Page 1

Voorgrond Desember 2012 | Uitgawe 4/4

SONKRAG vir energie in Orania BHUTAN as voorbeeld vir Orania ORANIA DELI neem produkte na ons mense


redaksionele inligting Redakteur: Jaco Kleynhans Medewerkers: John Strydom Carel Boshoff (iv) Quintin Diederichs Francois de Vos Foto’s Jaco Kleynhans Francois de Vos John Strydom

Belangrike Telefoonnommers Inligtingskantoor: 053 207 0062 CVO-skool Orania: 053 207 0177 Volkskool Orania: 053 207 0161 Orania Groeifonds: 053 207 0062 Helpsaamfonds: 053 207 0062 Orania Dorpskantoor: 053 207 0063/4

Kantoornommer: 053 207 0062

Vliegveldkoördinate Suid: 29° en 48,619’ / Oos: 24° en 23,755’ Hoogte bo seespieël: 3870vt. / Rigtings: 02x20 Baan: Lengte: 1200 m Breedte: 30 m Gruisoppervlakte - Skakel vooraf 053 207 0064

Faksnommer: 086 693 5385

Verblyf in Orania

Taalversorging: Francois de Vos Posadres: Posbus 27, Orania, 8752

Sluit aan by die Orania Beweging: Tel: 053 207 0062 Vonkpos: oraniabeweging@orania.co.za Webwerf: www.orania.co.za www.oraniablog.co.za Internetgespreksgroep: Word deel van die Oraniagesprek: oraniagesprek-subscribe@ yahoogroups.com

Die volgende verblyfplekke bied 10% afslag vir lede van die Orania Beweging. Ondersteun hulle asseblief:  Aan-die-Oewer (Woonwa- en tentstaanplekke asook chalets) - 053 207 0118  Oranje-Sig (Selfsorg) - 079 514

4901

O ra n i a Kul t u rel e v a k a n si ed a e 27 Februarie Majubadag 6 April Stigtingsdag 31 Mei Bittereinderdag 14 Augustus Taaldag 10 Oktober Heldedag 16 Desember Geloftedag GRATIS BEGELEIDE TOERE per afspraak Reël by 053 207 0062 (Kantoorure) 082 481 0691 (na ure) of 082 975 8132 (na ure)

Ander verblyf in Orania  Die Ou Melkplaas (Gastehuis) - 084 491 1947  Hayes Tuishuis (Oornagwoonstel) - 053 207 0038  Cha-Du-Brie (Gastehuis) - 082 349 3411

 Ysterklip Akkommodasie (Selfsorg) - 082 975 8132  Orania Oewerhotel (Luuks) - 053 207 0016

 Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie (Selfsorg) - 083 600 1780

Die Orania Rivierspa bied ook 10% afslag aan lede van die Orania Beweging.

 Carpe Diem (Selfsorg) - 082 705 2348

 Boskamp (Chalets) - 083 388 1433

Ф = Die Ora is Orania se plaaslike geldeenheid

Voorbladfoto deur John Strydom Sonkrag kan en moet in die toekoms ‘n groter rol in Orania se energievoorsiening speel. In hierdie uitgawe vertel John Strydom hoe party gesinne in Orania reeds van sonkrag gebruik maak.

Sluit aan by die Orania Beweging se groepe op Facebook en Twitter

Erflating: laat ‘n lewende monument na Enige iemand wat graag ‘n nalatenskap aan die Orania Beweging of die Helpsaamfonds wil doen, is welkom om Jaco Kleynhans te skakel by 083 3245 631, of stuur ’n e-pos aan jaco@orania.co.za.

VOORGROND word uitgegee deur die Orania Beweging

4

|

Voorgrond


O ranian R A N I A - IuDuE sN T I T E I T

Daar met elke tree...

Professionele beleggingsbestuur

FDV no. 31963

• Pensioenfondsprodukte • Aftreebeplanning • Genoteerde aandele • Geldmarkbeleggings • Oorsese beleggings Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net

• Kapitaalmarkeffekte • Genoteerde eiendomme • Afgeleide instrumente


redakteursperspektief

Al ooit van Bhutan gehoor? Die Amerikaanse ekonoom Richard Easterlin het vasgestel dat ‘n groeiende inkomste slegs tot op ‘n sekere punt vir ‘n individu geluk kan bring. Iemand wat onder die broodlyn leef en weens ‘n skielike styging in inkomste nie meer hoef te twyfel oor waar môre se bord kos vandaan gaan kom nie, kry sekerlik ‘n ‘geluksinspuiting’, maar ‘n persoon in die boonste deel van die middelklas het heelwat meer as net ‘n groeiende inkomste nodig om gelukkig te wees. Die Westerse wêreld sien volgens verskeie opnames ‘n toename in ongelukkigheid onder mense wat eintlik finansieel heeltemal goed vaar. Ekonomiese onsekerheid skep byvoorbeeld in lande soos die VSA, Spanje en Italië grootskaalse ongelukkigheid. Dit bring my by Bhutan. Dié klein landjie in Asië het ‘n bevolking van slegs 738 000 mense. Bhutan het egter ekonome regoor die wêreld anders na ekonomiese vraagstukke laat kyk met hul besluit om ‘n Bruto Nasionale Gelukkigheidsindeks (BNG) in te stel. Dié monargie gebruik BNG reeds sedert 2008 as ‘n belangriker maatstaf as die tradisionele Bruto Binnelandse Produk (BNP), om regeringsvordering te bepaal. Waarom hierdie alternatiewe fokus in Bhutan? Die huidige eerste minister van Bhutan noem in ‘n onderhoud met die tydskrif Time dat hulle probeer om ‘n alternatief vir die geweldige druk wat met die Westerse fokus op materialisme saamkom, te skep. Sy opvatting is dat mense se strewe na ‘n groter inkomste in Westerse lande tot ongelukkigheid en selfs depressie aanleiding gee. Die fokus in Bhutan is op vier pilare, naamlik volhoubare ekonomiese ontwikkeling, omgewingsbewaring, die bewaring

