Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 27 Maart 2013

GRATIS

Rekords spat oor 20 drieë Ruan Bruwer

SUPERTALENTVOL, nederig, slim en mooi. Die Potgieter­sussies, wat ook beste maats is, is van links Stephanie (17), Beatrice (18) en Annelieze (20).

Vrót van talent Ruan Brwer

JY kry talent, jy kry meer talent, dan kry jy die Potgieter-sussies van Kimberley. Benewens hul hope talent is hulle boonop al drie mooi, nederig, akademies sterk en gee deurgaans erkenning aan ander mense en aan God. Beatrice (gr. 12) en Stephanie (gr. 11), albei in die Hoërskool Diamantveld, het die asem weggeslaan met hul dansnommer in die skool se talentkompetisie, Diamonds got Talent, waarvan hulle verlede week die wenner was. Hulle het glad nie verwag om te wen nie en was nie eens gereed om op die verhoog te gaan om hul prys te ontvang nie. “Ons is op die laaste nippertjie gevra om ons in te skryf. Ons het die Saterdag voor die Dinsdag se kompetisie vinnig ’n dansbeweging uitgewerk en ná 90 minute was ons gereed, ofskoon ons die Dinsdag nog die laaste skaafwerk gedoen het.” Hulle het ’n R600-kontantbedrag gewen, maar hiervan het Stephanie nie iets gesien nie

– sy was in die skuld by haar ouer sus. Hulle het spesiaal klere vir die geleentheid gekoop en reken dit was darem geldelik die moeite werd. Hul dansnommer het uit ’n kombinasie van ballet, gimnastiek, skopboks en improvisasie bestaan. Ousus Annelieze, wat in 2011 aan die DHS gematrikuleer en nou meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer, is volgens haar twee jonger sussies ’n selfs beter danser. Sy is steeds ’n bobaas-balletdanser. Vir die Potgieters het alles met ritmiese gimnastiek begin. Al drie was op die SuidAfrikaanse kampioenskappe al onder die voorste drie in die land. Hulle was al drie ’n jaar (2009) in die kunssinnige St. Cyprian’s Grammar School waar hulle die meeste tyd aan dans bestee het, aangesien daar gereeld geleenthede was om op te tree. Hulle het hier ’n dansgroep gestig. Hulle het nog altyd hul eie dansbewegings uitgewerk en weinig afrigting of raad ont-

vang. “Ons het maar video’s gekyk van hoe ander dansers dit doen en daaruit geleer,” vertel Stephanie. Hulle onthou nog die heel eerste keer toe hulle ’n dansnommer voor mense opgevoer het. Dit was in Acaciapark waar hul ouma woon. Dinge het die dag nie heeltemal vlot verloop nie, maar dit het hulle nie ontmoedig nie. Die vraag wat ’n mens kan vra, is hoekom hulle nie gereelder aan talentkompetisies deelneem nie. Hulle is dan so goed. Beatrice antwoord: “Dit is meer entertainment en val nie eintlik in ’n sekere genre nie. Vir iemand kan dit dalk maklik lyk, maar hulle besef nie die tegniek en oefening wat daarvoor nodig is nie. “Dit is moeiliker om voor jou skoolmaats op te tree as voor enige ander mense. Hulle is jou grootste kritici.” ) Sien Noordkaap se Facebookblad vir ’n skakel na ’n video van hul dansnommer. ) Nog ’n berig en foto van die Potgieters is op bl. 3.

DIE rekords het Saterdag op Groblersdal die een ná die ander gespat namate die Griekwas-rugbyspan die rekordboeke herskryf het. Griekwas het met ’n allemintige telling van 124-5 met die nuweling in die Vodacombekerreeks, Limpopo, klaargespeel. Dit was die grootste sege nog in die 16 jaar van die reeks. Dit was ook Griekwas se grootste oorwinning in enige kompetisie en verbeter die 94-0 en 83-3 wat voorheen die span se rekordsege in onderskeidelik enige wedstryd en in die Vodacombekerreeks was. Griekwas het 20 keer gaan druk (ook ’n span- en kompetisierekord). Uit die 22-tal het tien spelers drieë behaal. Rocco Jansen (vleuel, wat in sy 50ste wedstryd vir Griekwas uitgedraf het) en die flank Marnus Schoeman het elkeen vyf keer gaan druk wat die gesamentlike meeste nog in ’n wedstryd in die kompetisie is. Die losskakel, Francois Brummer, het 12 drieë verdoel wat ook ’n Griekwas- en kompetisierekord is. Teen rustyd was Limpopo amper nog “in die wedstryd” – hulle was met 5-38 agter – maar die Poubloues het in die tweede helfte losgetrek en 86 onbeantwoorde punte aangeteken. Só is die punte aangeteken Drieë: Marnus Schoeman (5), Rocco Jansen (5), Luzuko Vulindlu (2), Enrico Acker, strafdrie, Deon Carney, Jaco Coetzee, Leon Karemaker, Justin Downey, Francois Brummer, Richard Lawson. Doelskoppe: Francois Brummer (12). ) Vanweë die Paasnaweek het al die spanne ’n loslootjie. Griekwas speel weer aanstaande Vrydag tuis teen die Pumas.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Dance their way to the top in championship JUST seven weeks after opening the doors of the Performing Arts Fund Community Cen­ tre both their Varsity Team (ages 13 to 17) and Adult Team (ages 18 up) made the top 10 in the Hip Hop South African Championships. They are from left, front: Mandy Louw, Kaylyn Feit, Iman Holmes and Michelle Pearce; se­ cond row: Khuselo Maphongo, Shameeca Henderson and Shaazia Essop; third row: Ka­ gisho Gaoboihi, Kgabisho Nyambi, Katlego Betha, Nathan Senwedi and Mathew Simons; back: Dylan Oliphant. Photo: Supplied

Spogrygoed hiér gewys MOTORLIEFHEBBERS kan op 30 Maart na die sportterrein van die Hoërskool Diamantveld vir die 15de nasionale Street Rod-saamtrek-en-motorskou opruk. Dit word elke tweede jaar gehou en is laas in 1989 in Kimberley aangebied. Die Diamond City Street Rod-klub is die aanbieder en vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar. Volgens een van die plaaslike stigterslede, Gerrie Rautenbach, kom mense van oor die land heen om hul besonderse voertuie te kom uitstal. Die nasionale Street Rod-motorskou bestaan uit voertuie wat almal voor 1949 vervaardig is. Rig navrae aan Rautenbach by 084-652-8398. Voornemende uitstallers kan hom ook bel.

Reünie gehou DIE matriekklas van 1983 wat aan die Hoërskool Adamantia gematrikuleer het, hou op 14 en 15 September reünie by die skool. Kontak Marelize dringend by 082-888-8228, 011475-7547, 011-282-4394 of Marelize.loftieeton@firstrand.co.za.

