsy 4.




oRANiA BEWEGiNG HELPSAAMFoNDS

Saamstaan maak die verskil In Orania weet ons dat 700 mense te min is om alleen die oranje wa van Afrikanervryheid deur die drif te trek. Dit is daarom krities belangrik vir Orania se voortbestaan en groei dat ondersteuners van buite ook ‘n bydrae moet lewer, op watter gebied ook al.

‘n Model van die woonstelle wat by Elim gebou gaan word. Tydens die dinees is simboliese stene verkoop en is die mure van die woonstel voor die oë van die ondersteuners opgebou. 

Die afgelope tyd was ons stomverbaas oor die geesdriftige ondersteuning wat ons van uitwoners gekry het. ‘n Uitwoner is iemand wie se hart in Orania is, maar wat weens omstandighede nog nie in Orania kan woon nie. Die Helpsaamfonds het besluit om vir 2009 ‘n bepaalde projek te kies. Met Projek Elim Steen vir Steen moet R500 000 ingesamel word om tien nuwe woonstelle by die Elim Arbeidsentrum te bou. Sodoende sal tien nuwe Afrikanerjongmanne in Orania kan vestig. Om ‘n gedeelte van die fondse in te samel is daar besluit dat die tyd aangebreek het om ons uitwoners in hulle onderskeie vestings te besoek. Frans de Klerk, Hennie Pelzer en John en Lida Strydom is deur die Helpsaamfonds afgevaardig om met behulp van die plesierige Steyn Fourie, ‘n vermaaklikheidskunstenaar, fondsinsamelingsdinees in Bloemfontein, Orania, Potchefstroom en Pretoria aan te bied. Willie du Plessis, bestuurder van Elim Arbeidsentrum, en sy vrou Debbie het ook die dinees bygewoon. Dit was vir die Oraniërs vanuit die staanspoor ‘n riem onder die hart om die positiewe gees van die uitwoners te ervaar. In Bloemfontein, Potchefstroom en Pretoria het daar dadelik vrywilligers na vore getree om te help met die groot organisasie wat so ‘n projek vereis. Elke span wou iets ekstra doen om “hulle” aand suksesvol te maak. Daar is geen moeite ontsien om kaartjies te verkoop en die fisiese reëlings van spyseniers, dekor en sale vlot te laat verloop nie. Tydens die dinees het Steyn Fourie met sy gemaklike manier dit gou reggekry om die gehoor te laat ontspan en te laat meedoen. Die nuwe DVD wat vir die Helpsaamfonds vervaardig is, is vertoon en daarna is simboliese stene te koop aangebied.

Die Helpsaamfonds het gaan geld haal vir Projek Elim Steen vir Steen. Hier wys John Strydom hoe fluks ondersteuners hulle beursies oopmaak.


oRANiA BEWEGiNG HELPSAAMFoNDS Om in Orania te woon het besliste voordele, want ‘n mens is op voornaamterme met almal en dit is altyd moontlik om vir iemand ‘n gunsie te vra... So het die plaaslike argitek, Christiaan van Zyl, ‘n skattige model van die beoogde woonstelle gebou, kompleet met los stene wat in die model ingebou kon word soos wat die stene verkoop het deur die loop van die aand. Die gehoor het dit telkens geniet om te sien hoe die mure toegebou word met die geld wat uit hulle sakke kom! Die inkomste uit die vier dinees was R120 000. Die Helpende Handfonds van die vakbond Solidariteit het ‘n verdere ruim bydrae van R100 000 gemaak. Saam met ander bydraes wat ontvang is, staan die Elim Steen vir Steenfonds nou op sowat R330 000. Meer as die helfte van die beoogde R500 000 is dus reeds ingesamel! Dit is vir Oraniërs verblydend om te weet dat hulle nie nodig het om die wa ook nog van agter af te stoot nie, maar dat uitwoners ook op hulle eie manier verantwoordelikheid vir Orania aanvaar. Daarvoor wapper ons vir elkeen wat help, ‘n helder, oranje wimpel van dank!

Hennie Pelzer van die Orania Beweging saam met Steyn Fourie, die vermaaklikheidskunstenaar wat Projek Elim Steen vir Steen onder sy vlerk geneem het.

Bo: Jaco Kleynhans van Solidariteit het gaste aangemoedig om verantwoordelikheid vir Orania te aanvaar. Bo Regs: Die Elimwoonstel word met simboliese stene gebou.

Willie du Plessis, bestuurder van Elim, saam met sy vrou Debbie by die Potchefstroomdinee.

Bo: Christiaan van der Merwe het met sy uitvoering van sy eie liedjie Volkstaat Blous vir ‘n verdere R500 inkomste gesorg.

Uitbundige Elimmanne tree tydens die Oraniadinee saam met Steyn Fourie op. 


SKAKELING

Die ANC-Jeug besoek Orania: plig of nuuskierigheid? ‘n Mens staan met die faks in jou hande, half geamuseerd, half verstom. Die ANC-Jeugliga en hulle leier, Julius Malema vra of hulle Orania as deel van ‘n landswye toer mag besoek. Maar jy weet: die bal is nou in jóú hande en die bal moet nóú gespeel word. Daar word gekoukus en bespreek. Moet ons, of moet ons nie? Op grond waarvan kan ons weier? Wat is ons algemene uitgangspunt teenoor besoekers? Daar word besluit om soos met alle redelike versoeke wat tot Orania gerig word, dit toe te staan. Orania kan dalk net meer verloor as wat hy wen as ons weier. Maar daar word sekere definitiewe riglyne neergelê. Die President van die Orania Beweging, Carel Boshoff(iv) laat weet die ANC-Jeugliga dat hulle ontvang sal word, maar dat ons nie bereid is om ‘n mediasirkus hier op te voer nie. Die ontmoeting met die ANC-Jeugliga sal agter geslote deure plaasvind, op ‘n datum wat die Oraniërs pas. ‘n Mediakonferensie sal na die tyd toegestaan word. Die ANC-Jeugliga aanvaar die voorwaardes, maar verstom Oraniërs vroeg toe hulle in die media uitblaker dat Orania die Jeugliga genooi het. Gelukkig het ons die oorspronklike faks wat die teenoorgestelde bewys.

V.l.n.r: Carel Boshoff(iv) (President van die Orania Beweging), Julius Malema (President van die ANC-Jeug), Francois Slabbert en Floyd Shivambu staande. 

