Page 1

Vo o r g r o n d Februarie 2011 1/4

OR ANIA

j aa

r

1 9 9 1 - 2 0 1 1

he

el

Alge

d • bl 6

Fokus op Orania:

Kompetisiewenners bl 7

Steen vir steen 2 bl 10

ei

lewensaar of plunderaar

arb

Oranjerivier

1 ste

Om deur TYD

te STAP bl 13


redaksionele inligting Redakteur: Lida Strydom Medewerkers: Karin Coetsee John Strydom Japie Dreyer Ebert Terblanche Jaco Kleynhans Francois de Vos Gerhard Verdoorn Carel Boshoff (iv) Foto’s Lurina Eyekelenboom-Fourie Johan Olivier John Strydom Stephnie Muller Wilna van den Berg Nikke Strydom Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752 Kantoornommer: 053 207 0062

Belangrike Telefoonnommers Inligtingskantoor: 053 207 0062 CVO-skool Orania: 053 207 0177 Volkskool Orania: 053 207 0161 Orania Groeifonds: 053 207 0082 Helpsaamfonds: 053 207 0062 Orania Dorpskantoor: 053 207 0063/4

1. Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) 053 207 0118 2. Boskamp (Chalet) 083 388 1433

Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062

3. Sonvanger (Selfsorg) 079 386 3451

Webwerf: www.orania.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

Φ = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

27 Februarie Majubadag 6 April Stigtingsdag 31 Mei Bittereinderdag 14 Augustus Taaldag 10 Oktober Heldedag 16 Desember Geloftedag

GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 084 404 1904 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Verblyf in Orania

Faksnommer: 086 693 5385

Vonkpos: redakteur@orania.co.za of oraniabeweging@orania.co.za

K u l t u r e le va kans ie d a e I n O r ania

4. Oranje-Sig (Selfsorg) 10% afslag aan lede van die Orania Beweging 082 894 5053 5. Die Geweltjie (Selfsorg) 084 816 4932

6. Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) 053 207 0038 7. Orania Oewerhotel (Luuks) 053 207 0016 8. Die Ou Melkplaas (Gastehuis) 084 491 1947 9. Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie 083 600 1780 10. Rotsvas Akkommodasie (Selfsorg) 079 523 5808 11. Cha-Du-Brie (Gastehuis) 082 349 3411

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter

Erflating:

laat ‘n lewende monument na

Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

Voorgrond Februarie 2011

3


redakteursperspektief

D e ur w atte r bri l ky k j y ? Persepsies verskil en daarom verskil mense se werklikhede. Dit is opvallend hoe sommige mense so dikwels redes gee waarom Orania nie kan werk nie. ‘n Mens lees dit in die pers, jy ontvang e-posse en telefoniese navrae. Dit is net so opvallend hoe Oraniërs deur ‘n heel ander bril kyk. Hulle vra dikwels: Wat moet ons volgende doen? Wat is ‘n beter plan? Hoe vorder ons vinniger? Hulle is daagliks besig om te doen, te bou, ‘n bank te stig,‘n eie radiostasie te laat uitkring, skole te laat groei, eie vakansiedae te vier, werk en verblyf te skep. ‘n Ongelowige Thomas sê nou onlangs weer: “Niemand gaan tog ooit hierdie volkstaat van julle vir julle gee nie.” Ja, meneer, ons het eintlik nooit verwag dat iemand dit vir ons gaan gee nie. Maar vir ons beteken dit dink en planne maak, strategieë bepaal. Vir Oraniërs beteken dit dat daar werk is wat gedoen moet word. Oud-president Mbeki het destyds vir ons gesê: “Skep ‘n werklikheid wat ons nie kan ontken nie.” Dit was goeie raad en ons het dit gevolg. Orania se bestaan kan deur niemand meer ontken word nie. Orania kry reeds wêreldwyd erkenning.

twintigste bestaansjaar. Volgens onlangse ekonomiese navorsing moes hier tans 11 ondernemings op Orania wees. Die laaste telling het 54 getoon. Daar is gesê ‘n spa op Orania sal nooit werk nie. Die Orania Rivier Spa is reeds in sy derde jaar en is dikwels oorvol. Wie het gesê: “n OK op Orania sal nie ‘n jaar hou nie?” Die onderneming is reeds vyf jaar aan die gang.

Die een wat sê dat dit nie gedoen kan word nie, behoort nie die man wat dit doen te steur nie (Chinese gesegde).

jy gedink ons planne stop hier? Ons het mense nodig wat spesialiseer in die onmoontlike, alias Theodore Roosevelt. Tog ook, na twintig jaar weet ons dat daar mense is met wie jy moeite doen, met wie jy praat en verduidelik, wys en saam kopkrap. Die ontwikkeling op Orania het Daar is ook mense op wie jy nie jou só gegroei dat die werk wat eens asem mors nie, want ons prentjies deur ‘n Dorpsbestuurder gedoen verskil. kon word, nou ‘n Uitvoerende Hoof en vier afdelingshoofde benodig. Daar is diegene wat sê: kyk hoe min Ontwikkeling op Orania noodsaak het julle in twintig jaar reggekry. Ons nou gereelde ontmoetings met sê: Kyk wat het ons alles in twintig professionele konsultante oor nuwe jaar reggekry. paaie, dienslewering aan nuwe erwe, Maar wat kan jý wys vir jou afgelope nuwe uitbreidings wat deurdink moet twintig jaar? word, want die aanvraag is groot! Deur ons bril sien ons ontwikkeling, Daar is diegene wat vir ons gelag werkskepping, verblyf, eie grond en het, maar noudat Orania se suksesse instellings en vreeslik baie werk. Dit begin wys, tree hulle tog ‘n bietjie dra die kleure van hoop en trots. nader: Om beter te kan sien, my Wat sien jy deur jou bril? kind. Daar is dié wat sê: Julle grondgebied Lida Strydom

Orania pas in geen gewone prentjie in nie. Jare gelede het mense ook gesê: Orania kan nie werk word deur die ANC omring, julle het Redakteur nie. Vanjaar vier ons reeds ons geen seetoegang nie. Meneer, het

Voorbladfoto Deur Lurina Eyekelenboom-Fourie Die wenfoto in die Fokus op Orania-kompetisie! In hierdie foto neem ’n Afrikaner-bouer ’n steen van ’n hoop af. Dit simboliseer veral selfwerksaamheid en hoe daar in Orania aan ’n toekoms vir Afrikaners gebou word. Die wenfoto is eenparig deur die drie beoordelaars gekies. Foto’s is anoniem beoordeel.