Drink saam tee ALLE ouer mense word deur die ACVV-Kimberley genooi om vandag om 09:30 ’n koppie tee saam met Speelgoedland te kom geniet.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

3

Tonne talent getoon Ruan Bruwer “ONS spoor mekaar aan. As my sussie dit kan doen, kan ek ook,” verduidelik Beatrice Potgieter hul resep vir hul sukses as dansers, gimnaste en ook op akademiese gebied. Die sussies is ook beste maats. Hulle sê van hul beste herinneringe is wat hulle saam gehad het en hulle het altyd saam skool toe geloop. Al drie, Beatrice, Stephanie en ousus Annelieze, was al op die Suid-Afrikaanse ritmiese gimnastiekkampioenskappe onder die voorste drie in die land. Stephanie is die een wat in bykans al wat ’n sportsoort is waaraan sy deelneem, uitblink. Sy speel vir haar skool se eerste muurbal-, tennis- en hokkiespan en is ook kamptein van haar skool se eerste tennisspan en vierde in die provinsie in haar ouderdomsgroep gekeur. Beatrice was al ’n nasionale wenner van die Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes se chemie-afdeling. Sy oorweeg onder meer om volgende jaar chemiese ingenieurswese te studeer. Die twee jonger sussies sê hul deelname aan die Diamonds got Talent-kompetisie – waarin hulle as wenner gekroon is – het hulle weer lus gemaak om te dans (hulle het heelwat afgeskaal om op akademie en sport te fokus), maar reken nie hulle gaan baie tyd daarvoor hê nie. Hulle sal eerder hul kennis wil terugploeg en jonges met choreografie wil help. Hulle het al aan die Kimberley Junior Skool afgerig en Annelieze het in haar matriekjaar aan die Christina Kiddie-sentrum die kinders touwys gemaak.

’n FOTOGREEP uit die dans. Links is Beatrice en regs Stephanie Potgieter.

DIT het tradisie vir nuwelinge in die eerste rugbyspan geword om hul hare af te skeer as deel van die inlywing in die span, maar daar was nie iets soortgelyk vir die netbal­ en hokkiemei­ sies nie. Daar is toe besluit om hulle op die talentkompetisie in te lyf deurdat die nuwelinge in die netbal en hokkie (foto) se eerste spanne iets moes opvoer.

DIE Potgieter­sussies in hul dansnommer waarmee hulle ’n prys in hul skool se talent­ kompetisie verower het. ’n Skakel na die video hiervan kan op Noordkaap se Facebookblad gevind word. Foto’s: Ruan Bruwer

DIE nuwelinge in die netbalspan wys hul slag op die verhoog.

DIE dansers die Dia­ mond City Breakers was net so goed en ongelukkig om nie onder die voorste drie in Diamonds got Talent te eindig nie.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Skoonmakers daagliks nodig DIE reuse-skoonmaak-aksie wat verlede Dinsdag in dele van die stad gedoen is, is ’n uitstekende projek en die betrokkenes verdien ’n klop op die skouer. Of al 1 500 deelnemers wel help skoonmaak het soos vooraf verkondig is, sal ’n mens nie weet nie. Die skoonmakers se “skoon spoor” was wel duidelik sigbaar met skoon strate waar toegeknoopte vullissakke op die sypaadjies aangetref is wat later opgepik sou word. Dit behoort dele soos die middestad, wat moontlik die ergste onder rommelstrooiers deurloop, vir ’n rukkie skoon te hou, met die klem op ’n rukkie. Dit behoort egter nie diegene wat hulle skuldig maak aan rommelstrooi te weerhou om weer so te maak nie. Dit kan hulle selfs laat glo hulle mag maar rommel strooi, want iemand anders sal agter

hulle skoonmaak. Dit bring ’n mens by die dilemma – volhoubaarheid. ’n Ad hoc-skoonmaak-aksie gaan nie werklik die skitter terug in Kimberley plaas soos gehoop word nie. Dit sal eerder gereeld gedoen moet word. Daar sal ongelukkig nie op ’n gereelde grondslag die mannekrag beskikbaar gestel kan word nie. Die moontlikheid van permanente skoonmakers vir sekere gebiede sal ’n werklikheid moet word. Daarvoor sal die owerhede hul hand in die sak moet steek. Daar sal ook na een of ander manier gekyk moet word om oortreders aan die pen te laat ry, veral diegene wat willens en wetens hul rommel langs die pad gaan strooi. Wetgewing kan dus gerus oorweeg word om so ’n straf in werking te stel.

SKETS: Danie Cronjé

Verseker dat ander vrug dra Ds. Hannes Noëth BY een van die skole waar ek betrokke is, maak ons beurte om so ’n kort motiveringsboodskap te gee. Elke vergadering, elke kwartaal. Op so ’n wyse is ’n vergadering nie net ’n lang agenda wat afgehandel moet word nie, maar ook ’n stimulerende, opbouende groeiproses. So begin een van die lede toe sy beurt die aand met ses pekanneute in sy hand. “Ek is nie ’n motiveringspreker nie. Ook nie ’n predikant nie. Ek is ’n boer. Ek weet nie van baie dinge nie, maar ek ken neute.” Hy wys die pekanneute een vir een vir ons. Vir hom as boer om hierdie neute in sy hand te kan hou is daar baie werk in. Tog is die vrug verskillend – van piepklein tot uitvoergehalte.

Hy kan nie altyd bepaal hoe die vrug sal wees wat gelewer word nie, maar hy kan wel alles in sy vermoë doen om te verseker dat die grootste deel van die bome neute van uitvoergehalte lewer. Al doen hy egter alles, kan hy steeds nie verseker dat al die neute uitvoergehalte sal wees nie. Die gebarstes sal daar steeds wees. En die piepkleintjies. Soms nog van dieselfde boom af. Maar hy kan alles op die regte tyd doen om die maksimum vrug te probeer afhaal. Om die doel van uitvoergehalte-pekanneute te bereik moet soveel moontlik regte dinge op die

GEBEURTENISSE op 27 Maart in die geskiedenis: 1876 – Die eerste uitgawe van die Cape Times, Suid-Afrika se eerste dagblad, verskyn. 1914 – Die eerste suksesvolle bloedoortapping word in Brussel, België, gedoen. 1975 – Die Suid-Afrikaanse regering kondig die konsolidasie van die tuislandgebiede aan. 1976 – Suid-Afrika onttrek sy soldate uit Angola. 1985 – Altesame 42 kinders sterf deurdat ’n verdiepingbus met sowat 80 leerlinge van die Hoërskool Vorentoe deur ’n draadheining bars en in die Westdenedam in Johannesburg stort. 1985 – Beyers Naudé, Allan Boesak en 200 ander word in hegtenis geneem nadat hulle aan ’n optog na die Pollsmoor-tronk deelgeneem het. Die aanklagte is later laat vaar. 1987 – ’n Bom ontplof voor ’n poskantoor op Krugersdorp wat twee sekuriteitswagte se lewe kos en minstens 20 ander beseer. 1991 – Die Internasionale Olimpiese Komitee sê Suid-Afrika sal na die Somerspele in Barcelona die volgende BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die verbetering en uitbreiding van geriewe en infrastruktuur tel onder die groot voordele wat ’n beplande nuwe universiteit vir die Diamantstad gaan bring. Benewens nuwe geboue en sportgeriewe wat vir die universiteit opgerig gaan word, gaan bestaande sportgeriewe soos dié by Hoffepark en die Karen Muir-swembad opgeknap word. Die doelwit is om die sooispitseremonie vir die begin van die bouwerk op 24 September te hou. Die eerste gebou sal teen 2015 voltooi wees. ) Byna R30 miljoen word in die nuwe boekjaar opsygesit om arm skole in die NoordKaap te help om meer onderwysers aan te stel, het John Block, LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, in sy begrotingsrede gesê. In ’n begrotingsrede wat weinig nuwe planne vir die nuwe boekjaar ingehou het, is die geld vir meer onderwysers in arm skole een van die hoogtepunte. ) Net ANC-lede in die wetgewer het na die provinsiale begrotingsrede geluister nadat al die opposisielede uitgestap het uit protes daarteen dat John Block die rede gelewer het. Die opposisie dring reeds geruime tyd daarop aan dat Block as LUR afgedank word weens die rits bedrogklagte teen hom, veral omdat