Daar word besluit dat die Orania-DVD by hulle aankoms aan die ANC-Jeug vertoon sal word en dat die mediakonferensie in die sysaal van die Gemeenskapsaal sal plaasvind. Die eerste ontmoeting vind plaas by die vulstasie in Orania waar die nagenoeg 12 motors stilhou. Julius Malema laat onmiddellik blyk dat hy Orania wil sien en nie net ‘n DVD nie. Hy wink sy ondersteuners nader en sê baie duidelik vir hulle: “Ons betree nou privaat eiendom. Sorg dat julle julleself gedra en moet niks verniel nie.” Die Oraniërs wat deel is van die span, verdeel sodat daar een van ons in elke ANC-motor is. Sodoende kan ons heelpad verduidelik wat die ware werklikheid van Orania is. Die stoet beweeg deur Kleingeluk en stop by die Kuierstoepwinkelsentrum. Daar vertel mediaskakelpersoon, John Strydom, hoe die opgradering van die gebou bygedra het om die gemeenskap op te hef en gesond te laat groei.


SKAKELiNG

Joernaliste drom saam rondom Julius Malema, kort na sy aankoms in Orania. Die stoet ry ook ‘n draai deur die kleinplasies van Orania. ‘n Uiters armoedige man en vrou stap langs die stofpad met ‘n klein babatjie in die man se arms. “En dit?” vra Malema geskok. John Strydom antwoord dat dit is wat die huidige bedeling aan baie Afrikaners gedoen het. Malema draai ontsteld om en staar hulle agterna. In die motor waarin ek ry, is die leier van die ANC-Jeug in die Noord-Kaap. Hy ontvang ‘n sms wat blykbaar vra waar hy op die oomblik is. Op sy antwoord dat hy in Orania is, kry hy weer ‘n sms: “May God protect you. Please call when you are home safely.” Ek giggel in my binneste. Wie vrees vir wie? Kan goeie kommunikasie dalk baie wanpersepsies uit die weg ruim? Die vergadering verloop sonder voorval. Prof. Carel Boshoff verwelkom die ANC-Jeug in hulle

eie taal. Hy spreek hulle kalm en rustig toe. Hulle liggaamstaal verander merkbaar. Na ‘n inleiding deur die President van die Orania Beweging spreek ‘n paar jong Oraniërs die vergadering toe. Tydens sy spreukbeurt lê Malema sterk klem daarop dat die vaardighede van die Oraniërs nodig is in SuidAfrika en dat dit onnodig is om onsself te isoleer. Carel Boshoff(iv) antwoord kalm maar beslis dat ons visie anders is, dat ‘n kosbare juweel wat ‘n voordeel vir die hele Suid-Afrika kan wees, verlore sal gaan as Orania geïntegreer sou word. Na tee en koeksisters vertrek die ANC-Jeug om verkiesingsplakkate op te sit. ‘n Paar uur later is alles weer terug na normaal. Die Oraniërs het weer moue opgerol, gereed vir die werk wat nooit wag nie...

Die stoet ANC-motors beweeg deur Orania.




oNDERNEMERSKAP

Oopkop vir alternatiewe Oraniërs is oopkop vir alternatiewe, maar daardie alternatiewe word deurgaans geweeg en aangepas waar dit nodig is. Die planne wat daaruit voortspruit, moet deurgaans geslyp word totdat hulle vlymskerp ‘n pad na ‘n goeie toekoms oopsny. ‘n Groot uitdaging in Orania is om ‘n gesonde ekonomie op die been te bring en Afrikaners ekonomies te bemagtig. Ons weet reeds dat ons self daardie verantwoordelikheid moet aanvaar. Een van die beste maniere om dit te bewerkstellig is om elke werker inspraak te gee in die onderneming waar hy sy brood en botter verdien. Oraniërs het ‘n tydjie gelede gaan kers opsteek by die Baske wat unieke koöperasies, bekend as Mondragon-koöperasies tot stand gebring het. Hierdie koöperasies verskil van alombekende SuidAfrikaanse koöperasies in dié sin dat alle werknemers lede is van die koöperasie. Lidmaatskap word verkry deurdat ‘n persoon inkoop in die koöperasie en dan lewenslank lid bly. Mondragon-koöperasies word opgerig, bestuur en bedryf deur die arbeiderslede van die koöperasie. Hoewel goeie besigheids- en bestuurbeginsels geld, geniet mense voorkeur bo kapitaal. Winste word teruggeploeg in die onderneming, voortdurende aanpassing by die veranderende omgewing kry aandag, asook navorsing, innovasie en die voortgesette opleiding van koöperatiewe lede.

In Orania is daar reeds ‘n onderneming wat hierdie bedryfsbeginsels gekies het. Dit is ‘n onderneming wat ‘n blitsige brandyster vervaardig. Die Ratsbrand is die unieke breinkind van Ampie Venter. Prof. Carel Boshoff en Koos le Grange is die ander lede van dié onderneming wat op koöperasiebeginsels bedryf word. Om, soos die wet vereis, vee te brandmerk is ‘n langdradige en moeisame proses wat nie altyd ewe suksesvol werk nie. Die Ratsbrand los hierdie probleem in ‘n japtrap op. Dit werk met ‘n 12 voltbattery, sommer direk van ‘n bakkie se enjin af. Die groot voordeel, sê Ampie, is dat die toestel vinnig, veilig en netjies brand. Die brandyster word binne agt sekondes rooiwarm. Ampie het aan alles gedink, want twee tipes vlekvrye staalletters is beskikbaar en tot drie letters kan gelyktydig gebrand word. Die toestel het ‘n vyf meter lange kabel sodat ‘n beesboud maklik bygekom kan word, selfs al staan die dier agter op ‘n bakkie. Die pistoolgreep voorkom dat die letters onderstebo gebrand word en tot 200 beeste kan lag-lag op ‘n dag gemerk word. Hierdie onderneming gee die eerste treë op ‘n nuwe pad waar Oraniërs alles oopkop ondersoek en die goeie behou sodat die geslagte wat nog moet volg, eendag ‘n glasie op hulle voorgeslagte sal klink!

Die brandyster wat van ‘n battery af werk, brand vinnig en doeltreffend.

‘n Netjiese brandmerk.