4

Voorgrond Februarie 2011


oranianuus

Die Oranjerivierlewensaar of plunderaar Die laaste vakansieseisoen van 2010 het soos elke vorige jaar met al die normale opwinding en afwagting aangebreek. Vakansietyd in Orania is mos sinoniem met die rivier en al die aktiwiteite daarrondom. Min het vakansiegangers en inwoners toe geweet waarmee ons die nuwe jaar sou begin... Berigte van swaar en aanhoudende neerslae in die noorde van die land het te midde van die druk vakansieprogram aanvanklik by ons verbygegaan. Die ware toedrag van sake het eers tot ons begin deurdring toe die rivier tot so ‘n mate gestyg het dat die stroom te sterk geraak het om vlotvaarte veilig aan te bied en selfs die twee baie gewilde vaarte met Kersmusiek moes ook om dié rede afgestel word. Op die 6de Januarie 2011 het die prentjie egter dramaties begin verander toe die Vanderkloof- en die Gariepdamme hulle walle begin oorstroom het. 1200 m3

water per sekonde het in die rivier gestort en binne ‘n dag is die 2001-vloedmerk bereik en het die water oor die onderste terras by die Oewerpark begin stoot. Die rivier het konstant bly styg en teen die 11de Januarie 2011 het die uitvloei verdubbel en het die magtige Oranjerivier met vreesaanjaende skoonheid 7,5m bokant sy normale vlak by ons verbygedruis. Die draaipunt het gelukkig gekom en tien dae later, het die vloedwater gesak. Slegs die onwelriekende slik en die dooie gras was op die onderste terrasse die enigste ooglopende tekens

van ‘n gebeurtenis wat so maklik rampspoedig kon wees. Wat ‘n ongelooflike genade van Bo dat ons met slegs geringe skade die vloedwaters kon deurstaan en wat ‘n voorreg om die meelewendheid en onbaatsugtige hulp van ons gemeenskap te kon beleef in ‘n tyd van groot benoudheid en klein wees voor natuurkragte soveel groter as ‘n nietige mens. Karin Coetsee Red: Intussen het die vlak van die Oranjerivier op 30 Januarie selfs hoër as vroeër in Januarie gestyg. Die water het tot onder die Oewerhotel se ontvangs gevloei.

Die geweldige styging (meer as sewe meter)van die water het Orania se pompvlot se stutarm teen bome vasgedruk en geknak. Dorpsraad se tegniese span moes noodreddingswerk doen

Voorgrond Februarie 2011

5


vakansieprogram Elisma Boshoff jaag teen die afdraande by die Gemeenskapsaal af. Daar was iets vir oud en jonk op die vakansieprogram.

Kultuurvakansie? Daar is verskeie goeie redes vir die pret wat jaarliks op Orania aangebied word tydens die Desembervakansie. 1. Al hoe meer mense spandeer kwaliteitvakansietyd hier (en moet vermaak word). 2. Mense waardeer ‘n verandering van hulle gespanne, gevaarlike, inkomsteverdienende lewens. 3. As mens ‘n moeilik verteerbare boodskap wil versprei, moet jy dit eers lig en verteerbaar aanbied.

(Asof ‘n mens soveel goeie redes benodig om pret te hê!)

Ek het al gehoor dat daar ‘n seker manier is om kultuur dood te maak en dit is om toerisme aan te moedig. Maar tye (en die reëls) is aan die verander en dalk kan ons die Orania-kultuur op hierdie manier verkoop. Sekerlik word die kampkultuur hier by ons bevorder. Sekerlik word lag en fisiese aktiwiteit soos stap of hardloop, perdry en fietsry hier bevorder, sekerlik word ontspanning soos kunsfilms en interessante besprekings hier aangebied

6

Voorgrond Februarie 2011


vakansieprogram

Die wenners van die strawwe vierkamp het hard gewerk vir hulle oorwinning. V.l.n.r. Jan-Abraham van Biljon, Daniél Mulder, Quintin Sanders en Adriaan Mulder. Regs bo: Dié drie Klein Reuse was beïndruk met hul Orania-vakansie. V.l.n.r. Wian van Rooyen, Erns en Rikus Kleynhans. Regs middel: Christiaan en Hester van Zyl se snippersneeu het nie net vir ‘n wit Kersfees in Orania gesorg nie, maar ook vir hope pret. Regs onder: Orania is in ‘n oorspronklike feesgewaad getooi!

en vaardighede soos wynmaak en juwelemaak word aangeleer, heerlike kos hier gemaak en geniet, teetuine, boekbekendstellings, maanligperderitte, vlotvaarte, nagmarse, motorsport, voëlkyk... jy weet wat ek bedoel. MAAR ook Geloftefees word gevier, ‘n Cantus gehou, boeresport aangebied, museums besoek, Orania se geskiedenis verduidelik, herwinning bevorder en soveel meer wat as kultuur beskou kan word! Ook JY sal gewoond daaraan moet raak om SELF jou kinders die Afrikaner se geskiedenis te leer, SELF sekere vakke of onderwerpe (soos Godsdiens) vir jou kinders te leer, en SELF te begin dink aan alternatiewe vir waaraan hulle tans blootgestel word. Watter beter plek en tyd as vakansie in Orania om dit te doen? John Strydom

Voorgrond Februarie 2011

7


k o mp e t i s i e s

Fokus op Orania: Kompetisiewenners Watter heerlikheid om toegegooi te word onder ‘n berg pragtige foto’s! Die inskrywings was só divers dat ons beoordelaars gekreun het onder die verantwoordelikheid van ’n goeie keuse. • ku

un

s •

an

sie

• Va k

te

1s

s an ie

• Va k

Dit is interessant dat die drie beoordelaars dadelik saamgestem het oor die algehele wenner. Die foto beeld Orania se beleid van selfwerksaamheid baie duidelik uit. Die fotograaf, Lurina EyekelenboomFourie, sê van haar foto: Ek hou van die eenvoud van hierdie foto omdat dit ’n storie vertel en elkeen wat die foto sien, kan sy eie afleiding maak Francois de Vos se reënboog vol beloftes en sy eie unieke storie vertel. Die wenfoto pryk op die voorblad.

s • k

ku ns

n

1 ste

Die beoordelaars was Charl Oberholster, ’n professionele fotograaf van Vryheid, Koos Gagiano, grafiese kunstenaar van Kimberley en Stephan Pretorius, student in Grafiese Ontwerp van die Noordwes Universiteit. Die foto’s is naamloos aan beoordelaars voorgelê.