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

regte tyd gebeur. Dinge soos goeie beplanning, werklike insette en op die regte tyd. Nie wanneer jy lus het nie. Alles op ’n spesifieke tyd. Genoeg water, genoeg kunsmis, genoeg sink. Genoeg van alles op die regte tyd. Alles gebeur sodat daar soveel moontlik potensiële uitvoergehalte-pekanneute kan wees. Al hierdie werk verseker nie die vrug nie, maar gee die geleentheid om wel te produseer. Nogal ’n les wat ons kan leer by die pekanneutboer of hoe? Doen alles wat jy kan, skep al die geleenthede vir ander om jou om maksimum vrug te kan dra. Jy kan nie die vrug verseker nie, maar jy kan verseker dat alles gedoen is om die maksimum vrug te kan dra. En as alles vir jou gedoen is, dra vrug van uitvoergehalte.

jaar genooi word as pres. F.W. de Klerk sy belofte nakom en alle apartheidswette voor einde Junie herroep. 1995 – Pres. Nelson Mandela dank sy vervreemde vrou, Winnie Mandela, as adjunk-minister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie af. Geboortes op die dag: 1942 – Michael York, Britse akteur. 1960 – Johannes Kerkorrel (sy regte naam was Ralph Rabie), Afrikaanse sanger (sterf in 2002). 1970 – Mariah Carey, Amerikaanse popsanger. 1973 – Roger Telemachus wat 40 keer vir die Proteas tussen 1998 en 2006 gespeel het. 1975 – Stacy Fergie Ferguson, voorsanger van die groep Black Eyed Peas.

hy as LUR vir finansies die provinsie se beursie hou. ) Die polisie het ’n man op heter daad betrap toe hy na bewering ’n selfoon uit ’n voertuig wou steel. Die sigbare polisiëringseenheid het die verdagte agter in ’n Toyota Fortuner buite ’n winkelsentrum in die stad sien sit. Hy is in hegtenis geneem. Die polisie vermoed die modus operandi waar die alarmstelsel en sentrale sluitfunksie van die voertuie verwar word deur die gelyktydige druk van ’n hekkontrole, is deur die verdagte gebruik. ) ’n Man is in hegtenis geneem toe die polisie hom op heter daad betrap het waar hy glo ’n 52-jarige vrou in die veld in Galeshewe probeer verkrag het. Hy het haar glo met ’n bierbottel oor die kop geslaan en verder aangerand. Die man is onmiddellik in hegtenis geneem. Die vrou was op pad na die taxihalte toe die man haar aangeval het. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Oorhandig nuwe ambulanse

‘Like’ en wen lekker pryse

DIE LUR van gesondheid in die Noord­Kaap het 11 nuwe ambulanse aan die Frances Baard­distriksmunisipaliteit oorhandig. Mxolisa So­ katsho, hier by een van die ambulanse, het aan die noodhulpbeamptes gesê hulle moet die voertuie bestuur soos hulle hul eie voertuie be­ stuur. Foto: Lecrecia Prins

ONS Facebookblad groei goed en die doel is om dit binnekort lewender met besonderser inhoud te maak. Ons gee weekliks ’n geskenkbewys van R100 danksy die Diamond Pavilion Shopping Mall weg aan iemand wat Noordkaap se Facebook-blad “like”. Dié week kan dit jou beurt wees. Gaan net na Facebook en soek “Noordkaap koerant”. Of tik die volgende adres by Internet Explorer in om vinnig daarby uit te kom: www.facebook.com/ NoordkaapKoerant. As jy nie die harde kopie in die hande kan kry nie, sal jy hier kan sien watter stories in die koerant geplaas is. Maar moenie vergeet om te “like” nie. Vandeesweek se geskenkbewys moet ’n eienaar kry. Tertia Bouwer is verlede week se wenner.

LAST OF THE SUMMER SAVINGS Buy selected branded footwear and get BIG BUCKS OFF! POOL SANDALS

29.99

FROM

R

FITNESS FOOTWEAR FROM

99.99

R

BRANDED RUNNING FROM

299.99

R

POOL SANDALS

59.99

FROM

MS160965

R

Certain brands may be store specific.While stocks last. Offers available exclusively at MR PRICE SPORT: GAUTENG: East Rand Retail Park, Hendrik Potgieter, Sandton; KWA-ZULU NATAL: Pavillion, Hillcrest; PRETORIA: Kolonnade,Atterbury, Centurion Lifestyle Centre; NORTHERN CAPE: Kimberley; EASTERN CAPE: Moffet on Main Lifestyle Centre; WESTERN CAPE: N1 City, Somerset West, Canal Walk

www.mrpricesport.com Become a fan on


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Vyf lesers kan só wen Ruan Bruwer ’n TREFFERPARADE van Suid-Afrika se grootste sangers almal op een verhoog. Dit was Afrikaans is Groot 2012 – die konsert. Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha, Jak de Priester en ander het hierop opgetree. Wat die vertoning so gewild gemaak het en dit van Skouspel onderskei, is die sangers het hul eie treffers gesing. ’n Hele 28 000 mense het die Moreletapark-kerk in Pretoria vir die

vier konserte volgepak. Die gewildheid van die konsert word verder daardeur beklemtoon dat meer as 50 000 sitplekke binne 36 uur opgeraap is sedert vanjaar se kaartjieverkope geopen het. Die konsert is op DVD uitgereik en het verlede maand verkoopsyfers

van dubbelplatinum (verkope van meer as 40 000) bereik. ) Vyf lesers kan elkeen so ’n DVD wen. Dit is maklik om in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “DVD”, gevolg deur jou naam en van. Jy kan jou tot Dinsdag om 10:00 vir die kompetisie inskryf. Die wenners sal daarna gebel word en wenners moet dit by Volksblad se kantoor in Kimberley kom afhaal. Jy kan soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. As jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Noordkaap ingevolge wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

DRYFKRAG AGTER DIE SPAN

VAN links is Central Roof Industries se Earl Damons (eienaar), Wilfred Niewenhuis, Johannes Seekoei, Neville Niewenhuys (die drie werknemers wat al die langste by die onderneming is) en Gerda Müller (administratiewe beampte). Foto: Ruan Bruwer

Onderneming wil uitbrei CENTRAL ROOF INDUSTRIES is in 1993 gestig, maar het in 1995 begin handel dryf. Die naam was aanvanklik Sentraal Skrynwerke voordat dit in 2002 Sentraal Daknywerhede of die Engelse gebruikte Central Roof Industries (CRI) geword het. Earl Damons is van 2004 af ’n vennoot en het in Julie verlede jaar alleeneienaar geword. Die onderneming bestaan uit 18 personeellede en vyf tydelike werkers. Hiervan is Wilfred Niewenhuis, Johannes Seekoei en Neville Niewenhuys almal van 1995 af by die besigheid werksaam. CRI spesialiseer in die vervaardiging van dakkappe en alle dakmateriaal. Die plate en sagteware vir die ontwerp daarvan word deur MiTek Suid-Afrika verskaf waarvan CRI een van die grootste kliënte in die Noord-Kaap en Vrystaat is. MiTek behoort aan Berkshire Hathaway Inc. Company wat deur die besigheidsmagnaat Warren Buffet besit word. Hy is een van die wêreld se rykste mense.