EiE ARBEiD

Selfwerksaamheid se soete vrugte “Ek hou net nie daarvan as hulle oor my nat vloere loop nie, dan raak ek baie kwaai!” sê Lena Rivers met ‘n vonkel in haar oog. Lena en haar gesin het sowat ‘n jaar gelede op Orania aangeland nadat die myn waar haar man gewerk het, gesluit is.

In Orania het haar man spoedig werk gekry in die bloeiende boubedryf. Lena het die leemte vir skoonmaakdienste raakgesien. Sy vertel dat sy met haar aankoms soggens eers saam met die dame van die huis koffie drink en dan gesels hulle oor haar pligte vir die dag. “Dan kan ek begin en werk tot ek klaar is. Ek besluit wanneer ek huis toe gaan.” Dis nie vreemd om vir Brenda op haar hande en knieë te sien as sy ‘n houtvloer behoorlik blink wil poets nie. Brenda Emslie se man het as werktuigkundige op ’n lemoenplaas in die Moeketsi-omgewing gewerk. Die plaas is onteien en hulle moes ‘n nuwe lewe elders begin. Met hulle laaste geld het hulle die pad Orania toe aangepak. Haar man het byna dadelik ‘n werk op Orania gekry. Sy glimlag trots as sy van al haar kliënte vertel. Monica Scholtz het voorheen in Pretoria as sekuriteitswag gewerk. In Orania is daar min sekuriteitswerk en het sy haar gewend tot skoonmaakdienste. Sy doen enige iets van strykwerk tot perskes skil vir droging. “Werk is volop as ‘n mens wíl werk.” Orania begin nou die soete vrugte van selfwerksaamheid en volkseie arbeid pluk. Afrikaners wat vir hulleself verantwoordelikheid wil neem, kry op Orania die geleentheid. ‘n Diverse gemeenskap waarin ‘n gemeenskap in al sy eie behoeftes, ook ten opsigte van arbeid kan voorsien, lei tot ‘n volhoubare gemeenskap. Die drie gesels onder mekaar oor hoe woelige kinders die huise bemors en hoe goed hulle werkgewers hulle behandel. “Ek het met niks hier aangekom nie,” sê Lena, “maar julle kan na my huis kom kyk. Ek kort niks nie. Ek het so baie persent gekry van my mense en ek koop baie by die Kleretrommel.” Een van haar werkgewers borg ook haar kind se skoolfonds. Brenda wat onlangs op Orania aangekom het, het nog min bymekaar gemaak en sy het komberse nodig vir die winter wat voorlê. Sy is dankbaar vir die tweeplaatstofie waarop sy saans kan kosmaak. Monica en Lena gee raad oor aankope by die Kleretrommel* en hulp van die kerke in Orania. Elkeen van die drie bedryf haar eie skoonmaakonderneming. Hulle werk per uur teen ‘n tarief wat hulle met die werkgewer ooreenkom. Oor die algemeen stel die werkgewer die skoonmaakmiddels beskikbaar, hoewel hulle voorkeure het oor waarmee hulle “lekker” werk. ‘n Matskoonmaker sal hulle taak baie vergemaklik en eendag dalk ‘n stoomskoonmaker vir ruitewas... *Die Kleretrommel is ‘n onderneming waar vrywilligers werk om skenkings aan Orania te sorteer, uit te stal en teen redelike pryse te verkoop.

Links bo: Monica Scholtz besig om ‘n groot perskeoes te verwerk. Links onder: Lena Rivers speel lag-lag klaar met ‘n bondel strykwerk.




UiTWoNER

Akteur belê in Orania Om Christiaan van der Merwe oor homself te laat gesels is nogal ‘n uitdaging, hy mik telkens in ‘n ander rigting. Maar omdat ons hom al jare ken, word dit ‘n lekker speletjie om hom terug te lei na waaroor ons eintlik wil gesels: Christiaan van der Merwe, die akteur.

Tydens sy skooljare was die Petrocellihy ‘n groot gedeelte van sy lewe wil deurbring. Met aanmoediging van televisiekarakter vir Christiaan ‘n Die hoop van Oraniërs het hy besluit om weer die rolmodel. Hy het dié karakter wat vryheid vir die nederige studentelewe aan te pak. Hy altyd besig was om aan sy huis te het in 2006 sy diploma in Drama aan Afrikanervolk bou, maar ook altyd gereed was om die Technikon Pretoria verwerf. mense te help, baie geniet. Dalk het het sterk in dit ‘n rol gespeel in sy aanvanklike Christiaan se dosente het gou sy Van se hart loopbaankeuse in die regte. Hy het die talent vir teksskryf raakgesien en hom aangemoedig om hierdie rigting verder grade BLC, LLB verwerf. gebrand te verken. Hy is tans besig met ‘n Christiaan se studiejare het vir hom meestersgraad in teksskryf. Dit is egter veel meer gebied as bloot akademiese op die verhoog waar sy hart lê. Hy het prestasie. Dit is op die Tukkiekampus waar hy die reeds die geleentheid gehad om in die baie gewilde eerste keer as ‘n Ienk die verhoog betree het. DVD van die musiekgroep Glaskas op te tree. Hoewel hy ywerig betrokke was by die kulturele politiek van die Studentewag, het hy ook nog kans In My Country’s Good het hy die rol van die Engelse gekry om jaarliks in die Skilpadliefde Revue op te offisier, Captain Ross, so oortuigend gespeel dat die gehoor vir hom woedend was. In ‘n dokumentêre tree en het hy landwyd saam met die groep getoer. film deur ‘n Australiese regisseur vir National Die hoop van vryheid vir die Afrikanervolk het Geographic, het Christiaan beïndruk met sy sterk in Van se hart gebrand en na voltooiing van sy vertolking van ‘n gekaapte persoon wat reg laat studies het hy hom op Orania gevestig waar hy sy geskied aan die huidige situasie in Suid-Afrika. eerste regspraktyk geopen het. Hier het hy op die Een van die uitdagendste rolle vir Christiaan tot verhoog verskyn wanneer daar ‘n geleentheid was. dusver was dié van Tesman Gabler in die drama Hy het selfs die Kaalvoettrofee gewen vir een van sy Hedda Gabler. Vir hierdie stuk met 100 bladsye optredes in die jaarlikse Kaalvoetkonsert. fynteks, moes hy meer as die helfte daarvan onder Gaandeweg het Christiaan besef dat hy sy hart op die knie kry! Daarvoor is daar maar een raad sê hy: die verhoog verloor het en dat dit die plek is waar Leer!