Die beoordelaars sê: Wat meer kan ’n mens sê? Dit is die toonbeeld van selfwerksaamheid en standvastigheid. Dit dui ook op die voortdurende bou aan ’n beter tuiste vir Afrikaners. Verder is dit tegnies ’n uitstekende foto. Die eerste prys in die kunsafdeling word gedeel deur twee foto’s wat al twee deur dieselfde fotograaf, Francois de Vos, geneem is. Die twee foto’s vertoon al twee ’n monument met ’n reënboog in die agtergrond. Die een is die Ierse Monument en die ander die monument van die Klein Reus. Oor die foto’s sê Francois de Vos: Die ongelooflike gevoel Nikke Strydom het die lekker vakansiegevoel van heerlike niksdoen is ervaar van God se beloftes aan met hierdie foto raakgekliek.

8

Voorgrond Februarie 2011


k o mp e t i s i e s

ie •

ka Va

3 de sie •

ku ns

s •

un

s •

EID RB

ka Va

ns

n

un

ku ns

sie •

• EID A

EID RB

2 de

n

Nikke Strydom was die wenner in die vakansiekategorie. Sy sê van haar foto: Tydens die vakansie het dit gereeld gereën, maar ons studente weet hoe om enige weer te geniet! Ek het saam met my broer en sy vriende gestap om te kyk na die pragtige poeletjies na die welkome reën. Die prentjie van die drie onbevange seuns en die hond in die pad het vir my die ware vryheid in Orania gesimboliseer.

ie •

ka Va

3

de

s • k

• ARB

• EID A

sy kinders en dat sy Belofteteken ook teen Orania-bakens staan. Die sagte lig ná die donderbui, die panoramiese uitsig en die tipiese Karooveld het bygedra tot die weldadige gevoel by die neem van die foto’s.

• ku

n

D

3

de

ns

ka Va

• ARB

RBEI •A

2 de

s • k

D

2 de

• ku

n

RBEI •A

gesigte nie wys nie, is dit maklik om met hulle te identifiseer en as’t ware jouself in hulle lywe in te plaas. Daardeur ervaar ’n mens ook hulle vakansiesaligheid. Dr Ben de Klerk het Fokus op Orania met ’n borgskap vir ons moontlik gemaak. Baie dankie dat ons nou ’n arsenaal van pragtige foto’s het wat ons mettertyd sal publiseer!

Die beoordelaars het gehou van die simboliek van die suile van die Ierse Monument wat opwaarts wys en die reënboog daarby vergestalt hoop. Die reënboog is ook ’n goeie Ons het besondere foto’s ontvang en verbinding tussen die aarde en die Die beoordelaars se mening oor die wil almal vir hulle mooi inskrywings hemel. Die foto met die Klein Reus foto is: Dit vang iets van die lekker bedank. het dieselfde simboliek met die idee niksdoen van vakansie vas. Die van die “Seëning van Bo” daarby. manne is amper verveeld en lyk of Volgende jaar maak ons weer so. Tegnies is die foto’s goed hanteer hulle kan oorweeg om kwaad te Neem intussen gereeld Oraniamet goeie komposisie en beligting. doen. Omdat hulle wegstap en hulle foto’s! Al die inskrywings vir die fotokompetisie is te sien by http://www.flickr.com/photos/oraniabeweging/

Voorgrond Februarie 2011

9


uitwoners

ryke geskiedenis ontrafel Ons het die afgelope maande verskeie skenkings van waardevolle boeke uit die versameling van dr Japie Dreyer ontvang en so algaande is daar met e-posse ’n klein deeltjie van sy ryke geskiedenis ontrafel. Hy skryf: “Een van my ou voorsate, my oorlede moeder se stamvader uit Magdeburg, Duitsland, ene Mathias Greef(f), was ‘n medeondertekenaar van die klagskrif van 1706 teen Willem Adriaan van der Stel. Hy was reeds in 1680 hierlater ‘n vryburger, ‘n lid van die burgermag, ‘n heemraad en eerste eienaar van die ou pragplaas, “Nooitgedagt”, noord van Stellenbosch. Sy seun, Mathys de Jonge, was betrokke by die insident op Stellenbosch waar, volgens ‘n hofverslag, die woord “Africaander” vir die eerste maal in ‘n amptelike dokument gebruik is. Mens kan daarby natuurlik ook aflei dat hy Adam Tas en volgelinge persoonlik moes geken het. Dan kan ek vertel van weduwee Glaudina van der Westhuizen gebore Engelbrecht, enigste dogter van my vader se moeder se voorsaat, Jan

Engelbrecht. Glaudina is op twee Februarie 1737 gedoop. Sy het op die plaas Klipvallei in Namakwaland (n.w. van Garies) gewoon en tydens ‘n reis na die Kaap in geselskap van die reisiger Francois Le Vaillant, laasgenoemde ‘n stywe drag slae met die sambok toegedien omdat hy “zig onvoegsaam tegen haare dogters had uitgedrukt”. Dié ou tannie was terloops nie ‘n skakel in my bloedlyn nie maar wel die dogter van die ou stamvader, Jan. ‘n Ander kleurvolle ou persoonlikheid was ou oom Jurie Dreyer, neef van my vader. Hy was naamlik die man wat in sy hoedanigheid as polisiekonstabel, die berugte veedief en moordenaar Koos Sas, in die uitvoering van sy plig as geregsdienaar doodgeskiet het. Die ironie hieraan verbonde is dat, in ons tyd, die liedjieskrywer, David Kramer,

van Koos Sas ‘n held, ‘n freedom fighter, gemaak het. In my jare as fisiologiestudent op Stellenbosch het daar in wyle prof. Harry Brink se kantoor altyd ‘n menslike kopbeen op sy lessenaar gestaan. Ek het eers betreklik onlangs uitgevind dat dit Koos Sas se kopbeen was. Lees meer by http://af.wikipedia.org/wiki/ Koos_Sas” Dr Japie Dreyer is op 23 Julie 1924 as ’n Namakwalander gebore. Nadat hy al twee sy ouers op ’n vroeë ouderdom verloor het, word hy grootgemaak deur sy ouma, Coba. Hy verwerf ’n mediese B.Sc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Terwyl hy vir die W.P. Vrugtenavorsinginstituut werk, verwerf hy in 1951 ’n M.Sc. in Menslike Fisiologie. Hierna werk hy by die SABS en by die WNNR waar hy ook later die geleentheid kry om ’n D.Sc.-graad te verwerf en as ’n professionele navorser in Voedingswetenskap te kwalifiseer. Hy was getroud met Hester Meiring du Toit, ’n taalkunde-onderwyseres wat hom in 2009 ontval het.