“Dit is dus nogal lekker om onregstreeks ’n verbintenis met sy maatskappy te hê,” sê Damons. Hy is trots om te sê die perseel van die besigheid is hul eie en hulle is trots Kimberley en glo in die toekoms van die stad. Lewer landswyd af CRI het volgens hom groot planne vir uitbreiding in die nabye toekoms. “Die ekonomie is ’n ou se grootste kopseer. Ons probeer voortdurend die beste produk teen die beste prys lewer. Ons gaan uit ons pad om kliënte tevrede te stel. Ons ontvang gereeld komplimente daarvoor.” ) Damons, ’n oud-leerling aan die Hoërskool Floors, gaan in die nuwe skoolkwartaal R50 000 aan sy alma mater skenk in sy poging om iets in die gemeenskap terug te ploeg. Hy wil daarmee die voortou neem en ander oud- leerlinge wat in staat is om ’n bydrae tot die skool te lewer, uitdaag om dieselfde te doen.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

9

PROMOTION

SAFETY SAM KIMBERLEY opened its doors in November 2011 and has since become a well­known name in the supplying of safety equipment. You’ll find anything from cleaning equipment, construction safety equipment, rain wear, welding wear and disposable wear, as well as ear, eye, hand and head protection in the shop. Belinda Koortzen is the manager and Louis and Leana Grobler the owners.

SAFETY SAM sponsors Newton Primary’s under­13 rugby team’s T­shirts this year.

BELINDA KOORTZEN (left, manager) and Bernadene Wiese (staff mem­ ber).

THREE of their vehicles were recently used for a big order.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Saak boer vooruit AGISANANG – wat beteken werk saam – is presies waarvoor Agisanang Verspreiders staan. Die 12 personeellede is toegewyd en werk as ’n span saam. William van Wyk, die eienaar, is die leier van die trop. Hy het twee jaar nadat die onderneming in 2004 begin is, sy gewig daaragter gegooi. Petro Lombaard, wat die onderneming destyds begin het, werk tien jaar later steeds by Agisanang, maar is nou in Bloemfontein gesetel. Die onderneming se kantoor is in Bloemfontein geleë en sy winkel in Blackstraat 10, Kimberley. Volgens Van Wyk het al die personeellede spesifieke take. Hulle spesialiseer in die voorsiening van skryfbehoeftes, elektriese materiaal en is

agente (verspreiders) vir bekende handelsname soos Mak-Rak Timber Shelving en Port-acool. Staatsinstansies en myne is gereelde klante van Agisanang, maar die onderneming is ook vir die publiek oop. Goeie diens, ’n goeie produk teen ’n mededingende prys en ’n puik verhouding met klante is volgens Van Wyk van groot belang vir die vooruitstrewendheid van die onderneming. Hy is opgewonde oor uitbreiding wat in die vooruitsig gestel word. “Ons kry volgende maand ’n nuwe vennoot en gaan elektriese dienste begin lewer. Ons gaan ook lugverkoelers begin aanbring,” het Van Wyk gesê. Rig navrae aan Agisanang by 053-8324987/8 of williamvw@mweb.co.za.

HIER werk hulle saam. Agisanang Verspreiders se personeellede is van links, voor: Chantell van Wyk, Carol van Niekerk, Teresa Esterhuyzen en John Willemse; agter: William van Wyk, Archie Schoeman en Arnold Venter. Foto: Ruan Bruwer

PROMOSIE

DIE Kimberley­mynmuseum soos ’n mens hom in die aand sal aantref.

Hou onthaal hier

DIE Groot Gat in Kimberley is welbekend vir die uitbeelding van die geskiedenis van die diamantbedryf in Suid-Afrika. Wat nie so bekend is nie, is dat die Groot Gat ook verskeie plekke het wat vir geleenthede, troues en konferensies verhuur word. Die oorspronklike Duitse Lutherse kerk, die eerste kerk wat in Kimberley gebou is, kan 60 mense huisves en is ideaal vir daardie intieme troue of vir die doop van babas en selfs vir die hernuwing van troubeloftes. Die atmosfeer wat die kerkie bied, is iets besonders en sal jou spesiale dag onvergeetlik maak. Kol. Harris se danssaal is net so mooi met sy mure wat van uitgedrukte staalplate gemaak is. Die saal kan vir klein onthale en konferensies gebruik word. ’n Troue in die ou kerkie en ’n onthaal in die saal sal jou gaste na vervloë dae terugvoer. Die band stand en die omringende klipplaveisel bied die ideale plek vir ’n opelug-troue en onthaal. Die huweliksplegtigheid kan op die band stand gehou word terwyl die gaste reeds by hul tafels vir die onthaal hul plekke ingeneem het. In die aand met die regte beligting verander die ruimte in ’n baie romantiese, sprokiesagtige plek. Vir groter geleenthede en onthale kan die hoofgebou tot 120 mense huisves. Die ruimte

met sy klipmure bied die ideale plek vir banket-etes. Sluit daarby in ’n besigtiging van die Groot Gat in die aand en jy het ’n onthaal waaroor die mense nog baie lank gaan praat. Die teater is ook beskikbaar vir verskeie geleenthede. Met sy groot skerm en sitplek vir 65 mense is dit ’n besonderse plek in Kimberley waarin bekendstellings van produkte gedoen kan word. Wil jy verloof raak en soek jy na daardie spesiale romantiese plek om die jawoord te vra? Wil jy ’n spesiale geleentheid herdenk? Waarom oorweeg jy nie ’n spesiale ete net vir twee op die uitkykpunt van die Groot Gat nie? Met die liggies van die stad op die agtergrond, die verligte gat langs jou, jou ete wat daar bedien word by ’n tafel met kerslig net vir twee mense. Wat kan romantieser as dit wees? Alternatiewelik kan die platform beskikbaar gestel word vir mengeldrankies voor partytjies. Gesels gerus met die personeel by De Big Hole en vertel van jou planne en hulle maak dit vir jou waar. Hulle beloof om moeite te doen om die geleentheid spesiaal en onvergeetlik te maak. Belangstellendes kan die Groot Gat by 053839-4600 bel of ’n e-pos na info@thebighole.co.za stuur. Die webtuiste is www.thebighole.co.za en dit is ook op Facebook, Twitter en YouTube.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

11

DRYFKRAG AGTER DIE SPAN

DIE Dulux Paint Centre in Kimberley se personeellede is van links Johan Venter (eienaar), James Lee, Janine Rossouw, Kagisho Skalk en Abraham Seqebo. Foto’s: Ruan Bruwer

Beste diens, pryse gebied DIE personeellede van die Dulux Paint Centre in Kimberley streef daarna om die beste pryse en advies aan hul klante te bied. Die personeelkorps bestaan uit vyf personeellede: Johan Venter (eienaar), Janine Rossouw, James Lee, Kagisho Skalk en Abraham Seqebo. Venter en Seqebo werk hier sedert die onderneming in 2005 geopen het. Die Dulux Paint Centre hou die verfprodukte Plascon, Dulux en

Promac aan. Van die dienste wat hy lewer, is die meng van verf, verskaffing van verfbenodigdhede en gratis aflewering in Kimberley. Die winkel hou huishoudelike verf aan en die personeellede gee raad met kleurspesifikasies en verskaf probleemoplossings. “Die publiek kan ook by ons kom verf koop, want ons voorsien nie net produkte aan kontrakteurs nie,” sê Venter. Volgens hom is neutrale kleure

soos grys en bruin die gewildste by klante. “Die spesifieke kleur van keuse bepaal die prys, want nie alle verf kos dieselfde nie.” Hy beveel mense aan om wit verf vir hul dakke te gebruik. “Wit verf kan jou blyplek heelwat koeler maak.” Die Dulux Paint Centre is in Phakamile Mabijaweg 110 (voorheen Transvaalweg) geleë. Bel die onderneming by 053-832-7990.