10


UiTWoNER Christiaan sal binnekort as die hoofkarakter, Sarel, in ‘n M-Net produksie Roofstory te sien wees. Tussendeur is Christiaan tipies Afrikaner met ‘n boerdery op die kantlyn. Op ‘n Vrystaatse plaas boer hy met Bonsmaras en op sy hoewe in Rayton lei hy perde op en rig hy leerlingruiters af. Al hierdie bedrywighede dra by tot ‘n latlyf wat noodsaaklik is vir Christiaan, die akteur. Die gerieflike oopplan kombuis van Huis In sy hart is Christiaan steeds ‘n oortuigde Johanna. Oraniër met eiendom op Orania. Hy sien uit na die dag dat Orania genoeg geleenthede in wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. In die dramawêreld sal bied sodat hy weer permanent die kombuis is daar splinternuwe toerusting wat ‘n hier kan vestig. aangename vakansie net nog lekkerder sal maak. Christiaan het onlangs saam met familie ‘n groot Gaste sal kan gebruik maak van DSTV en die hoë onderneming op Orania aangepak toe hulle ‘n luukse kwaliteit musiekspelers wat beskikbaar is, is elke houthuis in die plaaslike Oewerpark gebou het. Die musiekliefhebber se droom. Om die rivieruitsig familie besoek Orania so dikwels as wat hulle kan regtig te geniet, bied ‘n braai op die ruim dekstoep en geniet dit veral om Desembervakansies hier deur heerlike ontspanning. te bring. Die huis wat hulle hier gebou het, was dus Die Van der Merwes het gou besef dat meer en meer bedoel vir Van der Merwe-familievakansies. Soos die mense besef hoe plesierig ‘n vakansie op Orania is projek gevorder het, het hulle egter bewus geraak van die behoefte vir luukse vakansie-akkommodasie en het daarom besluit om die onderste gedeelte van Huis Johanna in ‘n afsonderlike, kleiner woonstel, en is die huis só aangepas. Knushoek, te omskep. Huis Johanna bied ‘n wittebroodsuite met ‘n reuse borrelbad as verrassing. Die oopplanontwerp deur Die Van der Merwe-familie skroom nie om as argitek, Christiaan van Zyl, het nog ‘n slaapkamer met ondersteuners van Orania wat nog nie hier kan sy eie stort en op die soldergedeelte sal minstens ses woon nie, in Orania te belê nie. So lewer hulle ‘n kinders vir die nag geliasseer kan word. Wat gerief waardevolle bydrae tot Orania se positiewe groei. betref, is daar nie bespaar nie. Vakansiegangers Die bonus? Dit is vir Oraniërs heerlik om op hoef amper nie hulle hande in koue water te voornaamterme te wees met ‘n akteur van wie nog steek nie want die huis is volledig toegerus met ‘n baie verwag word!

Die Karoo bied wonderlike geleenthede Die Karoo-ontwikkelingskonferensie is op 26 en 27 Maart in Graaff-Reinet aangebied. John en Lida Strydom het die Orania Beweging verteenwoordig, terwyl Annatjie en Francois Joubert die Karoopekanstalletjie beman het. Die konferensie het veral klem gelê op die geleenthede wat ‘n woestynomgewing soos die Karoo bied. ‘n Verskeidenheid referate is aangebied. ‘n Referaat oor ruimtetoerisme het vergesog geklink, maar die Karoo bied volgens beskikbare inligting goeie toekomsmoontlikhede daarvoor. Daar is veral aandag gegee aan toerisme en die stilte en donker sterrenagte van die Karoo blyk van die mees waardevolle eienskappe vir uitgeputte stadsbewoners te wees. Toerismekundiges het ernstige waarskuwings gerig dat ontwikkeling in die Karoo nie toegelaat moet word om hierdie waardevolle kommoditeite te verswelg nie. ‘n Kleurvolle ekspo met Karooprodukte het die oorvloed van die Karoo met trots weerspieël.

Francois Joubert en John Strydom geniet die verskeidenheid stalletjies by die Karooontwikkelingskonferensie. 11


oRANiA GRoEiFoNDS

Om Orania te kies Ebert Terblanche is vroeg aan die gedagte van meerderheidsbesetting blootgestel en het dit ook met sy pa bespreek. Die enigste probleem wat hierdie wyse ouer voorsien het, was dat Ebert nie sy volle potensiaal op Orania sal kan uitleef nie.

Ebert het tog besluit om op Orania te kom vestig. Hy het groei in sy ouditpraktyk ondervind wat sy verwagtings ver oortref het en is reeds op soek na ingeskrewe studente wie se deeltydse studies hy sal borg totdat hulle by hom ‘n klerkskap kan voltooi. Hierdie onverwagse groei is terloops ’n neiging by die meeste jong professionele persone wat na Orania verhuis het (argitek, beleggingskundiges ens.). Ebert Terblanche skryf self verder: Die revolusionêre idee wat die grens tussen die moderne era en die verlede span, is die mens se bemeestering van risiko: die gedagte dat die toekoms meer is as bloot die grille van omstandighede buite ons beheer en dat die mens nie passief voor die natuur staan nie. Maar daar is selde in die geskiedenis van die mens geleenthede wat hulself voordoen waarby die enkeling meer as sy eie toekoms kan beïnvloed. Dalk is een rede hiervoor die wyse waarop sulke geleenthede hulself openbaar, selde aanlokliker as dit waarmee die groep hulle besig hou. Hoe beland jy dan by so ‘n geleentheid? Toeval, geluk, bestiering of eie vernuf? Word die afronding verskaf deur waagmoed, of is dit ‘n geval van wat die oog nie sien nie, deer die hart nie? Oor my eie verhaal tot sover kan die leser self oordeel. ‘n Dekade het verloop sedert ek as hoërskoolleerling uitgenooi is deur die ATKV om ‘n jeugleiersberaad by te woon. Hierdie berade is landswyd gereël. Een van my skool se afgevaardigdes het egter siek geword, kort voor die beraad sou plaasvind, wat