Bo: Die laaste foto van dr Dreyer saam met sy vrou Hester. Links: Dr Japie Dreyer het onlangs ’n rit op die nuwe Gautrein ervaar.

10

Voorgrond Februarie 2011


oranianuus

Ekonomiese teorie dui aan dat daar ‘n direkte verwantskap is tussen die groei van ‘n ekonomie en die hoeveelheid kapitaal wat beskikbaar is in daardie ekonomie. Hoewel die beskikbaarheid van kapitaal nie groei waarborg nie, is dit egter onmoontlik vir ‘n ekonomie om te groei sonder kapitaal. Die voorraad kapitaal beskikbaar in ‘n ekonomie kan slegs op twee maniere toeneem: 1. Spaar binne daardie ekonomie, 2. belegging van buite in ’n ekonomie. Om hierdie rede is die Orania

Ebert Terblanche, finansiële direkteur van die Orania Groeifonds Bpk.

Groeifonds Bpk. reeds in 1999 opgerig om as beleggingsinstrument te dien vir diegene wat in die groei en ontwikkeling van Orania wil belê. Sedertdien is daar konstant markverwante opbrengste verklaar en is geen kapitaalverliese ervaar nie. ‘n Ekonomiese Ontwikkelingsprogram wat onlangs in samewerking met die Orania Dorpsraad opgestel is, raam Orania se vraag na kapitaal vir ontwikkeling vir projekte wat

reeds in aanvang is, op meer as 105 miljoen Ora vir die volgende 5 jaar. Indien u ‘n lid van die Orania Beweging is en belangstel om te deel in die geleenthede wat Orania se ontwikkeling bied, wil ons u graag uitnooi om ons te skakel vir beleggingsmoontlikhede. Ebert Terblanche Finansiële Direkteur Telefoon 053 2070064

Eloise Joubert

A r g i t e k d i e n s t e Sel: 078 742 2248 E-pos: ejoubert@oranet.co.za Skakel gerus vir ‘n kwotasie 10 % afslag vir Orania Beweging-lede

Voorgrond Februarie 2011

11


Oranianuus

Daar met elke tree...

Professionele beleggingsbestuur

FDV no. 31963

• Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings • Oorsese beleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


m a at s k a p l i k e o n t w i k k e l i n g Antoinette Venter is baie opgewonde oor die beplande behuising vir vroue.

Elim Arbeidsentrum is die afgelope aantal jare op ’n volhoubare grondslag geplaas en is nou sterk genoeg om onafhanklik voort te gaan.

Gedurende 2009 het die Orania Beweging Helpsaamfonds ‘n baie suksesvolle projek gehad om geld in te samel vir die bou van woonstelle by die Elim Arbeidsentrum. Daar is uiteindelik met Projek Steen vir Steen genoeg geld ingesamel om 12 woonstelle te kon bou. Die afgelope jaar sedert Projek Steen vir Steen afgehandel is, het ons gesien watter ongelooflike sukses die projek was in veral dit wat die woonstelle vir hul inwoners beteken het. Jong mans wat hard deur die storms van die lewe getref is, kon hul menswaardigheid herwin en weer nuwe selfvertroue kry omdat hulle in ‘n netjiese woonstel kon bly. Ons het die afgelope jaar ook opnuut bewus geword van die groot behuisingsnood in Orania. Daar is veral ‘n groot tekort aan verblyf vir werkende vroue en jong werkersklasgesinne.

Hierdie keer ‘n steen vir vroue en gesinne Een vrou vertel onlangs dat sy tans R1200 per maand vir die huur van ‘n kamer in Orania betaal, terwyl haar totale maandelikse inkomste net meer as R2000 is. Sy is egter dankbaar dat sy wel ‘n blyplek kon kry want daar is byna nooit klein wooneenhede in Orania beskikbaar nie. Dieselfde geld ook vir jong gesinne wat nie duurder behuising kan bekostig nie omdat hulle ‘n baie klein inkomste in Orania verdien. Orania wil juis ‘n tuiste vir hierdie gesinne skep en die Helpsaamfonds het reeds begin om deur die Gousblom-ontwikkeling in Orania-Oos klein woonstelle vir hierdie doel te ontwikkel. Daar is tans reeds drie woonstelle. Na die sukses van Projek Steen vir Steen het ons besluit om gedurende 2011 Projek Steen vir Steen[2] te loods. Daardeur wil ons geld insamel om 8 klein woonstelle op die perseel van Gousblom vir werkende vroue en jong gesinne te bou. Gousblom word net soos Elim op ‘n volhoubare wyse bestuur waar mense huur betaal, maar wel nie die buitensporige bedrae wat meebring dat hulle in armoede moet leef nie. Die Helpsaamfonds doen ‘n beroep op al ons gereelde ondersteuners om asseblief weer betrokke te raak en so ‘n sukses van Steen vir Steen[2] te maak. Ons wil graag weer dinees regoor die land aanbied om geld vir die projek in te samel en ook daarmee sal hulp waardeer word. Kom ons help in 2011 om vir ons arbeiders goeie behuising te verseker! Jaco Kleynhans

Voorgrond Februarie 2011

13


ondernemings

BLOK K E SPA A R TYD EN GELD

Boublokke met die potensiaal om ‘n huis van 42 m² binne drie dae te bou, het nou ook sy pad na Orania gevind.

Francois de Vos (links) en Jannie Roux wys hier een van die boublokke waarmee bouwerk nou so maklik as speel raak!

Orania Betonwerke, ’n onderneming van Jannie Roux en Francois de Vos, is reeds volstoom besig om die sogenaamde Stumbelbloc-boublok te vervaardig. Daar is beperkte sement in die bouproses nodig en die blokke haak op ’n eenvoudige wyse in mekaar. Die blokke het die afmetings van 400 x 176 x 200 mm. Daar is ’n 50% besparing in tyd by die bouproses. Aangesien die lê van die blokke so eenvoudig is, word slegs beperkte bouvaardighede benodig – ’n gesin kan hulle eie huis bou! Jannie Roux het die agentskap van Stumbelbloc verkry om die gietstukke in die Noord-Kaap en omstreke te versprei. Persone wat kans sien om hulle eie boublokke te vervaardig, kan die gietvorms by Orania Betonwerke bestel.