VAN die produkte wat jy by die Dulux Paint Centre in Kimberley sal aantref, is die Dulux Rock Grip­verf.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

ASOF dit nie fisiek reeds uitputtend genoeg is nie, moet jy ook nog jou afrigter se geskree hier reg langs jou aanhoor. Op die netbalbaan of hokkieveld is meisies darem verder van hul afrigter verwyder as met toutrek. Die afrigter van die Paarl­klub se meisiespan was baie passievol.

SPESIALE stewels word deur hoër­ skoolspanne gebruik om ’n beter vastrap te kry.

DIE Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal was die wenner van die seuns se 560 kg­afdeling. Hulle moes elke bietjie energie daarvoor opoffer.

Toutrek tap elke druppel krag

DIE nasionale junior toutrekkampioenskappe is die naweek in die Diamantstad by die Hoër Tegniese Skool Kimberley aangebied, en was dit nou vir jou ’n ervaring en ’n half. Om te sien hoe die trane openlik rol by wen- en verloorspanne wys net hoeveel inspanning die sport verg. Toutrek put elke bietjie energie uit jou uit, soos iemand opgemerk het – as jy agt minute heeltemal alles in toutrek gee, is dit so goed jy het ’n volle rugbywedstryd gespeel. Sien gerus Noordkaap se Facebookblad vir nog foto’s en ’n skreeusnaakse kort videogreep van die Hoërskool Witteberg (Plettenbergbaai) se meisiespan. Hier sal jy hul afrigter opmerk wat hom openlik vir sy span vererg, omdat hulle verloor het. Dit is die kyk werd.

TREEEEK! Die Hoër Tegniese Skool (HTS) Kimberley het die Noord­Kaap in die meisies se 480 kg­afdeling verteenwoordig en soms letterlik swaar getrek.

Foto’s: Ruan Bruwer

DIE uitdrukking “ons moet in een rigting trek” is beslis van toepassing in toutrek. Die HTS Kimberley se meisiespan in aksie in een van sy trekke.

DIE Hoërskool Land­ boudal van Jacobs­ dal was die Noord­ Kaapse verteen­ woordiger in die 560 kg­afdeling. Die span se toutrekkers het sommer in die rugbytruie van Grie­ kwas deelgeneem.

DIE trane het openlik gevloei onder die Van Kerwel­meisies. Dit was heel moontlik meer uit verligting as vreugde. Toutrek eis sy tol by mei­ sies en verskeie meisies is in trane opgemerk weens die fisieke in­ spanning wat toutrek vereis.

DIE laerskoolspan­ netjie van Buffeljags­ rivier in die Suid­ Kaap het klippe ge­ kou in die eindronde van die 320 kg­afde­ ling en was tweede.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS

Product has been styled for photography

2999

4499 Bulk Stewing Beef (Bone in) per kg

PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipak 2kg

2099 Each

Enterprise Back Bacon 250g

While Stocks Last

Equal to

2667

per 200g

Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg

7499 Bols Brandy 750ml

21

4000

49 Each

DairyBelle Choice Butter Salted 500g

Nescafé Classic Flexi Bag 150g

CASE PRICE

13699

Carling Black Label Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

NOW ONLY

15

79

BUY 2 FOR

BUYANY 2 FOR

2400 Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 litre

2899 SAVE 6.00

PnP 1 Ply White Toilet Tissue 9s

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Always there for you PRICES VALID 26 MARCH - 1 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1176547B_E

13


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Kinders leer beter kiek Ruan Bruwer

DANKSY ’n fotografiekursus aangebied deur die gerekende

fotograaf Jaco Powell en die hulp van fotograafvriend Dirk Jacobs is ’n paar Kimberley-jon-

gelinge nou vaardiger met hul kameras. Hulle is ook almal oortuig die gehalte

van hul foto’s sal nou beter wees. Volgens Evagné Adams, redakteur van haar skoolkoerant, die Collegian, aan die St. Patrickkollege, het sy onder meer geleer om dooie ruimte uit ’n foto te sny. “Dit was die eerste keer dat ons werklik ’n bietjie touwys gemaak is wat die neem van goeie foto’s betref.” Sy en Hagan Seaward, sportredakteur, is dit eens hulle behoort nou beter foto’s te neem. Agt van die skoolredaksielede het die kursus bygewoon. Drie lede van Kimberley Girls’ High se digklub, La-Toya Oss, Onalenna Sellwane en Oratile Mokgoro, was ook teenwoordig. Dit was die eerste keer dat hulle by ’n professionele fotograaf kon leer. Hulle neem foto’s

waaroor hulle dan dig. “Daar is meer aan ’n foto en elke foto vertel ’n ander storie. “Deur net die hoek waaruit jy die foto neem, te verander, kan jou foto ’n heeltemal ander prentjie weergee. “Dit was inspirerend – ons wil nou net begin foto’s neem. “Die nuwe tegnieke wat ons geleer het, gaan vir ons klub baie beteken,” het hulle gesê. Jan-Hendrik van Zyl en Eroné Pretorius van die Hoërskool Adamantia se skoolredaksie is vanjaar die taak opgelê om vir hul skoolkoerant foto’s te neem. Dit is verlede jaar deur ’n onderwyser gedoen. Hul skool beskik oor ’n kamera wat hulle kan gebruik. “Ek het gedink ’n kamera is net ’n ka-

LA­TOYA OSS neem ’n foto van Oratile Mokgoro (links) en Onalenna Sellwane terwyl hulle wawiele doen. Die opdrag aan fotograwe op die kursus was om aksiefoto’s te neem en hulle het ook daardeur die ge­ bruik van hul kamera beter leer verstaan. Foto: Ruan Bruwer mera. Jy skakel hom aan en neem net die foto op die outo-verstelling. Daar is soveel verstellings wat ’n mens kan gebruik om ’n verskillende en selfs beter foto te kry,” het Van Zyl die dag se lesse opgesom. Pretorius het gesê:

“Ek het geleer ’n mens moet oplet, beplan en fokus voordat jy jou foto neem. Sodoende behoort jy beter foto’s te neem. Ek glo met oefening sal jy net beter en beter foto’s begin neem.” Estvan Vermeulen, sy skool (die

Hoërskool NoordKaap) se hooffotograaf, het erken hy het nie soveel geweet van foto’s neem soos wat hy gedink het nie. Hy en medefotograaf Bianca Faber behoort aan ’n fotografieklub en kry Woensdae klas.

THE Miss Flamingo Casino was crowned on Saturday at a fa­ mily fun day at the ca­ sino. From the left are Chanté van der Lith (Miss Junior Fla­ mingo Casino), Ste­ phanie Wu (Miss Fla­ mingo Casino) and Tshego Baitsiwe (Miss Teen Flamingo Casino). Photo: Supplied

Join in fun THE Wildlife and Environment Society of South Africa will be going on a nature ramble at the Magersfontein Battlefield Museum on Saturday, 6 April, with local ecologist Hennie Erasmus to identify plants and grasses. All are welcome. Time: Meet at the Magersfontein Restaurant at 08:00. Cost: Entrance fees at Magersfontein plus R20 for non-members. Optional extra: Brunch of vetkoek and mince will be served at the Magersfontein Restaurant at R40 per person. Book before 3 April with Carien on 083-273-9194.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

AL die Laerskool Staats se onderwysers en leerlinge het hul hande in se­ ment gedruk wat op ’n muur by die skool opgerig is. Die leerlinge en onder­ wysers kan dan met die eeufeesviering oor 50 jaar dit kom besigtig. Riana du Plooy, ’n gr. O­onderwyser by die skool, is hier besig om haar handaf­ druk in die sement te verewig. Foto’s: Verskaf

15

Onthul skool se senotaaf MAC MOAPESE, kringbestuurder van die onderwysdepartement by die Frances Baard­distrikmunisipaliteit, was die eregas op die onthulling van die Laerskool Staats se senotaaf verlede week. Saam met hom is Gerhard van Heerden (regs), skoolhoof.