12

ons beplan het om in ons omgewing by te woon. Maar daar was ‘n uitweg – ons sou almal die BarklyWes-beraad naby Kimberley later die maand kon bywoon. Almal het ingestem, al was die pad bykans drie keer verder. Sonder my medewete is die Orania Groeifonds Beperk gedurende dieselfde jaar geregistreer en het hy sy sertifikaat om met besigheid te begin, ontvang. Dit was ‘n besigheid om kapitaal te werf vir die ontwikkeling van Orania. Tóé was daardie besigheid op net sulke onsekere bene as my kennis oor die Barkly-Wes-omgewing. Tydens die Jeugberaad is ons jonges blootgestel aan die politieke leiers van die provinsie. Prof. Carel Boshoff het met sy kalm beredeneerdheid en jare van slyp aan ‘n droom, ‘n argument op die tafel geplaas wat tot vandag toe deur my gedagtes weergalm. As student by die Universiteit van Pretoria het ek die nering van Rekeningkundige Wetenskappe my eie gemaak. Tydens praktiese opleiding by ‘n internasionale ouditeursfirma het ek ook blootstelling aan myngroepe gehad, en die oomblik toe ek ‘n vliegkaartjie kry om sake in die Noord-Kaap te ondersoek, het ek planne gesmee om vir die eerste keer in Orania te draai, min wetende dat ek skaars ‘n jaar later my intrek in hierdie stad in wording sou neem. Hoewel my eie paadjie na Orania gekronkel het, het die Orania Groeifonds net een rigting geken: stadige maar sekere groei. Op hierdie stadium was ek al ietwat meer bekend met die Groeifonds. Ek het,


oRANiA GRoEiFoNDS op versoek van die Orania Beweging, as klerk my meerderes gepols om inligting in te win rakende die wetlike vereistes vir die bedryf van so ‘n onderneming. Ek het ook bietjie ad hoc-advies gegee rakende die gebruik van ‘n plaaslike geldeenheid. Daarom was dit ook nie ‘n groot verrassing toe ek die Groeifonds as my eerste kliënt gekry het met die vestiging van my praktyk op Orania nie. Ek sou egter nie dadelik my volle aandag hieraan kon skenk nie, want my intrek in Orania is vir drie maande onderbreek weens ‘n werkskontrak wat ek eers in Amsterdam met die oudit van die Nederlandse bank ABN Amro moes afhandel. Vandag betree ons die voorgrond. Die Groeifonds bied ‘n platform waarop ons as ondersteuners van Orania ‘n kapitaalkragtige ontwikkelingskoöperasie daar kan stel, wat nie net Orania sal help om die stad te word wat hy kan wees nie, maar wat ook ‘n

billike opbrengs op ons ondersteuners se beleggings betaal. ‘n Minimum eenmalige belegging van R10,000.00 of ‘n maandelikse debietorder van R200.00, vorm die drempel wat ‘n daadwerklike aandeel in die ontwikkeling van Orania vir elkeen toeganklik maak. Deur kundigheid, deeglike struktuurontwikkeling en omsigtige verantwoording van beleggersgeld word die risiko van deelname aan die Orania-ekonomie verplaas en kan ons versigtig optimisties die toekoms betree. Belangstellendes kan my by die Orania Groeifonds skakel by 053 207 0082 of groeifonds@orania.co.za Ebert Terblanche GR(SA) Finansiële bestuurder Orania Groeifonds Beperk (Geregistreerde finansiële dienste- en kredietverskaffer)

‘n Verbeeldingsvlug is geld werd!

Gerhardus Thompson hou van vergesogte stories en terselfdertyd is hy ‘n geesdriftige Orania-uitwoner. Om die twee liefdes bymekaar te bring het hy die Afrikaanse Wetenskapfiksie- en Fantasieskryfkompetisie geloods. Dat daar niks met Oraniërs se verbeelding skort nie, is duidelik, want die eerste vier plekke het aan Oraniërs gegaan. Daniël Els se verhaal Volkaan het vir hom die eerste plek,‘n besondere mooi silwer medalje en prysgeld van Ø1000 losgeslaan, Francois de Vos was in die tweede plek met ‘n prysgeld van Ø500 en die twee sussies, Corianca en Jantoené Oosthuizen, onderskeidelik derde en vierde. Die verhale is in ’n klein bundeltjie opgeneem en is beskikbaar by die Orania Beweging Boekwinkel. Die volgende kompetisie is reeds geloods en die sluitingsdatum is 5 September 2009. Nuwe nuus is dat ‘n wetenskapfiksiekunskompetisie ook nou geloods is. Dié kompetisie sluit reeds op 1 Julie 2009. Meer inligting by Lida Strydom by redakteur@orania.co.za of 053 2070057.

Orania-vroue lag-lag die beste ‘n Tak van die Vrouelandbouvereniging is in Januarie op Orania gestig en Elise Snyman is as voorsitter verkies. Die volkstaatvroue het sommer

Die vroue van die Orania VLV

vinnig gewys dat hulle hande reg vat en het by die Sirkelbyeenkoms van die Noord-Karoostreek in Maart met handevol pryse weggestap. Hoewel die tak die jongste in die groep is, het hulle glimlaggend die skild vir die meeste punte asook die skild vir die hoogste kwaliteit werk Orania toe gebring. Hulle is reeds aan die werk om tydens die kongres in Augustus weer hulle beste voetjie voor te sit.

13


oPVoEDiNG

Om ‘n lint te knip Om ‘n leemte raak te sien, om daaroor te dink, ‘n plan te maak en dan die plan ten uitvoer te bring, dit lê alles in die pad voordat jy by die heuglike dag kom waar die lint geknip word en die feesviering kan begin.