Die onderneming het pas nog ’n perseel aan die aanliggende perseel N34 in die nywerheidsgebied aangekoop. Perseel N35 gaan in die geheel onderdak wees sodat daar in wind en weer sonder onderbreking gewerk kan word. Die opleiding om die blokke te vervaardig is uiters eenvoudig en die drie manne wat tans in diens is, is fluks op pad om vir die huidige die teiken van 200 boublokke per dag te haal. Daar is reeds groot belangstelling onder die boukontrakteurs om die boumetode te ondersoek. Orania ondervind tans ’n akute woningnood, veral in die laerinkomstegroep en verdere werkersbehuising, dat die nuwe generasie boublokke net die antwoord kan wees. Maar, moenie ’n fout maak nie: ’n Stewige vierslaapkamerhuis kan met dié

Voorgrond Februarie 2011

eenvoudige boumetode ook uiters koste-effektief gebou word. Met die belangstelling in en aankope van die boublokke tans verwag Jannie en Francois om gou die kapasiteit van die onderneming te verdubbel. Vir Orania beteken dit net een ding: groter werkskepping en die verdere invloei van kapitaal in ons gemeenskap. Orania Betonwerke het ook pas by LWO aangesluit om die onderneming se arbeidsake vir hom te hanteer. Jannie het o.a. ook met Orania Personeeldienste begin waar werkgewers die gerief het dat die administrasie van hulle werkers vír hulle behartig word. Dit kan tyd- én kostebesparend vir die werkgewer wees. Francois de Vos

15


O r a n i a k u lt u u r

Om deur

tyd te

Horlosieketting. Gemaak deur J.P. van Zyl te St. Helena

stap Om saam met oom Kokkie de Kock deur Orania se Kultuurhistoriese Museum te stap is om soms hartkloppings van woede te kry by die aanhoor van wat die Britte aan vrouens en kinders in konsentrasiekampe gedoen het. Die seeppot vertel die hartseer verhaal van Kosie Briedenhann se heldedaad.

16

Dit is om soms ’n nattigheid van die wang weg te vee as jy hoor van dapperheid wat met ’n geweerkoeël beloon is. Dit is om hard te lag oor die vindingrykheid en vernuftigheid van jou voorsate. Tans is oom Kokkie en Doep du Preez die kurators van die museum wat reeds uit sy nate wil bars van interessante artefakte. Die wapenversameling is ’n groot aantrekkingskrag vir die sterker geslag, want die versameling begin reeds by die wapens wat saam met Jan van Riebeeck in Suid-Afrika aangekom het. Die verskillende vertrekke weerspieël die verskillende tydperke in die Afrikanergeskiedenis en in elke vertrek is daar saam met ander interessanthede ’n uitstalling van wapens uit daardie tyd. Daar is ’n groot verskeidenheid wapens te sien, van pangewere wat Jan van Riebeeck saamgebring het, Sannas uit Bloedrivier, doppieslotroers, vroeë agterlaaiers, Mausers en Lee Enfields en nog baie meer. Oom Kokkie vertel dat ’n mens met die vroeë Olifantgewere 30 treë van ’n olifant af moes staan om hom te kon skiet! Hy wil ook vreeslik graag ’n Lugerpistool uit 18991901 hê om daardie afdeling van die versameling volledig te maak. Daar is pragtige uitstalkaste met versamelings wat uit die konsentrasiekampe van St. Helena kom, onder andere ’n skelmdosie gemaak deur BA Naudé. Dié handgemaakte houtdosie maak net op ’n sekere manier oop. ’n Mens moet in die regte volgorde druk en draai en trek en dan gaan dit skielik oop. Daar is ook servetringe wat uit been gekerf is. ’n Mens kan jou net voorstel hoe ‘n moedelose man daar gesit het en terwyl hy na sy vrou en huis verlang, het hy vir haar die mooiste kerfwerk met sy knipmes gedoen alles om die tyd om te kry en die verlange te stil. . . ‘n Gunsteling is die horlosieketting met vormpies wat uit been gekerf is en met metaalringetjies aanmekaar verbind is. Op die punt hang ’n hartjie waarop daar uitgegraveer is: VERTROUWEN GELOOF JVZ. Woorde waarmee die man homself waarskynlik bemoedig het, iets om aan vas te hou in sy donker

Voorgrond Februarie 2011


tye van verlange en hunkering. ’n Reuse seeppot herinner aan Kosie Briedenhann se heldeverhaal. Kosie was ‘n 16-jarige Kaapse rebel wat onder veldkornet Willem Visser by die Boeremagte aangesluit het. Hulle het een nag sowat een kilometer van die plaashuis af op ’n plaas by Downs oornag. Ongelukkig het ’n Griekwa-spioen hulle raakgesien en aan die Britte verraai. Toe die honde teen dagbreek begin blaf, het die Boere besef dat daar probleme was en hulle het dadelik begin opsaal. In die konsternasie wat gevolg het toe die Engelse op hulle begin skiet, was veldkornet Visser se perd verwilderd en wou nie stilstaan sodat hy kon opklim nie. Kosie wat reeds na veiligheid gejaag het, het hom teruggehaas en van sy perd afgespring om die veldkornet se perd se stang vas te gryp sodat hy kon opkom. Kosie se perd het weggehardloop terwyl hy besig was om sy veldkornet te help en net daar is hy in die kop geskiet... Om die eienaar van die plaasopstal te straf is al sy vee doodgeskiet en ander eiendom beskadig. Die Britse soldate het ook drie seeppotte stukkend geskiet. Die seeppot in die Orania Museum is een van dié potte wat later op vernuftige wyse herstel is en agterna nog vir jare lank gebruik is. So tong in die kies wys oom Kokkie die “weggooikamer”. In dié vertrek word items uitgestal wat ongewens geraak het op ander plekke, stukke wat nie polities korrek is nie. Daar is borsbeelde van verskillende Afrikanerleiers, skilderye en selfs die ou landswapen. Alles onteenseglik deel van ’n kleurryke Afrikanergeskiedenis. Hoewel die museum van hoek tot kant volgeprop is, is daar sekere items waarvoor oom Kokkie sy voortande sal gee. Hy soek ’n roomafskeier, ou polisieuniforms, winkelpoppe om klere op uit te stal en stukke uit die grensoorlog. “Ons moet ’n volledige versameling kan wys”, sê oom Kokkie. Vir meer inligting skakel Kokkie de Kock by 082 923 3376

Voorgrond Februarie 2011

1991-2011 Orania

Die “Weggooikamer” waar items gehuisves word wat nie meer welkom is op ander plekke nie.

