Page 24

24

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 APRIL 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

KEERPUNT. Die linker­ vleuel Hilford Clarke klop vir Jacques van Zyl op pad na sy tweede drie wat die wind uit die seile van Dia­ mantveld gehaal het. Dit het gekom toe Diamant­ veld nie sy eie bal in die skrum kon wen nie. Foto: Emile Hendricks

HNK bo in taai stryd Ruan Bruwer ONGEAG ’n moedige poging kon die Hoërskool Diamantveld (DHS) se eerste rugbyspan Saterdag nie span van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) ’n sesde agtereenvolgende interskolesege ontsê nie. Die HNK was met 27-19 baas in ’n opwindende wedstryd van goeie gehalte. Die wedstryd was met die laaste beweging nog in die weegskaal met HNK netnet voor met 20-19 voor ’n drie deur die slot Thulani Njenje. Die Northerns moes diep delf om ’n agterstand van 10-16 uit te wis. Hul taak is bemoeilik met Dimitrio Tieties wat in daardie stadium reeds tien potensiële punte pale toe mis gekorrel het. ’n Goeie dryfmaal van ’n lynstaan af het die terug-

vegpoging ingelui. Hilford Clarke (linkervleuel) het afgerond. Die keerpunt was toe Diamantveld nogmaals ’n vaskop in sy eie gebied in die skrum afgestaan het. Clarke is in besit gestel en het twee verdedigers geklop om skouspelagtig in die hoekie oor te duik. Deon van Zyl het die punteverskil vir die DHS na een (19-20) verminder, maar die span kon nie weer in ’n aanvallende posisie kom om die wenpunte aan te teken nie. ’n Hanteerfout het die HNK in besit geplaas wat tot Njenje se wendrie gelei het. Dit het aanvanklik gelyk asof Diamantveld ’n moeilike taak gaan hê, want hy is heeltemal in die skrums oorheers. Die skeidsregter moes die HNK her-

haaldelik versoek om nie verder as 1,5 m te skrum nie (volgens die reël vir skolerugby). Die HNK se tweede drie het gekom toe die DHS van sy eie bal geskrum is wat tot ’n maklike drie vir Gerhard Holtzhausen (agtsteman) gelei het. Die HNK kon dié oorheersing nie ten volle benut nie, aangesien sy loskopstut, Lux Khoza, telkens vir onwettige skrumwerk gestraf is. Die Diamonds het getoon waartoe ’n span wat met hart en passie speel in staat is ondanks sy tekortkominge elders en ’n gebrek aan gehaltebalbesit. Die haker en kaptein, Daniël van Zyl, het die voorbeeld gestel en nie geskroom om onder die Noord-Kaapse baldraers in te klim nie. Eindelik was dit duidelik die DHS se oemf was uit.

) Die res van die rugby-uitslae is: o.19B: HNK wen met 65-5; o.19C: 21 elk; o.16A:

DHS wen met 36-17; o.15A: HNK wen met 22-0; o.14A: DHS wen met 24-12.

NoordKaap 24 April 2013  

NoordKaap 24 April 2013

NoordKaap 24 April 2013  

NoordKaap 24 April 2013

Advertisement