6

|

Voorgrond

en handhawing van kultuur en goeie regering. Hierdie model van Bhutan word reeds deur ekonome beskou as ‘n interessante alternatief tot die Westerse kapitalisme wat tot dusver in baie lande ‘n negatiewe effek op die gesinslewe, die omgewing en ‘n gemeenskap gebou op gelykheid en samewerking, gehad het. Die Bhutan-model stel voor dat geluk iets is wat van onder af moet ontwikkel, eerder as iets wat deur ‘n regering aan sy mense gegee kan word. Die regering in Bhutan onwikkel dus alle regeringsplanne en beleid met ‘n fokus daarop om die individu, die gesin en die gemeenskap te bemagtig om hul omgewing te beskerm, volhoubare ekonomiese praktyke daar te stel, hul kultuur te beskerm en met trots te kan beoefen en ‘n kultuur van goeie regering op elke vlak te ontwikkel en te koester. In 2010 het Bhutan vir die eerste keer hul gelukkigheidsindeks getoets deur onderhoude met 8000 landsburgers te voer. Vrae wat gevra is, sluit in: Op hoeveel mense kan jy vir steun staatmaak sou jy vandag siek word? Wanneer laas het jy saam met jou bure gekuier? Hoe gereeld praat jy oor geestelike sake met jou kinders? Die vraag wat ons in ‘n groeiende Orania onsself moet afvra, is wat vir

ons belangrik is. Weeg ons ons geluk slegs aan ‘n groeiende inkomste? My oortuiging is dat daar groot ooreenkomste tussen Orania en Bhutan is en kan wees. Indien ons die vier pilare waarop die Bhutanmodel gebou is, navolg, kan ons oplossings vind vir die toenemende probleme van ongelukkigheid en ‘n onbevredigende lewe wat vandag deur soveel Afrikaners gelei word. Orania kan deur die Bhutan-model ‘n alternatief bied vir die baie Afrikaners wat ten spyte van ‘n goeie inkomste moet saamleef met onvolhoubare ekonomiese praktyke (regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming, die welsynstaat, ens.), praktyke wat die omgewing groot skade berokken, ‘n toenemende vertrapping van ons kultuur en ‘n falende, korrupte regering waarvan die regeringspraktyke reeds tot op verskillende vlakke van ons samelewing deurgedring het. Ons kan beter doen en ‘n goeie begin kan wees deur die ontwikkeling van ‘n unieke ekonomiese model vir Orania, gebaseer op die modelle van Bhutan, maar ook talle ander lande waar geluk nie net oor geld gaan nie. Jaco Kleynhans Uitvoerende Hoof: Orania Beweging


‘n Belegging wat vir jou en jou nageslag werk!

Orania GrOeifOnds

Die Orania Groeifonds bied beleggers die geleentheid om sonder veel moeite in Orania te belê en steeds ‘n billike opbrengs op hul beleggings te verdien.

Tel: 053 207 0062 E-pos: groeifonds@orania.co.za DiE Orania GrOEifOnDs is ‘n vOlfiliaal van DiE Orania BEwEGinG.


O r a n i a - n uu s

Beweging bied Orania as werklike alternatief vir Afrikaners aan Deur Jaco Kleynhans Die Orania Beweging het gedurende 2012 daarin geslaag om die steun vir Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap met Orania as middelpunt van ontwikkeling en vestiging, nog verder uit te brei. Gedurende die afgelope jaar het meer Afrikaners as ooit vantevore Orania in een jaar besoek, is meer as 5000 Orania-dvd’s en meer as 10 000 Orania-inligtingstukke gratis versprei, het meer as 30 000 mense een van die Orania Beweging se webbladsye besoek en het die Beweging se betalende ledetal met byna 10% gestyg. Daar is ook ‘n groot toename in steun aan die organisasie se twee filiale, die Helpsaamfonds en die Orania Groeifonds.

8

|

Voorgrond

Terwyl Afrikanerorganisasies toenemend wegkwyn, groei die Orania Beweging en is daar voortdurend groter steun vir ons projekte. Die rede hiervoor is omdat die Orania Beweging sedert sy ontstaan in 1988 as die Afrikanervryheidstigting nog altyd dieselfde duidelike doel voor oë gehad het. Almal weet waarvoor die organisasie staan en met die goeie vordering wat in praktyk in Orania sigbaar is, assosieer al hoe meer mense hulle met die Orania Beweging en sy strewe. Afrikaners verkeer vandag in moeilike omstandighede. Honderde duisende van hulle het reeds die land verlaat en nog honderde duisende het sedert 1994 verarm. Die keuses vir Afrikaners wat graag wil sien dat ons kultuur, taal, tradisies en gewoontes hier in Afrika moet bly voortbestaan, het min geraak. Waar Afrikanerselfbeskikking in die ylbevolkte Noordwes-Kaap voorheen vir baie Afrikaners net ‘n te vreemde idee was, begin al meer mense dit nou sterk oorweeg. Dit is juis om hierdie rede dat die Uitvoerende Raad van die Orania Beweging onlangs besluit het om die organisasie in 2013 na ‘n hoër rat te laat oorskakel. Groot projekte word reeds vir 2013 beplan, wat sal verseker dat die steun vir Orania en sy ideaal verder uitbrei. Enkele van die organisasie se planne vir 2013 sluit in: 1. Federale Forum ‘n Federale Forum word vroeg in 2013 deur die Orania Beweging gestig. Die Forum se doel sal wees om alle individue en instellings wat die Orania Beweging se grondwet en doelstellings onderskryf onder een sambreel te organiseer. Sodoende kan die grondgebied en aantal mense wat hulle vir selfbeskikking in die Noordwes-Kaap beywer, vinnig verhoog word. 2. Verhoogde kommunikasie Gedurende 2013 gaan die Orania Beweging ‘n nuwe


O r a n i a - n uu s

webblad bekendstel. Die organisasie se bekendstellings-dvd gaan in drie tale vertaal word om steun in stamlande in Europa te werf. Nuwe pamflette gaan bekendgestel word en die organisasie se tydskrif, Voorgrond gaan heelwat uitgebrei word. Kommunikasie gaan meer van tegnologie gebruik maak en interessante inisiatiewe om veral meer jongmense te bereik, word beplan. 3. Verbeterde strukture Die organisasie se lede gaan op grondvlak beter georganiseer word en belangegroepe regoor die land gaan hergeorganiseer word om groter bewusmaking in dorpe en stede regoor Suid-Afrika te verseker. 4. Skakelkantoor Die Orania Beweging beplan om gedurende 2013 sy eerste skakelkantoor, waarskynlik in Pretoria, te open. Daarna sal die organisasie se strukture in plekke met groot konsentrasies Afrikaners uitbrei sodat steun vir ons strewe vinniger kan toeneem. 5. Europese skakeltoer ‘n Groep Oraniërs besoek vyf Europese lande van 26 April tot 12 Mei 2012 om steun vir Orania te werf en ook om fondse in te samel vir projekte in Orania. 6. Filiale Daar word beplan om gedurende 2013 ook die werksaamhede van die Orania Beweging se twee filiale, die Helpsaamfonds en die Groeifonds, uit te brei. Die Orania Groeifonds wil in 2013 homself as ‘n veilige beleggingsopsie vir meer Afrikaners aanbied en daardeur baie meer fondse vir ontwikkeling in Orania beskikbaar stel. Die Orania Beweging beskou dit as een van sy belangrikste doelwitte om ontwikkeling in Orania te stimuleer ten einde te bewys dat die Orania-opsie ‘n werkbare en suksesvolle alternatief tot emigrasie, assimilasie en die toenemende apatie onder Afrikaners kan wees.