20 jaar, die droom word waar!

OR ANIA

j aa

r

1 9 9 1 - 2 0 1 1

Dit is werklik al twintig jaar sedert Orania sy eerste wankelende treetjies op pad na vryheid gegee het en ook intussen geblom het tot ’n selfversekerde gemeenskap waar nuwe ontwikkeling en uitstekende munisipale bestuur so normaal soos asemhaal is. Daarom is 2011 tot ’n feesjaar verklaar en gaan die vrolike vieringe dwarsdeur die jaar rank! Die fokus sal veral op Aprilmaand val. Op 6 April sal ’n heerlike straatfees in die die dorp se hoofstraat aangebied word waar al die inwoners onder meer gesellig sal saameet. Natuurlik is ’n verjaardagkoek met twintig kersies deel van die heerlike viering en die koek sal groot genoeg wees om vir elke feesganger ’n happie te gee! Een van die hoogtepunte sal die bekendstelling van ‘n nuwe stel Ora’s wees. Die Ora is Orania se plaaslike geldstelsel. Die eerste stelle in die reeks sal tydens die straatfees opgeveil word. Die Orania Volkstaatskou sal van 7-9 April plaasvind en die Volkskool Orania 20 jaar-reünie van 14- 17 April. Ander belangike datums wat vanjaar ’n feesbaadjie sal dra is: • 27 Februarie – Majubadag • 31 Mei – Bittereinderdag • 14 Augustus – Taaldag • 10 Oktober – Heldedag • 16 Desember – Geloftedag Belangrike byeenkomste wat plaasvind is: • HF Verwoerd-gedenklesing op 16 September • Burgervergadering en ’n gesamentlike erediens op 17 en18 September • Burgerraadvergaderings op 14 Mei en 5 November • Konferensie oor selfbeskikking op 5 November Hierdie jaar is Orania-jaar! Kom vier saam!

17


K o mp e t i s i e

‘n E gte doilie . . .

Elke Afrikanergesin kan seker êrens uit ‘n kas uit ‘n doilie optower om met sagte hande daaraan te raak en die intimiteit van ’n eie geskiedenis te beleef, om te kan onthou van ’n ouma wat met vaardige vingers gebruikskuns kon skep... Die geskiedenis van doilies loop op ver paaie terug. Die vroegste verwysing het betrekking op die volronde naam: Doilie. Robert D’Oily was een van Willem die Veroweraar se strydgenote wat saam met hom van Normandië gekom en met groot onverskrokkenheid aan die Slag van Hastings deelgeneem het. Hierna is hy slotheer van Oxford gemaak. Teen 1086 was daar reeds sestig landgoedere in sy besit. Hy is so hoog deur Willem geag dat hy sy jaarlikse huur in die vorm van tafeldoeke ter waarde van drie sjielings kon betaal. Kantmaak was een van die spesialisvaardighede van dié gebied en aangesien Robert graag wou spog, is die tafeldoeke pragtig geborduur deur die D’Oily-dames. Die tafeldoeke is gereserveer vir die gebruik van die koninklike huishouding. Dit het natuurlik bekendgestaan as “D’Oilies linen”.

18

Teen die negentiende eeu het die “doilies” gekrimp tot bordgrootte sirkels kant. Gehekelde doilies is later gebruik om houtmeubels teen krapmerke en gestoffeerde meubels teen haarolie te beskerm. Dit was Ralph Waldo Emerson wat gesê het: Daar is heelwat poësie en baie sentiment in ‘n kas tee. Koningin Victoria sou waarskynlik saamgestem het. Sy het van tee gehou, maar nie van vlieë in die melk nie. Die praktiese

oplossing was om ‘n doilie oor die melkbekertjie te gooi. Die kraletjies is waarskynlik aangeheg om gewig aan die doilie te gee en so is ‘n pragtige gebruiksvoorwerp gebore wat ongelukkig nou nog net tydens nostalgiese oomblikke uitgehaal word. Mooi doilies trek altyd dr Elsabé du Plessis, ’n uitwoner en narkotiseur, se aandag en daarom het sy aangebied om ’n doiliekompetisie ten bate van die Orania Beweging Helpsaamfonds te borg. Elsabé sê doilies het ‘n besondere plek in haar hart en sy was van kleins af gefassineer deur die fraai kantwerk en kraletjies soos edelsteentjies rondom. Party oumense het selfs koraalboompitte gebruik. In ons moderne tyd is dit tog belangrik om ook soms ‘n nuttige artikel te gebruik bloot omdat dit mooi is.

Voorgrond Februarie 2011


K o mp e t i s i e

Melkbekerdoiliekompetisie ‘n Kompetisie aangebied deur die Orania Beweging en geborg deur dr. Elsabé du Plessis Kompetisiereëls • Die doilies moet in die geheel gehekel wees. • Gebruik nommer 8 katoen-hekeldraad van eie keuse. • Die voltooide doilie moet nie kleiner as 18 cm en nie groter as 25 cm in deursnit wees nie. • Die gebruik van krale of iets soortgelyks, soos skulpies, is ’n vereiste. • Die patroonsteek vir die middelste gedeelte moet stewig en dig wees, met ’n rand wat daarby pas. • Die gebruik van groot hoeveelhede krale vir die middelstuk word nie aanbeveel nie, maar in klein hoeveelhede mag fyn krale wel met oorleg gebruik word. • Die krale om die buiterand moet swaar genoeg wees om styf oor die beker te span, maar moet nie lomp vertoon nie. • Die patroon vir die doilie is volgens eie keuse. Inligting wat die inskrywing moet vergesel: • Naam, van en identiteitnommer van die deelnemer • Posadres • Telefoonnommer, verkieslik selnommer • E-posadres indien van toepassing • Inskryfgeld van R10 per doilie. Deelnemers mag soveel inskrywings stuur as wat hulle wil. • ’n Monster van die hekeldraad, tesame met die etiket van die hekeldraad, moet met ’n goue haakspeldjie aan die doilie vasgesteek word. • Die doilie moet op ’n stywe, gekleurde basis vertoon word. Twee derdes van die doilie word vasgeryg. • Die kategorie waarin deelgeneem word: beginner of gevorderd. Algemeen • Die artikels word die eiendom van die Orania Beweging en sal nie terugbesorg word nie. • Die doilies sal verkoop en/of opgeveil word ten bate van die Orania Beweging Helpsaamfonds. • Geen artikel wat voorheen by ander kompetisies ingeskryf is, mag by hierdie kompetisie ingeskryf word nie • Die sluitdatum vir die kompetisie is 30 Julie 2011 en die wenners sal so gou moontlik ná 31 Augustus 2011 bekendgemaak word.