Soms kom ‘n mens tog by die punt waar jy met ‘n groot glimlag hierdie taak kan uitvoer. Die feesviering was by die CVO-skool Orania en die rede: die inwyding van vier nuwe klaskamers vir ‘n skool wat letterlik uit sy nate gebars het! Hannes du Preez, voorsitter van die Opvoedingsraad, het tydens sy inwydingstoespraak klem daarop gelê dat ‘n mens in die huidige politieke bedeling nie meer net na ‘n dorp toe kan trek en aanneem dat daar ‘n goeie skool sal wees nie. Hy het ook die lat onder Afrikaners ingelê omdat hulle die verbruikerskultuur so omarm het en nie meer ‘n aandeel het in die opbou van instellings soos skole nie. Volgens Hannes bly dit die verantwoordelikheid van die ouers om te sorg dat daar goeie onderwysinstellings vir hulle kinders is, veral omdat die waardestelsel van ouers en die staat al hoe verder van mekaar verwyderd raak. Hy het sy skok uitgespreek oor die funksionele ongeletterdheid wat bv. by veertienjariges voorkom. Een van die hoofredes vir die aanbou van die nuwe klaskamers is om die Junior Primêre Fase, wat ‘n kleuterskool insluit, uit te brei. Hierdeur kan seker gemaak word dat die kwaliteit van die grondslagfase van hoogstaande kwaliteit is en dat leerlinge nie later onnodig met probleme sal hoef te worstel nie. Volgens Hannes is dit van groot belang dat die CVOskool Orania doelmatig bestuur moet word. “Om

14

Hannes du Preez, voorsitter van die opvoedingsraad van CVO-skool Orania aan die woord. ‘n skool goed te bestuur”, sê Hannes, “beteken nie veel nie. Die skool kan goed lyk en niks bereik nie. Om ‘n skool doelmatig te bestuur beteken dat doelwitte bereik en afgehandel word.” Dié skool is defnitief besig om sukses te behaal, want die leerlingtal het binne ‘n jaar gestyg met 50%. Hannes vertel van die meer komiese momente tydens die bou van die nuwe klaskamers: hulle het al ver gevorder toe een hele muur van die gebou omgewaai het en hulle met moed in die skoene weer van voor af moes begin. Riëtte Roux, graad 2-onderwyseres, het ‘n oorsig gegee oor onderrig in die Junior Primêre Fase. Sy het veral klem gelê op die ontwikkeling wat ‘n kind in hierdie stadium deurgaan. ‘n Kind word die beste geleer wanneer al sy sintuie gebruik word. Hulle onthou 20% van wat hulle sien, 30% van wat hulle hoor en 80% van wat hulle self doen. ‘n Kind moet veral ook veilig voel en die gevoel van geborgenheid word geskep deur roetine, oogkontak, aanraking en liefdevolle maar streng dissipline. Nadat die graad 2-klas die gehoor vermaak het met ‘n paar vrolike sangitems, kon die groot oomblik aanbreek: meneer Frans Pretorius, die skoolhoof, kon die beplanning en werk van die voorafgaande maande afsluit toe hy met ‘n glimlag die lint knip en die nuwe klaskamers betree kon word.


oPVoEDiNG

In Orania is die

Noord-Kaap Hollands! 2009

Wat het Orania-tieners en hulle eweknieë in Nederland gemeen? Dit was hierdie vraag wat Volkskool Orania aan die einde van verlede jaar laat voelers uitsteek het na skole in Nederland om vas te stel of daar Nederlandse leerlinge is wat sou belangstel in internetskakeling met Volkskoolkinders. Juffrou Jaqueline Kooij, ‘n onderwyseres by die Pieter Zeemanskool in Zierikzee in die suidweste van Nederland, het gou laat weet dat sy dink dat dit ‘n “ontzettend leuke” idee is en dat haar leerlinge graag aan so ‘n projek sal wil deelneem. In Januarie het sestien Nederlandse internetmaats hulle eerste vonkposse deurgestuur en dit is met groot opwinding deur die Orania-leerlinge ontvang. Een Nederlandse boodskap was gerig “Aan Afrika”! Omdat Volkskool Orania ‘n rekenaargesteunde skool is, het elke leerling ‘n eie vonkposadres en kon hulle maklik die vonkposse opvolg. Dit was sommer gou duidelik dat tieners in Europa maar na dieselfde musiek luister en dieselfde rekenaarspeletjies speel as hulle tydgenote op die Noord-Kaapse platteland, maar dat daar tog groot verskille in hulle leefwêrelde is. Die Nederlanders word groot in ‘n stadsmilieu teenoor die Oraniërs se meer landelike omgewing. Een van die opvallendste verskille is die klimaat. Terwyl dit gesneeu het in Nederland, was dit 35˚C in die Karoo. “Wat een lekker temperatuurtje,” is een kommentaar hierop. Beide groepe skryf in hulle moedertale en verstaan mekaar heel goed, alhoewel die Oraniërs gou agtergekom het dat hulle internetmaats glad nie die woord “baie” verstaan nie en dat, as ‘n Nederlander skryf dat hy “vaak op de computer speel” dit nie beteken dat hy sit en slaap voor sy rekenaar nie, maar dat hy dikwels op sy rekenaar werk. Die doel met die projek is om aan ons leerlinge blootstelling te gee aan die wye wêreld daarbuite. Hulle sal hulself binnekort in ‘n globale ruimte moet

handhaaf en kan daarom nie geïsoleerd grootword nie. Behalwe die taalblootstelling het die projek ook meegebring dat die Orania-leerlinge hulle stambome en geskiedenis moes naspeur om te kan verduidelik hoe dit gekom het dat daar ‘n groep mense in Afrika woon wat ‘n Nederlandsverwante taal praat en bande met Nederland het. Die stuur van vonkposse, internetnaslaanwerk en die uitruil van foto’s het ook die leerlinge se internetvaardighede verhoog. Hierdie vaardighede is noodsaaklike voorbereiding vir die rekenaargedrewe wêreld wat hulle na skool gaan betree. Die Nederlandse projek vorm deel van Volkskool Orania se verrykingsprogram, wat klasse in onderwerpe soos elektronika, webwerfontwerp, praktiese Duits en skaak insluit. Eleanor Lombard

Volkskoolleerlinge verkneukel hulle aan die Nederlandse taal. V.l.n.r. Joanné Oberholster, Joos Strydom, Daniël Els en Roedolph Schumann. 15