7. Fees en konferensies Een manier waarop die Orania Beweging mense aan ons strewe bekendstel, is deur die aanbied van feeste, konferensies en ander geleenthede in Orania. Die Orania Beweging is een van die hoofborge en is direk betrokke by die organisering van die Orania Karnaval wat in 2013 op 5 en 6 April sal plaasvind. Voorts beplan die Orania Beweging om in 2013 ‘n belangrike konferensie met Afrikanerleiers van regoor die land hiér aan te bied. Die Beweging is ook betrokke by die organisering van die jaarlikse Carel Boshoff- en HF Verwoerd-gedenklesings. Die Orania Beweging se Burgervergadering vind gedurende 2013 op 21 September plaas. Orania en die Orania Beweging is op die regte pad en in 2013 sal ons strewe na selfbeskikking nog duideliker as ‘n werklike keuse vir baie meer Afrikaners aangebied kan word.

Die Orania Beweging se Burgervergadering is vanjaar op 22 September aangebied. Die sprekers was prof Koos Malan, dosent in Publiekreg by die Universiteit van Pretoria (links voor) en dr Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand (regs voor). Agter staan dr John Strydom (adjunk-uitvoerende hoof), Jaco Kleynhans (uitvoerende hoof), Frans de Klerk (onderpresident) en Carel Boshoff (president) van die Orania Beweging.

Desember 2012 |

9


Dorpsraad

Dorpsraad berei Orania voor vir groter ontwikkeling Frans de Klerk was op 1 September reeds twee jaar aan stuur van sake by die Orania Dorpsraad. Jaco Kleynhans het met hom gesels oor die vordering wat die Dorpsraad maak en wat tans die belangrikste prioriteite vir die Dorpsraad is. 1. Wat is volgens jou die belangrikste dinge wat julle die afgelope twee jaar by die Dorpsraad reggekry het? Een van my eerste prioriteite was die vestiging van ‘n goeie bestuurstruktuur. Ons begin reeds die resultate van die nuwe bestuurstruktuur ervaar. Nog ‘n belangrike prioriteit was die daarstel van ‘n kapitaalbegroting vir die Dorpsraad. Tot onlangs moes alle kapitaalprojekte uit die bedryfsbegroting gefinansier word en is daar dus hoofsaaklik op instandhouding gefokus. Intussen het ons ‘n infrastruktuurmaatskappy gestig en met die finansiële hulp van organisasies wat Orania goedgesind is, kon ons die afgelope jaar of wat begin om groot kapitaalprojekte aan te pak. Die daarstel van ‘n nuwe afdeling vir beplanning en ontwikkeling was ook ‘n positiewe stap wat ekonomiese ontwikkeling sal aanmoedig. Ons het die

10

|

Voorgrond

afgelope twee jaar ook munisipale dienslewering in Orania verbeter en ons kon bekwame personeel aanstel. Die nuwe Orania Dorpsbiblioteek het onlangs sy deure oopgemaak en ons is tans besig om in samewerking met die Helpsaamfonds ‘n nuwe dorpskliniek in te rig. 2. Wat is die Dorpsraad se belangrikste prioriteite vir 2013? Ons begin binnekort om dienste aan te lê na nuwe en bekostigbare erwe in Kleingeluk. Dit sal veral die mark vir goedkoper behuising ‘n goeie hupstoot gee. Ons beplan ook om voort te gaan met die ontwikkeling van nuwe erwe in Robynlaan, waar die huidige Karoohuisies reeds baie gewild is. Een van ons grootste projekte vir 2013 is die opgradering van die Orania Ontvangsgebied langs die hoofpad. Die bestaande vulstasie gaan ‘n nuwe baadjie aantrek en die hele terrein om die vulstasie gaan geplavei word.

‘n Ou geboutjie in Kleingeluk word heeltemal oorgedoen met nuwe mure, vloere, elektrisiteit, verkoeling en toerusting om van Januarie 2013 af die nuwe dorpskliniek te wees.


Dorpsraad

Een van die heel grootste infrastruk­ tuurprojekte nog in Orania se geskiedenis gaan in 2013 onderneem word met ‘n broodnodige R7 miljoen-opgradering van die dorp se elektrisiteitsnetwerk. Die ontwikkeling van Orania se sportgeriewe sal ook voortgaan, met die voltooiing van die klubhuis by die rugbyveld en die verdere opgradering van die sportterrein. ‘n Speelpark word ook in Kleingeluk beplan. Die Orania Dorpsraad sal op 5 en 6 April die jaarlikse Orania Karnaval aanbied en die 2013-geleentheid beloof om weer eens iets vir oud en jonk te bied. ‘n Nuwe ontwikkeling wat tans beplan word, is die Orania Waterkantontwikkeling, waar oewergrond wat aan die Dorpsraad behoort ontwikkel gaan word om waarde toe te voeg tot die bestaande ontwikkeling langs die Oranjerivier. 3. Wat maak die Orania Dorpsraad anders as ‘n gewone munisipaliteit? Twee van ons sterkpunte is deursigtigheid en toeganklikheid. Die Dorpsraad se deur staan altyd oop vir mense wat ‘n bydrae tot die groei en ontwikkeling van ons nedersetting wil maak. Ons fokus ook sterk daarop om die gemeenskap se inkoop in ons projekte te kry en volg ‘n proses van deursigtige bestuur waar openbare insette en oorsig altyd verwelkom word. Die Dorpsraad is ook trots op sy rekord van goeie finansiële bestuur en spog met ‘n skoon oudit wat hom duidelik van ander Suid-Afrikaanse munisipaliteite onderskei. Dit is belangrik dat ‘n munisipaliteit vertroue skep en deur goeie bestuur skep ons vertroue en kry ons partye om saam te werk om Orania uit te bou. 4. Wat doen die Orania Dorpsraad om Orania se strewe na selfbeskikking te bevorder? Die Dorpsraad lê die grondslag vir die ontwikkeling van ons strewe deurdat