Voorgrond Februarie 2011

• Pos die inskrywing aan: Doiliekompetisie Orania Beweging Posbus 27 Orania, 8752 Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Pryse: Beginnerkategorie:

Gevorderde kategorie

1e Prys R2000

1e Prys R2000

2e Prys R1500 3e Prys R1000

2e Prys R1500 3e Prys R1000

WieZoueZans Dons & Veer-Produkte

Gemak wat duur vir langer as ‘n leeftyd Doen jouself ‘n guns… Skakelbesonderhede: 053 207 0135 of 082 719 1109 E-Pos: diegouegans@gmail.com

19


omgewing

Wildplase moet omhein word ten einde die kosbare wild binne die plase se grense te hou en onwettige stropers uit te hou. Saam met die heinings het daar ook ‘n paar uitdagings gekom. Die plantegroei moet goed bestuur word, die elektriese drade moet gereeld nagegaan word, gate wat vlakvarke en erdvarke grawe moet toegemaak word en die sleeppaaie langs heinings moet gepatrolleer word om te sien of daar nie dalk stropers hulleself probeer inlaat het nie. Een van die negatiewe impakte wat wildwerende heinings onvoorsiens veroorsaak het, is dat dit kleiner diere se bewegings hetsy beperk, of heeltemal aan bande lê. Daar is ook die probleem dat diere soos skilpaaie, likkewane en ietermago’s dikwels deur die heinings vasgevang en doodgeskok word. Benewens die verlies van sulke diere veroorsaak sulke insidente ook risiko’s omdat die elektriese heining se integriteit kompromitteer en die effektiwiteit daarvan verlaag word. Party boere het al planne gemaak om die probleem aan te spreek en die diere se veiligheid te verseker. So is daar by sommige heinings elke paar honderd meter ‘n spesiale gat onder die draad gemaak waarin ‘n bakkieband geplaas word en dus vrye beweging vir bokkies en klein roofdiere verleen. Dit help egter nie die skilpaaie nie want hulle het die neiging om voort te beur teen die elektriese heining sodra dit begin skok en dan word hulle vasgevang

20

HELP AS S E B L I E F DI E S K I L L I E S

en sodoende doodgeskok. Dieselfde gebeur ook met likkewane wat deur heinings probeer klim en met ietermago’s wat bondel maak sodra die elektriese pulse begin werk. Iewers moet daar ‘n wildboer wees wat aan ‘n plan gedink het om die probleem te bowe te kom. Dit sal werklik baie vir die klein diere beteken as iemand so iets met die res van ons kan deel sodat ons landswyd die heinings kan aanpas om die diere te akkommodeer en die heinings se integriteit te verbeter. Iemand het al genoem dat hulle die onderste elektriese draad ontkoppel sodat dit nie die diere doodskok nie. Maar dan is daar weer die slim draadkruipers soos rooi hartebeeste en gemsbokke wat kanse vat. Miskien kan die onderste elektriese drade effens gelig word tot so by 500 mm, want dit sal die meeste van die skilpadprobleme oplos. Skilpaaie het ‘n verdere groot probleem en dit is met die treinspore wat veral in die Karoo baie bergskilpaaie en Karoo-padloperskilpaadjies se lewens eis. Hulle klim oor die ysterspore en land dan in die kanaal tussen die twee spoorlyne waar hulle nie kan uitkom nie en dan deur die treine doodgery word. Baie Karooboere het al daaroor met my gepraat maar ons soek nog ‘n plan met die probleem.

Dan kom die witborskraaikwessie al hoe meer na vore. Boere van die Bo-Karoo en Kalahari kla lankal dat witborskraaie hulle lammers en ooie se oë uitpik terwyl die ooie geboorte skenk. Onlangs het ‘n vlaag mense ook begin mor omdat witborskraaie die pas uitgebroeide skilpaadjies op ‘n streep vankant maak. Die vraag is of die kraaie aan die toeneem is, of is dit ‘n geval van die boere wat meer oplettend raak? My gevoel is die kraaie raak meer want as ek deesdae deur die Karoo ry, sien ek swerms witborskraaie waar ‘n mens dit vroeër jare nie opgemerk het nie. So, waarheen nou? Ons kort planne om die wildwerende heinings skilpadvriendelik te maak en kraaie te oortuig om nie ons klein skillies almal op te vreet nie. Miskien moet ons die Boer Soek ’n Vrou-program so effens verander na Boer Soek ‘n Plan en dan kan almal mos help met planne uitdink. Ek sal bitter graag wil hoor van boere wat planne het, of voorstelle het hoe ons die heinings doeltreffender kan maak en hoe ons die kraaie kan bestuur. Skakel maar op 082 446 8946, of stuur ‘n skrywe na nesher@tiscali.co.za. Dr Gerhard H Verdoorn Griffon Gifinligtingsentrum

Voorgrond Februarie 2011


Halt ‘n Bietjie

Nuwe luukse aftree-oord te Orania

‘n Luukse maar bekostigbare aftree-oord te Orania, Halt ‘n Bietjie, is tans in aanbou. Dit bied drie tipes wooneenhede, tesame met uitstekende siekeboeggeriewe met professionele bejaardeversorging en ‘n afdeling vir verswakte bejaardes. Pryse vir die wooneenhede wissel tussen R369 500 tot R739 000.

Halt ‘n Bietjie

Orania Eggo 5 Orania Gerekenariseerde 3Dkunstenaarvoorstelling van Halt ‘n Bietjie Aftree-oord in aanbou te Orania.