EiE ARBEiD

Nie omdat ons so fluks is nie! Nie omdat ons so fluks is nie, (ons is ook!) maar omdat ons so slim is, dis hoekom ons self werk! Die beginsel is eintlik baie eenvoudig: Politiek begin stel. en arbeid kan nie geskei word nie. Waar die samestelling van ‘n gemeenskap verander, Afrikaners wil graag geregeer word deur mense daar verander die politieke beeld van ‘n gemeenskap. wat soos ons dink, ons taal praat, ons geloof deel en Een voorbeeld is Noord-Amerika waar die inheemse dieselfde kultuur as ons uitleef. Dit is ook waar dat Amerikaanse Indiane gewoon en vir duisende jare dit die kiesers is wat bepaal wie regeer. Arbeiders ‘n kultuur geskep het wat die kontinent oorheers maak gewoonlik die grootste groep het. Die kultuur van Amerika was ‘n in ‘n gemeenskap uit. Dit is dus hulle weerspieëling van ‘n land wat deur stemme wat gaan bepaal wie aan bewind Indiane bewoon en bewerk is. Nadat wit As ‘n boer tien kom. As ‘n boer tien werknemers op sy immigrante die gebied binnegestroom het, werknemers op plaas het, is dit die tien stemme van die het groot verskuiwings plaasgevind. Binne sy plaas het, werkers wat gaan bepaal wie oor die ‘n paar honderd jaar het die Indiaanse boer regeer. kultuur feitlik verdwyn. Dit word tans nog is dit die tien net in reservate bewaar. Maar: as jou werknemers dieselfde stemme van oortuigings as jy deel, dan gaan hulle Tans is die heersende kultuur in die VSA dié die werkers wat dieselfde regering as jy verkies. ‘n Wenvan wit Europeërs, maar as gevolg van die gaan bepaal wen situasie! grootskaalse gebruik van vreemde arbeid, Die geskiedenis oor die wêreld heen wie oor die boer het die gesig van Noord-Amerika weer verander sodat die meerderheid inwoners regeer. het gewys dat waar vreemdes ingevoer van die land nie meer wit Amerikaners is om die werk te doen, hulle mettertyd is nie. Die politieke oortuiging van die begin het om aansprake te maak op inwoners van Amerika het vanjaar die sekere regte, en veral op politieke regte. Hulle wou woon waar hulle werk, hulle wou hulle gesinne by eerste swart president aan bewind gestel. hulle hê en kort voor lank het hulle politieke eise Arthur Kemp skryf in ‘n insiggewende artikel: WHITE

Patrick Bothma neem verantwoordelikheid vir Orania se skoon strate. 16

Johan Joubert en Joanné Oberholster het vroeg geleer om self koeksister te bak.


EiE ARBEiD SOUTH AFRICA: What went wrong? waar die verskuiwing as gevolg van die gebruik van vreemde arbeid gebeur, is daar gewoonlik ‘n bepaalde volgorde van gebeure: die dominante groep voer vreemde arbeid in om fisiese werk te verrig. Die vreemde groep vestig hulleself tussen die dominante groep en gebruik die strukture van die gemeenskap om ‘n groot bevolkingsgroei in stand te hou. As gevolg van die snelle toename in getalle begin hulle om die oorpronklike groep te oorheers, met ander woorde, diegene wat die land bewoon, bepaal die aard van die gemeenskappe waarin hulle woon. Hoekom hamer ons so voortdurend op die feit dat selfwerksaamheid die sleutel tot oorlewing is? Politieke mag, en dus regering, kom slegs deur fisiese okkupasie. Dit kom nie deur historiese regte, of deur ooreenkomste of deur morele regte nie. Die enigste blywende mag kom deur besetting van ‘n groep wat die meerderheid vorm en wat dus self al die fisiese werk doen. Dit gaan goed in Orania. Die dorp is ‘n voorbeeld van ‘n suksesvolle gemeenskap wat vir homself verantwoordelikheid neem. Oraniërs is trots op hulle taal, hulle beoefen hulle geloof met oortuiging en hulle is trots op hulle kultuur en hulle identiteit. Misdaad is byna onbekend in Orania. Daar is vooruitgang en passie in Orania. In byna elke ander dorp in Suid-Afrika is daar Afrikaners wat dieselfde Afrikaans as Oraniërs praat, wat dieselfde geloof het en wat aan dieselfde kultuurgroep behoort. Wat is dan die onderskeidende kenmerk van Orania? Die enigste onderskeidende kenmerk in Orania is selfwerksaamheid. Selfwerksaamheid maak die samestelling van ons gemeenskap anders as enige ander dorp in Suid-Afrika. Selfwerksaamheid is die sleutel tot ons sukses. Ons werk self, nie omdat ons so fluks is nie, (ons is ook!) maar omdat ons régtig slim is!

Links bo: Ansa Soekoe weet hoe om met ‘n perske te werk. Links onder: Boetie Landy leer jong manne om 2000 stene per dag te lê.

Radio Orania plaas een kersie op die koek

Orania se eie Kaalkopkok het laglag vir 200 mense kos gemaak tydens die verjaardagvieringe.

Tydens die uitsendings van 18:00 tot 22:00 op weeksaande word luisteraars gereeld daaraan herinner dat hulle “luister na Radio Orania wat uitsaai op 95.5FM.” Daar is heelwat getroue luisteraars, selfs in Orania se onmiddellike omgewing en almal kon deelneem aan die vrolike verjaardagpartytjie wat op 12 April gehou is om die radio se eerste verjaardag te vier. Orania se eie Kaalkopkok, Christiaan van Zyl, het gesorg vir gratis potjiekos vir die hele gemeenskap. Nagenoeg 200 mense kon heerlik smul aan ‘n skaap- of hoenderpotjie met stampmielies. Geesdriftige deelnemers het by die geleentheid meegeding om die Goue Mikrofoontoekenning, soortgelyk aan Idols. Orania se burgemeester, Martin Kemp, en Leslie Kunneke het uiteindelik met die groot eer weggestap met hulle welluidende mondfluitjie-en banjonommertjie.

17


WETENSKAP

Orania wetenskaplike lewer internasionale referaat Orania word toenemend ’n plek waar hoogs gekwalifiseerde kundiges tuis voel. ’n Plek waar hierdie mense wil woon en werk. Orania word dié dorp vir denkende mense.