GOOD NEWS FROM THE COMMUNITY

Advertorial brought to you by KFC

KFC Mini-Cricket Coach Of The Month

Coaching Clinic

The Griqualand Cricket Union would like to congratulate the KFC Mini-Cricket Coach. Nadine Cornelissen is an educator at Homevale Primary School and an avid Mini-Cricket Coach in the Northern Cape region. Nadine was introduced to the programme by Nita du Plessis in 1997. She is very enthusiastic and committed to the game of cricket.

The Qriqualand Cricket Union has ensured that the coaches have the skills to build future cricketers.

Teachers in Upington concentrating on the bowling aspect of cricket.

Teachers in Kimberley writing their KFC Mini-Cricket exam.

Teachers who attended the KFC Mini-Cricket Course in Kimberley.

OPEN

SYNC /11562

Teachers in Upington going through the fundamentals of batting.

24 hrs

To receive information on promotions & special offers at your KFC; SMS KFC, your code listed below & your name to 45681. For example: SMS (KFC 001 John Smith) to 45681. SMS’ charged at R1.50. Free and bundled SMS’ do not apply. SMS stop to opt out. KFC

KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

KFC Code

(SMS code 021) (SMS code 077) (SMS code 029)

Tel

053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554

YUM Restaurant Support Centre Florida: 011 831 3100 www.kfc.co.za


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Kby ‘het sprankel verloor’ André Botha HY het Kimberley geken as die stad wat gesprankel het, maar toe David Jawno ná 33 jaar die eerste keer weer sy grootwordstad besoek het, was hy geskok oor die verval wat hy in die middestad gesien het. Dié verval het hom laat besluit om ’n brief hieroor aan die munisipaliteit, die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) en die plaaslike koerante te skryf.

Die Jawno-familie het oor sowat ’n eeu en oor geslagte heen diep spore in Kimberley getrap. Jawnostraat in Monumenthoogte is na Lionel Jawno, ’n lid van die familie en ’n voormalige burgemeester, genoem. Jawno, ’n oudleerling van die Christian Brothers College in die stad, skryf in die brief hy het die stad in 1980 verlaat toe hy eers diensplig gedoen en daarna in Johannesburg gaan werk het. In 2000 het hy Australië toe verhuis. Aan die begin van Maart het

hy die stad die eerste keer in 33 jaar besoek. “Ek onthou Kimberley as ’n pragtige, vreedsame, skoon stad met pragtige parke, die Karen Muir-swembad, Queenspark wat perfek in stand gehou is, die brandweerstasie waarheen my pa my geneem het om op die brandweerwaens te klim, sypaadjies wat skoon gehou is, munisipale tuine wat in stand gehou en gereeld natgemaak is en talle meer pragtige plekke wat ons naweke besoek het. “Die stad was werklik die stad

’n GEREELDE gesig verlede Dinsdag.

MIDDESTAD

wat sprankel.” Sy eerste indrukke toe hy op 1 Maart vir sy besoek hier aangekom het, was positief. Hy was verras met hoeveel die stad gegroei het, maar sy indrukke het gou verander toe hy in die middestad gaan stap het. “Ek was met afgryse gevul oor die toestand van die sakekern. Die sypaadjies is nie veilig om op te loop nie weens mangatdeksels wat weg is, die plaveisel verval, daar is slaggate in die sypaadjies en ek het ’n hele asblik gekry wat oor ’n gat op die sypaadjie geplaas

is om te keer dat iemand inval. “Die gebied rondom Bultfonteinweg langs die Groot Gat lyk na ’n agterbuurt wat met agterbuurte in Suid-Amerika kan meeding.” En as die munisipaliteit met De Beers meeding om met die slaggate in die stad die Groot Gat as toerisme-attraksie te oortref, is die “goeie nuus” dat die munisipaliteit aan die wenkant is, skryf Jawno. Hy kom tot die gevolgtrekking dat Kimberley nou die “stad is wat sy sprankel verloor het”.

MIDDESTAD

BEACONSFIELD

SÓ is daar verlede Dinsdag skoongemaak danksy ’n skoonmaakveldtog deur die departement van omgewingsake en natuurbewaring, die Sol Plaatje­munisipaliteit, die weermag, die Noord­Kaapse Toerisme­owerheid, die Noord­Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) en African Bank. In die veldtog met die tema Hou die Diamantstad glinsterend het 1 500 mense in die skoonmaak­aksie gehelp. Hier is die werkers besig in Dutoitspanweg. Foto’s: Ruan Bruwer


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013 DIE spelers van die junior tennisspan van die Hoërskool Di­ amantveld het as oorwinnaars van die Wilson Cup­toernooi in Sun City terugge­ keer. Die span, be­ staande uit seuns en meisies, het met Pot­ chefstroom­Gimna­ sium, die Hoërskool Menlopark en die Hoërskool Nelspruit in hul opmars na die eindstryd afgereken waarin hy Menlopark geklop het. Van links is, voor: Marna Swie­ gers, Bernard Jan­ sen en Anja Lubbe; middel: Lida Botha (spanbestuurder), Alida Botha, Ané Ba­ denhorst (kaptein), Lambert Cronjé en Marnus van der Nest; agter: André du Toit, Hendrik Kir­ sten (spanbestuur­ der), Reinhardt Pot­ gieter (kaptein) en Jandré Odendaal (afrigter).

AT Kimberley Girls’ High Aimee Klopper (left) obtained a distinction for her intermediate ballet examination – an outstanding achievement for a 13­year­old. At a prize­giving ceremony in Johannesburg Shan­ non Thompson (middle) was placed sixth in the country in the South African Agency for Science and Technology Advancement’s science essay competition for her essay Does astronomy have a bright future in South Africa? Furthermore, Jenny Preece (right) is ranked first in the country for girls u.14 in squash following the Bloemfontein open. THUTO MABILO, a grade 9 learner in Kimberley Girls’ High currently finds her­ self in Germany whe­ re she is attending an international youth camp. Each year the Nelson Mandela Mu­ seum sends young people to this camp who have shown po­ tential in their res­ pective provinces.

JOANÉ BOTHMA (links) en Michelle Kenny het onderskei­ delik 80% en 94% in Unisa se gr. 4­mu­ siekteorie­eksamen behaal. Kenny het ook eervolle vermel­ ding in Unisa se gr. 4­klaviereksa­ men behaal en ’n plek op Unisa se ere­ rol gekry. Afwesig: Jody Isaacs (Unisa­ gr. 4­teorie, 84%) en Nathan Carlo (Uni­ sa­gr. 5­klavier, 80%).

17

Debaters do well NORTHERN CAPE HIGH took part in a debating competition against St Andrew’s from Bloemfontein and won three out of five debates. The senior team consisted of Kurtis Mpisi, Thozama Bosman and Tlotlo Leseledi. The junior teams were Keshia du Plooy, Chanelle Arries and Quentin Britz, and Zimkitha Duza, Ziyanda Mhlauli and Gadija Devajee.


18

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

WHIRLPOOL WASHING MACHINE. R800. Nearest offer. 083 228 8307.