Vir meer inligting skakel Renus Steyn by 074 890 9488 of Alma Steyn by 082 843 9457. E-pos: renus@oranet.co.za


Agtergrond

2011 lei ‘n volgende era in die geskiedenis van Orania en die Orania Beweging in. Dit word byvoorbeeld verwoord deur die gerespekteerde Nasionale Pers-joernalis, Leopold Scholtz, se onlangse artikel waarin hy ‘n verband trek tussen die referendum oor onafhanklikheid in Suid-Soedan en die volkstaatstrewe onder Afrikaners.

Hy opper steeds die ou voorbehoude oor uitvoerbaarheid, maar sluit tog met dié betekenisvolle opmerking af: “… kom ons gee ten minste die Orania-mense ‘n billike kans om te wys wat hulle kan doen. Persoonlik is ek baie skepties, maar jy weet nooit …” As ondersteuning kan ‘n mens dit nie beskou nie, maar dit is ook nie meer die eenvoudige afwysing wat ons uit daardie oord gewoond geraak het nie. My gevolgtrekking is dat mense weer dink, dat hulle ervaar Suid-Afrika het nie geword wat hulle gehoop het nie en dat hulle alternatiewe begin oorweeg. Die wêreld staan nie stil nie, al voel dit soms so! Intussen hét ons in Orania die afgelope twintig jaar “stilweg” ons gang gegaan en gedoen waaroor ander net gepraat het. Ons het ‘n werklikheid geskep wat nou as grondslag vir verdere ontwikkeling dien; die strukture is hervorm om vir vinniger groei voorsiening te maak. Orania die dorp, die Orania Beweging en die hele Oraniagedagte trek voordeel uit die nuwe energie en aanvaarding wat toenemend sigbaar is en aan die begin van 2011 kan mens met reg vra: Waarop stel ons die visier? 22

Vir my is daar drie padwysers wat elkeen by een van ons werksvelde (die ‘stad’, die beweging en die gedagte) pas. Elkeen stel sy eie uitdagings en verdien ‘n besondere fokus, ek wil amper sê sy eie slagspreuk vir die volgende skof. Van die ‘stad’ sê ons: Orania is groeigereed. Dit is bekend dat ons, gemeet aan enige gewone dorp, die afgelope jare ‘n baie hoë groeikoers gehandhaaf het. Maar ons is nie ‘n gewone dorp nie, ons is die reddingsboei wat uitgegooi word na mede-Afrikaners wat in wanhoop versink. Dit laat sommige die land verlaat, party verval in armoede, ander gee eenvoudig op wat hulle volkskap aanbetref om met die nuwe orde oor die weg te kom. Orania wil nie net wys dat ‘n selfstandige bestaan moontlik is nie, hy wil Afrikaners in groot getalle by dié bestaan betrek. Daarvoor moet Orania buitengewoon groei; daarvoor moet ons groeigereed wees. Van die beweging sê ons: Orania uitwaarts. As Orania ‘n boodskap vir die Afrikaners het, vir dié in ballingskap, vir dié in nood, vir dié in ontkenning, vir dié wat nog net nie weet watter kant toe nie, dan moet dit met ywer uitgedra word. Orania moet die spreekwoordelike stad op

Carel Boshoff (iv) President van die Orania Beweging

‘n berg wees, een wat mense van ver af aantrek en veiligheid bied. Maar nie net Orania se boodskap moet uitwaarts beweeg nie, ook sy invloed, sy werkswyses en sy grondgebied. Daar is baie mense wat stilweg in ons groter omgewing inbeweeg of wat lankal hier is en ons gedagte steun. Ons moet ons kragte saamspan, ons moet ons geledere bly aanvul. Van die gedagte sê ons: Vryheid in ons tyd. Orania staan nie in diens van homself nie, Orania is die vergestalting van daardie grootste strewe wat ‘n volk kan hê, naamlik om vry oor sy eie sake te beslis. Maar hier is nog ‘n groot gedagte in opgesluit, een wat ons bo die eiebelang en individualisme wat vandag oorheers, uitlig. Dit lê in die woord ‘ons’ opgesluit. Dalk bereik ek nie al die drome wat ek koester en die doelwitte wat ek stel nie, dan kan die groter geheel waartoe ek behoort dit nog steeds, ook namens my, bereik. Van vryheid sal daar geen sprake wees as ons nie eers ‘ons’ kan sê nie.

Voorgrond Februarie 2011


Aan-die-Oewer • Volop skaduryke kampeerplekke en woonwastaanplekke met kragpunte • Goed toegeruste ablusieblok • Breë rivier vir watersport • Braaiplekke en braaihout • Volledig toegeruste chalets • Visvangplekke • Veiligheid • Vlotvaarte

Vir navrae of bespreking skakel

053 207 0118

Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Ons luukse 4-ster hotel bied 12 ruim kamers met pragtige uitsigte oor die rivier en omliggende Karoolandskap. Elke kamer verseker gaste van ’n ontspanne ervaring en bied lugversorging, plasma televisie, DSTV, yskassie, gratis koffie en tee, en-suitebadkamer en ’n privaat stoepie. Die Orania Rivier Spa bied ‘n wye reeks behandelings vir hotelgaste en dagbesoekers. Ons ervare en vriendelike terapeute gebruik slegs die beste spa-produkte om ons gaste van ware welgeluksaligheid te verseker. Tariewe wissel tussen R 600 en R 950 per kamer per nag, ontbyt ingesluit. Spesiale aanbod aan Orania Beweging lede: Bespreek 2 of meer nagte en ontvang ’n gratis nag verblyf. Meld dat u ’n lid van Orania Beweging is met bespreking. Hotel besprekings: 053 207 0016 Spa besprekings: 071 673 9705

www.oraniahotel.co.za


Volhoubare ontwikkeling

Oranje-Sig Luukse Selfsorgakkommodasie

• 4 x wonings, elk met 2 x slaapkamers, 2 x badkamers en motorafdak. • Ten volle toegerus met linne, eetgerei, DSTV, gasstoof, yskas, mikrogolf, ens. • Vorm deel van Orania Oewerpark en is omtrent 100m vanaf die Oranjerivier.

Spesiale aanbod aan Orania Beweging-lede: 10% afslag

Luukse, pasvoltooide selfsorgakkommodasie in Orania! Bespreek direk by die ontwikkelaar:

Rikus van Staden • Sel: 082 894 5053 • orania@vodamail.co.za Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

Orania voorgrond feb 2011  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you