18

Een so ‘n kundige is dr Leendert Snyman wat in 2004 saam met sy vrou, Elise, na Orania verhuis het. Hy het vir 13 jaar as biochemikus by die Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut gewerk en in daardie tyd besluit om “na Orania te kom kyk”. Hy het ‘n passie vir die Afrikaner en sy kultuur en hy het gevoel dat Orania daardie snaar roer. Daarom het hulle in 1998 die opstal van die oorspronklike plaas waarop Orania se landbou later sou ontwikkel, gekoop. Soos menige Afrikaner het hy ook ‘n groot liefde vir boerdery en is van nature ook ‘n persoon wat graag “self doen.” Na sy aftrede het Leendert kontrakwerk vir Onderstepoort begin doen en het hy reeds ver gevorder met die kommersiële toepassing van weersinverwekking vir gifplante by vee. Hy is tans een van enkele outoriteite in hierdie nisnavorsingsveld in Suid-Afrika, met ander leidende figure in die VSA. Leendert, vergesel van sy vrou, het trouens pas teruggekeer van Brasilië waar hy sy navorsing by ‘n weeklange simposium gaan bekend stel het. Dit is terloops sy tweede oorsese voorlegging van hierdie aard sedert hy hom op Orania gevestig het. Leendert het sy tesis op gousiekte gedoen, maar sy kontrakwerk handel onder andere oor die voorkoming van vermeerbos- en geeltulpvergiftigings deur vee te kondisioneer om dit te vermy. Dosering met bepaalde ekstrakte word hiervoor gebruik en ‘n groot mate van sukses is reeds in die praktiese toepassing daarvan behaal, soos o.a. aangetoon op Koopmansfontein, ‘n proefplaas van die Noord-Kaapse Departement van Landbou. Hy werk verder ook op die isolasie van ‘n gifstof wat in kopvrot (diplodia) by mielies voorkom en groot skade onder vee aanrig. Volgens Leendert word hierdie werk baie vergemaklik deur die feit dat hy ‘n rekenaar en internetgeriewe op Orania beskikbaar het. Wanneer dit by ‘n werksfilosofie of -etiek kom, is Leendert onverbiddelik: hy doen dit, waar moontlik, self! Hy is persoonlik betrokke by elke stap, vanaf die beplanning en uitvoering van die proewe tot by die bekendstelling van resultate. Na sy mening sluip baie foute in omdat wetenskaplikes self proewe ontwerp en voorskryf, maar nie altyd self prakties daarby betrokke is nie. Hy glo dat jy dikwels leemtes of moontlike beter doeltreffendheid eers raaksien wanneer jy iets self doen. Ook op sy hoewe, waar hy, sy vrou, en hulle skaaphond Blitsie met Dorpers (op aangeplante weidings onder sy pekanbome) boer, doen hulle alles self, alhoewel hy erken dat hy soms meer gedoen kan kry met ekstra arbeid. Ek was vroeg op ‘n wintersoggend by die Snyman-egpaar en die kleure, atmosfeer en rustigheid op hulle hoewe het meer na ‘n paradys gevoel as ‘n werkende plaas. Geen wonder dat hulle ook besluit het om’n gastehuis te bedryf nie: dis terapie vir besoekers! John Strydom


AGTERGRoND

Arbeid

Dat selfwerksaamheid en volkseie arbeid een van die steunpilare van ’n volkstaat sou wees, is uit die staanspoor deur die grondleggers van dié gedagte ingesien.

Of hulle besef het hoe moeilik die meerderheid Afrikaners dit sal aanvaar, is ’n ope vraag. Nie dat dit enige verskil aan die noodsaak daarvan sou maak nie, maar ons ervaar dat eie arbeid een van die grootste praktiese struikelblokke vir vestiging in Orania is. Die punt is dat ons dit beter kan hanteer as ons dit beter verstaan. In dié verband het ek onlangs aan die hand van die Franse skrywer, Alexis de Tocqueville se Demokrasie in Amerika, op die volgende gedagte gekom. Hy beskryf die Amerikaanse samelewing van die 1830’s en verwys na hulle “social condition”, bestaande uit gevestigde gebruike en herkoms enersyds en hulle wetlike omgewing andersyds. ‘n Mens kan dit dalk as “volksaard” vertaal en dan aanvoer dat Afrikaners se volksaard ons nog nie toerus om ons toekoms op eie arbeid te bou nie. Niemand twyfel seker aan die gerief van ’n oorvloed goedkoop arbeid nie, veral as ‘n mens nie die bedekte koste wat dit inhou, ignoreer nie. Verder het die wetlike raamwerk waarbinne die modernisering van Afrikaners plaasgevind het, op die veronderstelling berus dat ons werkers se behoeftes ten diepste anders en kleiner as ons eie behoeftes is en die verwagting geskep dat hierdie werkers vir altyd van politieke deelname uitgesluit sou kon bly. Dat dié werkers nie vir altyd met minder as ons tevrede sou wees nie en dat hulle politieke magsmiddele sou bekom om hulle behoeftes mee te bevredig en hulle posisie te verbeter, is nou geskiedenis. Verbasend is egter hoe stadig ons ons lewenspatrone by hierdie nuwe wetsraamwerk aanpas. Dit is asof Afrikaners dit óf nie aanvaar nie en die ou patrone hardkoppig wil voortsit, óf deur die omwenteling sodanig omver gegooi is dat hulle sommer in die geheel handdoek ingooi deur na binne of na buite te emigreer. Daar is al gesê dat die Oraniër ’n mutasie van die Afrikaner soos ons hom geken het, is. Ek het ook al na die derde Afrikaner verwys om te kenne te gee dat ons op nuwe maniere oor onsself moet dink as ons die huidige krisis wil oorkom. As dit waar is dat niks minder as ons volksaard op die spel is nie, onderstreep dit weer eens hoe groot die taak is wat in Orania onderneem word. Carel Boshoff(iv) President van die Orania Beweging

‘n Uitwoner is ‘n persoon wie se hart in Orania is, maar wat weens omstandighede nog nie in Orania kan woon nie. Sommige uitwoners besit eiendom in Orania, ander is passievolle ondersteuners wat Orania se saak so wyd as moontlik bekendstel. Orania het uitwoners baie nodig. Sal jy ook help?

19


Vir navrae of bespreking skakel

e i d Aan er Oew

053 207 0118

Volop skaduryke kampeerplekke en woonwastaanplekke met kragpunte Goed toegeruste ablusieblok BreĂŤ rivier vir watersport Braaiplekke en braaihout Volledig toegeruste chalets Visvangplekke Veiligheid Vlotvaarte

a i n a r O

a p S r e i v i R

od e aanb l a i s e Sp rania aan O -lede: ging Bewe fslag * 10% a

Kom ervaar welgeluksaligheid ‌ Skakelpersoon: Karin Coetsee Telefoon: 071 673 9705 *Aanbod geldig van 1 Junie 2009 tot 31 Mei 2010


Orania Voorgrond Junie 2009