ons ‘n dorp met goeie infrastruktuur, wat ontwikkeling aanmoedig, bou. Hoe meer ons wys wat ons kan doen hoe meer sal mense na Orania aangetrek word en hier kom help bou aan ons toekoms. 5. Wat is die struikelblokke vir ontwikkeling in Orania? Die grootste struikelblokke is die tekort aan finansiering vir groter infrastruktuurprojekte en vir nuwe ontwikkeling. Daarmee saam is die tekort aan bekostigbare behuising ‘n groot probleem. Die Dorpsraad werk saam met die Helpsaamfonds om meer behuising vinniger beskikbaar te stel. Ons kan nie toelaat dat ontwikkelaars weens ‘n tekort aan arbeid ontmoedig word om in Orania te belê nie. Die uitdaging vir die Orania Dorpsraad is om infrastruktuur te ontwikkel wat ontwikkeling aanmoedig. Entrepreneurs vestig graag besighede op plekke waar goeie dienste en infrastruktuur beskikbaar is. Die Orania Dorpsraad sal toenemend daarna streef om deur infrastruktuurontwikkeling en goeie dienslewering die fondament te skep wat ekonomiese ontwikkeling kan aanmoedig.

Die nuwe Orania Dorpsbilioteek het onlangs geopen. Die finale afwerking sal teen die einde van die jaar voltooi wees en dit sluit ‘n navorsingsafdeling en internetgeriewe in. Die amptelike opening vind vroeg in 2013 plaas. Elmarie Krynauw is Orania se ervare bibliotekaris.

Desember 2012 |

11


Om teleurstelling te voorkom, bespreek vroegtydig! Orania Oewerhotel: 053 207 0016 Orania Rivier Spa: 071 673 9705 Karoo Keur Koffieteria: 082 837 3807 Oewerrestaurant: 053 207 0243 Oewerchalets: 053 207 0118 Faks: 086 625 2221, navrae@oewerpark.co.za


Aan-die-Oewer Orania

‘n volkseie ervaring www.oewerpark.co.za


ORANIA - N U U S

Vat Orania na ons mense toe Deur Quintin Diederichs Oraniërs en almal wat ons strewe ondersteun, weet dat meerderheidsbesetting van die aangewese volkstaatgebied ons grootste uitdaging is om ons doelwit te bereik. Ons moet ’n kritieke massa Afrikaners oortuig om ’n nuwe lewe in die Afrikanerhartland te begin. As ‘n mens ‘n bietjie rondvra, sal jy oplet dat die meeste Afrikaners selfbeskikking ondersteun. ’n Duidelike bewys hiervan is die duisende Afrikaners wat reeds by die Orania Beweging aangesluit het. Die uitdaging is om dit vir al ons uitwoners moontlik te maak om in die nabye toekoms te hervestig. Ons het geleer dat die ideaal van ’n vry en veilige tuiste vir Afrikaners beslis mense motiveer om betrokke te raak. Maar op eie stoom is ons gemeenskaplike ideaal nie genoeg om Afrikaners in groot getalle te oortuig om te hervestig nie. Die harde werklikheid van brood en botter praat harder as enige toekomsdroom, ongeag hoe graag ‘n mens dit wil hê. Afrikaners is oor die algemeen opgevoede, goed gekwalifiseerde en hardwerkende mense. Ons wil werk en vorder in die lewe, daarom moet ons weet of ons finansieel gaan oorleef as ons besluit om êrens heen te trek.

14

|

Voorgrond

Rozanne en Quintin Diederichs, entrepreneurs van Orania, het die Orania Deli-konsep ontwikkel en het die afgelope tyd met proeflopies by die Pretoria boeremark produkte uit Orania verkoop.

Maak nie saak hoe mooi, veilig en skoon ’n plek is nie – as ons nie daar kop bo water kan gaan hou nie, is dit ongelukkig nie vir ons ’n volhoubare keuse nie. Met al sy hardverdiende trekkragte kan Orania nog nie ’n kritieke massa Afrikaners van ’n beter finansiële toekoms verseker nie. Nietemin, ons is eerlik deur hierdie feit te erken en dit spoor ons aan om kreatief te werk te gaan om oplossings te vind. Beleggers word vandag bederf met ’n wye reeks projekte om van te kies op Orania. Ons entrepreneurs sit deurlopend uitstekende ontwikkelingsprojekte op die tafel neer en belegging van buite bewaarheid hierdie drome stadig maar seker. Nuwe werke word geskep en meer Afrikaners kan hervestig.


ORANIA - N U U S

Dit is een manier om ’n ekonomie van skaal te skep, maar dit verg geduld en neem heelwat tyd in beslag. Dis natuurlik voor die hand liggend dat hierdie benadering deurlopend gevolg moet word. Direkte belegging van buite hoef egter nie die enigste kontantkoei op ons ekonomiese weiveld te wees nie. In hierdie stadium voer Orania heelwat meer goedere en dienste in as wat ons uitvoer. Dis ’n stremmende faktor wat ekonomiese ontwikkeling betref en is ’n teken van ’n gemeenskap wat nog te klein is om in die meeste van sy behoeftes te voorsien. Dis natuurlik te verstane – ons gemeenskap is nog ’n groentjie in vergelyking met enige Eerstewêreldstad. Dat ons in so ’n kort tydperk ’n ontwikkelingsfase betree het, is sonder twyfel prysenswaardig. Dit is dus juis nou lewensbelangrik om Orania se bestaande vervaardigers en diensgewers te bemagtig deur ’n sterk uitvoernetwerk vir ons produkte en dienste te help skep. Produksie gaan begin toeneem namate ons vorder om goedere en dienste uit te voer. Insgelyks word nuwe werksgeleenthede geskep, wat meer Afrikaners in staat stel om te hervestig. Om die idee van ’n uitvoernetwerk te toets het ons ’n navorsingsprojek, Die Orania Deli, geloods. Ons was nuuskierig om te sien wat gaan gebeur as ons ’n stalletjie vol Orania-produkte by ’n mark in Pretoria opslaan. Ons het olywe, pekanneute, beskuit, konfyt, verskillende geure droëwors, kaas, koeksisters, brode, ingelegde delikatessen, blatjang, handgemaakte geskenke en vele meer produkte op twee afsonderlike Saterdagoggende by die Pretoria boeremark gaan verkoop. Elke enkele produk in ons stalletjie is deur volkseie arbeid op Orania vervaardig en verpak. Die resultaat? Ons het gemiddeld meer as 1 000 Ora se produkte per uur verkoop. In ‘n bietjie meer as 8 uur het ons byna 2 000 Ora wins gemaak. Dit is ’n normale werksdag vir die meeste mense,