FRANCHISE POOLS AND THATCH. 072 948 7667. NEW POOLS AND RENOVATIONS. MARCH SPECIAL! 4x3 POOL and 4 x3 LAPA, R25 000. 5x3 POOL and 5x3 LAPA, R32 000. 6x4 POOL and 6x4 LAPA, R35 000. 8x4 POOL and 8x4 LAPA, R45 000. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

GESOEK: UNO-, GOLF- OF Cortina-bakkie vir R20 000 kontant. 071 967 0285

KENNISGEWING VIR BOEDEL VAN WYLE THOMAS JOHANNES BRAND In die boedel van wyle

THOMAS JOHANNES BRAND, identiteitsnommer:

451002 5035 084, van Smithstraat 1, Belgravia, Kimberley. Meester se verwysing:

3289/2011.

Die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf

28 MAART 2013. HPA VENTER

Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN DUNCAN & ROTHMAN GEBOU, CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/BRA32/0002

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

SAM SHARK 125-motorfiets, 2006. Goeie toestand. R4 000. Skakel 076 900 5606/053 861 3769.

A-Z DIENSGIDS

DIE waterglybaan was ’n uiters gewilde speelplek en die kinders het soms knorrig geraak wanneer die ander nie hul beurt afgewag het nie.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

Tel. (053) 8312190

SÓ is daar Donderdag by die Christina Kiddie­kindersentrum gespeel. So iets vind volgens Freda Meiring, bestuurder, maar weinig plaas. Foto’s: Ruan Bruwer

‘Kiddies’ vergeet ’n dag van hul sorge Ruan Bruwer “DIT is een ding om geld te gee, maar om jou tyd te gee is ’n ander storie. Dit vra meer.” Só het Freda Meiring, bestuurder van die Christina Kiddie-kindersentrum, oor die pretdag gesê wat Donderdag daar aangebied is. Die 28 kinders het ’n dag beleef wat hulle nie gou sal vergeet nie. Daar was ’n Paaseiersoektog in die tuin, ’n springkasteel en waterglybaan. Daar is bal geskop, krieket gespeel en gesing. Die dag is deur Dream Blinds moontlik gemaak. Volgens een van Dream Blinds se werknemers, Donne Steyn, reik instansies tradisioneel oor Kersfees na die kindersentrum uit, maar die res van die jaar is hy soms vergete. Steyn was in haar noppies met die reaksie van sakeondernemings sedert die sentrum op Facebook ondernemings genooi het om ’n bydrae te maak. “Die foon het van Maandag af gelui, hoor – ondernemings wat uit hul eie bel om by te dra. “Danksy hulle kon ons vir die kinders wors braai en ’n geskenkpakkie, Paaseiers en koel-

drank gee. Melissa (Pain, kollega) se man het van sy krieketvriende saamgebring om met die seuns te speel. “Die plan was daar moes interaksie met die kinders wees, nie die grootmense wat eenkant braai en die kinders wat eenkant speel nie,” het sy vertel. Volgens Meiring is dit ’n perd van ’n ander kleur wanneer mense iets van hulself gee en interaksie met die kinders het. “Dit sê baiekeer vir die kinders die gemeenskap aanvaar hulle. Dit beteken soms soveel meer as ’n geldskenking. Goed soos Paaseiers, wors en gaskoeldrank is ’n luukse vir die kinders en beslis nie ’n alledaagse nie,” het Meiring gesê. ) Twaalf van die kinders en ’n verdere agt behoeftige kinders uit die gemeenskap het in Desember ’n week in die Kaap vakansie gehou waarvan hulle nog baie lank herinneringe sal koester. Hulle het in Die Burger-strandhuis op Muizenberg tuisgegaan en verskeie besienswaardighede besoek. Die hele toer is deur die Die Burger-Kersfonds geborg.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

19

Vertoning gee hoop Leer ken reëls Ruan Bruwer DIE Griekwaland-Wesse krieketspan het sy kans lewend gehou om nog die eindstryd van die plaaslike T20-reeks te haal nadat hy Sondag tuis met sewe paaltjies oor KwaZulu-Natal-Binneland geseëvier het. Griekwas is met 20 punte nou gesamentlik in die tweede plek op die puntelys en sal sy volgende (en laaste) wedstryd teen die SuidWestelike Distrikte op 7 April in Kimberley moet wen en hoop Gauteng (ook 20 ligapunte) val in sy wedstryd weg teen Boland vas. Vrystaat is ver voor met 32 punte. Griekwas was op die Diamantovaal op hul stukke en moes vir ’n sege ’n lywige teiken van 166 teen meer as agt lopies per beurt jaag. Dit het hulle eindelik heel maklik vermag met nog 13 aflewerings oor. Die 19-jarige Diego Rosier was aan die voorpunt en het as openingskolwer 74 onoorwonne lopies van net soveel balle aangeteken. Aubrey Swanepoel het met die val van die eerste paaltjie ingestap en met 41 lopies van 28 balle die wedstryd in sy span se guns help swaai. Swanepoel was ook sy span se ekonomiesste bouler deur net 20 lopies in sy toegelate vier beurte af te staan; dít terwyl die meeste van sy medeboulers aan die duur kant was. Swanepoel was ook vir ’n uithardloop verantwoordelik. Deon Carolus het twee paaltjies vir 32 lopies in vier beurte vir Grie-

KOLFHELD. Diego Rosier se 74 nie uit nie het Sondag in ’n T20­wedstryd teen KwaZulu­Natal­Binneland die ruggraat van Griekwas se kolfbeurt gevorm. Griekwas het met sewe paaltjies koning gekraai en staan na dese nog ’n kans om die eindstryd te haal. Foto: Gallo Images kwas geneem. ) In die voorafgaande meerdagwedstryd het Carolus 7/66 in KwaZulu-Natal-Binneland se eerste beurt platgetrek en Griffin Nieuwoudt het 98 lopies in Griekwas se

eerste kolfbeurt aangeteken. Die wedstryd het egter onbeslis geëindig met die tuisspan wat vir ’n sege ’n onwaarskynlike 264 in net sowat 40 beurte moes aanteken. Op 139/3 is halt geroep.

Droom van wêreldrugby HULLE ontvang kritiek ongeag dat hulle in der waarheid puik werk doen om ’n wedstryd volgens die reëls te laat verloop en vloei bewerkstellig. Boonop kan ’n wedstryd nie sonder hulle plaasvind nie. Ja, rugbyskeidsregters is sekerlik van die mense wat die meeste kritiek – in baie gevalle persoonlik van aard – moet verdra. Noordkaap stel oor die volgende paar weke van ons voorste Kimberley-skeidsregters aan lesers bekend. Dié week is die 26-jarige Nico Schmahl aan die beurt. HOE het jy in skeidsregterskap beland? My beste vriend, Reinie Nel, het geweet ek is baie lief vir rugby en het my genader om ny by die Griekwaland-Wesse Skeidsregtervereniging aan te sluit. Ek het vir myself gesê, as ek nie rugby speel nie, hoekom blaas ek nie? Dan is ek ook mos op die veld. In watter jaar het jy begin blaas? Dit was in 2008 op 21-jarige ouderdom. Het jy self rugby gespeel? Ja, vir Griekwas op o.13-vlak. Vir watter twee spanne het jy jou

Wie reken jy is die beste skeidsregter in Suid-Afrika en in wêreldrugby? Craig Joubert wat 2011 se Wêreldbeker-eindstryd gehanteer het. Wie was of is jou skeidsregtermentor(s)? Reinie Nel, TW Pretorius, Kat Swanepoel en al my medeskeidsregters in die unie.

