VrystaatKroon-VN-Kroon-VNKR002~12112025002~JHB~MAIN

Page 1


Sielskos

Kies ‘jou mense’ sorgsaam

Lees: Matteus 16:5-12

Nie alle mense vul jou lewe nie

Jesus is realisties oor ander mense: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs (Matteus 16:6)

Wie is die mense wat aan jou lewenstafel sit en jou deur veranderende omstandighede dra?

Dit is mense wat die Heilige Gees raadpleeg, wat nie die wêreld se dwaasheid leef nie: Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg (Spreuke 13:20)

Mense wat opbou: Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê (Spreuke 12:18)

Eerlike mense: Yster slyp yster, vriende vorm mekaar (Spreuke 27:17)

Mense wat oplossings soek en die beste uit alle lewe kan haal, krag by God soek en voluit leef, nie altyd kerm en kla nie: ’ n Vrolike mens

is ’ n gesonde mens, ’ n neerslagtige mens raak uitgeput (Spreuke 17:22)

Mense wat waarheid najaag en nie skinder nie, wat getrou is aan verhoudings en bereid is om te gee:

Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende (Spreuk 16:28)

Daar kom ’ n tyd in elke gelowige se lewe dat hy of sy moet nadink oor die invloed van mense waaraan jy jou blootstel: Moet jou nie langer laat mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes” (1 Korintiërs 15:33)

Bid vir mense wat betekenisvolle invloed op jou lewe uitoefen Watter soort vriende het jy en watter soort vriend(in) is jy?

Gebed

Here Jesus, U was die volmaakte vriend wat lewe gebring het Maak my soos U vir ander en seën my ook met sulke mense in my lewe Amen

■ Els is ’n oudleraar van Kroonstad

Wag dankbaar op nog reën, soos voorspel

Let gerus op ’n jaar se onbedoelde lesse

JACO CROMHOUT

16 NOVEMBER

Beleef om 09:00 die wonder van Kersfees deur die NG kerk Kroonstad-Oos Die Deo Gloria-koor, onder leiding van Erna Rademan, vermaak kerkgangers met Kersliedere en solosang ’n Sagte kollekte sal opgeneem word Almal is genooi

22 NOVEMBER

Die Oos-Vrystaat-enkelspel-kampioenskapsbyeenkoms vind by Jukskei-park in Kroonstad plaas Inskryfgeld van R100 vir die agt verskillende afdelings word

gehef Stuur ’n WhatsApp-boodskap aan Wentzel Coetzer by 082 928 0398

20 TO 22 NOVEMBER

The Ionia Cherry Farm Christmas Market along the R26 route between Fouriesburg and Ficksburg is hosted on this farm Exhibitors put unique products on display

25 TOT 29 NOVEMBER

Die Trio Kersmark in Kroonstad vind op die Trio-landbouterrein plaas Bel Carina Serfontein by 083 635 2851

Teen November voel die jaar soos ’n lang asem wat niemand heeltemal kon uitblaas nie

Die wêreld het gebewe, letterlik en figuurlik

Stede het gebrand, leiers het geval, en die aarde het weer gewys dat sy nie meer ons geraas verdra nie

Terselfdertyd het ons kleiner geword: in huise, in gedagtes, in die sagte ruimtes tussen mense waar ons probeer sin maak van chaos

Maar miskien, soos Rebecca Solnit

altyd herinner, lê hoop nie in die groot gebare nie, maar in die klein, onopsigtelike dinge wat gebeur wanneer alles andersins uitmekaarval

Hoop is nie blinde optimisme nie; dit is ’ n daad van verbeelding, die vermoë om jou in te dink dat môre anders kan lyk, al vertel die nuus vir jou ’ n ander storie

Die jaar het ons moeg gemaak

Die wêreld het gestry, en in die stiltes daarna het ons besef dat vrede nie ’ n toestand is nie, maar ’ n voortdurende oefening

Om aan te hou glo dat ’ n mens, ’ n gemeenskap, selfs ’ n land, kan herstel dit is die ware werk van oorlewing

So, in hierdie laaste twee maande, doen iets kleins maar betekenisvol: Maak vrede met jouself, of dalk met iemand wat jou te nagekom het; plant ’ n boom; sit met iemand sonder om jou foon tussen julle te plaas Doen iets buitegewoons om jouself uit jou gemaksone te dryf