maar hoeveel van ons is gelukkig genoeg om 250 Ora per uur, oftewel 44 000 Ora per maand te verdien om deli-produkte te verkoop en terselfdertyd Orania te bemark? Ons het verwag dat sommige waansinnige mense ongeskik met ons sou wees. Hoe verkeerd was ons nie! Almal het positief gereageer toe hulle sien dat ons Oraniërs is en was verbaas oor die hoë gehalte produkte wat ons verkoop het. Talle mense het met ons gesels en wou uitvind hoe die lewe op Orania is. Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ons toetslopie was ’n sukses. Die gevolg is dat ons vroeg volgende jaar ’n winkel, Orania Deli, in Pretoria gaan open. Orania Deli gaan direk aan die publiek verkoop en Orania-produkte aan stalletjies by markte, asook kruidenierswinkels regoor Gauteng verskaf. Mnr. Rudolf Herbst het ons genader om ’n stalletjie by markte in die Oosrand te beman. Hy gaan eersdaags voorraad vir sy stalletjie by die Orania Deli in Pretoria kan aankoop en met ’n wins in sy omgewing verkoop. Hy sit natuurlik die wins in sy sak. Ondersteuners van Orania in ander gebiede om Pretoria is ook welkom om ons te nader indien hulle hul eie Orania Delistalletjies wil beman. Binnekort gaan daar ’n Orania Deli in elke dorp en stad waar Afrikaners in groot getalle woon, wees. Orania Deli-stalletjies gaan by kunstefeeste en boeremarkte regoor Suider-Afrika verskyn. Orania-vervaardigers gaan produseer soos nooit tevore nie om dié uitvoernetwerk van produkte te voorsien, meer werk gaan in Orania geskep word en ’n ekonomie van skaal gaan vinniger ontwikkel. Deur Orania op hierdie wyse na ons mense toe te vat is ons as’t ware besig om ons mense Orania toe te bring. Skakel vir Quintin Diederichs vir meer inligting by 076 943 2214.

Desember 2012 |

15


Orania-N ORANIA nU uu U Ss

Sonkrag belangrik vir ‘n meer onafhanklike Orania Deur John Strydom Sonkrag is deesdae weer ‘n gonswoord in Orania. Dit het sekerlik baie uit te waai met die prys van Eskomkrag, maar ook met die feit dat ons graag onafhanklik wil wees. Hoe prakties is dit egter? Hier is gesinne in Orania wat al vir 16 jaar met slegs sonkrag regkom. Die ou Karooboere, wat altyd op dieselopwekkers en windlaaiers staatgemaak het, gebruik ook toenemend sonkrag vir veral boorgatpompe en huiskrag. Ds Adam Boshoff en sy vrou Adelaide was van die eerste mense in Orania om slegs sonkrag te gebruik. Hulle het windkrag ook probeer maar met minder sukses. Mnr Lukas Taljaard en sy vrou Frieda is ook al ‘n geruime tyd slegs op sonkrag aangewese en het ook yskaste op sonkrag. Hanri en Ria Maritz is die nuutste inwoners wat weens hulle afstand van die huidige netwerk af gedwing is om volledig sonder eksterne dienste klaar te kom. Die gesin het van meet af aan ‘n behoorlike sonkragstelsel laat installeer en ‘n supereffektiewe ys- en vrieskas aangekoop. Hulle skottelgoedwasser, ketel en strykyster werk alles met die sonkrag wat gestoor word. Ludwig en Retha Everson het in Nederland kennis gemaak met die konsep van Aardskepe wat deur ‘n Amerikaanse argitek uitgedink is tydens ‘n

16

|

Voorgrond

twee jaarlange sabbatsreis. Die konsep kom met die eerste oogopslag inderdaad werklikheidsvreemd voor. Wie kan nou met ou motorbande, leë koeldrankblikkies en bottels en ander afvalmateriaal bou en iets moois voortbring? Maar sou jy die moeite doen en sy storie hoor, sal jy besef hoe sinvol die aardskipkonsep is. Sal dit nie ook vir jou lekker wees om nooit weer vir water en elektrisiteit te betaal nie? Om winter en somer gemaklike

temperature te beleef sonder verwarmers of lugversorgers nie? Om piesangs in jou huis te kweek in die strafste winter nie? Ludwig en Retha vertel hul storie op www.aardskip.com. Hulle gaan tot die uiterste om nie net alternatiewe te gebruik nie, maar so ekonomies moontlik met enige bronne om te gaan. Hulle sonkragstelsel werk al ‘n hele paar maande maar word eers oor ‘n maand of twee in hulle Aardskip geïnstalleer.


ORANIA - N U U S

Tegnologie is reeds beskikbaar en word oorsee gebruik, om wanneer die son skyn, krag wat jy self opwek aan die amptelike netwerk te lewer. Dit word bemeter en die verskaffer (in Suid-Afrika se geval Eskom) betaal jou daarvoor. Jy kan dan weer snags krag van hulle verkry wanneer jy nie self krag opwek nie. In ‘n sekere sin gebruik jy Eskom dan as “battery”, maar natuurlik ook as ‘n koper van jou krag en ‘n noodverskaffer. Francois Joubert is ‘n plaaslike ingenieur wat sonkrag sterk ondersteun, maar ook baie realisties is oor kragpryse. Sy eenvoudige raad is: As jy nader as 3 kilometer van ‘n konvensionele kragpunt af bly, kry jou krag by Eskom. Verder as 3 km raak dit die moeite werd om sonkrag aan te skaf. Dit beteken natuurlik nie dat mense wat Eskomkrag by hul huise het nie van alternatiewe soos sonwarmwatertoestelle gebruik moet begin maak nie. Die algehele oorskakeling van jou huis na sonkrag is egter nog duur.

Daar is egter meer ekonomiese grootskaalmetodes van sonkragopwekking. Gaan kyk gerus na “desertec” by www.desertec.org vir wat op internasionale gebied gebeur. Die stelsel waarvan daar gepraat word, bestaan uit ‘n groot aantal spieëls wat almal gestel word om op ‘n reaktor te skyn, waar water in stoom omgesit word sodat dit krag kan opwek. Die spieëls word dan ook heeltyd gedraai om die son te volg. Hierdie stelsels wek krag meer doeltreffend op, maar is duur en slegs grootskaals bruikbaar.