NICO SCHMAHL heel eerste wedstryd geblaas? Ek kan nie onthou nie. Dit was ’n o.15wedstryd in Kaapstad. Hoe was daardie heel eerste ervaring? Ek het hoendervel gekry en vir myself gesê dít is waar ek hoort. Wat is die grootste wedstryd wat jy al gehanteer het? Die provinsie se eerste liga. Wat is die lekkerste daarvan om ’n rugbyskeidsregter te wees? Om te wys hoe lief ook ’n skeidsregter die spel het. Wat is die slegste deel? Om weens ’n besering te moet uitsit.

Wat is die grootste flater wat jy gemaak het? Ek het met ’n klubwedstryd ’n skrum toegeken waarna die een span sy teenstander meer as 1,5 m teruggestoot het. Ek het my fluitjie geblaas en die skrum gestop, omdat hulle nie verder as dié afstand mag stoot nie. Toe val dit my by dié reël geld net skolevlak, nie seniors nie. Hoe kan toeskouers wat skeidsregters beledig, gestop word? Hulle kan by die wedstryd belet en van die terrein verwyder word. Het jy dit te midde van kritiek al oorweeg of dit die moeite werd is om voort te gaan? Nee, ek steur my nie daaraan nie. Het jy doelwitte vir jou loopbaan? Ja, om op internasionale vlak die fluitjie te dra. Wat sal jou boodskap aan toeskouers wees wat graag kritiseer? Koop vir jouself ’n reëlboek sodat jy dit kan verstaan en saamgesels.

Wen só met jou sportkennis VANDEESWEEK se interessante sportfeite in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie: ) Die tweede eendagwedstryd in 2006 tussen die Proteas en Australië op Nuweland word hoofsaaklik om drie redes onthou: Makhaya Ntini se 6/22 was die beste boulsyfer nog deur ’n Proteaspeler in eendagkrieket; Australië het sy vierde laagste totaal van 93 in eendagkrieket behaal en 10 Aussiespelers is die aand uitgevang. ) Sondag 10 November 1991 was ’n geskiedkundige dag vir die Suid-Afrikaanse krieketspan toe hy ná 22 jaar in isolasie weer tot internasionale krieket toegelaat is. Suid-Afrika het teen Indië in Kolkata te staan gekom en met drie paaltjies verloor. ) Net vier spanne kon nog nie die

halfeindronde van die Superrugby-toernooi haal nie. Hulle is die Rebels, Cheetahs, Kings en Force. ) Hier is jou kans om groot te wen. Beantwoord die volgende vraag korrek en jy staan ’n goeie kans

om met die geskenkpak van R250 van SuperSport weg te stap. Vraag: Hoeveel keer het die Springbokke die Drienasies(deesdae bekend as die Rugbykampioenskap) reeks gewen? Dit is maklik om vir die prys in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Sporttrivia”, gevolg deur jou naam, van en die antwoord, bv. Sporttrivia, Jannie Botha, 10. Jy kan jou tot Dinsdag om 10:00 vir die kompetisie inskryf. Die wenner sal daarna gebel word. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. As jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Noordkaap ingevolge wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

REËL 16: LOSSKRUM Die definisie van ’n losskrum: ’n Losskrum is ’n fase van die spel waar een of meer spelers van elke span wat op hul voete is, in fisieke kontak met mekaar naby die bal op die grond is. Dit beëindig algemene spel. Verbode optredes in ’n losskrum: (a) Spelers in ’n losskrum moet probeer om op hul voete te bly. Straf: strafskop. (b) ’n Speler moet nie opsetlik in ’n losskrum val of kniel nie. Straf: strafskop. (c) ’n Speler mag nie ’n losskrum opsetlik laat ineenstort nie. Straf: strafskop. (d) ’n Speler mag nie bo-op ’n losskrum spring nie. Straf: strafskop. (e) Spelers se koppe en skouers mag nie laer as hul heupe wees nie. Straf: vryskop. (f) ’n Speler wat probeer om die bal uit ’n losskrum te haak mag nie opsetlik op spelers op die grond trap nie. ’n Speler wat die bal probeer haak, moet dit naby die bal doen. Straf: strafskop. Ander losskrumoortredings: (a) Spelers mag nie die bal in ’n

losskrum met die hande speel nie, behalwe ná ’n doodvat, indien hulle op hul voete is en hul hande op die bal het voordat die losskrum gevorm word. Straf: strafskop. (b) Spelers op die grond in of naby ’n losskrum moet van die bal af probeer wegbeweeg. Straf: strafskop. (c) ’n Speler mag nie voorgee dat die bal uit is terwyl dit nog in die losskrum is nie. ) Die reël word volgende week verder bespreek.

Sportster gesoek MENSE kan nog tot Donderdagoggend iemand vir die Let’s Play Sportster van die maand-kompetisie benoem. Die Let’s Play Sportster van die maand-kompetisie wys maandeliks ’n wenner in Noordkaap se verspreidingsgebied aan wat ’n lekker geskenkpak van Let’s Play ontvang. Die wenner sal sowel in Noordkaap as op Let’s Play se webtuiste bekend gemaak word. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word. Indien jy van iemand weet wat puik op die sportveld- of baan in Maart gevaar het, kan jy hom of haar gerus inskryf. Die wenner word volgende week aangewys. Die prestasie kon óf individueel, óf in spanverband gewees het. Dit kan in enige sportsoort wees. Jou benoeming moet die volgende inligting bevat: die sport-

ster se naam, ouderdom, skool en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) met inligting oor wat dieleerling op sportgebied vermag het, asook sy of haar besonderhede. E-pos dit na supersport@zpr.co.za of stuur ’n faks na 086-552-4922. Vir enige navrae oor die kompetisie bel Lynne Landman of Juanré Viviers by 051430-3027.


20

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 MAART 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Committed

ABOUT 750 young cricketers participated at a KFC Mini­Cricket day at the end of last year where Nadine Cornelissen was also involved. Insert: Nadine Cornelissen, KFC Mini­Cricket Coach of the Month for January. Photos: Ruan Bruwer NADINE CORNELISSEN, an educator at the Homevale Primary School, was recently named the KFC Mini-Cricket Coach of the Month for January. Cornelissen joined KFC MiniCricket in 1997. Back then she was introduced to coaching by Nita du Plessis, someone she holds in very high regard. “If I were to recommend anyone for this prize, I would recommend Nita, as she is very enthusiastic and committed to cricket,” says Cornelissen. The majority of the 7 000 KFC Mini-Cricket coaches are volunteers, with women making up the bulk of coaching staff dedicating their time and expertise each year. Their commitment, as illustrated by Cornelissen, is just what is needed at this level of the game, with KFC MiniCricket itself being the first step in Cricket South Africa’s pipeline to the Proteas. This unique setup provides bright young cricketers the per-

fect foundation and guidance to progress to higher honours as they get older. Cornelissen has some success stories of her own. “Peter-John Valentine (Griqualand West u.17), Cheslyn Barnes (GW u.19) and Heinrich van Wyk (GW u.13) all passed through my hands and made representative teams in 2010.” In recognition of the hard work and success Nadine has enjoyed, together with the title of KFC Mini-Cricket Coach of the Month, she also received a trophy, a cap and a KFC gift voucher worth R1 000. ) In the 1980’s, mini cricket was developed as a regional experiment in Gauteng as a way of introducing young children to the game of cricket. Fast forward to the present: The programme is now made up of over 100 000 boys and girls between the ages of 4 and 13 from over 4 500 schools across the country getting active on the cricket field.

NoordKaap 27 Maart 2013  

NoordKaap 27 Maart 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you