Dit is hoe jy lig terugvind: nie deur die geraas te oorwin nie, maar deur stadig, vasberade daarteen te leef

Want selfs in ’ n wêreld wat lyk asof dit vergeet het hoe om asem te haal, is daar nog mense wat sagte dade pleeg

En dit is dáár, in daardie stil, volhardende menslikheid, waar hoop altyd weer begin

Bokwa ingeruil vir vuurwa

LIENTJIE MENTZ

Hy het hierdie gevoel gehad, en dit het waar geword

Só vertel oom Izak Gelderblom (81), wat op 31 Oktober ’ n Renault Kwid Climber van R222 000 gewen het

Die motor was op die spel in Engo se Projek van Hoop, wat ’ n vreugdevolle hoogtepunt bereik het op ’ n geselligheid by Renault in Bloemfontein

Vyf finaliste is aangewys, en hulle en hul metgeselle; borge Renault Bloemfontein, Novus Media en Evolve Audit and Advisory; asook Engo se personeel, het ’ n oggendgeselligheid vol opwinding bygewoon

Dankbaarheid groot

Die ander finaliste wat in die trekking was, is:

■ Braam Minnaar, van Wesselsbron;

■ Gideon Mostert, van Bloemfontein;

■ Ntabeleng Tsimile, van Senekal; en

■ Bianca Strauss, van Vanderkloof

Oom Izak, wat op sy eie in ’ n meenthuis in Raymond Mhlabastraat woon, sê hy is so opgwonde oor dié groot geskenk

“Ek kan net sê dankie Vir die

Vader sê: Dankie”

Hy het net ’ n ou motor, en dit is die eerste keer dat hy ’ n motor sal besit wat kragstuur het

se Projek van Hoop gedoen De Wet Claassens, uitvoerende hoofdirekteur van Engo, sê elkeen wat ’ n skenking gedoen het, is ’ n wenner Die geld wat uit die Projek van Hoop ingesamel word, word aangewend vir Engo se kinder- en jeugsorgsentrums, asook sy gestremdesorg-, bejaardesorg- en gesinsorg-programme

Sy dogter, Ansie Cramer, wat die geselligheid saam met hom bygewoon het, sê haar pa sal eers weer moet oefen om te bestuur

“Hy ry net Sondae kerk toe, en dan na my toe Verder neem ons hom rond as hy iets nodig het”

Oom Izak het die skenking vir sy wenkaartjie by ds Jannie Smith van die NG kerk De Bloem gedoen Smith

is ook die voorsitter van Engo se beheerraad

Oom Izak het skenkings vir twee kaartjies gedoen Hy sê hy gaan volgende jaar weer deelneem

Die publiek is vanjaar genooi om ’ n skenking van R50 te doen en in die trekking te wees om die Renault Kwid Climber te wen Skenkings vir altesaam 6 719 kaartjies is in vanjaar

“By Engo glo ons dat Ewige Hoop nie net in groot dade lê nie, maar in elke gebaar van gee Die Projek van Hoop is ’ n bewys daarvan; ’ n herinnering dat wanneer ons saamstaan, ons werklik die wêreld om ons kan inkleur met hoop,” sê Claassens Engo, ’ n niewinsgewende organisasie gegrond op die Christelike waardes van moed, uitnemendheid, eerlikheid, integriteit, sorg en empatie, skep reeds langer as ’ n eeu Ewige Hoop (“Tshepo Esafeleng”) in die Vrystaat Die Projek van Hoop, vanjaar ’ n 12de keer aangebied, is ’ n projek waarby Novus Media Gemeenskapsnuus en sy Vrystaatse koerante BloemNuus, BloemExpress, Vista en VrystaatKroon van die begin af betrokke is Om betrokke te raak,

Foto: Madli Grobbelaar
By die wenner,oom Izak Gelderblom (voor),is van links Thabo Mokoena (Renault), Anché de Bruin (Novus Media),Frances Jacobie (Renault),Carolien Koen (Evolve Audit and Advisory),Willie Pretorius (Evolve Audit and Advisory) en De Wet Claassens (Engo) FOTO: Lientjie Mentz

op hede die 7de dag van NOVEMBER 2025

DEWALD DU PREEZ (LPCM 61322)