Hoe werk sonkrag? Sonpanele versamel sonenergie, verander dit na gelykstroom en stoor dit in batterye waarvandaan dit deur ‘n omsetter van 12, 24, 36 of 48 volt gelykstroom na 220 volt wisselstroom omgeskakel word. Weens die prys van die stelsels is dit selde moontlik om ‘n groot genoeg stelsel te installeer om alle huishoudelike toestelle soos wasmasjiene en stowe te bedien. Om water te verwarm gebruik ‘n mens dus son of gas. Gasstowe is ook aan te beveel. Sonkrag is uiters geskik vir beligting en ook vir kleiner elektriese toestelle. Met nuwe tegnologie word yskaste en vrieskaste toenemend energiedoeltreffend en kan ‘n mens hulle dus op sonstelsels gebruik.

Die Orania Dorpsraad, Orania Verteenwoordigende Raad en die Orania Beweging sal toenemend moet help met die volgende fase. Hulle bevorder reeds besparing deur verpligte sonwaterverwarmers op nuwe geboue. Die volgende stap sal waarskynlik positiewe aanmoediging wees, soos bv. by die Aardskip, waar hulle dit moontlik maak vir mense om selfvoorsienend te wees wat water, riool of krag betref. Op ‘n stadium sal ondernemers aangemoedig moet word om krag op te wek en te verkoop aan die dorp, of selfs buite Orania. Totale onafhanklikheid is ‘n finale stap, maar nog ver in die toekoms!

Desember 2012 |

17


ORANIA - N U U S

Fonds loop voor om oplossing vir Afrikanerarmoede te skep Deur Jaco Kleynhans

Die Orania Beweging Helpsaamfonds het gedurende 2012 sowat R1,5 miljoen spandeer om die Nerina-woonstelle vir behoeftige enkelvroue en vroue met kinders te ontwikkel.

Die Orania Beweging Helpsaamfonds het gedurende 2012 byna R2 miljoen aan die skep van volhoubare oplossings vir Afrikanerarmoede in Orania gespandeer. Dit is byna 20% meer as in 2011 en is die grootste bedrag wat nog in een jaar op maatskaplike projekte in Orania gespandeer is.

18

|

Voorgrond

Die fokus van die Helpsaamfonds het vanjaar, soos in die verlede, op die verskaffing van menswaardige behuising, onderwys en maatskaplike en mediese dienste geval. Die beskikbaarstelling van bekostigbare gesubsidieerde behuising was weer eens die hoofprioriteit van die Helpsaamfonds. Die Nerina-woonstelle vir enkelvroue en vroue met kinders is in Augustus betrek en in September amptelik geopen. Voorts is daar met opgraderings by die Elim-woonstelle vir enkellopende mans voortgegaan en is daar begin met die opgradering van die huisies by Kleinbegin, waar veral arm gesinne wat sonder besittings in Orania opdaag, gehuisves word. Dié drie projekte kan nou reeds sowat 100 mense van gesubsidieerde, maar ook menswaardige behuising voorsien. Die Helpsaamfonds het gedurende 2012 byna R170 000 aan die twee skole in Orania beskikbaar gestel. Die doel hiervan is om onderwys vir alle kinders in Orania toeganklik te maak. Groot bydraes is ook vir maatskaplike en mediese dienste beskikbaar gestel. Tussen 30 en 40 Oraniërs ontvang tans weekliks mediese dienste by ‘n staatskliniek in Orania. Die kliniek funksioneer soos ‘n privaatkliniek met netjiese geriewe en toerusting en formele afsprake wat deur ‘n personeellid hanteer word. Die ruimte wat gedurende 2012 vir ‘n kliniek gebruik is, het egter te klein geraak en die Helpsaamfonds het onlangs sowat R100 000 gespandeer


ORANIA - N U U S

om ‘n nuwe kliniek in die ou biblioteekgebou in te rig. Gedurende 2013 sal die Helpsaamfonds voortgaan om in die groot behuisingsnood onder arm Afrikaners, wat hul arbeid in Orania kom aanbied, te probeer voorsien. ‘n Woonstelontwikkeling met 16 tweeslaapkamerwoonstelle vir gesinne word tans beplan. Die woonstelle sal aan behoeftige Afrikanergesinne beskikbaar gestel word en daar word beplan om reeds vroeg in 2013 met die bouwerk te begin. Die Helpsaamfonds gaan poog om met die projek ook privaatbeleggers te betrek om van die woonstelle te finansier, terwyl dit steeds teen ‘n baie lae koste aan armer persone verhuur kan word. Die opgradering van Elim en Kleinbegin sal ook, soos wat beskikbare fondse dit toelaat, in 2013 voortgaan. Die fonds begroot om in 2013 sowat R190 000 aan onderwys beskikbaar te stel terwyl sy bydrae tot die lewering van broodnodige mediese en maatskaplike dienste in Orania ook vergroot sal word. Die Helpsaamfonds is een van min soortgelyke organisasies wat slegs op die bydraes van individue steun. Die meeste maatskaplike organisasies ontvang vandag bydraes van groot maatskappye en/of van die staat. Die Helpsaamfonds slaag egter jaar na jaar daarin om ‘n werklik volhoubare oplossing vir Afrikanerarmoede hier in Orania te skep en

dit deur die bydraes van ons lede en ander ondersteuners. Elke persoon wat gedurende 2012 ‘n bydrae aan die Helpsaamfonds gemaak het, kan dus eienaarskap neem vir die suksesvolle projekte wat in Orania afgehandel is. Saam sal ons in 2013 nog baie meer vermag.

Die Elim-wooneenhede huisves tans 39 enkellopende mans.

Elim word steeds voortdurend opgegradeer en die saal is tans aan die beurt.

Desember 2012 |

19


O r aUnEEL AKT i a - n uu s

Orania se plek in die groter werklikheid Deur Francois de Vos Op hierdie grote aardbol leef ons tans in Orania –‘n weglaatbare klein spikkeltjie binne die groot verband. Die wêreldbevolking staan tans op 7 miljard mense, op die Afrikavasteland is daar 1 miljard en binne die Republiek van Suid-Afrika 51,8 miljoen (Sensus 2011). Rondom ons is volkere en nasies aan die woel en werskaf. Daar is ‘n voortdurende stryd om gebieds-, ekonomiese, strategiese en godsdienstige mag. Die huidige wêreldtendens toon ‘n soeke na wêreldeenheid, een wêreldorde, die sg. “global village”, waarvan die Euroinsentiewe ‘n goeie voorbeeld is. Anders as ‘n klompie jaar gelede is die wêreldlande tans deur die nuutste elektroniese tegnologie millisekondes van mekaar verwyder. Binne ure

Die mensdom erken mekaar se eendersheid én andersheid 20

|

Voorgrond

kan ‘n vliegtuig jou na die verste lande toe neem. Met ‘n taal soos Esparanto word gepoog om een wêreldtaal te skep. En tog bly daar ‘n besliste vasklou aan die eie – dit wat jou onderskei van die ander. In die Eurolande moet aanhoudend balanse gevind word om die brose vrede te bewaar. Op die Afrikavasteland woed etniese stryde voort, terwyl in Suid-Afrika, na 18 jaar, steeds baie duidelike etniese en kulturele verskille heers. Die mensdom erken mekaar se eendersheid én tog ook andersheid. Die rede daarvoor moet op filosofiese vlak gevind word. Die Christen-filosoof, Herman Dooyeweerd, wys in sy Wysbegeerte van die Wetsidee uit dat die geskape werklikheid in 15 wetskringe gestalte vind. Die eerste 6: getal, ruimte, beweging en energie (anorganiese vlak) en die organiese en psigiese (gevoelsvlak) lê in die natuurryk. Die volgende 9: analitiese, historiese, taal-, sosiale, ekonomiese, estetiese, juridiese, etiese en geloofsaspekte lê in die kultuurryk. Elkeen van die 15 wetskringe is antisiperend (vooruitwerkend) en retrosiperend (terugwerkend) onlosmaaklik aan mekaar verbonde. As iets byvoorbeeld nie getel kan word nie (eerste wetskring), bestaan dit nie en as dit getel kan word, beslaan dit ruimte en as dit ruimte beslaan, bevat dit potensiële energie, ensovoorts. So bestaan taal (agtste wetskring) bv. uit ‘n aantal aangeleerde tekens (wat ook wiskunde- en elektroniese


AKT O r aUn EEL i a - n uu s

Bpk en die Orania Verteenwoordigende Raad gevorm. Juridies word ons steeds deur die staat toegelaat om as ‘n Verteenwoordigende Oorgangsraad te funksioneer en kan ons ons eie “munisipaliteit” vorm. Ons verkies demokraties Wat hierdie wetskringeleer bepalend maak, is dat dit die karakter van universaliteit in eie kring om VAB toe te laat om fasette van ons praktiese en soewereiniteit in eie kring dra. Elke wetskring lewe te rig (dus sy universele funksie). is verbind aan mekaar in ’n groot geheel én tog En tog is ons ook outonoom (soewerein) in ook selfstandig in eie reg. Dit is hierdie laaste eie kring. Die indiwidu kan sy lewe inrig na sy beginsel wat aan Orania sy eie bestaansreg gee. behoefte, die gesin funksioneer volgens sy eie Op universele vlak is volkere en nasies onafhanklik, aard, die skool en kerk funksioneer volgens hulle maar toon tog die behoefte om saam te werk eie aard, die onderneming word bedryf volgens om te oorleef. In Suid-Afrika is daar volgens die sy eie aard en elke vereniging het sy eie aard. Dit grondwet een nasie en word daarna gestreef om bring mee dat daar nie ‘n toonlose eendersheid alle verskille uit te faseer. Afdwingende elemente en inisiatiefloosheid voorkom soos deur die in die grondwet lê op die vlak van universele sosialisme/kommunisme voorgehou nie. menseregte, waar diskriminasie op geslags- Orania se eendersheid én andersheid slaag geloofs en rassegrondslae nie geduld word nie. omdat die gemeenskap één stel waardes Maar tog maak die grondwet uit noodsaak ook nastreef, die waardes wat in sy Grondwet voorsiening vir ‘n eie gemeenskapslewe gegrond verskans is. In die Grondwet se aanhef word die op kultuurverskille. Artikels 235, 185, 18, 30 en 31 gemeenskap verbind tot ‘n gehoorsaamheid is voorbeelde daarvan. Die reg van minderhede aan die Drieënige God en verder opgevolg word ook erken. Orania se universele verbintenis deur ‘n onwrikbare strewe na ‘n onafhanklike is dus vas, maar sy soewereiniteit in eie geledere staatkundige bedeling, gegrond op eie arbeid. lê in die wet verskans. Die Afrikaner se unieke kulturele erfenis vorm deel van sy daaglikse bestaan en die gemeenskap Orania as soewereine entiteit vier sy eie besondere kulturele en godsdienstige In eie geledere val Orania volledig binne die vakansiedae. Die gemeenskap word gekenmerk beginsels van die Wysbegeerte van die Wetsidee. deur ‘n besondere vriendelikheid en ‘n uitreik na Op universele vlak tel ons sowat 1000 mense, diegene in nood. Daar heers nie klasseverskille ons bly in dié mooi deel van die Bo-Karoo, ons nie en ‘n hoë premie word gestel op ‘n is dinamies (beweeglik), sommer ‘n hele klomp gedissiplineerde leefwyse. Orania ontvang energie kom hier los, na die menslike liggaam besoekers met waardigheid en bou daardeur vorm ons ook deel van die pragtige natuurryk “buitelandse” betrekkinge wat op die pad rondom ons en het ons gevoel vir mekaar. As vorentoe waardevol kan wees. mense na die beeld van God geskape kan ons onafhanklik dink (analities), oor 21 jaar Om volgehou in te pas by die wonder van God het ons ons eie geskiedenis geskep, ons het se Skeppingsorde verg steeds buitengewone ons eie pragtige taal, verkeer sosiaal met toewyding van Oraniërs. Ons universaliteit in eie mekaar, bedryf ‘n eie gesonde ekonomie, leef kring en ons soewereiniteit in eie kring moet met die kunste uit, skep ons eie regswese, probeer wysheid getroetel word. Elke wetskring moet eties hoog lewe en, les bes, leef ons uit die getuig van ‘n samelewing wat groei en die volle geloof. Struktureel is ons rondom die Orania potensiaal daarvan uitleef. Ons moet ook in die Beweging (Afrikanervryheidstigting), Orania finale instansie leef asof ons die Onsienlike sien Bestuursdienste, Vluytjeskraal Aandeleblok – ’n lewe uit die geloof. taal insluit) en kan ‘n klomp energie loslaat. Die laaste werklikheid, die geloofswetskring, is iets besonders, dit bring jou in die wêreld van die onsienlike, die transendentale.