Rosendorff Reitz Barry

Prokureurs

Adres:Derde straat Nr.6

Arboretum, Bloemfontein

E-pos adres: tanya@rosendorff.co.za

Kontak nommer: 051 447 4394

OKTOBER 2025 TRANSPORTBESORGER GERHARDUS LOURENS HARTMAN DU RANDT & LOUW INGELYF

PRESIDENTSTRAAT 25 KROONSTAD 9499

Verw: CPL077

e-pos adres: hanlie@drl.co.za Telefoonnommer: 056-212 4275

INTHEHIGHCOURTOFSOUTHAFRICA FREESTATEDIVISION,BLOEMFONTEIN

CASENO: 1050/2024

Inthematterbetween:THE STANDARD BANK OF SOUTHAFRICA LIMITED Registration number: 1962/000738/06 Judgement Creditor and QONDIWASTUURMAN

Identity Number 820606 0639 08 0 Judgment Debtor

SALE IN EXECUTION – IMMOVABLE PROPERTY IN EXECUTION OFAJUDGMENT of the High Court ofSouthAfrica(FreeStateHighCourt Bloemfontein) in the abovementioned suit, a sale will be held on Thursday, 04 DECEMBER 2025 at 10h00 at the premises: 16BCHURCHSTREET,KROONSTAD whichwilllieforinspectionattheofficesoftheSheriff fortheHighCourt,KROONSTAD ERF1806KROONSTAD,EXTENSION12 DISTRICTKROONSTAD FREESTATEPROVINCE MEASURING 1487 (ONE THOUSAND FOUR HUNDRED AND EIGHTY SEVEN) SQUARE METRES HELDBYDEEDOFTRANSFERNO T5355/2024

SUBJECT TO THE CONDITIONS THEREIN CONTAINED

SITUATEDAT: 11 STRAINER STREET, SUIDRAND, KROONSTAD

THEPROPERTYISZONED: GENERAL RESIDENTIAL (NOTHING GUARANTEED)

The following information is furnished re the improvements though in this respect nothing is guaranteed:-

3xBedroomswithcarpetfloorsandbuilt-inclosets LoungewithCarpetfloorandaircon Kitchenwithnovilonfloorandbuilt-incupboards 1xBathroomwithbath,basinandtoilet SingleGarage

Zincroof Devils fork with precon fencing (NOTHING GUARANTEED)

TERMS:

1. 10%(TENPERCENT)ofthepurchasepriceincash on the day of sale, immediately internet bank transfer into the Sheriffs trust account, or a bank guaranteed cheque on the day of the sale, the balance payable against registration of transfer, to be secured by a Bank or Building Society or other acceptableguaranteetobefurnishedwithintwentyone(21)daysfromthedateofsale.

2. Auctioneer'scharges,payableonthedayofsaleto becalculatedasfollows:

6%ontheproceedsofthesaleuptoapriceofR100 000.00) and thereafter 3,5% on R100 001.00 –R400 000.00 and thereafter 1.5% on the balance thereof up to a maximum fee of R40 000.00 plus VATandminimumchargesR3000.00

TAKEFURTHERNOTICETHAT:

1. This is a sale in execution pursuant to a judgment obtainedbytheabovecourt.

2. Rules of this execution will be available 24 hours beforetheauctionattheofficeofSheriffKroonstad, 16BChurchStreet,Kroonstad.

3. Registrationasabuyerisrequiredsubjecttocertain conditions:

3.1 Directions of the Consumer ProtectionAct 68 of2008 (URL http:www info govza/view/Download FileAction?id=99961)

3.2 Fica legislation with regard to identity and addressparticulars

3.3 Paymentofregistrationmoney

3.4 Registrationconditions

4. The sale will be conducted at the office of Sheriff KroonstadwithauctioneersJvanNiekerk.

5. Advertisingcostsatcurrentpublicationtariffs&sale costsaccordingtocourtruleswillapply

BOKWALAWINC

AttorneysforPlaintiff SSMITH

121PRESIDENTREITZAVENUE

WESTDENE BLOEMFONTEIN

Tel: (051)4486369

Email: caro@bokwalaw.co.za Ref: SSMITH/cb/90001033

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
VrystaatKroon-VN-Kroon-VNKR002~12112025002~JHB~MAIN by Novus Media - Issuu