Desember 2012 |

21


Agtergrond

Die tweede rewolusie en Orania “Marikana” en “De Doorns” is name wat die afgelope tyd deur Suid-Afrika en die wêreld geëggo het. Sommige het dit as ’n tweede rewolusie beskryf, ander as die voltooiing van die eerste. Nogal ’n interessante vraag watter een van die twee dit is, want hoewel dit in die verlengde van die ANC se oorname en transformasie van Suid-Afrika staan, lyk dit asof daar in die ANCregering groot ongemak is. Die wetteloosheid en geweld waarmee dit gepaardgaan, kan geen regering rustig laat slaap nie. Dit spreek immers van ’n onvermoë om, met al die magsmiddele tot sy beskikking, sosiale misstande en ekonomiese verwagtings doeltreffend by te lê.

22

|

Voorgrond

Al die rewolusionêre energie waarmee die ANC aan bewind gekom het, word kennelik nie deur sy pogings om ’n nuwe orde in Suid-Afrika te vestig, benut nie en die indruk ontstaan dat die swart elite in die regering en die ekonomie ’n gemaksone betree het wat hulle ook op ’n gevaarlike afstand van die breë bevolking se verwagtings plaas – verwagtings wat hulle self help skep het. Daar is kommentators wat tong in die kies na hierdie klas swartmense as die “New Whites” verwys omdat hulle in ’n soortgelyke posisie van mag, bevoorregting en bedreiging as witmense onder apartheid verkeer. Dit plaas die ANC se retoriek rakende ’n nasionale demokratiese rewolusie, die “NDR” natuurlik in ’n nuwe lig. Aan die een kant word dit voorgehou as die ANC se ware, rewolusionêre agenda, aan die ander kant is dit dalk juis die ANC se poging om ’n rewolusionêrklinkende uitlaatklep vir die werklike rewolusionêre kragte in die huidige Suid-Afrika te skep – ’n poging wat tans nie slaag nie. Maar hoe ookal, leiers om aan die voorpunt van sulke ontevrede skares te staan, sal daar altyd wees en hulle sal weldra die regering se politieke agenda help bepaal, van binne óf van buite. Kyk ‘n mens na die drie strategiese terreine waarop aksies die afgelope tyd gefokus is, is dit ten nouste met Afrikaners se belange verweef. Mynbou verseker die ekonomiese welvaart waaraan Afrikaners hulle middelklasbestaan die afgelope dekades te danke het, al is dit nie ’n sektor wat tipies deur Afrikaners oorheers word nie. Landbou, daarenteen, word deur Afrikaners oorheers, maar verteenwoordig ook ’n groot oorblyfsel van Afrikaners se beheer oor die Suid-Afrikaanse grondgebied en skep onder baie van ons mense nog ’n valse gevoel van bestaansveiligheid vir ons volk.


Agtergrond

Die Wes-Kaap is weer die enigste provinsie wat nie onder ANC-beheer is nie en gevolglik as ongetransformeer beskou word, ongeag hoe hard die DA juis die transformasie-agenda haar eie maak. Wie ookal dit uiteindelik is wat die Wes-Kaap transformeer, dit verydel daardie oerdroom onder Afrikaners van ’n rustige aftrede by die see of in die Boland. Vir hoeveel was dit nie die “volkstaat” om van te droom nie? Idilliese natuurskoon, relatiewe welvaart, goeie dienslewering en werkers wat Afrikaanse grappies maak en liedjies sing! Ongeag of die geweld dus van buite aangeblaas word, bly dit ’n ewe ontnugterende ervaring en dit is geen wonder dat ’n nuwe vlaag van emigrasie, veral onder jongmense, weer posvat nie. Die punt is dat Orania se boodskap nog nooit toepasliker was as nou nie. Uit Afrikaners se oogpunt maak dit eintlik geen verskil of die volgende vlaag van rewolusionêre optrede uit die ANC of sy kompetisie se geledere kom nie, dit is in die struktuur van die Suid-Afrikaanse samelewing opgesluit, in die gapende afgrond tussen ryk en arm en die voortgesette gevoel van onmag wat swartmense teister. Die spanning is dus nie by te lê sonder die soort transformasie wat Afrikaners nie net op die kantlyn plaas nie, maar regstreeks gaan benadeel, selfs tot sondebokke van ekonomiese en sosiale misstande maak. Wie hierdie bedreiging nie gesamentlik en vanuit ’n gebied onder hulle eie beheer tegemoet wil gaan nie, hou nie rekening met die erns daarvan nie. En vir ons wat ons reeds daarmee besig hou, gaan dit eise stel waaraan ons net met die grootste toewyding, selfs opoffering en verbeeldingskrag sal kan voldoen. Ook óns moet ons daaroor deeglik verantwoord. Carel Boshoff President: Orania Beweging

Prof. Carel Boshoff se langverwagte outobiografie het onlangs verskyn.

Dit is ‘n omvattende weergawe van sy lewensverhaal. Die boek kan by die Orania Beweging bestel word teen R295,00 plus posgeld. Stuur ‘n e-pos na ontvangs@ orania.co.za. Desember 2012 |

23


OR A N IA

D O R p sR A A D

Te Koop in orania se eKsKlusiewe KaroosTyl- onTwiKKeling in robynlaan Die Robynlaanontwikkeling is ‘n nuwe uitbreiding in Orania met die doel om die Karoostylargitektuur in Orania te bevorder. Die Robynlaanerwe is sentraal in Orania geleë en is loopafstand vanaf sakesentrums, skole en ontspanningsgeriewe. Die eerste huise in die ontwikkeling is reeds gebou en nuwe erwe is tans beskikbaar. ‘n Voornemende koper moet die nodige aansoekvorm invul voordat die koopooreenkoms onderteken word. Indien die aansoek goedgekeur word, sal daar voortgegaan word met die ondertekening van die koopkontrak.

Navrae kan gerig word aan: Orania Dorpsraad Posbus 115, Orania, 8752 Tel: 053-207 0063 E-pos: dorpskantoor@oranet.co.za

Uitleg en drukwerk: SwiftPrint, Kimberley 053 839 2900

Vyf aangewese vooraansigsketsplanne om van te kies

Orania voorgrond des 2012